Upload
others
View
2
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Afrikaans HuistaalTaalstrukture en -konvensiesKlankleer en betekenisleer
On
Hier volg ‘n opsomming van die taalstrukture en -konvensies wat jy moet bestudeer.
Leerwerk Wat ons al bestudeerhet
Taalverskynsels √
Betekenisleer en figuurlike taal √
Woordvorming/morfologie √
Klankeer en spelling √
Skryf- en leestekens
Woordsoorte
Verbindingswoorde by die skryf van sinne en paragrawe
Sinsleer √
Lydende en bedrywende vorm √
Ontkenning, tye en sinswyse √
Kritiese taalbewustheid √
OnKLANKLEER
Konsonante/medeklinkersAs die spraakorgane op een of ander wyse die klankstroom versper of afsluit.
Eksplosief - plofklanke:p, b, t, d, k
Frikatief of wrywing:w, v, s
Lateraal: l
Nasaal (neus):m, n, ng
Triller: r
Affrikaat:ts bv. tsetsevlieg, tjalie
Vokale/klinkersa, e, i, o, u, aa, ee, oo, uuDie lugstroom beweeg vry deur die asemhalingskanale.
Diftong/tweeklanke:Twee of meer vokale in dieselfde lettergreep wat as een klank UITGESPREEK word, maar tog afsonderlik gehoor word bv. kraai, veil, skyn,meeu, oi in hondjie, mooi, groei, woud, kluis.
On
LETTERGREPE EN KLANKGREPE
Lettergrepe Klankgrepe
Lettergreepverdeling is die verdeling van woorde volgens hoe ‘n woord gespelword.
OopEindig op vokale endiftonge
GesloteEindig op konsonante
Verdeel:Voor ‘n medeklinkerletter wat tussen klinkers staan bv. be-kerTussen twee medeklinkerletters wat tussen vokale staan, bv. ek-sa-menTussen twee eenderse letters, bv. pa-raf-fienTussen n en g, bv. in-ge-ni-eur.Tussen s en j as dit aparte klanke verteenwoordig, bv as-jas (Indien s en ja as een klank uitgesprek word, word die twee letter nie verdeel nie, bv. ma-sjien)
Skryf die woordsoos jy hom hoor.
Bv. kat/te – ka-teBaad/jie – baai-kie
On
KLANKVERSKYNSELSOoronding:
Die lippe word te veel gerond met die
uitspraak van vokale en tweeklanke, bv.
sewe word uitgespreek as seuwe
On
KLANKVERSKYNSELS
On
KLANKVERSKYNSELS
On
WOORDVORMING/ MORFOLOGIE
Morfologie is die studie van die struktuur of bou van die woord.
Woorde in Afrikaans val in twee hoofgroepe:
Simpleks Kompleks
‘n Simpleks is ‘n woord wat net uit een woorddeel soos die stam/basis bestaan, en nie verder in betekenisvolle dele verdeel kan word nie, bv. water, magistraat, skilpad, lessenaar.
‘n Kompleks is ‘n woord wat morfologies ontleed kan word/in betekenisvolle dele verdeel kan word.
Afleidings SamestellingsSamestellendeafleidings
On
‘n Woord bestaan uit die volgende dele:
Stam/basisvorm:Die stam van ‘n woord is die kleinste eenheid van die woord wat woordeboekbetekenis het.
Premorfeme/voorvoegsels: Dit is ‘n woorddeel wat nie selfstandig kan optree nie en vooraan ‘n stam of ‘n ander woorddeel gevoeg word.
Postmorfeem/agtervoegsel: Dit is ‘n woorddeel wat nie selfstandig kan optree nie en agteraan ‘n stam of ‘n ander woorddeel gevoeg word.
kenher-ont-ver-ge-be-
-ing
On
AFLEIDING
Afleiding dui op die proses (en die resultaat daarvan) waardeur voor- of agtervoegsels by ‘n stam of basis gevoeg word om ‘n nuwe woord te vorm.
Voor- en agtervoegsels word gebruik om:• ‘n woord se funksie te verander, soos met die vorming van:❖ Persoonsname, soos wenner (wen+er), bedelaar (bedel+aar)❖ Selfstandige naamwoorde, soos: luiheid (lui+heid), mening (meen+ing)❖ Werkwoorde, soos verjaar (ver+jaar), ontwater (ont+water)❖ Deelwoorde, soos: staande (staan+de), gebakte (ge+bak+te)❖ Bywoorde, soos: noodlottig (nood+lot+ig), daagliks (dag+liks)❖ Woorde met ‘n ander betekenis, soos: vertoon (ver+toon), bewys (be+wys)• Voor- en agtervoegsels word ook gebruik om:❖ Meervoude te vorm, soos: mense (mens+e), skole (skool+e)❖ Verkleinwoorde te vorm, soos: hondjie (hond+jie), tafeltjie (tafel+tjie)❖ Byvoeglike naamwoorde te verbuig, soos in: koue (koud+e), vroeë (vroeg+e)❖ Trappe van vergelyking te vorm, soos in: rooier (rooi+er), mooiste (mooi+ste)
On
On
SAMESTELLING‘n Samestelling bestaan uit twee of meer stamme/‘n woord wat meer as een basisvorm bevat, word ‘n samestelling genoem bv. klaskamer = klas+kamerskoolsaal = skool+saal
Soms is daar ‘n verbindingsklank tussen die basisvorms in ‘n samestelling.Onthou: die verbindingsklank is nie ‘n morfeem nie.‘n Morfeem het betekenis; ‘n verbindingsklank het nie betekenis nie – dit verbind net die twee stamme met mekaar bv. Vrug+boord = vrugteboord Kop+ent = koppenentLewe+koste = lewenskoste
Kern = laaste deel/ die “hoofgedagte” van samestelling.Bepaler = die eerste deel van ‘n samestelling.
Wenke: Daar is net ‘n dubbele konsonant in die middel van ‘n samestelling as die eerste basisvorm op dieselfde letter eindig as waarmee die tweede basisvorm begin, byvoorbeeld: tennisskoen. Wanneer jy ‘n samestelling vorm, gebruik jy die enkelvoud van die eerste basisvorm daarom: seunskool en NIE seunsskool NIE.
On
SAMESTELLENDE AFLEIDING
‘n Samestellende afleiding bestaan uit twee of meer stamme + voorvoegsel en/of agtervoegsel bv.:
stam stam agtervoegselKleinserig = klein + seer+ ig
stam stam agtervoegselSelfstandig= self+staan + ig
premorfeem stam verbindingsklankBeplanningsvergadering= be+plan+ing+s+vergader+ing
postmorfeem postmorfeem
On
OPSOMMING
Stamspring
Afleidingspringer
spring+er
Samestellingspringtou
spring+tou Samestellende afleidingspringtoue
spring+tou+e
On
TAALVERSKYNSELS
Pleonasme (woordoortolligheid)Die onnodige herhaling van woorde in ‘n
sin waar die betekenis van die een woord reeds in die ander woord
opgesluit is.
Ronde sirkel, dooie lyk, te voet loop, ek persoonlik
Toutologie (stapelvorms)Dit is die opeenstapeling van
woorde/woorddele met dieselfde betekenisse.
Dit kom in een woord voor.
KontaminasieTwee woorde of uitdrukkings met min of meer dieselfde betekenis word gemeng
om een woord te vorm.
Graftombe, brokstuk, kabeltou, bulldoghond,
kweekgras.
Aanbetref = (aangaan+betref)
verassureer = (verseker+ assureer)
On
TAALVERSKYNSELS (vervolg)
AnglisismeDit is woorde/uitdrukkings wat na die voorbeeld van Engels gevorm is terwyl
daar ‘n Afrikaanse alternatief is.
Ek geniet myself i.p.v. ek geniet dit
AnalogieNuwe woorde en vorms ontstaan na
die voorbeeld van dié wat reeds bestaan.
NuutskeppingDit is nuwe woorde wat geskep word om name vir nuwe uitvindsels te gee.
Trourok, trouring, troukar
Tabletrekenaar, flaterwater, rynklets/rymkletser(“rap/
”rapper”)
VolksetimologieUit onkunde of grappenderwys
verander mense sommige vreemde woorde sodat dit Afrikaans
kan klink en lyk.
Baiesukkel vir “bicycle” en kosmyniks vir “cosmetics”
On
BETEKENISLEER (SEMANTIEK)
Sinonieme
Woorde met min of meer dieselfde betekenis.
Hulle is in ‘n dispuut gewikkel = twis
Antonieme
Dit is woorde met die teenoorgestelde betekenis.
Wat is die konkrete betekenis van die gedig? = abstrakte
On
HomoniemeDit is woorde waarvan die spelling en die uitspraak dieselfde is, maar die betekenis en oorsprong verskil:Hy kam sy hare. Die hoenderhaan se kam is rooi.
HomofoneDit is woorde waarvan die uitspraak dieselfde is, maar die spelling en betekenis verskil:Ek hou baie daarvan om te reis.Ons eet baie rys.
PolisemeDit is woorde waarvan die uitspraak en spelling dieselfde is, maar die betekenis verskil. Daar is ‘n verband tussen die oorsprong van die woorde:Die leer se hoogste sport het gebreek.Sy het die hoogste sport in haar loopbaan bereik.
BETEKENISLEER (Vervolg)
On
Paronieme
Dit is woorde waarvan die stam (basisvorm) dieselfde is, maar die spelling en betekenis verskil:Ons besittings is kosbaar.Die grap is kostelik.
Doeblette
Dit is woorde met dieselfde vorm en ‘n gemeenskaplike oorsprong, maar met ‘n verskil in betekenis. Dit word ook tweelingwoorde genoem omdat die vorm van die twee woorde baie na mekaar “lyk”:Bondel/ bundelKwes/kwetsPrakseer/praktiseerLidmaat/ledemaat
BETEKENISLEER (Vervolg)