15
Direktoraat: Kurrikulum VOO PUNTE: 70 TYD: 2 uur Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye. GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL GRAAD 12 AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN SEPTEMBER 2012

AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

  • Upload
    others

  • View
    76

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Direktoraat: Kurrikulum VOO

PUNTE: 70 TYD: 2 uur

Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

GEMEENSKAPLIKE VRAESTEL

GRAAD 12

AFRIKAANS HUISTAAL

VRAESTEL EEN

SEPTEMBER 2012

Page 2: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 2

Blaai om asseblief

INSTRUKSIES EN INLIGTING 1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:

AFDELING A: Leesbegrip (30)

AFDELING B: Opsomming (10)

AFDELING C: Taal in konteks (30)

2. Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

3. Beantwoord AL die vrae.

4. Begin ELKE afdeling op ʼn nuwe bladsy.

5. Trek ʼn streep na elke afdeling wat voltooi is.

6. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie

vraestel gebruik is.

7. Laat ʼn reël oop na elke antwoord.

8. Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 3

Blaai om asseblief

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: ARTIKEL EN GRAFIESE TEKS Bestudeer die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

SA, jou ster!

Die “Square Kilometre Array Radio Telescope” of SKA is die wêreld se grootste radioteleskoop. Dit sal uit baie groot antennas bestaan. Die totale oppervlakte van

die antennas sal ongeveer een vierkante kilometer wees. 1. Die “Square Kilometre Array Radio Telescope” (SKA) sal in ’n week waarskynlik

meer inligting insamel as wat die mensdom in sy bestaan al bymekaargemaak het.

2. So het dr. Bernie Fanaroff, hoof van SKA-Afrika, gesê.

3. Suid-Afrika het gister gehoor twee-derdes van die SKA-radioteleskoopprojek sal in Afrika gevestig word, met ’n derde in Australië en Nieu-Seeland.

4. Prof. Justin Jonas, adjunkdirekteur van die Suid-Afrikaanse SKA-span, het gesê die projek is ’n nuwe era vir Afrika.

5. Volgens Jonas werk sterrekundiges en ingenieurs in Suid-Afrika al tien jaar aan hierdie projek, in noue samewerking met die regering van die Noord-Kaap en ander belangegroepe.

6. “Ons het die kriteria vir die SKA-terrein in detail bestudeer en ons terrein uiters

sorgvuldig gekies,” verduidelik hy. “Dit moes afgeleë genoeg wees vir radiostilte sodat die teleskoop optimaal kan werk, maar nie so ver verwyderd dat infrastruktuur te duur sou wees nie.”

7. “Suid-Afrika het ’n baie deeglike bod ingedien, maar dit was veral die hoogte bo

seespieël van ons voorgestelde terrein – 1 000 m – en ons robuuste implementeringsplan vir die SKA wat die skaal in ons guns laat swaai het,” het hy gesê.

8. Me Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, het gesê al is daar op die

“gedeelde-terrein-oplossing” besluit, is daar baie redes om fees te vier.

9. Sy het gesê die SKA se terrein-aanbevelingskomitee het Suid-Afrika by konsensus as die beter terrein gekies. Om inklusief te wees, het die organisasie ingestem om een van die drie dele van die SKA in Australië te huisves.

10. Op ’n vraag of dit ’n politieke besluit was, het sy gesê: “Dit is bekend dat Australië gekla het (nadat die terrein-aanbevelingsverslag ingedien is).

11. “My vraag is: Indien Australië deur die komitee aanbeveel is, sou iemand na Afrika se klagtes geluister het?”

Page 4: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 4

Blaai om asseblief

12. Pandor het gesê die SKA sal “honderde wetenskaplikes” na die SKA-terrein naby Carnarvon in die Noord-Kaap lok, menslike kapitaal uitbou en wetenskaptoerisme na die Noord-Kaap aanwakker.

13. Die SKA-projek kan sorg vir ’n broodnodige ekonomiese inspuiting vir Suid-Afrika en veral vir die afgeleë Noord-Kaap, waar erge armoede heers en werk skaars is. Die projek sal na verwagting etlike duisende werkgeleenthede skep.

14. Yolandi Groenewald skryf in City Press van 8 Julie 2012 dat Carnarvon iewers tussen êrens en nêrens geleë is.

15. Maar hierdie ligging, skryf sy, is nou tot groot voordeel van die dorp: Carnarvon is in

die hart van die SKA-terrein.

16. Waarom juis Carnarvon? Want die wêreld se grootste radioteleskoop het stilte nodig. En die Karoolandskap rondom Carnarvon het dít in oorvloed.

17. Gemeenskapsleiers van Carnarvon het die SKA-aankondiging verwelkom:

18. Ellen Riley, ’n raadslid in die Kareeberg-munisipaliteit: “Ons wou dit graag

alleen gehad het, maar dit is nie te versmaai as ons die bod met hulle (Australië) deel nie. Dit is ’n aanwins vir die Noord-Kaap, Carnarvon en die Karoo. Ek glo dat ons hulle mettertyd sal verbysteek.”

19. Danie van Schalkwyk, eienaar van die Meerkat Manor-gastehuis:”Dit gaan

vir ons baie beteken, veral die geld wat die lande hier gaan belê. Ons kry klaar toeriste wat in dié soort ding belangstel, en ek dink dit gaan meer toeriste lok en dit gaan ook meer werk skep.”

20. Past. Quinton Liebenberg van die African Methodist Episcopal Church:

“Die feit dat ons oorweeg is om die grootste deel van die SKA te huisves, beteken dat ons as ’n land van moontlikhede erken word. Ek dink die potensiaal van Afrika word nou erken. Die feit dat ons die grootste deel kry, is ’n oorwinning. Ek dink dit was ’n uitklophou vir Australië.”

21. Mag Suid-Afrika se ster helder skyn in die internasionale wetenskaplike hemelruim.

[Verwerk en vertaal uit: Beeld, 25 Mei 2012, Die Burger, 26 en 29 Mei 2012 en City Press, 8 Julie 2012] 1.1 Is die sin in paragraaf 1 ‘n feit of ‘n mening? Motiveer jou antwoord. (2) 1.2 Wat was die kriteria waaraan die SKA-terrein moes voldoen? Beantwoord in

een volsin. (2) 1.3 Skryf ‘n woord uit die leesstuk neer wat “die beste” beteken. (1) 1.4 Watter twee faktore het volgens prof. Jonas die deurslag gegee dat die bod aan

Suid-Afrika toegeken is? ‘n Volsin is nie nodig nie. (2) 1.5 Watter verklaring word in die leesstuk vir “gedeelde-terrein-oplossing”

(paragraaf 9) gegee? (2)

Page 5: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5

Blaai om asseblief

1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer wat beteken “ooreenstemming in menings”. (1)

1.7 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die vraag in paragraaf 11? (2) 1.8 Die woord “ekotoerisme” verwys na toerisme met die doel om die natuur te

bewaar. Hoe sal jy die begrip “wetenskaptoerisme” (paragraaf 12) verklaar? (1) 1.9 Watter twee probleme wat die Noord-Kaap teister, sal moontlik deur die

SKA-projek aangespreek word? Skryf slegs twee woorde neer. (2) 1.10 Herlees paragraaf 14. Wat was Yolandi Groenewald se aanvanklike houding

teenoor Carnarvon? (1) 1.11 Kies die korrekte antwoord uit die keuses hieronder en skryf slegs die

vraagnommer en die letter (A–D) neer.

Die uitdrukking “in die hart van die SKA-terrein” (paragraaf 15) beteken dat …

A. die SKA-terrein alle dele van Carnarvon insluit. B. die SKA-projek se hoofkantoor in Carnarvon gesetel is. C. Carnarvon in die middel van die SKA-terrein geleë is. D. Carnarvon die enigste dorp is wat by die SKA-projek sal baatvind. (1)

1.12 Wat is die ooreenkoms tussen die kommentaar van Raadslid Ellen Riley en

Pastoor Quinton Liebenberg (paragrawe 18 en 20)? Begin jou antwoord so: Albei verwys na ... (1)

1.13 Watter afleiding kan die leser oor mnr Danie van Schalkwyk maak na

aanleiding van sy verwysing na “toeriste wat in dié soort ding belangstel” (paragraaf 19)? (1)

EN

Page 6: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 6

Blaai om asseblief

[Uit: Volksblad, 28 Mei 2012]

1.14 Hoe sluit die opskrif van die spotprent by dié van die koerantberig aan? (1) 1.15 Wat is die doel van die blokkie regs onder in die spotprent? (1) 1.16 Waarom is dit gepas dat die spotprent juis ‘n donker agtergrond moet hê? (1) 1.17 In die lig van die inhoud van die meegaande koerantberig, wat word deur

die vyf voorwerpe wat in die spotprent voorkom, voorgestel? (1) 1.18 Wat kan ‘n mens uit die meerkatte se liggaamshouding aflei? (1) 1.19 Dink jy die skole in Carnarvon behoort by die SKA-projek betrek te word?

Motiveer jou antwoord. (2) EN

Page 7: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 7

Blaai om asseblief

SKA-TYDLYN

2013 2014 2013-2015 Gedetailleerde ontwerp, pre-konstruksie 2015

2016 2017 2016-2019 Fase 1-konstruksie 2018 2019 2018-2023 Fase 2-konstruksie 2020 2020 Volledige wetenskap met fase 1 2021 2022 2023 2024 2024 Volledige wetenskap met fase 2

Bron: Elsabe Brits, Jaco Grobbelaar, Grafika24

1.20 Hoeveel jaar gaan die totale konstruksie van die SKA duur? (1) 1.21 Watter aktiwiteite gaan volgens die tydlyn oorvleuel? (2) 1.22 Watter aanduiding is daar op die tydlyn dat die SKA-projek deeglik

beplan word? (1)

TOTAAL AFDELING A: [30]

Page 8: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 8

Blaai om asseblief

AFDELING B: OPSOMMING VRAAG 2 In die teks hieronder word SEWE MANIERE genoem om vetsug onder kinders te voorkom. Som hierdie sewe wenke puntsgewys in volsinne op. Jou opsomming mag nie meer as 90 woorde wees nie. Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.

BEWEEG SA: Kry jou kind van die rusbank af

Vetsug onder kinders het kenners wêreldwyd bekommerd. Hulle eet dikwels verkeerd en sit te veel voor die TV en rekenaar.

Pasella se Dieter Voigt sê sport was sy wegspringblok na sukses. Vandag moedig dié rolmodel kinders aan om te beweeg.

Mense neem vetsug onder kinders steeds te ligtelik op, sê prof. Hans de Ridder van die Noordwes-Universiteit. Hy waarsku dat ons ’n “siek generasie kweek”.

Hans sê jong kinders moet minstens ’n uur per dag speel en hardloop. Fisieke ontwikkeling het ’n regstreekse invloed op hoe kinders op skool vorder, sê Adelita Botha, ‘n sportwetenskaplike. Dis noodsaaklik vir dinge soos liggaamskoördinasie en balans.

Dieter meen daar moet meer dissipline en ’n vaste roetine vir huiswerk en oefening wees. Jou kind kan rekenaarspeletjies speel én oefen. Maar balans is belangrik. En jy as ouer moet daarvoor sorg.

Hy sê ook skole maak ’n te groot ophef van kinders met sporttalent. “Net húlle kry positiewe erkenning. Die outjie wat nie in sport uitblink nie, voel later hy is net goed genoeg om voor die TV te sit. Maar sport is nié net vir eerstespan-spelers nie.”

Volgens hom moet die positiewe uitwerking van sport meer beklemtoon word. Eers sal die kind weerstand bied, maar as dit vir hom lekker raak, gaan hy die voordele ervaar.

Hans sê kinders wat nie in sport presteer nie, wat die meerderheid is, moet ook betrokke raak by speel en oefen. Hy reken Liggaamsopvoeding op skool is die belangrikste manier hoe dit gedoen kan word.

Bekendes, soos Michelle Obama in Amerika, moet as rolmodelle optree, meen hy. Die ouer kan praat tot hy blou is, maar die kind sal net sy ore spits as ’n bekende presies dieselfde ding sê.

Snoepwinkels by skole is ook ’n groot probleem. Net 18% hou gesonde drankies en jogurt aan. En die gewildste items is aartappelskyfies en vleispasteitjies.

Volgens Dieter moet snoepwinkels aanpas. “Daar is niks verkeerd met peuselgoed nie, maar dit moet gesond wees, soos biltong en neute pleks van tjips en lekkers.”

So leer ons elke dag, en leefstyl-aanpassings is nooit te laat nie. [Verwerk uit: SARIE, Februarie 2012]

TOTAAL AFDELING B: [10]

Page 9: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 9

Blaai om asseblief

AFDELING C: TAAL Lees die tekste hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae. VRAAG 3: ADVERTENSIE

13

2014 [Uit: Lig, Mei 2012]

Page 10: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 10

Blaai om asseblief

3.1 Dink jy dat die skrif- en lettertipe van Glip weg gepas is? Motiveer jou

antwoord. (2) 3.2 Identifiseer EEN tegniek wat gebruik word om die slagspreuk

“Meer plesier vir minder” te beklemtoon? (1) 3.3 Verander die onderstaande sin in ’n vraagsin deur net van die woorde wat

in die sin voorkom, gebruik te maak: ATKV-oorde is die perfekte wegbreekplek vir jou en jou gesin. (1)

3.4 Watter soort werkwoord is die woord is in die onderstaande sin?

ATKV-oorde is die perfekte wegbreekplek vir jou en jou gesin. (1)

3.5 Skryf die stam van die woord aktiwiteite neer. (1) 3.6 Skryf die gesegde van die onderstaande sin neer:

Verskillende verblyfopsies, uitstekende fasiliteite en opwindende aktiwiteite verseker ‘n unieke ervaring. (1)

3.7 3.7.1 3.7.2

In die laaste sin word oorredingstaal gebruik. Haal ’n frase aan wat ‘n voorbeeld van oorredingstaal is. Motiveer die geslaagdheid van die frase wat jy by VRAAG 3.6.1 genoem het.

(1)

(1)

3.8 Waarvoor staan die afkorting ATKV? (1)

[10]

Page 11: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 11

Blaai om asseblief

VRAAG 4: STROKIESPRENTE 1 2

[Uit: Die Burger, datum onbekend] 4.1 Gee die intensiewe vorm van gelukkige (raam 1). (1) 4.2 Skryf in die ontkennende vorm: Jy het al lekker en slegte pap gemaak. (1) 4.3 Skryf die betekenis van die premorfeem in die woord beloon (raam 2) neer. (1) EN 1 2 [Uit: Die Burger, 10 Oktober 2008] 4.4 Gebruik die homofoon van raad (raam 1) in ‘n verklarende sin. (1) 4.5 Wat is die geïmpliseerde betekenis van die woorde in raam 2. (1) EN

Häga

r die V

ers

kriklike

[DB 10102008]

EN

'n Jafel vra die veearts om sy hond se stert af te sny. "Nou hoekom dan?" wil die veearts weet. "Wel," sê die jafel, "my vrou se ma kom volgende maand kuier en ek wil nie hê sy moet enigiets sien wat haar welkom sal laat voel nie." Stereotipering 1. Die strokiesprent en die grappie bevat dieselfde vorm van stereotipering. 1.1.1 Identifiseer die streotipering in die strokiesprent en die grappie. 1.1.2 Verduidelik kortliks hoe jy die strokiesprent sou verander om die stereotipering uit te

skakel. 2. Wat is die verskuilde betekenis van die woorde ‘my vrou se ma’ in die grappie?

Häga

r die V

ers

kriklike

Page 12: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 12

Blaai om asseblief

1 2 3

[Uit: Die Burger, datum onbekend]

4.6 Gee die meervoud van glimlag (raam 1). (1) 4.7 Gebruik die homoniem van hoop (raam 2) in ‘n sin sodat die betekenis

duidelik na vore kom. (1) 4.8 Gebruik die woord gevolglik en vorm EEN sin van die twee sinne hieronder:

Oom Leo het ‘n ongelukkie met die tandarts gehad. Hy glimlag nie meer nie. (1)

4.9 Verduidelik die humor in hierdie strokiesprent. (2)

[10]

Page 13: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 13

Blaai om asseblief

VRAAG 5: KOERANTBERIG EN RESENSIE KOERANTBERIG

Pous skakel ‘kersboom’ aan

1. VATIKAANSTAD. – Pous Benedict XVI het’n tabletrekenaar gebruik om vanuit sy woonplek ’n reuse-liginstallasie in Umbria aan te skakel wat in Italië bekend staan as “die wêreld se grootste kersboom”.

“Ek hoop hierdie sal ’n lig in die donker wees,” het die pous gesê. 5. Die “boom” is gemaak uit 400 groot veelkleurige ligte en is geïnstalleer op ’n heuwel

bo die prentjiemooi Middeleeuse dorp Gubbio. Dit is 750 m hoog en het ’n maksimum breedte van 450 m.

Die (skiet) ster bo op die heuwel is gemaak uit 250 ligte en bedek ’n gebied van meer as 1 000 m².

10. Gubbio het ’n historiese verbintenis met Sint Francis van Assisi en het in 1981 met

die liginstallasie begin. Die verbinding met die ligte is met behulp van ’n internetdiensverskaffer

bewerkstellig en die geleentheid is deur die openbare televisiestasie Rai Uno uitgesaai.

[Verwerk uit: Die Burger, 9 Desember 2011]

5.1 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter

(A – D) neer.

Die woord tabletrekenaar (reël 1) is deur … gevorm.

A. kontaminasie B. toutologie C. nuutskepping D. analogie (1)

5.2 Skryf in die indirekte rede:

“Ek hoop hierdie sal ’n lig in die donker wees,” het die pous gesê. (1)

Page 14: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 14

Blaai om asseblief

5.3 In die woordeboek word die volgende inligting oor installeer (reël 5)

gegee:

in • stal • leer׳ ww. (geïnstalleer) 1 (w.g.) Iemand plegtig in ‘n amp of

bediening bevestig; instel: ‘n Burgemeester, kanselier van ‘n universiteit , ‘n president installeer. 2 (soms refleks.) (Jou) êrens vestig; plaas laat neem; inrig: Ons het ons in die voorkamer geïnstalleer.’n Gas in ‘n leunstoel installeer 3 Aanlê, oprig, monteer: ‘n Verwarmingstoestel, ‘n TV-stel in ‘n huis installeer. Geïnstalleerde masjiene. [L. installare < in-²(b) + stallum stal] installering

[Uit: HAT, 2010]

5.3.1 Skryf die lettergreep wat by die uitspraak van die woord installeer beklemtoon word, neer. (1)

5.3.2 Watter betekenis van die woord geïnstalleer is in die leesstuk (reël 5) van

toepassing? (1) 5.4 Skryf die korrekte teenwoordige deelwoord van skiet (reël 8), neer. (1) 5.5 Die woorde verbintenis (reël 10) en verbinding (reël 12) het dieselfde

stam en word dus ... genoem.

A. poliseme B. paronieme C. antonieme D. sinonieme (1)

5.6 Skryf in die bedrywende/aktiewe vorm: Die geleentheid is deur die openbare televisiestasie Rai Uno uitgesaai. (1)

EN

Page 15: AFRIKAANS HUISTAAL VRAESTEL EEN...Afrikaans Huistaal/ V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 5 Blaai om asseblief 1.6 Skryf twee opeenvolgende woorde uit die leesstuk neer

Afrikaans Huistaal/V1 Gemeenskaplike Vraestel WKOD/ September 2012 15

RESENSIE

The N4 Book deur Peter Delmar R104 by Parkview Press www.parkviewpress.co.za

1. Op Google Earth het iemand ‘n foto van die N4 net verby Bronkhorstspruit opgelaai, met dié onderskrif: ”Die verveligste stuk pad in Suid-Afrika.”

Ja, baie mense sien nou maar eenmaal die N4 as ‘n noodsaaklike euwel as jy van Gauteng af Krugerwildtuin of Maputo toe moet ry.

5. Al daai mense moet dié boekie kry. The N4 Book is vol inligting oor dorpe,

natuurverskynsels, fabrieke en plase waar jy verbyry in die volgorde wat jy hulle teëkom.

Jy kan onder meer leer oor die goudstormloop op die platorand rondom Pelgrimsrus.

10. Weg sê: Hierdie boekie behoort die wysneuse op die agtersitplek stil te hou.

[Verwerk uit: Weg, September 2011]

5.7 Gee die vergrotende trap van verveligste (reël 2) (1) 5.8 Brei die onderstaande sin uit met ’n bywoordelike bepaling:

Al daai mense moet dié boekie kry. (1) 5.9 Wat word met die idiomatiese benaming wysneuse (reël 10) bedoel? (1)

[10]

TOTAAL AFDELING C: 30 GROOTTOTAAL: 70