26
0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2005 TYD : 2 UUR PUNTE: 80 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2005 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” AFRIKAANS TWEEDE TAAL HOëRGRAAD (VRAESTEL 2) (ADDISIONELE TAAL) Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

  • Upload
    others

  • View
    74

  • Download
    3

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2) NOVEMBER 2005

TYD : 2 UUR PUNTE: 80

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2005

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak”

AFRIKAANS TWEEDE TAAL HOëRGRAAD (VRAESTEL 2)

(ADDISIONELE TAAL)

Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

Page 2: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

2

INSTRUKSIES 1. Beantwoord TWEE vrae (2 x 40 punte), gekies uit enige TWEE van die volgende afdelings: Afdeling A: Feesmaal Vraag 1 OF Vraag 2 Afdeling B: Verslig Vraag 3 OF Vraag 4 Afdeling C: Die verdwyning van Mina Afrika Vraag 5 OF Vraag 6 2. Skryf die nommer van die vraag bo die antwoord neer. 3. Slegs die eerste TWEE vrae wat beantwoord word, sal nagesien word. EKSTRA antwoorde, dit wil sê antwoorde op meer as TWEE vrae, sal glad nie nagesien word nie. 4. VEELKEUSEVRAE: Skryf die antwoord voluit langs die nommer van die vraag neer. Moenie net die letter van die korrekte antwoord neerskryf nie. 5. EENWOORD-ANTWOORDE: Skryf die vraagnommer en langsaan slegs die korrekte antwoord. 6. Laat 'n reël oop nadat 'n onderafdeling van 'n vraag beantwoord is. 7. Skryf netjies en leesbaar.

Page 3: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

3

AFDELING A: FEESMAAL – E.A. SWANEPOEL LET WEL: Beantwoord slegs EEN van die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 1 RUKWIND – Elise Muller 1. Pas elke keer die woord in Kolom A by 'n verduideliking in Kolom B.

Skryf slegs die vraagnommers 1.1. tot 1.4 en die korrekte letter en antwoord neer.

KOLOM A KOLOM B 1.1 plesierrit A derde stemmetjie 1.2 dogtertjie B soos 'n prentjie 1.3 vallei C pragtige laning bome 1.4 windbreek D landelike omgewing (4x1) [4]

Lees die volgende uittreksels uit die ma se gedagtes toe hulle langs die wingerd stilgehou het.

Beantwoord dan die vrae wat volg. Skryf die vraagnommers 1.5 tot 1.7 neer en langs elkeen die korrekte

antwoord.

“Die wind” 1.5 Watter pynlike gedagtes het dit by die ma gewek? (2)

“Daardie wind” 1.6 Wat het sy omtrent “daardie wind” bevraagteken? (2)

“Dieselfde wind” 1.7 Beide die ma en die boer is deur “dieselfde wind” aangetas.

Stem jy saam met die stelling? Skryf JA of NEE. Motiveer jou antwoord. (2) [10]

Page 4: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

4

DIE WEDLOOP – Pirow Bekker

1.8 Gebruik die leidrade om die antwoorde te voltooi.

Die antwoorde moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word. Skryf die vraagnommers 1.8.1 tot 1.8.5 neer en langs elkeen die

korrekte antwoord.

1.8.1 1.8.2 1.8.3 1.8.4 1.8.5

Leidrade 1.8.1 Die twee skole wat teen mekaar meeding. (2) 1.8.2 Die naam en van van die twee atlete van die mededingende skole. (2) 1.8.3 Die twee atletiekitems waaraan hulle albei sal deelneem. (2) 1.8.4 Die twee reëls wat hulle daardie dag oortree. (2) 1.8.5 Die name van die twee karretjies waarmee die seuns vergelyk word. (2) [10]

Page 5: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

5

POTYSTER SWEIS NIE – P.G. du Plessis

1.9 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae.

Skryf die vraagnommers 1.9.1 tot 1.9.6 neer en langs elkeen die korrekte antwoord.

Tussen die hope yster, grawe ek dié dag 'n weggooistofie uit.

1.9.1 Waar het die verteller die weggooistofie gekry? (1) 1.9.2 Hoe is die prys van die weggooistofie vasgestel? (1) 1.9.3 Hoe lyk die weggooistofie? Gee TWEE uiterlike kenmerke. (2) 1.9.4 Noem twee belangrike kenmerke van potyster wat die verteller by die skoolseun geleer het. (2) 1.9.5 Die verteller boer nie met yster nie, maar met 1.9.5 (a) …….; dus is hy 'n 1.9.5(b) …….. (2) 1.9.6 Noem twee afleidings/gevolgtrekkings wat die verteller uit die skoolseun se leuens gemaak het. (2) [10]

Page 6: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

6

DANKIE, ELSEBET – Chris Barnard

1.10 Gebruik die leidrade om die antwoorde te voltooi.

Die antwoord wat met die gegewe letter begin, moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word.

Skryf die vraagnommers 1.10.1 tot 1.10.10 neer en langs elkeen die korrekte antwoord.

Leidrade

1.10.1 1.10.2 1.10.3 1.10.4 1.10.5 1.10.6 1.10.7 1.10.8 1.10.9 1.10.10

K K L V O V K B L T A L G R G S I G E

1.10.1 Volwassenes kan soms by hulle iets leer. 1.10.2 Sonder skoene. 1.10.3 Hier het die verteller hom bevind. 1.10.4 Die naam van die voorstad was op dié venster geskryf. 1.10.5 Dit doen die kind wat op die randsteen sit. 1.10.6 In dié straat het die verteller en die kinders na mekaar gestaan en kyk. 1.10.7 Die verteller het dié tyd van die dag begin stap. 1.10.8 Dit ruik na 'n geldstuk. 1.10.9 Dit is waar die kinders speel. 1.10.10 Een seuntjie wou weet of die verteller een is. (10x1) [10]

Page 7: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

7

VRAAG 2

POTYSTER SWEIS NIE – P.G. du Plessis 2. Gebruik die leidrade om die antwoorde te voltooi. Die antwoord wat met die gegewe letter begin, moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word.

Skryf slegs die vraagnommers 2.1 tot 2.10 neer en langs elkeen die korrekte antwoord.

2.1 S K 2.2 T O 2.3 S E 2.4 K L 2.5 D 2.6 T R 2.7 R A 2.8 S N 2.9 B K 2.10 B E

Leidrade

2.1 Hiervan word die skoolseun se ma beskuldig. 2.2. Dis dalk dié rede waarom die skoolseun nie die geld aanvaar het nie. 2.3 Vandeesweek is daar baie min. 2.4 Die verteller het dit in die winkel vergeet. 2.5 Dit het die skoolseun langs die pad gestaan en doen. 2.6 Die bedrag geld wat hy vir sy geselskap aangebied is. 2.7 Omdat dít nie gewerk het nie, het hy die skoolseun opgelaai. 2.8 Dit het hy nie aangehad toe hy in die veld gaan rondfoeter het nie. 2.9 Sy pa besit twee sulke voertuie. 2.10 Dis die soort werk wat sy pa doen. [10x1]

Page 8: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

8

'N TUISNYWERHEID LANGS DIE PAD – Riana Scheepers

2.11 Voltooi die briefie wat die seun aan sy ma skryf deur elke keer

'n geskikte woord te gee. Die antwoorde moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word. Skryf die vraagnommers 2.11.1 tot 2.11.10 neer en langs elkeen die

korrekte antwoord.

Liefste Mamma Ek is so jammer, Mamma. Ek het 'n …2.11.1… vertel. Ek het nie die vis wat Mamma in die vuur-as gaargemaak het by …2.11.2… gekry nie. Ek het dit …2.11.3… dae gelede in die …2.11.4…-rivier gevang. Ek wou dit by die …2.11.5.. verkoop sodat ek my eie pakkie …2.11.6… en 'n paar …2.11.7… kan koop. Ek sou die vis vir slegs …2.11.8… verkoop, maar een van die vrouens het aanbeveel dat ek dit vir R5.00 moes verkoop, want dié mense het mos baie geld. Ek wou dit sommer by Mamma se sisi se goed neersit. Mamma, so teen laatmiddag wou niemand my vis koop nie. Hulle het gesê die vis …2.11.9…! Daardie vet vrou wou hê ek moes die vis se …2.11.10… oopsny, want anders sou al hul goed stink! Ek het toe besluit ons kon dit vanaand eet. Mamma se Seun

[10x1]

TUISKOMS – Margaret Bakkes

2.12 Nadat Mara van oorsee teruggekom het, skryf sy in haar dagboek.

Skryf nou daardie dagboekinskrywing. Skryf die vraagnommers 2.12.1 tot 2.12.5 neer en langs elkeen die korrekte

aantekeninge.

Mara moet melding maak van haar:

2.12.1 gevoelens toe sy hier land. (2) 2.12.2 versoeke aan haar man, Hans. (2) 2.12.3 begeertes by die ingang van die saal. (2) 2.12.4 verwelkoming deur die hoofsuster. (2) 2.12.5 sigbare tekens van haar ma se toestand. (2) [10]

Page 9: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

9

DIE WEDLOOP – Pirow Bekker

2.13 Lees die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae.

Nou het die môre aangebreek en die motors het stoet gery van Blinkklip af hier na Noordburg se werf toe.

2.13.1 Salmon oortree twee reëls omdat hy na Vis luister. Wat doen hy wat hy nie gewoonlik sou doen nie? (2) 2.13.2 Wat wou albei atlete nie daardie dag doen nie? Gee ook 'n rede waarom hulle dit nie wou doen nie. (2) 2.13.3 Beide Salmon en Vis neem op 'n ander manier aan die wedloop deel. Op watter manier het hulle dit gedoen nadat Salmon sy voet oopgesny het? (2) [6] 2.14 Pas elke keer die woord in Kolom A by 'n verduideliking

in Kolom B. Skryf slegs die vraagnommers 2.14.1 tot 2.14.4 en die korrekte letter

en antwoord neer.

KOLOM A KOLOM B 2.14.1 Vis A karretjies 2.14.2 bottelstuk B roomys 2.14.3 verversingstent C bloeiende voet 2.14.4 Super-Fast D rammetjie-uitnek (4x1) [4] /40/

Page 10: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

10

AFDELING B: VERSLIG – CHARLES FRYER LET WEL: Beantwoord slegs EEN van die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 3 3.1 Lees die onderstaande gedigte en beantwoord dan die vrae.

Omdat - Antjie Krog My maer hande steek vir jou 'n kers aan omdat jy my maat geword het toe ek na 'n kwartaal nog somber alleen tussen die ander sit, omdat jy my pouses uit die biblioteek kom haal om saam liedjies te sing in die saal, omdat jy my maat bly t.s.v. my skilferhemp en nylontrui omdat jy lief vir my geword het en my selfs vashou teen jou bors t.s.v. my dimpelbene en die ryp puisies wat op my wange kors. My kers brand omdat jy kaalvoet saam met my deur die dorp loop en wag as ek iets in 'n supermark koop omdat jy pouses vir my brood gee, smiddae vir my wiskunde verduidelik en soms oor my skoon hare vee omdat jy my maat is en so daarin berus al skinder almal oor jy 'n seun en ek 'n meisie is omdat jy verstaan as ek weg van jou kring en agter die gordyne kruip as jy operette sing. Kyk hoe bewe my kers nou hy sê dankie en hy bid vir jou. Uit: Dogter van Jefta

Voltooi die dagboekinskrywing van die verteller deur elke keer 'n geskikte woord te gee. Die antwoord moet op die inhoud van die gedig gebaseer word. Skryf die vraagnommers 3.1.1 tot 3.1.10 neer en langs elkeen die toepaslike antwoord.

Page 11: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

11

Liewe Dagboek My …3.1.1.. flikker omdat dit …3.1.2… sê vir alles wat jy vir my beteken het. Na …3.1.3… maande by die skool was ek maar baie eensaam. Jy het my …3.1.4… laat voel toe ek nie met die ander …3.1.5… kon meng nie. Jy het my maat gebly al het my ryp …3.1.6… en …3.1.7… ander afgeskrik. Ek was bly toe jy vir my by die winkel …3.1.8… het. Die wiskunde het ek sommer beter …3.1.9… toe jy dit vir my verduidelik het. Ek gee ook nie om as mense agter my rug praat oor ons …3.1.10… nie.

(10 x 1) [10]

en

3.2

ANNESU DE VOS sonata ons vriendskap was 'n middagmelodie van vier tot vyf tussen die koel geheime mure van die plat wit huis waarin jy bly en buite het die luisterende plante oor die dak gerank gekartel in die harmonie van fluisterende klank nou is ons vriendskap net die stilte na die simfonie en op 'n reënerige nag herskep ek dit met wit gepunte vingers tot 'n temerige klag op my klavier want ek verlang na jou en huil alleen omdat jy vir my lag Uit: Gebed van 'n groen perske

Page 12: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

12

Voltooi die brief wat die meisie aan haar geliefde skryf deur telkens

'n woord uit die gegewe lysie woorde te kies. Skryf die vraagnommers 3.2.1 tot 3.2.10 neer en langs elkeen die korrekte antwoord.

eensaam mense plante gesels herleef reënerige mekaar mis spesiaal klavier geheime sonskyn

Kerkstraat 15 Kaapstad 2000 2 Julie 2004 My liefste Onthou jy nog hoe …3.2.1.. ons verhouding was? Hoe ons tussen vier- en vyfuur met …3.2.2… ons …3.2.3… gedeel het? Selfs die …3.2.4… buite het tydens ons samespel gekrul. Deesdae …3.2.5… ons nie meer nie. Dis op sulke …3.2.6… dae wat ek baie …3.2.7… voel omdat ek jou baie …3.2.8… Ek probeer maar om alles te …3.2.9… deur op my …3.2.10… klaagliedere te speel. Liefde

(10x1) [10]

en

Page 13: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

13

ADAM SMALL Kô, lat ons sing Vrinne lat ons die Bybel oepeslaan en lat ons daaryt lies- o Allahoegste Gies lat hierie woorde na onse harte gaan! – yt die twiere boek van Mosas yt die Exoras yt die viere hoefstuk die ee’ste en die twiere verse – o God maak vi’ ons lig moet hierie woorde soes moet kerse!- toe antwoord Mosas en hy sê: ma’ wat as hulle my nie glo, nie aan my woorde vat as hulle sê die Here het nie ga-appear aan my? ma’ die Here sê vi’ hom: djy sal djou mense lei wat’s in djou hand? en Mosas sê: 'n staf nou vrinne dit was al wat hy gehad het hierie man van God 'n staf 'n dooie stok en boenop het hy nog gehakkel ok ma’ die Here het toe lank moet hom gapraat oor hoe hy moet daai kierie doodgaslaat het die Egiptanaar en Mosas het sy groote kop lat hang en toe toe skielak was daai selfde kierie in sy hand 'n slang! nou vrinne die Here het gabring aan my sy wonnerwerke oek so hy het gavra wat’s in my hand en vrinne in my hand was my kitaar kô, lat ons sing Uit: Kitaar my kruis

Page 14: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

14

3.3 Wie is die spreker in hierdie gedig? (1) 3.4 Met wie praat die spreker in hierdie gedig? (1) 3.5 Wat word die soort Afrikaans genoem wat deur die spreker gebruik word? (1) 3.6 Wat word bedoel met “Mosas het sy groote kop laat hang”? (1) 3.7 Gee twee redes waarom Moses gevoel het dat hy nie goed genoeg was om sy mense uit Egipte te lei nie. (2) 3.8 Watter wonderwerk het in die gedig plaasgevind? (2) 3.9 Waarom wil die spreker hê dat die mense in die laaste reël moet sing? (2) [10]

en 3.10

ROSALI PRETORIUS Die klein generaal Toe die fakkel van vryheid begin brand het in geel Korsikaanse sand voetspore gelê van 'n dapper soldaat wat in die geskiedenis groewe sou laat Die klein generaal het marsjeer en niemand in Europa kon hom keer om die goue Franse kroon te dra Te veel hebsug, te veel mag het hom na meer laat smag Soos die mense van Babel het hy te hoog gereik God het hom neergeslaan met die wit weer van Moedertjie Rusland En op St. Helena in die sand het hy sy laaste treë geplant. Uit: Poort 1985/86

Page 15: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

15

Gebruik die leidrade om die koerantberig met 'n sinsdeel te voltooi.

Sorg dat jou antwoorde op die inhoud van die gedig gebaseer is.

Die gevreesde Napoleon se uurglas het ook nou leeggeloop. Hy is gister op …3.10.1… Hy is op die …3.10.2… Hy was wêreldwyd bekend as …3.10.3… Hy was soos die mense van Babel omdat …3.10.4…

Leidrade

3.10.1 Waarheen hy voor sy dood verban is, en wat daar met hom gebeur het. (2) 3.10.2 Waar hy gebore is. (2) 3.10.3 Gee twee redes waarom hy wêreldwyd bekend geword het. (2x2) 3.10.4 Waarom hy met die mense van Babel vergelyk word. (2) [10] /40/

OF

Page 16: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

16

VRAAG 4

4.1 Lees die onderstaande gedigte aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.

MARLENE VAN NIEKERK troetelwoorde vir ogilvie douglas ('n bosbouer van 'n nedersetting by Grabouw het op 'n reëndag met sy mongoolkind op sy skoot gesit) kyk oggeliefie druppeldou jakkals trou met wolf se vrou ag die stomme wêreld wou dat jy my kind sou wees my kind hier in ons eie dorp agter die bosrug van grabouw my droomoogkind met jou oophangmond wat kwyl soos heuningdruppelsdou kyk daar’s druppels op jou mou kyk daar’s druppels teen die ruit o oggeliefie douglas elke druppel is 'n sonnetrou dit reën jou pa kan nie vandag sy boom gaan kap o nooit volprese God wat ook oor wurms wag moet hou seën die oggeliefiekind van my en my sy pa en daar sy maltrapma o oggeliefie druppeldou o jakkals trou met wolf se vrou Uit: Sprokkelster

Page 17: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

17

Voltooi die dagboekinskrywing van die verteller deur elke keer 'n geskikte

woord te gee. Die antwoord moet op die inhoud van die gedig gebaseer word. Skryf die vraagnommers 4.1.1 tot 4.1.10 neer en langs elkeen die toepaslike antwoord.

Liewe Dagboek Ek is …4.1.1… vir jou, my oggeliefie. Al ly jy aan …4.1.2…, aanvaar ek jou net soos jy is. Jou …4.1.3… lyk dromerig en jou …4.1.4… hang gedurig oop, maar ek bly steeds lief vir jou. Dit …4.1.5… vandag hier in die bosrug van …4.1.6… daarom kan ek nie hout gaan kap nie. Ek kan God nie genoeg …4.1.7… vir die verantwoordelikheid wat Hy vir my gegee het om jou as kind te hê nie. Ek bid dat Hy ons twee en jou …4.1.8… sal …4.1.9…, want as hy vir die kleinste …4.1.10… sorg, hoeveel te meer nie vir ons nie?

(10x1) [10]

en 4.2

I.D. DU PLESSIS Rietfontein Wit is die water Maar bleker die maan. By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom, Wie is dit wat daar so En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die stroom, Doelbewus gaan? Word op maanverligte nagte nog 'n sombere tafereel Verdonkerde bome Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel. Bewe in die laan; Wit is die water Maar bleker die maan. Wit is die water En blond is die maan, Kortstondig soos die dou wat smôrens skitter op die roos, En bly is die paar Kortstondig was die enkel uur van samesyn se troos. Wat gearmd daar gaan. Op bloedbevlekte bloeisels lê die paartjie in die laan, Versilwerde bome Terwyl 'n swart gestalte onder peerbomtakke staan. Ruis in die laan; Wit is die water Bloed in die water En blond is die maan. En bloed in die laan. Wie is dit wat daar so 'n Honderd jaar gelede het die buurt se mooiste blom Roerloos bly staan? So in die helder maanlig na die peerboomlaan gekom; Vormlose skaduwees Maar terwyl sy en haar minnaar in confetti-bloeisels staan, Kruip oor die maan; Het 'n ander in die skaduwee langs die dam se wal gegaan. Bloed in die water En bloed in die laan. Wit is die water En bleek is die maan. By Rietfontein se leidam, as die reier staan en droom Wie is dit wat daar so En gepluimde peerboomtakke bloeisels sprinkel in die stroom, Geruisloos gaan? Word op maanverligte nagte nog 'n sombere tafereel 'n Huiwering trek Van haat en lus en liefde deur gestorwenes afgespeel. Deur die bome in die laan; Wit is die water En bleek is die maan. Bloed in die water En bloed in die laan. O, salig die verrukking wat die suiwere liefde bring, Wie is dit wat daar so En vrolik het die harte van die paartjie daar gesing Skuldbewus gaan? By Rietfontein se leidam, in die wit lig van die maan; Vormlose skaduwees Maar oorkant langs die peerboom het 'n skaduwee gegaan. Kruip oor die maan; Bloed in die water En bloed in die laan. Uit: Mens en ster

Page 18: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

18

Voltooi die volgende nuusberig deur die gepaste woorde in te vul. Die antwoorde moet op die inhoud van die gedig gebaseer word. Skryf die nommers 4.2.1 tot 4.2.10 onder mekaar neer en langs elkeen die

korrekte antwoord.

Vermeende moordenaar nog op vrye voet By Rietfontein se …4.2.1… het 'n …4.2.2… voorval plaasgevind. Iemand het die …4.2.3… paartjie wat daarheen gegaan het, …4.2.4. Die polisie het een …4.2.5… aand op die twee …4.2.6… lyke afgekom. Die moordenaar is vermoedelik 'n …4.2.7… bewonderaar wat lank reeds 'n oog op ons dorp se mooiste …4.2.8… gehad het. Na bewering het hy hulle dié aand …4.2.9… en in die …4.2.10… van die damwal weggekruip.

(10x1) [10]

en

CAROL CLARK Window-dressing Nes 'n slak sy dop dra ek my huis om my hart: ek voel die mure rek en krimp soos ek asemhaal. Oor die jare dra ek liefdesgawes aan: gordyne vir die woonvertrek 'n Otto Klaer vir die voorkamer riempiesbankie vir die stoep. Ons skuur verfskilfers van die geute af olie die deure en rame maar ek loop katvoet deur die gang – die eerste nag al die kraak gesien teen my slaapkamermuur: 'n San Andreas-fout in miniatuur. Uit: Tjienkerientjee se oog is swart

Page 19: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

19

4.3 Voltooi. Die spreker vergelyk die manier waarop sy asemhaal met die manier waarop die… (2) 4.4 Noem twee dinge wat die spreker aangekoop het om haar huis mee mooi te maak. (2) 4.5 Wat bedoel die spreker as sy sê dat sy “katvoet loop”? (2) 4.6 Haal 'n reël uit die gedig aan as bewys dat die spreker al vroeg reeds ontdek het dat daar fout in haar huis is. (2) 4.7 Die onderstreepte versreël het TWEE betekenisse.

Een van hulle is dat daar 'n kraak in die muur van die slaapkamer is. Wat is die ander betekenis? (2) [10]

en

4.8

Vrees van die arbeider D.J. Opperman Bitter dwaal ek met die skande dat my moeë en vereelte hande nie die dinge bring aan jou wat jy van my kan eis as vrou; jou oë wat in stiller ure wys jy droom oor 'n “verlore paradys”! In my groei die grou vermoede jy het my in my groot armoede sonder liefde, sonder haat al maande, jare reeds verlaat. Uit: Versamelde poësie

Page 20: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

20

Die arbeider ervaar sekere vrese. Hy bespreek dit met sy vriend.

Stel jou voor dat jy die vriend is met wie hy dit bespreek. Voltooi nou die dialoog. Jou antwoord moet telkens 5 – 10 woorde lank wees en moet op die

inhoud van die gedig gebaseer word. Skryf die nommers onder mekaar en slegs jou antwoord langsaan neer.

Arbeider: Ek voel sleg omdat ek nie vir my vrou …4.8.1… (2) Vriend: Jy het geen rede om sleg te voel nie, want jy werk hard. Kyk die eelte op jou hande. Arbeider: Ek is bang …4.8.2… (2) Vriend: Waarom is jy so negatief? Wat laat jou dink dat sy dit sal doen? Arbeider: Haar …4.8.3… (2) Vriend: As sy so ongelukkig was, sou sy jou lankal verlaat het. Arbeider: Ek begin al hoe meer voel dat …4.8.4… (2) 4.9 Watter woord in die gedig kan met die woord “grys” vervang word? (1) 4.10 Kies die korrekte antwoord en skryf die letter en die antwoord langs die nommer neer. 'n Strofe van twee reëls word 'n ____________ genoem. A kwatryn B sonnet C koeplet D oktaaf (1) [10] /40/

Page 21: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

21

AFDELING C: DIE VERDWYNING VAN MINA AFRIKA – ZURETHA ROOS LET WEL: Beantwoord slegs EEN van die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 5 Gebruik die leidrade om die antwoorde te voltooi. Skryf slegs die vraagnommers 5.1 tot 5.5 neer en langs elkeen die antwoord. Die antwoord wat met die gegewe letter begin, moet op die inhoud van die verhaal gebaseer

word. 5.1 W S 5.2 H K 5.3 L O 5.4 K O 5.5 L Leidrade 5.1 Die bruin mense noem haar hierdie naam. 5.2 As die rykes een bou, sal sy verder gaan studeer. 5.3 Mina gaan in hierdie plek skool toe. 5.4 Haar aanneemouers wou haar hierheen stuur. 5.5 Mina sal by dié juffrou klas loop. (5x1) [5] 5.6 Gebruik die leidrade hieronder om die ontbrekende inligting te voltooi.

Die antwoorde moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word. 5.6.1 Werkgewers 1. 2. 5.6.2 Adres Woonbuurt 5.6.3 Voorwaardes 1. 2. 5.6.4 Verpligtinge 1. 2. 5.6.5 Betaling

Page 22: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

22

Leidrade 5.6.1 Mina/Julie se werkgewers. (2) 5.6.2 Die volledige adres van haar werkgewers. (2) 5.6.3 TWEE voorwaardes van haar dienskontrak. (2) 5.6.4 Wat van haar as werknemer verwag word. (2) 5.6.5 Haar betaling: hoeveel en wanneer. (2) [10] 5.7 Beide Dylan en Deon het Mina se lewe op verskillende maniere beïnvloed, MAAR hulle verskil ook aansienlik:

Die “verskille” moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word. Skryf slegs die vraagnommers 5.7.1 tot 5.7.10 neer en langs elkeen

die gepaste antwoord.

Deon Dylan Wit (5.7.1) …… (5.7.2) …… Bendelid Wil argitek word (5.7.3) Alreeds 'n …… (5.7.4) …… Kaapstad In liefdevolle huis grootgeword (5.7.5) …… (5.7.6) Verlief, maar …… (5.7.7) Verlief, maar …… Vang misdadigers. (5.7.8) Was al in die …… (5.7.9) …… Dood tydens polisieklopjag. Soek die waarheid oor vondeling-baba (5.7.10) Bereid om baba …… (10x1) [10] 5.8 Lees die onderstaande uittreksels uit Mina se gedagtes en beantwoord dan die vrae.

En Schoeman Oortzen kies sy tyd net mooi reg om uit hierdie lewe pad te gee, dink sy bitter. Sy sal net probeer vorentoe kyk. Daar is genoeg tyd om iemand te vind om haar te help ontslae raak van hierdie … hierdie misgewas wat in haar groei.

5.8.1 Hoekom was “die tyd mooi reg” vir Schoeman om uit hierdie lewe pad te gee? (2) 5.8.2 Wat het gebeur dat Schoeman ‘uit hierdie lewe (kon) pad gee’? (2) 5.8.3 Waarna verwys “hierdie misgewas” wat in haar groei? Noem ook wat die oorsaak daarvan was. (2) 5.8.4 Hoe en waar het Mina gehoop om van die “misgewas” ontslae te raak? (2) 5.8.5 Het sy toe iemand gevind om van die “misgewas” ontslae te raak? Skryf JA of NEE. Motiveer jou antwoord. (2) [10]

Page 23: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

23

5.9 Mina maak aantekeninge van al die voorbereidings wat sy vir die aborsie getref het.

Maak 'n opsomming van die 5 belangrikste aantekeninge. Elke aantekening moet 'n volsin wees. Skryf slegs die vraagnommers 5.9.1 tot 5.9.5 neer en langs elkeen

die antwoord. [5]

/40/

OF

Page 24: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

24

VRAAG 6 6.1 Mina kon nie behoorlik vir juffrou Lubbe dankie sê vir alles wat sy vir haar gedoen het nie.

Nadat Mina van die Kaap af teruggekeer het, het sy moontlik dié briefie op juffrou Lubbe se graf gelos. Voltooi dié brief deur die ontbrekende woorde in te vul. Skryf die nommers 6.1.1 tot 6.1.10 onder mekaar neer en langs

elkeen die gepaste antwoord. 22 Desember 1960 Liewe juffrou Lubbe Ek is so jammer dat ek nie eers Juffrou se …6.1.1… kon bywoon om my laaste eer aan Juffrou te bewys nie. Baie dankie vir alles wat Juffrou vir my gedoen het. Die …6.1.2… het my baie gehelp met my werk as spysenier. Selfs …6.1.3… het my gevra om vir haar die restaurant te bestuur. Ek waardeer die huisie, ….6.1.4… en ander goed wat ek van Juffrou …6.1.5… het. Stefaans het besluit om die huisie te …6.1.6…, omdat dit in die blanke deel van die dorp geleë is. Ek en …6.1.7… het al die uitgesoekte huisware na my huisie toe gedra. Die …6.1.8… wat Juffrou, soos Tietser, oor die jare bymekaar gemaak het, is pragtig. Die meubels sal ek by …6.1.9… stoor totdat ek by Tietser se huisie …6.1.10… het. Liefde. Mina

(10x1) [10]

en 6.2 Lees die uittreksel deur en beantwoord dan die vrae wat daarop volg.

En dis mev. Oortzen wat eerste praat: “Mina! Ek het gehoor jy is terug!” Tot haar verbasing sien Mina die vrou glimlag vir haar. “Hello, missies! Die toneelspel wat tweede natuur geword het, neem outomaties oor; dis nou 'n oorlewingsmeganisme. Sy buk by die waentjie. “Hoe gaan dit met missies…? En is dit nou die baba van wie ek … gehoor het?”

Page 25: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

25

6.2.1 Waarom is Mina verbaas dat mev. Oortzen vir haar glimlag? (2) 6.2.2 Wat het veroorsaak dat Iris anders optree? (2) 6.2.3 Wie is die biologiese ouers van die baba in die waentjie? Gee die name van albei ouers. (2) 6.2.4 Waarom maak Mina asof sy nie die kind ken nie? (2) 6.2.5 Mina dink dat die Here ook ten gunste daarvan was dat sy die baba op die Oortzens se stoep gelos het. Hoekom dink sy so? (2) [10]

en 6.3 Voltooi die gesprek tussen Mina en Baba kort na Mina se terugkoms op Goedemoed.

Jou antwoorde moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word.

Baba: Waar kom jy vandaan? En kyk daai haarstyl. Mina: Vertel my alles wat gebeur het tydens die agt maande wat ek weg was. Baba: Die Oortzens het …6.3.1… (2) Mina: (voel ongemaklik en praat die storie dood) Kan ek in my kamer kom of is dit gesluit? Baba: Nee, maar dit …6.3.2… (2) Mina: Hoe gaan dit met juffrou Lubbe? Baba: Sy …6.3.3.. (2) Mina: Is my pa nog orraait? Baba: Ja, jy kan …6.3.4… (2)

Mina: Is Sara en Erik kwaad vir my? Baba: Ek dink …6.3.5… (2)

[10]

Page 26: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 2 ...wcedmis.pgwc.gov.za/.../0013_2_afrikaans_2de_taal_hg_v2.pdf · 0013.2 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.2) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V2

26

6.4 Dylan het onder moeilike omstandighede grootgeword. Gebruik die leidrade om aantekeninge oor sy lewe te maak.

Die antwoorde moet op die inhoud van die verhaal gebaseer word. Leidrade

6.4.1 Sy ma en pa se rol in sy lewe (2) 6.4.2 Hoe hy op straat beland het (2) 6.4.3 Wat hy gedoen het om op straat aan die lewe te bly (2) 6.4.4 Dylan was verlief op Julie omdat sy so anders was as die meisies wat hy geken het. Wat was die belangrikste verskil tussen Mina en hierdie meisies? (2) 6.4.5 Hoe en waar Dylan doodgegaan het. (2) [10] /40/

Die einde