Upload
others
View
6
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
1
Afrikaans Siklus 6
Week 1 Week 2
Maandag (14 September) Maandag (2 1 September)
Dinsdag (15 September) Dindag (22 September)
Woensdag (16 September) Woensdag (23 September)
Donderdag (17 September) Donderdag (24 September)
Vrydag (18 September)
Geagte ouers
Let asseblief daarop dat die werk slegs vir die leerders is wat nog nie terug is by
die skool nie as gevolg van gesondheids redes.
Moet nie te veel werk op een dag doen met u kind nie, oefen die dag se werk in
voordat jul le vooruit werk.
Al le werk moet asb. in n boek of op n bladsy gedoen word in lopende skrif.
Dit is elke ouer en leerder se eie verantwoordelikheid om al die werk onder die knie
te kry by die huis, sodat die leerders goed voorbereid is vir die assesserings toetse.
Dankie vir jul le harde werk.
Groete
Gr.3 Personeel
2
Lees die volgende storie.
Die beeldskone prinses
Netta se ouma lees vir haar n mooi storie. Dit gaan oor n
koninkie wat nie in n paleis gewoon het nie, maar in n woninkie
langs n torinkie in die middel van n klein bossie.
In die torinkie was daar n beelskone prinses toegesluit. Sy was vasgemaak aan
haar enkel met n kettinkie. Daar was n beloninkie vir die persoon wat die prinses
kon red. Naby die torinkie was daar n vreeslike kwaai eekhorinkie wat die torinkie
bewaak het. Die prinses het n gunsteling kussinkie gehad wat sy altyd by haar
gehou het.
Op n dag het die koninkie die eekhorinkie verslaan met n dorinkie en die prinses
gered. Dit was vir haar n seëninkie om ten einde laas uit die torinkie gered te
wees.
Maandag (Week 1)
1. Skryf twee woorde neer by elke klank.
Die woorde hoef nie uit die storie te kom nie.
aai
ooi
oei
eeu
3
Skryf
Doel: Ons leer hoe om ’n storie te skryf en om ons gedagtes te orden. (Gebeure in
logiese volgorde te rangskik.)
Hoe begin ons?
Die leerder moet nou beplan deur na die prent te kyk wat vir haar/hom gegee word en
dan haar/sy gedagtes neer te skryf.
Die leerder skryf alles neer wat hulle in die prente sien, byvoorbeeld: kind,
dogtertjie, seuntjie huis, maats, hond, sonskyn, kat, padda, rivier, water, sambreel
ensovoorts.
Daar is ‘n blok waar die leerders die woorde gaan neerskryf, want dit is woorde wat
hulle in hul storie gaan gebruik.
Kom ons vra vrae oor die prentjie.
1. Wat dink jy doen die kat en padda?
2. Wat dink jy wil die kat/padda doen?
3. Wat het voor die tyd gebeur?
4. Wat gebeur na die tyd?
5. Hoe voel die kat/padda?
6. Oop einde vrae soos: Wat dan? Wat gebeur verder?
In jou klaswerkboek:
2.) Gebruik die volgende prentjie en skryf n storie oor dit.
Gebruik die vrae hierbo om jou te help.
Jou storie moet bestaan uit n titel, twee paragrawe
met 5 sinne in elke paragraaf.
Titel van my storie/Naam van my storie:
Woorde wat ek gaan gebruik in my storie:
Inleiding:
Middel:
Einde:
Name van karakters:
4
Lees die volgende storie
Die lewe van meneer Nelson Mandela
Toe Nelson Mandela was nege jaar oud toe, sy pa dood is en hy
het in die huis van die koning van die Tembu-stam gaan bly. Hy
het hard geleer en later universiteit toe gegaan.
Een vakansie vertel die koning hom dat hy vir hom n vrou gekies
het en dat hy sommer gou met haar moes trou. Net daar
besluit Nelson om weg te loop Johannesburg toe.
In Johannesburg het hy eers by die myne gaan werk. Al was hy baie arm, het hy
begin studeer om n prokureur te word.
Terwyl hy daar in die stad Johannesburg gebly het, het hy dikwels daaraan gedink
dat dit nie reg is dat al die mense in die land nie eenders behandel word nie. Dit
was nie vir hom reg dat swart mense nie kon stem nie.
Hy het kalm geluister as die mense daaroor kla, net soos hy by die koning van die
Tembu-stam gesien het. Hy het teen die regering begin praat. Baie mense het na
hom kom luister.
Nadat hy en sy vriende bomme gegooi het, is hul le in die tronk gegooi. Vir 27 jaar
lank was hy n gevangene, waar hy sy studies ook voltooi het. In die 27 jaar het
die mense van Suid-Afrika begin sien dat apartheid verkeerd was. Uiteindelik is
meneer Mandela uit die tronk vrygelaat. In 1994 is hy tot Suid-Afrika se eerste
swart president verkies.
5
Soorte sinne
Stelsin. Om iets te sê. Dit is die sin wat die meeste gebruik word.
Die sinne eindig met ‘n punt.
Bv. Ek hou van verf.
Vraagsin Om ‘n vraag te vra.
Dit het gewoonlik ‘n vraagteken aan die einde.
Bv. Wanneer kom die bus?
Uitroepsin As jy iets wil uitroep of om gevoelens uit te druk.
Bv. H’m, die koeldrank is lekker.
Eina! My voet bloei!
Bevelsin Om ‘n bevel (opdrag) te gee.
Die sin is gewoonlik kort en het ‘n uitroepteken aan die einde.
Bv. Hou op!
Dinsdag (Week 1)
1.) Antwoord die volgende vrae deur stelsinne te gebruik. Antwoord in vol ledige
sinne.
a.) Hoe oud was Nelson Mandela toe sy pa dood is?
b.) Waarom het hy van die koning van die Tembu se plek af weggeloop?
c.) Noem 3 dinge wat Nelson Mandela gepla het toe hy in Johannesburg
gebly het?
d.) Waarvoor het hy gestudeer?
e.) Hoe lank was by in die tronk?
f.) Wat, dink jy, het meneer Nelson Mandela vir ons land beteken?
2.) Lees die volgende stelsinne. Verander elke sin na n vraagsin. Begin jou vraagsin
met die woorde in hakies agteraan. Onthou n vraagsin eindig met n
vraagteken.
a.) Een vakansie vertel die koning hom dat hy vir hom n vrou gekies het en
dat hy sommer gou met haar moes trou. (Wat)
b.) Net daar besluit Nelson om weg te loop Johannesburg toe. (Wat)
c.) In Johannesburg het hy eers by die myne gaan werk. (Waar)
6
3.) Skryf 2 uitroepsinne oor die volgende woorde. Die eerste een is n voorbeeld.
Bv: Krieket: Sjoe, die bal trek ver!
a.) gras b.) winter c.) maats
4.) Kyk na die prente. Gee vir elke maat n gepaste bevel (opdrag). Onthou n bevel
sin is kort en eindig met n uitroepteken.
a.) b.) c.) d.)
Woensdag (Week 1)
1.) Elke een van ons het huiswerkies om te doen as ons by die huis kom. Van ons
moet dalk die honde kos gee of mamma help om toebroodjies te maak vir
middagete. Skryf 6 van jou huiswerkies punt gewys onder mekaar neer in
stelsinne.
2.) Jou maatjie het vir 2 weke vir sy/haar ouma gekuier by die see. Jy het
hom/haar vreeslik baie gemis en is baie nuuskierig oor hoe sy/haar vakansie was
en wat hul le al les gedoen het. Skryf nou 6 vrae neer wat jy graag vir jou
maat wil vra.
Donderdag (Week 1)
1.) Lees die volgende sinne. Skryf die sinne oor in jou boek en dui langs elke sin aan
watter sinsoort dit is.
a.) Vandag is dit Maandag. i.) Wil jy môre by my kom kuier?
b.) Hoekom is jy alweer laat vir skool? j.) Slaap jy al?
c.) Ag nee! Ek het my boek tuis vergeet. k.) Jippie! Ons gaan see toe!
d.) Ons stap elke dag skool toe. l.) My hond se naam is Rommel.
e.) Waarna toe gaan jul le? m.) Die skool begin môre.
f.) Kom kuier! Beveel mnr. Jansen. n.) Kom hier!
g.) Ek is moeg, ek wil slaap! o.) Ek hou nie van skool nie.
h.) My juffrou se naam is Martie.
7
Vrydag (Week 1)
Die eerste twee sinne sê altyd waaroor jou paragraaf gaan. Dit word die
kop van jou paragraaf genoem. Hier gaan jy jou hoofgedagte van die
paragraaf skryf.
Die volgende ses sinne vertel jou storie of gee die inligting deur. Dit word
die middel van jou paragraaf genoem. Hier gaan jy meer uitbrei en die
storie vertel.
Die laaste twee sinne gaan jou afsluiting wees. Hier gaan jy sê hoe jou
storie eindig en wat laaste gebeur het. Die twee sinne noem ons die voete
van jou paragraaf.
Die skool het gesluit en jy gaan saam met jou
familie op vakansie.
Skryf 2 paragrawe (8-10 sinne in elke
paragraaf) oor waarheen jul le gaan en wat
jul le gaan doen. Dit mag wees oor n vorige
vakansie of dit kan wees oor jou droom
vakansie. Gebruik jou verbeelding. Maak gebruik
van al 4 sinsoorte wat jy die week geleer het
om jou gevoelens uit te beeld.
8
Lees die volgende storie.
Wian en die sterk man
Op n dag neem Wian se ouers hom na die sirkus toe. Wian is baie
opgewonde daaroor! By die sirkus sien hy leeus, perde, twee
olifante en n beer. Daar is ook meisies wat op swaaie swaai,
maar die beste van al les is die sterk man. Wian wil so graag soos die sterk
man wees.
Die sterk man tel tien emmers vol water gelyk op. Wian tel sy
waterbotteltjie op en verbeel hom dit is tien emmers vol water. Die sterk
man tel twintig sakke vol sand op. Wian tel sy sakkie lekkers hoog bo sy kop op
en verbeel hom dis twintig sakke vol sand. Die sterk man kan n dik stuk yster
buig met sy hande. Wian buig sy strooitjie in die middel en verbeel hom dit is n
dik stuk yster. Die sterk man het daardie dag n groot trofee gekry omdat
hy die sterkste was.
Daardie aand speel Wian in sy kamer. Hy lig sy stoeltjie hoog bo sy kop, maar
die stoeltjie is te swaar vir hom om dit op te hou. Ek wil ook sterk wees soos
die sterk man in die sirkus, sê Wian. Dan sal jy baie
hard moet oefen, sê sy ma. Ek gaan solank die tafel
dek, terwyl jy die borde vir my uithaal. Ek soek n
sterk man om dit te dra, sê Wian se ma. Wian dra al
die borde na die eetkamer toe, terwyl hy na sy spiere
kyk in die spieël.
Jy kan solank vir my die kruiwa stoot, sê Wian se pa die volgende dag. Die
kruiwa is swaar en vol takke. Ek het n sterk man nodig om dit te doen. Wian
stoot die kruiwa om die huis, terwyl hy na sy spiere kyk in die spieël. Daardie
aand gee sy ma vir hom n roomys. Wian vat die roomys by sy ma, maar die
roomys se steeltjie breek. Wian giggel. Ek dink ek het te veel geoefen vandag,
sê hy. Nou is ek heeltemal te sterk. Môre gaan ek n bietjie rus.
9
Voegwoorde
Voegwoorde
n Voegwoord voeg twee sinne aanmekaar en die woordorde van die sin
mag verander.
Voorbeelde van voegwoorde is: en, maar, want, terwyl, daarom,
alhoewel, omdat en nog baie meer.
Daar is gewoonlik n komma net voor die voegwoord.
Byvoorbeeld
Sara wil by Katie gaan speel, maar dit is te koud buite.
Ek is baie moeg, want ek het ver gestap.
My sussie wil nie haar groente eet nie, omdat sy nie daarvan hou nie.
Voegwoorde: en, omdat, maar, terwyl, want, daarom
Maandag (Week 2)
1. Maak n lys van die voegwoorde wat jy in die storie raak lees.
2. Skryf vyf sinne neer uit die storie waar daar voegwoorde in is. Onderstreep
die voegwoorde.
3. Skryf die volgende sinne oor en kies die regte voegwoord in die hakies.
a. Wian (en/want) sy ouers was saam sirkus toe.
b. Wian dra al die borde na die eetkamer toe, (terwyl/omdat) hy na sy spiere
kyk in die spieël.
c. Die kruiwa is baie swaar, (want/maar) dit is vol takke.
d. Die sterk man eet al sy groente, (terwyl/daarom) is hy so sterk.
e. Wian doen elke dag al sy huiswerk, (of/want) dit maak sy brein sterk.
4. Sorteer die volgende woorde in alfabetiese volgorde.
kruiwa man meisies sterk sirkus beer borde
10
Dinsdag (Week 2)
1. Voeg die volgende sinne bymekaar deur die voegwoord in hakies te gebruik.
Byvoorbeeld: Ek is moeg. Ek het ver gestap. (want)
Ek is moeg, want ek het ver gestap.
Pappa kap die hout. Pappa maak ‘n vuur. (en)
Pappa kap die hout en maak ‘n vuur.
*(Ons hoef nie die woord pappa twee keer te gebruik nie.)
Die seun doen elke dag sy huiswerk. Hy kry goeie punte. (daarom)
Die seun doen elke dag sy huiswerk, daarom kry hy goeie punte.
*(Die woordorde van die sin mag verander.)
a. Ek kyk links en regs vir motors. Ek ry op my fiets. (terwyl)
b. Wian het in die ry gestaan. Daruis het by die deur gesit. (en)
c. Ek het skooltoe gegaan. Ek was siek. (alhoewel)
d. Wian eet sy kos. Hy is baie honger. (want)
e. Ek wil nie my groente eet nie. Ek hou nie van groente nie. (omdat)
2. Voltooi die volgende sinne deur die regte voegwoorde in te vul.
Onderstreep die voegwoorde in die sinne.
want terwyl maar of sodat
a. Wil jy buite gaan speel _______ wil jy televisie kyk?
b. Die kruiwa is baie swaar ________ dit is vol takke.
c. Wian wil eendag baie sterk wees _________ hy n trofee kan wen.
d. Wian vat die roomys by sy ma ________ die roomys se steeltjie breek.
e. Wian se ma bestuur die motor ________ sy met hom gesels.
3. Sorteer die volgende woorde in alfabetiese volgorde.
takke spieël lekkers spiere oefen man
11
Woensdag (Week 2)
1. Gebruik die voegwoorde in die blok om die brief te voltooi.
sodat waar daarna of en want terwyl
Beste Tiaan
Ontmoet my buite op die speelgrond _________ ons saam middagete kan
eet. Ons kan ons toebroodjies gou eet _______ lekker saam speel. Ons kan
________ my sjokolade koek ook deel. Kom ons sit onder die boom
_________ daar nou skaduwee is. Ons kan lemoensap drink nadat ons geëet
het _______ ons gaan baie dors wees.
Laat my weet _______ jy kom!
Hoop om jou weer te sien.
Liefde
Wian
2. Voltooi die blokkiesraaisel.
Lees die volgende sinne en kies die regte voegwoord tussen die hakies. Vul
dan die voegwoord op die blokkiesraaisel in.
a. Ons ry wildtuin toe (sodat/terwyl) dit nog donker is.
b. Ek is baie moeg, (want/of) ek het ver gestap.
c. Wian eet al sy groente, (sodat/daarom) hy sterk kan word.
d. Tiaan wil by Wian gaan speel, (omdat/maar) dit is te ver om te stap.
e. Die sterk man het n trofee gekry (omdat/sodat) hy die sterkste was.
f. Mamma dek die tafel (terwyl/en) ek haal die borde uit.
12
a.
c.
e.
f.
b.
d.
3. Gebruik die volgende voegwoorde en maak jou eie sinne.
Onderstreep die voegwoord in elke sin.
a. want
b. en
c. maar
d. omdat
e. terwyl
4. Klanke
Skryf twee woorde neer by elke klank.
Die woorde hoef nie uit die storie te kom nie.
aa
oo
ee
uu
13
Donderdag (Week 2)
Begripstoets
Lees die volgende artikel en beantwoord die vrae in jou klaswerkboek.
Eerbewyse en toekennings
Hoe het dit met Natalie du Toit by die Beijing Olimpiese Spele
gegaan?
Dit het baie goed gegaan. Sy het goue medaljes gewen vir die 400 meter
vryslag, 100 meter vryslag, 50 meter vryslag, 100 meter vlinderslag en 200
meter individuele aflos in haar klas. Wat n fantastiese swemmer! Wat n
briljante probeerslag.
Watter rol het sy by die 2008 Olimpiese en Paralimpiese openingseremonies
gespeel?
Suid-Afrika se Olimpiese Komitee het vir Natalie du Toit gekies om die Suid-
Afrikaanse vlag by die Olimpiese en Paralimpiese Spele te dra. Dit maak haar
die eerste atleet om die vlag by beide openingseremonies te dra.
Watter eerbewyse en toekenings het sy al ontvang?
In Augustus 2002 het sy die Wes-Kaapse Goue Kruis ontvang. Tydens die
seremonie het die destydse Wes-Kaapse Premier, Marthinus van Schalkwyk,
gesê sy het nie net in die harte van die Suid-Afrikaners geswem nie, maar ook
die van die hele wêreld. Die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie het haar in 2004
vereer as 48ste in die Top-100 Suid-Afrikaners. In Desember 2009 het sy die
Orde van Ikhamanga in Goud vir haar buitengewone prestasies in swem
ontvang. In Maart 2010 het sy die Laureus-toekening vir die Wêreld
Sportpersoon van die Jaar met n gestremdheid ontvang. Die toekenning is
spesifiek vir haar bydrae tot die afbreek van struikelblokke tussen sport van
gestemdes, en nie-gestremdes.
14
1.) Beantword die volgende vrae in vol sinne.
a.) Oor wie gaan hierdie artikel?
b.) Watter goue medaljes het Natalie du Toit gewen by die Beijing
Olimpiese Spele?
c.) Watter toekening het Natalie du Toit in Augustus 2002 ontvang?
d.) Wie het die toekening aan haar oorhandig?
e.) Wie het haar as een van die Top-100 Suid-Afrikaners vereer?
f.) Op watter gebied is Natalie du Toit n rolmodel?
2. Gebruik die volgende prentjie en skryf n storie oor dit.
Gebruik die vrae hierbo om jou te help.
Jou storie moet bestaan uit n titel, twee paragrawe van 10 sinne elk.
Titel van my storie/Naam van my storie:
______________________________________________
Woorde wat ek gaan gebruik in my storie:
Inleiding:
Middel:
Einde:
Name van karakters.
Man se naam: _____________
Voëltjie se naam: _____________