17
0013.1 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 1) NOVEMBER 2005 TYD : 2 UUR PUNTE: 80 SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN 2005 Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak” AFRIKAANS TWEEDE TAAL HOëR GRAAD (VRAESTEL 1) (ADDISIONELE TAAL) Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

0013.1 AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG (ADDISIONELE TAAL) (VRAESTEL 1) NOVEMBER 2005

TYD : 2 UUR PUNTE: 80

SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN

2005

Skryf op die buiteblad van jou antwoordboek, teenoor die woord “Vak”

AFRIKAANS TWEEDE TAAL HOëR GRAAD (VRAESTEL 1)

(ADDISIONELE TAAL)

Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

Page 2: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

2

VOORSKRIFTE 1. Die vraestel bestaan uit die volgende DRIE afdelings: AFDELING A: LEESBEGRIP (Vraag 1, 2 en 3) AFDELING B: OPSOMMING (Vraag 4) AFDELING C: TAALVRAE gebaseer op leesstukke (Vraag 5, 6, 7 en 8) 2. Begin die antwoord op elke afdeling boaan 'n skoon bladsy. 3. Laat 'n reël oop tussen antwoorde op die onderafdelings van vrae. 4. Kom die voorskrifte streng na. 5. Goeie en netjiese versorging sal in jou guns tel.

Page 3: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

3

AFDELING A: LEESBEGRIP Beantwoord al DRIE vrae. VRAAG 1 Lees die onderstaande leesstuk en beantwoord dan die vrae in volsinne, tensy anders gevra.

Sterk man 1. Die plaaslike kroegbaas is so oortuig sy kroegman is die

sterkste man in die buurt dat hy R1 000 aanbied vir enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman dit onder hande gehad het.

2. Baie mense het probeer, maar niemand kon die geld wen nie. Toe kom daar op 'n dag so 'n seningrige mannetjie met dik

brillense en 'n crimplene-pak in en sê in 'n skril stemmetjie: “Ek wil die R1 000 probeer wen.” 3. Nadat almal ophou lag het, gryp die kroegman 'n suurle- moen en druk dit uit. Toe gee hy die verskrompelde oor-

blyfsels vir die skraal mannetjie. 4. En hy verstom almal toe hy nog ses druppels sap uit die suurlemoen pers. 5. Terwyl die mense juig, betaal die kroegbaas hom sy R1 000 en vra toe: “Wat doen jy vir 'n lewe? Tel jy gewig op of is jy dalk 'n houtkapper?” “Nee,” antwoord die mannetjie. “Ek werk vir die Ontvanger van Inkomste.” Uit: Huisgenoot, 4 September 2003

Leesstuk 1 VRAAG 1 Beantwoord die volgende vrae in VOLSINNE. 1.1 Watter uitdaging het die kroegbaas aan die besoekers gestel? [2] 1.2 Het die kroegbaas enige twyfel gehad dat daar iemand sterker was?

Haal TWEE woorde ter motivering aan. [2] 1.3 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Haal uit die leesstuk aan om jou antwoord te staaf. 1.3.1 Die man wat gewen het, is 'n houtkapper. [2] 1.3.2 Die man wat uiteindelik 'n kans gewaag het, was sterk en groot gebou. [2]

Page 4: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

4

Die volgende vrae hoef nie in VOLSINNNE beantwoord te word nie. 1.4 Haal DRIE OPEENVOLGENDE woorde aan wat vir ons sê dat die mense baie bly was, toe die man gewen het. [1] 1.5 Haal TWEE OPEENVOLGENDE woorde aan wat daarop dui dat die mannetjie nie goeie sig gehad het nie. [1] 1.6 Ons lees in paragraaf 3 “Nadat almal ophou lag het.” Presies waarom

het almal so gelag? [1] 1.7 Watter EEN PAS NIE. 1.7.1 “Hy verstom almal” in paragraaf 4 het dieselfde betekenis as hy A verbaas almal B verras almal C skok almal D verneder almal [1] /12/

Page 5: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

5

VRAAG 2 Leesstuk 2 Lees die stuk aandagtig deur en beantwoord dan die vrae in volsinne, tensy anders gevra. Saimai, die Bengaalse tier 1. As welpie het Saimai aan 'n vark gedrink – nou speel sy ma vir 'n werpsel varkies. Dié tier is nie baie lief vir spek nie en die vrolike varkies is maar net te bly, want daar is seker niks lekkerder as om so lekker in te kruip teen 'n groot warm kat se pels nie. 2. Dis 'n vreemde verskynsel, maar vir die Bengaalse tier, Saimai, is niks lekkerder as om mamma te speel vir 'n werpsel babavarkies nie. Dit wil lyk of dié groot kat haar spesiale liefde vir plaasdiere ontwikkel het toe sy as welpie in 'n unieke teelpark in Thailand aan 'n varksog gedrink het. 3. En sy is nie net lief vir varkies nie. Toe sy 'n klein tiertjie was, het sy ook met apies en honde gespeel in die spesiale eenheid vir “bloedverwantskap aan verskillende groepe” by die Si Racha- tierplaas. Die kamp huisves meer as 130 bedreigde spesies Bengaalse tiere, die grootste groep tiere in aanhouding ter wêreld. 4. Hoekom dié tier se natuurlike instinkte nie oorneem en sy die varkies vir middagete opvreet nie, bly 'n raaisel. “As dié tier as welpie deur 'n vark gevoed is, dink sy dalk sy is self 'n soort vark,” sê Georgia Mason van die navorsingseenheid vir dieregedrag aan die Universiteit van Oxford. “Maar ek dink dis baie moontlik dat sy eendag 'n varkie sal vang as sy honger is of, 'n varkie skielik net 'n bietjie te vinnig verby haar hardloop en haar instinkte toeslaan,” voeg sy by. 5. Tot dit gebeur, is Saimai en haar maats die volmaakte Tiger en Piglet as Hollywood ooit 'n regte Winnie the Pooh-fliek wil maak. (Uit: Huisgenoot, 6 Mei 2004)

Page 6: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

6

2.1 Wat is volgens paragraaf 2 vreemd aan hierdie tier se gedrag? [1] 2.2 Hoe het haar liefde vir varke ontwikkel? [1] 2.3 Wat is vir die varkies die lekkerste om 'n tier as ma te hê? [1] 2.4 Wat dink Georgia Mason is dalk die rede waarom die tier nie die varkies opvreet nie? [1] 2.5 Wat maak die Si Racha-tierplaas so besonders wat tiere betref? [2] 2.6 Die volgende vrae hoef nie in VOLSINNE beantwoord te word nie. 2.6.1 Onder watter TWEE omstandighede sal die tier dalk 'n varkie opvreet? (2) 2.6.2 Haal drie opeenvolgende woorde aan wat daarop dui dat niemand presies weet waarom Samai so teen haar natuurlike

instinkte optree nie. (1) 2.6.3 Haal twee opeenvolgende woorde aan wat daarop dui dat Bengaalse tiere aan die uitsterf is. (1) [4]

/10/

Page 7: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

7

Leesstuk 3 Lees die volgende advertensie en beantwoord dan die vrae. Volsinne is nie nodig nie. GLOBAL BEADS

G L O B A LB E A D S

Besoek GLOBAL BEADS op 'n plaas buite Durbanville. Hier kan die publiek en groothandelaars kies en keur tussen glaskrale, plastiek, metaal, silwer fraiingkrale en bybehore. En so pas uitgepak, kristalle om van te droom.

Net langsaan, by TRADINGASMAT met ingevoerde lappe, geborduurde lampies en

kussings, vind jy inspirasie om met ons krale enigiets op te tower in 'n pragstuk. Ons bied vele parkering en binne stapafstand, 'n restaurant. M

aak jou kersgeskenke vanjaar iets besonders met 'n besoek aan GLOBAL BEADS. Thaba Park, Hooggelegenweg, Durbanville Tel: 021 976 8091*Faks: 021 976 8071

Epos: [email protected]

http://www.globalbeads.co.za

Oop 7 dae per week Ma-Vr 9:00 – 17:00 Sa – So 10:00 – 14:00 Vakansiedae 10:00 – 16:00

VERLENGDE URE VANAF 10 DESEMBER 2004

Die Burger, Mei 2005

Page 8: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

8

2.7 Wie kan almal by hierdie winkel, Global Beads, koop? Slegs TWEE woorde. (2) 2.8 Wat is die nuutste produk wat Global Beads tot hulle reeks toegevoeg het? Slegs EEN woord. (1) 2.9 Hoekom, dink jy, bied Asmat inspirasie aan die kralekopers? (2) 2.10 Haal DRIE opeenvolgende woorde aan wat daarop dui dat daar 'n groot verskeidenheid krale is. (1) 2.11 Hoe maak hulle dit vir die klant makliker om gedurende die Kerstyd by hulle te koop? (1) [7]

Page 9: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

9

VRAAG 3 Leesstuk 4 BEKOSTIGBARE BOTSWANA Ons bied 'n groot verskeidenheid bekostigbare verblyf. Daar is kampeergeriewe en verskillende toerpakkette regoor Botswana. Ons geriewe is buite die Nasionale Parke – dus geen toegangsfooie nie! Ons diens sluit in: ♦ Individueel-geskepte reisprogramme om by u spesifieke behoeftes te pas. ♦ Begeleide toere. Skakel ons nou vir spesialisdiens en die beste pryse! Tel: (021) 854 8897 ASATA JUMBO SAFARI WWW.JUMBOSAFARI.CO.ZA Buite Burger, Junie 2002 Beantwoord die volgende vrae. Volsinne is nie nodig nie. 3.1 Dink jy Asata Jumbo Safari het toerleiers beskikbaar as jy dit verkies?

Haal EEN woord aan om jou antwoord te staaf. [2] 3.2 Watter voordeel hou dit in dat Jumbo Safari se geriewe buite die Nasionale Parke lê? [1] 3.3 Wat maak hulle reisprogramme so spesiaal? [1] 3.4 Noem TWEE maniere waarop jy besprekings kan doen. [2] /6/ TOTAAL AFDELING A: /35/

Page 10: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

10

AFDELING B VRAAG 4 OPSOMMING ALGEMENE WENKE • Lees die onderstaande leesstuk aandagtig deur. • Skryf 10 WENKE neer oor hoe om 'n gesonde lewe te lei.. • Skryf elke wenk in 'n VOLSIN neer. • Jy mag nie meer as een sin oor 'n feit skryf nie. • Skryf jou sinne puntsgewys van nommer 1 tot 10. • Maak so ver as moontlik van jou eie sinne gebruik. • Jou opsomming mag nie uit meer as 100 woorde bestaan nie.

Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan. • Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 110 woorde skryf en

as jy nie die getal woorde aandui nie. 'n GESONDE JY Dit lyk dalk na 'n kleinigheid om nie suiker in jou tee of koffie te gooi nie, maar dit sal 'n verskil maak. 'n Teelepel suiker beteken 67 kJ. Drie koppies per dag beteken dus 5 829 kJ per maand! Dis maklik, maar baie mense sukkel daarmee – hou op eet wanneer jou maag sê jy het genoeg gehad. Jy word dalk eerder vet van die kos wat jy eet wanneer jy reeds genoeg gehad het as van die soort kos. Jy kan aansienlik gesonder leef deur volgraanbrood te eet. Twee snye volgraanbrood gee jou dubbel soveel yster as witbrood. Dis ook 'n goeie bron van vesel en vitamiene, en bevat meer van die noodsaaklike minerale, magnesium, fosfor en mangaan. As jy soggens nie botter op jou roosterbrood smeer nie, sny jy 190 kJ uit. Jy sal dit dalk eers mis, maar kort voor lank sal jy nie eens meer agterkom daar is nie botter onder die marmelade nie. Kort ook die botter oor jou groente in - of, nog beter, los dit heeltemal.

Page 11: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

11

'n Ekstra porsie groente is dalk die maklikste manier om voedsamer te eet. Dis veral belangrik as jy uiteet, want dis dan dat jy gewoonlik minder gesond eet. Vra eerder groente pleks van tjips. 'n Porsie broccoli bevat byna die helfte van jou aanbevole daaglikse inname van vitamien C, asook betakaroteen, yster en kalium. Maak jou eie toebroodjies om saam te neem skool toe pleks van om te koop. Gekoopte toebroodjies bevat dikwels baie mayonnaise of meer margarien as wat jy sou gesmeer het. Pak eerder selfgemaakte toebroodjies met vars, voedsame bestanddele in. Navorsing dui daarop dat die omega-3-vette in seekos help om die senuselle in jou brein gesond te hou en jou kanse verminder om breinsiektes soos Alzheimer se siekte op te doen. Eet gereeld vis, maar eerder gerooster as in diepvet gebraai. Aangepas uit: Huisgenoot, 25 September 2003 /10/ TOTAAL AFDELING B: /10/

Page 12: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

12

AFDELING C: TAAL VRAAG 5 Skryf die nommers 5.1 tot 5.10 onder mekaar neer. Lees die teks en voer die instruksies in die linkerkantse kolom uit. Skryf jou antwoorde langs die toepaslike nommers.

MADIBA MAGIC Dis 'n 5.1 (periode van tien jaar) na SA se eerste demokratiese 5.2 (eleksie) en Madiba is steeds 'n towerwoord. Almal wat sy befaamde pad na vryheid gekruis het, het 'n klein 5.3 (storie) of twee om oor hom te vertel. Daar is selfs stories oor hom en 'n paar 5.4 (hysbak). In 5.5 (SA) is die 5.6 (mees/meeste) mense mal oor hom. Hy is altyd warm, opreg, gemoedelik, nederig – met 'n geheue soos min. Dis enkele eienskappe van 5.7 ons (huidige) president, Nelson Mandela, wat sy 85ste verjaardag 5.8 (gevier/gefier) het. Madiba het al sekerlik baie 5.9 (baie beroemde) mense ontmoet. Charlize Theron, 'n 5.10 (held), het op nasionale TV aan hom gesê: “"Madiba, ek is so lief vir jou.”

5.1 een woord 5.2 gee ander woord 5.3 korrekte vorm 5.4 gee meervoud 5.5 skryf voluit 5.6 kies een 5.7 gee teenoorgestelde 5.8 kies een 5.9 een woord 5.10 vroulike geslag

Verwerk uit: Sarie, Mei 2004 /10/

Page 13: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

13

VRAAG 6 Versorg die volgende paragraaf taalkundig. Daar is 5 taal-, spel- en punktuasiefoute. Skryf die paragraaf korrek oor en onderstreep elke verandering wat jy aangebring het.

Huisgenoot, Mei 2003 /5/

Page 14: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

14

VRAAG 7 Bestudeer die onderstaande spotprente en herskryf dan die sinne deur telkens met die gegewe woorde tussen hakies te begin. SKOOL TOE OP 7 EERS DIE REËL SESJARIGES NOU TOEGELAAT

7.1 Jy begin jonk. Jy maak vroeg klaar. (Hoe jonger jy begin, …) [2] 7.2 Kinders moet op sewe skool toe gaan. (Jare gelede …) [2]

Page 15: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

15

7.3 Die rugbyspanne het meer geld gevra. (Meer geld …) [2] 7.4 Dit is vir my baie lekker om te kyk hoe jy gras sny. (Die man sê vir sy vrou…) [2]

Page 16: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

16

7.5 Die seuntjie bêre sy dooie vissie in die yskas. (Die dooie vissie …) [2] 7.6 Is die ou vissie nog steeds hier? (Nee, …) [2] 7.7 Die ou vissie is nog steeds hier. (Volgende week …) [1] 7.8 Verbind die volgende sinne met die woord tussen hakies. Begin met die eerste sin.

Die gesin wag vir sy opstanding. Hulle bêre hom in die yskas. (daarom) [2] /15/

Page 17: AFRIKAANS TWEEDE TAAL HG ... - wcedmis.pgwc.gov.zawcedmis.pgwc.gov.za/wcedmis/webadmin.wwdoc_process.process... · enigiemand wat nog sap uit 'n suurlemoen kan druk nadat die kroegman

WKOD: SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN/N’2005 (0013.1) AFRIKAANS TWEEDE TAAL (ADDISIONELE TAAL) HG/V 1

17

VRAAG 8 Bestudeer die onderstaande strokiesprent en vul dan die korrekte woord in om die volgende stellings sinvol te voltooi.

Die Burger, Junie 2005 8.1 Hy het 'n afspraak _____________ 'n meisie gehad. [1] 8.2 Die meisie is saam met die sekuriteitswag weg; _________ het hy 'n teleurstellende afspraak gehad. [1] 8.3 Die aand was 'n groot __________ (teleurstel) vir hom. [1] 8.4 Die sekuriteitswag __________ sy meisie afgevry het, het ook sy motor gesteel. [1] 8.5 Die meisie het haar hoofgereg geëet, maar geloop voor sy haar _________ gehad het. [1] /5/

TOTAAL AFDELING C: /35/ GROOTTOTAAL: /80/