22
IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN NOVEMBER 2007 AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Tyd: 2 uur 80 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 'n Antwoordblad van 5 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel volledig is. 2. Die vraestel bestaan uit vier afdelings, waarvan jy net TWEE moet kies om te beantwoord: Afdeling A: Breek – Barrie Hough & Lizz Meiring Afdeling B: Woordreise – Adinda Vermaak Afdeling C: Douspoor – R Daniels & G Julies Afdeling D: Die storie van Klara Viljee (filmdraaiboek) – Chris Barnard 3. Beantwoord alle vrae in jou eie woorde, tensy jou instruksie anders sê. 4. Begin asseblief elke vraag bo-aan 'n skoon bladsy. 5. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 6. Nommer antwoorde presies soos die vrae op die vraestel.

Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

  • Upload
    sunehorn

  • View
    1.400

  • Download
    18

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

NOVEMBER 2007

AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II

Tyd: 2 uur 80 punte LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR 1. Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye en 'n Antwoordblad van 5 bladsye. Maak asseblief

seker dat jou vraestel volledig is. 2. Die vraestel bestaan uit vier afdelings, waarvan jy net TWEE moet kies om te beantwoord: Afdeling A: Breek – Barrie Hough & Lizz Meiring Afdeling B: Woordreise – Adinda Vermaak Afdeling C: Douspoor – R Daniels & G Julies Afdeling D: Die storie van Klara Viljee (filmdraaiboek) – Chris Barnard 3. Beantwoord alle vrae in jou eie woorde, tensy jou instruksie anders sê. 4. Begin asseblief elke vraag bo-aan 'n skoon bladsy. 5. Laat 'n reël oop na elke antwoord. 6. Nommer antwoorde presies soos die vrae op die vraestel.

Page 2: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 2 van 22

IEB Copyright © 2007

AFDELING A BREEK – Barrie Hough & Lizz Meiring Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 1 1.1 Skryf elke keer net die NOMMER en die LETTER van die korrekte antwoord neer.

1.1.1 Tom kry die hele tyd nagmerries oor die ongeluk waarin sy ma dood is. Watter een van die volgende kom nie in sy nagmerrie voor nie?

A. glas wat breek B. 'n stukkende teddiebeer C. 'n motorwrak D. blomme op 'n graf (1)

1.1.2 Kies die antwoord wat verkeerd is. Daar is dinge wat Tom graag van sy ma wil weet, maar niemand wil daaroor praat nie. Hy wil ... A. weet of hy soos sy lyk. B. 'n foto van haar sien. C. weet waar haar graf is. D. weet of sy siek was. (1)

1.1.3 Watter een van die volgende is nie een van die leuens wat Alma vir haar vriende vertel het nie? A. Sy en Werner is 21 jaar getroud. B. Sy was 'n operasanger. C. Charmaine en Tom is albei haar kinders. D. Tom het sy musiektalent by haar geërf. (1)

1.1.4 Daar was geen foto’s van Jana in Tom-hulle se huis nie, want ... A. Ouma Hanlie het al die foto’s weggevat. B. sy stiefma het die foto’s verbrand. C. sy pa het al die foto’s weggesteek. D. iemand het dit gesteel. (1)

1.1.5 Ons lees: "Sy’s altyd bly as ek haar 'ouma' noem." Vir wie noem Tom "ouma"? A. Hanlie B. Marion C. Liesbet D. Anna Willemse (1)

Page 3: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 3 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

1.2 Lees elke keer die aanhaling. Beantwoord dan die vrae daaroor.

“Ek kon my ma nie vanoggend handle nie. ... Sy’s totally nie meer my ma nie. ... Sy wil my actually uit die huis uit hê. Kan jy dit glo? En die ouballie is fine daarmee.”

1.2.1 Wie is die karakter wat hier 'n probleem met sy ma het? (1)

1.2.2 Wie is die "ouballie" van wie hierdie karakter praat? (1) 1.2.3 Wat het die ouballie begin doen om van sy boepmaag ontslae te raak? (1)

“Die punt is ... ek was 'n bursary kid. En Diane se ma was sekretaresse. Sy het altyd vir my geld ingesamel. Ek was 'n charity case.”

1.2.4 Wie is die karakter wat hier praat? (1)

1.2.5 Wie is Diane? (1) 1.2.6 Hoekom was hierdie karakter 'n "charity case"? Verduidelik kortliks. (2)

“Ek wou jou pa nie herinner aan dit wat verby is nie. … Hy glo nog altyd dit was sy skuld. … Wat wou jy hê moes ek doen, Tom? Jou aanhoudend herinner dat jy nie my kind is nie? … Ek sal jou gaan wys.”

1.2.7 Wie praat hier met Tom? (1) 1.2.8 Wat dink Werner was sý skuld? (1) 1.2.9 Wat het die persoon wat hier praat, aan die einde vir Tom gaan wys? (1)

15 punte

Page 4: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 4 van 22

IEB Copyright © 2007

VRAAG 2 2.1 Beantwoord die volgende twee vrae oor elke prentjie. Beantwoord hierdie

vrae op die ANTWOORDBLAD.

In die onderstaande blok is 'n lys van party hoofstukke wat jy bestudeer het:

(a) Kies die hoofstuk uit die lys wat by elke prentjie pas. (1) (b) Gee ook elke keer 'n volledige rede vir jou keuse. (2)

Water Lig Oorlog Soet Bagasie Sterre

Bom Blomme Bloed Kantel Foto

2.1.1 2.1.2 2.1.3

(3 × 3 = 9) 2.2 Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD.

Tom het vir drie persone presente gekoop. Skryf elke keer die naam van die persoon vir wie hy die geskenk gegee het. Skryf ook watter geskenk hy vir elkeen gegee het.

(6 × ½ = 3)

12 punte

Page 5: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 5 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

VRAAG 3 3.1 Lees die aanhalings goed deur. Beantwoord dan die vrae wat volg.

"Hallo, laatlam," sê ek. "Kom groet die swartskaap." 3.1.1 Wie is die "laatlam" en wie is die "swartskaap" in hierdie aanhaling? Die laatlam is (a) en die swartskaap is (b) . (2 x ½ = 1) 3.1.2 Hoekom is die een karakter 'n "laatlam" en die ander een 'n "swartskaap"? (2)

"Sy’t geweet en stilgebly. Om my te beskerm. My pa. Hel, Tom, hy was my hero. ... Toe hol hy weg. Kamstig oorsee." "Is dit nie presies wat jy ook nou doen nie – weghol – met al hierdie gesuip nie?" "Wat’s die alternatief? Elke nag hier in die sitkamer met my dooie mammie chat? Dink jy ek hoor jou nie? Jy’s af, man." Ek gryp Gideon aan die bors en stamp hom weg. … Ek gryp hom vas. Ons val en stoei op die vloer. Ons skreeu vir mekaar.

3.1.3 (a) Wie is die persoon wat "geweet en stilgebly" het om Gideon te

beskerm? (1) (b) Waaroor het sy stilgebly? (1)

3.1.4 Tom is baie kwaad vir Gideon. Noem twee redes hoekom hy met Gideon

baklei. (2) 3.1.5 Skryf 'n sin uit die aanhaling neer wat wys dat Gideon dink Tom het 'n

groot probleem. (1)

Toe Justie haar woonstel se deur oopsluit, wag ons 'n paar oomblikke, spring uit en skree: "Surprise!" Justie probeer verras lyk, maar dit werk nie. Ek wonder of Justie weet van die res van ons plan.

3.1.6 Hoekom is die partytjie nie regtig 'n verrassing vir Justie nie? (1)

3.1.7 Wat is die res van Tom-hulle se plan? Gebruik die prentjie by die aanhaling om jou te help. (2)

Page 6: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 6 van 22

IEB Copyright © 2007

3.2 Kies slegs EEN van die volgende. Skryf dan enige 2 belangrike feite daaroor. Jy sal geen punte kry vir feite wat nie regtig belangrik is nie.

3.2.1 Die niemandsland tussen Tom en sy ouers

OF 3.2.2 Die eerste keer toe Tom en Justie uitgegaan het.

(2)

13 punte

40 punte

Page 7: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 7 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

AFDELING B WOORDREISE – Adinda Vermaak Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 4 4.1 Salomo o Salomo – Philip de Vos

Lees die uittreksel uit die gedig. Beantwoord dan die vrae deur elke keer slegs die NOMMER en die LETTER van die korrekte antwoord neer te skryf.

Salomo o Salomo ... hy het meisies liefgehad ja, honderde van hulle. ... Elke week 'n huwelik, élke week resepsie, élke week 'n opskopdans met gemmerbier en Pepsi tot sy gryse vader sê: “Nee – nou neem ek eksepsie. My naam is koning Dawid –

4.1.1 In die gedig word Salomo met 'n ... vergelyk.

A. leeu B. bul C. perd D. wolf (1)

4.1.2 Kies die beskrywing wat nie pas nie. Salomo het ...

A. in 'n mooi paleis gewoon. B. baie van vrouens gehou. C. geen kinders gehad nie. D. baie van partytjies gehou. (1)

4.1.3 Kies die beskrywing wat nie pas nie. Koning Dawid ...

A. was kwaad oor al Salomo se troues. B. het baie vrouens gehad. C. kon baie mooi sing. D. het graag die harp gespeel. (1)

Page 8: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 8 van 22

IEB Copyright © 2007

4.1.4 Watter een van die volgende dinge lees ons nie in die gedig nie?

A. Salomo het die vrouens se name vergeet. B. Hy het baie skoonma’s gehad. C. Daar was die hele tyd siek babas in die huis. D. Die vrouens het een na die ander gesterf. (1)

4.1.5 Watter reël wys dat Salomo 'n baie slim man was?

A. "kan jul my wysies hoor" B. "Ja – hy verlang" C. "Dis áls vergeefs!" D. "word toe grys en wys" (1)

4.2 Lees elke keer die aanhaling. Beantwoord dan die vrae daaroor. Hier is 'n lys van die gedigte wat jy bestudeer het:

Sonvanger Foto van man wat val Skaatser

Versagtende omstandighede

Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif Die hanswors

Die strandjutwolf Die spookhuis My siel, Pa

Salomo o Salomo

Dan val die eerste strale van die son deur 'n skreef in die gordyn oor haar. Sy roer ... en voel die swaartekrag van haar middeljare as sy haar bene van die bed af swaai.

4.2.1 Uit watter gedig kom hierdie uittreksel? (1)

4.2.2 Die spreker in die gedig het geslaap. Waarvan het sy gedroom? (2) 4.2.3 Hoe weet ons dat die spreker in haar jongdae wêreldberoemd was? (1)

Vele vraagtekens volg: wie was hierdie man?

4.2.4 Uit watter gedig kom hierdie uittreksel? (1) 4.2.5 Wie was die man in die uittreksel? (1)

4.2.6 Watter desperate ding het die man in die gedig gedoen? (1)

Page 9: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 9 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

Maa Here, hou my baas asseblief tog daa want waa hy nie kan exploit nie is hy tog te naar; en hou hom dop want sonner om te aarsel sal hy stilletjies, agteraf, die engeltjies martel.

4.2.7 Uit watter gedig kom hierdie uittreksel? (1) 4.2.8 Waar moet die Here die spreker se baas hou? (1) 4.2.9 Sê in jou eie woorde hoekom die spreker dink sy baas is 'n slegte mens. (1)

15 punte VRAAG 5 5.1 Beantwoord die volgende twee vrae vir elke prentjie. Beantwoord hierdie vrae

op die ANTWOORDBLAD.

(a) Kies die gedig uit die lys in die onderstaande blok wat by elke prentjie pas. (1) (b) Skryf ook elke keer 'n volledige rede neer vir jou keuse. (2)

Sonvanger Foto van man wat val Skaatser

Versagtende omstandighede

Allerliefste, ek stuur vir jou 'n rooiborsduif Die hanswors

Die strandjutwolf Die spookhuis My siel, Pa

Salomo o Salomo

5.1.1 5.1.2 5.1.3

(3 × 3 = 9) 5.2 My siel, Pa – Marie van Rensburg

Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD.

Die pa in die gedig wou hê dat sy kind in alles die beste moet wees. Tog was hy nooit tevrede dat sy seun so goed gedoen het nie.

Skryf elke keer in watter dinge die kind die beste moes wees. Skryf ook sy beste prestasie in elke ding neer. (6 × ½ = 3)

12 punte

Page 10: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 10 van 22

IEB Copyright © 2007

VRAAG 6 6.1 Die hanswors – S.J. Pretorius

Lees die gedig goed deur. Beantwoord dan die vrae wat volg.

Die hanswors

1 Oor sy afsigtelike boggel, en kromheid, het hul hom gekoggel, en bitterder was hul venyn as sy vergroeide ruggraatpyn.

2 Tussen die diere in 'n hoek

het hy die eensaamheid gesoek: “Met klere wat gedurig gaar is, wat doen die vent met sy salaris?”

3 Hy’t maandeliks by die poskantoor

'n brief gepos of een gelees by die dierkratte, oor en oor: “Sou daar tog êrens iemand wees?”

4 En daardie ewige reuk van drank:

nie een sou huil as hy bedank, maar waar hy in die sirkustent aapagtig teen die firmament, hoog teen die takelwerk, kon klouter, die dood uittart, en, klein kabouter, sy duiwelstreke uithaal onder dat almal skater vir die wonder, is hy, hoeseer verag, verlate, nog deur die baas beskou as bate.

5 Toe het 'n brief gekom eendag ...

Hy’t oor die bed gebuk, verblind, terwyl 'n boggelvroutjie, sag, sterwend fluister: “Dankie my kind ...”

6.1.1 Almal lag vir die hanswors in die gedig. Gee twee redes hoekom die mense vir hom lag. (2) 6.1.2 Voltooi die volgende sinne deur elke keer slegs die woord neer te skryf wat

weggelaat is. Die hanswors het geen vriende gehad nie. Hy het een keer per (a) 'n brief

van sy ma gekry. Dan het hy 'n brief terug geskryf en vir haar (b) gestuur. (2) 6.1.3 Hoekom, dink jy, het die hanswors te veel alkohol gedrink (strofe 4)? (1) 6.1.4 Skryf drie opeenvolgende woorde uit strofe 4 neer wat wys dat die

hanswors se werk in die sirkus gevaarlik is. (1)

Page 11: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 11 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

6.1.5 Lees strofe 4. Skryf dan elke keer slegs die woord neer wat weggelaat is. Die hanswors se toertjies in die sirkustent laat hom soos 'n (a) en 'n (b) lyk.

(2) 6.1.6 "is hy ... nog deur die baas beskou as bate" (strofe 4) Skryf in jou eie woorde hoekom die sirkusbaas die hanswors steeds in die

sirkus hou. (1) 6.1.7 (a) Watter nuus het die hanswors in die laaste brief gekry (strofe 5)? (1)

(b) Die hanswors was "verblind". Hoekom, dink jy, kon hy nie goed sien nie? (1)

6.2 Kies slegs EEN van die volgende. Skryf dan enige 2 belangrike feite daaroor.

Jy sal geen punte kry vir feite wat nie regtig belangrik is nie.

6.2.1 "Versagtende omstandighede": Die dinge wat die lewe vir die spreker goed maak.

OF 6.2.2 Die seun se pa in die gedig "My siel, Pa".

(2)

13 punte

40 punte

Page 12: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 12 van 22

IEB Copyright © 2007

AFDELING C DOUSPOOR – R Daniels & G Julies Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 7 7.1 Die hommelby – PJ Bosman

Beantwoord die vrae deur elke keer slegs die NOMMER en die LETTER van die korrekte antwoord neer te skryf.

7.1.1 Oom Dawid en sy gesin se bynaam op die dorp is die ...

A. hommelbye. B. Grootvoet de Langes. C. koninginbye. D. AVBOB de Langes. (1)

7.1.2 Watter een van die volgende is nie een van die stories wat oor die De

Langes in die dorp vertel word nie? Hulle ...

A. gee baie geld vir die kerk. B. eet drie maal per dag vleis. C. wil graag die Guinness Book of Records haal. D. is te lui om te werk. (1)

7.1.3 Watter antwoord is nie korrek nie? Die enigste kere wat die De Lange-gesin hulle plaas verlaat, is wanneer

hulle ...

A. kerk toe gaan. B. een keer per maand supermark toe gaan. C. na die graansuiers op die dorp gaan om vir Frekie te weeg. D. by hulle vriende op die dorp gaan kuier. (1)

7.1.4 Frekie het hom besig gehou met lees. Watter een van die volgende is nie een van die boeke wat hy gelees het nie?

A. Die Bybel B. Die Keurboslaan-boeke C. Die Guinness Book of Records D. Kook en Geniet (1)

7.1.5 Wat het met Frekie gebeur toe hy probeer het om die swaarste man in die

wêreld te wees?

A. Hy is dood. B. Sy naam was in die Guinness Book of Records. C. Hy het getrou. D. Sy foto was in al die koerante. (1)

Page 13: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 13 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

7.2 Lees elke keer die aanhaling. Beantwoord dan die vrae daaroor. In die onderstaande blok is 'n lys van die kortverhale wat jy bestudeer het:

Agter die lig Die Prediker Aapstreke Die ramp

Die hommelby Die dag toe ek my pa verloor het

Die trein trek die stasie in, en ek wurm my met eersteklaskaartjie en al by die oorvol derdeklaswa in. … In die wa is almal se gedrag anders as gewoonlik. Niemand skerts of lag nie. Almal luister aandagtig na die gesange en gebede.

7.2.1 Uit watter storie kom hierdie aanhaling? (1) 7.2.2 Waarheen is die ek-verteller in hierdie verhaal op pad? (1) 7.2.3 Hoekom is die mense op die trein se gedrag "anders as gewoonlik"? Wat

het gebeur? (1) Toe hoor ons die storie dat 'n boer net twee honde op sy plaas mag hê sonder 'n lisensie ... My pa het die saak nie sag probeer stel nie. Hy het net gesê: “Jy moet van Wolfie ontslae raak.”

7.2.4 Uit watter storie kom hierdie aanhaling? (1) 7.2.5 Wat was die straf as jy honde op jou plaas het sonder 'n lisensie? (1) 7.2.6 Wat kon die verteller se pa gedoen het om Wolfie se lewe te spaar? (1)

En om halwe waarhede aan mevrou minister te vertel, raak deesdae ook moeiliker. Vandag in die dieretuin dink sy meer as tevore aan mevrou minister se jarelange stille berusting.

7.2.7 Uit watter storie kom hierdie aanhaling? (1) 7.2.8 Wie is die karakter wat hierdie woorde dink? (1) 7.2.9 Watter "halwe waarheid" het hierdie karakter al aan mevrou minister vertel? (1) 7.2.10 Hoekom raak dit moeiliker om vir mevrou minister halwe waarhede te

vertel? (1)

15 punte

Page 14: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 14 van 22

IEB Copyright © 2007

VRAAG 8 8.1 Beantwoord die volgende twee vrae vir elke prentjie. Beantwoord hierdie vrae

op die ANTWOORDBLAD.

(a) Kies die kortverhaal uit die lys in die onderstaande blok wat by elke prentjie pas. (1)

(b) Skryf ook elke keer 'n volledige rede neer vir jou keuse. (2)

Agter die lig Die Prediker Aapstreke Die ramp

Die hommelby Die dag toe ek my pa verloor het

8.1.1 8.1.2

8.1.3

(3 × 3 = 9)

8.2 Die ramp – T.T. Cloete

Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD.

Die verteller se rit terug na Port Elizabeth was vol probleme. Skryf drie van die rampe neer wat hom langs die pad getref het. Skryf ook neer hoe elke ramp uiteindelik opgelos is. (6 x ½ = 3)

12 punte

Page 15: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 15 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

VRAAG 9 9.1 Agter die lig – Nini Nöthling

Lees die uittreksels uit die verhaal goed deur. Beantwoord dan die vrae wat volg.

'n Motor dreun in die oprit, remme knars voor die garage. “My ma!” Pieter vlieg op … Ek trek die duvet reg en blitsvinnig gaan sit hy agter sy lessenaar.

9.1.1 Hoekom skrik Pieter toe hy sy ma se motor in die oprit hoor? Skryf een

goeie rede neer. (1) 9.1.2 Voltooi die sin deur elke keer net die woord neer te skryf wat weggelaat is. Pieter gaan sit agter sy lessenaar, want sy ma dink hy help vir Marietjie met

(a) , terwyl sy hom met (b) help. (2)

“Ek en my buurman, meneer Van Wyk, het op ons knieë gegaan en Hom gedank. Ek het daar en dan tot bekering gekom.” “Nou gaan ons die video van die wonderbaarlike lig vir julle wys.” ... Die kinders se monde hang oop. In die blink reën straal die lig soos 'n twaalfuur-middagson. En dáár, agter die lig, staan twee swart silhoeëtte, 'n korte en 'n lange.

9.1.3 Hoe het dit gebeur dat meneer Van Wyk die "wonderbaarlike lig" op video

kon kry? (1)

9.1.4 Skryf 'n sin uit die aanhaling neer wat wys dat die skoolkinders nie kon glo wat hulle op die video sien nie. (1)

9.1.5 (a) Wie of wat dink meneer Smit is die "twee swart silhoeëtte" agter die

lig op die video? (1) (b) Wie of wat was die twee silhoeëtte in werklikheid? (1) 9.1.6 Watter verandering het meneer Smit ná sy "Damaskus-ervaring" in sy klas

gemaak? (1) In die dae wat volg, raak die gebeure in Smit se tuin al meer fantasties. Die engele word groter en blinker, die ontploffing word 'n aardbewing, en Smit word 'n geroepene.

9.1.7 Voltooi die sinne deur elke keer slegs die woord neer te skryf wat weggelaat

is. Die gebeure in meneer Smit se tuin het hom beroemd gemaak. Sy foto was

in die (a) , en hy het in 'n program op (b) verskyn. (2)

9.1.8 Hoe het meneer Smit geld gemaak uit die gebeure in sy tuin? (1)

Page 16: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 16 van 22

IEB Copyright © 2007

9.2 Kies slegs EEN van die volgende. Skryf dan enige 2 belangrike feite daaroor. Jy sal geen punte kry vir feite wat nie regtig belangrik is nie.

9.2.1 'Aapstreke’: Die minister se korrupsie

OF 9.2.2 'Die dag toe ek my pa verloor het’: Die seun se pa

(2)

13 punte

40 punte

Page 17: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 17 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

AFDELING D DIE STORIE VAN KLARA VILJEE (Filmdraaiboek) – Chris Barnard Beantwoord al die vrae in hierdie afdeling. VRAAG 10 10.1 Beantwoord die vrae deur elke keer slegs die NOMMER en die LETTER van

die korrekte antwoord neer te skryf. 10.1.1 Watter filmtegniek word die meeste in die film gebruik?

A. collage B. stilfoto’s C. 'n verteller D. terugflitse (1)

Bestudeer die twee kameraskote en beantwoord dan die vrae daaroor.

10.1.2 Wat is die belangrikste ding wat dieselfde is in die twee kameraskote?

Albei skote ...

A. is van bo na onder. B. is van buite na binne. C. het Klara as die fokuspunt. D. is van binne na buite. (1)

10.1.3 Wat is die belangrikste verskil tussen die twee kameraskote?

A. In die eerste skoot is Klara binne en in die tweede een is sy buite. B. Die eerste skoot is 'n terugflits en die tweede een nie. C. Die eerste skoot het meer donker ruimtes. D. Een skoot is by Klara se huis en die ander is in 'n grot. (1)

10.1.4 Kyk na die kameraskoot deur Klara se venster aan die einde van die film.

Wat lyk anders deur Klara se venster aan die einde van die film as aan die begin? Aan die einde ...

A. is die duin in die pad en 'n mens kan nie die see sien nie. B. het Klara nog steeds nie 'n mooi uitsig nie. C. is die duin weg en jy kan die see sien. D. het Klara haar huis nader aan die see gaan bou. (1)

Page 18: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 18 van 22

IEB Copyright © 2007

10.1.5 Kies die antwoord wat nie reg is nie. Kyk weer na die twee kameraskote. Hoe word die twee skote gebruik om te wys hoe Klara se karakter in die

film verander het?

A. Sy is nie meer alleen nie. B. Sy kruip nie meer weg vir die wêreld nie. C. Sy kan nie die wêreld in die oë kyk nie. D. Sy is nie meer hartseer nie. (1)

10.2 Kyk na elke raampie en lees die teks by elkeen. Beantwoord dan die vrae

daaroor.

Dit is in my pad, Meneer. Ek kan nie die see sien

nie.

10.2.1 Wie is die karakter wat hier praat? (1) 10.2.2 Wie is "Meneer" in die aanhaling? (1) 10.2.3 Wat is in die karakter se pad? (1)

Hy’s meer man as wat ek sal kan opgebruik.

10.2.4 Watter karakter praat hier? (1) 10.2.5 Vir watter man is hierdie karakter lief? (1)

Page 19: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 19 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

Dit vat nog nie my jammer weg nie. ... Jy

weet nie dalk waar steek hulle my kind weg nie, Klara?

10.2.6 Wie is die karakter wat met Klara praat? (1) 10.2.7 Wat het hierdie karakter op die dorp kom doen? (1) 10.2.8 Waaroor is hierdie karakter jammer? (1)

Ek dink my regte naam is Maria.

10.2.9 Watter karakter se regte naam is Maria? (1) 10.2.10 Hoekom is hierdie karakter se ma nie saam met haar op die dorp nie? (1)

15 punte

Page 20: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 20 van 22

IEB Copyright © 2007

VRAAG 11 11.1 Beantwoord die volgende twee vrae vir elke prentjie. Beantwoord hierdie vrae

op die ANTWOORDBLAD.

(a) Kies die karakter uit die lys in die onderstaande blok wat by elke prentjie pas. (1)

(b) Skryf ook elke keer 'n volledige rede neer vir jou keuse. (2)

Soois Pietman Klara Engela

Doors Trynie Boetie Rose Tjoeks

11.1.1 11.1.2 11.1.3

(3 × 3 = 9)

11.2 Beantwoord hierdie vraag op die ANTWOORDBLAD.

In die film het Dawid, Pietman en die Departement van Onderwys almal briewe geskryf.

Sê aan wie elke brief geskryf is. Sê ook wat elke brief sê. (6 × ½ = 3)

12 punte

Page 21: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 21 van 22

IEB Copyright © 2007 BLAAI ASSEBLIEF OM

VRAAG 12 12.1 Bestudeer die raampies uit die film en lees die teks. Beantwoord dan die vrae

wat volg.

12.1.1 Wat het Dawid Aucamp, volgens die skoolraad, verkeerd gedoen? (1)

12.1.2 Voltooi die sin deur elke keer net die woord neer te skryf wat weggelaat is.

Die skoolraad het vir Dawid 'n keuse gegee. Hy kan aansoek doen vir 'n (a) , óf hy kan binne 24 uur uit sy werk as onderwyser (b) . (2)

Klara sien daar is iets in die voorkamer se ruit ingedruk. Dit lyk soos 'n foto.

Sy haal nog 'n foto voor uit haar rok uit en gooi dit vir Klara.

12.1.3 Wie het die foto by die ruit ingedruk? (1) 12.1.4 Wie is die twee karakters op die eerste foto? (1) 12.1.5 Wie is op die foto wat Engela voor uit haar rok haal? (1)

12.1.6 Wie is nie dood nie, volgens Engela, en waar werk hierdie persoon op die oomblik? (2)

12.1.7 Klara kyk na die twee foto’s. Sy weet dat almal vir haar gelieg het. Wat is

die waarheid? (1)

Page 22: Afrikaans Tweede Taal - SG - Vraestel 2

SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS TWEEDE TAAL STANDAARDGRAAD: VRAESTEL II Bladsy 22 van 22

IEB Copyright © 2007

SOOIS: Goed, Doors Nel, dan kom ons by jou storie. Jy weet natuurlik jou dogter het hierdie dorp belieg, nè?

12.1.8 Sê hoe Engela vir die volgende twee karakters gelieg het, en watter slegte

ding daarna met hierdie karakters gebeur het.

(a) Klara (2 × ½ = 1)

(b) Dawid Aucamp (2 × ½ = 1) 12.2 Kyk na die twee raampies van die titelskoot en die laaste skoot in die film.

Skryf nou een belangrike verskil tussen dié twee skote neer.

(2)

13 punte

40 punte

Totaal: 80 punte