30
DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS Written by Red Tuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32 Radio Pretoria sê in gister (15 Junie 09) se Nuuskommentaar oor die Weermag dat dié instelling deur buitelandse druk, volksverraaiers en onkundiges van 1990 af “binne ʼn paar jaar afgebreek is tot een van Afrika se mees patetiese verdedigingsinstellings”. Daarmee kan ‘n reggeaarde Afrikaner met ‘n kwalifikasie hier en daar saamstem. Die radiostasie noem dan ook die eertydse kommandostelsel “ons laaste bastion van selfbeskerming”. Wat ‘n fatale flater! Al in mnr. P.W. Botha se tyd was dit nie die geval nie. Dat die terroris Terror Lekota die kommando’s ontbind het, is waar. Dat die ou staande mag nou slegs ʼn paar geroeste voertuie, vliegtuie sonder loodse (dis ook die vlieëniers!) en ʼn kontingent vigsbesmette soldate is, is ook tot ‘n groot mate waar. Kom ons loop die pad van die weermag se geskiedenis om te probeer vasstel hoe ons in die toestand beland het waarin ons nou is...  In ‘n 1985-publikasie, Die Suid-Afrikaanse krygsmag, geskryf deur Helmoed Römer-Heitman, lid van die Suid-Afrikaanse Burgermag van toe, verklaar hy (p. 185):    Interne veiligheidsprobleme kan ontstaan omdat regse...ekstremiste hul bes doen om die toepassing van die nuwe grondwetlike stelsel en die verdere ontwikkeling daarvan in die wiele te ry.  In hierdie verklaring in ‘n vermoedelik NP-regeringsgesubsidieerde publikasie lê heelwat opgesluit. Vandag weet ons byvoorbeeld wat die “verdere ontwikkeling” van die “nuwe grondwetlike bedeling” beteken. Dit is nie nodig om daaroor te gis nie. Die “ontwikkeling” het uitgeloop op ‘n kommunistiese ANC-bewind.  Wie was die “regse ekstremiste” waarna Römer-Heitman verwys het? Volksgerigte Afrikaners in die Konserwatiewe Party, Herstigte Nasionale Party, die Afrikaner-Weerstandsbeweging, dalk in daardie stadium nog in die Nasionale Party self? Mense wat geglo het daar kan maar een 1 / 30

Afrikaner Weermag 01

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Radio Pretoria sê in gister (15 Junie 09) se Nuuskommentaar oor die Weermag dat diéinstelling deur buitelandse druk, volksverraaiers en onkundiges van 1990 af “binne ʼn paar jaarafgebreek is tot een van Afrika se mees patetiese verdedigingsinstellings”. Daarmee kan ‘nreggeaarde Afrikaner met ‘n kwalifikasie hier en daar saamstem. Die radiostasie noem dan ookdie eertydse kommandostelsel “ons laaste bastion van selfbeskerming”. Wat ‘n fatale flater! Alin mnr. P.W. Botha se tyd was dit nie die geval nie. Dat die terroris Terror Lekota diekommando’s ontbind het, is waar. Dat die ou staande mag nou slegs ʼn paar geroeste voertuie,vliegtuie sonder loodse (dis ook die vlieëniers!) en ʼn kontingent vigsbesmette soldate is, is ooktot ‘n groot mate waar.Kom ons loop die pad van die weermag se geskiedenis om te probeer vasstel hoe ons in dietoestand beland het waarin ons nou is...

 

In ‘n 1985-publikasie, Die Suid-Afrikaanse krygsmag, geskryf deur Helmoed Römer-Heitman, lidvan die Suid-Afrikaanse Burgermag van toe, verklaar hy (p. 185):

 

  Interne veiligheidsprobleme kan ontstaan omdat regse...ekstremiste hul bes doen om dietoepassing van die nuwe grondwetlike stelsel en die verdere ontwikkeling daarvan in die wielete ry.

 

In hierdie verklaring in ‘n vermoedelik NP-regeringsgesubsidieerde publikasie lê heelwatopgesluit. Vandag weet ons byvoorbeeld wat die “verdere ontwikkeling” van die “nuwegrondwetlike bedeling” beteken. Dit is nie nodig om daaroor te gis nie. Die “ontwikkeling” hetuitgeloop op ‘n kommunistiese ANC-bewind. Wie was die “regse ekstremiste” waarna Römer-Heitman verwys het? Volksgerigte Afrikanersin die Konserwatiewe Party, Herstigte Nasionale Party, die Afrikaner-Weerstandsbeweging, dalkin daardie stadium nog in die Nasionale Party self? Mense wat geglo het daar kan maar een

1 / 30

Page 2: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

politieke vryheid wees en dit is in ‘n politieke bedeling waarin die Afrikaner as volk syselfbeskikking kan uitleef. Römer-Heitman se verklaring het van opperste arrogansie gespreek. In dié standpunt lê ook opgesluit die feit dat volksgerigte Afrikaners soos genl. Koos de la Reyen  genl. Christiaan Beyers misgetas het toe hulle hulle en hul volksgerigte volgelinge laatbetrek het by die sogenaamde Unieverdedigingsmagte wat kragtens die Suid-AfrikaanseVerdedigingswet van 1912 tot stand gekom het. Hierdie mistasting sou hom reeds twee jaarlater op genls. De la Rey en Beyers wreek toe hulle met hul lewens moes boet toe hulle hulprobeer verset het teen genls. Louis Botha en Smuts se planne om Boerevegters by die Brittese oorlogspoging teen die Duitsers te betrek. Genl. Smuts sou onversetlik op dié pad volhou en ook Suid-Afrikaners in die bloedige oorlog in1939 dompel waarin miljoene omgekom het en daarmee duisende soldate uit Suid-Afrika. Diéoorlog en Suid-Afrika se deelname daaraan, het die Afrikaner nie net in oorlogsgesindes enoorlogafkeriges verdeel nie, maar ook volksgerigte Afrikaners in partye soos die HerenigdeNasionale Party, Afrikanerparty laat versink; tot volgelinge van die Ossewa-Brandwag enGryshemde versplinter: alles in ag genome ‘n duur prys te betaal vir die reg - gewis geen eernie - om Afrikaners in ‘n uniform te prop, gewere in die hand te sit en Britse oorlogsmasjinerie tebeman. Tog is die les nie geleer nie. Afrikaner-regerings van na 1948 het voortgegaan om op die genls.Botha en Smuts se twyfelagtige fondament te bou en nie pogings tot die bou van ‘n weermag teonderwerp aan die toets dat dit ingespan moes kan word om die Afrikanervolk teen ‘n militêreaanslag te verweer nie. Die prys vir so ‘n stap sou net te ingrypend hoog wees. Net opstaatkundige terrein alleen sou dit ‘n wegkeer van  Suid-Afrika as eenheidstaat beteken. Dit hetradikaal ingedruis teen die hele gangbare denkklimaat van daardie tyd en dit sou so wees totselfs in 1961 en daarna. Tog kon ‘n diepgewortelde aversie by ‘n kern van die Afrikanervolk watbetref die Weermag én die Polisie, waargeneem word. ‘n Loopbaan by dié twee instellings was‘n heel laaste oorweging, al sou dit weens aanleg en ander realistiese gesteldhede die regtekeuse wees. Die Suid-Afrikaanse Weermag is daarom aanvanklik deur vele Afrikaners verwerp;dit kon eenvoudig nie die toets van ‘n volksweermag slaag nie.

 

In die smeltkroes van die 70's en 80's

Die ware toets vir die SAW sou kom na die Portugese se onttrekking in 1975 uit Angola enMosambiek. Mnr. PW Botha, die een hooffiguur in die drama in Suid-Afrika se buurstate, wasdie minister van verdediging, en genl. Magnus Malan, hoof van die SAW. In Römer-Heitman se Die Suid-Afrikaanse krygsmag skryf  hy (p. 170):

2 / 30

Page 3: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

 

  Laat in Augustus 1975 het Suid-Afrikaanse verteenwoordigers samesprekings gevoer met dieFNLA en UNITA - die twee versetbewegings in Angola wat ten koste van die MPLA opSuid-Afrika se guns kon staatmaak. Suid-Afrika het ingestem tot bystand in die vorm vanopleiding en adviseurs. Twee opleidingskampe is in die suide van Angola opgerig.  Die FNLA-elemente in die noorde moes tevrede wees met bystand van Zaïre en - baie min -van Amerika.

 

Römer-Heitman se onskuldig bedoelde relaas gaan voort:

 

  Met onafhanklikheid vasgestel vir 11 November was dit duidelik dat ingrypender maatreëlsnodig was. Suid-Afrikaanse troepe in Angola het gevolglik meer aktief in die situasie beginoptree en van suiwer opleiding en advisering begin beweeg in die rigting van beplanning enhantering van swaar wapens en gedeeltelike bevel...  Die tweede fase van die operasie, nou bekend as Savanna, was bedoel om soveel moontlikveld voor die onafhanklikheid van Angola te wen. En hiervoor was Unita/MPLA-magte nieopgewasse nie. Die keuse was tussen aktiewe militêre deelname aan die een kant en - prakties- aanvaarding van ‘n MPLA-oorwinning aan die ander kant. Omdat die Angolese daarom gevrahet, verskeie Afrika-state daarop aangedring het en Amerika minstens op passiewe steungesinspeel het, het die Suid-Afrikaanse regering besluit om hierdie een keer van sy verklaardebeleid van nie-inmenging in die binnelandse sake van ‘n ander land af te wyk.

 

Die ander kant van die munt

3 / 30

Page 4: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Maar hoe beskryf dr. Eschel Rhoodie die situasie in Die ware Inligtingskandaal (p. 114)?

 

  Pres. (Houphouet) Boigny (van die Ivoorkus)...het gesê dat hy die realiteit van die situasiesoos volg sien: Suid-Afrika is die militêre kragman in Afrika. As hy ‘n marxistiese oorname inAngola, tot nadeel van Suid-Afrika en gematigde Afrika, wil keer, moet Suid-Afrika onmiddelliken op ‘n massiewe militêre skaal aan die kant van die anti (Augustino) Neto-MPLA-magteingryp. ...Neto sal met Russiese en moontlik Kubaanse steun in Angola inbeweeg.

 

In Suid-Afrika is Boigny se boodskap in Buitelandse Sake se gastehuis in Waterkloof aan mnr.John Vorster, Jonas Savimbi, dr. Hilgard Muller (Minister van Buitelandse Sake), Brand Fourieen genl. Constand Viljoen oorgedra. Savimbi het daarop net om beperkte hulp in die suide vanAngola gevra.  Mnr. Vorster het nie op Boigny se versoek gereageer nie en daaruit het Rhoodieafgelei dat Vorster nie op Boigny se versoek gaan ag gee nie. “Later,” skryf Rhoodie, “het ‘n ‘klein mistykie’, (redakteur van Die Burger) Schalk Pienaar seonsterflike woorde vir ‘n kolossale flater, Suid-Afrika letterlik in die oorlog ingesleep. Dieimpulsiewe mnr. PW Botha het blykbaar op eie houtjie die beperkte verdedigende rol wat dieSAW in die beskerming van die watervoorsieningskemas in die noorde van SWA moes speel, in‘n aktiewe inval omskep.

 

  Mnr. Vorster het die embarresserende taak gehad om aan die Parlement te verduidelik hoe ditgekom het dat Suid-Afrikaanse troepe wat volgens wet nie buite die grense van Suid-Afrika magopereer nie, hulle...600 kilometer diep en net 20 kilometer buite Luanda bevind het.  Die waarheid is dat terroriste uit Angola op die troepe wat die Calueque-waterskema beskerm,gevuur het. Die dam was ‘n klein entjie binne Angolese gebied geleë en het ‘n gedeelte van dieRuacana-projek uitgemaak wat krag voorsien het aan noordelike Suidwes en suidelike Angola...Die aanval is aan die Leërhoofkwartier in die SAW gerapporteer en per radio naVerdedigingshoofkwartier in Pretoria oorgesein.  ‘n Besluit was ‘van bo’ teruggesein wat min of meer soos volg gelui het: Wel, jaag hulle weg,

4 / 30

Page 5: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

en indien nodig, jaag hulle al die pad Luanda toe!  Dit dan was die ‘klein mistykie’ waarna Pienaar verwys het. Niemand wil sê wie die opdraggegee het nie maar mens kan nouliks glo dat die leërstafhoof of enige militêre offisier so ‘npolitiek-gelaaide besluit sou neem. Slegs mnr. Botha kon dit neem. Die Weermag het volgensinstruksies gereageer en ‘n gewapende kolonne het tot diep in Angola ‘n hakkejagoperasieuitgevoer...Mnr. Vorster het dit moeilik gevind om sy regering se verleentheid te verberg.

 

Die SAW moes weens buitelandse druk, veral uit Amerika, op 22 Januarie 1976 uit Angolaonttrek.  Hoe beoordeel Römer-Heitman die netelige situasie (Die Suid-Afrikaanse krygsmag, p. 123)?

 

  Die noordelike front was gestabiliseer (deur SA magte wat Holden Roberto se FNLA-soldate tehulp moes snel), en die instroming van Kubane en Sowjet-wapens in Angola het ongehinderdvoortgeduur; die magte wat in Angola ontplooi is, sou dus versterk moes word en van swaarderwapens voorsien word om in die veld te bly. Terselfdertyd het die Westerse magte in beginselbesluit dat dit ‘n verlore saak is, en die vroeëre beperkte konsensus tussen die Afrika-state wasbesig om te verkrummel - party was ten gunste van die behoud van die SA magte in Angola enander ten gunste van hul vroeë onttrekking. ‘n Mate van verleentheid is geskep toe SA soldategevange geneem is en by die OAE-konferensie en elders in die openbaar verskyn het. Wat ‘ngeheime operasie was, het nou ‘n baie beskamende openbare operasie met talle ongelukkigeimplikasies geword. Die laaste strooi was toe die OAE heeltemal verdeel het oor die vraag ofdie MPLA-regering erken moes word of nie.  Die Suid-Afrikaanse regering het besluit dat hy nie die las van die Angolese probleem alleenkon dra nie. As die Wes-magte nie bereid of in staat is om hul deel by te dra nie, souSuid-Afrika hom  onttrek en die Angolese aan hul lot moes oorlaat.  Nadat dié besluit geneem is, was dit nodig om elemente van die burgermag na Suid-Angola testuur en die ontslag van party dienspligtiges uit te stel om voorsiening te maak vir die betreklikordelike oorhandiging aan Unita en die suidelike FNLA-magte en om die beheerde onttrekkingte verseker.  Operasie Savanna was ‘n ietwat gemengde ervaring vir die SAW...die onvoltooide veldtog het‘n bitter nasmaak gelaat en party mense aan die Amerikaanse mislukking in Viëtnam laat dink.Die feit dat die mislukking politiek eerder as militêr was en dat dit in werklikheid hoofsaaklik ‘nmislukking aan die kant van ander lande se politici was, was ‘n skrale troos.

5 / 30

Page 6: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

 

Ander lande se politici se mislukking? Só stel dr. Eschel Rhoodie sy mening (p.117, Die ware Inligtingskandaal):

 

  Sukses was binne ons bereik maar ons regering het nie die lesse van Viëtnam geleer nie. Asjy oorlog voer, doen dit met alle mag en doen dit gou, soos Houpouet Boigny gesê het.Die geskiedenis gaan verseker toon dat mnr. PW Botha die verantwoordelikheid vir diebesteding van miljarde rand in ‘n oorlog in Angola moet dra waarin ons nooit betrokke moesgewees het nie en, indirek, ook die lewensverlies van soveel van ons jong soldate, hoofsaaklikas gevolg van mnr. Botha se ‘militarisme’ en net om twee ou kommunistiese vyande vanSuid-Afrika, Holden Roberto en Jonas Savimbi, te help...  Aan die begin van 1984 het mnr. Botha se ministers met die marxiste van Mosambiek enAngola om dieselfde tafel gesit om die konflik in die buurstate te beëindig en die proses vir die‘onafhanklikheid’ van Suidwes-Afrika op dreef te kry. Suidwes gaan ‘n onafhanklike staat worden die tragedie is dat Suid-Afrika se regering al 16 jaar gelede maklik en met Westerse steunonafhanklikheid vir die gebied kon besorg het... Soos Brand Fourie, Suid-Afrika seambassadeur in Washington, dit vroeg in 1984 ook aan die pers gestel het: ‘...en ons ‘noneindige hoop ellende gespaar het.’

 

In Amerikaanse en New World Order-kraam

 

Piet Pretorius van Volksverraad-faam verklaar in sy boek (p. 282) die Republiek seAngola-strategie was fataal. Volgens hom het mnre. Pik Botha (buitelandse sake) en NielBarnard (Nasionale Intelligensie) geweet Unita nie oor die vermoë beskik om Luanda, diedeurslaggewende militêre posisie, in te neem nie. Volgens hom het mnr. Botha en genl. Tienie

6 / 30

Page 7: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Groenewald besef dat die volgende op die Suid-Afrikaanse inval sou volg:

 

▪ dat die Sowjet-blok met moderner wapentuig sou antwoord;▪ dat die Kubane meer soldate sou stuur;▪ dat dit ‘n onderhandelingsklimaat skep waarin Suidwes en uiteindelik Suid-Afrika sou val.

 

Die welslae van die SAW met die G5-kanon het die Kubane van 30 000 tot 50 000 laataangroei. Die netto finansiële resultaat was dat Krygkor se wapenwinste uitgewis is deur dieSAW se oorlogskoste. Die oorlog het die land ‘n miljoen daagliks gekos en sou toeneem tot R10miljoen per dag. In Augustus 1987 is die Suid-Afrikaners vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog in‘n tenkoorlog gedwing. Die SAW het die Kubane by die Lombo-rivier gestuit en teruggedryf totCuito Canavale – wat volgens SA strateë slegs gebuit sou kon word teen ‘n prys van 300Blanke soldate. Cuito was die keerpunt, volgens ‘n bron van Pretorius.

 

PW en Magnus Malan tot hul sinne?

 

Was dié, uit die staanspoor gedoemde Angola-ekskursie, genoeg om mnr. PW Botha en genl.Magnus Malan tot hul sinne te bring wanneer dit kom by wilde buitelandse avonture waarby dieSAW betrek is? Só beantwoord dr. Rhoodie (p. 685, Die ware Inligtingskandaal) hierdie vraag:

7 / 30

Page 8: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

 

  Die nagevolge van die Inligtingskandaal was ongetwyfeld skadelik, maar niks daarvan is souiters verontrustend soos die verlies van ons sin vir waardes nie. Die uitstraling van diepersoonlike integriteit wat altyd manne soos Smuts, Malan, Strydom en Verwoerd omring het,bestaan nie meer nie...  Enigeen...sou dink dat na die Inligtingsdrama, na die vroom beloftes van ‘skoon administrasie’(‘n verwysing na mnr. PW Botha se beloftes op die Parlementstrappies oor sy regering na syverkiesing tot eerste minister)...’n herhaling van die ek-het-nie-geweet-sindroom...soos die pesvermy sou word... ’n Skrale paar jaar later was Suid-Afrika en die Regering in ‘n nuwegeloofwaardigheidskrisis weens sy betrokkenheid by die mislukte staatsgreep in die Seychelle...  Natuurlik is kol. (Mike) Hoare en ander skuldig bevind - maar hulle was bloot die voetsoldate.Die kanonvoer. Die ware beplanners en besluitnemers is nooit aangekeer nie...In teenstellingmet Angola, waar die bedreiging wat die Kubane vir ons deel van die wêreld inhou maar tewesenlik is, het die regering van Albert René (van die Seychelle), marxisties soos dit is, geenekonomiese of militêre bedreiging vir Suid-Afrika ingehou nie.  Die oorsese pers het ‘n slegsê-vakansie teen Suid-Afrika gekry. ‘Afrika se militêre reus valklein Seychelle aan.’...  Hulle (die Regering) het lank kosbare tyd verby laat gaan, en toe die feite oor die Leër sebetrokkenheid begin uitlek, het die gewone vlaag van ontkennings gevolg. Die vertroue watSuid-Afrikaners, in sonderheid konserwatiewe Afrikaners in die Regering het, het verderverswak.  Die Eerste Minister se ontkenning dat die Kabinet betrokke was, het maar alte bekend geklink.Die verklaring van genl. Magnus Malan...het ‘n pynlike ooreenkoms met die ontkennings vanOwen Horwood (finansminister) in die Inligtingsdrama getoon.  Die volgende feite word nie betwis nie: Kol. Hoare, ‘n huursoldaat, het AK47's en anderwapens van die Suid-Afrikaanse Verdedigingsmag gekry. Dit is in ‘n militêre vragmotorafgelewer en vir die ontvangs is op die Verdediginsgmag se amptelike skryfpapier geteken.Lede van die Verdedigingsmag...was deel van Hoare se ‘bevrydingsleër’.

  Twee brigadiers (Hamman en Knoetze) het gesprekke met Hoare oor die uitvoering van diestaatsgreep gevoer. Die ‘bevrydingsleër’ het Suid-Afrika met ‘n massa wapens verlaat. ...DieHoofregter van Natal, Regter James, het bevind: ‘...dit is onmoontlik om te ontsnap aan diegevolgtrekking dat die aflewering van die AK47-gewere en ander toerusting gevolg het op sy(Hoare) se kontak met hierdie brigadiers. Die Hof moet gevolglik aanvaar dat sekere lede vandie Verdedigingsmag hulp en ondersteuning aan hierdie operasie verleen het.

 

8 / 30

Page 9: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Dr. Rhoodie se gevolgtrekking na die Seychelle-fiasko is: Mnr. PW Botha en genl. Malan is veelonbekwamer en ‘n groter veiligheidsrisiko as Lord Carrington van Brittanje, wat klei getrap in dieFalkland-oorlog en daarvoor die trekpas by die Britse premier, Margeret Thatcher, gekry het.Carrington, die Britse minister van buitelandse sake, is ontslaan bloot omdat hy nie op sy hoedewas vir die moontlikheid dat Argentinië die Falkland-eilande sou aanval nie.

‘n “Volksweermag” vol vreemdelinge.

 

Chris Wagner vra in sy boek, Volksman of swigter (p. 34): “Hoekom ‘n volksweermag en nie ‘nleër van vreemdelinge nie?” Hy antwoord:

 

  ‘n Volksweermag is die slagarm waarmee ‘n volk sy wil om voort te bestaan aan ‘n vyandigewêreld bevestig en betuig. Kortliks, dié slagarm is die fisieke verlengstuk van die volkswil.

 

Wagner se standpunt is dat daar wel in ‘n stadium ‘n volksweermag in die land was. Hy verwerpegter die moontlikheid dat die SAW van die vroeë jare negentig ‘n volksweermag was in geenonsekere taal nie. Hy verklaar dat Afrikanerleiers doelbewus van die SAW ‘n “leër vanvreemdelinge gemaak en so die volk bedrieg het”. Hy vervolg (p. 35): 

 

  ‘n Volk wat wel is en wil lééf moet ook ywerig wees in sy selfbeskerming. So ‘n volk is

9 / 30

Page 10: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

kieskeurig oor sy wapens, maar meer nog, kieskeurig oor sy krygers.

 

Hy waarsku  teen die opname van Swartes, Kleurlinge en Indiërs in die SAW:

 

  Help dit Suidwes-Afrika dat hy Swartes in sy sogenaamde gebiedsmag opgeneem het. Watterwaarborg, soos dit vir hom voorgehou is, was dit vir sy Blankes se toekoms in die lig vanResolusie 435 (van die VN) en die verkiesing van November 1989? ...Het dit Rhodesië gehelpom sy weermag te verswart totdat die meerderheid Swart was? ...Gestel ons weermag verswarttot op die peil van Zimbabwe s’n toe Ian Smith sy bewind oorgegee het? Dan het u nie vir uveiligheid bewakers opgelei nie. Nee, dan het u self u bewaarders opgelei vir die tronk waarin uu willens en wetens laat toesluit... Met ‘n vyandige volk aan bewind na ‘n gekontroleerdeakdikasie soos by ons bure in Zimbabwe en Suidwes, het die vyand die voordeel van ‘n deur uopgeleide mag van sy (die vyand) se volksgenote. Dit vorm daardie derde mag wat u ontwaking- desperaat, maar te laat - die nek sal inslaan. Dan word u wagters u slagters.

 

Was die Weermag betrokke by die oorgawe aan die kommunistiese ANC?  Chris Wagner hou in sy boek, Volksman of swigter, wat hy noem “ontstellendeagtergrondkennis” in antwoord op ‘n soortgelyke vraag voor. Hy verklaar (p. 38) dat

 

  ‘n belangrike deel van die offisierskorps verbind is tot die uitvoering en verkondiging van dienuwe beleid van ‘hervorming’... Party generaals en ander gaan nog verder en verkondig dienastreef van die logiese einde van die pad, naamlik meerderheidsregering,  as militêre doelwit...

10 / 30

Page 11: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Die vraag kan gevra word of offisiere...verskoon kan word as hulle hul roeping versaak deur ineie belang of uit vrees die vyand, wat reeds in die laer is, openlik mis te kyk of te beskerm. Hoebeoordeel u die volgende saak: ‘Dit is te vroeg om nou al van die opheffing van dienoodtoestand te praat. Die gemeenskap moet eers herrangskik word.’: genl. Magnus Malan,minister van verdediging, op 24-1-1987.  Dié stelling is in die openbaar gemaak en by herhaling uitgesaai en in die koerante gerapporteer. Niemand behalwe hulle wat by die sameswering betrokke was, het toe diesinistere betekenis daarvan gesnap nie...  Hoe moet dié ‘herrangskikking’ uitgevoer word?”

 

vra Wagner. Hy antwoord: “Dit moet geskied volgens die resep van John J. McCuen, ‘nkommandant in die Amerikaanse leër. (Sien sy Art of Counter-revolutionary War...)

 

  Wat behels die plan? Die hele gemeenskap moet...aangewend word om regeringsbeleid teaanvaar, te bemark en toe te pas... ’n Nasionale strategie word van stapel laat loop waarby elkegroep in die gemeenskap en uiteindelik die hele gemeenskap betrek moet word (sien McCuen,p. 319). Hiervoor is ‘n overte nasionale doel ‘n vereiste, wat soos volg omskryf kan word(McCuen  p. 105, 106, 327 en 328): ‘Die skepping van ‘n vooruitstrewende en welvarendegemeenskap wat mekaar verdra en dra met ‘n legitieme regeringstelsel wat deur almal gesteunen deur die wêreld erken word.’  Wat is die einddoel van alles? Dit is ‘n legitieme, dit is deur die wêreld erkende en deur diemeerderheid mense van alle kleure binnelands aanvaarde, regering daar te stel vir ‘n oopgemeenskap...(dus ook die kortstondige sogenaamde Regering van Nasionale Eenheid tussendie SAKP, ANC en NP wat na die 1994-verkiesing tot stand gekom het:opsteller.)  Die Regering het sy magsbasis verskuif van die Afrikanervolk af na ‘n allegaartjie van kultureen groepe, maar noodlottig vir die vryheid en selfbeskikking van die Afrikaner. Die oogmerkevan rewolusie word gedien deur ewolusie.   Waar is die Achilles-hiel?...Onder die vaandel van ‘ons kan alleen wen as almal saam wen’(McCuen p.326)... Dié vaandel van ‘saamwen’ is vals en bedrieglik, want wanneer diedemokratiese rewolusie, dit is die stryd om die politieke mag, volgens die Regering se konsepafgehandel is, sal die Afrikaner geen politieke mag meer hê nie en geen vermoë om in sy eiebelang as volk op te tree nie...

11 / 30

Page 12: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

 

Wagner gee dan ‘n kort verloop van hoe volksveiligheid in die Weermag as doelwit deur die jareafgewater is en verklaar (p. 42):

 

  Toe die Regering egter eenmaal verraad gepleeg het teenoor die beginsel van soewereinevolksbestaan  (Driekamerparlement), was die res maklik. Hy het egter besef dat hy ernstigevolksweerstand kon verwag, ook van die Weermag wat as doktrine ‘n strategie van ‘totaleweerstand’ aanvaar het teen die ‘totale aanslag’... Om in die kussings te bly sou die Regeringdie volk moes propagandeer om die nuwe leer van magsdeling te aanvaar en die SAW moes aspotensiële weerstandselement geneutraliseer word.  Om dit reg te kry, is ‘n sielkundige oorlogsvoeringvermoë in die Weermag ontwikkel. Dit moesten eerste nog vir ‘n rukkie die ‘totale aanslag’ help teenstaan, terwyl dit ook in die wyl goeieoefening moes kry vir die belangriker (verraderliker) werk wat nog voorgelê het. Gelyktydig endeurlopend moes die Weermag verswart word om ‘n effektiewe ‘derde mag’ te vorm.  Die Regering se sogenaamde verantwoordelikheid in Suidwes...het die Regering diegeleentheid gebied om allerhande sogenaamde samewerkingsmodelle vir die aftakeling van dieBlankes se politieke mag op die proef te stel...  Die klanke wat die Regering oor magsdeling gemaak het, het pragtig geharmonieer met dieluidkeelse aanmoediging van die buitewêreld en dit het die aptyt vir politieke mag by dieanderkleuriges tot ‘n onkeerbare drang verhoog.

 

Oor die middeltagtigjare skryf Wagner (p. 47):

 

  Tot net voor hierdie stadium was die Blanke samelewing normaal georden, in die sin datpolitieke partye sonder onregmatige bevoordeling gewedywer het om die stem van die

12 / 30

Page 13: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

bevolking. Die Weermag het dit as vaste en aanvaarde ordereëling verkondig dat dieVeiligheidsmagte ‘n sambreel van veiligheid moes skep waaronder die verskillende politiekepartye moes spook om hul onderskeie doelwitte te bevorder.  Die Weermag was die slagarmvan die volk waarmee die volk hom self moes verdedig en handhaaf, terwyl die volkalternatiewe politieke sieninge teen mekaar opweeg en sy keuse maak... Weer eens het dieWeermag op grond van sy eerlike en onbevange oordeel oor sy rol (soos bo) ‘n verleentheid virdie Regering geword. Dit moes eenvoudig reggestel word!

 Wagner beoordeel dan genl. Magnus Malan se reeds aangehaalde verklaring in hierdie lig enhy verklaar (p. 50):

 

  Die volgende feite aangaande die drieledige verhouding tussen die volk, die Regering en dieWeermag, sal die volk ter wille van sy eie oorlewing dringend en korrek moet oorweeg: DieRegering omvorm die rol van die Weermag daagliks van ‘n mag wat die staatsbestel moetbeskerm tot iets wat slegs daar is om sy politieke doelwitte te bevorder. Hierdie twee rolleverskil in grond en wese van mekaar. Die Regering gebruik die Weermag nie meer slegsvolgens die bekende resep van die rewolusionêre nie, maar nou ook, weliswaar meer versigtig,teen die Afrikanervolk wat in reaksie teen die Regeringsbeleid ‘n onstellende mate van trotsbegin toon.  Streng keuring van offisiere vir bevordering op grond van politieke voorkeure vind plaas. Ophoogste vlakke is ontwyfelbare politieke trou die deurslaggewende vereiste. Hier moet duidelikonderskei word tussen politieke trou en trou aan volk en vaderland.

 

Hierdie twee sake sou kwalik aanvaar kon word in ‘n homogene samelewing, verklaar Wagnerdan en vra as ‘n ander regering weens troueloosheid of swak oordeel die politiekesoewereiniteit van ‘n ander volk sou bedreig ter wille van die sogenaamde “bevordering vanstabiliteit”, daardie regering dit sou oorleef het.  Sy slotsom is (p. 51):

13 / 30

Page 14: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

 

  Die Regering is nie meer ‘n regering van die volk nie, gewoon omdat die Regering nie meerdie volk se behoefte aan politieke soewereiniteit respekteer nie en aan hom normbehoewendetweedegraadse namaaksels van selfrespek probeer verkoop... Dit beteken die vestiging enverskansing van staatsnasionalisme ten koste van volksnasionalisme.

 

Hy bespreek dan ‘n sogenaamde SAW-”opleidingsplan”, wat volgens ‘n dokument van dieAfrikanerbroederbond in samespanning met die AB opgestel is. Die opleidingsgroep staanbekend as die Nie-Skiet-Oorlog-groep (NSO-groep) en sluit ‘n “formidabele groep generaals in”(p. 54). Wagner skets die onderafdelings van die plan soos volg:

 

 * Die skep van ‘n ‘beter klimaat’ vir gesprekvoering met anderkleuriges; * ‘Verbetering’ van groepsverhoudings; * Werklike gespreksvoering; * Die herstel van onderlinge vertroue; * Die handhawing van wet en orde; * Die ‘herstel’ en ‘erkennning’ van ander se menswaardigheid.

 

Oor die implementering van die plan skryf hy:

 

14 / 30

Page 15: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

  Uit elke gemeenskap word mense wat die Regering slaafs navolg (sogenaamdepositiefgesindes), gewerf om in verskillende komitees te dien om die totale gemeenskap deurkomiteebetrokkenheid in een te strengel (McCuen p.s 119, 319, 327 en 327).  Eerste- en tweedevlakleiers word geïdentifiseer om in die komitees vir interrassige skakelingte dien. Projekkomitees word ontwikkel.  Veral die ‘kindertjies’ van alle volke moet mekaar leer ken, saam gaan kampeer, speel ensport beoefen. Ook jonger leiers en diegene wat nie direk betrokke raak nie, en ook senioramptenare, bestuurders en beroepsmense. ‘n Sentrale komitee sal met ‘n taakstaat dieverskillende komitees se werk koordineer en staan oorhoofs as ‘n meesterprojekkomiteebekend (McCuen, p. 318 en 319).  ...aan die leiersgroep moet minstens ‘n week se opleiding aan die hand van ‘n weermag- ofderglike kursus gegee word. In die oriëntering moet versigtig met politiek sensitiewe sakegehandel word.  p. 56: Dit is van sleutelbelang dat alle optredes gekoordineer word deur middel van ‘nvoorafbepaalde uitgangspunt (McCuen, p. 318). Die volgende riglyne word aangedui: Diesogenaamde verbreding van die demokrasie, die verwydering van diskrimenerende wette;ondersteuning van Regeringsaksies, verbreding van eiendomsreg, die verspreiding vanbrosjures en inligting van die Departement van Inligting, ewolusie as teenvoeter vir rewolusie;en ‘grense gee aanstoot’.

 

Wagner beoordeel dié optrede soos volg: Hy sê dis indoktrinasie. Hy sê dit val saam met dieAB-dokument, Basiese Staatkundige Voorwaardes vir die Voortbestaan van die Afrikaner, en ‘nRuiterwag-dokument oor grondwetlike hervorming. Wagner se hoofstuk onder die opskrif, “Verraad van die generaals?” sou waarskynlik grootopspraak verwek het as hy die offisiere wat hy beskuldig, by die naam genoem het. Hy spaaregter nie vir mnr. PW Botha en generaal Magnus Malan nie. Vir genl. Malan vra hy (p. 69):

 

  Ons wil van die Minister weet of dit sy opdrag is dat die generaals en ander offisiere van dielaaste helfte van 1988 af oorgevlieg is Suidwes toe, gewapen met toespraakplanne en nie meerwapens nie, om die Suidwesters te gaan verlam met mooipraatjies van hoe goed dit vir hulle isom Resolusie 435 te aanvaar en tog maar ook hul, deur die Minister onderhandelde,ontwapening te aanvaar.  Kyk wat het u met die gesindheid van die generaals gedoen:  Generaal R, u wat self erken dat u die vader van die nie-skiet-oorlog is, het u uself bedink na

15 / 30

Page 16: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

17 Maart 1989, toe u 120 offisiere toegespreek het om finaal die nie-skiet-oorlog te verkoop? Ditnadat u met ‘n verloop van 18 maande gehoor het hoe dit u gewillige manne teen die borsstuit...?  ...Die veiligheidsmagte het sedert 1986 die skerp kant van die rewolusie onder beheer gekry.Die probleme wat die land tans het, is 97 persent nie-gewelddadig. Die Weermag moet homtans op die stomp kant van die stryd toelê...(N)nadat u baie goeie dinge gesê het...kom dieverloëning: Die land mag nie meer terugval in ‘n rewolusionêre situasie nie en daarom moet dieWeermag - elke offisier en manskap - volle steun ...verskaf om die land...te beweeg na ‘nsituasie waar ‘n legitieme regering die land regeer; ‘n legitieme regering wat deur die helebevolking aanvaar word en waarin elkeen volle regte geniet en wat deur die wêreld erken word.  U is deur my ...(tydens ‘n vergadering)...daarop gewys dat dit niks minder as stylvolleabdikasie is nie. Ek is deur u soos volg in die rede geval: ‘Jy kan nie praat van bloed nie. Weetjy hoe lelik is bloed? Ek het onlangs nog vir die mense in Suidwes gesê en hul ook gemaan omhul protes te los. Ek is moeg vir oorlog. Ek is moeg vir mense wat behep is met hulAfrikanerskap en ek is moeg vir mense wat behep is met hul Blanke velle.

 

Tot “Generaal E” wend Wagner hom so (p. 71):

  U was as brigadier ‘n groot voorstander van die verswarting van die Weermag... U het probeervoorgee dat die nie-skiet-oorlog van die tafel is na die probleme wat dit veroorsaak het onder uvoorganger... Ons het...egter verwag...dat die groter en bekende plan sou voortgaan...onder ‘nander projeknaam. U het hierdie verwagting jammerlik presies gestand gedoen deur in Junie1989 in u voorligting aan onder andere burgerlikes u model van dieselfde oorgeesiekte aan tebied as ‘n eenvoudige keuse tussen rewolusie aan die een kant, en ‘n ‘demokratiese enChristelike’ regering aan die ander kant.  (p. 72) Generaal N, u wat deur u vooruitskouings oor hoe die Weermag in dieselfdeverhouding as die bevolking van groter Suid-Afrika hersaamgestel moet word, juis daarvoor ‘nklimaat vestig, ons vra: Hou op om u te beywer vir dit wat u insig as bewaker van die volk onderverdenking bring.

 

Voorspellings bewaarheid

16 / 30

Page 17: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Op 2 Februarie 1990 bewaarheid die nuwe Staatspresident, mnr. FW de Klerk, Wagner en diekonserwatiewe Afrikaner se prognose, toe hy in sy openingsrede van die Parlement, bekend asdie Rooi Vrydag-toespraak, die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party ontperk ensodoende die toneel in gereedheid bring vir die volgende fase van wat deur behoudende politicibestempel is as “noodlottige hervorming”. Dat mnr. De Klerk se Rooi Vrydag-toespraak nie noodwendig groot byval in eie gelederegevind het nie, blyk uit ‘n berig in Patriot van 3 Augustus 1990 onder die opskrif, “Magnus dreigom te loop”. Volgens dié voorbladberig het genl. Malan sy dreigement teenoor mnr. De Klerkgeuiter en gesê hy sal loop as die SAKP-leier mnr. Joe Slovo weer in die ANC seonderhandelingspan ingesluit word. Die ANC-leier mnr. Nelson Mandela se reaksie daarop sougewees het: “Vergeet Malan. Hy is van geen belang nie.” ‘n Ander rede vir Malan se dreigement sou glo ook wees die onthullings dat dieANC/SAKP-alliansie volstoom voortgegaan het met operasie Vula, waarvolgens hulle die magin ‘n bloedige staatsgreep wou gryp. Die koerant merk op dat genl. Malan nie teenwoordig wastydens die Groote Schuur-beraad tussen die ANC en die Nasionale Party nie.

  Genl. Malan kon nog nooit ‘n geheim maak van sy intense afkeer van die ANC en die SAKPen hul terreur-optrede teen Suid-Afrika nie en dit word toenemend duidelik dat hy nie van syposisionering téén dié organisasies wil afsien nie

verklaar Patriot. Die koerant verwys ook na die minister se tirade teen die ANC en SAKP in dievorige jaar se weermagbegrotingsdebat - dat hulle “satanswerk” doen.

  Die oogmerke van die ANC strook in elk geval nie met Suid-Afrika se verklaarde koers enbeleid nie... Ons is nie blind vir pogings om aan die ANC ‘n voorkoms van vroomheid engematigheid te gee nie. Ons durf ons nie hierdeur laat mislei of op die verkeerde voet laatbetrap nie,

is hy deur die blad uit daardie toespraak aangehaal.

 Patriot gaan dan voort:

  Twee ander onlangse gebeure word ook as van die uiterste belang beskou. Die eerste is die

17 / 30

Page 18: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

aanstelling van genl. Kat Liebenberg, wat beskou word as een van die ‘meer konserwatiewegeneraals’, as die hoof van die SAW. Waarnemers bespiegel dat die aanstelling deur genl.Malan bewerkstellig is in ‘n poging om sy posisie by die Weermag te versterk.  Die tweede gebeurtenis van belang is die skielike ontbinding van Die BurgerlikeSamewerkingsburo (BSB). In die lig van genl. Malan se uitsprake is dit te betwyfel of dieontbinding van die BSB sy goedkeuring het. Die skielike aankondiging (om die BSB te ontbind)blyk ‘n stap van mnr. De Klerk te wees om genl. Malan se magsbasis te ondermyn.

(In hierdie verwikkeling moet die moontlikheid dat mnr. PW Botha betrokke was, nie heeltemalbuite rekening gelaat word nie: opsteller. Mnr. Botha en genl. Malan het ‘n lang pad saamgekom. ‘n Ander belangrike oorweging  is dat die Amerikaners deel van dié spel waarby genl. Malan enkonserwatiewe generaals betrek is, kon wees. Waarnemers gis dat die Amerikaners deur ondermeer genl. Tienie Groenewald goed geposisioneer was om die Amerikaanse weergawe van dieontplooiing van die ‘Nuwe Suid-Afrika’ ten uitvoer te bring. Die voorhou van die Amerikaanseweergawe van ‘n volkstaat vir die Afrikaner (die feit dat die Amerikaners klaarblyklik nooit enigeerns daarmee gehad het, vir die oomblik ter syde) aan die konserwatiewe generaals, sou gewisdeel van so ‘n plan wees. Dit kan egter nie al oorwegings wees nie. Die rugbaar maak van genl. Malan se, tot in daardiestadium, obskure konserwatiewe sentimente, nogal in Patriot, hou ook ‘n ander baie belangrikemoontlikheid in. Dit was deel van ‘n meer omvattender “kommunikasiestrategie” waarin Malanopgeoffer is en die beplanning van veel meer potente konserwatiewe elemente in die SAW, indie war gestuur moes word. Dié “kommunikasiestrategie” het die ANC en Kommunistiese Partyse gewapende optrede in Suid-Afrika sedert die Rooi Vrydag-toespraak as agtergrond.) Presies hoe het die SAKP/ANC-optrede in daardie stadium daar uit gesien?Patriot, 27 Julie 1990, rapporteer op sy voorblad daaroor onder die opskrif, “ANC wys sy warekleure:”

 

  Die opbou van (ANC)-terreurselle binne Suid-Afrika het finaal bewys dat die ANC nie dieonderhandelingstafel in ‘n ope en eerlike gees benader nie, maar hom voorberei vir moord endoodslag as hy nie sy sin kry nie... Die ANC het ook by wyse van dié optrede sy werklikedoelstellings geopenbaar - ‘n bloedige rewolusie... Enige verklaring tot die teendeel nou, enveral na mnr. Chris Hani, ‘stafhoof’ van sy gewapende vleuel, se oorlogspraatjies...kanhoegenaamd nie ernstig opgeneem word nie.  Die ANC-plan was om ‘n uitgebreide gewapende offensief,  (soortgelyk aan die berugteoperasie Mayebuye van die jare sestig met Nelson Mandela as een van die hoofbeplanners) uitte voer. Die polisie het egter op die terreurselle toegeslaan en meer as 40 terroriste gearresteeren verskeie wapenopslagplekke gevind wat RPG-vuurpylrigters, anti-personeelmyne en

18 / 30

Page 19: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Russiese wapens insluit.  Die ANC-insypelaars was ook toegerus met hoë-frekwensie radio’s.ANC-bevelvoerders sou dan regstreeks opdragte aan selle in Suid-Afrika gee.  Volgens berigte beskik die polisie oor bewyse dat die planne die goedkeuring van dieANC-leierskap geniet, insluitende mnr. Hani.  Mnr. Hani het onlangs by ‘n openbare vergadering in volle militêre drag verskyn. Hy het ‘ngeweer gedra en sy geselskap het almal openlik met AK-47-gewere gepronk... ’n Berugteuitspraak  van mnr. Hani is: ‘We are prepared to see a wasteland if that is the price of freedom.The bombs are to tell the Whites that we can creep and crawl next to them’.

 

In ‘n ongewone voorbladkommentaar skryf die redakteur mnr. ZB du Toit: Die NP-regering hetskynbaar moedswillig alle aanduidings dat die ANC met sy bose planne besig was geïgnoreerter wille van die voortsetting van die onderhandelings.

  Hierdie besluit is geneem ondanks die herhaalde waarskuwings oor die ANC se bedrywighededeur die Polisie, die Weermag en die Nasionale Intelligensiediens (NID).

Hy verwys dan na die insypeling van ANC-terroriste, ANC-wapenstapeling en die inbring vanwapens van ‘n boot af. “Die inligting is bekom van Patriot se bronne in dieveiligheidsgemeenskap.,” verklaar die koerant. Die Konserwatiewe Party het vanjaar ook ‘n geheime NID-dokument openbaar gemaak waarinvier duidelike ANC-doelwitte uitgestippel is:

 

▪ Die aanwending van terreurselle...om die tuislande onregeerbaar te maak;▪ Die stigting van ‘n teenvoeter vir Inkatha;▪ Die infiltrasie van sogenaamde ‘special comrades’ vir terreur; en▪ Die dophou van Blanke leiers vir eliminering.

 

19 / 30

Page 20: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Dié onthulling van die ANC se voortgesette betrokkenheid by die beplanning van terreur was inenige taal opsienbarend en ontstellend, te meer by die veiligheidsgemeenskap van die land endan in die besonder by die meer konserwatiewe elemente in die Weermag. Die vraag wat ookonwillekeurig opkom is hoe sou die algemene publiek en in besonder die skeptiese elemente indie Weermag koud gelei kon word ten einde nie ‘n stok in die wiel te steek in die verdereontplooiing van  die oorgawe aan die ANC nie. En die antwoord op die probleem? Deur te berig(in Patriot?) oor ‘n moontlike opvordering van konserwatiewe elemente in die Weermag  onderaanvoering van genl. Malan? Genl. Malan wat, in die woorde van mnr. Mandela, “van geenbelang is nie”? Dat daar wel so ‘n opvordering van konserwatiewe elemente in die Weermag was, moontlikmet genl. Malan se oënskynlike hulp, is nie weg te redeneer nie. Dat hierdie opgevorderdekonserwatiewe elemente in die Weermag berekend na totaal oneffektiewe strydperke gelei is,kan ook nie wegredeneer word nie. Terug by 1990: Dié volgende fase was die infasering by die SAW van die gewapende vleuelvan die ANC, Umkhonto we Sizwe, en die gewapende vleuel van die PAC, APLA. Diebeslissende stap in dié verband was die sluit van ‘n sogenaamde vredesooreenkoms op 14September 1990.

 Die KP-lyfblad Patriot (23 Augustus 1991) skryf:

  Wanneer die ANC, die SA Kommunistiese Party en die Regering se ‘vredesooreenkoms’ op14 September amptelik van krag word, sal die ANC en die SAKP effektief mede-bestuurdersword van die Polisie en die Weermag.  Politieke waarnemers sê dit is een van die vernaamste uitvloeisels van die‘vredesooreenkoms’ waarvan die inhoud in ‘n Engelse Sondagkoerant bekend gemaak is.Ook verteenwoordigers van Inkatha, die sakegemeenskap en bekende ver-linkses soos prof.Johan Heyns, Desmond Tutu en dr. Louw Alberts, was betrokke by die opstel van die dokumentvan 70 bladsye. Konserwatiewes wys daarop dat terwyl die ANC/SAKP-alliansie die Polisie endie Weermag gaan help monitor, bepalings wat betrekking het op die ANC se gewapendevleuel deur die ANC self, as ‘n ‘dooie letter’ beskou word.  Mnr. Joe Modise, bevelvoerder van MK, se uitlatings op MK se kongres in Venda ooruitgebreide werwings- en opleidingsprogramme van die ANC, is bewys van die ANC seminagting van die ooreenkoms.

Patriot verklaar dat die Regering vergeefs ‘n afstand tussen hulle en die ooreenkoms probeerstel deur aan te voer dat dit “nog nie bindend en gefinaliseer is nie.” Dit was opvallend dat diéstellings aan geen bepaalde Regeringswoordvoerder gekoppel word nie, voeg die blad by.

20 / 30

Page 21: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

 

Regse reaksie

Op 17 Januarie 1992 ontleed Patriot die houding van die konserwatiewe Afrikaner teenoor dienuwe Weermag wat besig was om vorm aan te neem, onder die opskrif, Weerstand neem toeteen diensplig.

  Die weiering om diensplig te doen is nie iets nuut in Suid-Afrika nie - linkse elemente (die EndConscription Campaign) spook al jare om die dienspligstelsel af te kraak omdat dit ‘n‘instrument van apartheid’ sou wees. Nou het ‘n nuwe verskynsel na vore gekom: groot getalleBlankes weier om diensplig te doen omdat die Weermag polities aangewend word om ‘nskikking tussen die ANC en die NP te vergemaklik. Dié regse aanslag teen diensplig het diepotensiaal om baie effektiewer as die linkse poging te wees, bloot omdat daar baie meer regsesas linkses is.  Die openlike gebruik van die Weermag by twee politieke insidente - die slagte vanGoedgevonden en Ventersdorp, het verdere agterdog oor die Weermag se toekomstige rolgeskep...Tydens die botsing by Goedgevonden het Weermag-eenhede...hardhandig teen boereopgetree, en by Ventersdorp het Ratel-gevegsvoertuie buite die dorp gereed gestaan...Politiek is duidelik die eintlike motief agter weiering om diensplig te doen. ‘n Organisasie met dienaam Aksie Volkseie Weermag, wat sy ontstaan by die Universiteit van Pretoria het, sê in systigtingsverklaring ‘n ‘weermag is veronderstel om teen ‘n eksterne vyand gerig te wees. Nouword die Weermag egter teen sy partypolitieke teenstanders misbruik in ‘n poging om die NuweSuid-Afrika op die Afrikanervolk af te dwing. Die Weermag as lands- en volksweermag word dusgereduseer tot die NP se weermag.  Die beweging se woordvoerder, Christiaan de Jager, sê daarby diskrimineer diedienspligstelsel teen Blankes wat die Weermag in stand moet hou en ook die Nuwe Suid-Afrikamoet skep, terwyl Swartes, wat ook veronderstel is om by die nuwe bestel te baat, glad nie bydie stelsel ingeskakel is nie. Hy voeg by hy weier om die geweld wat die ANC en SAKP in Swartdorpsgebiede stig in dié omstandighede te bekamp.  Die Bevolkingsregistrasiewet is deur die Regering herroep en dit veronderstel dat daar niemeer Blankes, Indiërs, Kleurlinge en Swartes is nie. Daarom is dit onhoudbaar dat daar ‘nVerdedigingswet bestaan wat slegs Blankes vir diensplig oproepbaar maak.

 

21 / 30

Page 22: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Die “Giant Killer”

In November 1992 verskyn regter Richard Goldstone (later ook as deel van ‘n internasionaleregspan betrokke by oënskynlik die beslegting van die konflik in Bosnië, en voorheen bekend virsy berugte uitspraak wat die Groepsgebiedewet verongeluk het), op die Weermag-toneel.Regter Goldstone was voor sy verskyning hier die voorsitter van ‘n kommissie wat vergeefsprobeer het om Swart taxi-geweld hok te slaan. Patriot (27 November 1992) berig op die voorblad, Regering en ANC werk saam omSuid-Afrika se veiligheidsmagte te vernietig. Uit die berig blyk dit dat die doen en late van diestafhoof van die SAW genl. George Meiring, en die hoof van Militêre Intelligensie genl. Joffelvan der Westhuizen veral, die onderwerp van Regter Goldstone se nuuskierigheid is.(Heeltemal in stryd met die afleiding wat in hierdie verband gemaak kan word, moet gemeldword dat dit genl. Meiring was wat as eerste hoof van die Weermag in ANC-Suid-Afrika verklaarhet dat die “leeu by die lam gaan lê het”: opsteller)

 Patriot berig:

  ‘n Duidelike patroon van samewerking tussen die Staatspresident mnr. FW de Klerk en dieANC-leierskap om Suid-Afrika se veiligheidsmagte te diskrediteer en te vernietig, manifesteerhom in optredes van mnr. De Klerk, die ANC-leierskap en in die media wat die NP steun.  Die ondersteuning wat die regering van mnr. De Klerk aan aanvalle op die SAP en SAW geeen die persoonlike aanval deur mnr. De Klerk op genl. Meiring, omdat hy sy ‘lynfunksie’ uitvoerdeur ANC-terroriste te monitor...is ‘n duidelike patroon van totale oorgawe en kapitulasie.  Die KP-leier dr. Ferdi Hartzenberg, het aan Patriot sy skok uitgespreek oor die wyse waaropdie Regering teen sy eie veiligheidsmagte draai.

Dr. Hartzenberg kla dat dié optrede meebring dat die hele veiligheidstruktuur vernietig word. Hyvoeg by dat die Weermag die enigste struikelblok in die pad na magsoorname deur die ANCgeword het en nou probeer hulle die Weermag neutraliseer.

  Enkele offisiere is nie gediend met hierdie diskreditering nie. Hulle is maklik identifiseerbaar asgekyk word wie die hoofteikens is.

22 / 30

Page 23: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Meiring en Van der Westhuizen se name word dan genoem. In ‘n tweede voorbladberig deur Gay Derby-Lewis, vrou van KP-Presidentsraadid mnr. CliveDerby-Lewis, word geskryf die Kommissie se opdrag is om die “voorkoming van openbaregeweld en intimidasie” te ondersoek. “Die kommissie se beslaglegging laas week van MilitêreIntelligensie se leggers het ‘n teenreaksie tot gevolg waarin vrae oor die magte van dieKommissie gestel word,” skryf sy. Dié magte is deur regter Goldstone self as “enig en buitengewoon” bestempel. Dié magtehandel veral oor deursoekings- en beslagleggingsbevoegdhede. “In regter Goldstone semediaverklaring het hy sekere onthullings gedoen oor openbare verklarings deur genl’s Meiringen Kat Liebenberg. Hierdie verklarings het na Umkhonto we Sizwe verwys en MK by misdadigeoptrede geïmpliseer...

  Mnr. De Klerk het reageer op die feit dat regter Goldstone se verklaring oor die beweerdeSAW-komplot om die ANC te diskrediteer, in die vorm van ‘n persverklaring was. Mnr. De Klerkhet gesê: ‘Baie aspekte vervat in regter Goldstone se verklaring is tot nou nie getoets binne dieraamwerk van gewone prosedures van toepassing vir ‘n geregtelike kommissie nie.’   Dit is juis die groot strydpunt vir die SAP en SAW

word in die berig gekla. Die KP-woordvoerder oor Verdediging dr. Willie Snyman, verklaar daarop dat mnr. De Klerk seaanstelling van luit.-generaal Pierre Steyn nou beteken dat die toenmalige hoof van MilitêreIntelligensie genl. Joffel van der Westhuizen,  “effektief bevel verloor het”. In ‘n nuuskommentaar van Radio Pretoria van 23 Maart 1994 loop Goldstone weer deur enword hy verwyt oor die “skade” wat hy die veiligheidsmagte aangedoen het. Wat diéNuuskommentaar betref is hy ongetwyfeld ‘n “politieke regter” weens syGroepsgebiedewet-uitspraak en ‘n bevel wat gelas het dat ‘n noodregulasie-aangehoudene in1986 vrygelaat moes word. In die kommentaar word voortgegaan:

  Die KP se Hoofraad het in November 1992 verklaar dat regter Goldstone se bedrywighededopgehou behoort te word na aanleiding van sy ondersoek van die veiligheidsmagte in daardietyd. Hierdie bekommernis hou verband met die Goldstone-kommissie se ondersoek na diebeweerde bedrywighede van die voormalige Burgerlike Samewerkingsburo, wat sou gepoog hetom die ANC te diskrediteer. Destyds is bedenkinge uitgespreek omdat Goldstone beideondersoeker en regter was.  Die magte wat aan sy kommissie gegee is, was buitengewoon. Die kommissie het sy eiepolisiemag gehad en ook sy eie regspan en kenners uit die buiteland. Die kommissie se eiepolisie en verskeie internasionale waarnemers het doodeenvoudig ‘n klopjag op Militêre Inligtingse kantoor uitgevoer en beslag gelê op lêers. Dié optrede was dié spyker in die doodskis vanSuid-Afrika se militêre inligtingsdiens.

23 / 30

Page 24: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

  Ondanks die skok wat op hierdie optrede gevolg het,  het regter Goldstone aangedring opmeer mag. Destyds is gesê die VN het sy eise goedgekeur. Regter Goldstone was volgensinligting ook met Amerika se ambassadeur in Suid-Afrika in aanraking.  Regsgeleerdes het gevra hoe dit moontlik is dat Goldstone die Wet op Amptelike Geheime endie Wet op Vryheid van Inligting kon verontagsaam...

(Die Hefer-kommissie van ondersoek na beweerde spioenasiebedrywighede van dieSkerpioen-ondersoek-eenheid se hoof Bulelane Nqcuka, is in 2003 subiet hierdie voorregtegeweier kragtens gelykluidende wetgewing: opsteller.

  Regter Goldstone se bevinding in Junie 1992 oor die beroemde Portugeessprekende 32Bataljon  was dat die Bataljon nooit weer vir ‘vredesdoeleindes in Suid-Afrika aangewend magword nie’. Die bataljon is kort daarna ontbind om twee jaar later deur die wankelrige NasionaleVredesmag van die Uitvoerende Oorgangsraad vervang te word.

 

Die “vuur” agter die rokie  Maar was daar ‘n groot vuur verborge agter die kommissies van ondersoek wat De Klerkaangestel het? Want behalwe Goldstone se ondersoek was daar ook die ondersoek van regterLouis Harms in Januarie 1990 na beweerde derde-mag-bedrywighede: ‘n stap wat toe reedskrete van verraad in SAW-kringe Iaat opgaan het. Want in die ondersoek was die ANC en diekommuniste skielik ‘n kommissie se bondgenote téén die SAW.  Die klein resultaat en vernaamste openbare uitvloeisel van dié ondersoek was die ontbindingvan Die Burgerlike Samewerkingsburo (BSB).   Die reaksie hierop was voorspelbaar. ‘n Sogenaamde binnekring, bekend as Die Organisasie,het in die veiligheidsgemeenskap asook by bankmense, sakemanne, prokureurs enstaatsdiensamptenare ontstaan. Piet Pretorius skryf in Volksverraad…Waarom? dat hierdiegroep mnr. PW Botha se sentimente gedeel het. Hier was dus wel ‘n groot vuur ágter diekommissie-rokies.  In Junie 1992 skryf  hulle aan die Minister van Polisie, Hernus Kriel, en ander NP-ministers oordie vernietigende gevolge van die onderhandelinge met die kommuniste en die ANC. VolgensPretorius is daar in hierdie kontak selfs gemaan dat ministers tereggestel kan word(Volksverraad…Waarom? p.75). En De Klerk se vrese vir ‘n staatsgreep het heel moontlik tedoen gehad met ‘n byeenkoms in ‘n losie van Loftus Versteld in Pretoria...  Pretorius spekuleer dat ‘n aanval op 17 Junie 1992 op die Boipatong-kampong buiteVereeniging sy oorsprong by Die Organisasie gehad het.

24 / 30

Page 25: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

  Dit was duidelik dat FW de Klerk Die Organisasie as uiters gevaarlik beskou en dat hy ernsgemaak het om die derdemagfaktor, wat die onderhandelingsproses kan ontwrig, te elimineer,

verklaar Pretorius.

  NI en MI se Afdeling Teenintelligensie het begin om informasie oor Die Organisasie in tesamel. Hier reeds het mede-offisiere hul kollegas verraai.

Voorbereidings vir oorgawe nog onafgehandel

Maar die voorbereidings vir oorgawe by die onderhandelingstafel was nog nie afgehandel nie.Eers moes omgesien word na die moontlik opstandige elemente in die polisie en weermag, endan eers kon die vyande van die Afrikaner hul strooipop-generaals in regse geledere ontplooi...Boonop moes die suiwering en of dit genoegsaam is, nog die De Klerk-regering seAmerikaanse instrukteurs se tjap kry. Piet Pretorius skryf in Volksverraad (p. 311) in November1992 word die Harms-kommissie gevolg deur die Pierre Steyn-ondersoek binne die SAW ommoontlike opstandiges in Militêre Inligting “by te kom”.

  Altesaam 23 offisiere van Ml se Direktoraat Koverte Inligting (vier sleuteloffisiere by namegenl. Chris Thirion, brigs. Tollie Botha, Ferdi van Wyk en Oos van der Merwe) is in Desember1992 of op vroeë aftrede, of op ondersoek geplaas. Hierdie regeringsoptrede het die hart vandie Derde Mag uitgeruk. (Vyftien maande later is polisie-generaals deur regter Goldstoneondervra oor dié ‘Derde Mag-optrede, waaronder genls. Basie Smit, Krappies Engelbrecht enLe Roux.) In Pretorius se ontleding van die suiwering maak hy melding van ‘n kerngroep ministers ofsuperkabinet (Volksverraad…Waarom? p.81). HulIe was De Klerk, Kobie Coetsee, Hernus KrieIen Roelf Meyer. Gene Louw, wat vir ‘n kort tyd minister van verdediging was, word ook as deelvan die uitgelese beplanners van oorgawe genoem.  Die besluit oor die suiwering was kort voor Kersfees 1992 geneem. In die verwikkelingeontvang De Klerk ‘n vertroulike stafskrif van Steyn. In die beraadslaginge het die weermaghoofKat Liebenberg, volgens Pretorius, ontslag voor ‘n ondersoek voorgestaan. Die weermaghoofdeis ‘n week gegee om die moontlik afvallige elemente in te lig oor hul plotselinge vertrek.

25 / 30

Page 26: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

  Hierdie suiwering moes Amerikaanse goedkeuring wegdra. (Roelf) Meyer het middelDesember 1992 op instruksie van De Klerk Amerika besoek

verklaar Pretorius.  Die onderhandeling tussen De Klerk, Meyer en amptenare van Amerika het “uitgelek”, hoeanders, en dit het De Klerk gedwing om reeds die oggend van 19 Desember 1992 aan te kondigdat 23 offisiere se militêre Ioopbane die genadeslag kry.

‘n Vername tussenspel: Nasionale lntelligensie loop oor na die ANC

Die Afrikaner ken oorlopery en verraad. In die Tweede Vryheidsoorlog was daar diehensoppers, joiners, Town Guards en meer. In die oorgawe aan die kommunistiese ANC wasdit skynbaar nie anders nie.   Piet Pretorius voer in sy boek, Volksverraad…Waarom? (p 92) aan:

  Toe dit gedurende September 1992 vir NI duidelik word dat die ANC en SAKP dieonderhandelingsoorlog teen die NP wen, het NI sélf in die geheim by gesprekvoering met dieANC en die SAKP betrokke geraak. Omdat intelligensie ‘n Iae prioriteit vir die ANC en SAKPwas moes NI en sy establishment van nagenoeg 5 000 personeellede die wese van dieintelligensiewese aan die opkomende bewind bemark. NI se burokratiese posisie was op diespel. NI se hoofbestuur (waaronder Mike Louw, George Grewar, Mike Kuhn, Eksteen Theron,SED Hofmeyer en Jakes Jacbs), het vroeg in 1993 die ANC en die SAKP op die Diens segeheime eiland in die Vaaldam onthaal om NI se Beeld by die ANC en die SAKP te verbeter. ‘nPlan om die regses te vernietig is aan die ANC/SAKP voorgelê ter wille van burokratiesemagsvertoon.

Hierdie beweerde manteldraaiery is volgens Pretorius in 1993 voortgesit toe Tobie Jansen vanRensburg en Hendri Benade wéér met hulle onderhandel het oor ‘n post-apartheidsbedeling virIntelligensie. ‘n Geïntegreerde diens wat die PAC en die kommuniste sou insluit, is in dieonderhandelinge voorgestel. Die hoofbestuur onder leiding van Mike Louw en George Grewarsou volgens dié sogenaamde strategiese dokument, die oorwegend Afrikaner-karakter van dieDiens as ‘n probleem geïdentifiseer het ( Volksverraad…Waarom? p.116)

 

26 / 30

Page 27: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Die militêre pensioenarisse

Kort ná die 1994-oorgawe tree die HNP-leier mnr. Jaap Marais na vore met sy baie bepaaldeen opsienbarende insigte oor die rol van “sekere afgetrede militêre offisiere” in ‘n dokumentgetiteld, Die opkoms van die generaals in Suid-Afrika se regse politiek. Mnr. Marais skryf:

  Dit is nodig om lig te werp op die taamlik vinnige verskyning van sekere afgetrede offisiere endie rol van politieke leiers onder regses in Suid-Afrika.  Aan die begin van 1993 het die De Klerk-regering rekening moes hou met die ernstigemoontlikheid van ‘n staatsgreep. Die militêre leierskap het reeds De Klerk se aanstelling vanmnr. Roelf Meyer as die minister van verdediging verwerp, en hy is deur Kobie Coetseevervang. Daarby het mnr. De Klerk die Goldstone-kommissie ingespan in sy aanslag, wat geleihet tot die ontbinding van die senusentrum van Militêre Intelligensie. Aanduidings was ook datdie inskakeling van Umkhonto we Sizwe (MK) by die Weermag, groot onrus enweerspannigheid veroorsaak het onder die militêre.  Mnr. De Klerk het ‘n manier moes vind om die ontevredenes tot rustigheid te stem. Wat hynodig gehad het was ‘n mens buite die militêre samelewing wat vertrou kon word met raad dathulle hul van militêre opstand moes weerhou - verkieslik ‘n voormalige militêr wat nie met mnr.De Klerk geassosieer is nie.  As so ‘n mens die moontlike leiers van ‘n staatsgreep kon oorreed om daarvan af te sien,omdat daar ‘n politieke uitweg sou wees, sou die volgende vraagstuk  die afweer van burgerlikeopstand wees. Dit het ‘n oorheersende houvas oor alle regse organisasies gewens gemaak. Endie man wat gekies word om die militêre te beïnvloed moes verkieslik ook die leier van diekollektiewe regses wees. So kon mnr. De Klerk se onmiddellike twee probleme uit die weggeruim, indien nie heeltemal opgelos word nie.  Genl. Constand Viljoen, ‘n politiek rou en pragmaties geneigde beroepsoldaat en afgetredehoof van die Weermag, het volgens berigte mnr. De Klerk in die berugte 1992-referendumgesteun, en was klaarblyklik die aangewese as hy aan die regses verkoop kon word, hoewel ditbekend was dat hy nie ‘n lid van die Konserwatiewe Party was nie en volhardend afwysendgereageer het op toenadering van ander regse groepe sedert 1987.  So het genl. Viljoen sy verskyning op die politieke toneel gemaak as ‘militêre adviseur’ van die heeltemal vreemdgeskepte en kortstondigste politieke groep wat nog in Suid-Afrika was - dieAfrikaner-Volksunie (AVU) onder mnr. Andries Beyers, voormalige hoofsekretaris van die KP -asof hierdie jammerlike politieke bende aan’t voorberei was vir oorlog!  Hierdie groep se plek in die politieke spektrum was ver links van die KP en ‘n paar passies vandie NP af, wat reeds die middellyn oorgesteek en die gaping tussen hom en die ANC kleinergemaak het. Hoewel byna belaglik, het Viljoen se verskyning as militêre adviseur by hierdiegroep oënskynlik geen verrassing vir die Regering en linksgesindes ingehou nie.Taamlik gou daarna is ‘n vergadering in die Transvaalse Landbou-Unie se gebou in Silverton,Pretoria deur leiers van regsgesinde organisasies en sekere voormalige offisiere van dieWeermag en Polisie belê. Die sleutelfiguur agter die set was ‘n ander militêre pensioenaris,

27 / 30

Page 28: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

genl. Tienie Groenewald, vir ‘n kort tydjie hoof van Militêre Intelligensie en baie ongewild daarweens sy manipulerende gedrag. Groenewald self het later gesê die vergadering was diehoogtepunt van ‘maande se invloedwerwing agter die skerms’ - ‘n heel raak beskrywing.  Genl. Constand Viljoen, ‘n vreemdeling in regse geselskap, het die vergadering bygewoon.Taamlik vroeg in die vergadering en klaarblyklik vooraf gereël, het die voorsitter van dieTransvaalse Landbou-Unie mnr. Dries Bruwer, ‘n KP-Volksraad wat in dieselfde omgewing asgenl. Viljoen boer, ‘n ernstige pleidooi gerig dat in die heersende krisis van die Afrikanervolk,‘die generaals’ die kans moet kry om die leiding te neem soos wat dit ook in vorige krisissegebeur het...  Nadat die gedagte van die generaals in die vergadering gelug is, het ‘n TLU-amptenaarvoorgestel dat genl.’s Viljoen, Groenewald, Koos Bischoff en nog een as leiers aangewys word.Genl. Viljoen het so opgetree dat dit duidelik was dat hy goed geweet het dat so ‘n mosie aandie beurt sou kom...  Op ‘n daaropvolgende vergadering op 7 Mei moes die Afrikanervolksfront formeel gestig word,die naam en grondwet reeds op besluit deur…’n komitee van generaals wat hulself dieDirektoraat vir Volksmobilisasie genoem het, wat klaarblyklik ‘n boodskap aan die res was dathulle die leiding in voorbereidings vir oorlog neem. Kragtens die (voorgestelde) grondwet washulle verantwoordelik vir die ‘beplanning, inisiëring, koördinering, uitvoering en beheer van alleoptrede... Weens teenstand van die HNP is die AVF nie op 7 Mei tot stand gebring nie, maar op19 Mei. In daardie stadium het die HNP nie  die vergadering bygewoon nie omdat hy nie vanplan was om by die AVF aan te sluit nie.  Dit was uit die staanspoor duidelik dat die operasie so beplan was dat afgetrede generaalsaan die spits van regse politiek geplaas is om ‘n ‘volkstaat’-beleid te bevorder en saam te valmet die Suid-Afrikaanse regering se agenda, wat enersyds bereken was om die regse politiekestryd te ontmoedig en teen te gaan deur middel van ‘ander metodes’ en andersyds, om hulle teweerhou van ‘n uitdaging aan mnr. De Klerk om ‘n algemene verkiesing vir Blankes te hou. Sowas die enigste oorblywende uitweg die aanknoop van onderhandelinge tussen die Regering endie ANC/SAKP. Om iets te hê waaroor daar onderhandel kon word, is die gedagte van ‘n‘volkstaat’ op 14 persent van die land se grondoppervlakte op die tafel geplaas...  In besprekings met die Komitee van Regse Leiers het Viljoen, volgens bevestigde notules, in‘n stadium gevra of dit gerade is om die val van die (toenmalige) regering te bewerkstellig, diebetrokke deel wat lui: ‘En dit is te bevraagteken of dit gerade is om die val van die NasionaleParty teweeg te bring.’ En in ‘n ander stadium het hy gevra wat gedoen moes word as dieregering eers verslaan is, die notules wat lui: ‘Ons sal ‘n Blanke verkiesing met tussen en 50 en60 persent wen. Maar wat sal julle doen as julle ‘n verkiesing wen?  Dit toon klaarblyklik dat Viljoen nooit oorweeg het om die De Klerk-regering te stuit nie en dathy inderwaarheid daarteen gekant is om De Klerk te stuit. Dit, toevallig, is ook die ANC/SAKPse houding. Hulle het by meer as een geleentheid in die openbaar verklaar dat dit in hul belangis dat die De Klerk-regering sy posisie behou.

 

28 / 30

Page 29: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

Bop

‘n Ander insig oor hoe die vurk met Suid-Afrika se weermag in die hef gesteek het, kom voor indie Nuuskommentaar van Radio Pretoria van 17 Maart 1994, nadat Bophuthatswana in diekommunistiese ANC se hande geval het. “Dié verwikkeling bring mee dat die ANC se magte net20 kilometer buite Pretoria lê”, word verklaar. “Dit behoort koue rillings teen die ruggraat vanenige Blanke militêre bevelhebber in Suid-Afrika te laat afgaan,” word bygevoeg.

  Die manne op Voortrekkerhoogte behoort te weet van die militêre materiaal wat hulle inBophuthatswana agtergelaat het. Van die Nyalas, ligte tenks; te weet van Bop se lugvermoë;die landingsvermoë van die lugmagbasis buite Mmabatho. Hoeveel troepe die Amerikanersdaar kan aflaai, of dalk nog Robert Mugabe en Sam Nujoma, of die Libiërs van MoeammerGadhaffi en die Kubane van Fidel Castro... Nujoma het ‘n week of wat gelede met militêreoptrede teen Suid-Afrika gedreig...  ‘n G5-kanon het ‘n reikafstand van 40 kilometer en verder. Selfs die manne opVoortrekkerhoogte en in die lugmagbasis in Waterkloof,  kan nie gerus slaap nie... En wat vandie kernkraginstallasies buite Pretoria? Hoe laf klink dit nou, hierdie sogenaamdestabiliseringsoperasie wat die Suid-Afrikaanse Weermag verlede week ten bate van Joe Slovoen Nelson Mandela in Bophuthatswana uitgevoer het. Moontlik sal die mense wat nog nie gekgemaak is deur mnr. FW de Klerk se hervormingspolitiek nie, groter waardering hê vir die AWBse pogings om te keer dat Bophuthatswana oorgaan aan ‘n kommunistiese magskliek, as hullehieroor nagedink het. Of redeneer hulle dat die ANC en Joe Slovo na 27 April togBophuthatswana gaan inpalm, en ook die groot prys - Pretoria?  Ondertussen staan die Suid-Afrikaanse Weermag ook pa vir die geboorte van kommunistieseANC-magte in Bloemfontein en Kaapstad, waar SAW-instrukteurs MK-terroriste dril byonderskeidelik De Brug en Koeberg. Hulle lei mos apolitieke Swart soldate daar op. Soos dieapolitieke Swart soldate van die Bop-weermag, wat geweier het dat wapens uitgereik word aanBlankes, wat gekom het om hul land teen kommuniste en rewolusie te beskerm. Die apolitiekeSwart soldate wat drie AWB-lede in ‘n hinderlaag doodgeskiet het, en ‘n halfdosyn hinderlaeopgestel het vir Volksfront-soldate, wat hul pad na die grens moes oopskiet. As hierdie gebeurenie hierdie apolitieke deuntjie summier kortknip nie, weet een ding seker: Ronnie Kasrils, JoeSlovo en Joe Modise sal dit doen.  Vir die inligtingsafdelings van die Suid-Afrikaanse Weermag en Polisie kan ons maar weer sê:Ons weet dat julle goed oor die op hande staatsgreep in Bophuthatswana ingelig was, en dieinligting met ‘n snaps Tequila en ‘n knypie sout, straks nog in ‘n kroeg saam met Slovo enKasrils, afgesluk het. Ons weet ook julle weet dat die kommunistiese ANC sy visier opZoeloeland en die bewind van dr. Mangosuthu Buthelezi het. En dat brig. Oupa Qgcoso opgeleende tyd in Ciskei is. Daar sal seker weer heelwat pret wees wanneer inbeweeg word omsake te ‘stabiliseer’ en ten slotte ‘n oorwinningsparade vir Nelson Mandela aangebied word indie naaste sokkerstadion.  In Zoeloeland het julle uitstekende afspringplekke vir julle sogenaamde stabiliserings-operasie:die Josini- en Dukuduku-basisse, met genoeg slap offisiere om in te val by die plan.

29 / 30

Page 30: Afrikaner Weermag 01

DIE WEERMAG VAN GISTER, EN VANDAG SE TRAGIESE OORBLYFSELS

Written by RedTuesday, 16 June 2009 12:28 - Last Updated Wednesday, 17 June 2009 09:32

  Julle sê daar kom tog ‘n ANC-oorname en waarom nie maar nou die saak afhandel enterselfdertyd skietoefening op die halsstarrige regses en Zoeloes kry nie?  Op al hierdie militêre vrae en stellings is daar net een antwoord, en dit is ‘n politieke een. Dit isdat die Nasionale Party en die Staatspresident mnr. FW de Klerk, wat opperbevel oor dieWeermag het, ‘n kommunistiese meeloper is en die veiligheidsmagte dienooreenkomstiginspan. Niks kan die feit dat die NP inderdaad ‘n kommunistiese meeloper is, beter aantoon asdie praktiese situasie waar mnr. Pik Botha en die kommunis Mac Maharaj gesamentlik dieboodskap aan dr. Lucas Mangope gaan oordra het dat hy as staatshoof van Bophuthatswanaafgesit Is.

 

Storm gemaai

Die Afrikanervolk het met sy weermag in die wind gesaai en ‘n storm gemaai. Die ANC en sy internasionale kommunistiese vennote kon hom nie op die slagveld klop nie.Claus Nordbruch skryf  in sy boek, REGUIT (p. 193), die ANC en die SAKP was nie neteindeloos ver verwyderd van hul sogenaamde “people’s war” nie; in die lig van die ineenstortingvan die Sowjet-Unie en sy satellietstate was hulle “selfs oorwonne”.

  Die feit dat die terroriste-aanslae die ANC ‘n geweldige bloedlating aan mensemateriaal gekoshet, moet nie onderskat word nie. Terwyl die ANC byvoorbeeld tussen Julie 1985 en Junie 1986in terroriste-aanslae 54 mense Iaat omkom het en 49 beseer het, het hy 489 guerrillas verloor...   Net soos die Suid-Afrikaanse Weermag buite sy grense nooit deur sy teenstanders oorwin isnie, só is die Suid-Afrikaanse staat nooit ernstig deur die ANC bedreig nie. Aan die einde vandie tagtigerjare kon daar vasgestel word dat ‘the White regime is not threatened by the currenttype of unrest, even if there is a quantative increase in the level of popular unrest... The real keyto overthrowing the regime, as the ANC recognized 25 years ago, is military struggle...However, the ANC has been notably unsuccessful in posing a rnilitary threat to the regime...”

 

30 / 30