24
REVIEWS / RESENSIES 224 Waarom sou Prinsloo relevant wees vir ’n jonger geslag? – Neil Cochrane 228 Nag op ’n kaal plein (Dolf van Niekerk) – Thys Human 231 Geskrifte van ’n vermiste digter (Henk Rall) – Bernard Odendaal 234 Ander lewens. ’n Roman in drie dele (André P. Brink) – Johan Anker 236 Jasmyn (Pieter Fourie) – Johan Coetser 238 byna liefde (Izak de Vries) – M. J. Prins 239 Die dag toe ek my hare losgemaak het (Willemien Brümmer) – Jacomien van Niekerk 241 Sonkyker. Afrikaner in die verkeerde eeu (J. C. Steyn) – H. P. Grebe 242 Versindaba 2008 (Marlise Joubert) – Bernard Odendaal 243 Noudat slapende honde (Ronelda Kamfer) – T. T. Cloete 244 Vlamsalmander (Hennie Aucamp) – Joan Hambidge 20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM 223

REVIEWS / RESENSIES - letterkunde.up.ac.za Resensies 03.pdf · Afrikaner in die verkeerde eeu (J. C. Steyn) – H. P. Grebe 242 Versindaba 2008 (Marlise Joubert) – Bernard Odendaal

  • Upload
    vankiet

  • View
    227

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

REVIEWS / RESENSIES

224 Waarom sou Prinsloo relevant wees vir ’n jonger geslag? – Neil Cochrane

228 Nag op ’n kaal plein (Dolf van Niekerk) – Thys Human

231 Geskrifte van ’n vermiste digter (Henk Rall) – Bernard Odendaal

234 Ander lewens. ’n Roman in drie dele (André P. Brink) – Johan Anker

236 Jasmyn (Pieter Fourie) – Johan Coetser

238 byna liefde (Izak de Vries) – M. J. Prins

239 Die dag toe ek my hare losgemaak het (Willemien Brümmer) – Jacomien van Niekerk

241 Sonkyker. Afrikaner in die verkeerde eeu (J. C. Steyn) – H. P. Grebe

242 Versindaba 2008 (Marlise Joubert) – Bernard Odendaal

243 Noudat slapende honde (Ronelda Kamfer) – T. T. Cloete

244 Vlamsalmander (Hennie Aucamp) – Joan Hambidge

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM223

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009224TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 45 (2) • 2008 224

Koos Prinsloo verhale.Koos Prinsloo. Kaapstad: Human & Rousseau. 2008. 384 pp. ISBN: 13 978-0-7981-4940-2.

Koos Prinsloo (1957–1994) was weens verskeie redes ’n omstrede figuur wat ’n aantalliterêre grense verskuif het. Hy was ’n Afrikaanse kortverhaalskrywer van eerstes –die eerste om die skeidslyn tussen feit en fiksie radikaal te ondermyn, die eerste ometiese kodes rakende privaatheid, vriendskap en kollegialiteit in sy werk te verontag-saam, die eerste om die donker en brutale kant van homoseksuele identiteit oop tevlek, die eerste om in al sy vorme te wys “… hoe hard die liefde tussen mans moetwees”, die eerste om raak verbande tussen patriargale mag, politieke geweld en seksua-liteit te lê en die eerste om vigs as tema in sy werk te ontgin. Oor hierdie en andervernuwende aspekte in sy werk is reeds in enkele navorsingstudies berig waarvandie belangrikste seker Riana Scheepers se Koos Prinsloo: Die skrywer en sy geskryfdes(1998) is.

Dit is verblydend dat Human & Rousseau besluit het om Prinsloo se vier kortver-haalbundels, Jonkmanskas (1982), Die hemel help ons (1987), Slagplaas (1992) en Weifeling(1993) in een band onder die titel Koos Prinsloo verhale (2008) uit te gee. Hierdie publi-kasie sluit aan by ’n hernieude belangstelling in Prinsloo se werk soos gesien kanword in die onlangse seminaar oor sy skrywerskap op Litnet en Gerrit Olivier seAantekeninge by Koos Prinsloo (2008). Laasgenoemde dien as aanvullende bron tot die41 saamgebundelde kortverhale opgeneem in Koos Prinsloo verhale.

Daar is ’n aantal redes waarom die vars bemoeienis met Prinsloo se werk belangrikis. Eerstens verstewig dit Prinsloo se posisie binne die Afrikaanse literêre kanon,tweedens kan dit jonger navorsers aanspoor tot verdere navorsing oor sy werk enderdens word sy tekste opnuut vir ’n jonger geslag lesers beskikbaar gestel om nawaarde te skat.

Die doel met hierdie bespreking is nie om literêr-kritiese kommentaar oor indivi-duele tekste in Koos Prinsloo verhale te lewer nie, maar om ’n bepaalde (en nood-wendig subjektiewe) perspektief te bied op die relevansie van Prinsloo se werk vir ’nnuwe en jonger generasie lesers en/of navorsers. Daarom gaan ek grootliks duiwels-

Neil CochraneNeil Cochrane is verbonde aan die

Eenheid vir Akademiese Geletterdheid,Universiteit van Pretoria, Pretoria.

E-pos: [email protected]

Resensie-artikel

Waarom sou Prinsloo relevantwees vir ’n jonger geslag?

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM224

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 225

advokaat (hopelik ’n regverdige een) speel en my perspektiewe sal noodwendighipoteties, selfgeobsedeerd en spekulatief van aard wees, maar eerstens is ’n paarkonteksskeppende aantekeninge nodig.

Ek was ’n vyftienjarige hoërskoolseun toe Prinsloo in 1994 weens vigsverwanteoorsake oorlede is. Ek het sy verhale eers vier jaar later as negentienjarige eerste-jaarstudent aan die Universiteit van Pretoria ontdek. Vir my het hierdie ontdekkinggrootliks saamgeval met die erkenning, ontdekking en belewing (hoe absurd en naïefdit ook met tye was) van my eie seksualiteit. Prinsloo, Danie Botha en Johan de Langese werk het sekere aspekte van die gaybestaan vir my oopgemaak, dit het my insiggegee in die literêre verwerking van die homoseksuele kondisie en vir my as ’n soortverwysingspunt gedien. Dit was bevrydend om hul werk na klastyd te lees en te besefdat dit oukei is om oor gayervarings te skryf, dat dit oukei is om daarmee te identifi-seer, maar ook om jouself daarvan te distansieer.

My hoërskooljare (1992–1996) was ’n tyd van ingrypende politieke transformasiein Suid-Afrika – die eerste swart meerderheidsregering het aan bewind gekom, swartkinders het saam met my begin skoolgaan, ek het geen oproepinstruksies in standerd9 ontvang nie, veldskool en kadette is summier afgeskaf, selfone, e-pos en ander teg-nologiese wonders het my wêreld begin oorneem, ’n liberale grondwet ter beskerm-ing van menseregte is aangeneem, gayregte is formeel juridies bekragtig met gevolgdat gays vir die eerste keer uit hul gate gekruip het, ensovoort. Weens sy vroegtydigeafsterwe in 1994 het Prinsloo nie een van hierdie dinge meegemaak nie.

Dit is nou veertien jaar later. Dit is die jaar 2008 en ek is 29 jaar oud. Intussen isPrinsloo se Sogenaamde Vriend Die Pop Ster ook oorlede. Die afsterwe van die Skry-wer en sy Geskryfdes lei tot noodwendige relativering. Daarbenewens ken lesers ennavorsers van om en by my ouderdom die beste en die slegste van beide die ou ennuwe bedeling.

Ons laerskooljare het gestrek van 1985–1991 – hierdie was noodtoestandjare, onskan onthou van hoe jy onder jou skoolbank moes induik as daar drie kort klokkegelui word, ons onthou plakkate (in elke liewe klaskamer) wat elke denkbare soortbom of landmyn vertoon het, ons onthou hoe geel Casspirs die laerskoolterrein opelkeen van sy vier hoeke bewaak het en ons onthou flou grappies wat ons vir mekaartydens pouses vertel het, grappies soos: Waarom hou swartes so baie van Matabela-pap? Omdat dit verryk is met vitamiene A en C. Baie van ons het ouer broers of nefiesgehad wat trots vir jou ’n ratpack van die army gebring het, vir ’n agtjarige seuntjiewas só ’n gebaar, ’n heldedaad in die kleine.

Ons as die jongste en laaste tusseningenerasie kan vandag waardering hê vir diegrensverskuiwende bydrae wat Prinsloo gelewer het, omdat ons wel iets van diewêrelde begryp wat hy in sy verhale aan ons voorhou, maar dit stel ons ook in staatom meer krities en selfs afstandelik teenoor sy werk te staan, want Prinsloo se kwes-sies is grootliks nie meer ons kwessies nie. Ons is dié generasie wat swaar dra aan die

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM225

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009226

erfporsie wat die ou ooms uit ’n ander era aan ons bemaak het. Sommige van ons reisna Londen, Doebai, Toronto en godweet waarheen nog op soek na ’n werkie in dieson, sommige van ons verlang na Wielie Walie, ander staan op aandag op die maatvan “De la Rey”, ander bid saam met oom Angus en sy leërskare op Loftus, sommigevan ons kruip weg in ons sekuriteitskomplekse, terwyl die aanslae van buite woed enander wil net uitgelos word om te doen wat hulle moet, om hulle bydrae op dina-miese en innoverende wyse in ’n uiters komplekse en paradoksale Suid-Afrika temaak.

My generasie (ook binne ’n gaykonteks) is vandag meer bevry as wat Prinsloo ensy tydgenote was. Dit is nog meer waar van die generasie na my. Vandag se negentien-jarige outjies en meisies (gay en straight) flankeer openlik met hul ontwerpersklere,MP3-spelers en iPods, hulle flankeer in wêreldwye kletskamers en in nagklubs binnedie openbare oog. Hulle is seksueel geëmansipeerd, androgeen en wys middelvingervir dié wat ’n probleem daarmee het. Hulle is moeg om te wroeg, hulle is moeg vir diedonker, hulle is moeg vir bagasie. Vandag bestaan daar keuses, anders as in Prinsloo setyd toe dit grootliks nie die geval was nie.

Die eksperimentele spel tussen feit en fiksie, metatekstualiteit en dokumentêrerealisme is aspekte waarvoor Prinsloo bekend is. Binne die konteks van die elektro-niese era word die onderskeid tussen feit en fiksie binne virtuele gemeenskappetotaal opgehef, hiperrealisme is die norm, reëls aangaande outeurskap, oorspronklik-heid, privaatheid en ander etiese oorwegings word daagliks hersien, anonimiteitword in sy geheel geherdefinieer en hiperteksualiteit is ’n aanvaarbare lees- en skryf-strategie. ’n Jonger skrywer kan vandag van allerlei dinamiese tegnieke en metodesgebruik maak om op ’n ingrypende wyse Prinsloo af te lê en te parodieer as ’n skrywerbehorende tot ’n ouer tradisie. Dat dieselfde met hom kon gebeur, is iets waarmeePrinsloo waarskynlik nie rekening gehou het in sy ontmaskering van Hennie Au-camp in “A Portrait of the Artist” nie. Waarom sal ’n jonger generasie skrywers enlesers hoegenaamd nog Prinsloo se werk as voorbeeld van literêre vernuwing ge-bruik? Waarom sou hul hulself beroep op Prinsloo se eksperimentele ondermyningvan die grense tussen feit en fiksie, as hulself daagliks virtuele lewens lééf?

Wat sou jong en ge-ontsensiteerde lesers vandag met ’n verhaal soos“Slagplaas”maak? Sou hulle hoegenaamd geskok wees? Sou hulle hierdie uitlewing van seksua-liteit hoegenaamd begryp? Of sou hulle dink: waarom al die selfdestruktiwiteit? Isseks nie veronderstel om fun én safe te wees nie? Hoe sou jong manlike lesers verhalesoos “Grensverhaal” en “Die hemel help ons” interpreteer? Die meeste van hulle hetnie ’n idee wat woorde soos “burgermageenheid”, “oproepinstruksies” en die “Wetop Amptelike Geheime, 1956” beteken nie.

Beteken dit alles dat Prinsloo sy relevansie vir ’n jonger geslag verloor het? Betekendit dat ek sy bydrae wil ontken? Hoegenaamd nie, dit sou ’n kwade dag wees as ditsou gebeur, maar dit is myns insiens nodig om sy bydrae te herdefinieer. Waarom sou

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM226

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 227

Prinsloo steeds relevant kon wees vir ’n jonger geslag? Prinsloo het op onthutsendeen brutaal eerlike wyse die skadukant van menswees ten opsigte van familieverhou-dings, seksuele verhoudings en magsverhoudings blootgelê. Die skadukant van diemenslike kondisie en magsmisbruik is nie tot ’n bepaalde tyd of plek beperk nie. Alwat verander, is die gesig en nie die essensie daarvan nie. Prinsloo se werk biedbelangrike insigte in die sosiopolitiese en literêre landskap van die 1970’s en 1980’s.Prinsloo is seker een van die belangrike eksponente van literêre vernuwing gedurendedie 1980s. Hierdie aspek van sy werk kan jonger lesers belangrike insigte gee in dieaard van eksperimentele prosa in Afrikaans veral as dit met voorafgaande en huidigetradisies vergelyk word.

Vir my bly Prinsloo se kompromislose en rebelse aard (betreffende sy persoonlikelewe en skryfwerk) sy uitstaande en blywende bydrae. Sy verhale besit ’n eerlikheiden persoonlike integriteit wat min skrywers hom kan nadoen. Jonger lesers, skrywersen navorsers kan sy werk as aanknopingspunt gebruik om vir ’n slag uit hul virtuelegemaksones geruk te word.

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM227

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009228

Nag op ’n kaal plein.Dolf van Niekerk. 2006. Kaapstad: Human& Rousseau. 32 pp. ISBN: 978-0-7981-4713-2.

Vir die meeste lesers is Dolf van Niekerk waar-skynlik as prosaskrywer bekend: studentevan die Afrikaanse letterkunde verbind homheel moontlik met die novelle Die son struikel(1961), terwyl skoolkinders dalk eerder ver-troud is met Skrik kom huis toe (1968) en Diehaasvanger (1985). Van Niekerk is egter ookdie skrywer van drie digbundels: Karoosange(1975), Dubbelster (1996) en Nag op ’n kaal plein(2006). Laasgenoemde bundel is ’n poëtieseverwerking van die skrywer se jeugjare opEdenburg in die Vrystaat en het ontstaan toedie skrywer na baie jare weer sy tuisdorpbesoek het. Oor sy inspirasie vir die bundelsê Van Niekerk self: “[D]aardie nag toe ek opdie kaal plein onder die maan staan, begin ditrondom my lewe, is dit asof almal wat lankaldood en weg is, na my toe terugkom”. Nag op’n kaal plein is inderdaad ’n woordgalery vangestorwenes én sterwendes: bekommerdeboere, bedroefde geliefdes; ’n kleremaker,winkelier, skoolmeester, orrelis, kunstenaar,predikant en skrywer. Anders as die outobio-grafiese vertellings in Die aarde waarop ek loop(2003), het die meeste van dié “portrette” hulleegter in digvorm aan Van Niekerk opge-dwing.

Nag op ’n kaal plein bestaan uit 26 genom-merde verse wat tot só ’n mate tematies bymekaar aansluit en met mekaar oorvleuel,dat hulle ook aaneenlopend gelees kan wordas ’n enkele gedig met 26 ongeveer ewe langafdelings. Die “(k)aal plein onder die maan”van die eerste gedig word byvoorbeeld ingedig 2 ’n plein wat “wemel van kinders”. Ingedig 4 soek die vrou in die lang wit rok – “isdit haar trourok of haar doodsgewaad?” –juis “tussen dié malende kinders rond”. Dieverdriet van die ‘blommevrou’ wat nie weetwaar “haar byna-man se beendere lê” nie entot aan “die einde […] Marlene Dietrich se

blommelied” hoor (gedig 5), vind ’n weer-klank in dodemars wat die orrelis vir haargestorwe beminde in gedig 6 speel. Gedig 11eindig met “[…] Maar sy plek / is leeg en syvrou is leeg en uiteindelik / is almal se skoeneuitgetrek”. By wyse van ’n semanties vernuf-tige variasie begin gedig 12 met: “Voor ’n voet’n nuwe spoor kan laat…”. In gedig 13 sowelas in gedig 14 word ’n hunkering na dieontwykende (ge)liefde eers uit ’n vroulike endan uit ’n manlike perspektief verwoord. Diepredikant [“die groot voël uit die pastorie”]wat in gedig 23 met ’n uil in verband gebringword, se gebed word in gedig 24 verbatimweergegee. In gedig 25 word die versugtinguitgespreek dat woorde “liggaam kry” en diedigter “[…] van alle dwang / en wil tot skryfbevry”, terwyl “hierdie woorde” in gedig 26(die slotgedig) juis die “vlerke” (dus die lig-gaam) van die spreker se gedagtes en geesword.

Die bundel is gestruktureer rondom ’naantal binêre opposisies wat in ’n toestandvan spanning eerder as konfrontasie metmekaar verkeer, byvoorbeeld donker – lig;dag – nag; oud – jonk; lewe – dood; teen-woordigheid – afwesigheid. Vanweë hierdiebifokale visie is die meeste verse gestroopvan die hinderlike patos en sentimentaliteitwat poëtiese memoirs soos dié dikwels kort-wiek. Meeste verse is vloeiend en word oor-heers deur ’n elegiese inslag. Verlies, onop-geloste verdriet, verganklikheid, liggaamlikeagteruitgang, ontnugtering en eensaamheidstaan voorop. Cloete (2006: 17) noem dit tereg“verganklikheidsverse” aan die hand waarvandaar teruggekyk word “in die gestolde wêreldvan ’n jeug” (5) met die doel om juis aan diehand van dié jeugervarings weer vooruit tekyk na die naderende dood. Só buig diekinderlyfies wat op die plein bondeltjie maak“soos skape in ’n reën” grafwaarts […] / na dierus van onskuld en vergetelheid” (gedig 2) (mykursivering); die draers van die kleremakerse klere (gedig 3) is nie meer net “ouderlinge

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM228

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 229

en diakens, / fyn vroue en boere, soldate enmenere” nie, maar almal wat “wag om gekleete word vir die nag wat kom” (7); die soekendevrou in gedig 4 se trourok word ’n “doodsge-waad” (8); die skoenmaker wat in gedig 11 syysterlees, hamers, vingerhoed en houtvoetesoek, besef opeens met ’n skok: “[…] sy plek/ is leeg en sy vrou is leeg en uiteindelik / isalmal se skoene uitgeskop” (15); terwyl dieminnaars in gedig 16 se hande en arms uitein-delik stil raak, “weerloos teen die weerloos-heid” (20) Die bundel is dus beide ’n bestekop-name van ’n lewe en ’n voorbereiding op dieeinde; ’n afskeid waarin die grens tussen leween dood toenemend wasig raak:26[…] ek het nie vergeet;ek twis nog met die skielikheid,die stompheid van jou gaan – die afwesigheidwat groet en woorde half verbied […] (30)

Die skielike en onbevredigende afskeid watdie spreker van sy geliefde moet neem, wordgeëggo deur talle skimmige gestaltes wat ookworstel om afskeid te neem of om hulle bydie dood van dierbares te berus: ’n ongehudemoeder wat vrugteloos tussen die kinders nahaar seuntjie soek; die blommevrou wat “ver-niet soos elke dag / met blomme in haar hand”op haar byna-man se tuiskoms wag; die or-relis se dodemars vir haar beminde; die manwat by sy vrou se graf vra “wat hy moet maak/ met hul dogter wat ryp en elke maand / alrusteloser in haar klere raak”; en die vrouwat op haar wittebrood haar man in ’n trein-ongeluk verloor:21[…]Dit was nog wittebrood, God –op watter van die duisend plekkekan ek dié blom vir hom neerlê, waar kan ek rou?Of moet ek al die sewejaartjies eenmaalhier kom strooi dat ek net elke sewe jaarsal sterf soos nou? (25)

Dié bewustheid van die mens se nietigheid indie aangesig van die dood, blyk ook duidelikuit talle gedigte waarin daar besin word oordie ligaamlike broos- en uitgelewerdheid vandie mens. In gedig 3 word die kleremakerbyvoorbeeld ’n slagoffer van sy lewenstaak:[…]Want kryt verpoeier mettertyden saam met lapstof pak dit in die borskas saam;die longe droog langsaam uit,die lyf teer op homselfen as die laaste lugsel verhard,die asem vlak in die lugpyp lê,gee die brein ’n teken vir die hart. (7)

In gedig 10 spreek ’n terminaal verswakteboer die versugting uit om nog een jaar lankdie skeiding van seisoene en die oorgange indie natuur te bestudeer, want[…] as hy dié oomblikke soos skapein ’n kraal kan jaag – elke antwoordsoos sy skape ken – sal hy dalk verstaanhoe die groeisel in sy ingewande vreet,sy lyf so kwaad kon worddat hy hom teen homself kon keeren die lewe stelselmatig sel vir sel verteer. (14)

En in gedig 18 hardloop ’n ontstelde seunkaalvoet deur die klipperige stofstrate, wegvan sy ouerhuis[…] waar sy babasusterstil en gloeiend in haar koorsbed lê –tot sy voete die ritme van sy gedagtes vind:[…] “Jesus min my,praat tog met die dokter, God;Jesus min my salig lot.” (22)

Die oorheersende gedagte is dikwels dié vaneensaamheid. Die insig van die boerseun watin gedig 20 na sy pa se beeste soek – “[…]daar is nie raaisel / of begin of einde nie maaralles loop aaneen / en in die die lewe en die dood/ is elkeen uiteindelik alleen” (24) (my kursive-ring) – dien as inspirasie vir van die mooiste

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM229

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009230

gedigte (en hier verraai ek my persoonlikevoorkeur) in die bundel, soos byvoorbeelddie gedig waarin ’n jong wewenaar die grafvan sy vrou besoek vir raad met hul onrustigetienerdogter:9[…] Met sy hoedin die hand vra hy wat hy moet maakmet hul dogter wat ryp en elke maandal rusteloser in haar klere raak;soek antwoorde in die vyelaanlangs die watervoor en tussen sy skaapin die gannavlei waar hy en sytien jaar lank gelê en bid hetom ’n kind te kry. (13)

Dan is daar ook die vers waarin ’n bejaardevrou haar werf, haar “strokie sand”, met be-sem en hark en vee voordat sy haar huis bin-negaan:12[…]Sy sluit haar deur, kom tuis in dieskemerstilte wat nooit deur kind of kraaiverbreek is nie; omring van haar geskiedenisen die jare van haar tydwat sy met hekelnaald en garein stringetjies en ogies vangtot patrone van genoegsaamheid. (16)

In ’n sekere sin is dit ook wat Dolf van Niekerkin dié bundel doen: hy temper die verlies,verdriet en verganklikheid deur dit in(woord)stringetjies en ogies te vang “tot pa-trone van genoegsaamheid”.

In Nag op ’n kaal plein word daar nie netteruggedink aan die verlede en vooruitge-dink aan die dood nie, daar word ook indrin-gend nagedink oor die aard en rol van diegeheue. Die (bejaarde/ouerwordende) ek-spreker – vergelyk veral gedig 2 en 26 – wendverskeie pogings aan om die wêreld van syjeug in die geheue, maar ook in tyd en in taal,vas te vang. Aan die een kant is dit byna asofhy suggereer dat die verlede in die tyd gestol

is en gevolglik letterlik iewers bestaan – ’nwêreld wat nie uitgelewer is aan die verby-gaan van tyd nie, daarom dat “selfs vergank-likheid vergaan” (5). Tog laat hy blyk dat toe-gang tot hierdie jeugwêreld problematies is:1[…] bleek lig skyn by skrefies in,dit lewe ’n oomblik en sakin die duister terug. Donker is al ligin dié gestolde wêreld van ’n jeug […] (5)

2[…] hy glydeur al die krake van die nagmaar keer met leë hande terug […] (6)

Aan die ander kant is hy hom pynlik daarvanbewus dat “dié gestolde wêreld van ’n jeug”slegs in die geheue bestaan. Dat dit herinne-ringe aan verbygegane dinge is: “Die plein we-mel van kinders, / almal is grys, deursigtig totin / hul verlede…” (6); “daar is niks wat pas virskouer en heup en been / van lywe wat maarskimme was” (7) en “Ou orrelklanke syfer uitdie kerkgebou, / rookgeskrewe tekens van psalmsen gesange / wat verstrengel raak met die stof/ van herinneringe” (10) (my kursivering).

Enersyds is daar dus die poging om ietsvan die verlede te verewig: “Hy wou viroulaas weer probeer / om die oomblik vas tevang:” (14). Andersyds die bewustheid datniks vasgevang of verewig kan word nie,maar dat die tyd onverbiddelik en onomkeer-baar verbygaan. Dat alles uiteindelik maar“stof” (en dan boonop die “stof van herinne-ringe”) is:1[…] Die nag is stof,die vlerkklap van vlermuisejaag dit op, die maan word goudin ’n werwelwind; die stof sifneer in die vorm van gestorwenes. (5)

Tog het die digter-spreker slegs taal om ge-stalte te gee aan die wêreld van sy jeug en

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM230

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 231

aan die figure wat hierdie wêreld bewoonhet. Maar taal is onvolledig en ontoereikend,omdat dit ervarings wat buite taal lê, inwoorde (dus in taal) probeer vasvat. In gedig15 wil die kunstenaar ’n spesifieke vrou sewese in houtskool vaslê, maar wonder hui-werend:Hoe vang hy die inhoud van haar oë vas,die lyne van haar mond watopwaarts in die hoeke vou?Want tussen kyk en woordsal hy haar wese vind, lê die waarheidvan haar siel […]” (19) (my kursivering)

Van Niekerk is duidelik bewus van die on-mag van taal om “die […] wêreld van ’n jeug”op papier te laat stol. Op bedrewe wyse maakhy juis van dié onvermoë treffende poësie:25Hy weet nie meer hoe lank die vel papierso blanko voor hom lê;die woorde in sy kop kry nie vorm nieen die brein se boodskap aan sy hand bly uit.[…]Hy draai die bladsy om –los woorde gly op die tafelblad;hy keer hulle aan, rangskik lukraakmaar als bly sinloos; hy vervloek die onmagvan sy verbeelding en verstand:waar moet hy soek na die gestaltevan sy liefde, die omtrek van sy smart;waarmee teken hy sy soeke na God,sy vrees vir die nag van niks? […] (29)

Die bekoring van Nag op ’n kaal plein is veralgeleë in die bedrieglike eenvoud van die taalen beelding in dié kort bundel. As aan-grypende besinning oor “die misterie van dielewe / en die wonder van die dood”, verteen-woordig dit ’n hoogtepunt in Van Niekerk seoeuvre.

Thys HumanUniversiteit van Johannesburg,Johannesburg

Geskrifte van ’n vermiste digter.Henk Rall. Pretoria: Protea Boekhuis. 2008.156 pp. ISBN: 978-1-86919-187-0.

Henk Rall, een van die minder bekende Ses-tigers, het tussen 1966 en 1982 vyf digbun-dels die lig laat sien. Met sy kortverhale, waar-onder die meermaals gebloemleeste “Ombamuungu”, het hy groter bekendheid verwerf.Twee romans uit sy pen het ook al verskyn.

Rall het ’n gebeurtenisryke lewe gelei asjagter, reisiger en mediese navorser, sodat hylang tye buite Suid-Afrika woonagtig was.Anders as in sy vorige bundels vind relatiefmin hiervan neerslag in Geskrifte van ’n ver-miste digter (voortaan tot Geskrifte afgekort).Met hierdie bundel keer hy, na ’n digterlikeswye van ’n kwarteeu, as ’t ware eerder terugna die kontrei van sy vorming as mens, naam-lik die Noord-Kaap.

Dit gebeur veral in die openingsafdeling,“Onthou”, en in die vierde afdeling, waarvan“Uitsê” die titel is en waarin veral sosiaal-poli-ties betrokke en religieuse verse voorkom.In laasgenoemde afdeling klink (fasette van)Noordwestelike Afrikaans, ook al breedwegas Oranjerivier-Afrikans bestempel, meeropvallend op, sodat die outentiekheid en in-timiteit van die segging vergroot word.

’n Kennelike liefde vir die bepaalde kon-trei, sy gestroopte aard, sy menstipes en hulkenmerkende tongval, is iets wat Rall deelmet onder meer die Van Wyk Louw vanNuwe verse, met S. J. Pretorius en Boerneef,en uit meer onlangse tye met Donald Riekerten George Weideman – selfs ook met Hansdu Plessis, Thomas Deacon en Euodia Engels,hoewel hy nie laasgenoemde drie se ver ge-voerde nabootsings van Griekwa-Afrikaansbenut nie. ’n Gedig soos “Skawagters” herin-ner voorts aan D. J. Opperman se gewilde“Kersliedjie”.

Daar is ook nog afdelings waarin oor kuns,die kreatiewe proses en digterskap besinword (afdeling 2, “Skep”), waarin die liefde

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM231

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009232

en die erotiek as temas oorheers (afdeling 3,“Liefhê”) en, ten slotte, waarin gekyk word“‘op ’n leeftyd en die doderyk’ en na geloofteen die agtergrond van wetenskaplike ken-nis” (soos in die uitgewersbrief oor die afde-ling “Besin” verduidelik word).

’n Ekologiese bewustheid, asook ’n nietig-heidsbesef wat in sowel kosmiese en ewolu-sionistiese as religieuse terme beleef word,val voorts op in die slotafdeling:Meteoriet

Onder ’n kranslipin ’n dro’ pan se kring,tussen klipen brosdoring;

op ’n plekwaar stiltes dúúren ’n sonvlekdie middaguur

besit; in fel,geskokte lighet eens heluit die lug

geval (vuur-van-klip gebrandmet suur-stof) ín glasige sand

in – waar na miljardeeeue iemandin sy later jareself met vure brand.

Verreweg die opvallendste faset van Geskrifteis egter die vormgewing van die gedigte, soosal uit die aangehaalde vers behoort te blyk.Anders as wat meestal die geval was in Rall sevorige bundels, is dit naamlik vaste(r) vorme,soos die sonnet en gedigte in paarrymendedistigons en in (veral kruisrymende) kwa-tryne, wat oorheers.

In verse oor die karige omgewing van diedroë Noordweste dra sulke vaste vorme byom die strakheid van daardie wêreld te sug-gereer – en word die suggestie nog sterkergemaak deurdat die versreëllengtes meestalkort gehou word en deurdat die strofes seldedie kwatrynlengte oorskry, soos in die gedighierbo. Soms verswyg die digter ook nog die“ek” as subjek van die sin om die indruk vanonpersoonlike gestrooptheid te versterk.Vergelyk in hierdie verband die volgende ge-dig:Verbeelding

Op ’n middagop my rug

die lugbesigtig

waar beeldeen figure

soos in ’n droomverbystroom

in ’n stoetmagiese speelgoed

met bokant allesin die cirrus

’n aartsengel seveerwolkvlerke.

Waar die (Noordwestelike) spreektaal opval-lend gemaak word, of woordspel op die voor-grond tree, bereik dit in samehang met dievormvastheid meermale ’n speelse en vernuf-tige kwaliteit wat aantreklik is. Gedigte soos“Coq au vin” en “Noag” is voorbeelde hiervan.

In die meeste gedigte in Geskrifte skep Rallegter ’n haglike tipografiese spanning deurdie opmerklike wyses waarop hy enersydseindrympatrone handhaaf (selfs, soos hierbo

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM232

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 233

gesien kan word, deur woordsamestellingste ontheg), andersyds juis daardie patronelaat vervaag deur half- of swakryme (waarbyvoorbeeld beklemtoonde en onbeklem-toonde lettergrepe rym) te benut. Dié span-ning is ook sterk voelbaar in die wyse waaropsekere vastighede van byvoorbeeld dieItaliaanse sonnet volgehou, maar anderklassieke kenmerke van dié vorm, byvoor-beeld metriese en versboureëlmatighede, indie wind geslaan word.

Soms is daar ’n goeie saak uit te maak datderglike tipografiese spanningskepping funk-sioneel is (byvoorbeeld as medesuggestiefvan die “stil, verhewe lig” wat terselfdertyd“vervlietend sypel” in “Monet”; of van die“steierende stoei” en “heup-ontwrigteworsteling” in “Gauguin”; of van die “skoon-gewerkte marmer” na die “droom se end”toe in “Camille Claudel”). In te veel gevallelyk dit egter na rym ter wille van die rym enna vorm ter wille van die vorm. Rym- envormdwang dus.

Na my mening werk die vorm(oor)be-wustheid dikwels stremmend in met betrek-king tot die emosionele en hartstogtelikemeegesleurdheid waarvan getuig word in diegedigte van die afdeling “Liefhê”. Die vorm-dwang vererger ook die effense komieklik-heid van sekere beelde en uitdrukkings inliefdesverse soos “Liedesroos”, “Portret” (“hoemooi / jou intrige-in-rooi”), “Sirkusperd” (“ommy oorstelpte hart / jou liefdesles te leer vanry-my-hard”) “Misére” en “Somerster”.

Daar is trouens so ’n opvallende neigingna half- en swakeindryme in baie van die ge-digte dat ’n mens wonder waarom die digterdan die versbou (soms ook die sinsbou) opdaardie en ander plekke wil “dwing” om togdie rympatroon te gehoorsaam.

Tog, in ’n gedig soos “Hemingway” dradie spanning tussen rymdwang en rym-struikeling weer substansieel by om dieAmerikaanse skrywer se berugte “geswaaid-heid” te suggereer!

In Havanase Floridita

het Hemingway,al goed geswaai,

verontwaardig gesêhy kén geleerde

woordewat vir letterkunde

nie geskikis, of onvoorwaardelik

prosa sou laatleef in die maat

waartoe synesou nie, wat met klein

woorde gemaak is –en toe daiquiri’s

vir almalbestel.

’n Keer of wat wou die vooropgeplaaste tipo-grafiese spel, wat in die frekwente benuttingvan woordafkappings aan ortografiese eks-perimentering grens, my verlangs aan dieAmerikaner e.e. cummings se werk herinner.Ek bemerk egter nie in Geskrifte tekens van ’nsoortgelyke radikale uitdaging van die vers-kunstradisie op stilistiese en vormlike vlaksoos by cummings nie. Trouens, die indrukwat ek oorhou, is eerder van ’n ietwat angs-vallige en dikwels onhandige poging om aan-sluiting daarby te soek – om die “fragile wo-ven gold” te vind waarvan die titel van diebandskildery (uit die hand van Lynette tenKrooden) gewag maak. Of sou ’n mens bywat Rall doen moet dink aan minimalistieseverskuns? Daarvoor kom die minimalistiese

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM233

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009234

tekens egter te toevallig en inkonsekwentvoor, en getuig die beeldspraak in Geskriftebyvoorbeeld nie van die geometriese vorm-bewustheid van die minimaliste nie.

Op die keper beskou is Rall se sesde dig-bundel, hoewel nie sonder mankemente nie,’n nogal boeiende een. Die mooi bandontwerpgetuig van die geneentheid jeens dié lank “ver-miste” digter by die uitgewer – ’n geneent-heid wat ook spreek uit die ongewoonheiddat twee gedigte deur die uitgewer self diebundel open en sluit. ’n Mens het waarderingvir die wyse waarop ’n minder bekende vete-raan van die Afrikaanse digkuns op hierdiewyse gehuldig én sy oeuvre versterk word.

Bernard OdendaalUniversiteit van die Vrystaat,Bloemfontein

Ander lewens. ’n Roman in drie dele.André P. Brink. 2007. Kaapstad, Pretoria:Human & Rousseau. 264 pp.ISBN: 978-0-7981-4958-9.

André P. Brink se nuwe roman, Ander Lewens:’n Roman in drie dele, kan met die eerste lees bydie leser die gevoel laat van een lang cliché: ’nherhaling van sy vorige verhale, karakters,temas, eksplisiete seks, begeertes, politiekeverset en die belangrikheid van stories. By dietweede lees begin ’n mens anders reageer.

Die verhaalgegewe in die drie verhale ofnovelles sluit al drie aan by ander, parallellewêrelde, selfs onwaarskynlike droomwêrel-de wat naas ’n werklikheid in die teks geplaasword sodat karakters kan voel hulle is in “’nander, alternatiewe dimensie, waar jy nooitweer by jou vertroude wêreld kan uitkomnie” (193). Die drie mansvertellers is al driekunstenaars: skilder, argitek en pianis. Da-vid, in die eerste teks: “Die blou deur”, ervaardie onwerklike, alternatiewe nuwe bestaan

saam met ’n vreemde vrou (Sarah), ’n bruinvrou, en twee kinders agter die blou deurteenoor die werklikheid van sy “vroeëre”bestaan met Embeth, ook ’n bruin vrou metwie hy nie kans gesien het om te trou nie, enLydia. Hy kan egter die woonstel waarin hyen Lydia woon nie weer vind nie en niemandanders weet skynbaar van die bestaandaarvan nie. Daar is, terloops, interessanteooreenkomste tussen hierdie woonstel 1313(79), die verteller en woonstel 13A en 13B inBrink se kortverhaal “Dertien”. Hy moet aandie einde terugkeer na ’n bestaan in die“nuwe” huis agter die blou deur, wat teen dieeinde van die verhaal geel geverf is. Binne isegter wel ’n hele versameling foto’s watonder andere persone uit sy verlede en hedeuitstal. Asof in ’n droom het hy sy werklikhiedverloor en asof in ’n droom moet hy soos ’nvreemdeling ’n nuwe werklikheid binnestap.

In die tweede verhaal, “Spieël”, moet Steve,die argitek, een oggend in die spieël ontdekdat hy skielik swart is. Behalwe vir sy eieontsteltenis word die ervaring verder ver-vreemdend omdat slegs buitestanders soos diebergies en die au pair, Silke, hom as swart be-leef, terwyl sy eie gesin en kollegas niksvreemds aan hom opmerk nie. Teenoor diemelancholiese stemming van ’n verlore wêreldin die eerste verhaal, is hierdie teks egterbesonder driftig en aggressief in die beskry-wing en uitbeelding van die karakter se woedeen frustrasie. Dit word verwoord teenoor sykollegas, die bergies en ook op sy uiterste indie sekstoneel met Silke. Soos die eerste ver-haal word hierdie man ook ’n vreemdeling virhomself, maar hy staan spesifiek uitgesonderas die Ander vir albei groepe in die restauranttydens die rooftoneel. Die werklikheid wathom aan die einde konfronteer is dié van ’ngebreekte spieël (identiteit?): “Ek dink daar lêvir ons ’n paar jaar van teëspoed voor.”

Die derde verhaal, “Appasionata”, het De-rek, die pianis as verteller. Soos by die andertwee mans het ook hy die begeerte na meer as

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM234

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 235

een seksuele ervaring, maar dié keer loop hyhom vas in ’n medekunstenaar, die wêreldbe-roemde sangeres Nina Rousseau, wat nie opdaardie gebied met haar begeleier wil saam-speel nie. Die verhaal met onheilspellendevooruitwysings na geweld, moord en spokestuur onvermydelik af op ’n tragiese en drama-tiese einde in ’n ou familiehuis naby Tulbagh.

Hierdie drieledige roman vra egter ’nnoukeuriger lees, soos om die komplemente-ring van die een verhaal deur die ander na tegaan, mét die herhaling van clichés want diegeheim is “om al die regte clichés te leer ge-bruik” en die índruk van ’n goeie drama watsleg opgevoer is te skep of ’n film wat oor enoor speel, maar nie ’n goeie film is nie (93,117, 175). Dit is alles deel van ’n teks wat in-speel op homself, soos Opperman se “blik opblik op blik”: ’n mise en abyme met ’n verskei-denheid spieëlbeelde en -verwysings watskynbaar geen eindpunt het of wil hê nie.Maar dan moet die leser al die belangrikeverwysings opvolg, anders kan jy “’n baiewesenlike leidraad kwyt wees” (152).

Die ek-vertellers, die drie mans as skilder,argitek en pianis (en ook die vroue as kunste-naars in eie reg), verteenwoordig nie slegsdie wêreld van die kuns nie, maar ook diemens se soeke na identiteit. In hierdie soek-tog is die oorwinning van meer as begeerlikevrouens op die oog af vir die mans-vertellersbaie belangrik, maar die seksuele vervullingword ook ’n onvoltooide soektog wat somsna desillusie en selfs die dood lei. Lesers souself kon nagaan hoe hierdie gegewe aansluitby Calvino se metatekstuele roman: If on aWinter’s Night a Traveler, en Brink se bespre-king daarvan as uitbreiding oor die posisieen stryd van manlike en vroulike lesers vantekste in The Novel. Daar is genoeg interteks-tuele en metatekstuele verwysings in hierdieroman om so ’n ondersoek te regverdig.

Die tema van die interpretasie van ’n teksen tekste word myns insiens die duideliksteaangedui in die eerste verhaal se verwysing

na die fotogalery (67–71) waar hy elke keerwanneer hy die gallery besoek ander foto’stussen die bekendes raaksien, ander detaildaarin opmerk en sekere foto’s vermis, waarbaie van hierdie foto’s meer as een kant van ’nkomposisie beklemtoon en tog ’n eenheid skep.

Die vraag na identiteit is veral in die eerstetwee verhale opvallend: David wat oënskyn-lik sy lewe met ’n vreemde vrou en kindersmoet voortsit en Steve wat sy lewe as swartman moet herontdek en -interpreteer.

Sentraal in die roman is die spieël en spieël-beelde en daarmee gepaardgaande die paral-lelle gebeure, karakters en tematiese verwy-sings wat in al drie verhale voorkom. So word’n netwerk van interne intertekstuele verwy-sings geskep, wat mekaar vooruit en retro-spektief weerspieël. Die vervaging van grensetussen werklikheid en droom, groeperingein die samelewing, ruimtes en gebeure lei tot’n kringloop van onvoltooidheid, die een deurwat na die ander lei, ’n doolhof-ervaring bydie fokalisators en soms ook die leser. Dieonderlinge skakels tussen die drie verhalemaak interessante leesstof, maar kan ook leitot ’n herinterpretasie van die teks en intrige.’n Herbesinnning oor die verband tussen fik-sie en werklikheid word geïmpliseer en dieteks ondermyn voortdurend tradisionele sie-ninge oor die roman met ’n veelvoud vanstrategieë om ’n roman as “tromp-l’oeil” (113)en mise en abyme te skep.

Ander Lewens is ’n Brink-roman wat vlotlees met kenmerkende hebbelikhede soosenumerasies en parentetiese afwykings, maarook humor. Die roman ewenaar beslis niestilisties die gehalte van vorige romans soosBidsprinkaan en Duiwelskloof nie. Die losser stylen stereotipiese Brink-karakters dra by totdie aanvanklike reaksie van ’n teks vol oukennisse, maar daar is tog genoeg om oor tewonder en in te delf vir die nuuskierige leser.

Johan AnkerKaapse Skiereiland Universiteit virTegnologie, Wellington

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM235

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009236

Jasmyn.Pieter Fourie. 2008. Pretoria: ProteaBoekhuis. 67 pp. ISBN 978-1-86919-260-0.

Pieter Fourie, wat onder andere met die Hert-zogprys vir Drama in 2003 bekroon is, se jong-ste gepubliseerde drama Jasmyn (2008) sit ’nopvallende tema in dié oeuvre voort, maarherskryf dit ook. Dit is die voorstelling vanvroue wat in lewensituasies verkeer waarinhulle teenoor ’n patriarg of ’n vorm van pa-triargale magsuitoefening te staan kom.Waarskynlik die bekendste voorbeelde vanhierdie magsverhouding is Fourie se voor-stelling van ’n epileptiese Anna in Ek, Annavan Wyk (1986), of Anna Cronjé in Die kogge-laar (1988). Anna van Wyk word deur haarskoonvader, Senior, die kerk en die gemeen-skap tot ongewensde huweliksmaat en “teel-dier” gereduseer, met die gevolg dat haar plekdeur ’n “geskikte” plaasvervanger ingeneemword. Anna Cronjé moet vir haar man, Boet,’n nageslag verseker en daarom word sy indie veld gelaat sodat haar liggaam die ge-skikte temperatuur kan bereik om Boet sewens waar te maak.

Dat die hoofkarakter, Beulah, in Jasmyn(2008) nie by dieselfde magsverhoudings assommige vrouekarakters in Fourie se vroeëredramas betrokke is nie, word gou uit die han-delingsverloop duidelik. Anders as in die gevalvan die twee Anna’s is Beulah aanvanklik volselfvertroue en handhaaf, selfs domineer, syhaarself teenoor haar een-en-sewentigjarigepersoonlike stilis, Dennis. Dit geld ook vanhaar nuwe persoonlike assistent, Jerome, wiese posbetiteling Dennis “wyslik interpreteeras chauffeur, gourmet chef, lyfkneg en ka-telknaap” (8). Selfs baron Carlos, ’n vorigeminnaar, word in die vorm van ’n skilderytot stomme voyeur gereduseer, al erf sy vanhom veertig miljoen rand.

Beulah se voorstelling sluit by voorstel-lings aan van karakters in Fourie se dramaswat breedweg na 2000 gepubliseer is. ’n Voor-

beeld is Koggelmanderman (2003), waarin ’ntwee-en-sestigjarige boer met ’n uitgetredeballerina trou wat op die buurplaas kom boerhet. Die stuk begin met ’n konfrontasie tus-sen boer en koggelmander, maar dit word,soos in Jasmyn, gou duidelik dat die koggel-mander die boer se libido in ’n verhulde, sek-suele sin verteenwoordig (Van Rensburg2003: 11). Daarenteen is daar in Jasmyn eks-plisiet van libido in ’n seksuele betekenissprake. Waar die klem in Koggelmandermanop die manlike ervaring van libido val, valdie klem in Jasmyn op die vroulike ervaringdaarvan, soos wat dit onder andere uit dievroulike register in die dialoog blyk. Verge-lyk byvoorbeeld Beulah se kritiek op Jeromese “slap boudjies en daai linkerhangskouertjie”(10), of die slotgedeelte van die eerste bedryfwaarin sy hom doelbewus verlei (28–41).Hierdie verleiding is haar nakoming van diebaron se voorwaarde wat haar in staat stelom haar erflating te ontvang. Haar triomfan-telike uitroep aan die einde van die bedryf,“Eureka!” (41), is ’n aanduiding dat sy aan dievoorwaarde voldoen het.

Sy is egter soos die boer, Karel, in Koggel-manderman, ’n “has been”, “’n vervalle ouskoonheidsikoon” (vergelyk die flapteks), enbaron Carlos se erflating is slegs die moto-riese moment wat tot hierdie gevolgtrekkinglei. Sy ontvang die geld op voorwaarde datsy ’n minnaar werf wat minstens twintig jaarjonger as sy is en dat sy ’n verjongingspro-gram voltooi wat plastiese chirurgie, sielkun-dige berading, hormoonbehandeling en iden-titeitsmanipulasie, of die skep van ikoonsta-tus, insluit. Die skep van ikoonstatus moessaamhang met die internasionale vrystellingvan ’n skoonheidseep wat na haar vernoemsou word, naamlik Beulah Jasmine.

Beulah se insig in haar has been-status enhaar situasie breek slegs momenteel in dieslot deur in haar erkenning teenoor Dennisdat sy al vir drie maande lank blomme aanhaarself stuur asof dit van beroemde glans-

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM236

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 237

mense kom. Dit lei Dennis daartoe om op temerk: “Tyd is ’n bloedhond. Altyd op jouspoor. Niemand ontsnap hom nie.” (63) Om-dat sy die produk van identiteitsmanipulasieis, met ander woorde soos die jasmynblom-metjie van diamante, sonder enige geur (66-67), wat sy in die slot wil laat maak, kan sy,soos Lorca se karakter, Yerma, nie uit haartragiese, geïsoleerde lewensituasie ontsnapnie. Daar word onder andere op die slotbladsyna Lorca as interteks verwys.

Die dramateks se motto vang iets van hier-die tragiese eensaamheid vas. Dié woordekom uit die tweede deel (“Putting It Togeth-er”) van F. Scott Fitzgerald se opstelreeks ge-titel The Crack-Up wat in Maart 1936 in dieAmerikaanse tydskrif Esquire verskyn het(Fitzgerald 2008). Soos in die geval van Lorcase karakter, val die ooreenkomste tussen Fit-zgerald en Fourie se karakter Beulah op. Diemotto lui soos volg – die gedeelte wat in diegepubliseerde teks opgeneem is, word metbehulp van skuinsdruk aangedui:

But at three o’clock in the morning, a forgot-ten package has the same tragic importance asa death sentence, and the cure doesn’t work —and in a real dark night of the soul it is always threeo’clock in the morning, day after day. At that hourthe tendency is to refuse to face things as longas possible by retiring into an infantile dream— but one is continually startled out of this byvarious contacts with the world. One meetsthese occasions as quickly and carelessly as pos-sible and retires once more back into the dream,hoping that things will adjust themselves bysome great material or spiritual bonanza.

Beulah droom van ewige skoonheid; tewens,sy dink sy verteenwóórdig skoonheid. Haarmedespelers (Matrone en Dennis) wys haarop die onmoontlikheid van haar droom, maarhaar hubris is so groot dat sy geen teenstandduld nie. Aan Matrone sê sy: “Jammer? Kykna my. Sien jy iets wat jou jammer laat voel?Kyk na my!” (67)

Juis die wyse waarop die klem in die han-deling op skoonheid en die kyk- of sien-motiefval, kan as ’n vorm van kommentaar opskoonheid en roem of as metateoretiesekommentaar op die aard van die teks beskouword. Die “persone” wat aan Beulah blom-me “stuur”, bestaan in haar herinneringe enwas dus verganklik – ’n ironiese verganklik-heid, want sy probeer hulle tot lewe roep deurdie blomme aan haarself te stuur asof dit vanhulle af kom (63). Ook die gebruik van mas-kers in die teks (onder andere van Nefertiti)staan in diens van twee werklikhede: om dieou, vyf-en-sestigjarige Beulah se gesig vooren onmiddellik na haar operasie te versteeken, soos die voorstelling van ’n handeling op’n verhoog, die skoonheid van die toekoms-tige Beulah in die vooruitsig te stel. Ook dieverdubbeling van karaktername (Jerome/Danie, Beulah/Jasmine) dra tot ’n metateore-tiese interpretasie van twee werklikhede inteks en opvoering by.

So beskou, sluit Pieter Fourie se voorstel-ling van Beulah werklikheid en voorstelling,belewenis en droom, in alles gegarneer metdie waarskynlikheid van momentele selfin-sig by die hoofkarakter wanneer sy erkendat sy die blomme aan haarself gestuur het.Daardeur skep sy self die tragedie van ’n lewevan skoonheid, maar ’n lewe wat soos ’n jas-mynblommetjie van diamant ewig, hard enreukloos is.

Johan CoetserUniversiteit van Suid-Afrika, Pretoria

VerwysingsFitzgerald, F. Scott. 2008 [1936]. “Putting it

together”, tweede deel van The Crack-Up.Esquire, Maart. Aanlyn: <http://www.esquire.com /features/the-crack-up-2>.Toegang 11 Oktober 2008.

Van Rensburg, Cas. 2003. Drama koggelAkademie: ‘Koggelmanderman’ bevestigprysdilemma. Burger, 29 September:11.

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM237

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009238

byna liefde.Izak de Vries. 2008. Kaapstad: Tafelberg.285 pp. ISBN: 978-0-624-04684-4.

Soos die titel van hierdie bundel kortverhaleaandui, is die deurlopende tema daarvan dieliefde, veral die seksueel-erotiese manifesta-sies daarvan.

Reeds die eerste verhaal, “Die engelman”,fokus op die mens as liggaam, maar ook opsy behoefte aan geestelik-intellektuele kom-munikasie.

“Haar verlange”, wat nie veel meer as ‘nintrige-verhaal is nie, herinner vaagweg aanKoos Kombuis se Raka – die roman. Daar is dietwyfelende dominee en die seksuele los-bandigheid, in De Vries se verhaal ook vandie leraarsvrou.

“Naakstudies in Hogsback” fokus op roe-rende wyse op die menslike liggaam as bronvan sowel plesier as pyn en hartseer. Vir diekarakters is seks sonder die betrokkenheidvan die “siel” uiteindelik onbevredigend.

“Ek het hom liefgehad” fokus op boeiendewyse op die spanning wat kan bestaan tus-sen ‘n dogmatiese siening van wat God se wilis enersyds en die eg-menslike behoeftes vandie hart andersyds.

In “Ondergoed” wil die vrou die man terwille wees op godsdienstig-teologiese wyse,terwyl sy hom terselfdertyd ook wil tevredestel: ‘n verhaal vol humor en fyn ironie.

“Ars Poetica” is die eerste van ‘n reeks post-modernistiese tekste, waarin daar kommu-nikasie plaasvind tussen ‘n skrywer en sy ka-rakters. Dit handel dan ook oor die spanningtussen “geskiedenis” en “storie”.

Uiteindelik is die liefde die universele temavan uiteenlopende soorte verhale. “Die sag-kant van ‘n vrou” het ‘n skrywer as sentralekarakter. Dit fokus o. a. op die vrou as ‘n soort“handelsartikel” binne ‘n liefdelose huwelik.En tog, binne die erotiek as suiwer “spel”ervaar die verteller ook verliefdheid en vriend-skap.

“Los kruit” is ‘n eietydse manifestasie vandie kortkortverhaal. Dit handel oor ‘n kun-stenaar wat betrokke is by ‘n onbevredigendeliefdes-(seksuele) verhouding. Die liefde laathom dit egter verduur, en hy kompenseervia ‘n kunswerk vir sy gevoel van onvervuld-heid en van ‘n gebrek aan identiteit.

Ook “Na aanleiding van ‘n soen vir Twom-bly” is ‘n kortkortverhaal. In hierdie uitste-kende kunsteoretiese teks word vervreem-ding teengestel aan outomatisering of gewen-ning. Die vanselfsprekende word ongewoon(en daardeur soveel insigteliker) gemaak.

“’n Poelpetaterpastei” fokus op die post-modernistiese beskouing van die problema-tiese daarvan om die geskiedenis te kan ken.Ons kry hier ‘n boeiende spel met die ver-houding tussen “feit” en “fiksie”. Die motiefvan die onselfsugtige liefde word verteen-woordig deur Jotie se meisie en Mariet se stief-pa.

“Om ‘n sekretarisvoël lief te kry” – ‘n soorteietydse Afrika-sprokie – handel oor die vrouas gevangene binne ‘n tradisionele opset. Diesekretarisvoël, wysgeer van die liefde, groeiuit tot ‘n toonbeeld van opregte liefde.

“Diepblou” is ‘n bietjies te veel geskryf indie toonaard van die populêre tydskrifver-haal. Die intrige daarvan berus op die iro-niese situasie van twee karakters wat albei in‘n onbevredigende huweliksverhouding vas-gevang is se seksuele aangetrokkenheid totmekaar.

“Die Ilda Haupt” het “Ek het hom liefge-had” as interteks. Die leser leer die binnewêreldken van ‘n karakter wat in die interteks slegsvan buite gesien word. Die spitsvondige wysewaarop die ingenieursmetafoor ontgin worden die verrassende slot is van die goeie struk-turele eienskappe van hierdie verhaal.

“Die groot skoenlapper” is ‘n uitstekendgeskrewe kortkortverhaal oor die spanningtussen droom en werklikheid en die tegnolo-gie as bron van sublieme skoonheid.

“G5” is ‘n hartverwarmende verhaal oor

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM238

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 239

menslike versoening. Die bosoorlog wordherspeel met swart en wit aan dieselfde kant.Ook blanke opponente van die verlede “veg”nou saam. So word die konkurrent uiteinde-lik as medemens gesien.

“Daai een met die tieties” is ‘n monologieseverhaal oor vrouebevryding. Dit handel oorvroue wat hulle liggame moet verkoop binne‘n manlik-chauvinistiese opset. Fyn humorword geskep deur die spanning tussen dietoonaard van die verhaal en die inhoud.

In “Transgressie” voer die “skrywer” vandie verhale in byna liefde op postmodernistiesewyse ‘n gesprek met van die karakters oordie maak van ‘n fliek met sommige van dieander karakters daarin. Dit fokus op die sek-suele verhouding tussen ‘n manlike karakteren sy voormalige vriend wat ‘n geslagsveran-dering ondergaan het.

In “Die selibaatdokter” word ‘n spirituelegegewe gejukstaponeer met die erotiese.Xolani se opregte, nederige Christenliefdetransendeer uiteindelik die erotiese.

“Once threw a party” opereer ook met ‘nboeiende oorgang tussen verskillende be-staansdimensies. Binne die verhaalruimteword die mees vergesogte droom bewaar-heid. Dit handel basies oor ‘n homoseksueleverhouding tussen ‘n onderwyser van diemoordenaarskaroo en ‘n karakter wat as ElvisPresley poseer.

In “Bernard moet leer dans” ontmoet ons‘n Afrikanergesin waarvan die gay eggenoteen die heteroseksuele eggenoot elkeen ‘nminnares het, alles tot groot plesier van dieegpaar se tienerdogter. Ook hier kry ons diemotief van seks sonder “siel” as iets vernede-rends.

Ook “Mylpale” is ‘n kortkortverhaal. Dieverteller “ontsnap” uit ‘n erotiese strik wat ‘nvyftienjarige meisie vir hom stel. Ons vindhier ‘n toekeer tot die “outydse” gesinsver-houdinge van eggenoot en vader.

Die slotverhaal, “Byna liefde”, handel oor‘n byeenkoms van sommige van die karak-

ters met die skrywer. Die karakters dui aandat die bundel oor die liefde in “soveel fas-sette” handel. Vishanti voel dat daar nie aan‘n afgehandelde storie gepeuter moet wordnie. Debbie voel afgejak deur die skrywer sehantering van die erotiese wisselwerking.Omdat sy ‘n gevangene is binne die staat vanonbevredigde seksualiteit moet die verhaleagter die stories dus voortgaan. ‘n Boeiendemetafiksionele teks.

Hierdie veelfasettige bundel is die moeitewerd om te lees.

M. J. PrinsProfessor-emeritusUniversiteit van Fort Hare, Alice

Die dag toe ek my hare losgemaak het.Willemien Brümmer. 2008. Kaapstad:Human & Rousseau. 144 pp.ISBN: 978-0-7981-4980-8.

Die gesoute joernalis Willemien Brümmer seprosadebuut is ’n unieke en boeiende ver-sameling kortverhale. Eerder as ’n lossegroepering van tekste, is dié ’n deurgekom-poneerde bundel waar elke verhaal dieselfdehoofkarakter het – Mia Ragel Albertyn – watin verskillende lewensfases haar verskyningmaak. Gevolglik kan die bundel byna as ’nsoort “mini-roman” gelees word, veral om-dat die verhale chronologies op mekaar volg,beginnende by Mia se twaalfde verjaardag.Tog bly dit ’n kortverhaalbundel en die ver-hale staan ook beslis op hul eie. Elke verhaalvorm ’n afsonderlike eenheid, maar die ver-hale bou ook op mekaar voort en elke ver-haal verkry bykomende betekenis deur dieverhale waardeur dit omring word.

In die titelverhaal, byvoorbeeld, speel dieruimte van die Karooplaas – ’n belangrikefaset van Mia se kinderjare – kragtig in op diehede en haar verhouding met Mario, die fo-

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM239

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009240

tograaf. “Toe ek klein was, het ek gedroomvan ’n dogtertjie wat deur ’n jakkals beet-gekry is. Haar hare het nooit weer terugge-groei nie. Haar kop was kaal en bleek, haaroë sonder kleur. [...] Soggens het sy opge-gooi.” In die verhaal “Free-range whole bird”is Mia die een wat elke oggend moet opgooi.Die verhaal is dus ’n saamtrekking van ver-skillende temas en motiewe in die bundel,asook van verskillende distansiëringsteg-nieke waardeur Mia haarself verken. Die ka-rooplaas is die setel van haar kleintydvresevir jakkalse, maar ook die plek van haar eersteseksuele bewuswording (vergelyk die ver-haal “Het jou!”). Ook die titelverhaal handeluiteindelik oor ’n tipe seksuele oorgangsritewat aanvanklik skrikwekkend maar uitein-delik bemagtigend is.

Nie al die verhale is so diggeweef soos “Diedag toe ek my hare losgemaak het” nie, maarveral “Het jou!”, “Free-range whole bird”,“Kunstenaars” en “Skerwe” maak ’n sterk in-druk. In laasgenoemde verhaal weerklink dieontstellende vraag wat ’n minnaar, Philip, in“Die dag toe Toorvoet stil geword het” aanMia stel: “Was jou hele familie versteurd?”(82) Dit is die vraag wat Mia in “Skerwe”, wat’n keerpunt in die bundel vorm, op kliniesewyse moet konfronteer. In die slotverhaal vandie bundel word die tema van oorerwinguiteindelik in ’n positiewe lig geplaas met dieaanhaling uit Goethe se Faust: “Wat jy van jouvadere geërf het: verdien dit self om dit tebesit” (138). Waar dit op ’n stadium in die bun-del lyk of Mia verder en verder spiraal in dieonkeerbare oorsaak-en-gevolg van familie-en gesinslede se persoonlikhede en pro-bleme, en eie traumatiese kindertydervarings(vergelyk die voorlaaste verhaal, “The per-sistence of memory”), gee hierdie laaste ver-haal aan haar die mag om lewegewende bes-luite oor haarself en haar eie kind te maak.

Daar is ’n donker kant aan Mia se soektogna selfkennis en -begrip, ’n soektog watvoortdurend uitspeel in haar konfrontasie

met haar voorouers – dié wat al lankal oorledeis, soos die ouma wie se naam sy dra – maarook veral haar ma en pa. Baie van die ontdek-kings wat sy maak, is nie aangenaam nie, netsoos wat haar selfontdekking dikwels pynlikis. Hierdie aspek verhef die kortverhale totmeer as anekdotes en gee aan hulle ’n oortui-gende en aantreklike “edge”. Tog behou dieverhale veel van die alledaagse rituele vanmenswees en kos is onder andere ’n belan-grike en interessante tema. Feitlik elke ver-haal sentreer rondom ’n maaltyd van die eenof ander aard. Daar is etes wat misluk, eteswat in ontsteltenis eindig, etes wat versoe-ning probeer bewerkstellig. So word hulledraers van die spanninge waarvan Mia severhoudings aanmekaarsit, of juis ’n oplos-sing van daardie spanninge. Onder anderesinjaleer die verskillende maaltye in die bun-del die verskillende fases van Mia se volwasse-wordingsproses – die vernaamste tema vandie bundel.

Dit is duidelik dat baie tyd aan die sorgvul-dige afwerking van Brümmer se bundel be-stee is. Die voorbladontwerp vat die essensievan die bundel op treffende wyse saam. ’nMens is hoopvol dat sy in toekomstige werkedie belofte wat hierdie debuut skep, sal ver-vul met tekste wat dieselfde fyn uitme-kaarhaal van individuele psiges en kollektieweemosies en dieselfde gawe vir understatementvertoon, maar ook dat daar groter vryheidin styl en verskeidenheid in toon en tema salontwikkel.

Die bundel sou waarskynlik nog ’n posi-tiewer indruk gemaak het as daar nie dieewige behoefte by baie skrywers was omsorgvuldig dank en skatpligtigheid (in die“Erkennings”) uit te spreek nie. Miskien is ditbloot ’n persoonlike hebbelikheid, maar ditlyk of die vrees vir plagiaataantygings tot so’n mate die oorhand van Afrikaanse skrywersbegin kry dat die erkenning van bronne eninvloede soms aan die belaglike grens. Dit istog heeltemal onnodig om The Glass Menag-

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM240

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 241

erie (Tennessee Williams) in die erkennings tevermeld as die teks op bladsy 14 eksplisietgenoem word, om nie te praat van die oor-bodigheid van die titels van alombekendesprokies soos “Rooikappie en die Wolf” ofDie Bybel nie. Dit is een ding om jouself tevrywaar, maar Die dag toe ek my hare losgemaakhet is immers Brümmer se debuut – nie dieeerste kontemporêre boek wat haar lesersoptel nie. Hierdie milde irritasie ten spyt is diebundel beslis die lees werd.

Jacomien van NiekerkUniversiteit van Pretoria, Pretoria

Sonkyker. Afrikaner in die verkeerdeeeu.J. C. Steyn. Tafelberg: Kaapstad. 2008.408 pp. ISBN: 978-0-624-04648-6.

Stories oor ’n verbygegane tyd, maar waar-sonder ons onsself nie kan begryp nie. Mis-kien is dit die rede dat die jongste outobio-grafiese boek van J. C. Steyn my so aange-gryp het. Die treffende titel van die boek endie foto van die jong knaap met die deurdrin-gende afstandelike kyk verklaar die krag vanhierdie lewensverhaal.

Dit titel verwys na daardie so tipiese kleinSuid-Afrikaanse reptiel, die gordelakkedis,ook bekend as skurwejantjie. Dit is natuurliknie om dowe neute nie, want Steyn vertelregdeur vanuit die perspektief van die plaas-japie wat hom steeds effe vreemd voel op diedorp en in die stad – as ander later werk toery met hul motors, stap of fiets hy steeds;hooguit neem hy soms die bus of trein en ashy later wel ’n motor aanskaf, moet hy Sater-dae ’n ent gaan ry om te verhoed dat diebattery afloop. By Abrahamskraal draai hulledan om. Hierdie ritte het in sigself geen eind-punt nie, want met sy moeder word dit tot ’ntaal- en landskapspel getransformeer: “‘Al

Abrahamskraal?’ of: ‘Abrahamtal’, of ‘Abra-hamsput’ of ‘Izaksput’. Tot dit later ‘Dis Abra-hamsverdwyn!’ word.

Soos die skugter diertjie daar op die plat-klip in die son, dra hy ’n hele prehistorie methom saam as hy ’n kultuurlewe om hom fynregistreer en verhaal. Maar soos die ouvolk,bly hy skugter afstandelik – sober; en togkan hy die warmte van die klipplaat wat homkoester nie ontbeer nie. In hierdie oënskyn-like teenstrydigheid lê die fassinerende vanSteyn se verhaal. Soos die vinjette aan diebegin van elke hoofstuk word sý verhaal ookdie verhaal van ’n gesin, ’n familie, ’n vrien-dekring en ’n volk en gemeenskap.

Steyn knoop sy verhaal aan dié van M. E. R.as hy haar in sy motto voorin aanhaal: “As eknou terugkyk op my eie lewe en op wat ekvan die voorgeslagte weet, dan sien ek ditkon nie anders nie: dit is ’n kwessie van self-behoud, van dood en lewe.” Ook sy verhaalbegin op Swellendam – die bakermat van dieAfrikaner se pioniersbestaan in Afrika. Syoupagrootjie was agterkleinseun van Her-manus Steyn wat in 1795 met die opstandvan Swellendamse burgers teen die vreemdedwingelandy van die Vereenigde Oost-In-dische Compagne in opstand gekom het entot “praesident” van die nuwe nasionale ver-gadering verkies is. In die voorgeslagte wasdaar ook nog ’n kwaksalwer, ’n “tweedeklas-rebel” en ’n bittereinder.

Daar is reeds op gewys dat ’n persoonlikegeskiedenis uitgroei tot volks- en gemeen-skapsgeskiedenis. Taferele van ’n hele eeu toten met die afsluiting van ’n era en die aan-vang van die nuwe tyd word voor die geesgeroep – die lewende en die dode, die goeieen die bose. Treffend is die skynbaar onskul-dige anekdote oor die simboliese Ossewatrekvan 1938. Die trek, gereël deur die ATKV, be-gin met onmin en ’n gebrek aan belangstel-ling. Die belangelose wilskrag van ’n oomTienie van Schoor het die wiele aan die rolgekry, maar toe die wiele eenmaal rol, is hy

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM241

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009242

oor die hoof gesien en in sy plek het H. J.Klopper hoofleier geword! Ontluisterend,maar al té waar! Ook apartheid kom onderdie loep: “[d]ie ‘nalatenskap van apartheid’: isdit slegs negatiewe dinge soos armoede enleed …?”

Vir hierdie resensent was veral die gedeelte“Eindes en beginne” insiggewend en fassine-rend. Hierin word vertel van F. W. de Klerk seaankondiging op 2 Februarie 1990 en die“eienaardige burgeroorlog (wat) onder Afri-kaanstaliges begin (het).” ’n Felle taalstrydrondom Afrikaans vlam op. Die name vandiegene wat alles feil had vir Afrikaans en diéwat gemeen het dat Afrikaans, om welke rededan ook, hom skaars moes hou, kom metdoek en tafel voor die dag.

Ook die ondertitel van die boek “Afrika-ner in die verkeerde eeu” konfronteer die le-ser: Was daar dan ’n regte tyd? Vir wie is dietyd nóú reg? Lê die goeie tyd nog voor diedeur? Hieroor laat Steyn nie veel los nie; hyregistreer gewoon die trillinge (sidderinge?)in die samelewing en daag die leser uit omself te beslis, of minstens daaroor na te dink.

Die boek is in ’n elegiese toonaard geskry-we, maar verval geensins in melancholie nie.’n Vir goed agterhaalde era met sy wel en sywee word nugter in herinnering geroep entreffend tot voleinding gebring met die oor-lye van die skrywer se moeder. Hy dink aanhaar terug en onthou hoe sy altyd graag ge-neurie of hardop gesing het as sy dag datniemand haar hoor nie: “altyd met ’n blyehart” en hoe sy steeds bly hoop het dat ieder-een tog die radiopreek kon hoor waarna syeens op ’n Sondag ingeluister het: Moenie virmekaar kwaad word op die pad van Suid-Afrikanie. Van Wyk Louw spreek die slotwoordevan hierdie outobiografiese vertelling: “Mis-kien sal [n]iemand later / [tog] mooi dingevan ons weet.”

H. P. GrebeUniversiteit van Pretoria, Pretoria

Versindaba 2008.Marlise Joubert (samesteller). Pretoria:Protea Boekhuis. 2008. 98 pp.ISBN: 978-1-86919-267-9.

2008 was reeds die vierde jaar waarin, telkensoor die eerste Septembernaweek, ’n “Versinda-ba” op Stellenbosch aangebied is. Dit het ge-groei tot ’n jaarlikse bestekopname én vieringvan die hedendaagse Afrikaanse digkuns, by-voorbeeld deur die enigste prys eksklusief virAfrikaanse poësie toe te ken. Breyten Breyten-bach was vanjaar die wenner van dié Prote-aprys, naamlik vir sy reeds herhaaldelik be-kroonde bundel uit 2007, Die windvanger.

Die resep is nou al ’n beproefde een. Sowelgevestigde as “opkomende” digters word be-trek. Die genooide gevestigdes is hoofsaak-lik digters van wie in daardie of die vooraf-gaande jaar nuwe bundels verskyn het. Van-jaar is die kollig bowendien spesifiek opdigters gewerp wat ook as beeldende kuns-tenaars aktief is: Andries Bezuidenhout, Trien-ke Laurie, Ilse van Staden, Rosa Smit, CarinaStander, en so meer. Onder die opkomendestel digters wat in daardie of die vorige jaarsolodebute die lig laat sien het (Ronelda S.Kamfer en Loftus Marais onder die 2008-groep), maar ook jong belowendes wat nognet in tydskrifte, bloemlesings of op webb-laaie van hulle kon laat hoor.

Daarby word ’n bundel saamgestel uit ’nkeuse van gedigte van die digters wat aan diegeleentheid deelgeneem het, om sodoende“’n momentopname van die Afrikaanse poë-sie” van die betrokke jaar te bied (luidensNicol Stassen in die voorwoord tot Versinda-ba 2008). Gehalte bly die eerste maatstaf viropname, maar daar word ook gestreef om ’nbeeld te gee van die verskeidenheid digwerkwat binne daardie tydbestek gelewer is.

Verse van sewentien gevestigde digtersverskyn in Versindaba 2008. Dis inderdaad ’n“plesier” (soos in die uitgewersbrief voorspelword) om die uiteenlopende verskeidenheid

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM242

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 243

werk van oorwegend hoë gehalte deur hierdiegeslypte woordkunstenaars te lees. Ek hetbykomende vreugde daaruit geput om diestemme te verneem van mense van wie rela-tief lanklaas op poësiegebied gehoor is: Jo-hann de Lange, Johan Myburg, Rosa Smit enMarlene van Niekerk, byvoorbeeld.

Wat opval van 2008 se debutante of belo-wendes is dat 7 uit die 8 van hulle nog in hulletwintigerjare staan, en dat net soveel van hulleprodukte van die Universiteit van Stellen-bosch is. Laasgenoemde word verstaanbaaras die moontlike koste-implikasies daarvanom jonges van elders na Stellenbosch te lokvir die indaba, in ag geneem word. Tog houso ’n toedrag van sake die gevaar in dat dieVersindaba nie heeltemal die oogmerk vanverteenwoordigendheid sal bereik nie.

Miskien moet ander universitêre sentra indie land, in samewerking met die organiseer-ders van die indaba, ’n plan maak om hulleeie belowende “produkte” finansieel te steunsodat hulle aan dié besonderse geleentheidop die literêre kalender kan deelneem?

Versindaba 2008 verskaf nogtans ’n positiewebeeld van die Afrikaanse poësie. Die vrugteword gepluk van onder meer die moedige in-sette van Protea Boekhuis sedert 9 gelede toepublikasiegeleenthede vir Afrikaanse digtersbyna opgedroog het. Stassen, baas van ProteaBoekhuis, gee in die voorwoord van die onder-hawige bundel ’n idee van hoe gesond die toe-stand huidig is. Gedurende 2007 het 16 nuweAfrikaanse digbundels verskyn: sewe by Pro-tea Boekhuis, vier by NB-uitgewers, twee byGenugtig! en een elk by Lapa, Bent en Praag.Trouens, in ’n onlangs gepubliseerde artikel opLitNet Akademies kon Leti Kleyn selfs konsta-teer dat die poësie op die oomblik as die bevoor-regte genre van die Afrikaanse letterkundebeskou kan word.

Bernard OdendaalUniversiteit van die Vrystaat,Bloemfontein

Noudat slapende honde.Ronelda Kamfer. Kaapstad: Kwela Boeke.2008. 48 pp. ISBN: 978-0-7957-0273-0.

Die gedigte in Ronelda Kamfer se Noudat sla-pende honde is hoofsaaklik sosiale figuurstu-dies, en dan wel van die soekende mens. “eksoek ’n goue sterretjie” is ’n goed tiperendetitel van een van die gedigte. Sy soek metname ’n staanplek in die samelewing. In dieopeningsgedig, “Waar ek staan”, sê sy: “êrensdiep binne my / weet ek waar ek staan,” endie slotvers van die slotgedig lui: “ek staannog steeds”. Hierdie twee gedigte staan albeiin opvallende plekke in die bundel. Tog weer-spreek die meeste gedigte hierdie sekerheid,en dit is belangrik om daarop te let dat diesoekende, onsekere mens voorop staan in ’nderde gedig wat self ’n opvallende plek in diebundel inneem, naamlik die titelgedig: “Nou-dat ek Afrikaans praat / […] soek die verledemy nog steeds in die reën”. Die “ek” vanhierdie gedigte is ’n ontwortelde mens in ’nnuwe wêreld. Dis ’n nuwe mens wat die selfnog nie goed deurgrond het nie en dit geeaan die hele bundel ’n tragiese ondertoon.

Die gedigte praat van allerlei voornemensom ’n nuwe mens te wees (“Dame in pro-gress”), maar dit word nie ’n werklikheid nie:“vandag is alles wat mooi is, lelik / en alles watlelik is, ek” (“bipolarhoney”). Ons het hier temake met ’n wêreld van stukkende dromewat lê “oppie vlaktes” van die Kaap, weg-gooidrome. Daar is ’n verlede wat jou agter-volg soos ’n skadu, ’n inslaap net om weerontnugter wakker te word.

Die gedigte weerspreek mekaar, in diegunstige sin van die woord. Daar is “’n fotovan myself / op 6 jaar oud / besig in die tuin /om geheime te begrawe,” (“dood in die fam-ilie”), maar aan die ander kant tog weer krysy die verlede nie afgeskud nie en leef sy in ’nwêreld van “haat en onthou” (“Daar is sekeredinge”); sy “sukkel / om uit die toue los tekom” (“wees”). Dis gedigte van stukkende

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM243

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009244

menslike verhoudings, familie- en gesinsver-houdings, veral van die verhoudings ma/pa/kind. Sy is “niemand se kind nie” (“wees”).“Pick n Pa” het ’n ironiese titel (met ’n toe-speling op Pick and Pay?), want nie een vandie baie keuses vir ’n pa is ’n gelukkige keusenie, en die slot is pynlik. Sy praat van “diegemors van familiewees” (“dood in die fam-ilie”). Daar is ook stukkende verhoudings indie vriendekring: “kliek van sewe” vertel van’n roekelose lewe wat eindig in verdrinkingvan die hooffiguur. Lolla was kunssinnigmaar sy het ’n ellendige bestaan gevoer en ’nellendige einde beleef. Iets dergeliks leesmens ook in ander gedigte (“Die storie vanKlonkies” of “’n gewone blou Maandag-oggend”).

En daar is stukkende liefdesverhoudingssoos in “To all the boys I loved before”. Sy hetkeuses gehad onder die boys wat sy liefge-had het maar sy het nie een van hulle gekryhet nie. Daar is so baie keuses wat die jong-mens gehad het, wat op pyn uitgeloop het.Sy is uiteindelik “liefdeleeg”.

Hoe ironies dan dat sy die mooie en goeiewat sy self nie het nie aan ’n ander toewens(“Nag”). Alles is nie grou nie, daar is ook liefde,of die behoefte aan liefde (“Ek wil”).

Die bundel is vol portrette, veral selfpor-trette, of ’n mens kan dit tegelyk minatuur-biografieë noem. Sy is ’n “Tweeling”, ’n per-soon in haarself verdeel. Veral dink ek aan “enas ek klaar my verhaal vir jou vertel het”, waar“ek myself sien sit […] ek gaan staan en virmyself kyk […] ek gaan myself haat”. Maardaar is ook volop portrette van ander figure,soos “die huisvrou” en van baie ander mense.Kamfer het ’n skerp oog. Sy kan iemand met’n enkele penneveeg teken, soos Uncle Jonny:“sy ore het beweeg wanneer hy sy kos kou”(“wees”). Kamfer weet ook genoeg hoe omvan triviale en banale dinge gedigte te maak.

Hierdie bundel wys vir ons ’n aandoen-like wêreld, so aangrypend dat die digter nieal die lyflike taal nodig het waarmee sy die

leser wil wakker skok nie. Haar vers steunook nog te veel op die aandoenlike van dieonderwerp self en is daarom dikwels nog on-volgroeid en fragmentaries. Maar desnieteen-staande bly dit ’n pakkende bundel gedigte.

Ondanks sekere tekortkominge of nog ’nsekere onvolgroeidheid weet Kamfer tógsoos sy in die openingsgedig sê baie goedwaar sy staan.

T. T. CloeteProfessor-emeritusNoordwes-Universiteit, Potchefstroom

Vlamsalmander.Hennie Aucamp. Pretoria: Protea Boekhuis2008. 115 pp. ISBN: 978-1- 86919-246-4.

Op dieselfde tyd wat Hennie Aucamp se dig-bundel Vlamsalmander by Protea verskyn,publiseer J. C. Steyn ’n soort outobiografiese-cum-historiese teks, Sonkyker, ’n Vrystaatsesalmander. Dit is dan ook metafoor vir diealleenstaander, die eenspaaier en by Aucampstaan die vlamsalmander vir die poëtiesewoord en besinning oor die kuns. In hierdieAucamp-bundel met ’n foto van ’n boom watsoos ’n salmander lyk deur Mark van Coller,word verskeie tipies Aucamp-temas onder dieloep geneem. (Dis glo ’n witgatwortelboomen pas in by die digter se reeks kwatryne oorbome.) Die leser is altyd bewus van die kun-stenaar / skrywer se blik op die werklikheid,soos onder andere, interpretasies by skilderyevan Rembrandt, kommentaar by sewe lito-grafieë van Picasso, ’n gedig oor / vir IngridJonker. ’n Sub-titel by ’n skildery van LucasCranach, staan onderaan ’n gedig. Dit tipeerdan ’n soort stylsoort, ’n kommentaar op diekuns, die nagebootste wêreld, die simulacrum.

Uiteraard is hierdie soort portret-vers ter-selfdertyd ’n dubbelspraak, of kan as sodan-ig getipeer word: die digter lewer kommen-

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM244

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009 245

taar op Piet Mondrian of Irma Stern en op ’nimplisiete wyse slaan dit terug op die skry-wer se siening van die liefde. Die drieluik oorStern is knap.In die Kongo en eldersSy het fel, verbete, laat Romanties,haar primitiewe self gaan soeken stel in weelderige prosahaar binnereis ten boek.

By die gedig oor Mondrian vind ons diewoord “tinteldronk” wanneer die kunstenaarsy kuns soos jazz op seildoek uitstal. Aucampis ’n vormvaste digter. Dit weet ons uit sybeoefening van die Shakesperiaanse sonnetin Dryfhout (Tafelberg, 2006), sy verskeie kwa-tryne wat hy skryf, sy hantering van diehaikoe. Sy gedigte erken die belang vanmetriese patrone en ons vind dan die haikoeshier wat by Strijdom van der Merwe se uit-stalling gebruik is en kwatryne by die wyn.So klink ’n lekker wyn-kwatryn:Ars poeticaTrap die korrels in die vatdat dop en sap baldadig spat:Van liewerlee word vroeë pynverdig tot onbetrokke pyn.

In vele van die gedigte is daar dan ’n besin-ning oor die verhouding tussen kuns en ek /persona. Moet die digter wegskryf van dieself of kan die self-bemoeienis eweneens totkuns lei? In hierdie opsig is die Rembrandt-gedigte openbarend juis omdat hierdie skilderhom besig gehou het met hierdie komplekseproblematiek.

Die aangrypende “Rembrandt-selfportret,1669” vra dan die belangrike vraag oor hoedie ek lyk wat deur ondervinding verslyt is?

In “Beurtrym”, ’n distigon, kan ’n mens ’nantwoord lees op Eybers se “Wespark”. Hierlees ons:’n Man het aan sy hart beswykterwyl hy worstel met sy steak.

’n Ander ou sterf op die troon:Sy drukwerk is fataal beloon.

En nog ’n man dood op die jop:Sy kom en gaan was sonder stop.[…]

Die gedigte het soms ’n boodskap, ’n moraal,soos “Die neefs” of in die genoemde “Beurt-rym” waarin daar ’n wysheid oor die mens selot uitgewys word. Die digter dig met “stipteaandag”, vormvas en die leser is deeglik be-wus van ’n fyn woordkunstenaar.

Die gesprekke is daar, soos “Herfs” watinspeel op Van Wyk Louw se “Vroegherfs”:Dié dae is reeds heiligen vra om geen gebed –

Aucamp se bekende ondersoek van die sek-suele is hier te vind (ja, die lul en ballas) en syaktivering van ou woorde soos “nurks”,”portiek”, o.a.

Die portretverse oor Marjorie Wallace,Battiss, Piet Mondrian, Rembrandt, IrmaStern, Picasso, Rodin, e.a. gee ’n duidelikebemoeiens met die kuns weer.

Persoonlik is Aucamp vir my op sy bestewanneer hy ’n puntdig, haikoe of kwatrynskryf. Hy het ’n besondere gawe om met ’nklein kwashaal ’n besondere gedig te lewer.

In die langer vers, soos in “Prototipe”, vind’n mens ’n amper-retoriese segging met ’nuitroep en al. Dalk bedoelde parodie, maardit oortuig nie heeltemal nie.

In “Porno lounge” wil die digter klaarblyk-lik soos in sy kabarettekste opstuur en so-siale kommentaar lewer:O mens, ná sinsverrukkingwag altyd weer die niet:Klank- en beeldorgieëkan slegs verposing bied.

Dieselfde geld “Liefde in vier bedrywe” en“Drie verse oor die liefde” met sy moraliseren-de slot:

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM245

TYDSKRIF VIR LETTERKUNDE • 46 (1) • 2009246

NaskrifWag tot jy jou jare kryvoor jy liefdesverse leesen pleeg, want laggende ontdek jyl’amour was net ’n skim gewees.

Uit die gevormde kuns is daar beslis kuns temaak: dit bewys “Cyril redivivus”, “Ja, dasMeer ist blau, so blau” bewys. Ek is absoluutvan mening dat die korter vers Aucamp semétier is en dat die langer vers soms oorwoe-ker word deur die moralistiese toon of deurmetriese patroon wat dreunerig opslaan.

Daar is eweneens kabarettekste opgeneemsoos “Die wederkoms: variasies op temas inRaka” wat met die vorige Prins Raka dans.

’n Moet vir die Aucamp-liefhebber.Aucamp het belangrike werk gelewer as

beoefenaar van die kortkuns, dramaturg,dagboekskrywer, bloemleser en as skrywervan kabarettekste. As digter moet sy bydraenie ontken word nie. Hierdie bundel, soosDryfhout (Tafelberg, 2006), is vir die mentor

van jong digterstudente van onskatbarewaarde, omdat die digter Aucamp vormeverruklik beoefen. Soos byvoorbeeld dieShakespeariaanse sonnet. Of die distigon.

Miskien het die Afrikaanse letterkunde nognie genoegsaam aandag gegee aan sy dig-kuns nie, omdat ons dikwels genre-bevangeis en skepties is oor ’n skrywer wat van eengenre na ’n ander beweeg.Die roemer, die wyn, die karaf(by ’n sewentiende eeuse stillewe)Uit watter stofbedekte bottelis dié karaf gevul?Karaf staan buikig langs ’n skottel:sy oesjaar ewiglik verhul.

Dié gedig uit Dryfhout is ’n klein juweel.Uit die gevormde kuns is daar inderdaad

kuns te maak!

Joan HambidgeUniversiteit van Kaapstad,Kaapstad

20 Resensies 03.pmd 2/3/2009, 9:37 PM246