2
NUUS www.skuilkrans.co.za Facebook: Skuilkrans NG Gemeente SnapScan LEEF WEER BERADINGSENTRUM Het jy n oor nodig om te luister? Kontak 063 712 6346 4 November 2018 ‘n Heerlike Alpha-naweek van saamkuier en geestelike groei het verlede naweek te Mooibosch, net buite Pretoria, plaasgevind. Sowat 50 persone uit Skuilkrans en VGK Eersterust het dit bygewoon. Maar dit wat ons die opgewondste maak, is die mense buite ons gemeente - selfs ‘n paar wat nie glo nie - wat die naweek bygewoon en getuig het van baie liefde, nuwe vriendskappe en respekvolle gesprekke oor geloof. Sommige wil weer die volgende Alpha-kursus bywoon. En daarom nooi ons jou hartlik uit om ook vanaf 22 Januarie 2019 die Alpha-kursus in ons kerksaal by te woon. Ons begin elke Dinsdagaand (vir 7 weke lank) om 18:30 met ‘n aandete saam. Daarna kyk ons na ‘n DVD met ‘n baie toepaslike onderwerp, waarna ons ‘n baie lekker bespreking om die tafels het. Ons sluit weer af met ‘n Alpha-Naweek (8 - 10 Maart) wat spesifiek oor die Heilige Gees handel. Nooi asseblief ook vriende en kennisse (veral diegene met baie geloofsvrae) saam na die kursus. Ds. Nico Alpha-Naweek Kersfees kom…. Die werk van die PEN Pre-school Forum groei en ons beplan om opleiding in 2019 uit te brei na Johannesburg (in samewerking met MES) en ook Winterveldt. Hoewel ons deeglik bewus is van die feit dat dit heerlik is om ‘n kind gedurende die Kerstyd te bederf, wil ons graag hierdie jaar vra vir ‘n alternatiewe geskenk. As deel van die opleiding gee ons graag ‘n ‘starter pack’ wat natuurlik baie gewild is. Met die nodige hulpmiddels word dit net soveel makliker om dan die nuut-aangeleerde vaardighede te gaan toepas. Sakke, met ‘n lysie van die nodige artikels vir die doel , is in die portaal beskikbaar. Neem gerus een en help ons om ‘n versorger te bemagtig. U kan dit by die Kerssangdiens of enige ander Sondag onder die boom terugbesorg. Dankie vir u deurlopende ondersteuning. Rieneke Schutte 083 281 5711

Alpha-Naweek · 2018. 11. 5. · Pieter de Jager 5/11 Rienie van Rensburg 5/11 Netta Jordaan 6/11 Maria van Wyk Willem Boshoff 6/11 Lora van der Merwe 8/11 Toeks Coetzee 9/11 Claudia

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Alpha-Naweek · 2018. 11. 5. · Pieter de Jager 5/11 Rienie van Rensburg 5/11 Netta Jordaan 6/11 Maria van Wyk Willem Boshoff 6/11 Lora van der Merwe 8/11 Toeks Coetzee 9/11 Claudia

NUUS

www.skuilkrans.co.za Facebook: Skuilkrans NG Gemeente

SnapScan

LEEF WEER BERADINGSENTRUM Het jy ‘n oor nodig om te luister?

Kontak 063 712 6346

4 November 2018

‘n Heerlike Alpha-naweek van saamkuier en geestelike groei het verlede naweek te

Mooibosch, net buite Pretoria, plaasgevind. Sowat 50 persone uit Skuilkrans en VGK

Eersterust het dit bygewoon. Maar dit wat ons die opgewondste maak, is die mense buite ons

gemeente - selfs ‘n paar wat nie glo nie - wat die naweek bygewoon en getuig het van baie

liefde, nuwe vriendskappe en respekvolle gesprekke oor geloof. Sommige wil weer die

volgende Alpha-kursus bywoon. En daarom nooi ons jou hartlik uit om ook vanaf 22 Januarie

2019 die Alpha-kursus in ons kerksaal by te woon. Ons begin elke Dinsdagaand (vir 7 weke

lank) om 18:30 met ‘n aandete saam. Daarna kyk

ons na ‘n DVD met ‘n baie toepaslike onderwerp,

waarna ons ‘n baie lekker bespreking om die tafels

het. Ons sluit weer af met ‘n Alpha-Naweek (8 - 10

Maart) wat spesifiek oor die Heilige Gees handel.

Nooi asseblief ook vriende en kennisse (veral

diegene met baie geloofsvrae) saam na die kursus.

Ds. Nico

Alpha-Naweek

Kersfees kom….

Die werk van die PEN Pre-school Forum groei en ons beplan om opleiding in 2019 uit te brei na Johannesburg

(in samewerking met MES) en ook Winterveldt.

Hoewel ons deeglik bewus is van die feit dat dit heerlik is om ‘n kind gedurende die Kerstyd te bederf, wil ons

graag hierdie jaar vra vir ‘n alternatiewe geskenk.

As deel van die opleiding gee ons graag ‘n ‘starter pack’ wat natuurlik baie gewild is. Met die nodige

hulpmiddels word dit net soveel makliker om dan die nuut-aangeleerde vaardighede te gaan toepas.

Sakke, met ‘n lysie van die nodige artikels vir die doel, is in die portaal beskikbaar. Neem gerus een en help

ons om ‘n versorger te bemagtig. U kan dit by die Kerssangdiens of enige ander Sondag onder die boom

terugbesorg.

Dankie vir u deurlopende ondersteuning.

Rieneke Schutte

083 281 5711

Page 2: Alpha-Naweek · 2018. 11. 5. · Pieter de Jager 5/11 Rienie van Rensburg 5/11 Netta Jordaan 6/11 Maria van Wyk Willem Boshoff 6/11 Lora van der Merwe 8/11 Toeks Coetzee 9/11 Claudia

H/v Jan Albertsstraat & Cussonialaan Val de Grace

Bankbesonderhede: ABSA, Takkode 632005 NG Gemeente Skuilkrans Tjekrekeningnr: 70 580 403

Tel: 012 804 7787/ 804 7165 E-pos: [email protected]

EREDIENSTYE

Tye 4 November 11 November

09:00 Erediens

Ds. Willem Boshoff Ds. Nico Swart

09:00 Gesinsdiens

Ds. Anel Pienaar Kerssangdiens

Ds. Anel Pienaar

17:30 Aanddiens

Ds. Nico Swart Ds. Nico Swart

18:30 Brummeria

- Kerssangdiens

Ds. Willem Boshoff

VOORBIDDING WORD GEVRA VIR: Trientjie Swart, Dawie Nel, Pieter Dempers,

Henriëtte de Vos, Johan Voigt,

Jans Naudé en Joey Voges (Masonic Haven).

Familie van Bessie Scheepers na haar afsterwe.

Geluk aan ons lidmate bo 75 wat hierdie week verjaar:

Driekie Engelbrecht 4/11

Pieter de Jager 5/11

Rienie van Rensburg 5/11

Netta Jordaan 6/11

Maria van Wyk 6/11

Lora van der Merwe 8/11

Toeks Coetzee 9/11

Claudia Maree 9/11

Jan van de Venter 9/11

Geluk aan die volgende doopouers

wie se kinders vandag gedoop word:

Christie en Jana Liebenberg met Luca

Anton en Johanette van der Merwe met Neamé

KLAWERS EN PYPE

Klavier en orrel Extravaganza

Kom luister na musiek wat gewoonlik nie met die orrel

verbind word nie, soos Bohemian Rhapsody, Cinema

Paradiso, Hot Gates en ander.

Die besondere duo, Anton Esterhuyse en Joanita

Erasmus van Bloemfontein, is bekend as begeleiers,

pianiste, orreliste en komponiste. Anton was ook

verantwoordelik vir verskeie produksies by die

Vrystaatse Kunstefees en Juanita het al saamgewerk

met Laurika Rauch, Rina Hugo en Coenie de Villiers.

Saterdag, 10 November vanaf 17:00 tot 18:30.

Skuilkrans NG kerk, h/v Jan Albertstraat en

Cussonialaan, Val-de-Grace.

Toegang is R80 vir volwassenes en R30 vir kinders

(kaartjies is by die deure beskikbaar).

Verversings sal verkoop word.

RUGSTEUN-AKSIE

Rugsteun-aksie het 10 maande gelede in ons gemeente

afgeskop en voel op ‘n baie diep vlak die nood in ons

samelewing aan. Ons missie is om bystand en ondersteuning

deur gebed te verleen aan werksoekers, maar wil ook die

gemeentelede betrokke maak deur positiewe meelewing.

Gaan dink na of u iemand ken wat aan hierdie mense ‘n

onderhoud kan toestaan. Dankie vir hulpaanbiedinge uit ons

gemeente - die gawe haarkapster wat gratis sal help om

werksoekers “mooi te maak” vir ‘n onderhoud, aanbiedinge

om te help met CV’s en rekenaarvaardigheid, ‘n gratis kursus

en vrywillige werk by ‘n NGO.

Ons was wonderlik geseënd! Deur die genade van die Here

het van ons werksoekers sukses. Ons vra met vrymoedigheid

of u nie iemand ken in u familie- of vriendekring wat moontlik

aan die volgende persone ‘n onderhoud kan toestaan nie:

Margie was ons heel eerste werksoeker wat haar naam

opgegee het. Sy het 14 jaar by die Universiteit van Pretoria in

kliëntediens gewerk en is baie goed met algemene

kantooradministrasie. Sy wil graag nog werk, al is sy reeds

afgetree. Sy kan help om 'n huurhuis te laat skoonmaak voor

mense intrek, asook met enige deel- of voltydse algemene

kantooradministrasie. Margie: 083 259 0056

Phillip is 'n maatskaplike werker met 'n MBA-graad en

ondervinding in korporatiewe werk. Hy werk tans in Alberton

en die heen-en-weer-ryery, tyd en petrolprys is besig om sy tol

te eis. Hy is op soek na 'n pos in gewone maatskaplike werk in

die Pretoria-omgewing. Phillip: 083 262 5250

Aanbiedinge vir werk sal ook van tyd tot tyd geplaas word.

Helene Louw

LERAARS EN PASTORALE HULPE

Auke Compaan 083 381 7002

[email protected]

Nico Swart 083 678 8290

[email protected]

Gerrie Bodenstein 078 509 6754

[email protected]

Anel Pienaar 082 069 0494

[email protected]

Willem Boshoff 082 890 2644

[email protected]

Piet Meiring 083 458 9008

[email protected]

Senior Aksie Aktiwiteit Alle seniors word hartlik uitgenooi na ons Jaarafsluiting op Donderdag, 8 November om 11:00 in die kerksaal. Die koste beloop R50 per persoon en sluit ‘n ete, asook ‘n orreluitvoering van populêre werke deur Isabelle van Rensburg in. Enige lidmaat wat slegs die orreluitvoering wil bywoon, is welkom om ook te kom. Dit gaan beslis iets besonders wees.

Diegene wat die ete wil bywoon, moet asseblief hulle name deurgee aan Caro by die Kerkkantoor voor Dinsdag, 6 November om 12:00.