53
0 ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die geskiedenis-kurrikulum met ’n spesifieke verwysing na die vertolking van Afrikanergeskiedenis Graad 4 Graad 12 Verslag saamgestel deur die N.P. van Wyk Louw-sentrum Julie 2015

’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

0

’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die

geskiedenis-kurrikulum met ’n spesifieke verwysing

na die vertolking van Afrikanergeskiedenis

Graad 4 – Graad 12

Verslag saamgestel deur die N.P. van Wyk Louw-sentrum

Julie 2015

Page 2: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

1

Inhoud

Bladsy

Lys van afkortings 2

Voorwoord 3

Inleiding 4

Die geskiedenis-kurrikulum (graad 4-12) 8

Vat ons geskiedenis terug 44

Bronnelys 50

Page 3: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

2

Lys van afkortings

Elke jaargroep het ’n keuse uit ’n verskeidenheid handboeke, meeste waarvan in

reekse vir verskeie grade verskyn. In hierdie verslag sal daar telkens in die teks van

afkortings gebruik gemaak word wanneer na bepaalde handboeke verwys word. Die

afkorting Vd9:142 sal dan verwys na Sosiale Wetenskappe Vandag, Graad 9, bladsy

142; en AV11:27-30 na Almal Verstaan Geskiedenis, Graad 11, bladsy 27 tot 30. Die

onderstaande afkortings verteenwoordig elk ’n bepaalde multigraad-reeks.

AV – almal verstaan [sic]

HS – Headstart

KO – Kollig op

KV – Ken & Verstaan

Pl – Platinum

Ox – Oxford

VA – Via Afrika

Viv – Viva

Vd – Vandag

Vk – Verken

*

’n Spesiale woord van dank aan Protea Boekwinkel wat die

handboeke gratis aan die FAK beskikbaar gestel het

Page 4: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

3

Voorwoord

Ek beskou hierdie as ’n baie deeglike verslag. Wat deurgaans in gedagte gehou moet

word, is dat Geskiedenis nie die werklike verlede is nie, en ook nie ’n spieëlbeeld

daarvan nie. Geskiedenis is ’n weergawe van die verlede, ’n interpretasie. Elke

interpretasie is subjektief, want dit weerspieël die menings van ’n mens/mense en alle

menings is in wese subjektief. Dit is vanselfsprekend dat die Suid-Afrikaanse

onderwysowerhede daaraan toegewyd is dat die Geskiedenis wat aan die

skoolgaande jeug onderrig word, die ontstaansmite van die nuwe Suid-Afrika moet

ondersteun. Hierdie ontstaansmite behels dat die totstandkoming van Suid-Afrika die

gevolg was van die oorwinning wat die voorstaanders van reg en geregtigheid (die

ANC) oor die magte van onreg en onderdrukking, uitbuiting en brutaliteit (die ou

Nasionale Party-regering van die apartheidsera) behaal het. Die skrywers van die

boeke was gevolglik daarop ingestel om die ANC en sy leiers as die helde in die

geskiedenis van Suid-Afrika op te hemel en die ou NP en sy leiers (die

apartheidsleiers) as die skurke voor te stel. Hulle doel was om so polities korrek as

moontlik te wees – al was dit telkens blatant ten koste van objektiwiteit. Gevolglik kom

die selektiewe aard van veral opdragte en gespreksonderwerpe wat in die boeke

aanbeveel word, soms so eensydig voor dat lesers nie ’n ander indruk kan kry nie as

dat hulle met ’n verminking van die verlede werklikheid te kampe het.

Dr. Jackie Grobler

Junie 2015

Page 5: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

4

Inleiding

Die verslag handel oor die geskiedenis wat leerlinge van graad 4 tot 12 in Suid-

Afrikaanse skole geleer word. In die tydperk van graad 4 tot 9 voltooi leerlinge die vak

Sosiale Wetenskappe, wat uit twee komponente bestaan, te wete Geografie

(Aardrykskunde) en Geskiedenis. Hierdie twee komponente verdien eweveel aandag

en ruimte in die handboeke. Vir leerlinge in graad 10 tot 12 is Geskiedenis ’n keusevak.

Twee opmerkings kan hier gemaak word. Die eerste is dat vir ’n senior leerling wat

hom in die geskiedenis begewe, hy slegs te make sal hê met dit wat in die kurrikulum

verskyn. Wanneer na die aard van die Suid-Afrikaanse geskiedenis in hierdie tydperk

gekyk word, wek dit rede tot kommer. Die tweede is dat elke leerling van graad 4 tot 9

nie (soos ’n senior leerling) slegs aan ’n sekere soort geskiedenis blootgestel word nie,

maar dat sodanige blootstelling vir die junior kinders verpligtend is. In graad 9 het die

leerling dan geen ander keuse as om ’n beknopte weergawe van die graad 11- en 12-

leerplan te moet voltooi nie.

Van die grofste leuens, foute, wanvoorstellings of wyse van aanbieding waarmee die

leerling te kampe het, is onder meer die volgende:

Voor die koms van Europeërs na die kontinent was daar in Afrika talle

“beskawings” waar ingewikkelde samelewings oor onder andere “gevorderde

tegnologie” beskik het.

Die Nederlanders onder leiding van Jan van Riebeeck het die vrede en

harmonie wat in suidelike Afrika geheers het onomwonde kom vernietig. Hierdie

koloniste het die San en Khoi (wat telkens as nomade beskryf word) se grond

en vee met geweld afgeneem, en ook hierdie mense gedwing om hul (die

Nederlanders se) werkers te word. Klaarblyklik het die Nederlandse

grondbesetting ook daartoe gelei dat die ganse Khoi-bevolking amper uitgewis

is.

Die enigste betroubare bronne oor die geskiedenis van enige eeue gelede is

geskrifte en waarheidsgetroue visuele afbeeldings soos skilderye en tekeninge.

Op talle plekke in die handboeke word daar vertel dat sodanige bronne

Page 6: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

5

subjektief is, dat dit slegs die Europese “beskouing” van gebeure uitbeeld, of

dat dit doelbewus geskakeerd is.

Soos die VOC-amptenare het die latere nomadiese Trekboere en hul opvolgers,

die Voortrekkers van die Groot Trek, volgens die handboeke geroof en

geplunder. Alhoewel die Voortrekkers die Britse juk wou afgooi, het hulle slegs

reeds besette grond met geweld afgeneem, en boonop slawerny in die

binneland voortgesit. Ook ná die vestiging van die Boererepublieke is die

Afrikaners se wellus vir grond nie versadig nie, soos te sien in die relaas oor hul

aanval op Sekhukhune ten einde die Pedi’s se goudvelde te neem.

Die Tweede Vryheidsoorlog (1899–1902) is in die volksmond ook bekend as die

Engelse Oorlog of die Driejarige Oorlog. ’n Meer objektiewe beskrywing

daarvan is die alombekende benaming Anglo-Boereoorlog (met die Eerste

Vryheidsoorlog dan as die Anglo-Transvaalse Oorlog) deurdat die strydende

partye sodoende op neutrale wyse in die benaming betrek word. In die

geskiedenishandboeke word hierdie oorlog voortdurend beskryf as die Suid-

Afrikaanse Oorlog. Die ironie is dat “Suid-Afrika” ten tyde van die oorlog nog nie

eens as entiteit bestaan het nie. Hierdie benaming water die Afrikaner se

grootste vryheidstryd af tot ’n blote deel in ’n groter geheel – ’n rol in ’n stuk wat

deur almal en als in “Suid-Afrika” vertolk is.

Aansluitend hierby is dat die opdrag wat die leerling aan die einde van die

afdeling oor die oorlog moet voltooi, uitsluitlik fokus op die rol van swartmense

in die oorlog.

In die nege jaar van graad 4 tot 12 vind die leerling geen woord oor die Rebellie

van 1914 nie. Die gebeurtenis word nie ’n enkele keer genoem nie. Die enigste

(terloopse) verwysing daarna, word gevind in ’n bespreking van eerste minister

Louis Botha se beleid ter steuning van die Britse oorlogspoging, waar hy net

“weerstand deur die Boere by die huis” gekry het. Dit verteenwoordig die ganse

dekking van die Rebellie in ’n kind se hele skoolloopbaan.

Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word

gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige gemeenskap”, en die insinuasie

is dat die Afrikanervolk se identiteit geskep en gemanipuleer is.

Die Afrikaner se herrysing uit die asse na afloop van rampe soos die Tweede

Vryheidsoorlog, die Rebellie en die Groot Depressie word toegeskryf aan

Page 7: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

6

“regstellende aksie” wat deur Afrikaner-bewindhebbers toegepas is. Selfdoen-

aksies en -dade deur Afrikaners (soos die Helpmekaar, die Reddingsdaadbond,

en instansies soos Sanlam, Santam en Volkskas) word summier verswyg.

Die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat in graad 11 en 12 gedek word is uitsluitlik

die geskiedenis van die sogenaamde Struggle. Vanaf graad 11 dus word

leerlinge in die gedeeltes oor plaaslike geskiedenis slegs gekonfronteer met die

protes-, burgerregte- en swartmagbewegings wat sou lei tot die totstandkoming

van die hedendaagse Suid-Afrikaanse staat. In hierdie afdelings leer die skolier

oor etlike belangrike figure, “martelare” en “helde” gekoppel aan hierdie stryd.

Reeds in graad 4 handboeke word Nelson Mandela uitgebeeld as ’n

vreedsame, vredeliewende en beginselvaste persoon wat bloot vanweë sy

droom vir ’n idilliese Suid-Afrika tronk toe gestuur is. Daar word benadruk dat

Mandela en kie nie kriminele was nie, maar in die gevangenis was “vanweë dit

wat hulle geglo het reg was”. Sou ’n onpartydige en objektiewe handboek nie

ook melding maak van sy geweldpleging en terreurdade (ook op burgerlikes)

nie?

Veral in graad 6 word aan die leerlinge voorgehou dat baie onskuldige mense

lukraak in hegtenis geneem, en dan maklik “gemartel” of “selfs doodgemaak” is.

Daar word ook reguit vertel dat diegene met ’n gewetensbeswaar teen die beleid

nie die geleentheid gegun is om hulself in ’n hof te verdedig nie. As

aangeklaagdes nie hulself in die hof kon verdedig nie, soos die handboek

betoog, hoe het Nelson Mandela dan daarin geslaag om ’n toespraak van drie

ure in die beskuldigdebank te lewer? Voorts, hoe het dit dan enkele jare vroeër

gebeur het dat die aangeklaagdes in die hoogverraadverhoor van 1961

onskuldig bevind en vrygelaat is?

Alhoewel die skool of onderwyser ’n keuse het oor welke handboeke deur ’n bepaalde

jaargroep gebruik gaan word, is die verskeidenheid tot hul beskikking ’n karige een –

ten spyte van die relatiewe lang lys waarvan vroeër melding gemaak is. Elke handboek

is altyd deur meer as twee outeurs geskryf, in sommige gevalle soveel as sewe. Soms

het een outeur meegewerk aan meer as een handboek in dieselfde graad. Die mate

waarin die onderskeie handboeke vir dieselfde graad verskil, is egter weglaatbaar

klein. Te verstane is die kurrikulum vooraf vasgestel, en die temas daarin gedek

Page 8: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

7

ooreenstemmend, al verskil die volgorde van die inhoud soms. In al die onderskeie

handboeke word selfs inligtingsblokkies oor bepaalde persone en gevallestudies van

handboek tot handboek herhaal. Dit is onmoontlik om ’n spesifieke handboek (of

handboekreeks) te identifiseer as uitstaande bo die res, en terselfdertyd ook

onmoontlik om een summier af te skryf. Die mate waarin die onderskeie boeke

ooreenstem sal die waarnemer opreg laat wonder waarom daar inderdaad dan soveel

verskillende handboeke beskikbaar is. Is dit om die skyn van objektiwiteit en die

veelheid van standpunte te verwek?

Dawie du Plessis

Navorser

Page 9: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

8

Die geskiedenis-kurrikulum

Graad 4 – Sosiale wetenskappe

Temas (geskiedenis):

Plaaslike geskiedenis

Leer by leiers

Vervoer deur die tye

Kommunikasie deur die tye

Die onderwerpe hier van toepassing is Plaaslike geskiedenis en Leer by leiers.

Eersgenoemde is egter slegs ’n elementêre les in die metodologie van

geskiedenisnavorsing (onder meer hoe om bronne op te spoor). Laasgenoemde het te

make met die lewenslesse wat by “goeie” en “belangrike” leiers geleer kan word. Daar

word dan op Nelson Mandela en Mahatma Gandhi gefokus. Die “feite” rakende

Mandela kan soos volg weergegee word:

Nelson Mandela

In een van die handboeke (AV 6:59 en 67) word dit gestel dat Nelson Mandela

gevangenis toe gestuur is omdat hy “baie betogings [outeurs se klem] teen die

apartheidsregering georganiseer [het]”. In KV 4:119 word dieselfde standpunt

gehuldig, terwyl HS 4:67 sê dat hy tronk toe is “vir sy deel in die stryd teen apartheid”

en PL4:100 dat “hy tronk toe [is] omdat hy opgestaan het vir dit wat hy geglo het reg

was”. Dit word uitdruklik verswyg dat Mandela geweld gepleeg het:

- In 1961 stig hy saam met Joe Slovo Umkhonto we Sizwe ten einde ’n

gewelddadige revolusie uit te voer.

- Hy was verantwoordelik vir sabotasiedade – tydens die Rivonia-verhoor is na

153 dade van geweld verwys.

Page 10: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

9

- Hy het saamgesweer om amper 50 000 landmyne, meer as 200 000

handgranate en talle bottel-, petrol- en pypbomme te vervaardig.

- Mandela het self erken dat hy opdrag gegee het vir die Kerkstraatbom in 1983.

- Mandela het nooit geweld afgesweer nie – selfs ná sy vrylating.

- Ná sy vrylating het hy nog die lied “Kill the Boer” in die openbaar gesing.

Daar word byvoorbeeld (KV4:119) gesê dat die regering die mag gehad het om ANC-

lede soos Mandela, Govan Mbeki en Walter Sisulu te arresteer vanweë die verbanning

van die ANC. Die indruk word gewek dat mense tronkstraf opgelê was slegs vanweë

lidmaatskap aan ’n onwettige organisasie. In Pl4:102 lees ’n leerling die volgende: “Hy

was bereid om op te staan vir wat hy geglo het reg was. Hulle [die apartheidsregering]

het nie daarvan gehou nie. Hulle het hom en sewe van sy vriende gearresteer. Die

regter het gesê hulle moet die res van hulle lewens in die tronk bly. Ons noem mense

wat toe tronk toe gestuur word vir dit waarin hulle glo politieke gevangenes [outeurs

se klem].” In Viv4:69 staan daar: “Hulle [Mandela en ander leiers] is politieke

gevangenes genoem omdat hulle tronk toe gestuur is vir dit waarin hulle glo. Hulle was

nie misdadigers nie”. Daarby word ook geen melding gemaak van diegene wat nié

tronk toe gestuur is nie, maar wat dieselfde as Mandela en kie geglo het. Indien

bogenoemde stellings juis is, moes persone soos Helen Suzman, Beyers Naudé en

sekerlik etlike miljoene van die swart bevolking self, óók gearresteer gewees het. Hulle

het egter nie sabotasie en moord gepleeg nie. Die feit dat Mandela tydens die Rivonia-

verhoor die geleentheid gegee is om ’n toespraak van drie ure lank te lewer,

weerspreek die stelling in Viv4:67 dat “die regering nie toegelaat [het] dat enigiemand

van hulle verskil nie”. Ook in die geval van Frances Baard (VS5:194) word dit gestel

dat die regering bloot “nie toegelaat [het] dat enigiemand hulle teen apartheid uitspreek

nie”.

Mahatma Gandhi

Klem word geplaas op Gandhi se ideologie van lydelike verset wat in Indië en

gedeeltelik in Suid-Afrika toegepas is. Op Pl4:108 staan die volgende: “Wit mense het

spesiale voorregte gehad [outeurs se klem] en alles wat hulle gehad het was van die

beste”. Gandhi was in die tydperk 1893–1914 in Suid-Afrika. Dit is algemene kennis

Page 11: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

10

dat blankes ná die verskroeideaardebeleid van die Tweede Vryheidsoorlog materieel

op hul knieë was – net mooi presies in die termyn van Gandhi se verblyf in die land.

Hierdie oorlog word ook beskryf as die “Suid-Afrikaanse Oorlog” (AV4:63; KV5:181).

Op hierdie wyse word die vryheidstryd van die Afrikaner teen buitelandse

imperialistiese oorheersing hom as ’t ware ontneem. Hierdie aspek sal ook later in

veral graad 10 aangespreek word.

Page 12: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

11

Graad 5 – Sosiale Wetenskappe

Temas (geskiedenis):

Jagterversamelaars en herders in Suider-Afrika

Die eerste boere in Suider-Afrika

’n Antieke Afrika-samelewing: Egipte

’n Erfenisroete deur die provinsies van Suid-Afrika

Die eerste twee temas werp ’n blik op die leefwyses en gebruike van vroeë inwoners

van suidelike Afrika, te wete die San en die Khoi enersyds, en die Bantoevolkere wat

uit sentraal-Afrika na die suide getrek het. Van belang hier is egter die afdeling te make

met die erfenisroete wat deur elk van die nege provinsies gaan. Die onderskeie

erfenisse van elke provinsie (met die bepaalde soort erfenis, deur die outeurs só

genoem) is die volgende:

- Gauteng: Die Wieg van die Mensdom (erfenisterreine van groot betekenisse);

- Limpopo: Goue voorwerpe by Mapungubwe (erfenis in voorwerpe);

- KwaZulu-Natal: San-rotskuns in die Drakensberge (erfenis in kuns);

- Mpumalanga: Die Makhonjwaberge (natuurlike erfenis en inheemse

kennisstelsels);

- Noord-Kaap: Frances Baard (erfenis in mense se prestasies);

- Noordwes: Die klipmuurdorp Kaditswhene (erfenis in argitektuur);

- Oos-Kaap: Die genesende eienskappe van die aalwyn (erfenis en inheemse

medisyne);

- Vrystaat: Gariepdam (erfenis in name);

- Wes-Kaap: Die Kasteel (erfenis en veranderende identiteite).

Die propagandistiese aard van hierdie lys of roete is duidelik. Drie van die bogenoemde

het met die natuur te make – Die aalwyn (oënskynlik as ’n genus), Die Wieg van die

Mensdom en die Makhonjwaberge. Daarby word laasgenoemde egter gekoppel aan

“inheemse kennisstelsels” (Pl5:160). Hierdie konsep word nie verduidelik nie, maar

Page 13: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

12

verwys klaarblyklik dat “Afrikane” (diegene met voorouers wat “van Afrika gekom het”)

’n bygeloof koester dat voorouers in riviere, bome of rotse woon. Die enigste twee wat

enigsins met “blanke erfenis” te make het (Die Kasteel en die Gariepdam), word

pertinent gediskrediteer. Daar word in die geval van die Gariepdam uitgewys dat die

dam eers die H.F. Verwoerddam geheet het. Op Viv5:197 is ’n aanhaling van dr.

Verwoerd waar hy sê dat die witman die land wat leeg was, opgebou het; dat hy

beskawing uit Europa gebring het; en dat hy alle goeie dinge in hierdie land moontlik

gemaak het. Later word gesê dat die dam daarom herdoop is, want “Suid-Afrikaners

wou nie ’n man soos Verwoerd vereer nie”. In Ox5:118 is daar geskryf: “Hierdie naam

[Verwoerd] herinner aan ons apartheidsverlede. Dit is in 1996 na die Gariepdam

verander. Die nuwe naam herinner ons aan die eerste mense wat in die gebied gewoon

het”. Dit is interessant dat die stelling deur dr. Verwoerd gemaak, nie weerlê word nie.

Die Kasteel word voorgehou as ’n voorbeeld van “getransformeerde erfenis”. Pl5:157

sê dat die Hollandse setlaars “die land en die water-voorrade van die Khoisan vir hulle

gevat [het]”. In VS 5:200 staan daar: “Die Nederlanders het die Kaap in 1652

gekoloniseer. Dit beteken dat mense van Holland, in Europa, die Kaap met geweld

oorgeneem het.” Daarby was die Kasteel de Goede Hoop “’n simbool van wit

verdrukking tydens die Apartheidsjare”. Ox5:119 noem dit ’n “simbool van wit mag in

Suid-Afrika”. Nou word daar egter “erkenning gegee aan die versweë geskiedenis van

die Khoisan en die slawe” (Pl5:157); die “ryk, verborge stories van die San, Khoi en

swart mense” (Viv5:201).

Page 14: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

13

Graad 6 – Sosiale Wetenskappe

Temas (geskiedenis):

’n Afrika-koninkryk lank gelede in Suider-Afrika: Mapungubwe

Ontdekkingsreisigers uit Europa vind Suid-Afrika

Demokrasie en burgerskap

Medisyne deur die jare

Die volgende foute en wanvoorstellings kom voor:

Geen geregtigheid nie?

In Pl6:144 word vertel dat mense wat teen die “onregverdige apartheidsregering

geveg” het, “gemartel” is. In Pl6:151 word daar van dieselfde mense gesê dat hulle

“dikwels in die tronk gegooi, geslaan of gemartel [is]. Sommige is gedwing om die land

te verlaat. In sommige gevalle is mense doodgemaak.” Ook: “Die regstelsel was nie

regverdig teenoor almal nie. Mense wat van die regering verskil het, is nie ’n regverdige

kans gebied om hulleself in die hof te verdedig nie.” Mens sou die skrywers dan kon

afvra wat presies die Rivonia-verhoor was, wat daar plaasgevind het, wie die partye

was, en wat hulle gedoen het. As aangeklaagdes nie hulself in die hof kon verdedig

nie, soos die handboek betoog, hoe het Nelson Mandela dan daarin geslaag om ’n

toespraak van drie ure in die beskuldigdebank te lewer? Óf hoe dit gebeur het dat die

aangeklaagdes in die hoogverraadverhoor van 1961 onskuldig bevind en vrygelaat is?

Pius Langa

In HS6:125 word daar van leerlinge verwag om die volgende te doen: “In groepe,

bespreek waarom Pius Langa ’n goeie rolmodel vir jongmense is.” Ox6:91 vra byna

verbatim dieselfde. In die monografietjies oor Langa in die onderskeie handboeke word

bloot vertel dat hy saam met die jeug van sy tyd teen apartheid gewerk het, homself

deur tuisstudie as juris bekwaam het, en later as hoofregter van die Grondwetlike Hof

Page 15: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

14

aangestel is. Wat presies sy deugde en prestasies is, word nie in besonderhede

meegedeel nie. Tog word die leerling egter duidelik vertel dat Pius Langa “’n rolmodel

vir jongmense is”. Die leerling moet bloot sê waarom.

Holistiese “medisyne”

HS6:170-171 propageer dat die drogwetenskap van “holistiese” en “tradisionele” of

“inheemse” medisyne as ’t ware op gelyke voet met Westerse wetenskaplike

geneeskunde is, en dat dit laasgenoemde inderwaarheid kan aanvul, iets wat in

Pl6:190 ondersteun word. Ox6:114 stel dit duidelik: “Siektes het meer as net

liggaamlike oorsake”. “Inheemse genesers” praat dan met voorvadergeeste, soms

deur drome. Daar word nie gesê dat hierdie bloot is wat toordokters of waarsêers glo

hulle doen nie, maar wat hulle wel verrig (ook in Pl6:174–178). Ingevolge KV6:174 is

die beskouing dat tradisionele genesers en inheemse medisynes ondoeltreffend en

onbelangrik is, toe te skryf aan “kolonisering, apartheid en die mag van Westerse

farmaseutiese maatskappye”. Volgens die handboeke geniet inheemse ’n holistiese

“medisyne” ’n lae vlak van erkenning vanweë die praktyk van rassesegregasie. Die feit

dat bygelowe nie aan die streng vereistes van eksperimentele toetsing en deduktiewe

argumentasie van die moderne wetenskap voldoen nie, is klaarblyklik nie ter sprake

nie.

Page 16: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

15

Graad 7 – Sosiale Wetenskappe

Temas (geskiedenis):

Die koninkryk van Mali en die stad Timboektoe gedurende die veertiende eeu

Die trans-Atlantiese slawehandel

Kolonisering van die Kaap in die sewentiende en agtiende eeu

Samewerking en konflik op die grense van die Kaapkolonie in die vroeë

negentiende eeu

Die volgende foute en wanvoorstellings kom voor:

Wes-Afrikaanse “beskawing”

Vd7:124 verkondig dat “die mense van Wes-Afrika” “lank [voor] die meeste Europeërs

kon lees en skryf”. Dokumente in Timboektoe “toon dat die Europeërs verkeerd was in

hul oortuiging dat Afrika ’n “donker vasteland” was. Daar word gesuggereer dat die

werklikheid net mooi andersom was – Europa as ongeletterd, met Afrika wat die lig

van geleerdheid en beskawing dra! Die geleerdheid wat in Timboektoe te vinde was,

was egter Moslem-kundigheid wat hoofsaaklik deur die Touaregs vanaf Noord-Afrika

gebring is. Die vooruitgang aldaar was derhalwe nie ’n Afrika een nie, maar ’n Arabiese

een.

Slawerny in Afrika deur Afrikane

Daar word melding gemaak dat daar reeds slawe in Afrika was voor die koms van

Europeërs. Anders as in die geval van slawerny deur Europeërs, is Afrikane deur hul

Afrikaan-meesters “goed behandel” en “streng reëls omtrent die versorging van slawe

[is] gevolg” (Vd7:131 en VA7:101). Op dié wyse word die vorm van slawerny deur

Afrikane as ’t ware verskoon. Slawe is volgens KO7:105 “eers” “sleg behandel” ná

1600, toe hulle na Amerika geneem is. Swart-op-swart slawerny blyk dus amper ’n

deug te gewees het.

Page 17: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

16

Nat Turner se slaweopstand

Vd7:144 verklaar dat Nat Turner se opstand van 1831 ’n revolusie ontketen het wat

gelei het tot die grootste lewensverlies sedert die Amerikaanse Burgeroorlog. Hierdie

oorlog het egter van 1861–1865 geduur, meer as 30 jaar na Turner se opstand.

Slawerny voorgehou as die oorsaak van gebrek aan ontwikkeling

KO7:118 stel dit dat Afrikane (die slawehandelaars spesifiek) begin het om ekonomies

op slawehandel staat te maak, en derhalwe “het nie enige ander industrieë ontwikkel

nie” – daarom dat Afrika nie dieselfde mate (of enige mate) van wetenskaplike

vooruitgang as die Weste getoon het nie. Afrika was in hierdie tyd steeds in die

Ystertydperk (wat Europa ongeveer 2 500 jaar vroeër beleef het), so dit is uiters

vergesog om te sê dat Afrika in die eerste instansie in staat was om ’n

nywerheidsrewolusie deur te maak. Buitendien was slawerny nie ’n praktyk wat oor die

ganse gebied van Afrika te vinde was nie. Die feit dat samelewings regoor Afrika nie

’n Renaissance, Verligting of Industriële Revolusie gehad het nie, kan eenvoudig nie

toegeskryf word aan slawehandel in sekere gedeeltes van Wes-Afrika nie. Trouens,

hierdie samelewings het indertyd nog nie eens die wiel uitgevind nie.

Khoi se wapens

KO7:137 noem dat baie Khoi tydens botsings met die Nederlanders dood is, “omdat

hulle nie toegang tot wapens gehad het nie”. Dit is egter nie dat die Khoi nie “toegang”

gehad het nie – die Khoi het nog nooit enige tegnologie (insluitend vuurwapens)

ontwikkel nie. Wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en vervaardiging is konsepte

wat geensins in die Khoi se bewussyn aanwesig was nie. Hulle is nie wapens ontneem

of toegang daartoe geweier nie – hulle het dit nooit gekonsepsualiseer en ontwikkel

nie.

Page 18: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

17

Prestasies en bydrae van die Hugenote gekwalifiseer

In KO7:137-138 is daar ’n paar paragrawe oor die Hugenote, waar melding gemaak

word van hul vaardigheid as vakmanne en hul vermoë om druiwe te verbou. Aktiwiteit

3.11, vraag 8, kwalifiseer die Hugenote se kulturele en tegnologiese bydrae soos volg:

“Daar is ten minste twee kante aan elke saak. Die Hugenote het talle suksesvolle

prestasies behaal. Wat is die ander kant van hierdie verhaal as jy die situasie vanuit

die Khoi-Khoi standpunt beskou?”

Trekboere as veediewe

KO7:139 vermeld dat die Trekboere in die sewentiende en agtiende eeu strooptogte

op die Khoi se vee uitgeoefen het. Só word die Trekboere as niks anders nie as

rondswerwende rowerbendes wat eenvoudig op ander se grond en goed beslag lê,

voorgestel.

Vernietiging deur die Hollanders

Vd7:175 begin met die volgende paragraaf:

“Een van die belangrikste gevolge van die Hollandse nedersetting aan die Kaap, soos

gelei deur Jan van Riebeeck in 1652, was die vernietiging van die lewens van die

mense wat aan die punt van Afrika gebore is”.

VA7:173 sê dat “[d]ie Khoi ’n goeie lewe in die Kaap gelei [het] totdat de Nederlanders

in 1652 daar aangekom het”. Vd7:160 lui: “[d]ie aankoms van die Hollanders het in

baie opsigte skadelike gevolge vir die lewens van die plaaslike mense gehad”. Hoe die

goeie lewe voor Van Riebeeck se aankoms en die slegte lewe daarna uitgesien het,

word nie verduidelik nie. Die “skadelike gevolge” wat “in baie opsigte” deur die

Nederlandse aankoms veroorsaak is, word ook nie gekwalifiseer of gekwantifiseer nie.

Grondonteiening

VA7:175 sê dat “die hele gebied wat nou Suid-Afrika is” teen 1600 bewoon was deur

San, Khoi, Sotho-Tswanas, en Nguni’s. Hierdie mense het “vooruitstrewend geleef” –

Page 19: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

18

“En toe het die Nederlanders gekom.” Dit word aan die verbeelding oorgelaat wat

hierdie vooruitstrewing behels het, en hoe die Nederlanders dit beëindig het.

Buitendien het die Nederlanders nie kontak met die Nguni’s en Sotho-Tswanas gehad

nie – dit sou eers ’n eeu of twee later deur Afrikaners geskied. Sodoende kan die

ingeligte leser dan aflei dat “die Blankes” dan die lewe van vooruitgang hier ter plaatse

kom omverwerp het.

Vd7:160 vertel hoedat die “Hollanders eers die Khoikhoi regverdig behandel [het]”,

maar “[l]ater het die Hollanders die Khoikhoi se diere en goed met geweld afgeneem”.

VA7:173 sê ook dat die Nederlanders skuldig was aan “diefstal” en grond aan die Kaap

“onteien” het. Dít is wat aanleiding gegee het tot die “Khoi-oorlog van Onafhanklikheid”

(1799–1803). Ook VA7:188 sê dat Vryburgers die Khoi se grond beset en hulle beeste

“gevat” het.

Vd7:160 se Aktiwiteit 3, vraag 2.c., met verwysing na twee sketse, lui soos volg: “Jy

weet dat die Hollanders soms goed met geweld afgeneem het. Waarom dink jy word

dit nie hier so uitgebeeld nie (Onthou dat hierdie prente deur Hollandse kunstenaars

geteken is).” Met ander woorde, die enigste werklike afbeeldings van gebeure, in die

vorm van tekeninge en skilderye, word as partydig afgemaak. Die Khoi kon nie lees of

skryf nie, nog minder lewensgetroue afbeeldings maak. Dit word nie sodanig gestel

nie. Tog word hul legendes oor die gebeure as die werklike waarheid voorgehou.

KO7:141 sê dat “[g]rondonteiening sedert die vroegste tye in Suid-Afrika plaasgevind

[het]”, en verduidelik verder dat trekboere die Khoi se grond met geweld geneem het.

Die ironie is dat die trekboere enkele paragrawe vroeër as “nomadiese veeboere”

beskryf word. Dus sou ook hulle nie permanent op ’n plek gevestig het nie. Later word

in ’n hersieningsafdeling (KO7:144) gesê dat “die inheemse groepe van hulle grond

ontneem [is] deur die trekboere. Dieselfde geld VA7:189–190. Aldus hierdie bron is die

grond van die San, Khoi en Xhosa deur Boere “onteien”, en die veediefstal en plundery

deur hierdie groepe op die Boere [wat aanleiding gegee het tot die Grensoorloë in die

Oos-Kaap], was bloot “uit weerstand”. Vd7:173 sê dat die Xhosas teen die trekboere

baklei het “teen die verlies van hul grond”.

Page 20: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

19

Etniese uitwissing deur Boere

Voorts (KO7:142) word hierdie “grondonteiening” voorgehou as die rede waarom die

Khoi “op die punt van uitwissing gestaan het” teen die tyd wat die sendeling Georg

Schmidt in 1738 in die Kaap aangekom het. Schmidt sou nou die Khoi se “trots herstel”

na die gewaande “onteiening”. Ook die San-taal was “op die punt om uitgewis te word”,

vanweë “die onteiening van hul grond”. Hierdie idee word in VA7:191–193 herhaal. Die

Khoi-bevolking is inderdaad amper uitgewis, maar in werklikheid vanweë die pokke-

epidemie van 1713. Die Khoi het in die verlede nooit enige blootstelling aan bepaalde

Europese siektes gehad nie, en het dus nie die weerstand daarteen gehad soos die

blanke bevolking nie. Uitwissing deur sodanige siektes was ook ’n algemene

verskynsel in Suid-Amerika tydens die koloniale tydperk.

“Nederlanders”

KO7:147 en 157 praat van “[d]ie Nederlanders” wat die Kaap verlaat het vir die

binneland (Voortrekkers). Die Afrikaners/Boere word sodoende as buitelanders of

Europeërs voorgestel, en kan dan maklik oor dieselfde kam as “koloniste” geëtiketteer

word. Alhoewel Afrikaners van die negentiende eeu nog wel Nederlands as skryftaal

gehad het, het hulle moderne Afrikaans reeds sedert die laat agtiende eeu gepraat.

Boonop het hulle ook nie hulself as Hollanders, Nederlanders of Europeërs beskou

nie.

Aard van die Groot Trek

Die aantal bladsye bestee aan die Groot Trek wissel van een, tot ongeveer twee-en-

’n-half. Alhoewel daar vlugtig genoem word dat die Voortrekkers die Kaap verlaat het

omdat hulle ongelukkig was oor verengelsing en Britse heerskappy, word klem

hoofsaaklik geplaas op klaarblyklike grondonteiening, vernietiging van lewenswyse en

die inboek-stelsel wat deur die Voortrekkers bedryf is. Eers in graad 10, wanneer

Geskiedenis ’n keusevak is, sal die leerder meer oor die Groot Trek leer.

Page 21: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

20

Voortrekkers steel grond

Vd7:191 sê oor die Voortrekkers: “Hulle het gevolglik grond oorgeneem wat reeds

beset was en die inheemse mense se tradisionele lewenswyse omgekrap.” VA7:247

sê dat die Voortrekkers “geen ‘onbenutte’ grond gekry [het] nie”. Die Voortrekkers se

“oorloë teen die Zoeloe- en Ndebele-koninkryke” het “dikwels daartoe gelei dat die

Afrika-mense van hul grond ontneem is”.

Afrikaans

Die herkoms van Afrikaans word soos volg uitgebeeld: “Afrikaans het aan die begin as

’n slawetaal ontwikkel. Dit het ontstaan uit ’n mengsel van Nederlands, Engels en

ander Europese en Maleise tale” (Vd7:163). Ook Vd7:174 sê dat Afrikaans buiten

Hollands ook op Frans, Duits, Maleis en Fries “gebaseer” is. VA7:186–187 noem Khoi-

en slawetale as twee “hoofinvloede” op die vorming van Afrikaans. Afrikaans is geen

Kreoolse taal of patois nie. Dit is ’n Wes-Germaanse taal wat volgens natuurlike wette

ontstaan het. Nagenoeg 95% van die leksikon is van Nederlandse oorsprong, terwyl

woorde met Maleis-Portugese, Duitse, Franse, Khoi en Engelse oorsprong ook

voorkom. Ander tale het egter nie ’n invloed op die vorming van Afrikaans gehad nie,

die sprekers daarvan het wel. Die gebrekkige aanleerders-Hollands van hierdie

vreemdelinge (seelui sowel as slawe) het bygedra tot die vereenvoudigingsproses in

Afrikaans.

“Ten gunste van” Maqoma

In KO7:153 word in Aktiwiteit 4.4, nr. 2.a. die volgende van die leerder verwag:

“Skryf ’n koerantberig oor hoofman Maqoma se lewe vir Die Burger, gedateer 9

September 1873 (die dag waarop Maqoma dood is). Jou berig moet bevooroordeeld

ten gunste van Maqoma wees [my beklemtoning].” Maqoma was ’n Xhosa-hoof wat in

die Grensoorloë teen die Britte en Burgers baklei het. Hy word voorgehou as

verontregte en martelaar. Die leerder word nie toegelaat om sy eie opinie oor Maqoma

te vorm nie. Dit word bloot aan hom opgedwing.

Page 22: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

21

Graad 8 – Sosiale Wetenskappe

Temas (geskiedenis):

Die Industriële Revolusie in Brittanje en Suid-Afrika

o Veranderinge in Brittanje tydens die Industriële Revolusie

o Suidelike-Afrika teen ongeveer 1860

o Die ontginning van diamante in Kimberley vanaf 1867

Die minerale revolusie in Suid-Afrika

o Brittanje, diamantontginning, toenemende arbeidsbeheer,

grondekspansionisme

o Goudmynontginning op die Witwatersrand vanaf 1886

Die stormloop om Afrika in die laat negentiende eeu

o Europese kolonisasie van Afrika in die laat negentiende eeu

o Gevallestudie van die Ashanti-koninkryk

Die Eerste Wêreldoorlog

o Redes vir die uitbreek van die oorlog

o Verskillende aspekte en ervarings van die oorlog

o Vroue in Brittanje tydens die oorlog

o Duitsland se oorgawe en die Verdrag van Versailles

Die volgende foute en wanvoorstellings kom voor:

Afrika “beskawing”

Aktiwiteit 11 in Vd8:175 lui soos volg:

“Ons het vroeër gesien hoe die Europeërs Afrika as ’n ‘donker’ vasteland beskou het,

en Afrikane as ‘onbeskaafde’ [sic] en ‘wilde’ [sic] voorgestel het.

Page 23: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

22

“1. Skryf ’n paragraaf om die volgende vraag te beantwoord: ‘Wat dui daarop dat die

mense wat aan die weskus van Afrika gewoon het, glad nie onbeskaafd en wild was

nie?’ Noem ten minste vier punte.”

Klaarblyklik is die tekens van beskawing (soos afgelei kan word uit die paragrawe wat

die vraag voorafgaan) ystergietery, ruilhandel in goud, ornamente en leer, en die tem

van diere. Via8:172–173 propageer ook dat koninkryke oor Afrika voor kolonisasie

“tegnologies gevorderd” was. Die voorbeelde hiervan is die “mynboutegnologie” soos

gesien kan word in die geval van die Mapungubwe-renoster, en die “argitektoniese en

bouvaardighede” van byvoorbeeld Groot Zimbabwe.

Via8:174 bevat ’n afdeling Kom ons gesels daaroor, wat die volgende vraag aan die

leerling stel:

“Voorkoloniale Afrika was ’n goed ontwikkelde beskawing met eie verskillende

politieke, ekonomiese, sosiale, opvoedkundige, landbou- en godsdiensstelsels.

Waarom dink jy dan het Europeërs die Afrikane as minderwaardig beskou?”

Afrika selfversorgend

Ox8:123 noem dat een van die gevolge van kolonisasie is dat Afrika “nie meer

selfvoorsienend” was nie. Die ironie is dat Afrika wel selfvoorsienend was tydens die

koloniale tydperk, en vandag nié is nie. In Mei 2012 het die Amerikaanse president,

Barack Obama, kort voor die G8-beraad in ’n toespraak die volgende gesê: “Most of

the world’s unused arable land is in Africa. Fifty years ago, Africa was an exporter of

food. There is no reason why Africa should not be feeding itself and exporting food

again. There is no reason for that.” Duidelik was daar onder koloniale beheer baie meer

voedselsekerheid ...

Wetenskaplike kennis

Ox8:124 noem dat Europeërs “inheemse kennis” geïgnoreer het en dat hulle geglo het

“hul eie wetenskaplike kennis beter [is]”. Westerse wetenskaplike kennis behels die

verduideliking en voorspelling van verskynsels, onderhewig aan streng toetsing, en die

Page 24: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

23

opbou van kennis geskied by wyse van logiese deduksie. Dolosse, voorvadergeeste

en die gewaande medisinale eienskappe van bepaalde plant- of diermateriaal kan

eenvoudig nie aan hierdie vereistes voldoen nie. Dit word (en is destyds) ten regte

deur die wetenskaplike gemeenskap summier verwerp.

Boekgeleerdheid

Via8:181 lys onder “Slegte gevolge van kolonisering” die volgende: “’n Nuwe kalender,

tale en skrif is ingestel.” Buiten diegene met ’n Islam-agtergrond in Noord-Afrika het

Afrika suid van die Sahara géén skriftelike tradisie gehad wat hul eie skriftelike erfenis

in gedrang kon bring nie. Trouens, met die koms van koloniste is Afrikane vir die eerste

maal in hul geskiedenis blootgestel aan die skryfkuns en die vermoë om inligting meer

permanent en betroubaar te bewaar. Daar was ook geen kalenders wat vervang kon

word nie. Eers met die koms van Europeërs het hierdie Afrikane bewus geword van

konsepte soos “Woensdag” of “Februarie”.

Beperkte Boere-grondgebied

Ingevolge die kaart van suidelike Afrika in Ox8:37 word die Suid-Afrikaanse Republiek

se grense “nouer” uitgebeeld, weg van die Limpoporivier af. Tussen die Republiek en

sy ware grens is daar Kgacla-, Venda- en Pedi- “onafhanklike state” aangedui. Ook

Vd8:154 toon twee kaarte van Suid-Afrika, om grondeienaarskap in 1860 teenoor 1913

te kontrasteer. Die kaart van 1860 toon géén Boererepublieke aan nie, ook nie ’n Britse

Natal (wat ook eers ’n Boererepubliek was) nie.

Republikeinse onafhanklikheid

Daar word in Ox8:37 gesê dat die Suid-Afrikaanse Republiek (Transvaal) en Oranje-

Vrystaat se onafhanklikheid in onderskeidelik 1825 en 1852 deur Brittanje erken is. Dit

was egter in 1852 en 1854.

Page 25: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

24

Die Pedi’s

Vd8:138 beskryf die Pedi as ’n Shonasprekende groep. Sepedi is inderwaarheid ’n

dialek van Noord-Sotho.

Onderwerping van die Pedi

Ox8:76 stel dit dat Boeremagte Sekhukhune se Pedi’s aangeval het omdat hulle die

ryk goudneerslae aldaar wou hê. Inderdaad was dit hoofsaaklik Britse gouddelwers

wat na Pelgrimsrus gegaan het, en ook gedink het aan Britse anneksasie van die Pedi-

gebied. Tydens die goudstormloop het Sekhukhune maklik wapens by blanke

immigrante in die hande gekry, en hiermee het hy Boere se vee geroof en geplunder

– soveel so dat van die Boere laer moes trek ten einde hulself te beskerm.

Boerekommando’s het opgetrek teen die Bapedi om orde te probeer handhaaf.

Hedendaagse korrupsie

Vd8:172 beskou korrupsie en swak leierskap in hedendaagse Afrikastate “as deel van

die nalatenskap van kolonialisme, wat ’n onregverdige regeringstelsel was”. Ook in

Via8:183 word die “opkoms van magtige leiers wat korrup en gulsig was”, soos Idi Amin

en Mobutu Sese Seko, toegeskryf aan “[d]ie ineenstorting van tradisionele vorme van

regering” weens kolonialisme. Dat korrupsie ’n noodwendige gevolg is van “onreg” is

sekerlik nie deduktief afleibaar nie? Buitendien het talle Afrika-stamhoofde en konings

soos despote geheers in die voorkoloniale tydperk.

Hedendaagse sukses

Suid-Afrika word, saam met Namibië en Botswana, as “stabiele en voorspoedige”

demokrasieë beskryf en as een van die “suksesverhale” van postkoloniale Afrika. Rob

Davies word ook aangehaal om te wys op Afrika en Suid-Afrika se toenemende sukses

en belang in die wêreldekonomie (Vd8:172). Gebrek aan basiese munisipale dienste,

politieke geweld, diensleweringsproteste, toenemende werkloosheid, die MIV/Vigs-

pandemie, xenofobiese aanvalle, energietekort, dreigende voedselonsekerheid en

korrupsie wat hoogty vier in Suid-Afrika, is voldoende om hierdie stellings te repudieer.

Page 26: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

25

Segregasie ontstaan in myne

Ox8:88 meld dat die segregasie wat in die myne van die laat 1800’s in Suid-Afrika

“ontstaan het”, later “versprei [het] na alle vlakke van die Suid-Afrikaanse samelewing

en het eers in 1994 tot ’n einde gekom”. Alhoewel rassesegregasie in die (Britse) goud-

en diamantmyne gehandhaaf is, is dit reeds geïnstitusionaliseer toe Jan van Riebeeck

’n amandellaning tussen die Nederlanders en die Khoi aangeplant het. Skeiding tussen

rasse het nie in die myne ontstaan nie, nóg minder in 1948. Dit was as ’t ware ’n

onmiddellike gegewe sedert blankes die eerste maal voet aan wal gesit het.

Rooibaadjies

Vd8:151 se figuur 6.13 toon Britse soldate tydens die Tweede Vryheidsoorlog in rooi

uniforms. Die Britte het egter kakie gedra – vandaar die volksnaam “Kakies” vir Britse

soldate. Die uniforms lyk ook nie soos dié van die Eerste Vryheidsoorlog nie (toe die

Britte inderdaad rooi gedra het nie).

Verskroeide aarde

Vd8:151 maak melding van die Britte se verskroeideaardebeleid, en dat “eiendom van

die Boere vernietig” is en “boere [sic] se hulpbronne ernstig beperk [is]”. Daar word

geen woord gerep oor die oprigting van konsentrasiekampe, of die vernietiging van

dorpswonings, insluitend kerke, nie. Voorkoms van sterftes word wel in Via8:125–126

genoem.

Rhodes en De Beers

Via8:69 sê dat Cecil Rhodes die maatskappy De Beers in 1888 gestig het, en in 1892

’n ooreenkoms met die Diamant Sindikaat bereik ingevolge waarvan diamantaanbod

en -pryse gereguleer kon word. “Dit het tot die stigting van die Diamantkorporasie in

1930 gelei.” Welke korporasie daarna verwys word, is nie seker nie. Rhodes is in 1902

oorlede, en De Beers bestaan vandag nog onder dié naam.

Page 27: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

26

Suid-Afrika en die Eerste Wêreldoorlog

Klem word uitsluitlik op twee gebeure gelê – Die Slag van Delvillebos (1916) en die

sink van die passasierskip SS Mendi (Vd8:195–196). Klem word ook gelê op die feit

dat slagoffers van die SS Mendi hoofsaaklik swart Suid-Afrikaners was. Geen melding

word gemaak van die Duitswes-offensief, of die ekspedisie na Oos-Afrika nie. Buiten

een terloopse verwysing – “weerstand deur die Boere by die huis” (Via8:252) – word

die Rebellie ook totaal en al verswyg.

Oostenrykse imperialisme

Vd8:185 is van mening dat Aartshertog Franz Ferdinand Serwië “verder in die

Oostenryk-Hongaarse ryk [wou] absorbeer”, en dat hy om hierdie rede deur die pan-

Slawiese idealis Gavrilo Princip vermoor is. Ferdinand was egter van plan om juis

groter outonomie aan die Serwiërs (in wat toe Bosnië was) in ’n veel meer federale

Oostenryk-Hongaarse staat (wat moontlik ’n derde, Suid-Slawiese been sou hê) te

bied. Sodanige federasie sou die Bosniese Serwiërs verhoed om deel te word van ’n

pan-Suid-Slawiese Joegoslawië.

Rusland se draadspringery

Volgens Vd8:200 het Rusland vrede gemaak met Duitsland ná afloop van die Russiese

Revolusie, en het Duitsland nou 400 000 troepe van die oosfront af kon gebruik vir die

Westerse offensief. “Rusland het dus van kant verander!” Rusland het nie “van kant

verander” nie, Rusland het onder sy nuwe regime bloot uit die oorlog onttrek.

Apartheid en loopgraafoorlog

Vd8:192 verduidelik dat die Eerste Wêreldoorlog die bestudering en behandeling van

“sielkundige siektes wat deur geweld veroorsaak word”, soos bomskok en

posttraumatiese stressindroom, ingrypend verander het. Heel lukraak, en verwyderd

van die onderwerp, word dan gesê: “Hierdie versteurings beïnvloed steeds baie Suid-

Page 28: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

27

Afrikaners as ’n gevolg van die gruwels en geweld van die apartheidsjare.” Wat

apartheid met die loopgrawe van die Eerste Wêreldoorlog te make het, weet nugter.

Lord Kitchener

Vd8:188 praat van “Alfred Kitchener, die Britse Minister van Buitelandse Sake”.

Kitchener se name was Horatio Herbert, en hy was Minister van Oorlog (voorloper van

die pos van Minister van Verdediging). Die Minister van Buitelandse Sake ten tyde van

die Eerste Wêreldoorlog was Edward Grey, gevolg deur Arthur Balfour.

Page 29: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

28

Graad 9 – Sosiale Wetenskappe

Temas (geskiedenis):

Die Tweede Wêreldoorlog (1919–1945)

o Die totstandkoming van Nazi-Duitsland

o Die Oorlog in Europa

o Die Oorlog in die Stille Oseaan

Die Kerntydperk en die Koue Oorlog (1945–1990)

o Spanning tussen die geallieerdes na die oorlog

o Einde van die oorlog in die Stille Oseaan; kernwapens

o Definisie van supermoondhede en betekenis van die Koue Oorlog

o Areas van konflik en kompetisie

o Die einde van die Koue Oorlog, 1989

Keerpunte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis sedert 1948

o Die Universele Verklaring van Menseregte

o Definisie van rassisme

o 1948: Nasionale Party en apartheid

o 1950’s: Onderdrukking en nie-gewelddadige weerstand

Keerpunte in die Suid-Afrikaanse geskiedenis: 1948, 1960, 1976 en 1990

o 1960: Die Sharpeville-slagting en die Langa-optog

o 1976: Die Soweto-opstand

o 1990: Vrylating van Mandela en ontbanning van organisasies

Die volgende punte verdien aandag:

Die internasionale geskiedenis word oorsigtelik behandel, en kan maklik tuisgebring

word onder enige heersende Westerse beskouing of beskrywing van die Tweede

Wêreldoorlog. Ook die Koue Oorlog word (moontlik vanweë beperkte omvang)

hoofsaaklik objektief bespreek.

Page 30: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

29

Die afdeling wat met plaaslike geskiedenis te make het, wat “keerpunte in die Suid-

Afrikaanse geskiedenis” behels, het uitsluitlik met die Struggle te make. Aanleiding tot

die algemene versetbeweging word geskets deur te wys op die Universele Verklaring

van Menseregte deur die VN, en die wyse waarop die Afrikanerregering sedert 1948

radikaal afgewyk het van hierdie “universele beginsels”. Daarby was die ideologie van

segregasie en/of apartheid gebaseer op “pseudowetenskap” en die “mite” van

menslike rasse (Ox9:125). Aandag word in die afdeling verleen aan ’n bespreking van

individuele apartheidswette, die impak van die Groepsgebiedewet (slegs met fokus op

swartes), die Versetveldtog, die Freedom Charter en die Vroueoptog. Profiele van

Helen Joseph en Lilian Ngoyi word verskaf.

Die tweede gedeelte lê uitsluitlik klem op die gebeure by Sharpeville, die Soweto-

opstande, toenemende interne konflik, druk vanaf die buiteland, die invloed van die

einde van die Koue Oorlog en die uiteindelike verkiesing in 1994. Daar word onder

meer aan die SAKP, die PAC, Steve Biko, en Tsietsi Mashinini aandag geskenk. In

totaal behels die graad 9-kurrikulum niks wat nié in vele meer besonderhede in graad

11 en 12 gedoen word nie. Sodoende word die graad 9-leerder, tydens die laaste jaar

van sy bemoeienis met die verpligte vak Sosiale Wetenskappe, gedwing om die kern

van die graad 11- en 12-geskiedenis-kurrikulum in te neem.

Page 31: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

30

Graad 10 – Geskiedenis

Temas:

Die wêreld teen omstreeks 1600

o China

o Songhai

o Mongools Indië

o Europese gemeenskappe

Europese uitbreiding en verowerings van die vyftiende tot agtiende eeue

o Impak van Spanjaarde op Sentraal-Amerika en Karibiese eilande

o Impak van Portugese op Afrika en handelsroetes in die Indiese Oseaan

o Impak van die Hollanders op Suid-Afrika

o Slawerny aan die Kaap

o Gevolge van Europese uitbreiding op inheemse bevolkings wêreldwyd

Die Franse Revolusie

o Suid-Afrika in 1750

o Politieke veranderinge 1750–1820

o Politieke revolusie 1820–1835

o Nalatenskap

Transformasies in Suider-Afrika na 1750

o Redes vir die uitbreek van die oorlog

o Verskillende aspekte en ervarings van die oorlog

o Vroue in Brittanje tydens die oorlog

o Duitsland se oorgawe en die Verdrag van Versailles

Koloniale uitbreiding na 1750

o Britse beheer oor die Kaap en verandering in arbeidspatrone

o Uitbreiding van grense en handel

o Boere se reaksie op Britse beheer

o Die Zoeloe-koninkryk en Natalse kolonie

o Samewerking en konflik op die Hoëveld

Die Suid-Afrikaanse Oorlog en Uniewording

o Mynkapitalisme

Page 32: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

31

o Die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899–1902)

o Die Unie van Suid-Afrika 1910

o Die Naturelle Grondwet 1913

Die volgende foute en wanvoorstellings kom voor:

’n Onontwikkelde Europa

Daar word in die eerste hoofstuk pertinent gepoog om die Europese beskawing van

die vyftiende en sestiende eeu in ’n swak lig te stel teenoor die ryke in Asië en Afrika.

In Ox10:17 word daar vertel dat in die vroeë 1400’s gedrukte romans in Beijing te koop

was, terwyl Koning Henry van Engeland slegs 6 boeke gehad het. Daar word ook gesê

dat Europeërs geglo het die wêreld is plat, en dat hulle swak paaie gehad het

(Ox10:38). In hierdie tyd het die Renaissance egter al lankal in aanvang begin neem,

en letterkundige werke deur Dante, Boccaccio en Petrarca was al dekades bekend,

terwyl meesters soos Donatello reeds prominente werke gelewer het. Daarby word

prontuit gesê dat Arabiese en Chinese denke en tegnologie “baie verder gevorderd”

was as in Europa (Ox10:39).

Skeptisisme oor Europese bronne

In Ox10:70 word uitgebrei oor die werk van die historikus Matthew Restall, wat die

algemene opvattings rondom die Spaanse verowerings in die Amerikas bevraagteken.

Volgens hom is die conquistadors se oorwinnings toe te skryf aan interne oorloë tussen

inboorling-Amerikaners. Derhalwe het ’n klein mag Spaanse soldate nie alleen ’n

oorwinning oor die inboorlinge behaal nie. Die Spanjaarde se verhaal oor wat gebeur

het, was bloot “om hulself op te hemel”. Dan word daar gesê: “Leerders, wees versigtig!

Dink altyd na oor waarom mense dinge skryf en sê en wat hulle doen.” Dit is

insiggewend dat slegs die Europese weergawe in twyfel getrek word.

Page 33: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

32

Ontwikkelde Suid-Amerika

Ox10:77 haal ’n gedeelte uit ’n koerantartikel in The Boston Globe van 2005 aan waar

die volgende geskryf is: “Inka-metaalwerk was dikwels net so goed soos Europese

metaalwerk, maar dit het sulke verskillende doeleindes gehad, dat wetenskaplikes dit

tot onlangs toe nie as tegnologie herken het nie. Europeërs het metaal vir gereedskap

gebruik terwyl die Inkas dit primêr gebruik het om rykdom en mag te toon.” Die skrywer,

Charles Mann, erken dat die metaalwerk hoofsaaklik as versiering gebruik is – en nie

as gereedskap nie. Maar dan ís dit immers nie tegnologie nie. Blote vermoë om te

smee, impliseer nie die skep van vindingryke implemente nie.

Die Europese kalender

Ox10:83 sê dat die Asteke ’n “sonkalender van 365 dae gebruik [het] en dit was 100

jaar voordat die Europeërs hulle eie 365-dag kalender uitgedink het”. Dit is eenvoudig

vals. Julius Caesar het die Juliaanse kalender reeds in 46 v.C. voorgestel.

Hollanders steel vee, grond en arbeid

Ox10:94 meld dat die Khoi “gedwing was om bediendes van die Hollanders te word”

weens “verlies van hulle grond”. ’n Bron word dan aangehaal waarin vertel word dat

die Hollanders die Khoi se vee gesteel het ten einde hul landerye te bewerk, en dat die

Hollanders ’n amandelheining geplant het om die Khoi “van hul voorsate se grond” te

skei. Die “bron” is afkomstig uit www.sahistory.org, ’n bekende revisionistiese webblad

wat veral fokus op Struggle-geskiedenis. Daar word ook geen outeur aangedui by

stukke op dié blad nie.

Geloofwaardigheid bevraagteken

Aktiwiteit 2.11, vraag 5 (Ox10:97) lui soos volg: “Hoe sou die feit dat Bron D deur Van

Riebeeck, ’n Hollandse kolonis, geskryf is die betroubaarheid van die bron beïnvloed?

Identifiseer die dele van die bron wat jy voel dalk bevooroordeeld is.”

Page 34: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

33

Slegs Van Riebeeck se dagboek word sodanig bevraagteken. Ander bronne in die

aktiwiteit, afkomstig uit www.sahistory.org en www.historyworld.com [wat in

werklikheid die uitgang .net blyk te hê], word sonder meer aanvaar. Nie een van hierdie

webblaaie het identifiseerbare outeurs vir hul betrokke artikels nie.

“Ontwikkelde tegnologie”

Ox10:176 verwys na implemente en wapens van yster, potskerwe en plekke waar

seremonies gehou is in plekke waar swart kapteinskappe gevestig was. Die ontginning

van yster “dui op ontwikkelde tegnologie”. Dieselfde handboek wat propageer dat

Europa agter die res van die wêreld was, verswyg nou dat Europa reeds twee en ’n

half millennia gelede die ystertydperk binnegegaan het. Europa het reeds sy

Middeleeue, Renaissance, en Hervorming beleef, en was (in 1750, waarby die

handboek stilstaan) te midde die Verligting. Die Westerse beskawing het indertyd op

die vooraand van die Nywerheidsrevolusie gestaan.

Shaka en Nandi se dood

Ox10:189 sê dat Shaka mense ten tyde van sy ma se dood opdrag gegee het om in

die openbaar te treur, en is soms met die dood gestraf indien hulle hierdie bevel

verontagsaam het. Inderwaarheid het Shaka mense én beeste lukraak laat doodmaak,

soms as offer. Meer as 7 000 van sy onderdane is so gedood, juis sodat die volk sou

treur.

Bloedrivier

Die feit dat die terrein van die veldslag as Bloedrivier bekendstaan, vanweë die rooi

kleur van die water, word beskryf as “’n Boere-legende” (Ox10:201).

Page 35: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

34

Retief-Dingane-traktaat

Ox10:202–203 noem dat die Voortrekkers “ook verklaar dat hulle ’n dokument ... in

Retief se sak gevind het. Die egtheid van hierdie dokument is egter te betwyfel”.

Hierdie stelling van die outeurs word dan ook nie gestaaf nie. Waarom is die egtheid

te betwyfel?

Potgieter as slawehandelaar

Ox10:261 sê dat generaal Hendrik Potgieter in die 1840’s in die Wes-Transvaal jong

swart kinders gevang het en by die hawe op Delagoabaai as slawe verkoop het.

Wat se ironie?

“Na die nederlaag van Dingane in 1838 het ongeveer 6 000 Boere hulle in Natal

gevestig (ironies genoeg op die grond wat hulle gesê het Dingane aan Retief gegee

het voordat hy vermoor is).” Dit is juis níé ironies nie. Die Voortrekkers het onderneem

(in Retief se manifes) om niemand se grond te onteien nie. Deur hulle in die gebied

deur Dingane afgestaan te vestig, het hulle hierdie onderneming gestand gedoen.

Voortrekkers vat grond én bewoners

Ox10:264 sê dat in die Republiek Natalia elke burger “2 500 hektaar grond [kon] eis

en die swart werkers wat daarop was”. Hier word blatant geskryf dat die Voortrekkers

grond goedsmoeds gevat het by swart boere, en dan boonop hierdie vorige eienaars

as werkers “kon eis”.

Konsentrasiekampe ’n “noodsaak”

Volgens Ox10:327 is dit “onwaarskynlik dat die Britte ooit bedoel het dat dit [die sterftes

in die konsentrasiekampe] die resultaat moes wees.” Daarby was hulle verplig om die

vroue en kinders “in ’n veilige plek te hou”. Daar word nie gesê dat die vrouens en

kinders hul reeds bestaande veilige plekke kwyt is omdat die Britte hulle afgebrand of

gebombardeer het nie! Melding word ook oor siektes gemaak wat sterftes in die kampe

Page 36: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

35

veroorsaak het, maar nie ’n woord word gerep oor uithongering, glas en metaalhakies

in die voedselrantsoene, of gebrek aan water en brandstof nie.

Uiteenlopende standpunte

Aktiwiteit 6.9 in Ox10:330 maak melding van die feit dat Emily Hobhouse (Bron A) en

Violet Markham (Bron B) se opinies van en rapportering oor die kampe teenstrydig is.

Die leser moet dan besluit welke een die mees betroubare is. Markham het geskryf dat

die Boervroue self verantwoordelik was vir die sterftes vanweë hul gebrek aan kennis

en sanitasie, en dat dokters en verpleegsters teen sulke “gruwels” die stryd moes voer.

Bron D is geskryf deur Sophie Leviseur, ’n Duitse Jodin wat klaarblyklik in die kamp te

Bloemfontein was. Volgens haar is die verhale oor die kampe oordrewe, dat daar nie

vuur op onverdedigde stede was nie, en dat burgerlikes nie gedood is nie. Dit was

vervolgens “soveel ’n ‘gentleman’ se oorlog aan beide kante as wat oorlog kan wees”.

Leviseur se leuens word dan nie deur die handboekskrywers weerlê nie – talle dorpe

(insluitend die kerke) is volkome verwoes, daar is geskiet op vlugtende vrouelaers (in

die Klerksdorp Museum is vandag nog ’n beskadigde grafsteen te sien, raakgeskiet

toe die Engelse tydens ’n begrafnis op vroue losgetrek het), en honderde vroue en

jong dogters is verkrag deur Britse soldate – gruweldade wat nêrens in die handboeke

vermeld word nie.

Boere maak van gewapende swartes gebruik

Ox10:334 het ’n foto wat klaarblyklik “swart skutters in ’n Boere-kommando by Winfield”

aandui. Daar word geskryf dat swartes deur Britte bewapen en as verkenners gebruik

is, maar daar word ook prontuit gesê dat swartes deur die Boere bewapen is. Nie-

blankes is nooit deur die Boeremagte van wapens voorsien nie, aangesien dit teen

hulle beginsels was om eersgenoemdes van vuurwapens te voorsien. Trouens, die

Boere het nie-blankes wat vir die Britte gespioeneer het of deur hulle bewapen is,

gefusilleer.

Page 37: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

36

Versoening

Daar word in Ox10:339 geskryf dat die vredesverdrag “aansienlike hulp vir die

heropbou van [die Boere] se plase ingesluit het”. Brittanje het wel ’n sommetjie

aangebied, maar dit was alles behalwe “aansienlik”. Ná die Tweede Vryheidsoorlog

was Republikeinse Afrikaners volkome verarm. Meeste wonings is vernietig, landerye

en weiding verbrand, en die ganse veestapel van kant gemaak, sodat meeste

(oorlewende) gesinne letterlik niks gehad het nie. Die heropbou wat oor die volgende

dekades plaasgevind het, was die produk van selfdoen-aksies en -projekte deur

Afrikaners self – nie deur Britse liefdadigheid of versoeningsaalmoese nie.

Opdrag: geen Boere in die Boereoorlog nie

Die opdrag aan die einde van die hoofstuk oor die “Suid-Afrikaanse Oorlog” tel 50

punte, verskaf 9 bronne, en strek oor 5 bladsye. Elkeen van die 14 vrae het slegs te

make met “die rol van swartes in die oorlog”. Die leerling word nie getoets oor sy kennis

van die oorlog wat betref persone, insidente en gebeure soos die Jameson-inval; die

Ultimatum; Kruger en Milner en Steyn; Magersfontein, Stormberg en Spioenkop;

Paardeberg; Roberts en Kitchener; die Blokhuisstelsel; die Verskroeideaardebeleid;

guerrilla-oorlogvoering; De Wet en De La Rey; Gideon Scheepers en Danie Theron;

Emily Hobhouse; of die bepalings van die Vrede van Vereeniging nie.

Page 38: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

37

Graad 11 – Geskiedenis

Temas:

Kommunisme in Rusland, 1900–1940

o Die Russiese revolusie

o Lenin se politieke en ekonomiese beleid

o Stalin se politieke en ekonomiese beleid

Kapitalisme in die VSA, 1900–1940

o Kapitalisme in die 1920’s; die Groot Depressie

o Roosevelt en die nuwe bedeling

o Die impak van die depressie (en Tweede Wêreldoorlog) in ander

wêrelddele

Opvattings omtrent ras in die laat negentiende en vroeë twintigste eeu

o Idees omtrent ras: teorie en praktyk

o Gevallestudie: Inheemse Australiërs (Aborigenes)

o Gevallestudie: Die Jode in Nazi-Duitsland

Nasionalismes

o Wat is nasionalisme?

o Nasionalisme in Suid-Afrika

o Gevallestudie: die Midde-Ooste

o Van Goudkus tot Ghana

o Die positiewe en negatiewe aspekte van nasionalisme

Apartheid Suid-Afrika: 1940’s tot 1960’s

o Van segregasie tot apartheid

o Die totstandkoming van die apartheidstaat

o Verset en onderdrukking in die 1950’s

o Sharpeville; Rivonia

Page 39: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

38

Uitsluitlike aandag aan die Struggle

Wat uitstaan in die graad 11-kurrikulum is die skakering van die plaaslike geskiedenis.

Die afdelings oor die Sowjet-Unie en die VSA in die eerste helfte van die twintigste eeu

is ’n bondige, dog deeglike uiteensetting van die gebeure en verskynsels van

toepassing. Saam met die afdelings oor beskouings oor ras en die aard van

nasionalisme verskaf dit goeie agtergrond tot die verstaan van eietydse stelsels,

plaaslik sowel as in die buiteland. In aansluiting hierby is die hoofstuk oor die konflik

tussen Israel en Palestina van voldoende historiese agtergrond voorsien en word dit

objektief aangebied, met beskouings van beide partye se standpunte en oortuigings.

Die plaaslike geskiedenis handel egter uitsluitlik oor die Struggle. Die aanvang van

hierdie narratief is die oorskakeling van “segregasie” wat sedert Uniewording in 1910

geheers het, en “apartheid” wat in 1948 ingestel is. Generaal Hertzog word

geïdentifiseer as die een verantwoordelik vir wetgewing wat skeiding tussen rasse in

die woonplek, werkplek, politiek, administrasie, weermag en reg op grondbesit

bewerkstellig het. Dit word opgevolg deur ’n bespreking van die verdeling (en soms

onderverdeling) van die bevolking in etniese groepe; die groepsgebiedewet; die

passtelsel; afsonderlike onderwys; afsonderlike geriewe; en die aanslag teen

kommunisme en arbeidersverenigings.

Daarna word klem gelê op die versetbeweging, wat insluit die Meidagstaking van 1950,

die Versetveldtog van 1952, die Congress of the People, die opstel en aanvaarding

van die Freedom Charter in 1955, en die vroueoptog van 1956. Hierdie verset sou tot

verdere “verdrukking” lei, wat dan kulmineer in die “Sharpeville-menseslagting” van

1960. Ox11:208 haal dan ’n Britse koerant aan wat volhou dat alle beëdigde

verklarings die Afrikanerregering se bewerings oor die gebeure weerspreek. Daar was

klaarblyklik nie 20 000 mense nie, slegs 4 000, en die skare “[was] vriendelik en

ongewapen”. Nie slegs word die Afrikanerregering tot leuenaars gemaak nie, maar

daar word ook nie gesê dat slegs twee maande vroeër wit én swart polisiemanne deur

’n aggressiewe skare by Cato Manor gestenig en hul lyke vermink is nie. Dít was die

Page 40: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

39

werklike konteks waarin die optog by Sharpeville plaasgevind het. Laastens word

verduidelik dat die gebeure by Sharpeville verantwoordelik was vir die besluit om tot

gewapende verset oor te gaan (daarom is MK en Poqo gestig), gevolg deur ’n

bespreking van die vonnisse uitgereik by die Rivonia-verhoor.

In die afdeling word aandag bestee aan bepaalde persone uit die Struggle-beweging

soos Trevor Huddleston, Albert Luthuli, Steve Biko, Robert Sobukwe, Yusuf Dadoo,

James Mpanza, GM Naicker, Ruth First, Oliver Tambo, Bram Fischer, Walter Sisulu,

Helen Joseph, Ida Mtwana en Lilian Ngoyi; en organisasies of bewegings soos die

ANC, die PAC, SACTU, Umkhonto We Sizwe, Poqo, Industrial an Commercial

Workers’ Union, AMWU, Non-European Unity Movement, FEDSAW, en die Black

Sash.

Afrikanernasionalisme, -identiteit, en -geskiedenis

Waar daar wel by Afrikanergeskiedenis en -erfenis stilgestaan word, word twyfel oor

die juistheid daarvan gesuggereer.

Afrikanernasionalisme en -identiteit word in historiese perspektief geplaas deur te

verwys na die Tweede Vryheidsoorlog (wat weereens, “meer gepas”, die Suid-

Afrikaanse Oorlog heet), die taalstryd, die oorkoming van die Armblankevraagstuk, en

die herdenking van die Groot Trek (1938). Die egtheid en eerlikheid van ’n

Afrikaneridentiteit word egter bevraagteken. Viv11:204 skryf dat Gustav Preller, in sy

biografieë oor Piet Retief en Andries Pretorius, “aan hulle helde-eienskappe toedig”.

Viv11:192-193 sê dat die Afrikaanse taalbeweging “gekombineer [is] met die herskryf

van die geskiedenis” wat die Afrikaner te midde ’n vyandige wêreld van swartes en

Britte geplaas het. Wat die Simboliese Ossewatrek van 1938 betref, sê Viv11:196 dat

die media indertyd “’n nuwe weergawe van die historiese Groot Trek geskryf het” ten

einde dit soos ’n “Goddelik geseënde” beweging te laat lyk. Kortom –

Page 41: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

40

Afrikanerskrywers en -geskiedkundiges van die eerste deel van die twintigste eeu word

voorgehou as revisioniste wat met opset valshede verkondig het ten einde hul eie

idilliese narratief op te tower.

Aktiwiteit 4.12, vraag 2 (Vi11:210) vra aan die leser of hy dink dat

Afrikanernasionalisme ’n sosiaal-maatskaplike maaksel is (in die sin dat dit berus op

’n sg. “verbeelde gemeenskap”). Ox11:139 se Aktiwiteit 3, vraag 5 lui: “Verduidelik hoe

die skepping van Afrikanernasionalisme die begrip van ’n ‘denkbeeldige gemeenskap’

illustreer.” Hierdie vraag word nie gevra wat betref swart nasionalisme nie, ten spyte

van die feit dat laasgenoemde juis berus het op die amalgamering van verskillende

etniese identiteite. Ook in Viv11:196 word die volgende geskryf onder ’n opskrif

“Bespreek en debatteer”: “Werk in pare om die volgende te bespreek: Dink jy dat

Afrikanernasionalisme die ‘ontwaking’ van ’n ou Afrikaner-identiteit was, of is dit

geskep en gemanipuleer deur spesifieke belangegroepe wat ’n nuwe sin vir kulturele

eenheid wou skep deur simbole en instellings?” Viv11:200 maak dit dan later duidelik

dat “[d]ie meeste Afrikaners” [sedert magsverlies] dan ook hul Afrikaneridentiteit laat

vaar het, ten einde “’n inklusiewe Suid-Afrikaanse identiteit” aan te neem.

Daarby het Afrikaners volgens Ox11:137 ten tyde van hul bewindstermyn “regstellende

aksie” toegepas. Die voorbeelde wat die handboek gee, is egter dan glad nie soos

“Affirmative action” in Suid-Afrika vandag daar uitsien nie. Daar word bloot uitgelig dat

Afrikaners volkseie inisiatiewe geloods het in die onderwys (CNO-skole), godsdiens

(wegbly van nie-Calvinistiese kerke) en die ekonomie (Sanlam en Santam, Volkskas,

en die Reddingsdaadbond). Die Afrikaner se vele selfdoen-aksies en -projekte,

waar die volk letterlik homself gehelp het, is allermins “regstellende aksie” ten koste

van enigiemand anders.

Page 42: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

41

Graad 12 – Geskiedenis

Temas:

Die Koue Oorlog

o Die oorsprong van die Koue Oorlog

o Uitbreiding van die Koue Oorlog en opkoms van China

o Hoe Viëtnam die VSA kon oorwin

o Fases in die oorlog

Onafhanklike Afrika

o Hoe onafhanklikheid in die 1960’s en 1970’s bereik is

o Gevallestudies: Kongo (Zaïre) en Tanzanië

o Sukses en uitdagings van onafhanklike Afrika

o Interne en eksterne faktore op Afrika

o Afrika in die Koue Oorlog

Burgerlike samelewingsprotes, 1950’s tot 1970’s

o Oorsig oor vorme van burgerlike protes (feminisme, anti-oorlog,

burgerregte)

o Gevallestudie: VSA-Burgerregtebeweging

o Gevallestudie: Swartmagbeweging in die VSA

Burgerlike samelewingsprotes in Suid-Afrika in die 1970’s en 1980’s

o Die aard van die weerstand na 1960

o Die Swartbewussynsbeweging

o Regeringspogings om apartheid te hervorm

o Interne weerstand teen hervormings

o Internasionale reaksie en internasionale anti-apartheidstryd

o Begin van die einde van apartheid

Die koms van demokrasie na Suid-Afrika en aanvaarding van die verlede

o Onderhandelingsproses en Regering van Nasionale Eenheid

o Die Waarheids-en-versoeningskommissie

o Einde van die Koue Oorlog, nuwe wêreldorde

o Einde van Koue Oorlog, gebeure van 1989

o ’n Nuwe wêreldorde

Page 43: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

42

In die internasionale afdelings oor die Koue Oorlog en die algemene

onafhanklikwording van Afrika word inligting objektief verstrek. Daarby verskaf hierdie

onderwerpe werklik ’n juiste agtergrond om hedendaagse wêreldgebeure te verstaan.

Verduideliking word gegee oor hoe die einde van die Tweede Wêreldoorlog aanleiding

gegee het tot spanning tussen Oos en Wes, hoe China sedert 1940 tot ’n wêreldmag

verrys het, en die oorsake en verloop van die oorlog in Viëtnam. Aspekte hiervan word

dan ook betrek by die afdeling oor onafhanklike Afrika. Aanleiding tot

onafhanklikheidwording en die uiteenlopende wyses waarop dit plaasgevind het, word

aan die hand van gepaste gevallestudies uitgebeeld. Dit geskied objektief met lof en

kritiek op verskeie standpunte, benaderings en beleid. Ook die rol van Afrika as

speelveld vir die Wêreldmagte tydens die Koue Oorlog word verduidelik. Die val van

die ystergordyn se impak op die oorloë in Afrika bied dan ook ’n meer internasionale

perspektief, en groter begrip oor hoe wêreldgebeure bygedra het tot die vorming van

Suid-Afrika se meer onlangse geskiedenis.

In die afdelings oor plaaslike geskiedenis word uitermatige aandag geskenk aan die

Burgerregtebeweging (Civil Rights Movement) en Swartmagbeweging (Black Power)

in die VSA. Ongeveer 35 bladsye word per handboek aan hierdie onderwerpe gewy.

Klaarblyklik moet dit as aanvullend tot die Struggle-gebeure in Suid-Afrika beskou word

(wat die waardes in hierdie Suid-Afrikaanse beweging ’n meer universele strekking of

geldigheid toedig?). Hier word leerlinge gekonfronteer met figure soos Rosa Parks,

Martin Luther King Jnr., Malcolm X, Elizabeth Eckford, Angela Davis, Stokely

Carmichael, Thurgood Marshall, Fannie Lou Hamer, Bobby Searle en Huey Newton.

Meer buitelandse individue verdien hier persoonlike aandag, of word na verwys, as

individue in byvoorbeeld die Groot Trek of die Tweede Vryheidsoorlog – by uitstek die

twee grootste en belangrikste gebeure in die ganse geskiedenis van Suid-Afrika. In

gebeure van internasionale belang, soos die Amerikaanse en Franse Revolusies, of

die Wêreldoorloë, kon hierdie balans meer aanvaarbaar gewees het. Dit is uiters

selektief en subjektief om sodanige klem op die Amerikaanse Burgerregtebeweging te

gee. Waarom soveel aandag hieraan bestee?

Page 44: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

43

Soos in graad 11 is die plaaslike geskiedenis gedek suiwer dié te make met die

Struggle. Klem word hier gelê op die protesbewegings van vroue, die

Swartbewussynbeweging en die Soweto-onluste van 1976. Aandag word veral

geskenk aan bewegings en organisasies soos Cosatu, UDF, UWUSA, Nactu, Actu, die

End Conscription Campaign, en veral die Black Sash. Daarbenewens word onder

meer na die volgende persone verwys (veral in die vorm van toegewyde profiele): Ray

Alexander, Steve Biko, Helen Joseph, Blanche la Guma, Mary Burton, Mamphela

Ramphele, Fatima Meer, Albertina Sisulu, Steve Biko, Barney Pityana en Winnie

Kgware.

Na gedeeltes oor die algemene politieke toestand in Suid-Afrika in die 1970’s en 1980’s

word aandag gewy aan die konflik en spanning van die vroeë 1990’s. Dit word gevolg

deur ’n bespreking van die onderhandelingsprosesse wat aanleiding gegee het tot die

demokratiese verkiesings van 1994, en die daaropvolgende Regering van Nasionale

Eenheid. Daarna val die klem op die werking van die Waarheids-en-

versoeningskommissie. Daar word onder meer vertel dat die Kommissie glad nie die

weg van ’n “Neurenberg-verhoor” wou volg nie, en dat klem op versoening geplaas is.

Ter afsluiting word Robbeneiland en Freedom Park voorgehou as geskiedkundige

gedenktekens wat die leerling kan besoek ten einde sy erfenis te onthou en gedenk.

Page 45: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

44

Vat ons geskiedenis terug

Afrikaners staan vandag in die beskuldigdebank van die geskiedenis – die volgende

dinge gebeur:

Historiese name van stede en strate word uitgewis.

Kultuurgoedere wat nie gebreek, gesteel, verlê, vernietig of oorgeneem word

nie, word verwaarloos.

Afrikanergeskiedenis in skoolhandboeke word herskryf.

Afrikanerkinders moet glo hulle voorouers was kriminele wat ’n misdaad teen

die mensdom gepleeg het.

Dié soort hantering van geskiedenis is ’n klassieke gevallestudie van kulturele

imperialisme. Die doel van die ANC se kulturele imperialisme is duidelik: Afrikaners se

historiese selfbeeld, kulturele selfvertroue en trots moet vernietig word. Die ANC se

imperialistiese hantering van Afrikanergeskiedenis kom in wese neer op kulturele

moord. Dit is juis om dié rede belangrik dat leerders, ouers en die breë gemeenskap

kennis dra van die feitelike onjuisthede en die wanvertolking van Afrikanergeskiedenis

om die doel te bereik.

Die FAK wil geensins Afrikanerkinders ontmoedig om geskiedenis as skoolvak te neem

nie. Inteendeel, die FAK wil soveel as moontlik Afrikanerkinders aanmoedig om

geskiedenis te neem. Die ideologiese verdraaiing en wanvertolking van die

geskiedenis skep juis ’n geleentheid vir Afrikanerkinders om kennis te neem van die

politieke propaganda en die noodsaaklikheid daarvan om eietydse antwoorde daarop

te ontwikkel. NP van Wyk Louw het juis in Liberale nasionalisme beklemtoon: “... om

te lewe uit ’n tradisie is om te leef met ’n bestendige debat met die verlede.” Sonder ’n

breë historiese agtergrond sal dit nie moontlik wees nie.

Page 46: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

45

Historiese geheueverlies

’n Groter probleem as die ideologiese beperkings van die skoolkurrikulum, is egter die

omvang van die historiese geheueverlies onder Afrikaners. Die gebrek aan historiese

kennis ontmagtig Afrikaners om deel te neem aan die ideële debatte van ons tyd. Die

verdraaiing van geskiedenis is egter niks nuuts nie. JD Kestell skryf reeds in 1926 dat

die onderwysstelsel so ontwerp is dat die Afrikanerkind nie iets van sy eie geskiedenis

moes leer nie. Afrikanerkinders moes destyds veral onder die indruk gebring word van

die mag en luisterryke geskiedenis van Groot-Brittanje. Dit het tot gevolg gehad dat

Afrikanerkinders die Britse geskiedenis goed geken het. Hulle het die name van die

Britse konings op die punte van hulle vingers geken. Tog het hulle geen idee gehad

wie Piet Retief, Gerrit Maritz of Andries Hendrik Potgieter was nie. Van Jan van

Riebeeck en Simon van der Stel het hulle nog nooit gehoor nie.

In die verlede was dit skrywers en digters soos JD Kestell, CR Swart, Totius, NP van

Wyk Louw, C Louis Leipoldt, MER en vele ander wat die geskiedenis vir

Afrikanerkinders laat leef het. Daardeur het hulle ook Afrikanerkinders gehelp om hulle

historiese selfrespek te herwin. Vandag rus die verantwoordelikheid op die skouers

van oupas en oumas, pa’s en ma’s om geskiedenis vir hulle kinders te laat leef. Die

verantwoordelikheid om die geskiedenis oor te dra, rus vandag op die

Afrikanergemeenskap self.

Nuwe tye vra ’n nuwe benadering tot geskiedenis

Die kritiese vraag is: Is die pogings om die Afrikanergeskiedenis binne die leerplanne

van die staat reg te stel, nie ’n reaktiewe benadering tot die probleem nie? Die

regstellings vereis gedetailleerde verduidelikings van konteks en motief, wat ook ’n

breë historiese kennis veronderstel. Die owerheid se ideologiese benadering in die

huidige kurrikulum word inderwaarheid die vertrekpunt ingevolge waarvan die

Afrikanergeskiedenis aangebied word. Bitter min Afrikanerkinders het nog geskiedenis

as skoolvak. Die oormatige klem op regstellings gaan nie noodwendig die meerderheid

Page 47: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

46

jongmense se belangstelling prikkel en tot ’n herstel van ons historiese bewussyn lei

nie.

Dit bring ons by die verskil tussen ’n staatsbenadering en ’n gemeenskapsbenadering

in die hantering van geskiedenisopvoeding. In die vorige bedeling is

Afrikanergeskiedenis vanuit die perspektief van die staat aangebied.

Afrikanergeskiedenis het toe gefokus op groot volksgebeure, veldslae, militêre en

nasionale volksleiers – alles dinge wat fokus op die staat as uitgangspunt. In dié proses

het die fokus van die geskiedskrywing nie op die gemeenskap self, soos die verhale

van gemeenskapsleiers, kerkleiers, ekonomiese leiers, onderwysleiers, kultuurleiers,

skrywers, digters, ensovoorts, geval nie. Ook die Afrikanervrou, met die uitsondering

van enkeles, het bitter min plek gekry as rolmodelle vir die Afrikanerjeug. Vandag kan

die volgende vraag gevra word: Is die historiese geheueverlies onder Afrikaners nie ’n

simptoom van hierdie klem op die staatsperspektief (eerder as die

gemeenskapsperspektief) nie? In hierdie proses het die geskiedenis vir

Afrikanerkinders ’n dooie vak vol vervelige feite geword.

Die Afrikaanse digter, predikant en koerantredakteur, Izak de Villiers, pleit: “Ons moet

ons eie geskiedenis as groep weer in ere herstel, want dit lê op die oomblik aan skerwe.

Die skole gaan dit nie vir die Afrikaner doen nie.” De Villiers beskryf die proses as

“konfronteer jou duiwels, maar soek ook jou engele. Jy vertrap nie jou eie helde nie, jy

bou hulle”. De Villiers se pleidooi sluit aan by die FAK se benadering tot

Afrikanergeskiedenis. Die benadering kan saamgevat word in die volgende hoofpunte:

Die geskiedenis kan nooit op ’n neutrale wyse aangebied word nie. Die wyse

waarop die skoolkurrikulum ideologies gelaai is, bevestig dit. Maar die

geskiedenis kan wel vanuit ’n gemeenskapsperspektief op ’n gebalanseerde

wyse aangebied word. Professor Hermann Giliomee het tereg opgemerk dat

Afrikaners, soos enige ander gemeenskap, ook net ’n normale geskiedenis wil

hê. Dit wil sê ’n geskiedenis met heldeverhale waarop Afrikanerkinders trots kan

wees, maar ook met foute waaruit kinders toekomslesse kan leer.

Die FAK is voorstanders van ’n hermeneutiese skuif weg van

staatsgesentreerde geskiedskrywing na gemeenskapsgeskiedskrywing.

Page 48: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

47

Kultuurgemeenskappe moet eienaarskap vir hulle eie geskiedenis neem. Vanuit

hierdie invalshoek word geskiedenis persoonlik vertolk aan die hand van die

gesin, familie, die taal-, kultuur- en gemeenskapsleier, en die organisasie se

verhouding tot groot historiese gebeure. Deur ’n persoonlike benadering word

die menslike kant van Afrikanergeskiedenis bevestig, teenoor die ontmensliking

daarvan deur die staatsideologie. Dit skep ’n geleentheid vir historiese

regstellings en die neem van eienaarskap.

Simptome van die historiese geheueverlies is die gebrek aan kulturele

selfvertroue en selfrespek. Afrikaners het deur eeue op feitlik elke lewensterrein

met voorposdenke hoëfunksieprestasies gelewer. Die prestasies moet afgestof

en weer beklemtoon word.

Die FAK se doenplan vir geskiedenisbevordering

Die FAK is reeds besig met die volgende aksies vir die bevordering van

Afrikanergeskiedenis:

Die FAK het die heel eerste Internetmuseum vir Afrikanergeskiedenis ontwikkel

om gesinne en families by te staan met hulle verantwoordelikheid van

geskiedenisoordrag. Deur die internetmuseum is Afrikanergeskiedenis

toeganklik in elke huishouding, tablet, slimfoon en klaskamer.

Op die internetmuseum is die volgende reeds beskikbaar:

- Afrikaners se stigtingsdokumente

- Kultuurgeskiedenis

- Monumente en erfenisterreine

- Biografiese profiele

- Verskillende tydvakke, bv. die Pioniers (1652–1820)

- Foto’s van Afrikanergeskiedenis

- Foto’s van Taalgeskiedenis

- Foto’s van die FAK se geskiedenis

- Suider-Afrika geskiedenis

- Geskiedenisartikels

Page 49: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

48

Afrikanerorganisasies kan ook hulle trotse geskiedenis op die internetmuseum

vertel.

Kultuurhistoriese bydraes vir Kultuurkroniek word ontwikkel deur die

erfenisjoernalis, Marthinus van Bart.

Die FAK ontwikkel met behulp van ’n vakadviseur lesplanne vir

Afrikanergeskiedenis wat aanvullend tot skoolkurrikulums gebruik kan word. Dit

word gratis op die internetmuseum gepubliseer.

Die FAK is besig om ’n omvattende databasis met biografiese profiele te

ontwikkel van Afrikaners wat op vele lewensterreine presteer het en steeds

presteer.

Die FAK gee ook erkenning aan jongmense se bydrae tot

geskiedenisontwikkeling deur top geskiedenistake op die webbladsy te

publiseer.

Die Afrikaanse Skole-Ekspo bied jaarliks ’n geskiedeniskompetisie aan om

geskiedenis te bevorder.

Die FAK bied in samewerking met ’n reisagentskap ’n Westerse geskiedenistoer

aan na Nederland, Duitsland, Frankryk en Switserland vir skoolgroepe en ’n

Oorsprong na Afrikaans-toer na Nederland, België en Frankryk.

Die FAK bied vanaf 2016 binnelandse toere vir skoolgroepe aan na Groot Trek

en Anglo-Boereoorlog historiese terreine.

Vakspesifieke seminare deur verskeie historici word vanaf 2016 landswyd vir

geskiedenisonderwysers aangebied.

Die FAK ontwikkel ’n historiese plakkaatreeks oor Afrikanergeskiedenis wat

onderwysers in hulle klaskamer kan opsit.

Die FAK ontsluit sy reuse fotoversameling van Afrikanergeskiedenis om dit

toeganklik te maak op sosiale media en op die internetmuseum.

Die FAK is besig met ’n omvattende projek om die FAK-argief toeganklik te

maak vir navorsers. Die FAK-argiewe bevat ’n omvattende versameling van

meer as tagtig jaar se Afrikanergeskiedenis.

Die FAK werk reeds saam met verskeie Afrikanergemeenskappe wat self

verantwoordelikheid vir die bewaring van kultuurbakens in hulle omgewing

neem. Daar sou boekdele geskryf kon word oor wat gemeenskapsorganisasies

Page 50: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

49

alles positief doen vir die bewaring van Afrikaners se kultuurerfenis en die

instandhouding van kultuurbakens.

Die FAK ontwikkel met behulp van kundiges ’n Praktiese handleiding vir

erfenisbewaring in gemeenskappe.

Die FAK bied later vanjaar ’n beraad vir Geloftekomitees en

gemeenskapsorganisasies aan om samewerking beter te koördineer ten einde

Afrikanergeskiedenis op elke dorp te bevorder.

Die FAK neem die historiese Afrikaanse lied in beskerming deur binnekort in

samewerking met die gewilde groep, Beeskraal ’n Volk-en-vaderland CD te laat

verskyn.

Die FAK is in samewerking met verskeie kunstenaars besig om Anglo-

Boereoorlog-gedigte en -liedere te verwerk in ’n kunstefeesproduksie en later

’n CD.

Deur middel van die NP van Wyk Louw-sentrum hou die FAK Afrikaners se

historiese dagboek en kultuuralmanak op datum.

Die NP van Wyk Louw-sentrum publiseer jaarliks verskeie publikasies wat

verband hou met historiese en kulturele herdenkingsgeleenthede.

Die NP van Wyk Louw-sentrum publiseer ideële artikels op standpunte en dra

op dié wyse by tot die uitbou van ’n eietydse geskiedenis.

Elkeen kan help om Afrikanergeskiedenis te skryf. Die FAK nooi alle Afrikaners om

hulle persoonlike herinneringe, werksherinneringe, foto’s, historiese briewe en

interessante verhale te stuur vir publikasie op die internetmuseum. Skryf die storie van

jou pa of ma of ouma of oupa. Skryf jou gesin of familie se heldeverhale neer. Vertel

jou dorp of plaas se storie. Vertel van jou mense se hoëfunksieprestasies, of dit in

wetenskap, ekonomie of voormalige staatsdiens was. Deur doelgerig saam te werk,

neem ons weer eienaarskap van ons geskiedenis. Besoek die Internetmuseum by

www.afrikanergeskiedenis.co.za en stuur jou bydrae aan [email protected].

Page 51: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

50

Bronnelys

Graad 4:

Almal verstaan Sosiale Wetenskappe: P. Ranby.

Headstart Sosiale Wetenskappe: M. Monteith; L. Shaw; R. Versfeld.

Ken & Verstaan Sosiale Wetenskappe: Susan Heese & Lee Smith

Platinum Sosiale Wetenskappe: P. Ranby; B. Johannesson; R. Versfeld; G.

Keats.

Viva Sosiale Wetenskappe: F. Ebrahim & V. Jardine.

Graad 5:

Ken & Verstaan Sosiale Wetenskappe: Susan Heese & Lee Smith

Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe: L. Dilley; M. Monteith; A. Proctor; G.

Weldon

Platinum Sosiale Wetenskappe: P. Ranby; B. Johannesson; R. Versfeld; M.

Slamang; B. Roberts

Viva Sosiale Wetenskappe: F. Ebrahim; V. Jardine; S. Haw

Graad 6:

Headstart Sosiale Wetenskappe: R. Doubell; M. Monteith; R. Versfeld.

Ken & Verstaan Sosiale Wetenskappe: Susan Heese & Lee Smith.

Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe: L. Dilley; M. Monteith; A. Proctor; G.

Weldon

Platinum Sosiale Wetenskappe: P. Ranby; B. Johannesson; R. Versfeld; G.

Keats.

Page 52: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

51

Graad 7:

Sosiale Wetenskappe Vandag: J. Earle; G. Keats; A. Clacherty; V. Edwards; B.

Roberts; P. Thraves; S. Doubell.

Kollig op Sosiale Wetenskappe: Allwood, Jill; Hambly, Anthony.

Via Afrika Sosiale Wetenskappe: L. Innes.; L. Ntwape; N. Parsard; B. Tobin; A.

Tshibalo.

Graad 8:

Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe: J. Bottaro; S. Cohen; L. Dilley; R.

Versfeld; P. Visser.

Sosiale Wetenskappe Vandag: J. Earle; G. Keats; A. Chlacherty; B. Roberts; P.

Thraves; S. Doubell.

Via Afrika Sosiale Wetenskappe: L. Ntwape; N. Parsard; B. Tobin; A. Tshibalo.

Graad 9:

Kollig Op Sosiale Wetenskappe: Jill Alwood; Anthony Hambly

Oxford Suksesvolle Sosiale Wetenskappe: J. Bottaro; S.Cohen; L. Dilley; D.

Duffett; P. Visser

Via Afrika Sosiale Wetenskappe: L. Ntwape; N. Parsard; B. Tobin; A. Tshibalo.

Graad 10:

Viva Geskiedenis: K.L. Angier; J.T. Hobbes; E.A. Horner; R.L. Mowatt; G.

Nattrass; J.A. Wallace.

Page 53: ’n Ondersoek na die feitelike korrektheid van die ... · Die Afrikanernasionalisme wat in die twintigste eeu begin bloei het, word gekoppel aan “die begrip van ’n denkbeeldige

52

Graad 11:

Almal verstaan Geskiedenis: E. Brink; C. Fowler; A. Grundlingh; E. Varga; J.

Verner.

Oxford – Opsoek na Geskiedenis: J. Bottaro; P. Visser; N. Worden.

Verken Geskiedenis: M. Fernandez; M. Friedman; M. Jacobs; B. Johannesson;

J. Wesson.

Via Afrika Geskiedenis: S. Grové, J. Manenzhe; A. Proctor; B. Tobin; G.

Weldon.

Viva Geskiedenis: K.L. Angier; J. Hobbes; P. McMahon; R.L. Mowatt; G.

Nattrass.

Graad 12:

Verken Geskiedenis: M. Fernandez; L. Wills; P. McMahon; S. Pienaar; Y. Seleti;

M. Jacobs.

Viva Geskiedenis: K.L. Angier; J.T. Hobbes; E.A. Horner; J.L. Maraschin; N.

Mhlaba; R.L. Mowatt.