20
September 2012 A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN DIE HERDERSPAAR NUWE BESTUURSRAAD 67 MINUTE SOEK DIE ANTWOORD LEDIGE UURTJIES GIVE MORE - NOT LESS MAG EK MY BEKOMMERNIS … EPOS INVALGEDAGTES BEWARE OF TERRORISTS … GENADE FOTO NUUS AL BRUIS DIE JORDAAN J &W ON THEIR WEDDING DAY JOU HOEK VAN LAFENIS ONS STEL BEKEND KINDERHOEKIE INKLEURPRENT ADVERTENSIES Johannes 15:8 “Hierin is my Vader verheerlik, dat julle veel vrug dra; en julle sal my dissipels wees.” Foto: Donovan Kleinhans

Aptytwekker

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maandelikse Nuusblad Van AGS Corpus Christi

Citation preview

Page 1: Aptytwekker

September 2012

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

• NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

• NUWE BESTUURSRAAD

• 67 MINUTE

• SOEK DIE ANTWOORD

• LEDIGE UURTJIES

• GIVE MORE - NOT LESS

• MAG EK MY BEKOMMERNIS …

• EPOS INVALGEDAGTES

• BEWARE OF TERRORISTS …

• GENADE

• FOTO NUUS

• AL BRUIS DIE JORDAAN

• J &W ON THEIR WEDDING DAY

• JOU HOEK VAN LAFENIS

• ONS STEL BEKEND

• KINDERHOEKIE

• INKLEURPRENT

• ADVERTENSIES

Johannes 15:8

“Hierin is my Vader

verheerlik, dat julle

veel vrug dra; en julle

sal my dissipels wees.”

Foto: Donovan Kleinhans

Page 2: Aptytwekker

2

Dit is weer lente, winter is verby. Kyk tog hoe staan die blomme

in die vlei. Is dit nie lieflik! Lyk hul tog nie skoon!

O, om vir altyd tussen hul te woon! Inderdaad, ons sien dit om ons en ons voel dit in die lug. Die lente bloeisels is oral te bespeur en in die lug; die geur van nuwe lewe wat ontwaak. Die son se lengte het langer geraak en die lang en uitgerekte winter van 2012 begin plek maak vir warmer temperature. Jes. 43:18 - “Dink

nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.”

Jes. 43:19 – “Kyk, Ek gaan iets nuuts maak; nou sal dit uitspruit; sal julle dit nie merk nie?” Wanneer die Bybel praat van nuwe lewe dan het dit altyd in gedagte dit wat God in ons doen: Die nuwe hart en nuwe geboorte deur die Heilige Gees in die mens se lewe. Die vraag altyd: Het

jy dit al ontvang, die nuwe lewe in Christus? Daar is hulle wat dit maar net so

aanhoor en stil-swygend dink dis maar net geestelike taal - daar is nie regtig so iets nie.

Ander kom al die jare saam met die kerk en dink dis vir ander en nie vir hulle nie.

Nog ander praat maar saam met die wat dit wel ontvang het, maar in hul hart weet hulle dat hulle dit nog nie ontvang het nie.

Dan is daar diegene wat ‘n dag en ‘n datum het. Wat ernstig en opreg gekniel het by die kruis en gebreek het met die sonde lewe en die Here Jesus aanvaar het as hule persoonlike Saligmaker. Eg en

opreg! Vir hulle geld die Skrif in 2 Kor. 5:17 – “Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.”

Mag jy ook na Jesus kom en dit ontvang! Past. Piet & Susan Smit

NUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAAR

Page 3: Aptytwekker

3

67 MINUTE 18 Augustus 2012

Hier is Rene Morris, Annelie

Botha & Susan Smit (neem foto)

besig om hul 67 minute gemeen-

skapswerk te doen. Die poskantoor

se gronde het nie geweet wat hul

getref het nie! Wat het JY gedoen?

Wat doen ons as ons verby ‘n

papier in die straat loop!!!

Nuwe

Bestuursraad

Magrieta van Rooyen,

Joyce Jasson

(Tesourier), Gummy

v/d Westhuizen (Visi-

Voorsitter), past. Piet

Smit, Morgan

Leander, Venter

Archer en Roderich

Onverwacht

(Sekretaris).

SOEK DIE ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD Die persoon in die Bybel wat bang was vir ‘n klap en ‘n vrou, is die onregverdige regter in Luk 18:1-8. Calvin Parsons het die antwoord verskaf. Baie mooi!

HIERDIE KEER SE VRAAG Ek beskou my honde as twee wakker honde. Wie in die Bybel het dieselfde eienskap gehad?

Sms jou antwoord en skryf: “Soek die antwoord” en antwoord en jou naam. Sms na 073 447 2902

Page 4: Aptytwekker

4

Toe daar aan ‘n toegewyde ou Skotse dame gevra is wat sy met haar ledige tyd doen, het sy geantwoord:

“Ek neem my liedereboek en sing ‘n loflied aan God. Daarna neem ek my Bybel en gee God die geleentheid om met my te praat. As ek moeg word vir sing en lees, sit ek net stil en verlustig my in die teenwoordigheid van die Here.”

Was dit al ooit u ondervinding?

Hoe bring u daardie ledige oomblikke deur? Die rede waarom kinders van die Here so

koud en afvallig is teenoor God, is grootliks te wyte aan hulle gebrek aan stille omgang met Hom. Hy verlang na u gemeenskap, en u

geestelike lewe sal oneindig daardeur verryk word.

(Ingestuur deur Wilma van Rooyen)

WIL JY GEDOOP WORD? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.

Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit (022-487 2200)

Page 5: Aptytwekker

5

There is one that scattereth, and yet increaseth; and there is one that with holdeth more than is meet, but it tendeth to poverty. – Proverbs 11:24

When money gets tight, it's al-ways a temptation to cut down on your giving. After all, it seems like

the logical thing to do. Don't do it! You'll end up cutting off the flow of God's financial blessings just when you need them most.

I faced that kind of situation just a few years ago. This ministry had fallen behind financially--one million dollars to be exact. Gloria and I had been living by faith for 20 years at that time. We knew firsthand that God would meet our needs--"according to his riches in glory by Christ Je-sus" (Phil. 4:19). We'd seen God prove that over and over again, not only in our personal lives but in the life of our ministry as well.

Yet this particular time, all the prayers and the faith that had brought us victory before just

didn't seem to get the job done. In fact, as time went on, the situation grew worse instead of better.

By the end of the year our deficit had grown to be a million dollars.

Frustrated and weary, I finally went to God one day and laid the situation out before Him. "Lord," I said, "You see the condition of this ministry. I need a million dol-lars just to break even."

"Oh no, you don't!" the Lord re-plied.

I could hardly believe it. How could He possibly be telling me that I didn't need a million dol-lars? Hadn't He looked at the books? Hadn't He talked to my accountant? I was stumped. All I could figure was that I'd misun-derstood something. So I went through it all again.

Again He said, "Oh no, you don't."

Despite my initial confusion, as I kept asking and listening, I be-gan to understand what the Lord was telling me. He was saying that the red ink on the books wasn't the only thing wrong.

(Continued on page 14)

(Kenneth Copeland)

Page 6: Aptytwekker

6

M ag ek my

bekommernis met jou

deel?” vra hy. “Nee,” sê ek

dadelik. Toe sien ek die skok in

sy oë. Sy vraag was net retories

bedoel. Dit was die standaard

inleiding tot sy

nimmereindigende

bekommernisse en

besware.

Na jare se aanhoor

hiervan wou ek as

jong leraar nie nog

een enkele stukkie

bekommernis oor sy lippe hoor

nie. Nooit was daar iets goed

waaroor hy kon getuig nie. As ek

dit gewaag het om goeie nuus

met hom te deel, was die

reaksie: “Ja maar...” En dan volg

daar weer drie donker stories oor

alles wat verkeerd is met die

kerk en die wêreld.

Ken jy sulke soort mense?

Natuurlik! Party deel hulle

beswaardheid tydig en ontydig.

Gee jy hulle ‘n kans, dan hoor jy

waarteen hulle gekant is van

sonop tot sononder. Daarom dat

hulle elke slag frons wanneer die

Here se aardse

hoopverspreiders

vertel van al die goeie

dinge wat Hy steeds

doen. Ek het gekies

om liewers na

hoopverspreiders te

luister as na al die

toksiese klakouse.

Maak vandag ‘n goeie keuse om

jou met sulke hoopvolle mense

te omring. En vertel ook sommer

‘n paar goeie-nuus stories van

jou eie. Praat die klakouse in ‘n

hoek in met getuienisse oor God

se goedheid.

oOo

“Mag ek my bekommernis met jou deel?”

(Vir ingeval jy gewonder het - nee!) (Stefan Joubert)

Page 7: Aptytwekker

7

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe

van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die

Naam van die Here Jesus! U Woord

sê: “Elkeen wat die Naam van die

Here aanroep, sal gered word (Rom

10:31). Ek roep U aan! Vergewe my

die sonde wat tussen my en U staan.

Ek het berou daaroor,

want dit het U heilige

Naam onteer. Was dit

weg met U bloed, Here

Jesus.

Here Jesus, ek nooi U

as die Here van my

lewe, kom in my lewe

om die beheer van my

lewe oor te neem en my te wederbaar

tot ‘n nuwe skepsel. U Woord sê: As

julle wat sleg is, weet om goeie

gawes aan julle kinders te gee,

hoeveel te meer sal julle Hemelse

Vader julle die Heilige Gees gee aan

die wat Hom bid:”(Luk. 11:13). Ek

vra U ook om my nou te

vervul met U Heilige Gees en dat dit

sal word soos strome van lewende

water wat uit my binneste kom(Joh.

7:38) terwyl ek U prys! Ek verwag

om in tale te spreek soos die Gees

aan my gee om uit te spreek (Hand.

2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige

Gees aan jou gee - nie

jou eie taal nie. Jy

moet jou eie stem

gebruik. God sal jou

nooit forseer om te

praat nie. Aanbid God

elke dag in tale. Jy sal

nooit weer dieselfde

wees nie.!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-

gemeente - nie ‘n kerk wat uit

skeuring ontstaan het nie. Laat jou

doop in water (mark 16:16, Hand.

2:38) en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by:corpuschristi@cybersmart. co.za

Oorgawe gebed

Page 8: Aptytwekker

8

L L L L atest news reports are that five terrorist cell groups have been operating in many of our churches.

They have been identified as: Bin Sleepin, Bin Arguin, Bin Fightin, Bin Complainin, and Bin Missin.

Their leader, Lucifer Bin Workin, trained these groups to destroy the Body of Christ.

The plan is to come into the church disguised as Christians and to work within the church to discourage, disrupt, and destroy.

However, there have been reports of a sixth group.

A tiny cell known by the name Bin Prayin is actually the only

effective counter terrorism force in the church. Unlike other terrorist cells, the bin Prayin team does not blend in with whoever and whatever comes along.

Bin Prayin does whatever is needed to uplift and encourage the Body of Christ. We have noticed that the Bin Prayin cell group has different characteristics than the others.

They have Bin Watchin, Bin Waitin, Bin Fastin, and Bin Longin for their Master, Jesus Christ to return.

No church is exempt! You can spot them if you bin lookin and bin goin.

Beware of Terrorists Beware of Terrorists Beware of Terrorists Beware of Terrorists Groups in ChurchGroups in ChurchGroups in ChurchGroups in Church

( Ingestuur deur Rene Morris )

Page 9: Aptytwekker

9

GENADE IS `n reusewoord. Amper TE GROOT om te

verstaan. Omdat genade ons OORMAAK:

Genade is iets wat eenvoudig gegee word. Genade neem die

onbruikbare stukkies van ons laslappielewe en werk dit, nog voor

ons vra, aanmekaar in pragtige heelwees-prentjies. Dit neem

die hart wat deur die modder gesleep is hemelse wassery toe

en hang dit weer - silwerskoon en netjies gestryk - op die hanger van die lewe. Dit maak moedeloses weer mense

van hoop, verander bitterheid in vergifnis en herskep

verlorenes in Ewigheidskinders. Deur genade word `n troostelose

toekoms omskep in `n lewe wat uitsien na môre.

Goddelike genade stel nie voorwaardes nie, het nie

verwagtinge nie, deel nie reels uit nie en verwyt nooit nie. Dit sê:

Ek het jou lief net soos jy is. Jy hoef nie `n eers-mens te wees nie: iemand wat eers moet doen, werk, lyk, gee en dien nie. Ek gee aan jou My vergifnis, aanvaarding en

liefde terwyl jy is wat jy is. Want Ek het gekom om uitgetorringde lappiesmense se lewe aanmekaar te werk tot `n hemelse

eenheid. God se genade is te groot om te verstaan. Tog is dit

waaroor ons geloof gaan. Waaroor die liefde, die lewe en die

ewigheid saam met Christus gaan.

Gelukkig hoef ons nie eers die omvang van God se gee-genade

te begryp voor ons dit aanvaar nie. Ons kan dit, wat so onvoor-

waardelik aan ons geskenk word, maar net met dankbaarheid

omarm en ons eie maak.

Skrywer - Onbekend

Page 10: Aptytwekker

10

FOTO-NUUS

Aanddiens - 29 Julie 2012

Links:

Magrieta van

Rooyen en haar

sellede sing ‘n

lied voor sy die

Woord bedien.

Nasionale Vrouedag - 9 Augustus 2012

Onder: Daar is ook ‘n

heerlike ete voorgesit.

Dankie vir elkeen se

aandeel en hulp.

Links:

Die pragtige

ruiker is

gerangskik

deur René

Morris.

Bo: Hier doen Vredenburg Louwville se vroue ‘n lofdans.

Daar was ook verskeie ander itemme. Elkeen baie spesiaal.

Bo middel: Daar was meer as 300 vroue saam om Vrouedag

te vier. Vroue het sover as Lambertsbaai gekom. Prys die

Here!

Gesinsdiens - 22 Julie 2012

Bo: Warm toegedraai in ‘n kombers het die ge-

meente saam ‘n gesins DVD gekyk. Dit het so

bietjie gehelp vir die koue .

Toneel - 19 Augustus 2012

Regs: Breek-’n-

plank

produksies

het hier

opgetree.

Links:

Past. Errol & Rina le

Roux was ons gasspre-

kers.

Regs: Die voorsangers

en musiekspan van AGS

Corpus Christi.

Page 11: Aptytwekker

11

Doopdiens - 12 Augustus 2012

Lizette

Janse van Rensburg

Adrian Bruintjies Andrew Larey Alto van Dyk

Voorstelling - 19 Augustus 2012

Bo van links na regs: Adrian Bruintjies

& klein Liam, Lizette Janse van Rens-

burg, Francios & Annelie Botes, en Alto

& Tallie van Dyk en hul seun Pieter.

Baie welkom in die gemeente.

Onder: Kyk hoe smul hierdie broers aan

die pannekoek!!!

Verrassingsdiens - 19 Augustus 2012

Bo: Wat ‘n verrassing!!! Die susters het panne-

koek gebak. Daar was sommer baie om te eet.

Onder: Die vrouespan juig en gaan te kere omdat hulle

die woord “ruiter” in ‘n geestelike lied kon

vind. “Dis die Ruiter op die witperd”.

Links: (Foto: Piet Smit) Wat ‘n mooi toneel. Ons kyk uit na

daardie dag as Jesus op die wolke

kom!

“Kyk Hy kom met die wolke...”

Open. 1:7

Page 12: Aptytwekker

12

(Vervolg vanaf Augustus)

Dit was die derde aand. Ek was moeg en hartseer, tog dankbaar vir ‘n paar bekerings. Terwyl iemand die diens afsluit met ‘n dankgebed, gebeur daar skielik die onverwagte, die hemelse! Dit was iets soos op die dag van Pinkster in Handelinge Die Heilige Gees het neergedaal op die ongeveer 250 kinders. Gelyktydig begin hulle te huil en hul sondes te bely. Sommiges hardloop vorentoe en gryp my hande, ander my arms, ander val plat op die grond en almal roep uit om genade. Ek hoor van al die kante: ,,O tannie, bid vir my”, ,,O nee, bid vir my eerste,” ,,O, my sonde is so swart, so swart,” ,,O, sê nou net Jesus kom, wat word van my?”

So het die hulpgeroep van al die kante gekom. Die oortuiging van sonde het sommige kinders so aangegryp dat dit gelyk het of hulle daaronder kon sterf. Die wroeging en verwyt by andere oor hul ongeregtighede was hartverskeurend. Daar was kinders en jongmense van ongeveer ses tot twintig jaar.

Diegene wat reeds vir ‘n geruime tyd bekeerd was en die wat tydens die vorige paar dae gered is, het die doping in die Heilige Gees

ontvang. Sommige van hulle het vir ure aaneen in vreemde tale gespreek. Selfs diegene wat daardie aand so ‘n ernstige bekering ondervind het, het onmiddellik ‘n magtige doping in die Gees van God ontvang. Baie het ure op die vloer gelê met gesigte wat soos dié van ‘n engel gelyk het. Na hulle weer tot hulself gekom het, het verskeie vertel van gesigte wat hulle gesien het.

Die volwassenes se diens het bietjie laat uitgekom. Hoe verskrik was die ouers nie toe hulle by hul tente kom en die kinders nog nie daar vind nie. Almal het vinnig na die kindertent gekom om hulle te soek en wat ‘n toneel het hulle begroet! Die sterke teenwoordigheid van die Heilige Gees

het oortuiging van sonde selfs in die ouerharte, wat miskien verkoud of onweergebore was, verwek. Baie van hulle het neergekniel, terwyl hul ‘n diepe oorgawe aan die Here gemaak het. Ander ouers wat op die doping in die Heilige Gees gewag het, het die heerlike ondervinging deelagting geword toe hulle ingekom het, of toe hulle aan hul kinders geraak het!

Uur na uur het verbygegaan soos ‘n paar minute. Mense het steeds toegestroom en gedrink uit

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 13: Aptytwekker

13

AtAtAtAt the end of the wedding party, Jocelyn’s mother gave her a new bank savings book with a de-posit of R1,000. “Jocelyn, take this savings book and keep it as a record of your marriage. When something happy and memo-rable happens in your new life, de-posit some money and write next to the amount what it was for. The more memorable the event, the more money you deposit. I’ve made the first deposit for you today. Do the others with William. When you look back after years, you will know how much hap-piness you’ve shared.

Jocelyn shared this with William when they got home. They both thought that it was a great idea and were anxious to know when the second deposit would be made.

This was what they had done after some time: 7 February - R100 (William’s first birthday celebration after marriage) 1 March - R300 (Jocelyn gets a salary raise) 20 March - R200 (vacation trip to the coast) 15 April - R2000 (Jocelyn is preg-nant!) 1 June - R1000 (William got pro-moted)

and so on …

However, after some years, Jocelyn and William started fighting and ar-guing over trivial things. They did not talk much any more. They re-gretted that they had married the most horrible person in the world. There was no more love … (Kind of typical, hey …)

Jocelyn talked to her mother. “Mom, we can’t stand it anymore!

We agreed to get di-vorced. I can’t imagine how I could marry that guy! “Sure, girl”, her mother said. “Do what you think is best if you really can’t stand it.

But before that, do one thing first. Remember the savings book I gave you on your wedding day? Take out all the money and spend it first. You should not keep any record of such a poor marriage”.

Jocelyn thought it was true. She went to the bank and stood in the queue to close the account. While she was waiting, she took a look at the savings book record. She read, and read, and read. The memories of all the joy and happiness came up in her mind and her eyes filled with tears. She left and went back home, where she handed the sav-

(Continued on page 14)

Jocelyn and William on their wedding dayJocelyn and William on their wedding dayJocelyn and William on their wedding dayJocelyn and William on their wedding day (Skrywer Onbekend )

Page 14: Aptytwekker

14

ings book to William and asked him to spend the money before getting divorced.

The next day William handed the savings book back to Jocelyn. She found that a new deposit of R5000 was made and written next to it was: “Today I realised how much I’ve loved you through the years and how much happiness you’ve brought me.” They hugged and cried and put the savings book back

in the safe.

Do you know how much money they had saved? I did not ask. I don’t think the money mat-tered any more after they had shared so many good years together …

When you fall, don’t’ look back at the place where you fell, instead look back at the place where you

stumbled. Life is about correcting mistakes.

@@@

(Continued from page 13)

Jocelyn and William on their wedding dayJocelyn and William on their wedding dayJocelyn and William on their wedding dayJocelyn and William on their wedding day ( Skrywer onbekend )

There was a bigger problem be-hind it.

Then He showed me what I needed to do was to start giving ten percent of the ministry's in-come into ministering to the poor.

To the natural mind that looked like no solution at all. How do you solve a deficit by giving away what money you've got? But when I applied that solution, the million dollar deficit began to dis-appear.

Remember that next time the devil tries to put the squeeze on you. Break his hold on your fi-nances by giving more instead of less. It won't be long until the prosper-ity of God is poured out on you! Scripture Reading: 1 Kings 17:1-16

***

(Continued from page 5)

(Kenneth Copeland)

Page 15: Aptytwekker

15

die Heilfontein, Jesus Christus. Een kind na die ander het later tot homself gekom en opgestaan, ‘n nuwe skepsel in Christus. Tussen een, en twee-uur die nag het sommige ouers hulle kinders opgetel, en in hulle arms tent toe gedra. Intussen het die kinders, nog steeds onbewus van hulself, in die hemelse taal aangehou spreek.

Vanaf die volgende dag was die hele atmosfeer verander. Hulle was ook gered en almal het na die tent gestroom as dit tyd vir die diens was. Die getuienisse wat gevolg het was soms so verruk-lik dat mens beswaarlik kon glo dat dit uit ‘n kind se mond kon kom.

Ek het die kinders gevra om te bid dat die Here vir ons ‘n mooi naam vir die kinderkerk sou gee. Die volgende dag kom ‘n jong Christen

daar en vra of hy die kinders ‘n nuwe koortjie mag leer. Die oomblik toe hy die woorde daarvan in Engels voordra: ,,Sunshine corner, oh ‘tis very fine…” flits dit deur my hart: ,,Daar is die naam, Sonskynhoekie!” Die vorige aand het die Here self Sonskynhoekie gestig en bevestig en nou het die regte naam ook gekom!

Skynbaar was dit nie net die kinderkerk wat daar ‘n naam ontvang het nie. Die kinders het my dikwels gevra: ,,Wat is tannie se naam?” Dan het ek geantwoord: ,,Tannie Van Graan.” ,,Maar dit is te swaar om te onthou,” het die kleineres gesê, ,,het tannie dan nie nog ‘n

naam nie?” Onbewus van die gevolge het ek geantwoord: ,,Tant Sannie,” en die kleinspan was tevrede. Dit het ,,tant Sannie” en ,,Sonskynhoekie” gebly tot vandag toe.

(Vervolg volgende maand )

(Vervolg vanaf bl. 12)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

MyMyMyMy seun, onderhou my

woorde en bewaar my

gebooie by jou;onderhou

my gebooie, dan sal jy lewe, en my

onderwysing soos jou oogappel;bind

hulle aan jou vingers,skryf hulle op

die tafel van jou hart.

Spr 7:1-2

Page 16: Aptytwekker

16

Die samekomste van gelowiges moet wees soos die bokser se hoek, na elke rondte. Tydens ‘n rondte word die bokser half voos geslaan deur sy opponent, maar daar is darem die lafenis in sy hoek wanneer die klok die einde van daardie rondte aankondig. Vir die volgende klompie minute kan die bokser dan in sy hoek terugsit en ontspan en ervaar hoedat hy na siel, gees en liggaam bedien en verkwik word.

� Sy gesig word afgespons met heerlike koel water;

� Sy rug, arms en nek word gemasseer;

� Salf word aangesmeer op elke kneusplek;

� Sy afrigter is daar om taktiek te bespreek en raad te gee;

� Energie gewende sap word hom aangebied;

� Elkeen wat ‘n bydrae kan lewer om hom moed in te praat is daar!

So moet die Sondag of elke ander onderlinge byeenkoms gedurende die week wees vir ons as gelowiges. “Voos geslaan” deur die week se stryd en gewoed in die sekulêre sisteem met mense wat afgunstig is in ‘n wrede wêreld van kompetisie; kom God se kinders na die diens. Hoe heerlik as ons daar instap en bedien word:

� Net al die sien van my broers en susters in die Here, is soos ‘n lafenis. Ons lees van Paulus in Hand. 28:15 – “En die broeders wat van ons lotgevalle gehoor het, het ons daarvandaan tegemoetgekom … en toe Paulus hulle sien, het hy God gedank en moed gevat.”

� Elke glimlaggie is soos ‘n koel waslap wat oor die bokser se gesig gevee word.

� Elke vriendelike groet is soos ‘n aanmoediging.

� E l k e h a n d d r u k o f omhelsing gee nuwe krag.

� D i e l o f p r y s i n g e n aanbidding is soos daardie energie koeldrank.

� Die aanraking van die Heilige Gees is soos die salf op die bokser se kneusplekke.

� Die Woordbediening is soos die raad van die bokser se afrigter.

As ek daar uitstap is ek geïnspireerd, herstel en reg vir die volgende rondte se “geveg.” Wat ‘n lekkerte om deel te wees van só ‘n gemeente!

Maar wat ‘n agterstand sonder die ondersteuning van die onderlinge byeenkomste. Dis soos ‘n bokser wat tien rondtes moet veg sonder ‘n hoek van lafenis. Geen bokser sal dit maak. Net so ook ek en jy!

-oOo-

(Geskryf deur past. Piet Smit)

Page 17: Aptytwekker

17

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Gesie Lourens

♦ WAAR IS SUSTER GEBORE? Steenbok Fontein duskant Lambertsbaai ♦ WATTER SOORT WERK DOEN SUSTER? Opsigster by Kaap Agri ♦ BEOEFEN SUSTER ’N SPORT? Nee ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE?

Alle kosbare dienste en die ware omgee tussen mense.

♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Ons Herderspaar ♦ WIE IS SUSTER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER? Danie Botha ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die volle prys my aan die kruis aan Golgota betaal is.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Sago Poeding ♦ HOE ONTSPAN JY? Deur baie te stap en die natuur te bewonder. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK? Niks anders as wat ek doen nie. ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Vir my gesin wat aan my geleen is oppad Hemel toe.

♦ WAT BEGEER SUSTER NOG VAN DIE HERE? Dat almal in my familie gered sal word.

♦ WAT FRUSTREER VIR SUSTER DIE MEESTE? Mense wat hul voertuie in die nag opwen en nie kan weg kom nie.

Page 18: Aptytwekker

18

Leer hier

die

versie.

Siestog! Sy ken nog nie vir Jesus as haar vriend nie.

Die lewe is

nie lekker nie!

Niemand gee

om nie! Almal

haat my …!!

1.

Huh? Mý VRIEND

wees? Kan ék ‘n vriend

van Jesus wees?

ER-EN-STIG??

Hallo daar! Het jy geweet

dat Jesus jou lief het en

dat Hy jou vriend wil wees?

3.

Lees elke dag

jou Bybel, sada

t jy

Jesus beter ka

n leer ken - om

uit

te vind wat is

belangrik vir H

om.

Bid baie - praa

t met Jesus in

stilte , sodat

Hy met jou ka

n praat!

Jy sal Sy stem

leer ken as jy

genoeg tyd me

t Hom spande

er. Dan

sal Hy ook geh

eime aan jou b

ekend

maak nes jy m

et ‘n maatjie d

oen…..

Lees 1 Thes

. 5:17; Ps.1:

2; Ps.

25:14; Joh. 15

:15

Bid in jou eie woorde en vertel Jesus wat Sý vriendskap vir jou beteken - so liefde-vol en wonderlik.

Wat sê die Bybel in Johannes

15:14?

“Julle is My vriende as julle alle

s doen

wat ek julle beveel“

2.

4.

Page 19: Aptytwekker

19

KLEUR MY IN

GEE IN BY DIE KINDERKERK (Laerskool kinders en kleuters)

Naam: _______________________Telefoon nr. __________________

Page 20: Aptytwekker

20

SWART SAKKESWART SAKKESWART SAKKESWART SAKKE

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk! Probeer m

y !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

KontakKontakKontakKontak Hendrik BurgerHendrik BurgerHendrik BurgerHendrik Burger 082 649 4653082 649 4653082 649 4653082 649 4653

Uitstekende diens!

Vra Susan Smit

Facebook ICON

MET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind,

is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n

ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!