10
20 SWART SAKKE Ekstra sterk! Probeer my !!! Kontak Hendrik Burger 082 649 4653 Uitstekende diens! Vra Susan Sm it ACVV Naskoolsentrum (Albaniestraat, naby Laerskool) Aasnsoeke vir 2013 word nou aanvaaar vir graad R tot graad 7 Ons bied aan: Huiswerktoesig en ‘n veilige omgewing tot 17h30 op weeksdae. Vakansie toesig ingesluit. Navrae 022-482 3096 BP Atlantic Verskaffers van GAS en OLIE asook groothandel DIESEL Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3 P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299 Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702 www.bpatlantic.co.za Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07 A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 www.agscorpuschristimalmesbury.co.za Maart 2013 ptytwekker ppetiser NUUS VAN DIE HERDERSPAAR DIE KAAL WAARHEID AS DIE HEMEL ‘N “VOICE... ASAF LEER ‘N LES LATEST CANCER INFORMATION DIE GEE VAN TIENDES ADDICTED TO THE WORD FOTO NUUS AL BRUIS DIE JORDAAN MET ‘N DOEL DIE SKEPPER SE DIËET WIL JY GEDOOP WORD? ONS STEL BEKEND SOEK DIE ANTWOORD OORGAWE GEBED EPOS INVALGEDAGTES INKLEUR PRENT ADVERTENSIES Sonsopkoms vanaf Kasteelberg Foto : Anton du Plessis

Aptytwekker

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maandlikse Nuusblad

Citation preview

20

SWART SAKKE

Ekstra sterk! Probeer my !!!

Kontak Hendrik Burger 082 649 4653

Uitstekende diens! Vra Susan Smit

ACVV Naskoolsentrum (Albaniestraat, naby Laerskool)

Aasnsoeke vir 2013 word nou aanvaaar

vir graad R tot graad 7

Ons bied aan:

Huiswerktoesig en ‘n veilige omgewing

tot 17h30 op weeksdae.

Vakansie toesig ingesluit.

Navrae 022-482 3096

BP Atlantic

Verskaffers van GAS en OLIE

asook groothandel DIESEL

Malmesbury Depot Schoonspruitweg 3

P.O. Box 1120 Malmesbury, 7299

Tel: +27 22 482 1967 Fax: +27 22 482 1702

www.bpatlantic.co.za

Vat/BTW reg no: 4770192344 Reg no: 200/026135/07

A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd

Malmesbury, 7300 [email protected]

Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200

www.agscorpuschristimalmesbury.co.za

Maart 2013 ptytwekker

ppetiser

NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

DIE KAAL WAARHEID

AS DIE HEMEL ‘N “VOICE...

ASAF LEER ‘N LES

LATEST CANCER INFORMATION

DIE GEE VAN TIENDES

ADDICTED TO THE WORD

FOTO NUUS

AL BRUIS DIE JORDAAN

MET ‘N DOEL

DIE SKEPPER SE DIËET

WIL JY GEDOOP WORD?

ONS STEL BEKEND

SOEK DIE ANTWOORD

OORGAWE GEBED

EPOS INVALGEDAGTES

INKLEUR PRENT

ADVERTENSIES

Sonsopkoms vanaf Kasteelberg

Foto : Anton du Plessis

2

D ie saak wat vir my uitstaan die

afgelope tyd, is die reeks oor die Verstopte Putte. Diegene wat die boodskappe gehoor het, sal onthou ons het gepraat oor o.a. die drie dinge wat in die Handelinge kerk sowel as in die vroeë AGS teenwoordig was, maar wat verstop geraak het:

Wonders en Tekens, Die Werkinge van die

Heilige Gees en Die Liefde

Ons ontken nie dat ons tog so hier en daar van die mooi dinge het, maar nie soos in die vroeë ou dae waarvan ons die getuienisse het van die Pinkster pioniers. Ons dank die Here dat ons kan sê: Druppeltjies maak ons reeds dankbaar, maar ons behoefte is groot.

Ons het by die einde van die reeks „n verbond met die Here gesluit dat ons nie sal rus alvorens ons nie weer die verstopte putte in ons persoonlike lewe sowel as in die kerk se bestaan oop het nie. Ons mag dit nie vergeet,

want ons het voor God gestaan met die erns van ons wese. Ons moet mekaar v o o r t d u r e n d d a a r a a n herinner. Wanneer jy nie lus is vir iets of sommer uit laksheid „n laer standaard wil handhaaf as die Woord; herinner jouself aan ons verbond voor die Here en mag ek ook sê, met mekaar as God se familie.

Oor die wonders en tekens en die werkinge van die Heilige Gees is aan die einde van die dag, grootliks in God se hande. Maar wat die liefde betref, is dit grootliks in ons hande. Die liefde bly die grootste van alles (1 Kor. 13:13). Jesus het gesê (Joh. 13:35): “Hieraan sal almal weet dat julle My dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.” Nie kennis, nie lofprysinge … maar liefde.

Kom ons maak ons hart nog wyer oop vir mekaar. Kom ons deel nog meer in mekaar se lewens en ons laat die liefde seëvier in ons gemeente lewe.

Past. Piet & Susan Smit

NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

19

KLEUR MY IN

GEE IN BY DIE KINDERKERK (Laerskool kinders en kleuters)

Naam: _______________________Telefoon nr. __________________

18

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag „n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by :corpuschristi@cybersmart. co.za

Oorgawe gebed

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe

van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die

Naam van die Here Jesus! U Woord

sê: “Elkeen wat die Naam van die

Here aanroep, sal gered word (Rom

10:31). Ek roep U aan! Vergewe my

die sonde wat tussen my en U staan.

Ek het berou daaroor, want dit het U

heilige Naam onteer. Was dit weg met

U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here van

my lewe, kom in my lewe om die

beheer van my lewe oor te neem en

my te wederbaar tot „n nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is, weet

om goeie gawes aan julle kinders te

gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse

Vader julle die Heilige Gees gee aan

die wat Hom bid:”(Luk. 11:13). Ek vra

U ook om my nou te vervul met U

Heilige Gees en dat dit sal word soos

strome van lewende water wat uit my

binneste kom(Joh. 7:38) terwyl ek U

prys! Ek verwag om in tale te spreek

soos die Gees aan my gee om uit te

spreek (Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige Gees

aan jou gee - nie jou eie taal nie. Jy

moet jou eie stem gebruik. God sal

jou nooit forseer om te praat nie.

Aanbid God elke dag in tale. Jy sal

nooit weer dieselfde wees nie.!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-

gemeente - nie ‘n kerk wat uit skeuring

ontstaan het nie. Laat jou doop in

water (mark 16:16, Hand. 2:38) en

word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

3

Het jy ook al van “die naakte

waarheid” gehoor? Interessante

uitdrukking of hoe! Seker omdat

leuens altyd klere aanhet. Of

dalk omdat halwe waarhede

graag met pantoffels rondloop.

En omdat wit leuentjies nog altyd

pikswart is. In elk geval, die

waarheid hoef nooit opgetooi te

word nie. Dit

kan lig vat. Dit

steek nooit iets

weg nie.

Waarheid is

oop en bloot,

sigbaar en

deursigtig. Mense wat die

waarheid liefhet, is mense so reg

na God se hart. Dis mense wat

nie nodig het om gedurig te

onthou waar hulle wat vir wie

gesê het nie, omdat hulle weet

hulle praat altyd eerlik en

openhartig die hele waarheid.

Hulle gaan slaap rustig elke

aand sonder „n gewete wat pla

oor al die waarhede wat hulle

daardie dag nekom gedraai het

om hulleself te pas. Om die

waarheid lief te hê, is „n kosbare

onderdeel van geloof. Om dit te

praat, te dink en te leef, is die

sigbare handtekening op „n lewe

van

integriteit

voor God

en mense.

Waarheid

is soos die

belt om ons middel, skryf Paulus

in Efesiërs 6.

Dit hou ons geestelike klere in

plek.

Terloops, sit jou eie belt vandag

stewig?

(Stefan Joubert)

Die Kaal Waarheid

4

Ons is almal aan deesdae se “voicemail” gewoond, maar het jy al ooit gewonder wat sou gebeur as die Here ook besluit om so „n diens aan te skaf? Verbeel jou jy begin bid en hoor die volgende: “Dankie dat jy die huis van my Vader geskakel het. Kies asseblief een van die volgende opsies:

#druk 1 vir versoeke. #druk 2 vir danksegging. #druk 3 vir klagtes. #druk 4 vir enige ander navrae”. Wat as God die bekende verskoning sou gebruik; “Jammer al die engele is op die oomblik besig om sondaars te help. Jou oproep is vir ons belangrik en sal beantwoord word sodra daar „n konsultant beskikbaar is. Wees asseblief geduldig”, en dan hoor jy die musiek speel. Kan jy jou voorstel om die volgende te hoor; “as jy wil praat met;

# Gabriel druk 1. # Migael druk 2. # vir enige ander engel druk 3.

# As jy wil hoor hoe koning Dawid „n Psalm sing terwyl jy aanhou druk 4. # om uit te vind of een van jou geliefdes in die hemel ingeteken het ; druk 5 plus sy identiteitsnommer, druk dan die sterretjie (as daar geen reaksie is nie, probeer areakode 333), as daar nog geen reaksie is nie, is ons lyne oorlaai, probeer asseblief weer later.

# Vir bespreking in my Vader se huis, druk # J-o-h-a-n-n-e-s *3-16 # Vir antwoorde op lastige vrae i.v.m. dinosourusse, die aarde se ouderdom en waar Noag se ark is, wag asseblief totdat jy eendag hier is.

“Ons rekenaar wys dat jy alreeds een keer vandag gebid het. Lui asseblief af en probeer more weer. Hierdie kantoor is vir die naweek gesluit vanwee „n godsdienstige vakansiedag. Probeer asb. Maandag na 09:30vm. Indien jy in ‘n noodgeval buite kantoor ure verkeer, skakel jou plaaslike predikant:

(Vervolg op bl. 5)

(ANNONIEM)

17

ONS STEL BEKEND

Hierdie maand gesels ons met

Steve Leander

WAAR IS BROER GEBORE? Malmesbury

WATTER SOORT WERK DOEN BROER? Nutsman

BEOEFEN BROER ‟N SPORT? Nee

WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE GEMEENTE?

Vriendelikheid en liefde

WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Pastoor Piet Smit

WIE IS BROER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER Danie Botha

WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Die Dag toe die Here my siel kom red het.

WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Braaivleis met aartappel slaai.

HOE ONTSPAN JY? Om Bybel te lees.

WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN MOONTLIK?

Argitek WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR?

Vir ons baba wat oppad is.

WAT BEGEER BROER NOG VAN DIE HERE? My eie huis en „n vaste werk.

WAT FRUSTREER VIR BROER DIE MEESTE? As ek nie „n ding kan regkry soos ek hom wil hê nie.

oOo

16

WIL JY GEDOOP WORD? Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop.

Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom „n ongehoorsame kind wees, as jy „n gehoorsame kind kan wees?

Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit (022-487 2200)

VORIGE KEER SE ANTWOORD Die dissipel Natanael word verbind met die naam Bartholomeus. Niemand kon die antwoord voorsien nie.

HIERDIE KEER SE VRAAG Was die kliptafels met die Tiengebooie klein of groot?

Sms jou antwoord en skryf: “Soek die antwoord” jou antwoord en jou naam.

Sms na 073 447 2902

SOEK DIE ANTWOORD

5

Ps.73 is een van daardie gedeeltes in die Bybel wat jou kom troos wanneer jy voel die lewe druk en is onregverdig. Ons lees hier van „n man met die naam van Asaf. Hy sukkel met die onreg van die lewe. Hy kan nie verstaan hoe die sondaar en die goddelose tog so gelukkig en voorspoedig kan wees nie. Alles loop net altyd met hulle reg en dit lyk asof die lewe met die blink kant na hulle gekeer is. Maar wat homself betref, wil dinge net nie so mooi loop nie, terwyl hy tog trag om die Here te dien en homself nie te besoedel

met die sonde van die wêreld nie (Psalm 73:13). Moontlik het jy ook al met dieselfde saak geworstel: “Is ek as kind van God nie veronderstel om beter daaraan toe te wees nie? Maar voorwaar, dit lyk nie

regtig so nie. As ek net dink hoe geniet die klomp drinkers die lewe met hulle vuil grappe. Kyk net hoeveel kêrels is daar vir die loskop dames beskikbaar en omgekeerd. Dis

regtig soos die opskrif van Ps. 73 in die Ou Vertaling dit stel: Die Groot Raaisel.” „n Broer in die gemeente (JS)

(Vervolg op bl. 9)

ASAF LEER „N LES (Skrywer Piet Smit)

Dankie Here, dat daar nie so iets soos „n “voicemail” by U bestaan nie - en dat U altyd na my luister as ek tot U bid en dadelik antwoord.

(Vervol vanaf bl. 4)

(Annoniem)

6

(Repeated from previous month)

8. Initial treatment with chemo-therapy and radiation will often reduce tumor size. However pro-longed use of chemotherapy and radiation do not result in more tumor destruction.

9. When the body has too much toxic burden from chemotherapy and radiation the immune system is either compromised or de-stroyed, hence the person can succumb to various kinds of in-fections and complications.

10. Chemotherapy and radiation can cause cancer cells to mutate and become resistant and diffi-cult to destroy. Surgery can al-so cause cancer cells to spread to other sites.

11. An effective way to battle cancer is to STARVE the can-cer cells by not feeding it with foods it needs to multiple.

What cancer cells feed on:

a. Sugar is a cancer-feeder. By cutting off sugar it cuts off one important food supply to the can-cer cells. Note: Sugar substitutes like NutraSweet, Equal, Spoon-ful, etc are made with Aspartame and it is harmful. A better natural substitute would be Manuka hon-ey or molasses but only in very

small amounts. Table salt has a chemical added to make it white in colour. Better alternative is Bragg's aminos or sea salt.

b. Milk causes the body to pro-duce mucus, especially in the gastro-intestinal tract. Cancer feeds on mucus. By cutting off milk and substituting with un-sweetened soy milk, cancer cells will starved.

c. Cancer cells thrive in an acid environment. A meat-based diet is acidic and it is best to eat fish, and a little chicken rather than beef or pork. Meat also contains

livestock antibiotics, growth hor-mones and parasites, which are all harmful, especially to people with cancer.

(Continue next month)

LATEST CANCER INFORMATION (From Johns Hopkins)

15

vloeiend in ander tale gepraat asof dit hul eie moedertaal was.

Die atmosfeer was vervul met die krag van God. Toe die ouers later daarheen gestroom het om hul kinders te soek, het baie van hulle ook die Goddelike doping ontvang.

Die seën van God het egter nie altyd met groot luidrugtigheid gepaard gegaan nie. Nee, soms het ons ook diepe bekerings in kalmte en stilte gehad. Tog, wanneer die Heilige Gees in krag en vuur gekom het, het ons massabekerings gehad wat geensins in egtheid ontbreek het nie.

Een oggend, nog in die tent, het ons die kinderhuise se kinders ook in die diens gehad. Daar was baie seuntjies en dogtertjies van vyf tot tien jaar in die voorste banke. Terwyl daar „n oomblik stilte was het iemand die koortjie ingesit: “Over and over, like a mighty sea, Comes the Love of Jesus sweeping over me.”

Onverwags het die Gees van God die tent vervul. Dit was soos „n sagte wind. Spontaan het die honderde kinders se oë gesluit en het hulle hul arms gevou. Almal het vir ongeveer twintig minute lank die koortjie saggies oor en oor, soos „n hemelse koor, gesing. Almal het gelyktydig, soos „n ryp koringland, stadig heen en weer gewieg, sonder dat één die ritme gebreek het. Die getuienisse wat gevolg het, het bewys dat baie siele dié oggend in daardie atmosfeer gered en gereinig

is. Die jare het verby gegaan,

maar daardie hemelse ondervindings leef voort in menige hart. Die vraag ontstaan miskien in „n leser se hart: ,,Het al die kinderbekerings die toets van die jare deurstaan?” Ek wil erken dat, soos in enige herlewing of gemeente, al die bekerings nie stand gehou het nie, maar die groot meerderheid wel.

Dit is nou amper dertig jaar ná die ontstaan van Sonskynhoekie en soos my man en ek vandag deur die land met ons veldtogte oor ,,Heiligheid en Herlewing” reis, is dit merkwaardig om die vrugte te sien. Ons vind pastore, hulle eggenotes, Sondagskoolsuperinten-dente en Kerkraadslede wat daar of gered of in die Heilige Gees gedoop is. Baie van hulle beoefen verskillende professies in die samelewing. Andere is suksesvolle sakemanne. Daar is skaars „n gebied in ons land waar daar nie érens „n gewese lid van die Sonskynhoekie beweeg nie. Wat die dierbare maats betref wat intussen die hemelpad byster geraak het, bid ek dat die God van hulle jeug hul weer genadiglik sal terugbring. Mag Hy ook elke getroue arbeider wat steeds by Sonskynhoekie en Sonskynsaal die vaandel van Golgota omhoog hou, versterk en gebruik!

(Vervolg volgende maand )

(Vervolg vanaf bl. 12)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

14

Die Bybel beskryf verskeie maniere van vas wat verskil volgens die tipe, tydperk en doel.

Jy kan ook „n vas kies wat suiker, kafeïne, gaskoeldrank, gemorskos, gepasteuriseerde suiwelprodukte, kommersiële ontbytgrane of varkprodukte uitsny. Dit is n uitstekende manier om weg te breek van voedselverslawings of eetgewoontes en „n nuwe

gesonder lewenstyl te begin volg.

Daniël het ook „n baie ernstige slegs water vir 21-

dae vas voltooi. Maak egter seker dat jy eers jou dokter raadpleeg voor jy met so „n vas begin. „n Verlengde water-vas moet net

onder die streng toesig van „n praktiserende geneesheer uitgevoer word. Sommige gesondheidstoestande maak dit „n baie gevaarlike keuse.

(Vervolg volgende maand)

DIE SKEPPER SE DIËET

(Jordan S. Rubin)

Moenie bekommerd wees nie!

Vas en wees gelukkig.

time. I don't mean just a few minutes here and there either. I'm talking about some serious time.

So determine to do that. Determine to become a Word addict. Once you do, you'll never be willing to live without it again.

Scripture Reading: Hebrews 4:1-12

@@@

(Continued from page 8)

Facebook ICON

Addicted to the Word

7

1. Die tiendestelses, soos deur G od i ng es t e l , i s d i e regverdigste stelsel van finansies vir die werk van die Here. In die oë van die Here gee die ryke en die arme almal eweveel, nl. EEN TIENDE

2. Die gee van tiendes is die werk van die geloof, die vrug van die Gees, die bewys van ons dankbaarheid teenoor en liefde vir God.

3. Wie nie tiende gee nie, beroof die Here en belaai homself met „n oordeel.

4 Wie gee, vir hom sal die vensters van die hemel oopgaan met „n oorvloedige seën.

5. Die sprinkaan (skade), sal van die tiendegewer weggehou word.

6. Die Here gee die mens die voorreg om Hom in hierdie saak te beproef.

7. U moet aan die Here gee volgens u inkomste, sodat die Here nie miskien u inkomste maak volgens wat u gee nie.

8. Tiende-gee is die kortse pad

tot geestelike en tydelike sukses en vooruitgang.

9. Geen mens kan die Here oordoen deur te gee nie. Hoe meer u gee, hoe meer het God om terug te gee. Dit is „n ewige wet.

10. AS DIE GEE VAN TIENDES VERKEERD IS, WAT IS DAN REG?

(Vervolg volgende maand)

DIE GEE VAN TIENDES (E.J. Smith Le Roux)

TIEN WAARHEDE AANGAANDE DIE GEE VAN TIENDES

(Ingestuur deur Joyce Jasson)

Cobus Carstens & Mari Carstens

Doop - 10 Februarie 2013

Simone Niemann

8

(Kenneth Copeland) Ye know the house of Stephanas...and that they have addicted themselves to the minis-try of the saints. – 1 Corinthians 16:15

I want you to begin to develop an addiction today--an ad-diction to the Word of God.

That may sound odd to you, espe-cially if you don't have much of an interest in the Word right now. But,

believe me, it's possible. I've done it myself and I've seen others do it, time and again.

All you have to do is make a de-cision to give yourself to it. To fo-cus your time and attention

on it. The more you give yourself to it, the more your desire for it will grow. Eventually, it

will consume your thinking.

Surprised? You shouldn't be.

That happens with anything you totally give yourself to. It happens, for example, with people who give

themselves to pornography. As they focus their attention on it, the spirit behind it moves in on their consciousness and eventu-ally draws them from mental activity into physical activity. Finally, they come to a place where

they can't be satisfied. They can't get enough.

That same principle works on the positive side when you begin to give yourself to God's Word. You can give

yourself to it to the point where it totally consumes your mental and physical life. The more of it you get,

the more you want. The Spirit behind the Word, the Holy Spirit, will draw you and lead you closer to Jesus than you ever imagined possible. I've never yet met anybody walking in faith and power who at some-time hadn't developed that kind of addiction by giving themselves to-tally to the Word for an extended

(Continued on page 14)

Addicted to the Word

13

MET „N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar

geplaas met „n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir „n ou

foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie

teleurstel nie!!!

Links: Baba dogtertjie

van Anèl Grimbreek .

Bergklim oorslaap

25/26 Januarie 2013

Vanaf links: Ryan Timotheus, Anton du Plessis, past. Piet Smit & Hennie Smit.

Toewyding - 03 Februarie 2013

Bo: Seuntjie van Lezander en Neomi v/d Westhuizen

NUUSFLITSE!!!

Innige Simpatie aan:

Gert Botha & Petrus Mulder met die dood van Simone Mulder.

Liesel Engelbrecht wat haar suster deur die dood verloor het.

FOTO-NUUS VERVOLG

Baie geluk!! Andre & Euwette Conradie

Huwelik - 02 Februarie 2013

12

(Vervolg vanaf Februarie )

Die stem, wat deur my gepraat het, het al magtiger en magtiger geword en steeds dieselfde Bybelteks herhaal. Op daardie oomblik het iets soos „n baie sterk bui reën op die dak uitgesak, en die helfte van die gehoor het soos één mens opgestaan. Met trane en sieleangs het almal begin uitroep. Verward en bevrees het elke duiwelgees die gebou uitgevlug. Die ,,rëën” op die dak het toegeneem in krag en elke persoon wat sy sonde bely het, het onmiddellik die doping in die Heilige Gees ontvang!

„n Bekeerde seun van veertienjaar het van agter in die saal na vore gehardloop. Onder „n vloed van trane het hy gevra: ,,Laat my asseblief toe om te vertel wat ek nou net gesien het!” Ek het geleer om baie versigtig te handel in die bediening, en soos 1 Joh. 4:1 sê: ,,Glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is.” Sou hierdie ook van die Here wees of sou die duiwel nou dalk weer probeer om in die heiligdom in te dring? ,,My seun,” was my antwoord, ,,is jy seker dit kom van die Here? Dan moet Hy hierdie oorverdowende gedreun van rëën op die dak wegneem en hierdie honderde kinders, wat almal in tale spreek of sondes bely, stilmaak!”

Onmiddellik het „n Goddelike stilte die gebou vervul. Dit was „n ongelooflike wonderwerk, want niemand het gehoor wat ek vir hom

gesê het nie. Ek stoot hom saggies voor die mikrofoon en hy vertel die volgende:

,,Ek het so pas na die verhoog gekyk en „n groot engel gesien wat aan die linkerkant van tant Sannie gaan staan het. „n Ander groot engel het regs van die verhoog by die deur gaan staan en sy hand opgehef asof hy die ingang beskerm. Daarna het ek „n derde engel met „n groot boek onder sy arm gesien wat die verhoog betree en op die bank gaan sit het. Hy het sy boek op die tafel gesit, en met sy pen, wat na „n groot veer gelyk het, name in die boek geskryf. Ek het gemerk dat, wanneer „n kind of jongmens sy sonde so ernstig bely, hy vir hom sit en kyk en dan sy naam neerskryf.

Toe het ek Jesus ook sien inkom. Hy het die verhoog opgestap en aan tant Sannie se regterkant gaan staan. Hy het baie droewig oor die gehoor gekyk, sy hande uitgesteek en gesê: ,Waarom het net die helfte van julle opgestaan om julle te bekeer? Het Ek dan nie vir almal gesterwe nie ?’”

Toe die seun hierdie laaste woorde uiter het die ,,rëën” skielik weer op die dak uitgesak. Onmiddellik het die ander helfte van die gehoor gelyktydig opgestaan en hulle sondes begin bely. Elkeen het net na belydenis „n magtige doping in die Heilige Gees ontvang. Honderde was so magtig vervul dat hulle oral op die vloer gelê het. Hulle het

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

9

vertel hoedat hy by geleentheid gewroeg het met presies dieselfde saak. Op daardie stadium sukkel hy met „n kroniese brongitis bors. Dit hoes en proes en dit wil net nie herstel nie. Hy kan nie verstaan as hy kyk na vele ander mense wat hy ken. Hulle sukkel nie met long probleme, maar dit rook soos skoorstene. Terwyl hy so wroeg met hierdie goed in sy agterkop, vra Hy vir die Here: “Here, hoe werk dit?” Hy ervaar hoe die Here hom lei na Ps. 73:17 – “Totdat ek ... op hulle einde gelet het.” Die eenvoudige antwoord is presies dieselfde as wat Asaf moes leer. “Moenie so let op dit wat hulle in hierdie kortstondige lewe beleef nie. Dis gou verby en dan is al hulle voorspoed daarmee heen. As hulle buite Chritus sterf, land hulle aan die kant van die doderyk waar die ongereddes versamel word vir die uiteindelike hel (Luk. 16:23; Open. 20:15). Om net op hierdie lewe te hoop asof dit permanent sal wees, is baie dwaas, want hierdie lewe is net „n asemtog en dis verby (1 Kor. 15:19). Moenie so baie maak van hierdie lewe nie. Dis soos Totius geskryf het:

Die wêreld is ons woning nie ...” Die hiernamaals saam met die Here in die hemel sal ewig en volmaak wees. Dís die plek waarheen ons as kinders van God op pad heen is! GEBED Here, help my om my oë af te haal van dit wat tydelik is en nie kan versadig nie. Laat my strewe na die prys wat voor is, want daar begin die werklike lewe! Amen.

(Vervolg vanaf bl. 5)

ASAF LEER „N LES (Skrywer Piet Smit)

GEBOORTE !!!

Baie geluk aan

Andries & Mari

Zeeman met die

geboorte van hul

dogtertjie op

28 Februarie 2013.

Moenie so let op dit wat hulle in hierdie...

10

FOTO-NUUS

Susan Venter en Susan Smit besig om die gallery se muur te drappeer.

Ivan Gheysens en Venter Archer besig om die gate te boor.

Akostiek & Gordyne

Dames wat gehelp het met die maak van die gordyne. Vanaf links: Katriena Mouton Nellie Mentoor, Deidre Huysamen, Susan Smit & Mariana v/d Spuy. Afwesig met die neem van foto: Magrieta van Rooyen, Rita von Rauenstein en Joseph Fourie. Baie dankie.

Wil net vir ieder en elk wat gehelp het met die maak en opsit van die gordyne baie,

baie dankie sê.

Vrugtefees - 27 Januarie 2013

Links: Waatlemoen word gesny en uitgedeel. Regs: Estelle Mentoor, Henry Roberts en Samantha Smit geniet die vrugte by die vrugtefees.

11

FOTO-NUUS

Halfnag van Gebed-

22 Februarie 2013

Afskeid - 21 Februarie 2013

Gesinsdiens - DVD - 17 Februarie 2013

Tema van die aand was groen.

Eers is daar

gebraai en toe heerlik

saam gebid.

In the presence of the Lord!

Turksvye na aanddiens - 3 Februarie 2013

Was dit nou

baie lekker!!!

Bo: Die Susterssel van Donderdae, neem afskeid van Mariana v/d Spuy. Regs: Die gemeente bid vir haar en die vroue lê hul hande op haar.