20
JULIE/AUGUSTUS 2012 A.G.S. Corpus Christi Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300 [email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury Tel: 022-487 2200 ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker ppetiser ppetiser ppetiser ppetiser NUUS VAN DIE HERDERSPAAR JEUG MET TONG IN DIE KIES GESÊ SOEK DIE ANTWOORD SILENCE THE CRITICS BLOKKIESRAAISEL REAL FRIEND’S. DAGBOEK VAN ‘N BYBEL FOTO NUUS AL BRUIS DIE JORDAAN AANVAARDING GOD IS UNFAIR! KINDERKERK ONS STEL BEKEND KINDERHOEKIE ADVERTENSIES Hierdie foto is geneem vanaf ‘n restaurant wat uitkyk op die Olifantsrivier in die Kruger Wildtuin. Dis seekoeie wat hier die son en skoonwater geniet na die groot oorstromings vroeër in die jaar. Foto geneem deur George Retief

Aptytwekker

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Maandelikse Nuusblad

Citation preview

Page 1: Aptytwekker

JULIE/AUGUSTUS

2012 A.G.S. Corpus Christi

Baroccastraat 19, Die Wingerd Malmesbury, 7300

[email protected] Facebook AGS Corpus Christi Malmesbury

Tel: 022-487 2200

ptytwekker ptytwekker ptytwekker ptytwekker

ppetiserppetiserppetiserppetiser

• NUUS VAN DIE HERDERSPAAR

• JEUG

• MET TONG IN DIE KIES GESÊ

• SOEK DIE ANTWOORD

• SILENCE THE CRITICS

• BLOKKIESRAAISEL

• REAL FRIEND’S.

• DAGBOEK VAN ‘N BYBEL

• FOTO NUUS

• AL BRUIS DIE JORDAAN

• AANVAARDING

• GOD IS UNFAIR!

• KINDERKERK

• ONS STEL BEKEND

• KINDERHOEKIE

• ADVERTENSIES

Hierdie foto is geneem vanaf ‘n restaurant wat uitkyk op die Olifantsrivier in

die Kruger Wildtuin. Dis seekoeie wat hier die son en skoonwater geniet na

die groot oorstromings vroeër in die jaar.

Foto geneem deur

George Retief

Page 2: Aptytwekker

2

NUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAARNUUS VAN DIE HERDERSPAAR

Ps. 116:12 sê: “Wat sal ek die Here vergeld vir al Sy weldade aan my?” Die opskrif bokant hierdie Psalm is: Danklied van ‘n verloste. Ons weet nie wie dit geskryf het nie, maar dit maak nie saak nie. As jy ‘n verloste is, dan is dit ook my en jou taal en ons woorde. Ek dink onwillekeurig aan broer Gummy van die Westhuizen in ons gemeente wat so dikwels hierdie Psalm teenoor my aanhaal en dan gebruik hy sy eie woorde: “Ek weet nie meer wat ek kan doen om die Here te vergeld en dankie te sê vir al Sy seëninge!” Ek weet in ons almal se lewens is daar maar ook dikwels goed waarvan ons nie hou nie. Maar die oorgrote meerderheid van seëninge in ons lewens spreek van die Here se goedheid en guns! En selfs die dinge wat op die oomblik krap in jou lewe, is vir die Here niks om te omskep in ‘n heerlike oorwinning! Kan ‘n mens in ‘n erger situasie wees as waarin Sadrag, Mesag en Abednego was toe die vuuroond 7 keer warmer gemaak is en hulle geboeid daarin gegooi is? Maar die Here het hulle daaruit verlos! Ons volk en land sit op die oomblik in ontsaglike krisisse. Maar dink aan die volk van Israel. Hulle was in ‘n erger situasie toe die Rooi See voor hulle gelê het en die Farao met sy leër hulle agterna gejaag het. Maar kyk wat doen die Here; die Rooi See gaan voor hulle oop en God se volk trek droogvoets deur! Halleluja!!!

Ek wil jou net herinner aan al die magtige dade van die Here. As jy tans deur ‘n krisis gaan, dink dan daaraan dat God is groter as my en jou krisis. As jy klaar gebid het vir jou probleem dan is dit nou tyd om die Here te begin dank in die geloof vir die uitkoms en die voorsiening (Fil. 4:6)!

Mag hierdie kwartaal vir jou ‘n kwartaal wees wat jy sal ervaar wat ons lees in Ps. 34:20 – “Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.” Past. Piet & Susan Smit

Hierdie foto is geneem tydens ons vakansie op Swellendam. Hier sit Ester en klein Francios op Tessa, vriende van ons se ponie.

Page 3: Aptytwekker

3

WIL JY GEDOOP WORD?

Elke tweede Sondagoggend van die maand is daar ekstra vreugde in die hemel. Hoekom? Dan word daar kinders van God gehoorsaam aan die Here Jesus se doopopdrag in Matt. 28:19 en Mark. 16:16 en doop ons hulle op Bybelse wyse. Miskien praat die Here al lankal met jou oor die doop. Jy het al probeer om jou gewete te stil (1 Pet. 3:21) met allerhande verskonings, maar diep binne in jou hart weet jy die Woord is reg en jou verskonings verkeerd. Wel, waarom ‘n ongehoorsame kind wees, as jy ‘n gehoorsame kind kan wees? Laat hoor van jou en ons sal jou help. past. Piet Smit (022-487 2200)

Don't mix your

words with your moods..

You can change

your mood,

but you can never take back your

words..!

Die jeug het Vrydag 22 Junie 2012 vertrek na ‘n jeugkamp naby Well ington, naamlik Hephzibah. Daar was verskeie jeug groepe van reg oor die land. Daar was gasprekers en hope geestelike aktiwiteite om te doen.

Die kamp Tema vir die naweek was “New Beginnings“ . By die kamp was intieme en deurbrake tye met die Here. God het geweet wat elkeen se behoefte was en het elkeen kom seën op die punt van elkeen se behoefte.

Ons dank God vir een wonderlike naweek in Hom en dat Hy ons veilig oor die weg gebring het.

Verslag deur Estelle Mentoor

Page 4: Aptytwekker

4

SOEK DIE ANTWOORD

VORIGE KEER SE ANTWOORD Die Evangelie met die 6 drome is, Mattheus. Terina v/d Merwe het eerste die antwoord voorsien. Pragtig Terina!

HIERDIE KEER SE VRAAG Wie in die Bybel was bang vir ‘n klap en ‘n vrou?

Sms jou antwoord en skryf: “Soek die antwoord” en antwoord en jou naam.

Sms na 073 447 2902

Is dit waar wat hulle sê?

◊ Een kind maak jou ’n ouer, twee maak jou ’n skeidsregter. ◊ ‘n Huwelik is ’n verhouding waarin een mens altyd reg is

en die ander een is die man. ◊ Hulle sê ons moet ons belasting met ’n glimlag betaal. Ek

het dit probeer, maar hulle wou geld hê. ◊ ‘n Kind groei op sy vinnigste die eerste maand nadat jy

vir hom nuwe skoolklere gekoop het. ◊ Luiheid is net die gewoonte om te rus voor jy moeg is. ◊ Ek en my vrou het ‘n ooreenkoms. Ek erken ek is

verkeerd en sy stem altyd saam. ◊ Mense wat nie vir hulleself kan lag nie, los hierdie plig vir

ander. ◊ Hulle noem dit ons moedertaal, want vaders kry selde

kans om iets te sê.

Page 5: Aptytwekker

5

Gloria Copeland

For so is the will of God, that with well doing ye may put to silence the ignorance of fool-ish men. – 1 Peter 2:15 I know from personal experience that when people start to criti-cize you and persecute you because you live by faith, your natural human response is to want to strike back. It's easy to want to start dishing out a little criticism of your own. "Maybe if they get a taste of their own medicine, they'll shut their mouths," you think. But you know what? They won't. Your words will just add fuel to their fire and they'll criticize you harder and louder than they did before. According to the Word of God, however, there is a way to si-lence them. Not by arguing with them. Not by defending yourself. But by keeping quiet and con-tinuing to do the good works God has called you to do. Jesus was highly criticized by the religious establishment of His day. But He never fought back.

Instead, Acts 10:38 says He sim-ply went about doing good. When people start riding you about living the faith life, be like Jesus and just keep on blessing people. Keep on pray-ing for folks who are op-pressed by the devil and get them delivered. Keep on laying hands on the sick and get them healed. Keep on doing what God has called you to do. That will aggravate the devil be-cause his primary purpose is to make you ineffective for the kingdom of God. He wants you to get wrapped up in the criti-cism. He wants to distract you, to get your mind off the job God has given you. He really wants you to quit. Don't do it! Instead, follow the instructions in 2 Timothy 3:14 and "continue thou in the things which thou hast learned and hast been assured of." Si-lence the ignorant criticisms of men by continuing to do good and by continuing to live by faith. And when all their fool-ish words have faded away, you'll still be standing strong.

oOo

Silence the Critics

Page 6: Aptytwekker

6

G E N A D E S T O E R E

E R F A I R

R A D A M S K L E R E

A D A M E K N

S E T O E W A A I

E E O M N

N I K S B E D U I D E N D

E A I E R

R O N D T A S N I

T T A M E N

S T A M M O E D E R G

E T O I E

T O E G E E R U I T E R

DWARS

1 Goedertierenheid 4 Kragtige 8 Naaktheid 10 Eerste mens 11 Deur wind aanbring 13 Van geen belang 16 Dit klink of dit ‘n bolvormige koffer

is, maar eintlik soek jy in onsekerheid

18 Laat dit so wees 19 Voorouer 21 Hierdie werkwoord is aanvanklik

nie oop nie, word aan die einde geskenk, maar in werklikheid word daar geswig

22 Hy word die Getroue genoem (Op. 19:11)

AF

1 Inwoner van Gerasa 2 Laban se taal 3 Ou Bybelse maat vir droë ware 5 Uitspruitsels (Matt. 13:32) 6 Hulle kry hoofletters 7 Agting 9 Wesleyane 12 Iemand wat toegang verkry op

onbeskaamde wyse 14 Sikliese koraalkomposisie, dikwels

vir kerkgebruik 15 Pennings 17 Moeë 19 Sy ma het die verbode vrug geëet 20 ‘n Bybelse stad (Jos. 11:2)

ANTWOORD VAN VORIGE KEER SE BLOKKIESRAAISEL

Page 7: Aptytwekker

7

SIMPATIE

Ons innige simpatie met die volgende persone:

◊ Paula Gerber se mammie (Hetta van Zyl - 5-6-2012)

◊ Magda Gerber se broer oorlede.

◊ Bettie Marthinus oorlede (25/06/2012)

◊ Lena Papier se suster is oorlede

◊ Dan het pastoor die volgende begrafnise

Oorgawe gebed

As jy God werklik wil ken en ‘n lewe

van oorgawe wil leef, bid dan die

volgende gebed met jou hele hart:

“Hemelse Vader, ek kom na U in die

Naam van die Here Jesus! U Woord

sê: “Elkeen wat die Naam van die

Here aanroep, sal gered word (Rom

10:31). Ek roep U aan! Vergewe my

die sonde wat tussen my en U staan.

Ek het berou daaroor, want dit het U

heilige Naam onteer. Was dit weg met

U bloed, Here Jesus.

Here Jesus, ek nooi U as die Here

van my lewe, kom in my lewe om die

beheer van my lewe oor te neem en

my te wederbaar tot ‘n nuwe skepsel.

U Woord sê: As julle wat sleg is, weet

om goeie gawes aan julle kinders te

gee, hoeveel te meer sal julle Hemelse

Vader julle die Heilige Gees gee aan

die wat Hom bid:”(Luk. 11:13). Ek vra

U ook om my nou te vervul met U

Heilige Gees en dat dit sal word soos

strome van lewende water wat uit my

binneste kom(Joh. 7:38) terwyl ek U

prys! Ek verwag om in tale te spreek

soos die Gees aan my gee om uit te

spreek (Hand. 2:4)”

Begin om God te prys. Spreek die

woorde en klanke wat die Heilige

Gees aan jou gee - nie jou eie taal nie.

Jy moet jou eie stem gebruik. God sal

jou nooit forseer om te praat nie.

Aanbid God elke dag in tale. Jy sal

nooit weer dieselfde wees nie.!

Skakel in by ‘n Geesvervulde-Woord-

gemeente - nie ‘n kerk wat uit

skeuring ontstaan het nie. Laat jou

doop in water (mark 16:16, Hand.

2:38) en word deel van God se familie!

Ons sal graag vir u behulpsaam wil wees!

Skakel gerus vir past. Piet Smit

022-487 2200

NUUS GEBEURE

Ons wens vir br. Hannes Coetzee baie sterkte met die verhuising na Durbanville. Die Here seën julle.

gedoen van: Ben Beukes (1-6-2012) & Jannie Steyn (9-6-2012)

Ons bid vir vertroosting vir al hierdie families. JESUS is lief vir u!

Page 8: Aptytwekker

8

(Oorgeneem)

Die volgende spreuke oor vriendskap het

my nogal aan die dink gesit:

“A real friend is one who walks in when

the rest of the world walks out.”

“Friendship is one mind in two bodies.”

“If all my friends were to jump off a

bridge, I wouldn’t jump with them, I’d be

at the bottom to catch them.”

Die meeste mense gebruik

mekaar op, dan stoot hulle

mekaar eenkant toe. Ware

vriendskap is iets anders. Dit

vra tyd, lojaliteit en

opoffering. Vat vir Dawid en Jonatan.

Dis nie verniet dat hierdie twee se

vriendskap ‘n spreuk geword het nie. In 1

Samuel 20 lees ons hoedat Saul, Jonatan

se pa, vir Dawid wou doodmaak. Toe

Dawid vir sy vriend Jonatan hiervan sê,

was dit vir hom ‘n skok. Tog het Jonatan

beloof om sy vriend te help. Toe Saul

agterkom sy seun probeer Dawid se lewe

spaar, het hy hom beledig en daarop

aangedring dat hy vir Dawid gaan haal

om doodgemaak te word. Jonatan wou

nie. Toe gooi Saul vir Jonatan met sy

spies. Gelukkig was dit mis. Jonatan het

egter besef Dawid is in lewensgevaar.

Dawid moes vlug, maar nie voordat hy

eers sy vriend Jonatan omhels het nie.

Hulle het saam gehuil, want hulle het

geweet hulle paaie skei daar (vers 41-43).

Om vriende te wees met iemand vra dat

jy deur dik en dun by hom of

haar staan. Terloops, wat kos

jou vriendskappe jou? Beskerm

jy jou vriende se naam in hulle

afwesigheid as ander oor hulle

skinder? Bly jy lojaal aan

hulle, al doen hulle soms dinge wat jy nie

begryp nie?

Ware vriendskap is eerlik. Nee, dis nie

ongeskik reguit nie, maar eerlik. As jou

vriende ‘n verkeerde besluit neem sonder

dat hulle die implikasies daarvan besef,

moet jy hulle reghelp. As iemand hulle

benadeel, moet jy hulle waarsku. Wees

daar vir hulle. Maar die belangrikste: Bid

gereeld vir jou vriende. Tel hulle elke

slag op jou skouers as jy voor God jou

plek inneem.

oOo

Real Friend’s

Page 9: Aptytwekker

9

D it is onmoontlik vir die Christen om sonder die

Bybel klaar te kom. Wie die Bybel nie ken nie, is soos ‘n voël wat nie kan vlieg nie, soos ‘n vis wat nie kan swem nie, soos ‘n motor sonder ‘n masjien, jy moet hom trek tot waar jy hom wil hê. Hier volg die tragiese verhaal van die Bybel:

Januarie, 15 - Ek het heerlik gerus vir ‘n volle week. Die eerste paar aande van die nuwe jaar het my eienaar my gelees, maar dit lyk of hy my weer totaal vergeet het. Februarie, 2 - Skoongemaak, saam met die leeslamp en die asbakkies is ek afgestof en weer op die tafel neergesit. Februarie, 8 - Eienaar gebruik my vir ‘n paar oomblikke na aandete om ‘n paar tekste op te soek. Hy lyk baie ernstig. Gaan na Bybelvasvrae. April, 2 - Op ouma se skoot die hele middag. Sy het vir ‘n paar dae kom kuier. Sy het ‘n traan laat val op Jesaja 53:5 April, 6 - Op ouma se skoot elke middag, dit is ‘n gerieflike plek. Junie, 10 - Ouma is weg ek dink nie dat sy baie tuis hier gevoel het nie. Ek is terug op my ou plek.

Julie, 13 - Saam met die klere in ‘n koffer gesit. Party praat van “vakansie”, wat dit ookal mag beteken. Julie, 30 - Nog ‘n koffer, hoewel alles rondom alreeds uitgehaal is. Augustus, 14 - Tuis, ‘n ou hoed, ‘n koerant en ‘n roman lê al ‘n paar dae op my. Oktober, 2 - Huisbesoek, Inderhaas afgestof en aan dominee gegee. Hy maak ‘n merkie in my. Weer teruggesit op die bedtafel. November, 10 - Eienaar baie siek. Hoor hom swaar asemhaal hier langs aan my. Dominee lees uit my. Lyk of my siek eienaar nie veel verstaan nie. November, 12 - Eienaar oorlede, as aandenking gegee aan sy dogter.

Blykbaar word ek saam met sy wandelstaf en ring aan al die bedroefde familie gewys. Verder bring ek die tyd rustig deur in haar boekrakkie. My taak is glo nie afgehandel nie. Ek moet nog as bewysstuk in die dag van die oordeel voor God se regbank teen my eienaar getuig.

$$$

(Ingestuur deur Wilma van Rooyen)

DAGBOEK VAN ‘N BYBEL - ‘N TRAGIESE VERHAAL -

Page 10: Aptytwekker

10

FOTO-NUUS Fondsinsameling - Kospakkie Projek

Bo: Saterdag, 2 Junie 2012 is daar pannekoek gebak en verkoop op Riebeek Wes. Van links na regs: Wilma Ravens, René Morris, Joyce Jasson en Mariana v/d Spuy. Janette Smit het die foto geneem.

Aanbiddingspan - Braai - 9 Junie 2012

Bo: By die geleentheid is daar gesing,

gebid en ook heerlik geëet. Prys die Here!

Een van ons aanskoulike dienste

10 Junie 2012

As Mense Jou Teleurstel!

Voorstelling -

17 Jun ie 2012

Regs: Baie welkom aan

Johan , Elsie en

Cinthia Kriel.

Huwelik - 17 Junie 2012

Links: Hier word vir elke paartjie gebid

en ‘n woord van bemoediging

oor hul uitgespreek.

Page 11: Aptytwekker

11

Links: By dié geleentheid is daar heerlik

gesing en die Here geprys. Daar was

ook ‘n toneel stuk van die Barem-

hartige Samiritaan. Hier is twee besig

om die arme man aan te rand. Daarna

het almal ‘n heerlike warm koppie

koffie/tee gedrink.

Talente aand - 17 Junie 2012 Vadersdag - 17 Junie 2012

Bo: Hier sing die Kinderkerk kinders

vir die pappa's van die gemeente.

Baie dankie vir jul deelname.

New Voices - Sanggroep

‘n Vlaamse lied word gesing. Anthony van

Malmesbury

Roberts gesin

van Piketberg

Skildery van

Louisa Zimmerman

Chris & Elna Huisamen

van Vredenburg

Gods Gift - Dansgroep

Carel Welkom

Japie Mulder

van Bellville

Selle Cellebration - 20 Junie 2012

Page 12: Aptytwekker

12

(Vervolg vanaf Junie)

HOOFSTUK 9

SONSKYNHOEKIE

Dit was Februarie 1940. Ek was reeds ‘n paar maande in die voltydsbediening en moes die algemene sekretaris gaan spreek oor sekere reëlings. ,,Sit hier, my sustertjie, ek wil met jou oor iets baie belangriks praat”, was sy eerste woorde. ,,Die Uitvoerende Raad het besluit dat ons van nou af elke jaar tydens die Paasvakansie ‘n kampkonferen-sie gaan hou. Ons gaan ‘n stuk grond buite Johannesburg vir die doel koop, maar vir hierdie jaar het ons ‘n gedeelte van ‘n plaas hier in Emmerentia gehuur. Toe ek in Amerika was het ek baie geleer omtrent kampkonferen-sies. Eerstens, hulle kry ‘n groot tent waar hulle vir die kinders alleen twee tot drie dienste per dag hou. Daar word net persone aangestel wat op baie bekwame wyse met kinders kan deel om hulle tot ‘n waaragtige bekering te lei. Hierdie saak het twee geseënde uitwerkings: Die evangelie word aan die kind verkondig op ‘n eenvoudige vlak wat vir hom aanvaarbaar is. Ook gee dit die ouers die geleentheid om na die diep heiligmakings-boodskappe te luister sonder om

deur die kleingoed gesteur te word!” Terwyl hy so praat het my

belangstelling reeds gegroei. ,,O, sal hulle my tog nie ook so nou en dan toelaat om by die kinder-tent te gaan help nie,” dink ek vol entoesiasme. Meteens kyk hy my onder-

soekend aan en sê: ,,Die Uitvoerende Raad het my versoek om jou te vra of jy gewillig is om daardie taak op jouself te neem?” Ek spring op en roep uit: ,,Is dit waar, is dit waar? O, hoe bly sal ek wees. Ek weet die Here sal my help!” Intussen het ek baie gebid vir

wysheid en krag en ten laaste breek die heuglike dag aan. Ek bevind myself met baie ander gelowiges op die aangewese terrein. Honderde blankes en bantoes slaan tente op. Daar was veral baie belangstelling by die groot gehuurde sirkustent wat vir 4,000 volwassenes sitplek gebied het. Ek soek die algemene

sekretaris op. ,,Waar is die tent vir die kinderdienste,” wou ek weet. ,,O, ons het te laat begin tente huur. Al wat ons nog kon kry was ‘n baie ou slegte tent, met gate in die dak. Ek is vreeslik besig, soek tog maar self mense

(Vervolg op bl. 15)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 13: Aptytwekker

13

Hoeveel mense smag na aanvaarding! Sal oorboord gaan om die guns van ander te geniet.

Om dit te bekom sal hulle:

◊ Verkeerde keuses maak, ◊ Verkeerd trou, ◊ Hulle self diep ongelukkig stem, ◊ Selfs hulle liggame onteer. Aan die einde van alles, is hulle diep teleurgestel. Hulle vind geen vervulling. Inteendeel hul vind net: Selfveragting, selfverwyt en hulle kom tot die ontnugtering dat hulle deur ander misbruik en gebruik is. Dit lê in vier woorde:

GOD HET MY LIEF! Dis tog waarom alles gaan. Dis

mos wat Hý van my dink, wat tel en nie so seer mense se opinies nie. Dis mos vir Hóm wat ons moet behaag. Hoe wispelturig is mense nie? Die eendag wou hulle vir Jesus koning maak (Joh. 6:15) en by ‘n volgende geleentheid kruisig dieselfde mense Hom. Mense het ongelukkig nog nie verander nie. Hulle sal net dieselfde met my en jou doen, nadat ons alles gedoen het om hulle gelukkig te stel. God se liefde vir my, maak my sterk. Die Engels klink so mooi: I’m secure in His approval!

oOo

AANVAARDING

(past. Piet Smit)

Romerige Stokvis (Geneem uit Mengelmoes resepte boek)

750g tot 1 kg stokvis sout en peper na smaak suurlemoensap maaskaas 1 pak sampioensop aangemaak met 200ml water en 200ml melk

Meng sop en maaskaas deeglik. Skep oor vis. Bak 45 minute by 180°C Bedien dadelik.

Heerlik, heerlik!!!!

As ek Jesus Christus

persoonlik lief het,

kan ek die

mensheid dien,

al word ek soms

as deurmat

gebruik.

- Oswald Chambers -

Page 14: Aptytwekker

14

GOD IS UNFAIR!

Yes my brethren you're reading it right.

He's unfair because...

...He already loves me before I knew Him. ...He gave His Son to die for my sins.

...He doesn't give up on me even if I ran away from Him. ...His mercy is new every morning.

...He showers me with love though I'm a sinner.

My brethren, I just hope that you realize how much God loves you.

And that's enough for you to rejoice no matter what you're going through right now.

God Seën JouGod Seën JouGod Seën JouGod Seën Jou

*GOD* *GOD* *GOD* *GOD* is jou is jou is jou is jou “SAKDOEK” “SAKDOEK” “SAKDOEK” “SAKDOEK” as jy huilas jy huilas jy huilas jy huil

*HY* *HY* *HY* *HY* is jou is jou is jou is jou “HOEKIE” “HOEKIE” “HOEKIE” “HOEKIE” as jy erens wilas jy erens wilas jy erens wilas jy erens wil

skuil …skuil …skuil …skuil …

*HY* *HY* *HY* *HY* is jou is jou is jou is jou “SAMBREEL” “SAMBREEL” “SAMBREEL” “SAMBREEL” as hartseeras hartseeras hartseeras hartseer

oor jou reën …oor jou reën …oor jou reën …oor jou reën …

*HY* *HY* *HY* *HY* is jou is jou is jou is jou “911” “911” “911” “911” as jy in nood verkeer …as jy in nood verkeer …as jy in nood verkeer …as jy in nood verkeer …

Maar meeste van als …Maar meeste van als …Maar meeste van als …Maar meeste van als …

*HY* *HY* *HY* *HY* is die is die is die is die “ANKER” “ANKER” “ANKER” “ANKER” op die lewenspad …op die lewenspad …op die lewenspad …op die lewenspad …

Hou Hou Hou Hou “ALTYD” “ALTYD” “ALTYD” “ALTYD” daaraan vas!!!daaraan vas!!!daaraan vas!!!daaraan vas!!!

Page 15: Aptytwekker

15

om dit op te slaan. Daar is ook nie ‘n verhoog nie, stoele of ligte daarvoor nie!” ,,Moet ek dit ook self soek?” vra ek baie verleë. ,,Ja asseblief. Dit is ons eerste poging en alles is maar primitief en deurmekaar”, antwoord hy en stap haastig weg. Baie hartseer kniel ek in my tentjie neer. ,,Help my asseblief Here Jesus,” was my gebed. ,,Waar sal ek stoele, ‘n klavier en al die benodigdhede kry?” Ek dink toe aan ‘n sekere gemeente, nie ver daarvandaan nie. ,,Ek bel van die kampgronde af, ,,broeder,” sê ek oor die telefoon. ,,Wil u nie vir my stoele leen vir die kinderdienste nie?” ,,Seker, maar hoe kom dit daar?” was sy vraag. ,,Ek stuur ‘n vragmotor, ek sal een soek,” antwoord ek vol moed. Na ‘n groot soektog het ‘n bou-kontrakteur ‘n vragmotor beskikbaar gestel sodat die banke, asook ‘n geleende klavier na die kampterrein vervoer kon word. Aan die einde van die

tweede dag was alles gereed! Niemand van ons kon dink wat die Here in daardie stukkende tent tot stand sou bring nie! Die Kinderskaar het elke dag

aangegroei en ons het heelwat ernstige bekerings gehad. Tog was die onstandighede uiters moeilik, omdat stadskinders gewoonlik ‘n plaas met ‘n vakansie assosieer. Dit was

duidelik dat hulle met daardie gees besiel was en nie lus was vir te veel kerk nie. Ek onthou een spesifieke seun. Hy was baie stout, wild, uitdagend met ‘n sterk persoon-likheid en

eienskaphoedanighede. Dit was vir hom net nodig om één fluit te gee wanneer die kinderdiens moes begin, en hy was weg met al die seuns! By die ouers kon ek nie hulp soek nie, want hulle was dan reeds in hulle diens. Ek was magteloos en het na my Meester geroep om hulp. Was Hy dan nie die God wat enige element kon oorheers nie.

(Vervolg )

(Vervolg vanaf bl. 12)

AL BRUIS DIE JORDAAN (Deur: Tant Sannie de Ferriers)

Page 16: Aptytwekker

16

A Sunday school teacher asked the children just

before she dismissed them to go to church,

"And why is it necessary to be quiet in church?"

Annie replied,

"Because people are sleeping."

JOKE

MET ‘N DOEL

Onthou, elke fout wat u in hierdie uitgawe mag vind, is daar geplaas met ‘n doel. Daar is diegene wat altyd soek vir ‘n ou foutjie. Ons wil graag almal bedien en hulle nie teleurstel nie!!!

Geagte ouers,

Die Kinderkerk beplan om aan die einde van die jaar ‘n groot

konsert te hou. Ons wil graag geskenke vir die kinders en ‘n

iets te ete aan die ouers gee. Om dit suksesvol uit te voer

benodig ons julle om ons te ondersteun.

Ons beoog om Saterdag, 1 September 2012, ‘n wegneem ete

(braai) te hou. (R35 ‘n bord) Die kaartjies is beskikbaar by

die Kinderkerk Personeel en ons sal dit baie waardeer indien

u enige donasies aan ons kan skenk vir die braai.

Stuur asb elke Sondag u kind na die Kinderkerk, want ons

gaan nou begin oefen vir die konsert.

Baie dankie dat u ons gaan ondersteun.

Annaline, Michelle, Natalie, Sandra, Cecelia, Henritta, Moira

en Robert

Page 17: Aptytwekker

17

ONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKENDONS STEL BEKEND Hierdie maand gesels ons met

Piet Matjotjie

♦ WAAR IS JY GEBORE? Hopefield ♦ WATTER SOORT WERK DOEN BROER? Pensionaris en help uit met skoolbus ry ♦ BEOEFEN JY ‘N SPORT? Nee ♦ WAT WAARDEER JY DIE MEESTE IN DIE

GEMEENTE? Die vrede en liefde ♦ WIE IS JOU ROLMODEL INDIEN ENIGE? Past. Piet Smit ♦ WIE IS BROER SE GUNSTELING GOSPEL SANGER? Danie Botha ♦ WAT IS JOU GROOTSTE GETUIENIS? Dat die Here my uitgehaal het uit die dieptes en dat ek kan sien wat reg en verkeerd is.

♦ WAT IS JOU GUNSTELING GEREG? Sop ♦ HOE ONTSPAN JY? Lees geestlike boeke. ♦ WAT SOU JY GRAAG WOU DOEN INDIEN

MOONTLIK? Onderwyser ♦ WAARVOOR IS JY BAIE DANKBAAR? Dankbaar dat die Here my gespaar het. ♦ WAT BEGEER BROER NOG VAN DIE HERE? Meer uit die Woord kan verstaan.

♦ WAT FRUSTREER VIR BROER DIE MEESTE? Niks.

Page 18: Aptytwekker

18

EPOS INVALGEDAGTE BEDIENING

Het jy toegang tot epos fasiliteit? Jy kan elke weeksdag ‘n kort geïnspireerde boodskap ontvang vanuit die Woord.

Vra vir jou gratis inval gedagte by:corpuschristi@cybersmart. co.za

Het jy maatjies? JA of NEE

/

JESUS WIL JOU

BESTE MAATJIE W

EES

WOW!

Dis baie wonderlik!

Teken ’n foto van jou beste

maatjie. Vertel ons hoekom

jy so baie van hom of haar

hou.

------------------------------

------------------------------

------------------------------

Ons gesels weer volgende keer verder oor Jesus ons beste vriend.

Page 19: Aptytwekker

19

KLEUR MY IN

GEE IN BY DIE KINDERKERK (Laerskool kinders en kleuters)

Naam: _______________________Telefoon nr. __________________

Page 20: Aptytwekker

20

SWART SAKKESWART SAKKESWART SAKKESWART SAKKE

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk!

Ekstra sterk! Probeer m

y !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

Probeer my !!!

KontakKontakKontakKontak Hendrik BurgerHendrik BurgerHendrik BurgerHendrik Burger 082 649 4653082 649 4653082 649 4653082 649 4653

Uitstekende diens! Vra Susan Smit

Facebook ICON

Knowing the Bible is one thing;

Knowing the Author is another!