13
Randse Afrikaanse Universiteit Aristoteles en Horatius, en die liriese gedig W. J. Henderson M.A. (Stell.), D. Litt. (Stell.) Rede uitgespreek by die aanvaarding van die amp van Hoogleraar in Klassieke Tale aan die Randse Afrikaanse Universiteit op Dinsdag 26 Augustus 1975 om 20hOO Publikasiereeks van die Randse Afrikaanse Universiteit A78 Johannesburg 1975

Aristoteles en Horatius, en die liriese gedig

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Aristoteles

Citation preview

  • Randse Afrikaanse Universiteit

    Aristoteles en Horatius, en die liriese gedig W. J. Henderson M.A. (Stell.), D. Litt. (Stell.)

    Rede uitgespreek by die aanvaarding van die amp van Hoogleraar in Klassieke Tale aan die Randse Afrikaanse Universiteit op Dinsdag 26 Augustus 1975 om 20hOO

    Publikasiereeks van die Randse Afrikaanse Universiteit A78 Johannesburg 1975

  • Die Publikasies van die Randse Afrikaanse Universiteit verskyn in die volgende reekse :

    A: Intreeredes en lesings

    B: Navorsing deur dosente en studente

    C: Monografiese reeks

    Die menings hierin uitgespreek is die van die skrywer en nie noodwendig die van die Universiteit nie

    ISBN 086970069 3 (C) Kopiereg Randse Afrikaanse Universiteit 1975

    Aristotle and Horace, and the lyric poem

    SUMMARY

    The lyric poem is the most common poetic form in modern literature. Critica attention has therefore focused in'creasingly on this genre since the 19th Century Classical lyric as a genre has received comparatively little theoretical attention in comparison with the great amount of research done on the epic and on drama, especially tragedy. Whereas these genres, for example, receive extended treatment in the Realencyclopadie fiir classische Altertumswissenschaft, lyric is omitted completely, though individual types receive brief attention. Difficulties inherent in the study of especially Greek lyric partly explain this apparent neglect: the physical state of the extant Greek texts, the musical nature of early Greek lyric, and the lack of any ancient blanket term for our 'lyric'. Moreover, the ancient theoretical literature on the lyric is much later than the texts themselves, and in itself fragmentary. The researcher is thus forced to extricate what theory he can from the fragmentary lyric texts themselves. Aristotle and Horace serve as examples. Each in his Ars Poetica deals only briefly and superficially with lyric poetry, while tragedy, epic and comedy receive more specific attention. These two theorists thus add little to the knowledge of lyric poetry we gain from other theorists and the texts themselves. Horace was, however, himself a lyric poet who embodied the 'Classical' lyric in his own Odes. One of his lyrics, Ode 2.20, is therefore examined briefly for what it reveals about Horace's views on and conception of the lyric genre. In this examination attention is especially drawn to 1. the form, 2. the relationship of the poet with society, and 3. the significance of the poetic flight, the central symbol in the poem. In the study of literary texts, Classical philologist and modern literary scientist have much common ground, and inter-disciplinary discussion can only benefit both.

  • Egregie Rector Insignis Decane et Vos qui in Concilio et Senatu huius Universitatis consulent Vosque Col/egae doctissimi Vosque Studentes optati Vosque benevolentes Amici,

    Utinam totam hanc orationem Latine habere possem et vos omnes me intellegeretis I lampridem autem haec antiquissima lingua ex hominum doctorum societate decessit. Quare necesse est 'ii K01IVn (ut ita dicam) loquar. Nihilominus maxime iuvat me de illis litteris antiquissimis novissima lingua Africaniensi, centesimo anno aetatis, vobiscum disserere posse.

    INLEIDING Die liriek is die digsoort wat die meeste in die letterkunde van ons tyd voorkom. 1 EP09, leergedig en versdrama verskyn meer seldsaam. Verder is die liriek nie beperk tot die liter~re kunsvorm nie: ook in die vorm van popul~re en volkslied word dit die uiting van 'n individu of groep of selfs volk - sekerlik in aile tye en tale die natuurlikste en "spontaanste" medium vir die uitdrukking van idees, ervaringe, emosies, ideale en geskiedenis: kortom die individu, of groep of volk se selfbewussyn. Daarom dat hierdie liter~re vorm vera I sedert die 1ge eeu as die vroegste en suiwerste poetiese uiting beskou is. Twee uitsprake kan as tipiese illustrasie dien. In sy artikel oor liriese poesie in die elfde uitgawe van die Encyclopaedia Britannica in 1911 skryf Gosse 5005 volg: "We recognize a narrative or epical poetry; we recognize drama; in both of these, when the individual inspiration is strong, there is much that trembles on the verge of the lyrical. But outside what is pure epic and pure drama, all, or almost all (excepting descriptive and didactic poetry), is lyrical." in 1859 skryf John Stuart Mill: "Lyric poetry, as it was the earliest k.ind, is also, if the view we are now taking of poetry be correct, more eminently and peculiarly poetry than 'any other: it is the poetry

    Vgl. bv. Robert Graves, The Crowning Privilege (Pelican Books, London 1959), 29; Hugo Friedrich, 'Die Strulitur del modernen Lyrik (Hamburg 1956), 15; K, Quinn, Latin Explorations (London 1963), 61 ; Bernhard Asmuth, Aspekte der Lyrik (Dusseldorf 1972), 9.

    1

  • most natural to a really poetic temperament, and least capable of being successfully imitated by one not so endowed by nature." 2 Dit is nie my bedoeling by hierdie geleentheid om op die geldigheid van hierdie uitsprake in te gaan nie, maar wei om u, geagte toehoorder, te nooi om saam met my 'n kort reis in die wareld van die Klassieke liriek te onderneem: ongelukkig nie 'n rustige seereis nie, maar 'n haastige reis in ruimte en tyd. En ek vra u geduld en verskoning as ons ruimteskip soms effens wankelrig weens gebrek aan behoorlike brandstof in die vorm van feitelike gegewens, en soms te snel weens reuse spronge in ruimte en tyd, sy weg deur die liriese kosmos baan. Ons sal vir 'n rukkie teruggaan na die Griekse liriek van erens in die eerste millennium v.C., en met 'n besoek aan die liriese vers van die Latynse digter Horatius in die laaste dekades voor ons jaartelling ons reis afsluit. Maar u weet almal hoe ontoereikend die "package tour" tipe reis is. Dus het ek spesiale besoekplekke, waar ons langer sal kan vertoef, gereel: naamlik die literare opvattings van Aristoteles en Horatius aangaande die liriek, soos in elk se sogenaamde Ars Poetica weerspieel, en 'n Iiriese gedig van Horatius.

    TERREIN EN PROBLEMATIEK Diesistematiese studie van die Iiriek as 'n eiesoortige genre, met sy eie beginsels, "wetmatighede" en wese, het sedert die 1ge eeu in veral die Duitse en Engelse !iterare kritiek toegeneem, en meer tot ons begrip van die Iiriek bygedra as aile vorige literare teorie 3 Selfs gedurende die Middeleeue, toe die godsdienstige en sekulare liriek so gebloei het,4 of gedurende die Renaissance, toe die klassieke herlewing gepaard gegaan het met die volksliriek van 'n Petrarca wat so sterk aan die ontwakende volksbewussyn uiting gegee het, het 'n sistematiese teorie van die liriek, anders as in die geval van die epos en tragedie, ontbreek. 5 Eers in 1549, met Joachim du Bellay se Defense et illustration de la langue fram;aise, die beroemde manifes van die PI~iade, is spesifieke aandag aan die liriek geskenk. 6

    2 E. Gosse, "Lyrical Poetry'", Encyclopaedia Britannica XVII (Cambridge 1911),180-1: J. S. Mill, Dissertations and Discussions (London 1859), I, 85. Vgl. ook A. Croiset, La po6sie de Pindare et les lois du Iyrisme grec (Paris 1886), 25; C. M. Gayley & B. P. Kurtz, Methods and Materials of Literary Criticism: Lyric, Epic, and Allied Forms of Poetry (Boston 1920), 7-8, 55; G. E. B. Saintsbury, History of Cf/ticism (London 1949'). I. 193; Friedrich (1956),20; W. K. Wimsatt, Literary Criticism: A Short History (New York 1959). 433-5; J. Perret, Horace (Paris 1959). 91-2; Asmuth (1972),79.

    3 Gayley & Kurtz (1920), 137-8.

    4 Vgl. by. Peter Dronke, The Mediaeval Lyric (London 1968).

    5 Vgl. J. E. Spingarn, History of Literary Cliticism in the Renaissance (Columbia University Studies in Literature, 1899) 58; Manfred Fuhrmann. Einfiihrung in die entike Dichtungstheorie (Darmstadt 1973). 187-213.

    6 Vgl. Gilbert Highet. The Classicel Tradition (Oxford 1949), 231-2;' J. H. Smith & E. W. Parks, The Great Critics (New York 1951 '), 164-77: J. Bedier & P. Hazard, LittfJreture franr;aise (Paris 1948), 1,246 e.v.; Fuhrmann (1973), 213.

    2

    n Gepaardgaande belangstelling vanaf die 1ge eeu in ook die Klassieke liriek is duidelik, alhoewel steeds sporadies in die groot see van werk wat aan die epos en drama gewy is. Simptomaties is die feit dat daar oor die Klassieke Iiriek as genre minder in die Iyn van Forschungsberichte verskyn het: daar is byvoorbeeld geen artikel daaroor in die Realencyclopadie fiir classische Altertumswissenschaft nie; en, alhoewel epos en tragedie en komedie met lang en herhaalde verslae in die Anzeiger fiir Altertumswissenschaft vereer is, moet die liriek met die Forschungsberichte in Platnauer se Fifty Years (and Twelve) of Classical Scholarship en in Classical World van 1968 tevrede wees. 7

    Gebrek aan belangstelling by Klassici is dit nie: die massa artikels en werke oor bepaalde digters en gedigte getuig daarvan. En in die laaste dekades veral het sulke studies, asook studies oor bepaalde aspekte van die Iiriek, aansienlik toegeneem. Die rede vir hierdie oenskynlike verwaarlosing is eerder daarin gelee dat die klassieke literatuurwetenskaplike voor ontsaglike metodologiese probleme staan: die antieke teoretiese gegewens is gebrekkig en, sonder die nodige konteksmateriaal, moeilik interpreteerbaar; die antieke liriek self vertoon nie aan ons as 'n eenvormige verskynsel nie: geografiese en kronologiese verspreiding het vorm-, inhouds- en taalverskille veroorsaak. En dan is daar nog die probleem waarmee die moderne literatuurwetenskaplike ook worstel: die inherente "ondefinieerbaarheid" van die liriese gedig. 8

    Enige navorser wat die wereld van die Klassieke, en veral die Griekse, liriek wil betree, word met probleme gekonfronteer wat hoofsaaklik 'n gevolg is van die fisiese toestand van die tekste self. In die eerste plek bestaan die oorgelewerde Griekse liriek grotendeels letterlik in repe, op stukkies papirus, of as brokkies deur ander skrywers aangehaal. Pindaros is die enigste wat in 'n onafhanklike manuskriptradisie na ons gekom het.9 Ander, soos Bakchulides, was ook gelukkig : in 1896 is sy liriese nalatenskap van sowat vyftig gedigte met 'n twintigtal nuwes ve'rgroot met die ontdekking

    7 J. G. Griffith, "Early Greek Lyric Poetry", in M. Platnauer, Fifty Yeers (end Twelve) of Classical Scho/ership (Oxford 1968), 50-87; D. E. Gerber, "A Survey of Publications on Greek Lyric Poetry since 1952" (C/essicel World 61, 1968.265-79,317-30,373-85); hierdie is'n opvolging van die oorsig deur G. M. Kirkwood (CW 47, 1953,33-42, 49-54), wat die periode 1936-1952/3 dek. Die Ree/encyc/opsdie bevat niks oor me/os nie, en slegs 27 reels oor monodie: RE XVI. 1. kol. 131-2 (Paul Maas) ; oor die Iier is wei 'n lang artikel : RE XXVI. kol. 2479-98; en individuele Iirieksoorte kry 'n mate van aandag (bv. epikedeion, epinikion. embaterion. enkomion. prosodion, humenaios, threnos, skolion); die himne kom die beste daarvan af: RE IX, 1, kol. 140-83 (Wunsch). Oor liriese versmaat het ook al Forschungsberichte verskyn: A. M. Dale, "Greek Metric 1936-1957" (Lustrum 1957. Bd. 3, 41-5); P. W. Harsh, "Early Latin Metre and Prosody 1904-1955" (Lustrum 1958. Bd. 3, 215-50); en R. J. Getty, "Classical Latin Metre and Prosody 1935-1962" (Lustrum 1963, Bd. 3, 103-60). Nuttig is ook R. P. Winnington-Ingram, ,,~ncient Greek Music 1932-1957" (Lustrum 1958, Bd. 3, 5-57). Die behandeling en bibliografiese gegewens van W. Schmidt & O. Stiihlin. Geschichte der griechischen Literatur (Munchen 1959.1964), I, 1. 325-628, bled steeds die waardevolste inleiding tot die Griekse Iiriek. Vir Forschungsberichte oor die tragedie. vgl. E. L. de Kock, Op Soek na die Boodskep ven 'n Sophokleiese Tragedie (RAU-Intreerede A49. 1971), 9-17.

    8 Vgl. by. Asmuth (1972), 7, 78 n. 1.

    9 Griffith (1966),50; vgl. Highet (1949). 220-1.

    3

  • in die Saharasand van die beroemde Britse Museum-papirus wat uit die eerste eeu v.C. dateer. Ander weer was minder gelukkig: van Stesichoros het onsslegs 'n paar fragmente en verder net aanduidings in die testimonia van sy groot roem in antieke tye. 1O Ruim twee eeue se liriese skepping van 'n verbeeldingryke en individualistiese volk word deur 'n skamele versameling fragmente en stukke gedigte verteenwoordig.

    Onherroeplik verlore is ook die hele corpus van Hellenistiese liriek van die 4e en 3e eeue v.C., 'n periode waarin die kort versvorms en die daarmee gepaardgaande literare teorie juis so 'n oplewing geniet het.1I Slegs Kallimachos. as ons sy iambiese. elegiese en himniese verse. en Theokritos. as ons die pastoraal. as liriek laat geld. word met 'n redelike nalatenskap van ewige swye gered. Van Kallimachos se ware lirieke. sy Mele bestaan slegs 5 losstaande reels.

    In die geval van die Latynseliriek is ons nie veel beter daaraan toe nie. Ons besit die 60-tal kort gedigte in verskillende versmate en die 50-tal epigrammatiese gedigte van Catullus. waarvan slegs 6 in streng Klassieke vorms is; daarenteen is Horatius se 103 Odes die herskepping in Lawn van die Griekse Klassieke liriek.

    As ons egter die liriek volgens modeme definisie as enige kort gedig beskou. kan ons die elegiee van byvoorqeeld Propertius. Tibullus en Ovidius ook inslu.it - alhoewel die elegie streng gesproke nie as 'n liriek in die Klassieke genre-teone gegeld het nie. 12

    Maar, in die tweede plek. het die Griekse liriek nie net uit woorde bestaan nie: musiek en die dans was integrale elemente van die hele Iiriese uiting en belewing. Ons besit dus. selfs in die geval van 'n volledig-bewaarde teks (bv. in die geval van Pindaros). maar een gedeelte van die liriek soos die antieke Griek dit geskep of ervaar het. Probleme van vorm en betekenis word dus verder bemoeilik.

    10 Oor die Bakchulides-papirus (Brit. Mus. Pap. DCCXXXIII). vgl. R. C. Jebb, Bacchylides. The Poems and Fragments (Cambridge 1905, Hildesheim 1967), 121 e.v. Vir die testimonia oor Stesichoros, vgl. J. M. Edmonds, Lyra Graeca (loeb, london 1964), II. 14-31.

    11 Vgl. by. Fuhrmann (1973), 125.

    12 Vgl. R. C. Jebb, The Growth and Influence of Classical Greek Poetry. (london 1893), 143. Cat.ullus ,s.e g~~igte 11 en 51 (sapphies), 17, 34 en 61 (glukonies-pherekraties), en 30 (askleplad,es) kan as "ware Klassleke Ioneke beskou word; sy gunsteling-versmaat, die elfleUergrepige phalaikeion, het 'n geskiedenis wat terugga?n ~ot Sappho en Anakreon (vgl. A. Dain, Traite de metrique grecque. Paris 1965, 90-1), en selfs, '~ Atheen~e dnnkloed. (Edmo~~s: 111.1959.566-7, no. 10): die verskil is egter dat Catullus die maat deurgaans st,gles gebru,k, terwyl die ouer Ionci dit hoofsaaklik strofies aangewend het; hy volg dus die Alexandrynse digter Phalaikos. na wie die versvorm vernoem is. Elegie en iambos het vroeg reeds van sang geskei: vgl. A. lesky, A History of Greek Literature (vert. J. Willis & C. de Heer. london 1966),108-9; C. M. 80wra, Greek Lyric Poetry (Oxford 1961 '). 2-4. Vir'n oorsig van die latynse liriek, vgl. W. S. Teuffel & L Schwabe, History of Roman Literature (vert. G. C. W. Warr. london 1891'). I; 40 e.v. Werner Eisenhut, Antike Lyrik (Darmstadt 1970), xi-xii, sluit by die term "lyrik" aile digvorms ande!," as verhalend, didakties en dramaties in; en Gerber se oorsig oor die Griekse Iiriek dek ook elegiese en iambiese verso Kortheid word as 'n wesenselement van die liriek beskou deur Walther Killy. Elemente der Lyrik (Munchen 1972 '). 154 e.v.; vgl. ook sy titelblad en kommentaar daarop (170, 180 n. 21) ; Emil Staiger, Grundbegriffe der Poetik (Zurich 1966 '), 23-4, skryf ook 'n sekere beperking in omvang aan die liriek toe.

    4

    Derde!,!s het die antieke Iiterare kritiek, Grieks sowel as Romeins. wemlg oor die liriese gedig te sa gehad. En die fragmentariese en sporadiese uitsprake wat daar wei is, verskyn lank na die poetiese skeppinge waaroor hulle kommentaar lewer of waarop hulle gebaseer is. Narens is dit waarder nie as juis hier dat literare skepping literare teorie voorafgaan; of. soos Herwig Maehler dit stel: "Am Anfang steht die Dichtung. die Poetik ist sekundar."13 Die teoretiese beskouing van die poesie in prosawerke kom in diegeskiedenis van die Griekse literare kritiek eers in die 5e eeu v.C. by sofiste soos Hippias en Demokritos voor. terwyl die literare liriese produksie van die Griekse gees reeds twee eeue vroeer begin het. Die belangrikheid van die Hellenistiese Tydperk (c.laat 4e tot 1e eeu v.C.) vir die klassieke literatuurwetenskap in die algemeen en vir die kort literare vorms in die besonder kan nooit oorskat word nie. Rondom die beroemde biblioteek in Alexandrie is 'n intense studie van veral die vroeere Klassieke werke onderneem : werke is van oral heen versamel. geredigeer en gekommentarieer. Klassifikasie volgens streng, formalistiese kriteria deur die 9rammatikoi het gelei tot vormgebonde I

  • Horatius so-te-sA die enigste lesenswaardige een" (Bt Iyricorum idem HorBtius fere solus legi dignus) .18 Hierdie gebrek aan sistematiese behandelings van die Iiriek deur antieke teoretici. en aan afsonderlike prosa-uitlatings rondom hul eie werkdeur die digters self, dwing ons tot die gedigte. Vanuit die puin van fragmente moet ons gegewens probeer versamel oor die digters, en hul lesers, se siening van die Iiriese gedig, sy dit eksplisiete uitsprake in die gedig, of die konkrete vergestalting van teorie in die gedig self. Daaris min ruimte vir ttogmatiese stellinginname en -bewering. ARISTOTELES EN HORATIUS OOR DIE L1RIEK Die literl3r-teoretiese geskrifte van Aristoteles en Horatius dien al lank as bron vir die navorser op die gebied van epos en tragedie. Hulle het aan die Iiriek minder aandag geskenk, en 'n mens moet veral di'e aristoteliaanse lemoen hard druk vir die bietjie Iiriese sap, en selfs dan is daar 'n bitter pit of twee by. In syniElPl nouyrll
  • 3. Liriek is die mimesis van die innerlike lewe van die digter, en as sodanig het dit nie so maklik in die platonies-aristoteliaanse teorie van die kunsskepping as 'n mimesis van die "uiterlike" natuur, of liewer objektiewe vorm, en werk.likheid ingepas nie. Epos en drama het- hoofsaaklik handeling uitgebeeld, liriek nie. Dit is miskien die rede waarom Plato en later ook Aristoteles na die liriese vorms verwys het slegs by wyse van hulle uiterlike voorkoms: die geleentheid waarvoor die liriek geskep is, of die instrumente wat as begeleiding gebruik is.27

    4. Dit -moet onthou word dat Aristoteles sy Ars Poetica onder ,andere as 'n implisiete antwoord op Plato se beskouings oor die poesie geskryf het.28 Laasgenoemde het heelwat verwysings na en besprekings van die poesie,29 maar dit is sy verdoeming van die poesie tesame met die musiek en die dans as moreel onwenslik in die ideale staat waarop Aristoteles reageer.30 Poesie, as skeppende nabootsing van die universele, is volgens Aristoteles 'n wetenskaplik-studeerbare verskynsel per se, en het 'n besliste opvoedkundige, heilsame rol in die samelewing; dit het 'n estetiese en morele doel en effek: katharsis, suiwering.J1 Ongelukkig vir die liriese digvorms was dit in die groot genres epiek en drama waar Aristoteles sy saak die sterkste kon stel.

    Hoe dit ook al sy, Aristoteles se verwaarlosing van die liriek in sy liter~re beskouinge het hierdie digsoort ook prakties gesproke uit vele latere teorie verwyder. So vind ons byvoorbeeld dat Horatius (65 - 8 v.C.) se Ars Poetica stof bevat wat uit die liter~re en kunsteorie van die Hellenistiese .Jydperk (4e tot 1e eeue v.C.) en uit die na-aristoteliaanse retoriese teorie ontstaan het. maar dat hy nog steeds byna uitsluitlik die epos en drama behandel - en dit ten spyte van die feit dat hy self groot lirikus was, en dat hy, sover ons kan vasstel, geen direkte gebruik van Aristoteles se Ars Poetica gemaak het nie.32

    27 Vgl. Fuhrmann (1973). 87. 124-5.

    28 Vgl, bv. A. Rostagni, Aristote/e Poetica (Torino 1927,1945), xxxi e.v.; Elsl' (1957), 12-13; Fuhrmann (1973),8690.

    29 Vgl. bv. P. Vicaire, Platon: critique litterske (Paris 1960).

    30 Vgl. Fuhrmann (1973),72-86.

    31 Vgl. bv. oak Pol. 8; Fuhrmann (1973). 90 e.v. G. Williams, Tradition and Originality in Romsn Poetry (Oxford 1968), 351, gee aan die ander kant redes waarom Aristoteles op die tragedie gekonsentreer het: die veelheid en verskeidenheid van materiaal, die omvang van die historiese ontwikkeling, en die belange van sy gehoor. Maar hierdie faktore kon net sowel vir die Iiriek ook gegeld het.

    32 Vgl. Fuhrmann (1973), 124-6; en oor die latere literAre teorie, 185-308; hy wys ook op die twee belangrike uitsonderings, Ps.-Longinus (151) en Dionusios van Halikarnassos (172), wat wei aan liriek aandag geskenk het.

    8

    Dit is moeilik om vas te stel hoeveel van die Hellenistiese liter~re teorie in Horatius se Ars Poetica opgeneem is.33 Daar is te veel onbekende drade wat vanuit vroeere

    liter~re en retoriese opvattings saam met Horatius se eie menings ingevleg is. Maar daar is slegs twee passasies in sy Ars Poetica wat direkte betrekking op die liriek het.

    Nadat hy die paslike temas van die epos tipeer het as "die dade van konings en leiers, en tragiese oor/oe" (res gestae regumque ducumque et tristia bella, 73). skets Horatius verskillende kort digsoorte: die wyepigram, elegie, en Archilochos se iambiese verse, wat volgens Horatius beter vir dramadialoogen -aksie en gehoorstilmaak geskik is (75-82). Dan volg die temas vir die liriek: "die Muse het aan die Iiersnare dit opgedra om gode en kinders van gode, en die bokskampioen, en die eerste perd in die wedren, en jong mense se liefdesmart, en die vrymakende wyn te besing" (Musa dedit fidibus diuos puerosque deorum/et pugifem uictorem et equom certamine primum / et iuuenum curas et fibera uina referre, 83-5). Hier is weinig wat nuut is, of wat direk oor Horatius se eie Jiriese poesie gaan. En 'n mens is geneig om met die algemene opvatting saam te stem dat Horatius se gedagtes in die Ars Poetica niks te make het met sy eie liriese skepping nie.34 Hy verwys hier na tradisionele Griekse liriese vorms eerder as na die vorms SOOS hy hulle self gebruik het: die himnes aan die gode, die epinikia aan wenners van atletiese kompetisies by die Olimpiese of ander spele, die erotika oor die Iiefde, en die paroinia en skofia by bankette.3S

    Ook in die tweede passasie (391-407) het ons oenskynlik bloot 'n tradisionele oorsig van die oorsprong en ontwikkeling van die poesie, vanaf die mitiese Orpheus tot, s~ maar, Bakchulides. Maar hier skemer 'n aspek deur wat wei in Horatius se liries'e poesie herhaaldelik na yore kom: die beskawende rol van die digter en die poesie in die samelewing. 36 Orpheus het as heilige priester-digter (sacer interpresque deorum, 391) die boswonende mensdom van moord en ongeskikte voedsel afgeleer, en sodoende die legende laat ontstaan dat hy tiers en leeus kon betower; Amphion het. naas sy vermoe om met sy Iier die rotse te laat beweeg, ook die stad Thebe gestig ; die groeiende beskawing het toenemende wetlikheid en orde meegebring, en eer en roem aan die goddelik-geinspireerde

    33 J. E. Sandya, A History of Clsssicsl Scholsrship (Cambridge 1903), 177-8; Fuhrmann (1973), 1i1. C. O. Brink, Horscs on Postry, Prolegomsns to ths Litsrsry Epistles (Cambridge 1963), veral 79-150, behandel breedvoerig hierdie probleem.

    34 Vgl. bv. L. P. Wilkinson, Horscs snd his LyTic Poetry (Cambridge 1945, 1951',1968). 97,104-6. Brink, Horsce on Poetry. Ths Ars Postics (Cambridge 1971), 445-67, daarenteen, probeer die eenheid van Horatius se liriek en Ars Poetics aantoon.

    35 F. Villeneuve, Horscs. Epltrss(Paris 1967'), 207 n.2; A. Kiessling & R. Heinze, Q. Horstius Flaccu~ Brisfe (Zurich 1968'). 83-5.

    36 Vgl. Kiessling-Heinze (1968'), s.d 391407; Brink (1971), 384-94; S. Commager, The Odes of Horscfl:'A Criticsl Study (New Haven & London 1962),307-52.

    9

  • digter en sy gedigte besorg (sic honor et nomen diuinis uatibus atque/carminibus uenit, 400-1); Homeros en Turtaios het dapperheid in oorloe besing; orakelspreuke is in versvorm gegee; digters soo,s Solon en Theognis het in hulle verse aan die burgers politieke en sedelike riglyne gegee, en digters soos Pindaros, Simonides en Bakchulides het die guns van tiranne deur hul poesie verwerf; en laastens het die toneelkuns afleiding van lang geswoeg gebied. Horatius sluit hierdie gedeelte met die volgende woorde af: "so jy hoef nie dalk skaam te wees oor die Muse, wat op die lier geskool is, of oor die sanger Apollo nie" (ne forte pudori/ sit tibi MiJsa Iyrae sollers et cantor Apollo, 406-7). Dit is duidelik dat Horatius dit eintlik oor die mag eerder as die geskiedenis van die poesie het. Sy gebruik van die woorde interp;es deofum (391) en uates (400) is betekenisvol. Dit is al meermale gestel dat Horatius en Vergilius die ou Latynse woord uates ("priester") vir poeta ("maker") in ere herstel het.37 Dit was deel van die digters van die tyd van Augustus se ideaal om die. digter 'n geldige status in die samelewing te gee. In Horatius kom dit seker die ~terkste tot uiting in die eerste reels van die eerste van sy ses Romeinse Odes waarin hy hom in aile ems tot die Romeinse volk rig as Musarum sacerdos, "priester van die Muses" (3, 1, 3).

    Wat ons aangaande die antieke Griekse liriek vanuit die Ars Poetica van Aristoteles en 'Horatius kan haa!. voeg weinig by tot die gegewens wat ons vanuit ons ander bronne en die tekste self reeds weet. Hulle bied egter 'n raamwerk waarbinne ons sekere aspekte in fokus kan bring en orden.

    1. Die oorsprong van die liriek Ie verborge in die mitiese verlede toe dit nog nie literare gestalte gehad het nie. Horatius noem Orpheus en Amphion, wat deur die Grieke self as "eerste liriese digters" beskou is.38

    2. Die liriek, soos eintlik aile poesie, het sy wortels in die inkantasie van antieke godsdiensritueel. Die kultuslied en kultusdans het dan ook heelwat spore op die literere liriek nagelaat. 39 Aristoteles verwys na die Dionusos-lied of dithurambe, en Horatius na die goddelik-geinspireerde priester-digter.40

    37 Vgl. bv. Teuffel-Schwabe (1891 '), 101-2; G. v. N. Viljoen...Die Antieke Digter oor sy eie Digproses" (Ole Oigtef OOf sy Ojgpfoses. Mededelings van die Universiteit van Suid-Afrika B15. Pretoria 1961,24-38), 33e. v.; J. K. Newman, The Concept of Vetes in Augusten Poetry (Bruxelles 1967).

    38 Dear was ook Linos, wat volgens Pausenias (9, 29. 6) gest8rf het a.g.v. sy asnspraak op gelykheid as sanger met Apollo; en Mousaios: wat volgens Plato (Rep. 3648) soos Orpheus 'n afstammeling van die Muses was. Vgl. verder Schmidt-Stahlin (1959. 1964). I. " 48-54.

    39 Oor die rltuele oorsprong van poisie, vgl. B. A. van Groningen. Ls composition littMsire sfchsique gfecque (Amsterdam 1958), 15-16; Farnell (1891), 1 e.v.; Bowra (1961 '), 9. Strabo. die Griekse geograaf. het die poesie as die vroegste taalkuns 6eskou (1.2, 6). Oor die rituele element in moderne poisie. vgl. bv. J. M. Leighton, Poetry snd Ritusl (RAU-Intreerede A28, 1970).

    40 Die inspirasie-teorie, wat dia Klassieke literOre teorie so domineer, en so 'n wesenselement van die Iiriek is, word deeglik deur kritici behandel, an word dus in hierdie rede nie betrek nie. '

    10

    3. Naas die kultusgebonde, godegerigte was ook die sekulare liriese vorms wat uit die volk se alledaagse lief en leed en triomf ontstaan het :41 geboorte, huwelik, dood, en militere en atletiese prestasie. Horatius noem, naas die liedere aan "die seevierende gode en kinders van gode", ook die liedere ter ere van atlete, en liedere oor die liefde en wyn. Die liriek was dus geleentheidgebonde, met sterk drade wat dit aan die groep of samelewing gebind het. Maar sowel die rituele as die sekulere liriek is onafskeidbaar met die dans en musiek verbind. Homeros bewaar vir ons in sy eposse aanduidings van sulke vroee godsdiensgebonde en sekulere liriese vorms gedurende die sogenaamde Bronstydperk (c.2000-1000 v.C.). Wanneer die Iyk van die Trojaanse held Hektor die stad ingebring word, word treurliedere (threnoi) gesing.42 Dergelike treurliedere kom by die begrafnis van Achilles voor:

    "En die Muses, nege altesaam, h~t met mooi stenime in beurtsange die treurlied gesing. Toe kon jy darem nie een van die Argeers sonder trant3 sien nie, want die Musiek het so helder opgeklink. En sewentien nagte en dae aanmekaar het ons, Clnsterflike Gode ensterflike mense, jou, beween."43

    H6meros beskryf ook 'n huwelikslied: " ... 'n weelderige huweliksfees, 'n bruid met vlammende fakkels van haar kamer af begelei deur die stad, terwyl die huwelikslied vol opstyg en jongmanne al dansende in die rondte draai en die klanke van fluite en liere mos tussen hulle weerklink; en die vrouens staan daar vol bewondering, elkeen by haar voordeur."44

    Ek wi! nog 'n passasie aanhaa!. waarin 'n paian, of himne aan Apollo, beskryf word, nie aileen vir wat dit ons oor die vroee Griekse liriek vertel nie, maar ook omdat daar seker nerens elders in die aniieke' letterkunde so 'n raak beskrvwing van 'n osbraai voorkom nie:

    "Maar nadat hulle toe gebid en die garskorrels gestrooi het, het hulle eers die offerdiere se koppe agteroorgebuig, hulle keelafgesny en afgeslag. Hulle het die dybene uitgesny en in 'n dubbele laag vet toegevou en rou vleis daarbo-op geplaas. Toe het die ou man dit op die vuurmaakhout

    41 Proklos deel die Iiriese vorms in 1. di6 aan die gode; 2. di6 aan mense; 3. di6 aan gode en mense; en 4. di6 vir ..toevallige omstandighed." (TO 5t tiC TOe nponlll"fToUoOC ncpl

  • verbrand en vonkelende wyn daarop gepleng. En langs hom het die jongmanne vyftandvurke in hulle hande reg gehou. Maar nadat die dybene verbrand was ... het hulle toe die res stukkend gesny, braaispitte daar dwarsdeur gesteek, alles versigtig gebraai en weer van die spitte afgetrek. En nadat hulle klaar was met die werk en die feesmaal toeberei gehad het. het hulle geeet; en geen hart het sy deel van die feesmaal ontbeer nie. En toe hulle die begeerte na voedsel en drank verdryf het, het die jongmanne die mengvate tot aan die rand met drank gevul. Daarna het hulle met die plengdruppels begin en in almal se bekers uitgedeel. En heeldagdeur het hulle die god met sang versoen, die jongmanne van die Achajers, en 'n lieflike loflied gesing en die Werker van Veraf verheerlik. En Hy het gehoor'en dit in sy hart geniet:'4S

    So 'n paian vind ons in die vroegste oorblywende Griekse liriese fragment, 'n skamele twee reels, aan 'n digter met die verdagte naam "Eumelos" ("Soetgesang"), van circa 730 v.C. toegeskryf. Dit het blykbaar deel gevorm van 'n prosessionele koorlied (prosodion) ter ere van Apollo te Delphi, en verwys oenskynlik na die vryheidsstryd van die Messeniers teen die Spartane:

    Want Zeus, god van Ithome, skep behae in 'n Muse met suiwer lier 00 die sandale van vryheid.46

    4. Twee soorte Iiriek word deur Aristoteles en Horatius betrek. Aristoteles verwys na die dithurambe, d.w.s. 'n koorlied, asook na lier- en fluitspel. Die lier en fluit is afsonderlik in die solo-liriek, of monodie, en gesamentlik in die koorliriek as begeleiding gebruik.47 Horatius plaas koorliedere soos die himne en oorwinningslied langs die monodiese Iiefdeslied en simpotiese liriek (A.P. 83-5). Reeds in Homeros kom hierdie indeling voor. Ons het reeds voorbeelde van koorliriek in die treurlied en huwelikslied en paian gelees.48 Hier is 'n beskrywing van 'n solo-liriek:

    "en in die middel van hulle het 'n knaap op 'n helder lier lieflik gespeel en met fyn stem die mooi Linoslied daarby gesing; en hulle het almal saam, soos hulle geloop het. tyd gehou met gesing en geskreeu en gestamp van voete:'49

    45 II. 1, 458 e.v.

    46 Oor Eumelos, vgl. Edmonds (1963), I, 12 e.v.; (1959), III, 598-9,

    47 Vgl. Schmidt-Stahlin (1959,1964), I, 1, 327-33; Farnell (1891),34-44; Edmonds (1959), 111,597609.

    48 Vgl. ook 11.18,50-1; 314-6.

    49 II. 18,572 e.v. Vgl. ook II. 7, 241 en Od. 4, 17 e.v.; 5, 61-2.

    12

    Die monodie is meer persoonlik, subjektief, sekul~r, individualisties, met 'n tematiek direk aan die hier en nou gekoppel, is deur die digter self of 'n solis gesing met lier- of fluitbegeleiding, en het bestaan uit 'n onbepaalde getal 4-reelige strofes.so Digters in hierdie sg. Aioliese tradisie was Sappho, Alkaios, Anakreon, Korinna, Simonides. Hulle skryf in hulle eie dialekte. Die koorliriek, daarenteen, was meer onpersoonlik, objektief, ritueel- en kultusgebonde, aristokraties, waarin ,die verlede meestal as tema voorkom, en ritueel, mite en moraliteit sterk figureer, en wat deur 'n koor van sangers en dansers en musiekensemble (Iier en fluit) uitgevoer is in 'n ingewikkelde patroon van triadiese strofes (strofe, antistrofe, epode) wat metries gekorrespondeer het. Digters in hierdie sogenaamde Dories9 tradisie was by. Pindaros, Aikman, Ibukos, Stesichoros, Simonides, Bakchulides. As aristokratiese lirie. was dit meer tuis in die howe van regeerders, waar digters soos Aikman en ibukos gewoon en gedig het. en Pindaros se oorwinningsliedere opgevoer is. Die taal is gewoonlik dan ook die "standaard-", of "internasionale" Grieks, naamlik, die Doriese dialek.S1

    HORATIUS, ODE 2.20 Horatius is 'n voorbeeld van daardie verskynsel wat in die antieke wereld so seldsaam, maar in ons tyd so volop is: die digter-kritikus. Sy literer-teoretiese S2beskouings sou dus ook in sy eie gedigte weerspieel wees. Dit is minstens sedert die begin van hierdie eeu 'n algemene stelling in die literatuurwetenskap dat een van die hooftemas van die moderne liriek juis die poesie self is: die sogenaamde gedig oor die gedig.S3 Horatius se slotgedig van sy tweede boek Odes bied so 'n voorbeeld.

    Non usitata nec tenui ferar pinna biformis per liquidum aethera

    uates neque in terris morabor longius inuidiaque maior

    urbis relinquam. non ego, pauperum sanguis parentum, non ego, quem uocas,

    dilecte Maecenas, obibo nec Stygia cohibebor unda.

    50 Hierdie indeling is 'n latere ontwikkeling. en sells in die lormele klassieke literGre teorie" nie streng gehandhael nie; vgl. Edmonds (1959). 111,592-3; Lesky (1966).108-9; Farber (1936), deell,16-17.

    51 Schmidt-Stahlin (1959, 1964), I, 1, 353-452 (monodie); 452-628 (koorliriek); Farnell (1891), 21-4; 80-96; Bowra (1961'),4-14.

    52 Oor Horatius as digter-kritikus, vgl. Brink (1963), 153 e.v.; 213 e.v.

    53 Vgl. Commager (1962), 307; Asmuth (1972),77.

    13

    5

  • iam iam residunt cruribus asperae pelles et album mutor in alitem

    superne nascunturque leues. per digitos umerosque plumae.

    iam. Daedaleo notior lcaro uisam gementis Iitora Bosphori

    Syrtisque Gaetulas canorus ales Hyperboreosque campos.

    me Colchus et qui dissimulat metum Marsae cohortis Dacus et ultimi

    noscent Geloni, me peritus discet Hiber Rhodanique potor.

    absint inani funere neniae luctusque turpes et querimoniae;

    conpesce clamorem ac sepulcri mitte superuacuos honores.

    (N ie op gewone of skrale veer sal ek deur die helder lug opstyg, twee-vormige digter ; ook nie op land sal ek langer vertoef, maar, bo aile nyd, die stede verlaat. Ek, die bloed van arm voorsate, ek vir wie u laat roep, geliefde Maecenas, sal nie vergaan of deur Stigiese stroom ingeperk word nie. Nou reeds slaan op my bene uit growwe vel, en ek word 'n wit voel van bo-af, en ligte vere bot oor my vingers en skouers heen. Nou, beroemder' as Daedalus se Icarus, sal ek.die grommende Bosporusstrande sien, en die Gaetuliese Sirte en Hyperboreiese pleine - ek, melodieuse voal. Colchier en Dacier wat aile vrees vir Marsiese leer verswyg, en die verre Geloni sal my leer ken, die geskoolde Spanjaard sal my leer, asook die drinker uit die RhOne. Laat van my nuttelose graf afwesig wees klaaglied en onbetaamlike geween en gekerm; sluk elke kreet en laat vaar aile oortollige grafverering.)

    14

    Hierdie is een van die moeilikste fjedigte van Horatius, en wetenskaplike 10 beoordeling daarvan loop wyd uite&n. Vir Page was die gedig "completely

    conventional and unnatural" (wat dit ook al mag beteken) ;54 vir die ewe-Victoriaanse Tyrrell was dit smaakloos ;55 vir Fraenkel was die gedig teleurstellend en die realistiese besonderhede "repulsive or ridiculous, or both" ;56 vir Villeneuve was die presiese beskrywing van die gedaantewisseling te veel van 'n "jeu d'esprit" wat in die origens ernstige gedig 'n "fausse note" 'ingebring 15 het ;57 vir Wilkinson het Horatius die "fatal mistake" begaan om, na die ironie en batos van die metamorfose, weer ernstig te probeer wees ;58 vir Highet, wat hierdie siening verwerp het, was die gedig tog 'n mislukking omdat Horatius homself nie genoeg ruimte in die gedig gegee het om sy gedaantewisseling oortuigend te maak nie ;59 en Plessis het, te midde van bewondering vir Horatius

    20 se vindingrykheid, bedenkinge oor die realistiese detail en oor die mate van inspirasie by Horatius gekoester.60 Afgesien van die sentrale metamorfose-simbool, is daar die probleem van die toon of stemming van die gedig. Hoe ernstig is Horatius 7 Is die gedig 'n aristophaniese grap (Stewart),61 met 'n sentrale "nonsense-symbol" (Musurillo) 762 Of sidder die verhewe styl op die grens van die belaglike (West) 763 Of is dit melodramaties (Commager) 764 Of 'n "somewhat artificial poetic frenzy" (Shorey-Laing) 765 Of is daar 'n "herrliches, beseligendes Gefi.ihl des Triumphes" in hierdie "Wortkunstwerk" (Abel) 7'6

    54 T. E. Page. Q. Horatii Flacci Carminum LibrilV (London 1883. herdruk 1964). 292-3.

    55 R. Y. Tyrrell, Latin.Poetry (London 1898), 198.

    56 Eduard Fraenkel, Horace (Oxford 1957). 299 e.v.

    57 F. Villeneuve. Horace. Odes et tpodes (Paris 1967'), 85 n. 2.

    68 Wilkinson (1968).62.,

    69 Highet (1949, herdruk New York 1964), 628 n. 13.

    60 F. Plessis. Oauvres dHorace. Odes"tpodes et Chant S~culaire (Paris 1924. Hildesheim 1966), 160.

    61 D. J. Stewart, "The Poet as Bird in Aristophanes and Horace" (Classical Journal 62, 1967, 357-61),359. Vgl. ook D. A. Kidd, "The Metamorphosis of Horace" (AUMLA 35, 1971, 5-16).

    62 H. Musurillo. Symbol and Myth in Ancient Poetry (New York 1961).141-2.

    63 D. West, Reeding Horaca (Edinburgh 1967), 90-1.

    64 Commager (1962). 309.10.

    66 P. Shorey & G. J. Laing, Horace: Odes end Epodes (Chicago, New York, Boston 1919), 307.

    66 Karlhans Abel, "Hor.c. 2, 20" (Rheinisches Museum 104,1961, 81-94), 82, 94.

    15

  • Of 'is dit 'n soort swanesang wat diep filosofiese gedagtes oor die digterlike syn deurskou (Schwinge) ?67 . Ek wil by hierdie geleentheid nie aan die wetenskaplike debat rondom hierdie gedig deelneem nie. maar eerder my opmerkings beperk tot daardie aspekte in die gedig wat ek as belangrik vir die ontwikkeling van die liriek. en vir die begrip van Horatius se liriek in die besonder. beskou.

    1. Vorm

    Die gedig is in die sogenaamde alkaiese versmaat geskryf wat Horatius vir meer as 'n derde van sy Odes gebruik het, met 'n groot verskeidenheid van tema en68stemming. Die versmaat kry sy naam van die Griekse lirikus Alkaios (middel van die 7de eeu v.C.), 'n land- en tydgenoot van die digteres Sappho. Hy het monodiese lirieke geskryf: politieke gedigte, drinkliedere, liefdesliedere, himnes.69 Maar Alkaios se liriek was geheel en al in sy wese anders as die van Horatius: sy lirieke is vir musikale opvoering of uitvoering geskep.70 Horatius behou elemente van hierdie vroegste wese van die liriek in die woorde uates (reel 3), en canorus/a/es (15-16), maar ook in die verwysing na begrafnisliedere in die laaste strofe (neniae//urtusque ... et querimoniae, 21-22):71 Dit is egter literere konvensie: Horatius se Iiriek is nie sangpoesie nie, maar leespoesie. In die laaste twee strofes verwys hy na verafgelee, selfs legendariese volke en streke wat sy poesie sal leer ken (noscent, 19; discet. 20). Dit is geen onmiddellike gehoor wat deur medium van solosang met lierbegeleiding, soos in die geval van Alkaios, die liriek belewe nie.

    Die waterskeiding vir hierdie drastiese verandering waardeur die liriek as selfstandige woordkunsvorm van musiek geskei is, is Alexandrie in die Hellenistiese Tydperk.

    'n Vergelyking tussen die vroee Griekse en dieAlexandrynse liriek bring interessante verskille na Yore. Waar die vroee liriek ontstaan het uit die po/is waar, in die intiemer verband met sy medeburger. die liriese digter meer betrokke was in die feeste, moraliteit, wette, en godsdiens van sy gemeenskap, en uiting dus kon gee aan 'n soort "nasionale" gevoel of volksdenke, h~t die Alexandrynse liriek ontstaan uit 'n kosmopolitiese staat. waar regeerders hul posisies as godgegewe beskou het, en waar die individu, 'n Griek in Egipte, in die veelvolkige. universele

    67 Ernst-Richard Schwinge, "Horaz. Carmen 2,20" (Hermes 93. 1965, 438-59), vera1450-1,

    68 Vgl. R. G. M. Nisbet & M. Hubbard, A Commentary on Horace's Odes Book I (Oxford 1970), 1 e.v.

    69 Vgl. Edmonds (1963), 1.316-427; Bowra (1961 '), 130-75.

    70 Vgl. veral Athenaios 694a; en Edmonds (1959), 111,625-6.

    71 Vgl. C. T. Lewis & C. Short, A Latin Dictionary (Oxford 1879, herdruk 1958) ad lac.; Teuffel-Schwabe (1891 '), 112.

    16

    staat eintlik verlore gegaan het. en die kuns 'n uitweg gebied het na erkenning van sy individualiteit, al was dit in die isoteriese leserskring vir wie hy geskryf het.72 Hy het nie 'n stadstaat of selfs land of volk se stem gelug' nie, maar het sy eie. persoonlike gedagtewereld in sy liriek vergestalt. In die ou stadstaat. ~as die digter 'n gewete. 'n interpreteerder. 'n uates; in die Alexandrynse kosmopoht,ese staat was hy 'n ontdekker (~upIEl1r;c), 'n oorspronklike. bewuste. intellektuele woordkunstenaar. Verder. waar die vroeere .Griekse liriek 'n musikale uitvoering was. wst die strofiese patroon in die liriek bepaal het. is die liriek in Alexandrie van die musiek en dans losgemaak. en word dit leespoesie; die strofiese bou word vervang deur 'n oorwegend stigiese bou. d.w.s. reel-vir-reel komposisie.73 Toehoorders (OKCUOVTE:C) word nou studeerkamerlesers.74

    Van die Hellenistiese digters is al gese: "it was they. and not the Aeolian lyric poets. who opened the way to the modern conception of lyric poetry."75 AI hoef 'n mens nie heeltemal hiermee saam te stem nie. is die Latynse en latere liriek onvolledig begrypbaar sonder inagneming van die Alexandrynse digters en literere teorie.

    Horatius se gedig toon dieselfde skeiding van musiek. kultus. geleentheid. en onmiddellike gemeenskap (inuidia ... maior/urbis re/inquam. 4-5). en dieselfde gerigtheid op'n geskoolde. geletterde leser (Maecenas; peritus, 19).76

    2. Digter en same/ewing Die breuk tussen die gedig en die samelewing wat die opvoering of uitvoering daarvan betref. beteken egter nie 'n poesie in uacuo nie. Daar is voldoende aanduidings in Horatius se hele oeuvre van sy siening van die positiewe funksie van die poesie in die samelewing.17 Ook in ons gedig is dit duidelik. In die tweedelaaste strofe word exemp/a van verafgelee, onherbergsame, oorlogsugtige volke genoem waar sy poesie gelees sal word. Horatius is hier duidelik besig om die indringende, grensoorskryende en beskawende mag van die poesie uit

    72 {lor die kenmerke van die Alexandrynse polisie, vgl. G. Knaack, RE I. kol. 1399-1407; A. Coual, La poesie alexandrine (Paris 1882, Bruxelles 1968), 491-520; F. Susemihl, Geschichte der griechischen Literatur in der Alexandrinerzeit (LeipZig 1891-2, Hildesheim 1965),167-73; Fuhrmann (1973),121-34. Bruno Snell behandel die rol van die digter in die samelewing in sy Poetry and Society: The Role of Poetry in Ancient Greece (Bloomington 1961). 28-71.

    73 Vgl. Ulrich von Wilamowitz-Moellendorff, Griechische Verskunst (Berlin 1921, Darmstadt 1958). 129.

    74 Bowra (1961 ' ),1.

    75 C. A. Trypanis, "The Characterof Alexandrian Poetry" (Greece & Rome 16, 1947, 1 e.v.),6.

    76 Vgl. Schwinge (1965),456. Oor die probleem of Horatius sa odes vir sang geskryf is, vgl. Teuffel-Schwabe (1891 I) 46-7; N. A. Bonavia-Hunt, Horace the Minstrel (Kineton 1969).

    77 Vgl. bv. Ode 1,1 ; 2.15; 2,18 met hulle direkte verband met sosio-politieke gebeure in Italie; en die Romeinse Odes (3.1-6) met hulle sedelik-religieuse inslag. .

    17

  • te beeld. Dit het hom uit lae stand verhef tot vriend van Maecenas, "nasaad van Etruskiese konings",78 en sal hom onsterflikheid en roem buite die grense van sy land besorg. Sy digterlike vlug, beroemder as di6 van die mitiese Icarus, wie se "lug weens die smeltende was van sy vlerke noodlottig was/9 sal hom oor see en land neem tot die uiterste dele van die w~reld: ooswaarts na die verre Bosporus; dan suidwaarts na die Sirte, die gevaarlike sandbanke aan die kus van Noord-Afrika; dan noordwaarts na die legendariese Hyperboreiese pleine ;80 dan weer ooswaarts na Colchis anderkant die Swartsee, en Dacie (gedeeltelik die modeme Hongarye en Roemenie). en die landstreek van die Geloni (die hedendaagse U~raan); en dan weswaarts na Spanje en Gallie.8! Dit val onmiddellik op dat Horatius die grense van die destyds bekende w~reld afbaken. Nog meer: hierdie grense is wyer as di6 van die Romeinse Ryk in Horatius se tyd: Dacie is byvoorbeeld eers in die tyd van Trajanus in die 2de eeu n.C. in die Ryk .ingelyf ;82 en die Hyperboreiese landstreek is bloot legendaries. Horatius is dus besig om die mag van die poesie te meet aan die milit~re en politieke mag van die Romeinse Ryk. En dit is die mag van die poesie wat 'n wyer, onherbergsamer, en selfs mitiese w~reld kan binnedring.83 In hierdie opsig is Horatius verder van 'n Alexandrynse digter 5005 Kallimachos en nader aan 'n vroee Griekse Iirikus 5005. Pindaros. Kallimachos skryf vir.'n leserskring wat liter~r 6n geografies beperk was, 'n poesie wat wei kennis en informasie wil oordra, maar wat nie as draer van beskawing of onsterflikheid gesien word nie. Pindaros, daarenteen, bewus van sy digterlike roeping en die mag van die poesie, oorskry ook daardie geografiese en imperialistiese grense nes die wit voel wat Horatius by hom geleen het.84

    78 Ode 3,29,1 : Tyrrhenll ragum progenies.

    79 Schwinge (1965), 451, wys op ander verskille: Icarus het slags oor die see gevlieg, Horatius Oor die hele wAreld; Icarus se vleuels was kunsmatig, Horatius s'n die egte vleuels van digterskap.

    80 Schwinge (1965), 453-4, wys daarop dat die Huperborelese landstreek vir Horetius die "Heimat seines Golles" was, aangesien Apollo na sy gebOOrle daarheen gagaan het; slegs 'n digter kan dus dearheen reis. Vgl. RE IX, 1, kol. 258 e.v.: D. Page, Sappho and Alcaeus (Oxford 1955, 1965), 250-2; Pind. Pyth. 10,29-30.

    81 Page (1883, 1964) 295, het die geografi9Se verwysings vaag, maganies an sorgeloos gevind; Schwinge (1965). 452, hat dia betekenisvolle ordening daarvan aangetoon.

    82 G. Orelli & G. Baiter, 0, Horlltius Flllccus (Turici 1868), 1"IId lac.. is dus verkeerd as hulle interpreteer: per totum orbem terrarum Romano imperio subiectum nomen meum propagabitur. Vgl. Schwinge (1965). 454-5.

    83 .Schwinge (1965), 443-4, maen dat sether nie net die lug beteken nie, maar die hemel, geslote vir starflinge; en dat dit deel vorm van 'n reeks antiteses: aarde-hemel, Horatius-die wAreld, Horatius-Maecenas (446. 451).

    84 Oat Horatius se "wit voel" inderdaad Pindaros Se swaan is. is feitlik seker; vgl. Schwinge (1965), 440 n.5. Horatius Se vaagheid (albus Illes, cllnorus Illes) is deel van die ironiese selfbeskeidenheid in die gedig. Oor Pindaros Se siening van sy poesie, vgl, J, A. Davison, "Pindar's Conception of Poetry" (From Archilochus to Pindllr, London 1968, 289-311).

    18

    3. Die digterlike vlug Die digterlike vlug is 'n motief wat in die epos, tragedie en koorliriek voorkom lank voor Horatius se gebruik daarvan.85 Belangrik is egter Horatius se realisering daarvan in sy gedig. Acron, die tweede-eeuse kommentator oor Horatius se werke, het in die woorde biformis uates die digter se insluiting van sy Iiriese en heksametriese vers gesien.86 Sedertdien het geleerdes verskeie ander verklarings aangebied : die tweeledigheid van die digter dui op sy gedaante as mens en voel,87 of as sterfling mens en onsterflike digter,88 of as sterflike digter en onsterflike poesie.89 Sommige het slegs verwarring in die digter se beelding gevind,90 AI objektiewe gegewe buite die gedig self is die pJasing daarvan aan die einde van boek 2 van die Odes.91 Daar is al op gewys dat ens gedig nie soseer 'n epiloog vir boek 2 is nie, as eerder 'n proloog tot die Romeinse Odes van boek 3.92 Horatius is dus besig (as 'n mens dit so kan ster) om sy vlerke te rek vir die Romeinse Odes, waarin hy dan 'n nuwe dimensie aan die liriese vorm sou gee.93

    Watter aanduidings is daar in die gedig self? Die openingsreels is ondubbelsinnig : die "ongewone en digte veer"94 waarmee die digter ver bokant die bekende wereld en die graf gaan vlieg, verwys onderskeidelik na 'n nuwe tematiek en 85 Hom. II. 201 ; Aristoph. Ran. 1388; Eurip. fro 903 Nauck; Pind.lsth. 5,63; 1,64-5; Nem. 7,22; Pyth. 8,33-4; 10,53-4.

    Plato Rep. 620a verlel ons dat die siel van 'n digter in 'n swaan ingegaan het; en Orpheus het na sy dood 'n swaan geword. Theognis het die digterlike vlug van ander digters gebruik (237-54); Ennius was die eerste om dit van sy eie poesie te gebruik: uolito uiuus per ora uirum: E. H. Warmington, Remeins of Old Latin (Loeb, London 1935, 1967), I, 402; vgl. Schwinge (1965), 440-1.

    86 Acron: qui et Iyrica et hexametros scripsit; vgl. Porphyrion: quod et Iyrica scribat et hexametros. Vgl. F. Hauthal (red.), Acronis et Porphyrionis Commentarii in O. Horatium Flaccum (Berlin 1864-66, herdruk Amsterdam 1966), 1,238,239.

    87 Kiessling-Heinze, O. Horatius Flaccus. Oden und Epoden (Zurich 1964 11): Plessis (1924, 1966): Orelli-Baiter (1868); Shorey-Laing (1919), ad loc.

    88 Abel (1961),89-93, praat van Horatius se ..irdisches Ich" en "uberirdisches Ich", en Schwinge (1965), 441-7, van Horatius se "wahre und unwahre Ich", en die onderskeid tussen die "Mensch-Horaz" en die "vates-Horaz".

    89 Commager (1962), 309. 90 Page (1883, 1964). 296. 91 E. C. Wickham, Ouinti Horatii Flacci: Opera Omnia (Oxford 1896'), ad lac., het 'n toenemende vertroue in Horatius

    se besef van sy eie digterskap vanaf die ironiese Ode 1,1, deur die onsekere 2,20, tot die versekerde 3,30 bespeur. Orelli-Baiter (1868). lid lac. hat daarop gewYs dat 2,20 onmiddellik op die Bacchus-ode (2,19) en voor d.i~ Bo.meinse Odes geplaas is, en dat Horatius dus "carmine vero iocoso ... hunc librum concludere non poterat, nISI Sl Ineptus iure videri voluisset; neque vero metrum Alcaicum eiusmodi ioco satis convenit:' Commager (1962), 311-8, merk dat 2,17, 2,18 en 2,20 'n groeiende afsondering van Maecenas toon.

    92 E. T. Silk, "A fresh approach to Horace II, 20" (Amer. Journ. of Philol. 77..1956, 255-63). 93 Vgl. bv. G. Williams, The Third Boo~ of Horaces' Odes (Oxford 1969), 29 e.v. 94 Schwinge (1965),441, meen dat Horatius stelling inneem oor die kunsteoretiese stryd va~ sy tyd .(ars en i'ngenium),

    Oor tenuis as 'n literAr-teoretiese begrip, vgl. Fritz Wehrli, "Der erhabene und der schllchte Stll In der poetlschrhetorischen Theorie der Antike" (Phyllobolia, fur Peter von der Muhl; Basel 1946, 9-34) ; A. Fontan, "TenUis ... Musa 7 La teoria de los x.apa;(Tiip~t: en la poesia .a~g~stea" (~mllrita 32, 1~64, 193-208.). Vergilius gebruik oak mllior wanneer hy die grense van dIe pastorale gedlg wll verskUlf: paulo malora canamus (Ecl. 4,1).

    19

  • 'n meer verhewe styl vir Horatius self en vir die liriek. En die ongewone en verhewe word inderdaad in die gedig ook uitgebeeld in die vlieg- metamorphose- en militere. of "imperiale" simboliek, met hul epiese herkoms en assosiasies en in die bewuste gebruik van pOEWese, selfs epiese woorde.9S Die nuwe inhoud en nuwe styl sou, wat die Romeinse Odes betref, iets meer wees as die blote eerste vergestalting van die Klassieke Griekse monodiese Iiriek in Latyn :96 dit sou tegelykertyd 'n terugkeer wees, via Pindaros se koorliriek en Alkaios se

    solo-!irie~, na_.die oervorm van d!e liriek as die inkantasie van "n priester-digter, en die ultboulng van die grense van die monodiese Iiriek om die epiese in te sluit - albei fundamentele elemente in die Romeinse Odes. Die biformis uates dui dus as ambivalente simbool ook op die samesmelting van Iiriek en epos om 'n nuwe verhewenheid en epiese gestalte aan die liriek te gee. Meer a,s tien jaar later, in sy vroee vyftigerjare, sou Horatius 'n ander simbool, nl. die by, vir sy poetiese skepping gebruik. In Ode 4.2 sou hy waarsku dat die digter wat soos die Pindariese swaan probeer vlieg, net soos 'n Icarus sal verongeluk.97 Maar hier in Ode 2.20 kry ons die groeiende besef van SIt poetiese kragte in 'n ironiese spanning met 'n tentatiewe, selfs effens onbeholpe, selfbewustheid (non ego . .. non ego, 5-6; me, 17, 19). Van belang vir ons fokus op die Iiriek is die gebruik van die gedig self vir besinning oor die wese van die digter, vir stellinginname oor die kunsteoretiese beskouinge van die tyd, die doelbewuste ontginning van vorm en taal en beeld, en die vergestalting in die gedig van dit waaroor die gedig handel. Ons het met ander woorde hier te !flake, nie net met 'n gedig oor die gedig nie, maar met 'n gedig wat self is wat dit se.

    95 Abel (~961). 81 e.v. het reeds. die "Erhabenheit" ontleed; by sy kommentaar op biformis. daedafeus. eether. uetes. s~ngUl~, Mars cohors. ~hodanJ potor, asperae peffes. en penna, kan 'n mens die epiese assosiasies en gebruike van blformls, aether. sa~g,Uls en .uates voeg. Dralli-Baiter (1868) het die probleem so gesien; et alia est epica talium plctura. ut apud DVldlUm, aha debeba,t esse Iyrici, Vgl. Silk (1956). 258-61.

    96 Bv. Page (1883. 1964); Shorey-Laing (1919); Drelli-Baiter (1868).

    97 Vgl. Peter Steinmetz, "Horaz und Pindar" (Gymnasium 71.1964.1-17); Schwinge (1965),450.

    20

    SLOT Waar die Klassieke in 'n wereld van toenemende vervlakking van waardes en van utiliteitsvereistes sigself moet handhaaf en regverdig, sou 'n apologia pro vita sua, of 'n soort sterfbedprognose oor die stand en toekoms van die Klassieke in ons land en moderne beskawing by so 'n geleentheid nie onvanpas gewees het nie. Ek het egter eerder probeer wys dat die Klassieke, wat die literatuurstudie betref, steeds 'n bydrae tot die wetenskaplike en kulturele gesprek van ons tyd kan lewer. Maar dan moet die Klassikus buite die smaI grense van sy vakwereld tree, en met sy kollega in byvoorbeeld die moderne literatuurwetenskap 'n wedersyds vrugbare gesprek voer - of sy vakbeoefening, hoe wetenskaplik ook ai, en sy vakinhoud, hoe ryk ook ai, sal blote antikwariese reste van 'n vroeer, gestorwe verlede word en bly. Dit sal daarom altyd my eie strewe wees om, in my doseer en navorsing in die Klassieke Tale aan hierdie Universiteit. vir kollegas en studente relevant te wees, en om 'n wetenskaplike en kulturele diens te lewer.

    Egregie Rector, docte sermones utriusque linguae, velim tibi ac Concilio huius Universitatis maxima'S gratias agere quod mihi hoc tantum munus mandavistis. Ego equidem, deo adiuvante, operam dabo ut hoc penso cum dignitate ac diligentia fungar et res, linguas atque litteras Graecas et Latinas in hac novissima Universitate foveam. Vobis quoque, collegae ac quondam magistri, qui mecum in hac aut alia Universitate se ad studia c1assica inquirenda ac docenda tradidistis, gratias ago propter vestram doctrinam et fidem et amicitiam. Vobis quoque, studentes, velim optare ut studia c1assica non solum frugifera ac diuturna sint. sed etiam ad vitam exornandam utilia. Parentibus carissimis et optimae uxori gratias agere velim quod tot iam annos quasi praesidium ac columen meae vitae fuerunt. Et vobis, qui me tam patienter audivistis, gratias ago.

    DIXI.

    PERSKOR.JHB A'BOS9

    21