8
1 Augustus 2017 Nuusblad / Newsletter Uitgawe 3 Landsdiens beleef ‘n deurbraak in die stryd teen renosterstropery! enosters lê vir Landsdiens na aan die hart. Hierdie ongelooflike interessante diere is tans bedreig en met sterftesyfers wat elke jaar hoër en hoër klim gaan daar binnekort nie meer veel van hulle oor wees nie. Daarom probeer Landsdiens hulle bewaring bevorder. Kragbron Landsdiens was juis daar toe nuwe tegnologie op proef gestel is om die renosters te bewaar. Tydens Laerskool Kragbron se Klubkamp na U’Bhetyan o’Africa het Kragbron se landsdieners juis die ongelooflike geleentheid gehad om te beleef hoe renosters op ‘n nuwe manier bewaar kan word. Deur die renosters met ‘n elektroniese toestel te “tag” kan hulle gemonitor word via ‘n “app” op ‘n foon of tablet. Hierdie “app” wys vir jou waar is die renoster met GPS en kan ook optel as die renoster gestres raak, te lank stil lê en selfs as hulle te lank hardloop. In so geval bel die toestel jou en waarsku dit jou dat die renoster dalk in gevaar verkeer. So kan renosters wat dalk deur stropers bedreig word dadelik gevind word en die stropers dalk op heterdaad betrap word. Hierdie toestel is tans in ‘n toetsfase en word op U’Bhetyan se renosters getoets. Kragbron se landsdieners was bevoorreg gewees om te kon sien hoe word die renosters verdoof en hoe word die toestel op hulle geplaas. Die kersie op die koek was natuurlik om aan die renoster te kon vat terwyl sy onder verdowing was. As die toestel werk dan kan dit op enige dier geplaas word en kan dit lei tot ‘n deurbraak in die vaskeer van stropers! Nie net was Kragbron se landsdieners met die renosters doenig nie, U’Bhetyan het ook leeus en vele ander diere wat hulle op die plaas aanhou. Ons kon van nader kennis maak met hiena’s , wildehonde en tiere. Landsdieners kon ook sien hoe word die leeus en krokodille gevoer. Volstruise het weer al die landsdieners op hol gehad toe hulle van nader kom kennis maak het en ‘n paar leerders en juffrouens goed rondgejaag het. Met ‘n nagmars verby die leeus se hokke kon die diere in die nag besigtig word wat ‘n unieke ervaring was. Dit was voorwaar ‘n klubkamp om te onthou. Met soveel avonture is dit ‘n ervaring wat Kragbron se landsdieners vir lank sal koester. R

Augustus 2017 Nuusblad / Newsletter Uitgawe 3 …landsdiens.co.za/wp-content/uploads/2019/07/MPU-Sept...Lydenburg. Leerders het baie pret gehad deur in die tuin te werskaf en deur

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

1

Augustus 2017 Nuusblad / Newsletter Uitgawe 3

Landsdiens beleef ‘n deurbraak in

die stryd teen renosterstropery!

enosters lê vir Landsdiens na aan die hart. Hierdie ongelooflike interessante diere is tans bedreig en met

sterftesyfers wat elke jaar hoër en hoër klim gaan daar binnekort nie meer veel van hulle oor wees nie. Daarom probeer Landsdiens hulle bewaring bevorder. Kragbron Landsdiens was juis daar toe nuwe tegnologie op proef gestel is om die renosters te bewaar. Tydens Laerskool Kragbron se Klubkamp na U’Bhetyan o’Africa het Kragbron se landsdieners juis die ongelooflike geleentheid gehad om te beleef hoe renosters op ‘n nuwe manier bewaar kan word. Deur die renosters met ‘n elektroniese toestel te “tag” kan hulle gemonitor word via ‘n “app” op ‘n foon of tablet. Hierdie “app” wys vir jou waar is die renoster met GPS en kan ook optel as die renoster gestres raak, te lank stil lê en selfs as hulle te lank hardloop. In so geval bel die toestel jou en waarsku dit jou dat die renoster dalk in gevaar verkeer. So kan renosters wat dalk deur stropers bedreig word dadelik gevind word en die stropers dalk op heterdaad betrap word. Hierdie toestel is tans in ‘n toetsfase en word op U’Bhetyan se renosters getoets. Kragbron se landsdieners was bevoorreg gewees om te kon sien

hoe word die renosters verdoof en hoe word die toestel op hulle geplaas. Die kersie op die koek was natuurlik om aan die renoster te kon vat terwyl sy onder verdowing was. As die toestel werk dan kan dit op enige dier geplaas word en kan dit lei tot ‘n deurbraak in die vaskeer van stropers! Nie net was Kragbron se landsdieners met die renosters doenig nie, U’Bhetyan het ook leeus en vele ander diere wat hulle op die plaas aanhou. Ons kon van nader kennis maak met hiena’s , wildehonde en tiere. Landsdieners kon ook sien hoe word die leeus en krokodille gevoer. Volstruise het weer al die landsdieners op hol gehad toe hulle van nader kom kennis maak het en ‘n paar leerders en juffrouens goed rondgejaag het. Met ‘n nagmars verby die leeus se hokke kon die diere in die nag besigtig word wat ‘n unieke ervaring was. Dit was voorwaar ‘n klubkamp om te onthou. Met soveel avonture is dit ‘n ervaring wat Kragbron se landsdieners vir lank sal koester.

R

2

Niks is so lekker soos ‘n Streekkamp!

edurende die Julie skoolvakansie het Mpumalanga se landsdieners hulle tasse gepak

en na Hoedspruit gereis vir die jaarlikse Streekkamp! Volgens menige landsdiener was dit die lekkerste kamp ooit. Ons het gaan uitvind wat was so besonders aan die kamp... Met ‘n verskeidenheid aktiwiteite was daar heelwat om te doen op die Streekkamp. Beide die Laerskool en Hoërskool se Streekkamp was by Blyde Adventure Camp te Hoedspruit. Eerste aan die beurt was die Laerskole met hulle Streekkamp van 1 – 4 Julie. Hier word die Graad 6 & 7 leerders van Mpumalanga besig gehou met ‘n verskeidenheid aktiwitiete. Leerders het besoek afgelê by Moholoholo waar hulle aasvoëls kon voer, die beroemde ratel Stoffel van naderby kon besigtig en van nader kennis maak met leeu’s, jagluiperds en ‘n luiperd. Vir arbeid het landsdieners hout in die veld versamel. Om af te koel het leerders in die rivier gaan swem net om bietjie die sweet af te was. Daar is vir

leerders ook geleer oor etiket, MC Schoeman sou werklik trots wees. Leerders het ook ‘n entrepeneursaand gehou waar daar gewys is dat landsdieners vernuftige besigheidsmanne ook kan wees. Hoërskool landsdieners het weer van 5 – 9 Julie kom kamp en was dit nou vir jou ‘n belewenis. Leerders het op ‘n nagrit deur die Moholoholo natuurreservaat gegaan en kon daarna om die

kampvuur kuier met gebraaide marshmellows. In die aande het die personeel en leerders mekaar vermaak met Noot vir Noot en gewys wie se musiek kennis is die beste. Leerders het ook in die Blyde rivier afgevaar met “tubing”, dit bly maar ‘n hoogtepunt en al is die water hoe koud sit niemand uit. Vir handvaardigheid maak leerders “Survival” armbande wat heel nuttig te pas kan kom. Verder het leerders speletjies gespeel en die hindernisbaan beproef, hier het heelwat leerders sleg tweede gekom en was baie so vol modder en stof dat jy net wit tande en oë kon sien. Die kampe het gans en al te vinnig verby gegaan. Streekkamp bly maar net ‘n ongelooflike ervaring waar ou vriendskapbande weer hernu kon word en goeie landsdienswaardes uitgeleef kon word. Hier word daar tot laat in die aand gesing en gelag. Die vier liefdes van landsdiens word op die kampe voluit geleef. Ons kan reeds nie wag vir volgende jaar se kamp nie.

G

3

Talente

van God.

Laerskool Kruinpark het tyd gemaak in die besige kwartaal om hulle leerders meer bewus te maak van die talente wat God vir ons gegee het. Alle mense het talente maar baie besef nie altyd wat hulle talent is nie. Baie kinders ontdek later in hulle lewe dat hulle ‘n talent het. Daar word vir die leerders geleer dat jy jou talent moet ontgin en uitleef. Om die lewensles vas te lê word daar ook ‘n Bybelvasvrae gehou in groepe en vind daar ook ‘n poppekas vertoning plaas.

L/S Secunda reik uit na hul naaste...

iefde vir jou naaste is een van Landsdiens se vier liefdes en Laerskool Secunda het hierdie liefde uitgeleef deur uit te

reik na Kosmos Kinderhuis te Kriel. L/S Secunda se landsdieners het besluit om klere in te samel vir die kinderhuis. Pleks om dit net af te laai besluit L/S Secunda se landsdieners sommer om te gaan kuier en spandeer hulle die dag saam die kinders van die kinderhuis en word daar met hulle gespeel. Baie van die leerders het ouers wat nie meer vir hulle kan sorg nie en is daar ‘n groot behoefte aan kontak omdat hulle nie hulle ouers gereeld sien nie. Die kinderhuis is ook tans baie vol en daar is nie altyd die nodige fondse nie. Hulle het veral ‘n behoefte aan nie-bederfbare kos en skoene vir die kinders. Daar is ook ‘n groot behoefte aan tyd en aandag waar die leerders met huiswerk gehelp kan word of daar net met hulle gespeel kan word.

Landsdieners het groen

vingers.

oërskool Lydenburg se landsdieners het bietjie gaan skoffel in die NG Kerk Lydenburg-Suid se gemeente se gemeenskapstuin.

Deur bossies uit te trek, grond om te spit en ‘n paar wortels te oes het Lydenburg se landsdieners bewys dat hulle nogal groen vingers het. Die gemeenskapstuin is van groot belang want dit word gebruik as deel van ‘n voedingskema vir minderbevoorregtes in Lydenburg. Leerders het baie pret gehad deur in die tuin te werskaf en deur hier te werk kon hulle besef dat iets so eenvoudig soos ‘n groentetuin baie mense se behoefte na kos kan vervul.

L

H

4

Terug na die tyd van die Voortrekkers...

aerskool Taalfees het bietjie ‘n reis terug in tyd geneem met hulle besoek aan die Pioneer Museum. Met al die moderne tegnologie vandag het Laerskool Taalfees bietjie gaan kyk hoe het ons voorouers sonder die tegnologie klaar

gekom. Die Pioneer Museum is geleë in Pretoria en hier kon Taalfees se leerders sien hoe word botter, brood en kerse op die tradisionele manier gemaak. Hulle het ook die geleentheid gehad om ou Voortrekker drag aan te trek, die

binnekant van ‘n ossewa te besigtig en selfs te sien hoe het die arme Voortrekker vrouens se primitiewe oonde gelyk. Die personeel van die museum was baie behulpsaam en het die leerders se vrae sommer vinnig geantwoord. Die Museum is oop vir alle besoekers teen ‘n baie lae koste. Bring gerus jou maats en kom sien hoe word kerse nog uit vet gemaak...

Op die ritme van die musiek...

ie voete het behoorlik geskoffel by Hoërskool Secunda se “Noot vir Noot” aand. By Landsdiens word Noot vir Noot op ‘n ander manier gespeel... Hier maak ons

die reëls bietjie anders... Leerders se musiek kennis is deeglik getoets in verskeie kategorieë. Daar is spontaan saamgesing en “dance – offs” was aan die orde van die dag. Leerders moes ook soms die liedjie opvoer wat tot skreeusnaakse gevolge gelei het, die vertolking van baie liedjies het aan verskeie leerders ‘n nuwe betekenis gegee.

L

D Celebrating

Father’s Day. To celebrate Father’s Day the learners of Laerskool Kinross made Father’s Day cards on 31 May. Since dads play such an important role in our lives they decided to celebrate them by spoiling them with a nice card. They were very creative by making the cards in the shape of a waistcoat with a chocolate attached to it. This is sure a nice way to say thank you to all our dad’s for their hard work and love. We hope each and every dad had a great day and were spoiled rotten at home.

5

HM Swart bak en

brou met klei...

Laerskool HM Swart het bietjie

vir hulle leerders geleer hoe

om klei te maak.

Almal weet mos daar is niks

lekkerder as om met klei te

speel. Na die klei aangemaak

is kon hulle dit dan vorm in

enige artikel. Hier het die

toekomstige beeldhouers na

vore gekom.

Ligbron se wenke vir ‘n bederf...

igbron se Landsdiens in Ermelo was baie kreatief en het badsout gemaak vir Moedersdag en vir Vadersdag maak hulle 'n handreiniger. Die geskenke was so kreatief dat ‘n mens werklik hierdie resep vir vir enige geleentheid kan gebruik

om ‘n tuisgemaakte geskenk te maak. Hier is die badsout en handreiniger se resepte. Genoeg vir 40 geskenke. Badsout:

10 kg growwe sout 50ml lavender gegeurde olie 15ml Rolkem pers kleursel 250ml gedroogde lavender blommetjies Meng alles goed. Gooi in mooi versierde houertjie. 200ml purity botteltjie. Handreiniger: 12 koppie suiker 1 koppie koeksoda 1 koppie baba-olie 1 koppie skottelgoedseep 60 druppels gegeurde essens-olie. Meng alles goed. Gooi in mooi versierde houertjie. 125ml purity botteltjie.

Giving back...

urro Bankenveld's Land Service proudly supported the 67 Blankets for Nelson

Mandela Day initiative. We took part in the Shhh...! Secret Scarves Operation by leaving scarves all around town yesterday at 15h00. The scarves were for people who are in need. They were left in parks, on bridges and trees and around fences. Everyone was in awe of the colourful displays and messages of love and warmth along the way.

Each scarf has the special trademark logo and message of 67 Blankets for Nelson Mandela Day: " I am not lost. If you are cold and need me, please take me. Love, 67 Blankets for Nelson Mandela Day."

A special thank you to Heleen Kroep, Engela Bannink, Alida Vermaak and Marie Roux who helped to knit and collect the scarves. #SSS #SecretScarves

L

C

6

Instead of a Food Fight what

about a Food Race?

Why waste food when you can have so much fun with

it...

Hoërskool Oosterland did just this by having a food

race where they had all types of challenges using only

food in their games.

Games that were played were; eating a fruitloop from a

string, inflating a balloon with a mouth full of biscuits,

handing over an apple with your neck as well as

beading fruitloops with a piece of spaghetti.

This was great fun and learners had a great laugh while

battling through the various challenges. One can just

imagine the mess that can come from inflating a

balloon with a mouth full of biscuits.

Die Rooies se Landsdiens

harte klop warm vir hulle

naaste.

ie Rooies van HTS Middelburg het onder die leiding van juff Sanet Niemand wat nuut by die landsdiens is ‘n

besige tweede kwartaal beleef. Sy het sommer fluks ingeklim en die klub sommer vinnig betrek by verskillende welwillendheid projekte.

Die landsdieners van HTS Middelburg het eers X en O speelborde uit mosiak gemaak waarna hulle die borde na die plaaslike kinderhuis geneem het. Daar het hulle met die kinders speletjies gespeel en vir hulle vertel wat is Landsdiens. Die Hoërskool leerders het baie pret gehad met die nuwe maats en vir die kinders het die speel baie beteken sowel as die geskenk wat hulle gekry het.

Want slaap is mos lekker.

itbank Hoërskole Landsdiens het juis dit bewys met die maak van hulle eie kussingslope. Die

kussingslope was egter nie jou gewone kussingslope nie maar het elk ‘n unieke karakter gehad... Landsdieners kon hulle eie patrone ontwerp vir hulle kussingslope deur gewone ongebleikte linne te vat en dan met vetkryt ‘n ontwerp op hulle kussingsloop te teken en in te kleur. Hier kon jy die kreatiwiteit van landsdieners werklik ervaar met die pragtige werke wat ten toon gestel is. Daarna neem jy waspapier, plaas dit oor die sloop en stryk dit dan. Dan kan jy jou patroon uitsny en die sloop netjies omwerp. Hierdie is werklik ‘n oulike handvaardigheid vir enige geleentheid waar jy baie kreatief kan wees. Selfs die manne het hier gewys wat in hulle steek...

D

W

7

Dis heerlike lente...

et lente om die draai het Laerskool Klipfontein weer begin beplan aan hulle jaarlikse Landsdiens Lentedans. Die dans

is al ‘n jaarlikse instelling by die klub en oud en jonk woon dit graag by. Die Lentedans se beplanning vorm deel van die derde kwartaal se aksies waar daar in die aksies aan die verskillende dele van die dans gewerk word. Gedurende een aksie word daar deur in handvaardigheid versierings gemaak vir die saal en tafels en gedurende ‘n ander aksie word daar lyndansse uitgewerk sodat almal kan saamdans op die lekker dag al het jy twee linkervoete. Die ma’s is ook betrokke want elke ma speel gasvrou vir die ‘n tafel waar sy dan help met die opmaak van die tafel volgens ‘n tema. Op die aand word daar dan lekker gekuier en gedans en is dit ‘n heerlike geleentheid waar Landsdiens ouers en kinders saam kan kuier.

Legally sleeping in

school.

s you know one will most definitely get into

trouble for sleeping in class and at school but the

Landservice learners of Hoërskool Piet Retief did just

that.

They decided to have a sleepover at school where

everybody brought their pillows and sleeping bags

and slept in the hall. In the evening they had a braai

and played some board games while bonding and

having a great time. This was truly a different

experience seeing the school at night and sleeping

there as well. What can be better than a giant

sleepover with all your Land Service friends?

M

A

8