13
Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms STOELE die stille bewaarders van oorlogsdade Deur Ronel Theart Net buite Middelburg, Oos-Kaap, op die R398 op pad na Richmond is ‘n bordjie : Die Stoelmonument Bietjie weggesteek, langs ‘n peperboom, teen die hang van die Ouberg koppie is hierdie monument. Gebou uit doleriet klippe met 3 marmerklippe, een met ‘n afdruk van ‘n riempiestoel daarop gegraveer, een met bewoording ” Ter ere aan Kmdte. J Lötter en P J Wolfaardt wat alhier gefusilleer is 12 en 15 Oktober 1901 respektiewelik.” , ‘n Kleiner derde steen bo-aan wat lees ” Wat beteken hierdie klippe vir julle? Joh4:5″ Lötter is daaraan skuldig bevind dat hy as Kaapse burger gerebelleer het en is veroordeel om gehang te word; tog is die vonnis nie aan hom meegedeel nie. Die doodsvonnis word voor die Gereformeerde kerk op Middelburg, Kaapprovinsie, oor die Kaapse rebelle P.J. Wolvaardt en kmdt. J.C. Lötter uitgespreek. Die Gereformeerdekerk staan nog, maar die NG kerk, wat links daarvan sigbaar is, is gesloop nadat sy toring in duie gestort het. Kmdt. Johannes Cornelius (Hans) Lötter, gebore Bouwersfontein, distrik Somerset-Oos, op 15 Januarie 1875 was ’n Boereverkenner, kommandant en Kaapse rebel tydens die Tweede Vryheidsoorlog Hy was onrustig van geaardheid en van jongs af lief vir reis. Nadat hy vanaf 1896 ’n aantal jare in die Oranje-Vrystaat deurgebring het, het hy in 1899 teruggekeer na die Kaapkolonie, waar hy op Noupoort ’n klein handelsonderneming begin het. Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober 1899 het Lötter hom oor Middelburg, Kaap, na Colesberg begeef en in November daar as gewone burger by die Boeremagte aangesluit. Hy is gewond tydens ’n skermutseling tussen Bloemfontein en Kroonstad. Ná sy herstel het hy as rapportryer opgetree en in die hande van die Britte geval, maar op pad na Bloemfontein ontsnap, steeds in besit van sy rapport. Op 15 Desember 1900, ’n maand voor sy 26ste verjaardag, het Lötter onder genl. P.H. Kritzinger oor die Oranjerivier die Kaapkolonie binnegeval. Genls. C.R. de Wet en J.B.M. Hertzog, wat in dieselfde periode die Kaap ingeval het, is spoedig gedwing om terug te trek, maar Kritzinger het langer uitgehou. Gevegte bedags en terugtrek snags het ’n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Kapenaars het die kommando mettertyd aangegroei en is Lötter as kommandant aangewys. Foto’s 1 en 2 eie versameling. Foto’s 3 en 4 Nasionale Argief bewaarplek

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

ao

Uitgawe 169 18 April 2019

Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms

STOELE die stille bewaarders van oorlogsdade Deur Ronel Theart

Net buite Middelburg, Oos-Kaap, op die R398 op pad na Richmond is ‘n bordjie :

Die Stoelmonument

Bietjie weggesteek, langs ‘n peperboom, teen die hang van die Ouberg koppie is hierdie monument. Gebou uit doleriet klippe met 3 marmerklippe, een met ‘n afdruk van ‘n riempiestoel daarop gegraveer, een met bewoording ” Ter ere aan Kmdte. J Lötter en P J Wolfaardt wat alhier gefusilleer is 12 en 15 Oktober 1901 respektiewelik.” , ‘n Kleiner derde steen bo-aan wat lees ” Wat beteken hierdie klippe vir julle? Joh4:5″

Lötter is daaraan skuldig bevind dat hy as Kaapse burger gerebelleer het en is veroordeel om gehang te word; tog is die vonnis nie aan hom meegedeel nie. Die doodsvonnis word voor die Gereformeerde kerk op Middelburg, Kaapprovinsie, oor die Kaapse rebelle P.J. Wolvaardt en kmdt. J.C. Lötter uitgespreek. Die Gereformeerdekerk staan nog, maar die NG kerk, wat links daarvan sigbaar is, is gesloop nadat sy toring in duie gestort het.

Kmdt. Johannes Cornelius (Hans) Lötter, gebore Bouwersfontein, distrik Somerset-Oos, op 15 Januarie 1875 was ’n Boereverkenner, kommandant en Kaapse rebel tydens die Tweede Vryheidsoorlog

Hy was onrustig van geaardheid en van jongs af lief vir reis. Nadat hy vanaf 1896 ’n aantal jare in die Oranje-Vrystaat deurgebring het, het hy in 1899 teruggekeer na die Kaapkolonie, waar hy op Noupoort ’n klein handelsonderneming begin het.

Met die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog op 11 Oktober 1899 het Lötter hom oor Middelburg, Kaap, na Colesberg begeef en in November daar as gewone burger by die Boeremagte aangesluit. Hy is gewond tydens ’n skermutseling tussen Bloemfontein en Kroonstad.

Ná sy herstel het hy as rapportryer opgetree en in die hande van die Britte geval, maar op pad na Bloemfontein ontsnap, steeds in besit van sy rapport.

Op 15 Desember 1900, ’n maand voor sy 26ste verjaardag, het Lötter onder genl. P.H. Kritzinger oor die Oranjerivier die Kaapkolonie binnegeval. Genls. C.R. de Wet en J.B.M. Hertzog, wat in dieselfde periode die Kaap ingeval het, is spoedig gedwing om terug te trek, maar Kritzinger het langer uitgehou.

Gevegte bedags en terugtrek snags het ’n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Kapenaars het die kommando mettertyd aangegroei en is Lötter as kommandant aangewys.

Foto’s 1 en 2 eie versameling. Foto’s 3 en 4 Nasionale Argief bewaarplek

Page 2: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

Maar eindelik is hulle gedwing om na die Vrystaat terug te val waarvandaan Lötter met sy kommando in Mei 1901 uitgestuur is in die rigting van Tarkastad.

Ná aansluiting by Kritzinger het hulle op 2 Junie 1901 Jamestown verower. Met die Britte op hul hakke het Lötter na Middelburg getrek.

Lt.kol. H.J. Scobell het op 4 September 1901 verneem dat ’n groep Boere, 129 man sterk, hulle in ’n plaashuis 65 km wes van Cradock skuilgehou het.

Terwyl hulle in ’n skuur teen die reën skuiling gesoek het, het die Britte hulle daardie nag, 5 September 1901, verras. Ná ’n hewige geveg waarin Lötter in die kop gewond, 14 man gedood en nog 46 gewond is, het hy hom oorgegee.

Hy is na Graaff-Reinet geneem waar hy drie weke later deur ’n krygshof verhoor is op ’n aanklag van hoogverraad, moord en roof. Die groot twisvraag tydens Lötter se verhoor was of hy ’n Kapenaar was en of hy vroeër Vrystaatse burgerskap ontvang het.

Hy het die getuienis verwerp dat hy op die Colesbergse kieserslys was aangesien dit nie sy voornaam Cornelius ingesluit het nie. Ook het die leersak wat die bewyse bevat het dat hy ’n Vrystaatse burger was en deur die landdros van Bloemfontein onderteken is, tydens sy oorgawe verlore gegaan.

As die enigste Afrikaanse predikant op Middelburg, Kaap, tydens die Driejarige Oorlog, het ds. Stephanus Postma, een van ds. Dirk Postma se vyf predikantseuns, die hele gemeenskap geestelike versorg en die Kaapse rebelle wat tereggestel is, op die dood voorberei. Hy is vroeg in 1904 in die ouderdom van 39 jaar ná ’n smartlike lyding aan ’n maagkwaal, moontlik kanker, oorlede.

’n Aangetroude familielid het getuig dat Lötter in 1896 na die Vrystaat verhuis het in die verwagting dat die Jameson-inval ook die Vrystaat sou betrek. Daarna het hy as plaasvoorman vir ’n sekere Meyer gewerk en dikwels die Kolonie besoek om perde te verhandel. In 1899 was hy terug in die Kaapkolonie.

Lötter is daaraan skuldig bevind dat hy as Kaapse burger gerebelleer het en is veroordeel om gehang te word; tog is die vonnis nie aan hom meegedeel nie.

Eers nadat hy na Middelburg geneem is, het hy die vonnis op hierdie dag op die markplein aangehoor. Dit het verskil van die Graaff-Reinet vonnis, deurdat hy voor ’n vuurpeloton sou sterf.

Ds. Stephanus Postma (1865–1904) het as enigste predikant op Middelburg tydens die oorlogsjare as Lötter en ander rebelle se geestelik versorger opgetree. Hy is gereeld deur die militêre owerheid ondervra, maar het deurgaans korrek opgetree en ’n ewewigtige en positiewe rol gespeel.

Verswak deur honger en weens ’n hartkwaal, het Lötter by die aanhoor van sy vonnis flou geword. Nadat vriende hom besoek en hy sy korrespondensie afgehandel het, het hy die dood kalm afgewag. ’n Rukkie later is hy buite die dorp tereggestel.

Hy is geblinddoek op ‘n stoel vasgemaak. Sy laaste woorde was: “Veilig in Jesus se arms”.

Bronne: Oosthuizen, A., So het hulle gesterf

Raath, AWG & M., Die dood van twee jong Kaapse rebelle

Page 3: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

Kontak Rianes de Klerk

vir slag van bees by

Excelsior Abattoir, Kuruman.

Hoërskool Gimnasium Potchefstroom: Reünie 2019

Op 25 Mei 2019 hou ons reünie by Gimmies vir die volgende 10-jaargroepe: 1949 (70 jaar);1959 (60 jaar); 1969 (50 jaar); 1979 (40 jaar); 1989 (30 jaar) en 1999 (20 jaar), asook die volgende 5-jaar intervalle: 1954 (65 jaar),1964 (55 jaar),1974 (45 jaar),1984 (35 jaar),1994 (25 jaar) en 2004 (15 jaar).

Kontak: Anel Hulley (018) 293 0267

[email protected]

of

Facebook: Potchefstroom Gimnasium Oud-Gimmiebond

Page 4: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

Die laaste tyd sien ons oral weerligte en reënbuie en langs die pad staan die gras groen in die saad, wat aandui die droogte is verby. Maar ongelukkig is dit wat ons sien net ‘n gedeelte van die waarheid. Die reën van kol –

kol en baie plase het vir die hele seisoen nog net 60mm gehad van verlede winter. Die vorige reënseisoen het die plase slegs ongeveer 100mm reën gehad wat ver onder gemiddelde reënval, vir die plase is die droogte nog ver van verby. Met die droewige prentjie is ‘n fondsinsamelingsprojek te begin om ons boere in nood by te staan. Ondersteuning die projek deur die organiseerder Monique Van Der Merwe te kontak by

[email protected] of 06 050 888 38. Monique sal u inlig oor die projek en hoe kan bydra, asook die bankbesonderhede ens... U kan ook die projek ondersteuning deur Anton Botha vertoning by te woon. Die vertoning is gratis. Vat geldjie saam, want daar gaan ‘n veiling gehou word. Gedurende die vertoning sal daar ook ‘n paar verassings uitgedeel word vir die persone in die gehoor wat deel is van die borge. Alle donasies sal op die aand van die vertoning oorhandig word aan die Droogtehulp organiseerder voor die vertoning begin.

Page 5: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

iNiSkuur Kuruman 21 Junie 7pm

Vir Kaartjies kontak: Francie 0732233445

iNiSkuur Kuruman 24 Mei 7pm

R80pp

Page 6: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

the daily Coffee Cafe H/V Frikkie Meyer & Rooisand Avenue,

Kameeldoring Plein Kompleks,

Kathu

The Daily Coffee Cafe Kathu het oopgemaak 28 Julie 2017 in die Kameeldoringplein Winkelsentrum in Kathu,

Die byderwetse Daily Coffee Cafe Kathu met sy goeie koffie, treffende New-York-meets-Karoo-dekor en gemoedelike, warm atmosfeer gaan nie net aanvullend wees tot die betowering wat julle deel van die wêreld bied nie, dit sal uitstaan as 'n

bestemming waar bekendes en vreemdelinge ewe tuis voel.

Of jy 'n stil plekkie soek om jou eie asem te skep, 'n gesellige hoekie om saam vriende te kuier, 'n gepaste atmosfeer vir 'n sakegesprek, of 'n ontspanne omgewing om die gesin te bederf, The Daily Coffee Cafe bied dit alles, en meer.

Almal weet mos dat, om een of ander rede, smaak 'n koppie koffie wat in die Noord Kaap gedrink word maar net lekkerder as op enige ander plek. Doen iets lekkers - drink goeie koffie ... en drink dit voortaan saam ons in Kathu, sien uit daarna om

julle almal te ontmoet.

Besigheidsure:

We are open most days about 8am or 9am Occasionally as early as 7am.

We close about 18h00 or 20h00,

Sundays 8am to 3pm & 6pm to 8pm

Kontak Nommer : 053-004-0281 / 0726849340 (Natasja) / 0722433059 (David)

Page 7: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

Leandie & Irene-Louise Van Wyk

Kaartjies beskikbaar by :

Carlette - 082 447 6615

R150 pp

Page 8: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD
Page 9: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

Waterford, Noord Kaap.

Vir meer inligting stuur epos na

[email protected] of kontak Jannie 084 690

6160 / 054 331 2133

10/04/2019 Vriend/Vriende, Graag nooi die Nasionale Vrouemonument Kommissie u en u organisasie/instelling uit na ‘n kitsberaad wat op 31 Mei 2019 van 9:00-11:30 by die Fakulteit Teologie aan die Universiteit van die Vrystaat gehou word. Die tema is “Die boodskap van die Nasionale Vrouemonumentkommissie vandag”. Dit is ‘n beraad of ‘n gesprek vir vriende of ondersteuners van die Monument. Tee en iets ligs word na afloop van die beraad aangebied. Die beraad is gratis en die versoek u eie mening en inset. Ons nooi u én/of u as organisasie/instelling om almal te stuur wat belangstel. Laat weet ons asb. teen 20 Mei 2019 van die getal en persone met ‘n kontaknommer by [email protected]. Die rede hiervoor is dat ons die lokaal en die teegoed wil finaliseer. Die doel van die Nasionale Vrouemonumentkommissie is om die belangrikheid en aktualiteit van die Monument vir vandag te beklemtoon. Die beraad begin stiptelik om 09:00 met ‘n paar kort inleidings (10 minute) van bekendes en daarna volg bespreking van die teenwoordiges. Indien moontlik, kan ons ‘n konsensus of twee formuleer. U ontvang hierdie uitnodiging namens die Nasionale Vrouemonumentkommissie. Dankie vir u aandag aan die saak. Prof Piet Strauss

Voorsitter Nasionale Vrouemonumentkommissie.

Page 10: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD
Page 11: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD

Integrated Hygiene & Sanitation Solutions

087 230 7200 [email protected], [email protected], [email protected], [email protected]

Sanitech Kathu Branch

22 Frikkie Meyer, KATHU

SAND DU PLESSIS

TEATER

Dinsdag 30 Julie

Nuwe produksie MESSENGER. Besprekings kan reeds gedoen word by

PACOFS 0514477772 en kaartjies beloop R160, R200 en R260.

Die vertoning sal Nataniël se nuutste Afrikaanse en Engelse stories en vertellings insluit met bekende pop, blues en rock musiek. Daarbenewens is daar musiek uit sy eie pen. Nataniël deel die verhoog met die Charl du Plessis Trio en Juan Oosthuizen op kitaar. Hierdie viermanskap speel reeds etlike jare vir Nataniël. Nuwe kostuums deur modeontwerper Floris Louw sal die gehoor na hulle asems snak.

Hykie

Be

rg

NG Kerk Postmasburg

27 Julie

6pm

Hykie gesels bietjie oor Drome en

Dwelms Mishandel. Kaartjies beskikbaar by : Ronel 082 415 2646 Johan 066 292 2988 Skoolkinders : R50 Volw : R100

Page 12: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD
Page 13: Die E-NUUSBLAD met die verlede, hede en toekoms ao · Gevegte bedags en terugtrek snags het [n daaglikse roetine geword. Deur die toeloop van talle Uitgawe 169 18 April 2019 Die E-NUUSBLAD