12
Maandblad van die NG-kerk Môregloed Augustus 2018 LERAAR Ds Willie Korb Tel. 084 485 9245 081 243 2328 Website: www.ngkerkmoregloed.co.za

Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

Maandblad van die NG-kerk Môregloed

Augustus 2018

LERAAR Ds Willie Korb

Tel. 084 485 9245 081 243 2328

Website: www.ngkerkmoregloed.co.za

Page 2: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

My familie.

Die afgelope paar weke is die gedagte van genade onverdiend

my baie na aan die hart! So dikwels vergeet ons hoe groot God

se genade vir elkeen van ons is en hoe wyd en ver sy liefde vir

ons strek. U en ek dien ‘n God van liefde en genade daarom wil

Hy ons verseker dat Hy altyd by ons is. Of ons by die skool is

en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie

sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons

in Sy hande veilig vas. Ek deel graag met julle ‘n kort verhaal

oor die genade van Ons Hemelse Vader.

So gaan die verhaal! Daar was op ’n keer hierdie seun wat ’n

rek present gekry het, maar niks daarmee kon raakskiet nie.

Tot hy op sy ouma se troeteleend aangelê het. Wat natuurlik ’n

raakskoot was met die gevolg: ’n dooie eend. Toe hy

paniekerig die eend onder ’n klomp hout probeer wegsteek,

sien sy suster hom. Toe hy en sy suster die aand na ete

skottelgoed moes was, was sy suster se woorde gou: ek dink jy

kan maar alles was, en as jy nie wil nie, onthou gerus van die

eend.

Na twee weke was hy so moedeloos gewas dat hy besluit het

om maar liewer voor ouma te bieg. En ouma se woorde? Ek

weet van die eend, my seun. Ek het alles deur die venster

gesien. Omdat ek jou liefhet, het ek jou klaar vergewe. Ek het

net gewonder hoe lank jy jou suster gaan toelaat om jou haar

slaaf te maak.

Wat het hier gebeur? Die seun was reeds vergewe, maar hy

het gedink hy is skuldig, het geglo hy sal altyd skuldig bly,

omdat ouma hom nooit sal vergewe vir haar troetel eend nie.

As hy maar net dadelik na ouma gegaan het.

Page 3: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

’n Eenvoudige verhaal, Familie en vriende. miskien te

eenvoudig. Maar dit is ook u en my verhaal. Ons skiet nie met

rekke nie, maar wel met oneerlikheid, hebsug, woede,

arrogansie, leuens. God is soos hierdie ouma. Hy sien ons al

probeer ons wegkruip. Hy reik uit na ons al sondig ons elke

dag. Hy hou ons steeds styf vas en verseker ons van Sy liefde

en genade net omdat Hy kan. Hy is ons God. Hy verlaat ons

nooit oor verkeerde besluite nie, maar betoon eerder sy liefde

aan ons.

Die beste voorbeeld wat Jesus vir ons kom stel het was juis

hierdie voorbeeld van genade onverdiend en liefde

onvoorwaardelik. Aan die kruis word Jesus bespot deur die

misdadigers wat saam Hom gekruisig word. Een van hierdie

misdadigers reik uit na Jesus en dan sien ons hoe Jesus hom

verseker dat hy saam met hom in die paradys sal wees. Die

Here het elkeen van ons onvoorwaardelik lief en dit is iets

waarvoor ons waarlik dankbaar kan wees. Ons dien immers ‘n

God wat uitkyk vir ons en ons veilig hou in sy hande.

Prys die Here alle volke want aan sy goedheid is daar geen

einde nie. Hou vas aan die Here en vertrou op Hom.

Vrede

Ds. Willie

Page 4: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

GEMEENTENUUS

VERJAARDAE: Baie geluk aan die volgende senior lidmate met hulle

verjaardae: Wynand Prinsloo word 80 op 2 Augustus, Charles

Kelbrick word 83 op 7 Augustus en Joey Franken word 82 op 26

Augustus.

VOORBIDDING:

Ons vra u voorbidding vir die volgende persone:

Kobus Botes 082 567 3605 Fanie Buys 072 311 3521 Ronel Claassen 071 381 9842 Priscilla van den Bergh 081 477 3541 Koekie Geyer 082 399 0182 Henry en Elmien Liebenberg 064 656 3888 Rina Smith 082 417 7507

HELPMEKAARKLUB

Die Helpmekaarklub hou ‘n bring en braai op Vrydag, 10 Augustus,

vanaf 9h30.

VERGADERINGS:

Vrouediens: Dinsdag, 21 Augustus , om 18h30.

MOSTERDSAADJIE

Indien u graag die Mosterdsaadjie per epos wil ontvang, stuur asb.

u epos-adres na [email protected].

Page 5: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

LIDMAAT-REGISTRASIE OP INTERNET

Daar is nou ‘n fasiliteit waar lidmate op internet kan registreer om

hulle inligting op die gemeente se register te sien. U gaan na

www.winkerkonline.co.za en kliek op registreer. Sodra u klaar

geregistreer het sal ‘n boodskap na die skriba gestuur word om die

registrasie goed te keur. Nadat dit goedgekeur is sal u kan inteken en

u inligting nagaan en verander waar nodig. Daar word dan

outomaties weer ‘n boodskap na die skriba gestuur wat dan die

nodige veranderinge op die gemeente se register sal aanbring. Dit is

‘n maklike manier om u selfoonnommers en epos-adresse op datum

te hou en enige spelfoute, ens. reg te maak. Inligting oor gemeente-

sake word soms via sms of epos aan die hele gemeente gestuur, en

dit is dus belangrik dat u kontakinligting te alle tye op datum is.

Indien u nie per epos en/of sms gekontak wil word nie, stuur

assseblief ‘n sms aan Ilse by 082 434 6499 en vra dat dit so aangedui

word op die gemeente se register.

MÔREGLOED LIGDRAERS WHATSAPP-GROEP

Dit is ‘n groep waar u kan inligting deurgee aan die gemeente, vra vir gebed en saam bid. Indien u wil aansluit by die groep, stuur asb ‘n whatsapp na Wimpie (082 254 6023), Anneline (081 379 0863) of Ilse (076 163 6757).

KLEINGROEPE

Sondagaande om 18h00 by Rooielsstraat 1170. JAKARANDA KINDERHUIS

Ons kerk is betrokke by Huis 4. Ons help waar ons kan met skenkings

wat inkom, en ook ‘n projek wat maandeliks vir hulle badgoed koop.

Page 6: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

As u wil betrokke raak met kos, klere of badgoed, kontak asb vir

Anneline (Linky) van Reenen by 081 379 0863 of

[email protected]

Sonskyn Kinderkerk: Sondagoggende vanaf 9h00. Alle kinders van 4 tot 13 jaar is welkom om dit by te woon. Ons reis deur “Eendag as ek groot is…”. Ons vlieg na die maan, soek diewe op die grond, of plant blomme in die tuin. Kom kyk wat doen ons die maand by die kinderkerk. Miskien gaan ons op ‘n reis of dans in Parys. Moet nie uitmis vir wat God jou wil wys nie! KATEGESE Daar is kategeseklasse na die erediens vir ouer kinders 13 tot 16 jaar. Belydenisklas Sondagmiddae om 16h00.

Page 7: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

SEWENTIG x SEWE deur Sophie Muller

Lees Matteus 18:21-35 Die HERE se genade bly vir my stééds onpeilbaar wonderlik. As kind het ek áltyd gedink dat dit 'n onmoontlike iemand sou moes wees wat séwentig maal séwe keer vergewe moes word. 'n Mens léér mos darem uit jou foute! Hoe ouer ek word, hoe méér besef ek dat ek nie leer nie. Dat GOD wéér-en-wéér dieselfde genadepad met mý loop. Dat ek soos die muil-esel in die psalms 'n stang en 'n toom nodig het. Dat ek nét nie vansélf op die regte pad kan bly nie. Dis nét GOD wat my elke keer teruglei pad toe en my met sagte leisels op koers hou. Séwentig-maal-séwe keer! Dis net HÝ wat my skuld uitwis en my élke keer wéér met 'n skoon bladsy laat begin. GOD doen dit gratis en verniet. Sy sondelose SEUN het die prys vir my koppige ongehoorsaamheid betaal ... As ek maar nét Sy SEUN wil érken, mág ek deur die hemelse hek stap sónder om vir my skuld te betaal ... Dis vir altyd verbý. Dis uitgewís. Die hele geweldige onbetaalbare bedrag is betaal. VERGÍFNIS is 'n GAWE direk uit GOD se hand. Ek moet dit erken as 'n geskenk, omdat GOD met liefdesoë na my gekyk het. Ómdat ek dankbaar is, moet ek* met dieselfde liefdesoë na GOD se kinders (en God se toekomstige kinders) kyk en die geskenk van vergifnis vérder uitdeel. Dieselfde genáde wat ék ontvang het, moet ek ook aan ánder betoon. Ek moet ophóú om my skuldenaars in te roep en aan die keel te gryp, om die skuld op te eis. Ek moet 'n stréép deur die skuld trek soos wat GOD met mýne gemaak het. Máár, doen ek dit nié, belówe GOD aan my rámpspoedige gevólge!!

Page 8: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

Ás ek egter begin om ánder hulle skuld vry te stel, word ék deel van GOD se ketting van GENÁDE. Dan word ek deel van die Wingerdstok wat VRUGTE dra en 'n LÉWENDE lid van die LÍGGAAM van CHRISTUS JESUS! ~ Aangepas Uit: Net Vergifnis bring Heling - Die Boodskapper ~

Kaalvoetkind My Redder het my gesoek en gevind. Ek voel lig en vry soos die wind Want ek is die Heer se kaalvoetkind. Ek huppel die hele wêreld rond

Trek my skoene uit, want ek beweeg op Heilige grond. Stamp ek my voet teen ‘n klip Weet ek dit is die randsteen wat keer dat ek van my Heer se pad afglip. Steek ‘n doring in my voet so seer Is U daar om vertroostingsalf aan te smeer. Laat my voet my struikel om my teen die grond te fel Is U ook daar om my op te tel. Vra mense my: Waar is jou Heer?? Sê ek: Hy is hier binne in my met Sy liefde so teer. Hoe is daar net een ry spore?, sal hul vra. Antwoord ek: Dit is daar waar my Vader my in Sy Arms dra. Daarom is ek so bly, ek het in Sy Woord ‘n holte vir my siel gevind. Dag en nag, waar ek my ook al mag bevind, is ek stewig aan Hom vasgebind, met Sy Ewige Liefdeslint. Ek, die Here se... Kaalvoetkind. ❤�❤�❤�❤

-Brenda (Sielskos)

Page 9: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

SKOMMELWOORDE

PSEURT -------------------------

LAEDIL -------------------------

SMNISO -------------------------

IIANS -------------------------

IFROPTA -------------------------

EGNISES -------------------------

EEDOHRS -------------------------

NONAHSEJ -------------------------

LTIUSPA -------------------------

ELAAMIG -------------------------

UMTOISET -------------------------

SKSOUED -------------------------

PSMALS -------------------------

EELIITEASR -------------------------

ONKNISG -------------------------

KJAASAF -------------------------

TASTUEM -------------------------

SEEMDISNIEI -------------------------

LKAUS -------------------------

RBABBASA -------------------------

AAMRI -------------------------

LBETESIA -------------------------

OSEJF -------------------------

Page 10: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

die sonde van die wêreld wegneem. Advertensies Enigiemand wat belangstel om ‘n besigheid of diens te adverteer op hierdie bladsy teen ‘n geringe fooi, kan vir Ilse kontak by 082 434 6499 of [email protected].

Keurboom Funksies en Spyseniering www.keurboomfunctionhire.co.za

epos: [email protected]

Ons het nou ‘n venue so 7 km vanaf die Sefako Makgatho afrit op

die N1

Ons bied aan:

Saal, lapa, swembad en opelug boskerkie

Spyseniering vir alle geleenthede, insluitend platters

Verhuring van alles rondom ‘n funksie soos dekor, breekgoed en

linne (buite funksies ook)

Skakel gerus of stuur epos vir enige navrae

Brenda en Eben Swart 0768146348

Proefleser (Engels)

Benodig jy iemand om die taal- en grammatikafoute in

'n skryfstuk reg te maak? Of iemand om jou rou woorde

te verander in duidelike sinne wat maklik is om te lees?

Kontak [email protected]

Page 11: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

Lag ‘n bietjie...

Maraai: "Gammat, wa kry jhy daai watch?"

Gammat: "Ek het hom in 'n race gewen."

Maraai: "Hoeveel mense het gehol?"

Gammat: "Was ekke, die owner en drie polisiemanne."

AFRIKAANS - die lekker TAAL!

Aftree: kierieverlof

Alkohol: slingersous

Bleeksiel: fooskoos

Fiets: draadkameel

Eet: tandslaan

Aap: sitbok

Blonde oomblik: breinpouse

E-pos: vonkpos

Grimering: jeugdeeg

Toilet: porseleinskoeter

Mooi meisie: asemdief

Omgekrapte maag: barsblerts

Oorgewig: duidelik sigbaar

Sakrekenaar: sompompie

Lyftaal: skeletklets

Ski-pants: sellulietsokkies

Snelweg: boete roete

Springmielies: kitskoring

"Tipex": flater water

"Tissue": snoetsponsie

"Burp": keelknal

Graanvlokkies: olifant skilfers

Slaap: lappetrap

Ouetehuis: kieriekoshuis

Page 12: Augustus 2018 - site.ngkerkmoregloed.co.za · en of ons by die werk is. Die Here is altyd daar. In die goeie sowel as die swaarkry tye ook daar is die Here en hou Hy ons in Sy hande

S. Roos Construction

1177 Karriboom St., Môregloed E-Mail: [email protected] Tel: 082 873 3702

Fax: 012 333 5549

REKENINGDETAILS VIR GEMEENTE

Debietorders en internetbetalings: ABSA 1430 1616 24R Takkode 335 245 Geldmarkrekening ABSA 910 257 1184 Takkode 335 245 Ge KONTAKPERSONE IN GEMEENTE Admin. kommissie – Pieter Avenant 082 371 843008 Afkondigings – Ilse van Hemert 082 434 64992 31 0 Diakens – Pieter du Toit 082 491 4927 Helpmekaarklub vir senior lidmate – Johnny Jansen 082 493 4647 Jakaranda kinderhuis – Anneline van Reenen 081 379 0863 Kinderkerk en Jeug – Anneline van Reenen 081 379 0863 Koster – Liz Bothma 071 569 8030 Mosterdsaadjie – Ilse van Hemert 082 434 6499 Orkes – Ilse van Hemert 082 434 6499 Ouderlinge – Wimpie van Reenen 083 254 6023 Saalhuur – Ilse van Hemert 082 434 6499 Skriba – Ilse van Hemert 082 434 6499 Vrouediens – Elma Carelsen 082 786 5109 Ilse van Hemert 082 434 6499

Roep na My in die dag van nood. Ek sal jou

verlos en jy sal My eer. Ps 50:15.

Mosterdsaadjie geproeflees deur Jaco van Hemert.