6
NUUSFLITS: 26 - 28 Aug: Bevrydingskursus 29 Aug: Gebedsvuur 2-4 Sept: #elkEEN fees (sien bl.4) 6 Sept: Ringsitting 17 Sept: Groentetuin-kursus & TGIF Mannekamp 18 Sept: Matriekdiens 28 Augustus 2016 8 Augustus 2016 Bergsig Boodskap 08:15 Klassieke diens Ouditorium Pieter Henning 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel GLOW Kidz (Saal) Bea Pretorius 18:00 Aanddiens Arno Mattheus Deuroffer: Christelike Lektuur- fonds 28 Augustus 2016, Veldtog: Doen 15 BYBELSONDAG Die Christelike Lektuurfonds (CLF) bring steeds vir meer as 55 jaar die Boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare lektuur. Die 30 hoofstukke in die Ek Glo boek word in drie oor- hoofse temas verdeel: Dink, Doen en Wees (leef) soos Jesus. Daar word gefokus op 10 sleutelgeloofsbe- lydenisse van die Christe- like geloof (DINK het ons afgehandel), 10 sleutel- gewoontes van ’n vol- geling van Jesus (ons is vanaf 14 Aug. met DOEN besig) en 10 sleuteldeug- de wat iemand kenmerk wat meer soos Jesus begin word. Ons preek elke kwartaal oor 5 temas uit die 10. Jy is welkom om al 10 self deur te werk in jou stiltetyd of kleingroep. Die temas wat ons in die kerk behandel met DOEN wat nog oor is: * Ek gebruik my geestelike gawes (4 Sept.) *Ek gebruik my hulpbronne (11 Sept.) Ons glo so kan persoonlike intimiteit met God groei deur sy Woord te leer ken. Vandag se fokus: SLEUTELGEDAGTE: Ek wy my lewe aan God se doelwitte toe. SLEUTELVERS: Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Rom 12:1-2 Die EK GLO veldtog gaan oor in DOEN 2-4 September 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo Deuroffer: Bediening aan Dowes 18:00 Aanddiens Arno Mattheus 4 September 2016, DOOP My volkome oorgawe ten spyte van .... Dit is vandag se tema. As gelowige sal my volkome oorgawe aan God aan my die onderskeidingsvermoë gee om sy wil te doen en my gedrag te rig. Ons is besig met die DOEN tema van die “Ek glo” boek. Daarom het ons besluit om die tweede erediens van 4 September in te rig as ’n uitreike-Sondag. Ons gaan letterlik DOEN waaroor ons praat deur op verskillende plekke as gemeente Jesus se hande en voete te gaan wees. Ds Mizelle gaan wel om 08:15 vir die wat wil bid vir die uitreike ’n kort diens hou by die kerk, maar die normale 10:00 vind nie plaas nie want ons DOEN dan kerk daarbuite. Lees op bladsy 5 waar jy saam kan kom doen.

BB 28 Augustus 2016 - bergsigdv.co.za€¦ · Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected] Bergsigprojekte

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BB 28 Augustus 2016 - bergsigdv.co.za€¦ · Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na uitreike@bergsigdv.co.za Bergsigprojekte

NUUSFLITS:

26 - 28 Aug: Bevrydingskursus 29 Aug: Gebedsvuur 2-4 Sept: #elkEEN fees (sien bl.4) 6 Sept: Ringsitting 17 Sept: Groentetuin-kursus & TGIF Mannekamp 18 Sept: Matriekdiens

28 Augustus 2016 8 Augustus 2016 Bergsig Boodskap

08:15 Klassieke diens Ouditorium Pieter Henning

10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Eric Swanepoel

GLOW Kidz (Saal)

Bea Pretorius

18:00 Aanddiens Arno Mattheus

Deuroffer: Christelike Lektuur-fonds

28 Augustus 2016, Veldtog: Doen 15 BYBELSONDAG

Die Christelike Lektuurfonds (CLF) bring steeds vir meer as

55 jaar die Boodskap van die Bybel aan almal deur gratis en

bekostigbare lektuur.

Die 30 hoofstukke in die Ek

Glo boek word in drie oor-

hoofse temas verdeel: Dink, Doen en Wees (leef) soos

Jesus. Daar word gefokus

op 10 sleutelgeloofsbe-lydenisse van die Christe-like geloof (DINK het ons

afgehandel), 10 sleutel-gewoontes van ’n vol-geling van Jesus (ons is

vanaf 14 Aug. met DOEN besig) en 10 sleuteldeug-de wat iemand kenmerk

wat meer soos Jesus begin

word. Ons preek elke kwartaal oor 5 temas uit die

10. Jy is welkom om al 10

self deur te werk in jou

stiltetyd of kleingroep.

Die temas wat ons in die kerk behandel met DOEN wat nog oor is: * Ek gebruik my geestelike

gawes (4 Sept.)

*Ek gebruik my hulpbronne

(11 Sept.)

Ons glo so kan

persoonlike

intimiteit met

God groei deur sy Woord te

leer ken. Vandag se fokus:

SLEUTELGEDAGTE: Ek wy my lewe aan God se doelwitte toe.

SLEUTELVERS: Nou wil ek julle baie ernstig vra, broers en susters: As julle dink aan alles wat God in sy groot barmhartigheid vir julle gedoen het, gee dan julleself aan Hom as ’n lewende en heilige offer. Dit is dié soort offer waarvan Hy hou en wat julle diens aan God werklik sinvol maak. Rom 12:1-2

Die EK GLO veldtog gaan oor in DOEN

2-4 September

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Mizelle Prinsloo

Deuroffer: Bediening aan Dowes

18:00 Aanddiens

Arno Mattheus

4 September 2016, DOOP

My volkome oorgawe ten spyte van ....

Dit is vandag se tema.

As gelowige sal my volkome oorgawe aan God aan my die onderskeidingsvermoë gee om sy wil te doen en my gedrag te rig.

Ons is besig met die DOEN tema van die “Ek glo” boek. Daarom het ons besluit om

die tweede erediens van 4 September in

te rig as ’n uitreike-Sondag. Ons gaan

letterlik DOEN waaroor ons praat deur op

verskillende plekke as gemeente Jesus se hande en voete te gaan wees. Ds Mizelle

gaan wel om 08:15 vir die wat wil bid vir

die uitreike ’n kort diens hou by die kerk,

maar die normale 10:00 vind nie plaas nie

want ons DOEN dan kerk daarbuite. Lees op bladsy 5 waar jy saam kan kom doen.

Page 2: BB 28 Augustus 2016 - bergsigdv.co.za€¦ · Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na uitreike@bergsigdv.co.za Bergsigprojekte

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy

betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bergsigprojekte op ons voorstoep

Vanuit die Uitreikkantoor ...

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsig-Uitreikhulp

BETESDA-BOEKRAK

Die Betesdaprojek vir gestremdes verkoop goeie tweedehandse boeke en DVD’s teen billike pryse.

Gemeentelede kan gerus hiervan aankoop. Hoe meer

gereeld jy by die boekrak ’n draai maak, hoe groter is jou

kans om die nuutste fonds op te raap.

Die boekrak is te vind in die vertrek op pad na die dameskleedkamer. Boeke kan heelweek gekoop word.

UITREIKPROJEKTE

Indien u belangstel om nuwe projekte te begin, of graag wil inskakel by bestaande projekte, skakel die uitreike-kantoor

deur die loop van die week.

Beskikbaar vir vervoer van bejaardes:

Inkopies/ haarsalon/ dokters ens.

Philip Fourie 079 951 8172 / 082 495 3979.

(Betroubare lidmaat wat self afgetree is en graag wil help.)

Lesotho Uitreik – Sept. skoolvakansie:

Kort ’n dubbelkajuitbakkie (hoef nie 4x4 te wees nie) of eni-ge SUV/Kombi. ’n 7 sitplek sal ideaal wees, maar ons sal kan doen met ’n dubbelkajuit – dan hoef ons nie ’n sleepwa te vat nie. Skakel direk vir Jaco van Vuuren – 021 979 2225.

House of Grace

Soos voorheen berig, is Geraldo Mouton van House of Grace gekies vir die SA Hip Hop span. Hierdie kompetisie het reeds plaasgevind, maar daar is steeds ’n tekort aan fondse. Ons benodig ook fondse vir kos vir die huis. Enige iemand wat bereid is om te help, kontak asb vir Leonette Burger – 082 440 5662.

Lidmate en kleingroepe wat meer oor spe-sifieke uitreike wil weet is welkom om die

kantoor te skakel vir meer inligting.

BENODIG u ’n HUISHULP/TUINMAN?

Ons doen “screening” in samewerking met MES by die sopkombuis. Ons volg die verwysings op en maak seker

daar is geen oortredings nie.

Ons kan u van hulp wees teen ’n minimale donasie.

Vir meer inligting bel Niel Kotze by 076 400 8392 of

e-pos: [email protected]

Ons benodig ’n baie stewige driekwartbed asb.

Attie van Wyk Primêre Skool

Ons is op soek na iemand wat bereid sal wees om ’n Bybel-klassie met stories of ander aktiwiteite vir die Graad R klassie Woensdae 9:30 tot 10:00 vm te bied.

Die Graad 7 klaskamer benodig dringend 5 gordyne vir die ven-sters van die klaskamer.

Die vensters se wydte en hoogte is 1.2 meters so die gordyne moet so 2 meter breed en 1.8m lank wees. Die gordyne moet deur ‘n rekdraad geryg kan word want daar is nie gordynreëlings nie. Indien iemand so iets kan skenk of finansieel kan bydra daarvoor sal ons dit baie waardeer.

Ons kort ook nog 2 plastiekkratte (110 of 150 lt grootte) vir Graad R en Graad 1 klassies se kombersies.

Ons sal baie graag ook, met julle hulp, ’n paar kinders wil borg vir Imagine Kidz wat die Oktobervakansie daar gehou gaan word. Die koste beloop R10 per kind per dag met ’n totaal van R30 vir al 3 dae.

Indien die Here dit op enige iemand se hart lê om betrokke te raak of by te dra by enige van die bogenoemde versoeke kan hulle vir Nelda of Soekie skakel of epos by [email protected] Sel: 083 235 1400 of [email protected]

Ons gee graag ook terugvoer oor die volgende:

Ons is opgewonde oor die nuwe Eco Riool en watersuiwering- sisteem wat reeds by die skool geïnstalleer is, ook dat daar nuwe toilette oppad is na die skool vir installasie Januarie 2017.

Die dogtertjie (Nobunthu) wat voor die skool raak gery is se toestand verbeter en die vogdreineringspypies is uit en hulle hoop dat sy binnekort uit Iwaaksorgeenheid na ’n gewone kamer toe oorgeplaas sal kan word. Baie dankie vir almal se gebede vir haar.

Seënwense van ons almal by Attie

4 September - ons reik uit en DOEN!

Gemeentelede het kans om by, Morning Star VGK, Fisantekraal, Diemersdal, Welgegund en Kuilsrivieropruiming uit te reik.

Ons gaan dienste bywoon en inskakel by die uitdeel van kospak-kies in Fisantekraal. Skryf gerus jou naam in die binnehof op by die uitreik waar jou gesin op 4 September betrokke gaan wees.

Vir jare al word die SAPD

vroue elke jaar bederf by Bergsig deur die Vlytige

Vrydag Vroue (VVV), ’n

kleingroep. Die vroue kry

kansie om van trauma weg te kom en net te wees!

Van links na regs: Ds. Mizelle Prinsloo, Ilse

Fritz, Chris & Elize Botma, Esté Stewart, Ds. Philip

Scholtz, Annamaré Visser,

Leonette Burger.

Die House of Grace gelukkige trekking is Vry. 26 Aug. ge-

doen. Daar is R9 270 ingesamel vir die projek! Ons is baie

dankbaar. Die pryswenners was: Oswald Opperman en An-namaré Visser. Baie dankie aan almal wat deelgeem het

aan die projek. Navrae: Ds. Philip Scholtz

Die Thailand gebedsbediening van Klasie en Ida van Heerden verkoop baie mooi tafeldoeke teen R190 ter fondsinsameling. Dit is te siene by die Uitreikkantoor.

SAPD Vroue kry blaaskans by Bergsig

Die oggende is baie prettig en laat die vroue skaterlag. Kyk

gerus na ’n video wat op die kerk se FB blad is hieroor.

Page 3: BB 28 Augustus 2016 - bergsigdv.co.za€¦ · Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na uitreike@bergsigdv.co.za Bergsigprojekte

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te

word of e-pos na: [email protected]

KNIELTYD: 28 Augustus

As ek werklik tot die Liggaam van Christus behoort, sal mense my mis wanneer ek nie

daar is op ‘n Sondag nie?”

Alle kerke word uitgenooi om deel te neem aan ’n spesiale dag om die insluiting van persone met gestremdheid te vier. Dit is vandag!

Die tema vir 2016 is ‘Werklike behoort tot die liggaam van Christus’.

’n Goeie beginpunt kan ook wees om ’n bespre-kingsgroep bymekaar te kry waar gestremde en nie-gestremde persone kan saam dink oor die volgende vrae:

• Wat is die ervarings van persone met gestremdheid in kerke?

• Wat is die redes waarom so min gestremdes betrokke is in die kerk?

• Hoe kan ons gesprek bevorder tussen gestremdes en nie-gestremdes?

• Wat sal werklike insluiting en ‘behoort tot’ beteken vir persone met gestremdheid?

Op watter praktiese maniere kan aktiewe insluiting bevorder word? Hans Human is in Bergsig die kontak as jy wil betrokke raak 082 549 0518

Op die webwerf www.rampup.co.za is daar meer inligting.

NAAM ADRES REDE BID VIR

Eddie Esterhuysen Breinkanker Troos en bemoediging

Vickie Esterhuysen Manor on Lordswalk 1 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Helena Lückhoff La Gratitude 38, 021 976 3385 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hugo Kotze Hermonstraat 21, 021 975 6678 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Juliana Snyman Hibiscuspark 11, 021 975 3801 Operasie Herstel en bemoediging

Bernie Brandt De Keurlaan 80A, 083 232 6702 Beroerte Herstel en bemoediging

Alouette Kühn De Keurlaan 37, 021 975 3511 Kanker Herstel en bemoediging

Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging

Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn Verligting van pyn

Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Mediese behandeling Dank vir beterskap

Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Beenmurgoorplanting Volkome herstel

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)

In Durbanville is twee SAPD lede gewond in voorvalle. Op Maandag 22 Augustus is een deur die kop geskiet. Die lid sterk aan in die

hospitaal. Die groep is baie getraumatiseerd. Kom ons bid vir hul veiligheid en welstand.

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Vandag is ook BYBELSONDAG Op Bybelsondag fokus verskeie kerkgenootskappe in ons land op die Bybel

en die voorreg om die volledige Bybel in elkeen van ons 11 amptelike lands-

tale te hê. Tog is daar 5,5% Christene in ons land wat glad nie 'n Bybel besit

nie. "Ons Bybelgenootskap herdenk hierdie maand sy 196ste bestaansjaar in

Suid-Afrika. Alhoewel ons die Here dankbaar is vir alles wat ons oor hierdie

byna twee eeue bereik het, bly die uitdaging groot om te verseker dat

elkeen wat 'n Bybel verlang, een kan kry," sê ds Dirk Gevers, uitvoerende

hoof van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika. Gemeentes word gevra om Sondag asb. te bid dat dit vir die Bybelgenootskap van SA moontlik sal

wees om in die groot behoefte aan Bybels te voorsien.

Page 4: BB 28 Augustus 2016 - bergsigdv.co.za€¦ · Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na uitreike@bergsigdv.co.za Bergsigprojekte

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Die week se program:

Gebruik jou foon om ’n bydrae te maak:

www.bergsigdv.co.za

’n Rommelopruimingsaksie vind op

Sondag 4 September 2016 om 09:00

plaas om ’n klein gedeelte van die

Kuilsrivier skoon te maak as ’n simbo-liese geestelike moment om die rivier

as skepping van God weer terug te wen en te herstel as uitdrukking van sy

Koninkryksheerskappy op aarde.

Alle gemeentelede en kinders wat lief vir die natuur is en die Here ook op hierdie besondere wyse wil dien en eer is welkom om mee te doen.

Trek gemaklike klere aan en water-skoene (Gum Boots) as jy het. Bring asseblief ook ’n paar besker-mende handskoene saam. Maak voorsiening vir sonbrand. Sakke sal op die terrein voorsien word.

Ons ontmoet mekaar om 09:00 op die parkeerarea van Wagner’s Pitch & Putt, H/V De Bronweg en Fairtreesweg, net onderkant die Glen Garry winkelsentrum. Navrae:

Sydney Saayman, 076 556 7397 of [email protected]

KUILSRIVIER - OPERASIE ROMMELOPRUIMING

Die tyd het nou gekom om vanuit die gemeente ’n loodsspan saam te stel vir die planting van ’n nuwe geloofsgemeenskap in Graanendal waar ons ’n erf gekry het. Ons vra almal wat belangstel om vir Ds Johan Els ([email protected] 084 672 0626) te kontak teen 12 Septem-ber. Ons het mense nodig wat sal kan help met Kinderbediening, Gasvry-heid, Logistiek, Gebed, Navorsing, Lofbediening en Kleingroepe. Om deel te word van die span is ’n twee- jaar verbintenis en daar sal volledige opleiding en ondersteuning wees. Bid asseblief daaroor en word deel van hierdie nuwe opwindende reistog!

Dit sal baie waardeer word indien gemeentelede ons

asseblief kan help met die volgende items:

Gebruikte plastiek-inkopiesakkies

Ou, gebruikte skadunette

Bogenoemde is nodig vir die gemeente se volgende groen-

tetuin-werkswinkel.

Kontak vir Sydney Saayman by 076 556 7398 of green4en-

[email protected] indien jy kan help.

BENODIGHEDE VIR GROENTE- TUIN-WERKSWINKEL

18:00

A-Koord nuus: Baie dankie vir die afgelope 6 maande se ondersteuning. A-Koord het: � 'n familie in nood ondersteun en �bygedra tot die uitreik na Thailand. Die res van die jaar se inkomste gaan teruggeploeg word om A-Koord beter toe te rus. As jy wil deel wees van die geselligheid in die kombuis of sommer net kan help met 'n koek.....laat weet asb!! Oswald 079 108 9697 / Heidi 083 399 2013

Page 5: BB 28 Augustus 2016 - bergsigdv.co.za€¦ · Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na uitreike@bergsigdv.co.za Bergsigprojekte

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap

elke dag is ’n Fees saam met God ...

Die vraag wie God is en hoe ons Hom behoort te aanbid is ’n komplekse vraag. Verskillende mense verstaan God verskillend en verskillende men-se gee op verskillende maniere uitdrukking aan hulle verstaan van God.

Hierdie verskeidenheid bied egter aan ons die geleentheid om God op ’n meer omvattende manier te probeer verstaan en Hom te aanbid. Hiervoor het ons mekaar nodig. Om te groei in my verstaan en aanbidding van God is veral die volgende van belang:

• Ek moet bewus wees van my eie spiritualiteit. Ek moet dit aanvaar en geniet en moeite doen om dit verder te ontgin.

• Ek moet tegelyk aanvaar dat ander mense ander spiritualiteite kan hê en dat hulle ook daardeur vir God kan leer ken en

aanbid.

• Ek moet doelbewus pogings aanwend om myself bloot te stel aan ander spiritualiteite en op so ’n manier sal my eie

verstaan van God en my aanbidding verryk word.

Ons hou van 2-4 September die #elkEEN Fees in Bergsig en sien vreeslik baie uit daarna om as een gemeente bymekaar te kom. Sien die volledige program van die fees:

WIE WOON BY?

Paartjies

RSVP voor 29 Aug.

Mizelle Prinsloo

021 976 4106 of by

VRYDAGOGGEND Datum: 2 September Tyd: 10:00 Spreker: Kobus de Jager Plek: Saal Tema: Om God saam te ervaar. (Tee en eethappies word bedien)

VRYDAGAAND Datum: 2 September Tyd: 19:00-21:00 Plek: Saal Koste: R100 p.p Tema: Net ek, jy en ’n kers! (Ete ingesluit)

SATERDAGOGGEND Datum: 3 September Plek: Ouditorium Spreker: Marié Britz Tema: In ons andersheid leer ons van mekaar. Program: 08:30 – 11:00 08:30 – Koffie en Tee 09:00 – Lofprysing 09:30 Spreker 09:30 Poppekas vir Kinders 10:30 Beweeg na verskillende ruimtes

Oriënteer jouself – hoe jy God ervaar • Kop • hart • simbolies/mistiek • hand

Marié Britz verduidelik verskillende maniere hoe ons God ervaar en beweeg na ruimtes

SONDAGOGGEND Datum: 4 September Tyd: 08:15 Erediens Plek: Ouditorium (#elkEEN bring ’n item vir ’n minderbevoorregte) 09:15 Ons reik uit na: Morning Star VGK, Fisantekraal, Diemersdal, Welgegund, Kuilsrivieropruiming

(Elke persoon/gesin moet vooraf besluit waarheen hulle die Sondag uitreik – Ons kom almal 09:15 by die kerk bymekaar en vertrek dan na die uitreikpunte met eie motor.)

DAAR IS ’N

BORD IN DIE BINNEHOF

VUL ASB. JOU NAAM

DAAROP IN OM AAN TE

DUI WAAR JY BETROKKE

WIL WEES GEDURENDE

DIE NAWEEK.

WIE WOON BY?

Seniors

RSVP voor 29 Aug.

Elize Botma

021 976 4106 of by

WIE WOON BY?

Almal

RSVP

Nie nodig - kom woon

net by.

WIE REIK UIT?

Almal

RSVP voor 29 Aug. by

Aansteekbord of Mizelle

Prinsloo 021 976 4106

Page 6: BB 28 Augustus 2016 - bergsigdv.co.za€¦ · Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na uitreike@bergsigdv.co.za Bergsigprojekte

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Bergsig se vrouebediening nooi elke vrou van jonk tot oud om in te skakel by ons 3-ling mentorgroepies.

Hier hoor ons dat ons elkeen ’n plek het om gelyk langs ander te mag staan. Ons hoor dat ons geliefd is en ons volle

menswees kan omarm. Ons maak ons vlerke los!

Ons nooi jou saam op hierdie

geloofsreis. Om saam geestelik te

groei is deel van ons dissipelskap-

fokus in Bergsig.

Ons rus vrouens toe om geestelik

sterker op te staan.

Kontak Marelize Krige by

[email protected] vir meer

inligting.

Vroue met vlerke

Kom en geniet ‘n wonderlike aand saam met Lindi en Jandré met The River Band by Die Boer, Durbanville op Saterdagaand 3 September 2016 om 19h00.

Toegang is R 120.00 per persoon en is weer ten bate van Hanno Fourie, ons klein wonderwerk!!

Die Boer se heerlike spyskaart plus kroeg is daar vir elkeen om te geniet.

Kontak Oswald vir besprekings by 079 108 9697.

BOEGOEBERG HIER KOM ONS! Die TGIF mannekamp vind weer by Boegoeberg plaas (naby Clanwilliam ±203km van hier) oor die naweek van 16 - 18 Sept. Pieter du Toit van Jireh Consulting Services is die spreker. Die fokus van die mannekamp is geestelike verdieping. Die koste van die kamp is R600 vir die naweek wat twee ontbyte en 'n spitbraai

die Saterdagaand insluit. Vir meer inligting oor hoe om te betaal, kampreëlings en wat om te pak besoek die TGIF webblad by die skakel TGIF mannekamp.

Manne, gebruik die stilword- tyd met God, om te belê in jou geestelike lewe om weer ver-sterk terug te kom!