4
Bergsig Boodskap 1 - 8 April 2018 1 April: Paasfees, Doop 2 April: Gesinsdag 13 April: Charge 14 April: Betesda- mark 17 April: Doopkategese 20 - 22 April: Vrouekamp 24 April: Nuwe Lidmaatfunksie In 1928 het eerw. Josua Joubert vanaf Mosambiek na Makhathini gekom en die evangelie aan groot getalle Zoeloes gebring. die kweekskoolstudente van die Universiteit Stellenbosch speel in 1971 'n beduidende rol met die stigting van 'n NG Kerk in Afrika-gemeente in die Makhathini . Die gemeente bestaan tans uit sowat 650 lidmate en 220 Sondagskoolleerlinge met 22 bedieningspunte. Evangelisasie- veldtogte bedien die totale gemeenskap met die Woord en ook met kos en klere (volgens behoefte). Sondag 1 April 09:00 in ouditorium Ons gaan feesvier oor verlossing. Meer as oor tydelike verlossing uit Egipte. Jesus het op- gestaan uit die dood! Ons vier die nuwe, volle, ewige lewe wat vir ons oopgaan deur sy opstanding uit die dood. In Hom word ons bevry tot nuwe lewe, vry van sonde en van dood. Trek iets groen of wit aan en bring n takkie loof met groen saam. Kinders en gesinne kan oor die paasnaweek vlieërs maak wat ons na die diens buite gaan laat vlieg! Kom kry n aanwysing van hoe jy van n kruis n vlieër kan maak wat vlieg! Of Google dit self! PAASFEES SAAM MET JESUS 2018 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Johan Els Glow Kids diens (Saal) Bea Pretorius 18:00 @6 Diens Marinus de Kok Deuroffer: Gemeenteontwikkeling 15 April 2018 09:00 Paasfees saam met Jesus Ouditorium Dr. Kobus de Jager Deuroffer: Makhatini Sending 1 April 2018, DOOP, PAASFEES, Dag van Danksegging en Verootmoediging 09:00 Erediens Ouditorium Dr. Kobus de Jager Deuroffer: Makhatini Sending 8 April 2018 Vanjaar se Paasgedagte Daars dié wat strompel oor Sy geboorte en ander wat twyfel oor Sy lewe, daars dié wat Hom beredeneer en dié wat Sy Vader kritiseer, daars dié wat oë sluit voor Sy kruis en dié, wat drink uit Sy oorwinningskruik. Geen papierrol gedruk vandag of gister óf die woorde van n mensedigter óf die geldkas van n ryke; die aalmoes van n arme, óf al die geijkte goue hartswense óf die ouetehuise en sieke se besoek óf die soet sjoklit wange van rakke paashase skenk ons reddende geluk, soos die bloed, aan Sy deurboorde hande. ©Hennie Fritz

Bergsig Boodskap - bergsigdv.co.za · passie vir kleuters en glo daarin dat leer d.m.v. baie liefde, prettige lekker speel, gemeng met plesier plaasvind. Speeltyd is geskeduleer vir

  • Upload
    others

  • View
    12

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Bergsig Boodskap - bergsigdv.co.za · passie vir kleuters en glo daarin dat leer d.m.v. baie liefde, prettige lekker speel, gemeng met plesier plaasvind. Speeltyd is geskeduleer vir

Bergsig Boodskap 1 - 8 April 2018

1 April: Paasfees, Doop

2 April: Gesinsdag

13 April: Charge

14 April: Betesda-mark

17 April: Doopkategese

20-22 April: Vrouekamp

24 April: Nuwe Lidmaatfunksie

In 1928 het eerw. Josua Joubert

vanaf Mosambiek na Makhathini

gekom en die evangelie aan

groot getalle Zoeloes gebring.

die kweekskoolstudente van die

Universiteit Stellenbosch speel

in 1971 'n beduidende rol met

die stigting van 'n NG Kerk in

Afrika-gemeente in die

Makhathini . Die gemeente

bestaan tans uit sowat 650

lidmate en 220

Sondagskoolleerlinge met 22

bedieningspunte. Evangelisasie-

veldtogte bedien die totale

gemeenskap met die Woord en

ook met kos en klere (volgens

behoefte).

Sondag 1 April 09:00 in

ouditorium

Ons gaan feesvier oor verlossing. Meer as oor

tydelike verlossing uit Egipte. Jesus het op-gestaan uit die dood! Ons vier die nuwe, volle, ewige lewe wat vir ons oopgaan deur sy opstanding uit die dood.

In Hom word ons bevry tot nuwe lewe, vry van sonde en van dood.

Trek iets groen of wit aan en bring ’n takkie loof met groen saam.

Kinders en gesinne kan oor die paasnaweek vlieërs maak wat ons na die diens buite gaan laat vlieg!

Kom kry ‘n aanwysing van hoe jy van ’n kruis ’n vlieër kan maak wat vlieg! Of Google dit self!

PAASFEES SAAM MET JESUS 2018

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Johan Els

10:00 Informele diens

Ouditorium

Ds. Johan Els

Glow Kids diens (Saal)

Bea Pretorius

18:00 @6 Diens

Marinus de Kok

Deuroffer: Gemeenteontwikkeling

15 April 2018

09:00

Paasfees saam met Jesus Ouditorium Dr. Kobus de Jager

Deuroffer: Makhatini Sending

1 April 2018, DOOP, PAASFEES, Dag van Danksegging en Verootmoediging

09:00

Erediens Ouditorium Dr. Kobus de Jager

Deuroffer: Makhatini Sending

8 April 2018

Vanjaar se Paasgedagte

Daar’s dié wat strompel oor Sy geboorte

en ander wat twyfel oor Sy lewe,

daar’s dié wat Hom beredeneer en dié wat Sy Vader kritiseer,

daar’s dié wat oë sluit voor Sy kruis en dié, wat drink uit Sy oorwinningskruik.

Geen papierrol gedruk vandag of gister óf die woorde van ‘n mensedigter

óf die geldkas van ‘n ryke; die aalmoes van ‘n arme, óf al die geijkte goue hartswense

óf die ouetehuise en sieke se besoek óf die soet sjoklit wange van rakke paashase

skenk ons reddende geluk, soos die bloed, aan Sy deurboorde hande.

©Hennie Fritz

Page 2: Bergsig Boodskap - bergsigdv.co.za · passie vir kleuters en glo daarin dat leer d.m.v. baie liefde, prettige lekker speel, gemeng met plesier plaasvind. Speeltyd is geskeduleer vir

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy

betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na

[email protected]

House of Grace

Die kinders van House of Grace het ’n groot begeerte om saans die @6 Diens by te woon, maar ons benodig hulp met die vervoer van die kinders. Skakel asb vir Leonette Burger by 082 4405 662 in-dien u hiermee behulpsaam kan wees.

Sopkombuis:

Onthou om u boekie met koepons by die kerkkantoor te koop. Gee asb vir ’n bedelaar ’n kaartjie van die sopkombuis. Dit is oop elke dag van Maandag - Vrydag.

MOET ASB. NIE KONTANT GEE NIE.

Een van ons baie getroue vrywilligers by die sopkom-buis sê in die week vir my…

”As Jesus hier in Durbanville rondbeweeg het, waar sou hy uitgehang het? By Bergsig in ons mooi kerk-gebou? Of sou hy daar by ons sopkombuis uitgehang het, waar dit soms bietjie “loud” is en nie altyd so lek-ker ruik nie…?” Wat dink jy?

Boeke, CD/DVD en viniel langsleelplate verkoping vir Betesdaprojek Betesda Uitreikprojek vir Gestremdes se maandelikse mark vind plaas op Saterdag 14 April by Bergsig se Kerksentrum van 8:30 - 14:00. (Let wel: nie meer op 28 April soos op die kerkkalender aangedui nie.) By die mark is honderde Afrikaans en Engelse fiksie, nie-fiksie, geestelike, koffietafel, kook, bak, selfhelp en kin-derboeke. ‘n Groot voorraad CD’s en DVD’s en klein voorraad klassieke musiek langspeel plate. Alles teen weggepryse te koop. Daar is ook baie legkaarte beskikbaar (meestal vir volwassenes) wat u gratis by hom kan kry.

Koffie, tee, hoender- en wildpasteie, pannekoek en soet-igheid is ook te koop. Die Betesda projek ondersteun die inwoners vir persone met kwadruplegie in Gazellestraat Uitzicht en Adri Cloete se Yarden Children’s Enrichment Centre in Vierlanden waar sy tans 5 kinders met ernstige en di-epgaande intellektuele en fisiese gestremdhede ver-sorg. Die projek finansier ook PerdePret ‘n terapeutiese aktiwiteit met perde. Kinders van Durbanville Kinderhuis en volwassenes en kinders uit die gemeenskap met ‘n intellektuele, emosionele of fisiese beperking neem aan die aktiwiteit deel. Indien u boeke, DVD’s, CD’s of viniel plate wil skenk kan u dit by die Bergsig kerksentrum aflaai of ons sal dit by u afgehaal. Vir meer inligting oor die projek en die mark skakel Hans Human by 082 549 0518.

Geloofsgelofte-Offer OOSIG VIR

2017/2018

GGO-donasies deur gemeentelede verteenwoordig die

primêre bron van finansies ter ondersteuning van Berg-

sig-uitreike. Dit is vanjaar 21 jaar sedert die GGO-projek

in Bergsig in die lewe geroep is in 1997.

Wat beteken Geloofsgelofte-Offers (GGO) nou eintlik?

In kort: donateurs beloof aan God, in geloof, ’n

ekstra bedrag, bo en behalwe die maandelikse

dankoffer aan hul gemeente. Die donateur

VERTROU God dus vir die ekstra voorsiening

om die bydrae te kan maak.

Na ‘n beskeie begin het die GGO-projek stelselmatig

gegroei oor die afgelope twee dekades en was die R1

miljoen jaarlikse GGO-inkomstekerf tydens die 2015/16

en 2016/17 kerkjare oorskry. Daar was egter ‘n af-

name van ongeveer 20% in die aantal GGO-donateurs

tot ongeveer 160, asook ‘n afname van die totale GGO-

inkomste tot benede die R1-miljoen kerf gedurende die

pas afgelope 2017/18 kerkjaar.

Die totale verspreiding van R965299 t.o.v. 2017/18

het soos volg geskied, nl.

Totaal aan projekte / instansies binne Suid-Afrika:

R346910 35.9%

Totaal Afrika (buite Suid-Afrika):

R189538 19.7%

Totaal Afrika ( Suid-Afrika ingesluit):

R536448 55.6%

Totaal Ander Kontinente (Buite Afrika):

R422851 43.8%

Totaal ander ondersteuning en administrasie:

R6000 0.6%

Groot Totaal R965299 100.0%

Die GGO-verdeling per projek / instansie vir 2017/18 is

beskikbaar vir belangstellendes vanaf Annamaré Visser,

Bergsig se Uitreike-koördineerder.

Ons opregte dank aan ons Hemelse Vader wat hierdie

projek seën en in stand hou ter ondersteuning van Sy

Koninkrykswerk. Groot dank en waardering aan elke

Bergsig GGO-donateur vir u getroue voortgesette

ondersteuning.

Bergsig GGO-donateurs word vriendelik herinner

om alle elektroniese GGO-donasies altyd duidelik in

die verwysingsveld met ‘n “GGO”-verwysing te

merk ten einde dit van Bergsig dankoffers / bydraes

te onderskei, aangesien dieselfde bankrekening vir

beide tipe ontvangstes gebruik word. Hartlik dankie.

Page 3: Bergsig Boodskap - bergsigdv.co.za · passie vir kleuters en glo daarin dat leer d.m.v. baie liefde, prettige lekker speel, gemeng met plesier plaasvind. Speeltyd is geskeduleer vir

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap

Bergsig het Zapper en Snapscan as betaalmetode

geïmplementeer om bankkollektes en dankoffers te

betaal.

BEHOEFTE:

’n Seun by House of Grace het werksouderdom bereik … hierdie kind werk nou op die hoenderplaas waar hul woon … hy wil egter meer maak van sy lewe, maar die middele ontbreek.

Wil jy nie hieroor bid en hom ’n kans gee in jou fabriek, of by jou onderneming nie?

’n Suksesstorie …. wanneer bedieninge handevat ...

Een van ons seuns in House of Grace het ’n werkie bekom…

Hy skryf vir my na die Plaasfees:

“Dankie tannie vir die dag, ek het dit baie geniet om deel te neem by die plaasfees … ek het nie gedink ek gaan my werk so geniet nie, maar ek het verlief

geraak met my werk”

Kosbaar - wanneer bedieninge handevat maak dit ’n verskil aan ander se lewe.

Ons hoef nie “godsdiens” in mense se kele af te druk nie … ons kan maar net probeer om te leef

soos Jesus en so ’n verskil maak.

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die

gebedsketting te word of e-pos na:

[email protected]

In die Bybel is 500 verse

oor gebed, 500 oor geloof

en 2,350 oor geld en be-

sittings. Het jy dit geweet?

16 van die 38 gelykenisse

handel ook daaroor.

Wanneer ons oor geld en

besittings praat is ons ver-

houding met die Here ons

uitgangspunt: Ons lewe

met Hom, uit Hom en vir

Hom. Ons ontvang uit die

versorgende hand van

God en bestuur alle geld

en besittings as sy rent-

meesters / koninkrykbe-

stuurders. Dis ook deel

van ons gemeente se dis-

sipelskap-visie.

Die gemeente leef finan-

sieel sonder subsidies van

die staat en funksioneer

grootliks met bydraes van

lidmate.

God roep ook die kerkraad

op om goeie rent-

meesters / koninkryk-

bestuurders te wees van

die geld waarmee die ge-

meente ons vertrou.

Die Kerkraad wil die ge-

meente beter ingelig hou

oor gemeentefinansies en

gaan vorentoe gereeld

hierdie saak deur verskeie

mediums toelig.

Lees dus gereeld ’n kort

beskrywing in die BB en

ander kommunikasie-

mediums onder die

opskrif: “Hoe praat ons

geld in Bergsig”.

Hou hierdie spasie dop!

Rentmeesterskap / ko-ninkrykbestuur gaan oor meer as geld en be-sittings.

Dankie vir jou bydrae in tyd, energie, gebed, ta-lent, verantwoordelike ver-kondiging van die Woord en met geld in sy Ko-ninkryk, ook deur Bergsig.

Hoe praat ons oor geld in

die kerk?

Julle hemelse Vader weet tog dat julle dit alles nodig het. Mat 6 : 32b

Ons bid vir veiligheid op ons paaie oor die Paasfees

tydperk.

Ons bid dankbaar vir reën!

Ons bid vir goeie menseverhoudinge in die land.

Ons bid vir meer begrip tussen verskillende rasse en

kulture.

KAPOETE KAPAT

’n speelgroep met ’n verskil

Die splinternuwe Afrikaanse, Christelike speelgroepie vir

2½ - 4 jariges open in vierlanden op 10 April.

Elzabé Muller is ‘n oud-maatskaplike werker met ’n

passie vir kleuters en glo daarin dat leer d.m.v. baie

liefde, prettige lekker speel, gemeng met plesier

plaasvind.

Speeltyd is geskeduleer vir sekere weeksdae 8:30-12:30

tydens skoolkwartale. Ouers kan hul kleuters vir 1,2,3

dae per week inskryf. Daar is plek vir 6 maatjies per

dag.

Kinderoppasdiens is ook beskikbaar (as jy vinnig

inkopies moet gaan doen), ook saans.

R50 per uur per gesin.

Navrae: Elsabé Muller, 083 527 8955

[email protected]

Page 4: Bergsig Boodskap - bergsigdv.co.za · passie vir kleuters en glo daarin dat leer d.m.v. baie liefde, prettige lekker speel, gemeng met plesier plaasvind. Speeltyd is geskeduleer vir

NG Kerk Durbanville-Bergsig

021 976 4106 • [email protected] • www.bergsigdv.co.za

Facebook: Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers Straatadres: H/v. Boland- en Proteaweg, Durbanville 7550

Posadres: Posbus 479, Durbanville, 7551 Kantoor-ure: Ma tot Vry 08:00 - 14:00 Leraars en kantoorpersoneel kan daagliks by die kerkkantoor gebel word.

24 uur nood vir geestelike & emosionele ondersteuning 071 196 4191 / [email protected] S33 48.966 O18 39.728

Bankbesonderhede: NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

LEEF LIGTER EN RYKER

Hoe om nie te “quit” as jy deur ‘n “dip” gaan nie.

Rudolph van Schoor by Charge op 13 April om

19:00 by die kerk.

Brandstof is ń aand waar klomp tieners bymekaar kom en hulle hare los maak en ontspan. Waar ons gemeenskap bou tussen die verskillende graad groepe wat kom. Ons het die afgelope vrydagaand bymekaar gekom en ń groot vuur gemaak en die kitaar uit gekry en saam lof liedjies gesing om die vuur. Ons probeer om die meeste graad 7-11 bymekaar te kry om saam te ontspan. Ons probeer om maandeliks een te hou.

Vir meer inligting, kontak vir Larissa 082 877 1917 (gr. 10)

VRYWILLIG

’n Vrywilliger is iemand wat van sy tyd, liefde, omgee,

kennis en dikwels geld “gee” en geen betaling daar-

voor ontvang nie.

Hoewel die vrywilliger geen geld in ruil kry vir sy in-

sette en omgee nie, kry hy of sy gewoonlik die voorreg

om te sien dat die insette 'n verskil maak aan iemand

se lewe. Dit is gewoonlik iemand wat onvoorwaardelik

gee omdat hulle die groter prentjie sien.

By die juniorjeug bediening is die groep kategeseleiers

wat almal optree as vrywilligers die afgelope week be-

dank vir die insette wat hulle maak in die jong kinders

van Bergsig se lewens.