6
6 Desember 2015 Bergsig Boodskap 08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz 10:00 Informele diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz Deuroffer: RCA 19:30 KERSSANGDIENS Offer: Kos vir Kersfees 6 Desember 2015 NUUSFLITS: 9 Des: Skole sluit Sondae vakansiedienste om 9:00 16 Des: Versoeningsdag Erediens om 9:00 25 Des: Kersdienste 8:00 en 9:30 31 Des: 19:00 Familiediens KERSSANGDIENS: 6 Desember om 19:30 kom ons bymekaar om Kers- liedere te sing en ons in die seisoen van omgee in te lei. Ons tref so ’n paar praktiese reëlings waarmee julle ons kan help: Trek dogtertjies soos engeltjies aan (wit klere & TINSELKRANS in hare en vlerkies) kaalvoet Seuns GEWONE KLERE & TINSEL KRANS, kaalvoet Persone laai met jou selfoon die volgende app (applikasie) af om te ge- bruik by die kerssang- diens: Virtual Candle HD (dit is verniet). Die wat nie kan nie, bring klein flitsie of lanterntjie saam Oefen solank jou stem- bande vir die lekker saamsing! Offer: Kos vir Kersfees DIE KRIP, DIE KRUIS, DIE KROON Kerkkantoor gesluit 23 Des tot 3 Jan Vir Jesus is dit wonderlik as ons Eensgesind in geloof en aanbidding, in liefde omsien na die welsyn van ons naaste. Hy vra ons om te volhard in die uitdra van die Evangelie van Hoop. Ons roeping in Bergsig is om Hom te verheerlik as die Lig van die wêreld. Dissipelskap beteken dat ons gedurig vra na die Wil van God. Ons verstaan dat Hy as die middelpunt van die heelal verheerlik moet word. (Open. 4 : 1-11 & 5:6). Ons is deel van God se span en Sy wedstrydplan. Durbanville-Bergsig bring Eer aan die Koning van alle Kon- ings, aan Hom alleen. Het jy My baie lief, meer as hulle hier? Joh. 21 : 15-19 Die 2016 kalender en jaartema loop hand-aan- hand. Die simboliek en betekenis van die ka- lender se maandtemas sal al duideliker raak soos wat ons die jaartema in 2016 behandel. Kortom: dit gaan daaroor dat #elkEEN ’n nuwe mens in Christus raak soos wat ons persoon- like verhouding met Hom groei. Ons moet êrens BEGIN, ons moet DINK oor ons verhouding, ons word gestuur om te gaan DOEN en ons leef/WEES Christus elke dag. Nou wonder julle seker al hoekom #elkEEN? Ons skryf elk in kleinletters omdat ons almal minder en nederiger word soos ons groei en ons skryf die EEN met hoofletters omdat ons na God verwys as ons verlosser. Die hashtag teken #, help internet soekenjins om alles oor die tema saam te groepeer en te vind. Kalender en jaartema vir 2016

BB 6 Des 2015 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig. Bid vir die Regering en leiers

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BB 6 Des 2015 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig. Bid vir die Regering en leiers

6 Desember 2015 Bergsig Boodskap

08:15 Klassieke diens Ouditorium Ds. Philip Scholtz

10:00 Informele diens Oudi tor ium Ds. Philip Scholtz

Deuroffer: RCA

19:30 KERSSANGDIENS Offer: Kos vir Kersfees

6 Desember 2015

NUUSFLITS:

• 9 Des: Skole sluit

• Sondae vakansiedienste om 9:00

• 16 Des: Versoeningsdag Erediens om 9:00

• 25 Des: Kersdienste 8:00 en 9:30

• 31 Des: 19:00 Familiediens

KERSSANGDIENS:

6 Desember om 19:30 kom

ons bymekaar om Kers-

liedere te sing en ons in die seisoen van omgee

in te lei.

Ons tref so ’n paar praktiese reëlings waarmee julle ons

kan help:

• Trek dogtertjies soos

engeltjies aan (wit klere & TINSELKRANS in hare en vlerkies) kaalvoet

• Seuns GEWONE KLERE &

TINSEL KRANS, kaalvoet

• Persone laai met jou

selfoon die volgende app

(applikasie) af om te ge-

bruik by die kerssang-

diens: Virtual Candle HD

(dit is verniet). Die wat nie kan nie, bring klein flitsie of

lanterntjie saam

• Oefen solank jou stem-

bande vir die lekker

saamsing!

• Offer: Kos vir Kersfees

DIE KRIP, DIE KRUIS, DIE KROON

Kerkkantoor

gesluit

23 Des tot 3 Ja

n

Vir Jesus is dit wonderlik as

ons Eensgesind in geloof en

aanbidding, in liefde omsien na die welsyn van ons

naaste.

Hy vra ons om te volhard in

die uitdra van die Evangelie

van Hoop.

Ons roeping in Bergsig is om Hom te verheerlik as die Lig

van die wêreld.

Dissipelskap beteken dat ons

gedurig vra na die Wil van

God.

Ons verstaan dat Hy as die middelpunt van die heelal

verheerlik moet word. (Open.

4 : 1-11 & 5:6).

Ons is deel van God se span

en Sy wedstrydplan.

Durbanville-Bergsig bring Eer aan die Koning van alle Kon-

ings, aan Hom alleen.

Het jy My baie lief, meer as

hulle hier? Joh. 21 : 15-19

Die 2016 kalender en jaartema loop hand-aan-

hand. Die simboliek en betekenis van die ka-

lender se maandtemas sal al duideliker raak soos wat ons die jaartema in 2016 behandel.

Kortom: dit gaan daaroor dat #elkEEN ’n nuwe

mens in Christus raak soos wat ons persoon-

like verhouding met Hom groei.

Ons moet êrens BEGIN, ons moet DINK oor

ons verhouding, ons word gestuur om te gaan DOEN en ons leef/WEES Christus elke dag.

Nou wonder julle seker al hoekom #elkEEN?

Ons skryf elk in kleinletters omdat ons almal

minder en nederiger word soos ons groei en

ons skryf die EEN met hoofletters omdat ons

na God verwys as ons verlosser. Die hashtag teken #, help internet soekenjins om alles oor

die tema saam te groepeer en te vind.

Kalender en jaartema vir 2016

Page 2: BB 6 Des 2015 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig. Bid vir die Regering en leiers

Vanuit die Uitreikkantoor ...

Skakel Annamaré by (021) 976 4106 uitbreiding 103, as jy

betrokke wil raak by uitreikprojekte of e-pos na [email protected]

Bladsy 2 Bergs ig Boodskap

Bergsig-Uitreikhulp

Bergsigprojekte op ons voorstoep

Straatuitreik: Agtien uitreikers het verlede Vrydagaand omtrent 35 Kerspakkies uitgedeel aan haweloses en nog 20 pak-kies skyfies aan ander men-se op straat.

Baie, baie dankie vir elke skenking en geskenkie wat ons kon uitdeel. Die uitreik was ’n reuse sukses. Daar was wonderlike gesprekke gevoer en goeie getuienisse na die tyd gegee deur die groep.

Andrew…wat jare gelede (ongeveer vier jaar) met behulp van ons Jesus Can projek van die straat af en skoon gekom van dwelms, het ook sy getuienis gegee (sien foto). Die Here gebruik hom kragtig hier in Durbanville en ook in Kraaifontein om mense met die Evangelie te bedien. Dit is die Evangelie verkondiging in aksie. Ons prys die Here hiervoor!

Einde van die jaar uitreik

• Lesotho: week van 19 tot 27 Desember. Hulp verleen

aan Ilze Boersma. Indien jy dalk wil saamgaan na Leso-

tho maak asb. spoedig met Oswald kontak om deel te

word van die span. Daar is beperkte plek. ’n Gesin uit

Namibië en nog ’n gesin uit Bergsig gaan reeds saam.

Niks is vir ons meer belangrik as voorbidding vir die geleent-heid nie. Bid asb. dat ons sensitief sal wees vir God se stem en vir gehoorsaamheid, die nodige voorsiening asook veilige reis. Met die besoek aan Lesotho is daar ook ander behoeftes maar sal dit deurgee nader aan die tyd.

Indien jy meer hieroor te wete wil kom, kontak asb vir Os-wald by 079 108 9697. Indien jy die projek finansieel wil seën, betaal in by kerk se rekening met verwysing “The Veil-Lesotho”.

BENODIG U HUISHULP/TUINMAN Ons doen “screening” in

samewerking met MES by die sopkombuis.

Ons volg die verwysings op

en maak seker daar is geen oortredings.

Ons kan u van hulp wees

teen ’n mininale donasie.

Mense met ander werke

kan my ook kontak. Vir meer inligting bel Niel

Kotze by 076 400 8392 of

e-pos: [email protected]

Huishoudelike toerusting benodig

Indien jy onlangs nuwe huisraad aangeskaf het en nie weet

wat om met jou gebruikte huisraad in goeie werkende toe-

stand te doen nie stuur dit asb. vir Liezl by die kerkkantoor.

Ons het drie gesinne met behoeftes bv. yskaste, ketels,

beddens, matrasse, mikrogolwe, losstaande kaste, matte, gordyne, stoele, tafels, braaipan, eetgerei, TV ens.

Ons wil graag voor die feestyd vir hulle probeer help. Bel Liezl 0219764106 (x106) / [email protected]

Frontida in Thailand Voorbidding word benodig t.o.v. die volgende

* die betrokkenheid van Frontida by ‘n 3de skool * die onderwysers en kinders wat reeds bedien word * die ouers van die kinders wat bedien word * Gewillige hande wat kan help met die bediening en werk onder die kinders Dringende finansiële behoeftes op hierdie stadium: * ±R20 000 vir die retoervlugte vroeg in 2016 * Addisionele kostes van die bedieningshuis Ban Frontida. * Opknapping t.o.v. die bedieningshuis * Bydraes vir die Kersfees verrassingspakkies vir die kinders en hul ouers by Frontida, Thailand.

Lees die Frontida Blog Gemeentelede is welkom om Frontida Outreach se blog te gaan lees op die internet. Julle kan meer hoor van hul heel nuutste projek en wonderwerke wat Vader voor hulle deur kom sit het!

So bly almal lekker op hoogte van ons sendelinge in Thai-land se doen en late. Doen ook gereeld voorbidding vir hulle asb.

Skoolklere benodig vir 11-12 jarige seun. Wit kortmou skoolhemde, grys kortbroek, grys lang sokkies, swart skoolskoene no. 3.

Gesoek iemand om kinders na aktiwiteite

toe rond te ry en te help met huiswerk.

Werkstye: 14:00 - 18:00 * Bel 082 789 8142

Foto: Hier is ’n groepie straatuitreikers besig om voor te berei om

die Kersfeespakkies uit te deel. Pieter Truter, Marie Cronjé, Carli

Venter, Rieze Scholtz, Niel Kotze, Marinda Thomet en Annama-

ré Visser is hier te sien. Die was ’n vreugde om die Kerstyd op die

manier in te lei.

Page 3: BB 6 Des 2015 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig. Bid vir die Regering en leiers

Bladsy 3 Bergs ig Boodskap B ladsy 3 Bergs ig Boodskap

Voorbidding

Bel Ds. Mizelle by 083 394 1101 om deel van die gebedsketting te

word of e-pos na: [email protected]

KNIELTYD: 6 Desember NAAM ADRES REDE BID VIR

Leon en Karin Theron Wanderersslot 9, 072 326 5900 Motorongeluk Herstel en bemoediging

Pierre Cloete (seuntjie) Crownsingel 2, 021 976 0055 Negatiewe diagnose Bemoediging

Bartlett en Susan Raath Zandkloofweg 36, 021 976 9792 Aangerand en beroof Bemoediging

Annette Prins Schoongezichtstraat 3, 021 976 2506 Operasie Volkome herstel

Francois van Wyngaardt Andre (pa) 082 465 4957 Goeie nuus is dat

Francois sy polse kan

beweeg. Baie dankbaar.

Dankie vir al die gebede

Alida Nel La Gratitude 25, 082 554 9904 Voortdurende pyn. Verligting van pyn

Tania de Villiers (Amerika) Dogter van Doreen de Villiers Kanker Herstel en bemoediging

Jacques Boonzaaier Klipheuwel Kry tans chemo Volkome herstel

Maan Lötter Joosfontein Plaas, 083 658 7956 Kry tans bestraling Herstel en bemoediging

Rhalene Uys Murraystraat 62, 021 979 2415 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Hennie en Cora Kotze Terrace Du Ville 14, 021 976 0562 Gesondheidsprobleme Herstel en bemoediging

Koba Pieterse Lisbonstraat 1, 082 371 2542 Kanker Herstel en bemoediging

Dirk Castens Pelicanstraat 15, 021 976 6444 Kanker Herstel en bemoediging

Etienne Warricker Vierlandenstraat 18, 021 976 0282 Mediese behandeling Volkome herstel

Hercules Stander Blanc de Noirstr. 26, 021 975 4193 Beenmurgkanker Herstel en bemoediging

Hanno Fourie Joostenbergweg 1, 082 822 1531 Mediese behandeling Genesing en bemoediging

Hester Hayes 082 528 8599 Mediese behandeling Herstel en bemoediging

Bid vir die 2015 VN Klimaatsverandering Konferensie COP 21 (“Conference of the Parties”) wat plaasvind in Parys,

Frankryk vanaf 30 November tot 11 Desember. Die doel van COP 21 is om ‘n wetlik bindende en universele

ooreenkoms oor klimaat van al die nasies van die wêreld te verkry om aardverwarming onder 2oC te hou.

BID VIR DIE PLAASLIKE SAPD VIR KALMTE EN BEMOEDIGING (Hulle is onder geweldige druk a.g.v. toenemende misdaad.)

Bid vir Bergsig kinders wat antwoorde soek op geestelike en emosionele gebiede.

Persone met verslawingsprobleme. Ons bid vir bevryding, wysheid en insig.

Persone in gemeente met huislike probleme. Ons bid vir versoening en geluk.

Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig.

Bid vir die Regering en leiers van ons land.

Bid vir bekering van misdadigers en geweldenaars in ons omgewing en land.

Vir bydraes of versoeke, skakel Elize 021 976 4106

Stilte kan as alternatief dien

in die gejaag en geraas wat

voor Kersfees gebeur. Sit ’n oomblik van stilte opsy op

elk van die vier Advent-Sondae

en dink oor ons Verlosser.

Kersliedere herinner ons waaroor Kersfees gaan.

Sing en speel Kers-

feesliedere in jou huis en

veral op die vier Advent-Sondae voor Kersfees.

Woon die Kerssangdiens by

sodat jy die liedere na jou

kinders oordra.

Page 4: BB 6 Des 2015 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig. Bid vir die Regering en leiers

Bladsy 4 Bergs ig Boodskap

Ons is BAIE opgewonde dat die Veritas Bybelskool (www.veritascollege.org) van volgende jaar af by ons aangebied gaan word.

Hierdie sertifikaatkursus wat uit 4 modules bestaan is internasionaal geakredi-teer en deelnemers kan na elke module self kwalifiseer as fasiliteerder om dit aan te bied die vol-gende jaar!

Die hooffokus van Veritas is om lidmate toe te rus met die basiese vaar-digheid om die Bybel verantwoordelik te kan lees, van toepassing te maak vandag en be-

dieningsvaardighede te leer. Jy kan verwag om geweldig te groei in jou verhouding met Jesus omdat jy God se stem baie duideliker leer onderskei vanuit die Woord.

Module 1 word volgende jaar by Bergsig aangebied op Dinsdae oggende en Woensdae aande vanaf Februarie tot Oktober. Die koste vir die hele jaar is R 375 per deelnemer.

Kontak Ds Johan Els vir verdere navrae by

[email protected]

Dit is al algemeen bekend dat Graanendal in Durban-ville (wat binne Bergsig se gemeente grense lê) binne die volgende 5 jaar 20 000 nuwe huise gaan by kry.

Die ander goeie nuus is dat Bergsig reeds ‘n erf van 5000m2 by die ontwikkelaar (gratis) gekry het om ‘n nuwe gemeente te plant.

Om ons as gemeente voor te berei vir die kerkplanting wil ons graag ‘n taakspan vanuit die gemeente oplei en saamstel om oor hierdie planting te begin dink, bid en droom.

Vir die opleiding in kerk-planting is ons BAIE opge-wonde om volgende jaar ‘n internasionale kerkplant-ingskursus aan te bied oor vier naweke (22 – 23 April, 10 – 11 Junie; 19 – 20 Aug en 28 – 29 Okt).

Die kursus is afkomstig

vanaf Fresh Expressions uit Engeland (www.freshexpressions.org.uk) en word die MSM kursus (Missions Shaped Ministry) genoem. Pastore en lidmate van verskillende denomi-nasies gaan ook hierdie kursus by ons kom bywoon.

Die koste wat ’n sertifikaat van Engeland insluit is R2750 pp. Daar sal egter beurse vanaf die sinode beskikbaar wees vir NG Kerk lidmate wat dit wil bywoon.

Kontak Ds Johan Els vir meer inligting [email protected](sien ook meer by

www.freshexpressions.co.za vir die internasionale konfe-rensie wat 16 – 18 Februa-rie in Kaapstad aangebied word.

Die Kerkraad van Durban-ville-Bergsig het tydens ’n vergadering op 16 Novem-ber 2015, die volgende besluit rondom self-degeslagverhoudinge geneem, met die eenheid van die kerk as ononder-handelbare uitgangs-punt.

Ons aanvaar nie die 2015 Algemene Sinode besluit oor Homoseksualiteit nie.

Ons vereenselwig ons met die 2007 Alge-mene Sinode besluit oor Homo-seksualiteit.

Ons voeg ons steun by die appélaksie by wyse van ‘n stem ten gunste van die appélsake wat ingedien word teen die besluit van die Algemene Sinode van 2015.

Die implikasies hiervan is dat

a) Bergsig nie burger-like selfdegeslag

verbintenisse sien as alternatief vir die huwelik nie.

b) predikante nie self-degeslagverbinte-nisse sal bevestig nie.

c) ons verwag van ho-moseksuele predi-kante om selibaat te leef.

d) Rakende dié besluit van 2015 aan-gaande self-degeslag-verhouding staan Bergsig dus nie onder die gesag van die Algemene Sinode nie.

Ons besef dat daar lid-mate is wat hiermee kan verskil en selfs in die pro-ses seergemaak is, daar-om nooi die Bestuurspan sulke lidmate uit na een-tot-een gesprekke.

Bel die kerkkantoor indien jy ’n afspraak wil maak by 021-976 4106 of stuur ’n e-pos na [email protected]

Sinodebesluit: Selfdegeslagverhoudinge

JOIN A MIRACLE

Want to be a facilitator or Volunteer?

I have autism and my mom is running a

Son Rise Program.

Come and learn with us. We have lots of fun

in my playroom learning so much about

each other.

You do not need previous training we will

train you.

All that you need is to be open minded,

silly, playful, loving, creative and receptive.

Call my mom Maria Carrillo

021-975 1844

Or e-mail her:

[email protected]

Page 5: BB 6 Des 2015 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig. Bid vir die Regering en leiers

Wees deel van Bergsig se

Facebook-blad

Durbanville-Bergsig

kerk - Sy ligdraers

Klik op “hou hiervan”.

(711 hou van Bergsig)

Ons ondersoek die

moontlikheid om te

boor vir water.

Is daar iemand wat

hiermee kan help of

kontakte het met wie

ons kan praat? Bel André of e-pos

[email protected]

Bladsy 5 Bergs ig Boodskap B ladsy 5 Bergs ig Boodskap

Program vir die week:

Hulpverlening aan behoeftiges op ons voorstoep vanaf die derde

kwartaal tot nou.

• 4 hawelose mans is gestuur vir alkohol– en of dwelm- afhank-

likheidsrehabilitasie.

• 3 hawelose mans stort by die kerk en kry soms kos- en klerehulp.

• 1 hawelose seun is weer in kontak gebring met die maatskaplike

werker wat vertroud is met sy saak.

• 12 enkellopendes, gesinne en of bejaarde egpare is gehelp met

maandelikse of eenmalige koshulp.

• Kosaankope vir 1 gesin in Kraaifontein saam met SAPD

• 1 persoon is finansieel bygestaan met agterstallige huur.

• 1 persoon is finansieel bygestaan met betaling vir bejaarde ver-

sorging in samewerking met Badisa Kraaifontein.

• In samewerking met ʼn welsynsorganisasie, kerk en TGIF manne

word aandag gegee aan ʼn hawelose gesin naby Vredenburg.

• 1 persoon het in samewerking met TGIF manne en Jakob se Put

bediening werk gekry.

• 4 persone is verwys na professionele persone wie betrokke is by

die Geestelikeversorgingsbediening se professionele netwerk.

• In samewerking met die jeugbediening en skole word daar ook

emosionele ondersteuning aan 3 jeugdiges gegee.

HULPVERLENING OORSIG

COP21 het afgeskop op 30

November 2015 in Parys, Frankryk. Hierdie is die

grootste en belangrikste

byeenkoms waar sakeleiers

en politieke leiers van die meeste lande in die wêreld

vergader om na oplossings te

soek om veral ons koolstof

voetspoor te verminder en sodoende klimaatsverander-

ing teë te werk. KOM ONS

BID VIR DIE SUKSES

DAARVAN. As dissipels van

Jesus moet ons baie besorg

wees oor wat besig is om met

Sy skepping te gebeur. Ons kan dit nie langer toelaat nie!

Raak betrokke, maak im-

pak, maak ’n verskil! Kyk

gerus na die amptelike video https://youtu.be/

cQ4EYieWsTU asook

COP21 se webwerf:

www.cop21paris.org

Intussen het verskeie optogte

ten bate van COP21 wêreld-

wyd plaasgevind. Australië

het afgeskop met 170 000

mense wat aan oor die 30

afsonderlike optogte deelge-

neem het. Greenpeace berig

: “We marched for justice for

the communities on the front-

lines of climate change. We

marched for the investment in

renewables that’ll finally clean

up our economies. We

marched to give our kids a

fair go.” Verlede Sondag was

daar ook ‘n optog in Kaap-

stad. Ongeveer 500 mense

het daaraan deelgeneem.

Intussen word berig dat 147

wêreldleiers in Parys byeen

gekom het met die doel om

tot ’n historiese

klimaatsooreenkoms te kom.

VSA President Barack

Obama het met reg gesê dat

hierdie byeenkoms die draai-

punt is in internasionale

pogings om katastrofiese

vlakke van klimaatsverander-

ing te voorkom. Kyk gerus na www.climateactionprogramme.org

vir meer nuus oor die gebeure

in Parys.

Ons het al R371 697-00 ingesamel. Help ons asb. om die mikpunt te bereik.

Durbanville-Bergsig eer God vir sy voorsiening en as die Een wat alles onderhou in die Skep-ping.

Koeverte en ander in-betalings is steeds wel-kom tot Febr. 2016 vir die Koninkrykbe-stuursveldtog.

Gebruik ook Zapper of

Snapscan vir jou

bydrae.

Elk

e 1

00

ve

rtee

nw

oo

rdig

R1

00

00

0

Koninkrykbestuursveldtog

COP21 VORDERING

Besoek ons nuwe

webblad

������

KOMMUNIKASIE:

Ons probeer om voortdurend kommu-

nikasie met die gemeente

uit te brei. Praat met ons

indien jy voorstelle of ge-dagtes het rakende Berg-

sig of nuwe bedieninge.

E-pos na: [email protected]

Page 6: BB 6 Des 2015 - NG Kerk Durbanville-Bergsig · Persone met finansiële probleme en moeilike omstandighede - Ons bid vir oplossing, wysheid en insig. Bid vir die Regering en leiers

NG Kerk Durbanville-Bergsig NGK Durbanville-Bergsig, ABSA, 1410590154,Tak: 334810

Straatadres Posadres 24 uur noodnommer Kantoor-ure

H.v. Boland- en Proteaweg Posbus 479 vir geestelike & emo- Ma tot Vry 08:00 - 1400 t 021 976 4106

Durbanville 7550 Durbanville 7551 sionele ondersteuning Leraars en kantoorperso- f 021 976 9606

S33 48.966 O18 39.728 071 196 4191 neel kan daagliks by die [email protected]

[email protected] kerkkantoor gebel word. www.bergsigdv.co.za

Durbanville-Bergsig kerk - Sy ligdraers

Ons wil graag die rekord

slaan en die meeste koekies

ooit insamel.

Bring asb. vanaand saam na die Kerssangdiens. Ons

gaan die week verpak en

klomp harte warm laat klop.

Help ons om ander met die koekies te seën hierdie

Kersfees.

Die plekke sluit in verskeie

ouetehuise, die Nagskuiling,

New Beginnings, Badisa kantore, Magdalenahuis,

Thembiso Babahuis, Die

Betesda perdepretprojek

(kinderhuiskinders) en

Durbanville MediClinic se

kinderafdeling.

Ons

hoop om

vir 900

mense

koekies

te gee.

JUNIORJEUG

KATEGESE

2016

Registreer jou kind vooraf via die web-blad van Bergsig.

Vermy die begin-van- die-jaar-stormloop.

Vind die vorm by Algemeen/Kategese

Nuusflits! BERGSIG BENODIG

GROEPLEIERS VIR 2016.

Juniorjeug: 24 Groepleiers

Bel Bea 082 924 1151

Seniorjeug: 10 Groepleiers

Bel Arno 072 955 0670

Kleingroepe:

Bel Juanita 082 963 3333

DURBANVILLE PLAASFEES:

Ons het ’n nuwe stalletjie vir wit olifant, vintage en ou goe-ters .

Bring enigiets van jou kan-delare, kersblakers, lang-speelplate, tuimeldroërs, pruike, handskoene, hoede, aandklere, blompotte,

kussings, ouma se teekop-pies, koekpanne, lere, grawe, emmers, ‘tools’, ver-lengkoorde, oorbelle, prente, skilderye ens. enige tyd vanaf nou tot 10 Maart.

As ons moet kom haal laat weet die kerkkantoor. Bel Ds. Mizelle by die kerk-kantoor.

Die plaasfees komitee is al hard besig met die 2016 se plaasfees organisering en ons het skoon leë inmaakbot-tels en veral vol bottels inge-maakte vrugte of konfyte (of enige iets wat mens kan in-maak wat natuurlik net beter raak met tyd), nodig.

As die Here dit op jou hart lê

om sulke skenk-ings vir die fees voor te berei sal ons dit baie waardeer indien julle dit by die kerkantoor kan aflaai tot 21 Des en dan weer na 4 Jan.

Bring asb. ook oorskietlappe vir die Plaasfees sodat ons dit oor die hooibale kan gooi.

Dr. Kobus de Jager is beroep as seniorlidmaat

leraar vanaf 1 Febr. 2016. Hy emiriteer by NG

Gemeente Montagu 31 Des. Ons stel hom op 31 Jan. aan die gemeente bekend.

Die steundienstegroep het die week die NGK se argief be-

soek. Ons is deur een van ons eie lidmate, Marlene Schoe-

man ontvang, wat werkend is by die Argief. Dit was ’n baie insiggewende besoek, nie net ’n stowwerige plek met baie

dokumente nie.

Die oorsprong van ons

kerk, doop en huwe-

liks-registers bied ’n ryk bron van inligting

(selfs aan individue

t.o.v. familie navrae).

Hier staan Elize Bot-

ma en kyk na 33 jaar se harde werk van

haar wat in die argief

bewaar word. ’n

Vreemde, tog wonder-like moment om jou

eie handewerk te sien.

Op besoek aan die argief.

Pieter Henning, Alta Vrey, Marlene Schoeman, Elize

Botma, Ilse Fritz, Alida Vorster, Andre JV Vuuren

Elize Botma & Angeline Broeks

Ons dink aan die boom

van die lewe in die tuin.

Die boom herinner ons aan die skepping,

asook dat Christus

weer sal kom om die

skepping te verlos.

Koekies vir Kersfees

Die

Ke

rsb

oo

m a

s s

imb

oo

l