12
A. Inleiding 1. Wetsbepaling: Algemeen Die Gedragskode vir Leerders van Laer Meisieskool La Rochelle is opgestel met inagneming van die volgende wetsbepalinge: 1.1 Die konstitusie van die Republiek van Suid-Afrika (Wet No. 108 van 1996) en die Handves van Regte, soos ingesluit in die konstitusie. 1.2 Die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet No.84 van 1996, Wysiging 24) 1.3 Die riglyne vir Skoolbeheerliggame, Staatskoerant No. 18900. 1.4 Die algemene Handleiding vir skorsing en uitsetting van leerders van publieke skole. 1.5 Omsendbrief 0030/99 – ProvinsialeAdministrasie Western Cape – Department Opvoeding. 2. Wetsbepaling: Die Suid-Afrikaanse Skolewet Die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet No. 84 van 1996) bemagtig ‘n Skoolbeheerliggaam om ‘n skool se disspline te handhaaf. Die Gedragskode vir Leerders stipuleer die vereistes vir aanvaarbare gedrag wat die regte van leerders en opvoeders respekteer. Die volgende punte is tydens die saamstel van die Gedragskode in gedagte gehou: ‘n Opvoeder by die skool sal dieselfde regte as ‘n ouer hê m.b.t. die toepassing van beheer en dissipline, in ooreenstemming met die Gedragskode van die skool - tydens skoolure, in enige klaskamer, by skoolfunksies, tydens ekskursies, of skoolverwante aktiwiteite. Die toepas van dissipline is egter eerstens die verantwoordelikheid van die ouer. Die skoolhoof of ‘n opvoeder het, gebaseer op voldoende inligting, die mag om enige leerder of haar besittings te deursoek vir gevaarlike wapens, vuurwapens, dwelms, of gevaarlike middels, gesteelde goedere, of pornografiese materiaal wat op die skoolterrein gebring word. (Staatskoerant No. 22754). Die waardigheid van die persoon wat deursoek word, moet ten alle tye in gedagte gehou word. Wanneer leerders deursoek word, word dit deur ‘n vroulike persoon in ‘n plek gedoen waar die leerder se privaatheid gerespekteer word, verkieslik in die teenwoordigheid van een ander persoon van dieselfde geslag. Rekord moet gehou word van Laer Meisieskool La Rochelle Girls' Primary School Gedragskode leerders Aangepas op 25 Februarie 2019

Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

A. Inleiding

1. Wetsbepaling: Algemeen

Die Gedragskode vir Leerders van Laer Meisieskool La Rochelle is opgestel met inagneming van

die volgende wetsbepalinge:

1.1 Die konstitusie van die Republiek van Suid-Afrika (Wet No. 108 van 1996) en

die Handves van Regte, soos ingesluit in die konstitusie.

1.2 Die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet No.84 van 1996, Wysiging 24)

1.3 Die riglyne vir Skoolbeheerliggame, Staatskoerant No. 18900.

1.4 Die algemene Handleiding vir skorsing en uitsetting van leerders van

publieke skole.

1.5 Omsendbrief 0030/99 – ProvinsialeAdministrasie Western Cape –

Department Opvoeding.

2. Wetsbepaling: Die Suid-Afrikaanse Skolewet

Die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet No. 84 van 1996) bemagtig ‘n Skoolbeheerliggaam om ‘n

skool se disspline te handhaaf. Die Gedragskode vir Leerders stipuleer die vereistes vir

aanvaarbare gedrag wat die regte van leerders en opvoeders respekteer. Die volgende punte

is tydens die saamstel van die Gedragskode in gedagte gehou:

‘n Opvoeder by die skool sal dieselfde regte as ‘n ouer hê m.b.t. die toepassing van beheer en

dissipline, in ooreenstemming met die Gedragskode van die skool - tydens skoolure, in enige

klaskamer, by skoolfunksies, tydens ekskursies, of skoolverwante aktiwiteite. Die toepas van

dissipline is egter eerstens die verantwoordelikheid van die ouer.

Die skoolhoof of ‘n opvoeder het, gebaseer op voldoende inligting, die mag om enige leerder

of haar besittings te deursoek vir gevaarlike wapens, vuurwapens, dwelms, of gevaarlike

middels, gesteelde goedere, of pornografiese materiaal wat op die skoolterrein gebring word.

(Staatskoerant No. 22754). Die waardigheid van die persoon wat deursoek word, moet ten

alle tye in gedagte gehou word. Wanneer leerders deursoek word, word dit deur ‘n vroulike

persoon in ‘n plek gedoen waar die leerder se privaatheid gerespekteer word, verkieslik in die

teenwoordigheid van een ander persoon van dieselfde geslag. Rekord moet gehou word van

Laer Meisieskool

La Rochelle Girls' Primary School

Gedragskode leerders

Aangepas op 25 Februarie 2019

Page 2: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

die deursoekprosedures en die uitslag van die prosedure. (Staatskoerant No. 22754, asook

No. 24 van 2005: Opvoedkundige Wette Wysigingswet, 2005.)

Indien sodanige persoon ‘n leerder van die skool is, moet die ouers/voogde van die leerder

onmiddellik in kennis gestel word van die dissiplinêre prosedure, sodat sodanige prosedure

binne sewe dae van verwydering van terrein kan geskied. Indien dit onmoontlik is om die

prosedure binne die voorgeskrewe sewe dae af te handel, moet die skoolhoof by die

Kringspanbestuurder aansoek doen vir toestemming om die tydperk vir verwydering van die

skoolgrond te verleng.

Laer Meisieskool La Rochelle Visie Opvoedkundige Uitnemendheid

Laer Meisieskool La Rochelle Missie Ons strewe na ‘n holistiese opvoeding binne ‘n diverse omgewing.

Waardes Respek/Waardigheid

Elke leerder het die reg om met respek en waardigheid behandel te word. Dit impliseer

wedersydse respek en verdraagsaamheid vir ‘n ander se oortuiginge, besittings en tradisies.

Vrye meningsuiting

Vrye menigingsuiting is nie net die reg tot vryheid van spraak nie. Dit impliseer ook ander

vorme van uitdrukking. Die leerder se reg tot meningsuiting is nie onvoorwaardelik nie en

dit behoort beperk te word as dit sou lei tot ontwrigting van die skool. In die uitoefening

van vrye meningsuiting, mag leerders nie die regte van ‘n ander skend nie.

Aanvaarding

Elke leerder het die reg om onvoorwaardelik aanvaar te word, ongeag fisiese of

verstandelike beperkinge of agtergrond.

Selfverwesenliking

Elke leerder het die reg om tot haar volle potensiaal te ontwikkel. Die skool sal billike

maatreëls tref om te verseker dat hierdie doel in die akademiese en buitemuurse program

verwesenlik kan word.

Gelykheid

Alle leerders het die reg tot gelyke behandeling en sal gelyke beskerming en voordele van

die skoolreëls ontvang.

B. Regte en verantwoordelikhede

Page 3: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

1. Leerder

Regte Verantwoordelikhede

‘n Leerder het die reg om: Vir hierdie reg sal die leerder:

1. te studeer. studiegeleenthede te respekteer;

nie ander leerders te steur nie;

nie selfone gedurende skoolure te gebruik nie;

ordelik, vinnig en stil, in enkel rye, in gange te beweeg;

nie eet, drink of kougom kou gedurende kontaktyd nie;

projekte te voltooi;

haar huiswerk doen.

2. na geluister te word. billike versoeke en menings beskaafd te stel;

aandag gee as opdragte gegee word;

ook na ander te luister;

stilbly as ander praat.

3. tyd optimaal te gebruik. ander se tyd respekteer;

deeglik beplan en prioriteite stel;

saamwerk ten opsigte versoeke vanaf opvoeders;

tydens die skool se amptelike kontakure by die skool te

wees: 07:40 in die oggend tot 14:15 in die middag (13:00

op ‘n Vrydag);

by die sekretaresse aanmeld en redes vir laatkom in die

Laatkommers Register opteken;

in die geval van afwesigheid, ‘n skriftelike verskoning van

ouers/voogde inhandig.

4. met respek behandel te

word en respek te toon

teenoor die skool/ander

mense/ander leerders se

besittings.

op sodanige manier op te tree sodat haar optrede respek

verdien;

ander mense se eiendom te respekteer;

verantwoordelik op te tree;

die skooldrag, asook die skool-en nasionale simbole te

respekteer;

erkenning toon aan die waardigheid wat met

saalbyeenkomste gepaardgaan;

die voorgeskrewe somer- en winterskooldrag dra. Die dra

van La Rochelle serpe word slegs tydens die derde kwartaal

toegelaat;

die voorgeskrewe kleredrag vir verskillende sportsoorte

gehoorsaam;

Page 4: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

verantwoordelikheid vir eie besittings dra;

outoriteit en gedragsreëls aanvaar;

die verskillende kulture, rasse en gelowe respekteer.

5. veilig te wees. rapporteer ongemagtigde persone en vreemde insidente

wat op die skoolterrein gebeur;

geen wapens of voorwerpe wat mede-leerders kan beseer

in besit hê, hanteer of gebruik nie;

nooit ander leerders dreig, of verbal, emosioneel of fisiek

misbruik nie;

nooit betrokke raak by bende-bedrywighede nie;

nie in die gange hardloop nie;

nooit, gedurende uitstappies, in bewegende voertuie staan

nie;

nie die skoolterrein verlaat nadat sy dit in die oggend

betree het nie;

nie oor die heinings of hekke klim nie;

nooit opruiende gedrag aanstig nie.

6. in ‘n skoon omgewing te

werk.

as person netjies en skoon wees;

nie eet/drink in die klaskamers, saal of gange nie;

nie skooleiendom beskadig nie;

nie dwelms, sigarette of ander onwettige middles gebruik

nie;

enige van die bogenoemde insidente rapporteer.

7. regverdig behandel te word suiwer en eerlike motiewe hê;

objektief, redelik en beskaafd optree;

erken dat mense verskil en tekortkominge het;

ander regverdig en met deernis behandel.

8. haar kant van ‘n saak stel. ander ‘n billike geleentheid gee om hulle mening te lug;

altyd die waarheid praat;

haar kant van ‘n saak op ‘n respekvolle manier stel.

9. deel te neem aan

skoolbedrywighede.

die skool se sportbeleid eerbiedig;

‘n bepaalde seisoen van deelname voltooi in ten minste

een somer- en een wintersport (tensy ‘n geldige verskoning

van nie-deelname ingedien word);

klasse en oefening gereeld bywoon;

volle samewerking aan opvoeders en afrigters gee;

Page 5: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

te alle tye uitstekende sportmanskap en maniere as sal

toon as spellers en toeskouers;

betrokke raak by die kulturele bedrywighede van die skool;

die skool se kulturele en sportaktiwiteite ondersteun.

10. gelukkig te wees. onvanpaste leesstof vermy;

nooit lisdjies sing, grappe vertel, skeldname of gebare

gebruik of die spot dryf t.o.v. ras, kleur, godsdiens of geslag

nie;

‘n positiewe en lohjale beeld teenoor die skool uitdra;

Altyd daarna strewe om by te dra tot die skep van ‘n

gelukkige atmosfeer.

11. erkenning vir prestasie te

geniet.

prestasies skriftelikaan die skoolhoof bekendmaak;

ander gelukwens wanneer hulle presteer.

12. emosioneel en geestelik

deur die skool versorg te

word waar enigsins

menslik moontlik.

‘n hoë standard van gedrag binne en buite die skool

openbaar;

lojaal wees aan die skool en net tot die voordeel van die

skool se reputasie optree;

integriteit en eerlikheid in alle aktiwiteite aan die dag lê;

gebruik maak van die structure wat bestaan binne die

skool.

13. die bes moontlike

opvoeding waartoe die

skool in staat is, te kry.

haar bes prober om haar akademiese potensiaal by die

skool te vervul;

met verantwoordelikheid besef dat elke leerder van die

skool die reg het om ongesteurde onderrig in ‘n veilige

omgewing te ontvang;

vroegtydig haar akademiese swakhede besef en gebruik

maak van die skool se remediërende maatreëls;

lojaal teenoor die skool wees;

trots op die skool wees;

só optree dat ander op haar trots kan wees.

15. ingelig te word watter

gedrag aanvaarbaar is en

wat die uitkoms van

bewus wees van maatreëls vir oortredings;

die skool se gesag in alle opsigte aanvaar.

Page 6: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

onaanvaarbare gedrag sal

wees.

16. eie kulture en

godsdienstige oortuiginge

te hê in soverre dit beperk

is tot algemeen en juridies

aanvaarde vorme van

godsdiens, en mits die

uitleef daarvan nie in

stryd is met enige van die

skoolreëls, waardes en

norme vervat in hierdie

gedragskode nie.

die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en

respekteer.

B. Ouers

Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem die ouers om:

opvoeding vir hul kinders deur

gekwalifiseerde, bevoegde,

professionele opvoeders, wie

strewe na hoë standaarde in

hul interaksie met leerders.

te verseker dat leerders die skool gereeld bywoon;

te verseker dat hul kind/ers stiptelik is;

te verseker dat leerders die korrekte skooluniform dra en

die korrekte toerusting het;

die leerder se leer te ondersteun deur die leerder aan te

moedig om huiswerk te doen, ens., sonder om self die

huiswerk vir hulle te doen.

Opvoeding vir hul kinders in ‘n

gedissiplineerde, ordelike en

veilige omgewing, waar respek

aan ander getoon word, ongag

sosiale agtergrond, kultuur,

geloofsoortuiginge,

intellektuele vermoë.

die skool, opvoeders en die skool se Gedragskode vir

Leerders te ondersteun;

hul kinders te leer om die opvoeders, die skool en

skoolreëls te respekteer, deur dit sal konsekwent uit te

voer;

hul kinders se besittings duidelik te merk;

by die Ontvangstoonbank aan te meld wanneer die

skoolterrein betree gedurende skoolure;

hulle daarvan te weerhou om ander leerders te intimideer;

die register vir Vroeë Vrylating te voltooi waanneer

leerders voor die einde van die skooldag afgehaal word;

siek leerders tuis te versorg;

skriftelik toestemming te verleen indien medikasie

toegedien moet word deur die sekretaresse/opvoeder;

Page 7: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

betrokke te wees by die bestuur van die skool en die

aktiwiteite van die skool;

gereeld ouervergaderings en OOV-vergaderings by te

woon.

aanvaarding dat leerders

regverdig en as individue

behandel sal word.

die skool dadelik in kennis te stel van enige probleemareas

en gebruik te maak van die skool se strukture, bv die OOS.

die ondersteuning van

opvoeders, wie onderneem om

op ‘n gereelde basis beskikbaar

te wees t.o.v. akademiese en

gedragsprobleme van leerders,

te geniet.

die skool te ondersteun t.o.v. enige dissiplinêre aksies wat

geneem word teen hul leerders en ander leerders wie die

skoolaktiwiteite ontwrig;

‘n gesonde ouer-skoolverhouding te bevorder en te

ondersteun;

Die skool se in loco parentis rol te aanvaar.

die beste kulturele opleiding en

organisasie wat die skool kan

bied.

skoolfooie gereeld te betaal en die skool se funksies te

ondersteun;

hul kinders aan te moedig tot deelname aan die skool se

aktiwiteite.

professionele administratiewe

diens, asook die reg om gehoor

te word en om ingelig te word.

op ‘n professionele, opgevoede en beskaafde manier

teenoor die skoolhoof, personeel en enige ander lid van die

skoolgemeenskap op te tree.

C. Opvoeders

Opvoeders het die reg tot: Ten opsigte hiervan, onderneem opvoeders om:

die aanbied van lesse in ‘n

veilige, skoon en stil omgewing

waar goedversorgde leer-

materiaal en toerusting

beskikbaar is.

‘n omgewing wat effektiewe leer ten doel stel te skep;

goed voorbereid vir elke les te wees en dit effektief aan te

bied; voltooide werk effektief te assesseer;

‘n skoon, gedissiplineerde en veilige klaskameromgewing

te handhaaf;

administratiewe pligte akkuraat en betyds aft e handel.

die verwagting dat elke leerder

ten alle tye teenwoordig,

stiptelik, hoflik, self-

gedissiplineerd en eerbiedig sal

wees.

stiptelik, regverdig, konsekwent en sensitief t.o.v die

leerders se behoeftes te wees;

leerders as individue te behandel, om hul regte te

respekteer en om hulle te motiveer om hul volle potensiaal

in alle areas van die skool se aktiwiteite te bereik;

Page 8: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

leerders te lei en hulle te help om problem te identifiseer

en op te los;

bewus te wees van huidige opvoedkundige ontwikkelinge.

regverdig en met waardigheid

behandel te word deur lede

van die skoolgemeenskap wat

sodoende hul professionalisme

respekteer.

professioneel te wees t.o.v. hul voorkoms en die regte

voorbeeld te stel, bv. deur alle besoekers aan die skool

vriendelik te verwelkom;

gereeld met ouers te kommunikeer en hulle op datum te

hou t.o.v die vordering van leerders;

ouers in te lig t.o.v enige problem rakende hul kinders.

die ondersteuning van kollegas,

ouers en diegene wat bo hul

aangestel is.

soortgelyke ondersteuning aan ander te bied;

nooit aan subordinasie skuldig te wees nie;

wettige opdragte it te voer;

nie van kollegas te skinder of hul naam op enige manier

skend nie;

nooit kollegas se opinies met leerders te bespreek nie;

ander kollegas se opinies met die nodige respek te

behandel;

nooit haar eie aktiwiteite ten koste van ander kollegas te

bevoordeel nie, maar kollegas se aktiwiteite te ondersteun;

in gedagte te hou dat leerders ook tuiswerk in ander

Leerareas het wanneer huiswerk gee.

ononderbroke onderrigtyd. die skoolreëls met oortuiging toe te pas;

nie ander kollegas te steur tydens onderrigtyd nie;

nie leerders onnodig agter te hou sodat hulle laat by die

volgende klas opdaag nie.

privaatheid t.o.v hul

privaatlewe, asook die

versekering dat hul besittings

by die skool gerespekteer sal

word.

ander se waardes te respekteer.

C. Spesifieke reëls

Skool en Klaskamerreëls

Skoolreëls word ontwerp om sodoende die algemene organisasie van die skool te reguleer.

Leerders is betrokke by die daarstel van klaskamerreëls. Alle reëls stem ooreen met die

Page 9: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

bepalings in die skool se Gedragskode en steun die etos van die skool. Leerders is bewus van

die gevolge van oortreding van die skoolreëls. Nie-nakoming van reëls lei tot dissiplinêre aksie

in lyn met die oortreding.

Dit is die leerders is verantwoordelikheid om te leer en hul volle potensiaal te ontwikkel. Dit

word van leerders verwag om gereeld die skool by te woon. Dit is die verwagting dat daar ‘n

wederkerige vertrouensverhouding tussen leerders en opvoeders sal bestaan.

Opvoeding Elke leerder het die reg tot opvoeding. Dit sluit in die reg om lesse by te woon, te leer en in die betrokke Leerareas onderrig te word, asook om gereeld t.o.v hul vordering ingelig te word en toegang tot die skool se fasiliteite te hê. Skoolomgewing Elke leerder het die reg om onderrig te word in ‘n omgewing waar hulle emosioneel en fisiek veilig voel. Hierdie tipe omgewing dra daartoe by dat leerders hul volle potensiaal bereik.

D. Oortredings en dissiplinêre stappe

Vlak 1

Leerderoortredings Respons en Ondersteuning

Eerste oortredings:

Huiswerk nie voltooi nie.

Afskryf van huiswerk.

Toetse nie deur ouers onderteken nie.

Antwoordstrokies nie ingehandig nie.

Biblioteekboeke laat ingehandig.

Laatkom by klasse / rye / tydens byeenkomste/vergaderings, ens.

Praat in klas, rye, tydens byeenkomste, tydens aankondigings, ens.

In besit wees of gebruik van ‘n selfoon gedurende skoolure.

Kou van kougom.

Voer nie billike instruksies uit nie, bv. werk nie in klas nie.

Skoolboeke word verwaarloos.

Verontagsaming van reëls t.o.v. skool-en sportdrag.

Afwesigheid van buitemuurse bedrywighede.

Klasopvoeder/Leerarea-opvoeder verantwoordelik vir klaskamerbestuur van leerdergedrag:

Opvoeder spreek oortreding aan.

Weerhou van sekere voorregte.

Oortreding word in Rooi Lêer aangeteken.

Page 10: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

Dra van grimering.

Dra van juweliersware. Slegs ‘n polshorlosie, klein knopie-oorringe of 10mm oorringe is toelaatbaar.

Besit van selfoon by die skool

Algemene onnetheid.

Strooi van Rommel.

Wangebruik en ongemagtigde gebruik van skooltoerusting (brandblussers, krane, alarmstelsel, ens.).

Verlaat klaskamer sonder toestemming.

Gebruik van vernederende en suggestiewe taal en tekens.

Disrespekvolle optrede teenoor opvoeders.

Opsetlike klasontwrigting.

Verontagsaming van klasreëls, ‘n voorvereiste vir die gedragshantering en toepassing van die maatreëls.

Aanhitsing tot bakleiery; boeliegedrag.

Wangedrag op busse tydens uitstappies.

Vlak 2

Leerderoortredings Respons en Ondersteuning

Herhaalde Vlak 1-oortredings.

Klasontwrigting (herhalend).

Diskriminerende opmerkings en gedrag.

Besit en verspreiding van onvanpaste leesmateriaal, of die kyk en/of aflaai daarvan op enige rekenaar of selfoon by die skool.

Bedrog: (vervalsing van dokumente/ouers se handtekening, eksamenbedrog, ens.).

Vandalisme: graffiti, skryf op banke, breek van vensters, ens.Bakleiery en die toediening van beserings.

Dobbelary.

Rook van sigarette en die besit van sigarette.

Ernstige ontwrigting van klas.

Verwysing na die Dissiplinêre Komitee;

OOS en Skoo Bestuurspan, met benutting van relevante adviseurs in die gemeenskap en die Distrikkantoor.

Prinsipaal;

Ouerbetrokkenheid;

Inligtings- en ontwikkelingsprogramme vir die skoolgemeenskap;

Korrektiewe maatreëls soos bepaal deur die Dissiplinêre Komitee tydens die dissiplinêre verhoor;

Detensie;

Individuele Onderwys-en-ontwikkelingsplan;

Opvoeder as mentor.

Page 11: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

Weiering om korrektiewe maatreëls te gehoorsaam.

Vlak 3

Leerderoortredings Respons en Ondersteuning

Herhaalde Vlak 2-oortredings.

Is onder die invloed van alcohol, dwelmmiddels.

Diefstal van ‘n ernstige aard/Inbraak.

Brandstigting.

Ernstige vandalism.

Seksuele misbruik (teistering van mede-leerders).

Fisiese aanranding van mede-leerders (bakleiery, gooi van objekte, ens.).

Dreig van mede-leerders of opvoeders.

Betrokkenheid by bendeverwante aktiwiteite.

Betreding van skooltyerrein terwyl skorsingsanksie nog geldig is.

Maak van bomdreigemente.

Verwysing na Dissiplinêre Komitee;

OOS;

Ouerbetrokkenheid;

Gemeenskapsdiens;

Ontwikkelingsgerigte programme;

Opvoeder as mentor for leerder;

Kringspan;

Departmentele beleid t.o.v. skorsing en uitsetting (maks 5 dae);

Skoolbeheerliggaam.

Vlak 4

Leerderoortredings Respons en Ondersteuning

Herhaalde Vlak 3-oortredings.

Weiering om ontwikkelingsgerigte programme by te woon.

Gevaarlike wapens: bring van wapens op skoolterrein, opsetlike aanranding van persone met wapen.

Besit van dwelmmiddles op skoolterrein.

Handel met dwelms op skoolterrein.

Ernstige aanranding.

Leerder is skuldig bevind in kriminele hof (onmiddelike skorsing).

Seksuele aanranding.

Verwysing na Dissplinêre Komitee;

Prinsipaal;

Skoolbeheerliggaam;

SAPS – kriminele oortredings, bv. wapens, dwelms, ernstige aanranding, verkragting.

Ouerbetrokkenheid;

Maatskaplikewerk-diensverskaffers;

Kringspan;

Uitsettingkomitee.

E. Ernstige Oortredings

Page 12: Beleid vir Foto’senavant.co.za/pdf/afr/Gedragskode.pdf · die Laer Meisieskool La Rochelle se etos aanvaar en respekteer. B. Ouers Ouers het die reg tot: Ten opsigte hiervan onderneem

The Gedragskode is saamgestel in ooreenstemming met die Suid-Afrikaanse Skolewet van

1996, met behulp van insette van rolspelers. By die Laer Meisieskool La Rochelle word

hoofsaaklik gefokus op die toepas van positiewe dissipline.

Daar word op die volgende gefokus:

Deurlopende kweek vanself-dissipline – leerder en opvoeder.

Daarstel en skep van ‘n omgewing met positiewe atmosfeer waar effektiewe leer kan

plaasvind.

Fokus op waardes soos selfrespek en respek vir ander, hul regte en besittings.

In die geval van ernstige oortredings mag die Skoolbeheerliggaam, na ‘n regverdige verhoor,

die leerder vir ‘n periode van een week skors, of uitsetting voorstel.

Leerders wat vermoedelik ‘n reël verbreek het wat tot skorsing of uitsetting mag lei, moet voor

die skoolhoof verskyn, waarna die skoolhoof die ouers skriftelik verwittig van die voorgestelde

aksie. Reëlings vir ‘n regverdige verhoor word dan getref deur die Dissiplinêre Komitee.

Die leerder moet, met die oog op die verhoor:

Ingelig word en die klag teen haar verstaan

Die geleentheid kry om haar kant van die saak te stel

Nie verhoed word om deur ‘n regspersoon, of enige persoon op wie se

teenwoordigheid sy besluit, verteenwoordig te word

Skriftelik ingelig word t.o.v. die besluit geneem deur die Skoolbeheerliggaam

Die Leerder het die reg om appèl aan te teken by die Minister van Onderwys indien nie

saamstem met die besluit van die Beheerliggaam nie.

Vir prosedures m.b.t. skorsing en uitsetting uit ‘n Openbare skool, sowel as appèlle, verwys na:

Die Suid-Afrikaanse Skolewet, 1996,

WKOD Omsendbrief 0030/99.