71
Gedragskode Bladsy 1 GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE- PERSONEEL en OUERS Die Beheerraad van Laerskool Jan van Riebeeck, as verteenwoordigers van die ouers, onderwysers en personeel van die skool, het hierdie gedragskode saamgestel en aanvaar in konsultasie met leerders, onderwysers, personeel en ouers. Hierdie gedragskode bevat bepalings om die regte en verantwoordelikhede van die leerders, onderwysers, personeel, nie-personeel en ouers van Laerskool Jan van Riebeeck te omskryf. Die gedragskode is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike bepalings van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 ("die Grondwet"), die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84 van 1996) (“die Skolewet”), die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (Wet 72 of 1996), Riglyne vir Gedragskode vir Leerders, asook toepaslike regulasies en provinsiale wetgewing. WOORDOMSKRYWING: In hierdie dokument het die woorde die betekenis soos hieronder aangedui: 1. “Leerder” beteken ʼn kind wat ingeskryf is by Laerskool Jan van Riebeeck en wie geleer of opgevoed word deur ʼn onderwyser. 2. “Kontrakteur” en “diensverskaffer” beteken persone en / of instansies wat nie in diens van die Onderwys Department of skool staan nie en wie ‘n kontrak met die skool aangegaan het om ‘n bepaalde diens te lewer (byvoorbeeld arbeidsterapie of sportafrigting) en wat insluit ‘n verteenwoordiger en / of werknemer. 3. “Nie-personeel” beteken kontrakteurs en diensverskaffers. 4. ”Onderwyser” beteken ʼn persoon wat ander persone leer, opvoed of oplei of wat professionele terapie verskaf by enige skool, of help om professionele diens te lewer wat deur of in ʼn onderwysdepartement verskaf word, (en wie se diensvoorwaardes in terme van die Wet op Indieningsmening van Onderwysers, 1998 gereël word) en enige ander persoon wat by die raad geregistreer is.

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

  • Upload
    others

  • View
    16

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 1

GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE-

PERSONEEL en OUERS

Die Beheerraad van Laerskool Jan van Riebeeck, as verteenwoordigers van die ouers,

onderwysers en personeel van die skool, het hierdie gedragskode saamgestel en aanvaar in

konsultasie met leerders, onderwysers, personeel en ouers. Hierdie gedragskode bevat bepalings

om die regte en verantwoordelikhede van die leerders, onderwysers, personeel, nie-personeel en

ouers van Laerskool Jan van Riebeeck te omskryf.

Die gedragskode is opgestel in ooreenstemming met die toepaslike bepalings van die Grondwet

van die Republiek van Suid-Afrika, 1996 ("die Grondwet"), die Suid-Afrikaanse Skolewet (Wet 84

van 1996) (“die Skolewet”), die Wet op Nasionale Onderwysbeleid (Wet 72 of 1996), Riglyne vir

Gedragskode vir Leerders, asook toepaslike regulasies en provinsiale wetgewing.

WOORDOMSKRYWING:

In hierdie dokument het die woorde die betekenis soos hieronder aangedui:

1. “Leerder” beteken ʼn kind wat ingeskryf is by Laerskool Jan van Riebeeck en wie geleer of

opgevoed word deur ʼn onderwyser.

2. “Kontrakteur” en “diensverskaffer” beteken persone en / of instansies wat nie in diens van

die Onderwys Department of skool staan nie en wie ‘n kontrak met die skool aangegaan

het om ‘n bepaalde diens te lewer (byvoorbeeld arbeidsterapie of sportafrigting) en wat

insluit ‘n verteenwoordiger en / of werknemer.

3. “Nie-personeel” beteken kontrakteurs en diensverskaffers.

4. ”Onderwyser” beteken ʼn persoon wat ander persone leer, opvoed of oplei of wat

professionele terapie verskaf by enige skool, of help om professionele diens te lewer wat

deur of in ʼn onderwysdepartement verskaf word, (en wie se diensvoorwaardes in terme van

die Wet op Indieningsmening van Onderwysers, 1998 gereël word) en enige ander persoon

wat by die raad geregistreer is.

Page 2: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 2

5. “Ouer” beteken die ouer of voog van 'n leerder, en / of die persoon wat regtens die plig van

bewaring en versorging van 'n leerder het en / of die persoon wat onderneem om die

verpligtinge ten opsigte van 'n leerder se skoolopvoeding na te kom.

6. “Personeel” beteken personeel wat in diens staan van die Onderwys Department of die

skool en wie nie die opvoeding en onderrig van leerders hanteer nie (byvoorbeeld

finansiële beampte en sekuriteitsbeamptes).

7. “Skool” beteken Laerskool Jan van Riebeeck.

INLEIDING

Geeneen van onderstaande, met verwysing na ONDERWYSER EN / OF LEERDER EN / OF

OUER EN / OF VOOG EN / OF PERSONEEL EN / OF NIE-PERSONEEL dra ter eniger tyd meer

gewig as die landswette of die Gedragskode soos deur die Onderwysowerheid voorgelê nie.

Die gedrag, houding, optrede en voorbeeld van leerders, onderwysers, personeel, nie-personeel

en ouers / voogde sal te alle tye sodanig wees dat dit die respek van ander leerders, onderwysers,

personeel, nie-personeel, ouers, voogde en die gemeenskap sal afdwing tot voordeel van die

skool.

DOEL VAN DIE GEDRAGSKODE

Die doel van die gedragskode is om ‘n gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing te vestig

wat toegewyd is aan die bevordering en instandhouding van die leerproses.

Die doel kan soos volg uiteengesit word:

• om positiewe dissipline te bevorder;

• om self-dissipline aan te leer;

• om voorbeeldige gedrag te vestig en te handhaaf.

Leerders en hul ouers moet hulself met die skool se gedragskode, ander beleide en die bepalings

daarvan vergewis. Sodra leerders by die skool ingeskryf is, is hulle onderworpe aan die

Page 3: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 3

gedragskode en moet hulle dit stiptelik nakom. Indien leerders die gedragskode oortree of minag,

sal daar ooreenkomstig die dissiplinêre prosedure vir leerders teen hulle opgetree word.

Die gedragskode maak voorsiening vir die regte van die individu, maar dit neem ook die regte

van die groep in ag.

A.

GEDRAGSKODE ONDERSKRYF DEUR DIE LEERDERS VAN LAERSKOOL JAN VAN

RIEBEECK

Ek, die leerder, weet dat ek onder andere die volgende regte het:

• Demokratiese prosesse;

• Nie-diskriminasie en gelykheid;

• Privaatheid, respek en waardigheid;

• Vreedsaamheid, vryheid en veiligheid;

• Vryheid van uitdrukking en die reg om te betoog;

• Onderwys.

Ek, die leerder, besef dat onderlinge samewerking tussen myself en die ander persone wat by my

opvoeding en onderwys betrokke is, slegs suksesvol kan wees indien alle partye ooreenkom oor

die nastrewing van waardes en beginsels. Die waardes wat deur my nagestreef word, word

vergestalt in die gedragskode hieronder uiteengesit.

1.1 MENSEREGTE

Terwyl ek daarvan bewus is dat ek oor sekere regte beskik ingevolge die Grondwet, erken

ek dat ander mense soortgelyke regte het en respekteer ek hierdie regte ongeag van ras,

geloof, taal, seksuele orienteering, geslag en sosio-ekonomiese agtergrond. Ek erken veral

die menswaardigheid en gelykheid van alle mense en onderneem om my regte so uit te

oefen dat ander mense nie deur my optrede benadeel word nie.

Page 4: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 4

1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS

Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige samewerking in

alle redelike opdragte wat ek van onderwysers mag ontvang. Ek respekteer die

onderwysers as volwassenes en erken dat hulle opleiding en ervaring my tot voordeel kan

strek. Daarom onderneem ek om my volle samewerking aan onderwysers te gee en altyd

hoflik teenoor hulle op te tree.

1.3 RESPEK VIR PERSONEEL, NIE-PERSONEEL EN BESOEKERS

Die bydraes deur administratiewe personeel, nie-personeel en terreinwerkers tot die gladde

verloop word hoog aangeslaan. Daarom sal ek ook teenoor hierdie persone met agting en

respek optree. Besoekers aan die skool, soos distriksfasililteerders, besigheidsmense en

ouers, dra die skool se welsyn op die hart en ek sal hulle met respek en hoflikheid bystaan

waar nodig.

1.4 ERKENNING VAN MULTI-KULTURALITEIT

Die Suid-Afrikaanse gemeenskap bestaan uit ‘n verskeidenheid van rasse, kulture en

gelowe. Ek aanvaar alle mede-leerders as individue wat soortgelyke ideale en doelwitte as

ek mag nastreef, maar dat hulle ook hulle eie ideale mag hê. Ek respekteer mense se

andersheid en sal nie so optree dat ek ander mense se menswaardigheid aantas nie.

1.5 RESPEK VIR DIE OMGEWING EN SKOOLFASILITEITE

Ek aanvaar die verantwoordelikheid om vir die natuurlike omgewing om te gee en dit te

bewaar. Ek waardeer die skoolgeboue, klaskamerinhoud en ander fisiese geriewe wat vir

my gebruik beskikbaar gestel is. Ek onderneem om op ‘n verantwoordelike wyse daarvan

gebruik te maak en vir sover dit binne my vermoë is, ‘n bydrae tot die instandhouding

daarvan te lewer, insluitend om my ouers aan te moedig om skoolgeld te betaal en

aktiwiteite te ondersteun ter uitbreiding van die fisiese fasiliteite.

1.6 GEHOORSAAMHEID AAN ORGANISATORIESE- EN GEDRAGSREËLS

Ek besef dat ‘n skool nie sonder organisatoriese- en gedragsreëls kan funksioneer nie.

Daarom lê ek my neer by die skool se gedragsreëls. Ek onderneem om die tydrooster van

die skool te eerbiedig deur stiptelik teenwoordig te wees by die aanvang van die skooldag

en elke periode waarby ek betrokke is. Ek aanvaar die gesag van die persone in bevel van

Page 5: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 5

orde en dissipline in die skool en sal my aan toepaslike strawwe onderwerp indien ek

oortree.

1.7 BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Ek besef die vormingswaarde van sport, kulturele aktiwiteite, akademiese en sosiale

uitstappies en wil graag as ‘n aktiewe deelnemer of lojale ondersteuner betrokke wees.

Toepaslike kleredrag en ‘n netjiese voorkoms by die geleenthede dra by tot die uitbouing

van ‘n positiewe beeld van die skool. Ek onderskryf die feit dat skoolreëls ook by

uitstappies of ander buite-kurrikulêre aangeleenthede moet geld ter wille van die goeie orde

en die skool se goeie naam. Ek onderneem om die reëls van die sportbeleid en alle ander

tersaaklike beleide byvoorbeeld kleredragbeleid en selfoonbeleid, na te kom.

1.8 VOORKOMS

Uniforme skooldrag dra by tot eenheid van sin en strewe. Die skoolwapen versinnebeeld

die gesamentlike strewe van leerders, ouers en personeel. Omdat die skooluniform en

gepaardgaande voorkomsreëls tradisionele waardes van die skool en die gemeenskap

verteenwoordig, sal ek die skooldrag met trots dra en die voorskrifte van persoonlike

voorkoms wat die skooldrag komplimenteer nakom. Ek onderneem dus om die reëls ten

opsigte van kleredrag (Skool en Sivvie) na te kom.

1.9 VEILIGHEID

Ter wille van my eie veiligheid sal ek gebruiksvoorskrifte vir laboratoria en werkswinkels

nakom en klaskamerreëls wat op kinderveiligheid gemik is, eerbiedig. Tydens

klaswisseling, op die skoolterrein, met uitstappies en op die sportveld sal ek poog om deur

my optrede nie my eie en / of ander persone se veiligheid in gevaar te stel nie.

1.10 AKADEMIESE AANGELEENTHEDE

Ek kan alleen baat vind by onderwys indien ek intensief by die leergebeure in die

klaskamer betrokke raak. Daarom sal ek wanneer dit van my verwag word positief aan

klasaktiwiteite deelneem. Ek keur gedrag af wat ontwrigtend op die onderrigproses inwerk.

Ek besef die waarde van huiswerk en sal dit getrou doen. Omdat die uitkoms van

assessering van groot belang is vir my toekoms, sal ek pligsgetrou vir

assesseringsgeleenthede voorberei. Eerlikheid is ‘n deel van ‘n onkreukbare karakter en

Page 6: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 6

daarom sal ek te alle tye honderd persent eerlik wees tydens assessering en nie verdra dat

ander persone oneerlik optree nie.

1.11 ORDELIKE VERLOOP BY SKOOL

Ek is ook daarvoor verantwoordelik om ‘n bydrae te lewer tot die ordelike verloop van

gebeure by en na skool. Ek het op verskeie vlakke die geleentheid om ‘n bydrae te lewer

wat skoolbestuur kan verbeter, byvoorbeeld as hoofleier, monitor, klasleier, spankaptein,

voorsitter van ‘n akademiese of sosiale vereniging ensomeer. In watter hoedanigheid ek

ookal dien, moet ek steeds die belange van die skool vooropstel en nie persoonlike

begunstiging of bevoordeling soek nie. Ek onderskryf hierdie beginsel en sal te alle tye deur

my optrede, ook buite formele organisasieverband, daarna streef om die skool se etos te

bewaar en te versterk.

1.12 REËLS

Reëls word opgestel om die waardes vervat in die erekodes, te laat realiseer en het dus ten

doel om:

• ‘n positiewe leeromgewing te skep en in stand te hou;

• aanvaarbare sowel as onaanvaarbare gedrag uit te spel;

• opvoedkundige doelwitte te bevorder.

Ek verklaar dat ek op hoogte is van al die beleide rakende dissipline, skoolbywoning,

afwesigheid, kleredrag, optrede in klaskamer en op die speelterrein, sportbywoning en

deelname by sportbyeenkomste, ensomeer. Ek onderneem om die reëls van sodanige

beleide noukeurig na te kom.

Page 7: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 7

B.

GEDRAGSKODE VIR ONDERWYSERS

ALGEMEEN:

Die onderwysers wat by die Suid-Afrikaanse Raad vir Onderwysers geregistreer of gedeeltelik

geregistreer asook studente-onderwysers is, en in Laerskool Jan van Riebeeck met die

verantwoordelikheid dien:

• erken die roeping van hul beroep om die leerders van die skool op te voed, op te lei en te

onderrig;

• erken dat houding, toewyding, self-dissipline, ideale, opleiding en handelswyse van die

onderwys beroep die kwaliteit van opvoeding in die gemeenskap bepaal;

• erken, ondersteun en bevorder basiese menseregte, soos vervat in die Grondwet;

• verbind hulself daartoe om alles binne hul vermoë, in die uitvoering van hul professionele

verantwoordelikhede, te doen om in ooreenstemming met die ideale van hul beroep op te

tree, binne en buite skoolverband;

• betaamlike, bevorderlike optrede te handhaaf om sodoende nie die beeld van die

onderwys-professie te skaad nie;

• se kleredrag en persoonlike voorkoms sal te alle tye onberispelik en toepaslik wees;

• sal ‘n voorbeeld stel en ten minste aan die eise voldoen wat aan leerders gestel word.

DIE REGTE VAN DIE ONDERWYSER

Soos elke burger van die land, het onderwysers sekere regte wat beskerm word binne die

Grondwet. Die fundamentele regte van onderwysers word verder beskerm deur die beginsels van

die gemenereg en nasionale wetgewing.

Ek, as onderwyser, weet ek is geregtig op die volgende:

• Gelykheid.

• Menswaardigheid.

• Privaatheid en om my lewe te lei met die minimum inmenging. Dit omvat privaat, gesins- en

huislike lewe; fisiese en morele integriteit; eer en reputasie. My reg op privaatheid behels

Page 8: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 8

ook dat ek die reg het om nie in ‘n swak lig of in die verleentheid gestel te word nie en die

reg het op aanspraak op vertroulikheid.

• Vryheid van geloof en mening.

• Vryheid van uitdrukking: My reg op uitdrukking kan egter beperk word in soverre dit ander

persone se regte of vryhede bedreig, of in belang van onderwys is.

• Vryheid van assosiasie.

• Politieke regte.

• Arbeidsregte.

• Taal en kultuur.

• Beskerming van en respek vir my waardigheid as onderwyser. Ek is gedagtig daaraan dat

hierdie verhouding nie afgedwing kan word nie, maar deur my optrede verdien moet word.

• My regte as onderwyser word egter altyd opgeweeg teenoor dit wat in die beste belang van

die behoud van ‘n effektiewe, samehorige onderwys en leeromgewing is. Leerderoptrede

wat in stryd is met my regte as onderwyser moet altyd beoordeel word teen die agtergrond

van die eienskappe eie aan dié van ‘n leerder, naamlik:

o Gebrek aan oordeel.

o Gebrek aan rasionele denke.

o Emosionele onvolwassenheid.

o Impulsiewe gedrag.

Ek, die onderwyser, verklaar voorts:

1. Ek besef dat dit ‘n voorreg is om by Laerskool Jan van Riebeeck my onderwys-professie te

beoefen. Daarom belowe ek:

• Om my beste te lewer vir die skool.

• Om ten volle voorbereid te wees vir alle lesse.

• Om die beste lesse aan te bied en die werk so deeglik en verstaanbaar moontlik vir die

leerders te maak.

• Om die skoolreëls toe te pas.

Page 9: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 9

2. Ek verwag die beste van leerders. Daarom gaan ek my beste vir die leerders gee deur:

• Stiptelik te wees vir my klasse.

• Te alle tye professioneel teenoor leerders op te tree.

• Altyd konsekwent op te tree.

• Altyd in ag te neem dat leerders verskil ten opsigte van vermoëns en begaafdheid en dat dit

gereflekteer sal word in my onderrig en oordra van kennis en bemoeienis met leerders om

sodoende seker te maak dat alle leerders die leerstof bemeester.

3. Laerskool Jan van Riebeeck het ‘n grootse naam en geskiedenis. Daarom onderneem ek:

• Om ongeag waar ek is, so op te tree dat die skool se goeie naam nie skade ly nie.

• Om ‘n voorbeeld te stel met my optrede binne en buite die skoolgronde.

• Om my kleredrag en voorkoms ooreenkomstig die kleredrag beleid vir onderwysers te

handhaaf tydens werksure, op skooluitstappies en skooltoere.

4. Ek is ‘n individu en volwassene in eie reg. Daarom gaan ek:

• My weerhou van enige negatiewe gedrag, kwaadpraat en skinderstories teenoor my

kollegas, alle leerders en ouers.

• My kollegas te ondersteun en deel te wees van die Laerskool Jan van Riebeeck span.

• Ander se reg op regverdigheid, respek en sukses te erken.

5. Dissipline is die teëlaarde van sukses. Ek ondersteun hierdie beginsel en onderneem om:

• Konsekwent en billik te wees in die toepassing van dissipline.

• Nie uitsonderings te maak en sekere leerders te bevoordeel in die toepassing van dissipline

nie.

• My te weerhou van impulsiewe optrede en om nie te straf in die hitte van die oomblik nie.

• Nie enige leerders se waardigheid te krenk of hulle te verneder voor ander nie.

Page 10: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 10

GEDRAG: ONDERWYSER TEENOOR DIE LEERDER

Die onderwyser:

• respekteer die waardigheid, geloof en grondwetlike regte van leerders, insluitende die reg

op privaatheid en vertroulikheid;

• erken die uniekheid, individualiteit en bepaalde behoeftes van elke leerder en gebruik

rigtinggewende leiding en motivering teenoor elke leerder in die ontdekking van sy / haar

potensiaal;

• streef daarna om ‘n leerder in staat te stel om waardestellings in lyn met die fundamentele

regte, soos uitgebeeld in die Grondwet, te ontwikkel;

• beoefen gesag met deernis;

• vermy enige vorm van vernedering, weerhou hom - / haarself van enige vorm van

mishandeling, hetsy fisies en / of psigologies;

• vermy onbehoorlike fisiese kontak met leerders;

• bevorder geslagsgelykheid;

• vermy enige vorm van seksuele afmatigende gedrag, hetsy fisies of andersyds, teenoor

leerders;

• vermy enige seksuele verhouding met enige leerder;

• sal gepaste taal gebruik en optrede handhaaf in hul interaksie met leerders, om sodoende

respek by leerders in te boesem;

• neem verantwoordelike besluite om die veiligheid van leerders te verseker;

• misbruik nie sy / haar posisie vir enige finansiële, politieke en / of persoonlike gewin nie;

• is nie nalatig, traag en lui in die uitvoering van sy / haar professionele verantwoordelikhede

nie;

• is altyd eerlik, opreg en regverdig in hul optrede teenoor leerders;

• erken leerders as vennote in onderwys.

Page 11: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 11

GEDRAG: ONDERWYSER TEENOOR DIE OUER

Die onderwyser, waar van toepassing:

• erken ouers as vennote van onderwys en bevorder ‘n verhouding van harmonie met hulle;

• doen alles prakties moontlik om ouers volledig en stiptelik ingelig te hou rakende die

welstand en vordering van hulle kind.

GEDRAG: ONDERWYSER TEENOOR DIE GEMEENSKAP

Die onderwyser:

• erken dat ‘n opvoedkundige inrigting die gemeenskap waarbinne dit gesetel is, dien en dat

daar ‘n verskeidenheid gebruike, kodes en gelowe binne so ‘n gemeenskap bestaan; en

• gedra hom- / haarself op so ‘n wyse dat die respek vir die verskeidenheid gebruike, kodes

en gelowe binne die gemeenskap gerespekteer word.

GEDRAG: ONDERWYSER TEENOOR SY / HAAR KOLLEGA

Die onderwyser:

• weerhou hom- / haarself van die ondermyning van die status en gesag van enige kollega;

• respekteer en erken die verskeidenheid van verantwoordelikhede aan kollegas toegeken

met gesag daaruit voortspruitend, om sodoende die progressiewe verloop van die

opvoedkundige proses by die opvoedkundige inrigting te verseker;

• aanvaar regmatige prosedures vir die aanspreek van kwessies, professionele

onbevoegdheid en wangedrag;

• bevorder geslagsgelykheid;

• weerhou hom- / haarself van enige seksuele teistering, fisies of andersyds, van ‘n kollega;

• sal gepaste taal gebruik en optrede handhaaf in hul interaksie met kollegas;

• vermy enige vorm van vernedering, weerhou hom- / haarself van enige vorm van

mishandeling, hetsy fisies en / of sielkundig, teenoor enige kollega;

Page 12: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 12

• is lojaal teenoor sy / haar skool, skoolhoof, kollegas, leerders en ouers.

GEDRAG: ONDERWYSER EN DIE BEROEP

Die onderwyser:

• erken dat die beoefening van sy / haar professionele verantwoordelikhede geskied binne

die raamwerk van samewerking met en die ondersteuning van kollegas;

• tree op en gedra hom- / haarself op ‘n wyse wat die status en waardigheid van die

onderwys professie bevorder en nie skaad nie;

• bly op die voorgrond van opvoedkundige tendense en ontwikkelings;

• bevorder konstante ontwikkeling van onderwys / opvoeding as ‘n beroep;

• aanvaar sy / haar verantwoordelikheid m.b.t. die insluiting, opname en induksie van nuwe

lede van die onderwys beroep.

GEDRAG: ONDERWYSER TEENOOR SY / HAAR WERKGEWER

Die onderwyser:

• erken die werkgewer as ‘n vennoot binne opvoeding / onderwys;

• erken dat sekere verantwoordelikhede en gesag deur wetgewing in die werkgewer gesetel

is;

• dien sy / haar werkgewer na die beste van sy / haar vermoë;

• weerhou hom- / haarself van die kommunikeer van enige vertroulike en amptelike

aangeleenthede met ongemagtigde persoon/ -e.

Page 13: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 13

PERSONEEL EN WANGEDRAG

Rook

Volgens Wet, word rook verbied in alle ommuurde openbare plekke. Rook is spesifiek verbode in:

• Klaskamer / -sentrum waar leerders teenwoordig is.

• Personeelkamer.

• Administratiewe kantore.

• Enige skoolgebou waar leerders of nie- rokers teenwoordig is.

• Busse of enige amptelike skoolvoertuig waar leerders of nie-rokers vervoer word.

Alkoholgebruik

Alkoholgebruik is verbode:

• Tydens werksure, uitgesluit uitsonderlike goedgekeurde funksies wat tydens skoolure

aangebied word byvoorbeeld die Graad 7 ete vir personeel.

• Terwyl skoolvoertuie bestuur word.

• In situasies waar dit aanstoot kan gee of die beroep se integriteit in gedrang kan bring.

C.

GEDRAGSKODE VIR PERSONEEL

Personeel sal poog om te alle tye die beste belange van die skool te bevorder deur homself of

haarself te weerhou van enige handeling of versuim wat die belange van die skool benadeel of

waarskynlik kan benadeel.

• Geen handeling of versuim sal verrig word wat die goeie naam, die regte of die statutêre rol

in die onderwys van die beheerraad, ʼn persoon in diens by die skool, of ʼn leerder of ouer

van die skool onredelikerwys benadeel of waarskynlik kan benadeel nie;

• Ondermyn nie die status van sy / haar kollegas nie;

Page 14: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 14

• Bevorder geslagsgelykheid en weerhou hom- / haarself van teistering (fisies of andersins)

van sy of haar kollegas en in besonder leerders;

• Erken die onderskeie verantwoordelikhede wat aan kollegas opgedra is en die gesag wat

daaruit voortvloei om sodoende die soepele funksionering van die inrigting te verseker.

• Erken dat sy of haar professionele pligte binne ʼn konteks van samewerking met en

ondersteuning van kollegas uitgevoer word, en tree dus so op dat dit die waardigheid en

status van die professie bevorder.

DIE REGTE VAN DIE PERSONEEL

Soos elke burger van die land, het personeellede sekere regte wat beskerm word binne die

Grondwet. Die fundamentele regte van personeellede word verder beskerm deur die beginsels van

die gemenereg en nasionale wetgewing.

Ek, as personeellid, weet ek is geregtig op die volgende:

• Gelykheid.

• Menswaardigheid.

• Privaatheid en om my lewe te lei met die minimum inmenging. Dit omvat privaat, gesins- en

huislike lewe, fisiese en morele integriteit, eer en reputasie. My reg op privaatheid behels

ook dat ek die reg het om nie in ‘n swak lig of in die verleentheid gestel te word nie en die

reg het op aanspraak op vertroulikheid.

• Vryheid van geloof en mening.

• Vryheid van uitdrukking: My reg op uitdrukking kan egter beperk word in soverre dit ander

persone se regte of vryhede bedreig, of in belang van onderwys is.

• Vryheid van assosiasie.

• Politieke regte.

• Arbeidsregte.

• Taal en kultuur.

• Beskerming van en respek vir my waardigheid as personeellid. Ek is gedagtig daaraan dat

hierdie verhouding nie afgedwing kan word nie, maar deur my optrede verdien moet word.

• My regte as personeellid word egter altyd opgeweeg teenoor dit wat in die beste belang

van die behoud van ‘n effektiewe, samehorige onderwys en leeromgewing is.

Page 15: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 15

Leerderoptrede wat in stryd is met my regte as personeellid moet altyd beoordeel word

teen die agtergrond van die eienskappe eie aan dié van ‘n leerder, naamlik:

o Gebrek aan oordeel.

o Gebrek aan rasionele denke.

o Emosionele onvolwassenheid.

o Impulsiewe gedrag.

Ek, die personeellid, verklaar voorts:

1. Ek besef dat dit ‘n voorreg is om by Laerskool Jan van Riebeeck in diens te wees. Daarom

belowe ek:

• Om my beste te lewer vir die skool.

• Om betyds te wees.

• Om my werk na die beste van my vermoë te verrig.

• Om die skoolreëls toe te pas.

• Om te alle tye professioneel teenoor leerders, personeel, nie-personeel en ouers op te tree.

• Om altyd konsekwent op te tree.

2. Laerskool Jan van Riebeeck het ‘n grootse naam en geskiedenis. Daarom onderneem ek:

• Om ongeag waar ek is, so op te tree dat die skool se goeie naam nie skade ly nie.

• Om ‘n voorbeeld te stel met my optrede binne en buite die skoolgronde.

• Om professioneel aanvaarbare kleredrag en voorkoms te handhaaf tydens werksure.

3. Ek is ‘n individu en volwassene in eie reg. Daarom gaan ek:

• My weerhou van enige negatiewe gedrag, kwaadpraat en skinderstories teenoor die

onderwysers, my kollegas, alle leerders en ouers.

• Onderwysers en my kollegas te ondersteun en deel te wees van die Laerskool Jan van

Riebeeck span.

• Ander se reg op regverdigheid, respek en sukses te erken.

Page 16: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 16

GEDRAG: PERSONEELLID TEENOOR DIE LEERDER

Die personeellid:

• respekteer die waardigheid, geloof en grondwetlike regte van leerders, insluitende die reg

op privaatheid en vertroulikheid;

• beoefen gesag met deernis;

• vermy enige vorm van vernedering, weerhou hom - / haarself van enige vorm van

mishandeling, hetsy fisies en / of psigologies;

• vermy onbehoorlike fisiese kontak met leerders;

• bevorder geslagsgelykheid;

• vermy enige vorm van seksuele afmatigende gedrag, hetsy fisies of andersyds, teenoor

leerders;

• vermy enige seksuele verhouding met enige leerder;

• sal gepaste taal gebruik en optrede handhaaf in hul interaksie met leerders, om sodoende

respek by leerders in te boesem;

• neem verantwoordelike besluite om die veiligheid van leerders te verseker;

• misbruik nie sy / haar posisie vir enige finansiële, politieke en / of persoonlike gewin nie;

• is nie nalatig, traag en lui in die uitvoering van sy / haar professionele verantwoordelikhede

nie;

• is altyd eerlik, opreg en regverdig in hul optrede teenoor leerders.

GEDRAG: PERSONEELLID TEENOOR DIE OUER

Die personeellid, waar van toepassing:

• erken ouers as vennote en bevorder ‘n verhouding van harmonie met hulle;

• waar van toepassing, doen alles prakties moontlik om ouers volledig en stiptelik ingelig te

hou rakende die welstand en vordering van hulle kind.

Page 17: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 17

GEDRAG: PERSONEELLID TEENOOR DIE GEMEENSKAP

Die personeellid:

• erken dat ‘n opvoedkundige inrigting die gemeenskap waarbinne dit gesetel is, dien en dat

daar ‘n verskeidenheid gebruike, kodes en gelowe binne so ‘n gemeenskap bestaan; en

• gedra hom- / haarself op so ‘n wyse dat die respek vir die verskeidenheid gebruike, kodes

en gelowe binne die gemeenskap gerespekteer word.

GEDRAG: PERSONEELLID TEENOOR SY / HAAR KOLLEGAS EN ONDERWYSERS

Die personeellid:

• weerhou hom- / haarself van die ondermyning van die status en gesag van enige kollega;

• respekteer en erken die verskeidenheid van verantwoordelikhede aan kollegas toegeken

met gesag daaruit voortspruitend, om sodoende die progressiewe verloop van die

opvoedkundige proses by die opvoedkundige inrigting te verseker;

• aanvaar regmatige prosedures vir die aanspreek van kwessies, professionele

onbevoegdheid en wangedrag;

• bevorder geslagsgelykheid;

• weerhou hom- / haarself van enige seksuele teistering, fisies of andersyds, van ‘n kollega;

• sal gepaste taal gebruik en optrede handhaaf in hul interaksie met kollegas;

• vermy enige vorm van vernedering, weerhou hom- / haarself van enige vorm van

mishandeling, hetsy fisies en / of sielkundig, teenoor enige kollega;

• is lojaal teenoor sy / haar skool, skoolhoof, onderwysers, kollegas, leerders en ouers.

GEDRAG: PERSONEELLID TEENOOR SY / HAAR WERKGEWER

Die personeellid:

• erken dat sekere verantwoordelikhede en gesag deur wetgewing in die werkgewer gesetel

is;

Page 18: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 18

• dien sy / haar werkgewer na die beste van sy / haar vermoë;

• weerhou homself / haarself van die kommunikeer van enige vertroulike en amptelike

aangeleenthede met ongemagtigde persoon / -e.

PERSONEEL EN WANGEDRAG

Rook

Volgens Wet, word rook verbied in alle ommuurde openbare plekke. Rook is spesifiek verbode in:

• Klaskamer / -sentrum waar leerders teenwoordig is.

• Personeelkamer.

• Administratiewe kantore.

• Enige skoolgebou waar leerders of nie- rokers teenwoordig is.

• Busse of enige amptelike skoolvoertuig waar leerders of nie-rokers vervoer word.

Alkoholgebruik

Alkoholgebruik is verbode:

• Tydens werksure, uitgesluit uitsonderlike goedgekeurde funksies wat tydens skoolure

aangebied word byvoorbeeld die Graad 7 ete vir personeel.

• Terwyl skoolvoertuie bestuur word.

• In situasies waar dit aanstoot kan gee of die beroep se integriteit in gedrang kan bring.

Page 19: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 19

D.

GEDRAGSKODE VIR NIE-PERSONEELLEDE

Nie-personeellede (kontrakteurs en diensverskaffers) sal poog om te alle tye die beste belange

van die skool te bevorder deur homself of haarself te weerhou van enige handeling of versuim wat

die belange van die skool benadeel of waarskynlik kan benadeel.

• Geen handeling of versuim sal verrig word wat die goeie naam, die regte of die statutêre rol

in die onderwys van die beheerraad, ʼn persoon in diens by die skool, of ʼn leerder of ouer

van die skool onredelikerwys benadeel of waarskynlik kan benadeel nie;

• Bevorder geslagsgelykheid en weerhou hom- / haarself van teistering (fisies of andersins)

van onderwysers, personeellede en in besonder leerders;

• Erken dat sy of haar professionele pligte binne ʼn konteks van samewerking met en

ondersteuning van onderwysers en personeellede uitgevoer word, en tree dus so op dat dit

die waardigheid en status van die professie bevorder.

DIE REGTE VAN DIE NIE-PERSONEEL

Soos elke burger van die land, het nie-personeellede sekere regte wat beskerm word binne die

Grondwet. Die fundamentele regte van nie-personeellede word verder beskerm deur die beginsels

van die gemenereg en nasionale wetgewing.

Ek, as nie-personeellid, weet ek is geregtig op die volgende:

• Gelykheid.

• Menswaardigheid.

• Privaatheid en om my lewe te lei met die minimum inmenging. Dit omvat privaat, gesins- en

huislike lewe; fisiese en morele integriteit; eer en reputasie. My reg op privaatheid behels

ook dat ek die reg het om nie in ‘n swak lig of in die verleentheid gestel te word nie en die

reg het op aanspraak op vertroulikheid.

• Vryheid van geloof en mening.

Page 20: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 20

• Vryheid van uitdrukking: My reg op uitdrukking kan egter beperk word in soverre dit ander

persone se regte of vryhede bedreig, of in belang van onderwys is.

• Vryheid van assosiasie.

• Politieke regte.

• Arbeidsregte.

• Taal en kultuur.

• Beskerming van en respek vir my waardigheid as nie-personeellid. Ek is gedagtig daaraan

dat hierdie verhouding nie afgedwing kan word nie, maar deur my optrede verdien moet

word.

• My regte as nie-personeellid word egter altyd opgeweeg teenoor dit wat in die beste belang

van die behoud van ‘n effektiewe, samehorige onderwys en leeromgewing is.

Leerderoptrede wat in stryd is met my regte as nie-personeellid moet altyd beoordeel word

teen die agtergrond van die eienskappe eie aan dié van ‘n leerder, naamlik:

o Gebrek aan oordeel.

o Gebrek aan rasionele denke.

o Emosionele onvolwassenheid.

o Impulsiewe gedrag.

Ek, die nie-personeellid, verklaar voorts:

1. Ek besef dat dit ‘n voorreg is om in verbintenis met Laerskool Jan van Riebeeck te wees.

Daarom belowe ek:

• Om my beste te lewer vir die skool.

• Om betyds te wees.

• Om my werk na die beste van my vermoë te verrig.

• Om die skoolreëls toe te pas.

• Om te alle tye professioneel teenoor leerders, onderwysers, personeel, nie-personeel en

ouers op te tree.

• Om altyd konsekwent op te tree.

Page 21: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 21

2. Laerskool Jan van Riebeeck het ‘n grootse naam en geskiedenis. Daarom onderneem ek:

• Om ongeag waar ek is, so op te tree dat die skool se goeie naam nie skade ly nie.

• Om ‘n voorbeeld te stel met my optrede binne en buite die skoolgronde.

• Om professioneel aanvaarbare kleredrag en voorkoms te handhaaf tydens werksure.

3. Ek is ‘n individu en volwassene in eie reg. Daarom gaan ek:

• My weerhou van enige negatiewe gedrag, kwaadpraat en skinderstories teenoor die

onderwysers, personeellede, nie-personeellede, alle leerders en ouers.

• Onderwysers en personeel te ondersteun en deel te wees van die Laerskool Jan van

Riebeeck span.

• Ander se reg op regverdigheid, respek en sukses te erken.

GEDRAG: NIE-PERSONEELLID TEENOOR DIE LEERDER

Die nie-personeellid:

• respekteer die waardigheid, geloof en grondwetlike regte van leerders, insluitende die reg

op privaatheid en vertroulikheid;

• beoefen gesag met deernis;

• vermy enige vorm van vernedering, weerhou hom - / haarself van enige vorm van

mishandeling, hetsy fisies en / of psigologies;

• vermy onbehoorlike fisiese kontak met leerders;

• bevorder geslagsgelykheid;

• vermy enige vorm van seksuele afmatigende gedrag, hetsy fisies of andersyds, teenoor

leerders;

• vermy enige seksuele verhouding met enige leerder;

• sal gepaste taal gebruik en optrede handhaaf in hul interaksie met leerders, om sodoende

respek by leerders in te boesem;

• neem verantwoordelike besluite om die veiligheid van leerders te verseker;

• misbruik nie sy / haar posisie vir enige finansiële, politieke en / of persoonlike gewin nie;

Page 22: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 22

• is nie nalatig, traag en lui in die uitvoering van sy / haar professionele verantwoordelikhede

nie;

• is altyd eerlik, opreg en regverdig in hul optrede teenoor leerders.

GEDRAG: NIE-PERSONEELLID TEENOOR DIE OUER

Die nie-personeellid, waar van toepassing:

• erken ouers as vennote en bevorder ‘n verhouding van harmonie met hulle;

• waar van toepassing, doen alles prakties moontlik om ouers volledig en stiptelik ingelig te

hou rakende die welstand en vordering van hulle kind.

GEDRAG: NIE-PERSONEELLID TEENOOR DIE GEMEENSKAP

Die nie-personeellid:

• erken dat ‘n opvoedkundige inrigting die gemeenskap waarbinne dit gesetel is, dien en dat

daar ‘n verskeidenheid gebruike, kodes en gelowe binne so ‘n gemeenskap bestaan; en

• gedra hom- / haarself op so ‘n wyse dat die respek vir die verskeidenheid gebruike, kodes

en gelowe binne die gemeenskap gerespekteer word.

GEDRAG: NIE-PERSONEELLID TEENOOR ONDERWYSERS EN PERSONEELLEDE

Die nie-personeellid:

• weerhou hom- / haarself van die ondermyning van die status en gesag van enige

onderwyser en / of personeellid;

• respekteer en erken die verskeidenheid van verantwoordelikhede aan onderwysers en / of

personeellede toegeken met gesag daaruit voortspruitend, om sodoende die progressiewe

verloop van die opvoedkundige proses by die opvoedkundige inrigting te verseker;

• aanvaar regmatige prosedures vir die aanspreek van kwessies, professionele

onbevoegdheid en wangedrag;

Page 23: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 23

• bevorder geslagsgelykheid;

• weerhou hom- / haarself van enige seksuele teistering, fisies of andersyds, van ‘n

onderwyser en / of pesoneellid;

• sal gepaste taal gebruik en optrede handhaaf in hul interaksie met ondewyers en / of

personeellede;

• vermy enige vorm van vernedering, weerhou hom- / haarself van enige vorm van

mishandeling, hetsy fisies en / of sielkundig, teenoor enige onderwyser en / of personeellid;

• is lojaal teenoor die skool, skoolhoof, onderwysers, personeellede, leerders en ouers.

GEDRAG: NIE-PERSONEELLID TEENOOR SY / HAAR WERKGEWER (DIE SKOOL)

Die nie-personeellid:

• erken dat sekere verantwoordelikhede en gesag deur wetgewing in die werkgewer (die

skool) gesetel is;

• dien sy / haar werkgewer na die beste van sy / haar vermoë;

• weerhou hom- / haarself van die kommunikeer van enige vertroulike en amptelike

aangeleenthede met ongemagtigde persoon /-e.

NIE-PERSONEEL EN WANGEDRAG

Rook

Volgens Wet, word rook verbied in alle ommuurde openbare plekke. Rook is spesifiek verbode in:

• Klaskamer / -sentrum waar leerders teenwoordig is.

• Personeelkamer.

• Administratiewe kantore.

• Enige skoolgebou waar leerders of nie- rokers teenwoordig is.

• Busse of enige amptelike skoolvoertuig waar leerders of nie-rokers vervoer word.

Page 24: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 24

Alkoholgebruik

Alkoholgebruik is verbode:

• Tydens werksure, uitgesluit by uitsonderlike goedgekeurde funksies wat tydens skoolure

aangebied word, byvoorbeeld die Graad 7 ete vir personeel.

• Terwyl skoolvoertuie bestuur word.

• In situasies waar dit aanstoot kan gee of die beroep se integriteit in gedrang kan bring.

E.

OUER VERANTWOORDELIKHEID EN BETROKKENHEID

INLEIDING:

Die ouer bly die primêre opvoeder van die leerder en is dus primêr verantwoordelik vir die

opvoeding van die leerder. Hierdie primêre verantwoordelikheid mag nie sonder meer in die hande

van die skool gelaat word nie. Die skool, as verlengstuk van die ouerhuis, daarenteen, behartig

veral die deel van die opvoedingstaak wat weens die gespesialiseerde aard daarvan, nie geredelik

deur die ouers uitgevoer kan word nie. Die skool en die gesin het elkeen hul eie taak om te vervul

en die een kan nie die taak van die ander een suksesvol oorneem nie. Tog is hulle ten nouste

bymekaar betrokke en word hulle onvervreembare bondgenote in die opvoeding van die leerders.

Ouerbetrokkenheid by die skool word bepaal deur die kwaliteit van die ouer se betrokkenheid by sy

eie kind. Ouerbetrokkenheid begin in die gesin en die ouer wat nie by sy / haar kind betrokke is

nie, sal moeilik tot betrokkenheid by die skool gemotiveer word. Volwasse ouerbetrokkenheid

veronderstel verstandige besluite en duidelike aanvaarbare riglyne aan die leerders oor wat mag

en nie mag nie, oor werkshouding, getrouheid, entoesiasme, pligsbesef, verantwoordelikheid,

vryetydsbesteding, optrede teenoor onderwysers en maats, aanleer van maniere en etiket, en die

opneem van ‘n eie aanvaarbare lewenshouding.

Page 25: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 25

Elke ouer van Laerskool Jan van Riebeeck verbind hulle tot:

• Die opvoeding van leerders tot verantwoordelike en selfstandige besluitnemers;

• Die kweek van ‘n pligsbesef by leerders;

• Die handhawing van dissipline by leerders;

• Die behandeling van onderwysers, personeel en bestuur met respek;

• Die aanvaarding van die skoolreëls en beleide en die bevordering daarvan by die leerders;

• Die respek vir die skoolomgewing en die skoolfasiliteite;

• Die erkenning van multikulturaliteit van mede-ouers en dat hulle so sal optree dat hulle nie

die menswaardigheid van ander ouers sal aantas nie;

• Respek vir personeel en besoekers. Die bydraes tot die gladde verloop van die

skoolorganisasie deur administratiewe personeel en terreinwerkers word hoog aangeslaan

en daarom sal ouers die personeel met agting hanteer.

REGTE VAN OUERS

Ek, as ouer, weet ek is geregtig op die volgende:

• Om op die beheerraad te dien indien demokraties verkies;

• Om te verwag dat die standaard van onderwys korrek en in lyn is met die beginsels soos

vervat in die Skolewet;

• Gereeld op hoogte gehou te word ten opsigte van die vordering van my kind by die skool

aktiwiteite of gedragsafwykende gedrag indien dit geopenbaar word;

• Enige probleme met die onderwyser of die skoolhoof te bespreek, maar op so ‘n manier dat

die integriteit van geen persoon afgekraak word nie / sy of haar regte nie aangetas word

nie;

• Deel te neem in die besluitnemingsprosesse en funksies soos van tyd tot tyd deur die skool

verlang.

Page 26: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 26

VERANTWOORDELIKHEDE VAN OUERS

Ek, as ouer, weet ek is verantwoordelik vir die volgende:

• Om die gedragskode van die skool te ondersteun en so op te tree dat die waardes van die

skool gereflekteer word.

• Om die skoolhoof te ondersteun in sy besluite en bestuur van die skool en ek sal die

vrymoedigheid hê om enige probleme of verskille met die hoof te bespreek.

• Om met onderwysers in gesprek te tree indien ek ‘n probleem by / met die skool ervaar.

• Om die openbare beeld van die skool te bevorder en ‘n positiewe boodskap uit te dra na

potensiële kliënte / ouers van die skool.

• Om hartlik ondersteunend saam te werk met die leerder se onderwysers tot voordeel van

die leerder sonder om oor te neem of in te meng op die terrein van die skool.

• Om die onderwysers te erken as plaasvervangende ouers en alles in my vermoë te doen

om die onderwysers se gesag te ondersteun en om die leerder se vertroue in die

onderwysers te verstewig en die verhouding tussen skool en ouerhuis te bevestig.

• Om eers die skool of betrokke onderwyser te spreek as ek ongelukkig is oor iets by die

skool en nie by die eerste geleentheid na die media te hardloop nie. Ek besef dat berigte in

die media die skool se openbare beeld onnodig kan skaad, terwyl die probleem maklik by

die skool opgelos kon word.

• Om aan leerders ‘n veilige en geborge opvoeding te gee waarmee die leerders se volle

potensiaal ontwikkel kan word;

• Om toe te sien dat leerders elke dag skool bywoon en indien hulle afwesig is, dit onder die

aandag van die skool te bring. Indien ‘n leerder vroeg die skool moet verlaat weet ek dat ek

persoonlik die nodige reëlings moet tref en die leerder persoonlik by die kantoor gaan

afhaal;

• Om toe te sien dat leerders betyds afgehaal word aan die einde van die skooldag of

wanneer na-ure aktiwiteite plaasvind soos uitstappies, sportgeleenthede of sosiale

geleenthede. Dit bly my verantwoordelikheid om leerders by die skool af te haal na

skoolsluiting omdat die skool nie verantwoordelikheid kan neem vir leerders na-ure nie.

• Om toe te sien dat gereelde akademiese rapporte van die vordering van die leerder

ontvang word en dit ook met die onderwyser en die leerder te bespreek;

Page 27: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 27

• Om die skool se ouervergaderings by te woon en ek is bereid om die waarheid oor leerders

te aanvaar tydens ouervergaderings wanneer daar op ‘n eerlike wyse oor die leerder se

vordering en gedrag gepraat word.

• Om die skool se omsendbriewe te lees en daarop te reageer as daar afskeurstrokies

betrokke is.

• Om toe te sien dat leerders leer vir toetse of assesseringsgeleenthede.

• Om gereeld leerders se huiswerkboeke na te gaan en handtekeninge aan te bring indien

daar so ‘n versoek gerig word.

• Om leerders se toetse te teken indien deur die skool so versoek.

• Om nie onderwysers of personeel te probeer omkoop om sekere gunste aan leerders te

bewys nie.

• Om toe te sien dat die leerder gesond en skoon is en dat hy / sy geimmuniseer is soos

vereis deur die Gesondheidsdepartement.

• Om toe te sien dat leerders die nodige toerusting het om hulle klaswerk en huiswerk te

doen.

• Om enige veranderinge in die leerder se huislike omstandighede onder die skool se

aandag te bring.

• Om die skool te voorsien met die korrekte telefoonnommers, adresse en

geboortesertifikate.

• Om gereeld en betyds leerders se skoolgeld te betaal of reëlings met die Finansiële

Komitee te tref.

• Om ‘n positiewe houding te kweek tussen die leerder, die onderwyser en die skool deur

aktief betrokke te raak by die aktiwiteite van die skool.

• Om enige skade aan die gebou en ander toerusting aangerig deur leerders te vervang of te

herstel.

• Om ‘n algemene vrywaringsvorm te onderteken voordat die leerder aan enige aktiwiteite by

die skool mag deelneem of met ‘n bus vervoer mag word.

• Om die skool te ondersteun wanneer die skool sekere veiligheidsmaatreëls instel om die

leerders se veiligheid te verseker.

• Om toe te sien dat leerders in die korrekte skooldrag skool bywoon.

• Om funksies en gesellighede van die skool te ondersteun soos ouer-kind geleenthede,

kampe en ander aktiwiteite wat vir die skoolgemeenskap gereël word.

Page 28: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 28

• Die beheerraad, as die verteenwoordigers van die ouers, onderwysers en die personeel,

moet verseker dat daar goeie kommunikasie tussen die skool en die ouerhuis bestaan

sodat die ouers hulle insette in die bestuur van die skool kan lewer.

• In enige wederregtelike optrede sal die bestaande landswette geld.

BETROKKENHEID BY BUITEMUURSE AKTIWITEITE EN SPORTBYEENKOMSTE

Die deelname van leerders aan enige buitemuurse aktiwiteite is ‘n voorsetting van die

opvoedingsproses en daarom is dit van uiterse belang dat die optrede van ouers langs die baan /

veld nie aanstoot gee nie.

Ouers onderneem dus om hulself te weerhou van opmerkings teenoor die skeidsregters en ander

toeskouers tydens sportbyeenkomste. Hulle onderneem ook om hulself te weerhou van

geweldadige, onwelvoeglike en lasterlike taal en gedrag. In hierdie verband raadpleeg die

volledige sportbeleid.

BESOEKE AAN DIE SKOOL OM ONDERWYSERS TE SPREEK

Ouers onderneem om vooraf ‘n afspraak te reël. Ouers moet te alle tye by die kantoor aanmeld en

geen ouer mag DIREK na ‘n onderwyser se klas gaan nie, want dit is steurend en bring ook mee

dat al die ander leerders in die klas se onderrig onderbreek word. Indien die skoolhoof teenwoordig

moet wees, moet ouers ‘n afspraak by die sekretaresse maak.

PROSEDURE OM TE VOLG BY NIE-NAKOMING VAN GEDRAGSKODE

• In gevalle waar leerders, personeel en / of ouers van mening is dat ‘n ander leerder,

personeellid of ouer nie aan die gedragskode voldoen nie, moet die klagte skriftelik aan die

skoolhoof en die beheerraadsvoorsitter gestuur word, waarna die aangeleentheid

ondersoek sal word en aksie, indien nodig, geneem sal word.

• Leerders wat in gebreke bly om aan die bepalings van die gedragskode te voldoen, sal in

terme van Aanhangsel A gedissiplineer word.

Page 29: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 29

• Personeel en Nie-Personeel wat in gebreke bly om aan die bepalings van die gedragskode

te voldoen, sal in terme van hulle dienskontrakte op die arbeidswetlike wyse aangespreek

word.

• Ouers wat in gebreke bly om die voorwaardes van die gedrasgskode na te kom, sal deur

die beheerraad genooi word vir ‘n gesprek in die verband. Ouers wat volhard in die nie-

nakoming van die gedragskode kan sekere geleenthede by die skool belet word.

GEDATEER TE KAAPSTAD OP HIERDIE __ DAG VAN ___________ 2015.

As leerder:

_____________________________ _______________________

VOLLE NAME EN VAN HANDTEKENING

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

As ouer:

_____________________________ _______________________

VOLLE NAME EN VAN HANDTEKENING

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

As onderwyser:

_____________________________ _______________________

VOLLE NAME EN VAN HANDTEKENING

Page 30: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 30

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

As personeellid:

_____________________________ _______________________

VOLLE NAME EN VAN HANDTEKENING

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

As nie-personeellid:

___________________________ _______________________

VOLLE NAME EN VAN HANDTEKENING

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Page 31: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 31

AANHANGSEL “A”

VOLLEDIGE GEDRAGSREËLS EN DISSIPLINE BELEID VIR LEERDERS

Deel 1: ETIEKKODE

Die leerder verbind hom / haar plegtig tot die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, en

onderneem om die reg en die regstelsel te respekteer, te onderhou en te bevorder.

Die leerder verbind hom / haar daartoe om:

• Die gedragskode, gedragsreëls en alle ander reëls, regulasies en beleide van Laerskool

Jan van Riebeeck getrou na te kom;

• hoë morele en etiese standaarde te handhaaf;

• daarna te streef dat sy / haar optrede altyd verantwoordelik en ter bevordering van die

skool se goeie naam sal wees;

• skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en toewyding te doen; en

• die nodige hoflikheid en respek teenoor alle personeel, medeleerders en besoekers te

betoon.

Die leerder onderwerp hom / haar aan enige dissiplinêre maatreël indien die leerder sou versuim

om enige bepaling of maatreël in die skool se gedragskode na te kom.

Page 32: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 32

Deel 2: GEDRAGSREËLS

1. INLEIDING

Hierdie dokument is aanvullend tot die Gedragskode van Laerskool Jan van Riebeeck,

soos die beheerraad dit op ____________________ goedgekeur het.

2. DOEL

Hoewel die Staat verplig bly om opvoeding beskikbaar en toeganklik te maak, moet dit

aangevul word met die toewyding en verbintenis van verantwoordelike rolspelers, naamlik

onderwysers, leerders en ouers. Hierdie gedragsreëls is bedoel om sodanige toewyding en

verbintenis te bevorder.

Die doel van hierdie gedragsreëls is om ʼn gedissiplineerde en doelgerigte skoolomgewing

te vestig wat toegewyd is aan die bevordering en handhawing van die gehalte van die

leerproses.

Die gedragsreëls onderskryf die skool se missiestelling naamlik dat die skool streef na die

grootste mate van geluk vir almal wie by die Laerskool Jan van Riebeeck betrokke is:

leerders, onderwysers, personeel en ouers. Die skool poog om vir leerders ‘n veilige hawe

te skep en in vennootskap met die ouers kwaliteitonderrig te bied en só die leerders te

begelei om hul volle potensiaal te verwesenlik.

Leerders en hul ouers / voogde moet hulself vergewis van die skool se gedragskode, alle

beleide en die bepalings daarvan. Sodra leerders by die skool ingeskryf is, is hulle

onderworpe aan die gedragskode, gedragsreëls en alle ander beleide, en moet hulle dit

stiptelik nakom. Indien leerders die gedragskode, gedragsreëls of enige ander beleid

oortree of minag, sal daar ooreenkomstig die dissiplinêre prosedure vir leerders teen hulle

opgetree word.

Page 33: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 33

3. GEDRAGSREËLS

3.1 Leerders sal hulle te alle tye as goeie ambassadeurs van die skool en

ooreenkomstig die etiekkode van die skool gedra. Terwyl leerders in die skool se

drag of enige gedeelte daarvan geklee is wat voldoende is om hulle in die oë van

die publiek met die skool te verbind, of terwyl leerders die skool verteenwoordig,

hetsy direk of indirek, hetsy as deelnemers, ondersteuners, helpers, toeskouers of

andersins, sal hulle hulself van enige gedrag weerhou wat die skool, personeel of

hul medeleerders in ʼn slegte lig kan stel.

3.2 Leerders mag geen liggaamsdeel van hulself of mede-leerders met penne bekrap

nie.

3.3 In hul wisselwerking met die skoolhoof, adjunkhoof, onderwysers en ander

skoolpersoneel, moet leerders te alle tye die nodige hoflikheid en respek betoon en

hulle weerhou van optrede wat op oneerbiedigheid of opstandigheid neerkom.

3.4 In hul wisselwerking met mekaar, moet leerders sover moontlik selfbeheersing aan

die dag lê en wedersydse respek en verdraagsaamheid betoon. In die besonder

moet leerders hulle weerhou van enige gedrag wat daarop gemik is om die fisiese,

geestelike en morele welstand van enige ander leerder te skend, of wat daartoe kan

aanleiding gee. Enige seksuele of onbehoorlike fisiese kontak tussen leerders op

die skoolterrein of enige ander plek waar hulle as leerders van die skool uitgeken

kan word, is streng verbode.

3.5 ʼn Onderwyser van die skool sal oor dieselfde regte as ʼn ouer beskik wat betref die

beheer en dissipline van die leerder volgens die gedragskode, sowel gedurende die

leerder se skoolbywoning as gedurende enige skoolaktiwiteit.

3.6 Leerders mag nie tydens skoolure in enige klaskamer, saal, biblioteek of

rekenaarsentrum sonder toestemming eet of drink nie. Die kou van kougom

gedurende skoolaktiwiteite is verbode. Leerders mag wel water uit ‘n toe houer

drink.

3.7 Die gebruik van selfone en ander elektroniese toerusting gedurende skoolaktiwiteite

en op die skoolterrein is streng verbode, tensy dit deur die onderwyser vir

doeleindes van onderrig aangedui word. Oproepe mag slegs in noodgevalle en met

die toestemming van die registeronderwyser / skoolhoof gemaak word. (Sien

selfoonbeleid)

Page 34: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 34

3.8 Die rook, besit, gebruik of verspreiding van tabakmiddels, drank, ander alkoholiese

middels of dwelmmiddels op die skoolterrein of gedurende enige skoolaktiwiteit of

wanneer leerders in skooldrag geklee is of wanneer leerders by skoolfunksies is, is

verbode.

3.9 In die geval van ʼn redelike vermoede dat leerders hulself aan ʼn oortreding van

hierdie gedragskode, gedragsreëls of die landswette skuldig gemaak het, het die

skoolhoof of ʼn onderwyser die reg om sodanige leerders en / of die eiendom in hul

besit vir enige tabakmiddels, alkoholiese middels, gevaarlike wapens, gewere,

dwelms of ander skadelike en gevaarlike middels, gesteelde goedere of

pornografiese materiaal te deursoek wat die leerders moontlik op die skoolterrein

kon bring asook enige person aan wie dit versprei is. Sodanige leerders se

menswaardigheid sal deurentyd gerespekteer word, en dus sal die deursoeking

privaat, deur persone van dieselfde geslag, en in die teenwoordigheid van ‘n

verdere persoon geskied. Die deursoekingsproses en -uitkoms moet aangeteken

word. Leerders se eiendom bv. hulle tasse kan ondersoek word op enige geleë tyd.

Dit moet ook aangeteken word in die leerders se dissipline / gedragsprofielvorm.

3.10 Enige optrede wat die administrasie, dissipline of doeltreffendheid van die skool

onbillik benadeel, sal as ʼn oortreding van die gedragskode en die gedragsreëls

beskou word.

3.11 Skuldigbevinding deur ʼn hof aan ʼn strafregtelike oortreding sal as ʼn oortreding van

die gedragskode en gedragsreëls beskou word.

3.12 Oortredings wat tot skorsing en/of uitsetting mag lei afhangende van die grad, erns

en frekwensie, sluit in, maar is nie beperk nie tot:

• optrede wat ander se veiligheid bedreig en wat die regte van ander skend;

• die besit, dreigement of gebruik van gevaarlike wapens; die besit, gebruik,

verhandeling of sigbare bewys van narkotiese of ongemagtigde dwelms, alkohol en

bedwelmende middels van enige aard;

• bakleiery, aanranding of mishandeling; onsedelike gedrag of ʼn gevloek; die

aanneem of voorhou van ʼn vals identiteit; enige vorm van haatspraak, seksisme,

rassisme of ander antisosiale gedrag;

• diefstal of die besit van gesteelde goedere, wat die diefstal of besit van toets- of

eksamenvraestelle voor sodanige toets of eksamen insluit; onregmatige optrede

Page 35: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 35

teenoor en/of vandalisme, die vernietiging of beskadiging van skooleiendom wat die

aanbring van graffiti sou insluit;

• oneerbiedigheid, aanstootlike gedrag en verbale mishandeling gerig teen

onderwysers of ander skoolpersoneel of -leerders; herhaalde oortredings van

skoolreëls of die gedragskode en gedragsreëls;

• strafregtelike en onderdrukkende gedrag, soos verkragting, geslagsgebaseerde

teistering en/of vervaardiging, besit en/of verspreiding van pornografie; viktimisasie,

afknouery en intimidasie van ander leerders; die oortreding van eksamenreëls; en

opsetlike en bewuste verstrekking van vals inligting, of die vervalsing van

dokumente, ten einde onbehoorlike voordeel te bekom.

4. KLASREËLS

4.1 Die klasonderwyser moet, ná oorleg met die leerders sowel as hul ouers, klasreëls

opstel wanneer die gedragskode en gedragsreëls aanvaar word, en aan die begin

van elke daaropvolgende skooljaar.

4.2 Die klasreëls moet skriftelik opgestel word en –

4.2.1 onmiddellik by die skoolhoof ingedien word;

4.2.2 in duidelik leesbare skrif op ʼn prominente plek in die klaskamer aangebring

word; en

4.2.3 aan alle leerders en hul ouers beskikbaar gestel word.

4.3 Leerders moet stiptelik en volledig voldoen aan die klasreëls sowel as enige

mondelinge opdragte wat die klasonderwyser of enige personeellid gee, en wat

redelikerwys noodsaaklik is om die gedragskode en gedragsreëls uit te voer en / of

om die skool behoorlik en professioneel te bestuur.

4.4 Enige oortreding van die klasreëls sal as ʼn oortreding van die gedragskode en

gedragsreëls beskou word.

5. REËLS MET BETREKKING TOT VOORKOMS EN SKOOLDRAG

5.1 Skooldrag - Sien in hierdie verband die Kleredragbeleid.

5.2 Hare – Sien in hierdie verband die Kleredragbeleid.

5.3 Naels – Sien in hierdie verband die Kleredragbeleid.

Page 36: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 36

5.4 Juweliersware – Sien in hierdie verband die Kleredragbeleid.

5.5 Sivviedae – Sien in hierdie verband die Kleredragbeleid.

5.6 Sportdrag – Sien in hierdie verband die Kleredragbeleid.

5.7 Tasse: Tasse moet boeke beskerm. Geen tasse mag bekrap word nie. Indien

handboeke of handleidings beskadig word, sal van ouers verwag word om die

vervangingskoste te betaal.

6. ALGEMENE OPTREDE

Daar word van leerders van Laerskool Jan van Riebeeck verwag dat hulle te alle tye

vriendelik en hulpvaardig moet wees. Enige besoeker moet vriendelik gegroet word en

gevra word of hy / sy gehelp kan word.

7. OPTREDE TYDENS KLASWISSELING

7.1 Leerders beweeg vinnig in enkelgelid van die een klas na die volgende. Gesels in

groepe of kleedkamerbesoeke gedurende klaswisseling is nie toelaatbaar nie. Die

klas moet as groep binne 5 minute van een klas na die ander verwissel. As vyf

minute verstreke is, sal leerders wie laat was sonder ‘n grondige verskoning, se

name aangeteken word op die dissipline / gedragsprofielvorm.

7.2 Die reël van “hou links, gaan regs verby” moet toegepas word.

7.3 Die volgende is verbode tydens klaswisseling:

Oortreding

7.3.1 Stampery en pootjie van leerders

7.3.2 Oopmaak van ander leerders se tasse en wegsteek van ander leerders se

tasse of besittings

7.3.3 Hardlopery

7.3.4 Om verkeer op die stoepe te vergemaklik, moet leerders links hou op die

trappe en stoepe. Gedurende klaswisseling moet die leerders hierby bly.

7.3.5 Speel met voorwerpe soos rugby / netbal balle, ens.

Page 37: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 37

Straf

Indien 'n kind hom of haar aan een van die bogenoemde skuldig maak, sal sy / haar naam

in die dissipline- / gedraglêer geskryf word. Elke onderwyser het sy of haar eie lêer.

8. OPTREDE IN KLASSE

Intersenfase - Graad 4 – 7

8.1 Leerders stap dadelik in 'n klas in as dit leeg is, of staan netjies voor die klas.

Laat 'n ruimte vir ander klasse om verby te kom.

Geen sakke mag in gange gelaat word nie.

Leerders word aangemoedig om hulle sakke en ander sportapparaat eerder in hul

registerklasse te los.

8.2 Leerders sit dadelik en pak hulle boeke uit - geen rondlopery of speletjies in die klas

nie. Na die vyf minute klaswisseling moet die leerders stil wees - reg vir onderrig.

8.3 Na die verloop van die klas, as die klok lui en die onderwyser opdrag gegee het om

in te pak, laat die onderwyser die leerders verdaag op ‘n ordelike wyse. Die

onderwyser moet met klaswisseling buite sy / haar deur staan om toe te sien dat dit

ordelik geskied.

8.4 Indien 'n onderwyser die klas tydens 'n lesperiode vir 'n oomblik moet verlaat, word

daar van die leerders verwag om rustig aan te gaan. Die hulp van klasleiers word

hier gevra.

8.5 Afkondigings: As daar afkondigings gemaak word, moet leerders stil sit om te

luister.

8.6 Geen leerders skree 'n antwoord uit nie. Hy / sy steek hul hand op om te antwoord.

8.7 Geen etery en koeldrank drinkery sonder toestemming word in klasse toegelaat nie.

Dit sluit kougom in. Leerders mag 'n bottel water in die klas hê om te drink behalwe

Page 38: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 38

in die biblioteek, kunsklas en rekenaarlokaal. Indien hulle water mors, moet hulle dit

self skoonmaak.

8.8 Indien daar 'n ander volwassene 'n klas binnekom, moet die leerders gelyktydig

opstaan en vriendelik groet.

8.9 Leerders moet hul eie skêre, boeke, gom en ander skryfbehoeftes hê. Om te leen

veroorsaak probleme.

Grondslagfase – Gr. 1 – 3

Geen detensie nie, tensy in uiterste gevalle.

Strawwe moet regverdig wees en dit moet ouderdomsgepas wees.

Stel ‘n lys van klasreëls op:

• Fluister.

• Moenie rondloop of hardloop in klas.

• Steek hand op/ mag nie uitskree nie.

• Luister na mekaar / respekteer mekaar.

• Respekteer mekaar se goed / los ander se goed uit.

• Luister vir onderwyser / bly stil as onderwyser praat.

• Geen boelie-gedrag / geen slaan, stamp, lelike goed toesnou.

• Stilte terwyl ons werk.

• Stilte wanneer interkom aangaan.

Gevolge van die herhaalde oortreding van bogenoemde reëls:

• Vir die eerste keer word die leerder se naam op die bord geskryf en ‘n

kolletjie langs sy/haar naam gemaak.

• Vir elke 3 waarskuwings kry die leerder ‘n kruisie. Dus: Jan • • • x

• Na 3 kruisies kry ‘n leerder ‘n “slegte nuus” briefie.

• Na 3 “slegte nuus” briefies, kry ‘n leerder ‘n waarskuwingsbrief.

• Daarna volg ‘n gesprek tussen die ouers en die klasonderwyser.

• Dié prosedure word elke week gevolg. Leerders begin dus elke Maandag

met ‘n skoon kaart.

Page 39: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 39

• Die leerder kry ook ‘n pouse ‘time-out’.

• Indien die gedrag steeds voortgaan, sal daar ‘n gesprek tussen die ouers,

klasonderwyser en skoolhoof wees.

• Vir ontwrigtende gedrag in die klas, kan ‘time-out’ ook gegee word. Dit kan

wees vir ontwrigtende gedrag of lelike gedrag teenoor maats.

• Die ‘time-out’ kan vir 3 tot 5 minute wees in die klas.

• Vir boelie-gedrag, of as ‘n leerder reeds 3 keer sy / haar sivvie voorreg

verloor het, kan dit ook ‘n ‘time-out’ wees voor die kantoor of naby die

leerkrag op diens. Die leerder mag sy / haar toebroodjies eet en toilet toe

gaan. Die leerder mag nie met die ander leerders speel gedurende pouse

nie.

9. OPTREDE TYDENS SAALOPENING EN ANDER SAALPERIODES

9.1 Leerders stap saam met onderwyser in rye saal toe. Dogters stap links en seuns

stap regs in. Onderwysers help dat dit ordelik geskied.

9.2 Geen leerder mag in die saal gesels nie, almal sing totdat opening begin.

9.3 Die volgende is nie toelaatbaar in die saal nie:

9.3.1 Vroetel terwyl daar gepraat word.

9.3.2 Speel met mekaar se hare.

9.3.3 Praat in plaas van sing.

9.3.4 Kosblikke, balle, kolwe, ens. moet in die klaskamers gelaat word.

9.3.5 Geen selfone of ander elektroniese toerusting word in die saal toegelaat nie,

tensy dit vir ‘n ander doel gebruik of benodig word.

9.3.6 Geen leerder word van saalopening en ander saalperiodes verskoon, sonder

toesig of toestemming van 'n personeellid nie.

9.4 Die saal word van voor en agter ontruim - twee rye ontruim die saal gelyktydig.

9.5 Leerders stap netjies in rye tot by die klas. Geen leerder mag in die saal wees

sonder 'n onderwyser se toesig nie.

Page 40: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 40

10. OPTREDE TYDENS POUSES

10.1 Leerders moet op die terrein speel wat aan hul toegeken is. (raadpleeg

terreindiensrooster vir die speelgrondverdeling van die terrein)

10.2 Leerders mag nie deelneem aan gevaarlike sportsoorte / speletjies gedurende

pouses nie.

10.3 Geen kontaksport bv. duikrugby of “stinger” word toegelaat nie.

10.4 Indien 'n leerder 'n besering opdoen gedurende pouse, moet die onderwyser aan

diens onmiddellik in kennis gestel word deur mede-leerders, waarna die onderwyser

die besering by die skoolsekretaresse sal aanmeld.

10.5 Daar mag geensins met balle gespeel word tussen die geboue, in die saal en naby

motors nie.

10.6 Geen leerder word tydens pouses in die saal, voorportaal of klaskamers toegelaat

nie.

10.7 Leerders moet terrein skoon hou - geen rommelstrooiing nie.

10.8 Geen leerder word toegelaat om tydens enige pouses met sy / haar skaatsplank op

die skoolterrein te ry nie.

10.9 Geen leerder word sonder ouerlike toesig by die herwinningsarea toegelaat nie. Dit

geld te alle tye en nie slegs vir pouses nie.

11. REËNDAE

11.1 Op reëndae wanneer leerders genoodsaak is om pouses en soggens voor skool in

die gange (waar onderrig by die volgende klaskamer sal geskied) te wag, moet

leerders rustig en ordelik daar bly.

11.2 Geen rondhardlopery en / of balspele word in die gange toegelaat nie.

12. VEILIGHEID

12.1 Leerders moet vreemde persone wat op die skoolgronde rondloop, onmiddellik

aanmeld by die kantoor.

12.2 Leerders moet binne die terrein vir hulle ouers wag.

Page 41: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 41

12.3 Geen leerder mag die skoolterrein verlaat sonder die toestemming van die

skoolhoof nie. Hekke word gesluit met die aanvang van die skooldag en weer

oopgesluit met die einde van die skooldag. Daar sal te alle tye hekwagte by beide

die voorste en die agterste hek wees.

12.4 Ouers moet van die agterste hek gebruik maak gedurende die skooldag.

12.5 Alle ouers moet by die kantoor aanmeld indien hulle besoek wil aflê by 'n

onderwyser.

12.6 'n Afspraak moet gemaak word. Geen ouers mag sonder toestemming na klasse

waar onderrig plaasvind, gaan nie.

12.7 In die geval waar ‘n ouer / voog sy / haar kind kom haal weens siekte, ens. moet die

ouer / voog die leerder persoonlik by die skoolsekretaresse kom haal en uitteken.

13. RONDLOOP VAN LEERDERS

Leerders word toegelaat om vyf minute voor die einde van 'n periode na ‘n onderwyser te

gaan indien hulle iets wil vra of sê. Rondlopery moet beperk word. 'n Leerder wat deur 'n

onderwyser gestuur word, moet in besit van 'n boodskapkaart wees.

14. UITSTAPPIES

Indien 'n leerder in 'n kwartaal gedragsinskrywings het, sal hy / sy nie 'n uitstappie of toer

mag meemaak nie. Indien so 'n kind die volgende kwartaal geen gedragsoortreding begaan

nie, sal hy / sy weer toegelaat word om uitstappies van die skool mee te maak. Die

skoolhoof sal sy diskresie in elke geval gebruik. Daar word van leerders verwag om

dieselfde gedrag as in ‘n klaskamer te openbaar. Indien ‘n leeder nie ‘n voltooide

vrywaringsvorm betyds inhandig nie, sal so ‘n leerder nie die uitstappie kan meemaak nie.

Sien in hierdie verband die volledige Uitstappie Beleid.

Page 42: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 42

15. SPORT – EN BUITEMUURSE AKTIWITEITE

15.1 Deelnemers aan sport- en buitemuurse aktiwiteite

15.1.1 Leerders wat gekies word om die skool as deelnemers in enige sport- of

ander buitemuurse aktiwiteite te verteenwoordig, moet gedurende en ná

deelname aan sodanige aktiwiteit in die sportdrag, skooldrag of ander

voorgeskrewe drag geklee wees soos wat die onderwyser wat vir daardie

aktiwiteit verantwoordelik is, bepaal.

15.1.2 Alle leerders wat aan voormelde aktiwiteite deelneem, sal lojaal wees

teenoor die skool en mededeelnemers. In die besonder moet deelnemers

betyds en stiptelik by die plek aanmeld waar die aktiwiteit plaasvind of van

waar deelnemers na die betrokke plek van deelname vertrek. Leerders wat

gekies is om die skool in ʼn aktiwiteit te verteenwoordig kan slegs van

bywoning verskoon word indien ʼn skriftelike verskoning vooraf aan die

sportafrigter / onderwyser oorhandig word so nie kan hy/sy plek in die span

verloor. Onvermydelike afwesigheid van ʼn aktiwiteit sal slegs verskoon word

indien die sportafrigter nie later nie as drie dae na afloop van die betrokke

aktiwiteit ʼn skriftelike verskoning ontvang.

15.1.3 Leerders wat die skool by sportaktiwiteite verteenwoordig, sal te alle tye

hoflik optree teenoor, en aan die beslissings, voorskrifte en opdragte

voldoen van:

• die sporthoof en die onderwyser wat by die bepaalde sport betrokke is;

• die skeidsregter of beoordelaar ten aansien van die betrokke aktiwiteit; en

• die spankaptein.

15.1.4 Alhoewel daar aanvaar word dat leerders wat aan sportaktiwiteite deelneem

dit met oorgawe en volle inspanning doen, moet sodanige leerders steeds

selfbeheersing en dissipline aan die dag lê. In die besonder moet leerders

hulle van enige onsportiewe gedrag, vuil of beledigende taal, betrokkenheid

Page 43: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 43

in gevegte of voorvalle, of enige vuil of onbehoorlike spel weerhou.

Kougom word nie toegelaat nie.

15.2 Toeskouers en ondersteuners by sport- en ander buitemuurse aktiwiteite

15.2.1 Alle leerders wat enige skoolaktiwiteit as toeskouers of ondersteuners

bywoon, sal, benewens die nakoming van die bepalings van die

gedragskode, hulle van ontwrigtende, onbehoorlike, opstandige, onnodig

opruiende of onbetaamlike gedrag weerhou. In die besonder mag leerders

en / of toeskouers nie negatief op die beslissings van beoordelaars of

skeidsregters reageer nie.

15.2.2 Leerders wat enige skoolaktiwiteit as toeskouers of ondersteuners bywoon,

sal hulle onderwerp aan en neerlê by enige opdragte en aanwysings wat

hulle voor, gedurende én na afloop van die betrokke aktiwiteit ontvang van

die skoolhoof, enige onderwyser, hoofleiers, ander skoolleiers, of ouers wat

die skoolhoof aangestel het om met die vervoer, toesig of beheer van

leerders te help wat na of van die betrokke aktiwiteit vervoer word, of dit

bywoon.

15.2.3 Bostaande reëls geld ook ten opsigte van enige deelname aan enige ander

buitemuurse aktiwiteite behalwe sport, behalwe waar dit ooglopend nie van

toepassing is nie.

15.3 Skoolaktiwiteite sal voorkeur geniet bo ander privaat aktiwiteite.

15.4 Vir volledige besonderhede, raadpleeg die Sportbeleid.

Page 44: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 44

16. SKOOLEIENDOM / GEDRAG OP DIE SKOOLTERREIN

16.1 ‘Skooleiendom’ sluit die volgende in:

16.1.1 Die grond en geboue wat deur die skool beset word sowel as enige

permanente aanhegting aan sodanige grond en geboue.

16.1.2 Alle ander eiendom, wat toerusting, boeke, voorraad, motorvoertuie en dies

meer insluit, wat die skool besit, huur of berg, of vir die beskadiging of

verlies waarvan die skool regtens aanspreeklik gehou kan word.

16.2 Aangesien die skool ontwikkel en opgerig is vir gebruik deur alle leerders wat daar

skoolgaan, is alle leerders verplig om alles in hul vermoë te doen om die

skooleiendom te bewaar, sodat dit tot voordeel van alle huidige en toekomstige

leerders van die skool gebruik kan word.

16.3 Geen leerder mag enige skooleiendom van die skoolperseel verwyder sonder die

vooraf toestemming van die skoolhoof of ʼn onderwyser van die skool nie.

16.4 Leerders mag nie enige eiendom van die personeel van die skool, medeleerders,

besoekers aan die skool, of lede van die publiek hanteer, beskadig, merk, skend of

vernietig nie. Hierdie reël geld vir eiendom op die skoolterrein, in die onmiddellike

omgewing van die skool, by of naby die plek van enige skoolaktiwiteit, sowel as

enige voertuig waarmee leerders vervoer word en die eiendom daarin.

16.5 Leerders mag nie enige skooleiendom beskadig, skend of vernietig nie. Enige

leerder wat enige skooleiendom opsetlik misbruik, beskadig of verniel, moet dit

vervang of daarvoor betaal. Vernietiging en/of beskadiging van eiendom is ʼn

strafbare oortreding.

16.6 Toilette: As ‘n leerder mors, moet hy of sy dit self skoonmaak. Slegs twee leerders

per klas word op ‘n keer toegelaat om die toilette te besoek gedurende klastyd.

Page 45: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 45

16.7 Tennisbane: Daar mag slegs tennis met tennisskoene gespeel word op die bane.

Geen speletjies word daar toegelaat nie. Daar mag nie op die nette gery word nie.

Geen skoene anders as tennisskoene op bane nie.

16.8 Na skool: Leerders mag nie na skool op die skoolgronde ronddwaal nie. Hulle

moet by die Nasorgsentrum aanmeld.

16.9 Saal en Nasorgsentrum: Geen leerder mag gedurende skooltyd sonder toesig in

die Saal of Nasorgsentrum wees nie.

16.10 Daar word van leerders verwag om die skoolterrein netjies en skoon te hou.

16.11 Geen leerder mag oor drade / hekke klim of gate daarin maak nie.

16.12 Leerders mag nie blomme pluk of enige struik of boom op die skoolterrein beskadig

nie.

16.13 Enige optrede of versuim deur leerders wat ʼn gesondheidsgevaar vir ander leerders

veroorsaak of moontlik kan veroorsaak, moet vermy word.

16.14 Geen slagspreuke (graffiti), plakkers, plakkate en dergelike dinge mag sonder die

toestemming van die skoolhoof op enige oppervlak by die skool aangebring word

nie.

16.15 Leerders moet gehoor gee aan die redelike opdragte van die skoolhoof, enige

onderwyser, hoofleiers of ʼn ander skoolleier met betrekking tot die handhawing van

ʼn skoon en higiëniese skoolomgewing.

16.16 Busse: Leerders moet hulle te alle tye goed gedra en selfbeheersing toepas. Die

instruksies van die busbestuurder moet nougeset nagekom word. Geen tekens

mag aan ander padgebruikers gewys word nie. Geen eet, drink of rommelstrooiing

word in busse toegelaat nie. Geen leerder mag sy / haar mede-passasier se lewe

op enige wyse in gevaar stel nie. Geen vuiltaal word toegelaat nie.

Page 46: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 46

Geen luidrugtigheid word toegelaat nie en leerders moet stilbly as die bestuurder iets vir

hulle sê. Die skool se boeliebeleid geld in die bus. Geen kind mag ‘n ander afknou, terg of

seermaak in die bus nie. Leerders wat die bepalings oortree, sal gewaarsku word deur die

busbestuurder en / of die skoolhoof. Indien ‘n leerder na waarskuwing steeds oortredings

begaan, sal ‘n skrywe aan die betrokke ouers gestuur word. As die leerder dan weer die

gedragskode oortree, kan die skoolhoof weier dat die leerder verder van die busdiens

gebruik kan maak.

17. SKOOLKENNISGEWINGS

Alle leerders is verplig om alle kennisgewings wat die beheerraad, skoolhoof of ʼn

onderwyser van die skool vir dié doel aan leerders uitreik, aan hul ouers te oorhandig, en

om enige ontvangserkenning wat die ouers moet voltooi, stiptelik aan die klasonderwyser te

voorsien.

18. SKOOLWERK EN HUISWERK

18.1 Daar sal te alle tye ʼn ordelike atmosfeer in die klaskamer heers. Leerders mag nie

onderrig versteur of verhinder nie.

18.2 Leerders moet klasopdragte stiptelik nakom.

18.3 Alle leerders sal ʼn huiswerkboek ingevolge die skoolhoof of klasonderwyser se

voorskrifte hou en bywerk. Leerders is self verantwoordelik vir die neerskryf van

huiswerkopdragte in hul huiswerkboeke.

18.4 Leerders moet die voorgeskrewe huiswerk doen en dit stiptelik teen die bepaalde

spertyd by die betrokke onderwyser indien. Versuim om aan hierdie reël te voldoen

kan slegs verskoon word indien die leerder op die dag waarop die huiswerk voltooi

moes gewees het, ʼn skriftelike nota van sy / haar ouers met ʼn aanvaarbare

verduideliking vir die versuim aan die onderwyser oorhandig.

Page 47: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 47

18.5 Alle leerders moet hul voorgeskrewe skoolwerk met ywer, pligsgetrouheid en

toewyding doen om sodoende ʼn deurlopende werksetiek te ontwikkel. Versuim om

aan hierdie reël te voldoen, sonder ʼn aanvaarbare verskoning, sal as ʼn oortreding

van hierdie reël beskou word.

18.6 Leerders is verplig en self verantwoordelik daarvoor om enige werk / toets wat hulle

misgeloop het, so spoedig moontlik in te haal en self uit te vind (by ‘n maat of die

onderwyser) wat die huiswerkopdragte is. Leerders skryf ‘n siektetoets direk na

skool op die 1ste Vrydag nadat ‘n formele assesseringstoets gemis is.

Straf

As leerders nie huiswerk doen nie, word dit aangeteken in die dissipline- /gedragslêer en ‘n

waarskuwingsbrief word huistoe gestuur. Na vier inskrywings word 'n

Detensiekennisgewing na die ouer gestuur, nie later as die Woensdag voor die dag van

detensie. Detensie vind Vrydagmiddae 14h00 tot 15h00 in ‘n bepaalde onderwyser se klas

plaas. Die onderwyser moenie later as die Woensdag die name in die detensieboek skryf

nie.

19. TOETSE EN EKSAMENS

19.1 Alle leerders is verplig om hulle aan die toetse en eksamens wat deur die

onderwysers van hulle opgedra word, te onderwerp. Versuim om aan hierdie reël te

voldoen sal slegs in uitsonderlike gevalle verskoon word, mits die ouers van die

betrokke leerder op die vroegste moontlike geleentheid ʼn volledige en aanvaarbare

skriftelike verduideliking aan die skoolhoof oorhandig.

19.2 Leerders moet hulle met die afneem van toetse of eksamens van enige vorm van

oneerlikheid weerhou.

19.3 Wanneer ‘n toets / vraestel nie geskryf kon word nie bv. a.g.v. siekte, sal ‘n

siektetoets die eerste Vrydag middag daarna geskryf word.

Page 48: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 48

20. STIPTELIKHEID / LAATKOM

20.1 Leerders wat laat kom, dit wil sê na 07h45, ontvang ‘n mondelingse waarskuwing.

Indien dieselfde leerder ‘n tweede keer laatkom, word een van ons skool se

standaard briefies (Jammer, maar….) aan die leerder oorhandig wat deur sy / haar

ouer / voog geteken word en die volgende dag aan sy/haar klasonderwyser

oorhandig word. As dieselfde leerder ‘n derde keer laat is, word die leerder na die

skoolhoof se kantoor gestuur om te verduidelik hoekom hy / sy weer laat is.

20.2 Die hekwagte (sekuriteitswagte) sal daagliks leerders wat laatkom op ‘n klaslys

afmerk sodat nodige kontrole gehou kan word. Hierdie inligting sal deur die

sekretaresse geliasseer word en dit sal aangeteken word op die leerderprofiele.

20.3 Hekwagte hou daagliks (net soos die bywoningsregister) rekord van leerders wat

laat kom sodat daar aan die einde van die kwartaal ‘n aparte gekleurde briefie

(saam met die verslag) huis toe gestuur kan word wat die hoeveelheid dae aandui

waarop die leerder laat gekom het vir skool.

20.4 Leerders wat laat kom met ‘n geldige briefie of ‘n oproep van die ouer / voog om die

rede vir die laatkom te verduidelik, is aanvaarbaar, tensy dit ‘n gewoonte raak.

20.5 Ouers en leerders moet besef dat indien ‘n leerder laat is vir klas, dit ‘n groot

ontwrigting vir die klas en ‘n verleentheid vir die betrokke leerder is.

20.6 Wanneer leerders soggens by die skool afgelaai word, mag hulle nie weer die

skoolgronde verlaat en in die strate ronddwaal nie.

Skooltye:

Maandae tot Donderdae:

Grondslagfase : Graad 1 en 2 07:45 – 13:12

Graad 3 07:45 – 13:41

Tussenfase Graad 4 tot 7 07:45 – 14:10

Page 49: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 49

Vrydae :

Grondslagfase Graad 1 & 2 07.45 – 13.09

Graad 3 07.45 – 13.34

Tussenfase Graad 4 tot 7 07.45 – 14.00

21. AFWESIGHEID VAN SKOOL

21.1 Leerders mag slegs in uitsonderlike gevalle afwesig wees van die skool, en dan ook

slegs met die skriftelike toestemming van die skoolhoof, of sy / haar

verteenwoordiger indien die skoolhoof nie beskikbaar is nie.

21.2 Afwesigheid van die skool sonder ʼn aanvaarbare verskoning word as

stokkiesdraaiery beskou, wat streng verbode is.

21.3 Leerders wat vir een tot drie agtereenvolgende dae van die skool afwesig is, moet

met hul terugkeer ʼn skriftelike verduideliking van hul ouers voorlê. Afwesigheid vir

meer as drie agtereenvolgende dae sal slegs verskoon word indien ʼn brief deur ʼn

geregistreerde mediese praktisyn voorgelê word, buiten in die geval van dood of

trauma in die leerder se gesin of om ʼn ander rede wat deur die skoolhoof

goedgekeur word.

21.4 Indien ‘n leerder afwesig was, moet hy / sy verantwoordelikheid aanvaar om self toe

te sien dat sy / haar huiswerk gedoen word.

22. SELFOONBELEID

Sien in hierdie verband die Selfoonbeleid.

Page 50: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 50

23. VRYSTELLING VAN SEKERE BEPALINGS VAN DIE GEDRAGSKODE EN

GEDRAGSREЁLS

23.1 Leerders kan op kulturele, godsdienstige of mediese gronde skriftelik by die

beheerraad aansoek doen om gedeeltelike vrystelling van een of meer van die

items wat in die gedragskode vervat is.

23.2 Sodanige aansoek moet volledige redes én stawende bewyse insluit. Die bewyslas

rus dus op die leerder om die aansoek om vrystelling te staaf.

23.3 Aansoeke om vrystelling sal slegs aan die begin van elke skooljaar oorweeg word,

tensy dringendheid of veranderende omstandighede aangevoer kan word.

23.4 In die oorweging van ʼn aansoek om vrystelling sal die beheerraad geregtig wees

om enige inligting in te win wat hy vir ʼn regverdige beoordeling van die aansoek kan

nodig ag.

23.5 Die beheerraad sal die aansoek om vrystelling met die nodige erns en

verantwoordelikheid, en binne die raamwerk van die Grondwet en hofuitsprake

oorweeg, en die leerder skriftelik van sy besluit inlig.

24. SLOTSOM

In geval van die oortreding van enige bepaling in hierdie gedragskode sal die voorgeskrewe

dissiplinêre prosedure gevolg word.

As ouers, personeel en leerders van Laerskool Jan van Riebeeck is dit ons missie om aan

elke leerder die geleentheid te bied om in 'n rustige, gestruktureerde en gelukkige milieu,

kwaliteit onderrig te ontvang. Binne 'n raamwerk waar orde heers en gesag gerespekteer

word, ervaar ons kinders 'n gevoel van veiligheid. U as ouers moet asseblief hierdie kode

met u kind deurwerk en alle onduidelikhede aan hulle verduidelik weereens met die klem

op die positiewe. Ons glo en vertrou dat u as ouers en leerders dié kode positief sal ervaar

en dat dit net tot voordeel van ons leerders sal wees.

Page 51: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 51

Kom ons soek deurentyd die beste en mooiste in elke kind.

GETEKEN TE _______________ OP HIERDIE ____ DAG VAN _______________

___________________

Beheerraadsvoorsitter

_____________________

Skoolhoof

---------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Page 52: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 52

KENNISNAME VAN GEDRAGSKODE, GEDRAGSREЁLS EN BELEIDE

Hiermee neem ek, ______________________________________________________,

ouer van _________________________________________ in Graad _______, 2014,

kennis van die inligting vervat in die Gedragskode en Dissiplinêre beleid van Laerskool Jan

van Riebeeck en onderneem om toe te sien dat my kind by die reëls van Laerskool Jan van

Riebeeck sal hou.

HANDTEKENING: _____________________________ DATUM: _____________

Page 53: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 53

DISSIPLINE- / GEDRAGSPROFIELVORM

Leerder se naam: _________________________________ Graad: ________

Datum

Kommentaar

Page 54: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 54

WAARSKUWINGSBRIEF

Datum:

U seun/dogter __________________________. in Graad ______

het hom/haar skuldig gemaak aan die volgende oortreding(s):

Kommentaar :

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

______________________________________________________________________________

_______________________________

Verdere strafmaatreëls sal toegepas word indien die oortreding(s) weer begaan word.

U moet asseblief van u kant af optree aangesien hierdie oortredings my onderrigtaak

bemoeilik en baie steurend inwerk op die ander leerders se onderrigtyd. Ek vertrou op u

samewerking om die aangeleentheid aan te spreek en tot ‘n bevredigende oplossing te kom.

______________________ ______________________

Onderwyser Skoolhoof

Opmerking(s) van u kant:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

_____________________________________________________________________

______________________________________________________________________

Page 55: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 55

Erkenning van ontvangs:

Handtekening van Ouer / Voog: _____________________________________

Datum: _____________________________________

DETENSIEKENNISGEWING

Datum:______________

Geagte Ouer

Detensie moet in ‘n ernstige lig beskou word. Detensie vind plaas na herhaaldelike

oortredings van dieselfde reël. Dit vind elke Vrydag plaas. Detensieleerders mag nie op

daardie dag sivvies dra nie. Detensie vind plaas na skool van 13:15 tot 14:15. Geen

verskonings sal aanvaar word vir die wegbly van ‘n detensie nie.

Herhaalde detensie kan lei tot die verbeuring van ‘n diploma aan die einde van die jaar.

Datum van detensie: _________________________

U kind____________________________ het hom/haar herhaaldelik skuldig gemaak aan:

Oortreding:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

Page 56: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 56

___________________ ________________________

Onderwyser Skoolhoof

Erkenning van ontvangs:

________________________

Ouer/Voog

Kommentaar van Ouer/Voog:

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

______________________________________________________________________

Stuur asb. so gou as moontlik terug na die betrokke onderwyser.

Page 57: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 57

Deel 3: DISSIPLINÊRE BELEID

Prosedure vir dissiplinêre optrede teen leerders

In geval van die oortreding van enige bepaling wat in die gedragskode vir leerders voorgeskryf

word, moet hierdie dissiplinêre prosedure gevolg word. Vir die toepassing van hierdie dissiplinêre

prosedure word wangedrag in drie kategorieë verdeel. Dit stem ooreen met die verskillende

dissiplinêre stappe wat gedoen kan word en die verskillende prosedures wat gevolg kan word in

die hantering van wangedrag.

Enige verwysing na die beheerraad in hierdie dissiplinêre prosedure sluit die dissiplinêre komitee

van die beheerraad in.

1. Dissiplinêre optrede

1.1 Minder ernstige oortredings

1.1.1 Kategorie A-wangedrag

Enige oortreding van 3.1, 3.2, 3.4, 3.11, 3.12, 4. 5. 6. 7. 8.10, 9, 10, 11, 12,

13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21 en 22 van die gedragskode.

In geval van die oortreding van enige van bovermelde bepalings, moet

sodanige oortreding na ʼn onderwyser van die skool verwys word, en is

sodanige onderwyser by magte om een of meer van die volgende

strafmaatreëls toe te pas:

Oortreding(s) moet aangeteken wees in die dissipline / gedragsprofielvorm

Detensie word toegeken na 3 oortredings. (Sien waarskuwing- en

kennisgewingbrief. Dit dien dan as ʼn Mondelinge of skriftelike waarskuwing.

Ouers moet so gou moontlik in kennis gestel word.

Page 58: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 58

Skoolwerk onder toesig (detensie) wat tot die leerder se vordering by die

skool sal bydra én die skoolomgewing sal verbeter, met dien verstande dat

die ouers betyds ingelig en die veiligheid van die kind verseker word.

Die uitvoer van pligte deur die oortreder ten gunste van die

persoon/instansie wat deur die oortreding benadeel is.

Opskorting van deelname aan skoolaktiwiteite, soos sport en kultuur (wat

sosiale geleenthede insluit).

1.1.2 Kategorie B-wangedrag

Herhaaldelike Kategorie A-wangedrag asook enige oortreding van 3.8, 3.9,

3.11, 3.12, 7.3.1, 7.3.2, 8.10, 12.3, 14, 16.3, 16.4 en 19.2 van die

gedragskode.

In geval van die oortreding van enige van bovermelde bepalings, moet

sodanige oortreding na die skoolhoof verwys word, en is die skoolhoof by

magte om een of meer van die volgende strafmaatreëls toe te pas:

Enige van die strafmaatreëls in 1.1.1 hierbo, waartoe die volgende bygevoeg

kan word:

• Uitsluiting van deelname aan sosiale geleenthede van die skool.

• Ooreengekome, bekostigbare vergoeding.

• Die herstel of vervanging van beskadigde eiendom.

• Gemeenskapsdiens vir tot ses uur.

1.2. Ernstige oortredings

1.2.1 Kategorie C-wangedrag

Herhaaldelike Kategorie B-wangedrag asook enige oortreding van 3.4, 3.8,

3.9, 3.11, 3.12, 7.3.1, 7.3.2, 8.10, 14, 16.4 van die gedragskode.

Page 59: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 59

In geval van die oortreding van enige van bovermelde bepalings, moet

sodanige oortreding na die beheerraad verwys word, en is die beheerraad

by magte om een of meer van die volgende strafmaatreëls toe te pas:

Enige van die strafmaatreëls in 1.1.1 en 1.1.2 hierbo, waartoe die volgende

bygevoeg kan word:

• In geval van die oortreding van die gedragskode deur die hoofleiers en

ander skoolleiers:

o Saam met of as alternatief vir bogenoemde, skorsing van pligte

vir ʼn tydperk van tot ses weke, of afdanking en permanente

verwydering as hoofleier of ʼn ander leiersamp in die skool.

• Na afloop van ʼn verhoor waarin enige leerder skuldig bevind is aan die

oortreding van die bepalings van die gedragskode, kan die beheerraad

sodanige leerder enige van voormelde strawwe oplê, of die leerder

skors, of by die Onderwyshoof aanbeveel dat die leerder uit die skool

uitgesit word.

1.2.2 Indien daar op slegs skorsing as ʼn straf besluit word, kan die beheerraad die

leerder vir tot sewe skooldae skors.

1.2.3 Indien die beheerraad besluit om die uitsetting van die leerder by die

Onderwyshoof aan te beveel kan die beheerraad die leerder vir ʼn redelike

tydperk van tot veertien skooldae skors, hangende die Onderwyshoof se

beslissing.

2. Voorkomende skorsing

Die beheerraad kan, op redelike gronde en as ʼn voorsorgmaatreël, ʼn leerder wat

vermoedelik ernstige wangedrag (kategorie C) gepleeg het vir tot sewe skooldae van

skoolbywoning skors, maar kan slegs sodanige skorsing oplê nadat die leerder ʼn redelike

geleentheid ontvang het om vertoë in verband met sodanige skorsing aan die beheerraad

te rig.

Page 60: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 60

3. Dissiplinêre verhoor

3.1 Voorlopige ondersoek

Wanneer ʼn leerder na bewering of vermoedelik ʼn ernstige oortreding (kategorie C)

begaan het, kan die skoolhoof ʼn ondersoekbeampte aanstel. Laasgenoemde sal

inligting insamel sodat die skoolhoof kan besluit of ʼn dissiplinêre verhoor nodig is.

3.2 Verhoor

3.2.1 Die ondersoekbeampte stel ʼn klagstaat op, en die ouers en leerder ontvang

skriftelik kennis van die klag en die plek, datum en tyd van die verhoor.

Hierdie reëlings word in oorleg met die dissiplinêre komitee getref.

3.2.2 Die kennisgewing moet genoeg inligting bevat oor die datum, plek en aard

van die beweerde oortreding.

3.2.3 Minstens vyf skooldae moet tussen die oorhandiging van die kennisgewing

en die verhoor verloop.

3.2.4 Die beheerraad stel die dissiplinêre komitee aan. Die voorsitter van die

komitee moet ʼn lid van die beheerraad wees. Die dissiplinêre komitee sal die

bevoegdheid hê om die dissiplinêre verhoor namens die beheerraad te

behartig en af te handel, so volledig asof dit deur die beheerraad self

gedoen is, en sal geregtig wees om alles te doen wat die beheerraad

kragtens toepaslike wetgewing mag doen, wat insluit die oplegging en

afdwinging van enige strafmaatreël en die aanbeveling van uitsetting by die

Onderwyshoof. Hierdie oordrag van bevoegdheid belet egter nie die

beheerraad om sodanige bevoegdhede self uit te oefen nie.

3.2.5 Die leerder moet deur sy / haar ouer en / of ʼn persoon wat deur die ouer

aangewys word, bygestaan word. In geval van ernstige oortredings het die

leerder die reg om aansoek te doen om deur ʼn regsverteenwoordiger of

Page 61: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 61

ander persoon wat deur die ouer van die leerder aangewys word,

verteenwoordig te word. Sodanige aansoek moet minstens twee skooldae

voor die aanvang van die verhoor aan die voorsitter van die dissiplinêre

komitee gerig word. Geen ander persone behalwe bogenoemde mag die

verhoor namens die beskuldige leerder bywoon nie.

3.2.6 Wanneer ʼn leerder regsverteenwoordiging het, kan die leerder die

dissiplinêre prosedure verkort deur ʼn pleit-en-vonnis-ooreenkoms met die

voorsittende beampte te sluit.

3.2.7 Benewens minderjarige leerders se reg om deur middel van tussengangers

te getuig, soos dit in artikel 8 (7) - (9) van die Skolewet uiteengesit word, sal

minderjarige leerders (hetsy as beskuldigdes of as getuies) ook geregtig

wees om gedurende dissiplinêre verrigtinge deur hul ouers of ʼn onderwyser

van hul keuse bygestaan te word. ʼn Persoon wat ʼn leerder bystaan, sal

egter nie geregtig wees om enige vrae namens die leerder te beantwoord of

die dissiplinêre komitee toe te spreek nie.

3.2.8 Leerders wat by dissiplinêre verrigtinge betrokke is, sal ook geregtig wees

op ondersteuning, advies en berading deur onderwysers wat vir daardie doel

deur die skoolhoof of die beheerraad aangewys is, met dien verstande dat

sodanige onderwyser nie die leerder by die dissiplinêre verhoor mag

bystaan tensy die ouer van die leerder die onderwyser daartoe magtig nie.

3.2.9 Indien die leerder en / of sy / haar ouers en / of verteenwoordiger sonder

behoorlike kennisgewing afwesig is, kan die verhoor in hul afwesigheid

voortgaan.

3.2.10 Die verhoor moet billik en regverdig wees, en sal volgens die voorskrifte van

die toepaslike provinsiale wetgewing geskied. Die aanklaer en leerder (of die

leerder se verteenwoordiger namens die leerder, indien van toepassing)

moet die geleentheid gegun word om hul saak te stel, kan vrae aan getuies

Page 62: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 62

stel, kan getuies roep, en kan dokumente wat op die saak betrekking het,

ondersoek of voorlê.

3.2.11 Die lede van die dissiplinêre komitee sal self ook geregtig wees om getuies

te roep, bykomende getuies of getuienis aan te vra, vrae aan getuies te stel,

of enige aspek verder te ondersoek of te laat ondersoek wat billikheid en

regverdigheid kan bevorder.

3.2.12 Nadat die getuienis aangehoor is, neem die komitee ʼn besluit oor die leerder

se skuld of onskuld. Vir doeleindes hiervan, of vir doeleindes van ʼn

beslissing oor enige geskil wat gedurende die verrigtinge ontstaan, sal die

komitee geregtig wees om vir ʼn redelike tydperk te verdaag ten einde sy

beslissing te oorweeg. Sodanige oorweging sal agter geslote deure geskied

en slegs deur lede van die komitee bygewoon word.

3.2.13 Indien die leerder skuldig bevind word, sal die leerder en die aanklaer nóg ʼn

geleentheid ontvang om getuienis aan te bied en/of vertoë te rig oor

versagtende en verswarende omstandighede wat die komitee in ag moet

neem ten einde ʼn gepaste straf op te lê. Ten einde ʼn gepaste straf te

oorweeg, sal die komitee geregtig wees om weer vir ʼn redelike tydperk te

verdaag. Sodanige oorweging sal ook agter geslote deure geskied en slegs

deur lede van die komitee bygewoon word.

3.3 Uitspraak en strafmaatreël

3.3.1 In geval van ʼn skuldigbevinding moet die beslissing van die dissiplinêre

komitee, wat die opgelegde sanksie insluit, binne hoogtens vyf skooldae

skriftelik aan die leerder en sy / haar ouers en die aanklaer oorgedra word.

3.3.2 Ondanks enige skuldigbevinding en strafmaatreël wat deur die beheerraad

opgelê word, kan enige belanghebbende enige oortreding van die

gedragskode wat op ʼn strafregtelike oortreding kan neerkom, vir ondersoek

na die Suid-Afrikaanse Polisiediens verwys.

Page 63: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 63

4. Interne appèl

4.1 ʼn Party wat ontevrede is met die uitslag van dissiplinêre verrigtinge voor die

beheerraad se dissiplinêre komitee sal die reg hê om binne 7 dae nadat hy / sy die

skriftelike uitslag ontvang het, skriftelik by die voorsitter van die beheerraad teen die

skuldigbevinding, die opgelegde strafmaatreël, of albei, te appelleer.

4.2 Die kennisgewing van appèl moet die gronde vir die appèl duidelik uiteensit.

4.3 Binne 24 uur ná ontvangs van die kennisgewing van appél moet die voorsitter van

die beheerraad ʼn appèlkomitee saamstel wat uit ʼn lid van die beheerraad as

voorsitter, en minstens twee ander kundige persone bestaan. Die lede van die

dissiplinêre komitee wat die saak aangehoor het, kan nie in die appèlkomitee ook

dien nie.

4.4 Die voorsitter van die beheerraad moet die kennisgewing van appèl aan die

voorsitter van die appèlkomitee en die ander party in die verrigtinge voor die

dissiplinêre komitee oorhandig, en toesien dat die rekord van die dissiplinêre

verrigtinge tot die appèlkomitee se beskikking gestel word.

4.5 Die ander party sal geregtig wees om binne 24 uur ná ontvangs van die

kennisgewing van appèl in reaksie daarop vertoë aan die voorsitter van die

appèlkomitee te rig.

4.6 Die appèlkomitee sal by oorweging van die appèl beperk wees tot ʼn oorweging van

die rekord van die verrigtinge voor die dissiplinêre komitee, die kennisgewing van

appèl, en enige vertoë wat die ander party voorlê.

4.7 Enige party wat verdere getuienis wat nié deel uitmaak van die rekord van die

verrigtinge voor die dissiplinêre komitee nie, vir oorweging aan die appèlkomitee wil

voorlê, moet skriftelik om toestemming by die voorsitter van die appèlkomitee

aansoek doen. In geval van die appellant moet sodanige aansoek in die

Page 64: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 64

kennisgewing van appèl vervat wees, en in geval van die ander party moet dit binne

24 uur ná oorhandiging van die kennisgewing van appèl geskied.

4.8 Die aansoek om nuwe getuienis voor te lê moet ʼn volledige verduideliking bevat

waarom die getuienis nie gedurende die dissiplinêre verrigtinge beskikbaar was of

aangebied is nie, moet die aard van die getuienis uiteensit, en moet die

tersaaklikheid van die getuienis vir die oorweging van die appèl uiteensit.

4.9 Die appèlkomitee moet binne sewe skooldae ná ontvangs van die kennisgewing

van appèl sy besluit skriftelik aan die partye bekend maak.

4.9 Enige strafmaatreël wat deur die dissiplinêre komitee opgelê is, word opgeskort

hangende die beslissing van die appèlkomitee.

4.10 Met die oorweging van die appèl kan die appèlkomitee:

4.10.1 die beslissing van die dissiplinêre komitee oor die skuldig- of

onskuldigbevinding en/of strafmaatreël ter syde stel of handhaaf;

4.10.2 ʼn alternatiewe strafmaatreël oplê (wat ʼn swaarder straf insluit); en

4.10.3 enige ander beslissing gee wat die appèlkomitee in die omstandighede as

billik of regverdig ag.

Algemene bepalings

Die beheerraad moet behoorlik van die dissiplinêre verrigtinge rekord hou. Vir hierdie doel kan die

beheerraad ʼn persoon aanwys om die verrigtinge te notuleer of elektronies op te neem. Sodanige

persoon sal nie deel uitmaak van die komitee nie.

GETEKEN TE _______________ OP HIERDIE ____ DAG VAN _______________

___________________

Beheerraadsvoorsitter

_____________________

Skoolhoof

Page 65: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 65

Deel 4

Voorbeelde

Kennisgewing van ʼn dissiplinêre verhoor

Kennisgewing van die uitslag van ʼn dissiplinêre verhoor

Pleit- en vonnisooreenkoms

KENNISGEWING VAN DIE DISSIPLINÊRE VERHOOR VAN 'N LEERDER, GEDRUK OP DIE

BRIEFHOOF VAN DIE SKOOL

Naam van die leerder:

Adres:

Vir handaflewering

Kennisgewing van ʼn dissiplinêre verhoor

Neem asseblief kennis dat u op die datum, tyd en plek onderaan hierdie kennisgewing voor die

dissiplinêre komitee van die beheerraad moet verskyn om te antwoord op die klagte(s) wat teen u

ingebring is, waarvan die besonderhede hier onder verskyn:

Klag(te)

U word van wangedrag aangekla aangesien u na bewering:

reël (vul reëlnommer in) van die skool se gedragskode op ____________________ (vul datum van

oortreding in) te _____________ (vul plek van oortreding in) oortree het deur ______________

(gee bondige opsomming van die besonderhede van die oortreding); en

(Herhaal bostaande indien nóg oortredings beweer word.)

Let asseblief op die volgende:

Page 66: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 66

U is geregtig om gedurende die verrigtinge deur u ouer of iemand wat deur u ouer aangewys is,

verteenwoordig te word. Indien u van plan is om van regsverteenwoordiging gebruik te maak,

moet die proses vir toestemming daarvoor soos dit in die skool se gedragskode voorgeskryf word,

gevolg word. U sal self vir die koste van u regsverteenwoordiging verantwoordelik wees.

U sal geregtig wees om getuies wat teen u kan getuig, te ondervra; om self te getuig; om u eie

getuies te roep; om dokumentêre getuienis wat teen u aangebied kan word, te ondersoek, en ook

self dokumentêre getuienis voor te lê. Dit is u verantwoordelikheid om toe te sien dat getuies wat u

wil roep om namens u te getuig, by die verrigtinge teenwoordig is en bly so lank as wat hul

teenwoordigheid vereis word.

U sal daarop geregtig wees om die komitee oor enige aangeleentheid met betrekking tot die

verrigtinge toe te spreek. Die taal waarin die ondersoek gehou sal word, is die taal van die skool.

Indien u die dienste van ʼn tolk sou benodig, moet u self daarvoor voorsiening maak.

Indien u versuim om die verrigtinge by te woon of tot die afhandeling daarvan teenwoordig te

wees, kan die verrigtinge in u afwesigheid voortgesit en afgehandel word.

Dit is u verantwoordelikheid om u te vergewis van die skool se reëls met betrekking tot dissiplinêre

verrigtinge, soos dit in die skool se gedragskode vervat word.

Woon asseblief die verrigtinge in skooldrag by.

Indien u kind deur ‘n prokureur of ander persoon verteenwoordig sal word, vermeld asb. sodanige

persoon se volle name, van en kontakbesonderhede.

Datum van verhoor:

Tyd van verhoor:

Plek van verhoor:

Page 67: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 67

______________________ ____________

SKOOLHOOF DATUM

Ek, _________________, erken hiermee ontvangs van die brief op __________________.

______________________ __________________

Handtekening van leerder Handtekening van ouer

KENNISGEWING VAN DIE UITSLAG VAN DIE DISSIPLINÊRE VERHOOR VAN 'N LEERDER,

GEDRUK OP DIE BRIEFHOOF VAN DIE SKOOL

Naam van die leerder: Naam van die aanklaer:

Adres:

Vir handaflewering

Kennisgewing van die uitslag van ʼn dissiplinêre verhoor

Ontvang asseblief kennis van die uitslag van die dissiplinêre verhoor op __________ (vul datum

in) met betrekking tot die klagte(s) wat teen _______________ (vul naam van leerder in) ingebring

is.

Klag(te)

(Vul bloot in ‘skuldig’ of ‘onskuldig’.)

(Herhaal bostaande indien nóg oortredings beweer is.)

Page 68: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 68

Redes vir die bevinding:

(Verskaf volledige redes vir die komitee se bevinding.)

Straf

Die straf wat u opgelê word, is soos volg:

(Vul die besonderhede van die straf in.)

(Herhaal bostaande indien nóg skuldigbevindings uitgebring is.)

Redes vir die straf

(Verskaf volledige redes vir die komitee se besluit oor die straf.)

______________________ ____________

Voorsitter: Dissiplinêre komitee DATUM

Ek, _________________, erken hiermee ontvangs van die brief op __________________.

______________________ __________________

Handtekening van leerder Handtekening van ouer

_____________________

Handtekening van aanklaer

Page 69: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 69

Pleitooreenkoms tussen die beheerraad van Laerskool Jan van Riebeeck en

____________ (leerder)

1. INLEIDING

Aangesien:

die leerder van ___________________ (sit die besonderhede van die klag/klagte hier

uiteen) aangekla word, kom die partye hierin nou soos volg ooreen:

2. OORLEGPLEGING

2.1 Die aanklaer, _________________(naam), is skriftelik deur die beheerraad daartoe

gemagtig om met die leerder te onderhandel en ʼn ooreenkoms aan te gaan.

2.2 Die aanklaer en die leerder, wat deur ____________________

(regsverteenwoordiger) verteenwoordig word, het onderhandel en hierdie

ooreenkoms aangegaan met betrekking tot ʼn pleit van skuldig deur die leerder en ʼn

gepaste straf wat deur die beheerraad opgelê sal word.

2.3 Die aanklaer het met die beheerraad en die betrokke slagoffer (indien ʼn

medeleerder/die skool of iemand anders as gevolg van die leerder se optrede skade

gely het) oorleg gepleeg en hulle die geleentheid gebied om aanbevelings oor die

inhoud van die ooreenkoms te maak. Die betrokke partye is tevrede met die inhoud

van die ooreenkoms.

3. DIE LEERDER SE REGTE

3.1 Die leerder erken dat hy / sy voor die aangaan van hierdie ooreenkoms ten volle

van die volgende regte ingelig was:

3.1.1 Dat hy / sy onskuldig geag word totdat hy / sy bo alle redelike twyfel skuldig

bewys word

3.1.2 Dat hy / sy kan swyg en nie gedurende die verrigtinge hoef te getuig nie

3.1.3 Dat hy / sy nie verplig word om selfbeskuldigende getuienis af te lê nie

3.1.4 Dat hy / sy nie verplig word om hierdie ooreenkoms aan te gaan nie

Page 70: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 70

4. OPSOMMING VAN DIE TERSAAKLIKE FEITE

SIT FEITE HIER UITEEN

5. PLEIT EN FORMELE ERKENNING

5.1 Die partye stem saam en het ooreengekom oor die volgende feite. Die leerder pleit

soos volg en maak die volgende erkennings:

5.2 Die leerder erken dat hy/sy die klag, soos dit in die klagstaat uiteengesit word,

gelees het; dat hy/sy die aard en betekenis daarvan verstaan, en dat hy/sy skuldig

pleit ten opsigte van die klag van ________ (herhaal net kortliks die besonderhede

van die klag/klagte), en bevestig die volgende:

5.3 Die leerder erken dat hy/sy vrywillig, ongedwonge, ten volle bewus, en sonder

onbehoorlike bëinvloeding die ooreenkoms aangegaan het.

5.4 Die leerder erken voorts dat hy/sy persoonlik kennis dra van die skulderkennings

hier onder:

5.5 SIT FEITE VAN OORTREDING HIER UITEEN

5.6 Die leerder erken ook dat hy/sy deurgaans bewus was dat sy/haar optrede

teenstrydig is met die skool se gedragskode, en dat hy/sy gestraf kan word.

6. VERSAGTENDE OMSTANDIGHEDE

6.1 Die leerder het skuldig gepleit.

6.2 Die leerder het geen vorige veroordelings nie (indien van toepassing).

6.3 NOEM VERDERE OMSTANDIGHEDE WAT VAN TOEPASSING KAN WEES

7. VERSWARENDE OMSTANDIGHEDE

7.1 Die betrokke oortreding is van ʼn ernstige aard.

7.2 Die oortreding was voorbedag (indien van toepassing).

7.3 NOEM VERDERE OMSTANDIGHEDE WAT VAN TOEPASSING KAN WEES

8. OOREENKOMS MET BETREKKING TOT 'N REGVERDIGE STRAF

8.1 Die betrokke partye het ooreengekom oor ʼn gepaste straf, en versoek die

beheerraad om die straf op te lê.

8.2 Die erns van die ooreenkoms, die belang van die skoolgemeenskap, en die

persoonlike omstandighede van die leerder is deur al die partye in ag geneem.

Page 71: GEDRAGSKODE VIR LEERDERS, ONDERWYSERS, PERSONEEL, NIE ... · Gedragskode Bladsy 4 1.2 RESPEK VIR MY ONDERWYSERS Ek respekteer die onderwysers as my opvoeders en beloof my heelhartige

Gedragskode Bladsy 71

8.3 Die partye kom ooreen dat die volgende in die betrokke omstandighede ʼn billike en

regverdige straf uitmaak:

SIT STRAF HIER UITEEN

GETEKEN TE _______________ OP HIERDIE _____ DAG VAN _______20__

__________________

LEERDER

__________________

REGSVERTEENWOORDIGER VAN DIE LEERDER

__________________

AANKLAER