5
Veilige, vreeslose jongmense. Deur Naomi van Wyk – skrywer van ‘Veilig en Vreesloos – beveilig jou kinders teen seksuele misbruik’ (uitgegee deur LAPA Uitgewers) Wanneer mense dink aan kinder seksuele misbruik, dink hulle gewoonlik aan ’n volwasse persoon wat ’n jong kind misbruik. Adolessente loop egter ook die gevaar om seksueel misbruik te word. Om die waarheid te sê, meisies se grootste risiko om seksueel misbruik te word is tydens hulle adolessente jare. Waar is die gevaar vir misbruik tydens adolessensie? Nie meer van volwassenes nie, maar van ’n jongmens se eie portuurgroep. Portuurgroep misbruik is die algemeenste vorm van seksuele misbruik tydens adolessensie. Die sluit in ‘date rape’/kennis verkragting en ‘drug rape’/dwelm verkragting, maar omvat enige ongewenste seksuele kontak tussen jong mense van ongeveer dieselfde ouderdom. Navorsing dui daarop dat die meeste jong mense begin om seksuele omgang te hê tydens hulle adolessente jare. Ongelukkig gebeur ’n groot persentasie van hierdie eerste seksuele ervarings όf sonder die adolessent se toestemming (portuurgroep misbruik) όf as gevolg van ‘n impulsiewe, ondeurdagte besluit. ’n Groot hoeveelheid jongmense beland ook in die moeilikheid deur seksueel eksplisiete foto’s of video materiaal af te neem en te versprei, sonder dat hulle die gevolge daarvan verstaan. Hoe kan jy jou kind beskerm teen hierdie gevaar? Verkieslik moet ’n persoon se eerste (en daaropvolgende) seksuele ervarings plaasvind binne die konteks van ’n liefdevolle verhouding met wedersydse respek en toestemming. Ouers kan hulle adolessente kinders help om beter en veiliger seksuele keuses te maak. Daar is ’n paar maniere waarop jy jou adolessente kind veiliger kan maak. Die eerste is om self ingelig te wees oor die wetgewing oor seksuele misdrywe. Belangrike dinge om van

Beskerm Jou Adolesent Teen Seksuele Misbruik

Embed Size (px)

DESCRIPTION

...deur Naomi van Wyk, outeur van Veilig en vreesloos.http://lapa.book.co.za/blog

Citation preview

Veilige, vreeslose jongmense.

Deur Naomi van Wyk skrywer van Veilig en Vreesloos beveilig jou kinders teen seksuele misbruik (uitgegee deur LAPA Uitgewers) Wanneer mense dink aan kinder seksuele misbruik, dink hulle gewoonlik aan n volwasse persoon wat n jong kind misbruik. Adolessente loop egter ook die gevaar om seksueel misbruik te word. Om die waarheid te s, meisies se grootste risiko om seksueel misbruik te word is tydens hulle adolessente jare. Waar is die gevaar vir misbruik tydens adolessensie? Nie meer van volwassenes nie, maar van n jongmens se eie portuurgroep. Portuurgroep misbruik is die algemeenste vorm van seksuele misbruik tydens adolessensie. Die sluit in date rape/kennis verkragting en drug rape/dwelm verkragting, maar omvat enige ongewenste seksuele kontak tussen jong mense van ongeveer dieselfde ouderdom. Navorsing dui daarop dat die meeste jong mense begin om seksuele omgang te h tydens hulle adolessente jare. Ongelukkig gebeur n groot persentasie van hierdie eerste seksuele ervarings f sonder die adolessent se toestemming (portuurgroep misbruik) f as gevolg van n impulsiewe, ondeurdagte besluit. n Groot hoeveelheid jongmense beland ook in die moeilikheid deur seksueel eksplisiete fotos of video materiaal af te neem en te versprei, sonder dat hulle die gevolge daarvan verstaan. Hoe kan jy jou kind beskerm teen hierdie gevaar? Verkieslik moet n persoon se eerste (en daaropvolgende) seksuele ervarings plaasvind binne die konteks van n liefdevolle verhouding met wedersydse respek en toestemming. Ouers kan hulle adolessente kinders help om beter en veiliger seksuele keuses te maak. Daar is n paar maniere waarop jy jou adolessente kind veiliger kan maak. Die eerste is om self ingelig te wees oor die wetgewing oor seksuele misdrywe. Belangrike dinge om van bewus te wees in die nuwe wysigingswet op die strafreg (seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede): Die nuwe ouderdom waarteen n jongmens mag toestem tot seksuele omgang is 16 vir heteroseksuele en homoseksuele dade. Dit is teen die wet vir jongmense onder die ouderdom van 16 om seksuele omgang met enige iemand te h, ongeag of hulle toestem daartoe of nie. Indien beide die jongmense betrokke in seksuele omgang onder die ouderdom van 16 is, kan beide skuldig bevind word aan statutre verkragting. Jongmense wat eksplisiete fotos of videos afneem op selfone van ander jongmense onder die ouderdom van 18, kan skuldig bevind word aan die vervaardiging van kinder pornografie.

Jongmense wat hierdie fotos of videos versprei kan skuldig bevind word aan die verspreiding van kinder pornografie.

Dit is belangrik dat jy jou adolessente kind inlig oor hierdie wet. Jongmense het ook nodig om te verstaan dat enige beeldmateriaal wat op publieke netwerke gesit word daar is vir altyd. Selfs fotos of videos wat uitgevee word, kan weer gevind word. Jongmense moet bewus gemaak word daarvan dat wat hulle vandag afneem en publiseer die res van hulle lewens kan benvloed. Praat met jou kind. Tydens hierdie ontwikkelingsfase moet jou kinders begin ontdek wie hulle is binne die wreld. Om dit te kan regkry moet hulle dink en redeneer oor kwessies wat na vore kom in hulle daaglikse lewens. As jy daar kan wees, in gesprek met hulle, tydens hierdie proses, kan jy n groot bydrae lewer. Met gesprekke voer bedoel ek net mooi dit: n gesprek voer. Nie preek, of morele lessies oordra of beskuldig of voors nie. Praat. Soos met iemand wat jy respekteer. As jy wil h jou kind moet kan hoor wat jy s is die beste manier om gereeld, in alledaagse situasies te praat oor belangrike sake. Praat oor hoe n mens kies met wie jy n verhouding wil h. Praat met jou kind oor wat vir hulle aantreklik is in n ander persoon en wat nie is nie. Vind uit waarvan hulle hou, en waarvan hulle nie hou nie. Luister na hulle en vra uit oor hoe n mens iemand uitvra en wat aanvaarbare maniere is om ja of nee te s. Moenie aanneem dat dinge dieselfde werk as toe jy begin uitgaan het nie. Begin met jou kind praat oor hoe n mens kies met wie jy seks gaan h. Ek weet dit klink dalk vir baie ouers skrikwekkend, maar onthou, as jy nie hierdie gesprek het met jou kind nie, moet hy/sy dit self uitwerk, sonder jou insette. Jou kind gaan kies om seks te h met iemand op een of ander stadium van hom/haar lewe. Dit is soveel beter as dit n deurdagte besluit is, eerder as n impulsiewe een. Praat oor die verskil tussen liefde en verlief wees. Gesels oor die emosionele impak wat seks op n mens se lewe het. Praat oor vriende se houdings teenoor seks, verhoudings en liefde. Bespreek wat die impak van keuse oor seks op jou reputasie by die skool is. Probeer agterkom wat die algemene waardes van jou kind se generasie is en hoe belangrik dit vir jou kind is om in te pas by hierdie waardes. Praat oor die moontlike gevolge van seks, bv. dat n verhouding kan verbrokkel daarna, die gevare van ongewenste swangerskap en geslagsiektes. Die ide is om jou kind te betrek in gesprek voering, nie preek nie! Gesprekke soos hierdie bereik n paar dinge. Dit help jou om jou kind en sy/haar wreld beter te leer ken. Dit maak gesprekke tussen julle oop oor verhoudings. Dit help jou kind om regtig te begin dink oor sy/haar eie behoeftes in verhoudings. Dit dra ook die boodskap baie duidelik aan jou kind oor dat hy/sy n keuse het in verhoudings. Verhoudings en seksualiteit is nie

dinge wat net met hom/haar gebeur nie. Dit is keuses wat verantwoordelikheid vereis en gevolge het. Gebruik dinge wat elke dag in jou kind se lewe gebeur as aanknopingspunte. As julle saam na flieks of televisie kyk, kan jy bv. karakters se keuses gebruik om te praat oor wat veilige of onveilige keuses is. As jou kind praat oor ander kinders se gedrag, luister mooi en gesels met hom/haar daaroor. As jy in konstante gesprek met jou kind bly, en onthou om te luister, kan jy hom/haar help om belangrike besluite te deurdink. Daar is ook n aantal veiligheidsrels wat toepaslik is vir jongmense. Bespreek hierdie rels met hulle sodat hulle verstaan hoekom dit belangrik is. Bly by vriende dit is altyd veiliger vir jong mense om in groepe uit te gaan. As hulle by n dans of n partytjie is, bly die rel staan dat hulle altyd saam met n vriend of vriendin moet bly. Moet nooit n drankie drink wat iemand vir jou aanbied by n partytjie nie. Koop of kry jou eie drankie en pas dit op. Noodoproepe rel met jou kind dat hy/sy jou altyd kan bel as hy/sy ongemaklik in n situasie voel. Verseker hom/haar dat jy hom/haar ALTYD sal kom help, al is jy dalk kwaad oor waar hy/sy hom/haar bevind. Leer jou kind die telefoon nommers van die polisie en nooddienste in die omgewing, as ook die nommer van Rape crisis in jou omgewing. Dit bemagtig hom/haar om hulp te kry as hy/sy dit nodig het. Alternatiewe ouers laat jou kind alternatiewe ouers kies uit julle vriende en familie king. Dit moet iemand wees wat julle albei vertrou en jou kind mee gemaklik voel. Maak n ooreenkoms met hierdie mense dat jou kind na hulle kan gaan met probleme wat hy/sy dalk nie kans sien om met jou te bespreek nie. Hierdie veiligheidsrels is natuurlike bo en behalwe julle eie gesin rels oor bv. inkom-tyd, rapportering en watter plekke aanvaarbaar is om te besoek of nie. Hoe meer jy jou tiener betrek in die opstel van hierdie rels, hoe beter is die kanse dat hy/sy dit gaan nakom. Onthou, dit is op die ou end jou kind wat sal moet besluit oor hierdie dinge. Jy kan nie oral wees en vir altyd polisieman speel nie. As hy/sy ten minste deurdagte, ingeligte besluite neem, is sy/haar kanse om veilige keuses te maak, beter.