42
5 Fases - Hoe God Ons Geloof Groei “Hóm verkondig ons deurdat ons alle mense met alle moontlike wysheid onderrig en leer, sodat ons elke mens tot geestelike volwassenheid in Christus kan bring" - (Kol. 1:28)

Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

  • Upload
    others

  • View
    7

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

5 Fases - Hoe God Ons Geloof Groei

“Hómverkondigonsdeurdatonsallemensemetallemoontlikewysheidonderrigenleer,sodatonselkemenstotgeestelikevolwassenheidinChristuskan

bring"-(Kol.1:28)

Page 2: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 1 -

Inhoudsopgawe Voorwoord ............................................................................................. 3

WEEK 1 .................................................................................................. 5

WEEK 2 ................................................................................................ 11

WEEK 3 ................................................................................................ 17

WEEK 4 ................................................................................................ 23

WEEK 5 ................................................................................................ 29

WEEK 6 ................................................................................................ 35

Slotwoord ............................................................................................ 41

Page 3: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 2 -

Page 4: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 3 -

Voorwoord As ons eerlik is, sal ons erken dat ons soms na die lewe kyk deur die verkeerde bril! Dinge gebeur, maar omdat ons soms nie deur die regte bril kyk nie, interpreteer ons sulke gebeure dalk verkeerd. Sulke verkeerde interpretasies kan baie negatiewe gevolge op ons hê... In hierdie Bybelstudiereeks oor Geloof, gaan ons kyk hoe die Here selfs die slegte gebeure in ons lewens kan gebruik om groot dinge vir Hom te bereik. Hierdie Bybelstudiereeks is bedoel om ons uit te daag om...

è Die Here se Woord te glo è Die Here te vertrou met ons lewens è Dit te waag om onvoorwaardelik gehoorsaam te wees è `n Volle oorgawe aan die Here te maak.

Hierdie studie kan opgesom word in 2 verse: Heb. 11:1 en Heb. 11:6 “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” “As `n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil. Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” My Gebed is dat die Here ons op hierdie Geloofsgroei pad sal seën en dat die gekruisigde Jesus vir ons `n werklikheid sal wees! Johan Delport

Page 5: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 4 -

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 6: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 5 -

“Deur hierdie geloof in Christus Jesus is julle nou almal kinders van God.” (Gal. 3:26)

WEEK 1 Inleiding Welkom! Vir die volgende 6 weke gaan ons saam op `n reis, `n reis van Geloof. Ons gaan in hierdie tyd mekaar aanmoedig om dieper te grawe in die Woord en saam te ontdek waar ons is op die pad van Geestelike groei. Ons gaan in diepte kyk na wat geloof is, hoe ons die Here eer deur ons geloof en hoe ons geloof in die Here en in die Woord deur die Here gebruik word om ons deur hierdie lewe te lei. Maak die beste van hierdie studie Hierdie studie kan vir elke Bybelstudent baie beteken, of ons al baie jare `n pad saam met die Here stap en of ons onlangs by die Here uitgekom het... Die Sleutel tot die suksesvolle gebruik van hierdie studie is Toewyding! Hier is `n paar wenke wat ons kan help om die beste van hierdie studie te maak: Wenk #1: Ons moet ‘n oorgawe maak. (Lees Jer. 18:6) Ons moet ons geloof en vertroue in die Here plaas sodat Hy Sy plan vir ons lewens sal laat plaasvind. Wenk #2: Hou `n joernaal. Skryf die sleutelverse neer wat die Heilige Gees onder ons aandag bring.

Waarom is geloof so belangrik?

Hoe God jou geloof groei...

Page 7: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 6 -

Wenk #3: Doen al die opdragte asook die geheue teks aan die einde. Maak tyd om weer later deur die studie te gaan. Wenk #4: Bespreek die waarhede wat ons in die studie ontdek het, met `n vertroueling. Tema teks: Heb. 11:1-6 Leier: Lees die tema teks. Lees ook Hand. 11:21 en Hand. 18:8. Indien daar iemand is wat vrymoedigheid het: Deel hoe hy/sy tot geloof kom het. Hoe kry ons geloof? Waar kom geloof vandaan? In die verse wat ons in Handelinge gelees het, het ons gesien dat die kerk `n tyd van geweldige groei beleef het. Baie mense het tot geloof in die Here Jesus gekom. Ál hierdie mense wat tot geloof gekom het, het een ding in gemeen gehad - Iemand het die Woord aan hulle gebring.

Wat is Geloof? In Efes. 2:8 lees ons dat geloof `n sleutel is tot ons redding. In die vorige verse het ons gelees dat die Heilige Gees geloof in ons harte wek wanneer ons aan die Woord van die Here gehoor gee. Dit is daarom belangrik om `n goeie begrip te hê van wat geloof dan is. In Heb. 11:1 kry ons `n goeie definisie van wat geloof is: “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.”

GESPREKSVRAAG: Lees Rom. 10:17 en 2 Kor. 4:13 in verskillende vertalings. Waar, volgens hierdie verse, kom geloof vandaan? ________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 8: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 7 -

Geloof is...

• Eerstens, om seker te wees van die dinge waarop ons hoop.

In 1 Pet. 3:15 maak Petrus melding daarvan dat hierdie HOOP in ons lewe. Ons het `n “Lewende Hoop” – nie die tipe onsekere hoop wat die wêreld het nie. Nee, `n lewende hoop is gewortel in Christus. Dit is `n Hoop wat die wêreld laat kennis neem dat ons vir meer leef as net die dinge van hierdie lewe.

• Tweedens, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.

Om met oortuiging te lewe is om met sekerheid te lewe. Soos ons meer en meer tyd in die Woord spandeer, groei ons oortuiging en sekerheid in die Here Jesus.

5 Fases hoe God ons geloof groei... Ons het hierdie studie begin deur `n fondasie te lê vir wat geloof is. Heb. 12:2 sê ons moet die oog op Jesus hou. Hy is die Begin en die Voleinder van ons geloof. Geloof is iets wat moet groei... - Rom. 14:1–2 praat van mense wat swak in hulle geloof is. - Rom. 15:1 praat van mense wat sterk is in hulle geloof. - In Matt. 17:20 praat Jesus van die dissipels se klein geloof.

GESPREKSVRAAG: Lees weer Heb. 11:1 en dan ook vers 6. Wat, volgens vers 6, is onmoontlik om te doen sonder geloof? Hoe kan ons hierdie probleem oplos volgens Rom. 10:17? _________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 9: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 8 -

- In Luk. 7:9 praat Jesus van die hoofman se groot geloof. Vir die volgende 6 weke gaan ons mekaar aanspoor om die uitdagings wat die Here oor ons pad stuur, te aanvaar sodat ons geestelik kan groei. Ons gaan kyk na die volgende 5 fases waardeur die Here ons geloof groei: FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande plaas, dan gee Hy ons `n doel om voor te lewe. Elkeen van ons moet onsself dan die vraag afvra: “Hoe stel ek my lewe in om te ontdek waarvoor die Here my geroep het?” FASE 2: Toewyding Die Here vra nie baie nie, Hy vra... ALLES! Om die Here te dien, vra toewyding. Jesus het vir Sy dissipels gesê dat iemand wat Hom wil volg, eers die koste moet bereken. Om te groei in geloof vra toewyding. FASE 3: Vertragings Die Here se tydsberekening is nie gebasseer op die oorlosie aan my arm of die dagboek in my aktetas nie. Nee! Die Here word ook nie deur mense se ongeduld aangejaag nie! Soms laat die Here ons wag. Hy vorm karakter in ons en leer ons om geduldig op Hom te wag! Die Here groei ons geloof deur ons te leer om op Sy tydsberekening te vertrou. FASE 4: Beproewings Wanneer dinge nie gaan soos wat ons gedink het dit moet gaan nie, dan soek ons gewoonlik fout, maar dit is juis een van die maniere hoe die Here ons versterk in ons geloof. Die Here het

Page 10: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 9 -

eers `n leeu en toe `n beer oor Dawid se pad gestuur om hom te leer vertrou op God se krag in die stryd. Eers ná hierdie toetse was Dawid gereed om Goliat aan te vat. Wanneer ons allerhande beproewings deurgaan, moet ons vertrou dat die Here ons hierdeur oplei. FASE 5: Doodloopstraat / Deurbraak Geloof is om te weet van Wie ons afhanklik is. Groot manne het in `n dooploopstraat beland: Moses by die Rooi See, Gideon met sy 300 manne, Nehemia wat die stad se muur moes bou en baie ander. Wat vir ons dalk lyk soos `n doodloopstraat, is die Here se geleentheid om `n wonderwerk te doen! Opsomming: In vandag se studie het ons nie net `n sterk fondasie gelê vir ons begrip van wat geloof is nie, ons het ook `n oorsig gedoen oor wat om die komende weke te verwag. Kom ons maak tyd in ons persoonlike stiltetyd om `n evaluasie te doen van ons eie geloof. Bespreek die volgende in die groep:

1. Dink `n bietjie na oor vandag se studie – wat het ons geleer rondom geloof?

2. Kyk weer na die verse onder groot, klein, sterk en swak geloof. Wat beïnvloed ons geloof se sterkte?

3. Wat, volgens vandag se studie, kan ons doen om `n sterker geloof in die Here Jesus te ontwikkel?

Page 11: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 10 -

WEEK 1: Waarom is geloof so belangrik?

Iets om te onthou

Geloof word deur die Heilige Gees in my lewe gewek wanneer ek die Woord van die Here ernstig opneem en my lewe daarvolgens

rig.

Vers om te onthou “Om te glo, is om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.” (Heb. 11:1)

“As ’n mens nie glo nie, is dit onmoontlik om te doen wat God wil.

Wie tot God nader, moet glo dat Hy bestaan en dat Hy dié wat Hom soek, beloon.” (Heb. 11:6)

Vraag om oor na te dink

Waar staan ek in my geloofsreis saam met die Here? Wat verhinder my om my hele lewe aan die Here toe te wy?

Gebed om te bid

Dankie Here dat U geloof in my hart kom wek het. Here, help my om my aandeel in my geloofsgroei te verstaan. Ek wil belê in `n dieper verhouding met U. Ek wil meer tyd spandeer in U Woord.

Ek wil U tevrede stel met my hele lewe. AMEN!

Page 12: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 11 -

"Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.” (Efes. 4:1)

WEEK 2 Inleiding: Vandag kyk ons na die eerste Fase waardeur God geloofsgroei in ons lewens bewerkstellig. Die Here plaas `n roeping in ons harte - `n roeping om vir Hom te lewe. Voordat ons Christus Jesus leer ken het as Verlosser, het ons die roepstem van hierdie wêreld gevolg. Die Here het ons kom vrykoop van `n sondige en sinlose lewe - `n lewe wat op vernietiging afstuur. Maar Hy het ons nie net gered nie, Hy het ook `n Roeping in ons harte kom plaas - `n Roeping om vir Hom te leef. Tema teks: 1 Kor. 1:18-31 Leier: Lees vandag se tema teks. Lees weer verse 23-26. Wat is `n Roeping? Hierdie lewe gaan nie oor ons nie. Die rede waarom die Here ons op die aarde geplaas het, is baie groter as net die 80 of 90 jaar wat ons hier spandeer. Die Here se doel, of dan roeping, vir ons lewens is baie groter as die som van al ons talente, gawes en vaardighede. Ons is weergebore deur die Here en vir die Here!

FASE 1: Roeping

Die begin van 'n spesiale pad saam met God

Page 13: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 12 -

“God het deur Hom (Christus) alles geskep wat in die hemel en op die aarde is... Alles is deur Hom en vir Hom geskep.” (Kol. 1:16) Dit is eers wanneer ek my lewe inrig om die Roeping wat die Here vir my gegee het, na te streef, dat my geloof in Christus volhoubaar begin groei.

‘Roeping’ se verskillende betekenisse: Die Here Jesus het ons op 3 verskillende maniere geroep. Dit is noodsaaklik vir ons om te verstaan dat alle Christene deur die Here geroep is. Almal wat bely dat hulle kinders van die Allerhoogste is en deur die bloed van Christus skoongewas is, is deur die Here Jesus geroep. Roeping beteken: Redding Lees Efes. 1:18 Paulus maak in vers 15 melding daarvan dat hy hoor dat die mense tot geloof in Christus gekom het en hy trek dadelik die lyn deur na die Roeping wat die gelowiges ontvang het. Christus het ons uit die wêreld geroep om Hom te volg, Hom te dien en deur Hom kinders van die Vader te wees. Roeping beteken: `n Nuwe Leefstyl Lees 2 Pet. 1:10

GESPREKSVRAAG: Lees weer Kol. 1:16. Watter implikasie het die vers op ons persoonlike -, gesins- en werkslewe? _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 14: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 13 -

Petrus beskryf dieselfde gedagte, maar neem dit selfs verder. Ons is nie net gered nie, maar geroep tot `n nuwe leefstyl. Ons lewens moet bewys dat ons gered is. Ons is geroep tot `n Heilige Lewe - `n lewe wat aan God toegewy is. Roeping beteken: Om met Rigting te Lewe Lees Fil. 3:14 Paulus praat van die hemelse prys waartoe hy geroep is en hy meld ook dat hy hom uitstrek om by die wenstreep te kom. Om geroep te wees, is om met Rigting te lewe! Om `n lewe te leef wat by die wenstreep uitkom! In vandag se studie gesels ons oor laasgenoemde. Die Here het ons geroep om by die Wenstreep uit te kom. Die Here het ons geroep om in Oorwinning te leef – nie net om te Oorleef nie.

Hoe volg ons God se roeping vir ons lewens?

#1) Ons moet die res van ons lewens aan God toewy Lees 1 Tim. 6:11 Dit maak nie saak hoeveel tyd verlore gegaan het nie, die Here kan steeds iets van ons lewens maak, maar dit vra iets: dit vra `n Totale Oorgawe. Dit vra Totale Toewyding aan die Here. Kom ons wy die res van ons lewens aan die Here toe.

GESPREKSVRAAG: Na aanleiding van die laaste verse, lees ook Jer. 29:11 en Joh. 10:10. Wat is die rol wat die Here speel in ons roeping? _____________________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 15: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 14 -

#2) Maak kwaliteit tyd vir Bybelstudie en Gebed Lees 1 Tess. 5:17 en Heb. 4:12 Ons moet gereelde, kwaliteit tyd met die Here spandeer in die Woord en in Gebed. Soos wat ons meer tyd saam met die Here spandeer, so versterk die Here ons geloof en word ons volwasse in die Here. #3) Self-evaluasie – Wat het ons? Wie is ons? Waar is ons? Lees Kol. 1:16 Waar bevind ons ons nou? Tussen wie is ons? Ons moet vir die Here werk waar ons onsself NOU bevind... Ons roeping is dalk nie as sendelinge na Yemen of Sudan nie. Dalk is ons roeping om die Here Jesus uit te leef teenoor ons kinders of kollega’s by die werk. Laat ons dit dan met dieselfde toewyding en passie doen asof ons iewers in Rusland is om vir die Here te werk! #4) Assosieer met ander gelowiges Lees Heb. 3:13 Ons moet sosialiseer met ander gelowiges wat ook voluit vir die Here lewe. Ons vriende moet hoofsaaklik mense wees wat ons uitdaag en inspireer om te groei in ons geloof en te groei in die roeping wat die Here vir ons het. #5) Ons moet ons lewens inrig om ons roeping uit te leef Lees Efes. 4:1 Jesus maak dit duidelik in Luk. 9:62 dat ons nie moet terugkyk en die dinge van die ou lewe weer begeer nie. Ons moet ons lewe ten volle inrig om die Here se roeping vir ons lewens uit te leef. Opsomming:

Page 16: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 15 -

In 1 Kor. 7:20 moedig Paulus die gemeente aan om te bly waar hulle was toe die Here hulle geroep het. Om die Here se roeping te volg, beteken vir party mense om dalk groot veranderinge te ondergaan bv. as sendelinge na vêr lande, maar vir die meeste van ons beteken die roeping van die Here om ons geloof voluit uit te leef waar ons onsself NOU bevind. Bespreek die volgende in die groep:

1. Wat beteken dit om geroep te wees? 2. Waarom moet ek van my ou lewe afsien? 3. Watter aksies kan ek neem om my lewe so in te rig?

NOTAS: ________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 17: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 16 -

WEEK 2: Die begin van `n spesiale pad saam met

God!

Iets om te onthou Ek is geroep vanuit `n sondige lewe

Ek is geroep vir `n heilige lewe Ek is geroep vir `n spesiale doel

Vers om te onthou

“Laat julle lewenswandel in ooreenstemming wees met die roeping wat julle van God ontvang het.” (Efes. 4:1)

Vraag om oor na te dink

Is ek besig om my lewe meer en meer in te rig volgens die ewige roeping waarvoor die Here my geroep het?

Indien nie, wat verhinder my om die Here se roeping na te jaag? Watter regstellende aksie behoort ek te neem?

Gebed om te bid

`n Oorgawe-gebed: Vader, ek wil op U roepstem antwoord. Ek wil die res van my lewe voluit vir U lewe. Kom leer my deur U

Woord en kom lei my deur U Heilige Gees om hierdie pad voluit te stap. In die Here Jesus kom lê ek my lewe voor U voete en kom

maak `n oorgawe. Neem my lewe aan as `n offer aan U. AMEN

Page 18: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 17 -

“Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.” (Rom. 12:11)

WEEK 3 Inleiding: Verlede week het ons gesels oor ons roeping. Elke Christen het `n roeping. Nie almal word geroep om iewers in Afrika te gaan sendingwerk doen nie, maar almal van ons is geroep. Dit is die eerste Fase waarin die Here ons geloof laat groei: Hy roep ons. Vandag gaan ons verder en ons kom by die tweede Fase nl. Toewyding. Die sleutel tot `n sinvolle lewe is om jou hele lewe toe te wy aan die Here en die taak wat die Here jou opgelê het. Toewyding is net soveel `n hartsbesluit as wat dit `n kopbesluit is. Tema teks: Jak. 2:14-26 Leier: Lees vandag se tema teks. Lees weer Jak. 2:26. Geloof, dade en toewyding Jakobus maak dit duidelik dat geloof nie net innerlike, intellektuele informasie is wat ek ken en glo nie - Geloof sonder dade is dood! Die hoeveelheid geloof wat oorgaan in aksie, is `n baie duidelike aanduiding van ons vlak van toewyding.

FASE 2: Toewyding

Die sleutel tot 'n sinvolle lewe

Iemand het eendag gesê: “You only believe the parts

of the Bible you do!”

Page 19: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 18 -

In die eerste Fase het ons gekyk na die roeping wat elke gelowige het. Afgesien van die verlossingsroeping vanuit `n donker lewe na `n lewe wat deur die bloed van Christus gewas is, het elkeen van ons ook `n lewensroeping. Die Here het elkeen gemaak vir `n doel! Die Here het ons nie gemaak om ons lewens om te wag vir die dood nie. Ons is geskape en weergebore om ons lewensroeping te ontdek en uit te leef... en dit verg toewyding! Die Here vra nie baie nie, Hy vra... ALLES

5 Riglyne hoe ons ons toewyding kan versterk: RIGLYN #1: Bly geestelik fiks Lees 1 Tim. 4:8 Paulus begin hierdie gedeelte in vers 6 waar hy vir Timoteus aanmoedig om die lering in hierdie brief aan die gemeente voor te hou. Ons moet ons geestelik fiks hou deur onsself te voed met die Woorde van geloof en daarvolgens te leef. Wanneer ons onsself gedurig verdiep in die Woord van God en ons spandeer tyd in gebed, dan voed dit ons geloof – dit versterk ons toewyding.

GESPREKSVRAAG: Lees weer Jak. 2:14–17 en Rom. 12:8-11. Hoe hou geloof, dade en toewyding verband met mekaar? __________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

GESPREKSVRAAG: Lees Rom. 10:17. Hoe bou ons geloof? Waaraan moet ons toegewy wees om geloofsgroei in ons lewens te sien? (Lees ook die 1953-vertaling) _____________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 20: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 19 -

RIGLYN #2: Identifiseer ons laste en ... Lees Heb. 12:1-3 Laste is daardie items wat ons in ons lewens toelaat wat ons emosioneel, fisies en geestelik moeg maak. Die Hebreër skrywer maak dit duidelik dat ons hierdie laste van ons moet afgooi. Daar is nie tyd om “nice” te wees met ons laste nie – ONS MOET ONTSLAE RAAK DAARVAN! Natuurlik is sonde ‘n las wat ons in ons lewens toelaat, maar laste is vêr meer as net sonde. Dink byvoorbeeld aan die negatiewe gevolge wat finansiële skuld op ons lewens het: Dit maak ons negatief en bedruk; dit haal ons oë van die Here af... Sulke dinge, wat dalk nie noodwendig sonde is nie, maar ons tog terughou van groei, is ook laste.

RIGLYN #3: Ons moet ons geloof bewaar Lees 1 Tim. 6:11–12 In 1 Tim. 6:3 en verder beskryf Paulus die verskil tussen die ware leer en die valse leer; ware rykdom en valse rykdom. Almal van ons moet aandagtig gehoor gee aan Paulus se waarskuwing. Hierdie wêreld is vyandig gesind teenoor ons geloof en ons kan maklik in die versoeking kom om met die waarheid in die Woord te onderhandel om in te pas by ons kultuur. Ons moet ons geloof ten alle koste bewaar. Ons mag nie terugstaan vir hierdie wêreld nie. Die uiteinde van die wêreld se leefstyl is die dood. (Lees Rom. 6:23) En nie net die ewige dood in die hel nie, maar `n lewe van dood hier op aarde reeds. Sonde doen skade aan alles wat waardevol is.

HUISWERK: Maak `n lys van al die laste in jou lewe - die dinge wat jy dalk toegelaat het om jou emosioneel, fisies en geestelik te dreineer. Neem die besluit om daarvan ontslae te raak.

Page 21: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 20 -

RIGLYN #4: Wees getrou in ALLES Lees Pred. 9:10 en Luk. 16:10 Toewyding beteken om getrou te wees. Soms kyk mense na die predikant, of die sangleier, of die leiers in die gemeente en dink: sjoe, maar dit is so `n geestelike persoon en hulle doen so `n belangrike werk! Maar ons mag nooit in die strik trap om te dink dat die werk wat elkeen van ons doen onbelangrik is nie. Wanneer ons getrou is in alles wat ons doen, klein of groot, dan gebruik die Here daardie werk tot Sy eer. Ons moet ons werk vir die Here met volle oorgawe doen, of dit nou is om koffie te skink of om te preek.

RIGLYN #5: Dien die Here met blydskap Lees Ps. 51:14, Ps. 100:2 en Fil. 4:4 Die Bybel moedig ons aan om die Here met Blydskap te dien. In Efes. 6:7 sê Paulus ons moet ons werk doen met “lus soos vir die Here”. Om in toewyding aan die Here te lewe is nie net `n voorreg nie, maar as dit kom vanuit `n rein hart, waar ons

GESPREKSVRAAG: Lees Jak. 4:7. Wat is die twee opdragte wat ons in hierdie teks kry? Wat sê Jakobus sal dan gebeur? Hoe pas hierdie vers by die gedagte dat ons ons geloof moet bewaar? ___________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

GESPREKSVRAAG: Lees Kol. 3:22. In hierdie teks gee Paulus raad aan die slawe. Hoe kan ons hierdie vers van toepassing maak op ons geloof en ons toewyding aan die Here? _______________________________________________________ _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 22: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 21 -

met geloofsoë op die Here Jesus fokus, dan is ons werk ook `n vreugde en `n plesier. Ons moet daarom ons harte ondersoek. Wanneer ons die werk doen wat ons doen vir die Here, en ons doen dit met die regte motief, dan kan ons blydskap hê in ons werk. Daardie blydskap verwek weer meer toewyding aan die Here.

Opsomming: Paulus se woorde in 1 Tim. 4:8 sê dit die heel beste: “Om jou liggaam te oefen, het wel ’n bietjie waarde, maar om in toewyding aan God te lewe, het in alle opsigte groot waarde, want dit bevat ’n belofte van lewe, vir nou en die toekoms.” Sonder toewyding aan die Here sal ons nooit regtig voluit ons geloof uitlewe nie. Die Here Jesus het homself toegewy om ons te kom vrykoop van sonde. Dit het Hom baie gekos: Hy moes aan die Kruis sterf soos `n misdadiger. Die Here vereis toewyding van ons. Dit is wanneer ons in volle toewyding aan die Here lewe dat ons lewens werklik sin kry. Bespreek die volgende in die groep:

1. Waarom sukkel Christene vandag so met toewyding? 2. Hoe kan ons van hierdie laste ontslae raak?

GESPREKSVRAAG: Lees Gal. 6:4. Paulus waarsku ons om nie ons werk met ander te vergelyk nie. Waarom nie? Wat sal dit doen aan ons blydskap? _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

Page 23: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 22 -

WEEK 3: Die sleutel tot `n sinvolle lewe.

Iets om te onthou Geloof sonder dade is dood. Geloof sonder om die Here met

toewyding te dien, is dood. Die Here Jesus was ten volle daaraan toegewy om ons te kom red. Hy verwag ook toewyding van ons.

Om die Here met toewyding te dien, beteken om getrou betrokke

te wees by die werk van die Here.

Vers om te onthou “Ek verwag liefde eerder as offers, toewyding aan My eerder as

brandoffers.” (Hos. 6:6)

“Moenie in julle toewyding verslap nie, bly altyd geesdriftig, dien die Here.” (Rom. 12:11)

Vraag om oor na te dink

Hoe lyk my toewyding aan die Here? Is ek besig om die Here te dien met volle oorgawe en toewyding?

Watter laste is daar in my lewe wat my op hierdie oomblik terughou, wat ek moet afgooi?

Gebed om te bid

Vader, die prys wat betaal is om my van die mag van sonde vry te koop, was te groot om nie in volle toewyding aan U te lewe nie.

Vergewe my waar ek U nie voluit dien nie. Help my om U te dien op die manier soos U dit van my verwag.

AMEN

Page 24: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 23 -

“Die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” (Jes. 40:31)

WEEK 4 Inleiding: Daar is niks wat ons geloof so op die proef stel as wanneer dinge nie uitwerk soos wat ons gehoop het nie. Ons kan maar net dink aan kere wat ons gebid het en die Here gevra het vir iets, maar die Here het die gebed nie beantwoord nie, of ten minste nie soos wat ons gehoop het nie! Wanneer ons bid, is daar altyd een van drie antwoorde. Dink aan `n verkeerslig. Daar is drie kleure. Soms sê die Here: Groen – Dit is reg, gaan voort. Rooi – Nee, hierdie gaan nie werk nie. Geel – Wag..., nie nou nie. Vandag gaan ons gesels oor laasgenoemde, wanneer die Here ons laat wag. Dalk het ons al gebid en die Here het nie uitkoms gegee nie - en ons moes wag. Waarom laat die Here ons soms wag? Tema teks: Joh. 11:17-32 en Efes. 3:20 Leier: Lees vandag se tema teks.

FASE 3: Vertragings

Om in geloof te wag

Page 25: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 24 -

Ek en jy is nie die eerstes wat moes wag nie Dink aan Martha en Maria: hulle het gewag dat die Here Jesus Lasarus kom gesond maak, maar dit het nie gebeur binne die tydsbereking wat hulle wou gehad het nie. Hulle het aanvanklik gedink Jesus is te laat.

Vyf Redes waarom die Here ons soms laat wag

GESPREKSVRAAG: Dink mooi oor hierdie verse wat ons nou gelees het. Wat sê Efes. 3:20 van die Here se vermoë? Wat leer ons uit die storie van Lasarus? _____________________________________________________________ _____________________________________________________________

Jesus is betyds, al is Hy 4 dae laat!

• Abraham was 100 jaar oud toe Isak gebore was. (Gen. 21)

• Josef was 17 toe hy as slaaf verkoop was en hy moes 13 jaar wag voordat hy onder Farao as onderkoning regeer het. (Gen. 41)

• Die Here het vir Dawid 15 jaar laat wag nadat Samuel hom as koning gesalf het, om die kroon te kon opneem. (1 Sam. 16 en 2 Sam. 5)

GESPREKSVRAAG: Dink aan nog voorbeelde in die Bybel waar God die mense laat wag het. Lees nou Rom. 8:25. Waarom laat die Here ons soms wag volgens dié vers? ________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

Page 26: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 25 -

Volgens Rom. 8:25 moet ons met volharding wag op die Here. Ons moet vashou aan die Here se Woord (Rom. 8:28 en Jer. 29:11). Dit is belangrik vir ons om te onthou dat die Here se planne nie ons planne is nie en Sy weë nie ons weë nie. REDE #1: Wanneer ons moet wag, word ons ware motiewe bekend. In Deut. 8:2 lees ons dat die Here die volk deur die woestyn laat trek het. Die Here wou vir die volk wys wat in hul hart is. REDE #2: Wanneer ons moet wag, word geduld in ons ontwikkel. Deel van die vrug van die Gees is geduld. Ons lees dit in Gal. 5:22. Wanneer ons geduldig is, ontwikkel die Here Goddelike karakter in ons. REDE #3: Wanneer ons moet wag, ontwikkel `n groter verwagting in ons. Ons verwagting is in die Here, nie in aardse uitkoms nie. Ons hou ons oë dus op die Here. Lees Ps. 31:18 en Ps. 25:3. REDE #4: Wanneer ons moet wag, leer ons om in ware afhanklikheid op die Here te vertrou. In Matt. 5:3 lees ons dat ons geseënd is as ons weet hoe afhanklik ons van die Here is. Afhanklikheid van die Here beteken om te weet hoe nodig ons die Here werklik het. REDE #5: Wanneer ons moet wag, verdiep ons verhouding met die Here. In Efes. 4:15 lees ons dat ons groei in `n verhouding met die Here. Wanneer ons wag op uitkoms, leer dit ons om te bid en werklik op die Here te vertrou. Dit verdiep ons verhouding met die Here.

GESPREKSVRAAG: Maak seker dat al die verse in die groep gelees word. Dink oor die 5 redes wat gegee word. Waarom sou ons sê is dit vir ons voordelig dat die Here ons soms laat wag? ________________________________________________

Page 27: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 26 -

Opsomming: Gaan die Here ons gebede antwoord? Hoe lank gaan ons moet wag? Dit is vrae wat nie maklike antwoorde het nie. Wat die Here van ons verwag, is om gehoorsaam aan Hom te bly, Hom volkome te vertrou en geduldig te volhard. Onthou die verkeerslig: - Soms sê die Here: “Ja”, - Soms sê die Here: “nee” en - Soms sê die Here: “wag” Ons moenie moedeloos raak nie. Ons moet tyd maak vir gebed en ons moet toelaat dat die Here ons geloof bou - in geduld. Kom ons maak ook tyd om saam met ander gelowiges ons reis met die Here te deel en om hulle te vra om saam met ons te bid.

GROOT WAARKUWING: Ons moet te alle tye oppas vir afleidings. Wanneer ons wag, moet ons nie in ons toewyding verslap en weer verstrengel raak in die dinge van die wêreld nie. Kom ons dien die Here, bly getrou in ons studie van die Woord en maak veral in sulke tye tyd om te bid. Bespreek die volgende in die groep:

1. Na aanleiding van vandag se studie, waarom laat die Here ons soms wag?

2. Watter verse sou ons sê, kan ons gebruik om mense te bemoedig wat voel of die Here hulle nie antwoord nie?

Page 28: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 27 -

3. Kyk weer na die gedeelte wat sê: “Wat kan ek doen terwyl ek wag?” Bespreek die verse en die aksies wat hierin na vore kom.

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 29: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 28 -

WEEK 4: Wanneer ek op die Here wag

Iets om te onthou

Die Here is nooit laat nie. Sy tydsberekening is perfek! Glo dit, hou daaraan vas en maak dit finaal deel van jou lewe.

Onthou die les uit Lasarus se lewe: Al is God 4 dae laat, is Hy

steeds betyds!

Vers om te onthou “Die wat op die Here wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met

vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.” (Jes. 40:31)

Vraag om oor na te dink

Waarom vind ek dit so moeilik om te wag? Wat is daar in my lewe wat ek aan die gesag van die Woord moet onderwerp?

Watter aksiestappe uit die Woord kan my help om deur my tyd

van wag te kom?

Gebed om te bid Vader, ek sal op U wag, ek sal op U bly hoop en ek sal op U bly vertrou. Ek weet U tydsberekening is perfek. Ek bely dat ek nie altyd U planne verstaan nie, maar ek weet U planne is beter as my planne, en U wysheid deurgrond die dieptes van die heelal.

Ek plaas doelbewus my vertroue in U! AMEN!

Page 30: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 29 -

“U het ons beproef, o God, ons gelouter soos silwer.” (Ps. 66:10) WEEK 5

Inleiding: Ons het tot dusver gekyk na verskillende Fases waardeur God ons geloof groei. Ons het gekyk na... Fase 1: Roeping – Elke gelowige het `n roeping, `n roeping om sy of haar lewe aan die Here te offer. Fase 2: Toewyding – Toewyding is hoe ons verseker dat ons die Here se plan vir ons lewens volg. Fase 3: Vertragings – Die Here laat ons soms wag, en hierdeur leer ons geduld en om ons oë op Hom te hou. Vandag kyk ons na Fase 4 – Wanneer dinge nie so maklik gaan nie: wanneer ons allerhande uitdagings in die lewe moet trotseer. Waarom word ons so getoets, waarom word ons beproef en waar kom dit vandaan? Tema teks: Jak. 1:1–18 Leier: Lees vandag se tema teks. Wat is die verskil tussen Beproewing en Versoeking? In vandag se teks kom daar twee baie pertinente woorde na vore: Beproewing en Versoeking. Ons is goed bekend met beide

FASE 4: Beproewings

Groei vir groter dinge

Page 31: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 30 -

hierdie woorde. Wanneer dit kom by hierdie begrippe, dan is daar `n gesegde wat baie waar is: Knowledge is Power! Baie Christene gebruik hierdie begrippe baie los en vas en verstaan nie regtig die verskil tussen hierdie twee woorde nie. Kom ons kyk vir `n oomblik na die woorde in die oorspronklike Grieks... 1. Versoeking – <Peirasmon> Die woord beteken om onder druk te wees, amper soos `n bees wat in `n drukgang is oppad na die slagpale. Net so is versoeking `n drukgang wat poog om die mens na sonde te lei

2. Beproewing – <Thilipsis> Die woord beteken om op die een of ander manier swaar te kry; om in pyn te verkeer; fisiese ongemak te verduur of selfs om vervolg te word.

Wanneer ek swaarkry (beproewing) Alhoewel beproewing nie na sonde lei soos versoeking nie, kan ons deur `n tyd van beproewing of swaarkry gaan as gevolg van sonde wat ons gedoen het.

GESPREKSVRAAG: Lees Jak. 1:13–14. Wat leer ons oor die oorsprong van versoeking en waar staan die Here teenoor versoeking? ________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

GESPREKSVRAAG: Lees 2 Kor. 1:3-5. Wat leer ons van die aard van beproewing? Hoe moet ons reageer op beproewing? _____________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

Page 32: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 31 -

Dink byvoorbeeld aan iemand wat by die werk gesteel het en sy werk verloor het. Iewers was daar `n versoeking om iets te vat en nou het die persoon sy werk verloor. Dit het `n verlies van inkomste tot gevolg en dit het weer tot gevolg dat so `n persoon dalk sy motor en sy huis verloor. Petrus spreek hierdie gedagte ook aan in 1 Pet. 3:17. As ons deur `n tyd van beproewing gaan omdat die Here dit so wil, dan is dit natuurlik beter as om deur lyding te gaan omdat ons sonde gepleeg het! Hoe ons behoort te reageer wanneer ons deur beproewing gaan en hoe ons behoort te reageer wanneer ons ly omdat ons sonde gepleeg het, verskil dramaties.

Hoe kan ons volhard onder beproewing? Ons moet verstaan dat die Here in ons werk om Sy wil uit te voer. Terwyl Paulus in die tronk was, was dit nie vir hom `n saak van blydskap nie. Maar ons kan nou daarna kyk en sien dat, indien Paulus nooit in die tronk was nie, ons nie die briewe Efesiërs, Filippense, Kolossense en Filemon sou gehad het nie! Paulus se swaarkry het goeie vrug gedra. Wanneer ons deur ‘n tyd van beproewing gaan, dan moet ons altyd in gedagte hou dat ander gelowiges op verskeie maniere geseën kan word deur ons swaarkry.

GESPREKSVRAAG: Lees 1 Joh. 1:8-9. Hoe moet ons reageer in tye van swaarkry wanneer daardie swaarkry gekom het as gevolg van ons eie sonde? _____________________________________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

Page 33: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 32 -

Kom ons doen hierdie volgende selfstudie biddend as tuis-werk: Watter 4 wenke gee Jakobus vir ons vir wanneer ons deur beproewing gaan? Lees weer Jak. 1:2–8.

1. _______________________ (v2) 2. _______________________ (v3) 3. _______________________ (v5) 4. _______________________ (v6–7)

Opsomming: In vandag se studie het ons 3 belangrike gedagtes aangeraak:

- Wat is die verskil tussen versoeking en beproewing? - Wat is die verskil tussen om swaar te kry oor die goeie

wat ons gedoen het en swaar te kry oor sonde wat ons gepleeg het?

- Hoe moet ons reageer wanneer ons swaarkry? Wanneer ons deur `n tyd van beproewing gaan, voel dit natuurlik nie soos iets waaroor ons bly kan wees nie, maar tog weet ons dat die Here juis verlang dat ons in sulke tye vreugde moet hê! Dit is juis in moeilike tye dat die Here ons geloof kan groei en verdiep! Bespreek die volgende in die groep:

1. Lees weer 1 Pet. 3:17. Bespreek die impak wat hierdie vers op ons lewens het.

2. Ons het die studie begin met Ps. 66:10. Watter waarde het beproewinge in ons lewens.

3. Hoe kan ons mekaar bystaan in tye van swaarkry?

GESPREKSVRAAG: Watter troos bied Rom. 8:18 en 28 vir ons wanneer ons deur swaar tye gaan? _______________________________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

Page 34: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 33 -

WEEK 5: Swaarkry - die Here se instrument om my te groei

Iets om te onthou Wanneer ek swaarkry omdat ek goed doen, is daar niks om oor skaam te wees nie en al gaan ek deur algemene swaarkry soos

pyn of hartseer, moet ek my oë op die Here Jesus hou. Onthou, as jy die Here se kind is, dan kyk die Here uit vir jou. Jy

is die Here se kind en daar is niemand wat jou liefhet soos jou hemelse Vader nie. Jy is in goeie hande.

Vers om te onthou

“Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet: swaarkry kweek volharding.” (Rom. 5:3)

“Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom

liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.” (Rom. 8:28)

Vraag om oor na te dink Wat is my houding wanneer ek deur `n tyd van beproewing gaan?

Hoe kan ek seker maak ek groei sterker in my geloof in hierdie tyd?

Gebed om te bid

Vader, help my om met perspektief te kyk na my uitdagings. Help my om onderskeid te tref tussen wanneer ek swaarkry vir die

goeie wat ek gedoen het en die kwaad wat ek gedoen het en om daarvolgens op te tree.

AMEN

Page 35: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 34 -

NOTAS: __________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________________

Page 36: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 35 -

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21aan Hom kom die eer toe...” (Efes. 3:20-21)

WEEK 6 Inleiding: Wat het Noag en die ark, Abraham en Isak, Jakob en Esau, Josef in die put en toe later in die tronk, Moses by die Rooi See, Josua toe hy by Moses oorneem, Gideon en die 300 manne, Dawid en Goliat, Elia en die Baäl profete, Daniël in die leeukuil, Daniël se drie vriende (Sadrag, Mesag en Abednego) in die vuuroond, en Nehemia en die stadsmuur almal in gemeen? Al hierdie Ou Testamentiese helde is deur die Here ontwikkel deur die 5 Fases van Geloof: FASE 1: Roeping – Die Here roep ons vir `n spesiale taak. FASE 2: Toewyding – Ons aanvaar die Here se roeping. FASE 3: Vertragings – Die Here leer vir ons geduld. FASE 4: Beproewings – Die Here leer ons om te vertrou. FASE 5: `n Doodloopstraat – Die Here maak die deur oop! Tema teks: Eks. 14:1-18 Leier: Lees vandag se tema teks. Vir tuisstudie kan jy Eksodus 1 – 15 lees. Jy sal leer dat die Here getrou is en dat Hy nooit van Sy kinders vergeet nie. Jy sal ook die Here se groot mag en krag sien in die 10 Plae.

FASE 5: Deurbraak

Dit is die Here wat uitkoms bring

Page 37: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 36 -

Van Doodloopstraat tot Deurbraak

Al ooit jouself op `n moeilike plek bevind? Dalk het jy regtig die Here gesoek en probeer om die sonde te vermy... Jy het jou bes gedoen om heilig te lewe. Tog voel dit vir jou asof jy jouself in `n geestelike doodloopstraat bevind. Jou gedagtes is gevul met vrae soos:

Waar is die Here? Waarom is ek hier?

Het die Here van my vergeet? Gaan die Here my in die steek laat?

Dit klink presies soos die woorde in Eks. 14:11: “Hulle het vir Moses gesê: “Is daar nie begraafplek in Egipte nie dat jy ons saamsleep om in die woestyn te sterwe? Wat het jy ons aangedoen dat jy ons uit Egipte laat trek het?” Al ooit jouself in so `n posisie bevind? Welkom by Fase 5 van hoe God jou Geloof ontwikkel.

Van Doodloopstraat tot Deurbraak

Die sanger Don Moen het `n pragtige lied geskryf: “God will make a way where there seems to be no way!” Dit laat my dink aan die Woord van die Here deur die profeet Jesaja: “19Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn ’n pad, Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring.” (Jes. 43:19) Kom ons lees die volgende verse en probeer om onsself in die Israeliete se skoene te sit terwyl ons die verse lees. Op watter manier was die Israeliete in die moeilikheid volgens die volgende verse?

Page 38: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 37 -

(v3) ______________________________________________ (v6) ______________________________________________ (v10) ______________________________________________ (v11) ______________________________________________

Wat sê Moses vir die volk in vers 14? ___________________________________________________

“Bly julle maar kalm. Die Here sal vir julle veg.” (v14)

Van Doodloopstraat tot Deurbraak

In Eks. 14:13 en 15 lees ons 4 opdragte wat Moses vir die volk gee wat hulle help om in geloof deurbraak te verkry...

1) Moenie Bang wees nie Lees Jos. 1:9 Vrees, angs en twyfel is `n natuurlike, menslike reaksie. Maar net soos die Israeliete moet ons ook onthou dat ons nie meer onder die wet van die vlees staan nie! (Rom. 8:1-4) Ons staan nou onder die Here Jesus Christus se heerskappy. Vrees, angs en twyfel sal ons ALTYD teen geloof laat besluit. Vrees en angs maak ons geestes-oë toe, en verhinder ons om volkome vertroue in die Here te plaas.

2) Staan vas in die Here

Lees Efes. 6:10 en 13

Moses het die volk aangemoedig om nie in hul omstandighede vas te kyk nie, maar om hul oë op die Here te hou en vas te staan in die geloof.

GESPREKSVRAAG: Wat, volgens Jak. 1:6-7, is die impak van twyfel op ons lewens en op ons verhouding met God? ___________________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

Page 39: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 38 -

Daar steek baie diep waarheid hierin: Die Here het die Israeliete nie na die wildernis gebring net om hulle daar in die steek te laat nie. Die Here het hulle tot daar gebring om sy wonderlike magsdade, deur hulle, aan die wêreld te wys! Net so lei die Here ons deur ons lewens, nie om ons in die steek te laat nie, maar om Sy wonderlike magsdade aan ons, en deur ons, aan die wêreld te wys!

Kyk wat die Here gaan doen Lees Ps. 145:4 en Ps. 150:2

Die volk was gehoorsaam tot op die letter. Hulle het gepoog om alles wat Moses hulle beveel het om te doen, tot op die letter te doen. Meer as om gehoorsaam te wees, kon hulle nie doen nie... Wanneer ons aan die einde van onsself kom, is dit juis waar ons moet wees om te weet: ons kan nie in ons eie krag die saak behartig nie, maar die Here kan. Dit is juis wanneer ons weet dat ons alles gedoen het wat ons kon, en dat ons op die Here moet wag vir die deurslag, dat ons op die beste moontlike plek is.

3) Neem Aksie in die Here Lees Jak. 2:17-18

GESPREKSVRAAG: Waarop, volgens Ps. 20:8, vertrou sommige mense? En ons: waarop vertrou ons? Wat, volgens vers 9, is die resultaat van hierdie misplaaste vertroue? _____________________________________________________ __________________________________________________________________________________________________________________________

GESPREKSVRAAG: Watter troos bied Efes. 3:20-21 vir iemand in `n benoude situasie? __________________________________________________________________________________________________________________________

Page 40: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 39 -

Die Here beveel Moses: trek verder. Wat hierna volg, is die groot en wonderlike magsdade van die Here. Die Here kloof die Rooi See oop en laat die volk droogvoets deur die see trek. Dit is nie al nie: die Here vernietig ook die Egiptenaars deur hulle te verdrink toe hulle die Israeliete deur die see agtervolg. Die Here het die Israeliete nie net passief laat kyk na wat Hy besig was om te doen nie. Hulle moes ook self aksie neem.

Opsomming: Die afgelope 6 weke het ons intens gefokus op hoe die Here ons geloof ontwikkel. Die Here het belê in ons. Die Vader het sy Seun, Jesus Christus, laat sterf aan die kruis om ons van sonde en van `n sinlose lewe te red. Ons aandeel is om in geloof te reageer op die Here se roeping deur ons lewens aan Hom toe te wy. Geloof is nie passief nie, maar aktief - dit is om die Here aktief te dien. Bespreek die volgende in die groep:

1. Lees Efes. 1:18, Efes. 4:1 en Heb. 3:1. Wat leer ons uit hierdie verse van ons roeping in Christus?

2. Wanneer die Here ons roep en ons volg Hom in gehoorsaamheid, dan gaan ons soms buite ons gemaksone beland. Watter troos bied 2 Tim. 1:7 vir ons?

GESPREKSVRAAG: In Jak. 2:17-18 maak Jakobus dit duidelik: geloof is nie passief nie. Op watter manier moet ons ook aksie neem in ons geloofslewe? __________________________________________________________________________________________________________________________

Page 41: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 40 -

WEEK 6: Van doodloopstraat tot deurbraak

Iets om te onthou Om die Here te volg in die geloof, is nie `n passiewe busrit nie.

Dit is eerder `n aktiewe reis saam met die Vader. God gaan deur Sy Gees my na plekke lei sodat ander mense Sy wonderlikheid kan beleef en so ook die Here Jesus as Verlosser kan ontmoet. Ek moet my lewe toewy aan hierdie taak. Daar is nie `n groter

taak, `n groter roeping en `n groter nalatenskap wat ek kan los as om toegewyd aan die Here te leef nie.

Vers om te onthou

“Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink, 21aan Hom kom die

eer toe.” (Efes. 3:20-21)

“Die Gees wat God ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.” (2 Tim.

1:7)

Vraag om oor na te dink Hoe kan die doodloopstraat waarin ek nou is, `n geleentheid wees

om te groei in my geloof?

Gebed om te bid Vader, dankie dat U my nooit alleen sal laat nie. Help my om U te

vertrou dat selfs my doodloopstrate, my donkerste nagte en moeilikste omstandighede `n geleentheid vir U sal wees om

deurbraak te gee. AMEN!

Page 42: Boek - 5 Fases Fases van jou geloof... · FASE 1: `n Droom / `n Roeping Wanneer ons praat van `n droom, dan bedoel ons `n lewensroeping. Wanneer ons ons lewens in die Here se hande

- 41 -

Slotwoord Dankie vir jou getroue deelname die afgelope 6 weke! In hierdie reeks het ons geleer dat selfs wanneer dinge skeefloop, ons steeds deur die Here gebruik kan word. Wat nou? Wat volgende? Die Bybel sê: “Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God.” (Rom. 10:17) Die vyand loop rond soos `n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind... Die beste manier vir ons om nie in sy kloue te beland nie, is om aan te hou belê in ons geloof. Ons belê in ons geloof deur:

i) Gereeld Bybelstudie te doen (Ps. 119:9, 105) ii) Gereeld te bid (1 Tess. 5:17) iii) Gereeld saam met ander gelowiges bymekaar te kom

(Heb. 10:24–25) iv) Gereeld te getuig van die Here se goedheid (1 Pet.

3:15) Mag die Here ons seën op hierdie lewensreis. Onthou, `n sinvolle lewe is `n lewe met betekenis; waar ons die Here Jesus met oorgawe volg. My gebed is dat die Here ons sal help om `n “suksesvolle lewe” te herdefinieer volgens die Woord van God: `n Suksesvolle lewe is nie een waar ons alles gekry het wat ons vlees wou hê nie, maar eerder wanneer ons in geloof die Here se roeping vir ons lewens kan vervul... Mag die Here ons seën met die openbaring hiervan in ons harte! Johan Delport