11
AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS) VISUELE GELETTERDHEID: (2) ADVERTENSIES !LET WEL: Dit is die tweede deel van ons Visuele Geletterdheidsessies en dit is weer eens belangrik om te weet dat hierdie afdeling van die sillabus nie maklik is om te leer nie. Jy kan dit egter oefen deur baie voorbeelde van advertensies te doen. Probeer om toe te pas wat jy in hierdie sessie gaan leer wanneer jy na TV-advertensies, tydskrifadvertensies kyk of om na radio-advertensies te luister. AFDELING A: TIPIESE EKSAMENVRAE Vraag 1: 20 minute WENKE: Linguïstiese tegnieke kan die volgende insluit: Aannames (baie sterk stelling of aanspraak wat deur ‘n maatskappy gemaak is) Abnormale taal (buitengewone vorm of formaat) Emotiewe taal (taal wat een of ander emosie sal roer) Interessante opskrifte of onderskrifte Slagspreuke (Voorbeeld: Wimpy – ‘n smaak vir die lewe!) Pun Herhaling Retoriese vrae Identifiseer die linguïstiese tegnieke in die onderstaande voorbeelde 1.1 Wees slim – kry Bettabond (2) 1.2 Brrrrrrrrrrrrrrr (2) 1.3 Ontrimpel jou oë (2) 1.4 Minder lening meer huis (2) Bladsy 1 van 11

Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS)

VISUELE GELETTERDHEID: (2) ADVERTENSIES

!LET WEL: Dit is die tweede deel van ons Visuele Geletterdheidsessies en dit is weer eens belangrik om te weet dat hierdie afdeling van die sillabus nie maklik is om te leer nie. Jy kan dit egter oefen deur baie voorbeelde van advertensies te doen. Probeer om toe te pas wat jy in hierdie sessie gaan leer wanneer jy na TV-advertensies, tydskrifadvertensies kyk of om na radio-advertensies te luister.

AFDELING A: TIPIESE EKSAMENVRAE

Vraag 1: 20 minute

WENKE:Linguïstiese tegnieke kan die volgende insluit:

Aannames (baie sterk stelling of aanspraak wat deur ‘n maatskappy gemaak is)

Abnormale taal (buitengewone vorm of formaat) Emotiewe taal (taal wat een of ander emosie sal roer) Interessante opskrifte of onderskrifte Slagspreuke (Voorbeeld: Wimpy – ‘n smaak vir die lewe!) Pun Herhaling Retoriese vrae

Identifiseer die linguïstiese tegnieke in die onderstaande voorbeelde

1.1 Wees slim – kry Bettabond (2)1.2 Brrrrrrrrrrrrrrr (2)1.3 Ontrimpel jou oë (2)1.4 Minder lening meer huis (2)1.5 As jy jou hart kon sien, sal jy dit beter versorg? (2)

FLORA is lief vir jou hart. (2) [10]

1.6 Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat volg deur die tabel te voltooi. Lewer kommentaar op die lettertipes in elke advertensie. (7) Tot watter menslike behoefte spreek elke advertensier? (3) Identifiseer en skryf ‘n kenmerkende visuele kenmerk in elke advertensie

neer. (5) [15]

!Leerdernota: Bestudeer die Addisionele Notas (Afdeling C) voordat jy hierdie vrae aanpak.

Bladsy 1 van 8

Page 2: Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS)

TRACKSURE

Jou vennoot in sekuriteit – gewaarborg TrackSure is reeds meer as 30 jaar lank die markleier in oopvoubare 5 sekuriteitshekke.TrackSure-hekke het ʼn unieke multi- slotstelsel wat van ʼn enkele sleutel- punt af werk en is van ʼn nuwe spoor met ʼn gepatenteerde veiligheid- 10 sisteem voorsien wat oopdwing-weerstand bied.

Bladsy 2 van 8

Page 3: Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS)

Dit word van spesiale roesvrye materiaal vervaadig vir maksimum veiligheid en totale gemoedsrus. 15 MOENIE JOU GESIN SE

VEILIGHEID OP DIE SPEL PLAAS NIE – KONTAK ONS ONMIDDELLIK! [Aangepas en verwerk uit X-Kit, Pearson uitgewers, 2010]

Voltooi die tabel om vraag 1.6 te beantwoord.

ADVERTENSIE 1 ADVERTENSIE 2

Lettergrootte

Menslike behoefte

Visuele kenmerk

Bladsy 3 van 8

Page 4: Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS)

[Verwerk uit: Taalgenoot, Februarie 2010]

1.6.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer endie antwoord neer.Die titel “Hoezit!” is gepas vir tieners, want dit (klink snaaks om uit te spreek/sluit aan by die taalgebruik van die jongmense). (1)

1.6.2 Wat impliseer die woord “cool!” (bokant die banier) in die advertensie? (1)

1.6.3 Waarom is ʼn ander lettertipe vir die woord “wêreld” gebruik? (1)

1.6.4 Waarom is ʼn ander lettertipe vir die woord “wêreld” gebruik? (1)

1.6.5 Die tydskrif bevat verskillende onderwerpe wat saam die leerders seleerervarings sal verbeter.

Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?

Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.6.5 deur EEN woord uit dieadvertensie aan te haal. (1)

1.6.6 Kyk weer na die banier wat opwaarts deur die vliegtuigie getrek word. Wat

Bladsy 4 van 8

Page 5: Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS)

suggereer die drie stippels na die woord “kou”? (1)

1.6.7 Die tydskrif se inhoud bestaan uit speletjies en onderwerpe vir dieklaskamer. Haal TWEE APARTE woorde aan wat die skrywer gebruik om ditaan te dui. (2)

[8]

AFDELING B: OPLOSSINGS EN WENKE

Vraag 1: 20 minute

[Gebruik u eie diskresie wanneer u hierdie vraag nasien – leerders kry punte vir sinvolle antwoorde]

(Lettergrootte – enige 7 goeie punteMenslike begeerte – 3 punteVisuele kenmerke – 5 punte) [23]

SECTION C: ADDISIONELE NOTAS

Inleiding

Die doel van die advertensie is om die publiek te oortuig om ‘n produk te koop of om ‘n sekere maatskappy of diens te ondersteun. Dit mag strooibiljette, koerante of tydskrifadvertensies insluit, SMS-boodskappe, webtuistes en natuurlik die radio.

Slim tegnieke word gebruik om die verbruiker se aandag te trek. In hierdie sessie gaan ons jou leer om sulke tegnieke en teikengroepe te identifiseer. Slegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle produkte te koop, kan ons ingeligte keuses maak oor watter produkte om te koop.

Verskillende advertensietegnieke wat gebruik word, trek die aandag van die koper/leser

A Visuele tegnieke

Kleurvol, romanties of mooi foto’s Verskillende lettertipes (lettertipes en groottes) en ook “snaakse” letters Uitroeptekens Grootdruk Omlynde diagramme en tabelle Statistieke om die koper te beïndruk Ongewone of “snaakse” uitleg of beplanning van die advertensie Oneweredige lyne en vorms/interessante lyne en vorms in Adevertensie

Bladsy 5 van 8

Page 6: Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS)

B Linguïstiese (Taal) Tegnieke

Bewerings (woorde wat mense oortuig dat as hulle die produk koop, dit hulle ‘n gesonder lewe, beter leefstyl of beter beeld sal gee

Snaakse taal – bv. om nuwe woorde te skep Emotiewe taal – wat emosies sal opwek van die leser (soos

“wonderproduk”, “wetenskaplik beproef”, “eg”, “100% oorspronklik”, “nuut”, “beter”, “alles natuurlik”, “waarborg ”

Interessante opskrifte of onderskrifte Puns (die speel met woorde) Herhaling van woorde en idees Retoriese vrae (gryp die leser se aandag) Slagspreuke - ‘n tipiese frase wat aan die produk geheg word

Teikengroepe en menslike begeertes

Teikengroepe

Op wie is die advertensie gemik?

Menslike begeertes

motorliefhebbers rekenaarslawe DVD- en Playstation-slawe gesondheidsbewuste mense energieke kopers mense wat van reis hou dobbelaars rokers drinkers mense wat van partytjies hou ma’s met peuters en babas BAIE meer

om soos ander mense te wees om die nuutste tegnologie te hê om die nuutste en duurste nuwe

produkte soos motors te hê om gesond te wees om geld te bespaar om ‘n familiemens te wees om veilig te wees om beskermend teenoor jou familie te

wees om geliefd te wees en vriende te ê BAIE meer

Die ABBA-beginsel

Die AIDA-beginsel sê dat ‘n goeie advertensie 4 kenmerke moet hê:

A – aandag – Die advertensie moet die aandag van die leser aangrypB – behoefte – belangstelling van die leser moet lank genoeg gehou word om die advertensie te leesB – begeerte – Adverteerder wil hê die leser moet ‘n begeerte na die produk hêA – aksie – Adverteerder wil hê die leser moet aksie neem en die produk bestel of koop

Bladsy 6 van 8

Page 7: Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS)

A B

Aandag Belangstelling

B A

Behoefte Aksie

AFDELING D: HUISWERK

! Leerdernota: 1. Maak ASSEBLIEF seker dat jy daartoe in staat is om die vrae in die toegekende tyd te beantwoord. As jy vashaak, verwys terug na die addisionele notas of jou klasonderwyser. 2. Jy moet die Addisionele Notas (Afdeling C) leer voordat jy die huiswerkvrae aanpak.

Vraag 1: 20 Minute 1.1 Watter produk word hier geadverteer? (1)1.2 Waarom het die adverteerder die prent van Kupido hier gebruik? (1)1.3 Watter funksie vervul die hart in die advertensie? (1)1.4 Watter bewering(s) word deur die adverteerder oor die produk gemaak? (1)1.5 Identifiseer die slagspreuk wat gebruik word en sê waarom dit effektief is? (2)1.6 Is die slagspreuk ‘n FEIT of ‘n OPINIE en gee ‘n rede vir jou antwoord. (2)1.7 Hoekom pas die woorde in die advertensie by die prentjie van Kupido en

sy gebreekte pyltjie? (2)

[10]

Bladsy 7 van 8

Page 8: Web viewSlegs wanneer ons bewus is van tegnieke wat deur maatskappye gebruik word om ons te manipuleer om hulle ... Op wie is die advertensie gemik? Menslike begeertes

AFRIKAANS HUISTAAL GRAAD 12 SESSIE (LEERDERNOTAS)

Die natuurlike antwoord vir ʼn sterker, gesonder hart

[Gebruik u eie diskresie wanneer u hierdie vraag nasien – leerders kry punte vir sinvolle antwoorde]

Bladsy 8 van 8