8
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou. Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/ BOODSKAP VAN DIE HOOF Geagte Ouer/Voog Beheerliggaamverkiesing Ek herinner u aan die Beheerliggaamverkiesing wat op 1 Maart om 18:00 in die skoolsaal sal plaasvind. Ek doen ‘n vriendelike beroep op al ons ouers om vir die nege lede wat verkies moet word te kom stem. Indien daar nie ‘n kworum (15%) teenwoordig is nie, moet die proses weer 6 Maart herhaal word. Nominasievorms sal vanaf Maandag 19 Februarie by die skoolkantoor beskikbaar wees. Interhoër Leerlinge wat nie interhoër toe gaan nie, word verplig om skool toe te kom, aangesien dit ‘n gewone skooldag is. Leerlinge wat afwesig is, sal deur die skool gekontak word om te verneem hoekom hulle nie by die skool is nie. Boeliegedrag Dit het onder my aandag gekom dat daar graad 8-leerders is wat ander boelie. Hierdie is ‘n ernstige oortreding wat kan lei tot ‘n dissiplinêre verhoor. Gesels met u seun of dogter daaroor en wys hulle asseblief op die erns van die saak. Groete Dr. Johan Wiehahn 16 FEBRUARIE 2018

BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

BOODSKAP VAN DIE HOOF

Geagte Ouer/Voog Beheerliggaamverkiesing Ek herinner u aan die Beheerliggaamverkiesing wat op 1 Maart om 18:00 in die skoolsaal sal plaasvind. Ek doen ‘n vriendelike beroep op al ons ouers om vir die nege lede wat verkies moet word te kom stem. Indien daar nie ‘n kworum (15%) teenwoordig is nie, moet die proses weer 6 Maart herhaal word. Nominasievorms sal vanaf Maandag 19 Februarie by die skoolkantoor beskikbaar wees. Interhoër Leerlinge wat nie interhoër toe gaan nie, word verplig om skool toe te kom, aangesien dit ‘n gewone skooldag is. Leerlinge wat afwesig is, sal deur die skool gekontak word om te verneem hoekom hulle nie by die skool is nie. Boeliegedrag Dit het onder my aandag gekom dat daar graad 8-leerders is wat ander boelie. Hierdie is ‘n ernstige oortreding wat kan lei tot ‘n dissiplinêre verhoor. Gesels met u seun of dogter daaroor en wys hulle asseblief op die erns van die saak. Groete Dr. Johan Wiehahn

16 FEBRUARIE 2018

Page 2: BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

KENNISGEWING: BEHEERLIGGAAMVERKIESING

Datum: 01 Maart 2018

Oproep om deelname aan die Beheerliggaamverkiesing van die Hoërskool Linden.

Kragtens die Skolewet bepaal beheerliggame van openbare skole in Suid-Afrika die etos, beleid en algemene rigting van die

skool. Hierdie oorsigrol is ‘n verantwoordelike taak wat kundigheid, goeie bestuurspraktyk, toewyding en geesdrif verg.

Volgens FEDSAS (Federasie van Beheerliggame in SA) is skoolbeheer in Suid-Afrika taamlik uniek in dié opsig dat ouers

van regsweë meer inspraak het in die onderwys van hulle kinders as in verreweg die meeste wêreldlande. Die Skolewet

bepaal dat ouers op die beheerliggaam altyd in die meerderheid moet wees. Beheerliggame se termyn word beperk tot drie

jaar, maar lede is herkiesbaar, mits hulle steeds ouers van leerders in die skool is.

Soos landwyd die geval is, vind die beheerliggaamverkiesing van die Hoërskool Linden (2018 tot 2021) op 01 Maart 2018 by

die skool plaas. “Ten einde ‘n wettige verkiesing te hê skryf die verkiesingsregulasies voor dat minstens 15% van die skool

se ouers tydens sodanige verkiesing moet stem. As die kworum nie behaal word nie, word die verkiesing uitgestel en by die

uitgestelde verkiesing geld geen kworumvereiste nie,” verduidelik Fedsas.

NOMINASIES

Kandidate vir die beheerliggaam kan vanaf Maandag, 19 Februarie 2018 genomineer word.

Nominasievorms is vanaf eerskomende Maandag by me. Wilkie Liebenberg in die hoof se kantoor beskikbaar. Nominasies

van kandidate word weer aan die skool terugbesorg en in ‘n geseēlde houer in die hoof se kantoor geplaas tot en met die

verkiesing op 01 Maart 2018.

BESTUURSVAARDIGHEDE IN DIE VOLGENDE AREAS WORD VERLANG:

Die beheerliggaam van die Hoërskool Linden het die volgende kernareas geïdentifiseer waar ouers ‘n strategiese bydra kan

maak tot die skool se bestuurspraktyke:

1) Finansies (insluitend kontrakte en versekering)

2) Akademie, Welsyn en Personeelaangeleenthede

3) Sport

4) Kultuur

5) Fondsinsameling, Borge en Advertensieverkope

6) Strategiese Kommunikasie, Openbare Betrekkinge en Bemarking

7) Regsake, Beleide en Dissipline

8) Fasiliteitsbestuur (geboue en terreine) en Projekte

9) Inligtingstegnologie (IT-implementering en infrastruktuur)

NAVRAE

Enige navrae rakende bogenoemde proses en portefeuljes van die beheerliggaam van die Hoërskool Linden kan via epos

gerig word aan: [email protected]

“Ons doen ‘n ernstige beroep op ons ouergemeenskap om aan hierdie proses deel te neem en die verkiesing te ondersteun.

Dit is van kernbelang langs dié weg inspraak in die sake van ons skool te bekom,” sê Johan Botha, voorsitter van die huidige

beheerliggaam.

FEDSAS doen eweneens ʼn ernstige beroep op ouers wat die beste belang van hulle kinders en van hulle kinders se skool en opvoeding op die hart het, om hulself vanjaar verkiesbaar te stel as lede van beheerliggame. “Ouers moet ook in groot getalle stem sodat die kworumvereiste behaal kan word en die beste beskikbare kandidate tot hulle skole se beheerliggame verkies word,” benadruk FEDSAS.

Page 3: BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

KALENDER VIR DIE KOMENDE WEEK

Datum Aktiwiteit

Vrydag 16 Februarie Koorkamp

Saterdag 17 Februarie Krieket vs. Hyde Park (1stes weg, o.15-span tuis)

Maandag 19 Februarie Atletiek Interhoër

Public Speaking: Gr. 12 by De La Salle

Tennis: Seuns B-span vs. St Stithians (weg)

Tennis: Seuns C-span vs. Greenside (weg)

Dinsdag 20 Februarie Tennis: Dogters A - en B-span vs. Assumption

Convent (tuis)

Netbalproewe

Woensdag 21 Februarie Krieket: 1stes vs. Florida (tuis)

Donderdag 22 Februarie Beroepsdag vir graad 12’s

Swem Intergala (Queens High)

Public Speaking: Gr. 11 (tuis)

Rugbyproewe

Vrydag 23 Februarie Skiet: SAARA Noordwes

Tennis Seuns A-span vs. Pretoria Boys (tuis)

Saterdag 24 Februarie Skiet SAARA Noordwes

OUD-LEERDES

Barto Pienaar is deel van die Statebondspele

‘n Groot eer het vir Barto Pienaar, ‘n oudleerder van Hoërskool Linden, te beurt

geval deur gekies te word as ‘n lid van die Statebondspele-span. Hy gaan

Suid-Afrika verteenwoordig as ‘n luggeweerskut in Brisbane, Australië in April 2018.

Barto matrikuleer in 2011 aan Hoërskool Linden. As graad 8-leerder in 2007 begin sy

skietloopbaan as deel van Hoërskool Linden se skietspan. Me. Estelle Swemmer was

sy afrigter tot in graad 12. Hy verwerf provinsiale kleure as deel van die skole-skietspan

vanaf 2008 tot 2011. In 2010 en 2011 word hy vir die SA Skole-skietspan gekies en

verteenwoordig Suid-Afrika in Engeland en Amerika onderskeidelik. Hy is die

SA Skolekampioen vir die presisie dissipline by die Suid-Afrikaanse Skole

kampioenskappe in 2010 en 2011.

In 2012 verwerf Barto sy junior Protea kleure en verteenwoordig Suid-Afrika by die junior wêreldkampioenskappe in Suhl,

Duitsland. In 2013 verwerf hy sy senior Protea kleure en verteenwoordig Suid-Afrika by die wêreldbeker in München,

Duitsand. In 2014 verwerf hy die vierde plek by die Afrika Kampioenskappe in die 10M Olimpiese item in Kaïro, Egipte. Vanaf

2015 is hy vir drie jaar agtereenvolgens (2015, 2016 en 2017) die SAARA (Suid-Afrikaanse Luggeweer Federasie) 10M

Olimpiese manskampioen.

Hy hou op die oomblik die Suid-Afrikaanse senior mansrekord in die 10M Olimpiese item. In 2017 tydens die Afrika

Kampioenskaape in Kaïro, Egipte, verwerf hy die silwer medalje in die 10M Olimpiese item, asook ‘n vierde plek in die .22

drie-posisie-afdeling. Hy kwalifiseer in Mei 2017 vir die Statebondspele tydens die wêreldbeker in München, Duitsland. Na

baie jare se harde werk en deursettingsvermoë, hoop Barto om Suid-Afrika trots te maak en net sy beste in Australië te gee.

Page 4: BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

AKADEMIE

Hoërskool Linden, ‘n nasionale Top 20-skool

Hoërskool Linden behaal ‘n 15de plek in die land en ‘n vierde plek in Gauteng in terme van onderskeidings per kandidaat op

grond van die matriekuitslae van 2017.

Baie geluk aan al die matrieks en matriekonderwysers van 2017. Dit is inderdaad ‘n prestasie waarop ons baie trots is.

Bron: Solidariteit Helpende Hand

SPORT

Sportkondisioneringsprogram

Die program is gefokus op spesifieke sportvaardighede en almal in Hoërskool Linden is welkom om in te skakel. Kontak

gerus vir Les Archer by 082 492 7310 of [email protected] indien u enige navrae het.

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

Atletiek (alle items) 14:30 – 15:45 14:30 – 15:45 14:30 – 15:45 14:30 – 15:45 Byeenkomste

Netbalkondisionering 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45

Senior netbal 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45

Hokkiekondisionering 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45

Senior dogtershokkie 15:45 – 16:45

Rugbykondisionering 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45 9:15 – 10:15

Senior rugby 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45 8:00 – 9:30

As deel van die sportkondisioneringsprogram bied Hoërskool Linden die dienste van ons eie fisioterapeut, Riali Roos, op die

skoolterrein aan. Riali se spreekkamer is in die gimnasium. Ouers, onderwysers en leerders is welkom om haar te kontak

vir ‘n afspraak.

Page 5: BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Swem

Hoërskool Linden se swemspan is tans kookwater. Hulle behaal ‘n eerste plek op al drie die intergala’s wat tot dusver

plaasgevind het.

Skaak

Nelis en Waldi van der Lingen het in Januarie aan die SAJCC 2017 (South African Junior Chess Championship 2017)

deelgeneem.

Nelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10

lede bestaan en Nelis het op bord 2 gespeel.

Waldi was deel van die Johannesburg Metro o.20 A-span wat ‘n vierde plek in die o.20 A-afdeling gekry het. Die span het uit

6 lede bestaan. Waldi het op bord 5 gespeel.

Baie geluk aan die Van der Lingen’s!

Johannesburg Metro onder-18 span Johannesburg Metro onder-20 span

Page 6: BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Skaakuitslae

Die junior A-span wen 4.5 – 3.5 teen Trinity Rand Park.

Die junior A-span wen 5 – 3 teen Northcliff High School.

Die junior B-span wen 8 – 0 teen Mondeor C-span.

Krieket

Hoërskool Linden se krieketspanne is goed op dreef en vaar besonder goed hierdie seisoen. Die uitslae van die afgelope

paar wedstyde is as volg:

O.15

Wen met 164 lopies teen Randpark High School Speler van die wedstryd: Ruan Krause

Wen met 2 paaltjies teen Crawford Sandton Speler van die wedstryd: Juan Neveling

Wen met 8 paaltjies teen Roosevelt High School

Eerste Span

Verloor met 22 lopies teen Randpark High School Speler van die wedstryd: Jason van Straten

Wen met 8 paaltjies teen Roosevelt High School Speler van die wedstryd: Jason van Straten

KULTUUR

Public Speaking

Baie geluk aan Marko Oosthuizen wat ‘n A-simbool as individuele spreker

by die jaarlikse Public Speaking behaal het. Hy het as Afrikaansspekende

leerder hom puik van sy taak gekwyt het, midde van sterk kompetisie.

SOSIAAL

Sosiale program vir 2018

Woensdag 28 Februarie Klassiek in Wit (eksklusief vir die dames)

Dinsdag 24 April Mnr. en Mej. Linden

Saterdag 5 Mei Meidans (slegs vir Graad 10- tot 12-leerders)

Vrydag 11 Mei Sake-ontbyt (leerders en ouers)

Saterdag 12 Mei FNB Classic Clash Rugby vs. Hoërskool Randburg

Vrydag 1 Junie Wynveiling (slegs vir ouers en volwassenes)

Saterdag 25 Augustus Wildsfees (vir almal oud en jonk)

Donderdag 27 September Matriekafskeid (slegs matrieks en metgeselle)

Donderdag 11 Oktober Artes (leerders en ouers)

Page 7: BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Let wel: Die pa-en-seunkamp is uitgestel tot verdere kennisgewing.

Klassiek in Wit

Dames, oor ‘n week en ‘n half is dit tyd vir Klassiek in Wit.

Nooi u vriendinne en kom kuier saam met ons.

Kaartjies is by Alicia Taljaard in die finansieskantoor beskikbaar.

Betaling kan per kontant, kaart of elektroniese betaling geskied.

Kontak vir Wilna de Bruyn vir verdere navrae:

[email protected] of 082 573 7560

ADVERTENSIES

Page 8: BOODSKAP VAN DIE HOOF 16 Feb 2018.pdfNelis was deel van die Johannesburg Metro o.18 A-span wat derde in die o.18 A-afdeling geëindig het. Die span het uit 10 lede bestaan en Nelis

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/