9
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou. Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/ BOODSKAP VAN DIE HOOF Geagte Ouer/Voog Na aanleiding van die godsdienssaak en uitspraak van die hof waarby Hoërskool Linden betrokke was, gaan die volgende proses in werking tree: Ds. Jurie Schoeman van die NG Kerk Aasvoëlkop het ingewillig om as fasiliteerder op te tree en daar gaan oor die volgende ses weke elke Maandagoggend vir 20-minute geleentheid gegee word om die leerders bekend te stel aan die verskillende gelowe. Hierdie sal van Maandag 5 Februarie af geskied. Nadat die proses voltooi, is sal die saalopening soos in die verlede met die gebruiklike skriflesing en gebed deur ‘n predikant behartig word. Geen leerder word verplig om die saalopening by te woon nie. Ek doen asseblief ‘n beroep op al die motoriste om meer bedagsaam in Sesdestraat te wees en by die verkeersreëls te hou. Sesdestraat is van 07:00 tot 08:00 en van 14:00 tot 15:00 ‘n eenrigtingstraat van suid na noord. Baie geluk aan al die leerders met hulle uitstaande akademiese prestasies. Dit is egter ‘n groot verleentheid as ouers die saal verlaat voordat ‘n funksie verby is. Met die akademiese toekenningsaand het daar baie ouers die saal verlaat nadat hulle kinders hulle toekennings ontvang het met die gevolg toe die matrieks, akademiese eerstespan en dux-leerders aan die beurt kom, was daar min ouers oor. Hierdie is tog ‘n spoggeleentheid en dit is nie lekker om hierdie toekennings voor feitlik ‘n leë saal te ontvang nie. Daarom doen ek ‘n dringende beroep op die ouers om tog enduit by ‘n funksie te bly. Groete Dr. Johan Wiehahn 2 FEBRUARIE 2018

BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

BOODSKAP VAN DIE HOOF

Geagte Ouer/Voog Na aanleiding van die godsdienssaak en uitspraak van die hof waarby Hoërskool Linden betrokke was, gaan die volgende proses in werking tree: Ds. Jurie Schoeman van die NG Kerk Aasvoëlkop het ingewillig om as fasiliteerder op te tree en daar gaan oor die volgende ses weke elke Maandagoggend vir 20-minute geleentheid gegee word om die leerders bekend te stel aan die verskillende gelowe. Hierdie sal van Maandag 5 Februarie af geskied. Nadat die proses voltooi, is sal die saalopening soos in die verlede met die gebruiklike skriflesing en gebed deur ‘n predikant behartig word. Geen leerder word verplig om die saalopening by te woon nie. Ek doen asseblief ‘n beroep op al die motoriste om meer bedagsaam in Sesdestraat te wees en by die verkeersreëls te hou. Sesdestraat is van 07:00 tot 08:00 en van 14:00 tot 15:00 ‘n eenrigtingstraat van suid na noord. Baie geluk aan al die leerders met hulle uitstaande akademiese prestasies. Dit is egter ‘n groot verleentheid as ouers die saal verlaat voordat ‘n funksie verby is. Met die akademiese toekenningsaand het daar baie ouers die saal verlaat nadat hulle kinders hulle toekennings ontvang het met die gevolg toe die matrieks, akademiese eerstespan en dux-leerders aan die beurt kom, was daar min ouers oor. Hierdie is tog ‘n spoggeleentheid en dit is nie lekker om hierdie toekennings voor feitlik ‘n leë saal te ontvang nie. Daarom doen ek ‘n dringende beroep op die ouers om tog enduit by ‘n funksie te bly.

Groete

Dr. Johan Wiehahn

2 FEBRUARIE 2018

Page 2: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

KALENDER VIR DIE KOMENDE WEEK

Datum Aktiwiteit

Vrydag 2 Februarie Atletiek Noordheuwel

Maandag 5 Februarie Krieket: 1stes en o.15 vs. Randpark

Dinsdag 6 Februarie Graad 11 Inligtingsaand

Woensdag 7 Februarie Atletiek Noordheuwel Top 15

Krieket: !stes vs Roosevelt (tuis)

Graad 10 Inligtingsaand

Donderdag 8 Februarie Swem Intergala (Edenvale High School)

Toetsreeks begin

Graad 9 Inligtingsaand

Vrydag 9 Februarie Atletiek: Florida Prestige

Saterdag 10 Februarie Krieket: 1stes en o.15 vs. Crawford

IN DIE KOLLIG

Riali Roos – Hoërskool Linden se eie Fisioterapeut

Riali is deel van Hoërskool Linden se sportkondisioneringsprogram wat deur mnr.

Les Archer vir alle Lindeniete aangebied word (sien program onder ‘sport’).

Riali kom oorspronklik van Reitz in die Vrystaat en is sedert 2009 al ‘n Johannesburger.

Sy beskik oor ‘n MSc-graad in Sport Fisioterapie en werk tans by WitsSport waar sy

veral betrokke is by Wits se Varsity Cup-span.

Sy is ‘n kundige op die gebied van sportbeserings en rehabilitasie. Sy het ‘n

passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by

Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente en -vermoëns.

Riali bied nie net haar dienste aan die leerders nie, maar ook aan die ouers en personeel van Hoërskool Linden.

Haar spreekkamer is in die gimnasium op die skoolterrein en haar spreekure is op ‘n Maandag, Dinsdag en Donderdag van

14:30 tot 18:00.

Spesiale tariewe is beskikbaar vir Lindeniete, personeel en ouers en kan van u mediese fonds geëis word.

Afsprake kan by die volgende kontakbesonderhede gemaak word:

- Tel 066 219 6207

- Epos [email protected]

Baie welkom in Hoërskool Linden se geledere Riali, ons glo dat jy gou gaan tuis voel en deel van die Lindengees en -trots

gaan raak.

AKADEMIE

Akademiese eerste span

Baie geluk aan elke leerder wat Maandagaand op die akademiese prysuitdeling 'n toekenning vir die jaar 2017 se harde werk

ontvang het. Julle is die trots van ons skool!

Page 3: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Die akademiese eerste span op grond van 2017 se resultate is as volg:

Graad 8:

Vanessa Visser (Dux-leerder)

Linda du Toit

Graad 9:

Dané Taljaard (Dux-leerder)

René Koegelenberg

Graad 10:

Wilné Brits (Dux-leerder)

Nicola de Bruyn

Graad 11:

Kate de Wet (Dux-leerder)

Daniel Opperman

Mariek Roux

Afrikaanse Departement blink uit!

Die Afrikaanse Departement sorg vir nog ‘n akademiese prestasie.

Hoërskool Linden behaal die 15de plek in die land en vierde plek

in Gauteng as een van die top skole met die hoogste persentasie

onderskeidings in Afrikaans Huistaal.

Baie geluk aan die Afrikaanse departement. Julle is 'n gedugte

span!

Lewenswetenskap Olimpiade 2018

Die Bio-Science Global Olimpiade het vir die afgelope jare ‘n baie suksesvolle Lewenswetenskap Olimpiade vir Graad 10 tot

12 leerders aangebied. Die Olimpiade vraestel bevat algemene kennis vrae oor die natuur- en biologiese wetenskappe. Die

vraestel bied vir beide die top leerling asook die gemiddelde leerling geleenthede om te presteer.

Die Olimpiade vind plaas op Donderdag, 15 Maart 2018 vanaf 14:00 tot 15:00 by Hoërskool Linden.

Die sluitingsdatum vir die inskrywings is Vrydag, 23 Februarie 2018

Inskrywingsgeld beloop R35 per leerling wat die vraestel, administrasiekostes, uitslae en sertifikate aan alle kandidate insluit.

Ek nooi julle vriendelik uit om te kom inskryf

Me. M. Griffiths

Page 4: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

SPORT

Mariella – Jy is ‘n Yster!

Mariella Venter, 'n matrikulant by Hoërskool Linden, is ingesluit in SASCOC se span wat Suid-Afrika by die Statebondspele

van 4 tot 15 April in Brisbane, Australië, verteenwoordig. Sy vorm deel van 'n groep atlete uit 16 verskillende sportdissiplines

en gaan Suid-Afrika as lid van die swemspan verteenwoordig.

Hoërskool Linden is so trots op jou Mariella. Voorspoed met die voorbereiding. Mag jou harde werk beloon word!

Prestige-atletiekbyeenkoms

Hoërskool Linden se Prestige-atletiekbyeenkoms die afgelope Vrydag by die UJ-stadion was ‘n dawerende sukses.

Hoërskool Linden se atlete het ‘n totaal van 52 medaljes ingeryg; 14 daarvan goue medaljes.

Baie geluk aan Ruan van der Spoel (o.17) wat die byeenkomsrekord in die 200m laat spat het. Die rekord staan reeds sedert

1999. Ruan se nuwe rekordtyd is 21.8 sekondes.

Verskeie atlete teken ook hulle persoonlike beste resultate tydens dié byeenkoms aan.

Die volgende atlete behaal goud:

o.14

Swanei Bierman - gewigstoot

o.15

Gené Coetzee - 3000m

Winanda du Plessis - 400m hekkies

Emmarentia Germishuyzen - 100m en hoogspring

o.17

Ruan van der Spoel - 400m en 200m (nuwe rekord)

Marig Engelbrecht - 3000m

Anja van der Westhuizen - 200m

Page 5: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

o.19

Marnes Vorster - hoogspring

Rebecca le Roux - 400m

Kaylin Pienaar - 100m en 100m hekkies

Albert Potgieter (Gr.12), Jan Hendrik Potgieter (Gr. 9) en Quinn vd Berg (Gr. 9) het fantastiese foto’s by die byeenkoms

geneem. Kyk gerus op Hoërskool Linden se Facebookblad na dié foto’s.

Interhuis-swemgala

Op Woensdag 24 Januarie het ons jaarlikse swem interhuisgala by Linden se publieke swembad plaasgevind. Dit het een

van die hoogtepunte op ons jaarlikse kalender geword. Dit is nou al ‘n instelling dat die graad 8’s die lang paadjie na die

swembad te voet aandurf, waarna hulle bekendgestel word aan wat regte, egte Lindenswempret behels.

Na afloop van die gala ding al wat leef en beef teen mekaar mee in die pretgala. Ons onderwyserspan wys ook jaarliks hulle

vernuf in die water, tot groot vermaak van die res van die skool wat nie besef watter knap swemmers daar onder die leerkragte

is nie.

Baie geluk aan die volgende swemmers wat eerste plekke behaal het tydens ons gala:

Emile Smit, Stefan Smit, Reinhard van Zyl, Nelia Griesel, Melanie le Roux, Joshua Spies, Quinn van den Berg, Ewan Visser,

Rebecca Louw, Stefan Schoeman, Anique Meyer, Humine vd Berg, Cullen van der Linden, Alexander Greyling, Wilne Britz,

Danielle Beukes, Simone le Roux, Hannah Marshall, Daniel Opperman, Liesbet Greyling en Gabby Maartens.

Voorspoed met die intergala’s die res van die seisoen. Mag julle Linden se naam hoog hou!

Me. A. Marshall

Page 6: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Sportkondisioneringsprogram

Die program is gefokus op spesifieke sportvaardighede en almal in Hoërskool Linden is welkom om in te skakel. Kontak

gerus vir Les by 082 492 7310 of [email protected] indien u enige navrae het.

Maandag Dinsdag Woensdag Donderdag Vrydag Saterdag

Atletiek (alle items) 14:30 – 15:45 14:30 – 15:45 14:30 – 15:45 14:30 – 15:45 Byeenkomste

Netbalkondisionering 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45

Senior netbal 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45

Hokkiekondisionering 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45

Senior dogtershokkie 15:45 – 16:45

Rugbykondisionering 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45 9:15 – 10:15

Senior rugby 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45 15:45 – 16:45 8:00 – 9:30

SOSIAAL

Klassiek in Wit

‘Klassiek in Wit’ vind Woensdag 28 Februarie om 18:30 in die Cor Dirkssaal plaas.

Dit is een van Hoërskool Linden se spoggeleentheid waar die dames die

geleentheid kry om getrakteer te word met keurige disse en top-klas wyne. Hierdie

jaar is ons gasheer-plaas Hermanuspietersfontein van die Hemel-en-Aarde Vallei in

Hermanus.

Sjefs, Heili en Grant, van Catering Edge, beplan 'n keurige spyskaart met ‘n 5-gang

maaltyd wat deur die Hermanuspietersfontein wynreeks gekomplimenteer sal word.

Kaartjies is teen R450 per persoon by Alicia Taljaard in die finansieskantoor

beskikbaar.

Vir enige navrae kontak gerus vir Wilna de Bruyn: [email protected]

Kom sit gerus 28 Februarie saam met ons aan en geniet die wyne en disse wat

spesiaal gekies is vir hierdie besonderse geleentheid.

Page 7: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Sosiale program vir 2018

Saterdag 10 Februarie Valentynsbal (slegs vir leerders)

Naweek: 23 tot 24 Februarie Pa en Seun Kamp

Woensdag 28 Februarie Klassiek in Wit (eksklusief vir die dames)

Dinsdag 24 April Mnr en Mej Linden

Saterdag 5 Mei Meidans (slegs vir Graad 10 tot 12 leerders)

Vrydag 11 Mei Sake-ontbyt (leerders en ouers)

Saterdag 12 Mei FNB Classic Clash Rugby v. Hoërskool Randburg

Vrydag 1 Junie Wynveiling (slegs vir ouers en volwassenes)

Saterdag 25 Augustus Wildsfees (vir almal oud en jonk)

Donderdag 27 September Matriekafskeid (slegs matrieks en metgeselle)

Donderdag 11 Oktober Artes (leerders en ouers)

Page 8: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

ADVERTENSIES

Page 9: BOODSKAP VAN DIE HOOF - HOËRSKOOL LINDEN...passie vir jongmense wat sport beoefen en wil graag sien dat die leerders by Hoërskool Linden optimaal funksioneer binne hulle sporttalente

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

ART CLASSES

By renowned artist and experienced teacher

AMANDA ELLIS

B.A. (ART). B.A. FINE ART, ADVANCED DIPLOMA IN FINE ART, HIGHER DIPLOMA IN EDUCATION, P.G.

(SECONDARY) U.C.T.

All welcome: 011 678 1955 / 072 179 6574

Saamry-geleentheid word benodig vir Andile Zitha (Graad 8).

‘n Saamry-geleentheid in die middae vanaf Hoërskool Linden word dringend benodig vir Andile Zitha. Sy bly in

Cobornstraat 30, Blairgowrie. Die naaste hoek is Standardstraat. Sy kan op die hoek afgelaai word, as iemand

dalk met Standardstraat huis toe ry.

Kontak asseblief vir Tania by by 0722941905.