9
Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou. Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/ Ons hoop almal het ‘n welverdiende wintervakansie gehad en is gereed vir ‘n opwindende derde kwartaal. Die akademiese program is reeds volstoom aan die gang en ons matrieks begin einde Augustus met rekordeksamen. Die sport-en kultuurkalender is hierdie kwartaal propvol aktiwiteite en op sosiale vlak is daar ‘n verskeidenheid van funksies wat aangebied word. Ons moedig u aan om nuusberigte en fotos met ons te deel by [email protected]. Nuusberigte en foto’s moet LindenNuus weekliks bereik teen 17:00 op Maandae om in oorweging te kom vir daardie week se publikasie. Gesels gerus saam en geniet hierdie week se nuus. VAN DIE BEHEERLIGGAAM VAKATURE: SKOOLHOOF (P4) HOËRSKOOL LINDEN JOHANNESBURG Hoërskool Linden verlang nou aansoeke van kandidate wat kan voortbou op die suksesverhaal van hierdie bekende stadskool wat trots sy plek in die Suid-Afrikaanse samelewing volstaan. Die Hoërskool Linden is ‘n medium-grootte openbare skool in Johannesburg wat reeds 70-jaar lank op verskillende terreine geskiedenis maak. Die Skoolhoof sal binne ‘n veelsydige konteks, en in samewerking met ‘n professionele span, die pas aangee om die Hoërskool Linden te lei. Besonderhede rakende die vakante pos is beskikbaar in die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se Vacancy Circular 03 van 2017 (24 Julie 2017) met posverwysing: Skoolhoof/Principal: JN37CS1006A. Aansoeke word dienooreenkomstig ingedien. SLUITINGSDATUM: 04 Augustus 2017 AANVANGSDATUM: 01 Oktober 2017 28 Julie 2017

28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

  • Upload
    others

  • View
    4

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Ons hoop almal het ‘n welverdiende wintervakansie gehad en is gereed vir ‘n opwindende derde kwartaal. Die akademiese

program is reeds volstoom aan die gang en ons matrieks begin einde Augustus met rekordeksamen. Die sport-en

kultuurkalender is hierdie kwartaal propvol aktiwiteite en op sosiale vlak is daar ‘n verskeidenheid van funksies wat aangebied

word.

Ons moedig u aan om nuusberigte en fotos met ons te deel by [email protected].

Nuusberigte en foto’s moet LindenNuus weekliks bereik teen 17:00 op Maandae om in oorweging te kom vir daardie week

se publikasie.

Gesels gerus saam en geniet hierdie week se nuus.

VAN DIE BEHEERLIGGAAM

VAKATURE: SKOOLHOOF (P4)

HOËRSKOOL LINDEN

JOHANNESBURG

Hoërskool Linden verlang nou aansoeke van kandidate wat kan voortbou op die suksesverhaal van hierdie bekende

stadskool wat trots sy plek in die Suid-Afrikaanse samelewing volstaan.

Die Hoërskool Linden is ‘n medium-grootte openbare skool in Johannesburg wat reeds 70-jaar lank op verskillende terreine

geskiedenis maak. Die Skoolhoof sal binne ‘n veelsydige konteks, en in samewerking met ‘n professionele span, die pas

aangee om die Hoërskool Linden te lei.

Besonderhede rakende die vakante pos is beskikbaar in die Gauteng Departement van Onderwys (GDO) se Vacancy

Circular 03 van 2017 (24 Julie 2017) met posverwysing: Skoolhoof/Principal: JN37CS1006A. Aansoeke word

dienooreenkomstig ingedien.

SLUITINGSDATUM:

04 Augustus 2017

AANVANGSDATUM:

01 Oktober 2017

28 Julie 2017

Page 2: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Indien u belangstel in hierdie dinamiese en uitdagende posisie, hoor ons graag van u.

Navrae: [email protected]

http://www.linden.co.za

Amptelike aansoeke: http://www.education.gpg.gov.za/Vacancies

VEREISTES:

• Toepaslike akademiese- en professionele kwalifikasies

• Top bestuursvaardighede, insluitend finansiële- en besigheidspraktyke, asook toepassing van goeie

bestuursbeginsels

• In-diepte kennis van ‘n sekondêre skoolomgewing, daarstelling van ‘n langtermyn visie en strategiese doelwitte in ‘n

hoogs kompeterende omgewing

• Innoverende denke en vindingrykheid

• Sterk organisatoriese- en administatiewe vermoë & pro-aktiewe benadering tot probleemoplossing

• Inspirerende en etiese leierskap, ingesteldheid op mentorskap

• Goeie interpersoonlike verhoudings, mensgerig met ‘n sensitiwiteit vir diversiteit en ‘n sterk motiveerder

• Kundige toepassing van tegnologie in onderwys

• Vermoë om gelyktydig met meerdere komplekse sake te handel en druk te hanteer

• Gebalanseerde deelname, ondersteuning en bevordering van alle skoolaktiwiteite

• Passievol oor moderne onderwys, die skepping van ‘n dinamiese leeromgewing en die ontwikkeling van vaardighede

en deeglik toegerusde jongmense

• Uitstekende taalvaardigheid, geskrewe en verbale kommunikasievermoëns

• Meertaligheid is ‘n sterk aanbeveling

KALENDER VIR DIE KOMENDE WEEK

Datum Aktiwiteit

Vrydag, 28 Julie Landloop Kempies Aflos

Linden Klassiek

Saterdag, 29 Julie Rugby Goue Leeus Finaal

0.14 Linden vs Randburg

Eerstes: Linden vs Dinamika

Dinsdag, 1 Augustus Rapporte word uitgedeel

Woensdag, 2 Augustus Landloop Cluster Byeenkoms

Oueraand 18:00

Donderdag, 3 Augustus Linden Fast 5 Netbal

Mnr en Mej Linden

Page 3: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

IN DIE KOLLIG

Hoërskool Linden spog met die top siviele tegnologie onnie in Gauteng.

Die Gauteng Onderwysdepartement het bekendgemaak dat mnr. Jaco Booysen se

matrikulante die tweede agtereenvolgende jaar die hoogste gemiddelde slaagsyfer

in Siviele Tegnologie in die provinsie behaal het.

Mnr. Booysen se Gr.12-leerders se gemiddelde punt was 74.96% in 2015 en

76.73% in 2016. Die hoogste uit 105 skole.

Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en

professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig vir sy leerders

te bied. Ons spits ons daarop toe om ons leerders met die beste lewensvaardighede

en kennis toe te rus. Dankie mnr. Booysen dat jy soveel van jou eie insette gee om

Lindeniete te bemagtig sodat hulle deeglik toegerus en met selfvertroue die

volwasse wêreld kan aanpak.

Baie geluk aan Mnr. Booysen wat ook onlangs tot Departementshoof bevorder is.

Mnr. Jaco Booysen

AKADEMIE

DUITS

Hoërskool Linden is een van vier hoërskole in Suid-Afrika waar die vak Duits deur die Goethe-Institut befonds word. Duits as

Tweede Addisionele Taal is ‘n IEB vak. Ons leerders word ook jaarliks blootgestel aan uitstekende beurse, Duitse Olimpiades

en uitruilskemas. Gedurende die vakansie het drie van ons leerders die geleentheid gehad om na Duitsland te reis om hulle

horisone daar te verbreed.

Mariek Roux (Gr,11) het verlede jaar aan die Duitse Olimpiade deelgeneem en landwyd 'n 13de plek behaal.

As een van die top Duitse skoliere in die land, het Mariek 'n borgskap bekom om 'n maandlange toer na Duitsland te

onderneem. Sy het gedurende die vakansie saam met haar reisgenote besoek afgelê aan ondermeer Bonn, Hamburg, Berlyn

en Münich. In Hamburg het sy vir twee weke by 'n plaaslike gesin gewoon en ook daar skoolgegaan.

Grace Yang en Elizabeth Greyling het vir drie weke saam met die Goethe-Institut in die skilderagtige stad van Schlitz, in

Hessen (een van Duitsland se provinsies) spandeer waar hulle ‘n taalkursus bygewoon het.

Mariek Roux en haar vriende Grace en Elizabeth

Page 4: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

SAIPA REKENINGKUNDE OLIMPIADE

Baie geluk aan Ivandré v Heerden wat deur is na die finale rondte van die Rekeningkunde SAIPA Olimpiade.

Baie sterkte Ivandré ons hou duimvas!

SIKLUSTOETSE

Die siklustoetsrooster vir die derde kwartaal is nou op die D6 kommunikeerder onder “bronne” beskikbaar.

REKORDEKSAMEN

Oor minder as ‘n maand skryf ons matrikulante rekordeksamen. Die rekordeksamenrooster is nou op die D6 kommunikeerder

onder “bronne” beskikbaar.

SPORT

Op sportgebied het ons leerders en personeel die afgelope vakansie ons skool se naam op

verskeie terreine uitgedra en puik prestasies gelewer.

Verskeie Linden onnies was ook op vele gebiede ambassadeurs van ons skool gedurende

die vakansie:

• Me. Ronelle Nell was die toernooi direkteur van die SA Skole Netbal-toernooi in

Boksburg.

• Mnre. Jaco Booysen en Martin Henning was beamptes tydens die Cravenweek wat by

St. Stithians gehou was.

• Me. Joanne Smit het die o.16 Gauteng netbalspan afgerig. Haar span behaal ‘n silwer

medalje by dié toernooi.

• Me. Marietjie Annandale was die spanbestuurder van die o.18 Suid Gauteng hokkiespan.

Linden is voorwaar trots op ons bekwame sportafrigters.

NETBAL

Kaylin Pienaar is in die o.17 Gauteng netbalspan ingesluit en het aan die SA Skole Netbal

'All Ages'-toernooi in Boksburg deelgeneem.

RUGBY

Waldo de Bruyn en Wian de Lange het vir die Goue Leeus Welpie-span uitgedraf by die

provinsiale rugbyweek wat in Potchefstroom gespeel is. Wian het ongelukkig onder ‘n

besering gebuk gegaan. Waldo is tydens hul wedstryd teen die Pumas as 'Man van die

Wedstryd' aangewys.

Juandré Labuschagne is vir die Goue Leeus o.18 Akademie-span gekies en het sy staal

gewys by die Coca Cola Cravenweek wat by St. Stithians plaasgevind het.

TENNIS

Alec Beckley het vir die o.17 SA-span tennis gespeel in Engeland. Hoërskool Linden is

super trots op Alec wat die enkelspel kroon dra by Tennis SA se Growthpoint Super 8

Junior Tenniskampioenskap.

Page 5: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

SWEM

Suid-Afrika se jongste swemsensasie is ‘n Lindeniet!

Mariella Venter verower goud in die 100m en 200m rugslag en ‘n brons medalje in

die 50m rugslag by die Junior Statebondspele wat in die Bahamas gehou is.

Mariella, Linden is so trots op jou en die ongelooflike prestasie!

Mariella Venter

SKYFSKIET

Gedurende die vakansie het die Noord Gauteng Ope by Zanandi naby Brits plaasgevind.

Oor die 200 skuts van 6 provinsies het deelgeneem. Die uitslae van die Lindeniete in

hulle onderskeie ouderdomsgroepe was soos volg:

In die 1e 3P wedstryd behaal:

• Ruhan Marx ‘n 1e plek

• Elsje Rabie ‘n 2e plek

• Ivandré v Heerden ‘n 4e plek

• Ronan v Vuuren ‘n 3e plek

• Shallaine de Villiers ‘n 2e plek

In die 2e 3P wedstryd behaal:

• Ivandré van Heerden ‘n 1e plek met ‘n vol kaart

• Ruhan Marx ‘n 2e plek

• Elsje Rabie ‘n 4e plek

• Ronan van Vuuren ‘n 2e plek

• Shellaine de Villiers‘n 3e plek

In die 10m wedstryd behaal:

• Elsje Rabie ‘n 1e plek

• Ivandré van Heerden ‘n 2e plek

• Shellaine de Villiers ook ‘n 2e plek

Algeheel (die totaal van die 3 wedstryde) behaal

• Ivandré van Heerden die 2e plek

• Ruhan Marx die 3e plek

• Elsje Rabie die 4e plek

• Shellaine de Villiers die 2e plek

Baie geluk aan die skuts!

Page 6: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

KULTUUR

KOOR

Te oordeel aan die positiewe terugvoering wat ontvang word van die koor se verskeie optredes in die Kaap, was hulle ware

ambassadeurs van Hoërskool Linden. Die koor is met groot entoesiasme deur hulle Kaapse gehore ontvang.

Geluk met 'n suksesvolle Wes-Kaaptoer.

SOSIAAL

MNR EN MEJ LINDEN

‘n Spoggeleentheid wat nie misgeloop mag word nie! Op Donderdag, 3 Augustus word mnr. en mej. Linden in die Cor Dirks

Saal aangebied. Met gaskunstenaar en seremoniemeester Len Miller, beloof hierdie geleentheid om nog groter en beter as

vorige jare te wees! Om teleurstelling te voorkom, kan kaartjies so gou as moontlik by me. Alicia Taljaard aangekoop word

teen R100 per persoon.

Page 7: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

Oor bietjie minder as ‘n maand is dit partytjietyd by Hoërskool Linden. Alle ouers, leerders, onderwysers, Oud-Lindeniete en

sommer die hele gemeenskap word genooi om Linden se 70ste verjaardag te kom vier by ons jaarlikse Wildsfees op 26

Augustus 2017.

‘n Potjiekosmaaltyd (wat insluit wildsvleis, beesvleis of hoender) word bedien. Kaartjies vir die potjiekosmaaltyd moet voor

22 Augustus gekoop word.

Kosstalletjies sluit onder andere in burgers, pizzas, kaasborde, biltong en pannekoek. Aankope by die kosstalletjies is slegs

per kontant.

Twee kaartjie-opsies vir toegang is beskikbaar:

a. R220 pp wat toegang en ‘n potjiekosmaaltyd insluit. Koop voor 22 Augustus.

b. R100 pp wat slegs toegang insluit. Moet verkieslik nou gekoop word, maar sal ook by die hekke beskikbaar wees.

Kaartjies kan op die volgende maniere gekoop word:

a. Elektronies op die volgende webwerf: www.itickets.co.za. Gebruik “Hoërskool Linden Wildsfees” as soekwoord.

b. Kontant of debiet-/kredietkaart by Alicia Taljaard in die finansieskantoor.

Groepe van 15 of meer persone mag nou reeds ‘n kuierarea op die veld bespreek. Stuur asseblief die naam van die

kontakpersoon onder wie die area bespreek moet word na: [email protected].

Verdere navrae kan gerig word aan [email protected].

Page 8: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

ADVERTENSIES

Rig navrae oor advertensiespasie en tariewe in die Lindennuus aan [email protected].

Page 9: 28 Julie 2017 - HOËRSKOOL LINDEN...Sy leerlinge se prestasies is 'n getuigskrif vir mnr. Booysen se toewyding en professionaliteit. Linden streef daarna om meer as gehalte onderrig

Kopiereg © 2017 Hoërskool Linden. Alle regte voorbehou.

Hoërskool Linden; H.v. 3de Laan en 6de Straat; Linden; Jhb, 2195; Tel: 011 888-1433/4; http:/www.linden.co.za/

NUWE ADRES: 159 Beyers Naude Drive, Northcliff