2
VERSLAG VAN DIE VOORSITTER AAN DIE LEDEVERGADERING 13 OKTOBER 2015 Gewoonlik is die maklikste manier om die peil van ‘n gemeenskap se beskawing te meet die detail van die versorging wat die kleintjies geniet. Die kleintjies is dan diegene wat nie meer vir hulle eie welsyn verantwoordelikheid kan neem nie. Rusoord skitter in hierdie opsig. Rusoord kan met dankbaarheid en trots terugkyk op ‘n jaar waar daar uitnemend gesorg is vir diegene in ons gemeenskap wat gemiddeld tagtig jaar en ouer is. Verskeie faktore het dit moeiliker gemaak as in die verlede. Kos en mediese Inflasie het dit duurder gemaak vir ons almal maar veral vir die begroting. Ons geboue word ouer en toerusting moet steeds opgegradeer en instandgehou word. My hoogste waardering vir die Bestuurder en haar spanleiers wat met fyn beplanning en besparingsmetodes binne die begroting kon bly. Die gesindheid van die gemeenskap en geskenke van verskeie individue en organisasies het meegehelp. Dankie ook daarvoor. Dankie aan die personeel vir ure se dinkwerk en voorbereiding. Van kosmaak tot die verf van buitemure en geute tot die was van die vloere en mure, tot die pille wat pynlik korrek uitgedeel is, is aksies wat gereeld plaasgevind het. Dit kon nie gedoen word sonder dat mense met hart en siel betrokke was nie. Omgee vra soms energie wat kom uit harte wat ingestel is op elkeen van die een honderd en dertig inwoners. Ek bewonder die geduld wat dikwels aan die dag gelê is. Dankie daarvoor. Dit alles dra by daartoe dat Rusoord in die gemeenskap beskou word as model.

Brits Rusoord | Veryk jou siel en gees€¦ · Web view2015/10/13  · VERSLAG VAN DIE VOORSITTER AAN DIE LEDEVERGADERING 13 OKTOBER 2015 Gewoonlik is die maklikste manier om die

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Brits Rusoord | Veryk jou siel en gees€¦ · Web view2015/10/13  · VERSLAG VAN DIE VOORSITTER AAN DIE LEDEVERGADERING 13 OKTOBER 2015 Gewoonlik is die maklikste manier om die

VERSLAG VAN DIE VOORSITTER AAN DIE LEDEVERGADERING 13 OKTOBER 2015

Gewoonlik is die maklikste manier om die peil van ‘n gemeenskap se beskawing te meet die detail van die versorging wat die kleintjies geniet. Die kleintjies is dan diegene wat nie meer vir hulle eie welsyn verantwoordelikheid kan neem nie. Rusoord skitter in hierdie opsig.

Rusoord kan met dankbaarheid en trots terugkyk op ‘n jaar waar daar uitnemend gesorg is vir diegene in ons gemeenskap wat gemiddeld tagtig jaar en ouer is.

Verskeie faktore het dit moeiliker gemaak as in die verlede. Kos en mediese Inflasie het dit duurder gemaak vir ons almal maar veral vir die begroting. Ons geboue word ouer en toerusting moet steeds opgegradeer en instandgehou word.

My hoogste waardering vir die Bestuurder en haar spanleiers wat met fyn beplanning en besparingsmetodes binne die begroting kon bly. Die gesindheid van die gemeenskap en geskenke van verskeie individue en organisasies het meegehelp. Dankie ook daarvoor.

Dankie aan die personeel vir ure se dinkwerk en voorbereiding. Van kosmaak tot die verf van buitemure en geute tot die was van die vloere en mure, tot die pille wat pynlik korrek uitgedeel is, is aksies wat gereeld plaasgevind het. Dit kon nie gedoen word sonder dat mense met hart en siel betrokke was nie. Omgee vra soms energie wat kom uit harte wat ingestel is op elkeen van die een honderd en dertig inwoners. Ek bewonder die geduld wat dikwels aan die dag gelê is. Dankie daarvoor. Dit alles dra by daartoe dat Rusoord in die gemeenskap beskou word as model.

Elke liefdevolle drukkie, elke gebed wat ‘n personeellid gebid het vir ‘n siek inwoner, elke lepel kos wat gevoer is vir iemand wat vergeet om te eet, is tekens van God se omgee vir ons. Die hande van die mense van Rusoord was eintlik God se hande wat opgetel en getroos het die afgelope jaar. Netjiese geboue, kliniese beddegoed en skoon vloere is noodsaaklik, maar nie so belangrik soos die liefde wat uitgedeel is nie.

Ons dank aan ons Vader wat ons hiertoe geroep en instaat gestel het. In alles was ons maar net onverdienstelike diensknegte. Aan Hom steeds alleen die eer.