1
12| By Saterdag 13.11.2010 ‘H aar oë het soos twee glase water geword toe sy vir my sê sy’t die virus,” sê Sizwe. Hy kyk weg sodat ek nie die seer in sy oë moet sien nie. Wantrouig, en met die aanmoedi- ging van sy vriend, Mbulelo Zuba van Guguletu, sekretaris van die steungroep Khululeka vir MIV-positiewe mans, vertel Sizwe (skuilnaam) van sy verhouding met Cynthia van Nyanga-Oos. Hy het haar in Januarie 2007 ontmoet – “mooi vet soos my ma en met groot oë en kort hare”. Vir twee jaar en nege maande was sy sy geliefde, al erken hy trots hy was terselfdertyd betrokke by die ma van sy kind en nóg ’n vrou. Hy glimlag. “My pa het drie vroue in die Transkei gehad. Ek moet my pa se skoene volstaan.” Verbaas antwoord hy: “Nee, ek gebruik nie kondome nie. Régte mans gebruik nie kondome nie.” Die verhouding met Cynthia het plotseling tot ’n einde gekom toe sy haar in September verlede jaar laat toets het en sy vir Sizwe vertel het sy is MIV-positief. “Ek het gevra: ‘Hoe kan jy jou laat toets sonder om eers vir my te vra?’ Ek het haar weggestoot, in die taxi geklim en haar ver- laat.” Hy frons. “Sy het aangehou om my te bel, maar ek het my foon afgesit en ’n nuwe simkaart gekry. As sy die virus het, beteken dit sy het rondgeslaap.” In sy gebroke Engels verduide- lik hy: “Mans moet altyd twee of drie vroue hê, want daar’s te veel vroue in die wêreld en te min mans. Vroue mag net een hê.” Hoe weet hy sy het “rondge- slaap”? “Sy het gehuil en gesê sy slaap net met my. Ek wou nie verder praat nie. Ek was so kwaad dat ek haar sou doodmaak as ek langer gebly het. Ek wil nie ’n meisie hê wat vir my vertel van MIV nie. Ek gló nie daarin nie.” Hy knik – ja, ander “regte swart mans” sou haar óók verlaat het. “Die Xhosa-mense hou nie daarvan as meisies vir hulle sê hulle het MIV nie. Ons is anders weens ons tradisies. Toe ek ’n oluka (’n man) geword het, het hulle vir my geleer jy moet die hoof van die huishouding wees. As jou vrou nie na jou luister nie, moet jy haar verlaat.” Nee, sê hy beslis, hy sal liewer doodgaan as om homself vir vigs te laat toets. “Die sangomas is beter. Ek wil nie iets doen wat my lewe kan seermaak nie.” Versigtig vra Mbulelo of Sizwe sal saamgaan na die kliniek om voor sy eie oë te sien hoe hy (Mbulelo) positief toets? “Ek sal teruggaan na die Oos-Kaap waar niemand oor vigs praat nie,” sê Sizwe bot. “Jy sal nie meer my vriend wees nie.” En toe, asof per ongeluk, laat skemer hy sy weerloosheid deur. “Ek wil nie praat oor dinge wat my hartseer maak nie. Ek was lief vir Cynthia oor daai groot oë. Ek was régtig lief vir haar . . . ” Mbulelo val in. “In ons kultuur dink baie mense MIV is ’n vloek. Daar’s iemand wat nie van jou hou nie, en hy of sy gaan vir jou iets gee wat jou gaan doodmaak. Ek probeer mans bewus maak van hul siekte, maar die meeste mans dink ‘niemand mag vir my vertel oor MIV nie. As ek by my vrou wil slaap sonder ’n kondoom sal ek dit doen, want ek het lobola vir haar betaal’. Die mans dink dit is hul plig om kinders te maak en MIV mag nie in die pad daarvan staan nie.” Hy kyk simpatiek na sy vriend. “Ek het hom al baie probeer oortuig ek is positief, maar dat ek danksy die antiretrovirale middels gesond is. Hy’t gesê: ‘Nee, broer, moenie probeer om my te oortuig nie, ek wil dit nie ver- staan nie – ek hoor dis net iets wat mense van daar anderkant in Zambië en Angola het’.” Sizwe is egter ’n skipbreukeling wat spartelend aan die tradisies van sy voorvaders vasklou. Saam met Mbulelo is dié paar ’n Dr Jekyll en Mr Hyde in ’n era van vigs: Sizwe skop teen die prik- kels, terwyl Mbulelo die verstokte idees oor tradisionele manlikheid in sy gemeenskap uitdaag. JJJ Maar hoe dikwels besluit mans om ’n verhouding weens MIV/ vigs te verlaat – of is verhale soos dié van Sizwe net ’n stereotipe wat deur die media (en vroue) aangeblaas word? Die antwoord is so kompleks soos die liefde self. Eers moet die verhaal in ’n breër konteks beskou word: Luidens die sensusdata van 1996 is mans sowat tien keer meer geneig as vroue om hul gesin te verlaat. Dikwels is MIV/vigs net die oortjies van die seekoei. Dit is egter oorvereenvoudig om ’n morele oordeel te fel oor verlating wanneer dit deur ’n eng Westerse bril bekyk word. Vir baie Suid-Afrikaners wat in welgestelde Christelike huishou- dings grootgeword het, is die einddoel van ’n verhouding ’n wit rok voor die kansel – “tot die >>13 daar stap ’n mán verby Hoekom besluit mans in arm gemeenskappe om te bly of gly in ’n verhouding waar MIV ’n bedmaat is? In die tweede aflewering van haar reeks oor dié on- derwerp het WILLEMIEN BRÜMMER met kenners gepraat. NARDUS ENGELBRECHT het die foto’s geneem. ONGENOOIDE GAS Eers het Mbulelo Zuba nie gedink MIV/vigs bestaan nie, maar sedert hy positief getoets is, sal hy “voor miljoene” mense oor dié virus praat. ”Sizwe” het voorheen gereken “regte mans gebruik nie kondome nie”. STIL, BROER,

Daar stap 'n mán verby

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Hierdie is die tweede storie ’n reeks van vier in-diepte artikels wat Willemien Brümmer in 2010 vir Die Burger se Saterdag-bylaag, By, geskryf het in aanloop tot Wêreld-vigsdag, wat op 1 Desember gevier word.

Citation preview

12|By Saterdag 13.11.2010

‘Haar oë het soostwee glasewater gewordtoe sy vir mysê sy’t die

virus,” sê Sizwe.Hy kyk weg sodat ek nie die

seer in sy oë moet sien nie.Wantrouig, en met die aanmoedi-ging van sy vriend, Mbulelo Zubavan Guguletu, sekretaris van diesteungroep Khululeka virMIV-positiewe mans, vertel Sizwe(skuilnaam) van sy verhoudingmet Cynthia van Nyanga-Oos.

Hy het haar in Januarie 2007ontmoet – “mooi vet soos my maen met groot oë en kort hare”. Virtwee jaar en nege maande was sysy geliefde, al erken hy trots hywas terselfdertyd betrokke by diema van sy kind en nóg ’n vrou.Hy glimlag. “My pa het drievroue in die Transkei gehad. Ekmoet my pa se skoene volstaan.”

Verbaas antwoord hy: “Nee, ekgebruik nie kondome nie. Régtemans gebruik nie kondome nie.”

Die verhouding met Cynthiahet plotseling tot ’n einde gekomtoe sy haar in September verledejaar laat toets het en sy vir Sizwevertel het sy is MIV-positief.

“Ek het gevra: ‘Hoe kan jy joulaat toets sonder om eers vir myte vra?’ Ek het haar weggestoot,in die taxi geklim en haar ver-laat.” Hy frons. “Sy het aangehouom my te bel, maar ek het myfoon afgesit en ’n nuwe simkaartgekry. As sy die virus het,beteken dit sy het rondgeslaap.”

In sy gebroke Engels verduide-lik hy: “Mans moet altyd twee ofdrie vroue hê, want daar’s te veelvroue in die wêreld en te minmans. Vroue mag net een hê.”

Hoe weet hy sy het “rondge-slaap”?

“Sy het gehuil en gesê sy slaapnet met my. Ek wou nie verder

praat nie. Ek was so kwaad dat ekhaar sou doodmaak as ek langergebly het. Ek wil nie ’n meisie hêwat vir my vertel van MIV nie.Ek gló nie daarin nie.”

Hy knik – ja, ander “regteswart mans” sou haar óók verlaathet. “Die Xhosa-mense hou niedaarvan as meisies vir hulle sêhulle het MIV nie. Ons is andersweens ons tradisies. Toe ek ’noluka (’n man) geword het, het

hulle vir my geleer jy moet diehoof van die huishouding wees.As jou vrou nie na jou luister nie,moet jy haar verlaat.”

Nee, sê hy beslis, hy sal liewerdoodgaan as om homself vir vigste laat toets. “Die sangomas isbeter. Ek wil nie iets doen wat mylewe kan seermaak nie.”

Versigtig vra Mbulelo of Sizwesal saamgaan na die kliniek omvoor sy eie oë te sien hoe hy

(Mbulelo) positief toets?“Ek sal teruggaan na die

Oos-Kaap waar niemand oor vigspraat nie,” sê Sizwe bot. “Jy salnie meer my vriend wees nie.”

En toe, asof per ongeluk, laatskemer hy sy weerloosheid deur.“Ek wil nie praat oor dinge watmy hartseer maak nie. Ek waslief vir Cynthia oor daai groot oë.Ek was régtig lief vir haar . . . ”

Mbulelo val in. “In ons kultuurdink baie mense MIV is ’n vloek.Daar’s iemand wat nie van jouhou nie, en hy of sy gaan vir jouiets gee wat jou gaan doodmaak.Ek probeer mans bewus maakvan hul siekte, maar die meestemans dink ‘niemand mag vir myvertel oor MIV nie. As ek by myvrou wil slaap sonder ’n kondoomsal ek dit doen, want ek het lobolavir haar betaal’. Die mans dinkdit is hul plig om kinders te maaken MIV mag nie in die paddaarvan staan nie.”

Hy kyk simpatiek na sy vriend.“Ek het hom al baie probeer

oortuig ek is positief, maar dat ekdanksy die antiretroviralemiddels gesond is. Hy’t gesê: ‘Nee,broer, moenie probeer om my teoortuig nie, ek wil dit nie ver-staan nie – ek hoor dis net ietswat mense van daar anderkant inZambië en Angola het’.”

Sizwe is egter ’n skipbreukelingwat spartelend aan die tradisiesvan sy voorvaders vasklou. Saammet Mbulelo is dié paar ’n DrJekyll en Mr Hyde in ’n era vanvigs: Sizwe skop teen die prik-kels, terwyl Mbulelo die verstokteidees oor tradisionele manlikheidin sy gemeenskap uitdaag.

JJJMaar hoe dikwels besluit mansom ’n verhouding weens MIV/vigs te verlaat – of is verhale soosdié van Sizwe net ’n stereotipewat deur die media (en vroue)aangeblaas word? Die antwoord isso kompleks soos die liefde self.

Eers moet die verhaal in ’nbreër konteks beskou word:Luidens die sensusdata van 1996is mans sowat tien keer meergeneig as vroue om hul gesin teverlaat. Dikwels is MIV/vigs netdie oortjies van die seekoei.

Dit is egter oorvereenvoudigom ’n morele oordeel te fel oorverlating wanneer dit deur ’n engWesterse bril bekyk word. Virbaie Suid-Afrikaners wat inwelgestelde Christelike huishou-dings grootgeword het, is dieeinddoel van ’n verhouding ’n witrok voor die kansel – “tot die

>>13

daar stap ’n mán verby

Hoekom besluit mansin arm gemeenskappeom te bly of gly in ’nverhouding waar MIV’n bedmaat is? In dietweede aflewering vanhaar reeks oor dié on­derwerp het WILLEMIENBRÜMMER met kennersgepraat. NARDUSENGELBRECHT het diefoto’s geneem.

ONGENOOIDE GAS

Eers het Mbulelo Zuba nie gedink MIV/vigs bestaan nie, maar sedert hy positief getoets is, sal hy “voor miljoene” mense oor dié virus praat.

”Sizwe” het voorheen gereken “regte mans gebruik nie kondome nie”.

STIL, BROER,