Upload
others
View
11
Download
0
Embed Size (px)
Citation preview
Departement van Vervoer & Openbare Werke
Wes-Kaapse Provinsiale Regering Niegemotoriseerde Vervoer in die Wes-Kaap Konsep Strategie Maart 2009
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Inhoudsopgawe
Page
1 Inleiding 1
1.1 ’n Kort nota oor vervoerbeplanning 1
1.2 Agtergrond tot NGV 1
1.3 Doel van hierdie verslag 3
1.4 Hoe om hierdie verslag te gebruik 3
2 Visie 4
3 Huidige stand van NGV in die Wes-Kaap 4
3.1 Doelwitte 5
3.2 Gidsbeleid 6
3.3 Stand van NGV in die Wes-Kaap 8
4 Strategie-oorsig 19
4.1 Regeringsrolle 20
4.2 Rol van ander belanghebbendes 27
5 Projekontwikkelingsproses 29
5.1 Identifiseer belanghebbendes 29
5.2 Vestig en hou vennootskappe in stand 29
5.3 Identifiseer NGV-behoeftes 29
5.4 Identifiseer modusse 35
5.5 Beplan NGV-strategie 35
5.6 Identifiseer projekte binne die strategie 35
5.7 Projekte geïdentifiseer buite normale prosesse 37
5.8 Prioritiseer projekte 38
5.9 Verkry befondsing 39
5.10 Stel diensverskaffers aan 39
5.11 Ontwerp projekte 39
5.12 Koördineer implementering met ander inisiatiewe 40
5.13 Stel kontrakteurs aan 40
5.14 Hou infrastruktuur of diens in stand 40
5.15 Bevorder NGV 41
6 Rigsnoere 41
6.1 Fasiliteitsontwerp 41
6.2 Transformasie 43
6.3 Veiligheid 43
6.4 Toegang 44
6.5 Geïntegreerde, meervlakkige vervoerstelsel 44
6.6 Volhoubaarheid 44
6.7 Dienste en infrastruktuur 44
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 1
1 Inleiding
1.1 ’n Kort nota oor vervoerbeplanning
Voordat niegemotoriseerde vervoer – die onderwerp van hierdie dokument – bekend gestel
word, is dit die moeite werd om kortliks die konteks van beplanning te beskou. Daar is ’n
aantal belangrike veelbesproke konsepte wat die moeite werd is om te herhaal as vername
doelwitte om vervoerbeplanning te lei.
Integrasie
Integrasie, binne die konteks van vervoerwese, kan verwys na die koördinasie van prosesse
vir beplanning, ontwerp, befondsing of implementering van projekte. Dit kan ook verwys na
die fisieke nabyheid en koördinasie van vervoerdienste. En ten slotte kan dit verwys na die
integrasie van vervoerinfrastruktuur en dienste met die gemeenskap wat dit bedien. Daar is
ander interpretasies, maar hierdie is die drie wat die meeste bespreek word binne die
konteks van vervoerbeplanning.
Volhoubaarheid
Afgesien van die standaard woordeboekbetekenis van die woord, is daar etlike
interpretasies van die afgeleide terme “volhoubare ontwikkeling”, “volhoubare vervoerwese”,
“volhoubare menslike nedersettings” ensovoorts. Sommige definisies word in die bylae
voorsien, maar ongeag die presiese bewoording, is dit belangrik om in gedagte te hou dat
die doelwit is om die prestasie van die dienste en infrastruktuur wat geïmplementeer word
te verbeter met betrekking tot hul impak op die omgewing, die ekonomie, maatskaplike
welsyn en hulpbronverbruik.
Transformasie
’n Ander oorweging is die werklikheid dat beplanners in Suid-Afrika oor die algemeen
probeer om ’n situasie van ongelykheid in stedelike ontwikkeling en vervoervoorsiening reg
te stel. Histories-benadeelde groepe het ’n vervoerstelsel nodig wat beduidend anders is as
die een wat vandag bestaan, en om die nodige transformasie te verwesenlik vereis
innovasie, nie slegs in vervoerbeplanning nie, maar ook in die manier waarop die bou-
omgewing gestruktureer is om volhoubaarheidsprestasie (in die breedste sin van die woord)
te verbeter.
’n Suksesvolle strategie vir NGV sal hierdie konteks in ag moet neem.
1.2 Agtergrond tot NGV
1.2.1 Wat word bedoel met NGV
Niegemotoriseerde vervoer (NGV) sluit alle vorme van vervoer in wat mens- of dier-gedrewe
mobiliteit behels. Voorbeelde van NGV sluit in stap, fietsry, wandel, rollemskaats,
skaatsplank ry, fietstaxi, riksja-ry en perdry. Daar is ook NGV-modusse vir die vervoer van
goedere, waaronder kruiwaens en rytuie wat deur donkies, perde of mense getrek word.
Belangrik is dat NGV-modusse rolstoele insluit en dit moet dus oorweeg word wanneer
vervoer-verwante fasiliteite vir mense met spesiale behoeftes beplan en ontwerp word.
Beplanning vir NGV sluit beduidend meer in as bloot die voorsiening van infrastruktuur om
hierdie verskeidenheid reismodusse te akkommodeer. ’n Verskeidenheid dienste word ook
benodig vir gemeenskappe en individue ten einde hulle in staat te stel om baat te vind by
die potensiële voordele. Dit is noodsaaklik om te reageer op die struikelblokke en
geleenthede teenwoordig in verskillende omstandighede. Sowel die reisende gemeenskap
as die betrokke regeringsinstellings en ander belanghebbendes moet bemagtig word deur ’n
duidelike strategie en verbintenis tot die vestiging van ’n toepaslike balans in die aandag
wat bestee word aan infrastruktuur en dienste.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 2
1.2.2 Hoekom NGV belangrik is
Stap as ’n vervoermodus is vir baie mense die primêre manier om van een plek na ‘n ander
te gaan en vir feitlik alle mense ’n deel van die rit wat afgelê word per motor of met
openbare vervoer. Fietsry is minder algemeen, maar beskik oor die potensiaal om ’n groot
aantal togte te bedien indien toestande dit toelaat. ’n Aantal ander NGV-modusse word in
klein getalle gebruik vir persoonlike mobiliteit, ontspanning en die vervoer van goedere, en
moet ook oorweeg word in vervoerbeplanning.
Oor die algemeen het toestande vir NGV agteruitgegaan weens die toename in
motorverkeer, die persepsie van ’n toename in misdaad en aanranding, en ’n afname in
omgewingsgehalte. Hierdie toestande is vererger deur beplanningsprosesse wat nie
voldoende aandag gee aan die integrale rol van NGV in bewegingspatrone nie.
Kleinwielmobiliteitsapparate en ander innoverende modusse word grootliks geïgnoreer in
beplanning en regulasies en word in baie gevalle verban na parke en ander geïsoleerde
gebiede.
In die afgelope jare is toenemende klem geplaas op die behoefte om beweeglikheid deur
niegemotoriseerde vervoer te verbeter. Erkenning van die rol van NGV in die vervoerstelsel
word weerspieël in verskeie beleidsdokumente op alle sfere van regering en in die
ontwikkeling van NGV-meesterplanne deur sommige munisipaliteite. Desnieteenstaande bly
die implementering van NGV-inisiatiewe onvoldoende.
’n NGV-strategie behoort uiteen te sit hoe vervoer- en grondgebruikbeplanningsowerhede
die gebruik van hierdie modusse veilig en omvattend kan aanmoedig en vergemaklik. Die
insluiting van ’n NGV-strategie vir distriks- en plaaslike munisipaliteite in die Wes-Kaap is ’n
vereiste vir die voorbereiding van hul meesterplanne. Wat ontbreek is gedetailleerde
nasionale of provinsiale leiding om aan te dui hoe beleid geïnterpreteer kan word ten einde
die grootste voordeel uit NGV te verkry met betrekking tot gemeenskapsbemagtiging,
armoedeverligting en maatskaplike opheffing.
Die NGV-beleid en strategieverslag¹ wat in Oktober 2005 vir die Stad Kaapstad voorberei is,
en die NGV-meesterplan vir Eden Distriksmunisipaliteit van Julie 2007², voorsien albei
uitgebreide dokumentering van beleidsriglyne wat die behoefte aan NGV voorstel en beleid
interpreteer in die vorm van strategie. Alhoewel hierdie eerder munisipale as provinsiale
dokumente is, omvat hulle die nuutste denke in die Wes-Kaap en put ook uit nasionale
beleid. Hierdie beleidopsommings sal nie in hierdie strategie herhaal word nie.
’n Tabel (sien Bylae A), wat die vernaamste voordele ten opsigte van die ontwikkeling en
implementering van ’n NGV-strategie uitstippel, asook wat nodig is om hierdie voordele te
verwesenlik, is voorberei. Die tabel illustreer dat voordele oor ’n aantal beleidsektore strek,
maar dat hulle nie outomaties voortspruit uit die bou van infrastruktuur nie.
Mobiliteit moet oor die algemeen op vier vlakke benader word:
• Streek (interstedelik en landelik-stedelike beweging) – die rol van NGV op hierdie vlak is
primêr in die ondersteuning van openbare vervoer.
• Submetropolitaans (intrastedelik) – op die vlak van reis dwarsoor metropolitaanse
gebiede. Baie togte is te lank vir NGV as die primêre modus en daar behoort ’n
beduidende mengsel van stap, fietsry en openbare vervoer gesamentlik gebruik te
word.
• Landelik (intralandelik) – hier is die mengsel redelik gevarieerd en hang dit hoofsaaklik
van die plaaslike konteks af, soos nedersettingspatrone en die aard van die plaaslike
ekonomie, maar NGV is sorgwekkend en dikwels aangevul met openbare vervoer en
soms ook ad hoc-plaasvervoer.
• Buurt – plaaslike togte binne ’n buurt is nie slegs korter as ander nie, maar word ook
afgelê met ander doelstellings; dit fokus grootliks op togte na skole, bure, biblioteke,
klinieke, winkels, ontspanningsfasiliteite en ander gemeenskapsbestemmings.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 3
Daar word ook kennis geneem daarvan dat daar ‘n neiging in sommige lande is in die rigting
van minder gestruktureerde sport- en ontspanningsaktiwiteite in teenstelling tot
geskeduleerde spansporte. Dit het ’n verhoogde aanvraag na fasiliteite vir stap, fietsry en
ander selfbepalende vorms van oefening meegebring. Die neiging was minder opvallend in
Suid-Afrika, maar dit mag wees weens ’n gebrek aan veilige en gerieflike fasiliteite. Met ’n
groot gedeelte van die plaaslike bevolking wat nie privaat ruimte het nie, is dit sekerlik te
wagte dat daar ’n beduidende onderliggende vraag na openbare ontspanningsruimte sal
wees.
1.2.3 Wat het aanleiding gegee tot hierdie verslag?
Die Konsep Provinsiale Niegemotoriseerde Vervoerstrategie is sedert 2005 in konsepfase
en ’n aantal veranderinge het in die tussentyd plaasgevind, wat die wysiging daarvan en die
voorbereiding van hierdie finale strategie noodsaak.
Die oorspronklike konsep is voorberei in ’n tyd toe dit belangrik was om NGV-aktiwiteit beter
te begryp en te motiveer vir verbeterde voorsiening van NGV-fasiliteite. Sedert 2004 het
sommige distriksmunisipaliteite voortgegaan met die voorbereiding van hul NGV-
meesterplanne en die vordering en ondervinding wat opgedoen is, het die provinsiale NGV-
strategie wat in hierdie dokument vervat is, beïnvloed.
Terugvoer van belanghebbendes en die ondervinding van die distriksmunisipaliteite
suggereer dat die oorspronklike strategie herstruktureer moet word ten einde sterker te
fokus op die voorsiening van voorligting vir die voorbereiding van NGV-meesterplanne en
duidelikheid oor die rolle van die verskillende belanghebbendes.
1.3 Doel van hierdie verslag
Alhoewel ’n mate van beplanning en implementering van NGV-projekte reeds in die Wes-
Kaap onderneem is, was daar nog nie ’n duidelike provinsiale strategie nie. Hierdie
dokument het ten doel om hierdie situasie reg te stel.
Ten spyte van die sterk motivering agter NGV, wat in ’n verskeidenheid dokumente
uiteengesit is, is die implementering van projekte wisselvallig. Daar is ’n aantal redes vir die
swak vlak van implementering, waaronder ’n gebrek aan bewustheid van sy bestaande en
potensiële rol in die verskaffing van persoonlike mobiliteit, onvoldoende toewysing van
fondse en ‘n gebrek aan hulpbronne om projekte te beplan en uit te voer.
In die Wes-Kaap beweeg ons na die volgende fase, wat bou op beleide wat die belang van
NGV aantoon en ’n werkbare aksieplan ontwikkel wat aandag gee aan hierdie struikelblokke
op die pad na implementering. Die strategie wat in hierdie dokument voorgelê word, is
bedoel om die volgende te voorsien:
• ’n Oorsig oor die rol van verskeie regeringsinstansies in die ontwikkeling van die NGV-
stelsel
• ’n Aanduiding van die onderneming van die WKPA om mobiliteit deur NGV te verbeter
en plaaslike en distriksmunisipaliteite te ondersteun
• Die voorsiening van ’n korttermynstrategie vir die bekendstelling van NGV-projekte, die
leiding van die beplanning, ontwerp en implementeringsprosesse
• Die bepaling van langtermyndoelwitte vir NGV-beplanning
Hierdie strategie behoort aan te dui hoe munisipaliteite NGV volle ondersteuning kan gee in
die beplanning, ontwerp, bou en instandhouding van vervoerfasiliteite. Dit behoort ook aan
te dui hoe belangrik ondersteuningsprogramme en dienste is ten einde maksimum voordeel
te trek uit belegging in infrastruktuur.
1.4 Hoe om hierdie verslag te gebruik
Elke leser, afhangende van sy of haar rol in NGV-voorsiening, sal verskillende behoeftes en
verwagtings hê van hierdie verslag. Gevolglik is die hoofstukke van hierdie dokument so
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 4
gerangskik dat elkeen ’n besondere aspek van NGV behandel; die dokument hoef nie in
volgorde van begin tot einde gelees te word nie.
2 Visie
Die Wes-Kaapse Departement van Vervoer het die volgende visie vir die vervoerstelsel
goedgekeur:
’n Geïntegreerde, toeganklike vervoerstelsel wat goed bestuur en in stand gehou word
regdeur die Wes-Kaap, wat erken word daarvoor dat dit doeltreffend gebruik maak van
hulpbronne, en maatskaplik regverdig is op ’n wyse wat breër ontwikkelingsdoelstellings en
doelwitte voorstaan.
Korttermyndoelwitte
• Huishoudelike reisopname toon bestaande behoeftes waaraan aandag gegee moet
word. Optrede moet nie slegs gedokumenteerde aanvraag ondersoek nie, maar ook
onderliggende aanvraag wat ontsluit kan word deur verbeterde fasiliteite en
diensondersteuning.
• “Need quick wins” en Shova Kalula is die Provinsie se steunprojek: ’n vername
meganisme om verhoogde mobiliteit in die kort termyn te lewer, maar dit moet
deurvoering van die provinsie insluit ten opsigte van befondsing en leiding vir die
bemagtiging van gemeenskappe om fietse te gebruik. Hierdie projek word in groter
besonderhede in die volgende hoofstuk bespreek.
• Elke munisipaliteit, en verskillende wyke in elke munisipaliteit, het elk sy unieke
behoeftes, geleenthede en beperkinge wat die besluitnemingsproses vir NGV-projekte
behoort te rig.
Langtermyndoelwitte
• Transformeer leweringsmeganismes deur bemagtiging van regeringsinstansies
• Stel ongelykhede uit die verlede reg, nie slegs deur NGV-infrastruktuur en dienste nie,
maar ook deur transformasie van die konteks en die doelwitte van beplanning (bv.
herstrukturering van stedelike gebiede ten einde NGV haalbaar te maak vir ’n groter
deel van togte, en die hantering van die verhouding tussen stedelike en landelike
gebiede).
3 Huidige stand van NGV in die Wes-Kaap
Ten tyde van die voorebereiding van hierdie verslag het sommige Wes-Kaapse
munisipaliteite niegemotoriseerde vervoerplanne voltooi of in voorbereiding gehad. Die
munisipaliteite wat hierdie planne voorberei, was die “vroeë aannemers”, wat sonder
duidelike riglyne van die Provinsie gewerk het. Hierdie strategie-plan beoog om die nodige
leiding te voorsien en institusionele rolle en verantwoordelikhede te verduidelik, terwyl dit
deels put uit munisipale planvoorbereiding.
Daar is ’n aantal beplanningsuitdagings wat hanteer moet word ten einde die provinsiale
visie en verwante doelwitte (beklemtoon in die afdeling wat volg) te verwesenlik. Sommige
van die vernaamste uitdagings is:
• NGV is nie in alle aspekte van beplanning geïnkorporeer nie en daar bly ’n klem op
gemotoriseerde vervoer ten spyte van ’n erkende behoefte om bewegingstelsels te
“herbalanseer” ten einde beter te beantwoord aan ’n wye verskeidenheid van
reisbehoeftes
• ’n Gebrek aan toepaslike infrastruktuur rem NGV-aktiwiteit, veral waar die aanvraag die
grootste is
• Swak stadsbeplanning en instandhouding lei tot lae gehalte omgewings
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 5
• Swak standaarde van veiligheid en sekuriteit ontmoedig NGV-aktiwiteit
• ’n Gebrek aan integrasie oor regeringsdepartemente en –sektore heen lei tot swak
koördinasie van infrastruktuur en dienste
• Swak inligting en naamborde, en ‘n gebrek aan fokus by die vind van paaie in
stadsbeplanning belemmer mobiliteit
• ’n Gebrek aan bewustheid en opvoeding vermeerder veiligheidsrisiko’s en verminder
toegang tot geleenthede
• ’n Gebrek aan ondersteuningsdienste beïnvloed die haalbaarheid van
niegemotoriseerde modusse deurdat dit bewustheid, veiligheid en bekostigbaarheid
beperk
• Die verspreide aard van reis in landelike gebiede verplig mense om lang afstande te
stap en op ad hoc-vervoermodusse staat te maak waar openbare vervoer nie
lewensvatbaar is nie
Een van die vernaamste uitdagings op die oomblik is dat distriksmunisipaliteite – in die
meeste gevalle – onvoldoende hulpbronne het om in staat te wees om NGV-projekte te
bestuur. En die Provinsie, wat verantwoordelik is om NGV-verbeterings aan te spoor, het
ook beperkte hulpbronne, wat die indruk mag skep dat hulle nie ten volle verbind is tot die
ondersteuning van NGV in die distriksmunisipaliteite nie. Dit beteken dat eksterne
diensverskaffers in die kort termyn gebruik sal word om NGV-inisiatiewe te beplan, ontwerp
en uit te voer. Soos elders in hierdie dokument genoem, is ’n provinsiale vyfjaarsakeplan
ontwikkel om bekwaamheid in regeringsinstansies te ontwikkel.
Hierdie dokument behoort distriksmunisipaliteite en konsultante te help om te verstaan wat
vereis word met betrekking tot beleidsdoelwitte, en voorbeelde te voorsien van die
voorwaardes en reaksies wat in die Wes-Kaap gevind word. Hierdie hoofstuk gee ’n oorsig
oor die vernaamste beleidsdoelwitte; verantwoordelikhede van belanghebbendes word in
Hoofstuk 4 gegee en die strategie-implementeringsproses word in besonderhede in
Hoofstuk 5 weergegee.
3.1 Doelwitte
Die algehele doelwit van NGV is om mobiliteit en toegang tot geleenthede te verhoog en
deur dit te doen die lewensgehalte op ’n volhoubare manier te verbeter. In hierdie konteks
verwys volhoubaarheid na twee sleutelaangeleenthede. Die eerste is die impak wat
vervoerstelsels en aktiwiteite op die natuurlike omgewing het, hulpbronne, die ekonomie en
maatskaplike strukture. Die tweede is die vermoë, letterlik, om die projekte wat in
gereedheid gebring word vol te hou (of in stand te hou).
In ’n poging om wanbalanse uit die verlede reg te stel, is daar ’n sterk fokus spesifiek op
gemeenskappe wat swaarder steun op NGV as ’n primêre modus van vervoer en vir
toegang tot openbare vervoer, maar dit is belangrik om te besef dat NGV belangrik kan
wees – en behoort te wees – vir alle sektore in die samelewing.
Hierdie doelwit moet verder onderskei word vir stedelike en landelike gebiede. In stedelike
gebiede is verbeterde mobiliteit deur die gebruik van niegemotoriseerde vervoer in die
besonder belangrik op ’n plaaslike skaal, d.w.s. gerieflike stap- en fietsryafstande moet in
aanmerking geneem word. Baie kortafstandritte wat in stedelike gebiede per motor
onderneem word, kan deur niegemotoriseerde modusse gedoen word. Meer stap en fietsry
oor kort afstande moet aangemoedig word.
In landelike gebiede moet beplanning kennis neem van verstrooide reispatrone en lang
afstande wat afgelê moet word vir persoonlike mobiliteit en die vervoer van liggewig
goedere. Die ontwerp van NGV-fasiliteite moet die gebruik van kruiwaens en ander
tegnologieë, wat help met die vervoer van water en brandstof and ander goedere, in
aanmerking neem.
Mobiliteit kan in geen gebied verhoog word tensy dit bekostigbaar en geskik vir plaaslike
omstandighede is nie. Vrae oor geskiktheid kan verband hou met veiligheid onder
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 6
gebruikers van die vervoerstelsel. Trekdiervervoer vir die dra van goedere of mense kan
byvoorbeeld in konflik wees met ander vervoer; en fietsryers op veldpaaie mag bots met
voetgangers. Oplossings sal ’n kombinasie van maatreëls behels, waaronder regulasies,
toepassing, opvoeding en ontwerp.
Die strategie reageer met ’n leidende raamwerk vir die fasilitering van praktiese en
uitvoerbare projekte en programme. Alle voorstelle neem kennis van veiligheid en sekuriteit,
sowel as die noodsaaklikheid om mense te bemagtig, om volhoubare werkskepping te
bevorder en almal se lewensgehalte te verbeter.
3.2 Gidsbeleid
Alhoewel nasionale regering deur die Nasionale Departement van Vervoer (NDvV) daarvoor
verantwoordelik is om die vervoerbeleid in Suid-Afrika op te stel, is dit die
verantwoordelikheid van die provinsies en metropool en distriksmunisipaliteite om hierdie
beleide uit te voer en om die nodige projekte en inisiatiewe te beplan en uit te voer.
Op hierdie grondslag is ’n ondersoek onderneem om die status quo van die NGV-wetgewing
en beleid- en beplanningsriglyne in alle sfere van die regering te evalueer. Hierdie
ondersoek is hieronder opgesom.
3.2.1 Nasionale Regering deur die Departement van Vervoer
Die toepaslike stukke wetgewing wat die wetlike en beleidsraamwerke verskaf, is:
• Die Suid-Afrikaanse Grondwet³
• Die Oorgangswet op Nasionale Landvervoer, 2000 (Wet 22 van 2000) (OWNLV) 4
• Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000 (WMS)5
• Die Wetsontwerp op Nasionale Padvervoer, 2008.6
Daar is geen spesiale vermelding van NGV-beleid in die Grondwet of die Wet op Munisipale
Stelsels nie. Die WMS noem egter die behoefte aan beplanning vir vervoerinfrastruktuur
vanuit ’n gemengde-modus perspektief en om dienste op ’n geïntegreerde en volhoubare
manier te beplan. Dit sluit by implikasie die NGV-modusse in.
Daar is verskeie klousules in Deel 7 van die OWNPV wat, hoewel dit nie NGV spesifiek
noem nie, verskeie stellings het waar NGV geïmpliseer word. Dit lui as volg:
• Klousule 18 (2): …padvervoerbeplanning moet so uitgevoer word dat dit sowel openbare
as privaat vervoer en alle modusse van padvervoer in die relevante gebied dek, en moet
fokus op die mees doeltreffende manier om van een punt na ’n ander te beweeg in die
stelsel;
• Klousule 18 (3)(e): (Vervoerplanne moet so ontwikkel word dat dit) toegang tot openbare
vervoerdienste en fasiliteite verbeter asook vervoerfunksionaliteit in die geval van mense
met gestremdhede; en
• 18 (5): ’n Beplanningsowerheid moet, tensy duidelik ontoepaslik of nie redelik prakties
onder omstandighede nie, wanneer enige vervoerplan voorberei word, koördinasie en
integrasie binne en tussen padvervoermodusse verseker ten einde toegang en
gebruikmaking van openbare vervoerdienste, fasiliteite en infrastruktuur te optimaliseer.
Die OWNPV vereis dat munisipale entiteite Geïntegreerde Vervoerplanne (IVP’s) voorberei.
Die OWNPV-beplanningsregulasies vir minimum vereistes vir die voorbereiding van IVP’s
stel dat die vervoerbehoeftebepaling in die OIVP gegrond moet word op die ruimtelike
ontwikkelingsraamwerk en voldoende aandag moet skenk aan niegemotoriseerde vervoer.
’n Komponent van die IVP is die Huidige Openbare Vervoerrekord (HOVR). Die doel van die
HOVR is om openbare vervoer-passasiersaanvraagdata sowel as openbare vervoerdienste
te ontleed. Hierdie stelle data word dan gebruik om te help met die beplanning en
ontwikkeling van infrastruktuur en diensverskaffing soos weerspieël in die IVP self. Die
HOVR-data word ook gebruik om ander planne, vereis deur die OWNPV, soos die openbare
vervoerplanne, bedryfslisensiestrategieë en rasionaliseringsplanne, voor te berei.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 7
Dit is belangrik om daarop te let dat die minimum HOVR-dataversamelingsvereiste soos
gespesifiseer deur die Staatskoerant Kennisgewing 1005 van 2002, nie die versameling van
enige stelle NGV-data insluit nie. Die afwesigheid van hierdie data maak die beplanning van
NGV-fasiliteite moeiliker, en daar moet staatgemaak word op dataversameling op ’n projek-
vir-projek-grondslag.
Die Wetsontwerp op Nasionale Landvervoer7 versterk die belangrikheid daarvan om
vervoerbeplanning te integreer met grondgebruik en ontwikkelingsbeplanning in pogings om
die vervoerstelsel te omskep. Bevordering van van NGV word geïmpliseer deur die klem
wat die Wetsontwerp plaas op die verbetering van openbare vervoer.
Verder het die “Road to Safety” 2001-2005-strategie as sy missie: “Om ’n aanvaarbare
standaard van gehalte in padverkeer, met die klem op padveiligheid, op die Suid-Afrikaanse
stedelike en landelike padnetwerk te verseker.” Die Shova Kalula (Trap Maklik)-projek maak
deel uit van die program om die veiligheid van fietsryers en voetgangers te bevorder. Die
Landelike Vervoerstrategie vir Suid-Afrika (2002) fasiliteer dertien loodsprojekgebiede
regdeur die land deur ’n raamwerk te voorsien wat sowel gemotoriseerde as
niegemotoriseerde vervoerkeuses aanmoedig.
In Desember 2008 het die NDvV die Konsep- Nasionale Niegemotoriseerde Vervoerbeleid8
vrygestel en daarmee ’n nasionale konteks geskep vir verbeterde toegang en mobiliteit. Die
nasionale dokument erken dat NGV-beplanning ’n integrerende deel van vervoerbeplanning
moet wees.
3.2.2 Provinsiale NGV-beleid en Wetgewende Opsomming
Die Provinsiale Departement van Vervoer en Openbare Werke se visie is om die volgende
verseker:
• ’n Geïntegreerde, toeganklike vervoerstelsel wat goed bestuur en in stand gehou word,
regdeur die Wes-Kaap, wat erken word as een wat doeltreffend gebruik maak van
hulpbronne en maatskaplik regverdig is op ’n wyse wat breër ontwikkelingsdoelstellings
en -doelwitte bevorder; en
• Met betrekking tot NGV is hul missie om die gebruik van NGV te bevorder ten einde
toegang tot sosiale, ekonomiese en ontspanningshulpbronne teen bekostigbare
standaarde moontlik te maak, veral onder die behoeftiges.
Die provinsiale Witskrif oor Vervoerbeleid9 van 1997 verwoord die volgende visie:
’n Geïntegreerde, toeganklike vervoerstelsel wat goed bestuur en in stand gehou word,
regdeur die Wes-Kaap, wat erken word as een wat doeltreffend gebruik maak van
hulpbronne en maatskaplik regverdig is op ’n wyse wat breër ontwikkelingsdoelstellings en -
doelwitte bevorder. Die vereistes vir integrasie en toeganklikheid binne die provinsiale
witskrif skep ’n plek vir NGV binne die vervoerstelsel.
Die Provinsiale Visie vir Openbare Vervoer Vyfjaar- Strategiese Leweringsprogram (2003)10
stel verder “Provinsie sal die vereistes van niegemotoriseerde vervoer ondersoek deur die
nodige konsultasie en tegniese studies met die oog op die formulering van ’n gedetailleerde
leweringsplan”.
Elke element van die visie word bespreek ten opsigte van die vernaamste probleme, die
doelwitte en program vir die bereiking van die doelwitte. Volgens NGV word stap beskou as
’n wesenlike deel van die openbare vervoerstelsel. Stap behoort veilig, gemaklik en gerieflik
te wees met beskermde wandelpaaie in sowel stedelike as landelike gebiede ten einde ’n
veilige voetgangeromgewing te skep. Die potensiaal van fietsry word erken as ’n
doeltreffende en goedkoop vervoermodus en dat dit oor die potensiaal beskik om
toeganklike en bekostigbare vervoer in landelike gebiede te bied.
Alhoewel beleidsriglyne vir NGV spesifiek genoem word in die provinsiale witskrif oor
vervoerbeleid, sluit dit geen gedetailleerde planne of projekinisiatiewe betreffende NGV in
nie.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 8
Die Shova Kalula-inisiatief streef daarna om die rol van fietsryers in die vervoerstelsel te
versterk en die gepaardgaande voordele van vaardigheidsoordrag en werkskepping te
voorsien. Dit het ook die voordeel dat dit ’n volhoubare platform bied waarop ander projekte,
wat groter mobiliteit en maklike toegang tot geleenthede en hulpbronne verseker, gebou kan
word.
Besondere aandag sal daaraan geskenk word om infrastruktuur te voorsien ten einde
voetgangers in staat te stel om wandelpaaie en toegangsroetes te gebruik op ’n manier wat
veilig en gerieflik is. Daar word voorsien dat landelike en stedelike loodsprojekte op die
been gebring sal word om hierdie modelle te vestig en te toets op dieselfde tyd as wat ’n
gidsbeleid geformuleer word.
Die Landelike Model-loodsprojek behoort met klein, medium en groot dorpe geskakel te
word. Die doel van die loodsprojek is om die belangstelling te toets, aanvraag te skep, stap,
en in die besonder fietsry, te bevorder ten einde die probleem van afstand makliker te bowe
te kom. Die ander belangrike doel is om ekonomiese ontwikkelingsgeleenthede rondom
fietsry in die besonder op die been te bring.
3.2.3 Metropolitaanse NGV-beleid en Wetgewende Opsomming
In reaksie op nasionale en provinsiale beleide en wetgewing het die Stad Kaapstad meer
direk aandag gegee aan die behoeftes van voetgangers en fietsryers in plaaslike
beleidsformulering. NGV word spesifiek genoem in die volgende gidsdokumente wat onder
andere insluit die 1980-1985 Vervoerplan11 vir Kaapstad Metropolitaanse Vervoer, die
Metropolitaanse Ruimtelike Ontwikkelingsraam12 (MROR), die Geïntegreerde
Metropolitaanse Omgewingsbeleid13, die Stad se visiestelling14, die Stad se
verkeerskalmeringsbeleid vir die Stadskalmering Residensiële Strate15 en die Stad se
Voetgangerplan16. Die Stad het ook ’n Mobiliteitstrategie ontwikkel wat riglyne voorsien vir
die ontwikkeling van vervoerbeleid waar NGV, sowel as openbare vervoer geïdentifiseer is
as prioriteitsmodusse in Kaapstad se vervoerstelsel.
Die gebruik van NGV is ten minste implisiet bevorder in alle wetgewing en beleid en skep
dus ruimte vir hierdie NGV-strategie om die provinsiale benadering tot NGV te versterk en
daaraan inhoud te gee.
Alhoewel die belangrikheid van NGV erken word in die wetgewing, is die institusionele
strukture vir die koördinasie van beleide, planne en projekte, sowel as befondsing, nie
ingesluit nie.
3.3 Stand van NGV in die Wes-Kaap
Dit is nie die doel van hierdie afdeling om alle NGV-projekte te dokumenteer nie, maar
eerder om voorbeelde van die tipe fasiliteite wat oorweeg kan word en hul konteks te
voorsien.
Die beplanningsuitdagings uiteengesit in Afdeling 3.1 tot ’n allesbehalwe ideale
mobiliteitstelsel in die provinsie gelei. Die primêre doel van vervoer – om toegang te verleen
tot geleenthede – word gekompromitteer deur bestaande ruimtelike ontwikkelingspatrone,
onbeskikbare of onbekostigbare openbare vervoer, swak standaarde van persoonlike
veiligheid en sekuriteit, en verkeersopeenhoping. Niegemotoriseerde vervoerbeplanning kan
slegs ’n beduidende verbetering in hierdie situasie teweegbring indien dit deel is van ’n
breër poging om die manier te verander waarop infrastruktuur beplan en ontwerp word. Met
die regte benadering kan NGV toegang tot openbare vervoer verbeter, fisieke en
bedryfshindernisse te bowe kom en veiligheid verbeter – maar dit vereis ook
ondersteunende dienste soos opleiding en onderrig. In die lang termyn kan die
doeltreffendheid van NGV-strategieë verhoog word deur verbeterde praktyke in
grondgebruik, vervoer en ander sektore wat mobiliteit beïnvloed.
Die afdelings hieronder gee ’n oorsig oor die stand van NGV in die provinsie.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 9
3.3.1 Voorkomssyfer van stap
Die stapmodus behels gewoonlik ’n groot gedeelte van alle uitstappies in stedelike en
landelike omgewings. Die Wêreldbank skat dit so hoog as 70% in die meeste Afrika-stede.
Die Nasionale Huishoudelike Reisopname (NHRO)17, uitgevoer deur die Departement van
Vervoer in 2003 en gepubliseer in 2005, beraam dat in die Wes-Kaap ’n totaal van 20,5%
van pendelritte gedurende die oggendspitstye te voet afgelê is vergeleke met 56% van
leerderritte na onderrigplekke. Wanneer die lae verhouding van pendelritte te voet regoor
die provinsie in oënskou geneem word, moet egter in gedagte gehou word dat toegang tot
die hoof vervoerterminusse en stilhouplekke (bv. spoorwegstasies, bus- en taxi-
stilhouplekke) meestal te voet gedoen word. Dit sluit ook die laaste ent van die tog in, d.w.s.
vanaf die openbare vervoerterminus na die werkplek.
In die meer landelike gebiede, waar stap ’n belangrike rol speel, word 50% van alle werkritte
in die Wes-Kaap, Overberg en Sentraal-Karoo te voet afgelê. Indien togte met ander
oogmerke egter ingesluit word, is daar ’n veel hoër voorkoms van stap en fietsry.
Niegemotoriseerde vervoer in die Wes-Kaap beloop 21% van alle togte werk toe en wissel
vanaf ’n lae 8% in Kaapstad tot ’n hoë 58% in die Sentraal-Karoo.
Gemiddeld stap 13% van diegene wat openbare vervoer gebruik vir werkritte langer as die
witskrifteiken18 van ongeveer een kilometer of vyftien minute.
Daar is redelik beduidende verskille in die toegangstyd tot openbare vervoer onder die
verskillende tipes nedersettings wat in die Wes-Kaap voorkom. Stedelike huishoudings het
beter toegang tot openbare vervoer as dié in landelike gebiede. In stedelike gebiede kan
66% huishoudings toegang verkry tot ’n minibustaxidiens met ’n staptyd van vyftien minute
of minder, terwyl 90% van landelike huishoudings geen toegang tot trein- of busdienste het
nie en 38% nie bedien word deur minibustaxi’s nie. ’n Relatief klein verhouding van diegene
wat werk toe of na ’n onderwyssentrum moet stap, reis egter langer as 60 minute.
Daar is ’n duidelike afwesigheid van openbare vervoer in die distriksmunisipaliteite. In die
Sentraal-Karoo kan twee-derdes van huishoudings nie openbare vervoerdienste binne 30
minute bereik nie, wat gelykgestel kan word aan ’n twee kilometer-stap. In die Overberg het
feitlik die helfte van die inwoners geen toegang, of gebrekkige toegang, tot openbare
vervoer. Hierdie situasie geld ook in die Weskus-munisipaliteit waar dit ’n derde van die
inwoners beïnvloed. In sommige situasies kan NGV bloei as ’n toevoermodus na openbare
vervoernodusse, wat die finansiële lewensvatbaarheid van openbare vervoer verbeter.
3.3.2 Tipes fasiliteite
Die verantwoordelikheid vir ontwerp en implementering van NGV-projekte, sy dit die
opgradering van sypaadjies, die inwerkingstelling van fietsrypaaie of die voorsiening van
fietsstoorfasiliteite, lê in die openbare sektor. Betrokkenheid by NRO’s en die privaat sektor
is suiwer vrywillig, maar oorlegpleging tussen hierdie sektore is van die opperste belang in
beplanning vir die korrekte fasiliteit wat vereis word in die verskillende munisipaliteite.
Daar is tans geen regulasie gereed wat bepaal dat, wanneer ontwikkelings- en bouplanne
voorgelê word vir goedkeuring, hulle enige NGV-verwante infrastruktuur of fasiliteit moet
bevat nie. Daar is tans geen volledige databasis van NGV-fasiliteite in die Wes-Kaap nie.
Ideaalgesproke behoort aandag gegee te word aan die behoeftes van NGV-gebruikers
vanaf die aanvanklike beplanning van ’n stedelike gebied. Grondgebruik en stedelike
beplanning behoort met die nodige oorweging van alle vervoerbehoeftes onderneem te
word, met inbegrip van stap, fietsry en ander niegemotoriseerde modusse. Beplanning
behoort nie beperk te word tot persoonlike mobiliteit nie, maar moet vervoer van goedere
deur die gebruik van trekdiervoertuie insluit. Daar behoort ook beplanning te wees wat
aandag gee aan die ontspanningsbehoeftes wat alle betrokke niegemotoriseerde modusse
gebruik.
Die Stad Kaapstad en “Interface for Cycling Expertise” (ICE) het ’n vennootskap aangegaan
binne die raamwerk van die Fietsvennootskapprogram (FVP). Die FVP het in Junie 2007
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 10
begin en sal duur tot Junie 2009 ten einde fietsry inklusief te maak in stedelike ontwikkeling
en vervoerbeleide binne die Stad Kaapstad. Hierdie program wil spesifiek strategieë
ontwikkel om fietsryfasiliteite te finansier. Fietsry-inklusiewe beleide wil ook die weg baan tot
die verkryging van nasionale en internasionale befondsing.
Die Stad Kaapstad het reeds ’n Niegemotoriseerde Vervoerstrategie, sowel as
Fietsmeesterplan en Voetgangerveiligheidimplemeteringsplan tot stand gebring.
Fietsryroete in ’n landelike gebied
Die volgende voorbeelde van NGV-fasiliteite het hoofsaaklike betrekking op roetes.
Omvattende NGV-planne moet ook bestemmingsfasiliteite en ondersteuningsdienste in
aanmerking neem, maar tot op hede het projekte (buiten Shova Kalula) feitlik uitsluitlik op
roetefasiliteite gefokus.
Leerderroetes
Die 1981 Kaapstad Rondebosch/Nuweland Fietsdemonstrasieprojek was daarop gemik om
fietsry vir leerders te vergemaklik. Ongeveer 22 km fietsrypaaie is gebou. Aanvanklik was
daar ’n 30% toename in fietsry skool toe, maar dit het na 1996 afgeneem, hoofsaaklik
weens die toename in misdaadvlakke en gebrek aan sekuriteit met die fietsryroetes langs.
Stellenbosch het ook fietsryroetes vir skoliere. Sowel in Kaapstad as in Stellenbosch is
fasiliteite ontwerp om baie duidelike roetes na en van ’n beperkte aantal skole te bedien en
is nie beplan om aan ’n ander doel te beantwoord nie. Toekomstige inisiatiewe van hierdie
aard behoort ontwerpe te oorweeg wat ook kleinwielvervoer insluit.
’n NGV-strategie vir skoliere behoort ook sommige van die uitdagings te ondersoek wat in
die gesig gestaar word wanneer skoliere per bus skool toe vervoer word. Kort afstande kan
byvoorbeeld aantreklik gemaak word deur tuinuitleg en NGV-ingrypings wat geriefliker is as
busroetes. Dit sal nie in alle omstandighede prakties wees nie, maar aangesien dit breër
NGV-doelstellings ondersteun, behoort dit ’n oogmerk vir die vervoer van skoliere te wees.
Niegemotoriseerde roete deur ’n park
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 11
Geplaveide skouer en voetgangerwaarskuwingsteken
Klipfontein-korridor-pendelaarroete
’n Stedelike korridor is ’n mengsel van intensiewe grondgebruikaktiwiteite gekonsentreer op
punte langs ’n belangrike vervoerroete, met inbegrip van openbare vervoer. Die keuse van
grondgebruike langs die korridor is belangrik, net soos om hierdie gebruik toeganklik te
maak vir NGV-modusse.
Die Klipfontein-korridor is die eerste van ’n aantal hoë-orde openbare vervoerkorridors wat
in Kaapstad beplan is. Dit strek vanaf die SSG langs Klipfonteinweg na Khayelitsha en
bedien ongeveer ’n derde van Kaapstad ten opsigte van bevolking. Die uitwerking van die
korridor is gevolglik enorm en die beplanningsoefening is daarop gemik om die gebruik van
openbare vervoer te maksimaliseer deur NGV-toegang tot die korridor en tot grondgebruike
in die korridor wat niegemotoriseerde vervoer aantrek, te verbeter.
Algemene Voetgangerroetes
Die Swartland Plaaslike Munisipaliteit het sypaadjies vir voetgangers gebou langs roetes
wat gebruik word deur plaaslike gemeenskappe in Malmesbury, Riebeek-Kasteel en
Darling. In sommige gevalle voorsien dit broodnodige verbindings met geïsoleerde
gemeenskappe wat op NGV staatmaak om geleenthede in kommersiële distrikte te bereik.
Die R45 na Franschhoek is ’n landelike voorbeeld.
Die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit het ook fiets- en voetgangerpaadjies gebou langs
Hoofstraat 191 (wat die potensiaal het om ’n uitgebreide NGV-korridor te word wat Paarl en
Franschhoek verbind). Hulle het ook sypaadjies gebou op Hoofstraat 174 (R305),
Afdelingspad 1398 en het die sypaadjie tussen Ceres en Prins Albert Hamlet opgegradeer.
Brug voorsien wandelpad afgeskei van padverkeer
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 12
Modale wisselaars
Nuwe of opgegradeerde wisselstasies soos die onlangs voltooide Claremont-stasie-projek
in Kaapstad kan ’n rol speel in die verbetering van toegang tot openbare vervoer indien
hulle ontwerp word met die voetganger in gedagte. Die herontwerpte Claremont-stasie-buurt
verleen voorkeur aan voetgangers oor strate en maak dit makliker om jou pad te vind.
Fasiliteite by bestemmings
In baie gevalle is struikelblokke op die pad na niegemotoriseerde vervoer nie ’n gebrek aan
roetes nie, maar ’n gebrek aan geriewe by bestemmings. Belangrike geriewe sou veilige
toesluitareas wees vir fietse, asook storte en aantrekkamers. Sommige geboue en
gebouekomplekse ontbreek ook veilige roetes vir NGV vanaf die aangrensende
straatnetwerk na die geboue. Daar word kennis geneem dat die Raad vir Groen Geboue
van Suid-Afrika onlangs sy Groen Ster SA – Kantoorgraderingshulpmiddel, wat
ontwikkelaars krediet gee wanneer hulle dit makliker maak om na geboue te stap of fiets te
ry, voltooi het. Dit is tans nie ’n vereiste in munisipale regulasies nie.
Programme
Kaapse Wynlande het die Veiliger Reise na Skole-strategie ontwikkel en het begin met die
implementering van infrastruktuurprojekte by verskeie landelike skole, d.w.s. die
opgradering van geplaveide toegange, sypaadjies, veilige hawens en skuilings sowel as die
ontwikkeling en verspreiding van opvoedkundige materiaal. Die WKPA het onlangs ’n
loodsprogram van “wandelende busse” van stapel gestuur in die Kaapstad SSB.
“Wandelende skoolbusse” is ’n ander voorbeeld van maniere om veiligheid te verbeter.
“Wandelende skoolbus” in residensiële gebied
Normstelling, minimum standaarde en looptydontledingstrategie vir openbare
vervoergeriewe wat die behoeftes van NGV-gebruikers omvat, d.w.s. fietsparkeringfasiliteite
by taxistaanplekke and fiets- en voetgangerpaaie na taxistaanplekke.
Pleine en Parke
Veldryfasiliteite kan belangrik wees om bykomende gerief of verkorte verbindings tussen
hoofpadroetes te verskaf. Bestaande voorbeelde in Kaapstad is Thibaultplein in die SSB, St.
Georges Mall, Constantia-parkgordels en Keurboompark in Rondebosch. Oop ruimtes en
sportfasiliteite oor ’n wye spektrum van gemeenskappe kan soortgelyke funksies verrig.
Sommige word vir hierdie doel gebruik ten spyte daarvan dat dit nie met NGV in gedagte
ontwerp is nie. In die toekoms moet veiligheid en gerief verbeter word deur doelbewus
potensiële modusse wat in sulke fasiliteite gehuisves kan word, soos persoonlike
kleinwielmobiliteitstoestelle, te oorweeg. Konflik tussen gebruikers is dikwels ’n uitdaging,
maar daar is baie riglyne uit ander lande wat by hierdie kwessie aansny.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 13
3.3.3 Tipiese aangeleenthede in verskillende kontekste
’n Breë oorsig oor die vlak van NGV-voorsiening is ontwikkel om die een of ander
aanduiding te gee van waar die fokus vir verskillende tipes infrastruktuur en
ondersteuningsdienste behoort te wees.
Sentrale Sakebuurt
In die sentrale stadsomgewing is die NGV-infrastruktuur tans grootliks op die voetganger
gefokus. Kenmerkend van SSB-omgewings is:
• Sypaadjies aan weerskante van die pad wat veilige en gerieflike staptoestande skep;
• Die sypaadjies is oor die algemeen saans goed belig, sowel deur straatligte as binne-
en buiteligte van aangrensende winkels;
• Veilige voetgangeroorgangfasiliteite by kruisings, wat beheer word deur verkeerseine,
alhoewel daar weinig kruisings is met fasiliteite wat deur voetgangers geaktiveer kan
word;
• Voetgangeroorgangfasiliteite by midblokke en ander plekke met groot aanvraag,
waarvan sommige beheer word deur seine wat deur voetgangers geaktiveer kan word.
Baie kruisings word nie beheer deur seine nie en hoewel motoriste voorkeur moet gee
aan voetgangers, doen hulle dit selde. Dit lei tot onveilige toestande vir voetgangers; en
• Weinig fietsfasiliteite met fietsryers wat padruimte met voertuie moet deel. Kenmerkend
is dat daar geen veilige stoorfasiliteite vir fietse is by vervoerterminusse en stilhouplekke
nie.
Oor die algemeen dra kategorie 1-gebiede by tot die voorsiening van motorvrye sones en
uitgebreide NGV-fasiliteite, waaronder voetgangerwandelstrate en ruimtes. Daar is ook
talryke geleenthede om NGV-modusse doeltreffend met vervoerterminusse en stilhouplekke
te integreer.
Sommige van die uitdagings wat in die stadsomgewing ervaar kan word, kan die volgende
wees:
• Gevaarlike gebiede vir voetgangers, waaronder konflik met gemotoriseerde en
niegemotoriseerde voertuie op wiele;
• Gebrek aan oorgange wat uitsluitlik vir voetgangers is;
• Openbare ruimtes wat in beslag geneem word deur parkeerareas;
• Infrastruktuurinstandhoudingspraktyke wat nalaat om NGV-modusse te akkommodeer
gedurende konstruksie;
• Veiligheid en sekuriteit; en
• Gehalte van die stedelike omgewing.
Daar is ’n verskeidenheid moontlike reaksies op SSB-beplanning, soos bewys in stede
regdeur die wêreld. Daar is voorbeelde van konflikvermindering deur verbodsmodusse (bv.
om nie fietse op sypaadjies toe te laat nie); deur uitgebreide fietsrypaaie te voorsien; deur
die aantal plekke waar NGV voorrang het bo gemotoriseerde voertuie, te vermeerder; deur
brûe of duikweë te voorsien; en deur die gebied waar gemotoriseerde voertuie toegelaat
word, te beperk.
As een plaaslike voorbeeld oorweeg Stellenbosch Munisipaliteit strategieë om die oorwig
van gemotoriseerde verkeer in die dorp se SSB te verminder en geriefsvlakke vir
voetgangers en fietsryers te herstel. Hulle het die moontlikheid oorweeg om parkeerruimtes
in die middedorp te verminder en pendeltuie te voorsien vanaf vergeleë parkeerruimtes en
om sommige strate in voetgangergebiede te omskep. Ten tyde van hierdie skrywe was
NGV-beplanning vir die dorp in volle swang.
Die toepaslikheid van enige reaksie sal afhang van heersende omstandighede en die
mobiliteitsbehoeftes in ’n spesifieke gebied.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 14
Voorstede
Woongebiede is meer uiteenlopend in die voorsiening van NGV-fasiliteite – ten opsigte van
wat voorsien word en wat voorsien behoort te word. Fasiliteitsriglyne hou oor die
algemeen verband met die padhiërargie en die tipe beboude omgewing. In ’n groot mate is
dit gegrond op die potensiële konflik tussen verskillende gebruikers en ander
veiligheidskwessies. Daar moet kennis geneem word dat die padhiërargiestelsel ingestel is
met die doel om padontwerp te lei sonder dat die fyner punte van ontwerp, wat in ag
geneem behoort te word wanneer vervoerinfrastruktuur beplan word om openbare en
niegemotoriseerde vervoer te vervordermeerder, noukeurig oorweeg is. ’n Ewewigtige
benadering tot die beplanning van padinfrastruktuur sal dikwels oorlegpleging vereis tussen
vervoeringenieurs en stadsbeplanners en –ontwerpers ten einde ontwerpkwessies, wat
spruit uit die wisselwerking tussen verskillende perspektiewe, op te los.
Die ruimtelike vorm en digtheid word sterk beïnvloed deur voorstedelike beplanning. Daar is
baie redes waarom stedelike vorm onvanpas kan wees. Een rede is dat dit afhanklikheid
van gemotoriseerde vervoer kan verhoog, wat besoedeling tot gevolg het, opeenhoping en
marginalisering van mense wat nie kan bekostig om privaat motors te besit nie. Om sake te
vererger is dit dikwels moeilik om moderne stede te bedien met doeltreffende openbare
vervoer. Baie mense maak gevolglik staat op NGV terwyl die toestande wat verantwoordelik
was vir hierdie situasie, ook NGV bemoeilik.
Dorpe
Sommige van die probleme waarvoor dorpe te staan kom, is die volgende:
• Deurpaaie (byvoorbeeld die N1 en N2) is belangrike roetes en verbindings deur gebiede
vir plaaslike toeganklikheid sowel as streeks ekonomiese geleentheid. Hierdie Klas 1-
roetes is egter ook belangrike versperrings en ‘n veiligheidsprobleem vir voetgangers en
fietsryers wat daarlangs reis of dit wil oorsteek.
• Die minderbevoorregte lae-inkomstegemeenskappe is gewoonlik aan die buitewyke van
die dorp geleë en soms fisiek afgesonder. Daar is ‘n sterk NGV-beweging tussen die
buiteliggende armer gemeenskappe en werksgeleenthede in die ou dorp.
• Interaksie tussen dorpe en plase maak oor die algemeen staat op informele vervoer.
Op- en aflaai-gebiede in dorpe kan dikwels baat by versigtige plasing, voorsiening van
skuiling en ander fasiliteite, asook NGV-verbindings na winkelgebiede.
• Kusdorpe is skilderagtig en kan belangrike toeriste-aantreklikhede wees. Daar is ‘n
groot potensiaal om toerisme te ondersteun deur NGV-ingrypings en programme.
Ontspanningsgeleenthede is nog nie voldoende is hierdie gebiede ondersoek nie.
Historiese dorpe het begin as dorpe wat te voet besigtig kan word, maar baie het hierdie
voordeel verloor en ander loop die risiko om dit te verloor. Geïntegreerde grondgebruik en
vervoerbeplanning wat NGV noukeurig in aanmerking neem, is noodsaaklik om die
negatiewe newe-effekte van groei te vermy. Met die regte benadering kan NGV die
ekonomieë van dorpe versterk deur struikelblokke tot mobiliteit te verminder, deur werk te
verskaf wat verband hou met NGV, en deur omgewings in stand te hou wat meer
bevorderlik is vir toerisme.
Kleiner nedersettings
Hierdie gebiede word gekenmerk deur lae digtheid residensiële en landboukundige
grondgebruike. Weinig ontwikkeling kom voor aan die kant van die pad. Geplaveide
sypaadjies vir voetgangers is seldsaam alhoewel voetgangeraktiwiteit beduidend mag wees.
In baie gevalle het klein nedersettings die voordeel dat dit kompak is en geskik vir NGV. Die
klein nedersettings met ’n hoë groeitempo moet seker maak dat ruimtelike
ontwikkelingspatrone nie NGV moeiliker maak nie. Ontspanningsfietsryers, plaasvoertuie,
goederevoertuie en passasiersmotors skep ’n groot mengsel van voertuigtipes en snelhede
langs die paaie deur klein nedersettings, wat ’n groot uitdaging bied vir veiligheid.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 15
Stap na en van vergeleë nedersettings
Vergeleë landelike gebiede
Sommige van die probleme waarvoor landelike gebiede te staan kom, is die volgende:
• Toeganklikheid en mobiliteit is problematies in landelike gebiede. Oor die algemeen is
hierdie gebiede afgesonder en van lae digtheid, met beperkte vervoerdienste
beskikbaar om werk of dienste te bereik. Alhoewel groot persentasies van die bevolking
in hierdie gebied lang afstande te voet aflê, is NGV-toestande gewoonlik swak. Die
gevolg is dat daar sterk gesteun word op informele en ongereguleerde
vervoermodusse, soos plaasvoertuie wat gebruik word om mense te vervoer.
• Daar is weinig werksgeleenthede in hierdie gebiede. Oor die algemeen is daar min
werkskeppers en dus baie hoë werkloosheidsyfers. Landbou is steeds oorheersend en
seisoenale werk op plase of in verwerkingsfabrieke is dikwels die hoofbron van werk.
Armoede vier hoogty in die lae-inkomstesektor, met die gevolg dat NGV meer gebruik
word as wat wenslik is omdat openbare vervoer onbekostigbaar is. Plaaslike
ekonomiese ontwikkeling (PEO) moet gemaksimaliseer word in hierdie gebiede.
• Kapasiteit en begrotings is onvoldoende in die kleiner munisipaliteite, wat inwerk op
hulle vermoë om te beplan, te bou en NGV-infrastruktuur en –fasiliteite in stand te hou.
• Leerders moet lang afstande reis skool toe, grootliks te voet of na punte waar hulle deur
busse opgelaai word. Die omgewing is nie bevorderlik vir stap nie, is oor die algemeen
onveilig en langs roetes met geen infrastruktuur daaraan toegewy nie. Die togte is
ongemaklik gedurende die winters wanneer grondpaaie modderig is en in die somers
wanneer baie hoë temperature ondervind word.
• ‘n Gebrek aan infrastruktuur en dienste bring dikwels mee dat mense in hierdie gebiede
staatmaak op kruiwaens en ander innoverende modusse van vervoer wat moeilik is om
te gebruik sonder behoorlik ontwerpte infrastruktuur.
• ‘n Voorkeur jeens gemotoriseerde vervoer op paaie en jeens kapitaleprojekt ten koste
van instandhouding, het ‘n grooter impak op NGV as op ander modusse.
• Persone met gestremdhede en kleinvolume-vragvervoeroperateurs, waaronder
trekdiervoertuie en kruiwaens, word veral benadeel deur ‘n fokus op pendel-
georiënteerde beplanning,
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 16
Vervoer van goedere met ‘n kruiwa
Informele stedelike nedersettings
Informele nedersettings ontwikkel dikwels organies, met roetes wat paslik georiënteer is vir
stap na openbare vervoerroetes aan die buiterand van die nedersetting. Wanneer
opgradering plaasvind, behoort interne sirkulasie ontwerp te word om gerieflike roetes te
handhaaf vir die oorheersend NGV-modusse. Die uitleg van interne paaie, die geometrie
van padontwerp en bestrating moet geskik wees vir die bedoelde mengsel modusse, en nie
standaard ingenieurspraktyk volg waar meer innoverende benaderings mobiliteit vir die
oorheersende modusse mag verbeter nie.
Roetes behoort ook beplan te word met die gebruik van Misdaadvoorkoming deur
Omgewingsontwerp (MDVOO) beginsels ten einde persoonlike veiligheidsrisiko’s te
minimaliseer, en vervoerbeplanning behoort in aanmerking te neem hoe mobiliteitstelsels op
mekaar sal inwerk en ’n tersaaklike mengsel van formele en informele handel binne hierdie
nedersettings sal ondersteun.
3.3.4 Omvang van behoefte
Die omvang van die behoefte aan mobiliteit en die toepaslike reaksie wat daarop vereis
word, maak staat op plaaslike omstandighede in elke gemeenskap, sowel as die vermoë om
instansies tot stand te bring om uiteenlopende projekte te hanteer. In sommige gevalle kan
die voorsiening van fietse en ondersteuningsdienste die beste onmiddellike reaksie wees
wat vereis word, terwyl dit in ander gevalle die bou van voetgangersypaadjies mag wees of
roetes vir skaatsplankryers of geriewe vir die voer van trekdiere.
Tans beleef die vervoerbeplanningskorps op plaaslike en provinsiale vlak ’n toenemende
bewustheid van NGV en sy regmatige plek in die vervoerstelsel. Hierdie vooruitstrewende
beplanning word egter nie weerspieël in infrastruktuur, wat geskiedkundig ’n geïntegreerde
ontwerp en implementering ontbreek en die behoeftes van voetgangers en ander NGV-
gebruikers geïgnoreer het nie.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 17
Daar moet kennis geneem word van die feit dat daar ’n onderliggende aanvraag is na NGV-
mobiliteit. Met ander woorde, swak fasiliteite en ’n gebrek aan bewustheid ontmoedig die
gebruik daarvan, en deur die omstandighede te verbeter, kan die aanvraag vergroot word.
Een van die vernaamste strategieë om NGV-aktiwiteit te verhoog en die persepsie van
NGV-gebruik te verbeter, is deur die skep van ’n hoë gehalte NGV-omgewing. Dit vereis ’n
hersiening van die gehalte van NGV-infrastruktuur en behoort die volgende komponente in
te sluit:
• Gehalte van infrastruktuurvoorsiening (sypaadjies, straatkruisings, verhuringsfasiliteite,
parkeergeriewe, tuinuitleg en beligting)
• Ontwikkeling en implementering van NGV-meesterplanne en plaaslike NGV-planne.
Meesterplanne behoort die ontwikkeling van plaaslike NGV-planne te lei indien dit nie
bestaan nie, maar ook kennis neem van en ingelig word deur plaaslike NGV-planne
waar hulle wel bestaan.
• Bestrating moet geskik wees vir die bedoelde mengsel van persoonlike
mobiliteitstoestelle, en geometriese ontwerp wat die bedryfskenmerke van elke modus
in ag neem.
• Padaanwysings en padmerke wat waarsku en die teenwoordigheid van NGV-gebruikers
aandui. Eenvormigheid en wettigheid moet verseker word deur die toepassing van die
Handleiding van Padverkeerstekens19.
• Roetekontinuïteit is ’n belangrike element van NGV-beplanning omdat aaneenlopende
roetes tussen gewilde bestemmings en aantreklikhede die gemak en gerieflikheid van
NGV-gebruik verbeter.
3.3.5 Shova Kalula
Shova Kalula is in 2001 as ’n Nasionale Departemetn van Vervoer-projek van stapel
gestuur. Die doelwitte van hierdie vennootskapprogram, soos vroeër genoem, is om:
• Toeganklikheid en mobiliteit vir togte wat te ver is om te voet af te lê, te verbeter
• Te verseker dat vervoer bekostigbaar is
• Veilige, vaste, betroubare en volhoubare vervoer te bevorder
• Voetganger- en fietsryfasiliteite te voorsien
Die kernfokus van Fase 2 is om fietsvervoer te gebruik in gebiede waar mense benadeel is
ten opsigte van mobiliteit. Die fokus is fietsvervoerbedrywighede in teenstelling tot
infrastruktuur, en daarom moet Shova Kalula-gebiede versigtig gekies word inaggenome die
bedreiging wat groot volumes gemotoriseerde vervoer vir veiligheid inhou. In die Wes-Kaap
behoort die voorsiening van fietse aan landelike skole leerders se mobiliteit te verbeter en
ook die potensiaal om meer voordeel te trek uit skoolonderrig deur die reistyd tussen die
huis en die skool te verkort. In die geval van stedelike skole sal fietse gebruik word as ’n
alternatiewe vervoermodus wat verkeersopeenhoping op openbare paaie sal verlig en bydra
tot verlaagde energiegebruik en uitlaatgasse. Shova Kalula is daarop gemik om toegang en
mobiliteit van plaaswerkers en vroue in landelike, stedelike en buitestedelike gebiede te
verbeter.
Oor die kort termyn is struikelblokke wat in die pad staan van fietsgebruik hoofsaaklik ’n
gebrek aan bystanddienste soos finansieringsmeganismes en opleiding vir fietsversorging
en instandhouding, finansiële beplanning vir instandhouding en vervanging van fietse,
padveiligheid en ’n gebrek aan veilige stoorruimte vir fietse by bestemmings.
Die NDvV en NPA besef dat ’n veilige infrastruktuurontwerp en voorsiening vir fietsryers
deurslaggewend is om wydverspreide en volhoubare gebruik van fietsvervoer te
verwesenlik. In hierdie verband is die NDvV en NPA daartoe verbind om maatreëls te
ondersoek om ’n veiliger en meer toepaslike infrastruktuur oor die medium termyn te
bevorder. Dit sal parallel loop met die Shova Kalula-program wat gefokus is op die uitreiking
van fietse.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 18
Die uitreiking van fietse kan nie geslaagd wees sonder ondersteuningsdienste nie, en die
provinsie is daartoe verbind om ’n sterker rol vir NRO’s te ontwikkel in die voorsiening van
hierdie dienste (verwys na bespreking oor die rol van NRO’s en ander instansies hieronder).
Die Provinsie sal ook verseker dat verskeie provinsiale regeringsdepartemente NGV-
bevordering ondersteun deur beleide, en befondsing te voorsien vir byvoorbeeld:
• Programme vir gesondheidsorgwerkers
• Programme vir skoolgebaseerde opleiding
• Programme waardeur werknemers fietse kan aankoop
• Monitering van programme om gebruikersbasis en uitkomste te beoordeel
• Ondersteuning van inisiatiewe om NGV in die privaat sektor te bevorder (bv. Nuwe
Mobiliteitsinisiatief, Fietsry Akademiese Netwerk (UK))
Sommige van hierdie programme kan deur NRO’s of ander belanghebbendes voorsien
word, maar die toepaslike provinsiale liggame moet toegewy wees aan sodanige inisiatiewe.
3.3.6 Bewustheid, opleiding en onderrig
NGV ly onder persepsies in die gemeenskap en onder professionele beplanners, wat die
gebruik daarvan beperk, vir sowel vervoer as ontspanning. ’n Gebrek aan geriewe, opleiding
en aanvaarding versterk die gedagte dat NGV-modusse nie ernstig bejeën hoef te word nie.
Sommige word glad nie in beplanning erken nie (soos kruiwaens of trekdiervervoer) terwyl
ander beskou word as onbenullig (bv. skaatsplanke en rollemskaatse).
Wat nodig is, is ’n kultuur van omvattendheid wat keuses vir persoonlike mobiliteit en die
vervoer van goedere sal verbreed. Dit sal ’n billiker toegang tot ekonomiese geleenthede
voorsien en oor die algemeen lewensgehalte verbeter. Regulasies moet bygewerk word om
alle modusse in te sluit en munisipaliteite behoort te besluit wat die beste manier is om
beplanning en beheer te wysig om hulle omstandighede te pas.
Organisasies soos die Vereniging vir die Bevordering van Lae-koste Mobiliteit (Tanzanië),
die Eerste Afrika Fietsinligtingskantoor in Uganda en Fietsrybemagtigingsnetwerk in
Kaapstad, is almal NRO’s wat duisende mense geleer het om veilig fiets te ry. Om te leer
fietsry behoort nie slegs bemark te word as ’n noodsaaklike vaardigheid nie, maar ook as ’n
pret-aktiwiteit.
The Kaapse Argus-fietsrytoer is reeds ’n groot aantrekking vir nasionale en internasionale
mededingers. Dit is ’n bestaande bemarkingshulpmiddel wat tot stand gekom het met die
doel om die ontwikkeling van fietsryfasiliteite in Kaapstad te bevorder. Dit kan gebruik word
om fietsry in die algemeen in die stad aan te moedig of om spesifieke projekte te bevorder.
Dit is gebruik om spesifieke groepe aan te moedig om te begin fietsry.
Gebeurtenisse soos die 2010 FIFA-sokkerwêreldbeker lok duisende besoekers wat
toepaslike NGV-infrastruktuur en fasiliteite gaan benodig. Sodanige gebeurtenisse voorsien
geleenthede om befondsing vir projekte te bekom en om NGV-aktiwiteit te bevorder.
Pogings om NGV aan te moedig gaan hand aan hand met die voorsiening van infrastruktuur
en ondersteuningsdienste.
Privaat sektor-inisiatiewe soos fietstaxidienste (fiets-aangedrewe passasiersdienste) of die
installasie van fietsfasiliteite by geboue behoort aangemoedig en ondersteun te word deur
goedkeuringsprosesse te verduidelik en te vereenvoudig..Regeringsinstansies behoort die
die toon aan te gee deur toegang tot openbare geboue vir NGV-gebruikers op te gradeer en
te ontwerp vir universele toegang.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 19
Padveiligheidsopleiding vir kinderfietsryers
4 Strategie-oorsig
Die NGV-strategie handel oor hoe om van die huidige stand van vervoer te beweeg na die
behartiging van korttermynbehoeftes en die vestiging van ’n grondslag vir bestendige
vordering in die rigting van ’n dramaties verbeterde omgewing vir NGV. Dit vereis ’n
duidelike strategie met ’n aantal stappe wat sowel infrastruktuur as dienste onder die loep
neem, met inbegrip van die bemagtiging van gemeenskappe en die regeringsinstansies
verantwoordelik vir die beplanning en implementering van ’n NGV-ondersteunende
omgewing.
Wanneer die strategie oorweeg word, is dit die moeite werd om in gedagte te hou wat voor
die hand liggend mag lyk: dat vervoer handel oor die beweging van mense, goedere en
dienste. NGV is – of behoort te wees – ’n integrerende deel van ’n groter prentjie, en is
kritiek vir die gladde werking van die wyer stelsel, terwyl dit ’n reeks voordele voorsien wat
nie alles verband hou met vervoer nie. Binne hierdie stelsel bevredig stap en fietsry die
grootste behoefte, maar ander niegemotoriseerde modusse moet oorweeg word om
veiligheid te verbeter en te voldoen aan die verskeidenheid behoeftes.
Daar is ’n reeks korttermynbehoeftes wat regoor die provinsie geld. Sommige algemene
behoeftes is in die vorige hoofstuk aangedui. ’n Proses vir die aanwys en hantering van
spesifieke plaaslike behoeftes word in breë trekke in die volgende hoofstuk beskryf. In
hierdie hoofstuk fokus ons op die elemente wat gereed behoort te wees om dinge te laat
vlot en op die verantwoordelikhede van verskeie belanghebbendes.
Die vernaamste elemente van die strategie is:
• Verseker betroubare befondsing vir kapitale kostes en bedryfs- en
instandhoudingskoste, terwyl seker gemaak word dat IVP’s voldoende motivering bied
vir geïdentifiseerde projekte
• Sit ’n proses aan die gang om riglyne en regulasies, wat nie ten volle ondersteunend is
ten opsigte van NGV nie, by te werk – vervoerbeplanningsfilosofieë en –prioriteite
ontwikkel in reaksie op veranderende omstandighede, en in sommige gevalle val dit
onder ander sfere van regering
• Verkry konsensus onder belanghebbendes oor wat nodig is en hoe dit gelewer kan
word – bepaal deur ’n ontleding van ’n verskeidenheid beleidsdoelwitte ten einde ’n
beperkte vervoerinfrastruktuurreaksie te vermy
• Onderneem opvoedings- en opleidingsprogramme in veelvuldige sektore ten einde
vervoerveiligheid te verbeter en ’n kultuur van NGV te skep as ’n ernstige vervoermodus
en vorm van ontspanning
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 20
• Skep duidelikheid oor rolle en verantwoordelikhede vir die volle proses van NGV-
beplanning en implementering, met inbegrip van die opbou van vermoëns in
regeringsinstansies
• Verseker dat elke jurisdiksie ontwikkel en gereeld ’n meesterplan bywerk vir die
uitbreiding van NGV-infrastruktuur op ’n volhoubare grondslag
• Vestig ’n proses vir die identifikasie en implementering van projekte gegrond op die
meesterplanne
• Voorsien ondersteuningsdienste en ’n mengsel van ingrypings gegrond op ’n
beoordeling – deur deelname – van hoe om gemeenskappe die beste te bemagtig
Uit die agt elemente hierbo gelys, moet meesterbeplanning benadruk word, aangesien dit
die belangrikste produk is wat beplanning lei en dit nodig is om befondsing te bekom vir
individuele projekte deur die IVP-proses. Daar moet op die volgende punte gelet word:
• Meesterplanne is ten dele bedoel om die ontwikkeling van plaaslike gebiedsplanne te
ondersteun.
• Hulle behoort beleide vanuit verskeie regeringsektore te ondersteun en te versterk.
• Hulle behoort algemene prioriteite te vestig (bv. wat verband hou met veiligheid,
fietsondersteuning, voetgangers, openbare vervoerondersteuning ens.).
• Hulle sal ontwikkel soos plaaslike gebiedsnetwerke ontwikkel word.
• In stedelike gebiede het prioriteite dikwels betrekking op plekke waar daar
konsentrasies van aktiwiteite is, maar in sommige gevalle sal prioriteite betrekking hê op
die behoefte aan toegang tot noodsaaklike gemeenskapsdienste (bv. leerdermobiliteit
en toegang tot klinieke en hospitale).
• Belanghebbendes en bestaande planne wat ingaan op spesifieke aangeleenthede
behoort vorm te gee aan planne.
• Hulle behoort elemente wat betrekking het op roetes, nodusse en dienste aan te dui
(nodusse synde plekke waar roetes hulle bestemming bereik, of waar roetes van
verskillende modusse mekaar kruis).
• Hulle behoort verskillende gebruikers en ritdoelwitte uitdruklik te oorweeg, terwyl daarop
gelet word dat elk sy eie stel doelwitte het wat vorm moet gee aan die
beplanningsrespons
• Hulle behoort die verskillende skale van ingryping te oorweeg, vanaf streeksmobiliteit
tot plaaslike toeganklikheid.
Oor die lang termyn kan rolle en verantwoordelikhede ietwat verander. Tans is die fokus
daarop om meganismes gereed te kry. Wanneer dit verwesenlik is, sal die volgende stap
wees om te verseker dat plaaslike instansies in staat is om ’n groot deel van die proses,
binne die raamwerk van provinsiale en nasionale beleide, self te onderneem. Soos
voorheen genoem, is ’n sakeplan ontwikkel vir die befondsing van ’n program vir die opbou
van vaardighede in die plaaslike en distriksmunisipaliteite.
Die oorblywende afdelings in hierdie hoofstuk behandel rolle en verantwoordelikhede wat
verband hou met NGV-voorsiening. ’n Opsommingstabel is voorsien in Bylae B.
4.1 Regeringsrolle
Alle vlakke van regering het ’n funksie en verantwoordelikheid in die voorsiening van NGV-
projekte en dienste. Alle departemente, met inbegrip van dié wat gesondheid, behuising,
grond, stedelike beplanning, onderwys, die natuurlike omgewing, toerisme, ekonomiese
opheffing en veiligheid en sekuriteit hanteer, het ’n belangrike rol om te speel. In sommige
gevalle hoef die beste department om ’n inisiatief verwant aan NGV te lei nie noodwendig
Vervoer te wees nie.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 21
Die rol van die verskeie regeringsinstansies in die ontwikkeling van die NGV-stelsel is
hieronder uiteengesit:
4.1.1 Nasionale Regering
Die regte van alle burgers van die Republiek van Suid-Afrika is verskans in die Grondwet
van die land.
Die Grondwet erken in skedule 4(A) die gelyklopende wetgewende bevoegdheid van die
nasionale en provinsiale sfere vir die volgende gebiede:
• Openbare vervoer
• Openbare werke slegs met betrekking tot die behoeftes van provinsiale
regeringsdepartemente in die uitoefening van hul verantwoordelikhede om funksies,
spesiaal aan hulle toegewys, te bestuur ooreenkomstig die Grondwet of enige ander
wet
• Streekbeplanning en ontwikkeling
• Padverkeerregulasies
Die volgende plaaslike regeringsfunksies, in die mate waarin dit uiteengesit is in afdeling
15.5 (6) (a) en (7), is opgesom in skedule 4(B):
• Munisipale beplanning
• Munisipale openbare vervoer
• Munisipale openbare werke met betrekking tot die behoeftes van munisipaliteite in
die uitoefening van hul verantwoordelikhede om funksies, spesiaal aan hulle
toegewys, te bestuur ooreenkomstig die Grondwet of enige ander wet
Hierdie funksies sluit almal die regte in van persone wat gebruik maak van
niegemotoriseerde vervoer soos stap en fietsry, en fasiliteite behoort voorsien te word onder
die voorwaardes van die Grondwet.
Nasionale Departement van Vervoer
Die Nasionale Departement van Vervoer (NDvV) is verantwoordelik vir die opstel van beleid
en wetgewing oor kwessies van nasionale belang. Die nasionale beleidsraamwerk sal
leiding gee aan provinsies aangaande die voorsiening van NGV-fasiliteite deur die
Nasionale Landvervoerstrategieraamwerk (NLVSR) wat:
a) ’n nasionale beleid moet opstel met betrekking tot landvervoer;
b) die integrasie van nasionale, provinsiale en plaaslike landvervoerbeplanning moet
bevorder;
c) meganismes moet beskryf om moontlike konflik op te los tussen grondgebruik en
vervoerbeplanning en moontlike konflik tussen provinsies en munisipaliteite in die
landvervoerkonteks;
d) ’n algemene strategie moet opstel vir landwye vragvervoer;
e) ’n algemene strategie moet opstel vir landwye spoorvervoer, waaronder langafstand
passasierspoorvervoer en ’n konsessiestrategie vir pendelspoorvervoer;
f) ’n algemene strategie moet opstel vir nasionale paaie;
g) ’n algemene strategie moet opstel vir oorgrenspadvervoer;
h) die nasionale sleutelprestasieaanwysers moet opstel;
i) ’n algemene strategie moet opstel om toerisme te ondersteun;
j) ’n algemene strategie moet opstel vir landvervoer en die omgewing;
k) ’n algemene strategie moet opstel vir grondgebruikherstrukturering;
l) ’n algemene strategie moet opstel vir interprovinsiale padvervoer; en
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 22
m) ’n algemene strategie moet opstel vir die vervoer van persone met gestremdhede.
Die DvV sal, waar vereis vir nasionale samewerking, sodanige regulasies en riglyne verder
ontwikkel soos dit geïdentifiseer sou kon word volgens vereistes.
Die DvV is verder verantwoordelik vir die implementering van sodanige loodsprojekte soos
vereis ten einde bewys te lewer van die doeltreffendheid van NGV as ’n alternatiewe
vervoermodus. Die voltooiing van loodsprojekte moet gevolg word deur die evaluering van
die projekte en dan die bekendstelling aan provinsiale en plaaslike instansies, soos
toepaslik.
Suid-Afrikaanse Padagentskap Beperk
Vanweë sy taak om nasionale paaie te voorsien en in stand te hou en as deel van sy
maatskaplike opheffingsprogramme in landelike gebiede, het SANPAB onderneem om
NGV-fasiliteite op die nasionale paaie-infrastruktuur te voorsien. Brûe oor deurpaaie is
voorbeelde; die beplanning daarvan is nie beperk tot ’n enkele departement nie en behoort
geskikte toegangsroetes in te sluit waar die aanvraag die hoogste is.
4.1.2 Provinsiale regering
Die uitvoering van ’n suksesvolle NGV-strategie vereis in-koop in en verbintenis daartoe
deur provinsiale regering en ander instansies wat dieselfde visie het. Die geslaagdheid van
volhoubare NGV-ontwikkeling sal grootliks toeneem indien alle betrokke belanghebbendes
gemoeid raak by elke projek. Elke groep het ’n afsonderlike rol om te speel wat met verloop
van tyd mag verander soos institusionele vermoëns ontwikkel. Die Provinsie moet die
distriksmunisipaliteite help om NGV te versterk.
Die vervoer-verwante verantwoordelikhede van die Provinsiale Departement van Vervoer en
Openbare Werke is om:
• die provinsiale padnetwerk, met die nodige koördinasie en integrasie met ander
padbeplanningsowerhede, te beplan, ontwerp, bou en in stand te hou;
• die provinsiale aanverwante openbare vervoernetwerk te beplan, waaronder die
ontwikkeling van die nodige institusionele herstrukturering en herskeppings-inisiatiewe ten
einde doeltreffende dienslewering te verseker;
• die openbare vervoerbedryfkontrakte vir gesubsidieerde dienste en die koördinasie en
bestuur van die subsidies van die sentrale regering te bestuur; en
• die munisipale Geïntegreerde Vervoerplanne (IVP’s) te koördineer en goed te keur.
4.1.2.1 Befondsing
Die provinsie het ’n kardinale rol te speel om te verseker dat beleggings gedoen word waar
dit die grootste uitwerking sal hê en waar fasiliteite geskik is om te voldoen aan reisvereistes
en ander doelwitte. ’n Belangrike rol vir provinsiale regering is om die vloei van kapitale
begrotings deur die openbare sektor-hiërargie te fasiliteer. Vir munisipaliteite om fondse aan
NGV-projekte toegewys te kry, moet hierdie projekte in die Geïntegreerde Vervoerplan
ingesluit wees.
Die geslaagde uitvoering van die NGV-inisiatiewe op alle vlakke is direk gekoppel aan hul
vlak van befondsing in die beplannings-, implementerings- en instandhoudingsfases. ’n
Suksesvolle bekendstellingsprogram is afhanklik van ’n toepaslike vlak van befondsing en
die toewysing van die beskikbare fondse op ’n bevoegde, doeltreffende, geprioritiseerde en
volhoubare grondslag regoor die streek.
Die implementering van die NGV-stelsel behoort gegrond te wees op die ontwikkeling van ’n
sakeplan vir die bekendstelling van die projekte. Hierdie sakeplan behoort die NGV-
meesterplan te ondersteun, en vanuit ’n befondsingsoogpunt behoort dit ’n gedetailleerde
beskrywing van die volgende kwessies te bevat:
• Die institusionele reëlings om die befondsing van die stelsel op ’n doeltreffende en
rekenpligtige grondslag te beheer en bestuur, ongeag van die bron van die fondse.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 23
• Die beraming van die befondsingsvereistes gegrond op kosteberamings vir elke fase
van die stelsel oor sy volle lewensiklus.
• Die verkrygingsproses wat gebruik sal word. Byvoorbeeld, die instandhouding van die
stelsel kan op ’n prestasiegebaseerde kontrak met ’n privaat kontrakteur geplaas word,
of die bouwerk kan op tender uitgegee word op ’n alles-inbegrepe-grondslag, d.w.s.
ontwerp, bou, in stand hou.
• ’n Ondersoek na die potensiële bronne en aanwending van fondse vir verskeie
elemente van die NGV-strategie, met inbegrip van die privaat sektor.
Daar is verskeie maniere waarop die privaat sektor betrokke kan raak. Munisipaliteite betaal
tans vir instandhouding, so hulle kan uitkontrakteer aan ’n kontrakteur. Of daar kan heffings
opgelê word op sake of toerisme vir sekere roetes, wat ander kan kruis-subsidieer. En daar
is gevalle oorsee waar munisipaliteite NGV-netwerkplanne opstel vir onontwikkelde
gebiede, en wanneer ontwikkelaars inkom, word daar van hulle verwag om by te dra tot die
voltooiing van die netwerk deur hulle residensiële ontwikkelings. Regulasies kan ook van
ontwikkelaars vereis om geriewe soos fietsstoorrakke op hulle koste te voorsien.
Ten einde te verseker dat die infrastruktuur van die stelsel te alle tye in ’n goeie toestand
gehou word, is dit baie belangrik dat die befondsingsvereistes gegrond word op die “koste
vir ’n volle lewensiklus”-grondslag, d.w.s. die befondsing moet beplannings-,
implementerings- en instandhoudingskoste vir die stelsel insluit. Ander kostes soos
bemarking, promosie en padveiligheidsprogramme behoort ook beraam en in die begrotings
ingesluit te word.
Hoewel die onderskeie plaaslike owerhede, sowel as die provinsiale regering, finansieel sal
bydra tot die beplanning en implementering van die stelsel, moet die sakeplan ’n
gedetailleerde ondersoek na befondsingsgeleenthede vanuit die privaat sektor insluit.
Hierdie ondersoek behoort die omvang en beoordeling van innoverende
befondsingsmeganismes en aankoopgeleenthede soos die volgende in te sluit:
• Die bekendstelling van ’n geborgde fietsaankoopprogram deur werkgewers in die streek
ten einde werknemers in staat te stel om fietse teen gesubsidieerde pryse aan te koop.
• Die bevordering van die NGV-stelsel deur plaaslike en internasionale organisasies soos
die Fietsbemagtigingsnetwerk (FBN) en ‘Pedal Power’ NRO’s wat in Kaapstad gebaseer
is.
• Die skenking van fondse vir die ontwikkeling en instandhouding van die stelsel deur
groot streekgerigte maatskappye.
• Die geleentheid vir reklame- en borgskapprogramme deur sportdrag-, veiligheids-,
versekerings- en ander maatskappye wat kommersieel kan baat by hul borgskap en/of
reklame.
• Die stigting van sekondêre nywerhede soos kleinhandelfasiliteite vir fietsverkope en –
herstelwerk.
Die sakeplan behoort die vlak van belangstelling te bepaal en die potensiële
befondsingsvlakke vanuit die privaat sektor te bereken. Daar is kennis geneem dat
sakeplanne reeds voorgelê is vir innoverende NGV soos fietstaxi’s. Daar mag potensiaal
wees vir geborgde infrastruktuur soos busskuilings, fietsrakke en skaatsplankfasiliteite.
4.1.2.2 Voorsiening van voorligting, opvoeding, opleiding en promosie van NGV
’n Magtigende wetgewende raamwerk is nodig op nasionale vlak. Dit is reeds gedeeltelik
gereed aangesien sowel WMS as OWNLV die noodsaaklikheid van NGV erken. Dit behoort
versterk te word deur die byvoeging van beleid wat spesifiek gerig is op NGV. Die
Wetsontwerp op Nasionale Landvervoer gee nie spesifiek daaraan aandag nie.
Provinsiale regering is besig om die wetgewende raamwerk verder te voer deur hierdie
strategiese raamwerk te voorsien wat riglyne bied aan die derde sfeer van regering, die
plaaslike owerheid, oor hoe om NGV in te stel. Deur hierdie dokument verskaf die WKPA
voorligting aan plaaslike en distriksmunisipaliteite, maar sal nie oor die algemeen betrokke
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 24
wees in die voorbereiding van plaaslike gebiedsplanne (wat gegrond is op meesterplanne)
nie. Die Provinsiale Visie vir Openbare Vervoer (2003) noem dat die Provinsie ’n
gedetailleerde leweringsplan sal formuleer met klem op veilige en gerieflike
voetgangerwandelpaaie en toegangsroetes. Hierdie strategie is ’n vername komponent van
die leweringsprogram.
’n Belangrike rol vir provinsiale regering is om die bestaande wetlike en institusionele
raamwerk te evalueer; om die aspekte wat nie aan hul doel beantwoord nie die hoof te bied
en te verseker dat toepaslike veranderings aangebring word wat die lewering van NGV-
infrastruktuur en fasiliteite sal verbeter.
’n Vername rol vir provinsiale regering is om te verseker dat die organisatoriese strukture
gereed is om kommunikasie en koördinasie van projekte tussen plaaslike regerings, tussen
provinsiale en plaaslike regerings en tussen provinsiale regeringsdepartemente te bevorder.
Die strukture behoort gereed te wees en doeltreffend bestuur te word ten einde
kommunikasie te bereik.
Daar is ’n wyd erkende tekort aan geskoolde en ervare vervoerbeplanners onder die tipe 2-
en 3- beplanningsowerhede in die Wes-Kaap. Hierdie situasie het munisipaliteite gekortwiek
om die minimum vereistes vir IVP’s en die integrering van IVP’s met IOP’s te haal. Die
Konsep Geïntegreerde Vervoerkapasiteitsbousakeplan, Augustus 2008, stel dat dit “op sy
beurt die befondsing van vervoerprojekte deur swak opstelling en motivering van projekte in
gevaar kan stel”.
Aangesien IVP’s alle aspekte van vervoerbeplanning omvat, en die sleutel is tot die
verkryging van fondse vir projekte, stel die Kapasiteitsbousakeplan voor dat die WKPA
vervoer-kundigheid in plaaslike en distriksmunisipaliteite opbou deur IVP’s as ’n raamwerk
te gebruik. Die Plan stel voor dat WKPA finansiële bystand verleen aan bepaalde owerhede
vir die verkryging van personeel en voorsiening van uitgebreide opleiding in die vier gebiede
van wetgewing en riglyne: gespesialiseerde vervoerrigtings, gebiede van integrasie, en
administratiewe en finansiële beheer. Die Plan sal ’n vyfjaartydperk dek en befondsing sal
van die nasionale DvV kom. Aangesien die opleidingsprogram sal fokus op die verbetering
van die gehalte van die IVP’s, sal dit terselfdertyd die kanse verbeter om befondsing vir
NGV-projekte, aangewys deur plaaslike en distriksmunisipaliteite, te bekom.
4.1.2.3 Omvang van provinsiale betrokkenheid
Die provinsiale regering moet verseker dat NGV die vereiste aandag in die provinsie kry
deur die ontwikkeling van die PLVR en enige ander verwante beleidsdokumente en
provinsiale wetgewing. Die PLVR omvat IVP’s. Dit is die gidsdokument vir vervoer vir die
provinsie en behoort:
a) ooreen te stem met die visie, beleid en doelwitte van die provinsie;
b) die veranderinge aan die provinsie se padvervoerbeleide en strategieë sedert die
vorige vyfjaarplan te spesifiseer;
c) vanaf die tweede jaar ’n lys in te sluit wat ’n opsomming bevat van die vervoerprojekte
en projeksegmente, in voorkeurvolgorde, wat in die vyfjaartydperk uitgevoer moet
word, asook die koste van elke projek, en hierdie opsomming moet -
i) ook aandag gee aan daardie projekte aangedui in vervoerplanne in die
provinsie ; en
ii) verder voorberei word met behoorlike inagneming van die betrokke
geïntegreerde ontwikkelingsplanne voorberei kragtens enige relevante
plaaslike regeringswet en die relevante grondontwikkelingsdoelwitte gestel
ooreenkomstig artikel 27 van die Wet op Ontwikkelingsfasilitering, 1995 (Wet
Nr. 67 van 1995), of, waar van toepassing, grondontwikkelingsdoelwitte van
sodanige aard soos gestel in ’n wet van die provinsie.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 25
d) die maatreëls beskryf wat deur die provinsie getref moet word met die oog daarop om
behoorlike koördinasie te verseker tussen die vervoerplanne van die
beplanningsowerhede ten opsigte waarvan die provinsie jurisdiksie het;
e) vordering beskryf met betrekking tot die vestiging en funksionering van
vervoerowerhede in die provinsie;
f) die provinsie se gedetailleerde begroting met betrekking tot vervoer vir die betrokke
finansiële jaar insluit, met inbegrip van bronne, in die formaat voorgeskryf deur die
Minister;
g) meganismes beskryf wat ingestel is om moontlike konflik tussen provinsiale vervoer
en grondgebruikbeplanning op te los;
h) ’n algemene strategie opstel vir die behoeftes van leerders en persone met
gestremdhede;
i) die goedgekeurde ruimtelike plan van die provinsie insluit;
j) ’n padplan vir die provinsie insluit;
k) ’n openbare vervoerstrategie vir die provinsie insluit;
l) ’n algemene strategie of plan opstel vir die beweging van gevaarlike stowwe met die
pad langs aangewese roetes, in oorleg met die provinsiale departement
verantwoordelik vir omgewingsake en soos beskryf in artikel 2(1) van die Wet op
Gevaarhoudende Stowwe, 1973 (Wet Nr. 15 van 1973);
m) die sleutelprestasieaanwysers opstel, soos gespesifiseer deur die Minister, sowel as
enige ander persone aangewys deur die LUR, wat gebruik moet word om die
prestasie deur die provinsie en beplanningsowerhede te meet met betrekking tot hul
funksies en verantwoordelikhede kragtens hierdie Wet;
n) besonderhede insluit van intraprovinsiale en interprovinsiale langafstanddienste;
o) ’n algemene strategie vir toerisme opstel; en
p) besonderhede insluit van skakelingsmeganismes en strukture voorgestel vir
interprovinsiale langafstanddienste.
Dit is ’n verder die verantwoordelikheid van die provinsiale regering om te verseker dat
munisipaliteite voldoende aandag gee aan NGV wanneer hulle OIVP, DIVP en PIVP
voorberei soos voorgeskryf in die Regulasies in die Staatskoerant. Soos vroeër genoem, sal
die implementering van die Provinsiale Kapasiteitsbousakeplan hierdie doelwit onmiddellik
ondersteun.
Die provinsie behoort betrokke te wees by enige DvV-projek om die gebruik van NGV te
demonstreer ten einde verdere implementering van sodanige projek voor te berei en te
fasiliteer om dit volhoubaar te maak.
4.1.3 Distriksmunisipaliteit
NGV moet deel wees van die vervoerbeplanningsproses en ingesluit wees by die IVP en die
IOP. Die OWNLV (2000) beskryf die insluiting van infrastruktuurvoorsiening en
instandhouding in die IVP, en NGV behoort gesien te word as deel van hierdie
infrastruktuur:
21 (2)(c) sluit in alle modusse en infrastruktuur, waaronder nuwe gewysigde paaie en
kommersiële ontwikkelings wat ’n impak het op die padvervoerstelsel en padvervoeraspekte
van lughawens en hawes;
(e) die beplanningsowerheid se openbare vervoerplan insluit;
(f) ’n algemene strategie opstel vir die bestuur van reisvereistes; en
(g) ’n pad en vervoerinfrastruktuurvoorsiening, -verbetering en -instandhoudingstrategie
opstel.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 26
Distriksmunisipaliteite sukkel dikwels om doeltreffende openbare vervoerdienste te lewer as
gevolg van hul verstrooide nedersettingspatrone. NGV-projekte kan toegang tot openbare
vervoer verbeter waardeur klandisie, lewensvatbaarheid van diens en mobiliteit ook verbeter
sal word. Oor lang afstande kan fietsry in die besonder doeltreffend gebruik word ter
ondersteuning van openbare vervoer of as modus op sy eie.
Daar behoort in die IOP erkenning verleen te word aan die feit dat NGV bydra tot ’n
vermindering van besoedeling asook ’n besparing in fossielbrandstof.
Munisipaliteite is verantwoordelik vir die bou en instandhouding van sowel paaie as
fasiliteite, óf deur ’n interne departement, óf deur ’n munisipale padowerheid. Munisipaliteite
moet aandag skenk aan, en NGV in alle vervoerinfrastruktuurprojekte insluit.
Die algehele rol van NGV kan gesien word as die verbetering van toeganklikheid en
mobiliteit vir die mense van die distriksmunisipaliteite.
Die distriksmunisipaliteite fasiliteer seker strategieë ten einde die volgende te verwesenlik:
• Verbeter die NGV-omgewing
• Verbeter padveiligheid
• Neem meer fietse in gebruik
• Opvoeding en bemarkingsveldtogte
• Geïntegreerde beplanning
Laastens sal die distriksmunisipaliteite verantwoordelik wees vir die bepaling van behoeftes
en hul vermoë om te reageer met die lewering van die noodsaaklike NGV-infrastruktuur
en/of dienste in hul gebiede.
4.1.4 Plaaslike regering
Sommige munisipaliteite het die hulpbronne om NGV te beplan en in te stel. Die Stad
Kaapstad het byvoorbeeld reeds sy eie NGV-beleid en -strategie ontwikkel sowel as ’n
Fietsmeesterplan en Voetgangerveiligheidimplementeringsplan. Die stad het tans meer as
120 km gevestigde fietspaaie binne sy jurisdiksie. In Maart 2006 het die stad ’n
Internasionale Fietskonferensie aangebied waar hulle Goue Status verkry het vir hulle
fietsbeplanningsbeleide.
Ander plaaslike en distriksmunisipaliteite het nie dieselfde vlak van hulpbronne beskikbaar
as die Stad Kaapstad nie en hulle maak sterker staat op provinsiale ondersteuning. Die
Provinsiale Konsep Geïntegreerde Vervoerkapasiteitsbousakeplan toon die hulpbronne aan
wat beskikbaar is vir vervoerbeplanning in elk van die provinsie se munisipaliteite.
Deur ontwikkelingsgoedkeuringsprosesse het munisipaliteite die geleentheid om nuwe of
hersoneerde ontwikkelings te eis ten einde fasiliteite in te sluit wat NGV ondersteun. Groter
ontwikkelings mag ook veilige toegang deur die terrein insluit vir voetgangers, fietsryers en
gebruikers van kleinwielmobiliteittoestelle.
Munisipaliteite behoort die toepassing van die konsep Vervoer-georiënteerde Ontwikkeling
(VOO) aan te moedig ten einde besoekers en werknemers aan te moedig om gebruik te
maak van openbare vervoer. VOO-maatreëls sal fasiliteite by die ontwikkeling insluit om
NGV-toegang tot openbare vervoer aan te moedig. Dokumentasie van geskikte voorstelle
sal ingesluit word by vervoerimpakstudies wat voorgelê word saam met
ontwikkelingsaansoeke.
Plaaslike munisipale dorpswette word gebruik om die bedryf van die verskillende
vervoermodusse te beheer, met inbegrip van die ligging en omstandighede waaronder hulle
bedryf mag word. Hierdie meganisme voorsien munisipaliteite met magte om veilige werking
vol te hou en toepaslike gedrag by alle vervoergebruikers aan te moedig.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 27
4.2 Rol van ander belanghebbendes
Die strategiese riglyne dek ’n reeks aangeleenthede wat ’n verskeidenheid rolspelers vanuit
die openbare en privaat sektor moet betrek. Slegs deur ’n holistiese benadering aan te
neem wat, onder andere, NGV-infrastruktuur, padveiligheid, fietsvervaardiging/-montering/-
verspreiding/-instandhouding, bemarking, openbare vervoeropgradering, beleidsverandering
oor grondgebruik en die bekendstelling van ondersteuningsdienste omvat, kan doeltreffende
verandering verwesenlik word.
4.2.1 NRO’s
Die Fietsbemagtigingsnetwerk (FBN) is opdrag gegee om Shova Kalula-werkwinkels in
verskeie plekke in die Wes-Kaap te begin. Hierdie werkwinkels het die verspreiding van
fietse aan leerders of behoeftige lede van die gemeenskap, padveiligheidsopvoeding,
fietsherstel en instandhouding en kleinsakebestuursopleiding vir individue wat aangewys is
om die fietswinkels te bestuur, vergemaklik. Deur hierdie program is werkgeleenthede ook
geskep.
FBN het NGV bevorder, maar ook rugsteundienste verskaf om dit te maak werk:
• Voorsien opleiding in die versorging en instandhouding van fietse – om seker te maak
dat die aanvanklike belegging doeltreffend en langdurig is
• Versprei fietse en onderdele
• Bring fietsbemagtigingsentra op die been ten einde te help met armoedeverligting deur
direkte werkverskaffing in die NGV-bedryf en deur te verseker dat dienste vir
fietsinstandhouding beskikbaar is vir fietsgebruikers
• Ondersteun ontwikkeling van fietsinstandhoudingsondernemings: bemagtiging
• Verskaf insette in die beplanning en prioritisering van fietsinfrastruktuur
• Bepaal en moniteer NGV-behoeftes
• Bevorder fietsgebruik – meer gebruikers skep, behalwe dat dit gemotoriseerde verkeer
verminder, ’n groot massa vir NGV wat sakegeleenthede in die bedryf verbeter, roetes
veiliger maak en meer mense bewus maak van reisopsies
Betrokkenheid van ander NRO’s vanuit die gemeenskap is nodig om voortgaande steun te
verseker wanneer ‘n aanvang met programme gemaak is. Oorlegpleging tussen WKPA en
deelnemende NRO’s is nodig sodat hulle kennis oorgedra kan word.
4.2.2 Openbare vervoerverskaffers
Openbare vervoereienaars en -operateurs behoort die handelsvoordeel van verbeterde
NGV-fasiliteite en infrastruktuur te geniet. Die minibustaxibedryf het veral nodig om te
begryp hoe die verskillende soorte vervoer geïntegreer kan word vir die gemeenskaplike
voordeel van almal.
Geskiedkundig was daar in die Wes-Kaap ’n jammerlike gebrek aan integrasie in openbare
vervoerbeplanning, met die verskillende padgebaseerde modusse beplan deur
regeringsinstansies en bedryf deur ander (met spoor wat sy eie werking en infrastruktuur
feitlik onafhanklik beplan). ’n Doeltreffende NGV-stelsel moet die beperkings van huidige
praktyk oorkom deur verbeterde skakeling dwarsoor die beplannings-, befondsings- en
implementeringsfunksies heen.
4.2.3 Ander belanghebbendes
Ander belanghebbende groepe van wie verwag kan word om hulle te verbind tot die
implementering van ’n suksesvolle NGV-strategie sluit die volgende in:
Deskundiges
Politici en ander kan nie gepaste besluite in ’n vakuum neem nie. Die advies van
deskundiges is nodig om moontlike alternatiewe uit te wys, om raad te gee aangaande die
beste manier om doelwitte te bereik en om ’n volledige prentjie te gee van die voor- en
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 28
nadele van enige besluit. ’n Belangrike bydrae wat deskundiges kan maak, is die oordrag
van hul kundigheid aan plaaslike amptenare, konsultante en gemeenskapslede.
Deskundiges het ’n wesenlike rol te speel in die verskaffing van nuwe vaardighede en
gevolglik in werkskepping.
Die privaatsektor
Betrokkenheid deur die privaatsektor is deurslaggewend vir volhoubaarheid. Dit is ook ’n
bykomende bron van befondsing vir NGV-projekte. Begrip vir die voordele van NGV vir
werknemers, werkgewers en die gemeenskap is belangrik ten einde die privaat sektor te kry
om hulle te verbind. Baie groot organisasies het eie maatskaplike
verantwoordelikheidsprogramme wat NGV-projekte kan insluit. Daar is ook ’n rol vir klein en
medium grootte maatskappye – om seker te maak dat die openbare omgewing rondom hul
ondernemings bevorderlik is vir stap, fietsry en die gebruik van ander modusse. Alle tipe
sakeondernemings het ’n rol te speel in die aanmoediging van hul werknemers en kliënte
om van NGV-vervoer gebruik te maak, deur byvoorbeeld voorsiening te maak vir stort- en
fietstoesluitgeriewe en ook deur bewustheid te kweek van reisopsies.
Die privaat sektor kan op talle manier betrokke raak:
• Vervaardiging van fietse of die montering van ingevoerde eenhede en die wysiging
daarvan om aan plaaslike vereistes te voldoen.
• Gebruik van fietse vir die aflewering van klein items.
• Voorsiening van geriewe vir personeel- en kliëntfietsryers.
• Die borg van fietsryprogramme.
• Die skepping van groen reisplanne om alternatiewe modusse te bevorder.
• Bystand met die finansiering vir die aankoop van fietse vir personeellede.
• Voorsiening van aansporingsmaatreëls aan fietsryers en gebruikers van openbare
vervoer terwyl die gebruik van privaat motors ontmoedig word deur byvoorbeeld
parkeerplekke te beperk en motortoelaes vir personeel te verminder.
• Ondersteuning van kleinsakeondernemings.
Stadsverbeteringsdistrikte is ’n uitstekende middel vir betrokkenheid deur die privaat sektor
in die plaaslike NGV-omgewing aangesien kwessies wat verband hou met sekuriteit,
straatskoonmaak, tuinuitleg, sypaadjies en parkering op die agenda van die SVD voorkom.
Die verbruikers
Hoewel voetgangers en fietsryers die twee grootste groepe NGV-gebruikers is, is dit
belangrik om ander groepe by die beplanning van NGV-inisiatiewe te betrek. Gebruikers
kan gegroepeer word, nie slegs volgens die modus wat hulle gebruik nie, maar ook volgens
die redes waarom hulle die spesifieke modusse gebruik. Beplanning behoort oorweging in
te sluit van togte wat onderneem word met ander oogmerke as werk – soos gesondheid,
onderwys, ontspanning, toerisme of die vervoer van goedere. Dit kan ook nuttig wees om te
onderskei tussen stedelike en landelike kontekste, aangesien sommige modusse meer
algemeen voorkom in die een gebied as in die ander.
Die reismotief en behoeftes van hierdie groepe mag verskil in die gedetailleerde toepassing
van die Strategie, alhoewel die beginsel van gerieflike toegang van toepassing is op almal.
’n Fundamentele vereiste is dat verteenwoordigers van alle groepe betrek word by die
opstel van toepaslike strategieë en projekte wat aan hul behoeftes voldoen en aan die
plaaslike omstandighede.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 29
5 Projekontwikkelingsproses
Hierdie hoofstuk voorsien sowel ’n kontrolelys ter verduideliking van die stappe wat nodig is,
vanaf die aanstip van behoeftes tot by die uitvoering van projekte. Nie elke stap is van
toepassing in elke omstandigheid nie en in sommige gevalle mag die volgorde verander, of
prosesse mag oorvleuel. Die hoofdoelwit van hierdie lys is om voorligting te voorsien aan
die verskillende belanghebbendes oor wat gedoen moet word en hoe om die projek van
stapel te stuur. Die verantwoordelikhede van belanghebbendes is in die vorige hoofstuk
uiteengesit.
Daar moet ook kennis geneem word dat, hoewel die lys die voorkeur (of ideale) benadering
tot elke taak gee, die graad van detail of omvang van elke aktiwiteit sal wissel volgens
omstandighede.
5.1 Identifiseer belanghebbendes
Afhangende van die tipe projek en sy konteks, is daar etlike soorte belanghebbendes wat
oorweeg behoort te word om te help met die verskillende stadiums van projekidentifikasie,
prioritisering, ontwerp en uitvoering.
• Gebruikers van die NGV-stelsel (gemeenskapsindividue en verteenwoordigers van
NRO’s en spesiale belangegroepe)
• Regeringsdepartemente wie se beleide ondersteun sal word deur NGV-verbeteringe
• Ander wat baat by NGV (verskaffers van formele en informele openbare vervoer,
sakeondernemings)
• Befondsers en potensiële vennote vir implementering.
• Stad- en streekbeplanners
• Geleentheidsbeplanners
• Verteenwoordigers van regeringsdepartemente (gesondheid, onderwys, behuising,
vervoer, ens.)
• Diensverskaffers (NRO’s, opleidingsorganisasies, kommunikasieberoepslui)
Verwys ook na afdeling 4.2.3.
5.2 Vestig en hou vennootskappe in stand
Vennootskappe is miskien belangriker vir NGV-projekte as vir baie ander, veral omdat NGV
pasgemaak moet word om gehoor te gee aan unieke omstandighede en nie maklik
gestandaardiseer kan word nie. NGV-infrastruktuur wissel beduidend in sy ontwerp-
parameters en in sy ligging met betrekking tot paaie – en in sommige gevalle mag dit op
privaat grond geleë wees.
Sommige elemente van NGV-stelsels sal geïmplementeer word deur vervoerverskaffers
(bv. stasie-infrastruktuur), regeringsdepartemente wat nie op vervoer fokus nie, en
instansies soos Stadsverbeteringsdistrikte. As gevolg van die omvang van potensiële NGV-
ingrypings, kan die grense van verantwoordelikhede onduidelik wees, en implementering
van projekte, hetsy infrastruktuur of dienste, kan uitgebreide onderhandelings en
voortdurende verbintenis van befondsers en ander vennote vereis.
5.3 Identifiseer NGV-behoeftes
Wanneer die behoefte aan NGV-projekte bepaal word, behoort die volgende oorweeg te
word:
• Beplande stedelike uitbreiding: bewaar geleenthede vir toekomstige uitbreiding van
NGV
• Bestaande stedelike aktiwiteit
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 30
• Ander inisiatiewe of stelsels wat NGV-ondersteuning verg (bv. openbare vervoer,
gemeenskapsdienste en infrastruktuur)
• Funksionele verhouding tussen stedelike en landelike gebiede (beweging tussen die
twee)
• Veiligheidsuitdagings (bestaande tekortkomings of kwessies wat voorsien word met
beplande NGV)
• Mobiliteitsvereistes vir verskillende gebruikertipes (waar word nie voldoen aan die eise
van toeriste, pendelaars, leerders, ontspanningsgebruikers, ens. nie?)
• Mobiliteitsvereistes vir verskillende tipes togte (bv. ontspanning, sport, pendel,
onderwys, inkopies)
• Bekostigbaarheid van vervoer
• Geskiktheid van topografie en ander fisieke struikelblokke
• Gemiddelde reisafstande
• Verskeidenheid van gebruikers (bv. toeriste, pendelaars, ontspanningsgebruikers, ens.)
• Beskikbaarheid van openbare vervoer
• Ruimtelike verspreiding van oorsprong vanwaar togte onderneem word en bestemming,
en digtheid van grondgebruike
• Geskiktheid van stadsbeplanning vir NGV-aktiwiteit
Met betrekking tot stedelike beplanning, is dit raadsaam dat NGV onmiddellik ingesluit word
in Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerke (ROR’e), nie terugwerkend nie. Die ROR’e gee
aandag aan kwessies soos bevolkingsgroei en verspreiding, ekonomiese ontwikkeling, en
sosio-ekonomiese faktore. NGV-meesterplanne behoort verklarings van hierdie
omstandighede te voorsien asook hoe om daarop te reageer. Behoeftes sal aansienlik
wissel met betrekking tot ruimtelike, maatskaplike en ekonomiese aangeleenthede, regoor
die provinsie.
Nie alle NGV-verbeterings vereis ’n bepaalde projek of befondsing nie. Baie verbeterings
kan deurgevoer word deur toepaslike handelinge by ander projekte in te sluit.
Indien die probleem duidelik omskryf is, sal die uitkoms beter voldoen aan die behoeftes. Dit
is veral belangrik om te verseker dat hulpbronne toepaslik toegewys word en om te verseker
dat sowel dienste as infrastrukture oorweeg word as moontlike response. Byvoorbeeld,
indien voetgangersveiligheid ’n bron van kommer is, mag ’n duidelike omskrywing van die
probleem lei tot ’n verbeterde strategie om straatligte in stand te hou.
• Bepaal die vereistes ten opsigte van mobiliteit en goederebeweging in die gemeenskap
in oorlegpleging met gemeenskapsverteenwoordigers (bv. stadsraadslede) en deur
ondersoeke wat ingesluit kan word in die Huidige Openbare Vervoerrekord (HOVR).
• Bring niegemotoriseerde vervoerevalueringsprogramme tot stand, met inbegrip van
data-insameling en voortgaande openbare ondersoeke en oorlegpleging.
5.3.1 Roetefunksie en reisdoel
Vir die meeste NGV-gebruikers is gerief (ten opsigte van reistyd en afstand) en ’n
aanvaarbare graad van verkeersveiligheid en persoonlike sekuriteit van die vernaamste
ontwerpvereistes. Dit is in die besonder die geval vir toegang tot openbare wisselstasies of
ander tydkritieke reise. Daar moet kennis geneem word dat verkeersveiligheidskwessies nie
net konflik veroorsaak met ander motorvoertuie nie, maar ook tussen fietsryers en ander
NGV-gebruikers. Dit behoort die belangrikste faktore te wees wat in ag geneem word
wanneer netwerkroetes beplan word.
Die reisdoel is belangrik vir die definiëring van die waarde wat geheg word aan estetiese
elemente. Daar is situasies waar stap of fietsry vir plesier die enigste rede vir die reis mag
wees. Dit gebeur oor die algemeen op landelike ontspanningsroetes, parke, stedelike
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 31
pleine, verkeersvrye strate en toeristebestemmings, maar dit kan ook in plaaslike
buurtstrate. Daar is ook meerfunksionele omgewings soos winkelsentrums, markte en
openbare wisselstasies waar mense graag ontmoet, ontspan of handel dryf, maar wat ook
kan dien as deurroetes vir voetgangers en fietsryers. Versigtige stadsbeplanning kan
verseker dat hierdie gebiede aantreklik en funksioneel is. Dit is belangrik om die balans
dwarsdeur ’n geïntegreerde, multidissiplinêre ontwerpproses reg te kry .
Ten einde die verskillende en soms botsende behoeftes van verskeie gebruikertipes en
ritdoele te ondervang, mag dit nodig wees om projekte te kombineer of om dubbele
netwerke te skep wat verskillende vlakke van voorsiening bied, met een netwerk wat groter
afsondering van motorverkeer bied ten koste van direktheid en/of prioriteit. Sodanige
dubbele netwerke mag beskou word as gelyksoortig aan ’n besige hoofstraat wat
deurverkeer dra en ’n parallelle dienspad, wat sorg vir toegang tot huise en winkels, teen
laer snelhede.
5.3.2 Meet van huidige NGV-aanvraag
Weinig niegemotoriseerde vervoerdata is beskikbaar aangesien dit oor die algemeen nie ’n
wetlike vereiste is om sodanige data in te samel nie. ’n Mens kan ’n idee vorm van die
aantal niegemotoriseerde vervoervolumes deur die passasiersdata van openbare vervoer
wat in die HOVR opgeteken is te ondersoek. Hierdie data neem nie in aanmerking hoe die
passasiers by instapplekke gekom het nie, maar dit gee ’n aanduiding van reise wat stap
vereis aan die begin of einde.
Sommige hoëvlak niegemotoriseerde reisdata mag beskikbaar wees uit bestaande
nasionale huishoudelike reisopnames, maar is nie gedetailleerd genoeg vir plaaslike
niegemotoriseerde beplanning nie. Die meeste reisopnames teken slegs algemene
verkeersvolumes aan wat geklassifiseer mag wees volgens ligte, swaar en openbare
vervoer. (Dit is selfs minder waarskynlik dat kleinwielvervoer ondersoek sal word.) Tans sluit
die meeste opnames stap, fietsry en motorfietsritte heeltemal uit en hulle ondertel dikwels
kort togte, niewerkritte, reise deur kinders en ontspanningsritte. Byvoorbeeld, ritte
geklassifiseer as “motor-” of “openbare vervoer-”ritte is dikwels eintlik stap-motor-stap-, of
fiets-bus-stap-ritte, tog word die niegemotoriseerde komponente dikwels geïgnoreer, selfs
as hulle op openbare paaie plaasvind.
In die toekoms sal dit voordelig wees as voetganger- en fietsryopnames ingesluit word in die
jaarlikse Huidige Openbare Vervoerrekord (HOVR)-opnames om die volumes op ’n
plaaslike vlak akkurater te bereken. Die datavereistes moet egter noukeurig oorweeg en
geprioritiseer word weens die hoë koste wat tipies gepaardgaan met insameling van
voetganger- en fietsdata.
Met die onlangse klem op die skep van bewoonbare gemeenskappe (soos bevat in die
Geïntegreerde Menslike Nedersettingstrategie) en verbeterde toegang tot ekonomiese
geleenthede, is dit veral belangrik dat vervoergebiede (stasies en bus- of taxiterminusse)
funksioneel geïntegreer is met hul omringende gemeenskappe. Ten einde integrasie te
bereik, is dit kritiek om aanvraag verder as die gebied vas te stel. Dit is ook belangrik om die
rol van vervoergebiede as gemeenskapgeriewe wat in ander behoeftes as mobiliteit
voorsien, te beskou Om te ontwerp vir omvangryker rolle vereis die insameling van meer
inligting oor bewegingspatrone as wat in die verlede beskikbaar was.
Inligting oor stap en fietsry en reis deur ander NGV-modusse kan ingesamel word deur
verskeie tegnieke, óf alleen, óf in kombinasie, as volg te gebruik, afhangende van die
spesifieke behoeftes en gebruik van die data:
• ’n Algemene reisopname ontwerp om voldoende reaksie aangaande niegemotoriseerde
reis te ontlok. ”Reis” moet byvoorbeeld duidelik gedefinieer word om modusse in te sluit
wat op alle bene van ’n reis gebruik word. Kort, niewerk en ontspanningsritte, en ritte
deur kinders behoort getel te word.
• ’n Spesiale opname wat fietsryers en voetgangers teiken (soos opnamevorms versprei
deur fietswinkels, sportklubs, ontspanningsentrums, kolleges en skole).
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 32
• ’n Opname uitgedeel aan fietsryers en voetgangers soos wat hulle met ’n straat of
paadjie langs reis.
• Tellings wat inligting insamel oor voetganger- en fietsreis. Dit kan fotoëlektriese tellers
wat op paaie geïnstalleer is insluit, elektroniese tellers geïnstalleer op fietsrypaaie en
fietsbane, en tellings per hand. Vrywilligers van voetganger- en fietsryorganisasies kan
ook gemobiliseer word om tellings per hand te doen vir niegemotoriseerde reis.
• Voetganger- en fietsreisopnames behoort te poog om die volgende inligting in te samel:
o Wie? – Demografiese inligting soos ouderdom, geslag, woonhuisligging,
indiensnemingstatus en inkomste.
o Waar? – Oorsprong en bestemming van togte, met inbegrip van ander modusse
(soos openbare vervoer).
o Wanneer? – Tyd, dag van die week, dag van die jaar, en toestande, soos weer,
padtoestande en verkeerstoestande.
o Waarom? – Doel van tog. Watter faktore beïnvloed reiskeuse (byvoorbeeld, sou
’n fietsryer ’n ander roete of modus gekies het indien padtoestande of geriewe
anders was).
• ’n Spesiale opname by skole om bestaande en potensiële gebruik van
kleinwielmobiliteit en ontspanningstoestelle soos skaatsplanke en rollemskaatse te
bepaal.
• Ongelukstatistieke: Voetganger- en fietsbotsingdata kan help om hindernisse en risiko’s
vir niegemotoriseerde ritte uit te wys. Liggings met gereelde voetganger- of
fietsryongelukke dui ’n kombinasie van hoë risiko of swaar gebruik aan, waarvan beide
die verbetering van geriewe regverdig. Voetganger- en fietsryongelukke neig om
ondergerapporteer te wees, so ’n verskeidenheid van data-insamelingmetodes mag
nodig wees. Die gehalte van ongelukverslaggewing en die vaslê van die ongelukdata en
statistiek is dikwels slegs goed genoeg om die aandag te vestig op ’n riskante ligging,
maar die detail van die insident is dikwels vaag en te onvoldoende om die oorsaak van
die ongeluk te bepaal en dit mag die moeite werd wees om met die SAPD te skakel ten
einde die gehalte te verbeter. Padveiligheidoudits mag ook by sekere plekke help.
Indien moontlik moet reisdata opgeneem word in ’n formaat wat in ’n geografiese
inligtingstelsel (GIS)-formaat gestoor kan word. Aangesien niegemotoriseerde togte neig om
kort te wees, is fyngrein kartering belangrik.
5.3.3 Voorspelling van toekomstige NGV-aanvraag
’n Aantal spesifieke faktore kan die aanvraag na niegemotoriseerde vervoer in ’n bepaalde
situasie beïnvloed. Verwagte veranderinge aan enige van hierdie faktore kan lei tot
veranderinge in reisaanvraag. Dit sluit in:
• Aantreklikhede. Sekere aktiwiteitsentrums neig om togte deur niegemotoriseerde
modusse aan te trek, waaronder kommersiële distrikte, skool-kollege-universiteit-
kampusse, werksentrums, ontspanningsentrums en parke.
• Grondgebruikpatrone. Die meeste staptogte is minder as twee kilometer en die meeste
fietsryritte minder as vyf kilometer lank, alhoewel ontspanningsritte dikwels veel langer
is. Kompakte, gemengde-gebruik gebiede is dus meer geneig om NGV-ritte op te wek.
• Demografie. Jong (10-20 jaar), bejaarde en lae-inkomste mense neig om meer staat te
maak op stap en/of fietsry vir vervoer. Jong middelinkomste mense is meer geneig om
staat te maak op innoverende kleinwielvervoer. Landelike lae-inkomste mense en lae-
inkomste mense in stedelike informele nedersettings is meer geneig om water en ander
goedere te vervoer in kruiwaens en op hul koppe.
• Reistoestande. Breë paaie met groot volumes hoë-snelheid verkeer kan beduidende
hindernisse bied vir niegemotoriseerde reis. Spesiale geriewe vir niegemotoriseerde reis
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 33
(sypaadjies, breërandbane, brûe en paaie) en hul toestande kan ’n beduidende
uitwerking hê op die hoeveelheid stap en fietsry wat voorkom.
• Topografie en klimaat. Hierdie faktore kan stap en fietsry beïnvloed, maar nie soveel as
wat verwag sou word nie. Anders as Europese lande het Suid-Afrika een van die mees
matige klimate in die wêreld met goeie weer die meeste van die tyd. Hindernisse vir
NGV-gebruikers is meer waarskynlik kulturele invloede en gebrek aan dienste en
infrastruktuur.
• Ingesteldheid van gemeenskap. Plaaslike gesindhede kan ’n groot invloed hê op die
vlak van fietsry in ’n gemeenskap. Dit mag byvoorbeeld onopvallend wees dat fietsry
neig om hoog te wees onder kollegestudente en personeel, maar baie kollegedorpe
vind dat fietsry ook relatief algemeen is onder mense wat nie ’n formele affiliasie met die
kollege het nie, bloot omdat dit ’n aanvaarbare vorm van vervoer geword het. Dit dui
aan dat party mense huiwer om fiets te ry, maar dat hulle dit sal doen indien hulle dit
ervaar as sosiaal meer aanvaarbaar.
• Tyd en geografiese omvang. Dit kan etlike jare duur voordat ’n gemeenskap sy volle
niegemotoriseerde reispotensiaal verwesenlik. Die uitwerking in die eerste jaar is
gewoonlik beskeie, maar neig om toe te neem soos wat individue meer gewoond raak
aan niegemotoriseerde reis en soos bykomende ondersteuningsgeriewe (voetganger-
en fietsnetwerk, fietsparkering, ens.) ontwikkel.
Baie gemeenskappe het ’n opvallend onderliggende aanvraag na niegemotoriseerde reis.
Dit wil sê, mense sal meer gereeld stap en fietsry indien hulle geskikte geriewe en
hulpbronne sou hê. Toepaslike geriewe soos deftige stedelike ruimtes en
niegemotoriseerde-infrastruktuurverbeterings (sypaadjies, voetoorgange, meerdoelige
paaie, fietsbane, verkeerskalmering) kan niegemotoriseerde reise vermeerder.
Die meeste verkeersvoorspellingsmodelle gebruik sones wat te groot is om sodanige ritte
vas te lê en kaarte wat te groot is om alle voetganger- en fietsrygeriewe te dokumenteer.
Konvensionele verkeersmodelle kan gewysig word om niegemotoriseerde reis te voorspel,
maar in die meeste gevalle sal die koste verbonde aan die gebruik van sodanige modelle
om NGV te voorspel nie regverdigbaar wees nie. Watter metode ook al gebruik word, dit is
belangrik om voorspellings te grond nie op ’n eenvoudige ekstrapolasie van neigings in die
verlede nie, maar op ’n ontleding van hoe ’n herskepte vervoerstelsel reis- en
ontspanningspatrone positief mag beïnvloed. ’n Stelsel wat verbeterde integrasie van
modusse en integrasie met gemeenskappe voorsien, het die potensiaal om reisbesluite te
beïnvloed.
Sosio-ekonomiese kenmerke kan ook die keuse van modus beïnvloed. Geskiedkundig was
die meeste mense wat staat gemaak het op NGV vanuit ’n laer inkomstegroep, maar ’n
doelwit van die NGV-strategie is om groter gebruik van niegemotoriseerde modusse in alle
gemeenskappe aan te moedig.
5.3.4 Mobiliteitsvereistes vir verskillende tipes togte
Daar is verskeie tipes togte waar NGV gebruik kan word vir die hele of vir ’n gedeelte van
die reis. Dit sluit tipies in:
• Pendelaarritte na en terug van die werk: Prioriteit op minimalisering van ritkoste ten
opsigte van tyd en afstand – pendelfietsryers is oor die algemeen meer selfversekerd in
die gebruik van op-straat geriewe en sal lane met motors deel eerder as om veldroetes
te gebruik wat minder direk is.
• Werksoekers: Benodig mobiliteit teen ’n baie lae koste. Oor die algemeen is die
vermindering van monetêre koste ’n hoër prioriteit as die verkorting van reistyd, so NGV
sal meer waarskynlik gebruik word as die enigste modus op ’n reis.
• Leerdertogte na en terug van die skool (kan togte deur leerders na die biblioteek of
sportveld insluit): Hierdie reisigers is minder selfversekerd en meer kwesbaar in
situasies met gemengde verkeer – veral onder die ouderdom van tien jaar.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 34
• Diensgebruikers (sluit in togte na winkels, klinieke en regeringsdienste): Maak staat op
die vermoë om winkelsakke en mandjies te dra en verkies kort afstande en geriewe wat
min struikelblokke oplewer.
• Ontspanningsritte deur plaaslike persone of toeriste na ontspanningsbestemmings, of
die gebruik van die tog self as ’n vorm van ontspanning: lewer wisselende behoeftes en
veral die vermoë om veilig te reis ná werksure.
Dit is ook belangrik om die bepaalde uitdagings te erken wat in landelike gebiede in die
gesig gestaar word.
Die Landelike Vervoerstrategie vir Suid-Afrika20 beskryf duidelik die rol van NGV in die
hantering van vervoeruitdagings in die landelike gebiede van Suid-Afrika. Die vernaamste
strategiese bevindings aangedui sluit in die bevordering van gekoördineerde landelike
nodale en skakeling-ontwikkeling, sowel as die ontwikkeling van gebalanseerde en
volhoubare landelike vervoerstelsels wat op aanvraag reageer.
In die lig van NGV-beplanning in landelike gebiede moet op die volgende gelet word:
• NGV in landelike gebiede behoort primêr te fokus op die voorsiening van
mobiliteitopsies en ondersteuningsprogramme eerder as die verbetering van
infrastruktuurkapasiteit. Oor die algemeen is die kommer nie dat volumes van NGV-
gebruikers die beskikbare kapasiteit waardeur hulle bedien kan word, sal oorskry nie,
maar dat roetes en dienste eenvoudig nie bestaan nie of van ontoereikende gehalte is.
• Alhoewel landelike gebiede nie die bevolkingsdigtheid het om massa-vervoernetwerke
te ondersteun nie, kan toegang tot een of ander vorm van vervoerdiens toeganklikheid
tot geleenthede verbeter. Die integrasie van NGV met landelike openbare vervoer kan
die toeganklikheid tot openbare vervoer en tot die landelike dienssentrums verbeter.
• Opvoedingsveldtogte om die rol van NGV in landelike gebiede te versterk is van
kardinale belang. Die implikasies van kulturele oorwegings en geslagsstereotipering en
die uitwerking daarvan op NGV-gebruik moet nie oor die hoof gesien word nie.
Opvoedingsveldtogte wat aandag skenk aan hierdie aangeleenthede behoort ontwikkel
te word.
• Die uitwerking van vervoer op die mobiliteit van vroue en kinders in landelike gebiede
en op die algemene sosio-ekonomies toestande, met inbegrip van gesondheid, moet
duidelik verstaan word.
Die verskeidenheid NGV-gebruikersritte in sowel stedelike as landelike gebiede kan verder
onderverdeel word in keusegebruikers en gedwonge gebruikers.
NGV-keusegebruikers
Hierdie mense kies om NGV, hoofsaaklik fietsry, as ’n vorm van vervoer te gebruik as
gevolg van die baie voordele wat met NGV-gebruik gepaardgaan, selfs al het hulle toegang
tot gemotoriseerde vervoer. Hierdie willekeurige gebruikers vereis ’n hoë gehalte diens en
infrastruktuur, en kan terugkeer na gemotoriseerde vervoer indien gehalte nie voldoende is
nie.
Gedwonge NGV-gebruikers
Gedwonge gebruikers is verplig om NGV te gebruik weens die bekostigbaarheid daarvan –
in armer gemeenskappe kan baie individue nie openbare of privaat vervoer bekostig nie.
Maar gedwonge gebruikers word benadeel deur:
• Fisieke afstande – in die randgebiede van gemeenskappe word individue verplig om te
stap of lang afstande fiets te ry ten einde meer formele vorms van openbare vervoer te
bereik, of soms het hulle glad nie toegang tot openbare vervoer nie.
• Werklike afstand – lae vlakke van voorsiening vir NGV en koördinasie met openbare
vervoer vererger die reeds lang afstande deur wag- en looptyd te verleng.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 35
• Ontoeganklike vervoerstelsel – maak nie voorsiening vir mense met spesiale behoeftes,
soos gestremdes, leerders en die bejaardes, moeders met stootkarretjies, mense wat
winkeltrollies stoot nie, ens.
Gedwonge gebruikers het minder alternatiewe tot NGV en is daarom minder geneig om oor
te skakel na ’n ander modus. Alle gebruikers is egter geregtig op dieselfde vlak van
dienslewering en infrastruktuurvoorsiening.
5.4 Identifiseer modusse
Sommige fasiliteite sal aan ’n enkele modus gewy word, terwyl ander sal afhang van die
doel van die fasiliteit, sy konteks en waarskynlike gebruikers, en beplanning moet uitvoerige
aandag gee aan al hierdie gebruikers, aangesien dit die ontwerp en gepaardgaande
infrastruktuur sterk sal beïnvloed. Ruwe oppervlakke is byvoorbeeld sleg vir skaatsplanke
en rollemskaats; fietsryers verg hellings en sagte bogte met toepaslike sigafstand om te
stop; mense wat met stootkarretjies loop, het gepaste randsteenafwerkings by kruisings
nodig.
5.5 Beplan NGV-strategie
Alhoewel NGV-infrastruktuur nie beperk is tot paaie nie, voorsien die padnetwerk ’n
struktuur vir mobiliteit deur alle modusse en daarom moet dit in ag geneem word wanneer
beperkings en geleenthede vir NGV-verbetering beoordeel word. Die padkonteks sal NGV-
beplanning beïnvloed deur oorweging van die padhiërargie, -ontwerp, beskikbare
padreserwe en verkeerskenmerke. Ingenieursontwerpe wat streng gegrond is op die
padhiërargie kan ontwerp-opsies beperk, en padingenieurs van betrokke
regeringsdepartemente sal betrek moet word by die ontwerpproses sodat kreatiewe
oplossings binne die konteks van veilige bedryf ontwikkel kan word. In baie gevalle is dit
nuttig om standaarde vanaf eerste beginsels te ontwikkel, aangesien hulle nie oor die
algemeen NGV-behoeftes in aanmerking neem nie.
Daar moet ook erkenning gegee word aan ander struktuurelemente vir hulle invloed op
huidige NGV-patrone en potensiële verbeterings: parke, sportgeriewe, riviere, groen
gordels, openbare vervoergeriewe en privaat ruimte wat geredelik toeganklik is (bv.
inkopiesentrums en parkeerruimtes).
Dit is ook nodig om geleenthede vir die herskepping van die vervoerstelsel, van stedelike en
landelike ruimtelike ontwikkeling en van plaaslike ekonomieë in aanmerking te neem. NGV
het die potensiaal om ’n beduidende ondersteunende rol in al hierdie aspekte te speel
indien dienste en infrastruktuur behoorlik beplan word. Dit is belangrik om:
• beplanning te koördineer met ander planne
• te verseker dat daar voldoen word aan statutêre prosesse en planne
• koördinasie met programme in vervoer en ander sektore (PEO, IVLOP, OVP, PLVR,
Nasionale Spoorwegplan, Nasionale Vervoermeesterplan, Nasionale Vervoerstrategie
en Aksieplan, Nasionale Vraglogistiekestrategie, IVP, IOP, NLVSR …) te verseker
Die strategie moet die onderwerpe dek wat in Hoofstuk 4 uiteengesit is.
5.6 Identifiseer projekte binne die strategie
Wanneer projekte geïdentifiseer word, neem die volgende in ag:
• Konteks (landelik, stedelik, platteland, plaas, oorgrens, maatskaplike konteks …)
beïnvloed sowel die aard van bewegingsvereistes as die toepaslike ontwerprespons.
• Tipe infrastruktuur of diens (neem altyd dienste óf as alternatief tot infrastruktuur, óf as
’n aanvulling, bv. opvoeding vir veiligheid, bemagtiging, vaardigheidsopleiding, NGV-
bevordering).
• Nodus vs. verbinding (fasiliteite en dienste by oorsprong- en bestemmingsnodusse,
sowel as infrastruktuur wat oorsprong en bestemming verbind).
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 36
• Beperkings en geleenthede (fisiek, institusioneel, programmaties, begrotings).
Die insameling van fiets- en voetgangerdata kan tydrowend en uitgebreid wees en
oorweging moet geskenk word aan die insameling van die data:
• Slegs by geïdentifiseerde vervoerterminusse of aktiwiteitsentrums (soos skole, kolleges
en universiteite);
• Op spesifieke strategiese openbare vervoerkorridors en roetes (bv. die vlagskip ISV-
roetes).
Die tipe data wat benodig word, hang af van hoe dit gebruik sal word en moet sorgvuldig
oorweeg word om onnodige onkoste te vermy. Data kan fiets- en voetgangervolumes insluit,
oorsprong- en bestemmingspatrone, infrastruktuur- en toeganklikheidshindernisse, en
veiligheidsrekords (voetgangerkruisings, wandelpaaie en sypaadjies, brûe, duikweë ens.).
Die gebrek aan die insluiting van NGV-data in die HOVR bemoeilik die integrasie en
holistiese beplanning van NGV-infrastruktuur met ander modusse, wat daartoe lei dat NGV
oor die hoof gesien of op ’n projek-per-projek ad hoc-grondslag behandel word. Noukeurige
oorweging moet geskenk word aan die insluiting van NGV-data in die HOVR en die tipe en
omvang van die data vereis moet sorgvuldig oorweeg word.
5.6.1 Netwerkbeplanning
In die ontwikkeling van die provinsiale NGV-strategie kan drie tipes netwerke uitgewys word.
Hierdie drie netwerke is nie onafhanklik van mekaar nie, maar sal op plekke oorvleuel. Hulle
word in meer besonderhede hieronder beskryf:
Die hoof- of streek NGV-netwerk: Beslaan uitgesoekte hoofpaaie, sekondêre paaie en
paadjies en is bedoel om langer afstand fiets- en voetgangerpendelaars te bedien sowel as
ontspanningsritte. Hierby ingesluit is nuwe paadjies langs hoofpadreserwes wat nuwe
vervoerkorridors oopmaak vir fietsryers en voetgangers. Hierdie streek NGV-netwerk
voorsien die pendelaar met ’n alternatiewe vervoermodus (stap of fietsry), sowel as toegang
tot openbare vervoerdienste deur openbare vervoerdienste te verbind met openbare
vervoerroetes. Die hoofnetwerk kan in ’n mate voorsiening maak vir kleinwieltoestelle, maar
hierdie modusse word meer dikwels op die plaaslike en ontspanningsnetwerke gehuisves.
Die plaaslike gebied NGV-netwerk: Hierdie roetes is ontwerp om veilige roetes na en van
die hoof- of streek NGV-netwerk te voorsien en om voorsiening te maak vir korter togte na
inkopiesentrums, ontspanningsgebiede en sportsentrums (bv. sportstadions), bus- en
spoorwegstasies, sowel as veilige roetes na skole, ens. binne die plaaslike straatnetwerk.
• Hierdie netwerke sal gerieflike toegang bied na en deur alle woon-, sake- en
nywerheidsgebiede.
• Plaaslike residensiële strate is ook deel van die plaaslike gebiednetwerk, maar oor die
algemeen word slegs voetgangergeriewe as noodsaaklik beskou met fietsryers wat op
straat gehuisves word.
Die vrye tyd- en ontspanningsnetwerk: ’n Verdere kategorie wat in die toekoms deur die
provinsie ontwikkel kan word, is ’n veld-NGV-netwerk of voetpadnetwerk. Dit is ’n netwerk
van paaie vir gedeelde ontspanningsgebruik deur stappers, fietsryers en kleinwielmodusse
in samewerking met die padowerheid verantwoordelik vir stormwaterbestuur, stadsparke,
ens. Gedeelde-gebruik-roetes langs strome (riviere en kanale), groen gordels, parke en die
verbinding van openbare oop ruimtes kan ondersoek word in elke plaaslike of
distriksmunisipaliteit.
5.6.2 Individuele projekte
Sodra die algemene netwerk eers gevestig is, is dit nodig om afsonderlike projekte aan te
wys en roete en gepaardgaande geriewe en dienste te verskaf. Die volgende lys is ’n
bondige inleiding; meer besonderhede is beskikbaar in NGV-ontwerpriglyne. Enkele
elemente om te oorweeg, is:
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 37
• Algemene roetebepaling en keuse van pad, veld, gedeelde of toegewese fasiliteite. Dit
is noodsaaklik om alle wettige NGV-modusse in ag te neem en hoe hulle sal inwerk op
gemotoriseerde vervoer en op hulself. Hou rekening met persoonlike mobiliteit en
vervoer van goedere (bv. op perdekar); maar neem ook in ag dat nie almal oral geskik is
nie. Die volgende is elemente wat in aanmerking geneem behoort te word langs roetes:
� Stilhouplekke vir rus en verversings (vir diere en mense)
� Verbysteekgeleenthede op toegewese NGV-fasiliteite
� Op- en afklimplekke
� Kruisings vir paaie en ander fisieke hindernisse (neem seine, vlakskeiding,
randstene, voetgangerverkeerseiland en ander ontwerpelemente wat óf kruising
kan bemoeilik óf vergemaklik in ag)
� Ontsnaproetes (brûe, bane, geïsoleerde roetes en enige nou of ingeslote ruimtes
wat ’n sekuriteitsrisiko kan inhou en wat gereëlde plekke verg om deur te
ontsnap)
� Roete-aanwysings vir NGV-gebruikers en om bewustheid onder motoriste te skep
� Geriewe vir hoogteverandering (bv. verlaagde randstene en hellings vir fietse,
rolstoele, stootkarretjies en kleinwieltoestelle)
• Geriewe vir die einde van ’n tog (opsluitkamers, storte, sitplek)
• Bewustheid-, opvoeding- en opleidingsprogramme
• Geleentheidbestuur (fietstoere, padwedlope, sportstadiongebeurtenisse, konserte en
ander gebeurtenisse benodig planne, nie net vir deelnemers of toeskouers nie, maar
ook vir ander NGV binne die gebied of trefkrag van die gebeurtenisse)
Trekdiervoertuie benodig fasiliteite, regulasies en standaarde vir veiligheid en dierewelsyn
Die Landelike Vervoerstrategie vir Suid-Afrika dui ’n aantal uitdagings aan vir NGV en
beplanning vir mense met spesiale behoeftes, en stel innoverende maniere voor om die
doeltreffendheid van vervoerstelsels te verbeter, waaronder ’n gekoördineerde Program om
Toegang tot Dienste en Markte in Landelike Gebiede te Verbeter. Hierdie voorstelle word
opgesom in die provinsiale Openbare Vervoerverklaring vir Spesiale Behoeftepassasiers in
die Wes-Kaap – Ondersteunende Dokumentasie.21
Projekte moet in die IVP ingesluit word om te kwalifiseer vir die provinsiale befondsing.
Oorweging moet egter gegee word aan potensiële alternatiewe befondsingsbronne.
5.7 Projekte geïdentifiseer buite normale prosesse
Alhoewel die meeste NGV-beplanning uitgevoer behoort te word in die konteks van IVP- en
ROR-beplanning, sal daar omstandighede wees waar NGV-projekte buite die normale
beplanningsproses geïdentifiseer mag word, óf in reaksie op onverwagte ontwikkelings, óf
deur ander inisiatiewe van nieregeringsbelanghebbendes. Kreatiewe en innoverende
voorstelle behoort aangemoedig te word, veral omdat hulle ’n reaksie mag wees op
voorheen onbepaalde behoeftes en hulle mag groter as normale potensiaal bied vir
vennootskappe.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 38
Privaat sektor-inisiatiewe soos fietstaxi’s kan vervoer voorsien sonder openbare befondsing
Sodanige projekte sou nie voorheen in die IVP aangedui gewees het nie en sal gevolglik nie
op vasgestelde begrotingsprioriteite wees nie. Dit maak dit nodig om belanghebbendes te
betrek, vennootskappe te vorm en alternatiewe befondsingsbronne te ontwikkel. Indien
hierdie projekte voor die volgende ronde IVP-beplanning uitgevoer moet word, sal hulle
spesiale motivering nodig hê om te wys hoe hulle inpas by bestaande planne. In sommige
gevalle kan versoeke van stapel gestuur word om sakeredes (bv. ’n nuwe of groeiende
inkomstegenererende vervoermodus), in welke geval magtigende wetgewing of munisipale
dorpswette en fasiliteitontwerpstandaarde nodig mag wees.
‘n Sakeplan sal nodig wees om die projek te motiveer.
5.8 Prioritiseer projekte
Oor die algemeen sal projekprioritisering gegrond word op dokumentasie in IVP en
oorlegpleging met belanghebbendes. Tradisioneel word projekvoorkeure sterk beïnvloed
deur finansiële kostevoordeelanalises. Hoewel dit belangrik is om aan te dui dat beleggings
van openbare fondse verstandig gedoen word, is dit ook belangrik om te wys dat multisektor
beleidsdoelwitte ondersteun word. Die volgende behoort byvoorbeeld oorweeg te word
wanneer besluit word oor prioriteite:
• Verbeterde mobiliteitopsies binne geografiese bereik – wat toegang verleen tot
geleenthede vir werk, gesondheid, onderwys ensovoorts, deur NGV direk te gebruik en
ter ondersteuning van openbare vervoer.
• Potensiële veiligheidsverbeterings
• Vermoë om uitvoering te laat saamval met ander projekte onder ontwikkeling
• Beskikbare befondsing vir personeel, implementering, instandhouding (nie slegs
instandhouding van fisieke strukture nie, maar ook navorsingsprogramme en dienste)
en projekbestuur
• Projekfinansiering ten einde meerdoelige nodusse en verbindings te ontwikkel en om
privaat sektorbelegging rondom vervoerruimtes van alle groottes aan te moedig
• Vermoë om leefbaarheid in die beboude omgewing te verbeter deur middel van
gemeenskapsverbinding
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 39
• Voorsiening van ontspanningsgeleenthede gegrond op NGV (soos kleinwieltoestelle) en
toegang tot sport- en ander fasiliteite
5.9 Verkry befondsing
Befondsing is noodsaaklik vir kapitale en instandhoudingskoste, beplanning en ontwerp, en
personeelvoorsiening vir diensprogramme. Potensiële bronne sluit in:
• gekonsolideerde kapitale toekennings – infrastruktuur (MIG)
• billike deel-meganismes – verspreiding van fondse vanaf nasionaal na provinsiaal
• bussubsidies
In sommige gevalle moet befondsingsaktiwiteite vroeër in die proses plaasvind. ’n Aksieplan
gegrond op ’n NGV-meesterplan behoort die vestiging van verhoudings tussen
belanghebbendes en ’n strategie vir die verkryging van fondse van die privaat en openbare
sektore in te sluit, soos toepaslik.
5.10 Stel diensverskaffers aan
Die bestuur van projekte in die meeste munisipaliteite in die provinsie sal uitgekontrakteer
moet word, maar die doelwit behoort te wees om kapasiteit uit te bou. Die Provinsiale
Kapasiteitsbousakeplan, gefokus op vervoerbeplanning en IVP-voorbereiding, is op pad om
hierdie doelwit te verwesenlik.
Diensverskaffers sal tydens ’n hele aantal fases in die ontwikkelingsproses nodig wees.
• Beplanningsfase – meesterbeplanning en projekidentifikasie
• Ontwerpfase – ontwikkeling van konseptuele en gedetailleerde ontwerp sodra
ooreengekom is oor die algemene belyning
• Implementering – waar daar ’n onvoldoende voorsiening van regeringshulpbronne is,
mag konsultante veral nodig wees om die uitvoering van projekte te bestuur
5.11 Ontwerp projekte
Ontwerpstandaarde/-dienste hang van die volgende af:
• Tipes gebruikers – die behoeftes van verskillende gebruikers behoort weerspieël te
word in die ontwerp van infrastruktuur (verskillende grade van gebruikerkwesbaarheid
moet byvoorbeeld in ag geneem word) en dienste (bv. vlakke van finansiële vermoë of
’n kennis van die padreëls)
• Tipes togte – die doel van die tog sal besluite oor ontwerp beïnvloed, net soos die doel
van die tog die verwagtings beïnvloed
• Modusse – bedryfskenmerke van verskillende modusse (individueel en in kombinasie)
moet in aanmerking geneem word ten einde veiligheid van ontwerp te verseker
• Nievervoerdoelwitte soos werkskepping beïnvloed keuse van ontwerp en boumetodes
vir infrastruktuur, of die rol van die plaaslike gemeenskappe in die ondersteuning van
programme soos Shova Kalula
Vir meer besonderhede oor ontwerpbeginsels, sien Hoofstuk 6.
Vir infrastruktuurprojekte is koördinasie van ontwerp met ander infrastruktuurinisiatiewe
nodig ten einde te verseker dat gebruikers maklik van een modus na ‘n ander kan
oorskakel. Jurisdiksiegrense behoort nie ‘n hindernis te wees nie.
Vir diensprojekte is koördinasie met ander dienste belangrik ten einde botsende strategieë
wat verskillende instansies volg, te vermy. Bewustheid van inisiatiewe behoort volgehou te
word deur formele skakeling regoor regeringsektore en sfere.
Die Departement van Vervoer het konsepriglyne met betrekking tot beplanning en
ontwerpfasiliteite vir NGV gepubliseer. Hierdie dokument is in Junie 2002 gepubliseer en is
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 40
getitel “Riglyne vir Voetganger- en Fietsfasiliteite: Ingenieurshandleiding om veilige
voetganger-en fietsfasiliteite te beplan en ontwerp”.
5.12 Koördineer implementering met ander inisiatiewe
Die tydsberekening van projekimplementering (en fasering, waar toepaslik) sal afhang van
sowel begrotingsiklusse as skedules vir projekte wat in wisselwerking is met NGV.
Koördinasie tussen projekte is belangrik, nie net vir praktiese uitvoeringsredes nie, maar
ook om maksimum voordeel vir gebruikers van die stelsel te verseker. ’n Nuwe openbare
vervoerstelsel mag byvoorbeeld nuwe of opgegradeerde voetgangertoegangsroetes verg.
5.13 Stel kontrakteurs aan
• Voldoen aan aanstellingsvereistes
5.14 Hou infrastruktuur of diens in stand
Gebrekkige instandhouding kan die potensiële voordele van NGV tot niet maak en is nie
beperk tot instansies wat self verantwoordelik is vir die NGV-fasiliteite nie, maar moet verder
strek tot aktiwiteite soos parke en instandhouding van paaie. Instandhoudingsaktiwiteite
moet ontwerp word om die volgende te dek:
• Verwydering van struikelblokke
� Gereëlde instandhouding
� Herstel ná uiterste weersomstandighede
• Monitering en herstel van infrastruktuur (waaronder naamborde en beligting)
• Voorsiening vir NGV-gebruikers gedurende bouwerk op NGV of ander infrastruktuur
‘n Opsommingstabel of vinnige verwysingsgids tot die projekontwikkelingproses word
hieronder in Tabel 1.1. vertoon. Hierdie tabel sal distriksmunisipaliteite help lei oor hoe om
projekte aan die gang te kry.
Tabel 1 - Vinnige verwysingsgids tot die projekontwikkelingproses
Hoofstappe Take Wie is
verantwoordelik?
A. BEHOEFTE Bepaal NGV-behoeftes
Beplan NGV-verbeterings Distriksmunisipaliteite
B. PROJEKIDENTIFIKASIE Identifiseer projekte
Identifiseer belanghebbendes
Beraadslaag met belanghebbendes
Stig en onderhou vennootskappe
Distriksmunisipaliteite en WKPA
C. PRIORITISERING Prioritiseer projekte (mobiliteit, veiligheid, sinchronisasie, befondsing, multisektor voordele, ontwikkel meerdoelige nodusse en verbindings, hulpbronne)
Distriksmunisipaliteite
D. ONTWERP Stel konsultante aan
Ontwerp projekte
Infrastruktuurprojekte
Diensprojekte
Distriksmunisipaliteite
E. IMPLEMENTERING Verkry befondsing
Koördineer uitvoering met ander inisiatiewe
Stel kontrakteurs aan
Instandhouding van infrastruktuur of diens
WKPA
Distriksmunisipaliteite
Distriksmunisipaliteite
Distriksmunisipaliteite
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 41
5.15 Bevorder NGV
Verskillende bemarkingsbenaderings word vereis vir uiteenlopende bevolkingsegmente.
Hulle kan fokus op die pret van die gebruik van niegemotoriseerde modusse of op die
voordele van hierdie modusse vir individue en die gemeenskap. Sommige van die
teikengroepe wat geïdentifiseer kan word, is:
• Die middel- en hoë-inkomstegroepe wat NGV slegs beskou as ’n vorm van oefening en
ontspanningsaktiwiteit. Bemarking moet daarop gemik wees om hulle te oorreed om
kort motorritte te vervang deur fietsry of stap of innoverende modusse.
• Landelike gemeenskappe waar geslagskwessies en bekostigbaarheid die
hoofstruikelblok kan wees met betrekking tot fietsry en kleinwielvervoer. Bemarking
moet skakel met programme om niegemotoriseerde voertuie te voorsien.
• Leerders moet verdeel word in die onder-tien-jaar ouderdomsgroep en die ouer leerders
aangesien hulle verskillende opvattings en behoeftes het met betrekking tot veiligheid
en vermoë.
• Bestuurders moet geleer word om die regte van voetgangers en fietsryers te eerbiedig.
• Privaat sektor maatskappye moet die voordele wat die gebruik van fietsry en die
ondersteuning van NGV-projekte vir hulle inhou, besef.
• Openbare sektoramptenare en politici moet opgevoed word om die noodsaaklikheid
daarvan dat NGV omvat word in beplanningsontwerp, te waardeer.
Opleidings- en bemarkingsveldtogte kan deur die WKPA by skole onderneem word (deur
hulle verskillende departemente) ter bevordering van fietsry en vir die opvoeding en
opleiding van leerders in padveiligheid (lewensvaardigheidsprogram). Fietsryopleiding by
skole kan by die kurrikulum ingesluit word (soos in Nederland). Aandag kan gegee word aan
bestuurbewustheid, verdraagsaamheid en bedagsaamheid met groter klem op goeie
bestuursgewoontes in rybewysmateriaal en -toetse.
6 Rigsnoere
Vervolgens ’n aantal beginsels wat as gids gebruik behoort te word vir die ontwikkeling van
NGV-stelsels. Dit word voorsien om aan te dui watter soort aangeleenthede in gedagte
gehou behoort te word en is nie omvattend nie. Meer gedetailleerde riglyne is deur sommige
munisipaliteite in Suid-Afrika en in ander lande ontwikkel. Die Stad Kaapstad NGV-beleid en
Strategie verskaf riglyne oor enkele ontwerpaspekte. Ander voorbeelde word voorsien in
Bylae C.
6.1 Fasiliteitsontwerp
Een van die belangrikste oorwegings in ontwerp is dat elke voertuig of persoonlike
mobiliteitstoestel sy eie bedryfskenmerke het. Net soos paaie ontwerp is met oorweging van
hoe bestuurders die pad vorentoe waarneem, hoe vinnig voertuie onder verskillende
toestande tot stilstand kan kom, en hoe voertuie teen verskillende snelhede kan draai, so
moet NGV-fasiliteite ook ontwerp word. Dit is belangrik, nie slegs vir veiligheid nie, maar ook
vir gebruikers om gemaklik te voel. Indien beplanners die toenemende gebruik van NGV wil
aanmoedig, soos beleid vereis, moet gebruikers in staat wees om die ervaring te geniet.
Elke NGV-fasiliteit of -diens moet ontwerp word met ’n spesifieke stel gebruikers in gedagte.
Die behoeftes van alle padgebruikers behoort ten volle in aanmerking geneem te word in
alle vervoerverbeteringskemas, maar nie noodwendig om voorkeur te gee aan voetgangers
en fietsryers op elke plek nie. Padontwerp is gegrond op tradisionele hiërargie van fasiliteite
en voorsien ’n nuttige gids vir die tipe toestande wat verwag kan word vir NGV-gebruikers.
Soortgelyk is die aanvaarding van ’n hiërargie van gebruikers aan te beveel as een van die
elemente van goeie praktyk in Plaaslike Vervoerplanne. Ontwerp vir bedryfsveiligheid
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 42
gegrond op die vermoë van gebruikers om konflik te vermy. Erken gebruikers se
kwesbaarheid en reageer daarop in die ontwerp van die fasiliteit.
Gebruikers het verskillende vereistes weens die doel van hul reis, vlak van ondervinding of
fisieke vermoë en die modus wat hulle gebruik (fiets, skaatsplank, stootkarretjie, ens.). Die
ontwerp van die mees toepaslike fasiliteit moet die verwagte tipe gebruiker, of kombinasie
van gebruikers, in ag neem. Hierdie oorwegings beïnvloed die roete-aanwysing, wydte,
kromming, helling en ander ontwerpelemente.
Sommige van die ontwerpgebruikertipes is as volg:
• Pendelaar – verkies ’n vinnige, direkte roete tussen huis en werk of wanneer toegange
tot openbare vervoer verkry word, ongeag die gehalte van die omgewing.
• Koper/vrye tyd-stapper – soek na gerieflike toegang, aantreklike
kleinhandelomgewing en aantreklike roetes.
• Persone met spesiale behoeftes – verg oorweging van ontwerpaspekte soos
verandering in oppervlakhoogtes, tipe oppervlak, duidelik gedefinieerde en gemaklike
toegang en noukeurige aandag aan die vorm en plasing van straatmeubels, met
inbegrip van ruspunte. Afhangende van die spesifieke gebruikers wat oorweeg word,
mag ander aspekte in aanmerking geneem word. Die bevrediging van hierdie behoeftes
sal ook die behoeftes van alle ander gebruikers bevredig, veral ouer persone, persone
met swaar inkopiesakke of klein kinders, en mense met tydelike aantastings of lae
vlakke van fiksheid. Daar is beleid- en ontwerpriglyne wat van toepassing is op
universele toegang, soos die SANS 10246: Toeganklikheid van geboue vir gestremde
persone.
• Kind – verg ’n hoë mate van afskerming van gemotoriseerde verkeer en/of ander
maatreëls om die oorheersing van motorvoertuie te verminder, soos
snelheidvermindering, tesame met goeie passiewe toesig van ander gebruikers ten
einde persoonlike sekuriteit te verhoog. Hierdie is belangrike faktore waar kinders en
jong mense onafhanklike reise moet aflê, veral skool toe. Ouer leerders het ander
persepsies en vermoëns as dié onder die ouderdom van tien, maar hulle is meer geneig
om modusse te gebruik wat al groter vlakke van vaardigheid benodig, soos
skaatsplanke en rollemskaatse. Gevolglik verg die ouderdomme van alle kinders
sorgvuldige oorweging in opvoedkundige programme en wanneer fasiliteite ontwerp
word.
• Volwassene of kind wat innoverende modus gebruik – verg oppervlakke, hellings en
wydtes wat deurgang van kleinwieltoestelle soos skaatsplanke of rollemskaatse toelaat.
Sommige gebruik hierdie slegs vir ontspanning terwyl ander werk toe of skool toe reis
deur van hierdie modusse gebruik te maak. Diegene wat na bestemmings reis kan
hierdie modusse kombineer met openbare vervoer, maar benodig roetes wat veilig is vir
die volle lengte van hul reis (of die grootste deel daarvan). Waar hierdie modusse in
fasiliteitsontwerp gehuisves moet word, sal die fasiliteite altyd ontwerp word om een of
meer NGV-modusse in te sluit en sal versigtige ontwerp en naamborde verg om alle
gebruikers bewus te maak van die gebruikers vir wie die fasiliteit eintlik ontwerp is.
Kruiwaens is ’n ander modus van kleinwielvervoer wat oorweeg moet word in die
ontwerp op sommige plekke.
Wat betref persone met spesiale behoeftes is dit belangrik om te verstaan vir wie dit beplan
word en wat hulle behoeftes is.
• Lewensiklusbeplanning: Daar is reisigers en ontspanningsgebruikers wat spesiale
vervoerbehoeftes het weens die normale fases van die menslike lewensiklus.
Voorbeelde sluit in kinders van vyf tot veertien jaar oud vir wie vervoer veral onveilig is,
of wat spesiale hulp nodig het wanneer hulle die vervoerstelsel gebruik; vroue
gedurende swangerskap wat spesiale hulp mag nodig hê of wat beskerm moet word
teen blootstelling aan spesifieke gesondheidsrisiko’s wat gepaardgaan met
swangerskap; en die bejaardes wat, as ’n gevolg van ouderdomverwante gebreke
spesiale hulp, sekuriteit en toegang mag benodig.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 43
• Reisigers met gebreke: Hulle is klante met fisieke of verstandelike gebreke en
gestremdhede of neurologiese gebreke en gestremdhede, vir wie spesiale, aangepaste
tegnologie en spesiale veiligheidsvereistes noodsaaklik is.
• Naambordreisigers: Hulle is klante wat as gevolg van redes soos ongeletterdheid,
ouderdom of onbekendheid met die taal of naamborde nie in staat is om genoeg
inligting te verkry om die vervoerstelsel doeltreffend te gebruik nie.
Fietse bied die grootste potensiaal om afhanklikheid van gemotoriseerde reis te verminder
vir afstande wat te lank is om te stap of om ander modusse te gebruik. Dit is dus die moeite
werd om fietsryers se behoeftes spesifiek te noem.
Fietsryers het ’n wye verskeidenheid vlakke van ondervinding en selfvertroue, en houding.
Aan die een uiterste is daar die geharde pendelaar, aan die ander uiterste is kinders wat vir
die eerste keer goeie padvernuf leer, nuwelinge of bejaarde fietsryers wat bang mag wees
vir fietsry in die algemeen. Tussenin is daar ’n wye spektrum fietsgebruikers met wisselende
grade van selfvertroue en ondervinding.
• Vinnige pendelaar/Sportfietsryer – selfversekerd in die meeste padsituasies en sal ’n
roete gebruik met beduidende verkeersvolumes indien dit meer direk is as ’n stiller
roete;
• Nuttigheidsfietsryer – mag ’n bietjie afskerming soek by besige aansluitings en op
verbindings wat hoësnelheidverkeer dra; onervare nuttigheids-, pendelaar- en vryetyds-
fietsryer - mag gewillig wees om direktheid op te offer met betrekking tot sowel afstand
as tyd vir ’n roete met minder verkeer en meer plekke om stil te hou en te rus. Mag
stadiger reis as gereelde fietsryers;
• Kind – mag afgesonderde, direkte roetes vanaf residensiële gebiede skool toe verg,
selfs waar ’n padoplossing beskikbaar is. Ontwerp moet persoonlike
veiligheidskwessies in ag neem. Kinderfietsryers behoort verwag te word in alle
woongebiede en op die meeste vryetyd-fietsryroetes;
• Gebruikers van gespesialiseerde toerusting – sluit gestremde persone in wat
handslingermasjiene gebruik en gebruikers van sleepwaens, sleepfietse, tandems en
driewiele. Hierdie groep benodig wye fasiliteite sonder skerp draaie en bottelnekke of
enige ander verskynsels wat fietsryers noop om af te klim. Fietspaadjies en bane waar
volwasse fietsryers gereeld jong kinders vergesel behoort wyd genoeg te wees dat twee
langs mekaar kan ry. Dit stel die volwassene in staat om aan die regterkant van die kind
te ry waar nodig.
Oor die algemeen sal alle tipes NGV-gebruikers hoë-gehalte behoorlike in stand gehoue
verkeersvrye roetes weg van die ryvlak gebruik indien hulle meer direk is as die ekwivalente
padalternatief en daar geen persoonlike veiligheidskwessies is nie. ’n Goed-ontwerpte
fietsfasiliteit sal aantreklik wees vir ’n wye spektrum fietsryers. Die doelwit moet wees om in
die behoeftes te voorsien van so ’n wye spektrum gebruikers as moontlik, terwyl die ligging
en ander kontekstuele oorwegings in aanmerking geneem word. Dit moet egter besef word
dat nie alle modusse gehuisves kan word deur alle fasiliteite nie.
6.2 Transformasie
Transformasie is ’n belangrike beleidsdoelwit vir verskeie areas van regering. NGV kan
transformasie in maatskaplike en ekonomiese sfere in die besonder beïnvloed. Die
belangrike ding om op te let is dat transformasie ’n innoverende benadering tot
vervoerbeplanning vereis wat ’n groter inspanning vereis as ’n standaard benadering en
groter steun op samewerking tussen belanghebbendes.
6.3 Veiligheid
Veiligheid handel oor die algemeen oor minimalisering of bestuur van konflik tussen
gebruikers van ’n pad (hetsy dit ’n pad- of ‘n veldpadsituasie is) en moet die doelgebruikers
in gedagte hou: ouderdom, tipe tog en beboude omgewing. Dit is een rede hoekom die
verskeidenheid van gebruikers uitdruklik in aanmerking geneem moet word in die ontwerp
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 44
van die infrastruktuur. Veiligheid handel ook oor die ontwerp van modusdinamika
onafhanklik van die wisselwerking tussen gebruikers. ’n Enkele fietsryer moet byvoorbeeld
in staat wees om heuwels en draaie te bowe te kom en onder wisselende weerstoestande
op ’n gegewe oppervlak te kan stop.
6.4 Toegang
Bo en behalwe veiligheidsoorwegings is toegang van die opperste belang. Mobiliteit is nie ’n
doelwit in sigself nie – dit is ’n middel tot die voorsiening van toegang tot geleenthede. Een
van die grootste doelwitte van stedelike en streekbeplanning is om die noodsaaklikheid van
reise te verminder deur die ruimtelike opstelling van grondgebruik te beïnvloed. In die mate
dat mobiliteit ’n noodsaaklikheid bly, kan NGV die negatiewe impak van reise minimaliseer
en die positiewe byvoordele soos verbeterde gesondheid en omgewingstoestande
maksimaliseer.
6.5 Geïntegreerde, meervlakkige vervoerstelsel
NGV is deel van ’n breër, meervlakkige vervoerstelsel en indien die onderskeie dele saam
beplan word, sal die stelsel as ’n geheel – en sy gebruikers – baat vind. NGV behoort
beplan te word as ’n primêre vervoermodus en as ’n toevoermodus tot openbare vervoer.
6.6 Volhoubaarheid
Volhoubaarheid het twee fasette.
Die eerste gaan oor die voorsiening van ’n stelsel wat op die lange duur in stand gehou kan
word. Indien die voorgestelde stelsel nie in stand gehou kan word nie, weens begrotings- of
institusionele beperkings, is dit nie volhoubaar nie.
Die tweede oorweging is die uitwerking van die stelsel op die natuurlike omgewing,
maatskaplike omstandighede, ekonomiese omstandighede en hulpbronverbruik. NGV het
beduidende potensiaal in sy vermoë om die negatiewe effek van vervoer op hierdie vier
elemente te verminder, wat elkeen belangrik is vir regering.
6.7 Dienste en infrastruktuur
Beskou altyd dienste as aanvullend (of selfs in die plek van) infrastruktuur. Soms is
randaspekte net so belangrik as primêre infrastruktuur, en oor die algemeen minder duur.
Die uitdaging is gewoonlik institusioneel: versekering dat beplannings- en
begrotingsprosesse nie bevooroordeeld is teenoor harde infrastruktuur nie. Elemente soos
instandhouding (bv. beligting, afvalbestuur en herstel), opvoeding, opleiding, toepassing van
regulasies en sekuriteit kan baie doeltreffend wees.
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 45
Verwysings
¹ Stad Kaapstad, Direktoraat: Verkeer, NVG Beleid en Stategie, Oktober 2005.
² Eden Distriksmunisipaliteit, NGV-meesterplan vir Eden Distriksmunisipaliteit , Julie 2007.
³ Die Suid-Afrikaanse Grondwet, 1996
4 Departement Vervoer, Oorgangswet op Nasionale Landvervoer, 2000 (Wet 22 van 2000) (OWNLV)
5 Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000 (WMS)
6 Die Staatskoerant, Die Wetsontwerp op Nasionale Padvervoer, 2008.
7 Die Staatskoerant, Die Wetsontwerp op Nasionale Landvervoer, 2008.
8 NDvV, Republiek van Suid Afrika, Konsep- Nasionale Niegemotoriseerde Vervoerbeleid, Desember
2008
9 Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie, Witskrif oor Vervoerbeleid (1997), aangehaal deur L de Waal en
K Garrod, Moving Ahead, Hoofstuk 9: Bicycles and Pedestrians, 11/03/1998.
10 Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie, Departement van Vervoer en Openbare Werke, Leweringsplan
21: Niegemotoriseerde Vervoer, Kaapstad, 2003.
11 Kaapstad Metropolitaanse Vervoer 1980-85, Kaapstad, 1979.
12 Kaapstad Metropolitaanse Raad, Streeksbeplanning, Tegniese verslag April 1996, Kaapstad, 1996.
13 Stad Kaapstad, Hersiene Konsep, Kaapstad, Augustus 2001.
14 Stad Kaapstad, Strategiese Rigting 2003-2005, Kaapstad, 2002.
15 Stad Kaapstad, Direktoraat: Vervoer, Paaie en Stormwater, Stadskalmering van Residensiële Strate
Augustus 2003.
16 Stad Kaapstad, Voetgangerveiligheidsprojek, Volume 1: Voetgangersveiligheid Strategiese Plan vir die
Stad Kaapstad (voorberei deur Arcus Gibb), Kaapstad, Julie 2004.
17 Departement van Vervoer, Die Nasionale Huishoudelike Reisopname (NHRO), 2005.
18 Departement van Vervoer, Nationale Witskrif, Nationale Verkeers Beleid, Pretoria, 20 Augustus 1996.
19 Departement van Vervoer, Suidelike Afrika Ontwikkelingsgemeenskap, Padverkeerstekenhandleiding,
3de Uitgawe, November 1997.
20 Departement van Vervoer, Landelike Vervoerstrategie vir Suid-Afrika, September 2002.
21 Provinsiale Administrasie Wes-Kaap, Departement van Vervoer and Publieke Werke, Publieke
Vervoerverklaring vir Spesiale Behoeftepassasiers in die Wes-Kaap, Konsep, ongedateer (uitgereik 2008).
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 46
Akronieme
BLS – Bedryfslisensiestrategie
DIVP – Distriksgeïntegreerde Vervoerplan
DM – Distriksmunisipaliteit
DvV – Sien NDvV
FBN – Fietsbemagtigingsnetwerk
FVP – Fietsvennootskapprogram, begin in Junie 2007, om stedelike ontwikkeling en vervoerbeleide in die Stad Kaapstad fietsryinklusief te maak. Streef daarna om strategieë te ontwikkel om fietsryfasiliteite te finansier.
GIS – Geografiese Inligtingstelsel
HOVR – Huidige Openbare Vervoerrekord
HPVT – Handleiding van Padverkeerstekens
ICE – “Interface for Cycling Expertise”
IOP – Geïntegreerde Ontwikkelingsplan
ISV – Geïntegreerde Snelvervoer (voorheen Bussnelvervoer)
IVLOP – Geïntegreerde Volhoubare Landelike Ontwikkelingsprogram
IVP – Geïntegreerde Vervoerplan
KMMO – Klein, medium en mikro-ondernemings
MROR – Metropolitaanse Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk
MVB – Memorandum van Begrip
MVDOO – Misdaadvoorkoming deur Omgewingsontwerp
NDvV – Nasionale Departement van Vervoer
NGV – Niegemotoriseerde Vervoer
NHRO – Nasionale Huishoudelike Reisopname, in 2003 uitgevoer deur die DvV en in 2005 gepubliseer
NLVSR – Nasionale Landvervoer Strategiese Raamwerk
NMA – Nuwe Mobiliteitsalliansie
NPA – Nasionale Padagentskap
NRO – Nieregeringsorganisasie
OIVP – Omvattende Geïntegreerde Vervoerplan
OVIF – Openbare Vervoer Infrastruktuurfonds
OVP – Openbare Vervoerplan
OWNLV – Die Oorgangswet op Nasionale Landvervoer, Wet 22 van 2000
PEO – Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling
PIVP – Plaaslike Geïntegreerde Vervoerplan
PPVR – Provinsiale Padvervoerraamwerk
PVBK – Padverkeerbestuurskorporasie
ROR – Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk
SANPAB – Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap Beperk
SVD – Stadverbeteringsdistrik
SvKS – Stad van Kaapstad
TDV – Trekdiervervoer
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 47
UK – Universiteit van Kaapstad
VIS – Verkeersimpakstudie
VOO – Vervoer-georiënteerde Ontwikkeling
WKPA – Provinsiale Regering van die Wes-Kaap
WKPA – Wes-Kaapse Provinsiale Administrasie
WMS – Munisipale Stelsels, Wet 32 van 2000
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 48
BYLAE A
Voordele van NGV
Daar is ’n verskeidenheid potensiële voordele wat voortspruit uit niegemotoriseerde vervoer, maar daar is
ook ’n aantal goed wat gereed moet wees vir gemeenskappe om hierdie voordele te ervaar. Die doel van
hierdie NGV-strategie is grotendeels om distriks- en plaaslike munisipaliteite te voorsien van ’n begrip oor
hoe NGV ingestel kan word op ’n manier wat maksimum voordeel behaal. Die tabel hieronder verskaf ’n
opsomming van die potensiële strategieë wat oorweeg kan word met die behoud dat almal nie toepaslik is
in elke omstandigheid nie. Die voordele is ook nie eksklusief nie, dus is daar oorvleueling.
Met die lees van hierdie tabel sal dit duidelik wees dat baie van die strategieë nie direk verband hou met
NGV-infrastruktuur nie; inderdaad, infrastruktuur sal nie beduidende voordele behaal tensy dit ondersteun
word deur ’n breër strategie en toepaslike beleid nie.
Voordeel Wat benodig word Hoe om dit te verwesenlik
Bekostigbare toegang tot
geleenthede
Kort pendelafstande Geïntegreerde beplanning wat werk
na aan woongebiede hou; verhoogde
ontwikkelingsdigthede; roetes beplan
om aan behoeftes te voldoen.
deurlopendheid van roetes
Finansiële steun vir
fietsaankope
NRG en ander aktiwiteit wat
gemeenskappe voorsien met
verbinding na hulpbronne
Fasiliteite by privaat en
openbare bestemmings wat
veilige toesluit van fiets en
stort moontlik maak
Munisipale vereistes dat sekere nuwe
ontwikkeling en bestaande geboue
sodanige fasiliteite voorsien; omvat
NGV-strategieë in
verkeersimpakstudies
NGV-roetes na bestemmings
en deur nuwe
ontwikkelingsgebiede
Inkorporering van vereistes in
ontwikkeling van
goedkeuringsprosesse wat
voorsiening van NGV-roetes verseker
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 49
Ontwerp van infrastruktuur
om deurgang van mense met
gestremdhede moontlik te
maak
Wysiging van munisipale
ontwerpstandaarde om
rolstoeltoegang (bv. aanraakgeriewe
vir blinde mense, randsteenontwerp
vir rolstoele, standaarde vir bestrating
van NGV-roetes) moontlik te maak;
munisipale vereistes dat openbare
geboue voldoen aan vereistes vir
universele toegang; ontwerp vir
universele toegang by openbare
vervoergeriewe
Verminderde uitwerking van
parkering op NGV
Ontwikkel parkeervereistes vir nuwe
ontwikkeling wat die ongerief van stap
en fietsry vanaf die openbare straat
tot by gebou-ingange verminder
Ondersteuning van openbare
vervoer
Verbeterde verbinding na
openbare vervoer
Beplanning van NGV-roetes met
openbare vervoeroperateurs om
fasiliteite te voorsien; voorsiening van
geriewe deur munisipaliteite wat
vervoerpersele beplan en aanbou
Fietsfasiliteite by stasies en
openbare vervoervoertuie
Munisipale oorlegpleging met
openbare vervoeroerateurs om
geriewe te voorsien; voorsiening van
geriewe deur munisipaliteite wat
vervoerpersele beplan en aanbou
Verbeterde gesondheid Verminderde steun op
gemotoriseerde vervoer
Programme en beleggings wat
haalbaarheid van NGV as ’n ernstige
vervoermodus verhoog; programme
om sosio-kulturele terughouding wat
verband hou met NGV te bowe te
kom; ontwerp vir gemak en gerief van
NGV-roetes; aanvaar
ontwerpstandaarde vir straat- en
parkering-infrastruktuur wat die
voorkeur vir gemotoriseerde vervoer
verminder; hoë gehalte
fasiliteitontwerp wat gebruikers met
waardigheid behandel
NGV vir ontspanning NGV-roetes wat gebruik maak van
parke, natuurlike gebiede en
openbare oop ruimtes; roetes ontwerp
om kleinwiel persoonlike
mobiliteittoestelle te huisves;
fietsgeriewe by sport- en ander
ontspanningsbestemmings
Groter sosiale interaksie Ontwerp vir leefbare gemeenskappe
Verminderde besoedeling Sien “Verminderde steun op
gemotoriseerde vervoer”
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 50
Verbeterde onderwyssgeleenthede Korter reistyd na skool Verbeterde roetes vir fietse en
fietsgeriewe by skole;
fietsopleidingsprogramme;
programme om fietse aan skoliere te
verskaf; verbeterde toegang tot
openbare vervoer (Sien
“Ondersteuning van openbare
vervoer”)
Verminderde reiskoste Subsidies vir skoliere vir verminderde
openbare vervoertariewe,
gekombineer met verbeterde NGV-
toegang tot openbare vervoer; sien
“Bekostigbare toegang tot
geleenthede”
Betroubare vervoer Fietsinstandhouding Fietsinstandhoudingsopleiding;
ondersteuning van
fietsinstandhoudingsondernemings
Infrastruktuurinstandhouding Oorweeg NGV-huisvesting gedurende
aanbou van alle vorms van
Infrastruktuur; ontwikkel
moniteringstrategieë, en
instandhoudingskedules en
standaarde vir NGV-infrastruktuur
Verminderde
verkeersophopings
Verminderde steun op
gemotoriseerde vervoer (sien
“Verbeterde gesondheid”)
Veilige vervoer Ontwerp van NGV-roetes om
toepaslike NGV-voertuie te
huisves
Kies toepaslike NGV-modusse vir
spesifieke roetes en ontwerp
daarvolgens
Veiligheidsgebruike deur
vervoeroperateurs (privaat en
openbaar)
Programme om bewustheid van NGV-
gebruikers en verwante
verkeersregulasies te verhoog
Veilige bedryf van
trekdiervoertuie
Ontwikkeling van ontwerpstandaarde
vir geriewe vir TDV; ontwikkeling van
bedryfsregulasies vir TDV;
programme om bewustheid van TDV
onder bestuurders te verhoog en
veiliger bestuurspraktyke deur TDV-
bestuurders
Verbeterde
voertuiginstandhouding
Ontwikkeling en toepassing van
instandhoudingstandaarde vir
alternatiewe modusse soos TDV
Voorsiening van voldoende
beligting en ander maatreëls
om persoonlike sekuriteit te
verbeter
Instandhoudingskedules en
standaarde wat die belangrikheid van
NGV as ’n vervoermodus erken
Infrastruktuurontwerp wat
veilige deurgang van NGV-
voertuie moontlik maak
Gebruik van fietsvriendelike
stormwaterroosters; ontwerp van pad-
en spoorkruisings om NGV te
bevorder; bou van NGV-brûe oor
hindernisse; verkeerskalmering
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 51
Sigbare bewaking deur
polisie, parkeringsekuriteit en
ander
Reëlings met betrokke instansies;
bekendstelling van wandelende en
fietsryende “busse” en
leerderpatrollies
Beplanning en ontwerp van
NGV-roetes en geriewe wat
geleenthede vir misdaad
minimaliseer
Aanvaar MVDOO-beginsels; beplan
hoofroetes sorgvuldig om kritieke
massa te bereik; koördineer
korridorbeplanning van infrastruktuur
met aangrensende grondgebruike
Energiebesparing Verminderde steun op
gemotoriseerde vervoer met
een insittende
Ondersteuning van openbare vervoer
(sien ook “Bekostigbare toegang tot
geleenthede”); sien ook “Verminderde
steun op gemotoriseerde vervoer”
onder “Verbeterde gesondheid”
Ekonomiese herlewing Werkskepping Bevordering van
ondersteuningsbedrywe deur PEO
(soos NGV-voertuigherstelwerk,
plaaslike vervaardiging van voertuie
en onderdele, dieresorg); bou van
infrastruktuur deur gebruik van
arbeidsintensiewe metodes;
bevordering en ondersteuning van
nuwe sakeondernemings wat NGV as
vervoermodus gebruik
Verbeterde toegang tot werk Sien “Bekostigbare toegang tot
geleenthede”
Verminderde reiskoste sodat
’n kleiner gedeelte van
inkomste aan reis bestee
word
Sien “Bekostigbare toegang tot
geleenthede”
Ondersteuning vir
alternatiewe modusse soos
fietstaxi’s vir direkte
werkskepping en bevordering
van toerisme
Ondersteuningsprogramme vir
kleinsakeondernemings; finansiële
ondersteuningsmeganismes;
ontwikkeling van regulasies vir
trekdier voertuie; ontwikkeling van
geriewe vir diere om te rus en gevoer
te word en water te drink
Ondersteuning vir toerusting
vir trekdiervervoer
Ondersteuningsprogramme vir
kleinsakeondernemings; finansiële
ondersteuningsmeganismes;
ontwikkeling van regulasies vir
trekdier voertuie; ontwikkeling van
fasiliteite vir diere om te rus en gevoer
te word en water te drink
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 52
BYLAE B
Verantwoordelikhede met betrekking tot NGV-voorsiening
Area van
verantwoordelikheid
Spesifieke aspek Regeringsverantwoordelikhede
Infrastruktuur Beplanning en ontwerp Plaaslike of distriksmunisipaliteite wys projekte aan vir
insluiting in meesterplan en IVP; WKPA en munisipaliteit moet
implementeringsplan en strategieë in oorleg met
belanghebbendes ontwikkel
Aanbou Plaaslike of distriksmunisipaliteite
Instandhouding Plaaslike of distriksmunisipaliteite
Regulering Lisensiëring van NGV-
voertuie
Provinsie
Verkeersveiligheid Nasionale regering stel wetgewing op om
padverkeersveiligheid te lei; munisipaliteite stel dorpswette op
om te bepaal waar en wanneer NGV-voertuie mag loop
Vervoerbeplanning Bedryfsplanne Plaaslike munisipaliteite ontwikkel bedryfsplanne in
ooreenstemming met provinsiale planne; waar vaardighede
ontbreek, help WKPA op kort termyn, maar
ontwikkellingvermoëns oor die lang termyn
Nasionale
vervoermeesterplan
NDvV stel vereistes vir ’n meesterplan van laer sfere van
regering om in nasionale planne by te werk
Plaaslike
vervoermeesterplan
Plaaslike of distriksmunisipaliteite berei meesterplanne en
IVP’s voor wat ingesluit word in die Provinsiale
Padvervoerraamwerk
Beleidstelling NDvV stel globale beleidsraamwerk op om laer sfeer van
regering te lei; WKPA en munisipaliteite stel beleid op binne
nasionale beleidsraamwerk
Beleidprestasie NDvV is verantwoordelik vir monitering en evaluering van
algehele NGV-beleidprestasie en om doeltreffende uitvoering
van beleid te verseker; om prestasie te meet sal NDvV
aanduiders ontwikkel vir die monitering van sukses van NGV-
beleid; provinsiale DvV is verantwoordelik vir monitering en
evaluering van NGV-voorsiening en programme. Plaaslike
regering is verantwoordelik vir monitering en evaluering van
plaaslike vlak NGV-planne en projekte
Befondsing Subsidies NDvV sal saam met ander departemente werk aan ’n plan vir
finansiële bystand vir TDV en sal kriteria ontwikkel vir die
subsidie
KPA Dept van Vervoer en Openbare Werke Provinsiale Strategie vir Niegemotoriseerde Vervoer
Bladsy 54
Algemene
befondsingsbronne
Die vier mees algemene befondsingsbronne is
donateursfondse, sentrale regering toewysings, plaaslike
regeringsinkomste en toewysings van ’n toegewese padfonds
Gespesialiseerde
befondsingsbronne
NDvV sal verseker dat die Padongelukkefonds eise dek wat
verband hou met TDV waar aan lisensiërings- en
regulasievereistes voldoen is; NDvV sal die NGV-fonds stig;
munisipaliteite saam met WKPA sal geskikte plaaslike
befondsingsmodelle ontwikkel vir TDV
Leemtes in befondsing Bevordering van NGV vereis sekere infrastruktuur en
strategieë nie gedek deur die gewone meganismes nie –
NDvV sal saam met ander departement werk om ’n plan te
ontwikkel om finansiële bystand te gee aan landelike mense
wat graag fietse vir vervoer wil koop; NDvV is besig om die
Openbare Vervoerinfrastruktuurfonds te formuleer as ’n
geleentheid binne die sfeer van plaaslike regering om
geïntegreerde beplanning deur IVP’s te verseker
Veiligheid Bewustheid van
verkeersveiligheid
NDvV (saam met HPVT) sal programme voorsien om
bewustheid van verkeersveiligheidskwessie te verhoog en om
veilige bestuursgewoontes aan te moedig; NDvV (saam met
HPVT en Departement van Onderwys) sal NGV-
opvoedkundige materiaal en promosietoere ontwikkel
Voertuiginstandhouding Provinsiale DvV sal saam met munisipaliteite werk om
herstelwinkels te vestig onder die PEO-programme
Misdaad Misdaad moet met die hulp van die polisie en munisipale
verkeersveiligheid en sekuriteitsamptenare sowel as
gemeenskapspolisiëringsforums die hoof gebied word;
plaaslike regering moet misdaad die hoof bied deur die
ontwerp van geriewe volgens MVDOO-beginsels; plaaslike
regering moet misdaad die hoof bied deur
instandhoudingsprogramme vir beligting en ander
infrastruktuur
Instandhouding van
padinfrastruktuur
NDvV (saam met HPVT) sal verseker dat padveiligheidoudits
elke vyf jaar uitgevoer word
Riglyne Fasiliteitsontwerp NDvV het voetganger- en fietsfasiliteitsriglyne ontwikkel, met
inbegrip van hoe om die toepaslike tipe fasiliteit, die ligging en
prioriteit vir implementering te bepaal; munisipaliteite kan hulle
eie riglyne vir geriewe aanneem; daar is geen plaaslike riglyne
vir fasiliteite vir kleinwieltoestelle of TDV nie, maar baie
internasionale voorbeelde