18
© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 1 KLIMATOLOGIE DIE AARDE SE ENERGIEBALANS TAAK 1. DIE ONEGALIGE VERHITTING VAN DIE ATMOSFEER 1. Hoe verskil die inkomende sonstrale van die hitte wat die aarde uitstraal? 2. As wat staan die inkomende sonenergie bekend? 3. Teken ‘n skets om die uitwerking van breedteligging op temperatuur van die aarde te illustreer. 4. Bespreek DRIE redes waarom dit kouer by die pole as by die ewenaar is. 5. Bestudeer Figuur A (Bl. 49 in handboek) en beantwoord die volgende vrae: Die figuur toon die aarde se stralingsbegroting vir Desember by verskillende breedtes. (a) Wat is die grootste hoeveelheid inkomende straling? (b) In watter halfrond is die plek met die meeste inkomende straling? Gee ʼn rede vir jou antwoord. (c) By watter breedte in hierdie halfrond is daar ʼn balans t ussen inkomende en uitgaande straling? (d) Wat was die hoeveelheid surplusenergie wat in hierdie halfrond opgeteken is vir Desember by ʼn breedte van 45°? (e) Wat is die energiebalans by ʼn breedte van 45° in die ander halfrond? Verklaar die verskil.

DIE AARDE SE ENERGIEBALANS TAAK 1. DIE ONEGALIGE ... · ©D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 1 KLIMATOLOGIE DIE AARDE SE ENERGIEBALANS TAAK 1. DIE ONEGALIGE VERHITTING VAN DIE ATMOSFEER

  • Upload
    phamnhu

  • View
    233

  • Download
    1

Embed Size (px)

Citation preview

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 1

KLIMATOLOGIE DIE AARDE SE ENERGIEBALANS

TAAK 1. DIE ONEGALIGE VERHITTING VAN DIE ATMOSFEER 1. Hoe verskil die inkomende sonstrale van die hitte wat die aarde uitstraal? 2. As wat staan die inkomende sonenergie bekend? 3. Teken ‘n skets om die uitwerking van breedteligging op temperatuur van die aarde te illustreer. 4. Bespreek DRIE redes waarom dit kouer by die pole as by die ewenaar is. 5. Bestudeer Figuur A (Bl. 49 in handboek) en beantwoord die volgende vrae: Die figuur toon die aarde se stralingsbegroting vir Desember by verskillende breedtes.

(a) Wat is die grootste hoeveelheid inkomende straling? (b) In watter halfrond is die plek met die meeste inkomende straling? Gee ʼn rede vir jou

antwoord. (c) By watter breedte in hierdie halfrond is daar ʼn balans tussen inkomende en uitgaande

straling? (d) Wat was die hoeveelheid surplusenergie wat in hierdie halfrond opgeteken is vir

Desember by ʼn breedte van 45°? (e) Wat is die energiebalans by ʼn breedte van 45° in die ander halfrond? Verklaar die

verskil.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 2

TAAK 2. BELANGRIKHEID VAN AARDE SE AS EN WENTELING OM DIE SON. 1. Hoekom ontstaan daar verskillende seisoene op aarde? 2. Teken ʼn tabel om die faktore wat seisoene veroorsaak te verduidelik. Bespreek omwenteling, aardrotasie, skuinsligging van aardas, ewewydigheid van aardas en bolvormigheid. 3. Verduidelik wat is die seisoene se invloed op die energiebalans van die aarde. 4. Teken ʼn eenvoudige skets om seisoensiklus te verduidelik. 5. Bestudeer figuur A (bl. 51 in handboek) wat een van die aarde se seisoenale posisies in sy wentelbaan om die son aandui. Beantwoord dan die volgende vrae: (a) By watter breedtelyn is die son se strale reg van bo? (b) Wat noem ons hierdie posisie van die aarde in die Noordelike en Suidelike Halfrond onderskeidelik? (c) Gebruik die figuur om die verskil tussen dag- en naglengte by die Steenbokskeerkring en die Kreefskeerkring te verduidelik. Noem die seisoen by elke keerkring. (d) Verduidelik die hoeveelheid insolasie by die keerkringe in die twee halfrondtes. (e) Beskryf die seisoenale toestand by die Noord- en Suidpoolsirkel.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 3

TAAK 3. ROL VAN WINDE EN SEESTROME IN OORDRAG VAN ENERGIE. 1. Hoe beweeg lug met betrekking tot ʼn hoogdruk en laagdruk? 2. Wat is drukgradiëntkrag? 3. Wanneer sal die lugbeweging (wind) sterk waai? 4. Wat is Coriolis-krag? 5. Noem die faktore wat ʼn meer ingewikkelde lugsirkulasie sal veroorsaak. 6. Hoe dra oseane by tot die oordrag van hitte? 7. Wat word bedoel met soortlike warmte? 8. Wat dra by tot die vloei/beweegrigting van seestrome? 9. Hoe verskil die vloeirigting van seestrome in die Noordelike Halfrond teenoor die in die Suidelike Halfrond? 10. Wat veroorsaak dat diep seestrome ontstaan en vloei? 11. Bestudeer Figuur 53 (bl. 53 in handboek) wat die grootskaalse oseaansirkulasie aandui. Doen in die biblioteek of op die Internet navorsing, en beantwoord die volgende vrae: (a) Wat veroorsaak verskille in digtheid van seewater? (b) Hoe lei digtheidsverskille tot die grootskaalse oseaansirkulasie? (c) Wat gebeur met die oppervlakwater langs Groenland se ooskus? (d) Indien aardverwarming in die toekoms die gemiddelde temperatuur van die oppervlak- water verhoog, wat kan moontlik met die grootskaalse oseaansirkulasie gebeur? Figuur 53. Die oseaniese vervoerband.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 4

TAAK 4. PRAKTIESE VRAE OOR DIE AARDE SE ENERGIEBALANS. 1. Skryf slegs die letter van die korrekte antwoord neer. 1.1 Wat is die son se bron van energie? A: waterstoffusie B: interne ontbranding C: kernsplitsing van metale D: verbranding van songasse 1.2 Die Golfstroom in die Noordelike Halfrond en die Brasiliaanse Stroom in die Suidelike Halfrond beweeg na die pole. In vergelyking met binnelandse gebiede op dieselfde breedtegraad, sal die kusgebiede aangrensend aan die strome: A: warmer wees. B: korter groeiseisoene hê. C: meer adveksiemis hê. D: droër wees. 2. Bestudeer Figuur A en beantwoord dan die vrae wat volg. (a) Definieer die term "insolasie". (b) By watter breedtes is daar 'n balans tussen inkomende en uitgaande straling? (c) Verduidelik die verhittingsproses: i. tussen die twee breedtes wat in (b) genoem word ii. vanaf hierdie breedtes na die pole. (d) Hoe word die energiebalans tussen die trope en die pole op die aarde herstel? (e) Wat sal die gevolge wees indien die proses wat in (d) beskryf word, nie plaasvind nie? Figuur A - Jaarlikse Stralingsbalans 3. Bestudeer Figuur B en beantwoord dan die vrae wat volg. (a) Beskryf vyf oorsake van die seisoene. (b) Op watter datums is die aarde in elk van die aangeduide posisies? Begin by die boonste posisie en volg die pyle in 'n antikloksgewys rigting.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 5

(c) Jy besoek New York, VSA wanneer Suid-Afrika die suidelike winter-sonstilstand beleef. Beskryf die toestande in New York, rakende die direkte sonstrale, insolasie, die seisoen, en die relatiewe lengtes van dag en nag. Figuur B 4. Bestudeer Figuur 52 (bl. 53) oor seestrome in die wêreld. (a) Verduidelik hoe seestrome bydra tot die skep van 'n balans in die verspreiding van hitte-energie oor die aarde heen. (b) Identifiseer twee ooreenkomste in die oseaansirkulasie in die Noordelike en Suidelike Halfrond. (c) Identifiseer een verskil in die patroon van oseaansirkulasie in die twee halfronde, en verduidelik die rede daarvoor. 5. Winde is belangrik in die oordrag van hitte om die hittebalans sodoende te handhaaf. Verduidelik hoe drukgradiëntkrag en die Coriolis-krag onderskeidelik die rigting van hierdie winde beïnvloed.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 6

TAAK 5. DIE GLOBALE LUGSIRKULASIE - Drukgordels om die aarde. 1. Hoe beïnvloed die oneweredige verhitting van die aarde, die lugsirkulasie ? 2. Wat is isobare? 3. Teken ʼn eenvoudige skets om die globale atmosferiese drukgordels van die aarde aan te dui. 4. Bespreek elke lugdrukgordel onder die volgende hoofde: (a) Naam (b) Ligging (c) Oorsake (d) Lugkenmerke 5. Gee elke lugdrukgordel se relatiewe temperatuur en hul vogtigheidsvlakke. 6. Waarvoor staan ITKS en hoe ontstaan dit? 7. Wat is ‘n front? 8. Beskryf die ITKS se beweging deur die jaar. 9. Wat is die ooreenkomste en die verskille tussen die lugbewegings by 0º N en S, en by 60º N en S. Figuur 5. Ligging van die globale drukgordels.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 7

TAAK 6. DIE GLOBALE LUGSIRKULASIE – Die verband tussen lug-temperatuur, lugdruk en wind. 1. Hoe verskil die verhitting van wateroppervlakte/see teenoor die verhitting van die landoppervlakte? 2. Watter invloed het die verhittings genoem in vraag 1 op die verspreiding van temperatuur en lugdruk? 3. Teken eenvoudige sketse met byskrifte om die ontwikkeling van (a) Landbries en (b) Seebries te demonstreer. 4. Teken twee eenvoudige sketse om die verskil tussen (a) ʼn sikloon en (b) ʼn antisikloon te demonstreer. Skryf ook onder elke skets die kenmerke van elke lugdruksel in die Suidelike Halfrond. 5. Verduidelik wat is die verband tussen lugdruk en wind en beskryf wat is drukgradiëntkrag. 6. Teken twee eenvoudige sketse om die verskil tussen (a) ʼn ligte wind en (b) ʼn sterk wind. 7. Teken twee eenvoudige sketse om die verskil tussen (a) konvergensie en (b) divergensie te demonstreer.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 8

TAAK 7. DIE GLOBALE LUGSIRKULASIE – Die verband tussen lug-temperatuur, lugdruk en wind. 1. Kyk na figuur 7.1 en benoem die drie selle (A, B en C) van die planetêre winstelsel. 2. Beskryf die ontstaan en verloop van die Hadley-sel. 3. Gee die ander naam vir die Hadley-sel. 4. Beskryf die ontstaan en verloop van die Ferrel-sel. 5. Gee die ander naam vir die Ferrel-sel. 6. Beskryf die ontstaan en verloop van die Polêre sel. Figuur 3.1 Planetêre en sekondêre sirkulasie. Figuur 7.1 Die sekondêre lugsirkulasie.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 9

7. Kyk na figuur 3.1 wat die winde van die sekondêre sirkulasie voorstel en beantwoord die volgende vrae:

(a) As wat staan die winde by “a” bekend ? (b) Hoe ontstaan die winde by “a” ? (c) Waar (breedtegrade) kom hierdie winde voor? (d) Hoekom staan die 30º breedte as die “perdebreedtes “ bekend? (e) As wat staan hierdie winde (a) nog bekend? (f) Wat ontstaan as daar versteurings in die winde (a) voorkom? (g) As wat staan die winde by “b” bekend ? (h) Hoe ontstaan die winde by “b” ? (i) Waar (breedtegrade) kom hierdie winde voor? (j) Wat is baie kenmerkend van hierdie winde? (k) Hoe verskil die winde by “b” teenoor die van “a” ? (l) Wat gebeur met die lug waar “b” en “c” ontmoet? (m) Watter invloed het hierdie ontmoeting op die suidelike dele van Suid-Afrika? (n) As wat staan die winde by “c” bekend? (o) Hoe ontstaan die winde by “c” ? (p) Wat het die winde by “c” tot gevolg? (q) Watter invloed het al die windstelsels op die mens? 8. Waarom skuif die hoof- planetêre winde en windgordels hul posisies met die jaargetye? 9. Wat is ʼn straalstroom en hoe ontstaan hy?

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 10

TAAK 8. DRUKGRADIËNT, CORIOLIS-KRAG EN GEOSTROFIESE VLOEI. 1. Wat is drukgradiëntkrag en hoe werk dit? 2. Noem DRIE maniere hoe drukgradiëntkrag, lug wat beweeg beïnvloed? 3. Wat is die eienskappe van Coriolis-krag? 4. Hoe lui die wet van Ferrel? Figuur 8.1 Koriolis-krag. 5. Kyk na figuur 8.2 en verduidelik hoe geostrofiese wind ontstaan. 6. Wat bepaal Buy Ballot se wet? 7. Watter invloed het wrywing met die oppervlakte t.o.v. wind?

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 11

Figuur 8.2 Geostrofiese wind

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 12

TAAK 9. WINDE MET GLOBALE LUGSIRKULASIE, STREEKSWINDE EN PLAASLIKE WINDE. 1. Noem die DRIE vernaamste winde wat tussen die drukgordels voorkom en sê by elk (a) tussen watter drukgordels hulle ontstaan en ook (b) tussen watter grade hulle voorkom. 2. Noem die TWEE vernaamste bronstreke vir lugmassas. 3. Hoe word lugmassas gekalsifiseer? 4. Kyk na figuur 9.1 en klassifiseer die lugmassas. Doen in tabel vorm onder die volgende hoofde: Simbool; Lugmassa; Waar ontstaan dit? en Eienskappe van lugmassa. Figuur 9.1 Lugmassas oor die aarde. 5. Wat is Moesonwinde? 6. Noem die DRIE faktore wat moesontoestande veroorsaak. 7. Hoe verskil die “winter moeson” van die “somer moeson”? 8. Wat is Föhnwinde en hoe ontstaan hulle? 9. Teken ʼn eenvoudige skets om die ontstaan van Föhnwinde te demonstreer. 10. Wat is die verskil tussen (a) DATV en (b) NATV? 11. Wat is (a) adiabaties en (b) relatiewe humiditeit?

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 13

12. Waar kom die volgende winde voor? (a) Bergwinde (b) Chinook (c) Brickfielder (d) Sirocco Figuur 9.2 Bergwinde oor Suid-Afrika.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 14

TAAK 10. AFRIKA SE WEER EN KLIMAAT 1. Wat is die hoof oorsake van die klimaatstreke in Afrika? 2. Noem en beskryf die DRIE algemene kategorieë waarin ons Afrika se klimaatstreke kan indeel. 3. Kyk na figuur 10.1 en benoem die onderskeie (A-G) klimaatstreke van Afrika. Figuur 10.1 Klimaatstreke van Afrika. 4. Hoekom is die Afrika kontinent se temperatuur hoofsaaklik orals hoog? 5. Verduidelik hoe die TWEE lugmassas se wisseling in posisie die klimaat van Afrika beïnvloed. 6. Kyk na die skets (figuur 10.2) en sê wat is die verskil tussen (a) kovergensie lug en (b) divergenesie lug op die aard oppervlakte? 7. Watter invloed het lugdaling (divergensie) en konvergensie op die reënval van Afrika? 8. Wat is die El Niño verskynsel?

A

B

C

D

E

F G

G

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 15

Figuur 10.2 Lugdaling en konvergensie van lug oor Afrika. 9. Wat is die oseane se invloed op die klimaat

van Afrika? 10. Wat is die verskil tussen (a) maritieme

klimaat en (b) kontinentale klimaat? 12. Wat is die maritieme invloed op Afrika? 13. Watter seestrome kom langs die Afrika kus

voor en waar (gebied) kom hulle voor? 14. Hoe beïnvloed die onderskeie seestrome

die Afrika kus se klimaat? Figuur 10.3 Lugdrukselle se invloed op Afrika.

Figuur 10.4 Seestrome se invloed op Afrika se klimaat.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 16

TAAK 11. EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. 1. Wat is die ENSO gebeurtenis? 2. Watter TWEE kenmerkende afwykings kom voor tydens die ENSO gebeurtenis? 3. Hoe verskil die normale toestand van die Stille Oseaan teenoor die El Niño-episode? 4. Verduidelik wat is die uitwerking van El Niño. 5. Gee ʼn kort opsomming van die natuurlike impak van El Niño regoor die wêreld. 6. Bespreek NEGE invloede wat El Niño op die mense op aarde het. 7. Hoe verskil die La Niña-episode van die El Niño-episode?

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 17

TAAK 12. DROOGTES 1. Wat is drooglande? 2. Noem die VIER drooglande en gee elkeen se kenmerke. 3. Watter streke vorm nie deel van drooglande nie? Sê hoekom hierdie streke nie deel vorm van die drooglande nie. 4. Hoe strek die frekwensie van droogte oor Suid-Afrika? 5. Hoekom strek Suid-Afrika se droogte frekwensie soos in vraag 4 bespreek? 6. Hoeveel persent van Suid-Afrika word as droog, halfdroog of subhumied beskou? 7. Wat beteken die woorde (a) verwoestyning en (b) gronddegradasie? 8. Wat het bygedra tot verwoestyning in (a) die Kalahari in Botswana en (b) die Karoo in Suid-Afrika? 9. Wat is droogte? 10. Hoekom verskil droogte van ander gevare? 11. Noem en bespreek die VIER tipes droogtes. 12. Wat beweer die mense het bygedra tot die wêreldwye droogtes? 13. Veranderde weerpatrone is die hoof oorsaak van droogtes. Wat dra by tot die veranderde weerpatrone? 14. Watter menslike aktiwiteite dra by tot droogtes? 15. Bespreek die (a) korttermyngevolge en (b) die lang termyn gevolge van droogtes.

© D. Slabbert KLIMATOLOGIE GRAAD 11 18

TAAK 13. VERWOESTYNING 1. Wat is verwoestyning? 2. Met hoeveel hektaar groei die wêreld se woestyne per jaar en hoeveel mense word bedreig deur hierdie verandering? 3. Bespreek wat die oorsake van verwoestyning is. 4. Watter direkte faktore dra by tot verwoestyning? 5. Noem en bespreek die AGT grondgebruikpatrone of –praktyke wat bydra tot woestynvorming. 6. Noem en bespreek die VIER indirekte faktore wat bydra tot verwoestyning. 7. Watter probleme skep voedselsekuriteit by verwoestyning? 8. Watter probleem skep dit, as arm mense nie toegang het tot natuurlike hulpbronne nie en verwoestyning in die gesig staar? 9. Noem DRIE positiewe gevolge van verwoestyning. 10. Noem die gevolge van verwoestyning op wêreldvlak. 11. Bespreek hoe die mens die risiko en krisis kan bestuur.