19
1 Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 Eksamen vrae Middelbreedtesiklone en Tropiese Siklone. 1.1 FIGUUR 1.1 is 'n driedimensionele voorstelling van 'n middelbreedte-sikloon oor die Verenigde State van Amerika. Figuur 1.1: MIDDELBREEDTE-SIKLOON OOR DIE VSA 1.1.1 Benoem front A en B. (2 x 1)(2) ANT: A Koue front (1) B Warmfront (1) 1.1.2 In watter ontwikkelingstadium is hierdie middelbreedte-sikloon? (1 x 1)(1) ANT: Volwasse/Warmsektorstadium (1) 1.1.3 Gee 'n bewys in die diagram ter stawing dat hierdie middelbreedte-sikloon in die Noordelike Halfrond voorkom. (1 x 2)(2) ANT: Antikloksgewys lugbeweging kom in die Noordelike Halfrond voor (2) Die VSA is in die Noordelike Halfrond (2) Die warmsektor is suid van/die koue sektor is noord van die fronte (2) [Enige EEN] 1.1.4 Gee 'n rede waarom front B met meer wydverspreide reënval as front A geassosieer word. (1 x 2)(2) ANT: Nimbostratus wolke het 'n groot horisontale verspreiding dus is reën meer wydverspreid (2) Die warm front veroorsaak dat warm lug baie stadig styg wat lei tot reënval oor ˈn lang tydperk (2) Die gradiënt van die warm front is meer geleidelik en stygende lug vorm dus Nimbostratus wolke (2) [ENIGE EEN] 1.1.5 Beskryf die waarskynlike weerstoestande wat met die wolktipe by front A geassosieer word. (2 x 2)(4) ANT: Swaar reën as gevolg van cumulonimbuswolk (2) Donderstorms as gevolg van sterk styging van warm lug (2) Weerlig kom voor as gevolg van die interaksie tussen verskillende dele in dieselfde wolk, of tussen verskillende wolke (2) Die moontlike ontwikkeling van hael as gevolg van sterk opwaartse en afwaartse lugstrome wat waterdruppels tot benede vriespunt kan voer (2) [ENIGE TWEE]

Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

  • Upload
    others

  • View
    24

  • Download
    4

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

1

Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020

Eksamen vrae Middelbreedtesiklone en Tropiese Siklone.

1.1 FIGUUR 1.1 is 'n driedimensionele voorstelling van 'n middelbreedte-sikloon oor die Verenigde State van Amerika.

Figuur 1.1: MIDDELBREEDTE-SIKLOON OOR DIE VSA

1.1.1 Benoem front A en B. (2 x 1)(2) ANT: A Koue front (1) B Warmfront (1) 1.1.2 In watter ontwikkelingstadium is hierdie middelbreedte-sikloon? (1 x 1)(1) ANT: Volwasse/Warmsektorstadium (1) 1.1.3 Gee 'n bewys in die diagram ter stawing dat hierdie middelbreedte-sikloon in die Noordelike Halfrond voorkom. (1 x 2)(2) ANT: Antikloksgewys lugbeweging kom in die Noordelike Halfrond voor (2) Die VSA is in die Noordelike Halfrond (2) Die warmsektor is suid van/die koue sektor is noord van die fronte (2) [Enige EEN] 1.1.4 Gee 'n rede waarom front B met meer wydverspreide reënval as front A geassosieer word. (1 x 2)(2) ANT: Nimbostratus wolke het 'n groot horisontale verspreiding dus is reën meer wydverspreid (2) Die warm front veroorsaak dat warm lug baie stadig styg wat lei tot reënval oor ˈn lang tydperk (2) Die gradiënt van die warm front is meer geleidelik en stygende lug vorm dus Nimbostratus wolke (2) [ENIGE EEN] 1.1.5 Beskryf die waarskynlike weerstoestande wat met die wolktipe by front A geassosieer word. (2 x 2)(4) ANT: Swaar reën as gevolg van cumulonimbuswolk (2) Donderstorms as gevolg van sterk styging van warm lug (2) Weerlig kom voor as gevolg van die interaksie tussen verskillende dele in dieselfde wolk, of tussen verskillende wolke (2) Die moontlike ontwikkeling van hael as gevolg van sterk opwaartse en afwaartse lugstrome wat waterdruppels tot benede vriespunt kan voer (2) [ENIGE TWEE]

Page 2: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

2

1.1.6 Bespreek TWEE verwagte weersveranderings wat kan plaasvind wanneer die middelbreedte -sikloon die okklusie-stadium bereik. (2 x 2)(4) ANT: Lugtemperatuur op die aardoppervlak sal daal (sal koud wees) (2) Lugdruk sal toeneem (2) Windspoed sal afneem (2) Humiditeit sal afneem (2) Onstabiele weerstoestande sal ophou (2) [ENIGE TWEE] 1.2 Verwys na FIGUUR 1.2 wat op 'n koue front gebaseer is. Figuur 1.2 KOUE FRONT 1.2.1 Watter bewys in die diagram dui daarop dat X 'n laagdruk is wat vinnig besig is om te verdiep? (1 x 1)(1) ANT: Isobare naby aan mekaar (1) Steil drukgradiënt (1) Stasiemodelle toon hoë windspoed (1) [ENIGE EEN] 1.2.2 Beskryf die voorspelde temperatuur- en lugdrukverandering wat Kaapstad sal ervaar. (2 x 1)(2) ANT: Temperature sal afneem/daal (1) Lugdruk sal toeneem/styg (1) 1.2.3 Gee 'n rede vir die cumulonimbuswolk wat by Y sal vorm. (1 x 2)(2) ANT: Koue lug wig onder warm lug in en dwing dit om vinnig (baie) hoog te styg (2 Steil gradiënt van koue front dwing warm lug om (baie) hoog te styg (2) [ENIGE EEN] 1.2.4 Waarom is strandgangers gewaarsku om van die strand af weg te bly? (2 x 2)(4) ANT: Stormvloede/hoë golwe maak die see baie rof/gevaarlik (2) Kusoorstromings sal baie moontlik voorkom (2) Moontlikheid van sandstorms (2) Sterk winde (2) Moontlikheid van donderstorms en weerlig/hael (2) Swaar reënval (2) Sterk moontlikheid van beserings OF menslike lewensverlies (2) [ENIGE TWEE]

Page 3: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

3

1.2.5 Hoe kan inwoners van die Kaapse kusstreke die negatiewe impak van die koue front verminder? (2 x 2)(4) ANT: Inwoners moet in hulle huise bly/vertraag reise/skuiling soek (2) Mense wat in laagliggende gebiede bly moet hulle huise ontruim en skuiling op hoër grond soek (2) NGO's en skuilings kan haweloses van skuiling/komberse voorsien (2) Mense moet 'n voorraad voedsel/water/kerse opbou (2) Hê mediese voorraad (2) Mense wat met lewende hawe boer moet voorsiening maak vir skuiling vir hulle vee (2) Beveilig besittings/eiendom (2) Deur vensters te versterk/toe te spyker (2) Plaas sandsakke (2) Onderhou elektriese verbindings (2) Onderhou dreineringstelsels (2) Beveilig bote in die hawe (2) Luister na media uitsendings om vir die storm voor te berei (2) Hê kragopwekkers byderhand (2) Ontruimingsplanne in plek (2) [ENIGE TWEE]

1.3 Bestudeer FIGUUR 1.3, 'n deursnit van 'n middelbreedtesikloon. FIGUUR 1.3: ʼn DEEUSNIT VAN ʼn MIDDELBREEDTESIKLOON

1.3.1 Benoem front A. (1 x 1)(1) ANT: Koue front (1) 1.3.2 (a) Benoem wolktipe B. (1 x 1)(1) ANT: Cumulonimbuswolke (1) (1 x 1) (1) (b) Gee 'n rede vir die tipe wolk by B wat met hierdie weerstelsel geassosieer word. (1 x 2)(2)

ANT: Snelle en hoë opheffing van warm lug en grootskaalse kondensasie (2) 1.3.3 Waarom beïnvloed die warm front (D) selde die weer van Suid-Afrika? (1 x 2)(2) ANT: Te ver suid van die land (2) 1.3.4 Tabuleer TWEE verskille tussen 'n middelbreedtesikloon en 'n tropiese sikloon ten opsigte van die plek van oorsprong en die hoofwindgordel wat dit aandryf. (2 x 2)(4) ANTWOORD:

MIDDELBREEDTE SIKLOON TROPIESE SIKLOON

PLEK VAN OORSPRONG

30° - 60°N/S (Poolfront) Middelbreedtes

5°- 30°N/S Lae breedtes

(2)

WINDGORDEL Westewind Oostewind (2)

[Moet die verskil wys om TWEE punte te kry]

Page 4: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

4

1.3.5 Verduidelik waarom die volgende ontwikkelingstadium van hierdie middelbreedtesikloon 'n kouefrontokklusie sal wees. (2 x 2)(4) ANT: Die warm lug is voor die koue front en word opwaarts forseer (2) Dit veroorsaak dat warm lug agter die koue front opgehef word en in bolug voorkom (2)

1.4 Bestudeer FIGUUR 1.4 wat middelbreedtesiklone op 'n sinoptiese weerkaart van suidelike Afrika toon.

FIGUUR 1.4 MIDDELBREEDTESIKLOON 1.4.1 Gee die term wat gebruik word om middelbreedtesiklone wat aan mekaar gekoppel is, te beskryf. (1 x 1)(1) ANT: Sikloonfamilie/Familie van depressies/Familie van siklone (1) 1.4.2 Watter bewys dui daarop dat middelbreedtesikloon A die oudste is? (1 x 2)(2) ANT: Dit is verder oos/suid/suidoos (2) Beweging is ooswaarts, daarom is A voor B en C (2) [ENIGE EEN] 1.4.3 Waarom word front D NIE met swaar reënval geassosieer NIE? (1 x 2)(2) ANT: Minder vog veroorsaak minder/geen reënval (2) Warm lug in die warmsektor word stadiger en meer geleidelik opgehef (geleidelike gradiënt) (en vorm stratus-/altostratus-/cirrus- en cirrostratus-wolke wat nie reën tot gevolg het nie) (2) Sagte reënval van nimbostratus wolke (2) [ENIGE EEN] 1.4.4 Wat veroorsaak die ontbinding van middelbreedtesiklone? (1 x 2)(2) ANT: Die koue front haal die warm front in/twee fronte smelt saam (2) Warm lug word opwaarts verplaas en van die aardoppervlak afgesny (geokkludeer)/ Okklusie het plaasgevind (2) Warm en koue lugmassas beweeg weer horisontaal by mekaar verby (2) [ENIGE EEN]

Page 5: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

5

1.4.5 Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls en verduidelik die weerstoestande wat 'n toeris in Kaapstad sal ervaar met die koue front wat in aantog is. (4 x 2)(8) ANT: WANNEER KLAAR OORBEWEEG HET Laer temperature sal voorkom a.g.v. koue lug agter die koue front (2) Sterk winde as gevolg van die sterk drukgradiënt (2) Wes tot suidwestelike winde a.g.v. die kloksgewyse sirkulasie van lug (2) Hoë wolkdigtheid a.g.v. die sterk en hoë opheffing van warm lug voor die koue front (2) Cumulonimbuswolke lei tot swaar reënval/donderstorms/hael (2) Lugdruk gaan hoër wees a.g.v. koue, digte lug wat op die koue front volg (2) Afnemende humiditeit omdat die koue lug meer dig is (2) Moontlike sneeu indien DOUPUNTTEMPERATUUR onder vriespunt is (2)

OF TERWYL IN AANTOG Redelike hoë temperature aangesien mens steeds in die warmsektor is (2) Ligte tot matige winde omdat die drukgradiënt swak is (2) Noordwes tot westelike winde a.g.v. die lug wat kloksgewys roteer (2) Lae stratus wolke met oop kolle a.g.v. lug wat stadig styg (2( Stratuswolke mag tot verspreide reën lei (2) Lugdruk sal laag wees a.g.v. warm, minder digte lug (2) Humiditeit sal relatief laag wees omdat warm lug minder dig is (2) [ENIGE VIER. GEE KANDIDAAT KREDIET VIR ENIGE GELDIGE FAKTOR]

1.5 Verwys na FIGUUR 1.5 wat die dwarsdeursnit van ‘n sikloon aandui. Kies die korrekte woord(-e)/term(-e) tussen hakkies. Skryf slegs die korrekte woord/term langs die vraagnommer neer, bv. 1.5.9 middel. FIGUUR 1.5 SIKLONE

1.5.1 FIGUUR 1.5 verteenwoordig ‘n (Tropiese / Middelbreedte) sikloon. 1.5.2 (Cumulus / Cumulonimbus) wolke word aangetref by B. 1.5.3 A dui die (koue / warm) front aan. 1.5.4 Lugdruk sal hoër wees by (E / F). 1.5.5 Die relatiewe lugvogtigheid is laer by (E / F). 1.5.6 Die sikloon wat in FIGUUR 1.5 aangetoon word, beweeg van (wes na oos / oos na wes). 1.5.7 Die sikloon wat in FIGUUR 1.5 aangetoon word, sal Suid-Afrika meestal in die (somer / winter) affekteer. (7 x 1)(7)

Page 6: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

6

1.6 Verwys na FIGUUR 1.6. Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende stellings verskaf. Lees die stelling en kies die korrekte antwoord (A – D) en skryf die letter langs die vraagnommer (1.6.1 – 1.6.8) in die ANTWOORDBOEK / FOLIO PAPIER neer, byvoorbeeld 1.6.9 D. 1.6.1 Die middelbreedte sikloon wat in FIGUUR 2.1 uitgebeeld is, het in die ... halfrond ontwikkel. A suidwestelike B suidoostelike C noordwestelike D noordoostelike 1.6.2 Die middelbreedte stelsel beweeg in ʼn ... rigting. A noordelike B suidelike C oostelike D westelike 1.6.3 Die middelbreedte sikloon in FIGUUR 1.6 sal ʼn groter invloed op die weer oor die land in ... maand in Suid-Afrika hê. A September B Mei C Februarie D November 1.6.4 Die windrigting by D is ʼn ... wind. A noordoostelike B suidoostelike C suidwestelike D noordwestelike 1.6.5 Die lugdruk in die middel van die laagdruk by E is ... hektopascal (hPa).

FIGUUR 1.6 MIDDELBREEDTESIKLOON.

Page 7: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

7

A 1002 hPa B 1006 hPa C 1010 hPa D 1004 hPa 1.6.6 Die wolkformasie F voor die koue front is ... wolke. A stratus B cumulus C cumulonimbus D nimbostratus 1.6.7 Dui kondensasievlak en die vorming van wolk F vind plaas by ... ° C. A 0° C. B 15° C. C 8° C. D 12° C. 1.6.8 Wanneer die koue front by die warm front aansluit, is die middelbreedte sikloon in die ... stadium. A golf B frontale C okklusie D warm sektor (8x1)(8) 1.7 Bestudeer FIGUUR 1.7 wat `n dwarsdeursnit van `n stadium van ontwikkeling in die middelbreedte sikloon toon. FIGUUR 1.7 ‘N DWARSDEURSNIT VAN ‘N STADIUM VAN DIE MIDDELBREDDTESIKLOON

1.7.1 Identifiseer die fronte gemerk A en B. (2 x 1)(2) ANT: A – Koue front (1) B – Warm front (1) 1.7.2 Beskryf die tipe reënval wat by C en D ondervind word. (2 x 1)(2) ANT: C – Swaar reënval/Donderstorms (1) D – ligte reënval/motreën (1) 1.7.3 Meld die verskil in die lugmassas by E en F, aan. (1 x 2)(2) ANT: Die lugmassas verskil as gevolg van temperatuurskille (1)

Page 8: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

8

E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou antwoord by VRAAG 1.7.1). (2 x 2)(4) ANT: A – Koue front B - Warm front 1.7.5 Gee redes vir die afname in warm lug/verlaging in temperatuur in die warm sektor as die sisteem ontwikkel. (2 x 2)(4) ANT: Die warm sektor word nouer omdat die koue front vinniger as die warm front beweeg. (2) Die koue front haal die warm front in. (2) Die warm lug word opwaarts verplaas en `n okklusie front ontwikkel (2) [ENIGE TWEE] 1.7.6 Verduidelik hoe die gradiënt van die frontale sones die ontwikkeling van cumulonimbus- en stratuswolke beïnvloed. (2 x 2)(4) ANT: Die koue front het `n steil helling/steil frontale sone. (2) Daar is `n vinnige opheffing van lug sodat cumulonimbus- (cumulus) – groter wolke met `n hoë vertikale afmeting, vorm(2) Die frontale sone is geleideliker (sagter) by die warm front. (2) Die tempo van opheffing is stadiger dus ontwikkel stratus cirrus/cirrostratus/ nimbostratus) wolke (2) [ENIGE TWEE – MOET ALBEI FRONTE INSLUIT] 1.8 Bestudeer FIGUUR 1.8, ʼn Sinoptiese Weerkaart. FIGUUR 1.8: SINOPTIESE WEERKAART

1.8.1 (a) Noem die seisoen wat op die sinoptiese weerkaart aangedui word. (1x1) (1) ANT: Winter (1) (b) Voorsien ʼn rede vir jou antwoord. (1x2) (2) ANT: Teenwoordigheid van ʼn goed ontwikkelde Kalahari anti-sikloon oor Suid-Afrika (2) Koue front sigbaar oor Suid-Afrika (2) Lae temperature oor die Wes-Kaap (2) Lae doupunt temperature (2) (Enige EEN rede) 1.8.2 Identifiseer die laagdruk sisteem wat suid van Durban voorkom. (1x1)(1)

Page 9: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

9

ANT: Kuslaagdruk (1) 1.8.3 (a) Word ʼn aanlandige of aflandige wind by Durban ervaar? (1x2)(2) ANT: Aflandig (2) (b) Watter term word gebruik om die wind wat by Durban ondervind word, te beskryf? (1x2)(2) ANT: Bergwind (2) 1.8.4 Met verwysing na jou antwoord in VRAAG 1.8.3 (b), verduidelik in ʼn paragraaf van nie meer as AGT reëls, die temperatuur en wolkdekking wat by Durban ervaar word. (4x2)(8) ANT: Lug beweeg van land na see wat ʼn droë wind veroorsaak (2) Droë wind veroorsaak minder humiditeit en minder wolkbedekking by Durban (2) Die lug beweeg teen die platorand af en verhit adiabaties (2) Die adiabatiese verwarming veroorsaak warmer temperature in Durban (2) 2.1 Bestudeer FIGUUR 2.1 wat waarneembare bane van tropiese siklone in die VSA toon. FIGUUR 2.1: BANE VAN TROPIESE SIKLONE IN DIE VSA

2.1.1 Hoeveel tropiese siklone het in die 2015-seisoen voorgekom? (1 x 1)(1) ANT: 5/Vyf (1) 2.1.2 Waarom beweeg tropiese siklone in 'n westelike rigting? (1 x 1)(1) ANT: Aangedryf deur die tropiese oostewinde/passaatwinde (1) 2.1.3 Gee die term wat gebruik word om na tropiese siklone in hierdie gedeelte van die wêreld te verwys. (1 x 1)(1) ANT: Orkane (1) 2.1.4 Bespreek TWEE toestande wat die ontwikkeling van tropiese siklone bevorder. (2 x 2)(4) ANT: Oseaanoppervlaktemperatuur van 26½°C of hoër (2) Hoë humiditeit/Hoë verdampingsvlakke (2) Min oppervlakwrywing (2) Ligte wind wat min varieer (2) Kalm toestande word benodig vir lugkonvergensie (2) Bolugdivergensie om 'n laagdruk op die aardoppervlak te veroorsaak (2) Wolke wat inwaarts spiraal lei tot die ontwikkeling van die oog (2) Onstabiele lugtoestande vir konveksie (2)

Page 10: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

10

Vinnige kondensasie stel latente hitte vry (2) Tussen breedteliggings 5° en 25° N/S – aktiewe Coriolis-krag (2) [ENIGE TWEE] 2.1.5 Die baan van 'n tropiese sikloon kan baie onvoorspelbaar wees. Gee, in 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, moontlike redes vir die onvoorspelbare baan wat dit volg en waarom dit probleme vir rampbestuurspanne skep om die impak van tropiese siklone effektief te bestuur. (4 x 2)(8) ANT: ONVOORSPELBARE BAAN Oseaanwater verhit en verkoel verskillend en dit beïnvloed die baan wat die sikloon volg (2) Windrigting verskil daagliks en dit sal die baan wat die sikloon volg beïnvloed (2) Siklone ervaar wrywing oor die landmassas en verloor momentum (2) Kombinasie van die windrigting in die tropiese sikloon en die windrigting in die windgordel (2) PROBLEME WAT DIT VEROORSAAK VIR RAMPBESTUUR Weet nie waar die sikloon volgende gaan toeslaan nie (2) Daar is onvoldoende tyd om te voorspel waar stormvloede sal voorkom (2) Daar is onvoldoende tyd om mense uit hoë-risiko gebiede te ontruim (2) Het nie genoeg tyd om nooddienste bymekaar te kry nie (2) Onvoldoende tyd om effektiewe ontruimingsplanne vooruit daar te stel (2) Nie moontlik om mense vroegtydig te waarsku om noodvoorrade soos water/kos/ mediese voorrade op te gaar nie (2) Boere word nie genoeg tyd gegee om lewende hawe na veiliger/hoërliggende land te neem nie (2) Koste-implikasies as gebiede onnodig ontruim word (2) [ENIGE VIER – MOET NA ONVOORSPELBARE BAAN EN PROBLEME VERWYS] 2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat die baan van 'n tropiese sikloon toon. FIGUUR 2.2: BAAN VAN ʼn TROPIESE SIKLOON

2.2.1 In watter algemene rigting beweeg tropiese siklone? (1 x 1)(1) ANT: Wes (1) Weswaarts (1) Oos na Wes/Suidwes (1) [ENIGE EEN] 2.2.2 Watter bewyse dui daarop dat hierdie tropiese sikloon in die Suidelike Halfrond voorkom? (2 x 1)(2)

Page 11: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

11

ANT: 10°S/suid van die ewenaar (1) Baan van die tropiese Storm is oos na suidwes (1) Gevaarlike kwadrant is aan die linker onderkant/suidwestelike kwadrant van die stelsel (1) Stygende lug roteer kloksgewys (1) [ENIGE TWEE] 2.2.3 Wat veroorsaak dat die gevaarlike kwadrant/halfsirkel vorm? (1 x 2)(2) ANT: Die voorwaartse beweging van die stelsel en die windrigting is stelsel beweeg in dieselfde rigting en kombineer (2) Die sterk winde in die sikloon kombineer met die krag van die hele stelsel en beweeg vorentoe in hierdie kwadrant/semi-sirkel (2) [ENIGE EEN] 2.2.4 Gee EEN rede vir die moontlike terugbuiging (rigtingverandering) van die tropiese sikloon. (1 x 2)(2) ANT: Word deur Westewinde gedeflekteer (2) Antisikloniese sirkulasie in die Suidelike Halfrond mag die sikloon deflekteer (2) Tropiese oostewinde verswak (2) Veranderinge/verskille in seetemperature (2) [ENIGE EEN] 2.2.5 In 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls, beskryf in breë trekke die weer wat met die gevaarlike kwadrant/halfsirkel geassosieer word en die waarskynlike impak daarvan op kusstreke. (4 x 2)(8) ANT: VERWAGTE WEER EN DIE IMPAK DAARVAN OP KUSGEBIEDE Aanhoudende swaar reënval/stormvloede: - sal tot oorstromings van kusgebiede lei (2) - sal infrastruktuur beskadig (2) - vernietiging van gewasse/lewende hawe (2) - beserings/lewensverlies (2) - vernietiging van kusgemeenskappe en -ekonomie (2) - vrugbare bogrond verspoel (2) - maak dit moeilik vir skepe om in die hawe anker te gooi (2) Storm-/orkaansterktewinde: - sal dakke beskadig (2) - sal plantegroei langs kusstreke vernietig (2) - kan tot stormvloede lei (2) - mag tot kragonderbrekings lei en ander dienste in kusstreke onderbreek (2) - Hoë watervlakke maak dit onmoontlik om te swem (2) Stormtoestande / Stortsee: - het 'n nadelige impak op ekosisteme (2) - het 'n negatiewe impak op toerisme (2) Positief: - Swaar reënval is 'n bron van water vir kusstreke (2) - Sterk winde waai besoedeling/rookmis weg (2) [ENIGE VIER IMPAKTE VERDUIDELIK]

Page 12: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

12

2.3 Bestudeer FIGUUR 2.3 wat inligting oor 'n tifoon in Taiwan bevat. FIGUUR 2.3: TIFOON IN TAIWAN

2.3.1 Watter skets, A of B, toon die tifoon wat Taiwan getref het? (1 x 1)(1) ANT: A (1) 2.3.2 Gee EEN rede vir jou antwoord op VRAAG 2.3.1. (1 x 2)(2) ANT: Lug sirkuleer antikloksgewys in die Noordelike Halfrond (2) Bewegingsrigting is Noordwes (2) Taiwan is in die Noordelike Halfrond/Noord van die ewenaar (2) [ENIGE TWEE] 2.3.3 Watter bewys dui daarop dat Taiwan gereeld tifone ervaar? (1 x 2)(2) ANT: Die naam van die tifoon is Meranti (die 13de tifoon in die seisoen) (2) 2.3.4 Waarom word mense na veiligheid gebring wanneer 'n tifoon nader? (1 x 2)(2) ANT: Stormvloede veroorsaak oorstromings langs die kuslyn wat mense se lewens bedreig/voorkom lewensverlies (2) Swaar reënvalneerslae kan lei tot oorstromings in laagliggende gebiede en mense se lewens bedreig (2) Verminder skade en beserings (2) Hierdie is vernietigende storms word met sterk winde geassosieer (2) Sterk winde veroorsaak dat verweerde materiaal rondwaai (2) [ENIGE EEN] 2.3.5 Verduidelik TWEE faktore wat daartoe sou gelei het dat Meranti in 'n super- (uiters sterk) tifoon ontwikkel het. (2 x 2)(4) ANT: Ontwikkeling van 'n steiler drukgradiënt (2) Sterker windsnelhede (2) Hoë seetemperature sal opheffing en afkoeling van lug verhoog (2) Meer latent verhitting soos wat kondensasie toeneem wat meer energie aan die tifoon voorsien (2)

Page 13: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

13

Voortdurende grootskaalse voorsiening van vog (2) Die vinnige opheffing van warm lug intensiveer die laagdrukmiddelpunt (2) Intense atmosferiese onstabiliteit (2) Toename in bolugdivergensie (2) [ENIGE TWEE] 2.3.6 Evalueer die impak van 800 mm reën wat in die bergagtige gebiede van Taiwan neergestort het (in groot hoeveelhede geval het). (2 x 2)(4) ANT: 'n Groot hoeveelheid reënval sal modderstortings en grondverskuiwings (2) Modderstortings/grondverskuiwings vernietig landbougrond (2) Modderstortings/grondverskuiwings verwoes nedersettings(2) Rotsstortings sal tot lewensverlies lei en skade aan eiendom veroorsaak (2) Brûe sal weggespoel word en toeganklikheid verminder (2) Die streek se onvermoeë om te kommunikeer sal die toeganklikheid van dienste verminder (2) Paaie wat verspoel maak mediese dienste ontoeganklik vir gemeenskappe (2) Onderbreking van elektrisiteitsvoorsiening (2) Bergstrome wat oorstroom sal oppervlakafloop verhoog en waardevolle gewasse vernietig en tot veeverliese lei (2) Swaar reënval sal huise beskadig en mense dakloos laat (2) Groter afhanklikheid van staatshulp, bv. sosiaal/medies (2) Gronderosie/verspoelde vrugbare grond verminder voedselsekuriteit in die streek (2) Gronderosie slik damme toe (2) Versteuring van plantegroei/ekosisteme/verlies aan biodiversiteit (2) Vakansie-oorde word verwoes (2) Verminder toerisme in die omgewing (2) [MAG POSITIEWE IMPAK NOEM] Groot bron van water vir riviere/damme (2) Voorsien water vir besproeiing/lewende hawe/huishoudelike/nywerheidsgebruik (2) Vernuwing/opgradering van vernietigde infrastruktuur (2) Was besoedelingsdeeltjies weg/verbeter die waterkwaliteit (2) [ENIGE TWEE] 2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4, 'n dwarssnit van 'n tropiese sikloon. Kies die korrekte woord(e) uit dié wat tussen hakies gegee word wat elke sin geografies KORREK sal maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer.

Page 14: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

14

FIGUUR 2.4: TROPIESE SIKLOON-DWARSDEURSNIT 2.4.1 Die (oog/vorteks) by A word deur dalende lug gekenmerk. 2.4.2 Die gebied by B is 'n (hoog-/laag-) drukgebied. 2.4.3 (Ligte/Swaar) reënval kom by C voor. 2.4.4 Die vertikale lugbewegings by D staan as (stygstrome/daalstrome) bekend. 2.4.5 Die bolug by E (konvergeer/divergeer). 2.4.6 F word met (laag-/hoog-)druk geassosieer. 2.4.7 Die grafiek (G) dui lug-(druk/temperatuur) met die verbybeweeg van die tropiese sikloon aan. 2.4.8 Oppervlak- (lugtemperatuur/windspoed) word deur grafiek H voorgestel. (8 x 1)(8) 2.5 Verwys na FIGUUR 2.5, Tropiese Sikloon LIZA. FIGUUR 2.5: TROPIESE SIKLOON

2.5.1 Wat openbaar die naam LIZA oor die aantal siklone wat in hierdie seisoen plaasgevind het? (1 x 1)(1) ANT: Liza is die 12de tropiese sikloon in die seisoen. Die tropiese sikloon se eerste letter van die naam toon aan hoeveel tropiese siklone al voorgekom het. “L” is die 12 de alfabetletter. (1)

2.5.2 Die tropiese sikloon is `n laagdrukstelsel. Gee `n bewys vanaf die diagram om die stelling te staaf. (1 x 1)(1) ANT: Die druk in die senter is laer as 996 hPa (1) Die druk verminder na die middel van die sisteem (1) Die rigting van die wind soos getoon deur die stasiemodel, toon kloksgewyse sirkulasie soos by `n laagdruk in die Suidelike halfrond(1) (ENIGE EEN)

2.5.3 (a) Bepaal die stadium van ontwikkeling van tropiese sikloon LIZA. (1 x 1)(1) ANT: Ontbindingstadium/wegsterfstadium (1)

(b) Gee bewyse vanaf die diagram om jou antwoord te motiveer. (2 x 2)(4) ANT: Die sisteem is reeds oor die land. / wrywing op die land sal die sikloon laat

wegsterf (2)

Page 15: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

15

Die lugdruk is nie baie laag nie (2) Windspoed is nie baie hoog nie (2) Slegs 'n derde van die rotasie is oor die see geleë, dus minder verdamping (2) (ENIGE TWEE)

2.5.4 In `n paragraaf van ongeveer AGT reëls, stel die moontlike impak wat tropiese sikloon LIZA op die infrastruktuur en natuurlike omgewing van Beira kan hê. (4 x 2)(8) ANT: INFRASTRUKTUUR: Kommunikasie-infrastrukture word verwoes bv. telefone radio’s, tv’s, internettoegang (2) Paaie kan weggespoel word (2) Geboue kan beskadig word (2) Beskadig elektrisiteit/elektrisiteitskabels (2) Gebreekte vloedwalle en mensgemaakte levees (2) NATUURLIKE OMGEWING Kusgebied verspoel (2) Erosie van vrugbare grond (2) Bome en plante word ontwortel (2) Ekosisteme word negatief beïnvloed (2) Gewasse, plantegroei, lewende hawe verspoel (2) Soutafsettings vanaf die oseaan (2) Kontaminasie/besmetting van water (2) (ENIGE VIER -LEERDER MOET ALBEI BESPREEK)

2.6 Bestudeer die koerantartikel en satellietbeeld in FIGUUR 1.6.

2.6.1 Gee bewyse uit die satellietfoto dat Dineo in die suidelike halfrond voorkom. (1x1)(1) ANT: Kloksgewyse rotasie van die lug rondom die laagdrukstelsel (sigbaar op die satellietbeeld) (1) Mosambiek / Madagaskar is sigbaar op die satellietfoto (1) (Enige EEN)

2.6.2 Noem TWEE eienskappe van ʼn tropiese sikloon wat in die leesstuk genoem word. (2x1)(2) ANT: Sterk winde (1) Stortreën en wind (1) Oorstroming (1) Baie rowwe see (1) Windspoed van tot 60 km / h (1) Groot vertikale wolke (1) Hewige stortreën / donderstorms (1) [Enige TWEE]

2.6.3 (a) Watter stadium van ontwikkeling van tropiese sikloon Dineo word in die satelliet- beeld in FIGUUR 1.6 geïllustreer? (1x1) (1) ANT: Verval / ontbinding (1)

(b) Gee bewyse uit die satellietbeeld om jou antwoord in VRAAG 2.6.3(a) te staaf. (1x2)(2) ANT: Minder sigbare draaikolk (2) Die oog is nie sigbaar nie (2) Beweeg oor Mosambiek / het oor Madagaskar beweeg / beweeg oor land (2) (Enige EEN)

2.6.4 Verduidelik die volgende frase uit die artikel: "tropiese depressie, wat nou na verwys word as ex-Dineo ..." (1x2)(2) ANT: Die storm is afgegradeer na ʼn tropiese depressie (2)

Page 16: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

16

2.6.5 In ʼn paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die omgewingsimpak wat tropiese sikloon Dineo op die Laeveld- en platorandstreke van Mpumalanga en Limpopo sal hê. (4x2)(8) ANT: Toename in gronderosie (2) Verwydering van plantegroei (2) Verlies aan lewe van wilde diere (2) Natuurlike habitat van diere word vernietig (2) Voedselketting en voedselweb word vernietig (2) Verwydering van vrugbare grond (2) (Enige VIER ) FIGUUR 2.6: TROPIESE SIKLOON DINEO DOOD VIER MENSE IN MOSAMBIEK 2.7 Verwys na FIGUUR 2.7, `n satellietbeeld van Tropiese Sikloon Dineo.

Page 17: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

17

FIGUUR 2.7: SATELLIETBEELD VAN TROPIESE SIKLOON DINEO

2.7.1 (a) Hoeveel siklone het sikloon Dineo voorafgegaan? (1 x 1)(1) ANT: Drie (1) (b) Verskaf EEN sigbare eienskap in die satellietbeeld wat bevestig dat Dineo `n Tropiese Sikloon is. ANT: Dineo het `n oog (1) Sikloniese beweging van die lugmassa (1) Dineo kom voor in die Mosambiekkanaal (1) Geleë aan die oostelike kuslyn van Suider-Afrika (1) Die sisteem beweeg weg van die ewenaar(1) Die sisteem beweeg binne die tropiese oostewindgordel(1) [ENIGE EEN] 2.7.2 Verwys na die vergrote gedeelte van die area A. (a) Teken die sinoptiese simbool om die ontwikkelingsfase van Dineo aan te dui. (A) (1 x 1)(1) (b) Gee toepaslike terme wat die letters X en Y beskryf. (2 x 1)(2) ANT: X – oogwand/oogmuur (1) Y –oog (1) (c) Lewer kommentaar op die verskille in die sirkulasie van die lug by X en Y. (2 x 1)(2) ANT: X/Oogwand/muur – Die lug spiraal kloksgewys na die senter van die sisteem en sirkuleer langs die buitenste omtrek van die oogmuur. (1) Die oogmuur het sterk winde en bestaan uit vertikale donderstorms wat swaar reën en stormsterkwinde veroorsaak (1) Y/Oog - Die oog word gekenmerk deur ligter winde (ongeveer 24 km / h) (1) Die dalende lug in die oog onderdruk wolkvorming (1) [ENIGE TWEE - MOET EEN VIR OOGMUUR EN EEN VIR OOG WEES] 2.7.3 Tropiese Sikloon Dineo word beïnvloed deur die beskikbaarheid van temperatuur. Skryf 'n paragraaf van ongeveer AGT reëls waarin jy verduidelik hoe temperatuur beskikbaar gestel word en verminder word in die stelsel, gedurende die volwasse- en vervalstadiums. (4x2)(8) ANT: VOLWASSE STADIUM Temperatuur word vasgevang as latente hitte in lugmassas met hoë waterdampinhoud (2) Temperatuur word vrygestel wanneer kondensasie plaasvind. (2) Sterk konveksiestrome lig/verhef lugmassas na hoër hoogtes (2) Vinnige opheffing en kondensasie stel groot hoeveelhede temperatuur in die stelsel vry (2) WEGSTERFSTADIUM/ONTBINDINGSTADIUM/VERVALSTADIUM Temperatuur verlaag wanneer die stelsel oor land beweeg (2) Minder vog en laer temperatuur is oor die landoppervlak beskikbaar (2) Minder vog en laer temperatuur verminder kondensasie en die vrylating van latente hitte (2) Landoppervlakte veroorsaak wrywing wat die temperatuur van die stelsel oor landoppervlaktes, verlaag (2) [ENIGE VIER - MOET NA ALBEI DIE STADIUMS VERWYS]

Page 18: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

18

3.1 Verwys na FIGUUR 3.1 wat vier weerstasies toon. Pas die stellings hieronder by weerstasies A tot D. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer (3.1.1–3.1.7) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 3.1.8 A. FIGUUR 3.1: WEERSTASIES

3.1.1 Donderstorms kan waarskynlik ervaar word. = D (1) 3.1.2 Windspoed is 25 knope. = B (1) 3.1.3 Dui wolklose toestande aan. = A (1) 3.1.4 Windrigting is suidwes. = D (1) 3.1.5 Geassosieer met stabiele toestande oor die binneland in die winter. = A (1) 3.1.6 Toestande wat in die winter aan die weskus van Suid-Afrika heers. = C (1) 3.1.7 Die verwagte neerslag is motreën. = B (1) (7 x 1)(7) 3.2 Bestudeer FIGUUR 3.2 wat 'n uittreksel uit 'n sinoptiese weerkaart van Suid-Afrika is. FIGUUR 3.2: ‘N SINOPTIESE WEERKAART VAN SUID-AFRIKA.

Page 19: Geografie Klimatologie ANTWOORDE Graad 12 - 2020 · E het koue lug en F het koel lug (1) [ENIGE EEN] 1.7.4 Teken die sinoptiese simbole vir die fronte gemerk A en B (Verwys na jou

19

3.2.1 Oor watter oseaan kom lugdrukstelsel A voor? 3.2.2 Noem die lugdruk in gebied C. 3.2.3 Dui die weerverskynsel aan wat deur die verlengde isobare van lugdruksel A ondervind word. 3.2.4 Benoem die hoogdrukstelsel by C. 3.2.5 Is die weer wat met lugdruksel A geassosieer word, stabiel of onstabiel? 3.2.6 Beskryf die lugsirkulasie by weerstelsel D soos dit styg. 3.2.7 Wat is die lugtemperatuur by weerstasie F? 3.2.8 Beeld hierdie sinoptiese weerkaart somer- of wintertoestande uit? (8 x 1)(8) 3.3 Bestudeer FIGUUR 3.3 gebaseer op `n sinoptiese weerstasie. Kies die korrekte antwoord tussen die hakies om die stelling waar te maak. Skryf slegs die nommer en die korrekte antwoord neer, bv. 3.3.9 Grond. FIGUUR 3.3: SINOPTIESE WEERKAART

3.3.1 Die (windrigting/lugdruk) word deur E bepaal. 3.3.2 Die vlak van neerslag, gemeet oor 'n tydperk van 6 uur, word deur (C/D) voorgestel. 3.3.3 Die huidige weer (G/C) word bepaal deur die vlak van sigbaarheid in die atmosfeer 3.3.4 (H/B) toon die huidige lugtemperatuur. 3.3.5 Die (windspoed/ windrigting) by F word bepaal deur die aantal lyne op die stam. 3.3.6 Die vlak van wolkbedekking by A word beste beskryf as (½/¾). 3.3.7 Die huidige barometriese druk in millibar word verteenwoordig deur (B/C). 3.3.8 Die huidige lugdruk tendens, soos gemeet oor 'n tydperk van 3 uur, toon (toenemende / afnemende) druk. (8 x 1)(8)