16
swartland en weskus die courant Uitgawe 170 tel 022 487 3221 25 April 2012 hugenotestraat 24, malmesbury gratis Hoop vir Bonwit-werkers Die Bonwit-klerefabrieke op Darling en Malmesbury wat einde Maart hul deure moes sluit, sal na alle verwagting later vanjaar weer hul deure oopmaak, hoe- wel onder nuwe bestuur en onder ‘n an- der naam. Persone wat voorheen hul brood en botter verdien het by dié fabrieke, wat vir 35 jaar klere gelewer het aan Edgars, Tru- worths, Daniel Hechter en Woolworths en soms Foschini, sien nou daarna uit dat onderhandelinge koers kry voordat dié bedryf weer aan die gang kom. “Die onderhandelinge (om die fabrieke weer oop te maak) is baie positief, maar op ‘n sensitiewe stadium,” het Fachmy Abra- hams van die klerewerkers-unie (SACTWU) Maandag bevestig. “Die doel van SACTWU se betrokken- heid by dié proses is om die 500 mense wat deur die Bonwit-sluiting geraak is, te help om weer te werk! Die Bonwit-werkers is opgelei en kundig in hul gebied en dié kennis kan nie sonder meer verlore gaan nie!” Hoewel Willie Theron, vorige bestuurder van die Darling-fabriek, nie oor die kwessie wou uitbrei nie, het hy bevestig dat verskil- lende rolspelers tans na die opsies kyk om die fabriek weer oop te maak. “Die kanse lyk redelik positief dat dit wel sal gebeur, maar dis ver te vroeg om oor ‘n datum of die hoeveelheid personeellede wat weer hier kan werk, te spekuleer.” Gevra oor die 17 mense wat na be- wering reeds weer in diens geneem is op Darling, het Theron geantwoord dat hulle “slegs besig is om ‘n laaste bestelling van Bonwit af te handel”. Bonwit-werkers het daagliks uit alle Swartlandse dorpe na die twee fabrieke op Malmesbury en die een in Darling ge-reis om sodoende ‘n inkomste vir ongeveer 500 gesinne te verseker. Een van hulle het Maandag vertel dat baie van die personeellede enkelouers is en afhanklik was van dié inkomste. “Baie van ons het met geen kennis nie, by Bonwit begin werk. Ons is opgelei, ons kon ons in hoër posisies opwerk en verder studeer. Party van ons mense het vir 30 tot 35 jaar by Bonwit gewerk. ‘n Nuwe fabriek sal vir ons mense ‘n groot uitkoms wees!” Die nuwe eienaar van dié vervaardi- gingsaanlegte wou met die courant se navraag nie enige kommentaar lewer nie. Fabrieke straks heropen onder nuwe eienaarskap Renosters in die Swartland Die eerste twee witrenosters aan die Weskus het verlede week by Yzerfontein aangekom. Die Buffelsfontein Wild en Natuurreservaat by Yzerfontein is die tuiste van die 5-jarige bul en 3-jarige vers. Eienaar Paul Loubser het gister met die courant se besoek vertel dat hulle van Mafikeng kom. Die bul se horing was al gesny, maar hy is besig om terug te groei. Volgens Loubser behoort hulle oor twee jaar te begin teel.

die courant 25 April 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

die courant swartland se grootste gemeenskapskoerant

Citation preview

Page 1: die courant 25 April 2012

swartland en weskus

die courantU

itgaw

e 17

0

tel 022 487 3221 25 April 2012 hugenotestraat 24, malmesbur y

gratis

Hoop vir Bonwit-werkersDie Bonwit-klerefabrieke op Darling en Malmesbury wat einde Maart hul deure moes sluit, sal na alle verwagting later vanjaar weer hul deure oopmaak, hoe-wel onder nuwe bestuur en onder ‘n an-der naam.

Persone wat voorheen hul brood en botter verdien het by dié fabrieke, wat vir 35 jaar klere gelewer het aan Edgars, Tru-worths, Daniel Hechter en Woolworths en soms Foschini, sien nou daarna uit dat onderhandelinge koers kry voordat dié bedryf weer aan die gang kom.

“Die onderhandelinge (om die fabrieke

weer oop te maak) is baie positief, maar op ‘n sensitiewe stadium,” het Fachmy Abra-hams van die klerewerkers-unie (SACTWU) Maandag bevestig.

“Die doel van SACTWU se betrokken-heid by dié proses is om die 500 mense wat deur die Bonwit-sluiting geraak is, te help om weer te werk! Die Bonwit-werkers is opgelei en kundig in hul gebied en dié kennis kan nie sonder meer verlore gaan nie!”

Hoewel Willie Theron, vorige bestuurder van die Darling-fabriek, nie oor die kwessie wou uitbrei nie, het hy bevestig dat verskil-

lende rolspelers tans na die opsies kyk om die fabriek weer oop te maak.

“Die kanse lyk redelik positief dat dit wel sal gebeur, maar dis ver te vroeg om oor ‘n datum of die hoeveelheid personeellede wat weer hier kan werk, te spekuleer.”

Gevra oor die 17 mense wat na be-wering reeds weer in diens geneem is op Darling, het Theron geantwoord dat hulle “slegs besig is om ‘n laaste bestelling van Bonwit af te handel”.

Bonwit-werkers het daagliks uit alle Swartlandse dorpe na die twee fabrieke op Malmesbury en die een in Darling ge-reis

om sodoende ‘n inkomste vir ongeveer 500 gesinne te verseker.

Een van hulle het Maandag vertel dat baie van die personeellede enkelouers is en afhanklik was van dié inkomste.

“Baie van ons het met geen kennis nie, by Bonwit begin werk. Ons is opgelei, ons kon ons in hoër posisies opwerk en verder studeer. Party van ons mense het vir 30 tot 35 jaar by Bonwit gewerk. ‘n Nuwe fabriek sal vir ons mense ‘n groot uitkoms wees!”

Die nuwe eienaar van dié vervaardi-gingsaanlegte wou met die courant se navraag nie enige kommentaar lewer nie.

Fabrieke straks heropen onder nuwe eienaarskap

Renosters in die Swartland Die eerste twee witrenosters aan die Weskus het verlede week by Yzerfontein aangekom. Die Buffelsfontein Wild en Natuurreservaat by Yzerfontein is die tuiste van die 5-jarige bul en 3-jarige vers. Eienaar Paul Loubser het gister met die courant se besoek vertel dat hulle van Mafikeng kom. Die bul se horing was al gesny, maar hy is besig om terug te groei. Volgens Loubser behoort hulle oor twee jaar te begin teel.

Page 2: die courant 25 April 2012

2 25 April 2012courantmenings/nuus

dis goeiedeur: Dr. Andrew Bosman

nuus

diecourant

Kontak die courant by 022 487 3221;faks 086 699 6276; epos [email protected]

www.diecourant.co.za

Die bediening van die genade

Ons beskou genade as iets wat aan iemand bewys word wat dit nie noodwendig verdien nie. Dit is asof ons gaan besluit of ons die genade gaan be-toon of nie.

Paulus skryf in die brief aan die Efesiërs in hoof-stuk drie dat die bediening van die genade aan hom verleen word. Dat die genade ‘n gawe van God is wat aan hom Paulus, gegee is ooreenkomstig die werking van God se krag.

Dit is in die krag van God dat ons genade kan be-toon en nie in ons eie krag nie!

Hy bid dat hulle nie moedeloos sal word nie, dat hulle met krag versterk sal word deur die Heilige Gees in die innerlike mens. Ons moet besef hoe afhanklik ons van God is om Sy opdragte uit te voer deur me-kaar te vergewe, lief te hê en die Woord van redding te kan deel met iemand wat nog nie die genade van God aanvaar het nie.

Dat Christus deur die geloof in ons harte kan woon, sodat ons vervul kan word tot die volheid van God.

Hy wat instaat is om te doen ver bo wat ons kan bid of dink deur Sy Gees wat in ons werk.

Die uitvoerende hoof van Afriforum, Kallie Kriel, was Donderdagaand die hoofspreker by die jaarvergadering van die Malmesbury Landbouvereniging.

Tydens ‘n kort toespraak oor ‘Doeners skryf die Geskiedenis’, het hy die volgen-de punte beklemtoon:

As jy iewers ‘n behoefte aan iets sien en niks daaraan doen nie, gaan die geskie- denis met jou gebeur. “Begin net en doén iets,” het hy gesê.

Met talle voorbeelde uit die geskie-denis van Afriforum, het hy dié stelling ondersteun dat slegs ‘n paar mense ‘n oënskynlike groot probleem kan oplos ás iemand net bereid is om op te staan vir die saak. “Daar is ‘n behoefte aan leiers op elke terrein van die lewe. Soos ek deur ons land reis en verskillende dorpe besoek, begin ek raaksien dat Suid-Afrika baie meer leiers het as wat ek gedink het! En hier praat ek van leiers op elke gebied van die lewe – in maat-skaplike of kerksituasies, of iemand wat ‘n verskil aan werkloosheid maak,” het Kriel gesê.

“Omdat Afriforum doeners is en ‘n verskil wil maak daar waar hulle betrokke raak, kyk ons altyd na die realiteite, erken ons daardie realiteite en evalueer ons dan wáár ons ‘n verskil kan maak. Wat die geskiedenis in Zimbabwe ons leer, is

Begin net en doén iets - Kallie Kriel op Malmesbury

dat daar ‘n gebrek aan sterk burgerlike strukture was, vandaar die ongerymd-hede waarvan ons almal weet.

“Afriforum wil die boodskap uitdra dat daar sterk strukture in elke gemeen-skap gevestig moet word, veral as ons wil sorg dat dienslewering op ‘n hoë standaard in ons omgewing gelewer word,” het Kriel gesê.

Hy het voorts gesê dat Afriforum se ‘kyk na die realiteite’ hulle tot die slot-som gebring het dat die ambag-oplei-ding in die land, veral in die Afrikaanse opset, in ‘n krisis-situasie beland het.

“Omdat ons organisasie te alle tye ‘n selfdoen-kultuur bevorder, moés ons hier intree, ter wille van voortgesette ambag-opleiding vir ons jong mense.

“Respekteer altyd ander, maar wees dóéners! As jy in jou omgewing ‘n verskil maak, is jy reeds ‘n doener!”

Kriel het die SM gekomplimenteer met Malmesbury se netjiese en skoon voorkoms.

Oor die geskiedenis en funksionering van Afriforum, het hy gesê dat dit gestig is weens die apatie wat die stigters in die Noorde raakgesien het.

“Mense het begin emigreer - of na die buiteland, of na binne-in hulself. Ons het ‘n moedeloosheid en slagoffer-gevoel begin sien, dus is Afriforum gestig, om mense te ondersteun.”

Afrifrorum se ledetal het die afgelope ses jaar, sedert sy stigting, gegroei tot 36 000.

Trap en klits vir dieresorg

Petrolene de Beer oor eerste hekkie met

skenking

Regstelling: By die Sakekamer-foto wat verlede week in die courant geplaas is, is verkeerdelik na Thys Cronjé (RSA Makelaars) as Thys Carstens verwys. die courant vra ver-skoning vir enige ongerief wat hierdeur veroorsaak kon word.

Verlede Woensdag het die skenker-beenmurg wat Pe-trolene de Beer van Malmesbury se lewe kan omkeer, net betyds vanaf Kanada opgedaag om aan haar toegedien te word.

In die beenburg-eenheid in die Constantia-kliniek in Kaapstad, het dié oortapping (wetenskaplik oorplant-ing genoem) slegs een uur geduur, maar die kritieke tyd, waartydens dié baba-beenmurgselle moet ‘vashaak’ en

groei, lê nog vir die volgende 10 dae voor.

Gereelde bloed-toetse en ‘n lang pad van herstel lê nog voor, maar Pietie en haar man Andries is positief en dankbaar vir al die ondersteu-ning wat hulle tot dus-ver ontvang het.

Hulle is veral dank-baar vir die onbaat-sugtige bydrae van die skenker van Kanada.

Verlede week het Swartlanders hande gevat om geld in te samel vir die versorging van diere, veral met die oog op die winter. Wicus van der Merwe het ook sy deel gedoen en letterlik ‘n handjie by gesit vir dié saak, wat uiteindelik R10 250 geïn het. Op die foto’s bo is Wicus en Bouwer van der Merwe aan die op-warm, terwyl Saretha Fouché en Marisa en René van der Merwe (onder) die oefenfietse aangepak het.

Hoe kry jy dit reg om positief te bly? Hoekom hoor ek jou nooit kla nie? Hoe kry jy dit reg om in vandag se tye inbesig-heid te bly? Kyk na die petrolprys en kyk hoe gaan dit in ons land. Só gesels twee manne om die vuur verlede week. Die

een werk nog sy lewe lank vir ‘n baas en die ander het uit-gespring om sy eie potjie te krap.

“Man dit is maklik. Dit is alles hier bo in my kop. Toe ek nog vir die staat gewerk het, het ek van agt tot vyf gewerk. Ek was nooit tevrede met my baas nie en ek het ook voort-durend gesien hoe alles agteruitgaan en hoe daar vir my geen toekoms was nie.

“Maar nou is ek my eie baas en as ek vandag nog gedink het soos toe, was my besigheid se deure al lankal toe.

“Dit gaan oor ‘n keuse en ek het gekies om op hierdie pad te wees. En dit is ongelooflik bevrydend.

“Elke opdraand/uitdaging het ‘n afdraand/antwoord.”So maklik om vas te haak, maar net so maklik en veel

aangenamer om te glo waar ‘n wil is, is ‘n weg.Of jy nou, renosterstropery ten spyt, renosters aankoop

en of jy die tekstielbedryf se moeilike tye en al weer tek-stielfabrieke wil oopmaak en of jy die tawwe tye van die wynbedryf oorskadu met ‘n wenproduk - as die deure toe is, miskien moet jy net daardie handvatsel draai...

Ten spyte van

By die Malmesbury Landbouvereniging se jaarvergadering was Bennie Lam-brechts, Kallie Kriel, Uys van der Westhuijzen, Tijmen van Essen en Jacobus Snyders.

Page 3: die courant 25 April 2012

325 April 2012 courantnuus

Twee van Swartland Wynkelder se wyne in die betreklik nuwe Bush Vine-reeks het verlede week presteer toe hulle plekke losgeslaan het onder die Top-100 Wyne in Suid-Afrika vir 2012.

Swartland se 2010 Bush Vine Pinotage en die 2010 Bush Vine Shiraz is die uit-blinkers.

Keldermeester, Andries Blake, het gesê hierdie die eerste toekenning vir Swartland se Bush Vine-reeks bevestig die Swartland Wynkelder se volgehoue kwaliteit.

“Hierdie droëland bosstokke lewer kwaliteit vrugte met vol geure vir ‘n beson-dere wyn.”

Die twee wyne is nie net onder die Top 100 gelys nie, maar is ook albei ingesluit op die lys vir Best Value-wyne.

Die SA Top-100 toekennings is vanjaar vir die tweede keer gedoen en net minder as 400 inskrywings is ontvang.

Die samestelling van die Top-100 is 4 MCC vonkelwyne, 38 wit wyne, 51 rooi wyne, 2 “natural sweet”-wyne en 4 port-styl wyne.

Die voorsitter van die beoordelaarspa-neel, Tim Atkin, het gesê die kwaliteit van vanjaar se inskrywings het dit vir die beoordelaars baie moeilik gemaak.

Swartland in die kol met sy Bushvine

Cloof oes goud met LynchpinDie 2006 Lynchpin-wyn van Cloof naby

Darling het ‘n goue medalje verower by die 16de jaarlikse Berlynse wyntoekennings.

Hierdie kompetisie met sy bykans 5800 inskrywings vanjaar tel onder die top inter-nasionale wyntoekennings.

Daar het vanjaar 23 Suid-Afrikaanse wyne tot die eindronde deurgedring en slegs ‘n paar het met goud weggestap.

Cloof se Belgiese wynmaker, Christo-pher van Dieren, vertel dat die Lynchpin 2006 ‘n versnit is met 70% Merlot en 30% Cabernet Franc 30%. Die wyn is vir 18 maande verouder in Franse eikehoutvate waarvan driekwart nuwe vate was.

Die druiwe kom van bosstokke - Merlot wat in 1998 aangeplant is en die Cabernet Frank is in 1999 geplant.

Andries Blake, keldermeester van Swart-land Wynkelder met die twee wenwyne - Swartland Bushvine Pinotage 2010 en Shiraz 2010.

Nie te koop aan persone onder die ouderdom van 18. Geniet verantwoordelik.

SW

L772

Neem deel aan Swartland Wynkelder se opwindende promosie en wen!

Stuur vir ons jou interessante Swartland storie, van ons eie mense en hul dinge, of laat weet ons van geleenthede in ons area en wat dit spesiaal maak. Ons benodig

2 of 3 goeie kwaliteit foto’s (een van naby en een van die omgewing waar die storie afspeel) asook 100 woorde oor die foto’s. Die storie wat gekies

word sal op ons webtuiste verskyn en die wenner sal 2 kiste Swartland Wyn ontvang. Alle inligting kan na [email protected] gestuur word.

Kom geniet alles wat uniek en spesiaal

in die Swartland is by die Olyffees

5-6 Mei 2012!

Swartland wyn sal beskikbaar wees

by die Olive Boutique en Joshuas!

Kom kuier saam!

mySwartland‘Ek wou so graag ′n model gewees het,’ sê die mooi ma van vier. Soos die lewe loop het Ernestine Groepies-Larey haar kreatiwiteit en passie vir onthaal in ′n besigheid omskep waarmee sy haar gesin eiehandig kon onderhou. Excellent & Creative Events behartig van privaatfeeste tot offisiële funksies en Ernestine maak seker dat elke geleentheid uniek is. Die historiese huis in Malmesbury waar sy woon loop oor van kleurvolle rangskikkings, geskep vir haar kliënte.

WEN

SW

L777

Page 4: die courant 25 April 2012

4 25 April 2012courantmotorsVir die 38-jarige Eduard López van Spanje is ‘n solo motorfietstoer deur Afrika nie meer belangrik as enige an-der daaglikse belewenis nie.

“Dis belangrik om élke dag voluit te beleef; om nie te wag vir ‘eendag’ nie,” verklaar hy in redelike vlot Engels ter-wyl hy verlede week oornag het op Malmesbury. Eduard beskryf homself as ‘n bemarker en reisiger. Hy pak gereeld toere aan met sy ‘rooi sebra’ (sy mo-torfiets met rooi- en swart strepe), waartydens hy die Riders for Health-inisiatief wêreldwyd bekendstel.

Dié nie-winsgewende organisasie help op af-geleë gebiede dat gesond-heidsorg-werkers vervoer soos ligte motorfietse be-kom, sodat voorkombare siektes nie onnodig lewens hoef te eis nie.

Eduard het vier maande gelede uit Tunisië vertrek en elke dag voluit beleef. Hy beskryf sy moeilikste tye as dié rondom die oorlog-gesteis-terde Nigerië. “Ek is herhaaldelik ge-waarsku om nié deur Nigerië te reis nie, maar het tóg besluit om my roete deur die weste van Nigerië te volg.

“Ek moet bieg, ek was baie gespanne en het feitlik niks geëet in Nigerië nie. Totdat ek my grootste val in Afrika dáár geval het! Dadelik het twee fietse en ‘n kar by my gestop, want my rug en my motorfiets het sleg seer gekry.

“Ek was bang, maar die mense was baie behulpsaam! Ek is daar gehelp, en het geleer dat elke dorp beskerm word deur gewapende mans - al het dit my baie afgeskrik.” Hy was geensins beïn-druk met die onbehulpsaamheid van die Spaanse ambassade-personeel in Afrika

nie, maar as hy gevra word oor wat hom die meeste beïndruk het van Afrika, hui-wer hy nie een oomblik nie:

“Die vriendelike mense. Die mense van Afrika is die hele skat en waarde van dié kontinent, al is die natuur is ook wonderlik.”

Eduard het spesiaal nie die hoof- roetes gevolg nie omdat hy die lewen-

styl van die inwoners wou beleef.Hy het plaaslike kos gekoop en saans

in die veld geslaap, in ‘n tent wat sy kos-bare BMW motorfiets ook kon beskut. “My ete gisteraand van biefstuk en vis in ‘n plaaslike restaurant op Malmesbury was wonderlik - die lekkerste in vier maande!”Hy beskryf homself as iemand wat nooit eensaam raak as hy alleen toer nie. “I much prefer the sound of a good BMW boxer engine than the “Love Me Tender,” som hy homself op.

Hy het baie gou opgehou om sy web-tuistes op te dateer, want hy wou eerder die bekoring van Afrika indrink as om gereeld met die tegnologie te werk ter-wyl hy in die natuur is. Lees sy webtuiste by www.ridetotroots.com.

Met Rooi Sebra deur Afrika

Op die foto is Eduard López en Frank van Niekerk.

In a titanic battle that stretched across all 14 special stages and thrilled thousands of rally fans who packed the spectator points along the 600km route, the final outcome of the 2012 Sasol Rally in Mpumalanga on Friday and Satur-day went to the wire.

Just as they had done in the opening round in the Total Rally in KwaZulu-Natal in March, Castrol Team Toyota’s Johnny Gemmell and Carolyn Swan (class S2000 Toyota Auris) and Mark Cronje and Robin Houghton (class S2000

Ford Fiesta) slugged it out over the 200 kilo-metres of high speed forest roads in the Sabie, Graskop and Hendriksdal areas of the Mpuma-langa Lowveld.

The Castrol Toyota pair again had to con-cede victory to their arch rivals for the cham-pionship and brought their four-wheel drive rally Auris across the finish line at the Lowveld Showgrounds in Nelspruit on Saturday af-ternoon just 3,1 seconds behind Cronje and Houghton.

Gemmel and Swan a close second in Sasol Rally

Castrol Team Toyota’s Johnny Gem-mell and Carolyn Swan

Page 5: die courant 25 April 2012

525 April 2012 courantnuusPetra wen ‘Star Search’

Kerk se gholfdag: Die Swartland NG Moederge-meente het Saterdag sy gholfdag op Malmesbury gehou. Hier is Erich Liebenberg, Ernest Thomp-son, Jannie Kemp en Piet Gelder-blom.

Petra Mans van Malmesbury was die vo-rige naweek die algehele wenner van die Star Search kompetisie van Fairbridge Mall in Brackenfell. Petra, wat reeds van kleindag af mense laat regop sit met haar stem, het eers haar kategorie (Pop Rock-solosang) gewen en is toe bekroon as die sanger met die meeste punte in die kategorie. Daarna is sy ook aangewys as die algehele wenner met die meeste punte in die hele kompetisie (92,3%). Sal by Riana van Wyk probeer uitvind). Die kompetisie was baie straf, maar met Petra se fenominale stem het sy haar ‘sangdroogte’ van die afgelope tyd ver-breek. Sy het met ‘n enkele liedjie gewen, terwyl ander deelnemers in meer as een kategorie ingeskryf was.

Jim Green’s Pub open vandeesweek sy deure in Tuinstraat 2, Malmesbury.

Die eienaar, Henriëtte Engelbrecht, is opgewonde oor die moontlikhede wat dié nuwe bestemming bied vir almal wat ‘n Unieke afsaal- en kuierplek soek.

“Ons het verskillende kuierhoekies buite, op die stoep en onderdak, waar gaste kan ontspan.

Binne kan ons gaste kuier in ‘n Rustiek-styl sitkamer of nader aan ons kroeg by ons hoë tafels, reg vir Rugby,” nooi hulle.

“Jim Green’s bied die ideale geleent-heid vir egpare om saam te ontspan en dis ideaal vir sake-afsprake bedags.

Saans is ons Veilige parkeerterrein

helder verlig, met ‘n unieke, gesellige at-mosfeer binne en op die stoep.”

Pizza’s is tans Jim Green’s se hoofdis, maar hulle beplan om binnekort ook ‘pub lunches’, ‘bikers breakfasts’ en “bar baskets” by die spyskaart te voeg.

Kyk ook uit vir hulle “cocktail menu” wat binnekort beskikbaar gestel gaan word.

“Kom ontspan enige aand van die week en herlaai jou batterye,” nooi Hen-riëtte.

Besoek dié nuwe wegbreek-bestem-ming in Tuinstraat 2 tussen 11:00 en 24:00 of skakel 022-4824194 vir meer inligting.

Me. Margie Rust (middel voor, met die pers aan) van Aandskemering-tehuis vir bejaardes op Malmesbury het Maandag haar 90ste verjaardag saam met haar vriende en mede-inwoners gevier. Sy beïndruk vriend en vyand met haar lewen-dige geaardheid en helder gees.

Nuwe Jim Green’s Pub open sy deure op Malmesbury

Promosie

Page 6: die courant 25 April 2012

6 25 April 2012courantnuus

Adriaan Burger van Laerskool Swartland het onlangs 1ste plekke vir knortjorre behaal in die 160cc klein-raam en 160cc groot-raam.

Suzann Beukes het vroeër die jaar WP kleure ontvang vir uitvoerende kunste in drama en klavier. Sy het ‘n goue, 2 sil-wer en ‘n brons medalje ontvang by die SA Kampioenskap vir Uitvoerende Kun-ste in Rustenburg. Met die prestasie is sy vereer deur in die SA span opgeneem te word vir die wêreldkampioenskap.

Mnr. Stanton Jones is vanaf April aan die stuur van Darling Kollege. Hy was eers ver-bonde aan Blouberg International School, maar hy en sy gesin het hulle in die plat-teland kom vestig. By Jones is die graad sewes van die Kollege.

Kunstenaar tree op: Lize Beekman (middel) het gaste verlede week by die De Bron Kleinteater met haar unieke styl en sangstem bekoor. Saam met haar is Hein en Andra Tinderholm asook Selma Walters en Fanie Walters.

Page 7: die courant 25 April 2012

725 April 2012 courantnuus

Malmesbury Superspar het verlede week die Cleaver-toekenning vir die beste slaghuis tydens ‘n spoggeleent-heid in Johannesburg by die Rooivleis-vereniging ontvang.

Met hierdie toekenning het die slag-huis-afdeling weer eens bevestig dat die uitstekende reekse en produkte wat hier beskikbaar is, altyd baie vars en van hoogstaande gehalte is.

Malmesbury Superspar het uit 75 fi-naliste kwaai kompetisie gekry voordat hy vroeër vanjaar as wenners uit dié jaarlikse landwye Cleaver-kompetisie getree het.

Tydens die kompetisie word 212 punte gebruik om die 75 finaliste onaf-hanklik te evalueer - dit behels onder-soeke sonder vooraf kennisgewing.

Aspekte soos higiëne, goeie klante-diens, die nakom van voorgeskrewe wetgewing en goeie snitte, vorm alles deel van hierdie evaluerings.

Elke provinsie se slaghuise word beoordeel in drie kategorieë: Slaghuise met drie of meer kasregisters, drie of minder kasregisters en Supermark-slag-huise.

Malmesbury Superspar was die wen-ner in die Wes-Kaap!

Oor hierdie toekenning sê die mede-eienaars, Des Moller en Albie Coetzee: “Malmesbury Superspar bedank weer al hul klante vir getroue ondersteuning. Wees altyd verseker van die beste diens aan u, ons kliënte, en van ‘n slaghuis-afdeling waarop u kan staatmaak en vertrou!” verklaar Des en Albie.

Dirk Oosthuizen van die slaghuis-afdeling op Malmesbury saam met Des Moller.

Malmesbury Superspar ontvang gesogte

Slaghuis-prys

Page 8: die courant 25 April 2012

8 25 April 2012courant

die courant kalender

courantwat gebeurSudoku 170

Sudoku 169antwoord

April/Mei

Riebeek GPF 26 April - ‘n GPF-vergadering word om

19:00 gehou in die stadsaal op Riebeek-Wes.Skakel die polisiekantoor vir meer in-

ligting.

27 Mei - ‘Kaalvoet’-dag op Yzerfontein lok rolbalspelers Boland Rolbal en die Yzerfon-

tein-klub nooi alle belangstellendes om Vrydag hul opedag by te woon.

Die doel is juis om meer rolbal-blootstel-ling aan die publiek te verleen en word die

‘Rolbal-bewusmakingsdag’genoem.Die dag sal baie informeel wees en persone

wat graag wil probeer rolbal speel is welkom! Indien hulle nie plat skoene of plakkies het

om mee te speel nie, mag hulle ook kaalvoet speel. Party mense noem hierdie dag ook die

kaalvoet dag.Van die fondse wat ingesamel word, word

aan KANSA geskenk. Balle is beskikbaar en regdeur die dag sal lekker kosse teen billike

pryse verkoop word. Toegang beloop R10 en dit begin om 9:30.

Skakel Elma vir enige verdere inligting (022-451 2018/084 430 4100).

AGS Corpus Christi29 April - Die AGS Corpus Christi op

Malmesbury hou om 09:30 hul oggenddiens met die titel: Die Stem Van Die Here, gelei

deur pastoor Piet Smit.Die aanddiens volg om 18:30, gelei deur

Johan Smit.Skakel 073 447 2902 vir navrae.

SANLAM/KANSA Malmesbury Gholfdag

12 Mei - Groot pryse te wen in SANLAM/KANSA Malmesbury Gholfdag

Die Sanlam Kanker Gholf uitdaagreeks vind by Malmesbury gholfklub. Alle gholfspelers: Kom

neem deel aan KANSA se stryd teen kanker. Sanlam is die grootste borg vir die dag en Ernie Els wyne sal ook opgeveil en te koop wees. Die volgende pryse,

geborg deur Sanlam kan gewen word:5 x oornag reissakke (3 vir die mans en 2 vir die

dames – 1 vir elke afdeling)3 x trollie tasse (vir die mans - 1 vir elke afdeling)3 x opvoubare mandjie-koelsakke (vir die mans -

1 vir elke afdeling)4 x stelle van 3 gholfballe vir die 2 naaste aan die pen-kompetisies (2 elk vir die mans en dames)

72 x paar manssokkies en 10 x paar damessok-kies - vir elke speler ‘n paar.

‘n Tweedaagse Ernie Els-ervaring is ook op die spel. Die kompetisievorm kan tydens die gholfdag

of aanlyn voltooi word. Dit behels ‘n 18 putjie gholf-spel op Oubaai gholfbaan naby George en ‘n toer met ligte middagete deur die Ernie Els Wynland-

goed by Stellenbosch. Die dag word afgesluit met aandete by the Big Easy-restaurant in Stellenbosch.

Alle kostes sal betaal word.

Lida en Johan Botha16 Mei - Die Malmesbury Museum bied ‘n sop en

sjerrie-aand aan om 18:30 metLIDA EN JOHAN BOTHA

Kaartjies R50 - Kontak Lyn by die museum 022-482 2332 of 072

753 0740.

Museumdag19 Mei - Internasionale museumdag

Darling Museum deel in die vieringe van inter-nasionale museumdag van 10:00 tot 14:00 met

tradisionele handwerk soos die maak van botter en alle tipes kaas met outentieke gereedskap en die

spin van sybokhaar met ‘n antieke spinwiel.Daar is aktiwiteite te kus en keur, soos histo-

riese wandelinge, demonstrasies van olyfolie en olyfprodukte, leer- en kwiltprodukte, ‘n katte-

bakverkoping en ‘n groot verskeidenheid heerlike eetgoed.

Skakel Dianne (022 492 3361) vir meer inligting.

Speelkasteel Dans19 Mei - ACVV speelkasteel hou ‘n dans in die

stadsaal; 18:30 vir 19:00.Bring eie eet & drinkgoed, borde en glase;

Kaartjies kos R75 per persoonKom geniet die aand saam met ons!

Skakel Elrien vir navrae by 076 960 4634.

Die gewilde jaarlikse kaasfees vind weer van 27 tot 30 April by Sandringham plaas.

In die courant se kompetisie in samewer-king met die kaasfees het twee gelukkige lesers, Noeline van Schalkwyk van Moor-reesburg en Liezel Fourie van Malmesbury elkeen ‘n dubbelkaartjie na die fees losge-slaan.

Vir meer inligting oor die fees skakel Agri-Expo by 021 975 4440 of besoek die web-werf by www.cheesefestival.co.za.

Wenners van kaartjies na naweek se

Kaasfees

Wen met Allesverloren

en Olyffees Allesverloren by Riebeek-Wes is weer slaggereed vir die jaarlikse Olyffees wat op 5 en 6 Mei in die Riebeekvallei plaas-vind.

Volop vermaak vir oud en jonk, ‘n boere- mark asook goeie kos en wyn by die drie onthaallokale maak Allesverloren ‘n móét-kuierplek by vanjaar se fees.

Nege gelukkige lesers kan elkeen ‘n prys wen in die courant se SMS-kompeti-sie saam met Allesverloren.

Deelnemers moet ouer wees as 18 en hulle moet self hul pryse tydens die Olyffees by Allesverloren afhaal.

Daar is ‘n gesogte 3 liter bottel Alles-verloren Cabernet Sauvignon, 2000 oes-jaar, op die spel asook agt geskenkpakke met Allesverloren Port, 2 glase en heer-like sjokolade.

Om vir hierdie pryse in aanmerking te kom, SMS jou naam en van, dorp en die naam van die landgoed by Riebeek-Wes voor 4 Mei na 084 833 3813.

Die eerste naam wat getrek word, sal die 3 liter wyn wen en die volgende agt elk ‘n geskenkpak.

Die “Eurocamp for kids” vind in Duitsland plaas van 27 Julie tot 11 Augustus, ‘n jeug-ontwikkelingsprojek, wat nog twee openinge het vir tieners wat belangstel. Die kostes be-loop R 15 300 en sluit alles in (vlug, visum, vervoer in Duitsland, etes, oornag, mediese dekking, programfooi, toegang met uitstap-pies).

Skakel asb direk met Ilse Loock by 022 487 9400 of epos: [email protected]

Spring gou vir plek op

Eurocamp

Page 9: die courant 25 April 2012

925 April 2012 courantcourantkos en nuus

Sampioen, kersie-tamatie en pesto-

pasta Heerlik!

Vinnig en maklik

Bestanddele:500g sampioene van jou keuse, in skyfies gesny;250g kersietamaties, ge-halveer;twee eiergele;125ml vars room;3 e basilie-pesto;sout en peper na smaak;100g gerasperde parme-saan-kaas;250g fettuccini.

Metode:Braai die sampioene en kersietamaties in warm olyfolie. Gooi pesto oor en braai vir twee minute. Skep die sampioene en tama-ties uit en prut totdat die sous dik is. Meng die room, eiergele en kaas en gooi alles terug in die pan, ook die pasta. Maak alles deur-warm en garneer met vars basilieblare.

Karin Rabbets van die die Deli in die Checkers-sentrum op Malmesbury het hierdie week se heerlike Sampioen, kersietamatie en pesto-pasta voorberei. Besoek die Deli vir

heerlike tuisgebak, smaaklike wegneemetes.

Ek lees in die April-uitgawe van die ‘Di-eTuinier’, waar Kevin Beaumont sê ‘n tuin is nooit vir altyd nie.

Hoe waar is dit nie, want ons dink mos wanneer ons ‘n tuin beplan en geplant het, dit moet vir ewig wees.

Dit werk in die praktyk nie werklik so nie, behalwe vir ons bome en die groot struike wat moontlik eenmalig geplant word. Die kleiner plante en struike is nie vir ewig nie en het ‘n beperkte lewens-duur.

Op 17 April het Anna Cilliers by die Damesoggend gepraat oor die ‘7 doodsondes’ van tu-inmaak en een van hulle is die ‘sonde’ van verveling. Dit is wanneer ons almal dieselfde plant soos die buurvrou en ook as ons vasklou aan ‘n ou paar struike waarvan die lewensduur al lankal verby is.

Sy het gesê: “Stuur hulle plant-hemel toe” (terloops, dit is die komposhoop!)

Daar is baie min van jou kleiner struikies en ook grond-bedekkers wat jy vir langer as 2 tot 3 jaar in jou blom-akkers kan mooi hou. Neem nou maar byvoorbeeld die magriet- en laventelbossies, jy moet hulle kort-kort terugsnoei en dan is dit nie baie lank nie, dan begin hulle stokkerig raak of begin terugsterf. Die beste en goedkoopste manier is om hulle te vervang met ‘n vars nuwe plant.

Maar dit gee jou ook die geleentheid om jou blom- of struikakker heeltemal oor te beplan en dalk ‘n totaal ander groepering van plante bymekaar te sit en wanneer jy klaar is, dan sien jy eers hoe goed dit lyk en watter verfrissing dit aan jou geestestoestand maak. So – die

wagwoord is vernuwing, nie verveling nie!

Alle bladwisselende bome begin nou hul blare afgooi. Indien dit vir jou moontlik is, gebruik die blare as ‘n dek-laag. Anders, as jy dit moet optel en ver-wyder, onthou die planthemel (kompos-hoop)! Maak kompos van alle tuin-afval. Dit neem tyd, maar jy sal die resultate van jou moeite geniet!

Terwyl dinge in die tuin nou rustiger

raak, is dit tyd om na jou tuingereedskap om te sien. Laat slyp jou snoei-skêre en kyk dat alle grawe en vurke (groot en klein) in ‘n goeie toestand is. Laat jou gras-, randsnyer en tuinblare-suier diens en laat nuwe lemme aansit. Daar is nou tyd om dinge in en om die huis te doen waarvoor daar nie altyd tyd was nie. Jy kan ook nou al begin beplan aan die ve-randeringe wat jy wil maak in jou tuin.

Wat is die wagwoord nou weer ... ver-nuwing!

Lekker tuinmaak, Groetnis tot volgende keer George Retief

Hoe gemaak ...… Om my Tuin altyd Mooi te hê?

Kom hou vanjaar jolyt op Allesverloren, wat tydens Riebeek-vallei se Olyffees op Saterdag en Sondag, 5 en 6 Mei, ’n driekuns aan bedrywighede by dié landgoed se drie

onthaallokale bied.Proe wyn van verskeie wynmakerye

saam met smullekkerkos van stalletjies en deli’s by die landgoed se onthaal- en

konferensiesaal. Besoekers kan hulle ook verlustig aan die heerlikhede by die boer-emark, waar varsprodukte, olyfolie, pesto, tuisgemaakte brood, konfyt, biltong, aller-lei kaassoorte en roomys te koop sal wees.

Bestel jou gunstelingdrankie by die kroeg in die nabygeleë musiektent, waar plaaslike kunstenaars soos Waldo Lotz, Jo Nichol en Leonard Lang gaan optree. Wen kontantpryse en wyn vir die dolste fee-shoed – gaan krap in jou kaste rond! Skryf hiervoor in, teen R10 per inskrywing, by die tafel waar wynglase verkoop word. Die wenners sal om 17h00 op Saterdag in die musiektent aangekondig word.

Drentel na die proesentrum vir be-perkte aanbiedings op alle Allesverloren-wyne, onder meer die 2010 Danie’s Back-yard Blend, die 2008 Allesverloren Shiraz, wat vier sterre in Platter’s gekry het, en die 2007 Allesverloren Touriga Naçional. Net langsaan is die olyfspeelgrond waar kinders hulle in die springkasteel, op die

Kom geniet Riebeek-Vallei se Olyffees op Allesverloren

klimrekke of met die speelgoed kan uit-rinkink. Vir R5 per halfuur kan die kinders onder volwasse toesig speel. ’n Snoepwin-kel op die terrein sal heeldag oop wees.

Die Pleasant Pheasant-restaurant se à la carte-spyskaart is ook beskikbaar. Gaste kan die naweek se rugby boonop op die restaurant se groot skerm volg.

Toegang tot en parkering op die land-goed is gratis, en ’n pendeldiens sal gaste die 4 km tussen Allesverloren, Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel karwei.

Toegangstye vir die fees:Allesverloren se feesterrein: 09:00 tot 19:00

op Saterdag en 09:00 tot 17:00 op SondagAllesverloren se proelokaal: 09:00 tot 17:00

op Saterdag en 09:00 tot 16:00 op SondagPleasant Pheasant-restaurant: 08:00 tot

10:00 op Saterdag en 08:00 tot 16:00 op Sondag.

Skakel Allesverloren by (022) 461-2320 of stuur ’n e-pos-boodskap na info@ allesverloren.co.za vir nadere inligting.

Page 10: die courant 25 April 2012

Conradie Besproeiing op Malmesbury is ‘n familie-bedryf waar die eienaar, Jo-han en sy seun Roelof, saam met Lené wat die boekhouding hanteer, die sake stuur.

Johan het in 2002 met twee perso-neellede met Conradie Besproeiing begin en intussen het hulle van krag tot krag gegaan.

“Ons dienste sluit alles in wat met water te doen het,” verduide-lik Johan. “Dit beteken die toets van boorgat-pompe, installering van sandfilters, die lê van pype en deesdae ook al meer die aanbring van sonpompe.”

By Conradie Be-sproeiing is dienslewer-ing baie belangrik en Johan en sy perso-neel sal te alle tye daardie ekstra myl loop

om sy klante tevrede te stel.Hoewel Johan ook die alledaagse tuin-

besproeiing doen, kon-sentreer hy meestal op grootskaalse besproei-ing.

“Ons sê nooit nee vir werk nie. Ons werk in die hele Swartland, maar het al so ver as Touwsrivier en Barry-dale gewerk,” sê Johan. Daar waar die werk is, daar sal jy ons vind!”

Soos Johan te-rugkyk op 10 jaar van besigheid, is hy dank-baar. “Dankie vir elke lid van die publiek wat ons ondersteun! Ons belowe om soos in die verlede, ook in die toe-koms die beste diens en nasorgdiens aan al ons

klante te lewer!”Skakel Conradie Besproei-ing by 022 482 3004 of besoek hulle op die hoek van Arcadia- en St Johnsstraat op Malmesbury tydens kantoor-ure.

25 April 201210 courant promosieConradie Besproeiing

10 jaar oud

Johan Conradie

Roelof Conradie, Elbe Appollis en Lourens Jacobs

Page 11: die courant 25 April 2012

1125 April 2012 courant nuus

Netbal: Dié leerders van Laerskool Dirkie Uys is opgeneem in die Wes-Boland netbalspanne wat op 5 Mei Bolandproewe gaan speel in die Paarl. Van links agter is Marina Hanekom, Gizelle Kitshoff, Anlea Carstens en Carla Bester en voor is Corin de Waal en Candice Rhodes.

Debat: Die leerders van Schoonspruit Sekondêr het Donderdag Kring 1 by die Young Communicators Awards in Piketberg verteenwoordig. Charmoné Jacobs het gewen en verteenwoordig die Weskusstreek by die Provinsiale kompetisie op 12 Mei 2012 in Kaapstad. Hier staan Nikite Swartz, Charmoné Jacobs en Uwais Adonis.

Tennis: Laerskool Swartland se seunstennisspan het algeheel tweede geëindig in die Wes-Boland en die dogters eerste. By die spanne staan die afrigters Dirk van Niekerk en Anneke Van Der Merwe.

Skaak: Hierdie leerders van die Christelike Privaatskool op Malmesbury is in die Wes-Bolandspan vir skaak opgeneem en speel volgende naweek sake uit op Ceres vir ‘n plek in die Bolandspan. Hulle is Voor: Brock van der Westhuizen, Nash van der Westhui-zen, Evan Swart, Christiaan van Schalkwyk, Jaco van Vuuren en Warrick Scarfe. Agter is Ross van der Westhuizen, Cameron Hoggarth en Blaine Scarfe.

Kuddekompetisie lewer weer Top-Holsteins

Eerste Laktasie1. Klipheuwelplaas2. Bon Mella3. Eensgezind

Tweede Laktasie1. Welgegund2. Adderley3. Drie Susters / Eensgezind

Derde Laktasie1. Klipheuwelplaas2. Drie Susters3. Adderley

Beste UierDrie Susters 8213 Ronly

Jnr KampioenKlipheuwelplaas 9169 Blade

Snr KampioenDrie Susters 7070 Boss Iron

Beste Vordering Klipheuwelplaas

Dogtergroep1. Drie Susters Tempting2. Klipheuwelplaas Buckeye3. Adderley Zenith / Welgegund Nokia

Veldbeampte van die jaar.Hanno Pretorius

Beste VoorleggingJoyce’s Dairy

Algehele Wenner1. Klipheuwelplaas2. Drie Susters3. Adderley / Welgegund

Die uitslae van vanjaar se

Philadelphia Kuddekompetisie is:

Page 12: die courant 25 April 2012

25 April 201212 courant nuusUitslaeHSS speel teen

Schoonspruit

Die Hoërskool Swartland se spanne het verlede week met dié van Schoonspruit kragte gemeet. Bo probeer Karlo van Blerk van Hoërskool Swartland vir Gurdwill Coet-zee van Schoonspruit afskud in die O/16A-wedstryd. Regs spring Diané van Wyk van Swartland om die bal te verseker in die O/19A-netbalwedstryd.

Swartland het Saterdag op Malmesbury teen Hoërskool Hermanus te staan gekom. Regs druk Steven Burger die bal net-net kort van die doellyn met Callie Esbagh wat kom onder-steun en Hoërskool Swartland wen Hermanus 14-12.

Gholf Malmesbury: NG Kerk Moeder-gemeente Gholfdag1. G. Olivier en M. Bester 50,2. B. Dolmag en D. Coetzee 45,3. F. Moses en K.K. Moses 45,4. P. Jackson en J. de Beer 45,5. M. Basson en C. Basson 45,6. A. van Rensburg en J. Durr 44,7. C. Louw en Kwas du Toit 44,8. J. Spangenberg en G. Immelman 43,9. J. Geldart en S. Harding 43,10. G. Giannatale en D. Erasmus 43,11. G. Prinsloo en G. du Toit 42,12. J. Kemp en P. Gelderblom 42,13. Jaco Basson en D. Brennan 42,14. K. Loots en A. Louw 41,15. M. Kotze en C. du Plessis 41,16. L. Karsten en Q. Welman 41

Gholf derby

Twee sosiale gholfspanne van Moorrees-burg en Malmesbury het mekaar verlede week op Moorreesburg se baan aangevat.

Ses spanne van elke dorp, elk met twee spelers, het meegeding op 'n "stableford matchplay"-formaat.

Moorreesburg het dié spannende dag met 4-2 gewen. Spanne is nie deur die onderskeie klubs aangestel nie en vind slegs op sosiale vlak plaas.

Op die foto onder is (links agter) Damien Brennan, Jannie Kemp, Johan Kemp, Natie Albertein, Louis de Jager, Niel Koch, Stof-fel Koch, Koos Spangenberg, Jonny Weil en Christof Smit. Middel: Martell van Lill, Fer-die vd Merwe, Pieter Gelderblom, Jacques Bester, Gerhard Bester, Coenrad Botha enJannie Durr. Voor: Jaco Basson, Simon Swart, Lucas Theron, Appie vd Merwe, Piet Kemp, Danie Kemp. Afwesig: Peet Smit

Page 13: die courant 25 April 2012

1325 April 2012 courant nuus

Marné van Heerden skiet die bal.

Tiaano Walters wag vir die bal.

Ruben Tharrat (voor) en SJ Kot-ze.

LSS sportaksieDie Laerskool Swartland het verlede week hokkie, rugby en netbal gespeel teen die spanne van Laer-skool Eversdal van Durbanville.

Bo spring Danielle Thompson en Martine Versveld albei vir die bal.

Carla Steyn, Elouise Coetzee, Annika de Beer en Emma Louw span kragte saam om die bal te beskerm.

Roux Meyer hardloop met die grootbal onder die arm met sy spanmaats wat nader hardloop om te kom help.

Expressions Art School (vir kinders van 6 tot 13 jaar) op Malmesbury het Saterdag hul werk van die afgelope ses maande by Mount Royal uitgestal. Dit het saamgeval met ‘n uitstalling van Amber Goosen se fotografie. Op die voorgrond is Melanie Goosen, eienaar van die kunsskool.

Die Lionsklub van Malmesbury het die naweek betrokke geraak by die herwinnings-projek van die seunskoshuis van Hoërskool Swartland, deur self ‘n klomp van hul her-winbare produkte by die koshuis af te laai. Op die foto is Carine en Rudi Bezuiden-hout saam met Theresa van Vreden, Lizbé Geldehuys en Rudolf Knoetzen.

Senior burgers van Malmesbury is gister by Pick n Pay getrakteer. Op die foto is van links Buddy en Petro Kroukamp, Lappies en Marcia Labuschagne, Paul en Jenny Kotzé met Pick n Pay-bestuurder Nelia Kirsch agter. Van regs is Almarie en Nickie Oosthui-zen, Grace Taylor en Mabel Rinkwest, saam met werknemers van die winkel.

Page 14: die courant 25 April 2012

dienstedie courant

Om hier te adverteer vir bekostigbare

advertensies wat werk, kontak ons gerus by

022 487 3221

25 April 201214 courant dienste

Driaan Coetzee, eienaar van DC Scrap Metals op Malmesbury én Mooorrees-burg, het reeds drie jaar ondervinding in die skroot-bedryf.

Sy doelstellings is duidelik: “Om die beste pryse vir my kliënte te waarborg en kwaliteit diens te lewer.”

DC Scrap Metals maak persele en plase in die Malmesbury en Moorrees-burg-omgewing skoon van alle skroot-metaal en bied ook gratis kwotasies aan. Driaan nooi die publiek uit om

die DC Scrap Metals-kantoor in Alba-niestraat 16 op Malmesbury te besoek, of Industriële Singel op Moorreesburg, vir ‘n kennismaak of ‘n kwotasie.

Dié twee kantore word beman deur sewe goed opgeleide personeellede.

Driaan bedank sy getroue kliënte van die afgelope jare vir hul ondersteu- ning. Skakel DC Scrap Metals se kan-toor op Malmesbury by 022 482 4664 of Moorreesburg (022 433 4969) of Dri-aan op sy sel by 072 1109275.

DC Scrap Metals - Beste pryse gewaarborg

Page 15: die courant 25 April 2012

mini gigs & dienstedie courant1525 April 2012 courant nuus

4232.

• TOP CARPETS - VAKANTE POSISIE: BE-MARKER: SWARTLAND EN WESKUS - Ons benodig die dienste van ‘n selfgemo-tiveerde en energieke bemarker. Kennis en ondervinding van vloerbedekking sal tot u voordeel strek. Die suksesvolle kandidaat moet oor die volgende beskik: • Verkoopsvaardigheid en die vermoë om proffesionele diens aan kliënte te lewer.• ‘n Tegniese aanleg/aanvoeling,• Die vermoë om privaat asook ko-operatiewe kliënte te werf. • Bereid wees om die Weskus en Swartland area te bedien.• ‘n Geldige rybewys asook sy/haar eie betroubare vervoer. ‘n Basiese salaris en kommissie asook vergoeding vir petrol word aangebied. Faks asseblief u CV met kontakbare verwysings vir aandag van Alet Cronje op 022 482 2200. Die sluitingsdatum is 11 Mei 2012. Indien u nie binne 14dae na die sluitingsdatum terugvoer ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsukses-vol was.----------------------------• AU PAIR IN EUROPE/USA - Take a great Gap year, Free flights Visa & Medical. Girls age 18-25 please apply. Work direct with placement agent. Email: [email protected] Web: www.house-o-orange.co.za Tel: 021 553 3638

PLANNERS - Visit our website for more information www.habitatdesign.co.za Contact Stefan du Toit 083 226 0828 or email: [email protected]• TOP CARPETS EN BLINDS - Teëls, matte, laminering, blindings en vinylv-loere. Gratis kwota-sie en professionele diens. Skakel 022 482 2100-----------------------------• DIENSTE GELEWER - Vervoer van meu-bels, verwydering van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome & afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336-----------------------------• WIL JY DALK IETS OUDS KOOP OF VERKOOP? - Skakel of kom besoek dan gerus die Negosikas. Op die hoek van Hill en Vrede-straat, Malmesbury. Skakel 022 487 2601-----------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwotasies. Skakel 083 227 5937-----------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapar-tytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersui-ker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, [email protected] of www.ab-cpartytjies.weebly.com

• VERMIS - 5 en ‘n half maande oue Gemmerkatjie ver-mis in Louwstraat, Panorama sedert Vrydag 18 April. Agtervoete en 1 voorpoot is wit met wit borsie. Kontak Wanda 083 642

Van Mamie, Pappie, Susters & broer en dogtertjie Cassidy

• GARAGE SALE - Dinsdag 1 Mei 2012 te Nerinalaan 31, Malmesbury om 10:00. Verskeiden-heid rooi & geel ko-perware, glasbakke, vertoonkaste met spieël, kombuisware, chaving dishes, glase & potte, ornamente en baie meer. Skakel 083 261 5032 / 022 486 6261----------------------------• EGTE LEER MANS-SKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers beskikbaar, asook groot nommers (5 - 15) . Teen baie spesiale pryse. Verskeiekleure. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

• TOP EIENDOMME, MALMESBURY - R3300 - Rustige woonstel blok, ruim 2slpk, 1badk, toesluit mh, dadelik beskikbaar.R3000 - W/S 2slpk, 1badk, parkering. Skakel Kantoor 022 487 3818----------------------------• HUIS TE HUUR - Siersteen 3slaap-kamer huis met dubbel motorhuis. R6500pm. Kontak 022 482 3993----------------------------• GRANNY FLAT VIR 1 PERSOON, MOORREESBURG - Omheinde terrein + mhuis met ingang tussen mhuis en huis. Oopplan sitk, eetk en slaapk met aparte bdkamer. Water ingsl. Elek ekstra @ R1800pm + dep. Kontak 082 656 4130. Beskikbaar vanaf begin Mei.----------------------------• DU TOIT TRAILERS - Sleepwaens te huur, asook kar sleepwa “piggyback”. Kontak 022 482 1767 / 072 237 2349

• WELLINGTON PROPERTIES - 4 Erwe te koop in Tafelzicht 2 prys R210 000 per erf of maak ‘n aanbod. Kontak Wel-lington Properties 082 922 4848

• HABITAT LAND-SCAPE ARCHITECTS & ENVIRONMENTAL

• BOS SLEUTELS EN BEURSIE VERMIS - Vermis geraak Sater-dagaand in Reinier-straat omgewing, Malmesbury. Enige iemand wat dit dalk gevind het of met inligting daar omtrent. Kontak 083 233 9586----------------------------• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosia-atberader ABBO/Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80

• SOEK DRINGEND SAAMRYGELEENT-HEID - Van Malmes-bury na Riebeek-Wes, vir soggens vanaf 7uur tot kwart oor 7. Kontak 022 461 2324 (Beskik-baar vanaf 8:00 - 14:00)----------------------------• SOEK SAAM-RYGELEENTHEID - Vanaf Mbury na Bellville Universiteit Weskaap, daagliks. Brandstof betaal-baar. Kontak Sunead 078 894 5599 / 084 543 9633----------------------------• OPSOEK NA AFRI-KANA-BOEKE - As versamelstukke, bv. vroeër reisigers na die binneland van SA. Kontak Stefan du Toit 083 226 0828----------------------------• GOEDERE GE-SOEK - 2de handse meubels, yskaste, vrieskaste, asook linne, skoene, hand-sakke en breekgoed. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528

• 27ste APRIL

Baie geluk Jo-lin Loubser met jou verjaarsdag. Ons is baie lief vir jou.

Van Mamie, Pappie Susters en broer.----------------------------

• RAAI WIE WORD 21 OP DIE 26ste APRIL

Geluk met jou mon-digwording. Ons is baie lief vir jou.

Dienste Services 12

GesoekWanted 2

Te Huur To Let 7

Te koopFor sake 4

Betrekking beskikbaar17

Alge-meen 1

* LET ASB OP *

Die betalling vir alle geklas-

sifiseerde advertensies

(smalls) is Dinsdae-

middae om 14h00.

Persoon-lik 3

Eiendom-me 8

DiereAnimals 16

Page 16: die courant 25 April 2012

Die Swartlander Pieter-Steph du Toit, boor-ling van Kloovenburg buite Riebeek-Kasteel, is Maandag opgeroep na die Springbok-be-planningskamp in Pretoria, waar hoofsaaklik die Blou Bulle en die Sharks geslyp word.

diecourantag

terb

lad

25 April 2012

swartland en weskus

Bokbreier roep Jong (Spiere) na Bokkamp

Naelbyt vir Wesbank

Wesbank Rugbyklub het Saterdag net-net verloor in ‘n taai wedstryd teen Robertson met 23-20. Hulle het goeie spel gelewer, maar ‘n skepskop in die laaste minute het hulle die wedstryd gekos. Hier breek Hein Gordon deur ‘n gaping met Stephan Goo-sen aan sy buitekant vir ondersteuning.

Pieter-Steph du Toit Saterdag in aksie vir die Sharks se Super-15 span teen die Chiefs. Foto: The Sharks

Die 19-jarige Pieter-Steph, wat twee jaar gelede as matriekleerder die Hoër-skool Swartland trots gemaak het toe hy opgeneem is in die High Performance- span, het eintlik nog gewag om te hoor of hy ingesluit word in die o.21 SA-span, toe hy Maandag inderhaas na Pretoria opgeroep is. Hy het Saterdag sy debuut in superrugby ge-maak toe hy as plaasvervanger vir die Sharks teen die Chiefs uitgedraf het.

Op die webwerf www.rugbyrugby.com, beskryf Heyneke Meyer sy rede waarom hy dié jong slot opgeroep het: “Vandat ek hom as skoolseun in die Cravenweek sien speel het, hou ek dié jong man dop. Met sy insluiting in die Shark-span het ek en Ian McIntosh (nasio-nale keurder) besef dat hierdie die ideale kans is om sy spel te evalueer.”

Oor dié groot sprong in hul seun se rugby-loopbaan, sê Pieter-Steph se ma, Annelene: “Ons is baie dankbaar! Alles is maar groot genade, en die resultate van harde werk!”

Pa Pieter voeg by: “Ek is trots, ja! Hier volg hy nou in sy oupa (Piet Spiere) se spore! Pieter-Steph het sy ma se lengte, sy oupa se gene en seker maar my ball-sense.”

Pieter-Steph se drie jonger broers is ook kranige rugbymanne: Johan speel in die o.19-A span, terwyl Anton in die o.14-A span speel (beide by Hoërskool Swartland) en Daniël, in Laerskool Riebeek-Kasteel, het reeds die Wes-Boland rugbyspan gehaal.