24
swartland en weskus die courant Uitgawe 175 tel 022 487 3221 30 Mei 2012 hugenotestraat 24, malmesbury gratis Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar verloofde, Derick Hougaard, gewese Springbokrugbyspeler (voor- heen van Piketberg). Van Jaarsveld is op 21 Junie by die Hoërskool Swart- land se jaarlikse ArtHSS-aand in die Stadsaal op Malmesbury die gaskun- stenaar. Hougaard het onlangs sy rug- bystewels “tydelik” opgehang. Munisipaliteit hou sy besteding in toom Een van die belangrike vraagstukke wat die Swartland Munisipaliteit (SM) môre op sy spesiale raadsver- gadering sal bespreek, is die voort- bestaan van die Swartland Munisi- pale Polisiediens (SMPD). Hoewel die veiligheid van die Swartlandse gemeenskap ‘n hoë pri- oriteit vir die leiers bly, is die finan- siële impak van die SMPD in sy 24 uur-formaat nou ‘n bron van kommer. “Ons sal ‘n plan moet maak, maar is die inwoners bereid om te help betaal aan dié diens?” vra die burgemeester, Tijmen van Essen. Van Essen het reeds in sy begro- tingsrede op 29 Maart daarop gewys dat dié diens vir die Swartland bloot te veel kos. In die burgemeester se langter- mynplan vir die volgende vyf jaar, het hy reeds aangedui dat die SM die ge- meenskap sal konsulteer voor enige afskaling van die diens en dat indien die afskaling realiseer, ‘n spesiale een- heid op die been gebring moet word, met ‘n groter fokus op die toepassing van bywette. Die SM beklemtoon deurentyd dat die afskaling van die diens nie beteken dat die gemeenskap se vei- ligheid as minder belangrik beskou word nie, maar dat die finansiële vol- houbaarheid van hierdie tipe diens vir die grootte van die SM tans finan- siële spanning meebring. Daar bestaan nie dienste van hier- die aard in ander soos die Drakenstein Munisipaliteit of op ‘n groot dorp soos Stellenbosch nie. Die SM het reeds met die DA op provinsiale vlak hieroor gekonsulteer en ook met die minister van gemeen- skapsveiligheid, Dan Plato. Verder het die SM reeds drie keer skriftelik die provinsiale owerhede gekontak vir hulp met die proses van afskaling, of vir die reël van eksterne finansiële ondersteuning, maar het nie een van dié kere reaksie op hul skrywe gekry nie. “Ons ondersoek nou baie ander moontlikhede en die ideaal is dat die publiek ook hul mening hieroor lug,” sê Van Essen. Op die oomblik word nuwe poste wat vakant raak by die SMPD, nie weer gevul nie. Swartlander en sy ‘liefling’ kom kuier in sy tuiskontrei Max du Preez praat in Swartland - bl. 3 Eksklusiewe eerste kyk na nuwe 2012 ML - bl. 6 Slaagsyfer daal met nuwe lisensietoets - bl. 8

die courant 30 mei 2012

Embed Size (px)

DESCRIPTION

swartland free newspaper good news

Citation preview

Page 1: die courant 30 mei 2012

swartland en weskus

die courantU

itgaw

e 17

5

tel 022 487 3221 30 Mei 2012 hugenotestraat 24, malmesbur y

gratis

Die sangeres Karlien van Jaarsveld en haar verloofde, Derick Hougaard, gewese Springbokrugbyspeler (voor-heen van Piketberg). Van Jaarsveld is op 21 Junie by die Hoërskool Swart-land se jaarlikse ArtHSS-aand in die Stadsaal op Malmesbury die gaskun-stenaar. Hougaard het onlangs sy rug-bystewels “tydelik” opgehang.

Munisipaliteit hou sybestedingin toomEen van die belangrike vraagstukke wat die Swartland Munisipaliteit (SM) môre op sy spesiale raadsver-gadering sal bespreek, is die voort-bestaan van die Swartland Munisi-pale Polisiediens (SMPD).

Hoewel die veiligheid van die Swartlandse gemeenskap ‘n hoë pri-oriteit vir die leiers bly, is die finan-siële impak van die SMPD in sy 24 uur-formaat nou ‘n bron van kommer.

“Ons sal ‘n plan moet maak, maar is die inwoners bereid om te help betaal aan dié diens?” vra die burgemeester, Tijmen van Essen.

Van Essen het reeds in sy begro-tingsrede op 29 Maart daarop gewys dat dié diens vir die Swartland bloot te veel kos.

In die burgemeester se langter-mynplan vir die volgende vyf jaar, het hy reeds aangedui dat die SM die ge-meenskap sal konsulteer voor enige afskaling van die diens en dat indien die afskaling realiseer, ‘n spesiale een-heid op die been gebring moet word, met ‘n groter fokus op die toepassing van bywette.

Die SM beklemtoon deurentyd

dat die afskaling van die diens nie beteken dat die gemeenskap se vei-ligheid as minder belangrik beskou word nie, maar dat die finansiële vol-houbaarheid van hierdie tipe diens vir die grootte van die SM tans finan-siële spanning meebring.

Daar bestaan nie dienste van hier-die aard in ander soos die Drakenstein Munisipaliteit of op ‘n groot dorp soos Stellenbosch nie.

Die SM het reeds met die DA op provinsiale vlak hieroor gekonsulteer en ook met die minister van gemeen-skapsveiligheid, Dan Plato.

Verder het die SM reeds drie keer skriftelik die provinsiale owerhede gekontak vir hulp met die proses van afskaling, of vir die reël van eksterne finansiële ondersteuning, maar het nie een van dié kere reaksie op hul skrywe gekry nie.

“Ons ondersoek nou baie ander moontlikhede en die ideaal is dat die publiek ook hul mening hieroor lug,” sê Van Essen.

Op die oomblik word nuwe poste wat vakant raak by die SMPD, nie weer gevul nie.

Swartlander en sy ‘liefling’

kom kuier in sy tuiskontrei

Max du Preez praat in Swartland - bl. 3Eksklusiewe eerste kyk na nuwe 2012 ML - bl. 6Slaagsyfer daal met nuwe lisensietoets - bl. 8

Page 2: die courant 30 mei 2012

2 30 Mei 2012courantmenings/nuus

dis goeiedeur: Dr. Andrew Bosman

nuus

diecourant

Kontak die courant by 022 487 3221Faks: 086 699 6276;

Redaksie - epos: [email protected] - epos: [email protected] - epos: [email protected]

www.diecourant.co.za

Saul word aan die volk as koning gegee, maar word as gevolg van sy ongehoorsaamheid deur die Here afgesit as koning. Die Here laat Samuel na Betlehem gaan om vir Hom ‘n nuwe koning te laat salf.

Die Here getuig van Dawid dat Hy ‘n man na Sy hart gevind het, wat Sy welbehae sal doen.

Koning Saul was deur die Here self aangewys. ‘n Man wat kop en skouers bo die volk uitgestaan het. Hy het die ideale geleenthede ontvang om sy koningskap te kon bev-estig. Maar vrees en ongehoorsaamheid het sy koningskap oor Isreal gekelder.

Dawid word gesalf as koning maar moet vir jare vlug vir Saul, wat besef dat sy seun Jonathan nooit koning sal word solank Dawid leef nie.

Saul probeer sy bes om Dawid dood te maak, maar Dawid word deur die Gees van God ondersteun en is suk-sesvol in alles wat hy aanpak.

Die Here wil ons ook gebruik tot Sy eer. Hy wil ons elkeen ook graag seën. Tree ons nie ook uit ongeloof of ongehoor-saamheid op nie?, en besef nie dat ons ook daardeur af-gesit kan word van dit wat God vir ons beplan het.

’n Man na My hart

Hy is vol hoop vir die toekoms van die Swartland, het Max du Preez, politieke kommentator en deesdae ‘n inwoner van dié streek, die afgelope week hier gesê.Riebeek Kelder se Produsent van die Jaar, Wilhelm Relihan, het soortgelyke sentimente oor die wynbedryf uitgespreek. Hy gee toe dat wyndruifproduksie tans nie ‘n goeie belegging en eerder ‘n kwessie van oorlewing is weens die swak prys wat boere vir hul wyn ontvang.“Met die wynpryse wat onder druk bly, gaan die wynprodusent van die Swartland definitief gebuk onder ‘n finansiële las,” het Re-lihan gesê.Die positiewe bly egter steeds dat die Swartland uitstekende grond vir wingerde en uitstekende wynmakers het. Soos Du Preez tereg gesê het, is die mense een van die land se grootste bates.Suid-Afrika se wynboere is inderdaad van die bestes ter wêreld. Die boere van Europa en Amerika het die luukse van ruim land-bousubsidies om hul boerderyondermenings finansieel staande te hou. Suid-Afrika se boere het nie hierdie luukse nie en is on-danks dit mededingend op die wêreldmark.En die Swartland-streek in besonder se wyne bly regoor die wêreld in aanvraag.

Blink toekomsvir streek

Swartland

Boerekos met Dine van Zyl kuier hierdie Sondag in en om die Rie-beek-Vallei.

Elrika Lesch het mosterdsous, varkskenkels en rolpoeding ge-maak en Mynardt Joubert van Bar Bar Black Sheep se skaapafval en brandewynpoeding is te sien in dié program van KYKnet, wat Sondag-aand om 19:30 uitgesaai word.

Bertus Bester van Allesverloren buite Riebeek-Wes het lamskerrie en springbokrugstring gemaak.

Die gasvrou, Dine van Zyl, is ‘n ervare skrywer en joernalis, en het

dit haar lewenstaak gemaak om boerekosresepte en -ge-bruike aan te teken, te be-waar en te laat herleef.

Sy het reeds vyf boeke oor dié onderwerp geskryf.

Al drie dié Swartlandse kokke stem oor één ding saam:

Om voor die kameras te kook, was groot pret!

Boerekos word herhaal op die volgende tye: Maandag om 14:00; Dinsdag om 10:30 en Woensdag om 00:00.

Boerekos kuier Sondag om

Riebeek-berg

Die moontlike privatisering van die Yzerfontein-karavaanpark word deesdae druk deur Swartlanders bespreek.

Dit volg ná dit bekend geraak het dat die Swartland Munisipaliteit (SM) begin het met voorlopige na-vorsing oor die wenslikheid daarvan om die karavaanpark te verkoop, ná herhaalde versoeke van die Yzerfon-tein Inwoners-vereniging.

“Ons het dié navorsing gedoen met geld wat deur die regering be-kom is en ons het nog geen besluit hieroor geneem nie,” sê die burge-meester, Tijmen van Essen.

“Die SM moet baie versigtig wees met elke besluit wat ons neem, want ons moet altyd ‘n balans handhaaf in alles wat ons doen.

Op dié stadium bedryf ons die karavaanpark winsgewend – waar-

om sal ons dié bate verkoop as dit die hawe is wat finansieel nie wins-gewend is nie?”

“Die bedryf van dié park word nog deur die SM gedoen, en die wins-gewendheid van alle munisi-pale projekte moet gereeld geëval-ueer word, want besparings is altyd belangrik,” sê mnr Ben Geel, raadslid van Yzerfontein.

Geel meen dat die grond waarop dié karavaanpark staan, ‘prima’grond is.

“Die Yzerfontein-karavaanpark is die beste een in die omgewing. Die SM het ‘n rukkie terug die Moorrees-burg-karavaanpark verkoop, maar dit was lankal nie meer effektief nie.

Sodra die navorsing oor die Yz-erfontein-karavaanpark afgehandel is, sal ‘n meningsopname onder die Yzerfontein-gemeenskap gedoen

word.”Die algemene mening bestaan

dat streng beheer oor die kampeer-terrein, en die feit dat geen dagbe-soekers daar toegelaat word nie, by-dra tot die sukses van die park.

Navorsing wat reeds deur die SM gedoen is, dui daarop dat daar vir die privaatsektor nie baie ruimte is om wins te maak nie – gesien teen die agtergrond dat daar eerstens ka-pitaal ingespan sal moet word sodat die park aan sekere graderingsver-eistes kan voldoen, wat dadelik hoër tariewe meebring.’

Met ‘n besettingsyfer van 60% laat dit min ruimte vir die privaatsek-tor om die karavaanpark teen ‘n wins te bedryf.

Die saak word tans deur die Na-sionale Tesourie en PPP (Public Pri-vate Partnership) ondersoek.

SM besluit nog oor karavaanpark

‘n Kursus met onderwerpe soos tienerswangerskap, huishoudelike geweld, seksueel oordraagbare siektes, selfrespek en selfbeeld is by die Weskus-kollege op Malmesbury aangebied. Van links verskyn van die studente, Lucinda Steenkamp, Stella Mbona, Nonele Tyutu, Karen Burt (kursusaanbieder), Monique Albertus, Philiswa Jamda, Megan Lombaard en Maritzca Cleofas.

In die courant se projek om saam met plaaslike ondernemings geld in te samel vir die Laerskool Swartland se eerste Skool-”Protea”, Philip Weideman, gee ons vandeesweek erkenning aan nog donateurs.

Philip is gekies om die land in November in Italië te gaan verteen-woordig as lid van die SA Swemspan vir deelnemers met Downs.

Die skool, Philip en sy ouers, Hennie en Cobie Weideman, wil ook van die geleentheid gebruik maak om dankie te sê:

“Malmesbury is ‘n dorp met ‘n hart van goud!“Philip is gedoop met die woorde: ‘Hy is nie gebore as ‘n straf nie,

maar sodat God se werke deur hom gesien sal word.’“Baie dankie aan elkeen wat die afgelope weke deur woord en

daad hierdie doopbelofte van ons Here saam met ons beleef het. Dankie vir elke bydrae, hetsy geldelik of ondersteuning wat Philip die afgelope tyd ontvang het om sy droom te bewaarheid. ‘n Spesiale woord van dank aan mnr. Johan Viljoen, mnr. Jannie Paterson en al-mal by die courant vir hul inisiatief! Ons waardeer dit opreg!”

Hennie, Cobie en PhilipIndien enigiemand nog donasies wil maak, is u welkom om met Mari-

aan Malan by die skool (022 482 2251) te skakel om die rekeningbeson-derhede te bekom.

Laaste skenkings vir Laerskool Swartland se Protea-swemmer erken

Donateurs

Janus le Roux

Anonieme Donateur

Donateurs

Moorreesburg

Page 3: die courant 30 mei 2012

330 Mei 2012 courantnuus

Hy is vol hoop vir die toekoms van die Swart-land, het Max du Preez, politieke kommen-tator, Donderdag op die Riebeek Kelder se 70ste ledevergadering gesê.

Du Preez sê daar is baie verkeerd in die land en die huidige regering is ‘n vrot een, maar die mense van Suid-Afrika het bitter baie om voor dankbaar te wees, soos die makro-ekonomiese bestuur en stabiliteit in die land.

“Ons sal moet leer om uit ons ou houding wat ons onder apartheid gehad het, te ontsnap. Dit is dat die regering vir alles sal sorg. Wat ons nou leer is dat die regering maar net die regering van die dag is, en hoewel hulle vrot en korrup is, is daar bitter min verkeerd met die burgers van ons land.

“Ons sal toenemend burgerlike aktivisme

moet begin toepas, by die huis en die fabriek en op die plaas en doen wat reg is as Suid-Af-rikaners. En nie as wit of bruin of swart mense nie. En dan sal ons vooruit boer,” het du Preez, joernalis, skrywer en politieke kommentator, aan die courant gesê.

“Die effektiefste opposisie teen die ANC is die ANC self.

Dit is deels Cosatu, maar ordentlike mense soos gewese ministers begin toenemend ook opstaan en sê hierdie post-Polokwane ANC is nie die ANC waarvoor ons geveg het nie.

“Wat ek dus sê is as die reën op die regte tyd kom en die internasionale ekonomie herstel is daar weer groot hoop vir ons mense van die Swartland,” het Du Preez, deesdae self ‘n inwon-er van die Swartland, gesê.

Max vol hoop vir streek

Planttyd in die Swartland

Terwyl die meeste Swartlanders klaar gesaai en geplant het, het Fransie Lesch van die plaas Doringkloof buite Malmesbury gister nog sy laaste koring geplant. Dié planters word reeds vir 13 jaar in die Swartland gebruik en bespaar baie op tyd en mannekrag.

Page 4: die courant 30 mei 2012

4 30 Mei 2012courantnuus

“Op Pinkster-Sondag in 1965 het die prediker gevra wie wil hul lewens vir die Here gee, toe steek ek my hand op.

Later het ek vir die predikant gevra wát kan ek vir die Here doen – die gevolg was dat ek vroeg die volgende jaar by die Semi-narie begin leer het vir predikant.” Só vertel ds John Slingers van Malmesbury aan die courant.

Slingers, afgetrede predikant van die Calvynse Kerk, woon sedert 1970 op Mal-mesbury. Hy het wel ‘n vinnige draai as predikant op Wellington en Worcester ge-maak, voordat hy weer teruggekeer het na Malmesbury.

Slingers is die tweede van 14 kinders, en vertel graag van sy onderwyser-pa wat al-tyd sy kinders aangemoedig het om te stu-deer, daarom het een van hulle nou ‘n M-graad in Frans, onder hulle is ‘n prokureur, ‘n musiek-onderwyser en ‘n dosent by ‘n

joernalistiek-departement.“Terug op Malmesbury, het ek begin

onderwys (BA en B.Ed) studeer, toe het ek as ‘n tentmaker as Calvynse dominee én as onderwyser gewerk: By Wesbank Se-kondêr en Schoonspruit Sekondêr en later Chatsworth se laerskool,” onthou hy nou.

Ds. Slingers is veelsydig - nie net is hy ‘n houtwerkman van formaat nie (hy het sy slaapkamerstel, linnekis en ander meubels self gemaak) - hy is lief vir musiek, het vir jare as onderwyser én predikant gewerk, was vir jare ‘n dosent by die Calvynse seminarie én moderator en het verlede jaar uitgetree as adjunk-voorsitter van die paroolraad vir die Weskus-distrik.

In sy tydperk het die Calvynse gemeente ‘n kerkgebou, saal én pastorie gebou.

“Ek beskryf al hierdie dinge in terme van my gunsteling-teksvers,” sê Ds. Slingers hieroor: “Kol. 3:23 - ‘Doen alles soos vir die

Here en nie soos vir mense nie.’

Met God se genade het ek die voorreg gehad om hierdie dinge te ver-mag, dis nié uit eie krag nie!” Ná sy aftre-de het hy nog nooit gedink aan stilsit nie:

Hy beskryf hom-self as sy vrou, Cyn-thia se vrywilliger (hy is op die besture van die Nagskuiling, Sinethemba, Aand-skemering en Huis Dahlia), hy hanteer nog gereeld troues en het pas aangesluit by die Gideons, wat Bybels versprei.

“Ek is baie trots op hom,” verklaar Cyn-thia. “Hy is baie gedissiplineerd. Hy is reeds vir 32 jaar ‘n diabeet en omdat hy so ge-sond leef en gesond eet, lyk hy glad nie na ‘n 72-jarige nie!” Hy verklaar dat hy vrede gemaak het met diabetes.

“Ek het ‘n vol lewe, ten spyte daarvan. Dit het natuurlik gehelp dat ek nie rook of drink nie!” Oral waar Slingers beweeg, deel hy lekkertjies en penne uit. Die penne kom van Durban af, waar Cynthia gereeld vir haar werk moet wees. En die mondfluitjie in sy binnesak dan? Die egpaar lag lekker: “John se pa was ‘n musiek-onderwyser en al 14 kinders het ‘n liefde vir musiek gekry. Toe ek eenkeer van ‘n besoek af terugkom en vir hom die mondfluitjie bring, was hy in sy element,” verklaar Cynthia.

“Dis nogal ‘n lekker aanknopingspunt as ek tussen vreemdes beweeg,” vertel Slingers. Hy is ‘n regte terggees en vol pit-tighede. “Sy pa was so vol grappies,” vertel Cynthia. Maar Slingers kan ook ernstig raak.

Hy onthou die moeiliker tye in sy ge-meente, toe hy by sterfbeddens moes

bid, moes help met gesinsprobleme, met snaakse persoonlikhede te doen gekry het.

“Al het ons net een kind (Jeremy, in die polisie), het ons twee peetkinders en ver-skeie ‘grootmaakkinders’.

Ons ken in sommige gesinne nou al die vierde generasie, en baie van hulle kom soek ons seëning as hulle wil trou. “Oor huisgodsdiens wil ek baie graag sien dat dáárdie vlam lewend gehou word! En dat volwassenes hul kinders toelaat om te wees wié hulle wil wees!”

Die egpaar, wat oor die jare heen baie aktief was in die Swartlandse gemeenskap (Cynthia is die beskermvrou van die Dahlia-huis vir mishandelde vroue en kinders, en het so pas binne twee weke R10 miljoen ingevorder vir SOS-kinderdorpe, sy werk ook internasionaal om ‘best practises’ aan vrywilligers oor te dra), staan soos een man saam. “Ons dink eintlik ook soos een mens: Hy dink met sy verstand en ek met my hart!” verklaar Cynthia. Waarom is hierdie egpaar steeds so besig dat hulle vir ‘n tweede keer sal moet probeer aftree? wonder ‘n mens.

Die antwoord is duidelik in Slingers se één enkele voorneme van Mei 1965: “Toe steek ek my hand op.”

“Toe steek ek my hand op” - John Slingers

Ds. John Slingers en sy vrou Cynthia Slingers

Two Food Fundies is twee opgeleide chefs wat voortaan die Swartland gaan bederf met hul handgemaakte eetgoed.

Heinrich en Benitha Nel is beide opgelei by erkende sjefskole en het on-langs teruggekeer na die Swartland, waar Benitha grootgeraak het.

“Ons neem graag tradisionele eetgoed en gee dan ‘n moderne “twist” daaraan. Verder verkies ons organiese en plaaslike produkte aangesien ons daarvan hou om die plaaslike gemeenskap te ondersteun en gesond te eet,” se dié Two Food Fundies.

Diè twee raak opgewonde oor hulle ander nuwe baba - Die Swartland Bak-kery. Die Bakkery sal onder meer spesi-aliteitsbrode, dekadente eetgoed, soet & southappies verkoop.

“Ons is bekend vir ons dekadente sjokolade brownies en mini pasteitjies in ‘n hartjievorm.

promosie

Ons doen ook spyseniering vir alle soorte funksies - van partytjies by jou huis tot troues en korporatiewe funksies,” sê die Two Food Fundies.

“Ons groot mikpunt is om iets vars na die area te bring- iets vir ieder en elk- en onthou ons werk ook volgens elke per-soon se individuele behoeftes sowel as hulle begroting.” Die Swartland Bakkery beplan ook aan ‘n delireeks wat teen De-sember op die rakke sal wees.

Kom maak gerus ‘n draaitjie by die Swartland Bakkery vir hul Groot Opening Vrydag 1 Junie vanaf 8:00 by Voortrekker-weg 36A op Malmesbury.

“Ons sien uit daarna om u te ontmoet,” nooi hulle.

Skakel die Two Food Fundies by 079 981 6763 vir meer inligting en bestellings.

‘Two Food Fundies’ open Swartland Bakkery

Page 5: die courant 30 mei 2012

530 Mei 2012 courantnuus

‘n Swartlandse raadslid van Moorreesburg, Ne-lie Fortuin, het verlede jaar op 19 Mei opgehou rook en vertel só daaroor:

“Ek het vir baie lank al die negatiewe simptome van rook beleef, maar ek wou nie hoor nie! Eers toe ek net 30% longkapasiteit oorge-had en gesukkel het om asem te haal, het ek die groot besluit geneem om op te hou rook.

Ek moes uiteindelik suurstof kry om my deur te haal, en op daardie Saterdag in Mei het ek fi-naal besluit om met dié gewoonte te breek.

Maar glo my, dit was nie maklik nie!” Nelie vertel hoe sy altyd eers gesorg het vir sigarette, daarna vir kos.

Een keer, toe sy moes kies tussen sigarette koop of brood, het sy eerder die sigarette ge-koop, en vir brood by haar suster gaan kuier!

“Al die rokers wéét hoe sleg dit vir hulle is en ken die gevare, maar ophou is min!”

“Ek moes my denkrigting heeltemal veran-der. Ek het selfs ‘n troetelnaam vir my sigarette gehad!

Ek het nooit net één pakkie gekoop nie, eer-der twee. Ek was nooit betrap met net een aan-steker nie, nee, eerder twee!”

Nelie raak nou skaam as sy dink hoeveel geld sy spandeer het op sigarette. “Ek kan nou sien hoé baie geld ek weggeblaas het op die rook-goedjies!”

Nelie glo dat sy nou baie gesonder leef en baie minder tam en moeg voel as voorheen.

“Ek moet bieg dat dit baie moeilik is om op te hou rook! Ek haal my hoed af vir diegene wat dit regkry! Ek het nou wel gewig aangesit, maar ek kan nou weer daarmee ‘n plan maak.”

“Die lekkerste is dat my klere, my mond en my meubels nou weer vars en skoon ruik; ek wil dit nooit weer anders hê nie!”

Raadslid ondersteun Kansa se rookveldtog

Môre word Wêreld-Nee-Tabak-Dag/World-No-Tobacco-Day wêreldwyd gevier en as jy nog nie jou WNTD-plakker teen R5 by KANSA gekoop het nie, beter jy gou spring!

Dra dié plakker môre en staan daarmee saam teen die gevare wat aktiewe en passiewe rook kan meebring.

KANSA Wêreld-Nee-Tabak-Dag

Om in aanmerking te kom vir die pryse, sms die vier antwoorde op die volgende vrae teen Vrydagoggend 9:00 na 084 8333 813.Die antwoorde kom uit die vier rubrieke wat gedurende Mei in die courant gepubliseer is.

Die vrae was: 1. Hoeveel persent rook word deur die

passiewe roker ingeasem?2. Een sessie hubbly bubbly rook van 45

minute is gelykstaande aan ...?3. Volwassenes mag nie in voertuie rook

waar kinders onder .... jaar teenwoordig is nie.4. Hoeveel chemikalieë bevat een sigaret? Die pryse is die volgende: • Twee geskenkpakke van SASKO• ‘n Ete by Cherry Lane - geskenk deur Law-

rence en Karin Smit• Phillips elektriese skeermasjien vir ‘n man• Wegbreek (kamp)naweek na Schep-

pie Saus vakansieoord in Moutonshoek buite Redelinghuys- geborg deur Danie en Annatjie Smit.

Skryf nóu in vir KANSA en die courant se kompetisie

Nelie Fortuin

Page 6: die courant 30 mei 2012

6 30 Mei 2012courantmotorsLiefling, ML (Mercedes of Riebeek), hy gaan goed af

Daar is ‘n geykte spreekwoord wat lui: ‘n Profeet word in sy eie land nie geken nie. Oor tyd heen verlaat jong rugbysterre die Swartland, die Boland en Stormer-wêreld vóór hulle behoorlik hier raakgesien en (dan meesal wanneer dit te laat is) gemis word.

Hier kom onlangse name soos Pieter-Steph du Toit en Johann Sadie onwille-keurig by my op.

Ook Derick Hougaard van Piketberg wat nie die Swartland of die Boland of die WP se liefling geword het nie, maar wél dié van die Blou Bulle.

Die paaie het hul draaie geloop met dié Swartlander en hy het onlangs verloof ger-

aak aan die Sweet Dreams Karlien van Jaars-veld.

Sy kom sing hoeka op 21 Junie op Malmesbury in haar liefling se geweste by die Hoërskool Swartland se ArtHss.

Liefling. Nie eintlik die woord wat met rugbyspelers geassosieer word nie (behal-we miskien as hulle in Vanish-pienk uitdraf). Hoop maar hulle kanse en kragte “Vanish” bietjie Saterdagaand teen die Stormers.

Die Liefling-lied is seker een van die bek-endstes in Afrikaans. Eintlik Gé Korsten se treffer en daar was glo maar daardie tyd al baie meisies wat begeerlik na hom gekyk het soos vandag met Steve as hy dieselfde treffer verder neem.

Terug by die rugbyspelers. Mens sou sek-er kon praat van ‘n Macho Liefling.

Macho, in die goeie sin van die woord is dit presies die eerste indrukke wat die uwe verlede week gekry het toe hy Mercedes se jongste toevoeging tot hul weelde-stal van nader bekyk het.

Die nuwe ML 2012-model is nog nie amptelik aan die media bekend gestel nie, maar ons het hom by Malmesbury Motors raakgeloop en ‘n vinnige draai gery.

Dit is die derde generasie ML en hy word nou in Junie eers hier bekendgestel.

Dit is nie dat daar in Afrikaans nie genoeg byvoeglike naamwoorde is om hom te beskryf nie, maar ander woorde dwing hulle aan jou op.

Daar is baie m’e. Hierdie is ‘n Meneer (skuus vir die oorgelewerde seksisme), ‘n Má’se (skuus aan die manne) mouterkar .... maar hierdie is ‘n besondere voertuig en hy staan vas in sy spore en vol self-vertroue. Daardie Liefling van Loftus

(op sy stukke) is bekend dat hy met selfver-troue die hele game kan dikteer. Wel, die diesel ML350 BlueTEC 4MATIC wat ons gery gaan self ‘n impak op die mark maak.Hy (sy as jy wil) spog met ‘n moeder van ‘n lys van specs.

Van daardie stuurwiel wat begin vibreer as jy begin dwaal om seker te maak jy bly in jou baan en raak nie aan die slaap nie (natu-urlik ook ‘n koffieprentjie wat dan op die in-strumentepaneel begin flikker as dit lyk of jy boeretroos nodig het) tot ‘n verwarmer tussen voorste sitplekke wat daardie ein-ste koppie koffie vir jou warm hou. In die somer kan dit jou koeldrank (pasop vir die 0.05-alkoholvlak) ook heerlik koel hou.

Eintlik is dit onbillik om nét te praat van

die ekstra veligheidsmeganisme onder die enjinkap in geval van ‘n botsing (vir pas-

sasier en ander padgebruikers), die weelderiger bin-neruim ruim ruim ruim, parkeerhulp, trukamera, maklike sitplekverstellings op die deur, die 7-spoed (7G-tronic Plus) outomatiese ratkas, die ECO ry/stop-stelsel of die b u i t e - o n t w e r p saam met die LED-ligte wat die nuwe

ML werklik ‘n mooi kar maak.Daar is te veel om hier oor te skryf, maar

vir die groen-bewuste mense en diegene wat bietjie na die brandstofverbruik wil kyk, is daar ook indrukwekkende syfers.

Die handelaar se syfers is tussen 6.8 en 7.7 liter per 100 km in die gekombineerde siklus (dorp en lang pad).

As jy jou oog op ‘n besondere Mercedes het, wel hier is jou kans. Hy is Kraakvars en indrukwekkend. Hy is Moerse Nice. (Skuus Mercedes en ons fyner opgevoede lesers)Cheers tot die wiele weer rol.

ps: Het Sondag by Groenrivier aan die voet van die Riebeekberg hul eerste Slow food en Craft Market bygewoon. Goeie lig-ging, goeie kos, goeie vriende, miskien ‘n 2012 ML as jy wil en goeie wyn.

Wyn na smaak, maar ‘n Riebeek ML (Montino Light - wynpuriste en -snobs kan maar mor) vir ‘n middag in die heerlike win-terson is eintlik net die ding.

ML350 BlueTEC 4MATIC

Page 7: die courant 30 mei 2012

730 Mei 2012 courantmotorsHandelaars wys krag op kliëntedag

Plaaslike motorhande-laars het verlede week hul 4x4-voertuie beskikbaar gestel vir ‘n kliëntedag wat Ned-bank by Blombosch buite Yzerfontein aan-gebied het.

Die gaste het die 4X4-roete in die voertuie van Perdeberg Motors (Isuzu) , Becker Auto (Ford en GWM), Malmesbury Toyota, Rola Volkswagen Malmesbury, JB;s Nissan en Weskaap Motors geniet.

Francois Malan (regs) van die Swartland Munisipaliteit ontvang van deesweek ‘n nuwe Isuzu FSR 750 CRUE CAB wat die Munisipaliteit van Perdeberg Motors van Jan Steenkamp.

Eerste Etios eienaar van Malmesbury Toyota

Heinrich van Harte ontvang die sleutels by Rossouw Januarie ter-wyl Veronica van Harte toekyk. Heinrich was die eerste kliënt wat ‘n Toyota Etios by Toyota op Malmesbury gekoop het.

Page 8: die courant 30 mei 2012

30 Mei 20128 courant motors

Met die nuwe toets vir leerlingbestuur-derlisensies word ‘n baie beter leerling-applikant op die pad gesit, het Hennie Mouton, hoof van registrasie en lisen-siëring by die verkeersdepartement op Malmesbury gesê.

Die nuwe toetsstelsel word tans in die Swartland, op Rustenburg en in Bloemfon-tein beproef om probleme te identifiseer en regstellings te maak ten einde die mi-nister van vervoer volledig in te lig.

Sodra dit afgehandel is sal die minister ‘n aankondiging doen dat die CLLT-stelsel (gerekenaariseerde leerlinglisensietegnol-ogie) landwyd uitgerol word.

Die nuwe stelsel word sedert 1 April 2012 op Malmesbury beproef, en sedert 2 Mei op Moorreesburg.

Oor klagtes van mense oor die hoë moeilikheidsgraad van die nuwe toetse,

het Mouton gesê: “Die publiek sal altyd kla oor n nuwe stelsel , maar die grootste ge-deelte van die publiek aanvaar dit en is ten gunste daarvan.”

Met die vorige stelsel kon kandidate vyf keer die eksamen vir ‘n leerlinglisensie gaan skryf, en elke keer basies dieselfde vrae kry.

Met die nuwe gerekenariseerde stel-sel, wat deur E-Natis bedryf word, is daar nagenoeg 1500 vrae, waarvan kandidate 68 vrae met elke probeerslag moet beant-woord word.

Die vrae word voortdurend roteer, wat beteken dat kandidate voortaan elke keer 68 nuwe vrae kan verwag.

Mouton kan nie besonderhede oor die druipsyfer met die nuwe stelsel bekend maak nie, behalwe om te sê dat dit wel gestyg het.

“Maar ons begin klaar ‘n tendens kry dat die slaagsyfer s t e l s e l m a t i g begin styg na-mate mense onder mekaar praat en beter studeer.”

Op die vraag hoe kandidate hulle die beste kan voorberei vir die leerling-l i s e n s i e - e k -samen, het hy gesê die Padverkeerswet van Suid-Afrika moet bestudeer word. Dit is op die inter-net beskikbaar.

“Daar is nie ‘n boek wat ek kan aanbev-eel nie. Die Padverkeerswet is die beste om te bestudeer ter voorbereiding.”

Druipsyfer styg met nuwe lisensietoets

Page 9: die courant 30 mei 2012

9courant nuus30 Mei 2012

Malmesbury Kwekery groei opwaartsMalmesbury Kwekery is die dorp se een-stop-tuinsentrum.

Dit wat ‘n mens vir ‘n tuin benodig, is alles daar - struike, bome, plante, saailinge, bolle, plaagdoders, kunsmis, potte, plaveisel-materiaal en nog baie meer.

Dit is môre presies 45 jaar gelede, op 31 Mei 1967, dat Nico Retief Malmesbury Kwekery vir besigheid geopen het.

Hy was destyds ‘n motorwerktuigkun-dige op die dorp, toe hy besluit het om sy eie onderneming te begin.

Die naam was aanvanklik Malmes-bury Sukkulente Kwekery, maar mense soos Paul “Bok” Rossouw het so gespot met verwysings na “Malmesbury Sukke-lende Kwekery” dat die naam mettertyd na Malmesbury Kwekery verander is, lag

George Retief, huidige eienaar en seun van Nico Retief (84), wat steeds op die perseel in Reservoirstraat, Malmesbury woon.

Vandag het Malmesbury Kwekery tot drie besighede gegroei.

George Retief se seun, Johan, bedryf die afgelope 12 jaar Malmesbury Groo-thandel Kwekery langs die N7, en die Re-tiefs het Moorreesburg Kwekery in 2007 bygekoop.

Moorreesburg Kwekery is op die hoek van Lang- en Oosstraat.

Waar die aanvanklike klem 45 jaar gelede op vetplante was, is daar vandag letterlik alles wat vir ‘n tuin benodig word.

Vanaf 1 Junie word afslag van 5% toe-gestaan op kontantaankope van R500 en 10% korting op kontantaankope van

Melinda Charle en Fanie Velskoen het as kuns- tenaars opgetree.

Groenrivier hou eerste “slow market”

George Retief

R1000. “Die kwekerybedryf gaan soms deur moeilike tye,” verduidelik George.

“Daar is maande wat ons geen wins maak nie. Die eiendomsmark staan tans stil, met die gevolg dat daar nie nuwe hu-ise gebou word nie.

“Dan verkoop jy maar net aan mense met bestaande tuine wat hulle wil op-kikker, en nie juis mense wat skielik ‘n paar duisend rand kom bestee aan nuwe tuine nie. Ons kry nietemin gereeld nuwe produkte in.”

George het sy dank uitgespreek tee-noor al die getroue kliënte en person-eel. “Sonder hulle ondersteuning sou ons nie in 2008 en 2011 die Malmesbury Sakekamer se Klein Besigheid Diens-verskaffer van die Jaar toekennings kon ontvang nie.”

Vier generasies mans in die Retief-familie wat hul skoene vol staan in die Mal-mes-bury Kwekery is heel agter: Johan Retief (32), links voor is Nico Retief (84), met PG Retief (2) op sy skoot. Regs voor is George Retief (59), met Johan Retief (5) op sy skoot.

Bo is Arthur en Karen Malcolm.Regs bo: Die eerste Groenrivier Slow Food and Craft Market is Sondag buite Riebeek-Wes gehou. Tommie Moolman (Tomi’s Abat-toir), Maryke Nel en Boetie Nel van die Varkpaleis op Hermon was ook daar.

Promosie

Page 10: die courant 30 mei 2012

10 30 Mei 2012courantcourantwat gebeurSudoku 175

Sudoku 174antwoord

die courant kalenderMei / Junie

Galop op jou besemstokHet jy die J & B “Met” misgeloop? Moenie be-

kommer, die Gerfie “Met” op 1 Junie om 18:00 in die Malmesbury Landbousaal bied nuwe kanse! Wie kan die vinnigste galop op sy besemstok?

Is dit mamma, pappa, boetie, sus of dalk die buurvrou? Pryse vir die beste ruiter en vir die bes

geklede paartjies.

Ian Wessels tree op Moorreesburg raak Loslippig met Ian Wessels

se eenmanvertoning op 1 Junie in die NG Kerk-saal. Kaartjies teen R150 sluit ‘n ete met wyn

in. Die opbrengs is ten bate van Huis Moorrees en Huis Emmanuel (ACVV-tehuise op Moorrees-

burg).Bespreek betyds by Joy Coetzee by 022-433

1445 of 083 5148785 of [email protected].

Voortrekkers hou sopdans2 Junie - Die Voortrekkers hou hul jaarlikse

sopdans in die saal van Laerskool Swartland op Malmesbury; 19:00 vir 19:30. Kaartjies kos R60 vir volwassenes; R40 vir hoërskoolleerlinge en

toegang is gratis vir jonger kinders. Skakel Jan en Helene Nel by 0224872172 of 08345552990 of Elrien by 076 960 4634.

VrouerugbyDie Vrouerugbyspanne van die Boland takel

mekaar op 2 Junie op die Malmesbury-rug-byklub se veld.

Navrae kan aan Valerie McQuire by 078 3255028 gerig word.

Duiwe vlieg2 Junie - Die Wes-Boland Duiwe-unie se wedvlug-

te begin Saterdag, met ‘n eerste afset vanaf Laings-burg. Die hele Unie vlieg op dieselfde program, dus Wellington, Malmesbury, Moorreesburg, Wolseley,

Tulbagh, Velddrift, Saldanha, Vredenburg, Hopefield, Piketberg, Porterville en Riebeeck.

Skakel 073 207 6529 vir navrae.

Kerkdiens3 Junie - Oggenddiens om 09:30 met die titel ‘Hoe

Werk Tiendes En Offerandes’ deur pastoor Piet Smit. Die aanddiens volg om 18:00 met die titel ‘Die Here

En Nie Simbole’.Rig navrae na 073 447 2902.

Hokkie-dans8 Junie - Die hokkiekomitee van Hoërskool

Swartland reël ‘n hokkie-dans om 19:00 in die saal van Laerskool Swartland. Kaartjies kos R50 per kop -

bring jou eie eet- en drinkgoed. Skakel Elize by 082 326 1896 vir meer inligting.

Motiveringspraatjie9 Junie - ‘n Damesoggend met motiveringspreker

Angelique du Toit by NG Noord-saal @ R120 (ete ingesluit). Onderwerp: ‘You win or lose by the way

you choose.’Bespreek betyds by Dorette Pienaar: 084 557

2142.

Boland-landloop op Moorreesburg9 Junie - ‘n Bolandse landloopbyeenkoms word

op die Gene Louw Sportgronde op Moorreesburg aangebied. Hardlopers van o.9 tot seniors sal oor afstande van 2 tot 12 km kragte meet. Die eerste wedloop begin om 10 vm en die laaste om 2.45

nm. Inskrywings, R5 vir juniors en R10 vir seniors, word vanaf 8.30 vm aanvaar. Dit sal die eerste

landloopbyeenkoms in die Boland wees waarop alle deelnemers medaljes sal ontvang. Dit is ook die

eerste byeenkoms waarop senior sowel as junior kategorieë prysgeld, geborg deur MKB, ontvang.

Jeugdag15 Junie - Schoonspruit Sekondêr op Malmesbury

hou ‘n jeug-dag met ‘n jazz-konsert (Time Line tree op). Kaartjies kos R80 elk, bring eie eet- en drink-

goed.Bel 022-486 4598 met navrae en besprekings.

Talenteaand by kerk17 Junie om 18:00 by die AGS Corpus Christi op

Malmesbury. Kom vereer die Here met jou talente! Bel 073 447 2902

Jaarvergadering19 Junie - Die jaarvergadering van Jo-Dolphin

Swartland APD vind om 18:00 in die Wesbank-ge-meenskapsaal plaas.

Skakel Anita Adams by 022-4864 186

In 2010 het 4 top-kunstenaars van die Wes-Kaap besluit dit is tyd om iets terug te gee vir die sen-ior burgers van ons land.

Rooies, Nadia Louw, Hugo Nieu-woudt en Annique Lourens het koppe bymekaar gesit en met die naam “Want ons gee om” weg-gespring op toer.

Die toer was baie gewild en die navrae het in-gestroom. Vier veskillende kunstenaars. Vier verskil-lende style.

Die Want ons gee om-vertoning bestaan uit 2½ uur vertoning wat skrik vir niks - propvol opwinding, hartseer, grappe en sommer lekker saamsing.

Op 20 Junie tree hulle op Malmesbury in die De Bron Kleinteater op.

die courant gee weer in same- werking met M4 Events & Promotions aan twee gelukkige lesers elkeen ‘n dubbelkaartjie vir die ver-toning. Om in aanmerking te kom vir die kompeti-sie, sms voor 12 Junie jou naam, dorp en die naam van een van die vier kunstenaars na 084 8333 813.

Wen kaartjies na konsert

Page 11: die courant 30 mei 2012

1130 Mei 2012 courantcourantkos en nuus

Biltongsop vir winteraande‘n Moet vir die winter

Bestanddele:‘n halwe gekapte ui;‘n halwe teelepel knoffel;2 liter room;1 liter melk;1 pakkie wit uiesop;1 pakkie oxtail sop;1 tot 2 blokkies beesaftreksel (stock);200g gekerfde biltong;100g fyn biltong-poeier

Metode:Braai die ui en knoffel saam.Voeg room en melk by tot dit kook.Meng die twee pakkies sop en voeg 500ml water by.Voeg dié vloeistof by die room-mengsel en maak die beesaftrek-sel aan volgens die aanwysings.Laat alles saam kook (met net die helfte van die biltong) tot dit ver-dik en roer gereeld.Voeg die res van die droë biltong hierby en laat dit nog 5 minute prut.Bedien warm.

Dit is nou lekker koud en nat en in-dien jy ‘n lentetuin wil hê, sal jy vinnig moet speel en begin plant.

Daar is baie winterbolle soos ra-nonkels, freesias, anemone, affodille, hiasinte en tulpe wat nou geplant kan word.

Onthou ook nog al die leliesoorte wat vanaf Junie in die grond kan kom!

Blomplantjie-saailinge is ook ‘n lek-ker manier om vinnig kleur aan jou tuin te gee.

Hier dink ons aan gesiggies, violas en afri-kanertjies vir volson-kolle.

In die skadu plant ons vir die winter primulas, ciner-arias en bellis perennis.

Saadjies kan nog gesaai word van chrysanthemum paludosum, namak-walandse madeliefie, namakwaland mengsel, nemesia, bokbaaivygies en ‘n laaste paar pronk-ertjiepitte.

Onthou om voort te gaan om jou tuin en jou grasperk in die winter te voed.

Dit bou goeie reserwes op vir die lente en die somer.

Onthou, dit is nog te vroeg om jou rose en vrugtebome hul wintersnoei te gee!

Daarmee kan jy eers in die middel van Julie begin.

Immergroen bome en struike kan jy regdeur die jaar snoei, want daar-mee vorm jy net die plant.

Wintertyd is ‘n baie goeie tyd om plante te verplant na ‘n nuwe plek, want die plante is nie nou onder so baie stres nie.

Onthou om heelwat van die jong-groei van dié plante terug te knip, so-dat dit nie ontwater nie.

Dan is dit na-tuurlik nou die tyd van die jaar dat baie nuwe onkru-ide ontkiem.

Wees versigtig voor jy onkruid-doder spuit.

Lees die instruk-sies goed en vra by jou kwekery wat-ter onkruiddoder is die korrekte een

vir die taak wat jy wil aanpak!Laastens: Onthou dat erdwurms

baie waardevol vir jou tuin is. Hulle verwerk plantmateriaal na baie goeie organiese plantkos, wat tot vyf keer ryker is as enige goeie grond.

Hulle deurlug die grond en vervoer die plantvoedsel tot by die diep wor-tels van die plante.

Erdwurms neem nie tee-breuke nie, geen verlof nie en hulle staak ook nie!

So pas op vir die hadidas. Hulle stroop jou tuin van jou kos-

bare erdwurms.Lekker tuin maak tot volgende keer.George Retief

Hoe gemaak met......spring aan die werk met jou wintertuin.

Cherry Lane in Hugenotestraat op Malmesbury het hierdie week se heerlike Biltong-sop vir die winteraande voorberei. Besoek hulle vir heerlike etes, ‘n unieke ervaring

met koffies in ‘n asemrowende atmosfeer.

Genoeg vir die hele gesin!

Page 12: die courant 30 mei 2012

30 Mei 201212 courantpromosiePorterville Hotel reeds 5 jaar die beste

“Met my sitkamer wou ek ‘n ruimte skep waar gaste kan tuis voel en ont-span,” sê Janette Jacobsz, mede-eie-naar van die Porterville Hotel.

En met haar pragtige sit- en eet-kamer kry sy dit reg: Om mense te laat tuis voel en afskakel.

Porterville Hotel vier nou sy vyfde jaar onder die hand van Derik en Jan-ette Jacobsz.

Derik, ‘n opgeleide hotelbestuurder en Janette, gebore en getoë in Mal- mesbury en ‘n opgeleide chef, het me-kaar ontmoet terwyl hulle by ‘n Pro-tea-hotel gewerk het.

“Kom binne en verken die hotel,” nooi Janette. “Agter die eerste muur lê groot verrassings!”

Die pragtige ingangsportaal, die ruim sitkamer, kunstige tuin en groot swembad-area laat die besoeker dade-lik tuis voel.

Die ruim en-suite badkamers kan 22 mense huisves en Janette en haar 10 goed opgeleide personeellede waar-borg nommerpas diens en gerief.

“Ons tariewe is baie bekostigbaar en sluit ‘n ordentlike ontbyt in,” belowe Janette.

Die hotel se konferensie-fasiliteit kan 60 mense huisves. Dit is waar die skrywer Annelie Botes reeds twee keer skryfskole aangebied en Belia se nuwe

CD pas bekendgestel is.

Op 30 en 31 Au-gustus en 1 Septem-ber bied Janette, Rita Loubser en Mari du Toit ‘n kwiltnaweek hier aan.

Die Porterville Ho-tel kan troues en an-der spesiale geleent-hede vir tot 50 mense hanteer.

“Die spyskaart word gereeld aange-pas by die groep se voorkeur en beursie,” sê Janette.

“Ons bied een keer per maand ‘n a la carte-ete op ‘n Sondag aan. Ander etes sluit pizza’s, varsgebakte brode, patee, gekookte kos en bredies, ‘pub lunches’ en ‘bar breakfasts’ in.

Janette maak en versier ook koeke vir spesiale geleenthede soos troues en verjaardae.

“Die hotel en sy bedrywighede is ná vyf jaar regtig deel van my lewe – ek wil dit nooit anders hê nie!” sê Janette.

Skakel die Porterville Hotel by 022-931 2178 of loer by www.porterville-hotel.co.za of kontak Janette by [email protected]

Janette Jacobsz

Slaapkamer

Promosie

Page 13: die courant 30 mei 2012

1330 Mei 2012 courantpromosiePorterville Spar open môre sy deure

“Ons nooi elke Swartlander uit om Donderdag-oggend van 8:00 af saam met ons die opening van die nuwe Porterville Spar te kom ge-niet,” nooi Marius Stassen, eienaar van die Porterville Spar.

“Ons gaan die straat teen die rivier (Parkstraat) toemaak vir die dag en

dáár kan Jan Publiek kom verversings geniet en deel in al ons nuwe, uit-stekende pryse!”

Dié feestelikheid sluit gratis ver-versings in en duur van Donderdag tot Sondag.

Porterville Spar heropen môre om 8:00 - iets waarna die inwon-

ers van dié dorp al lankal uitsien.Nadat die Porterville Spar

verlede jaar in November sy deure moes sluit weens ‘n brand, is die win-kel pragtig herstel.

“Van binne lyk dié winkel nou splinternuut, baie ruimer en baie meer lig en modern,” vertel Marius en sy vrou, Daphedine.

“Ons het miljoene spandeer so-dat dié nuwe winkel vir ons kliënte ‘n lekker inkopie-ervaring kan wees.”

Marius is opgewonde oor die groter verskeidenheid produkte wat Spar van Donderdag af sal bied.

“Spar en die nuwe Tops bied ‘n groot klomp nuwe reekse, wat net tot voordeel van ons dorp se mense sal wees. Verder is die pryse sakpas - kom kyk self!”

“Ek dink ons nuwe winkel lyk fan-tasties, 500 keer beter en moderner!

“Ons is 100% ‘committed’ tot kliëntediens, daarom is dit vir ons baie belangrik dat u vir ons kom sê as daar dalk ‘n produk is waarna u soek en nie in ons winkel kry nie,” nooi Marius.

Marius en sy vrou, Daphedine Stassen

Kassiere - Leatitia,Elizabeth,Mickayler,Yolindie,Elanor,Helen,Stephanie,Lodewika,Marlecia

Porterville Spar se personeel

Promosie

Page 14: die courant 30 mei 2012

30 Mei 201214 courantpromosieOngeveer 50 goed opgelei-

de personeellede staan Marius en Daphedine by in die gladde verloop van sake in Porterville Spar. Die hot-food en Deli-afdeling beloof nuwe

moontlikhede vir die honger maag wanneer Porterville Spar oormôre sy deure open.

“Moenie vergeet van ons nuwe ‘chi-ka chicken’ nie – dis ‘n reeks op sy eie en ‘n regte moét-eet!’ beloof Marius Stassen, reeds vir drie jaar die eienaar van Porterville Spar.

“Verder belowe ons die varsste groente en vrugte op die dorp! Voeg daarby die grootste verskeidenheid, en dit geld ook vir ons slaghuis-afde-ling en bakkery.”

Rakpakkers – Mallene’s , Rhona, Beatrice , Marion , Maria en Kate

Deli – Sharon, ChristaTops – Mallene’s, Carmen

Bakkery – Warren, Mary-Ann, Christina, Judy-Ann, Madelein, Caroline, Soretha, Da-neulKantoor – Fortune, Mia

Promosie

Porterville Spar

Page 15: die courant 30 mei 2012

1530 Mei 2012 courantpromosieDie eienaar van Porterville

Spar, Marius Stassen, is ‘n gebore Swartlander.

Grootgeraak op Moorreesburg, lê sy wortels diep in die Swartland.

“Ek sê graag dankie aan elke ge-troue kliënt wat ons winkel die laaste drie jaar ondersteun het. Juis daarom gaan ons met hierdie nuwe, mooier Spar daarvoor sorg dat elkeen wat hier instap, sy inkopietog geniet hier by ons.

“En om dié rede sal dit lekker wees as een en elk op Porterville ons Spar sommer van môre af kom besoek en sommer ook ‘n verversing geniet in Parkstraat, tussen ons en die rivier.

Porterville Spar se winkel-ure is 7:00 tot 8:00 elke dag van die week. Donderdag open die deure om 8:00.

Leandro, Mienie, Frieda, Judine, Chris

Hotfoods – Welda, Dellerine, Grieta

Groente – Rudi, Lenita

Ontvangs – Donie

Skoonmaakafdeling – Jan

Bestuur – Donie, David, Marion, Marius, Daphedi-ne

Promosie

Porterville Spar

Page 16: die courant 30 mei 2012

30 Mei 201216 courant nuus

Rico Pieters (Office Admin graduate) takes time to pose for the camera.

These lecturers from Malmesbury campus were delighted with the achievements of their students. On the photo: FLTR: Arthur Motema, Hestia Orchard, Andy Swartbooi (Manager Academic), Desmond Heyns, and Colleen Kneght

The hospitality group are ready to take on the catering world. FLTR: Sumayiah Safo-dien , Bjorn Veldsman, Natasha Williams, Megean Swarts, Geshwan George,Charton Cloete

The Office Admin ladies posing with their lecturer. FLTR: Adrolene Willemse , Jasmine Januarie, Chantelle April, Kim Arendse , Mr. Thami Dyum (Lecturer), Rodene Jantjies, Alvine Baily , Katrina Januarie

All the way from Atlantis. The Early Childhood Development graduates for level 4. FLTR: Theresa Arendse, Clementina Schoeman, Agnes Koert, Sarah Beukes, Rosina Kotze, Sophia Davids, Shireen Jacobs, Nazlie van Schalkwyk, Alicia Armstrong, Char-lotte Truter, Charmaine Davids and Tania Adams.Front Centre: Rita Vermaak.

These students received their National Diploma in Management Assistant. FLTR: Vuyokazi Nodali, Rehana Basson, Denise Amerika, Gilroy Forbes and Lorenza Law-rence

PICTURE LEFT: Righthand side: Bradley Victor from Vredendal and Donovan Davids from Atlantis were awarded for their outstanding achievements in Electrical studies. Bradley was the top student in the province for 2011.

Cathlene Kneght from Malmesbury graduated in Early Childhood Development. Cathlene is also currently employed at the West Coast College’s Central Office in Malmesbury

West Coast College Graduation 2012

Page 17: die courant 30 mei 2012

1730 Mei 2012 courant nuus

Vyf van Hoërskool Swartland se netbalspelers is in Bolandspanne opgeneem: Cindy Amsterdam (o.17) en Suzaan Nel (o.16) is in die Wes-Kaapse netbalspan opgeneem en gaan binnekort aan die SA-toernooi deelneem. Marzahn de Beer, Raquelle Lom-bard en Theani Olivier is ook Bolandspelers. Theani was afwesig met die neem van die foto.

In die huidige ekenomiese klimaat wil almal probeer spaar waar hulle kan en verskeie mense is onder die indruk dat hulle kan dit bereik deur hulle eiendom self te verkoop of om eiendom sonder die bystand van ‘n eiendomskonsultant aan te koop.

In hierdie artikel wil ons dus die vol-gende bespreek: Watter waarde kan ‘n eiendomskonsultant tot ‘n eiendomstran-saksie toevoeg ?

Daar is vyf faktore wat bepaal of eien-dom verkoop al dan nie, nl. : 1. Ligging 2. Toestand van eiendom 3. Heersende marktoestande 4. Prys 5. Bemarking.

Die ligging van ‘n onroerende eiendom kan nie verander word nie en ons kan nie die heersende marktoestande beinvloed nie, maar ‘n professionele konsultant sal gemelde twee faktore onder andere in ag neem om ‘n eienaar oor die korrekte vraprys vir die eiendom te adviseer.

‘n Professionele konsultant sal ook die eienaar kan adviseer welke verbeteringe, indien enige, aangebring moet word ten einde die verkoopbaarheid van die eien-dom te verhoog.

Die markwaarde van ‘n eiendom word deur die mark bepaal, terwyl die vraprys deur die eienaar vasgestel word.

‘n Professionele konsultant het toe-gang tot die ware verkooppryse van eiendomme in die area, die huidige mark-toestande en is behoorlik opgelei om die eienaar te adviseer oor die korrekte vraprys.

Die korrekte vraprys is uiters belangrik om te verseker dat ‘n eiendom so spoe-dig moontlik vir die beste moontlike prys verkoop.

Dit help egter glad nie as die eiendom korrek geprys is en min of geen mense weet daarvan nie.

‘n Professionele konsultant het die ken-nis en die geleenthede tot sy/haar beskik-king om ‘n eiendom maksimaal te bemark.

‘n Professionele konsultant is ook be-hoorlik opgelei om die beste prys, terme en voorwaardes vir die klient te onder-handel.

In die VSA word noukeurige rekords van alle verkope gehou en volgens statistiek is die mediaanprys wat behaal word as ‘n eiendom deur middel van ‘n konsultant verkoop word, meer as wanneer die eien-aar dit self verkoop.

Meeste eiendomskonsultante bied ook die beste beskikbare waarborg, nl. as hulle nie ‘n koper vind nie, verdien hulle geen fooi nie!

Hulle is verder aanspreeklik vir die be-markingskoste, of die eiendom verkoop, al dan nie.

Vir meeste mense is hulle woning hul duurste besitting, terwyl dit ook die tuiste van hulle familie is.

Daar is ‘n magdom van wetgewing en regsreëls wat betrekking het op die verkoop van onroerende eiendom en ver-skeie transaksies word gekelder omdat daar nie daaraan voldoen is nie.

Ek is dus steeds verbaas dat party mense kans sien om hulle eiendom self te probeer verkoop.

Dit is myns insiens gelykstaande daaraan om op jouself te opereer in plaas van om ‘n dokter of spesialis te nader!

Simon MoutonLisensiehouer: Seeff Swartland & Na-

makwaland

Kry altyd kundigehulp met verkoop

Tian van Lill van Laerskool Swartland het eerste gekom in die D-afdeling van die Bo-land Junior Gholf Ope, terwyl Marcell van Lill derde gekom het in die B-afdeling van dieselfde kompetisie.

Promosie

Page 18: die courant 30 mei 2012

30 Mei 201218 courantpromosie

Riebeek Kelder se Produsent van die Jaar is Wilhelm Relihan van die plaas Oak Valley, wat vir die derde keer met die toekenning vereer is. Relihan (38) is in 2001 (saam met sy pa) en 2008 ook op die wyse vereer.

Hy was ook die afgelope drie jaar voor-sitter van Riebeekvallei Wingerdstudie-groep.

“Deur insette te deel en te luister na ander se insette kan ‘n mens baie van an-der leer oor die bedryf, asook waar om te spaar,” het Relihan aan die courant gesê.

Hy is baie dankbaar vir die ondersteun-ing van sy vrou, Jo-Marié en dogters, Wil-marie (8) en Mirné (5).

“Ek is my Hemelse Vader ook baie dank-baar vir al die seëninge en dat ten spyte van die afgelope droeë somerseisoen, ons nog steeds ‘n oes van goeie gehalte kon inbring. Somtyds wanneer jy dit die min-ste verwag, dan sien jy Sy seëninge raak .”

Relihan het in 1991 aan Hoërskool

Swartland gematrikuleer, waarna hy ‘n jaar in die weermag op Oudtshoorn was, voordat hy meganiese ingenieurswese aan die

Kaapse Technikon studeer het. Aan die einde van 1996 het hy hom as die vyfde geslag op die plaas aangesluit en huur sedert 2007 die grond by sy pa.

Die plaas is langs die Kasteelberg op die Riebeek-sr ivierpad, sowat 12 km buite R i e b e e k -Kasteel. Die plaas bes-laan sowat 109 hektaar, w a a r v a n o n g e v e e r 43 hektaar rooi en wit wyndruiwe onder be-sproeiing is.

‘n Ver-dere 6 hek-taar word vir kontantge-wasse soos pampoene aangewend.

Relihan skroom nie om die mening te beaam dat Suid-Afrika se wynboere van die bestes ter wêreld is nie.

Suid-Afrika is die enigste land wie se wynboere sonder enige vorm van staat-subsidie mededingend op die wêreld-mark sake doen.

Maar hy frons oor die regering se plan om advertensies van wyn en drank te ver-bied en meen dit gaan wynboere onder nog groter finansiële druk plaas.

Hy pleit ook dat die regering by wyse van aanpassings aan arbeidswetgewing ‘n gunstiger klimaat vir werkskepping

daarstel. “Dis die regering se verantwoorde-

likheid om toe te sien dat daar genoeg ruimte geskep word vir volhoubare werk-skepping.

Eerder as om te konsentreer op die “anti-alkohol veldtogte” kan die regering help met die opvoeding van gesonde al-koholverbruik en dus so ook die beeld van ons wonderlike land help bou.

Oor wynboere wat finansieel swaarkry weens die lae wynprys, sê Relihan: “Ons glo die wynbedryf moet draai, en dat dit so vroeg as 2014 of 2016 kan gebeur.

Maar tot dan sal ons moet spaar, diver-sifiseer en kyk na ander tipes van inkom-ste, kontantgewasse en ekonomiese waterbestuur.

“Op die oomblik is wyndruifproduksie glad nie ‘n goeie belegging nie weens druk op pryse. Om volhoubaar te kan pro-duseer, moet jy jou wingerde op datum hou en die regte kultivars aanplant.

Die lewensduur van ‘n wingerdstok word begroot vir 20 jaar en dus moet jy sorg dat jy gemiddeld 5% van jou wing-erde elke jaar vervang.

Met die in-setkoste wat bly styg en die g e m i d d e l d e wynprys wat sywaarts be-weeg, is dit vandag eerder ‘n kwessie van oorlew-ing en daarom word ons ge-noodsaak om te spaar waar ons kan en ons h u l p b r o n n e

ten volle te benut. “Met die wynpryse wat onder druk bly,

gaan die wynprodusent van die Swartland definitief gebuk onder ‘n finansiële las.

Dit gaan oor hoe jy jou finansies, opsies, aanplantings en vervangings bestuur.

Gelukkig het die Swartland uitstekende grond vir wingerde en uitstekende wyn-makers. Geen wonder die wyne van ons streek is reg oor die wêreld in aanvraag nie.”

Een van sy waardevolste hulpmiddels is Vinpro se Produksieplanbestuur-data-basis, waarvolgens 258 produsente land-wyd inligting verskaf en waaruit ‘n boer kan bepaal hoe hy vaar met produksie, inkomste en uitgawes in vergelyking met die res van die bedryf en gevolgtrekkings kan maak oor waar hy kan verbeter.

“ Ek glo natuurlik in die ou cliché dat “as jy wil weet, moet jy meet” en met die kennis en vaardighede wat in ons Suid-Afrikaanse produsente opgebou is, ons al die nodige het om saam met ons Hemelse Vader, van dié bedryf ‘n sukses te maak.

Relihan Riebeek Kelder se Produsent van die Jaar

Wilhelm Relihan

Wilhelm Relihan saam met sy vrou, Jo-Marié en sy twee dogters Wilmarie en Mirné.

Promosie

Page 19: die courant 30 mei 2012

1930 Mei 2012 courantpromosieRiebeek wen goud met

Shiraz in FrankrykDie 2010 Kasteelberg Shiraz het onlangs goud gewen by die wêreldbekende Decanter Toekennings, asook sil-wer by die Syrah-du-monde in Frankryk.

Die druiwe is uitgesoek in die wingerd en dan in pluk-kiste gepars, waarna dit na die kelder vervoer is.

Dit is oornag verkoel en die volgende dag met die hand gesorteer en afgemaal in plastiekkuipe.

Dit is vir ‘n paar dae slegs 1 keer per dag deurgedruk en net voordat dit spontaan wou begin gis, is dit geinokuleer met ‘n reingis, verduidelik Alecia Boshoff, rooiwynmaker by die kelder.

Daarna is dit dit 3 keer per dag deurgedruk om goeie geur- en kleurekstraksie te verseker.

Gisting het plaasgevind by 26 – 28 grade Celsius tot droog op die doppe en is daarna vir ‘n verdere week op die doppe gelaat vir dopkontak.

Dit is gepres met ‘n mandjiepres na nuwe Franse eike-houtvate, waar appelmelksuurgisting plaasgevind het.

En dit is dan verder in die vate verouder vir 14 maande. Die wyn is ongefiltreed gebottel.

Die wingerd is geleë teen die hange van die Kasteel-berg.

Spice Route Chakalaka wins SA Red Blend Trophy

The 2012 Decanter World Wine Awards results were of-ficially announced on 22 May at The London Interna-tional Wine Fair.

Recognised as the world’s biggest wine competition, over 200 wine merchants, sommeliers, journalists and au-thors took part in the tasting of 14 119 wines.

Spice Route is proud to announce its success at the De-canter World Wine Awards, with its Chakalaka 2009 receiv-ing the Trophy for South African Red Blend Over £10. This is shortly after receiving a 5-star rating in the April issue of the Decanter Magazine, one of the UK’s leading wine pub-lications. This is the highest rating that Decanter awards and is recognition of the outstanding quality wines The Spice Route Winery produces.

“The Chakalaka 2009 is an excellent example of a wine that illustrates the unique attributes of the Swartland ter-roir, especially with the inclusion of Petit Sirah and Tannat adding their unique characteristics to the wine,” said Charl du Plessis, winemaker.

Spice Route’s signature style has always been robust, spicy red wines, rich in charac-

ter and certain to enhance every occasion. This blend of red vari-etals represents a fusion of fla-vours, as does the unique, spicy South African relish from which Chakalaka takes its name. The 2009 Chakalaka is blend of Syr-ah, Mourvèdre, Carignan, Petite Sirah, Grenache and Tannat.

Swartland wen silwer met Bush Vine Pinotage

Swartland Wynkelder se 2010 Bush Vine Pinotage het ‘n silwer medalje gewen by die onlangse Decanter-toe-kennings in Frankryk.

Twee van Swartland se wyne in die betreklik nuwe Bush Vine-reeks het verlede maand ook plekke losgeslaan onder die Top 100-Wyne in Suid-Afrika vir 2012.

Dit was hoeka Swartland se 2010 Bush Vine Pinotage asook die 2010 Bush Vine Shiraz.

Die keldermeester Andries Blake het vroeër met die Top 100 toekennings gesê: “Hierdie droëland bosstokke lewer gehalte vrugte met vol geure vir ‘n besondere wyn.”

Die Decanter-toekennings is op 22 Mei aangekondig op die Londense Internasionale Wynskou, een van die wêreld se grootste wynskoue.

Meer as 200 wynhandelaars, sommeliers, joernaliste en skrywers het die 14 119 wyne geproe.

Wyne van Spice Route en Kasteelberg het goud verow-er by die Decanter-toekennings.

2010 Kasteelberg Shiraz

2009Spice Route Chakalaka

2010Swartland Bush Vine Pinotage

Promosie

Page 20: die courant 30 mei 2012

30 Mei 201220 courant nuus

Munisipaliteit • Municipality • Umasipala

Die Munisipaliteit beskik tans oor onderstaande vakatures in Malmesburyvir korrek toegeruste en gekwalifiseerde persone.

Departement van die Direkteur: Finansiële Dienste

Senior Klerk: Kredietbeheer(V6/12) • Salarisskaal: R76 200 – R98 928 per jaar

Om vir hierdie pos in aanmerking te kom moet u beskik oor: • Graad 12 met een jaar toepaslike ervaring • ’n geldige kode B-rybewys • rekenaarvaardigheid (MS Excel & Outlook) • goeie kommunikasievaardigheid in Afrikaans en Engels • goeie onderhandelingsvaardighede en interpersoonlike verhoudings.

Departement van die Direkteur: Ontwikkelingsdienste

Gemeenskaps ontwikkelings­beampte (Jeugfokus)

(V7/12) • Salarisskaal: R155 232 – R201 504 per jaarOm vir hierdie pos in aanmerking te kom moet u beskik oor: • ’n 2-jaar formele tersiêre kwalifikasie in Gemeenskapsontwikkeling/Jeugontwikkeling of ’n verwante tersiêre kwalifi - kasie • 2 jaar ervaring in jeugontwikkeling • fasiliteringsvaardighede • organiserings - vaar dighede • goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels/isiXhosa • netwerk-vaardighede • redenaarskuns • ’n geldige kode B-rybewys • rekenaarvaardigheid in MS Office (Word, Excel, PowerPoint en Outlook).

Pligte: • identifiseer die jeug se behoeftes • beroepsvoorligting • onderneem werkswinkels vir beroepsvoorligting • vorm vennootskappe vir jeugontwikkeling • organiseer besigheidsontwik-kelingsprogramme • organiseer programme vir lewensvaardighede • hou databasis van werklose jeug op datum.

Administratiewe Beampte (Thusong Dienssentrum)

(V8/12) • Salarisskaal: R155 232 – R201 504 per jaarOm vir hierdie pos in aanmerking te kom moet u beskik oor: • ’n formele kwalifikasie in gemeen skapsontwikkeling of ’n soortgelyke kwalifikasie of ondervinding • goeie kommunikasie vaardighede in Engels en isiXhosa/Afrikaans • ’n geldige kode B-rybewys • 2 jaar toepaslike ondervinding.

Pligte: • verseker dat regeringsdienste toeganklik is vir almal • onderneem behoeftebepalings • beplanning en implementering van programme • kapasiteitsbou van NWO’s/KBK’s • vorm vennootskappe met diensverskaffers • gemeenskapskakeling • skryf befondsingsvoorstelle • batebestuur • bestuur van personeel • monitering en evaluering van dienste.

Aanbevelings: • ervaring van werk by ’n gemeenskapsentrum/Thusong Dienssentrum • bestuurservaring • goeie konflikhanteringsvaardighede.

Diensaanvaarding: So spoedig moontlik.

Volledige besonderhede en die voorgeskrewe aansoekvorms kan gedurende kantoorure telefonies aangevra word by mnr. D. Carolus by 022 487 9400 of op ons webtuiste by www.swartland.org.za. Voltooide aansoeke waarop die posverwysingsnommer duidelik aangebring moet word en wat gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies insluit, moet gerig word aan die Menslike Hulpbronafdeling, Privaatsak X52, Malmesbury 7299. Geen aansoeke wat per faks of e­pos aangestuur word, sal vir oorweging in aanmerking kom nie. Aansoeke sluit om 12:00 op Vrydag, 8 Junie 2012.

Laat of onvolledige aansoeke sal nie oorweeg word nie. Twyfelagtige kwalifikasies of dokumentasie sal ’n aansoeker onmiddellik diskwalifiseer.

Indien ’n aansoeker binne ses weke ná die sluitingsdatum nog geen terugvoering ontvang het nie, kan aangeneem word dat die aansoek onsuksesvol was. Slegs kandidate op die kortlys sal gekontak word. Die Raad behou die reg voor om geen

aan stelling te maak nie.

Swartland Munisipaliteit is verbind tot Gelyke Indiensneming en onderskryf die beginsels van Regstellende Aksie. Gestremde

persone word derhalwe aangemoedig om aansoek te doen.

www.ayandambanga.co.za 106331COURANT

Tienie Bester, ‘n graad 8-leerder van Hoërskool Swartland op Malmesbury, het by die Wiskunde Olimpi-ade van die Universiteit van Kaapstad die beste punte behaal van al die leerders van Hoërskool Swartland. Hy is daarom uitgenooi na ‘n prysuitdeling by die Baxter-teater, waar hy ‘n geskenk van Oxford Univer-sity Press sal ontvang.Hy het ook aan ‘n wiskunde-uitdaging deelgeneem by die UK se wiskunde-depar-tement.

Die sanger Karin Kortjé (naaslinks) het die naweek op ‘n gospelkonsert in die Wes-bank-gemeenskapsaal op Malmesbury opgetree. Van links, by haar verskyn Adri-aan Januarie, Magrieta Willemse en Damon Willemse van Moorreesburg.

Die teatergroep Uthando for Theatre se hoofprojek vir 2012 is die opvoering van die musikale blyspel Sarafina! van Bongani Ngema. Hulle is ook reeds besig met repetisies vir die Swerfjare van Poppie Nongena van Elsa Joubert. Die groep is bedrywig in Malmesbury, Chatsworth, Moorreesburg, Riebeek-Kasteel, Riverland en Abbotsdale. By ‘n mediageleentheid van die groep was agter van links Roeline Smith (Malmesbury), Stanley Adonis( Malmes-bury), Julia Malungwana (Malmesbury), Karel Lategan (Malmesbury) en Peter-John Davids (Malmesbury, voorsitter). In die middel sit Garth Dou-man (Malmesbury) en Tyronne Bosch (Worcester), Michael De Kock (tesou-rier, Malmesbury), Beata en Sanchia Davids (Malmesbury) en Ewen Amon (skakelbeampte, Moorreesburg). Voor van links is Brandon Marsh, Roswin Diergaardt (Malmesbury) en Angelo Lambrechts en Jaques Windvoël (Ab-botsdale).

Chloë Gouws en Micke Smit van Laerskool Swartland op Malmesbury is in die Wes-Kaapse netbalspan opgeneem.

Page 21: die courant 30 mei 2012

UitslaeRugbyPREMIERLIGA: Wesbank 24, Villagers-

Worcester 13; Ceres 43, Darling 19. SUPERLIGA (WES): Moorreesburg 28, Ab-

botsdale 19; Never Despair 36, Langebaan 12; Porterville 25, Hillcrest United 22.

PRESIDENTSLIGA (WESKUS): Good Hopes 17, Evergreens 35; Malmesbury 7, Saron 19; Coronations 20, Velddrif 25.

NetbalA-AFDELING: (elke span se Speler van die

Wedstryd tussen hakies vermeld) Porterville A (Franette Myburgh) wen Malmesbury A (Daniele Sheldon) 42-38.

B1-AFDELING: Sea Harvest A (Chahayda Samson) wen Clanwilliam B (Caren van der Walt) 38-31; Langebaan A (Christine Cordier) wen Porterville B (Amalia van Niekerk) 57-24.

B2-AFDELING: Vredenburg C (Zanne Jou-bert – D) wen Eageleens A (Elana Miggel – HD) 60-18.

C-AFDELING: Velddrif B (Inge Theron) vs Sitrus A (Shariefa Loff) 10-10; West Point A (Miche-Le Jooste) wen Young Citerians A

(Jianecca Blankenberg 34-7, Velddrif B (Inge Theron) wen Eendekuil A (Wendy Voster) 11-5; Langebaan C wen Broodkraal A 18-12; Pen-guins A (Halazine Patience) wen Young Cite-rians A (Mariska Booysen) 25-14; Eendekuil A (Wendy Voster) wen Riebeek United A (Joslin Farao) 17-8; Penguins A (Halazine Patience) wen Riebeek United A (Malie Joubert) 22-8.

D1-AFDELING: Penguins B (Liezl Adams) wen Young Citerians B (Allicene Muller) 31-3, Penguins B (Liezl Adams) wen Vredenburg Sosiale Akademie A (Charneke Albertus) 15-11.

D2-AFDELING: Vredenburg D (Riana Reymolds) wen Riebeek United B (Sherlida Swarts) 30-5, Riebeek United B (Lizette Wil-lemse) wen St. Helena B (Lee-Ann Carno) 22-6, Porterville D (Roseline Jansen) wen St. Helena B (Lee-Ann Carno) 16-12, Porterville D (Muriel Williams) wen Broodkraal B (Eliza-beth Komai) 19-9, Vredenburg D (Anneen To-erien) wen Broodkraal B (Verna Hanse) 41-7.

GholfA - AFDELING: K. Dickenson 72; B - AFDELING: I. Klasen 65; C - AFDELING: G. Dekenah 70. STABLEFORD: 1. D. Stelluto en C. de Jongh 50; 2 .P. Basson en D. Prins 45.

2130 Mei 2012 courant nuusSwartland sorg vir

bergfietse

Die Malmesbury Museum het hul jaarlikse saaidag aangebied, sodat laerskool-leerders die siklus van die koringkorrel eerstehands kan beleef. St Michaels Primêr, die laerskool in Abbotsdale, het die museum-besoek gekombineer met ‘n historiese wandeling, waartydens belangrike bakens soos die NG Moedergemeente, Von Elgg-huis en die oorspronklike putte op Malmesbury besoek is. By die Graad 4-leerders van St Michaels Primêr is hul leerkragte, Therese Fielding en Melvina Herman.

Morne van der Westhuizen en Kevin Jacoby was onderskeidelik die wenner en naas-wenner van die 50 km bergfietsuithouwedren die afgelope Saterdag in die Malmes-bury-omgewing.

By die oorhandiging van Wesbank se rugbytruie was van links Francois Titus (2de span-kaptein), Elbie Coetzee (Spar), Michael Meeding en Heinrich Smit (Smittie Mul-tiscrap), Roderick Warries (3de span-afrigter), Howard van der Westhuizen (3de span-bestuurder) en Devan Green (3de span-kaptein).

Die Graad 7-leerders van die Christelike Privaatskool op Malmesbury moes as deel van hul sillabus aantrek soos die beroep wat hulle graag eendag wil beoefen.

Belia Lourens, san-geres, het haar nuutste CD by die Po r t e r v i l l e - h o t e l bekendgestel.

Belia Lourens stel CD bekend

Page 22: die courant 30 mei 2012

dienstedie courant30 Mei 201222 courant dienste

Om hier te adverteer skakel ons gerus by 022 487 3221 of stuur

‘n e-pos na [email protected]

“Gereed wanneer jy is” - Trans Africa Aviation

Trans Africa Aviation is ‘n klein lugvaart besigheid naby aan Melkbosstrand, wat spesialiseer in vlieëniers-opleiding en lugvervoer. Die besigheid is begin deur Jandré Spangenberg en Gerhard Mew, in ‘n poging om lugvaart meer toeganklik te maak vir almal. “Gewoonlik, as iemand die woord ‘vliegtuig’ noem, word dit on-middellik geassosieer met geld, en ek-sklusiwiteit; dít is wat Trans Africa Aviation probeer verander,” sê Jandré en Gerhard.

Vandag is Trans Africa Aviation goed op dreef, met twee voltydse graad 2-instruk-teurs, en drie graad 3-instrukteurs. Daar is ook ‘n “FNPT-II Simulator” om prosedures op te beoefen. Die klaskamers en die klub-huis is alles op die perseel geleë, met ‘n on-gelooflike uitsig op die aanloopbaan, én

op Tafelberg. Koppel dit met vyf vliegtuie in hulle vloot (‘n sesde een is sterk op pad) waarvan twee dubbele motore het, en jy het ‘n vliegskool wat alles kan bied!

‘n Groot voordeel wat Trans Africa Avia-tion bo kompeterende vliegskole het, is dat hulle geleë is binne-in die Delta200 opleidings-lugruim. Díe area is uitgelê sp-esifiek vir vliegopleiding. Die voordeel wat Trans Africa Aviation trek, is dat opleiding reg rondom die vliegveld plaasvind, en jy nie na ‘n opleidings-lugruim toe hoef te vlieg nie. Dit spaar die kliënt tyd en geld, en die kwaliteit opleiding is natuurlik ook beter en ononderbroke.

“Kom kuier by Trans Africa Aviation, en sien alles vir jouself! Die koffie is op die huis!”

Page 23: die courant 30 mei 2012

die courant2330 Mei 2012 courant dienste

mini gigs & diensteHill en Vrede-straat, Malmesbury. Skakel 022 487 2601-----------------------------• ABC PARTYTJIES - Kinder-temapar-tytjies, dekor, tafeltjies, stoeltjies, koeke en versiersui-ker-prints. Kontak Elsa 078 544 2038, [email protected] of www.abc-partytjies.wee-bly.com

• AU PAIR IN EUROPE / USA - Take a great Gap year. Free Flights, Visa & Midi-cal. Girls age 18 - 25 please apply. Work direct with place-mens agent. Email: [email protected] Web: www.house-o-orange.co.za Tel: 021 553 3638 -----------------------------• MSM KITCH-ENS - Die dienste van die volgende posbeskrywings word benodig by ‘n onderneming in die ingeboude kaste bedryf: Werkswin-kel Ambagsman, Site Ambagsman, Algemene werkers en ‘n Spuitverwer. Stuur asb jou CV na 022 482 4444

beskikb 1/7/2012.R2 200 - W/S 1slpk, 1mh, beskikb 1/6/2012. Skakel Kantoor by 022 487 3818

• EXTREME GRAFS-TENE - Malmesbury. Vir kwotasies, nuwe grafstene, herstel-werk bewoording ens. Beste pryse gewaarborg. Kontak 082 550 5859 of 082 561 3291-----------------------------• KONTANT LENINGS - Vir maandelikse persone. Persone op swartlys ook welkom. Kontak 074 114 2554-----------------------------• LAMINATING FOORING - Ingesit teen beste prys vir ‘n gratis kwotasie. Skakel 082 658 4690-----------------------------• INTENSIEWE DUITSKLASSE - Gedurende skoolvakansie of weeklikse klasse gedurende kwartaal. Afstandonderrig moontlik. Kontak Edith Rust 082 331 3853----------------------------• BOEKHOU/ADMIN DIENSTE - Voorbere-iding van BTW, De-biteure, Krediteure, bankrekonsiliasies-inlees van inligting op Pastel. Salarisse en lone op VIP-Pay-roll. Kontak persoon: Eileen Basson 082 373 0220----------------------------• TOP CARPETS EN BLINDS - Teëls, matte, laminer-ing, blindings en vinylvloere. Gratis kwotasie en profes-sionele diens. Skakel 022 482 2100-----------------------------• VERWYDERING VAN TUINVULLIS - Skoonmaak van erwe groot en klein asook skoonmaak van beddings, tuine ens. Gratis kwota-sies. Skakel 083 227 5937-----------------------------• DIENSTE GELEWER - Vervoer van meu-bels, verwydering van bourommel en tuinvullis, afsaag van bome en die afmaak van struike. Kontak Willie Gagiano by 082 875 4802 of 022 448 1336-----------------------------• WIL JY DALK IETS OUDS KOOP OF VERKOOP? - Skakel of kom besoek dan gerus die Negosikas. Op die hoek van

tant vir 2de handse goeie meubels, linne, breekgoed, winterklere (mans) skoene ens. Kontak 022 487 1547 / 084 794 7528

Alle produkte op bestellings te koop. Kontak gerus Bianca 076 846 1066-----------------------------• BLACKBERRY CURVE - Baie netjies. R800. Kontak 084 409 9742-----------------------------• VET- EN TUINPLAN-TE TE KOOP - Ver-skeidenheid. Skakel 022 482 2802 / 082 856 7773-----------------------------• EGTE LEER MANS-SKOENE - (Vellies, stewels en sandale) Alle nommers be- skikbaar, asook groot nommers (5 - 15) . Teen baie spesiale pryse. Malmesbury. Kontak Max 083 275 8266

• KOOP VAN VOER-TUIE - Ek koop mo-tors, bakkies, lopend of nie lopend vir kontant. Kontak 079 831 9874-----------------------------• 2011 FORD FIGO 1.4 TDCi - 5Dr, Wit, soos nuut. R104 500.2010 Nissan Tiida 1.6 Visia Plus 5Dr, 42500km R118 500.2005 Nissan H/Body 3.0 TD D/cab, Wit, 4x4 165 500km, Canopy, B/bar, T/bar, R/bar, R/boards R125 000. 2006 Opel Corsa 1.4i Lite Plus 3Dr, Silver, baie netjies R46 500. Kon-tak 083 440 5158-----------------------------• VOERTUIE DRIN-GEND GESOEK - Ek koop enige gebrui-kte voertuie vir kontant. Skakel 083 464 6960-----------------------------• SUZUKI DL1000 VSTROM - 2007, 49 000km. Baie netjies plus baie ekstras op. R 65 000. Kontak Jaco by 082 780 0079

• TOP EIENDOMME, MALMESBURY - R5000 - W/H 3slpk, 2badk, 1mh, omhein beskikb 1/7/2012.R4200 - W/H 3slpk, 1badk, 1mh, omhein

Baie geluk met jou 50ste verjaars-dag. Gods rykste seëninge word jou toegewens.

Jy is ‘n wonderlike ma en ouma. Met

liefde van Stephen, Jean-Marie, Kurtwill, Angelique en Kaylip-----------------------------• EK SÊ DANKIE! - Na

die steel van my bakkie besef ‘n mens eers ‘n geruime tyd daarna die ongerief en die las wat jy het, elke dag mis jy nog ‘n ding of twee. Ek

wil dankie sê vir almal rondom al die

oproepe rondom my honde, mense het van ver regoor die Weskaap gebel, ek sal nogal redelik dankbaar wees as hulle nog uitkom. Vir my vriende wat

in hulle voertuie gespring het die dag

van die voorval, nogmaals dankie.

Groete Bennie Lam-brechts-----------------------------

• SAAMRYGELEENT-HEID - Aangebied daagliks vanaf Malmesbury na Kaapstad. Skakel 084 671 8983-----------------------------• PASTORALE BERADING - Skakel Theresa van Vreden by 083 310 3823 vir afspraak. (Assosia-atberader ABBO/Radiokansel. Reg: SAAP AO20/80

• DAAGLIKSE SAA-MRYGELEENTHEID - (7:00) Gesoek vir aftree-oordhuishulp vanaf Atlantis na Malmesbury. On-geveer 14:00 terug na Atlantis. Skakel 084 780 4024-----------------------------• GESOEK NA - 2de Handse klere, gor-dyne, beddegoed & skoene. Betaal kontant. Kontak 073 249 5363-----------------------------• MAN MET KODE 14 - Kode 14 lisensie soek dringend werk. Kontak 084 810 7596-----------------------------• OPSOEK NA... - Welkom Meubels betaal harde kon-

Dienste Services 12

GesoekWanted 2

Te Huur To Let 7

Te koopFor sake 4

Alge-meen 1

Voertuie te koop 5

Betrekking beskikbaar17

Kontak ons gerus om hier te adverteer by 022 487 3221 of

stuur ‘n e-pos na accounts@diecourant.

co.za

* LET ASB OP

*Die

betaling vir alle geklas-

sifiseerde adverten-

sies (smalls) is Dinsdae-

middae om

13h00 voor

plasing.

Page 24: die courant 30 mei 2012

diecourantag

terb

lad

swartland en weskus

30 Mei 2012

Darling kou harde klippe teen Ceres

BO: Darling se Magnum Nelson op pad doellyn terwyl Hanno Kitschoff van Ceres hom beetkry. Ceres het die Premierliga-rugby-wedstryd met 43-19 gewen. REGS: Shaun Hoop van Darling word grond toe gebring deur Wayne Onrust van Ceres.

Langebaan A se Lize-Mari MacDonald (D) was die af-gelope naweek weer foutloos op die netbalbaan. Hes-tie de Jager (V van Porterville) probeer haar bes om die bal te gaps. Langebaan A het Porterville B met 57-24 geklop.