12
Die Ondersteuningspan Die Ondersteuningspan Die Ondersteuningspan Die Ondersteuningspan Definisie Definisie Definisie Definisie ‘n Ondersteuningspan is ‘n groep gelowiges, indiwidue of gesinne, wat die verantwoordelikheid neem vir die ondersteuning/versorging van een spesifieke werker of gesin. 1. Elke span-lid het spesifieke funksies en is aanspreeklik teenoor die ander spanlede t.o.v. die uitvoering van opgelegde verpligtinge. Dit verseker dat die span effektief funksioneer. 2. Die ondersteuningspan vergader gereeld, soos nodig. (Aanbeveel, aanvanklik een keer per maand) 3. Die ondersteuningspan bestaan uit sewe funksies. Een person kan meer as een funksie opneem indien dit nie die effektiewe uitvoering van enigeen sal benadeel nie. 4. Die ondersteuningspan is opofferend in sy gesindheid en optrede, want sy taak is om te dien en by te staan. Handhaaf altyd ‘n gesonde balans. 5. Die ondersteuningspan is ondersteunend t.o.v. sy taak, m.a.w. nie rigtinggewend, nie-voorskrywend, nie-veroordelend. Die doel van hierdie span is om te bemoedig, om daar te wees vir die werker en vir die gemeente. Die sturende gemeente en/of die sending-organisasie het ander strukture wat die sendeling begelei in die strategie en ander formele aspekte van sy/haar bedizening. 6. Die ondersteuningspan is aanpasbaar en buigbaar in sy funksionering, want dit moet tred hou met veranderinge in die omstandighede van die werker en die gemeente. Min dinge verander so vinnig soos die situasie in die sendingveld en in gemeentes. Hierdie span moet te alle tye gereed wees om skielike aanpassings effektief te kan bestuur. Die aktiwiteite van die span wissel tussen baie bedrywig en soms rustig, omdat dit nou verweef is met die lewe van die werker. 7. Die Ondersteuningspan moet nie die sending-organisasie prober vervang nie. 8. Elke lid van die Ondersteuningspan kan ‘n span mobiliseer wat saam met hom/haar die take uitvoer.

Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

Die OndersteuningspanDie OndersteuningspanDie OndersteuningspanDie Ondersteuningspan DefinisieDefinisieDefinisieDefinisie

‘n Ondersteuningspan is ‘n groep gelowiges, indiwidue of gesinne, wat die

verantwoordelikheid neem vir die ondersteuning/versorging van een spesifieke werker

of gesin.

1. Elke span-lid het spesifieke funksies en is aanspreeklik teenoor die ander

spanlede t.o.v. die uitvoering van opgelegde verpligtinge. Dit verseker dat die

span effektief funksioneer.

2. Die ondersteuningspan vergader gereeld, soos nodig. (Aanbeveel, aanvanklik een

keer per maand)

3. Die ondersteuningspan bestaan uit sewe funksies. Een person kan meer as een

funksie opneem indien dit nie die effektiewe uitvoering van enigeen sal benadeel

nie.

4. Die ondersteuningspan is opofferend in sy gesindheid en optrede, want sy taak

is om te dien en by te staan. Handhaaf altyd ‘n gesonde balans.

5. Die ondersteuningspan is ondersteunend t.o.v. sy taak, m.a.w. nie rigtinggewend,

nie-voorskrywend, nie-veroordelend. Die doel van hierdie span is om te

bemoedig, om daar te wees vir die werker en vir die gemeente. Die sturende

gemeente en/of die sending-organisasie het ander strukture wat die sendeling

begelei in die strategie en ander formele aspekte van sy/haar bedizening.

6. Die ondersteuningspan is aanpasbaar en buigbaar in sy funksionering, want dit

moet tred hou met veranderinge in die omstandighede van die werker en die

gemeente. Min dinge verander so vinnig soos die situasie in die sendingveld en in

gemeentes. Hierdie span moet te alle tye gereed wees om skielike aanpassings

effektief te kan bestuur. Die aktiwiteite van die span wissel tussen baie

bedrywig en soms rustig, omdat dit nou verweef is met die lewe van die werker.

7. Die Ondersteuningspan moet nie die sending-organisasie prober vervang nie.

8. Elke lid van die Ondersteuningspan kan ‘n span mobiliseer wat saam met

hom/haar die take uitvoer.

Page 2: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

Die SameroeperDie SameroeperDie SameroeperDie Sameroeper

VerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhede

1. Die leier van die ondersteuningspan.

2. Terwyl die die res van die span intens betrokke

is by verskillende aspekte van die werker se

lewe, is dit sy taak is om al die spanlede te

mobiliseer en te motiveer.

3. Die sameroeper tree op as voorsitter van die

vergaderings van die ondersteuningspan, en

delegeer take na die verskillende spanlede.

4. Fasiliteer en koördineer die samewerking tussen spanlede.

5. Bevorder aanspreeklikheid en verantwoordelikheid by spanlede t.o.v. die uitvoer

van take.

6. Verantwoordelik vir die fasilitering van die visie en eenheid in die

ondersteuningspan.

7. Motiveer ondersteuning spanlede t.o.v. hulle eie geestelike groei, kennis en

meelewing in sending.

8. Verantwoordelik vir voortgaande opleiding en toerusting van spanlede met

betrekking tot nuwe en spesifieke aspekte.

9. Skakel met en/of verteenwoordig die werker by die sending-kommissie, sending-

organisasie en ander buite-instansies.

10. Die sameroeper kan as spreker optree names die ondersteuningspan en die

werker by geleenthede in die gemeente en elders. Indien hy nie ‘n goeie spreker is

nie, gebruik ‘n ander lid van die span.

11. Die ondersteuningspan sien sensitief dat die sendeling versorg is en effektief

sy/haar tyd en energie kan gee vir die bedizening. ‘n Werker na wie nie omgesien

word nie, dra ‘n groot ekstra werklas.

12. Die sameroeper werk/dien onder die leierskap van die plaaslike gemeente.

Page 3: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

Morele ondersteuningMorele ondersteuningMorele ondersteuningMorele ondersteuning Fil. 2:25,30 en 4:10

Die Filippense gemeente het vir

Epafroditus na Paulus gestuur om na sy

behoeftes om te sien. Paulus waardeer

hom as ‘n medewerker en medestryder,

wat sy lewe in gevaar gestel het om die

hulp te verleen wat die ander nie kon gee

nie. Paulus getuig verder dat die gemeente

se uitreiking na en hulpverlening aan hom

vir hom tot groot blydskap was.(4:10)

� Morele ondersteuning kan nie voorgeskryf

en gemeet word nie, maar is onontbeerlik.

� Hierdie person is die werker se geesgenoot, sy goeie vriend en advokaat.

VerantwoordelikheidVerantwoordelikheidVerantwoordelikheidVerantwoordelikheid

1. Morele ondersteuning is die fundament van die stuur en die versorging proses.

2. Wees altyd gereed om die werker te inspirer met moed en hoop.

3. “Do it simply –and simply do it.”

4. Hy/sy is vir die werker sy nie-veroordelende vertroueling en goeie vriend teenoor

wie die werker kan uitpraat.

5. Sy taak is om die morele steunbasis in die gemeente te vergroot, soveel so dat

die gemeente sal se en ervaar: “Hy sy is ons werker…en ons loof die Here vir

sy/haar bedizening.”

6. Hy begelei en ondersteun die werker emosioneel wanneer ander van hom

verskil.(Jes. 42:3)

7. Maak iets spesiaal van verjaarsdae en ander herdenkings dae van die werker en

sy gesinslede.

8. Wees ‘n aktiewe en aandagtige luisteraar wanneer die werker en sy gesinslede.

9. Dit is sy taak om die werker voortdurend te help focus op sy roeping; veral

wanneer die werker ontmoedig raak is dit sy taak om hom te help focus op sy

roeping; veral wanneer die werker ontmoedig raak is dit sy taak om hom te help

om nut sy visie n ate strewe.

10. Moedig die werker aan in sy afhanklikheid van die leiding van die Heilige Gees.

11. Wees op die lughawe wanneer die werker vertrek; wees daar wanneer hy/sy

terugkeer van die veld.

12. Deel in die werker se passie vir die volk onder wie hy/sy werk.

Page 4: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

KommunikasieKommunikasieKommunikasieKommunikasie

Rom 16:22

Paulus het hulp nodig gehad met die skrywe van sy briewe

� Wees vir die werker wat Tertius vir Paulus was- sy

briewe skrywer, diegene wat behulpsaam is met die

verspreiding van inligting.

VerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhede

1. Die sameroeper vir kommunikasie moet e-pos

beskikbaar hê.

2. Die taak van hierdie groep is oorwegend om dit wat

die gemeentelede wil en moet weet te kommunikeer.

3. Hierdie spanlid skakel met die werker en die

gemeente.

4. Sy taak is uiters belangrik. Een van die moeilikste take van elke werker is om al sy

ondersteuners ingelig te hou sodat hulle betrokke kan voel.

5. Verantwoordelik vir die formele skakeling met die werker d.m.v. briewe, faks, e-

pos, telefoon.

6. Alle terugvoer na die werker vanaf verskillende spanlede, geskied weer deur

hierdie person.

7. Hy/sy moet die taak van die werker om persoonlik met almal te kommunikeer.

Verlig. Alle kommunikasie met die span, geskied deur hierdie spanlid.

8. Sorg dat die sturende gemeentes en die ondersteuners ingelig bly.

9. Moet in kontak met al die spanlede bly en inligting vanaf die werker na hulle

deurgee.

10. Hy/sy vermeerder en versprei die werker se nuusbrief. Die postal daarvan moet

onderling gereël word.

11. Hy/sy versamel persoonlike briewe en maak dit in ‘n packet op om saam te stuur

wanneer iemand die werker gaan besoek.

12. Die sekretariële pligte van die ondersteuningspan kan ook sy/haar taak wees.

13. Hierdie bediening begelei lidmate om sinvol en op verantwoordelike wyse met

hulle werker te kommunikeer. Rus ander toe om die reels van sekuriteit vir

veilige kommunikasie toe te pas.

Page 5: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

LogistiekLogistiekLogistiekLogistiek

2 Tim 4:13

Carpus in Troas het Paulus se

besittings gestoor en dit beskikbaar

gemaak toe Paulus dit nodig gehad

het. Hy was beskikbaar oom met die

praktiese te help.

� Werkers laat mense en dikwels

besittings en sake agter wat

aandag nodig het terwyl hulle

weg is

VerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhede

1. Sien om na die belange van die werker in soverre dit prakties uitvoerbaar is.

2. Hanteer die versorging/verhuring/ verkope van eiendom (huis, motor, ens.) stoor

van besittings wat agterbly.

3. Persoonlike besigheid van die werker waarna moet omgesien word (bv.

belastingvorm)

4. Sien om na mediese versorging vir die werker (mediese fonds, versekering, ens.)

Sorg dat die werker (en sy gesin) versorg is in die buiteland en tydens tuisverlof.

5. Hanteer sake i.v.m. belasting, burgerskap, registrasie vir referendums.

6. Sien om na kinder swat agterbly; of bejaarde ouers wat die verlange soms erg

beleef.

7. Hanteer navrae problem van tuisskoolprogram en korrespondensie kursusse vir

hom/haar.

8. Hanteer sake indien iemand te sterwe kom.bv. testament, vlugkaartjies, ens.

9. Verkry bedienings material wat die werker benodig en stuur dit aan (videos,

Bybels, kassette)

10. Reel ‘n besoek aan die werker, vir lede van die ondersteuningspan en ander uit

die gemeente.

Page 6: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

FinansiesFinansiesFinansiesFinansies

Fil. 4:10-16

Die Filippense het vir Paulus gesorg. Hulle het “’

aandeel gehad in sy rekening van inkomste en

uitgawes”

Hulle het mede-verantwoordelikheid geneem vir

Paulus se finansiële behoeftes.

VerantwoordelikheidVerantwoordelikheidVerantwoordelikheidVerantwoordelikheid

1. Sien toe dat die werker voldoende finansies

het om sy bedizening te kan uitvoer.

2. Moedig die gemeente aan om te gee, om die

Here te vertrou vir ekstra fondse. Dit gaan

oor Wêreldevangelisasie, wat God se opdrag

aan elke gelowige is.

3. Plaas fondse wat gegeneer word vir die funksionering van die span, in ‘n aparte

rekening.

4. Gebruik inisiatief om mense betrokke te kry om te gee en om fondse te

genereer.

5. Moedig die gemeente aan om by te dra tot projekte wat die werker aanpak om

die Evangelie bedizening te bevorder.

6. Ander gemeente kan genader word vir bykomende finansiële bystand, indien die

sturende gemeente nie oor die nodige finansies beskik nie.

7. Moenie finansieel strukture wat reeds in plek is en werk (geskep in die sturende

gemeente of deur ‘n sending-organisasie), verander en prober oorneem nie.

8. Behoeftes in die sendingveld kan baie skielik verander. Dit is daarom nodig om

betyds genoegsame fondse in die rekening te he sodat daar voorsiening is in

geval van skielike nood.

9. Maak vroegtydig voorsiening vir uitgawes tydens tuisverlof.

10. Geld wat ontvang word, is vir die werker bedoel, en moet sodanig aangewend

word.

11. ‘n Finansiële bestuursfunksie is nodig binne die span. Die span en die werker

moet ooreenkom oor die aanwending van die fondse.

12. Langtermyn-doelwitte is belangrik in die beplanning (beplan vir ekstra tuisverlof

en opleiding)

Page 7: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

GebedGebedGebedGebed

Kol 1:7, 4:12

Epafras was vir Paulus ‘n “geliefde

medewerker en getroue dienaar van

Christus.”

Hy was die een wat ernstig gebid het- “hy

stry altyd vir julle in die gebede.”

� Epafras-diens is onontbeerlik vir die

werker se lewe en bediening.

� Gebed is die belangrikste

ondersteuning vir elke sendeling.

VerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhede

1. Hierdie persoon se taak is om soveel

gebedsvriende as moontlik betrokke te kry.

2. Moedig gemeentelede aan om getrou te bid.

3. Organiseer gebedskettings wat op gereelde basis funksioneer.

4. Organiseer ‘n krisis-gebedsketting

5. Gebedskalenders en gebedskaarte saamstel en versprei.

6. Gee gereeld inligting en gebedsbehoeftes deur aan voorbidders.

7. Rus voorbidders toe hoe om vir ‘n werker te bid.

8. Mobiliseer Omgee-/Bybelstudie/Sel-groep om vir die sendeling, sy missie, en die

mense tussen wie hy/sy werk, voor God in te tree. Hou hulle op hoogte deur

gereeld gebedsinligting.

Page 8: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

HervestigingHervestigingHervestigingHervestiging

Hand 14:26-28

Dui aan dat Paulus se stuurkerk hom

goed terug ontvang het-hom verwelkom

het en tuis laat voel het. Dat hulle vir

hom omgegee het, blyk uit die feit dat hy

lank daar oorgebly het.

� Min mense besef dat die

kultuuraanpassing met terugkeer

dikwels net so moeilik, soms

moeiliker is, as die aanpassing in die vreemde kultuur toe hy/sy vertrek het.

� Tuis het “alles verander”. Skielik moet die werker uit sy oorbesige lewe, tuis

tot stilstand kom.

� Vir ‘n tydperk was sy focus elke dag om instrument in God se hand te wees in

‘n vreemde volksgroep.

� Tuis voel hy/sy maklik nutteloos. In plaas van ontspanning, word tuisverlof ‘n

tyd van spanning.

� Permanente terugkeer uit die “voorste linies” verg baie groot aanpassing,

veral beroepsgewys.

VerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhedeVerantwoordelikhede

1. Hierdie persoon se taak is nie altyd op gereelde basis nie, maar is krities in die

lewe van die werker.

2. Terwyl die sendeling in die veld is:

� Die aanstuur van koerante en tydskrifte waarin hy kan lees oor die

veranderinge in sy tuisland: prysstygings, rentekoers-veranderinge,

sportbedrywighede, nuwe leiers, nuwe modes, ens.

� Vind uit waarin die werker belang stel, en stuur vir hom tydskrifte,

pamflette, ens. Daaroor.

� Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie

en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

in die samelewing en in die persoon se lewe.

3. Voordat die werker terugkeer:

� Bespreek sy/haar tuisverlof met hom/haar voordat die werker uit die veld

vertrek.

� Reel vir vervoer/’n voertuig vir gebruik wanneer die werker tuis is.

Page 9: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

� Reel akkommodasie beide vir permanente terugkeer en tydens verlof.

4. Tydens tuis-verlof:

� Hanteer reëlings vir die beskikbaarstelling van simpatieke berading.

� Koördineer die werk se program tydens tuisverlof –tyd vir vakansie om te

rus, tyd alleen vir “retreat”, ete afsprake met gemeentelede, reel afsprake

in die gemeente met sel/Bybelstudie/omgee-groep, en afsprake in ander

gemeentes.

� Sorg dat die werker tydens tuisverlof alle nodige mediese versorging kry-

tandarts, oe toetse inspuitings, algemene mediese ondersoeke (reel met

logistieke persoon)

Page 10: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone

__________________ se Ondersteuningspan

AreaAreaAreaArea WieWieWieWie HulpHulpHulpHulp

SameroeperSameroeperSameroeperSameroeper � Leier van die span � Motiveer en inspirer

die lede

Morele OnderMorele OnderMorele OnderMorele Ondersteuningsteuningsteuningsteuning � Die Sendeling se goeie

vriend � Bou morele

ondersteuningsbasis uit

KommunikasieKommunikasieKommunikasieKommunikasie � Belangrikste skakel

met die sendeling � Gee inligting deur na

ander spanlede

Logistieke Logistieke Logistieke Logistieke � Hanteer belange van

praktiese aard � Sien om na mediese

versorging

GebeGebeGebeGebedddd � Mobiliseer bidders en

gebedsgroepe � Gee gebedsinligting

deur aan bidders

FinansiesFinansiesFinansiesFinansies � Monitor die begroting � Sorg vir bestuur van

finansies

HervestigingHervestigingHervestigingHervestiging � Hou sendelinge ingelig

oor SA � Sorg tydens tuisverlof

Page 11: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone
Page 12: Die Ondersteuningspan - Aksie 1:8Die aanstuur van videos en foto’s van die werker se tuisdorp/stad, familie en vriende soda thy kan sien hoe dinge verander; ook van sleutelpersone