3
Ek wil nog uitvind wie dit geskryf het, en ook al 'n geruime tyd gelede geskryf, maar sy is beslis op lys van moet-lees rubriekskrywers. Zola skei oor ander vrou. Toe ek nou die oggend die woorde op die plakkaat teen 'n telefoonpaal lees, kry ek so 'n naar kol op die maag. En besluit net daar, my volgende rubriek is opgedra aan Lettie Slettie. Of wat jy haar ook al wil noem, Viagara, Geil Griet of Mustang Mandy. Daai soort vrou wat nie die verskil ken tussen 'n ander vrou se man en haar eie komkommer nie. Wat dink flankeer is 'n Olimpiese sportsoort en hormone is 'n boek in die Ou Testament. Daai soort vrou wat 'n wewenaar se trane op sy vrou se begrafnis met haar bra-strap sal afdroog. Daai soort vrou wat, so sê 'n vriendin se ma, iets afgee wat mans soos vlieë na 'n miskoek lok. Tot die dood ons skei, beteken lankal nie meer tot die dood ons skei nie. Huwelike en verhoudings kom tot 'n einde. Mense groei uitmekaar, soms was hulle nooit werklik vir mekaar bedoel nie en soms verkrummel die troukoek, want die bakpoeier is af. Dit verg 'n ysere wil en vernuftige lapwerk om 'n huis staande te hou as die fondamente begin kraak. En soms is dit doodeenvoudig, hoe pynlik ook al, nie die poging werd nie. Maar dit beteken nie jy het die hulp nodig van Lustige Lottie en haar stootskraper nie. Sy kom in vele gedaantes. Soms mooi, maar nie noodwendig nie. Soms sexy, maar nie noodwendig nie. Soms slinks, maar nie noodwendig nie. Maar dikwels, tog so weerloos. En altyd op die uitkyk vir 'n lewensredder. Moet haar nie verwar met 'n Maklike Meisie nie. Daar is 'n groot verskil. Die MM is nie uitsoekerig nie. Sy hou eenvoudig van pata- pata of sê moeilik nee. Of albei. Maar 'n Geil Griet kies haar prooi met oorleg. Vir haar gaan dit om te verower, en beter nog, af te rokkel. 'n Lustige Lottie het genadiglik nog nooit in my slaai gekrap nie. Of wag, daar was een. Maar sy het hom eerste by sy oorspronklike slaai afgevry, verveeld geraak en toe hy my slaai word, besluit sy wil haar ou slaai terughê. Die twee is toe in die eg verbind, maar, is dit nie hartseer nie, intussen weer geskei. Wys jou net, vegetariërs is nooit versadig nie. Hulle sê all is fair in love and war, maar vir hierdie soort vrou is die oorlog nooit verby nie. Sy soek voortdurend bevestiging van haar aanloklikheid. By 'n restaurant flankeer sy met die kelner, op 'n troue annekseer sy die strooijonker (die bruidegom moet darem

Die verskil tussen 'n maklikemeisie en 'n geil griet

Embed Size (px)

DESCRIPTION

Die verskil tussen 'n maklike meisie en 'n geil griet

Citation preview

Page 1: Die verskil tussen 'n maklikemeisie en 'n geil griet

Ek wil nog uitvind wie dit geskryf het, en ook al 'n geruime tyd gelede geskryf, maar

sy is beslis op lys van moet-lees rubriekskrywers.

Zola skei oor ander vrou. Toe ek nou die oggend die woorde op die plakkaat teen 'n telefoonpaal lees, kry ek so 'n naar kol op die maag. En besluit net daar, my volgende rubriek is opgedra aan Lettie Slettie. Of wat jy haar ook al wil noem, Viagara, Geil Griet of Mustang Mandy.

Daai soort vrou wat nie die verskil ken tussen 'n ander vrou se man en haar eie komkommer nie. Wat dink flankeer is 'n Olimpiese sportsoort en hormone is 'n boek in die Ou Testament. Daai soort vrou wat 'n wewenaar se trane op sy vrou se begrafnis met haar bra-strap sal afdroog. Daai soort vrou wat, so sê 'n vriendin se ma, iets afgee wat mans soos vlieë na 'n miskoek lok.

Tot die dood ons skei, beteken lankal nie meer tot die dood ons skei nie. Huwelike en verhoudings kom tot 'n einde. Mense groei uitmekaar, soms was hulle nooit werklik vir mekaar bedoel nie en soms verkrummel die troukoek, want die bakpoeier is af. Dit verg 'n ysere wil en vernuftige lapwerk om 'n huis staande te hou as die fondamente begin kraak. En soms is dit doodeenvoudig, hoe pynlik ook al, nie die poging werd nie. Maar dit beteken nie jy het die hulp nodig van Lustige Lottie en haar stootskraper nie.

Sy kom in vele gedaantes. Soms mooi, maar nie noodwendig nie. Soms sexy, maar nie noodwendig nie. Soms slinks, maar nie noodwendig nie. Maar dikwels, tog so weerloos. En altyd op die uitkyk vir 'n lewensredder.

Moet haar nie verwar met 'n Maklike Meisie nie. Daar is 'n groot verskil. Die MM is nie uitsoekerig nie. Sy hou eenvoudig van pata-pata of sê moeilik nee. Of albei. Maar 'n Geil Griet kies haar prooi met oorleg. Vir haar gaan dit om te verower, en beter nog, af te rokkel.

'n Lustige Lottie het genadiglik nog nooit in my slaai gekrap nie. Of wag, daar was een. Maar sy het hom eerste by sy oorspronklike slaai afgevry, verveeld geraak en toe hy my slaai word, besluit sy wil haar ou slaai terughê. Die twee is toe in die eg verbind, maar, is dit nie hartseer nie, intussen weer geskei. Wys jou net, vegetariërs is nooit versadig nie.

Hulle sê all is fair in love and war, maar vir hierdie soort vrou is die oorlog nooit verby nie. Sy soek voortdurend bevestiging van haar aanloklikheid. By 'n restaurant flankeer sy met die kelner, op 'n troue annekseer sy die strooijonker (die bruidegom moet darem

Page 2: Die verskil tussen 'n maklikemeisie en 'n geil griet

eers van sy wittebrood af terugkeer), by die Kerstafel koer sy vir die kalkoen as daar niemand anders is nie.

In wese, vermoed ek, is sy bitter onseker van haarself. En voel sy eintlik net waardig wanneer sy die hele rugbyspan, insluitende die reserwes, om haar sensuele Pinkie kan draai. Vir Marilyn Monroe was niks minder as die Amerikaanse president genoeg nie. Angelina Jolie is dalk 'n vreeslike gawe meisie met 'n pragtige persoonlikheid, maar as jy my vra, en as jy my nie wil glo nie kan jy vir Jennifer Aniston vra, is sy 'n teksboek GG (Geil Griet).

Nou skielik die moeder Teresa van Hollywood wat onlangs nog haar eksman se bloed in 'n ampule om haar nek gedra het. Madam Nemo-lippe wil geboorte skenk in 'n Derdewêreldland. Haai tog. Hoekom kraam sy nie liewer by die Cedars-Sinai-hospitaal in Los Angeles en skenk die 1,7 miljoen wat sy aan verblyf betaal en die miljoen of drie wat vir brandstof, mineraalwater en gekerfde kameelperde aangewend word, aan die welsyn in Namibië nie? Hmmmm?

Want Jolie, en vroue soos sy, is verslaaf aan en afhanklik van, aandag. Wanneer die skugter glimlag, die neergeslane ogies of die streelstemmetjie nie genoeg is nie, begin sy messe versamel en wil kraam op die maan.

'n GG sal natuurlik nooit erken dat sy 'n GG is nie. Inteendeel, sy kan nie verstáán hoekom ander vroue haar verpes nie. Soos die karakter Edie in Desperate Housewives nie kan begryp hoekom haar buurvrouens in Wisteria Lane haar nie nooi om saam brug te speel nie. Sy dink hulle is jaloers op haar.

Ons vroumense is 'n snaaksse spesie. Ons kyk na mekaar, beny die een haar mooi bene, die ander haar hoë wangbene of netjiese paar 34C's. En soms, ja, loer die groenoogmonster oor jou skouer. Maar meesal gun ons mekaar die kwaliteite wat van ons elkeen 'n unieke sensuele wese maak. Ons hou net nie van vroue wat nie weet wanneer om die boonste knopie vas te maak nie.

Nou moet ons net vir Zola uit haar donker dieptes oplig. Om mee te begin, Zola, 'n paar highlights en 'n blertsie lipstiffie het niemand nog kwaad gedoen nie. En as jy die kinders soggens by die skool gaan aflaai, los liewer die sweetpakbroek by die huis en wikkel daai mooi lyfie van jou in 'n fleurige rompie. Gaan hou vakansie op 'n eksotiese plek, drink Margarita's tot jy omval en kry 'n oraloor-sonbrand.

Page 3: Die verskil tussen 'n maklikemeisie en 'n geil griet

En voor jy kan sê Pinkie, staan Mike weer leepoog by die voordeur. En dan, Zola, sê jy vir hom, cry me a river, cupcake. Dan gooi jy hom met 'n ou têkkie.