12
1 Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my intekening op Verskil Webblad: http://www.noordsin.co.za Facebook: https://www.facebook.com/noordsin/ Kampterreine: o Badseloop: Vir besprekings skakel: 062-6561521, of stuur ‘n epos na: [email protected] o Emmarentia Geldenhuys (AcaDeo): nuwe webwerf: www.egst.co.za o Magaliesberg: Besprekings word nou hanteer deur: Anvie Ventures, [email protected], 044 696 6585 o Facebook byhttps://www.facebook.com/magaliesbergjeugkamp/ 18 Oktober 2019 Nr 33/2019 Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op 8 November verskyn. Warm nuus Algemene Sinode Gustav Claassen skryf: Tydens die afgelope week het die 17de Algemene Sinode van die NG Kerk in Boksburg bymekaar gekom. Dit was ‘n vergadering wat van die begin af in ‘n besondere gees plaasgevind het. Die vergadering het ‘n stewige agenda, om-en by 529 bladsye, gehad om deur te werk en ‘n verskeidenheid van sake was op die tafel. Oor die besluite wat geneem is sal ek graag in die tyd wat kom aan jou wil terugvoer gee. Heelwaarskynlik, as jy op sosiale media is, het jy reeds van sommige besluite kennis geneem. Ek sou egter graag net die belangrike besluit oor selfdegeslagverhoudings op hierdie stadium aan jou wil kommunikeer. ‘n Verklaring oor die besluite in die verband word vir jou aangeheg. Die ander besluite en hoogtepunte soos die verslag oor scenario-beplanning, Dan Kriek van AgriSA se boodskap van hoop rondom grondhervorming en die besoek van Hoofregter Moegoeng Moegeng, wil ons netjies verpak en beskikbaar stel met PowerPoint en klankgrepe vir jou gebruik in die gemeente. KLIEK HIER http://ngkerk.net/wp-content/uploads/2019/10/10-Oktober-2019-persverklaring- selfdegeslagverhoudings.pdf vir die persverklaring oor selfdegeslagverhoudings. Jou voorbidding vir die vergadering word baie waardeer. Alles wat op die skerm verskyn het tydens die Algemene Sinode kan op die link gesien word: https://www.dropbox.com/sh/uz5xi29oktllonn/AACXtMrlWrBdK4i9W0PR1EMya?dl=0 Taakspan Leierskapsontwikkeling: Gespreksgeleentheid 29 Oktober – Uitgestel tot 2020 “Watter leierskap het die Kerk nodig?” Theuns Eloff moes ongelukkig kanselleer as gevolg van internasionale verpligtinge. Legitimasie van finalejaarstudente: Universiteitsoord 14 November 2019 19:00 Die legitimasie van ons finalejaarstudente is ‘n hoogtepunt op ons jaarprogram. Namens die Kuratorium van die NG Kerk wil ons almal uitnooi om hierdie geleentheid saam met ons te beleef. Dit vind plaas op Donderdag, 14 November 2019 om 19:00 by die NG Gemeente Universiteitsoord. Vir enige navrae, kontak asseblief Lizette van der Kooi by 012 420 2892 of [email protected]

Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

1

Ek wil asb inteken op Verskil / Kanselleer asb my intekening op Verskil

Webblad: http://www.noordsin.co.za Facebook: https://www.facebook.com/noordsin/ Kampterreine:

o Badseloop: Vir besprekings skakel: 062-6561521, of stuur ‘n epos na: [email protected] o Emmarentia Geldenhuys (AcaDeo): nuwe webwerf: www.egst.co.za o Magaliesberg: Besprekings word nou hanteer deur: Anvie Ventures, [email protected], 044 696 6585 o Facebook byhttps://www.facebook.com/magaliesbergjeugkamp/

18 Oktober 2019

Nr 33/2019

Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op 8 November verskyn.

Warm nuus

Algemene Sinode

Gustav Claassen skryf: Tydens die afgelope week het die 17de Algemene Sinode van die NG Kerk in Boksburg bymekaar gekom. Dit was ‘n vergadering wat van die begin af in ‘n besondere gees plaasgevind het. Die vergadering het ‘n stewige agenda, om-en by 529 bladsye, gehad om deur te werk en ‘n verskeidenheid van sake was op die tafel. Oor die besluite wat geneem is sal ek graag in die tyd wat kom aan jou wil terugvoer gee. Heelwaarskynlik, as jy op sosiale media is, het jy reeds van sommige besluite kennis geneem. Ek sou egter graag net die belangrike besluit oor selfdegeslagverhoudings op hierdie stadium aan jou wil kommunikeer. ‘n Verklaring oor die besluite in die verband word vir jou aangeheg. Die ander besluite en hoogtepunte soos die verslag oor scenario-beplanning, Dan Kriek van AgriSA se boodskap van hoop rondom grondhervorming en die besoek van Hoofregter Moegoeng Moegeng, wil ons netjies verpak en beskikbaar stel met PowerPoint en klankgrepe vir jou gebruik in die gemeente.

KLIEK HIER http://ngkerk.net/wp-content/uploads/2019/10/10-Oktober-2019-persverklaring-selfdegeslagverhoudings.pdf vir die persverklaring oor selfdegeslagverhoudings.

Jou voorbidding vir die vergadering word baie waardeer.

Alles wat op die skerm verskyn het tydens die Algemene Sinode kan op die link gesien word: https://www.dropbox.com/sh/uz5xi29oktllonn/AACXtMrlWrBdK4i9W0PR1EMya?dl=0

Taakspan Leierskapsontwikkeling: Gespreksgeleentheid 29 Oktober – Uitgestel tot 2020 “Watter leierskap het die Kerk nodig?” Theuns Eloff moes ongelukkig kanselleer as gevolg van internasionale verpligtinge.

Legitimasie van finalejaarstudente: Universiteitsoord 14 November 2019 19:00 Die legitimasie van ons finalejaarstudente is ‘n hoogtepunt op ons jaarprogram. Namens die Kuratorium van die NG Kerk wil ons almal uitnooi om hierdie geleentheid saam met ons te beleef. Dit vind plaas op Donderdag, 14 November 2019 om 19:00 by die NG Gemeente Universiteitsoord. Vir enige navrae, kontak asseblief Lizette van der Kooi by 012 420 2892 of [email protected]

Page 2: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

2

Sinodenuus

AcaDeo (Emmarentia Geldenhuys): in die mark! Die moontlikheid om die kampterrein te verkoop word baie ernstig oorweeg. Die grond is 280 hektaar groot en regoor Klein Kariba te Bela-Bela geleë.

Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan Kruger (sel 083 554 4971) by die Sinodehuis vir verdere navrae.

Bybellees met ‘n verskil Die volgende byeenkoms vind om 11:00 by Blue Crane Restaurant plaas:

22 Oktober: Joël 2.

29 Oktober: Joël 3.

5 November: Habakuk 1

Navrae: Fanie Cronjé (083 415 1452) / Kobus Myburgh (083 227 7185)

Weskoppies Kersprojek Vriende van Weskoppies voorsien elke jaar aan die pasiënte (ongeveer 650) wat op Kersdag in die hospitaal is 'n

Kerspakkie. Ons verneem graag of daar dalk gemeentes is wat ons kan ondersteun met die pakkie.

Die inhoud van die pakkie is die volgende: 1 x 300ml botteltjie Oros; 1 x 42g Pringles; 1 x 125g Toppers koekies; 1 x 50g Simba grondboontjies en rosyne.

Bogenoemde pakkie kos ongeveer R30,00. Gemeentes wat wil, kan ons ook finansieel ondersteun. Ter wille van "goeie onderlinge verhoudinge" is dit belangrik dat al die pasiënte dieselfde pakkie ontvang wat inhoud en grootte van items aanbetref!

Met die oog op die verpakking van die geskenke, sal ons dit waardeer indien ons items\bydraes voor of op

1 November kan ontvang.

Navrae: Gemeentes is welkom om ons te kontak by 082 4757 944 of [email protected]

DinkJeugNoord: Tweak 🏡 + ⛪ - Dagboek solank die datum 3 Februarie 2020 !!!

Huis HJ Piek: Groenkloof

Kollega- en ander personeelnuus

Hospitaal Hermien Swart [Sinodehuis] het ʼn groot rugoperasie ondergaan en sterk tuis aan.

Innige simpatie… Johan Avenant [The Reeds] se pa, wat bekend was as “Oom Hannes van Pienaarsrivier Jeugkampterrein” [hy was vir baie jare die bestuurder] is op 15 Oktober oorlede en word op 18 Oktober begrawe.

Verjaarsdagwense: Hartlik geluk aan die volgende persone:

21/10 Jan Brand [Emeritus, 082 335 1785, [email protected]] 25/10 Thom Schutte [Krokodilrivier, 082 562 4873, [email protected]] Pine Pienaar [Emeritus, 012 329 0327] 28/10 Frikkie du Plooy [Florauna, 083 564 7633,[email protected]]

Page 3: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

3

Neels Els [Emeritus, 082 765 7732] Louis Britz [Emeritus, 083 383 1269, [email protected]] 29/10 Johan Wildenboer [Florandia, 082 418 4220, [email protected]] Thinus Grobler [Emeritus, 082 564 2722, [email protected]] 02/11 Kobus Gerber [Emeritus, [email protected]] 03/11 Eric Scholtz [Lynnwood, 082 856 5959, [email protected]] 04/11 Gerhard Bothma [082 412 3479, gerhard.gerhardbothma.co.za] 05/11 Johan Scholtz [Montana, 082 641 5983, [email protected]] 06/11 Paullet Grobler [Pierneef, 076 841 1568, [email protected]] 07/11 Stanley Theron [Emeritus, [email protected]] **************************************************** 19/10 Anika la Grange [Koedoeskop, 078 824 6966, [email protected]] 20/10 Pat de Vos [Sesmylspruit, 082 898 2243, [email protected]] 23/10 Pieter Schoeman [Monumentpark, 083 283 8440, [email protected]] 24/10 Coleen Burger [Wonderboom-Suid, 073 182 2077, [email protected]] 28/10 Esna Strydom [Florandia, 082 940 5453, [email protected]] 31/10 Rika Lubbë [Montana, 082 776 0851, [email protected]] 03/11 Lizanne Roux [Vorentoe, 072 755 7817, [email protected]] 05/11 Antoinette Viljoen [Quaggapoort, 082 444 1633, [email protected]] 06/11 Dianda Snyman [Universiteitsoord, 082 332 5781, [email protected]] 07/11 Ilse Meyer [Pietersburg-Oos, 082 551 6341, [email protected]] 08/11 Erika Lemmer [Magalieskruin, 082 929 0244, [email protected]]

Gemeentenuus

Verjaarsdae: Baie geluk! Chipinge [Gestig 12/10/1944]

Vorentoe [Gestig 19/10/1944]

Wonderboom [Gestig 19/10/1944]

Roedtan [Gestig 20/10/1944]

Warmbad-Wes [Gestig 22/10/1944]

Dwaalboom [Gestig 23/10/1944]

Wonderboom-Suid [Gestig 23/10/1944]

Marondera-Rusape [Gestig 01/11/1951]

Koedoeskop [Gestig 04/11/1957]

Tuinrand [Gestig 04/11/1960]

Wesmoot [Gestig 06/11/1954]

Montana [Gestig 06/11/1974]

Levubu [Gestig 07/11/1972]

Francistown [Gestig 07/11/1973]

Tuinrand: Mini Bazaar – 25 Oktober - 16:00 tot laat Te Koop...!!! Heerlike hamburgers, pannekoek, koeldrank, koffie & tee, jaffels, kerrie en rys, koeke, nageregte... Kom loer gerus in by die Wit Olifanttafel. Hoop om almal hier te sien!

Universiteitsoord: Kerssangdiens – 27 Oktober - 19:00

Page 4: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

4

Pierneef: Gholfdag 2019 – 1 November 2019

Almal word hartlik uitgenooi om deel te neem aan ons gemeente se Gholfdag. Die geld wat ingesamel word met die aanbied van die gholfdag sal gebruik word vir ‘n verskeidenheid van aktiwiteite wat deur die gemeente aangebied word.

Kontakpersoon: Frikkie Wentzel (0832949505) Of Paullet Grobler (076 841 1568) [Meer inligting…]

Haakdoorn: My Oom se Motor Fees – 9 November 2019

Tydrit, verskeidenheid stalletjies en groot pryse om te wen Vir navrae of om stalletjies te bespreek kontak Lisa by [email protected] of 061 407 3984 [Lees meer...]

Wonderboom-Suid: Gedenktuin ‘n Gedenktuin is opgerig op die kerkterrein – ‘n trots van ons gemeenskap – as ‘n laaste rusplek vir u geliefdes. Die kerkterrein is beveilig met ‘n palissadeomheining en het streng toegangsbeheer. Tans is voorsiening gemaak vir 700 nisse in die muur waarvan heelwat al verkoop is.

Normale prys per Nis, waar twee kissies inpas, is R4010.00.

Ons bied vir tydperk tot 30 November 2019 ‘n spesiale prys van R3000.00 per nis aan. Belangstellendes kan die kerkkantoor skakel by 012 3310494. Kerkkantoorure is Dinsdae en Vrydae 9h00 tot 12h00 en Woensdae en Donderdae 14h00 tot 18h00.

Ander nuus

Sal ek sorg kan bekostig wanneer ek verswak is: 26 Oktober 2019 (09:00-12-00) - Overkruin

• Die toekoms van sorgeenheid-versorging in ons heersende klimaat (Prof. Syd Eckley - Ministeriële Kommissie oor Ouer Persone)

• Die rol en plek van ‘n Dienssentrum in die gemeenskap (Dr Elma Kruger - Centurion Raad vir Bejaardes) Toegang gratis – ‘n vrywillige donasie Verversings word gratis voorsien Kontak: Dr Petrus Moolman 082 452 5826

Pastorale Beradingskursus: 16 November – Selfvergifnis

Prof Wentzel Coetzer [Buitengewone Professor by die Teologiese Fakulteit in Potchefstroom] skryf die volgende:

“Die wetenskaplike studie met betrekking tot die tema van vergifnis het maar eers gedurende die sewentiger jare begin momentum verkry – dit is dus ‘n relatief nuwe konsep binne die helpende professies. Terwyl die meerderheid van studies gefokus was op vergifnis as sodanig, was daar oor ‘n lang tydperk bykans geen bydraes met betrekking tot selfvergifnis nie – dit is selfs by geleentheid al beskryf as die ‘stiefkind’ binne vergifnis navorsing.”

Vir meer inligting rakende die kursus …[Lees hier verder…]

Nuusbriewe Bybel-Media: Lees in dié nuusbrief oor die Kerkbode wat op 11 Oktober verskyn en ‘n paar nuwe publikasies.

[Lees hier verder…] ------------------------------------------------

Christelike Lektuurfonds: Nuwe CLF Ekologie pamflette wat tydens NGK Algemene Sinode bekend gestel word.

Water Klimaatsverandering Kos- en omgewingsgeregtigheid Die oorhoofse vraag is “Hoe kan ons ‘n verskil maak aan die ekologiese krisis waarin ons wêreld verkeer?” Hierdie gratis pamflette kan aanlyn bestel word of stuur ’n e-pos na [email protected] of skakel (021) 873 6964.

Akkommodasie vir Selfversorgende Bejaardes: Flower Foundation Die Flower Foundation is ‘n nie-winsgewende organisasie wat goedkoop maar kwaliteit behuising verskaf aan persone ouer as 60, waar woonstelle in Pretoria uitgehuur word aan selfversorgende bejaardes. Daar is tans onbewoonde eenhede beskikbaar in Arcadia en Danville wat die las op die organisasie verhoog om die pryse so laag as moontlik te hou. Alle inwoners moet selfversorgend wees, daar is nie mediese ondersteuning beskikbaar nie. Daar is ‘n bussie wat teen ‘n geringe koste gebruik kan word na hospitale, klinieke en winkels. Sien kostes!! Kontak gerus vir Bessie Noakes by 082 328 1767 of [email protected]

Page 5: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

5

Traumatiese Insident Reduksie Werkswinkel: Alberton 4-7 November / Wolseley 18-21 November Met hierdie werkswinkel leer jy in vier dae om ‘n traumatiese insident se negatiewe gevolge vinnig, effektief en permanent te reduseer. Ons kan nie die trauma wegneem nie, maar kan die getraumatiseerde persoon weer terug bring na ‘n meer normale vlak van funksionering. TIR is effektief vir onlangse trauma so wel as die verligting van PTSD. [Lees hier verder...]

Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom: Liggiefees 29 November tot 31 Desember 2019

Liggiefees@Potch is Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom se jaarlikse groot fondsinsamelingsprojek. Die perseel word omskep in 'n sprokieswêreld wat elke persoon moet sien en ervaar. Van die (kliek hier) grootste name in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf tree op, daar is 'n pragtige kunsmark, Oujaarsdans, 'n pretpark met 'n Big Wheel van amper 40 meter hoog wat oor die hele fees kyk, 'n ongelooflike Liggiemuur wat praat en sing met die aanskouers en kos om van te kies en te keur. Die fees begin 29 November - 31 Desember. Liggiefees@Potch is elke aand oop vanaf 19:00. Kaartjies is aanlyn te koop by Quicket https://qkt.io/JaMZij of R25.00 kaartjies kan by die hek gekoop word. Besoekers wat van ver af kom kan aanlyn spesifieke sitplekke in die tent bespreek en verseker wees dat hulle stoel vir hulle wag. Liggiefees@Potch het in 2018 byna 62 000 feesgangers verwelkom - hierdie jaar gaan elke persoon verstom laat.

PEN Seekamp het jou hart nodig Janthinus Schrage, senior bestuurder: Bemarking en Kommunikasie by PEN skryf: Ek dink gereeld hieraan. Hoe kan ons emosionele vryheid meet? Hoe kan mens ‘n kind se glimlag meet wanneer hulle oë vol seer is? Ons kan nie altyd meet hoe hulle uitdagings in die gesig staar nie, maar ons KAN verseker meet hoe ons hulle geleenthede gee om met hierdie uitdagings vas te vat. PEN Seekamp wil soos die 26 jare vantevore, ‘n geleentheid skep vir ‘n wonderwerk.

[Lees meer...]

NG Kandelaar Studentegemeente - Eerstejaarskamp: 07-10 Januarie 2020

Dit is weer tyd vir ons matrieks om keuses te maak. Een hiervan is om deel te word van die NG Kandelaar Studentegemeente se eerstejaarskamp 2020. U is welkom om die skakel en advertensie te versprei sodat ons al die voornemende studente kan bereik. Volg die skakel vir NG Kandelaar Studentegemeente se Eerstejaarskamp inskrywingsvorm 2020: http://bit.ly/kandelaar_Eerstejaarskamp2020_Inskrywingsvorm

[Lees meer...]

Struwig Eko-Reservaat: 23-25 Maart 2020

Spesiale aanbieding: Groot 5 leraars blootstelling aan ons eie Kruger ervaring. Besprekings: +27 71 907 7960 of [email protected]

[Verdere inligting...]

Gebedslys

Hiermee ‘n vriendelike uitnodiging aan ons lesers om enige sake vir voorbidding aan ons te stuur by [email protected].

SDR-vergadering 1 Oktober.

ʼn Goeie reënseisoen op alle plekke in ons land, asook in ons buurlande.

Hervormingsfees: Sondag 27 Oktober.

Vakatures

Koedoesrand: Vakature – Voltydse leraar Gemeenteprofiel: Koedoesrand gemeente is geleë in die Bosveld te Swartwater, Limpopo teen die grens met Botswana en is onge-veer 400km vanaf Pretoria. Boerdery domineer die gebied en groente, sitrus, tabak en ander gewasse word op groot skaal veral teen die Limpopo onder besproeing verbou. Koedoesrand gemeente is ‘n pastorale grootte gemeente met 263 belydende en 115 dooplidmate. Die gemiddelde ouderdom van die lidmate is 37jaar en daar is 43 kinders onder 6 jarige ouderdom.

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2019 Diensaanvaarding: So gou as moontlik. Omstandighede van die suksesvolle aansoeker word in gedagte gehou.

[Lees die volledige advertensie hier...]

Page 6: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

6

Rustenburg-Suid: Vakature – Orrelis Ons verwag van die orrelis om: Die gemeente op ʼn kreatiewe wyse met orrel en klavier te begelei om ons samesang potensiaal te ontwikkel. Betrokke te wees met voorbereiding en begeleiding van “week van gebed”, Pinkster, Kerssangdiens, Paassangdiens, Lentesangdiens en ander kerkgeleenthede. Bywoning en deelname aan vergaderings van Erediensbediening. Betrokkenheid en deelname aan Koor en Kategese aangeleenthede

Sluitingsdatum: 5 November 2019 [Lees die volledige advertensie hier...]

Proponente en ander beskikbares

UP Fakulteit Teologie: Gelegitimeerde proponente 2016

Eddie Brown [082 305 3972, [email protected]] Berenice Esterhuyzen [072 794 5928, [email protected]]

Gelegitimeerde proponente 2018 Freddie de Lange [071 483 8798, [email protected]]

Marthiens Heymans [[email protected]] Nienke Kemm [079 515 4156, [email protected]] Erick Mulder [076 253 5825, [email protected]] Natalie-Ann van Deventer [076 187 7249, [email protected]]

Ander gelegitimeerdes wat beskikbaar is om eredienste te lei Gerhard Bothma [082 412 3479, [email protected]] Jan Cloete [083 232 8708, [email protected]] Martin Lazenby [079 493 4957, [email protected]] Ernst Muller [082-656-1107, [email protected]] Bertus Olivier [082 224 6242, [email protected]] Ockie Raubenheimer [076 155 0929, [email protected] - Ook beskikbaar vir aflos gemeentebediening] André Smuts [072 148 6718, [email protected]] Lizette Viviers [082 451 4049, [email protected]]

Ten slotte

BYLAES

Pierneef – Gholfdag 2019

1 November 2019

Kostes vir deelname aan die gholfdag beloop soos volg: • Enkelspeler teen R550 en 4-Bal teen R2 200 Dit sluit die volgende in: • Speel van ‘n rondte gholf by Akasia Gholfklub, • 2 x karretjies per 4-bal, Aandete tydens prys-uitdeling en

Page 7: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

7

• Pryse vir ten minste die eerste 10 x 4-balle. Die volgende geleenthede is beskikbaar vir borge om hulle produkte / dienste te bemark: • Voertuiguitstalpunte x 4 teen R 5,000 per punt, • Gaaitjie-borge (Baniere & persone) x 11 teen R2,500 per gaatjie, • Prys-borge x 16 (4-balle 1-10, naaste aan die pen x 2 & langste dag), • Halfweghuis borg teen R 5,000 en • Hoofborg vir die dag en die prysuitdeling teen R 10,000

Terug

Haakdoorn – My Oom se Motor Fees

9 November 2019

Terug

Akkommodasie vir Selfversogende Bejaardes:

Flower Foundation

Veilige akkommodasie vir Selfversorgende Bejaardes – Pretoria 166 Woonstelle in Arcadia, Groenkloof en Danville Geen mediese versorging of etes Vervoer teen minimale koste na hospitale, klinieke, winkels Enkelwoonstel: R2 530,00 per maand 1 Slaapkamer: R3 550,00 per maand 2 Slaapkamer: R3 820,00 per maand Warm en koue water ingesluit

Kontak: Cornel by 012 343 2650 www.flowerfoundationpretoria.co.za

Terug

Traumatiese Insident Reduksie (TIR) Werkswinkel

Alberton 4-7 November / Wolseley 18-21 November 2019

Met hierdie werkswinkel leer jy in vier dae om ‘n traumatiese insident se negatiewe gevolge vinnig, effektief en permanent te reduseer. Ons kan nie die trauma wegneem nie, maar kan die getraumatiseerde persoon weer terug bring na ‘n meer normale vlak van funksionering. TIR is effektief vir onlangse trauma so wel as die verligting van PTSD. In dié werkswinkel word 3 tegnieke aangeleer naamlik Unblocking, TIR en Tematiese TIR. Met laasgenoemde kan jy ongewenste gevoelens, emosies, sensasies, houdings en psigosomatiese pyn aanspreek. Na 4 dae kan jy die tegnieke gaan toepas. Hierdie werkswinkel is internasionaal geakkrediteer en na die suksesvolle voltooiing daarvan kan jy by TIRA (TIR Association) aansluit. Hierdie werkswinkel dien as toelating om te registreer vir ‘n internskap om ‘n gesertifiseerde TIR Fasiliteerder te word.

Page 8: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

8

CPD en VBO punte is van toepassing. 20 CPD punte vir Maatskaplike Werkers en 30 VBO punte vir NG Predikante. ‘n Tweetalige handleiding word verskaf en verversings en ‘n ligte middagete daagliks is ingesluit. Koste: R5000. (R500 Afslag vir groepe en vroeë betaling ) Alberton 04-07 Nov 2019 Wolseley 18 –21 Nov 2019

TRAUMA WORKSHOPS 2019 REGISTRATION FORM

Please mark:

TIR Alberton Wolseley

11-14 Nov 19 18-21 Nov 19

Please Print

VBO punte : (Omkring) Ja / Nee

CPD points: (Circle) Yes / No

Terms and Conditions http://traumahelper.weebly.com/tir-werkswinkels.html

Naam en van

Soos dit op sertifikaat moet verskyn

Noemnaam

Posadres en kode

E-pos adres

Kontaknommers

Beroep en registrasienommer

ID Nommer

Handtekening

Traumatiese Insident Reduksie (TIR)

Deposito van R2500.00 by bespreking. Balans voor die werkswinkel begin. Early Bird registrasie R4500.00 Volle betaling 14 dae voor die werkswinkel begin.

Rekening houer JJF Viljoen Bank ABSA Takkode 632 005 Rek No 2050 920 014 Type Tjek Verwysing Alberton + jou van

Wolseley + jou van

Terug

Abraham Kriel Kinderhuis Potchefstroom - Liggiefees

29 November tot 31 Desember 2019

Page 9: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

9

Terug

PEN Seekamp het jou hart nodig

Wonderwerke lê nie soseer in die projek nie, maar wel in die hande van die tannies wat koekies en beskuit bak vir ons kinders. Wonderwerke gebeur wanneer ‘n bakkie vrag vol sap, lekkers en toiletware by PEN afgelaai word vir die seekamp. Dit lê in elkeen wat iets gee, saam met PEN droom dat ons kinders die potensiaal het om kosbare rolspelers binne ons gemeenskappe te wees en ook ons land. Dat hulle ook waardig is en God hulle lief het ten spyte van hulle soms uitdagende omstandighede. Om eerlik te wees, om 120 kinders op ‘n kamp te vat kos nie net ‘n paar sent nie. Dink net: akkommodasie, vervoer en dan moet ons nog magies vol maak. Hierdie uitgawes kan ’n aardige bedraggie wees, dan raak ons nie eens die ‘goed’ wat ons kinders nodig het om sin te maak van hulle lewens nie. Klei, kuns, ‘n Bybel, dalk ’n bietjie seep en ’n handoek om ‘n paar te noem. Elke rand wat iemand gee, gaan ewigheidswaarde dra. Alles in ag genome, hoekom doen PEN dit? Hierdie Desember gaan 120 kinders Jesus ervaar deur die drukkies en omgee deur die PEN groepleiers. Hulle gaan uitreik en hulle stories van ‘seer’ met mekaar deel en dit sodoende minder maak en hulle pad na emosionele vryheid ontdek. Hulle gaan hoor van God se droom vir hulle lewens en dat hulle ook sal wakker word met ‘n son van God se beloftes en Sy liefde wat oor hulle skyn. Ons nooi jou uit om hierdie seekamp vir ons kinders ‘n realiteit te maak. Kom skep ‘n droom en borg ‘n kind se seekamp teen R1600,00. Kontak ons by [email protected] of 012 323 6688. PEN, ABSA Rek nr. 020263385, Verw. Seekamp.

Terug

NG Kandelaar Studentegemeente - Eerstejaarskamp:

7-10 Januarie 2020

Terug

Struwig Eko-Reservaat – Spesiale Aanbieding

23-25 Maart 2020

Page 10: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

10

Terug

Koedoesrand:

Vakature – Voltydse leraar Sluitingsdatum: 31 Oktober 2019

Die kerkraad van Koedoesrand maak in biddende afhanklikheid die vakature van voltydse leraar bekend. Aansoeke

word ingewag van gelegitimeerde leraars, proponente en finale jaar studente van die NG Kerk. Gemeenteprofiel: Koedoesrand gemeente is geleë in die Bosveld te Swartwater, Limpopo teen die grens met Botswana en is ongeveer 400km vanaf Pretoria. Boerdery domineer die gebied en groente, sitrus, tabak en ander gewasse word op groot skaal veral teen die Limpopo onder besproeing verbou. Verder is Koedoesrand omgewing bekend vir sy beesboerdery, wild en groot kremetarte. Swartwater beskik oor ’n laerskool, Laerskool Unitas, waarvan die voertaal Afrikaans is. Tydens die hoërskool jare gaan kinders na die naaste dorp, Ellisras (Lephalale) 126km vanaf Swartwater of na van die skole in Pietersburg of Potgietersrus wat almal baie goed funksioneer. Koedoesrand gemeente is ‘n pastorale grootte gemeente met 263 belydende en 115 dooplidmate. Die gemiddelde ouderdom van die lidmate is 37jaar en daar is 43 kinders onder 6 jarige ouderdom. Uniek aan Koedoesrand is die groot bedieningsoppervlakte wat oor 7000vk km strek en slegs uit plaaswyke bestaan. Dit is ’n gemeente wat liefde uitleef en na aan God se skepping leef. Lidmate speel ook ’n ankerrol in die gemeenskap wat saamwerk met ander kerke, skole en instansies. Daar is ‘n baie mooi en gesonde samewerking met die Hervormde gemeente te Swartwater en gesamentlike dienste vind maandeliks plaas. Daar is geen aanddienste nie, wel twee buitedienste wat in die middag een maal per maand onderskeidelik 50 en 70km vanaf Swartwater plaasvind. Leraarsprofiel: Ons wil graag hê dat die leraar wat beroep word na Koedoesrand die volgende eienskappe sal openbaar:

’n Lewende, persoonlike verhouding met God Drie-enig hê.

Skrifgetroue en inspirerende prediker met ’n gemaklike preekstyl wat kinders tydens die erediens betrek.

Gebruik maak van visuele media en rekenaartegnologie tydens eredienste.

’n Mens-mens wat met alle generasies goeie verhoudings kan bou en handhaaf.

Goeie interpersoonlike vaardighede toon en gemaklik in spanverband funksioneer.

’n Hart vir die aktiewe bediening op die platteland met die doel om ’n verskil te maak in ons wyer gemeenskap, gemaklik met huisbesoek en persoonlike kontak met lidmate in verskillende lewensstadiums.

Iemand met kreatiewe en innoverende denke.

In staat om deur volwasse leierskap, gemeenteleiers op te rig en te versterk en die gemeente daardeur verder op te bou.

Verantwoordelikhede:

Nakoming van alle ampspligte, soos omskryf in Artikel 9 van die Kerkorde as riglyn, in samewerking met die ander predikante binne die bedieningsraamwerk van die gemeenskap en die ring.

Vergoeding en voordele: Sinodale aanbeveling vir salaris en byvoordele sal as riglyn gebruik word met in agneming van die unieke omstandig-hede van die gemeente. ’n Ruim pastorie met ‘n woonstel is beskikbaar.

Page 11: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

11

Voornemende kandidate:

Belangstellende leraars, proponente en finale jaar studente van die NG Kerk word uitgenooi om ’n volledige CV met persoonlike besonderhede, asook die name en kontakbesonderhede van drie referente te stuur aan: Die Pre-advieskommissie ( [email protected] )

Sluitingsdatum: 31 Oktober 2019

Diensaanvaarding: So gou as moontlik. Omstandighede van die suksesvolle aansoeker word in gedagte gehou.

Navrae: Voorsitter Pre-advieskommissie: Jan Loots ( 082 871 8465 ) Konsulent: Ds Hannes Peens ( [email protected] ) Die kerkraad hou hom die reg voor om, sonder opgaaf van redes, geen aanstelling te maak uit die aansoeke ontvang nie.

Terug

Rustenburg-Suid:

Vakature – Orrelis Sluitingsdatum: 5 November 2019

In biddende afhanklikheid van die Here maak die Kerkraad van NG Rustenburg-Suid Gemeente bekend dat ons van voorneme is om ʼn orrelis aan te stel

Vakature – Orrelis NG Kerk Rustenburg-Suid

Rustenburg-Suid is in Rustenburg, Noordwes geleë. Ons getal belydende lidmate is ongeveer 550 en dooplidmate 150. Ons verwag van die orrelis om: 1. Die gemeente op ʼn kreatiewe wyse met orrel en klavier te begelei om ons samesang potensiaal te ontwikkel. 2. Betrokke te wees met voorbereiding en begeleiding van “week van gebed”, Pinkster, Kerssangdiens,

Paassangdiens, Lentesangdiens en ander kerkgeleenthede. 3. Bywoning en deelname aan vergaderings van Erediensbediening. 4. Betrokkenheid en deelname aan Koor en Kategese aangeleenthede Let wel dat: - Vergoeding of salaris pakket met die geskikte kandidaat onderhandel sal word na aanleiding van kwalifikasies

en ondervinding. - Die kerkraad die reg voor behou om nie ʼn aanstelling te maak nie. Navrae: Voorsitter van Diensverhoudinge: Jeanette v Heerden Tel 082 456 0404 E-pos: [email protected] Stuur aansoek met kort CV na: Marie Williams E-pos: [email protected] Sluitingsdatum: 5 November 2019

Terug

Pastorale Beradingskursus - Potchefstroom Saterdag 16 November 2019

Die wetenskaplike studie met betrekking tot die tema van vergifnis het maar eers gedurende die sewentiger jare begin momentum verkry – dit is dus ‘n relatief nuwe konsep binne die helpende professies. Terwyl die meerderheid van studies gefokus was op vergifnis as sodanig, was daar oor ‘n lang tydperk bykans geen bydraes met betrekking tot selfvergifnis nie – dit is selfs by geleentheid al beskryf as die ‘stiefkind’ binne vergifnis navorsing. Teen hierdie agtergrond fokus ons in hierdie kursus onder andere op die drie belangrike modelle van onderskeidelik Robert Enright, Everett Worthington en David Stoop. Aspekte waarop die klem veral sal val is die volgende:

- Belangrike definiërings - Hindernisse, blokkasies en probleem areas - Faktore wat die proses van selfvergifnis bevorder - Sommige belangrike modelle - Die helingsproses - Praktiese en pastorale riglyne - Lewensveranderende lesse en goddelike deurbrake

Page 12: Let asseblief daarop dat die volgende Verskil eers weer op ...noordsin.ngkerk.net/wp-content/uploads/sites/3/2019/10/Verskil-no-3… · Kontak Paul Grobler (sel 082 653 5734) of Johan

12

Plek: Studente Hervormde Kerk – Silwer str 19, Potch (net langs klein kragstasie) Datum: Saterdag 16 Nov 2019 – sluit in verversings en sleutelnotas Tyd: 08.00 – 13.00 Akkreditering: VBO – CPSC - PCDAFM GPS koördinate: Suid: 26.41.590 - Oos: 27.5.079 Koste: R350 pp (egpare: R600) Handleiding te koop - opsioneel: R180 (posgeld: R99 ekstra - PostNet) Om te bespreek: U moet vooraf die nodige fooie inbetaal by: Capitec spaar rek: 1487438425 - takkode: 470010 Rek naam: Prof WC Coetzer (bevestig dan asb daarna per e-pos) Navrae: 0836600409 of 0825778810 of e-pos: [email protected]

Terug