1
Vrydag 27 Junie 2008 SPORT Die Burger, bl. 18 WES-KAAPSE SPORTKALENDER Rugby Sewe maak nog aanspraak DIE Superliga B-kompetisie in die Weste- like Provinsie verloop tans baie interes- sant met sewe van die tien rugbyklubs wat nog ’n kans staan om met die titel weg te loop. Die naweek vind ’n paar sleutelwed- stryde plaas. Collegians, saam met Kuilsrivier die voorlopers, kry besoek van Young Peoples. Laasgenoemde het in die jongste tyd voor- treflike spel opgedis en die Lentegeur-span sal dus nie op sy louere kan rus nie. Indien Collegians vasval en Kraaifon- tein klop in ’n wegwedstryd die sterk span van Primrose, kan die Kraaie die nuwe voorlopers op die puntelys word. Bellville-Tech behoort op sy tuisveld gans te veel skietgoed te hê vir die agteros, Strand United. Die Superliga B-program is (om 16:00): ROSSMEAD: Primrose t Kraaifontein; LENTE- GEUR: Collegians t Young Peoples; BELLVILLE- SUID: Bellville-Tech t Strand United. Voorlopers dalk beproef ROSES UNITED en Wesbank, onder- skeidelik eerste en tweede op die Bo- landse Premierliga-puntelys, kan die naweek behoorlik getoets word. Die Rose speel gasheer vir Delicious en albei spanne beskik oor heelwat spel- brekers wat sal sorg dat die verdediging behoorlik beproef word. Wesbank reis na Wellington waar hy die omgesukkelde tuisspan moet pak. Wellington se gedugte agttal het die laaste tyd talle spanne hoofbrekens be- sorg. Die besoekers van Malmesbury kan hulle dus maar vet smeer vir ’n moeilike dag. Die wedstryd in Worcester tussen Vil- lagers-Worcester en Abbottsdale be- hoort ook vir vuurwerk te sorg. Albei is bekend vir hul aanvallende benadering en dit kan vir ’n skouspel sorg. Die program is (om 16:00): Premierliga: WELLINGTON: Wellington t Wesbank; WOR- CESTER: Villagers-Worcester t Abbottsdale; MONTAGU: Villagers-Montagu t Rawsonville; GANSBAAI: Black Leaves t Ceres; WELLING- TON: Roses United t Delicious. Superliga- Oos: GRABOUW: Grabouw t Hillcrest United; CERES: Bella Vista t Young Hamiltons; HER- MANUS: Atlantics t Brandvlei-Perseverance; HAWSTON: Hawston t Standards; ROBERT- SON: Robertson t Hamlets. Superliga-Wes: SALDANHA: Saldanha t Hopefield; VELD- DRIF: Velddrif t Citrusdal; ST. HELENABAAI: St. Helenabaai t Langebaan; DARLING: Darling t Tul- bagh. George sal wil vergoed ’n RILLER word môremiddag verwag wan- neer die voorloper in die Premierliga van die Suidwestelike Distrikte, Bridgton, George op Outeniquapark die stryd aansê. George, wat in die eerste ronde teen Bridgton vasgeval het, sal alles probeer om die bordjies op sy tuisveld te verhang. Brian Jonathan, heelagter van die besoe- kers, wat verlede week twee keer teen Swellendam gaan druk het, se spoed voor- spel gevaar. Jonathan beskik ook oor ’n giftige skop- skoen. Die strydros Keith Meyer (vleuel), Adrian Booysen (losskakel), Kevin Pekaan (senter) en John May (skrumskakel) is ge- vaarlike spelers met die bal in hand. Voor- langs is Teslin September (haker), Piet Hendricks (vaskopstut) en Jaco Manewil (slot) tans goed op stryk. ’n Klipharde derby word tussen Groot- Brakrivier en die Barbarians verwag. Albei spanne het verlede week goeie oor- winnings behaal en werk hard om die half- eindronde te haal. Die program is: Premierliga: Progress t Ever- greens; Groot-Brakrivier t Barbarians; Heidelberg t Blanco; George t Bridgton; Swellendam t Cru- saders. Presidentsliga: Uniondale t Knysna Uni- ted; Oudtshoorn t Willowmore; Prins Albert t Col- legians; Bonnievale Blue Birds t Silver Stars; Mos- selbaai t Albertinia; Wolverines t Bonnievale Uni- ted; Perseverance t Riversdal Blues; All Blacks t Jaguars. Loslootjies: Buffaloes en Kango United. Landbou-spelers in aksie VUURWERK kan môre op Saasveld ver- wag word wanneer die SA Pannar-rugby- week vir landboukolleges om 12:00 begin. Die spanne wat deelneem, is Elsenburg, Cedara, Grootfontein, Ford Cox, Potchef- stroom, NMMU, Pannar- akademiese span en Pannar-uitnodigingspan. Die toernooi word deur die Nelson Man- dela Metropolitaanse Universiteit aange- bied. Volgende week se wedstryde is op Maandag en Woensdag van 12:00. Die eind- stryd begin Vrydag om 11:00. Ná die toernooi word ’n SA Landboukol- lege-span gekies wat op 7 Julie teen ’n o.21- span van die Arende sal speel. . Vir navrae skakel die kampus by 044 801 5111. Skolerugby Drie toernooie in W-Kaap ONDANKS die winter-skoolvakansie is daar vir rugbygeesdriftiges tog heelwat in die komende week te sien. Van die vier nasionale skooltoernooie wat Maandag begin, word drie in die Wes- Kaap afgehandel. Die Akademieweek vir o.18-spanne skop in George af en die LSOB-Cravenweek (vir leerlinge met spesiale onderwysbehoeftes) word in Kuilsrivier afgehandel. Die Cravenweek vir o.13-spanne begin in die Paarl. Die Hoërskool Outeniqua speel gasheer vir die Akademieweek, die Hoërskool Jan Kriel huisves die LSOB-toernooi en die Cravenweek vir laerskoolspanne vind op die velde van die Hoërskool Paarl Gimna- sium plaas. In al drie gevalle begin die ver- rigtinge Maandag om 08:30. Die programme vir die onderskeie openingsdae is: o.18-AKADEMIEWEEK: A-veld: 08:30: Nami- bië t Grens-platteland; 09:50; Luiperds-platteland t Griekwas-platteland; 11:10: Griffons t OP-platte- land; 12:30: Boland t Blou Bulle; 13:50: Griekwas t Luiperds; 15:45: Openingseremonie; 16:00: SWD t Gauteng Leeus. B-veld: 08:30: Griffons- platteland t Mpumalanga-platteland; 09:50: Valke (Suid) t KwaZulu-Natal-platteland; 11:10: Grens t Vrystaat; 12:30: Mpumalanga t OP; 13:50: WP t Valke; 16:00: Limpopo t KwaZulu-Natal. LSOB-CRAVENWEEK: A-veld: 08:30: Ope- ningsrede: 09:30: Lynx (Privaatskole) t Valke; 10:50: Goue Leeus t Blou Bulle (Buitengewone Onderwys); 12:10: Griffons t Goue Leeus (Buiten- gewone Onderwys); 13:30: SWD t Vrystaat; 14:50: Oos-Kaap t Mpumalanga; 16:10: WP t KwaZulu-Natal. B-veld: 09:50: Blou Bulle t Lynx- ontwikkelingspan; 11:10: Boland t Luiperds. o.13-CRAVENWEEK: C-veld: 08:30: Grens t Griekwas. D-veld: 08:30: Namibië t Zimbabwe. A- veld: 09:00: OP t Blou Bulle; 10:00: Griffons t Grens-platteland; 11:00: Vrystaat t Mpumalanga; 12:00: Boland t Valke; 13:00: SWD t Limpopo; 14:00: Openingseremonie; 15:00: KwaZulu-Natal t Gauteng Leeus; 16:00: WP t Luiperds. Sokker Kampioen pak RDP United DIE pad na glorie begin môre vir 256 spanne in die Coca-Colabeker-uitklopkom- petisie onder die vaandel van Safa-Kaap- stad. Swaar reën het verlede week die wed- stryde in dié winsgewende kompetisie in die wiele gery. Al die voorbereidings is nou vir die na- week getref en die organiseerders sal duim vashou die weer laat die aksie voortgaan. Dit is die 13de keer dat dié kompetisie gehou word. Intussen val die fokus op Woodlands United – die verdedigende kampioen – in môre se skouspel. Hy kom in Atlantis teen RDP United te staan en met sterre soos Dominigue Wit- booi, Jonathan Mafumbie, Denver Bre- denkamp en Kendal Henricks in sy gele- dere gaan hy hard werk om sy titel te ver- dedig. Van die belangrikste wedstryde môre is (om 13:00 tensy vermeld): BONTEHEUWEL: Red Ti- gers t Heath Athletic, Ravensmead t Hanover Park FC, Wayside Wanderers t Young Chiefs (15:00), Saxon Rovers t Wanderers X1 (15:00); SYMPHONY PARK: Lwandle FC t Leeds Lente- geur, City Bucks t Wolverhampton; GRASSY PARK: Blue Downs Spurs t Bluebells United, Young Pirates t Golden United, Stephanian Ot- tery t Mandalay FC (albei 15:00); MANENBERG: Macassar United t Edgemead Goodwood, Park- wood FC t Stantree United (albei 15:00); ATLAN- TIS: RDP United t Arsenal, Silver City t Strandfon- tein, Liverpool t Tafelsig City (15:00); WILLIAM HERBERT: Goal Fighters t Parma FC, SAPS Hout Bay t Cyclone FC, Silver Spurs t Crusaders (15:00), Rovers FC t Eerste River FC (16:45), Dal- mans Midas t Golden Gate (18:45); ROCK- LANDS: Hasco United t Liverpool-Portland, TP Shepherds t Santos FC, Ashley Rovers t St. Marks 15:00), Bayhill United t Hout Bay United, Juventus AFC t Zion Stars, Cedar United t Gugu- letu FC (almal 15:00); HEIDEVELD: Bayview t CT Pirates, Colville United t Young Lions; MAN- DELA-STADION: Beacon Pirates t CT Collec- tions; JOHNSON ROAD (Rylands): Peugeot In- ternational t Valencia United, Rockafellas t Shockwave FC (15:00); TURFHALL PARK: Ha- zendal United t Meadowridge FC, Young Visitors t Bridgetown FC (15:00). Skolesokker Princeton nog onoorwonne? DIE onoorwonne en huidige voorloper, die Hoërskool Princeton, sal môre op die Rocklands-sportterrein deeglik op die proef gestel word. Hy sal teen ’n begeesterde Kwanufundo- span te staan kom. Hulle ding mee in die ronde van die laaste 16 in die Mr Price-uitklopreeks vir hoërskole. Princeton het al ses ligawed- stryde gewen en loop voor met 18 punte. Kwanufundo het egter in die vorige ronde bewys hy stuit vir niemand nie. Die wedstryd tussen Manyano en Kampsbaai kan ook ’n taai kragmeting wees. Die program is: 09:30: Thembelihle t Glendale; Luhlaza t Tafelsig; Princeton t Kwanufundo; Ikam- valethu t Mondale. 10:45: Lentegeur t Bulumko; Symphony t Harry Gwala; Ocean View t Heide- veld; Manyano t Kampsbaai. Padwedlope Hardloop by Eersterivier DIE Eersterivier-klub se jaarlikse INCA- wedloop oor 15 km begin môre om 07:15 in Bobsweg, suid van die Stratford Primêre Skool in Eersterivier. Die wedloop maak deel uit van die Powe- rade-liga in die Westelike Provinsie. ’n Westelike Provinsie-ligastapwedloop oor 10 km begin om 07:30 en ’n pretdraf-/ stap oor 5 km om 07:45. Inskrywings (R25 vir klubatlete vir die 15 km-wedloop (R40 vir ander), R20 (R35) vir die 10 km-stapwedloop vir seniors en R7,50 (R15,50) vir juniors en R5 vir almal vir die pretdraf-/stap) kan van 06:00 by die wegspring gedoen word. Prysgeld word verdien deur die voorste atlete oor die eindstreep in al die ouder- domsafdelings vir mans en vroue. Senior, meester- (40+) en junior mans- en vroue-spanpryse is ook op die spel. Medaljes word toegeken aan almal wat die wedlope binne die afsnytyd om 09:00 voltooi. . Rig navrae aan Johannes Kampfer (084 462 7431) of Gary Pekeur (072 216 4092). Nuwe baadjie vir wedloop DIE gewilde jaarlikse Outeniqua-wedloop oor 10 km spog vanjaar met ’n splinter- nuwe baadjie, hoofborg en sal voortaan as die Outeniqua Topgear-10 km bekend staan. Die wedloop begin en eindig by die Ge- orge-perdryklub en die wegspring is môre om 08:00. Inskrywings kan van 07:00 by die weg- springplek gedoen word. Inskryfgeld is R25 vir klubatlete en ’n ty- delike lisensie kos R15 vir nie-geregi- streerde atlete. Alle atlete wat die wedloop voltooi, sal ’n bronsmedalje ontvang met ’n silwerme- dalje aan die eerste 50 atlete. Die afsnytyd is 1 uur en 30 minute. . Vir inligting bel Doepie by 084 501 0168. Skolehokkie Toernooi in Observatory HOKKIEGEESDRIFTIGES kan uitsien na opwindende provinsiale junior toernooie wat aanstaande week in die Wes-Kaap be- slis word. Die nasionale toernooi vir seuns o.16 word van Maandag tot 4 Julie by Hartley- vale in Observatory aangebied. Nóg o.16-spanne van die Westelike Pro- vinsie, die Boland en Suidwestelike Dis- trikte meet van môre tot Maandag kragte in Stellenbosch. Die WP word deur ’n Protea-, Disa- en Ze- bra-span by die plaaslike toernooie ver- teenwoordig en die Boland deur ’n Bar- linka-, Shiraz- en Pinotage-span. Die seuns o.18-streekspanne se toernooi word van 1 tot 3 Julie in Stellenbosch ge- hou. Dié meisiestoernooie vir o.18- en o.16- spanne vind onderskeidelik van Maandag tot 2 Julie en van 3 tot 5 Julie plaas op die astro-turfbane in Wynberg. Muurbal Jonges spook dit uit SUID-AFRIKA se beste jong muurbalspe- lers, waaronder verskeie van die Weste- like Provinsie en die Boland se blinkste sterre, kom aanstaande week in Stellen- bosch teen mekaar te staan. Die provinsiale junior (o.19-) toernooi begin môre en duur tot Donderdag. Spelers van die Westelike Provinsie soos Zachary Abrahams, Sidney Arendse en David Blackburn onder die seuns en Ro- byn Bartie, Phillipa Lodge en Jacqui Franckling-Smith van die WP-meisiespan, asook Pikkie Swanepoel, Andries Scha- bort, Lizane Vlok en Marike Coetzee van die Boland-span kan van die grootste uit- blinkers in die toernooi wees. Kanovaart Slyp voor Berg-marathon MÔRE se kano-wedvaart is die laaste een- daagse K1-wedvaart op die plaaslike kalen- der voor die Bergrivier-marathon, wat van 9 tot 12 Julie plaasvind. Die wedvaart oor 28 km begin môre om 10:00 by die Lady Loch-brug inWellington en eindig by Hermon. Registrasie is van 08:30. .Vir meer inligting besoek www.milnertonca- noeclub.co.za. Skolenetbal Glendale sal moet uithaal ’n BULSTRYD word voorspel wanneer die Hoërskool Spine Road swaarde kruis met die omgekrapte span van Glendale. Dié netbalspanne speel môre op die Rocklands-sportterrein in Mitchells Plain in ’n skole-ligawedstryd van Mr Price. Glendale, wat onlangs sy tweede neder- laag gely het, moet wen om in die titel-wed- loop te bly. Princeton is die ligavoorloper en spog met 35 ligapunte ná sewe kragmetings. Hy is die gunsteling om sy wedstryd teen Westridge te wen. Môre se program is: 09:00: Rocklands t Lente- geur; Cloetesville t Woodlands. 10:15: Strandfon- tein t Beacon Hill; Spine Road t Glendale. 11:15: Oval North t Tafelsig; Princeton t Westridge. . Stuur inligting oor plaaslike sportgebeure voor Donderdag om 14:00 per e-pos na [email protected] of per faks na (021) 406 3817. Ntsikelelo Phama (links, spelers se speler van die jaar), Keenan Lesch (sportman van die jaar) en Angelo Julius (speler van die jaar) is onlangs in Parow by die sokkerklub Vasco da Gama se prysuitdeling vereer. Die Parow-elftal het verlede maand die nasionale Vodacom- liga se uitspeeltoernooi in Potchefstroom gewen en promosie gekry om in die nasionale Eerste Liga (kusstreek) te speel. Foto: JOSEPH PILLAY Die Wêreld-touspringbyeenkoms sal eersdaags die eerste keer in Afrika – en spesifiek Suid-Afrika en Kaapstad – gehou word. Dié byeenkoms word tweejaarliks aangebied. Dit word deur die SA Gimnastiekfederasie gereël en 19 lande het reeds aangedui dat hulle gaan deelneem. Dit begin op 23 Julie in die Goeie Hoop-sentrum. ’n Nasionale span van 62 touspringers is ná ’n oefenkamp in Maart in Bloemfontein gekies. Die SA junior seun- span het in 2006 in Toronto ’n goue en twee silwermedaljes gewen.  Foto: VERSKAF JONG KAPENAAR SOEK DIÉ TITEL Christopher Elliott, ’n 17-jarige lyfplankryer van Houtbaai, mik volgende maand na sy eerste SA titel in die junior afdeling van die gewilde Wedge Classic. Meer as 200 deelnemers skryf gewoonlik in. Dit begin op 8 Julie in Plettenbergbaai en is die laaste byeenkoms in vanjaar se reeks. Elliott het vroeër koning gekraai in die Cape Classic, wat in Kaapstad gehou is. Hy het sy visier egter nou op die algehele titel gestel. Foto: MICHEL DEI-CONT Taal van snoekvolk weer (’n wyle?) gehoor SNOEKENTJIES en ywe. Kyk! Kyk net waar jy wil. Dis net waar jy kyk blinklywe. Die voëls draai oor die skuide en tel- kens swaai een weg na waar die lug grys is van meeue wat duik en raas. Iemand op die boeg het nog ’n skool oppie hori- son gesien. Kyk daar! Soentoe, soentoe, roep die uitkyk vir die skipper. Só begin die snoek laasweek by Yzer- fontein loop. Dankie jirre, word gebid. Ook in Houtbaai se deinings het ’n paar skole die naweek kom draai. Net die hoë water hou die blinklywe van die rookhokke, die winkelrakke en die natsaklorries af weg. Die skuide durf nie die elemente troef nie. En só is die taal van die snoekvolk in die gees van tradisie (vir ’n wyle?) nou weer in die Kaap te hoor. Skippers maak weer sommetjies om herstelwerk te doen, wat in die skaarste- tyd nie gedoen kon word nie. Teen die hange van die Muizenberg, maak die vroue inkopielyste vir skool- klere en goeters vir die kinders. Vir hoe lank? Kan die droom waar wees? Gawie Steyn van Langebaan probeer dié vraag antwoord. Hy ken snoek ná jare so goed dat hy kan sê die meeste snoek in die land is nog altyd by Dassen- eiland ingebring. So vier jaar gelede het die snoeklope begin verander en het die visse minder gereeld opgedaag. Party het gedink dis maar oor die uitroeiery wat in die kreef- bedryf ook aan die gang is. Maar die skrif was aan die muur met ’n boodskap van verandering wat nou die koppe na die klimaat laat draai. Hieroor wil Steyn hom nie uitlaat nie, maar wat hy op see sien, bring vreugde. Net Maandag het vier van sy maters 900 snoeke ingebring – vet soos net die Weskus-snoek kan wees. Op die winkelrakke en agter op die smouse se natsaklorries is 900 snoeke nou sowat R27 000 werd. Dinsdag speel die ruwe see hulle weer ’n “dooie hand” en sit almal op die kaai. Woensdag bulder die skippers almal aan boord van die wagtende skuite. Dis toe dat die seevoëls so duik en skel, sê Steyn en aan land sê hulle vir mekaar: Daar’s vis. Maar ’n enkele skuit uit Das- sen se rigting vertel die waarheid. Die skool loop nie dik nie. Wat vorentoe gaan gebeur, moet jy nie vir die skippers vra nie, vind ek uit toe ek teen Kalkbaai se stegies uitstap om oor snoek te gaan praat. Is die vis terug? Jan Oortjies van die Plankeberg sê hy waag dit nie uit nie. As die vis nie hoek wil vat nie, sal die vulstasie nie weer vir hom brandstof op skuld gee nie. Sy sewe handsmanne soek oral geld vir geval die snoek hier is om te bly. Intussen is ’n klompie te voet af Strandfontein toe waar ’n paar walskip- pers ’n skool kleinvis in die oog het. Treknette lê reg en gereed. Net by die kinders in die klipstraatjies is daar opwinding. “Onse pa’s is see toe oom,” sê enetjie. “My pa het gesê die snoek loop. Hy gaan vir my ’n baaik koop.” Studenteryers slaags Watertand-fietsry begin in Boland EUNICE VISAGIE STELLENBOSCH. – Die Matie Arno Vil- joen teen die Ikey Oliver Munnik op hul bergfietse by Wiesenhof. Dít is maar net een van die watertand- vooruitsigte vir die fietsry-byeenkoms vir Suid-Afrikaanse studente wat môre hier begin. Eerste op die agenda is die bergfietsja- ers. Hulle sal hul staal oor 35 km by Wie- senhoof toon in ’n stryd om te sien wie Suid-Afrika se voorste studente-bergfiets- ryer is. Die Universiteit van Kaapstad se Mun- nik (Red, Mongoose) en Viljoen (Garmin) van die Universiteit van Stellenbosch is oor die algemeen twee van die land se voor- ste jaers. Dié behoort ’n interessante stryd te wees, met Munnik wat dalk met ’n kort- kop die gunsteling is. Wesley Augustyn van die Nelson Man- dela Metropolitaanse Universiteit (NMMU) mag egter ook nie buite rekening gelaat word nie. Heletje van Staden, wat soos Viljoen ’n Namibiër is wat by Maties studeer, is die gunsteling onder die vroue. Sy het al by verskeie elite-byeenkomste vanjaar groot indruk gemaak. Maandag sal die aksie op die teerpaaie van die Boland begin. Die Maties sal in die padwedrenne op ’n sterk span kan staatmaak wat oor die erva- ring van Viljoen en Andrew Smith beskik. Dit is egter die span van die Universiteit van Johannesburg (UJ) wat fyn dopgehou sal word. Michael Pepper het Suid-Afrika al op die pad én die baan verteenwoordig, terwyl Gadi Chait ’n gereelde lid van die SA baanspan is. Oor die algemeen lyk die span van die Universiteit van Pretoria ook redelik sterk, terwyl die NMMU swaar op Augus- tyn sal steun. Wat die vroue-afdeling betref, lyk die Maties nie net die sterkste in getalle nie, maar met Van Staden en Ashleigh Mool- man behoort hulle die gunstelinge te wees. Dinsdag se derde skof oor 129 km, wat aan die bopunt van die Ou Helshoogtepas begin, lyk na die taaiste. Die Sassu-progam is: Môre: Bergfietsry by Wiesenhof om 11:00. Maandag: Eerste skof oor 84 km begin om 09:00 by Joostenberg-padstal; Tweede skof heuwelklim oor 2.5 km begin om 14:00 by die Taalmonument in die Paarl. Dinsdag: Derde skof oor 129 km begin om 09:00 by Hels- hoogte. Woensdag: Vierde skof individuele tyd- toets oor 13 km begin om 09:00 by Joostenberg- padstal. Odyssey-wenners mik na top-tien ADNAAN MOHAMED KAAPSTAD. – Die wenners van verlede jaar se uitmergelende Cape Odyssey-ultra- veldwedloop, Dion Middelkoop en William Robinson, asook die vrouewenners, Linda Doke en Sylvie Mazurkiewicz, gaan môre aan die Marathon du Mont Blanc in Cha- monix, Frankryk, deelneem. Dié vier langasems was verlede jaar die algehele wenners van die Cape Odyssey, wat oor vyf dae oor 211 km van Hermanus tot Stellenbosch beslis is. Hul deelname aan die Mont Blanc-mara- thon was verlede jaar die groot prys wat deur die borg van die Odyssey, Salomon, aangebied is. Die ervare Middelkoop, wat reeds aan verskeie internasionale ultra-veldwedlope deelgeneem het, sien môre se marathon as ’n geweldige uitdaging vir hom en sy span- maat, Robinson. “Ons is ’n bietjie senuweeagtig, maar is baie opgewonde want ons berei al sedert verlede jaar vir hierdie wedloop voor,” het Middelkoop vandeesweek voor hul ver- trek gesê. Volgens Middelkoop sal sowat 2 000 langasems van regoor die wêreld die roete van 42.2 km oor strawwe terrein en asem- rowende natuurskoon pak. “Ek het nog nie voorheen aan dié wed- loop deelgeneem nie en het geen idee wat om te verwag nie. Daar is baie onbekende faktore soos die weer en die hoë lugdruk wat op die dag ’n rol kan speel.” Middelkoop en Robinson het na verlede jaar se uitslae gekyk en uitgewerk hulle sal goed vaar en kan dalk onder die eerste 10 spanne klaarmaak. “Ons het na die ander ouens se vinnigste marathon-tye gekyk. My beste tyd is 2 uur 33 minute, maar oor die terrein wat ons daar verwag, kyk ons na ’n tyd van sowat 3 en ’n halwe uur. “As ons dit kan hardloop, sal ons onder die top-10 kan eindig. Dit is ons doelwit. Enigiets beter as dit sal ’n bonus wees. On- geag wat gebeur, gaan dit ’n wonderlike er- varing wees,’ het Middelkoop gesê. Hy en sy spanmaat gaan dié wedloop ge- bruik as deel van hul voorbereiding vir vanjaar se Cape Odyssey, wat van 8 tot 12 Oktober plaasvind. Die wedloop van sowat 200 km sal oor vyf dae beslis word en weer in Hermanus be- gin, maar die eindpunt gaan na die Bo- schendal-wynlandgoed skuif. . Belangstellendes kan die webwerf www.cape-odyssey.com besoek.

DieBurger, bl. 18 Studenteryersslaags...DieBurger,bl. 18 SPORT Vrydag 27 Junie 2008 WES KAAPSESPORTKALENDER Rugby Sewe maak nog aanspraak DIE Superliga B-kompetisie in die Weste-like

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Vrydag 27 Junie 2008SPORTDie Burger, bl. 18

    WESKAAPSE SPORTKALENDER

    Rugby

    Sewe maak nog aanspraakDIE Superliga B-kompetisie in die Weste-like Provinsie verloop tans baie interes-sant met sewe van die tien rugbyklubs watnog ’n kans staan om met die titel weg teloop.

    Die naweek vind ’n paar sleutelwed-stryde plaas.

    Collegians, saam met Kuilsrivier dievoorlopers, kry besoek van Young Peoples.Laasgenoemde het in die jongste tyd voor-treflike spel opgedis en die Lentegeur-spansal dus nie op sy louere kan rus nie.

    Indien Collegians vasval en Kraaifon-tein klop in ’n wegwedstryd die sterk spanvan Primrose, kan die Kraaie die nuwevoorlopers op die puntelys word.

    Bellville-Tech behoort op sy tuisveldgans te veel skietgoed te hê vir die agteros,Strand United.

    Die Superliga Bprogram is (om 16:00):ROSSMEAD: Primrose t Kraaifontein; LENTEGEUR: Collegians t Young Peoples; BELLVILLESUID: BellvilleTech t Strand United.

    Voorlopers dalk beproefROSES UNITED en Wesbank, onder-skeidelik eerste en tweede op die Bo-landse Premierliga-puntelys, kan dienaweek behoorlik getoets word.

    Die Rose speel gasheer vir Deliciousen albei spanne beskik oor heelwat spel-brekers wat sal sorg dat die verdedigingbehoorlik beproef word.

    Wesbank reis na Wellington waar hydie omgesukkelde tuisspan moet pak.Wellington se gedugte agttal het dielaaste tyd talle spanne hoofbrekens be-sorg.

    Die besoekers van Malmesbury kanhulle dus maar vet smeer vir ’n moeilikedag.

    Die wedstryd in Worcester tussen Vil-lagers-Worcester en Abbottsdale be-hoort ook vir vuurwerk te sorg.

    Albei is bekend vir hul aanvallendebenadering en dit kan vir ’n skouspelsorg.

    Die program is (om 16:00): Premierliga:WELLINGTON: Wellington t Wesbank; WORCESTER: VillagersWorcester t Abbottsdale;MONTAGU: VillagersMontagu t Rawsonville;GANSBAAI: Black Leaves t Ceres; WELLINGTON: Roses United t Delicious. SuperligaOos: GRABOUW: Grabouw t Hillcrest United;CERES: Bella Vista t Young Hamiltons; HERMANUS: Atlantics t BrandvleiPerseverance;HAWSTON: Hawston t Standards; ROBERTSON: Robertson t Hamlets. SuperligaWes:SALDANHA: Saldanha t Hopefield; VELDDRIF: Velddrif t Citrusdal; ST. HELENABAAI: St.Helenabaai t Langebaan; DARLING: Darling t Tulbagh.

    George sal wil vergoed’n RILLER word môremiddag verwag wan-neer die voorloper in die Premierliga vandie Suidwestelike Distrikte, Bridgton,George op Outeniquapark die stryd aansê.

    George, wat in die eerste ronde teenBridgton vasgeval het, sal alles probeer omdie bordjies op sy tuisveld te verhang.

    Brian Jonathan, heelagter van die besoe-kers, wat verlede week twee keer teenSwellendam gaan druk het, se spoed voor-spel gevaar.

    Jonathan beskik ook oor ’n giftige skop-skoen. Die strydros Keith Meyer (vleuel),Adrian Booysen (losskakel), Kevin Pekaan(senter) en John May (skrumskakel) is ge-vaarlike spelers met die bal in hand. Voor-langs is Teslin September (haker), PietHendricks (vaskopstut) en Jaco Manewil(slot) tans goed op stryk.

    ’n Klipharde derby word tussen Groot-

    Brakrivier en die Barbarians verwag.Albei spanne het verlede week goeie oor-

    winnings behaal en werk hard om die half-eindronde te haal.

    Die program is: Premierliga: Progress t Evergreens; GrootBrakrivier t Barbarians; Heidelbergt Blanco; George t Bridgton; Swellendam t Crusaders. Presidentsliga: Uniondale t Knysna United; Oudtshoorn t Willowmore; Prins Albert t Collegians; Bonnievale Blue Birds t Silver Stars; Mosselbaai t Albertinia; Wolverines t Bonnievale United; Perseverance t Riversdal Blues; All Blacks tJaguars. Loslootjies: Buffaloes en Kango United.

    Landbouspelers in aksieVUURWERK kan môre op Saasveld ver-wag word wanneer die SA Pannar-rugby-week vir landboukolleges om 12:00 begin.

    Die spanne wat deelneem, is Elsenburg,Cedara, Grootfontein, Ford Cox, Potchef-stroom, NMMU, Pannar- akademiese spanen Pannar-uitnodigingspan.

    Die toernooi word deur die Nelson Man-dela Metropolitaanse Universiteit aange-

    bied. Volgende week se wedstryde is opMaandag en Woensdag van 12:00. Die eind-stryd begin Vrydag om 11:00.

    Ná die toernooi word ’n SA Landboukol-lege-span gekies wat op 7 Julie teen ’n o.21-span van die Arende sal speel.. Vir navrae skakel die kampus by

    044 801 5111.

    Skolerugby

    Drie toernooie in WKaapONDANKS die winter-skoolvakansie isdaar vir rugbygeesdriftiges tog heelwat indie komende week te sien.

    Van die vier nasionale skooltoernooiewat Maandag begin, word drie in die Wes-Kaap afgehandel.

    Die Akademieweek vir o.18-spanne skopin George af en die LSOB-Cravenweek (virleerlinge met spesiale onderwysbehoeftes)word in Kuilsrivier afgehandel.

    Die Cravenweek vir o.13-spanne begin indie Paarl.

    Die Hoërskool Outeniqua speel gasheervir die Akademieweek, die Hoërskool JanKriel huisves die LSOB-toernooi en dieCravenweek vir laerskoolspanne vind opdie velde van die Hoërskool Paarl Gimna-sium plaas. In al drie gevalle begin die ver-rigtinge Maandag om 08:30.

    Die programme vir die onderskeie openingsdaeis:

    o.18AKADEMIEWEEK: Aveld: 08:30: Namibië t Grensplatteland; 09:50; Luiperdsplattelandt Griekwasplatteland; 11:10: Griffons t OPplatteland; 12:30: Boland t Blou Bulle; 13:50: Griekwast Luiperds; 15:45: Openingseremonie; 16:00:SWD t Gauteng Leeus. Bveld: 08:30: Griffonsplatteland t Mpumalangaplatteland; 09:50: Valke(Suid) t KwaZuluNatalplatteland; 11:10: Grenst Vrystaat; 12:30: Mpumalanga t OP; 13:50: WPt Valke; 16:00: Limpopo t KwaZuluNatal.

    LSOBCRAVENWEEK: Aveld: 08:30: Openingsrede: 09:30: Lynx (Privaatskole) t Valke;10:50: Goue Leeus t Blou Bulle (BuitengewoneOnderwys); 12:10: Griffons t Goue Leeus (Buitengewone Onderwys); 13:30: SWD t Vrystaat;14:50: OosKaap t Mpumalanga; 16:10: WP tKwaZuluNatal. Bveld: 09:50: Blou Bulle t Lynxontwikkelingspan; 11:10: Boland t Luiperds.

    o.13CRAVENWEEK: Cveld: 08:30: Grens tGriekwas. Dveld: 08:30: Namibië t Zimbabwe. Aveld: 09:00: OP t Blou Bulle; 10:00: Griffons tGrensplatteland; 11:00: Vrystaat t Mpumalanga;12:00: Boland t Valke; 13:00: SWD t Limpopo;

    14:00: Openingseremonie; 15:00: KwaZuluNatalt Gauteng Leeus; 16:00: WP t Luiperds.

    Sokker

    Kampioen pak RDP UnitedDIE pad na glorie begin môre vir 256spanne in die Coca-Colabeker-uitklopkom-petisie onder die vaandel van Safa-Kaap-stad.

    Swaar reën het verlede week die wed-stryde in dié winsgewende kompetisie indie wiele gery.

    Al die voorbereidings is nou vir die na-week getref en die organiseerders sal duimvashou die weer laat die aksie voortgaan.

    Dit is die 13de keer dat dié kompetisiegehou word.

    Intussen val die fokus op WoodlandsUnited – die verdedigende kampioen – inmôre se skouspel.

    Hy kom in Atlantis teen RDP United testaan en met sterre soos Dominigue Wit-booi, Jonathan Mafumbie, Denver Bre-

    denkamp en Kendal Henricks in sy gele-dere gaan hy hard werk om sy titel te ver-dedig.

    Van die belangrikste wedstryde môre is (om13:00 tensy vermeld): BONTEHEUWEL: Red Tigers t Heath Athletic, Ravensmead t HanoverPark FC, Wayside Wanderers t Young Chiefs(15:00), Saxon Rovers t Wanderers X1 (15:00);SYMPHONY PARK: Lwandle FC t Leeds Lentegeur, City Bucks t Wolverhampton; GRASSYPARK: Blue Downs Spurs t Bluebells United,Young Pirates t Golden United, Stephanian Ottery t Mandalay FC (albei 15:00); MANENBERG:Macassar United t Edgemead Goodwood, Parkwood FC t Stantree United (albei 15:00); ATLANTIS: RDP United t Arsenal, Silver City t Strandfontein, Liverpool t Tafelsig City (15:00); WILLIAMHERBERT: Goal Fighters t Parma FC, SAPSHout Bay t Cyclone FC, Silver Spurs t Crusaders(15:00), Rovers FC t Eerste River FC (16:45), Dalmans Midas t Golden Gate (18:45); ROCKLANDS: Hasco United t LiverpoolPortland, TPShepherds t Santos FC, Ashley Rovers t St.Marks 15:00), Bayhill United t Hout Bay United,Juventus AFC t Zion Stars, Cedar United t Guguletu FC (almal 15:00); HEIDEVELD: Bayview t CTPirates, Colville United t Young Lions; MANDELASTADION: Beacon Pirates t CT Collections; JOHNSON ROAD (Rylands): Peugeot International t Valencia United, Rockafellas tShockwave FC (15:00); TURFHALL PARK: Hazendal United t Meadowridge FC, Young Visitorst Bridgetown FC (15:00).

    Skolesokker

    Princeton nog onoorwonne?DIE onoorwonne en huidige voorloper,die Hoërskool Princeton, sal môre op dieRocklands-sportterrein deeglik op dieproef gestel word.

    Hy sal teen ’n begeesterde Kwanufundo-span te staan kom.

    Hulle ding mee in die ronde van dielaaste 16 in die Mr Price-uitklopreeks virhoërskole. Princeton het al ses ligawed-stryde gewen en loop voor met 18 punte.

    Kwanufundo het egter in die vorigeronde bewys hy stuit vir niemand nie.

    Die wedstryd tussen Manyano enKampsbaai kan ook ’n taai kragmetingwees.

    Die program is: 09:30: Thembelihle t Glendale;Luhlaza t Tafelsig; Princeton t Kwanufundo; Ikamvalethu t Mondale. 10:45: Lentegeur t Bulumko;Symphony t Harry Gwala; Ocean View t Heideveld; Manyano t Kampsbaai.

    Padwedlope

    Hardloop by EersterivierDIE Eersterivier-klub se jaarlikse INCA-wedloop oor 15 km begin môre om 07:15 inBobsweg, suid van die Stratford PrimêreSkool in Eersterivier.

    Die wedloop maak deel uit van die Powe-rade-liga in die Westelike Provinsie.

    ’n Westelike Provinsie-ligastapwedloopoor 10 km begin om 07:30 en ’n pretdraf-/stap oor 5 km om 07:45.

    Inskrywings (R25 vir klubatlete vir die15 km-wedloop (R40 vir ander), R20 (R35)vir die 10 km-stapwedloop vir seniors enR7,50 (R15,50) vir juniors en R5 vir almalvir die pretdraf-/stap) kan van 06:00 by diewegspring gedoen word.

    Prysgeld word verdien deur die voorsteatlete oor die eindstreep in al die ouder-domsafdelings vir mans en vroue.

    Senior, meester- (40+) en junior mans- envroue-spanpryse is ook op die spel.

    Medaljes word toegeken aan almal watdie wedlope binne die afsnytyd om 09:00voltooi.. Rig navrae aan Johannes Kampfer (084 462

    7431) of Gary Pekeur (072 216 4092).

    Nuwe baadjie vir wedloopDIE gewilde jaarlikse Outeniqua-wedloop

    oor 10 km spog vanjaar met ’n splinter-nuwe baadjie, hoofborg en sal voortaan asdie Outeniqua Topgear-10 km bekendstaan.

    Die wedloop begin en eindig by die Ge-orge-perdryklub en die wegspring is môreom 08:00.

    Inskrywings kan van 07:00 by die weg-springplek gedoen word.

    Inskryfgeld is R25 vir klubatlete en ’n ty-delike lisensie kos R15 vir nie-geregi-streerde atlete.

    Alle atlete wat die wedloop voltooi, sal’n bronsmedalje ontvang met ’n silwerme-dalje aan die eerste 50 atlete.

    Die afsnytyd is 1 uur en 30 minute.. Vir inligting bel Doepie by 084 501 0168.

    Skolehokkie

    Toernooi in ObservatoryHOKKIEGEESDRIFTIGES kan uitsien naopwindende provinsiale junior toernooiewat aanstaande week in die Wes-Kaap be-slis word.

    Die nasionale toernooi vir seuns o.16word van Maandag tot 4 Julie by Hartley-vale in Observatory aangebied.

    Nóg o.16-spanne van die Westelike Pro-vinsie, die Boland en Suidwestelike Dis-trikte meet van môre tot Maandag kragtein Stellenbosch.

    Die WP word deur ’n Protea-, Disa- en Ze-bra-span by die plaaslike toernooie ver-teenwoordig en die Boland deur ’n Bar-linka-, Shiraz- en Pinotage-span.

    Die seuns o.18-streekspanne se toernooiword van 1 tot 3 Julie in Stellenbosch ge-hou.

    Dié meisiestoernooie vir o.18- en o.16-spanne vind onderskeidelik van Maandagtot 2 Julie en van 3 tot 5 Julie plaas op dieastro-turfbane in Wynberg.

    Muurbal

    Jonges spook dit uitSUID-AFRIKA se beste jong muurbalspe-lers, waaronder verskeie van die Weste-like Provinsie en die Boland se blinkste

    sterre, kom aanstaande week in Stellen-bosch teen mekaar te staan.

    Die provinsiale junior (o.19-) toernooibegin môre en duur tot Donderdag.

    Spelers van die Westelike Provinsie soosZachary Abrahams, Sidney Arendse enDavid Blackburn onder die seuns en Ro-byn Bartie, Phillipa Lodge en JacquiFranckling-Smith van die WP-meisiespan,asook Pikkie Swanepoel, Andries Scha-bort, Lizane Vlok en Marike Coetzee vandie Boland-span kan van die grootste uit-blinkers in die toernooi wees.

    Kanovaart

    Slyp voor BergmarathonMÔRE se kano-wedvaart is die laaste een-daagse K1-wedvaart op die plaaslike kalen-der voor die Bergrivier-marathon, wat van9 tot 12 Julie plaasvind.

    Die wedvaart oor 28 km begin môre om10:00 by die Lady Loch-brug inWellingtonen eindig by Hermon.

    Registrasie is van 08:30..Vir meer inligting besoek www.milnertonca

    noeclub.co.za.

    Skolenetbal

    Glendale sal moet uithaal’n BULSTRYD word voorspel wanneer dieHoërskool Spine Road swaarde kruis metdie omgekrapte span van Glendale.

    Dié netbalspanne speel môre op dieRocklands-sportterrein in Mitchells Plainin ’n skole-ligawedstryd van Mr Price.

    Glendale, wat onlangs sy tweede neder-laag gely het, moet wen om in die titel-wed-loop te bly.

    Princeton is die ligavoorloper en spogmet 35 ligapunte ná sewe kragmetings.

    Hy is die gunsteling om sy wedstryd teenWestridge te wen.

    Môre se program is: 09:00: Rocklands t Lentegeur; Cloetesville t Woodlands. 10:15: Strandfontein t Beacon Hill; Spine Road t Glendale. 11:15:Oval North t Tafelsig; Princeton t Westridge.

    . Stuur inligting oor plaaslike sportgebeurevoor Donderdag om 14:00 per epos [email protected] of per faks na(021) 406 3817.

    Ntsikelelo Phama (links, spelers se speler van die jaar), Keenan Lesch (sportman van diejaar) en Angelo Julius (speler van die jaar) is onlangs in Parow by die sokkerklub Vascoda Gama se prysuitdeling vereer. Die Parowelftal het verlede maand die nasionale Vodacomliga se uitspeeltoernooi in Potchefstroom gewen en promosie gekry om in die nasionaleEerste Liga (kusstreek) te speel. Foto: JOSEPH PILLAY

    Die Wêreldtouspringbyeenkoms sal eersdaags die eerste keer in Afrika – en spesifiekSuidAfrika en Kaapstad – gehou word. Dié byeenkoms word tweejaarliks aangebied. Ditword deur die SA Gimnastiekfederasie gereël en 19 lande het reeds aangedui dat hullegaan deelneem. Dit begin op 23 Julie in die Goeie Hoopsentrum. ’n Nasionale span van62 touspringers is ná ’n oefenkamp in Maart in Bloemfontein gekies. Die SA junior seunspan het in 2006 in Toronto ’n goue en twee silwermedaljes gewen.  Foto: VERSKAF

    JONG KAPENAAR SOEK DIÉ TITEL

    Christopher Elliott, ’n 17jarige lyfplankryer van Houtbaai, mik volgende maand na sy eerste SA titel in die junior afdeling vandie gewilde Wedge Classic. Meer as 200 deelnemers skryf gewoonlik in. Dit begin op 8 Julie in Plettenbergbaai en is die laastebyeenkoms in vanjaar se reeks. Elliott het vroeër koning gekraai in die Cape Classic, wat in Kaapstad gehou is. Hy het sy visieregter nou op die algehele titel gestel.                                                                                                  Foto: MICHEL DEICONT

    Taal van snoekvolkweer (’n wyle?) gehoor

    SNOEKENTJIES en ywe.Kyk! Kyk net waar jy wil. Dis net waar

    jy kyk blinklywe.Die voëls draai oor die skuide en tel-

    kens swaai een weg na waar die lug grysis van meeue wat duik en raas. Iemandop die boeg het nog ’n skool oppie hori-son gesien. Kyk daar! Soentoe, soentoe,roep die uitkyk vir die skipper.

    Só begin die snoek laasweek by Yzer-fontein loop. Dankie jirre, word gebid.Ook in Houtbaai se deinings het ’n paarskole die naweek kom draai.

    Net die hoë water hou die blinklywevan die rookhokke, die winkelrakke endie natsaklorries af weg. Die skuide durfnie die elemente troef nie.

    En só is die taal van die snoekvolk indie gees van tradisie (vir ’n wyle?) nouweer in die Kaap te hoor.

    Skippers maak weer sommetjies omherstelwerk te doen, wat in die skaarste-tyd nie gedoen kon word nie.

    Teen die hange van die Muizenberg,maak die vroue inkopielyste vir skool-klere en goeters vir die kinders.

    Vir hoe lank? Kan die droom waarwees?

    Gawie Steyn van Langebaan probeerdié vraag antwoord. Hy ken snoek nájare so goed dat hy kan sê die meestesnoek in die land is nog altyd by Dassen-eiland ingebring.

    So vier jaar gelede het die snoeklopebegin verander en het die visse mindergereeld opgedaag. Party het gedink dismaar oor die uitroeiery wat in die kreef-bedryf ook aan die gang is.

    Maar die skrif was aan die muur met’n boodskap van verandering wat noudie koppe na die klimaat laat draai.

    Hieroor wil Steyn hom nie uitlaat nie,maar wat hy op see sien, bring vreugde.

    Net Maandag het vier van sy maters900 snoeke ingebring – vet soos net dieWeskus-snoek kan wees.

    Op die winkelrakke en agter op diesmouse se natsaklorries is 900 snoekenou sowat R27 000 werd.

    Dinsdag speel die ruwe see hulle weer’n “dooie hand” en sit almal op die kaai.

    Woensdag bulder die skippers almalaan boord van die wagtende skuite.

    Dis toe dat die seevoëls so duik en skel,sê Steyn en aan land sê hulle vir mekaar:Daar’s vis. Maar ’n enkele skuit uit Das-

    sen se rigting vertel die waarheid. Dieskool loop nie dik nie.

    Wat vorentoe gaan gebeur, moet jy nievir die skippers vra nie, vind ek uit toeek teen Kalkbaai se stegies uitstap omoor snoek te gaan praat. Is die vis terug?

    Jan Oortjies van die Plankeberg sê hywaag dit nie uit nie. As die vis nie hoekwil vat nie, sal die vulstasie nie weer virhom brandstof op skuld gee nie.

    Sy sewe handsmanne soek oral geldvir geval die snoek hier is om te bly.

    Intussen is ’n klompie te voet afStrandfontein toe waar ’n paar walskip-pers ’n skool kleinvis in die oog het.Treknette lê reg en gereed.

    Net by die kinders in die klipstraatjiesis daar opwinding. “Onse pa’s is see toeoom,” sê enetjie.

    “My pa het gesê die snoek loop. Hygaan vir my ’n baaik koop.”

    Studenteryers slaagsWatertand-fietsry begin in Boland

    EUNICE VISAGIE

    STELLENBOSCH. –DieMatieArnoVil-joen teendie IkeyOliverMunnikophulbergfietse by Wiesenhof.

    Dít is maar net een van die watertand-vooruitsigte vir die fietsry-byeenkoms virSuid-Afrikaanse studente wat môre hierbegin.

    Eerste op die agenda is die bergfietsja-ers. Hulle sal hul staal oor 35 km by Wie-senhoof toon in ’n stryd om te sien wieSuid-Afrika se voorste studente-bergfiets-ryer is.

    Die Universiteit van Kaapstad se Mun-nik (Red, Mongoose) en Viljoen (Garmin)van die Universiteit van Stellenbosch isoor die algemeen twee van die land se voor-ste jaers. Dié behoort ’n interessante stryd

    te wees, met Munnik wat dalk met ’n kort-kop die gunsteling is.

    Wesley Augustyn van die Nelson Man-dela Metropolitaanse Universiteit(NMMU) mag egter ook nie buite rekeninggelaat word nie.

    Heletje van Staden, wat soos Viljoen ’nNamibiër is wat by Maties studeer, is diegunsteling onder die vroue. Sy het al byverskeie elite-byeenkomste vanjaar grootindruk gemaak.

    Maandag sal die aksie op die teerpaaievan die Boland begin.

    Die Maties sal in die padwedrenne op ’nsterk span kan staatmaak wat oor die erva-ring van Viljoen en Andrew Smith beskik.

    Dit is egter die span van die Universiteitvan Johannesburg (UJ) wat fyn dopgehousal word. Michael Pepper het Suid-Afrikaal op die pad én die baan verteenwoordig,

    terwyl Gadi Chait ’n gereelde lid van dieSA baanspan is.

    Oor die algemeen lyk die span van dieUniversiteit van Pretoria ook redeliksterk, terwyl die NMMU swaar op Augus-tyn sal steun.

    Wat die vroue-afdeling betref, lyk dieMaties nie net die sterkste in getalle nie,maar met Van Staden en Ashleigh Mool-man behoort hulle die gunstelinge te wees.

    Dinsdag se derde skof oor 129 km, wataan die bopunt van die Ou Helshoogtepasbegin, lyk na die taaiste.

    Die Sassuprogam is: Môre: Bergfietsry byWiesenhof om 11:00. Maandag: Eerste skof oor84 km begin om 09:00 by Joostenbergpadstal;Tweede skof heuwelklim oor 2.5 km begin om14:00 by die Taalmonument in die Paarl. Dinsdag:Derde skof oor 129 km begin om 09:00 by Helshoogte. Woensdag: Vierde skof individuele tydtoets oor 13 km begin om 09:00 by Joostenbergpadstal.

    Odysseywenners mik na toptienADNAAN MOHAMED

    KAAPSTAD. – Die wenners van verledejaar se uitmergelende Cape Odyssey-ultra-veldwedloop, Dion Middelkoop en WilliamRobinson, asook die vrouewenners, LindaDoke en Sylvie Mazurkiewicz, gaan môreaan die Marathon du Mont Blanc in Cha-monix, Frankryk, deelneem.

    Dié vier langasems was verlede jaar diealgehele wenners van die Cape Odyssey,wat oor vyf dae oor 211 km van Hermanustot Stellenbosch beslis is.

    Hul deelname aan die Mont Blanc-mara-thon was verlede jaar die groot prys watdeur die borg van die Odyssey, Salomon,aangebied is.

    Die ervare Middelkoop, wat reeds aanverskeie internasionale ultra-veldwedlopedeelgeneem het, sien môre se marathon as

    ’n geweldige uitdaging vir hom en sy span-maat, Robinson.

    “Ons is ’n bietjie senuweeagtig, maar isbaie opgewonde want ons berei al sedertverlede jaar vir hierdie wedloop voor,” hetMiddelkoop vandeesweek voor hul ver-trek gesê.

    Volgens Middelkoop sal sowat 2 000langasems van regoor die wêreld die roetevan 42.2 km oor strawwe terrein en asem-rowende natuurskoon pak.

    “Ek het nog nie voorheen aan dié wed-loop deelgeneem nie en het geen idee watom te verwag nie. Daar is baie onbekendefaktore soos die weer en die hoë lugdrukwat op die dag ’n rol kan speel.”

    Middelkoop en Robinson het na verledejaar se uitslae gekyk en uitgewerk hulle salgoed vaar en kan dalk onder die eerste 10spanne klaarmaak.

    “Ons het na die ander ouens se vinnigstemarathon-tye gekyk. My beste tyd is 2 uur33 minute, maar oor die terrein wat onsdaar verwag, kyk ons na ’n tyd van sowat3 en ’n halwe uur.

    “As ons dit kan hardloop, sal ons onderdie top-10 kan eindig. Dit is ons doelwit.Enigiets beter as dit sal ’n bonus wees. On-geag wat gebeur, gaan dit ’n wonderlike er-varing wees,’ het Middelkoop gesê.

    Hy en sy spanmaat gaan dié wedloop ge-bruik as deel van hul voorbereiding virvanjaar se Cape Odyssey, wat van 8 tot 12Oktober plaasvind.

    Die wedloop van sowat 200 km sal oor vyfdae beslis word en weer in Hermanus be-gin, maar die eindpunt gaan na die Bo-schendal-wynlandgoed skuif.. Belangstellendes kan die webwerf

    www.capeodyssey.com besoek.