2
K U N S S E N T R U M K U N S S E N T R U M H U G O N A U D É H U G O N A U D É Dramatiese Kunste Dramatiese Kunste is ’n studie van hoe menslike belewenis in drama-tiese vorm aan ’n gehoor voorgestel word. Hierdie studie integreer praktiese ervaring en bevoegdheid met die studie van dramatiese praktyke, prosesse en produkte. Die doel daarvan is om kreatiwiteit te bevorder en tot ’n ryk, diverse en produk- tiewe hulpbron te ontwikkel deur middel van dramatiese kommunikasie, interaksie en aanbieding. Leerders ondersoek hoe drama- en teaterelemente vir spesifieke doeleindes binne diverse kontekste gekies en gekombineer word, met ’n fokus op die rol van die dramatiese kunste in Suid-Afrika. Deur die dramatiese kunste verwerf leerders spesifieke vermoëns van uitdrukking en kommunikasie. Dit sluit in vaardighede in improvisasie, vokale en fisiese kommunikasie, vertolking en uitdrukkingsvermoë, die skep en aanbied van opvoerings en die ontleding en interpretasie van opvoeringstekste in konteks. Opvoeringstekste hoef nie slegs literêre (bv. geskrewe) tekste te wees nie, en behoort ’n omvang van dramatiese praktyke, prosesse en produkte oor die drie studiejare in te sluit. Leerders behoort, waar moontlik, aan lewendige opvoerings blootgestel te word, hetsy deur professionele kunstenaars, gemeenskapsprak- tisyns of ander leer-ders. Dramatiese Kunste is ’n kragtige instrument waarmee samewerkingvaardighede ontwikkel word. Die elemente en uitdrukkingsvorms daarvan is ’n inherente deel van Suid-Afrikaanse kultuur en dramatiese praktyke, prosesse en produkte, en dus help die vak om ons nasionale erfenis te bewaar en te bevorder. Dramatiese Kunste berei leerders voor vir toegang tot verdere studie vir ’n moont- like beroep in die veld van drama (of verwante kunste), terwyl leerders terselfder- tyd met be-langrike lewensvaardighede soos selfvertroue, selfbeeld, kreatiwiteit, kommunikasievaardighede, empatie, selfdis-sipline, kritiese en kreatiewe denke, leierskap en samewerking in spanverband toegerus word wat die individu in enige veld of toekomstige loopbaan sal bevoordeel. G 10-12 Dramatiese Kunste leerders beoog om: die menslike instrument (liggaam/stem/denke/-emosies) as ’n middel van uitdrukking, kommunikasie en kreatiwiteit te ontwikkel dramavaardighede, tegnieke en prosesse te ontwikkel sodat dramat- iese elemente ondersoek en betekenisvol gevorm kan word, in indi- viduele werk en saam met ander dramatiese produkte oor ‘n reeks metodes (liries, narratief, dramaties) en style (realisties, verhewe) te skep en aan te bied, individueel en in samewerking met ander beginsels en elemente van drama in tekste en opvoerings binne konteks, in Suid-Afrika en die wêreld, te verstaan, analiseer en te interpreteer te besin oor hul eie en ander se dramatiese prosesse, praktyke en produkte en dit te evalueer insig te ontwikkel oor hoe die dramatiese kunste waardes, kulture en identiteite bekragtig, uitdaag en vier om te gaan met hedendaagse kwessies deur middel van die dramat- iese kunste Skilder Teken Produk Ontwerp Fotografie Tulbaghstraat 86, Worcester Tel: 023 357 1552 Faks: 086 529 4435 e-mail: [email protected]

Dramatiese Kunste - kunssentrumhugonaude · Die elemente en uitdrukkingsvorms daarvan is ’n inherente deel van Suid-Afrikaanse kultuur en dramatiese praktyke, prosesse en produkte,

  • Upload
    others

  • View
    6

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Dramatiese Kunste - kunssentrumhugonaude · Die elemente en uitdrukkingsvorms daarvan is ’n inherente deel van Suid-Afrikaanse kultuur en dramatiese praktyke, prosesse en produkte,

K U N S S E N T R U M K U N S S E N T R U M

H U G O N A U D É H U G O N A U D É

Dramatiese Kunste

Dramatiese Kunste is ’n studie van hoe menslike belewenis in drama-tiese vorm aan ’n gehoor voorgestel word. Hierdie studie integreer praktiese ervaring en

bevoegdheid met die studie van dramatiese praktyke, prosesse en produkte.

Die doel daarvan is om kreatiwiteit te bevorder en tot ’n ryk, diverse en produk-tiewe hulpbron te ontwikkel deur middel van dramatiese kommunikasie, interaksie en aanbieding. Leerders ondersoek hoe drama- en teaterelemente vir spesifieke doeleindes binne diverse kontekste gekies en gekombineer word, met ’n fokus op

die rol van die dramatiese kunste in Suid-Afrika.

Deur die dramatiese kunste verwerf leerders spesifieke vermoëns van uitdrukking en kommunikasie. Dit sluit in vaardighede in improvisasie, vokale en fisiese kommunikasie, vertolking en uitdrukkingsvermoë, die skep en aanbied van opvoerings en die ontleding en interpretasie van opvoeringstekste in konteks. Opvoeringstekste hoef nie slegs literêre (bv. geskrewe) tekste te wees nie, en behoort ’n omvang van dramatiese praktyke, prosesse en produkte oor die drie studiejare in te sluit. Leerders behoort, waar moontlik, aan lewendige opvoerings blootgestel te word, hetsy deur professionele kunstenaars, gemeenskapsprak-

tisyns of ander leer-ders.

Dramatiese Kunste is ’n kragtige instrument waarmee samewerkingvaardighede ontwikkel word. Die elemente en uitdrukkingsvorms daarvan is ’n inherente deel van Suid-Afrikaanse kultuur en dramatiese praktyke, prosesse en produkte, en

dus help die vak om ons nasionale erfenis te bewaar en te bevorder.

Dramatiese Kunste berei leerders voor vir toegang tot verdere studie vir ’n moont-like beroep in die veld van drama (of verwante kunste), terwyl leerders terselfder-tyd met be-langrike lewensvaardighede soos selfvertroue, selfbeeld, kreatiwiteit, kommunikasievaardighede, empatie, selfdis-sipline, kritiese en kreatiewe denke, leierskap en samewerking in spanverband toegerus word wat die individu in enige

veld of toekomstige loopbaan sal bevoordeel.

G 10-12 Dramatiese Kunste leerders beoog om:

die menslike instrument (liggaam/stem/denke/-emosies) as ’n middel

van uitdrukking, kommunikasie en kreatiwiteit te ontwikkel

dramavaardighede, tegnieke en prosesse te ontwikkel sodat dramat-

iese elemente ondersoek en betekenisvol gevorm kan word, in indi-

viduele werk en saam met ander

dramatiese produkte oor ‘n reeks metodes (liries, narratief, dramaties)

en style (realisties, verhewe) te skep en aan te bied, individueel en in samewerking met ander beginsels en elemente van drama in tekste en opvoerings binne konteks, in Suid-Afrika en die wêreld, te verstaan,

analiseer en te interpreteer

te besin oor hul eie en ander se dramatiese prosesse, praktyke en

produkte en dit te evalueer

insig te ontwikkel oor hoe die dramatiese kunste waardes, kulture en

identiteite bekragtig, uitdaag en vier

om te gaan met hedendaagse kwessies deur middel van die dramat-

iese kunste

Skilder

Teken

Produk Ontwerp

Fotografie

Tulbaghstraat 86, Worcester Tel: 023 357 1552 Faks: 086 529 4435 e-mail: [email protected]

Page 2: Dramatiese Kunste - kunssentrumhugonaude · Die elemente en uitdrukkingsvorms daarvan is ’n inherente deel van Suid-Afrikaanse kultuur en dramatiese praktyke, prosesse en produkte,

Visuele Kunste (Skilder & Teken of Fotografie)

Visuele Kunste verteenwoordig ‘n breë veld van skeppende praktyk

wat die hand, die oog, die intellek en die verbeelding in konseptual-

isering betrek om twee-dimensionele en drie-dimensionele

kunswerke, voorwerpe en omgewings te skep wat die estetiese,

konseptuele en uitdrukkingsbelange van individue of groepe we-

erspieël. Leerders leer om praktiese en estetiese besluite in die

ontwikkeling van samehangende werkstukke te maak.

Die vak Visuele Kunste behels self-uitdrukking, en bied die leerders

‘n betekenisvolle manier om op die wêreld te reageer om by hulle

wêreld betrokke te raak. Dit gee geleenthede om leerders se intellek

te stimuleer en te ontwikkel, hulle kreatiewe verbeelding te betrek

by visuele en tasbare ondervindings en die innoverende gebruik van

material en tegnologie om hulle idees te verwesenlik. Dit moedig

leerders ook aan om ‘n individuele visuele taal en geletterdheid te

ontwikkel, wat deur middel van die studie van visuele kultuur, in die

verlede en tans, geïnspireer en gevorm word.

G10-12 Visuele Kunste leerders beoog om:

Kreatiewe idees, in reaksie op eksterne opgestelde en self-

gegenereerde projekte, aan die hand van eie ondervinding

en eie kennis van visuele kulture van die verlede en die

hede te verken, te ontwikkel en te verwesenlik

Materiale, tegnieke, prosesse en tegnologie met die

vervaardiging van verbeeldingryke en innoverende

kunswerke van persoonlike uitdrukking te verken en te

manipuleer

Materiale, prosesse en tegnieke op ‘n doeltreffende,

ekonomiese, veilige en verantwoordelike manier te verken.

Hulle eie werkproses te bestuur

Kunsvorms, prosesse en produkte waar te neem, te as-

sesseer en te analiseer. Effektief, deur die gebruik van

visuele, mondelinge en geskrewe taalvaardighede te kom-

munikeer

Hulle eie werk, en die werk van ander, krities te beoordeel.

Entrepeneuriese vaardighede en professionele praktyk

binne die kunste te ontwikkel om ‘n verskeidenheid van

loopbaanopsies te verken

Aan die diversiteit van kunstradisies in internasionale en

Suid-Afrikaanse kontekste blootgestel te word en dit as ‘n

hulpbron te gebruik

Die kritiese rol wat visuele kuns te speel, in die verreiking

van die visuele omgewing van die skool en omgewing te waardeer

Die skakels tussen visuele kunste en die kreatiewe industrieë,

soos byvoorbeeld ontwerp en reklame, te verstaan

Die sosiale en geskiedkundige rol van Visuele Kunste in die

evolusie van gemeenskappe, te verstaan

Dansstudies (Kontemporêre Dans)

Dansstudies omvat beide ‘n teoretiese en ‘n praktiese kompo-

nent. Leerders leer spesifieke dansvaardighede aan, om te

skep, hulself uit te druk en te kommunikeer. Dansstudies dra by

tot ‘n waardering van dans en ‘n begrip van professionele prak-

tyk. Dit stel leerders in staat om dans en dansverwante beroepe

volg in die uitvoerende kunste, die vermaaklikheidswêreld en die

opvoedkundige, fiksheids- en ontspanningsbedrywe.

Dansstudies gebruik daaglikse dansoefeninge, choreografie en

dansteorie om fiksheid en ‘n gesonde lewensstyl te bevorder en

rus leerders toe met kritiese lewensvaardighede soos selfdissi-

pline, kreatiwiteit, [kritiese] denke, leierskap en spanwerk: almal

elemente wat tot hul voordeel in enige belangstellingsveld sal

strek.

In G8-12 sal leerders wat Dansstudies studeer beoog om:

die liggaam as ‘n instrument van uitdrukking te ontwik-

kel;

veilige danspraktyke te bevorder;

leerders se danstegniek, styl, vorm en opvoeringsbek-

waamheid in ‘n gekose dansvorm te ontwikkel;

leerders bloot te stel aan danse van verskillende kul-

ture;

improvisasie en probleemoplossingsvaardighede te

ontwikkel;

leerders in staat te stel om hul eie choreografie te skep,

op te voer en aan te bied;

die vermoë te ontwikkel om krities te analiseer, te

reageer, te geniet en oordeelkundige besluite oor dans

te neem;

die vermoë te ontwikkel om deur dans ‘n aktiewe be-

trokkenheid by sosiale, kulturele, omgewings- en ge-

meenskapsvraagstukke te handhaaf.

Ontwerp (Produk Ontwerp of Grafiese Ontwerp & Illustrasie)

Ontwerp is ‘n kreatiewe probleemoplossingsproses en sluit die studie van

ontwerppraktyk en ontwerpteorie in. Die ontwerpproses behels prob-

leemidentifisering, beplanning, navorsing, innovasie, konseptualisering,

eksperimentasie en kritiese refleksie.

Hierdie proses is die gevolg van nuwe omgewings, sisteme, dienste en

produkte, wat uniek is, of bedoel is vir massaproduksie, of wat met die

hand, of deur masjinerie en/of elektroniese middele, vervaardig kan word.

Ontwerp dra by tot lewenskwaliteit deur produkte te ontwerp wat ‘n doel

het, wat funksioneel is, en wat estetiese waarde het. Ontwerpprodukte

kan die sosiale, kulturele en fisiese omgewing hervorm om die nasie te

bevoordeel. Die belangrikste is egter dat Ontwerp die leerders met kul-

turele lewensvaardighede moet toerus, soos visuele geletterdheid,

kritiese en kreatiewe denke, selfdissipline en leierskap. Dit moedig die

leerders ook aan om vindingryk en ondernemend te wees, om strategies

te dink en om, uiteindelik, spanspelers te wees.

In G10-12, sal leerders wat Ontwerp bestudeer:

die vaardigheid ontwikkel om te kan analiseer, vindingryk en

innoverend te wees, asook visuele taal te kan vertolk

kennis, tegniese- en konseptualiseringsvaardighede, produksie

en kontekste van ontwerp te ontwikkel

verskillende materiale, prosesse en tegnieke doeltreffend,

ekonomies, veilig en verantwoordelik te kanverken en te kan

manipuleer. hulle eie werk, en dié van ander, te kan beoordeel

verstaan dat ontwerp ‘n instrument vir sosiale verandering kan

wees deur lewenskwaliteit met betrekking tot individuele en die

gemeenskap se behoeftes, te kan verbeter en oplossings te kan

voorsien

die sosiale en geskiedkundige bydrae van ontwerp met betrek-

king tot ekonomiese groei, entrepeneurskap en volhoubare

ontwikkeling, verstaan

‘n bewustheid van loopbaangeleenthede in die ontwerpindustrie

ontwikkel

hulle eie werkproses en tydsbestuur kan behartig

aanbiedings- en kommunikasievaardighede ontwikkel, om

sodoende ontwerpkonsepte akkuraat oor te dra

oor ontwerp, kuns en kunsvlyt, plaaslik en internasionaal, asook

eertydse en huidige kulture, te kan reflekteer en te kan herken

Leerders besig met Kunsaanlegtoetse