13
Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3 1 Kopiereg voorbehou@ Eenheid 2: Regte en verantwoordelikhede van burgers in 'n demokrasie regte die dinge wat mense toegelaat word om te doen of te hê verantwoordelikhede die dinge wat van mense verwag word om te doen Grondwethof die hoogste hof in Suid-Afrika biografie die ware verhaal van iemand se lewe In 'n demokratiese land het burgers baie regte. Dit is die dinge wat mense toegelaat word om te doen en te hê. Saam met daardie regte kom verantwoordelikhede. Dit beteken ons moet ons deel doen om alles regverdig en gelyk te hou. Regte Verantwoordelikhede Sê wat ek nodig het en dink. Luister na ander. Kies wie ek as leier wil hê. Die uitslag van 'n regverdige verkiesing aanvaar. Die waarheid word deur leiers vertel. So ver moontlik die waarheid uitvind. Sê wanneer jy verskil. Ander toelaat om van jou te verskil. Genoeg kos en water hê. Nie kos en water mors nie. Veilig van ander wees. Nie ander leed aandoen nie. Gedurende apartheid het baie mense soos Fatima Meer hul lewe daaraan toegewy om teen die regering te protesteer en ander op te voed om op hul regte aan te dring. Fatima Meer was 'n groot leier wat gehelp het om vandag se demokratiese Suid-Afrika te bou.

Eenheid 2: Regte en verantwoordelikhede van burgers in 'n … · 2020. 8. 25. · Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3 1 Kopiereg voorbehou@

  • Upload
    others

  • View
    8

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    1 Kopiereg voorbehou@

    Eenheid 2: Regte en verantwoordelikhede van burgers in 'n demokrasie

    regte die dinge wat mense toegelaat word om te doen of te hê

    verantwoordelikhede die dinge wat van mense verwag word om te doen

    Grondwethof die hoogste hof in Suid-Afrika

    biografie die ware verhaal van iemand se lewe

    In 'n demokratiese land het burgers baie regte.

    Dit is die dinge wat mense toegelaat word om te doen en te hê.

    Saam met daardie regte kom verantwoordelikhede.

    Dit beteken ons moet ons deel doen om alles regverdig en gelyk te hou.

    Regte Verantwoordelikhede

    Sê wat ek nodig het en dink. Luister na ander.

    Kies wie ek as leier wil hê. Die uitslag van 'n regverdige verkiesing aanvaar.

    Die waarheid word deur leiers vertel. So ver moontlik die waarheid uitvind.

    Sê wanneer jy verskil. Ander toelaat om van jou te verskil.

    Genoeg kos en water hê. Nie kos en water mors nie.

    Veilig van ander wees. Nie ander leed aandoen nie.

    Gedurende apartheid het baie mense soos Fatima Meer hul lewe daaraan

    toegewy om teen die regering te protesteer en ander op te voed om op hul

    regte aan te dring.

    Fatima Meer was 'n groot leier wat gehelp het om vandag se demokratiese

    Suid-Afrika te bou.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    2 Kopiereg voorbehou@

    Gevallestudie: Fatima Meer, 'n leier in die bou van 'n demokrasie

    Fatima Meer is in 1928 in Durban gebore.

    Sy is as n Indiër geklassifiseer.

    Indiërs het nie dieselfde regte as wit mense gehad nie, maar die

    apartheidswette het hulle beter as swart mense behandel.

    Fatima se pa het haar van jongs af geleer dat mense Jn Suid-Afrika nie die

    regte het wat hulle behoort te hê nie.

    Fatima het aan die Universiteit van Natal gestudeer en gegradueer.

    Baie min vroue wat nie wit was nie, kon dit destyds doen.

    Oor die jare was Fatima betrokke by baie organisasies wat teen die

    apartheidsregering geveg en armer gemeenskappe gehelp het.

    Sy was byvoorbeeld betrokke by:

    protesoptrede teen die regering deur optogte en vergaderings te

    organiseer waar sy haar sou uitspreek teen die apartheidsregering

    die bou van 'n beter verstandhouding en vennootskappe tussen die

    swart en Indiër- gemeenskappe

    vroue-organisasies wat teen apartheid geveg en mense in die

    gemeenskap gehelp het

    die bymekaarmaak van geld om skole in arm gemeenskappe te bou.

    Die regering het probeer om mense soos Fatima te keer.

    Hulle het haar verban.

    Dit het beteken dat sy nie kon reis waarheen sy wou nie, nie groot groepe

    mense op een slag kon ontmoet nie en niks wat sy geskryf het, kon uitstuur vir

    ander mense om te lees nie.

    Die regering het Fatima ook vir vyf maande tronk toe gestuur sonder 'n

    verhoor.

    Na 1994 het Fatima haar betrokkenheid by verskillende organisasies en

    gemeenskapswerk in arm gemeenskappe voortgesit.

    Fatima het in 2010 aan 'n beroerte gesterf.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    3 Kopiereg voorbehou@

    Die Grondwetlike Hof

    Die Grondwetlike Hof is in 1994 tot stand gebring om die Grondwet te

    beskerm.

    Dit maak seker dat die reëls van die Grondwet gehoorsaam word en dat almal

    se regte beskerm is.

    Dié hof kan besluite neem wanneer mense verskil met wat die Grondwet sê.

    Daar is gewoonlik 11 regters, met 'n hoofregter aan die hoof.

    Hulle vergader om belangrike kwessies omtrent 'n saak te bespreek.

    As hulle nie almal saamstem oor 'n beslissing nie, stem hulle daaroor en word

    die beslissing met die meeste stemme aanvaar.

    Gevallestudie: Pius Langa

    Een van die Grondwetlike Hof se hoofregters was Pius Langa.

    Pius Langa is in 1939 in Bosbokrant gebore, 'n dorp wat nou in die provinsie

    van Mpumalanga val.

    Pius het op 14-jarige ouderdom n beurs ontvang.

    Hy is egter gedwing om skool te los en te begin werk omdat sy familie geld

    nodig gehad het.

    Dit was nie maklik om werk in apartheid-Suid-Afrika te kry nie, maar in 1957

    het hy uiteindelik 'n werk gekry by 'n fabriek wat hemde gemaak het.

    Drie jaar later is hy aangestel as 'n tolk en bode in die departement van

    justisie.

    Terwyl hy daar gewerk het, het Pius privaat gestudeer.

    Hy het matriek in 1960 geslaag. Dit het horn nog 10 jaar geneem om regte te

    studeer en twee regsgrade te verwerf.

    In hierdie

    tyd het hy verskeie poste by die departement van justisie beklee en ook 'n

    landdros geword.

    In 1976 is Pius weg by die departement van justisie en die volgende jaar het

    hy in die regte in Durban gepraktiseer.

    Hy het 'n groot deel van sy werk aan diens aan die gemeenskap gewy.

    Hy was 'n lid van die ANC en was by anti-apartheidsaksies, betrokke.

    In 1994 is Pius as een van die 11 regters van die nuwe Grondwetlike Hof

    aangewys.

    In 2005 is hy as hoofregter en as hoof van die Grondwetlike Hof aangewys.

    Hy het in 2009 afgetree.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    4 Kopiereg voorbehou@

    Eenheid 3: Kinders se regte en verantwoordelikhede

    Oor die jare is sommige kinders in Suid-Afrika - en in ander plekke in die

    wereld - baie sleg behandel.

    Hulle is byvoorbeeld gedwing om te werk, is onderwys ontneem, het geweld

    ervaar, het nie genoeg kos gekry nie en is gelos om vir hulself te sorg.

    Toe Suid-Afrika van apartheid na 'n demokrasie begin oorgaan het, was daar

    baie gesprekke oor mense se regte.

    Baie mense het gedink die kinders van Suid-Afrika moes ook 'n kans kry om te

    sê wat hulle dink en voel oor kinders se regte.

    Dit is hoe die Handves van Kinderregte tot stand gekom het.

    Die Suid-Afrikaanse Handves van Kinderregte

    In 1992 is meer as 200 kinders van regoor Suid-Afrika byeengebring om hul

    idees oor kinderregte te bespreek.

    Hierdie geleentheid is die Internasionale Beraad oor die Regte van Kinders in

    Suid-Afrika genoem.

    Die kinders se idees is in die vorm van 'n Handves van Kinderregte neergeskryf

    en 'n lys van kinderregte word daarin vervat.

    Die volgende prente toon sommige regte van die Suid- Afrikaanse Handves

    van Kinderregte. "Kind" beteken enigeen onder die ouderdom van 18 jaar:

    Die reg op 'n behoorlike huis, klere en 'n gesonde

    dieet.

    Die reg op 'n beskermende en liefdevolle gesin.

    Die reg om teen alle vorme van geweld en

    mishandeling beskerm te word.

    Die reg om vry te wees van diskriminasie teen ras, geslag, geloof en

    gestremdheid.

    Die reg om jou eie idees uit te spreek oor

    kwessies wat jou raak.

    Die reg om geloof of oortuigings sonder vrees

    te beoefen.

    Die reg om gratis en gelyke onderwys.

    Die reg om teen kinderarbeid beskerm te

    word.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    5 Kopiereg voorbehou@

    Kinders se verantwoordelikhede

    Net soos wat kinders regte het, het hulle ook pligte of verantwoordelikhede.

    Daar word van kinders verwag om hulleself op so 'n manier te gedra dat hulle

    hulself, ander mense en die omgewing met sorg en respek behandel.

    Hier volg twee lyste van kinders se verantwoordelikhede:

    Kinders moet

    • Gaaf en sorgsaam jeens ander wees.

    • Ouers en ander familielede respekteer en help.

    • Altyd skool toe gaan.

    • Hard werk en hul bes doen in alles wat hulle aanpak.

    • Oefen en gesond eet.

    • Eerlik en regverdig wees.

    • Probeer om 'n argument vreedsaam op te los.

    • Ander toelaat om hul eie oortuigings en opinies te hê, al stem hulle nie saam nie.

    • Diere- en plantlewe beskerm.

    • Huise, skole en gemeenskappe skoon hou.

    • Reëls en wette gehoorsaam.

    Kinders moenie

    • Ander beledig of hulle gevoelens seermaak nie.

    • Jok of leuens versprei nie.

    • Ander seermaak of boelie nie.

    • Goed vat wat nie aan jou behoort nie.

    • Gevaarlike wapens dra nie.

    • Rook, drink of dwelms gebruik nie.

    • Water en elektrisiteit vermors nie.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    6 Kopiereg voorbehou@

    Blokkiesraaisel

    1 2

    3

    2 4

    3

    1

    4

    Leidrade:

    Af:

    1. "_ _ _ _" beteken enigeen onder die ouderdom van 18 jaar.

    2. Die hoogste hof in Suid-Afrika.

    3. Die dinge wat mense toegelaat word om te doen of te hê.

    4. Die lys van kinderregte word in die _ _ _ _ _ _ _ van kinderregte vervat.

    Dwars:

    1. Verantwoordelikhede is die dinge wat van mense _ _ _ _ _ _ word om te doen.

    2. Die ware verhaal van iemand se lewe.

    3. Saam met die regte kom verantwoordelikhede, wat beteken ons moet ons deel doen om alles _ _ _ _ _ _ _ _ _ en gelyk te hou.

    4. In 'n demokrasie kan almal stem om leiers te verkies.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    7 Kopiereg voorbehou@

    Woordsoek

    g e m e e n s k a p s w e r k

    e d r f v t y n a t a l t p u

    r u w r f v b h y h u y y r i

    g r r y s k o l e n v u h o u

    y b v f w x d y u i e h u t y

    n a f r t b e r o e r t e e y

    i n d i e r z a e r b t y s t

    w n h y u i o p i w a r i r r

    g z s e r f g b y h n f p e f

    a p a r t h e i d s b c q w v

    b d w e t y u i o p m k l i o

    n h u i k v e r h o o r r f v

    Leidrade:

    1. Fatima Meer is in 1928 in _ _ _ _ _ _ gebore.

    2. Sy is as n _ _ _ _ _ _ geklassifiseer.

    3. Fatima het aan die Universiteit van _ _ _ _ _ gestudeer en gegradueer.

    4. Oor die jare was Fatima betrokke by baie organisasies wat teen die _ _ _ _ _ _ _ _ _ _-regering geveg het.

    5. Sy was betrokke by _ _ _ _ _ _-optredes teen die regering deur optogte en vergaderings te organiseer.

    6. Sy het geld bymekaargemaak om _ _ _ _ _ in arm gemeenskappe te bou.

    7. Die regering het probeer om mense soos Fatima te keer deur haar te _ _ _ _ _ _.

    8. Die regering het Fatima ook vir vyf maande tronk toe gestuur sonder 'n _ _ _ _ _ _ _.

    9. Na 1994 het Fatima haar betrokkenheid by verskillende organisasies en _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ _ in arm gemeenskappe voortgesit.

    10. Fatima het in 2010 aan 'n _ _ _ _ _ _ _ _ gesterf.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    8 Kopiereg voorbehou@

    Kolom B by Kolom A

    Skryf net die regte letter uit Kolom B in die antwoord kolom neer.

    Kolom A Antw Kolom B

    1. Grondwetlike hof

    A. Die dinge wat mense toegelaat word om te doen of te wil hê.

    2. Pius Langa

    B. Kinders het die reg om hierteen beskerm te word.

    3. Handves van Kinderregte

    C. Was een van die Grondwetlike Hof se hoofregters.

    4. regte

    D. Was 'n groot leier wat gehelp

    het om vandag se demokratiese Suid-Afrika te bou.

    5. verantwoordelikhede

    E. Die ware verhaal van iemand se lewe.

    6. demokratiese land

    F. Is in 1994 tot stand gebring om die Grondwet te beskerm.

    7. Fatima Meer

    G. Die dinge wat van mense verwag word om te doen.

    8. mishandeling

    H. Enigeen onder die ouderdom van 18 jaar.

    9. biografie

    I. Het tot stand gekom toe kinders 'n kans gekry het om te sê hoe hulle dink en voel oor kinders se regte.

    10. kind J. Die burgers het baie regte.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    9 Kopiereg voorbehou@

    Waar of Onwaar:

    1. Verantwoordelikhede beteken ons moet ons deel doen om alles regverdig en gelyk te hou.

    2. Kinders het die reg tot onderwys, daarom kan hulle in die klasse maak wat hulle wil.

    3. Die Grondwetlike hof is in 1992 tot stand gebring om die Grondwet te beskerm.

    4. As die 11 regters in die Grondwetlike hof nie saamstem oor 'n beslissing nie, moet hulle daar bly totdat almal saamstem.

    5. Kinders het die reg om vry te wees van diskriminasie teen ras, geslag, geloof en gestremdheid.

    6. Kinders het die reg tot 'n gesonde dieet, en die verantwoordelikheid om nie kos te mors nie.

    7. Pius Langa is in 1949 in Bosbokrant in Mpumalanga gebore.

    8. Fatima Meer was in Indiër wat in Durban gebore was.

    9. 'n Biografie is 'n storie wat gebaseer is op iemand se lewensverhaal.

    10. Net soos wat kinders sekere regte het, het hulle ook pligte of verantwoordelikhede.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    10 Kopiereg voorbehou@

    Vul die ontbrekende woorde in:

    1. Net soos wat kinders regte het, het hulle ook _____ of verantwoordelikhede.

    2. Daar word van kinders verwag om hulleself op so 'n manier te gedra dat hulle hulself, ander mense en die omgewing met sorg en _____behandel.

    3. Kinders moet gaaf en _____jeens ander wees.

    4. Kinders moenie ander _____of hulle gevoelens seermaak nie.

    5. Altyd skool toe gaan, en _____ _____en hul bes doen in alles wat hulle

    aanpak.

    6. Kinders moenie ander seermaak of _____nie.

    7. Kinders moet ouers en ander familielede _____en help.

    8. Kinders moet probeer om 'n argument _____op te los.

    9. Kinders moenie jok of _____versprei nie, of goed vat wat nie aan hulle

    behoort nie.

    10. Kinders moenie water en elektrisiteit _____nie.

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    11 Kopiereg voorbehou@

    Vraag en antwoord:

    1. a) In 'n demokratiese land het die burgers baie regte. Wat is "regte"?

    b) Saam met daardie regte kom verantwoordelikhede. Wat beteken dit?

    2. a) Wie was Fatima Meer?

    b) Waar en wanneer is sy gebore?

    c) Wat het sy gedoen wat min nie-blanke vroue kon doen nie?

    d) Sy was betrokke by baie organisasies wat teen die apartheids-regering geveg het. Noem vier dinge waarby sy betrokke was:

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    12 Kopiereg voorbehou@

    3. a) Wat is die Grondwetlike hof?

    b) Wanneer is hierdie hof tot stand gebring?

    c) Waarom is die hof tot stand gebring?

    d) Hoeveel regters is daar?

    e) Waarom vergader hulle?

    f) Wat gebeur as hulle nie saamstem oor 'n saak nie?

    4. a) Hoe het die Handves van Kinderregte tot stand gekom?

    b) Net soos wat kinders regte het, het hulle ook pligte of verantwoordelikhede. Wat word daar van kinders verwag?

    c) Hoe oud is iemand wat as 'n "kind" gesien word?

  • Sosiale Wetenskappe - Geskiedenis Gr. 6 Kw. 3 Platinum Onderwerp 3 Eenheid 2 - 3

    13 Kopiereg voorbehou@

    5. a) Noem agt van die regte van die Suid-Afrikaanse Handves van Kinderregte: