27
Efes 5:1-27 Fokus: Efes 5:18 Efes 5:18 se baie belangrike verbod en gebod. April 2013

Efes 5:1-27 - GK Daspoort

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Efes 5:1-27Fokus: Efes 5:18

Efes 5:18 se baie belangrike verbod en gebod.

April 2013

Page 2: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Ps-vooraf Ps 63: 1, 2

Ontmoetingsdiens.

Votum.

“Ons slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? Ons

hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”

Amen

Seëngroet

Gemeente van ons Here Jesus:

“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader,

en die Here Jesus Christus

deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”

Amen.

Lofprysing – Ps 63: 3, 4, 6

Geloofsbelydenis

Verootmoediging en Versoeningsdiens.

Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.

Psalm na die wet – Ps 139: 1, 2, 3

2

Page 3: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Gebed om skuldbelydenis en verligting.

Psalm na gebed – Ps 139: 12

3

Page 4: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Woorddiens.

Broers en susters, die Woord van die HERE spreek tot ons uit Efes 5:1-27

(sê iets oor reeks uit Efes 5:22-6:4)

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 119: 7, 11, 26

Ons Fokus op Efes 5:18

Skrifverklaring

InleidingGeliefdes in Efes 5:18 sê Paulus:

“Moenie dronk word van wyn nie—daarin is losbandigheid;

maar word met die Gees vervul.”

Verduidelik1

En nou hoor twee opdragte nie waar nie?

• Daar’s ‘n verbod. Iets word verbied:

“Moenie dronk word van wyn nie ...”

• Maar daar’s ook ‘n gebod. Iets word gebied: “... maar word met die Gees vervul.”

En dis ons tema vanoggend.

Efes 5:18 se baie belangrike verbod en gebod.

*************

En hierdie verbod en gebod is werklik geweldig belangrik

Ook vir ons verstaan van Efes 5:22-6:4

Waar’it gaan oor huwelik-en-gesin

waaroor ons as kerk op’ie oomblik meer moet leer.

Verduidelik

Want wanneer Paulus in Efes 5:22 sê:

1 μη + praes imperat mv med/pass van μεθυσκω (18a) – die μη wys my dis negatiewe imperat (‘n verbod), wat altyd geldend is (Binnewerk bl 112; Greek grammer beyond basics bl 487,523-525). πληρουσθε = praes imperat mv pass van πληροω (18c). αλλα koppel 18a-b en 18c adversatief aan mekaar (Binnewerk bl 57-58). Twee sake word dus hier gekontrasteer (Binnewerk bl 115). Aan die eenkant ‘n verbod (18a-b). Aan die ander kant ‘n gebod (18c) (vgl Grosheide se Efes komm bl 84; Boice se Efes komm bl 188).

4

Page 5: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

“Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig,

soos aan die Here.”

En in vers 25 sê:

“Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad ... het ...”

wel dan het dit net mooi alles te doen met Paulus se gebod in Efes 5:18

wat sê: “maar word met die Gees vervul.”

Opmerking

So as Paulus in Efes 5:22-6:4 praat

oor gelowige-mans-en-vroue se verhouding in die huwelik

en hoe dit in hulle gesinne moet gaan

dan’t ons nie met een of ander sede-lessie te doen nie.

Paulus is ook’ie besig

om vanuit sy chauvinistiese Joodse agtergrond

fariseëragtige reëls vir huwelik-en-gesin te maak nie.

Nee! Ons as kerk

as heilige nuwe mense van God se lewe in ons huwelike-en-gesinne

is die direkte gevolg van Efes 5:18

wat praat oor Gees-vervuldheid.2

Opmerking

En ons sal net-nou nog meer hieroor leer.

**************

Toepassing

Ja geliefdes Efes 5:18 se gebod van Gees-vervulling

is ontsettend belangrik.

Want daar sonder kom ek nie by die huwelik-en-gesinslewe

2 Vgl O’Brien se Efes komm bl 399; Van Leeuwen se Efes komm bl 123; Bruce se Efes komm bl 382; Knight se Efes 5 komm bl 167-168

5

Page 6: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

waarvan Paulus in Efes 5:22-6:4 praat nie.

My skrikwekkende totaal verdorwe natuur

maak dit gewoon net onmoontlik.3

**************

Maar juis daarom is’it so belangrik dat ons meer sal leer oor

Efes 5:18 se baie belangrike verbod en gebod.

Die verbod wat sê:

“Moenie dronk word van wyn nie ...”

En die gebod wat sê:

“maar word met die Gees vervul.”

Daarom dat ons nou gaan stilstaan ...

• by ‘n terugblik op verlede week en die Efesiër-brief• by Efes 5:18 se plek in die Efesër-brief• by hoe Efes 5:18 vashaak aan Efes 5:22-6:4 en huwelik-en-gesin• en dan gaan ons fokus op Efes 5:18 self

en die gebod van “... word met die Gees vervul.”

* Wat dit beteken.

* En hoe dit gebeur.

**************

1. So kom ons begin by die terugblik.4

En ek dink dat ons uit verlede week se oorsig oor die Efesiër-brief

ses groot lyne of temas kry.

Opmerking

En ons moet dit heeltyd in gedagte hou as ons deur Efesiërs lees

want dit help om Efesiërs reg te verstaan.

Dit gaan ook help

om te verstaan as ons deur Efes 5:22-6:4 gaan werk.

3 Vgl bv Rom 8:7; Sondag 2-4

4 Vgl Efes 1,1-kanoniek.docx

6

Page 7: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

A. Nou die eerste groot lyn of tema kry ons in Efes 1:1

as ons hoor dat Paulus die ware gelowiges in die kerk heiliges noem.

Verduidelik

En waarom heiliges?

Wel omdat ons afgesonder is eenkant is.

Dis mos wat heilig beteken.

Ja, die ware-gelowige-kerk is afgesonder

om aan God te behoort

om God se eiendom te wees sy volk.

***************

B. Die tweede groot-tema

is dat die kerk nie vanself heiliges is nie.

Ons het nie uit ons eie ons self aan God gaan oorgee nie!

Bewys

Nee!! God het ons “in (Christus) uitverkies

voor die grondlegging van die wêreld

om heilig ... voor Hom in liefde te wees.” Sê Efes 1:4.

En lees ons deur die res van Efes 1-3

sien ons dit weer en weer en weer.5

Uit ons totaal verdorwe geestelike dood

het God ons uit genade alleen verlos

deur die geloof in Jesus Christus

“en dit (die geloof6) nie uit julleself nie:

dit is die gawe van God.” 7

**************

5 Vgl bv Efes 2:1-10

6 Vgl Jordaan, Woord vir Woord, bl 26 voetnoot 3.

7 Sê Paulus in Efes 2:8

7

Page 8: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

C. Die derde groot-tema is dat die heiliges

ook God se nuut-herskepte mensdom is.

Bewys

So vertel Efes 2:10. En in Efes 2:15 sê Paulus

dat Christus “deur vrede te maak (aan die kruis) ...

een nuwe mens kon skep.”

D. En uit hierdie woorde

vloei die vierde groot-tema van die Efesiër-brief

naamlik dat God se nuwe mensdom een is.

Ja ook in ons huwelike en gesinne moet daar eenheid kom.

Want God het ons kom verlos uit ‘n lewe van haat

waar mense sonder ware eenheid al verder uit mekaar dryf.

Bewys

En hierdie waarheid sien ons veral raak in Efes 2:11-22.

*************

E. Die vyfde groot-tema

is dat God sy nuwe verenigde heilige mensdom

uit genade alleen verlos het uit ‘n bose Efese leef-wêreld.

• ‘n Totaal verdorwe wêreld waarin ook ons totaal verdorwe was vol haat en sonder ware eenheid.

• ‘n Wêreld waar mense God se goeie skeppingsorde van Gen 1-2 ook vir huwelik-en-gesin

verag en vertrap.

Opmerking

En hieroor kon ons verlede week heelwat leer

vanuit Hand 19 en Rom 1:18-32.

En ons kon sien

8

Page 9: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

dat ons leef-wêreld hier in Daspoort

nie baie anders is as Efese sin nie.

**************

F. En weet u

En dis die sesde groot-tema van die Efesiër-brief

tot op die tyd dat Christus weer kom

moet die kerk in hierdie Efese-wêreld leef.

Verduidelik

• As heiliges moet ons heilig in ‘n onheilige goddelose wêreld leef.• As nuwe mense moet ons in ‘n ou-wêreld leef.• As mense by wie daar ware eenheid en liefde gekom het

moet ons leef in ‘n wêreld vol haat en onenigheid en vervreemding.

En presies hieroor skryf Paulus

in die tweede helfte van sy Efesiër-brief ... vanaf Efes 4-6.

Oorgang

En dadelik sien ons sommer ook

waar in die Efesiër-brief Efes 5:18 in pas.

Ja as Paulus in Efes 5:18 sê:

“Moenie dronk word van wyn nie ... maar word met die Gees vervul”

dan pas hierdie woorde in by Efes 4-6

waar Paulus skryf oor hoe ons as nuwe heilige mensdom

in ‘n ou bose wêreld moet leef.

2. En dit bring ons by ons tweede hoof-punt

waar’it gaan oor die plek van Efese 5:18 in die Efesiër-brief.

Opmerking

So ons is nou klaar met die terugblik op verlede week

en die ses groot temas van die Efesiër-brief.

9

Page 10: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Nou gaan ons fokus op

die plek van die Efes 5:18 in die Efesiër-brief.

*************

En ons het klaar gesien

dat Efes 5:18 deel is van Efes 4-6

waar Paulus skryf oor ons nuwe lewe in hierdie bose-wêreld.

Verduidelik

En dat dit in Efes 4-6 gaan oor hoe ons nuut moet leef

is duidelik uit Paulus se gebruik van die woord wandel.

Want as Paulus praat van wandel

dan gaan wandel oor hoe ons ons lewens moet leef.8

En dan gebruik Paulus die woord wandel

sommer baie hier in Efes 4-6.

Bewys9

Ons hoor’it in Efes 4:1 Efes 4:17 Efes 5:2 Efes 5:8 en Efes 5:15.

En in elke nuwe gedeelte

wat Paulus begin met die woord wandel

zoom hy in op ‘n ander deel van ons nuwe heilige lewe

in hierdie ou sondige wêreld.10

En elke keer sien ons dat dit ‘n lewe is

wat baie anders is as die lewe van die wêreld.

Ja God se nuwe mense is anders Heilig anders.

En ons sien dit veral in Efes 4:17-5:9.11

8 Vgl Reformation study bible bl 1710.

9 Vgl O’Brien se Efes komm bl 378

10 Vgl Olyott se Efes komm bl 95,113; O’Brien se Efes komm bl 389

11 Vgl O’Brien se Efes komm bl 389

10

Page 11: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

En stap ons al in hierdie wandel-pad van ons nuwe lewe

nader aan Efes 5:18 kom ons by Efes 5:8 wat sê:

“Want vroeër was julle duisternis,

maar nou is julle lig in die Here—

wandel soos kinders van die lig.”

Ons kom ook by Efes 5:15 waar Paulus sê:

“Pas dan op dat julle nougeset wandel,

nie as onwyse nie, maar as wyse.”

****************

En nou’sit hier dat Efes 5:18 in pas.

Verduidelik12

Dis deel van Efes 4-6 waar Paulus ons vertel

hoe ons moet wandel in hierdie bose wêreld.

Dis deel van Efes 4:17-6:9

wat spesifiek fokus op ons heilig-anderse lewe in die wêreld.

Maar dis ook deel van Paulus se oproep in Efes 5:8

dat ons moet wandel soos kinders van die lig

sodat ons met die manier

waarop ons lewe die lig van die Evangelie kan versprei.13

En heel prakties so sê Paulus dan in Efes 5:18

beteken wandel soos kinders van die lig

dat ons nie moet “dronk word van wyn nie ...

maar met die Gees vervul (moet) word.”14

***************

En dis so belangrik geliefdes om met die Gees vervul te word.

12 Vgl O’Brien se Efes komm bl 389; Jordaan, Woord vir Woord, bl 45,51

13 Vgl Reformation study bible bl 1712

14 Vgl Jordaan, Woord vir Woord, bl 51

11

Page 12: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Want Efes 5:18 se Gees-vervuldheid

het net mooi alles te doen met Efes 5:22-6:4

waar’it gaan oor huwelik-en-gesin.

Ja, vervul met die Gees kan ons Efes 5:22-6:4-huwelike-en-gesinne hê

wat lig kan wees in hierdie donker wêreld.15

*************

Oorgang

Maar juis daarom is’it so belangrik

dat ons moet sien wat Efes 5:18 met Efes 5:22-6:4 te doen het.

Ja hoe haak Efes 5:18 vas aan Efes 5:22-6:4.

Bewys

Want ons kan mos nie net sommer sê

dat Efes 5:18 se Gees-vervuldheid ons in staat stel

om Efes 5:22-6:4-huwelike-en-gesinne te hê nie.

Ons moet dit mos hier vanuit die Skrif verseker weet.

3. En met dit gesê

kom ons by ons derde punt

wat gaan oor hoe Efes 5:18 vashaak aan Efes 5:22-6:4.

En kom’it ons agter? wel deur te kyk na die teks van Efes 5.

Nou in Efes 5:18 sê Paulus:

“Moenie dronk word van wyn nie ...

maar word met die Gees vervul.”

En dan direk daarna in vers 19-21 sê hy:

“Spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere;

en sing en psalmsing ... tot eer van die Here,

terwyl julle God ... altyd vir alles dank ...

15 Vgl Jordaan, Woord vir Woord, bl 51; Knight in Piper&Grudem, Recovering Biblical Maanhood&womanhood, bl 167-168.

12

Page 13: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

en aan mekaar onderdanig is ....”

Verduidelik16

Nou die Griekse woorde wat ons in vers 19-21 vertaal met

• Spreek onder mekaar • en sing en psalmsing • en dank God vir alles • en wees onderdanig aan mekaar

is woorde wat eintlik nie so op hulle eie kan staan

soos ons vertaling dit vertaal nie.

Dis eintlik woorde

wat vers 18 se word met die Gees vervul verder beskryf.17

Dis woorde wat sê

wat gebeur as jy deur die Gees vervul word.

Opmerking

Mens sien dit nogal raak in ‘n vertaling

soos die Engelse KJV.

Hoor bietjie hoe vertaal hulle dit. Daar staan:

“be filled with the Spirit;

• Speaking to yourselves ... • singing and making melody ... to the Lord; • Giving thanks ... unto God ... • Submitting yourselves one to another ...”

Die ou Hollandse State-Bybel vertaal dit ook so.

Hoor hoe staan dit daar:

16 λαλουντες, αδοντες και ψαλλοντες, ευχαριστουντες en υποτασσομενοι is Praes part akt mv vorme van die ww. Die part is hier die resultaat of gevolg van ‘vervulling met iets deur die Gees’ of ‘vervulling met iets in die sfeer van die Gees’. Dit is die noodwendige gevolge daarvan (Greek grammer beyond basics bl 637-639, 644-645; NIDNTT vol 3 bl 674; O’Brien se Efes komm bl 394). Die part kan nie hier die middel tot vervulling wees nie – dit is die Gees al klaar (18c) (vgl ook Greek grammer beyond basics bl 639). Die part dui ook nie op gepaardgaande handelinge by ‘word vervul’ nie (vgl Greek grammer beyond basics bl 642). Toepassing: Van Leeuwen se Efes komm bl 122 sê dat die vervuld wees deur die Gees in v19-21 manifesteer. Ek het dus hier ‘n merkteken van vervuld deur die Gees.

17 Ek het dus hier met die bywoordelike gebruik van die partisipium te doen.

13

Page 14: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

“wordt vervuld met den Geest;

• Sprekende onder elkander ... • zingende en psalmende (tot) den Heere ... • Dankende God te allen tijd ... • Zijnde elkander onderdanig ... ”

*************

So hoor u hoe hierdie woorde uit vers 18 voortvloei?

“Word met die Gees vervul,

sprekende ... singende ... dankende ... makende julself onderdanig ...”

En dan’sit alles woorde wat sê wat gebeur

as jy deur die Gees vervul word.

Verduidelik

• Jy “spreek onder mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere.” • Jy “sing en psalmsing ... tot eer van die Here.” • Jy dank God altyd vir alles. • En jy is onderdanig aan mekaar.

Omdat jy deur die Gees vervul is.

Opmerking

En as die HERE wil

sal ons volgende week dieper in gaan

op hierdie gevolge van Gees-vervuldheid.

Want Paulus sê hier ontsaglike belangrike dinge

vir ons as kerk hier in die wêreld.

En ook vir ons lewe in ons huwelike-en-gesinne.

*************

Vir nou is’it belangrik

dat ons op hierdie oomblik in die hart geryp sal word.

Want sien u wat hier aangaan geliefdes?

Om vervul te word deur die Heilige Gees

soos ons in vers 18 hoor

14

Page 15: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

het gevolge!! Dit het gevolge in ons lewens!!

Jy kan nie sê jy’s vervul met die Heilige Gees

en dan bly jy maar soos jy altyd was nie.

Dis net onmoontlik!! Nee daar’s gevolge!

***********

En een daarvan kry ons in vers 21.

Paulus sê: “word met die Gees vervul.”

En dan’s een van die gevolge vers 21 wat sê

dat ons “aan mekaar onderdanig is in die vrees van God.”

Verduidelik18

Wat beteken

• dat ek my eie wil sal prys gee• my eie behoeftes sal opgee • dat ek in nederigheid ander hoër sal ag as myself19

• dat ek myself in liefdesdiens sal oorgee aan ander.

Ja vervul deur die Gees sal ek Mark 9:35 begin leef

waar Jesus sê: “As iemand die eerste wil wees,

moet hy die laaste van almal

en almal se dienaar wees.” 20

***************

En dan kom maak Paulus hierdie gevolg

van vers 18 se Gees-vervuldheid geweldig prakties,21

as hy direk na vers 21 se aan mekaar onderdanig wees ...

• in vers 22 sê: “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.”

18 Vgl TDNT vol 8 bl 43,45; Knight in Piper&Grudem, Recovering Biblical Maanhood&womanhood, bl 166; Calvyn se Efes komm bl 317

19 Efes 2:3

20 Vgl Knight in Piper&Grudem, Recovering Biblical Maanhood&womanhood, bl 166.

21 Vgl O’Brien se Efes komm bl 399; Van Leeuwen se Efes komm bl 123; Bruce se Efes komm bl 382; Knight in Piper&Grudem, Recovering Biblical Maanhood&womanhood, bl 167-168.

15

Page 16: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

• En in vers 25 sê: “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad ... het.”

• En in Efes 6:1 sê: “Kinders, julle moet jul ouers gehoorsaam wees in die Here ...”

• En in Efes 6:4 sê: “vaders, moenie julle kinders vertoorn nie, maar voed hulle op in die tug en vermaning van die Here.”

****************

Toepassing

Sien u dit? Sien u hoe belangrik is Efes 5:18 waar Paulus sê:

“word met die Gees vervul.”

Dis ontsettend belangrik Want dit het gevolge!!

Want vervul met die Gees kan ons leef

soos God se nuwe heilige mensdom

met heilige gesinne-en-huwelike

wat uit ‘n lewe van haat verlos is

om te begin lief hê in onderdanigheid aan mekaar.

En so die lig van die HERE se verlossende Evangelie

in ‘n donker wêreld vol haat te leef.

************

4. Maar dadelik sien ons hoe ontsettend belangrik dit is

dat ons sal weet wat dit beteken as vers 18 sê:

“word deur die Gees vervul.”

En dis ons vierde punt.

Weerlegginge

Nou miskien moet eers sê wat dit nie beteken nie.

En daar’s twee dinge wat dit nie beteken nie.

16

Page 17: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

A.22 Die eerste ding

wat “word deur die Gees vervul” nie beteken nie

is dit wat charismatiese-kerke daarmee doen.

Ja vervulling met die Gees beteken nie

dat ‘n prediker of iemand uit die ‘band’ tussen die banke rondloop

en hande op-lê

• en jy dan agteroor in die Gees val • en dan in onbeheersde lagbuie • of ‘n gehuil of ‘n geskreeu uitbars nie.

Dis nie wat vers 18

se “word deur die Gees vervul” beteken nie geliefdes!

Bewys

Hoekom nie?

Wel Kyk in vers 19-21 na die gevolge van Gees-vervuldheid.

Iemand wat met die Gees vervul is

raak nie buite beheer nie.

Nee!

• Hy spreek “met psalms en lofsange en geestelike liedere ...” • Hy “sing en psalmsing ... tot eer van die Here.”• Hy dank God altyd vir alles• En hy’s in selfopofferende liefde onderdanig aan ander.

Ja die Gees wek dit in jou op

Dit kom spontaan

Jy kan nie anders nie.

Maar dit het net mooi niks te doen

met die vreemde onbeheersdheid

wat mens baie maal by charismata kry nie.

22 Vgl Macarthur, Charismatic chaos bl 313vv

17

Page 18: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

B. Nog iets wat Efes 5:18

se “word deur die Gees vervul” nie beteken nie

is dat Paulus meen dat die ware gelowige kerk nie die Gees het nie.

Bewys23

I En hoekom sê ons so?

Wel omdat Paulus in Efes 1:1 die kerk heiliges noem

omdat ons uit genade alleen verlos is

en afgesonder is en aan die HERE behoort.

En dan sê Paulus in Rom 8:9

“as iemand die Gees van Christus nie het nie,

dié behoort nie aan Hom nie.”

***************

II Maar meer nog.

In Efes 1:1 noem Paulus die kerk ook “gelowiges in Christus Jesus.”

Verduidelik

En dan’s ons gelowiges

omdat Paulus in Efes 2:8 sê

dat ons geloof ‘n gawe van God is.

En in 2Kor 4:13 sê Paulus

dat die Heilige Gees die Een is deur wie God die geloof gee.

*************

II En as ons daarby in Efes 1:1 hoor

dat ons “gelowiges in Christus Jesus” is,

dan’s dit net nog duideliker:

Wanneer Paulus in Efes 5:18 sê: “word deur die Gees vervul”

dan kan dit nie beteken

dat die ware gelowige kerk sonder die Gees is nie.

23 Vgl Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 79-80

18

Page 19: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Want as ons “gelowiges in Christus Jesus”

dan sê Paulus in 1Kor 12:13

hoe ons in Christus kan wees

of verbind aan Hom kan wees.24

En dit kan omdat “ons is almal deur een Gees gedoop is

tot (in die) een liggaam (van Christus) ...”

***************

So sien u dit?

Ons kan heiliges en gelowiges in Christus wees

alleen wanneer ons deur die Gees gedoop is

en so aan Christus gebind is.

Verduidelik25

En lees mens deur Paulus se briewe

kom jy agter dat vir Paulus die doop met die Heilige Gees

daardie werk van die Heilige Gees is

wat jou ook laat glo in Jesus.

*************

Gevolgtrek

So dis duidelik geliefdes:

Paulus se gebod in Efes 5:18 wat sê:

“word deur die Gees vervul”

• is nie dit wat ons baie maal by die charismata sien nie. • Dit beteken ook nie

dat die ware gelowige kerk nie die Heilige Gees het nie.

*************

Die ware betekenis

Maar wat beteken dit dan?

Wat beteken Efes 5:18 se gebod wat sê:

24 Vgl Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 70,72,75

25 Vgl Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 70,72,75

19

Page 20: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

“word deur die Gees vervul.”

Wel dit kom ons agter

wanneer ons meer leer oor Efes 5:18 se verbod wat sê:

“Moenie dronk word van wyn nie ...”26

Verduidelik

Nou as Paulus hier sê:

“Moenie dronk word van wyn nie ...”

dan verbied hy my om te veel27 wyn te drink.

Paulus verbied my om myself onder die invloed

onder die beheer

onder die heerskappy

van te veel alkohol te laat kom.

Want dis ‘n merk-teken van iemand wat nog nie verlos is nie

wat nog deel is van die ou-sondige Efese-wêreld.28

26 Vgl ook Reymond, A New systematic theology bl 765; Stott se Efes komm bl 204; Van Leeuwen se Efes komm bl 122

27 εν ω (18b) – Ek neem aan dat ω hier ml is – dit kan ook ons wees. Die antesedent is dan οινω (vgl ook Van Leeuwen se Efes komm bl 122). Die vraag is natuurlik dan hier of ασωτια in οινος is? Is οινος die groot gevaar of is dit die sonde van μεθυσκω? Dit kan tog nie. Ons Here het dan die nagmaal ingestel met οινος. Ek moet hier onthou dat ω ook onsydig kan wees. Van Leeuwen se Efes komm bl 122 neem ω dan as onsydig en laat dit dan sien op die daad van μεθυσκεσθε οινω – ‘dronk word van te veel wyn drink’ - Ja, hierin is ασωτια.

28 1Tes 5:7 wat sê: “en die wat dronk word, is in die nag dronk” help my om te sien hoe Paulus se verbod teen μεθυσκω hier aanhaak aan die lig/duisternis-antitese-beginsel van 5:8-14 (TDNT vol 4 bl 547) – vgl Rom 13:13, wat wys dat μεθυσκω staan teenoor ‘n lewe in die ‘dag’ (NIDNTT vol 1 b; 513). μεθυσκω is dus deel van die ou Efese-nag-lewe, waarmee die kerk as verenigde-heilige nuwe mensdom moet breek (NIDNTT vol 1 bl 513). Gal 5:21 wys dat μεθυσκω deel is van die werke van die vlees wat staan teenoor die vrug van die Gees. So iemand kan nie deel wees van die nuwe heilige mensdom nie ... Sy lewe wys dat hy dit nie is nie – 1Kor 5:11; 6:10 (NIDNTT vol 1 bl 513). Verder: In OT al staan die wat wyn misbruik onder die HERE se oordeel - hulle sal uiteindelik onder die HERE se oordeel uit die kerk uitgedelg word. So kondig die profete dit aan – Jes 5:11-12,22; 28:7; 56:11-12. Dis

kenmerkend van die verval in die OT kerk – Hos 4:11; 7:5; Mig 2:11 (NIDNTT vol 3 bl 919). Ook die Spreuke-digter waarsku baie sterk teen drankmisbruik - Spr 20:1 wys dat dronkenskap nie saam gaan met wysheid nie (Efes 5:15); Spr 23:20 waarsku dat ons nie deel van hulle moet wees nie (NIDNTT vol

3 bl 919). NT wys bv met 1Pet 4:3 dat ‘drankmisbruik’ kenmerkend is van die verlore lewe in Efese

(NIDNTT vol 3 bl 922)

20

Page 21: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

En so mag dit nie wees by God se nuwe heilige mensdom nie.

Dit moet by ons totaal anders wees.

Ons moet nuut en heilig leef in hierdie ou-sondige-wêreld leef.

Ja ons moet teenoorgesteld wees.

Dis hoekom daar in vers 18 ‘n maar29 is:

“Moenie dronk word van wyn nie ... maar ...”

**************

Verduidelik30

Ja in plaas daarvan dat ons ons self oorgee

aan die invloed of beheer of heerskappy van alkohol

moet ek myself oorgee

aan die invloed

en beheer en heerskappy van die Heilige Gees.

My hele lewe elke oomblik daarvan moet vervul word

deur die invloed en die beheer en die heerskappy van die Heilige Gees.

***************

En dis wat dit beteken as Paulus in Efes 5:18 sê:

“Moenie dronk word van wyn nie ... maar word met die Gees vervul.”

Uitgebreide parafrase

Ja dit beteken:

‘laat julle totale lewe vol word

met die invloed en beheer en heerskappy van die Heilige Gees.

29 αλλα koppel 18a-b en 18c adversatief aan mekaar (Binnewerk bl 57-58). Twee sake word dus hier gekontrasteer (Binnewerk bl 115). Aan die eenkant ‘n verbod (18a-b). Aan die ander kant ‘n gebod (18c) (vgl Ridderbos se Efes komm bl 84; Boice se Efes komm bl 188).

30 Na my mening beteken by πληρουσθε εν πνευματι die volgende (Greek grammer beyond basics bl 372,375; Bruce se Efes komm bl 379 voetnoot 57): instrumenteel – ‘maar julle moet met iets vervul word deurmiddel van die Gees’ (vgl ook O’Brien se Efes komm bl 391 voetnoot 123). εν πνευματι kom nog voor by 2:22; 3:5; 6:18. Elke keer is hulle instrumenteel (Van Leeuwen se Efes komm bl 70,74,140). Dit bevestig net vir my verder dat ek ook hier εν πνευματι as instrumenteel moet verstaan. Bruce se Efes komm bl 380 sê ook dat hoe ook al ons εν πνευματι hier moet verstaan, die groot saak is dat die klem val op die totaal beherende werking van die Gees in ons – dit pas in by die instrumentele betekenis van εν πνευματι (vgl Boice se Efes komm bl 188; Stott se Efes komm bl 204). Dus: πληρουσθε εν πνευματι het die betekenis dat ek totaal onder die beheer van die Gees is ... so onder beheer van die Gees (en nog meer) soos wanneer ek onder die beheer van wyn is, wanneer ek vol wyn is (vgl Hodge se Efes komm bl 302).

21

Page 22: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Want so sal daar die wonderlike gevolg van vers 21 kom

van om onderdanig te wees aan mekaar.

Sodat ons ‘n Efes 5:22-6:4-huwelik-en-gesin kan hê.’

**************

En weet u:

Dis wat elke ware gelowige

wat gedoop is met die Gees

moet doen.

Ons moet ook vervul word deur die Gees.31

Of anders gesê:

Ons moet toelaat32 dat ons totale lewe

onder die invloed en die beheer en die heerskappy van die Gees kom.

Bewys

Want luister weer mooi wat sê Paulus in Efes 5:18.

Hy sê: “Moenie dronk word van wyn nie ...

maar word met die Gees vervul.”

En met wie praat Paulus hier?

Wel Efes 1:1 sê hy praat

met die heiliges en die gelowiges in Christus Jesus.33

So elke ware gelowige wat glo

omdat hy/sy met die Heilige Gees gedoop is en toe kon glo

31 Vgl Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 79-83

32 πληρουσθε = praes imperat mv pass van πληροω wat inhou dat die subjek dit moet toelaat dat vervulling plaasvind ... ek moet oop wees daarvoor ... ek is dus nie aktief aan die werk om ’vervul’ te word nie, want die imperat is passief. Nee, ek is passief ontvangend (Greek grammer beyond basics bl

440-441; NIDNTT vol 1 bl 738; Olyott se Efes komm bl 119; Ferguson se Efes komm bl 143). Die praes dui ook op ‘n opdrag wat gedurig moet voortgaan – dit moet ‘n lewenswyse word (O’Brien se Efes komm bl

391; Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 83). Die meervoud sê dit geld vir die hele kerk – ‘n ieder

en ‘n elk van ons (vgl ook Olyott se Efes komm bl 119) 33 Vgl voetnoot 30

22

Page 23: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

moet ook gedurig34 vervul word met die Heilige Gees.

Ja ons elkeen moet toelaat

dat ons totale lewe onder die invloed

en die beheer en die heerskappy van die Gees kom.

Want so sal daar die wonderlike gevolg van vers 21 kom

van om onderdanig te wees aan mekaar.

****************5. Maar nou’sie vraag: Hoe doen ek dit?

Hoe moet ek Efes 5:18 se gebod van:

“word met die Gees vervul” nakom.

Hoe laat ek my totale lewe vervul word

met die invloed en die beheer en die heerskappy van die Heilige Gees?

Ja ... hoe gebeur dit?

En dis ons laaste punt.

****************

Wel daar’s twee maniere geliefdes.

A. Die eerste een is bid! Ja bid daarvoor.

Bewys35

Want dit was Jesus wat eenmaal in Luk 11:13 gesê het:

“As julle dan wat sleg is,

weet om goeie gawes aan julle kinders te gee,

hoeveel te meer sal die hemelse Vader

die Heilige Gees gee aan die wat Hom bid?”

En toe die dissipels in Hand 4:24-30 saam gebid het

34 Vgl voetnoot 30

35 Sondag 45 v/a 116; Floor, Hy wat met die Heilige Gees doop, bl 83

23

Page 24: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

“is die plek geskud waar hulle saam was,

en hulle is almal vervul met die Heilige Gees

en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.” 36

**************

B. Die tweede manier is: Wees besig met die Woord.37

Bewys

Want eenmaal in Jes 59:21 het die HERE

aan sy heiliges en gelowiges in Christus Jesus beloof en gesê:

“Wat My aangaan, dit is my verbond met hulle, sê die HERE:

My Gees wat op jou is,

en my woorde wat Ek in jou mond gelê het,

sal uit jou mond nie wyk nie,

en ook nie uit die mond van jou kroos

en uit die mond van die kroos van jou kroos nie,

sê die HERE, van nou af tot in ewigheid.”

Verduidelik38

En wat hierdie belofte vir ons sê

is dat Gees en Woord in die kerk altyd saam gaan.

Die Gees werk altyd met die Woord.

Toepassing

Ja die Gees beheers ons beheer ons beïnvloed ons

vervul ons hele lewe deur die Woord

• wat eenmaal in Mark 9:35 gesê het: “wees die laaste van almal en almal se dienaar.”

• Die Woord wat in 1Pet 5:5 sê: “wees almal met ootmoed bekleed in onderdanigheid aan mekaar ...”

36 Hand 4:31

37 Kol 3:16; Ferguson se Efes komm bl 144-145; Van Deursen se Efes komm bl 169; Reymond, A new systematic theology of the Christian faith bl 765.

38 Vgl Ferguson se Efes komm bl 144-145; Van Deursen se Efes komm bl 169; 1Kor 2.doc

24

Page 25: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

• Die Woord wat sê: “Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.”39

• Die Woord wat sê: “Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het.”

**************

Slot

So geliefdes sien u hoe belangrik Efes 5:18 se gebod is.

Hier waar Paulus sê:

“Moenie dronk word van wyn nie ...

maar word met die Gees vervul.”

• Hierdie gebod wat deel is van Efes 4-6 waar Paulus leer oor God se nuwe mensdom se heilige lewe hier in ‘n ou godelose wêreld.

• Hierdie gebod wat gevolge het. Ook die gevolg van liefdevolle selfopofferende onderdanigheid aan mekaar sodat ons Efes 5:22-6:4-huwelike-en-gesinne kan hê tot lof van die HERE in hierdie wêreld.

• Hierdie gebod wat vir elke gelowige beveel: ‘laat julle totale lewe vol word met die invloed en beheer en heerskappy van die Heilige Gees.

• Hierdie gebod wat ons alleen kan nakom in gebed en by ‘n oop Bybel.

**************

Selfondersoek

En nou’sie vraag vanoggend geliefdes:

Bid ons dat ons deur die Gees vervul sal word?

Bid ons daarvoor?

• In ons stilte-tye Bid ons dan daarvoor?• Pa’s by Huisgodsdiens

39 Efes 5:22

25

Page 26: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Bid ons dat die Gees ons huise sal beheers?

• Br’s ouderlinge bid ons dat die Gees die kerk van Daspoort sal vervul en sal beheer en beïnvloed?

****************

En is ons besig met die Woord

waarmee die Gees ons beheers?

• In ons stiltetyd • By Huisgodsdiens• Soek ons prediking

waar die Woord oop gemaak word en verklaar word?• Smag ons na Bybelstudie?

**************

Pasop!

‘n Kerk wat nie biddend op haar knieë leef by ’n oop Bybel nie

word nie deur die Gees vervul nie.

En wys later

dat sy ook nie met die Gees gedoop is nie.

Antwoorddiens

Amen.

Psalm as antwoord op die Woord – Ps 119: 7, 11, 26

Gebed.

26

Page 27: Efes 5:1-27 - GK Daspoort

Barmhartigheidsdiens

Psalm tydens kollekte : Ps 1: 1,2, 4

Slotpsalm : Ps 40: 3, 4, 5

Wegstuurseën.

Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

“Die genade van die Here Jesus Christus

en die liefde van God

en die gemeenskap van die Heilige Gees

sy met julle almal!

Amen.

27