32
Psalm 97 Die HERE is 'n universele en heilige Koning. Een wat sy heiligheid handhaaf. En dit ... maak die HERE se volk bly. Desember 2014

Psalm 97 - GK Daspoort 97,8-12.pdf · Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Ps 97 Psalm as antwoord op die Woord – Ps 97: 5, 6, 7 Ons Fokus op vers 8-12 Skrifverklaring Inleiding

  • Upload
    others

  • View
    1

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

  • Psalm 97Die HERE is 'n universele en heilige Koning.

    Een wat sy heiligheid handhaaf. En dit ... maak die HERE se volk bly.

    Desember 2014

  • Ps-vooraf Ps 54: 1, 2; 9: 1, 3, 5, 7Ontmoetingsdiens.Votum.“Ons slaan ons oë op na die berge: waar sal ons hulp vandaan kom? Ons hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.” Amen

    SeëngroetGemeente van ons Here Jesus:“Genade vir julle en vrede van God, onse Vader, en die Here Jesus Christus deur die kragvolle werking van die Heilige Gees”Amen.

    Lofprysing – Ps 34: 1, 2, 3

    Geloofsbelydenis

    Verootmoediging en Versoeningsdiens.Ons gaan nou luister na die wet van die HERE soos ons dit vind in Eks 20.Psalm na die wet – Ps 14: 1, 2, 3, 4

    1

  • Gebed om skuldbelydenis en verligting.

    Psalm na gebed – Ps 14: 5, 6,

    2

  • Woorddiens.Die Woord van die HERE spreek tot ons uit Ps 97

    Psalm as antwoord op die Woord – Ps 97: 5, 6, 7

    Ons Fokus op vers 8-12

    Skrifverklaring

    InleidingGeliefdes Ps 97:8 sê: “Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!”

    Verduidelik1

    Nou as vers 8 praat van Sion en die dogters van Juda dan praat dit oor'ie HERE se volk.

    Bewys2

    So praat die Psalms en die Profete baie maal oor'ie volk van die HERE.

    * * * * *En so is'it ook hier in Ps 97:8. Dit gaan hier oor die volk van die HERE wat “dit hoor en bly is, en ... juig oor (die) oordele (van die HERE) ...”

    1 8a-b – Wie is ציון en ציון ? בנות יהודה is die stad wat Dawid by die Jeusiete afgeneem het (2 Sam 5:7). Dis daar waar die Tempel ook later gebou is. Hier in 7a en ook bv in Jes 1:27 is ציון 'n manier om te praat oor die volk van Jahwe (TWOT vol 1 bl 115, vol 2 bl 764). בנות יהודה gaan oor die 'dogters van Juda'. Dis hulle wat met koordanse en sang die volk van Jahwe se vreugde tot uiting bring – bv 1Sam 18:6 vv (NIDOTTE vol 1 bl 780; TWOT vol 1 bl 115; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 450). Die fokus skuif dus nou hier beslis na die volk van Jahwe/die 'kerk' toe (Calvyn se Ps komm vol 4 bl 65-66; Lane se Ps komm vol 2 bl 36; Bybel met verklarende aantekeninge, vol 2 bl 1252).

    2 Mens hoor'it op baie plekke veral in die Psalms en in die Profete. Hoor bietjie hoe praat Sef 3:14 bv daaroor. Daar staan: “Jubel, o dogter van Sion, juig, o Israel!” Hoor u dit? Hoor u hoe word Sion en Israel saam gebruik? Sion en Israel is twee maniere om te praat oor die HERE se volk.

    3

  • Verduidelik3

    Nou die dit wat die HERE se volk hoor en die HERE se oordele of ons kan ook praat van die HERE se regering

    waaroor die HERE se volk so bly is is natuurlik dit waaroor vers 1-7 gaan waarby ons verlede week was.

    Terugblik4

    In vers 1-7 gaan'it oor die HERE as Koning. So begin vers 1.

    I En dan is die HERE 'n universele Koning. Daarom dat vers 1 die ganse aarde oproep om hulle te verbly in die HERE.

    II Vers 2 se “Wolke en donkerheid is rondom Hom” leer ons dat die HERE nie net 'n universele Koning is nie maar ook 'n heilige Koning vir wie ons ontsag moet hê.

    VerduidelikVanuit gedeeltes soos Eks 19-20 en Deut 4-5 leer ons dat hierdie wolke-en-donkerheid-openbaring van die HERE juis die doel het om ontsag by ons te wek.

    Want ontsag is ons reaksie wat pas by die heiligheid van die HERE.

    3 8a – die eerste ding wat hier gebeur is dat Sion שמעה – 'hoor'/ 'gehoor het' – let op die perf vorm van שמעה. Vraag is: Wat het Sion gehoor? Vanuit die konteks van Ps 97 meen ek dat wat Sion hoor is die strafgerig en oorwinning van Jahwe oor die afgode en afgodsdienaars – vers 7 (vgl K&D se Ps komm bl 95). Verder: ותשמח = konsekutiewe vorm van die imperf, wat daarop dui dat ותשמח die gevolg of uitvloeisel van Sion se שמעה is (BHNG bl 125). Dus: Waar Jahwe se strafgerig beskamend vernederend angswekkend werk by die wat Hom nie dien nie ... maak hierdie einste strafgerig Sion, sy Kerk, sy volk, bly. Dis wat ek in 8a sien gebeur. 8b se ותגלנה בנות יהודה brei met 'n sinonieme parallelisme bloot hierop uit (vgl NH Ridderbos se Ps komm vol 1 bl 34-35). Vgl ook 8c se למען wat die rede vir die volk van Jahwe se blydskap (Holladay bl 207; NIDOTTE vol 1 bl 854) gee in משפטיך יהוה. Dus: as gevolg van Jahwe se uitoefening van משפט in strafgerig om daarmee reg in die samelewing te bewerkstellig is daar nou blydskap by Jahwe se volk (vgl NIDOTTE vol 4 bl 843).

    4 Vgl Psalm 97,1-7.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

    4

    http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

  • III En toe in die res van vers 2 tot by vers 5 kon ons leer dat die HERE sy heiligheid hier in 'n wêreld

    sonder ontsag vir die HERE en vol opstand teen die HERE

    handhaaf.

    En dan doen die HERE dit met sy heerskappy.Die laaste deel van vers 2 vertel daarvan.

    En die HERE handhaaf ook sy heiligheid met sy vernietigende strafgerig.En vers 3-5 vertel daarvan.

    En vanuit vers 6-7 kon ons hoor dat die HERE sy heiligheid as absolute Oorwinnaar in Christus handhaaf.

    Ja Christus sal kom om die HERE se heiligheid te handhaaf.En niks sal in sy pad staan nie.

    In Christus sal die HERE die absolute oorwinnaar wees. Ja “Beskaamd staan almal wat die beelde dien ... (en) al die gode buig hulle voor Hom neer.”

    * * * * *Terug by vandagEn dan? Wel vers 8 sê: “Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!”

    Ja ...die HERE is 'n universele en heilige Koning. Een wat sy heiligheid handhaaf. En dit maak die HERE se volk bly.

    5

  • En dis ook ons tema as ons nou vandag by vers 8-12 gaan stil staan. En dan gaan ons meer leer oor • Wie die volk van die HERE is wat so bly is• waarom hulle so by is• Die opdrag aan hulle vir hier-en-nou• en die beloftes daarby.

    * * * * *1. So kom ons begin by

    wie die volk van die HERE is wat so bly is. Nou vers 8 praat oor die HERE se volk as Sion en die dogters van Juda.

    ToepassingMaar wat sê dit vir ons? Hoe praat vers 8 met ons as ons hoor van Sion en die dogters van Juda wat bly is oor'ie HERE wat sy heiligheid handhaaf.

    Wat leer ons hieruit oor die HERE?

    Wel dit gaan ons agter kom wanneer ons verder gaan delf in Ps 97 en meer leer oor'ie volk van die HERE wat sal bly sal wees wanneer die HERE eindelik sy heiligheid oorwinnend in Christus sal handhaaf.

    * * * * *So kom ons doen'it. Kom ons kyk wat sê Ps 97 verder oor die HERE se volk.

    Nou soos ons gesê het praat vers 8 oor'ie HERE se volk as Sion en die dogters van Juda.

    6

  • Vers 9 sê: “U, HERE, is die Allerhoogste oor die hele aarde; U is hoog verhewe bo al die gode.”

    Verduidelik5

    En dan'sit asof vers 9 net weereens die groot waarheid van vers 1-7 van die HERE as universele en heilige Koning wil vasmaak voor vers 10 'n opdrag.

    Want in vers 10 hoor ons 'n opdrag aan die HERE se volk. 'n Opdrag vir hier-en-nou voor'ie HERE finaal sy heiligheid sal handhaaf.

    En by hierdie opdrag van vers 10 sal ons net-nou uitkom.

    A. Maar voor dit. Kom ons kyk eers hoe vers 10 oor'ie HERE se volk praat.

    Daar staan: “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad!” Of ons kan ook sê: 'julle wat vir die HERE lief het, haat die kwaad.'6

    Verduidelik7

    So hoor u? Sion en die dogters van Juda die HERE se volk is elkeen wat die HERE regtig lief het.

    5 9a-b – כי kan die volgende betekenisse hê. Dit gee hier, so meen J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 450, die rede vir alles wat voorafgaan. Yitzchak Etshalom, KABBALAT SHABBAT (III) - ANALYSIS OF PSALM 97, bl 6 meen dat ek hier 'n verdere rede het vir die blye reaksie van תשמח ציון ותגלנה בנות יהודה in vers 8. Die eerste rede kry ek in 8c, en dan gee 9a-b 'n verdere rede. כי kan die funksie hê van beklemtoning. Dus: 'Ja verseker ...' (Holladay bl 155). 9a-b is dan 'n herbevestiging van die feit dat Jahwe Koning is. So word vers 1-9 dan as 'n eenheid afgesluit met die selfde waarheid wat in 1a genoem is. Hierna volg dan vers 10-12 wat weer 'n deel op sy eie is (vgl K&D se Ps komm bl 95-96; www.workingpreacher.org/preaching.aspx?commentary_id=1653). Gevolgtrek: Ek kies vir laas genoemde verstaan van כי. Dis grammaties moontlik, en dit maak op die oomblik vir my die heel meeste sin.

    6 10a – אהבי יהוה = Qal part ml mv van אהב (Holladay bl 5) in construc met יהוה. Die part tree hier op as 'n naawoord en is hier die aangesprokene (vgl BHNG bl 122-123). Dus: 'liefhebbers van ...' (Holladay bl 5). Ek meen dat die construtus verbinding hier 'n werkwoordelike betekenis het van ww-obj (vgl BHNG bl 153) – vgl ook die Lxx wat dit ook so verstaan: οἱ ἀγαπῶντες τὸν κύριον. Dus: 'die wat vir Jahwe lief het' (vgl NIDOTTE vol 1 bl 289).

    7 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 285, 286

    7

    http://www.workingpreacher.org/preaching.aspx?commentary_id=1653

  • Deut 6:5 sê dis liefhê met “met jou hele hart en met jou hele siel en met al jou krag.” Dis met ander woorde totaal.

    Dis totale oorgawe aan die HERE. Dis die HERE eerste in alles. Dis om my self te verloën. Dis ek-maak-nie-meer-saak-nie terwyl die HERE alles in my lewe is.

    Niks mag tussen my en die HERE staan nie.

    VoorbeeldJesus sê dit so in Luk 14:26. Hy sê: “As iemand na My toe kom en hy haat ... selfs ook sy eie lewe nie, kan hy my dissipel nie wees nie.”

    Dis'ie liefde vir die HERE. Nie eers om my lewe te beskerm mag vir my belangriker wees as die HERE nie.

    Dis totaal. Dis 'n absolute God-gesentreerde lewe vanuit liefde vir die HERE.

    * * * * *Ja dis hoe die HERE se volk is wat bly is en juig as die HERE sy heiligheid handhaaf. Hulle het die HERE lief sê vers 10.

    B. Maar kom ons lees bietjie verder. Kyk wat staan net verder aan in vers 10. Daar staan: “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote ...”

    8

  • Opmerking8

    Nou ons hoor hier 'n belofte vir die HERE se volk. En ons sal net-nou meer hieroor leer.

    Maar hoor u hoe word die HERE se volk hier genoem? sy gunsgenote.

    Verduidelik9 Die Hebreeuse woord is חסידים. Dis 'n woord wat van חסד af kom. En חסד beteken liefde en trou.

    En dis wat die חסידים van die HERE doen. Hulle het die HERE lief en wil in hierdie wêreld

    vol ontrou en sonder ontsag vir die HERE trou aan Hom leef.

    * * * * *So dis wie Sion en die dogters van Juda is.Dis elkeen wat die HERE lief het en trou aan die HERE wil leef.

    C. Maar kom ons lees nog verder na vers 11 toe.

    Opmerking10

    Nou in vers 11 hoor ons nog 'n belofte vir'ie HERE se volk. En ons gaan net-nou spesifiek by hierdie belofte stilstaan.

    Maar hoor hoe praat vers 11 oor'ie HERE se volk. Kyk daar staan: "Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart."

    8 Vgl K&D se Ps komm bl 96; Lane se Ps komm vol 2 bl 36

    9 Vgl Pop, Bijbelse Woorden en hun geheim, bll 265; Ps 12.odt

    10 Vgl K&D se Ps komm bl 96; Lane se Ps komm vol 2 bl 36

    9

  • Hoor u? Die volk van die HERE is die wat Hom lief het Sê vers 10.

    Dis hulle wat trou aan die HERE wil leef. Hoor ons ook in vers 10.

    Hier in vers 11 hoor ons dis die regverdige en die opregtes van hart.

    Verduidelik11

    Nou die regverdiges en die opregtes van hart is in'ie Psalm-boek altyd elkeen wat deel is van die HERE se ware volk en wat hier-en-nou in die wêreld

    vol opstand teen die HERE en ongehoorsaamheid aan die HERE en veragting vir die Woord van die HERE

    op die HERE bly vertrou en en sy gebooie wil onderhou. * * * * *

    So dis Sion. Dis die dogters van Juda.Dis die volk van die HERE.

    Dis hulle wat sal juig soos vers 8 leer en sal bly wees en nie beskaamd en angsbevange onder die HERE se strafgerig sal staan wanneer die HERE uiteindelik sy heiligheid sal handhaaf nie.

    Ja vers 8 se Sion en die dogters van Juda is elkeen wat die HERE lief het

    en hier in die wêreld vol ontrou 11 11a-b – die צדיק en die ישרי-לב is verskillende benaminge vir mense in die selfde groep, nl die volk van Jahwe. Net

    soos die צדיק is die ישרי-לב ook deel van die ware Israel wat Jahwe wil dien en eer in lyn met sy wet (NIDOTTE vol 2 bl 566; Pop, Bibelse woorden en hun geheim, bl 238-239; NIDOTTE vol 3 bl 759). Vanuit ישרי-לב leer ek ook dat die צדיק nie volmaak leef volgens die HERE se wet nie. Job was bv ook deel van die ישרי-לב (Job 1:8) ... Tog is hy iemand wat die HERE maar net om genade kan smeek (Job 9:15) ... Maar so is die ישרי-לב en die צדיק ... Ons weet dat ons voor Jahwe regverdig is uit genade alleen ... Maar dan leef ons ook 'n lewe van regdoen uit genade alleen (vgl Ps 15.doc).

    10

  • en opstand teen die HERE en sonder ontsag vir die HERE

    vanuit 'n opregte hart regverdig wil leef volgens die HERE se gebooie trou aan die HERE.

    * * * * *ToepassingEn wat sê dit nou vir ons? Wel net een ding. En dit is: Kyk Wie is die HERE!!

    Verlede week het ons die HERE vanuit vers 1-7 leer ken as die universele en heilige Koning vir wie ons ontsag moet hê.

    Ons het die HERE leer ken as die Een wat sy heiligheid sal handhaaf in strafgerig.

    Maar as ons nou hier in vers 8-11 hoor dat die HERE ook 'n volk het wat Hom lief het en trou aan Hom wil leef dan leer ons die HERE ook ken as die God van liefde geliefdes!

    Verduidelik12

    Want in 1Joh 4:19 sê die apostel: "Ons het Hom lief, omdat Hy ons eerste liefgehad het."

    En dan hoor ons in 1Joh 4:10 "Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie,

    12 Hierdie constructus verbinding, יהוהאהבי , dui ook op die verbondsverhouding tussen Jahwe en sy verbondsvolk – net soos by ציון en בנות יהודה van 8a-b het ek dus hier te doen met die HERE se volk (NIDOTTE vol 1 bl 285, 289). In die verbond het Jahwe sy volk lief en sy volk het Hom lief. So word daar spesifiek na Abraham verwys in 2Kron 20:7 – Wat hier opval is dat hierdie construc verbindings verstaan word as 'n ww-subj .אברהם אהבי – en Jes 41:8 – אברהם אהבךverbinding. Dus: Jahwe is hier die subjek; vgl OAV; KJV; ESV (NIDOTTE vol 1 bl 285). Dit sê dan ook vir my dat ek hier in 10a die wedersydse 'lief hê' nie uit gedagte moet verloor nie (vgl ook NIDOTTE vol 1 bl 289).Belangrik is dat Jahwe se volk se אהב tot Hom net moontlik word wanneer Jahwe hulle harte besny – Deut 30:6. So alleen is hierdie van Jahwe se volk nie maar net 'n legalistiese uitwendige skynheilige nakom van wette nie, maar die oorgawe אהבvan my totale self – hart en siel – aan Jahwe, sodat Hy geheel en al eerste in my lewe staan, en sy wil my wil word – vgl Deut 6:5; 10:12; 11:13; 30:6 ... Dan word ons waarlik ook vriende van die heilige Jahwe – vgl ook Joh 15:14 (NIDOTTE vol 1 bl 285, 286).

    11

  • maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ‘n versoening vir ons sondes."

    En daarom omdat die HERE sy volk eerste lief gehad het en sy Seun gestuur het

    kan ons Hom weer lief begin hê.

    Want uit ons eie kan ons nie. Uit ons eie haat ons leef ons self-gesentreerd. Ons hoor dit in Gen 6:5 Gen 8:21 Ps 14:1-3 Rom 3:9-18 Rom 8:7 Efes 2:1-3 Tit 3:3.13

    Maar omdat die HERE sy volk eerste lief gehad het en sy Seun gestuur het.En sy Seun ons bevry het uit ons totale verdorwenheid

    waar ons self-gesentreerde slawe van die sonde en van haat was

    daarom kan ons begin om die HERE lief te hê en trou aan hom te leef.14

    In die OT in Deut 30:6 praat die HERE deur Moses oor hierdie wonderlike waarheid.En dan sê die HERE dit so.

    Hy sê: "die HERE jou God sal jou hart besny (wat beteken dat die HERE ons sal bevry uit die slawerny van die sonde15) ...om die HERE jou God lief te hê met jou hele hart en met jou hele siel ..."

    13 HK Sondag 2-4; NGB art 14-15; DL 3/4:1-5

    14 Byvoorbeeld Rom 6:18

    15 Vgl DL 5:1

    12

  • OorgangSien u wie is Sion en die dogters van Juda wat bly is en juig?

    Dis elkeen wat die HERE lief het omdat die HERE sy volk eerste lief gehad het. Dis hulle wat nie beskaamd sal staan nie maar bly is as die HERE sy heiligheid kom handhaaf.

    2. Maar waarom presies?Waarom sal die HERE se volk bly wees? En dis ons tweede punt.

    Nou die antwoord kry ons as ons teruggaan na vers 8 wat sê: "Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!"

    Verduidelik16

    So hoor u? Die volk van die HERE is bly as gevolg van die oordele van die HERE.

    En hierdie oordele is niks anders as die HERE se koningsheerskappy waaroor ons verlede week kon leer vanuit vers 2 nie.

    OpmerkingVers 2 vertel mos van “geregtigheid en reg (wat) die fondament van (die HERE se) troon (of sy heerskappy is17).”

    16 Sien voetnoot 2

    17 Vgl Psalm 97,1-7.pdf by http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

    13

    http://www.gkdaspoort.co.za/sermons_docs.php

  • En dis deur hierdie koningsheerskappy van die HERE dat sy strafgerig sy oordele aan die werk gaan sodat die HERE in sy Christus oorwinnend sy heiligheid handhaaf en al sy vyande verwoes.

    Dis wat ons verlede week kon leer in vers 1-7.

    En dit is waarom die HERE se volk bly is. So hulle is nie in die eerste plek bly omdat hulle die strafgerig van die HERE vryspring nie. Ook nie omdat ons uiteindelik van ons verdrukkers bevry is nie.

    OpmerkingJa dit ook. En ons sal net-nou nog meer daaroor leer. Maar nie dit in die eerste plek nie.

    Nee. Die rede wat vers 8 gee vir die HERE se se volk se blydskap is “oor u oordele, o HERE!” Die HERE se strafgerig waarmee die HERE sy heiligheid handhaaf.

    So dis waarom die HERE se volk bly is. Hulle is bly omdat die HERE deur sy Koningsheerskappy en strafgerig in Christus sy Naam heilig.

    * * * * *Maar hoekom? Hoekom is die HERE se volk juis hieroor bly?

    Verduidelik18

    Wel omdat die HERE sy volk eerste lief gehad het en in Christus verlos het en ons harte besny het soos Deut 30:6 sê

    18 Vgl Waltke, An OT theology bl 879-880

    14

  • sodat ons “die HERE (ons) God lief (kan) hê met (ons) hele hart en met (ons) hele siel ...”

    En dan? Wel dan staan die HERE en sy Koninkryk en sy eer en sy heiligheid vir ons eerste. I Dan kry ons “'n behae ... in (die HERE se) geregtigheid ...” So praat Ps 37:27 hieroor.

    II Dan bid ons met Ps 83:19 dat almal sal “weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde.”

    III Dan bid ons soos Christus die volk van die HERE in Mat 6:9-10 leer met: “laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.”

    En as'it gebeur? As die HERE deur Christus sy koningsheerskappy en strafgerig finaal laat kom

    soos vers 1-7 vertel dan'sie HERE se volk bly.

    ToepassingEn dis belangrik dat ons dit moet raaksien. Die HERE se volk het die HERE lief omdat die HERE ons eerste lief gehad het.

    Daarom staan die HERE se eer en die heiliging van sy Naam vir ons eerste.En nie ons en ons behoeftes nie.

    15

  • Nee vir die volk van die HERE staan die HERE eerste. Daarom as “Sion dit hoor is (sy) bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!” waarmee die HERE sy heiligheid handhaaf.

    OorgangMaar juis daarom omdat die HERE vir sy volk eerste staan vat ons die HERE se opdrag in vers 10 baie ernstig op. Vers 10 se opdrag wat sê: “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad!”

    En nou gaan ons fokus op vers 10. • Ons kon nou meer uit vers 8-11 leer

    oor'ie HERE se volk.

    • Ons kon ook meer leer oor waarom die HERE se volk so bly is as die HERE sy Naam heilig met sy strafgerig.

    3. Maar nou's ons by ons derde punt:Die opdrag vir hier-en-nou. Vers 10 se opdrag wat sê: “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad!”

    Verduidelik19

    Nou hierdie opdrag vertel hoe lyk die volk van die HERE se lewe nou-en-hier in die wêreld. Hierdie wêreld vol opstand teen die HERE en sonder ontsag vir die HERE.

    So ja nou-en-hier leef die HERE se volk met die opdrag van vers 10 van:

    19 Vgl Lane se Ps komm vol 2 bl 36

    16

  • “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad!”

    Dis 'n merkteken van die HERE se volk. Ons moet die kwaad haat.

    Verduidelik20

    En die kwaad is alles wat teen die HERE en sy wil ingaan.

    En mens sê dit sommer so vinnig. Maar dis iets verskrikliks.

    Om kwaad te doen en in te gaan teen die HERE die universele en heilige Koning van wie ons verlede week in vers 1-7 geleer het

    is iets verskrikliks.

    Dis om saam et Satan in opstand teen die die HERE te wees. Dis om geen ontsag vir Hom te hê nie. Terwyl Hy die heilige Gans-ander-Een is.

    * * * * *Nou dit hierdie kwaad moet die HERE se volk die liefhebbers van die HERE haat. Dis wat vers 10 sê.

    Verduidelik21

    En om hierdie kwaad te haat beteken dat jy radikaal daarmee breek. Jy wil niks daarmee te doen hê nie. Met alles in jou breek jy daarmee.

    20 Vgl TWOT vol 2 bl 854; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 450

    21 Vgl TWOT vol 2 bl 880; Calvyn se Ps komm vol 4 bl 67

    17

  • En dan? Wel dan leef jy 'n lewe van liefde vir die HERE. Ja liefhebbers van die HERE wat die kwaad haat leef 'n lewe van liefde vir die HERE.22

    En wat beteken dit prakties? Wel dit beteken 'n lewe inlyn met die gebooie van die HERE.23

    BewysWant liefde vir die HERE en die doen van die HERE se gebooie gaan altyd saam.

    I Hoor wat sê Moses hieroor bv in Deut 10:12-13. Hy sê: “En nou, Israel, wat eis die HERE jou God van jou as net om ... in al (die HERE se) weë te wandel en Hom lief te hê en ... om te hou die gebooie van die HERE ...?”

    II En in Deut 19:9 leer Moses dat “jy sorgvuldig al hierdie gebooie (moet) ... doen, om (so) die HERE jou God lief te hê ...”

    III Jesus leer dit ook. In Joh 14:15 sê Hy: “As julle My liefhet, bewaar my gebooie.” En in Joh 15:14 sê Jesus: “Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel.”

    IV En in 1joh 5:3 leer die apostel die volgende. Hy sê: “dit is die liefde tot God, dat ons sy gebooie bewaar ...”

    * * * * *

    22 Vgl Ps 34:15; 37:28

    23 Vgl NIDOTTE vol 1 bl 284-285

    18

  • So sien u hoe lyk die volk van die HERE se lewe hier-en-nou in die wêreld? Dis die lewe van Ps 97:10 se “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad!” En lewe 'n lewe van liefde vir die HERE.

    En nou's hier twee baie belangrike toepassings.

    ToepassingA. Die eerste een is 'n selfondersoek vraag. En dit is: Haat ek en u die kwaad? Leef ons prakties elke dag met liefde vir die HERE?

    Uiteindelik is die vraag: Is ons deel van die volk van die HERE? Wys my lewe dit? Dis belangrik!!

    BewysDie apostel Johannes praat hieroor in 1Joh 2:3-4 en dan sê hy: “hieraan weet ons dat ons Hom ken: as ons sy gebooie bewaar. (ook die gebod van Ps 97:10 wat ons beveel om die kwaad te haat)

    (want) Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie.”

    * * * * * So ja waar staan ons?

    Weet u: Die HERE se ware volk sy volk vir wie die HERE eerste lief gehad het sodat ons Hom kan lief hê

    19

  • word elke keer weer diep in die hart getref as vers 10 sê: “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad!”

    En dan? Wel dan bid ons met Klaagl 5:21 “Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer ...” sodat ons radikaal kan breek met die kwaad dit kan haat en 'n lewe kan leef van liefde vir U.

    * * * * *B. Maar net hier's ons by die tweede toepassing. En dit is: Onthou in watter wêreld leef ons.

    Ons leef in 'n wêreld sonder ontsag vir die HERE. Ons leef in 'n wêreld in opstand teen die HERE. Ons leef in 'n wêreld in die mag van die Bose. Sê 1Joh 5:19.

    En hierdie wêreld haat die volk van die HERE wat die kwaad haat en die HERE lief het en sy gebooie hou.

    BewysOns hoor'it bv in Ps 10:8-10 in Ps 59:4 in Ps 140:1-5 in Dan 3 in Dan 6.Ons hoor'it in Openb 2 in Openb 13 en Openb 17.Om 'n paar voorbeelde te noem.

    Openb 12:17 vertel dat die Owerste van hierdie wêreld die Satan woedend is vir ons “en hy het weggegaan om oorlog te voer teen ... (die) wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.”

    20

  • En dan? Wel dan kom daar stryd en swaarkry vir die HERE se volk.24 Baie maal verskriklik erg.

    OorgangMaar weet u: Nou gee die HERE saam met hierdie opdrag van vers 10

    waarmee ons moet besig wees tot die HERE kom om sy heiligheid te handhaaf en ons blydskap sal aanbreek

    Ja saam met hierdie opdrag gee die HERE ons ook in Ps 97 drie beloftes vir hier-en-nou.25

    Drie beloftes wat ons nou-en-hier moet troos en krag gee.

    4. Ons kry hierdie beloftes in vers 10-11. En dis ons laaste punt.Die HERE se beloftes wat saamgaan met vers 10 se opdrag.

    A. Die eerste belofte is vir bewaring. Hoor wat sê vers 10. Hier staan: “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar (of Hy pas op. Of: Hy hou wag oor26) die siele van sy gunsgenote ...”

    Hoor u? Die HERE bewaar ons siele.

    24 wat vanuit ware liefde vir die HERE leef inlyn met sy wil kry baie teenstand in hierdie wêreld – vgl Amos 5:10 אהבי יהוה(NIDOTTE vol 3 bl 1257). Die רשעים van vers 10c verdruk en vervolg op allerhande skelm maniere die צדיקים – vgl Ps 3:7; 10:8-10; 27:3; 55:19; 56:2; 59:4; 140:1-5 (NIDOTTE vol 3 bl 1201,1202; Pop, Bijbelse woorden en hun geheim bl 22-23, 239).

    25 Vgl K&D se Ps komm bl 96; Lane se Ps komm vol 2 bl 36

    26 10b –שמר = Qal part ml ev van שמר. Omdat die part hier heeltemal op sy eie staan, meen ek dat dit funksioneer as die hoof-ww van 'n nuwe sin (BHNG bl 122). Vanuit die 3de ml ev pron suf by חסידיו volg, so meen ek, dat die sujek by het שמר .dan Jahwe is. Die Lxx parafraseer dan ook hier met φυλάσσει κύριος τὰς ψυχὰς τῶν ὁσίων αὐτοῦ שמרdan hier die betekenis van 'Hy pas op'/ 'Hy bewaar'/ 'Hy hou wag oor'/ 'Hy versorg' (TWOT vol 2 bl 939).

    21

  • Verduidelik27

    Wat nou nogal belangrik is is dat as die woord siel die Hebreeuse woord is נפ ׁש saam met bewaar gebruik word dit eintlik die betekenis van lewe het.

    So wat die HERE hier beloof is dat Hy sy volk se lewe sal bewaar.

    Niemand sal sy volk se lewe van ons weg neem nie. Ja wanneer ons in hierdie wêreld 'n lewe leef van liefde vir die HERE en die kwaad haat

    en die wêreld en Satan dan vol woede op ons afstorm beloof die HERE: Hy bewaar ons lewens.

    Is'it nie wonderlik nie geliefdes?! Die HERE bewaar ons lewe.

    Skrif met SkrifPs 37:28 sê: “die HERE het die reg lief en sal sy gunsgenote nie verlaat nie; vir ewig word hulle bewaar ...”

    Ps 121:4 sê: “die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie.”

    En in Joh 10:27-28 sê Jesus: “My skape (My dissipels My volk) luister na my stem, en Ek ken hulle, en hulle volg My. En Ek gee hulle die ewige lewe, en hulle sal nooit verlore gaan tot in ewigheid nie, en niemand sal hulle uit my hand ruk nie.”

    27 Vgl TWOT vol 2 bl 590; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 451

    22

  • Daarom: Kom ons lewe 'n lewe van liefde vir die HERE. Kom ons haat die kwaad.

    En ons kan ook al storm die wêreld en Satan vol haat op ons af. Want die HERE “bewaar die siele van sy gunsgenote ...”

    * * * * *B. Maar nou's daar in vers 10 ook 'n tweede belofte. 'n Belofte van verlossing.

    Want hoor wat sê vers 10: “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red (of bevry28) hulle uit die hand (of uit die mag29) van die goddelose.”

    Verduidelik30

    I Nou die goddeloses is mense wat die HERE verag. Dis mense wat leef asof die HERE nie daar is nie. Sê Ps 10:3-4.

    II Dis mense met geen ontsag en geen liefde vir die HERE nie. Sê Ps 36:2.

    III Dis mense wat die HERE haat. Sê Ps 68:2. En ook sy volk. Sê Ps 34:22.

    Ja hulle wil ons uitwis.

    28 10c – יצילם = hifil imperf 3de ml ev van נצל + pron suf 3de ml mv. Die ml mv, so meen ek, wys terug na die ml mv van (het dan die betekenis van 'uit die hand van die bose onregverdige mense sal Hy (Jahwe מיד רשעים יצילם .van 10a חסידיוhulle (die chasedim van Hom) wegruk/ bevry' (NIDOTTE vol 3 bl 142, 144, 1201-1202; TWOT vol 2 bl 594).

    29 (het ook die betekenis van 'uit die mag van ...' (Vgl NIDOTTE vol 2 bl 402-403 מיד

    30 Vgl NIDOTTE vol 3 bl 1201, 1202; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 451; Pop, Bijbelse woorden en hun geheim bl 22-23, 239

    23

  • OpenbaringshistoriesI Soos daardie keer in Dan 3 toe die goddelose Nebukadnesar

    die koning van die goddelose Babiloniese wêreld-ryk vir Sadrag, Mesag en Abednego in sy vuuroond gegooi het

    omdat hulle die HERE liefgehad het en die kwaad gehaat heten toe nie die beeld van Nebukadnesar wou aanbid nie.

    Ja toe het die goddelose Nebukadnesar hulle in die vuuroond gegooi.

    En toe? Wel Dan 3:28 sê dat God “sy engel gestuur en sy knegte verlos het wat hulle op Hom verlaat het en die bevel van die koning oortree het, en wat hulle liggame oorgegee het om geen ander god te dien of te aanbid nie, behalwe hulle God.”

    * * * * *II So het dit ook gebeur met Daniël wat vir die leeus gegooi is omdat hy die HERE lief gehad het en die kwaad gehaat het en toe geweier het om die Persiese koning te aanbid.

    En toe? Wel Daniël het bly leef en vertel in Dan 6:23 dat: “My God het sy engel gestuur en die bek van die leeus toegesluit, sodat hulle my geen leed aangedoen het nie ...”

    * * * * *III En as Paulus aan die einde van sy lewe is en weet dat hy verseker die martel dood in die gesig staar dan sê hy in 2Tim 4:18

    24

  • “die Here sal my verlos van elke bose werk en my red om in sy hemelse koninkryk in te gaan. Aan Hom die heerlikheid tot in alle ewigheid! Amen.”

    * * * * *IV En aan die einde van die dae as die magte van die goddeloses

    Esegiël en Openbaring noem hulle die Gog en die Magog teen die volk van die HERE optrek

    Terwyl “hulle getal is soos die sand van die see. En hulle ... op...kom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel ...”

    wat dan?

    Wel verlede week het ons geleer dat dit dan is dat die HERE finaal sy Naam sal heilig.

    Want in Eseg 38:22-23 praat die HERE oor daardie gebeure.En dan sê Hy: “Ek sal met (Gog en magog) in die gereg gaan deur pes en deur bloed;

    en oorstromende stortreën en haelstene, vuur en swawel op hom laat reën en op sy leërs en op baie volke wat saam met hom is.

    So sal Ek My dan as groot en as heilig laat ken ...”

    Maar dis ook dan dat die HERE sy volk finaal sal verlos uit die hand van die goddeloses.

    Want net na daardie slag so hoor ons in Openb 20 en Openb 21

    25

  • sal die HERE deur sy koningsheerskappy die reg en die orde en die vrede op aarde herstel vir ewig.Want “daarin sal nie inkom iets wat verontreinig en gruwelikheid en leuens doen nie ...” Sê Openb 21:27.

    * * * * *Daarom ... “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose.” Dis'ie eerste twee beloftes.

    C. Van die derde een hoor ons in vers 11 wat sê:“Die lig is vir die regverdige gesaai en vrolikheid vir die opregtes van hart.”

    Verduidelik31

    Nou wanneer vers 11 praat oor lig en vrolikheid wat vir die volk van die HERE gesaai word dan's lig en vrolikheid nie twee verskillende goed nie.

    Nee lig en vrolikheid is woorde wat vertel van ware wonderlike blydskap.

    En dis'ie derde belofte. Vir sy volk saai die HERE ware wonderlike blydskap. Hy gee dit vir ons.

    Uiteindelik32 sal dit wees wanneer Hy sy Naam finaal met sy strafgerig heilig en ons uit die hand van die goddelose verlos

    31 Die chiastiese parallelisme (vgl NH Ridderbos se Ps komm vol 1 bl 36; TWOT vol 1 bl 26) van 11a-b wys my dat אור en שמחה twee sake is wat hier beide na vreugde en eer verwys – vgl Est 8:16; Spr 15:30 (TWOT vol 1 bl 26; J Ridderbos se Ps komm vol 2 bl 451; Calvyn se Ps komm vol 4 bl 68).

    32 Vgl Calvyn se Ps komm vol 4 bl 68

    26

  • dan “hoor Sion dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!”

    Maar ook nou al. Nou terwyl ons 'n lewe leef van liefde vir die HERE en haat vir die kwaad en ons daarom baiemaal stryd en swaarkry beleef.

    Ja nou al ook in hierdie stryd waar daar baie maal trane is saai die HERE vir ons ware wonderlike blydskap.

    Verduidelik33 Hoe? Wel met die Evangelie van Ps 97 I Die Evangelie wat die waarheid verkondig dat die HERE die universele en heilige Koning is.

    Die Een wat sy heiligheid sal handhaaf oorwinnend met sy strafgerig in Christus.

    II Die Evangelie wat ons oproep om vir die HERE te leef en die kwaad te haat.

    III En Evangelie beloftes wat daarmee saamgaan. Die beloftes van bewaring en verlossing uit die hand van die goddeloses. En ewige blydskap.

    Ja so saai die HERE nou al vir ons blydskap. * * * * *

    33 Vgl K&D se Ps komm bl 96; NIDNTT vol 2 bl 356

    27

  • Toepassing34

    En dis belangrik geliefdes. Hierdie blydskap. Dis belangrik vir ons lewe van liefde vir die HERE en haat vir die kwaad. En om daarmee te volhard.

    Want Neh 8:11 sê: “die blydskap in die HERE—dit is julle beskutting (of julle sterkte35)” in die stryd.

    Daarom dat Ps 97:12 ook sê: “o Regverdiges, wees bly in die HERE ...”

    * * * * *SlotSo geliefdes dis wat Ps 97 leer. Die HERE is Koning!

    I Hy is die universele Koning oor net mooi alles en almal. Sê vers 1.

    II Hy is die heilige Koning. Die Gans-ander-een vir Wie ons ontsag met hê. Sê vers 2.

    III En die HERE is die Koning wat sy heiligheid handhaaf hier in 'n wêreld wat nie ontsag vir Hom het nie.

    En dan handhaaf die HERE sy heiligheid oorwinnend in Christus se koningsheerskappy en strafgerig. Leer ons vanuit vers 2-6.

    34 Vgl a'Brakel, Het redelijk Godsdienst, vol 1 bl 944

    35 Die Hebreeuse woord is מעוז. Die Statevertaling vertaal met: “de blijdschap des HEEREN, die is uw sterkte”. Die KJV vertaal met: “for the joy of the LORD is your strength.” So ook die ESV.

    28

  • IV En dit laat die goddeloses beskaamd staan angsbevange onder die strafgerig van die HERE. Sê vers 7.

    Vers 8 sê: “Sion hoor dit en is bly, en die dogters van Juda juig oor u oordele, o HERE!”

    * * * * *ToepassingEn nou'sie vraag: Waar staan ek en u? By die goddeloses? Of by Sion en die dogters van Juda?

    Ons moet ons self ondersoek geliefdes! Ps 97 sê dat Sion en die dogters van Juda I Die HERE lief het

    II Hulle het die hartsbegeerte om vir die HERE te leef.

    III Om trou die HERE se gebod te onderhou

    IV En die kwaad te haat.

    So waar staan ons? Dra u hierdie vrugte? Het u hierdie merktekens?

    * * * * *Weet u: Vanuit die Skrifte leer ons van nog 'n merkteken van die volk van die HERE.

    Dis hulle wat bid: “Bekeer ons tot U, HERE, dan sal ons ons bekeer ...”36 Ja bekeer ons HERE dat ons u lief kan hê en vir U kan leef en die kwaad kan haat.

    36 Klaagl 5:21

    29

  • Dis vir hulle dat Jesus in Joh 6:37 troos en vereker dat hulle waarlik deel is van die HERE se volk

    sy Sion sy dogters van Juda as Jesus daar sê: “Al wat die Vader My gee (in die uitverkiesing voor die grondlegging van die wêreld37), sal (al bekerend) na My toe kom ...”

    Dis vir hulle dat die HERE in Ps 97 sê: “o Liefhebbers van die HERE, haat die kwaad! Hy bewaar die siele van sy gunsgenote, Hy red hulle uit die hand van die goddelose. Die lig is vir die regverdige gesaai

    en vrolikheid vir die opregtes van hart.

    o Regverdiges, wees bly in die HERE, en loof sy heilige gedenknaam!”Amen.

    AntwoorddiensPsalm as antwoord op die Woord – Ps 97: 5, 6, 7Gebed

    37 Efes 1:4; DL 1:7

    30

  • Barmhartigheidsdiens

    Psalm tydens kollekte : Ps 34: 6, 7, 8Slotpsalm : Ps 48: 1, 4, 5

    Wegstuurseën.

    Ontvang nou die seën van die HERE en gaan in vrede.

    “Die genade van die Here Jesus Christus

    en die liefde van God

    en die gemeenskap van die Heilige Gees

    sy met julle almal!

    Amen.

    31