29
EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. TAAK 11

EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

  • Upload
    others

  • View
    0

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

EL NIÑO EN LA NIÑA SE

UITWERKING OP AFRIKA.

TAAK 11

Page 2: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat:

Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie. Ons het

reeds gesien dat dit 'n groot invloed op die weerpatrone in die

aangrensende gebiede het.

Die belangrikste voorbeelde van die oseaan-atmosfeer-verband

is die El Niño/ La Niña Suidelike Ossillasie (ENSO) -gebeurtenisse

wat van tyd tot tyd in die Stille Oseaan voorkom.

ENSO word gekenmerk deur twee tipes afwykings van wat as

normale toestande in die ekwatoriale Stille Oseaan beskryf

word..

Page 3: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat:

Dit is afwykings van:

die temperatuur van die oppervlak van die tropiese oostelike

Stille Oseaan. Verwarming staan as El Niño bekend. Afkoeling is

bekend as La Niña. .

die lugdruk op die oppervlak van die tropiese westelike Stille

Oseaan.

Hierdie verskille veroorsaak 'n spesifieke lugsirkulasie oor die

Stille Oseaan. Dit word die Suidelike Ossillasie genoem.

veroorsaak.

Page 4: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat:

Die twee afwykings vind tegelykertyd plaas. Die warm oseaniese

fase, El Niño, word vergesel deur hoë oppervlaklugdruk in die

westelike Stille Oseaan.

Gedurende die koue fase, La Niña, is daar lae oppervlaklugdruk

in die westelike Stille Oseaan.

NB. Wetenskaplikes probeer nog verstaan watter meganismes

hierdie ossillasie veroorsaak.

Page 5: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Wat is die normale toestande vir die Stille Oseaan?

Tydens normale atmosferiese toestande daal warm lug oor die Suid -

Amerikaanse kus en lugdruk styg oor die oostelike Stille Oseaan.

Die dalende, warm lug oor die Suid-Amerikaanse kus skep wolklose

lug en droë toestande.

Namate winde aflandig naby Suid-Amerika waai, wel koue water ryk

aan voedingstowwe langs die ooskus op.

Oor Indonesië en Australië daal die lugdruk.

Passaatwinde konvergeer in die laagdrukgebied en druk warm

oppervlakwater (met temperature hoër as 28 °C) na die westelike Stille

Oseaan.

Warm, vogtige lug styg, en het swaar konveksiereën tot gevolg.

Page 6: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het
Page 7: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Normale toestande in die Stille Oseaan:

Figuur toon normale prosesse wat in die Stille Oseaan

plaasvind.

1. In normale jare laat die sirkulasie oor die Stille Oseaan die tropiese

oostewinde in 'n westelike rigting oor die Stille Oseaan waai.

2. Winde "trek" die water op die oppervlak weswaarts.

3. Dieper, kouer water styg na die oppervlak aan die oostekant van die

oseaan, langs die weskus van Suid-Amerika.

4. Warm temperature oor die westelike Stille Oseaan veroorsaak dat

lug styg en skep 'n laagdrukgebied. Warm, vogtige lug konvergeer

oor Suidoos-Asië en Australië wat reën in hierdie gebiede

veroorsaak.

5. Droë toestande heers oor die weskus van Suid-Amerika omdat die

lug afsak en ’n hoë druk veroorsaak.

Page 8: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Normale toestande in die Stille Oseaan

Page 9: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Wat gebeur tydens 'n El Niño-episode?

Die normale lug- en seewatersirkulasiepatroon keer om

gedurende El Nino- episodes.

Warm water, beïnvloed deur westewinde, vloei vanaf die

westelike na die oostelike Stille Oseaan.

Seeoppervlaktemperature van meer as 28 °C strek baie verder

ooswaarts oor die Stille Oseaan.

'n Hoogdrukgebied vorm oor Indonesië en Australië.

Die dalende lug word warmer en lei tot droë toestande in die

gebied.

Naby Suid-Amerika veroorsaak stygende lug swaar reënval aan

die Stille Oseaankus vanaf Peru tot by Kalifornië.

Page 10: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het
Page 11: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

El Niño-toestande in die Stille Oseaan:

Figuur toon wat in die Stille Oseaan gebeur gedurende 'n El Niño-

verskynsel.

1. Gedurende El Niño-jare raak die tropiese oostewinde swakker as

gevolg van veranderings in lugdruk.

2. Styging van koue water in die oostelike Stille Oseaan neem af en die

oseaan is warmer.

3. Die warm water wat gewoonlik oor die westelike Stille Oseaan

beweeg, kom nou in die sentrale en oostelike Stille Oseaan voor. Dit

veroorsaak veranderings in die gewone atmosferiese sirkulasie.

4. Stygende lug en reën kom oor die sentrale Stille Oseaan voor.

5. Dalende lug en droë toestande kom oor die oostelike deel van

Australië en Suidoos-Asië voor.

Page 12: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

El Niño-toestande

Page 13: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Hoe verskil 'n La Niña-episode van El Niño?

Die klimaatstoestande tydens 'n La Niña-episode is die

teenoorgestelde van die tydens 'n El Niño.

Die normale lae druk oor Indonesië en Australië raak nog laer, en die

hoë druk in die oostelike Stille Oseaan styg nog hoër.

Gevolglik reën dit meer oor Suidoos-Asië en droogtetoestande heers

in Suid-Amerika.

Die groter verskil in atmosferiese druk tussen hierdie twee gebiede

versterk die passaatwinde. C.

Page 14: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Hoe verskil 'n La Niña-episode van El Niño?

Die resultaat is:

groot hoeveelhede seewater word weswaarts gedruk, en produseer 'n

hoër-as-normale seevlak in Indonesië en die Filippyne.

die sterker Ekwatoriale Onderstroom lei tot 'n toename in opwelling

van koue water langs die kus van Peru; die oppervlaktemperatuur van

die see oor die Stille Oseaan daal met 5-8 °C.

Page 15: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het
Page 16: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

La Niña-toestande in die Stille Oseaan:

Figuur toon wat in die Stille Oseaan gebeur gedurende 'n La Niña-

verskynsel.

1. Gedurende La Niña-jare is die tropiese oostewinde sterker as

gewoonlik.

2. Die styging van koue water neem toe wat veroorsaak dat die

water in die oostelike Stille Oseaan baie koud is.

3. Swaar reën kom aan die oostelike deel van Australië, Suidoos-

Asië en oor die westelike Stille Oseaan voor a.g.v. ‘n laagdruk

wat ontwikkel.

4. Droër toestande as gewoonlik kom oor die weskus van Suid-

Amerika voor a.g.v. die dalende lug wat ‘n hoogdruk vorm.

Page 17: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

La Niña-toestande

Page 18: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Wat is die uitwerkingvan El Niño?

ENSO's het 'n dramatiese uitwerking op die klimaat.

Dit word die duidelikste gesien in gebiede wat geografies die

naaste is aan waar die veranderings in die oseane se

oppervlaktemperatuur plaasvind.

El Niño beïnvloed die weerpatrone in verskeie dele van Suid- en

Noord-Amerika, Afrika en Asië.

Uiterste weerstoestande in hierdie gebiede wat met El Niño

verband hou, kan lei tot plaaslike droogtes of vloede, en die

uitbreek van epidemiese siektes.

Page 19: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Watter invloed het El Nino op mense?

Brande:

Indonesië, SO-Asië en Australië - Droogtes lei tot brande in Indonesië en

veldbrande in Australië; beïnvloed ook reënwoude. Groot dele van SO-

Asië ondervind rookmis; ingeasemde rook affekteer gesondheid, veral

kinders.

Stofstorms:

Australië - 1982-83 El Niño het gelei tot 'n stofstorm wat Melbourne

bedek het.

Siektes:

SO-Afrika - Minder siektes (byvoorbeeld malaria) in sommige gebiede as

gevolg van droër weer. SW-VSA - Warmer, natter weer bevorder plae en

die verspreiding van siektes, soos miere, malariamuskiete, en veldmuise

wat die gevreesde hantavirus dra.

Page 20: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het
Page 21: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het
Page 22: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het
Page 23: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het
Page 24: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het
Page 25: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Watter invloed het El Nino op mense?

Vissery:

Peru - Afname in opwelling van kouer, voedingstofryke water lei tot

'n afname in visbevolkings soos ansjovis; het ekonomiese gevolge.

Japan - Afname in perlemoenvoorraad weens veranderende

watertemperature.

Kalifornië - Warmer water as gewoonlik lok vis verder noord;

bevoordeel sporthengelindustrie.

Wêreldwyd - Afname in wêreldvoorraad van vismeel verhoog

pluimveepryse.

Page 26: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Watter invloed het El Nino op mense?

Landbou: SO-Asië, Australië - Droogtes lei tot oesmislukkings en

nadele vir vee; beïnvloed ekonomie.

Chili - Druiwe se groeiseisoen word verleng, wat hoër suurvlakke

veroorsaak; voordelige effek op die geur en smaak van wyne.

Oorstromings/Moddervloede: Kalifornië, Golfstate in VSA, Peru en

Bolivia - Warm seestrome in oostelike Stille Oseaan verhoog

temperature en neerslag; swaarder reën lei tot riviere wat hut walle

oorstroom, vloede en moddervloede; eiendomskade en landbou-

verliese beloop biljoene dollars (Golfstate); ook lewensverlies.

Page 27: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Watter invloed het El Nino op mense?

Waterbronne: Australië - Droër toestande lei tot erge watertekort;

waterbesparingsmaatreëls ingestel.

Verhitting: Kanada en NO-VSA - Sagter winters lei tot laer

verhittingskoste; ekonomiese en omgewingsvoordele.

Hongersnood/Oproer: Bangladesj en Afrika - Droër toestande dra

by tot oesmislukkings en ernstige voedseltekorte; dit lei tot

wanvoeding en swak gesondheid.

Page 28: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het

Natuurlike invloede van El Niño regoor die wêreld:1. Europa word minder geraak deur El Niño maar weerpatrone is abnormaal.

2. Daar is storms, vloede en moddervloede in die Suidweste en Kalifornië.

3. Noordelike state en die noordwestelike Stille Oseaan word warmer en droër

as gewoonlik; vissery word ontwrig.

4. Golfstate word koel en nat; oorstromings kom voor.

5. Minder orkane kom in die Atlantiese Oseaan voor.

6. Suid-Afrika ondervind droogtes.

7. Indonesië en Nieu-Guinee ondervind droogtes en erge bosbrande.

8. Australië ondervind droogtes, bosbrande en oesmislukkings.

9. Oorstromings in Ecuador en Noord-Peru.

10. Suid-Brasilië, Argentinië en Paraguay ondervind swaar reëns.

Page 29: EL NIÑO EN LA NIÑA SE UITWERKING OP AFRIKA. · 2019-06-03 · El Niño en La Niña: uitwerking op Afrika se klimaat: Die oseane stoor 'n groot hoeveelheid hitte-energie.Ons het