26
Intermediêre Fase Werkskedule Graad 5 Natuur- wetenskappe

Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

  • Upload
    others

  • View
    2

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

Inte

rmed

iêre

Fas

e W

erks

kedu

le

Graad

5

Natuur- wetenskappe

Page 2: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

VOORWOORD Beleidsimplementering is nie ’n ongekompliseerde taak nie. Dit is ’n proses van interpretasie en betrokkenheid wat oor ’n geruime tyd strek. Ons leer uit hierdie proses en probeer om ons intervensies aan te pas sodat hulle meer gepas en relevant is tot diverse kontekste. Dit wat ons in die afgelope dekade geleer het, het vir ons gewys dat ons almal moet praat, luister en oplossings vind vir die uitdagings wat ons in die gesig staar. Hierdie werkskedules is die resultaat van so ’n beleid en leerposes. Geletterdheid en Gesyferdheid, tesame met ander areas van werk in die Grondslag- en Intermediêre Fase, is belangrike fokuspunte vir die Wes-Kaap Onderwysdepartement. Ons wil ons laerskole versterk en moontlikhede skep vir ’n standvastige fondament sodat ons die kanse van leerders in hul skolastiese loopbane kan verbeter. Ons glo dat hierdie fondament geletterdheids- en gesyferdheidsuitslae, slaagsyfers in die algemeen en die omsetsyfer kan verbeter. Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land, en ons hoor in hierdie era van globalisasie, dat lande wat besig is om op te vang die nodige vaardighede moet ontwikkel. Lande soos ons is dus in staat om mededingend en stabiel te wees. Belangriker nog, is om oor ’n gemeenskap van geleerdes wat kan lees, skryf en van skoolgaan hou, te beskik. Die maatskaplike waarde van onderrig kan verbeter word indien die skolastiese poging verhoog word. Die werkskedules sal beskou word as ’n komponent van die pakket wat betrekking het op die Grondslag vir Onderrig-veldtog. Dit word beskou as ’n instrument om ondersteuning te bied en betekenis aan die veldtog te gee. Gesien in die lig van die persepsie dat veldtogte bloot retoriek is, sal die werkskedules as ondersteuningsmeganisme dien om betekenis te verleen aan die bou van fondamente vir geletterdheid en gesyferdheid. Dit is ’n poging om riglyne aan onderwysers te bied oor hoe om elke dag onderrig in skole te lewer. Die werkskedules sal uitgestuur word met die doel om terugvoering uit te lok. Hulle sal ook in geselekteerde skole getoets word. Die dokumente sal as riglyne in Januarie 2009 gesirkuleer word en kommentaar word teen Julie 2009 gevra. Die werkskedules sal ook gedurende Julie 2009 in die praktyk getoets word. Alle kommentaar sal verdere ontwikkeling van werkskedules lei. Die Wes-Kaap Onderwysdepartement is ʼn leerorganisasie en poog om sy omgewing ten alle tye te verstaan. Hierdie leerproses is ’n deurlopende een aangesien ons in so ’n dinamiese en vinnig veranderende konteks funksioneer. Met dit in gedagte, is die uitnodiging om kommentaar te lewer en praktykgebaseerde toetsing ’n poging om die idee van ’n leerorganisasie aan te gryp deur insigte te ontwikkel wat op die menings van onderwysers, asook van diegene in ander diverse kontekste binne ons provinsie, gebaseer is. Ons weet dat ’n sakpas-benadering nie ’n resep vir sukses is nie. Ons weet ook dat ons almal moet luister, praat en oplossings vir ons uitdagings soek. Praktykgebaseerde toetsing en ’n uitnodiging om kommentaar te lewer, sal ons die ruimte bied om te praat, luister en oplossings te soek soos ons voortbeweeg na ’n onderwysstelsel van gehalte vir al ons leerders.

Dr. S. Naicker, Hoofdirekteur: Kurrikulumontwikkeling

Page 3: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

Natuurwetenskappe Intermediêre Fase

Werkskedule en Onderwysersgids

Die Werkskedule en Onderwysersgids vir die Natuurwetenskappe bied ondersteuning aan onderwysers by die implementering van die NKV. Hierdie is nie 'n beleidsdokument nie, maar 'n hulpbron vir onderwysers. Die Werkskedule en die Onderwysersgids volg dieselfde weekplan vir elke graad. Die Werkskedule

• Hierdie is 'n breë raamwerk wat 'n keuse van inhoud (Leeruitkomste en Kernkennis en -konsepte) vir elke graad 4-6 bied.

• Die Werkskedule stippel van week tot week die inhoud en die assesseringsfokus uit.

• Dit werk vir al drie die Leeruitkomste van NW. • Dit dek al die Kernkennis en -konsepte in die vier stringe van die

Natuurwetenskappe. Die Onderwysersgids

• Die onderwysersgids sit die raamwerk uiteen wat week na week vir elke graad in die Werkskedule gegee word, en lig dit toe.

• Dit bied 'n wye verskeidenheid lesse wat tot verskillende assesseringstake lei wat met die Leeruitkomste vir NW verband hou.

• Dit gee verdere besonderhede van die konsepte wat onderrig, en die metodes wat gebruik moet word.

• Dit gee ook besonderhede van die integrasiemoontlikhede tussen sowel die NW-stringe as die verskillende Leerareas.

Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat:

• Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te vind, en dit wat hulle nuttig vind, in te sluit.

• Onderwysers die program by die tred van hul leerders aanpas. • Onderwysers dít uitkies wat geskik vir hul konteks is, en wat in hul klaskamer

behartig kan word. • Onderwysers vooraf hul assesseringsprogram elke kwartaal na gelang van hul eie

onderrigtred behoort aan te pas. • Onderwysers, waar dit ookal gepas is, inhoud behoort te integreer. • Onderwysers die Beleidsdokument van die Nasionale Kurrikulumverklaring behoort

te raadpleeg as 'n verwysing na die leeruitkomste, assesseringstandaarde en voorgeskrewe inhoudkennis.

BEDANKINGS

Opregte dank aan die onderwysers en kurrikulumadviseurs wat die werkskedule vir die Intermediêre Fase ontwikkel het. Direktoraat Kurrikulum : AOO

Page 4: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

INTERMEDIÊRE FASE: GRAAD 5 ASSESSERINGSPROGRAM: Formele Assesseringstake Kwartaal 1 Assesseringstaak 1: Week 10 Kwartaal 2 Assesseringstaak 2: Week 20 Assesseringstaak 3: Week 21 Kwartaal 3 Assesseringstaak 4: Week 28 Kwartaal 4 Assesseringstaak 5: Week 31 Assesseringstaak 6: Week 40

LEERUITKOMS 1: WETENSKAPLIKE ONDERSOEKE 5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat oor bekende situasies en materiale bekend is, en

doen vrae vir ondersoek aan die hand.

5.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Voer aanwysings en prosedures uit wat 'n klein aantal stappe behels.

5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Rapporteer oor die groep se prosedures en die

resultate wat verkry is. LEERUITKOMS 2: OM WETENSKAPSKENNIS TE KONSTRUEER 5.3.3 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe

en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe.

5.2.2 Kategoriseer inligting: Skep eie kategorieë van voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering.

LEERUITKOMS 3: WETENSKAP, SAMELEWING EN DIE OMGEWING 5.3.1 Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis: Identifiseer maniere waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is.

5.3.2 Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: Identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing. 5.3.3 Herken vooringenomenheid in wetenskap en tegnologie: Beskrywe die impak wat die gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste op mense het.

Page 5: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te
Page 6: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 1 -

WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 5

KWARTAAL 1: ENERGIE EN VERANDERING

WK LU ASSESSERINGSTANDAARD EN KERNONDERRIG OG

1

1-3

Hersien kortliks:

o Vorms van energie (hitte, lig, klank, elektrisiteit) o Energiebronne (potensiële energie) o Oordrag van energie (kinetiese energie – energie wat

beweeg) o Energiestelsels (potensiële na kinetiese energie, of kinetiese

na potensiële energie)

Wk 1

2

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Energiebronne en energiestelsels Definieer kortliks die konsepte:

o Gestoorde (potensiële energie) o Werk (kinetiese energie – energie wat beweeg) o Energiebronne (son, voedsel, vallende water, brandstowwe,

wind, spiere van diere) o Brandstowwe o Energiestelsels o Energie-oordrag (energie beweeg van een deel van 'n stelsel

na 'n ander) o Energietransformasie (energie verander van een vorm na 'n

ander) o Elektriese stroom o Spiere van diere

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem energiebronne (potensiële energie. Beskrywe die kenmerke (hoe dit lyk) van die energiebronne. Beskrywe die eienskappe (voor- en nadele) van verskillende

energiebronne.

5.2.2 Kategoriseer inligting: Skep eie kategorieë van voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering.

Kategoriseer energiebronne in twee groepe. Verduidelik eie reël vir kategorisering.

Wk 2

3

LU 3

Wetenskap,

Samelewing en die Omgewing

Veiligheidsreëls vir energiebronne (gas, petrol, paraffien, elektrisiteit en vuur) Definieer kortliks die konsepte:

o Petrol o Paraffien

Wk 3

Page 7: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 2 -

o Gas o Vuur (benodig lug, brandstof en hitte) o Elektrisiteit o Waarskuwingstekens o Gevaarsimbole

5.3.2 Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: Identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing.

Beskrywe die vuurdriehoek (wat vuur nodig het om te brand). Identifiseer positiewe en negatiewe uitwerkings op die

gehalte van mense se lewens en/of die omgewing wanneer paraffien, petrol en/of elektrisiteit en oop vure in huise gebruik word. .

Identifiseer veiligheidsreëls wanneer met tegnologiese produkte (bv. elektriese toestelle) gewerk word.

Maniere om vure te blus.

4

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Vergelyk die ontbranding van die verskillende huishoudelike vloeibare brandstowwe

Ondersoek: Watter huishoudelike brandstofprodukte produseer die meeste hitte tydens ontbranding? Definieer kortliks die konsepte:

o Huishoudelike vloeibare brandstowwe (bv. brandspiritus, paraffien en lampolie).

o Ontbranding 5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat oor bekende situasies en materiale bekend is, en doen vrae vir ondersoek aan die hand

Lys wat bekend is oor die ontbranding van bekende materiale

(bv. huishoudelike vloeibare brandstowwe). Doen vrae vir ondersoeke aan die hand.

5.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Voer aanwysings en prosedures uit wat 'n klein aantal stappe behels

Voer aanwysings uit wat 'n klein aantal stappe behels. Teken waarnemings aan as deel van die prosedure.

5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Doen verslag oor die groep se prosedures en die resultate wat verkry is.

Doen verslag oor die groep se prosedure. Doen verslag oor resultate wat verkry is.

Wk 4

Page 8: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 3 -

5

LU 2

Om Wetenskaps-

kennis te Konstrueer

Ekostelsels as 'n energiestelsel Definieer kortliks die konsepte:

o Ekostelsels o Voedselketting o Energie-oordrag o Interafhanklikheid

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem die energiebronne van 'n ekostelsel. Beskrywe die hoedanighede van twee verskillende

voedselkettings in 'n ekostelsel. Noem die hoofbron van energie in enige voedselketting.

Wk 5

6

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Oordrag van energie in energiestelsels

Definieer kortliks die konsepte:

o Energiestelsels o Kinetiese energie: bv. lig, klank, hitte, elektrisiteit, wind,

vallende water, ens. o Potensiële energie: bv. elektriese sel, uitgerekte rekkie,

hout, steenkool, water in 'n hoë dam opgegaar, ens.

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem 'n paar energiestelsels (bv. flitslig, windpomp, olielamp, fiets, perd en kar, ens.

Noem die dele van die energiestelsels (bv. wiele, aste, elektriese drade, gloeilampe, ens.

Noem en beskrywe die energiebron vir elke stelsel. Beskrywe hoedat elke stelsel werk. Beskrywe hoedat energie deur die stelsel (bv. flitslig) oorgedra

word (beweeg): energie beweeg vanaf die sel deur drade, deur die skakelaar, deur die gloeilamp, terug na die sel, ens.).

Maak 'n flitslig van gevonde materiale. Beskrywe die komponente en teken die stroombaan.

5.2.2 Kategoriseer inligting. Skep eie kategorieë van voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering

Skep eie kategorieë vir die volgende woorde:

Steenkool. lig, sel, klank, hout, hitte, elektrisiteit, uitgerekte rekkie, beweging, wind (bv. as potensiële of kinetiese energie).

Verduidelik eie reël vir kategorisering. Bv. redes waarom

woorde as potensiële (gestoorde) of kinetiese energie (energie wat beweeg) geklassifiseer word.

Wk 6

Page 9: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 4 -

7

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Stelsels vir die stoor van energie Definieer kortliks die konsepte:

o Battery (selle) o Inhoud o Gestoorde energie (chemiese potensiaalenergie) o Chemiese stowwe

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Lys al die verskillende tipes batterye (selle) wat in huise gebruik word (bv. in 'n selfoon, flitslig, motor, horlosie, klok, TV-afstandbeheer, ens.

Benoem die tipes batterye (maak 'n tabel, teken elkeen, lys sy inhoud – bv. chemiese stowwe) en noem die verskillende items waarin hulle gebruik kan word.

5.2.2 Skep eie kategorieë van voorwerpe en organismes en verduidelik eie reëls vir kategorisering.

Sorteer die batterye in verskillende kategorieë, gebruik eie reëls, en verduidelik kategorieë (bv. herlaaibaar en nie-herlaaibaar)

Wk 7

8

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Meganiese stelsels

Definieer kortliks die konsepte:

o Meganiese stelsels (gemaak van twee of meer bewegende dele)

o Rotasie (spin in die rondte) o Lineêre beweging (in reguit lyne – op en af, en heen en

weer) 5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem en beskrywe alledaagse meganiese stelsels. 5.2.2 Leerder skep eie kategorieë van voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering.

Sorteer meganiese toestelle (bv. na aanleiding van hul bewegings: rotasie en beweging in 'n reguit lyn (lineêr).

Wk 8

9

LU 3

Wetenskap, Samelewing en die Omgewing

Energie-oordrag in die samelewing Definieer kortliks die konsepte:

o Tegnologieë o Tegnologiese produkte o Aangepas

Wk 9

Page 10: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 5 -

o Kulture o Impak o Toegang

5.3.1 Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis: Identifiseer maniere waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is.

Identifiseer maniere waarop tegnologieë (bv. voertuie ens.) uit ander tye en kulture aangepas is.

EN/OF

5.3.2 Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: Identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing .

Identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van tegnologiese produkte (bv. paraffienstowe, motorvoertuie ens.) op mense se lewens en/of die omgewing.

EN / OF 5.3.3 Herken vooringenomenheid in wetenskap en tegnologie: Beskrywe die impak wat die gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste op mense het.

Beskrywe die impak wat die gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte (bv. stowe, motorvoertuie) en dienste op mense het.

10

1-3 Voorstelle vir konsolidering: • Maak 'n energieplakkaat met opskrifte, etikette en aantekeninge

om potensiële en kinetiese energie te toon. • Kry 'n prent van 'n energiestelsel, en gebruik dan 'n vloeidiagram

om te toon hoedat energie in die stelsel oorgedra word. • Kry prente om energiebronne te toon. • Kry prente om vorms van energie te toon(ligenergie, hitte-energie,

klankenergie en elektriese energie). • Vind voorbeelde van masjiene wat lineêre beweging en

draaibeweging gebruik. Teken en skryf. • Verduidelik en demonstreer wat jy sou doen as jou klere aan die

brand sou raak (stop, val neer en rol) FORMELE ASSESSERINGSTAAK 1

Wk 10

Page 11: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 6 -

WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 5

KWARTAAL 2: MATERIE EN MATERIALE

WK LU ASSESSERINGSTANDAARD EN KERNONDERRIG OG

11

1-3 Hersien kortliks:

o Eienskappe van materiale: 3 klasse o Die 3 fases van materie o Kokende water o Smeltende ys

Wk 11

12

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Eienskappe van materiale 5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe Definieer kortliks die konsepte:

o Voorkoms o Soepelheid o Hardheid o Oplosbaarheid o Hittegeleiding / Hitte-insulasie o Magnetisme

Noem verskillende materiale in die onmiddelike omgewing en

beskrywe hul hoedanighede (bv. kleur, tekstuur, deurskynend of ondeurskynend, ens.).

Beskrywe die verskillende eienskappe van materiale (bv. soepelheid, hardheid, oplosbaarheid, hitte- of elektriese insulasie, en magnetisme).

Wk 12

13

LU 2

Om Wetenskaps-

kennis te Konstrueer

Eienskappe van materiale in drie klasse Definieer kortliks die konsepte:

o Metale o Polimere (plastiekstowwe en vesels) o Erdeware (glas)

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Beskrywe (hersien) die eienskappe van die drie klasse materiale: metale, erdeware en polimere.

5.2.2. Kategoriseer inligting. Skep eie kategorieë van voorwerpe en organismes en verduidelik eie reël vir kategorisering

Wk 13

Page 12: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 7 -

Skep eie kategorieë van verskillende materiale ) bv. metale,

erdeware en polimere). Sorteer baie verskillende voorwerpe wat van verskillende materiale gemaak is. Maak 'n tabel om die sortering aan te teken.

Verduidelik (skryf oor) die eie reël vir kategorisering (bv. redes waarom dit metaal is – verwys na eienskappe van metale ens.).

14

LU 2

Om Wetenskaps-

kennis te Konstrueer

Verhitting en afkoeling kan materiale verander 5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Definieer kortliks die konsepte: o Hitte-energie o Eienskappe van gasse – geen vaste vorm, het massa,

geen vaste volume o Eienskappe van vloeistowwe – geen vaste vorm, het

massa, het vaste volume o Eienskappe van vaste stowwe – hou sy eie vaste vorm,

het massa, het vaste volume o Verhitting – energie geabsorbeer o Verkoeling – energie vrygelaat (onttrek/verloor) o Inkrimping/uitsetting o Smelt/stol o Verdamping/kondensering o Tydelike en permanente veranderings

Beskrywe watter veranderings in metaalpype,

plastiekstowwe, weefstowwe, papier, water, klei (erdeware) en glas ens, plaasvind wanneer verhitting toegepas/geabsorbeer word

Beskrywe watter veranderings in metaalpype, plastiekstowwe, weefstowwe, papier, water, klei (erdeware) en glas ens, plaasvind wanneer dit afgekoel word (dit hitte verloor).

Beskrywe of die veranderings permanent of tydelik is (omgekeer kan word).

5.2.2 Kategoriseer inligting, skep eie kategorieë en verduidelik eie reël vir kategorisering

Kategoriseer die materie in die omgewing in drie groepe:

vaste stof, vloeistof en gas. Verduidelik die eie reël vir kategorisering (bv. redes waarom

dit 'n vaste stof, vloeistof of gas is – verwys na eienskappe van vaste stowwe, vloeistowwe en gasse ens.).

Sorteer materiale volgens hoedat hulle op verhitting/afkoeling reageer (bv. metale sit uit en krimp, plastiek smelt en stol, ens.).

Sorteer materiale volgens die tipe verandering wat hulle ondergaan wanneer hulle verhit word (bv. 'n permanente of tydelike verandering).

Wk 14

Page 13: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 8 -

15 -

16

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Die verskille tussen mengsels en oplossings 5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe Definieer kortliks die konsepte:

o Mengsels – enige twee of meer stowwe wat gemeng word, bv. verf, koekmengsel ens.

o Oplossing (mengsel van 'n oplosbare stof en 'n vloeistof) o Oplosbaar o Onoplosbaar o Afskink o Filtreer o Distilleer

Noem die bestanddele van mengsels. Noem die bestanddele van 'n oplossing, (bv, suiker en water,

ens.). Noem die bestanddele van 'n oplossing, met gebruikmaking

van die eie vlot wetenskaplike taal, (bv. Oplosmiddel: die vloeibare deel. Opgeloste stof: die soliede deel).

Beskrywe die eienskappe van 'n oplossing: • Die opgeloste stof kan nie gesien word nie • Lig kan deur 'n oplossing skyn (dit lyk glasagtig) • Die opgeloste stof en die oplosmiddel kan nie geskei

word deur dit te filtreer of af te skink nie • Die opgeloste stof kan teruggekry word deur die

oplosmiddel (vloeistof) te laat verdamp.

5.2.2 Kategoriseer inligting, skep eie kategorieë en verduidelik eie reël vir kategorisering

Skep eie kategorieë om verskillende kombinasies van stowwe in mengsels en oplossings te sorteer.

Verduidelik (skryf) eie reël om die verskille tussen 'n mengsel en 'n oplossing te kategoriseer.

Wk 15 - 16

17

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Oplossings

Definieer kortliks die konsepte:

o Opgeloste stof o Oplosmiddel o Oplossing o Oplosbaar o Temperatuur

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Wk 17

Page 14: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 9 -

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Noem die twee bestanddele (bv. water en suiker) van 'n oplossing met gebruikmaking van eie vlot wetenskaplike taal (bv. opgeloste stof, oplosbaar, oplosmiddel).

Beskrywe die eienskappe van die opgeloste stof en die oplosmiddel.

Beskrywe kenmerke van 'n oplossing (bv. dit is helder). 5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat oor bekende situasies en materiale bekend is, en doen vrae vir ondersoek aan die hand

Lys wat bekend is oor bekende situasies wanner stowwe opgelos word (bv. om suiker in koue en warm water op te los).

Doen vrae vir ondersoeke aan die hand. Ondersoek: Versnel hitte die oplosproses?

5.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Voer aanwysings en prosedures uit wat 'n klein aantal stappe behels

Voer aanwysings uit om oplossings te maak met gebruikmaking van water by verskillende temperature.

Teken waarnemings en metings in 'n tabel aan (temperatuur van water, tyd wat dit geneem het om op te los, volume van oplosmiddel, hoeveelheid opgeloste stof) as deel van die prosedure.

5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Rapporteer oor die groep se prosedures en die resultate wat verkry is.

Doen verslag (teken en skryf)oor die groep se prosedure. Doen verslag oor resultate wat verkry is. Skryf om te

verduidelik hoedat hitte die snelheid van die oplosproses beïnvloed.

18

LU 1

Wetenskaplike Ondersoek

Ondersoek oplossings: versadigde en onversadigde oplossings Definieer kortliks die konsepte:

o Versadigde oplossing o Onversadigde oplossing o Faktore wat oplosbaarheid beïnvloed

5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat oor bekende situasies en materiale bekend is, en doen vrae vir ondersoek aan die hand

Lys wat bekend is oor die verhouding van oplosmiddel en opgeloste stof wat gebruik word om bekende oplossings te maak (bv. koeldrank teenoor stroop).

Doen fokusvrae aan die hand om versadigde en onversadigde oplossings te ondersoek.

Wk 18

Page 15: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 10 -

Ondersoek: Hoeveel opgeloste stof en oplosmiddel het ons nodig om 'n versadigde oplossing te maak? 5.1.2 Voer ondersoek uit: Leerder verken die moontlikhede in beskikbare materiale, en vind uit hoedat hulle gebruik kan word

Volg aanwysings wat 'n klein aantal stappe behels, om te meet hoeveel opgeloste stof en oplosmiddel nodig is om 'n versadigde oplossing te maak.

Teken metings en waarnemings aan as deel van die prosedure.

5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Rapporteer oor die groep se prosedures en die resultate wat verkry is.

Doen verslag (teken en skryf) oor die groep se prosedure. Doen verslag (skryf) oor resultate wat verkry is. Verduidelik die verskil tussen 'n versadigde oplossing en 'n

onversadigde oplossing (teken en skryf).

19

1-3

Voorstelle vir konsolidering:

Eienskappe van materiale: Maak iets uit gevonde materiale om tuis te gebruik (bv. 'n voëlkoutjie, 'n lamp, klere, 'n blaker, ens.). Wys hoedat dit werk, en verduidelik waarom daardie materiale gebruik is (verwys na eienskappe van die materiale).

Mengsels en oplossings: Doen 'n 'wys en vertel' oor hoe om mengsels en oplossings te maak met gebruikmaking van alledaagse materiale/bestanddele.

Uitwerking van hitte op materiale: Skryf en teken oor hoedat hitte stowwe en materiale tuis verander (bv. koek wat bak, sit uit in die warm oond en krimp wanneer dit afkoel, ens.).

Wk 19

20

1-3

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 2

Wk 20

21

2-3 FORMELE ASSESSERINGSTAAK 3

Wk 21

Page 16: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 11 -

WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 5

KWARTAAL 3: LEWE EN LEWENDES

WK LU ASSESSERINGSTANDAARD EN KERNONDERRIG OG

21 -

22

1-3

Hersien kortliks:

o Lewensprosesse o Lewend en nie-lewend o Biodiversiteit o Verandering en Kontinuiteit o Interaksies in die omgewing

Wk 21 - 22

22 -

23

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Ekostelsels Definieer kortliks die konsepte:

o Ekostelsels o Omgewing o Habitat o Organismes o Interafhanklikheid o Oorlewing

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Beskrywe hoedat plante in hul onmiddelike omgewing leef (bv. in die droë teenoor die nat areas).

Beskrywe hoedat diere in hul onmiddelike omgewing leef (bv. op die grond en in bome).

Beskrywe die belangrikheid van grond en water in 'n ekostelsel.

Beskrywe die verhouding tussen plante en diere in 'n ekostelsel (bv. voedselketting).

Beskrywe 'n ekostelsel met gebruikmaking van die eie vlot wetenskaplike taal (woorde hierbo).

Beskrywe 'n habitat met gebruikmaking van die eie vlot wetenskaplike taal (woorde hierbo).

Wk 22 - 23

24

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Fotosintese Definieer kortliks die konsepte:

o Fotosintese o Voedselketting o Produsent (plante) o Verbruikers (planteters, vleiseters en alleseters) o Ontbinders

Wk 24

Page 17: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 12 -

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe.

Noem die elemente van fotosintese (bv. water, sonlig en lug). Beskrywe die proses van fotosintese.

Voedselketting

Noem verskillende voedselkettings in 'n habitat. Beskrywe die hoedanighede van 'n voedselketting (bv. dat dit

produsente, verbruikers en ontbinders moet hê).

25

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Sintuie Definieer kortliks die konsepte:

o Sintuie • Sig (om te sien) • Reuksin • Gehoor • Tassin • Smaak

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe.

Noem die sintuie van diere (bv. reuksin, gehoor, ens.). Beskrywe hoedat diere se sintuie vir oorlewing aangepas is

(gebruik bv. reuk om voedsel op te spoor, gehoor vir beskerming, ens.).

5.2.2 Kategoriseer inligting: Skep eie kategorieë en verduidelik eie reël vir kategorisering.

Skep eie kategorieë met gegewe inligting oor hoedat diere sintuie vir oorlewing gebruik (bv. dag-/nagvisie, dik/dun haarbedekking, ens.).

Verduidelik eie reël vir kategorisering.

Wk 25

26

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Die Spysverteringstelsel Definieer kortliks die konsepte:

o Spysverteringstelsels o Spysvertering o Slegte spysvertering o Organe van die spysverteringstelsel

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Wk 26

Page 18: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 13 -

Noem die organe van die spysverteringstelsel (bv. mond,

maag, ens.). Noem die eienskappe en funksies van die

spysverteringstelsel (bv. mond kou kos, ens.).

27 -

28

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

LU 3

Wetenskap, Samelewing en die Omgewing

Voedselpiramiede

Definieer kortliks die konsepte:

o Voedselpiramiede o Vlakke van voedselpiramiede o Voedingstowwe o Koolhidrate o Proteïene o Vette en olies o Vitamiene en minerale o Gebalanseerde dieet o MIV/Vigs-pasiënte o Diabeet o Kleuters o Tegnologiese dienste

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Beskrywe die vlakke van 'n voedselpiramiede (bv. produsente, verbruikers en ontbinders).

Noem die voedingstowwe op die vlakke van 'n voedselpiramiede (bv. koolhidrate, proteïene, vette en olies, vitamiene en minerale).

Beskrywe die belangrikheid van die verskillende voedingstowwe vir gesondheid en groei.

Beskrywe 'n gesonde dieet. 5.2.2 Kategoriseer inligting, skep eie kategorieë en verduidelik eie reël vir kategorisering

Skep eie kategorieë van verskillende voedsels (koolhidrate, proteïene, vette en olies, vitamiene en minerale).

Verduidelik die eie reël vir kategorisering (bv. volgens die voedselpiramiede).

5.3.3 Herken vooringenomenheid in wetenskap en tegnologie: Beskrywe die impak wat die gebrek aan toegang tot tegnologiese produkte en dienste op mense het.

Beskrywe die impak wat die gebrek aan toegang tot tegnologiese dienste (bv. gebalanseerde diëte) op mense het (bv. atlete, diabete, kleuters, MIV/Vigs-pasiënte, ens.).

Wk 27 - 28

28

1-3

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 4

Wk 28

Page 19: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 14 -

29

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

Seksuele voortplanting in plante

Definieer kortliks die konsepte:

o Dele van plant en blom o Seksuele voortplanting o Voortplantingsprosesse in plante

• Bestuiwing • Bevrugting • Verspreiding • Ontkieming

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Noem en beskrywe dele van 'n plant (bv. stam, blaar,

wortels, ens.). Noem en beskrywe dele van 'n blom (bv. blomblaar,

meeldraad, ens.). Beskrywe voortplantingsprosesse (bv. bestuiwing,

bevrugting, ontkieming en verspreiding).

Wk 29

30

LU 1

Wetenskaplike

Ondersoek

Hersiening en voorbereiding vir FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5 – Week 31 Seksuele voortplanting in plante 5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat oor bekende situasies en materiale bekend is, en doen vrae vir ondersoek aan die hand

Lys wat bekend is oor seksuele voortplanting in plante (bv. bestuiwing, bevrugting, ontkieming en verspreiding).

Doen vrae aan die hand vir 'n ondersoek (bv. kan blomme groei sonder insekte vir bestuiwing?).

5.1.2 Voer ondersoek uit en versamel data wat 'n klein aantal stappe behels

Voer aanwysings en prosedures uit oor die voortplanting van plante (bv. leerder kweek sade op verskillende maniere).

5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Rapporteer oor die groep se prosedures en die resultate wat verkry is.

Doen verslag oor die groep se prosedure. Doen verslag oor resultate wat verkry is.

Wk 30

31

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 5 oor Lewe en Lewendes

Wk 31

Page 20: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 15 -

WERKSKEDULE VIR NATUURWETENSKAPPE

GRAAD 5

KWARTAAL 4: PLANEET AARDE EN VERDER

WK LU ASSESSERINGSTANDAARD EN KERNONDERRIG OG

31

Hersien kortliks:

o Sonnestelsel o Rotasie en omwenteling (in wentelbaan) van die aarde o Lengte van dag, nag en aardejaar o Grond, water en lug o Atmosfeer en weer o Metings van daaglikse weer: temperatuur, wind en reën

Wk 31

32

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Die Maan

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe.

Definieer kortliks die konsepte: o Satelliet (die maan, mensgemaakte satelliete) o Fases van die maan o Weerspieëling van sonlig vanaf die maan

Beskrywe die kenmerke en eienskappe van die maan (bv.

kenmerke van die oppervlakte, die maan weerspieël die son se ligenergie, sy beweging om die aarde)

Beskrywe die kenmerke van die fases van die maan (bv. nuwe- en volmaan, driekwart- en kwartmaan)

5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat bekend is oor bekende situasies en materiale, en doen vrae vir ondersoek aan die hand.

Lys wat bekend is oor fases van die maan. Doen vrae aan die hand vir ondersoeke oor die maan.

5.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Voer aanwysings en prosedures uit wat 'n klein aantal stappe behels

Voer aanwysings en prosedures uit vir waarneming van die maan en om die fases van die maan aan te teken (indiwidueel of in groepe).

5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Rapporteer oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is

Doen verslag (skryf) oor die groep se prosedure. Doen verslag oor resultate wat verkry is (teken en lê voor).

Wk 32

Page 21: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 16 -

33 LU 3

Wetenskap,

Samelewing en die Omgewing

Die maan en kulturele aktiwiteite 5.3.1 Verstaan wetenskap en tegnologie in die konteks van geskiedenis en inheemse kennis: Identifiseer maniere waarop produkte en tegnologieë uit ander tye en kulture aangepas is.

Definieer kortliks die konsepte: o Tradisioneel o Kultureel o Vierings/feeste o Volmaan o Nuwemaan

Identifiseer maniere waarop die fases van die maan verband

hou met tradisionele kultuuraktiwiteite en gelowe in die samelewing.

Wk 33

34

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

LU 3

Wetenskap, Samelewing en die Omgewing

Klimaat: Jaarlikse seisoensveranderings

5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Definieer kortliks die konsepte: o Weer o Klimaat: o Seisoene o Seisoensaanpassing deur diere, mense en plante o Kweekhuisgasse o Kweekhuiseffek o Aardverwarming o Water- en energiebeperkings

Beskryf die verskille tussen weer en klimaat Beskryf die kenmerke van minstens twee verskillende

klimaatstreke (bv. woestyn, poolstreke, gematigde grasvelde, ens.).

Beskrywe die aanpassings wat deur diere mense en plante gemaak word na aanleiding van die klimaatstreek waarin hulle woon.

Beskrywe die aanpassings wat deur diere, mense en plante gemaak word na aanleiding van die verskillende seisoene in die streek waarin hulle woon (hitte, koue, droogte).

Aardverwarming

5.3.2 Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: Identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing.

Identifiseer hoedat wetenskaplike ontwikkeling en tegnologiese produkte tot aardverwarming bygedra het (bv. die brand van steenkool in kragstasies, ens.).

Identifiseer die negatiewe uitwerking wat aardverwarming op seisoensveranderings het.

Om jou koolstofvoetspoor te verklein.

Wk 34

Page 22: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 17 -

35

LU 2

Om

Wetenskaps-kennis te

Konstrueer

LU 3

Wetenskap, Samelewing en die Omgewing

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Watersiklus en watergehalte 5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe

Definieer kortliks die konsepte: o Hidrosfeer (water en waterdamp) o Litosfeer (klippe en grond) o Atmosfeer (lug – mengsel van gasse) o Watersiklus Verdamping Kondensasie Neerslag Afloop Infiltrasie

o Opvanggebied o Gehalte van water o Waterhulpbronne o Energie van die son

Beskrywe die kenmerke van 'n watersiklus (bv. hoedat water

van vorm verander vanaf vloeistof tot gas ens., terwyl dit verdamp, kondenseer, neerslaan, afloop, infiltreer) en in 'n siklus tussen hidrosfeer, litosfeer en atmosfeer beweeg word.

Beskrywe hoedat die son se energie die watersiklus aandryf.

5.3.2 Verstaan die impak van wetenskap en tegnologie: Identifiseer die positiewe en negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van mense se lewens en/of die omgewing

Identifiseer die negatiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van waterhulpbronne bv. fabrieke, kunsmisstowwe ens. naby aan waterbronne en opvanggebiede).

Identifiseer die positiewe uitwerking van wetenskaplike ontwikkelings of tegnologiese produkte op die gehalte van waterhulpbronne, bv. hoedat watergehalte bepaal word vanaf die opvanggebied, en/of behoorlike riglyne vir versorging-, bestuur- en behandelingsprosesse van water, ens.

5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat oor bekende situasies en materiale bekend is, en doen vrae vir ondersoek aan die hand

Lys wat bekend is oor bekende situasies wat verband hou met die gehalte van water.

Doen vrae vir ondersoeke aan die hand.

Ondersoek: Wat is die gehalte van water vanaf bronne in ons area? 5.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Voer aanwysings en prosedures uit wat 'n klein aantal stappe behels

Wk 35

Page 23: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 18 -

Versamel watersteekproewe (bv. uit kraan. kanaal, rivier,

dam ens.). Voer gegewe aanwysings uit om water uit verskillende bronne te vergelyk (kleur, reuk, onoplosbare stowwe in suspensie, lewende organismes).

5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Rapporteer oor die groep se prosedure en die resultate wat verkry is.

Skryf verslag oor die eie groep se prosedure. Doen verslag oor die resultate wat verkry is (voltooi 'n vergelykende tabel).

36

LU 2

Om Wetenskaps-

kennis te Konstrueer

Erosie 5.2.1 Dink terug aan betekenisvolle inligting: Kan ten minste eie vlot taal gebruik om eienskappe en kenmerke van voorwerpe, materiale en organismes te benoem en te beskrywe.

Definieer kortliks die konsepte: o Landvorms o Verwering o Klipdeeltjies o Afsetting o Erosie o Katastrofiese gebeurtenisse (bv. oorstromings,

aardbewings, vulkane, tsoenami's, ens.).

Noem en beskrywe verskillende landvorms. Beskrywe die kenmerke van verwering (bv. wind, water,

gebrek aan plantegroei, hitte en koue breek klippe in deeltjies op).

Beskrywe hoedat erosie (wat deeltjies wegdra) en afsetting (wat deeltjies neerlê) die land kan verander (kort- en langtermyn).

Noem en beskrywe die kenmerke van katastrofiese gebeurtenisse (plaaslik en internasionaal) wat erosie tot gevolg het.

Wk 36

37

LU 1

Wetenskaplike Ondersoeke

Erosie: 5.1.1 Beplan ondersoeke: Lys, met steun, wat oor bekende situasies en materiale bekend is, en doen vrae vir ondersoek aan die hand

Lys wat bekend is oor die oorsake van erosie. Doen vrae vir ondersoeke aan die hand.

bv. Watter oorsaak van erosie doen die grootste skade: wind of water? 5.1.2 Voer die ondersoek uit en versamel data: Voer aanwysings en prosedures uit wat 'n klein aantal stappe behels

Voer aanwysings uit om houers (bv. roomysbokse) op te stel met kaal grond en met plantegroei.

Wk 37

Page 24: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

- 19 -

Stel hulle bloot aan wind (waaier of haardroër) en ook aan

water (skink uit 'n bottel). 5.1.3 Evalueer data en kommunikeer bevindings: Rapporteer oor die groep se prosedures en die resultate wat verkry is

Doen verslag (teken en skryf)oor die groep se prosedure. Doen verslag (skryf en teken) oor resultate wat verkry is.

38

1-3

Voorstelle vir konsolidering

Maan en fases van die maan: Skryf gedigte oor die maan. Aardverwarming: Versamel koerantartikels oor

aardverwarming en klimaatverandering. Watersiklus: Maak 'n plakkaat met aantekeninge en etikette

oor die watersiklus, ens.

Wk 38

39

1-3

Voorstelle vir konsolidering

Gronderosie: Ondersoek, skryf en teken oor boerdery en gronderosie, ens.

Wk 39

40

1-3

FORMELE ASSESSERINGSTAAK 6

Wk 40

Page 25: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

DEEL DRIE: BYLAE

GIDS TOT WETENSKAPLIKE ONDERSOEK: GRAAD 5 'n Gids tot ondersoeke vir onderwysers en hul leerders Identifiseer 'n aspek van 'n natuurverskynsel (plante, diere, die weer, klippe, brand, elektrisiteit ens.) wat jy wil ondersoek. Wanneer jy iets ondersoek, vind jy meer daaromtrent uit deur iets waar te neem of te meet wat van nature voorkom (deur bv. die daaglikse natuurlike veranderings in die weer waar te neem en te meet). Jy kan ook ondersoek instel na wat gebeur wanneer jy iets doen om 'n natuurverskynsel te beïnvloed (bv. deur sout of suiker by water te voeg om te sien of dit die temperatuur van kokende water beïnvloed). Jy kan ook ondersoek instel oor hoe om iets te maak wat met 'n natuurverskynsel verband hou (bv. hoe om jou huis in warm weer koeler te maak). Jy kan die volgende formaat gebruik om jou deur 'n ondersoek te lei. LU 1 AS1 : BEPLAN 'N ONDERSOEK NB: Hierdie deel word as 'n klas gedoen, met 'n onderwyser en leerders A. Wat weet ons reeds?

1. Kies 'n onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek. 2. Maak 'n breinkaart van alles wat jy van die onderwerp / natuurverskynsel weet.

B. Wat wil ons nog meer uitvind?

1. Onderwyser help leerders om vrae te stel oor wat hulle nog meer oor die onderwerp wil weet. Onderwyser skryf al die vrae op die bord.

2. Onderwyser en leerders besluit watter van die vrae dit moontlik is om in 'n klaskamersituasie te ondersoek, en watter nie (sou in boeke nagevors kon word).

3. Onderwyser en leerders identifiseer een spesifieke vraag om te ondersoek. 4. Onderwyser en leerders bespreek die volgende:

• Apparaat / materiale benodig • Wat gaan die leerders waarneem of meet of versamel? • Hoeveel keer gaan hulle waarnemings maak of metings neem? • Watter meetinstrumente word benodig? • Waar gaan jy jou waarnemings aanteken? (in watter formaat) • Veiligheidsmaatreëls.

LU 1 AS1 : PLAN NB: die volgende deel word deur leerders gedoen Wat wil ons uitvind?

1. Onderwerp / natuurverskynsel om te ondersoek (skryf). 2. Jou ondersoekvraag (skryf) 3. Vorm 'n hipotese oor jou ondersoekvraag (Skryf: Ek dink die volgende gaan gebeur...

want.... LU 1 AS2 : VOER DIE ONDERSOEK UIT EN VERSAMEL DATA C. Wat moet ons doen om uit te vind?

1. Skryf al die stappe neer wat jy moet doen om die ondersoek uit te voer. 2. Gebruik die apparaat om 'n geskikte prosedure uit te voer (verken die materiale, maak 'n

reeks waarnemings of metings ens.). 3. Teken jou waarnemings en metings op 'n geskikte manier aan (in 'n tabel, 'n tekening ens.).

LU 1 AS3 : EVALUEER DATA EN KOMMUNIKEER BEVINDINGS D. Wat vertel die resultate ons?

1. Doen verslag oor wat jy gedoen het. 2. Verduidelik wat jy geleer het (skryf, teken, beantwoord vrae). 3. Besluit of die ondersoek jou oorspronklike vraag suksesvol beantwoord het of nie. (skryf) 4. Besluit of jou hipotese gesteun was of nie. (skryf) 5. Het jy nog ander vrae vir verdere ondersoeke? (skryf) 6. Gee 'n alledaagse voorbeeld van iets wat jy uit hierdie ondersoek geleer het.

Page 26: Fase Intermediêre Werkskedule · Hoe om die Werkskedule en Onderwysersgids te Gebruik Ons beveel aan dat: • Onderwysers hierdie dokumente gebruik om steun vir hul eie planne te

Assesseringsinstrument vir NW-ondersoeke String: ____________________ Onderwerp_____________ ASSESSERINGSTAAK _______________________________ Vorm van assessering: WETENSKAPLIKE ONDERSOEK vir Graad 5 NS LU 1 AS 1 Plan Kommentaar: Leerder kon vorige kennis kommunikeer Leerder was in staat om 'n aspek te identifiseer wat ondersoek kan word Leerder was in staat om van die apparaat te beskrywe wat benodig word 1 punt elk = 3 punte

Kommentaar:

LO1 AS2 Voer uit

Was self in staat om die korrekte stappe neer te skryf en hulle veilig en noukeurig uit te voer 3 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser die korrekte stappe neer te skryf en uit te voer 2 punte

Leerders het gesukkel om die korrekte stappe neer te skryf en uit te voer, selfs met hulp van die onderwyser 1 punt

Nie gedoen nie 0

Was self in staat om noukeurige, gedetailleerde en akkurate metings en waarnemings te doen. 6 punte

Was in staat om met hulp van die onderwyser metings en waarnemings korrek te doen 4 punte

Leerders het gesukkel om selfs met hulp van die onderwyser metings en waarnemings te doen 2 punte

Nie gedoen nie 0

LO1 AS3 Evalueer

Kon in detail oor hul prosedure verslag doen (skryf, teken en etiketteer) 5 punte

Kon met hulp van onderwyser korrek oor hul prosedure verslag doen (skryf, teken en etiketteer) 3 punte

Het gesukkel om oor hul prosedure verslag doen (praat, skryf, teken en etiketteer) 1 punte

Nie gedoen nie 0

Kon sonder hulp van onderwyser in detail verduidelik wat geleer is, kon hierdie kennis na ander situasies herlei 6 punte

Kon met hulp van onderwyser verduidelik wat geleer is 4 punte

Leerder het gesukkel om te verduidelik wat geleer is, het 'n paar wanopvattings gehad 2 punte

Nie gedoen nie. 0

Leerder se gedrag was goed. Werk was fluks gedoen. Werk was netjies gedoen. Halwe punt elk = totaal 2 punte: ________ Leerder het opgeruim.. Totale punte 25: ______ Onderwyser: _______________ Datum: ___/___/2009