16
Rapport, 1 November 2015 Eiendomme Ervare of gewillig: Hiér kan jy perdry 2 Ontdek die wonders van die Kangogrotte 3 IN DIE DESEMBER-UITGAWE: Kollig op Plettenbergbaai Hoe seer kan ’n swak kredietrekord jou maak? 8 Vat die kans om Tarzan te speel 3 Riversdal: In die skadu van die Slapende Skone Die rustigheid van dié dorp aan die N2 word weerspieël in die Slapende Skone, ’n bergpiek in die Langeberge bokant Riversdal. 4 meer op bladsy Woorde: Tisha Steyn // Fotos: Aïda Riversdal, Riversdal Toerisme R iversdal bied ’n veilige landelike tuiste vir inwoners wat al jare lank die voorreg het om hier in statige huise uit ’n vroeër era te woon, maar ook vir jong sakelui van die stad wat hier in moderne huise ’n rustige tuiste vind waar hul kinders nog sorgvry in die strate kan baljaar. Wanneer bejaardes nie meer ’n groot huis of tuin kan onderhou nie, verruil hulle hul tuiste – maar nie hul dorp nie – vir kleiner eenhede in sekuriteitskomplekse of aftreeoorde. Boere wat uit die binne- land van misdaad padgee, kom vestig hulle ook hier op die geil grond tussen standhoudende riviere.

Garden Route November Issue 2015

Embed Size (px)

DESCRIPTION

 

Citation preview

Page 1: Garden Route November Issue 2015

Rapport, 1 November 2015

EiendommeErvare of gewillig:Hiér kan jy perdry 2

Ontdek die wonders van die Kangogrotte 3

IN DIE DESEMBER-UITGAWE: Kollig op Plettenbergbaai

Hoe seer kan ’n swak kredietrekord jou maak? 8

Vat die kans om Tarzan te speel 3

Riversdal: In die skadu van die Slapende SkoneDie rustigheid van dié dorp aan die N2 word weerspieël in die Slapende Skone, ’n bergpiek in die Langeberge bokant Riversdal.

4meer op bladsy

Woorde: Tisha Steyn // Fotos: Aïda Riversdal, Riversdal Toerisme

Riversdal bied ’n veilige landelike tuiste vir inwoners wat al jare

lank die voorreg het om hier in statige huise uit ’n vroeër era te woon, maar ook vir jong sakelui van die stad wat hier in moderne huise ’n rustige tuiste vind waar hul kinders nog sorgvry in die strate kan baljaar.

Wanneer bejaardes

nie meer ’n groot huis of tuin kan onderhou nie, verruil hulle hul tuiste – maar nie hul dorp nie – vir kleiner eenhede in sekuriteitskomplekse of aftreeoorde.

Boere wat uit die binne­land van misdaad padgee, kom vestig hulle ook hier op die geil grond tussen standhoudende riviere.

Page 2: Garden Route November Issue 2015

w Snotkopkonsert, Emoya-

landgoed, 7 November; Meer

inligting: online.computicket.com

w Nasionale vrystyl-

danskompetisie, Bloemfontein-

stadsaal, 20 November;

Meer inligting: sadta.co.za

Bloemfontein

Tuinroetew Rocking the Lake-fees, Lakeside Lodge & Spa, Sedgefield, 7 November; Meer inligting: lakesidelodge.co.za

w Witsandfees, Hoofstrand, 27–28 November; Meer inligting: explorersgardenroute.co.za

2 Nuus & Leefstyl 1 November 2015

DAGBOEK

GEPUBLISEER DEUR THE CREATIVE GROUP6de Straat 9, Parkhurst, 2193011 476 6293, pamedia.co.za

REDAKSIERedakteur: Marana BrandKreatiewe direkteur: Mark Peddle

ADVERTENSIEVERKOPEMichèle Jones – [email protected] – 084 246 8105 (WK)Jackie Maritz – [email protected] – 078 133 5211 (TR)Susan Erwee – [email protected] – 083 556 9848 (BL)

Teksredakteur: Marana BrandKunsdirekteur: Lucia Viglietti

PA Mediahoof: Shaun Minnie – [email protected]

Gryp jou dagboek en teken dié belangrike datums aan.

Op die kalender

Woorde: Petrus HendriksFoto's: macufe.co.za, mangaungrosefestival.co.za, verskaf

5Woorde: Petrus HendriksFoto's: : blackhorsetrails.co.za, scgranch.co.za, buffalobayhorserides.co.za, verskaf

Beste perdryplekke langs die Tuinroete

LEEFSTYL

BOZZOLA EQUESTRIA, RUITERBOSOp die R328 tussen Mosselbaai en Oudtshoorn is Bozzola Equestria by Ruiterbos. Hier kan besoekers ’n gemaklike rit van twee uur lank op Arabierperde al langs die voet van die Outeniquaberge deur inheemse woude en versteekte bospaadjies geniet. Dis geskik vir ervare ryers tot vir mense wat die eerste keer op ’n perd se rug is. Besoek ruiterbos.com

Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: Verskaf

12

4 BUFFELSBAAI-WOUDRITDie perdestalle is skaars ’n kilometer van die N2 tussen Knysna en Sedgefield op die walle van die Goukammarivier. Ritte vir jonk en oud, ervare ruiters en beginners, is beskikbaar op

volbloedperde en miniatuurperde (vir kinders jonger as ses). ’n Woudrit van een of twee uur lank op goedopgeleide, saggeaarde perde is beskikbaar. Besoek buffalobayhorserides.co.za

3HOG HOLLOW, PLETTENBERGBAAIOntdek die asemrowende

Tsitsikamma te perd. Die plaasroete (een uur) vleg deur velde waar skaap en beeste wei. Die woudroete (twee uur) bied ’n uitsig oor die Indiese Oseaan, en op die Cragsroete word by besienswaardighede soos die Bramonwynlandgoed, Lawnwoods-slangplaas en die Crags-olifantreservaat besoek afgelê. Beginners welkom. Besoek horseridinggardenroute.com

KNYSNABOSRITDie Southern Comfort Western Horse Ranch het daagliks twee ritte in die Knysnabos. Die perde is goed opgelei en versorg en ervare gidse vergesel besoekers. Ritte word tussen 08:30 en 14:30 aangebied en is een tot twee uur lank. Kinders onder 10 wat nog nie perd gery het nie, kan op ’n perd se rug rondgelei word. Besoek schranch.co.za

BLACK HORSE TRAILS, HOEKWILAan die voet van die Outeniquaberge, sewe dae per week van 10:00 tot 15:00, neem saggeaarde, swart Friesperde besoekers op ’n avontuurrit van 90 minute in ’n bloekombos, of ’n rit van drie uur lank deur denneplantasies en ’n inheemse woud tot by ’n waterval en swempoel. ’n Gids vergesel die ruiters en beginners is welkom. Besoek: blackhorsetrails.co.za

5

Page 3: Garden Route November Issue 2015

1 November 2015 Nuus & Leefstyl 3

WAT IS ACROBRANCH EN WANNEER IS DIE TUINROETETAK GEOPEN?Acrobranch is ’n Franse aktiwiteitskonsep wat deur die avonturier Matthieu Bourdrel tot stand gebring is. Hy is in Frankryk opgelei en het met vakansie in Suid-Afrika besef hier is geen hindernisbane vir kinders en volwassenes nie. Hy het die eerste Afrobranchtak in Johannesburg geopen. Daar is tans vyf van hulle, met die Tuinroete-akiwiteitspark wat in 2012 oopgemaak is.

HOE HET JY BETROKKE GERAAK?Ek is getoë in die omge-wing en my hart is in die Tuinroete. Ná my studies het ek teruggekeer na Wildernis en ná jare in die gasvryheids- en toerisme-bedryf een dag per toeval

die aktiwiteitspark besoek. Ek was gaande daaroor en het as gids begin werk. ’n Bietjie meer as ’n jaar later is ek as bestuurder aangestel.

WAT MAAK DIE TUINROETETAK SO SPESIAAL?Ons fokus hoofsaaklik op hindernisbane, maar dis nie gebou om mense bang te maak of te intimideer nie, net om die polsslag so ’n bietjie op te jaag en te toets waartoe jou liggaam in staat is. Dis gemaak vir beginners, sowel as ervare klimmers, van vier tot so oud as wat jy voel.

WAT IS DIE GROOTSTE TREKPLEISTERS?Wat hindernisse betref, is daar enigiets van hangbrûe, tonnels, balanseerpale en Tarzanswaaie tot

So jy dink net Tarzan kan van boom tot boom swaai? Dink weer. Tuinroete Acrobranch bied (veilige) swaai- en klouteravonture vir oud en jonk!

Woorde: Petrus Hendriks // Foto’s: Verskaf

klimnette en foefieslaaids. Daar is Monkey Moves – ’n pret baan vir vier- tot agjariges met 17 hinder-nis se. Tree Hugger is ’n baan vir negejariges en ouer met 11 hindernisse. Swinging Tarzan is ’n langer weergawe hiervan met 29 hindernisse. Deelnemers moet 11 of ouer wees en dit duur 75 minute om te voltooi. High Flying is ons gewildste, met 48 hindernisse en ’n foefieslaaid van 102 m. Dit neem twee uur 30 minute om te voltooi.

HOE VEILIG IS DIT?Alle besoekers word met ’n harnas en handskoene toegerus. Die harnas word deur opgeleide gidse vasgemaak en toerusting word daagliks nagegaan. Besoekers kry eers verpligte opleiding op ’n

oefenbaan. Hierna kan jy met jou baan begin. Elke baan het ouderdoms- en lengtebeperkings. Ons maksimum gewigs beper-king vir alle bane is 120 kg. Vanaf die tweede baan is daar bykomende hindernisse vir die meer avontuurlustiges. Gidse is by al die hinder nisse aan diens.

WAT KOS DIT EN WAT GEBEUR AS BESOEKERS

DAAR AANKOM?Besprekings is belangrik, veral in die piekseisoen. Met jou aankoms teken jy ’n vrywaringsvorm, betaal en kry dan opleiding op die oefenbaan. Hierna word elkeen op die eerste platform met ’n harnas toegerus deur die gids wat jou verder vergesel. Monkey Moves kos R100 per persoon, gevolg deur Tree Hugger (R150),

Swinging Tarzan (R200) en High Flying (R300).

WAT MOET BESOEKERS WEET?Dra gemaklike klere en toerygskoene. Die bane is onder bome en beskut teen die son, maar dra sonskerm in die somer. Gebottelde water is ’n goeie idee en vir foto’s stel ek ’n slimfoon wat diep in ’n broeksak pas, voor.

Fokus op: Die Kangogrotte by Oudtshoorn

FOKUS

Sedert die toevallige ontdekking van die eerste grot in 1780

toe ’n plaaslike boer, Jacobus van Zyl, met ’n tou in ’n massiewe

ondergrondse ruimte laat sak is – ’n saal wat mettertyd na hom vernoem is – het die Kangogrotte se indrukwekkende druipsteenformasies ’n

Waar is dit?29 km buite Oudtshoorn op die R328Beste tyd om te besoek?Heel jaar van 09:00 tot 16:00, behalwe op Kersdag Wat kos dit?Erfenistoer (60 minute): R85 vir volwassenes en R50 vir kinders. Avontuurtoer* (90 min): R150 en R65Toertaal?Toere word in Engels aangebied, maar gidse is ook Afrikaans, Duits en Frans magtig.Wat moet ek dra? Dis warm en bedompig in die grotte – ligte klere en gemaklike skoene is nodig.Meer inligting:cango-caves.co.za

*Nie geskik vir swanger vroue of mense wat aan engtevrees, hoë bloeddruk of asma ly nie en geen kinders onder ses word toegelaat nie.

Dié toeristebaken is so eie aan Suid-Afrika soos braaivleis, rugby en vakasie by die see. Woorde: Petrus Hendriks // Foto: Verskaf

wêreldbekende toeriste-trek pleister van die Klein-Karoo geword.

In sy geheel is die uitge-breide ondergrondse stelsel van tonnels en kamers net

kalksteenformasies, duisende stalagmiete en stalagtiete – sommige ouer as ’n miljoen jaar – wat plek-plek met keu rige beligting aller han de sprokiesagtige (en spookagtige!) figure en vreemde voorwerpe na vore bring.

Besoekers het twee keuses: die erfenistoer van 60 minute lank en die langer avontuurtoer, wat sowat 90 minute duur en ’n paar uitdagings stel.

Die korter weergawe begin in die massiewe Van Zyl-saal met sy stalag tietplafon, waarna dikwels as die “gedroogde tabakblare” van Oudts-hoorn verwys word. ’n Wye gang lei dan na Botha se Saal met sy twee reusepilare, vanwaar die Troonkamer gevind word. Nog bekende bakens wat dramaties belig word, is die Preekstoel, Familiebybel, Die Katedraal en die Tromkamer, die verste punt op die toer (sowat 600 m van die ingang).

Die avontuurtoer strek verder as dié punt, ’n byko mende 30 minute se verkenning van plekkies wat mense met engtevrees liefs nie moet aandurf nie. Die hoogtepunt aan die einde is die (berugte)

so oor die 4 km lank, maar net ’n kwart hiervan is vir besoekers oopgestel.

Desondanks is dit verstommend om te aanskou:

Duiwel se Skoorsteen, wat bereik word nadat jy eers deur die Tonnel van Liefde (op sy laagste net 30 cm hoog) geskuifel het. Die skoorsteen self is net sowat 45 cm wyd met ’n styl klim van 3.5 m en ’n “ontsnapgaping” van net 27 cm hoog.

Wat hindernisse betref, is daar enigiets van hangbrûe, tonnels, balanseerpale en

Tarzanswaaie tot klimnette en foefieslaaids.“

Wayne Muller, parkbestuurder: Tuinroete Acrobranch

& V A Agter die skerms met…

Page 4: Garden Route November Issue 2015

4 Kollig op Riversdal

Riversdal het in 1838 rondom die kerk, ’n dogtergemeente

van die Grootkerk op Swellendam, op die plaas Doornkraal ontstaan en is vernoem na Harry Rivers. Vandag huisves die dorp sowat 16 000 hoofsaaklik Afrikaanssprekendes.

Die dorp is deel van die Hessequa-munisipaliteit wat die dorpe Heidelberg en Albertinia langs die N2, Slangrivier tussen die N2 en die Indiese Oseaan, en die kusdorpe Gouritsmond en Stilbaai en sy satellietstranddorpie, Jongensfontein, insluit.

“Die kort afstand na Stilbaai en die ander kusdorpe maak Riversdal die ideale plek om in te woon: nie by die see nie maar ook nie te ver nie,”

1 November 2015

Woorde: Tisha Steyn // Foto's: Aïda Riversdal, Seeff Riversdal, Riversdal Toerisme

Riversdal: weergalose natuurskoon en ’n geruste hart Dié florerende landboudorp is genestel tussen wuiwende graan- en goudgeel kanolalande tussen die Langeberge en die Indiese Oseaan.

sê Kobus Fourie van Aïda. Die asemrowende

natuur skoon van die Langeberg met sy standhoudende riviere en unieke fynbos, is die wonderskone agter grond vir ’n sorgvrye leefstyl in ’n dorp waar misdaad nog net ’n nare droom is wat elders afspeel.

“Riversdal is seker die veiligste plek in die land,” sê Eugene Truter van Seeff.

EIENDOMSMARK BIED BAIE OPSIES Die eiendomsmark is dinamies en bied wonings in die dorp asook kleinhoewes en florerende plase langs standhoudende riviere soos die Breede-, Goukou- en Gouritsrivier.

“Hier is ’n groot verskei-denheid behuising in die

laer prysklas vir beginner-eienaars en afgetredenes, tot wonings in die hoër prysklasse,” sê Fourie.

Volgens Burger kom nuwe intrekkers meestal vanaf ander dorpe of ste de om hier af te tree of te hervestig.

“Ons sien deurlopend belangstelling van mense wat hierheen wil verhuis om weg te kom van die geweld en besige leefstyl in die noordelike provinsies. Huise van tot R1,5 miljoen verkoop vinnig,” sê hy.

Volgens Shanine O’Connell van Era is daar slegs enkele klein eenhede met een tot drie slaapkamers in sekuriteits-komplekse beskikbaar, met pryse tussen R800 000 en R850 000.

“Hier is van twee-slaap-kamertuinhuise tot groter, ouer huise wat soms ’n bietjie liefderyke aandag nodig het,” sê Marianne Hansen van Pam Golding. Gastehuise kom ook soms in die mark. Sowat 30% van Pam Golding se kliënte is afgetredenes en sowat 70% sakemense. Huispryse wissel tussen R850 000 en R3 miljoen.

TOEVLUG VIR BOERE Volgens Fourie is daar heelwat plase in die omgewing beskikbaar

en pryse wissel tussen R850 000 vir 6 ha tot R47 miljoen vir 218 ha. “Die plase verkoop as ’n volledig toegeruste lopende onderneming. Ons kry al hoe meer boere wat plase in die noorde wil verkoop om hier te kom hervestig.”

Truter sê daar is ’n groot verskeidenheid saai-, melk- en besproeiingsplase beskikbaar.

“Dit is ’n gewilde boerdery-omgewing met 70% winterreën en 30% somerreën.”

Volgens Truter verkoop besproeiingsplase vir R80 000 tot R170 000/ha, droë lande van R20 000 tot R70 000/ha, en veld vanaf R2 000 tot R7 000/ha, afhangend van die grootte. Huispryse wissel van R700 000 tot R3 miljoen.

HUISBESOEKModerne mediese geriewe en die volle verskeidenheid mediese personeel maak Riversdal ’n gewilde woon- en aftreeplek. “Uitstekende dokters en tandartse staan gereed om jou met vriendelikheid en vertroue te behandel,” sê Fourie.

Privaat hospitale is beskikbaar in Mosselbaai (109 km) en in George (150 km), waar daar ook ’n lughawe is.

“Hier doen dokters nog huisbesoek,” sê O’Connell.

KINDERPARADYSRiversdal het van die beste skole in die Suid-Kaap. Menige boerseun vind ’n tuiste by die bekende Hoër Landbouskool Oakdale, waar kranige spelers uit omliggende streke vroeg al hul rugbystewels vind.

Die Hoërskool Langen-hoven en Gerrit Maritz is sterk akademiese skole, sowel as die Laerskole Volschenk en Voorwaarts. “Verskeie kleuterskole bied ook dagsorggeleenthede vir kleuters,” sê Fourie.

“Die lewe hier is nie so gejaagd nie en ’n mens kan veilig woon en met gemoedsrus jou kinders grootmaak,” sê O’Connell.

“Hier is nie juis vermaak vir die jonger geslag nie, maar Stilbaai (47 km) is darem net 35 minute en Mosselbaai 45 minute se ry ver,” sê sy.

Sport en uitstappies in die natuur bied ook gesonde vermaak.

“Talle mense kom hierheen vir die skole en die kleindorpse atmosfeer,” sê Hansen.

“Die asemrowende skoonheid van die omge-wing en die vryheid om veilig te stap en fiets te ry, hou die mense hier.”

Riversdal is seker

die veiligste plek in die land. “

Page 5: Garden Route November Issue 2015

Kollig op Riversdal 51 November 2015

en pryse wissel tussen R850 000 vir 6 ha tot R47 miljoen vir 218 ha. “Die plase verkoop as ’n volledig toegeruste lopende onderneming. Ons kry al hoe meer boere wat plase in die noorde wil verkoop om hier te kom hervestig.”

Truter sê daar is ’n groot verskeidenheid saai-, melk- en besproeiingsplase beskikbaar.

“Dit is ’n gewilde boerdery-omgewing met 70% winterreën en 30% somerreën.”

Volgens Truter verkoop besproeiingsplase vir R80 000 tot R170 000/ha, droë lande van R20 000 tot R70 000/ha, en veld vanaf R2 000 tot R7 000/ha, afhangend van die grootte. Huispryse wissel van R700 000 tot R3 miljoen.

HUISBESOEKModerne mediese geriewe en die volle verskeidenheid mediese personeel maak Riversdal ’n gewilde woon- en aftreeplek. “Uitstekende dokters en tandartse staan gereed om jou met vriendelikheid en vertroue te behandel,” sê Fourie.

Privaat hospitale is beskikbaar in Mosselbaai (109 km) en in George (150 km), waar daar ook ’n lughawe is.

“Hier doen dokters nog huisbesoek,” sê O’Connell.

KINDERPARADYSRiversdal het van die beste skole in die Suid-Kaap. Menige boerseun vind ’n tuiste by die bekende Hoër Landbouskool Oakdale, waar kranige spelers uit omliggende streke vroeg al hul rugbystewels vind.

Die Hoërskool Langen-hoven en Gerrit Maritz is sterk akademiese skole, sowel as die Laerskole Volschenk en Voorwaarts. “Verskeie kleuterskole bied ook dagsorggeleenthede vir kleuters,” sê Fourie.

“Die lewe hier is nie so gejaagd nie en ’n mens kan veilig woon en met gemoedsrus jou kinders grootmaak,” sê O’Connell.

“Hier is nie juis vermaak vir die jonger geslag nie, maar Stilbaai (47 km) is darem net 35 minute en Mosselbaai 45 minute se ry ver,” sê sy.

Sport en uitstappies in die natuur bied ook gesonde vermaak.

“Talle mense kom hierheen vir die skole en die kleindorpse atmosfeer,” sê Hansen.

“Die asemrowende skoonheid van die omge-wing en die vryheid om veilig te stap en fiets te ry, hou die mense hier.”

EIENDOMSPRYSE IN RIVERSDAL

n ’n Tipiese eiendom wat in Riversdal te koop is, is ’n drieslaap­kamerhuis teen ’n gemiddelde vraprys van R1,075 miljoen.n 95% van eiendom te koop is huise teen ’n gemiddelde vraprys van R930 000.n 5% van eiendom te koop is in ’n gebouekompleks, teen ’n gemiddelde vraprys van R1,16 miljoen.n Geen woonstelle word te koop aangebied nie.n Sowat 9% van alle gelyste Tuinroete­eiendom kom van die Riversdal­omgewing.

Page 6: Garden Route November Issue 2015

6 Eiendomsnuus

Woorde: Tisha Steyn // Foto: ISTOCK

Wanneer jy meer geld uitgee as wat jy verdien en nie

jou betalingsverpligtinge kan nakom nie, kry jy ’n swak kredietrekord. Die Nasionale Kredietwet (NKW) se doel is om te verseker dat mense nie oorverskuldig raak nie – met ander woorde nie meer leen as wat hulle

Goeie betalers kry beter kanse

kan terugbetaal nie, sê Endus Wessels, finansiële konsultant van Standard Bank op Oudtshoorn.Wanneer jy vir ’n verband aansoek doen, moet die bank jou kredietwaardigheid nagaan: n Die bank kyk of jy tans krediteure het en of jy jou betalingsverpligtinge nakom;

’n Swak kredietrekord kan jou kanse om ’n verband te kry, lelik kelder. Daar’s tans omtrent

50 huurders vir elke gelyste eiendom. Huurders kan hulself ’n voorsprong gee deur in te teken op Private Property se Hot Rentals-produk, want dan kry jy ’n e-pos of SMS ’n uur voor enigiemand anders. SIMON BRAY, UITVOERENDE HOOF VAN PRIVATEPROPERTY.CO.ZA

n Die bank kyk of jy ’n verband kan bekostig: slegs 30% van jou bruto-inkomste mag aan ’n huispaaiement afgestaan word en nog 10% van jou inkomste moet beskikbaar wees vir ander uitgawes, soos erfbelasting, water en elektrisiteit wat gepaard gaan met die besit van eiendom.

HOE LYK JOU KREDIETREKORD? Alle banke is gekoppel aan ’n kredietburo en kan oombliklik vasstel wat jou kredietrekord is. Indien jy ’n treurige kredietrekord het, moet jy kan bewys dat jou skuld gedelg is. Terselfdertyd moet jy sorg dat jou bankbalans positief bly, sê Wessels.

VERBETER JOU KREDIETREKORD n Besnoei uitgawes: moenie meer uitgee as wat jy verdien nie. Hoe meer geld deur jou bankrekening vloei, hoe beter lyk jou kredietrekord by die bank.n Moenie toelaat dat debietorders of tjeks

terugverwys word weens onvoldoende fondse nie.n Betaal jou rekeninge en jou verbandlening stiptelik. Kleiner, gereelde betalings wys jy poog om jou lening terug te betaal.n Moenie nuwe skuldverpligtinge aangaan nie. Alle ekstra uitgawes wat jou inkomste verder oorskry, gaan jou vermoë om jou lening te bekostig, kelder.

AS JY NIE KAN BETAAL NIEWessels stel voor dat indien jy om een of ander rede nie jou betalingsverpligtinge kan nakom nie, jy die situasie onverwyld aan jou leningsinstansie moet

verduidelik. Die meeste leningsinstansies kan help om jou verbandpaaiement te herstruktureer deur: n jou verbandtermyn te verleng om jou paaiemente te verminder;n jou toelaat om die agterstallige bedrag geleidelik af te betaal saam met jou gewone paaiemente;n jou toelaat om in die huis te bly terwyl jy die huis verkoop en ander blyplek soek; of n skuldberading voorstel wat jou kan help om uit die verknorsing te kom. ’n Skuldberader help jou begroot en sal namens jou met kredietverskaffers onderhandel.

1 November 2015

AAalwyndal 8BBayview 8,11DDanabaai 8De Rust 10Diaz Strand 8,9,11Dwarswegstrand 12FFraai Uitsig 11,12GGlentana 12Groot Brakrivier 12HHartenbos 8,10,12Hartenbos Heuwels 10,11

EiendommeMoenie die maandelikse hoogtepunte oor eiendomme, leefstyl en doendinge – van Bloemfontein tot die Tuinroete – misloop nie

Kry ons elke eerste Sondag van die maand in Rapport

Page 7: Garden Route November Issue 2015

verduidelik. Die meeste leningsinstansies kan help om jou verbandpaaiement te herstruktureer deur: n jou verbandtermyn te verleng om jou paaiemente te verminder;n jou toelaat om die agterstallige bedrag geleidelik af te betaal saam met jou gewone paaiemente;n jou toelaat om in die huis te bly terwyl jy die huis verkoop en ander blyplek soek; of n skuldberading voorstel wat jou kan help om uit die verknorsing te kom. ’n Skuldberader help jou begroot en sal namens jou met kredietverskaffers onderhandel.

Areagids AgentegidsTuinroeteDe Kaap Eiendomme 12Hartenbos Eiendomme 8-9Japie Krige Eiendomme 10Johan Viljoen Eiendomme 11Nedbank 7,13Private Property 16Propmann 10Seebou Eiendomme 12

KwaZulu NatalRe/MAX International Property Group 12

AAalwyndal 8BBayview 8,11DDanabaai 8De Rust 10Diaz Strand 8,9,11Dwarswegstrand 12FFraai Uitsig 11,12GGlentana 12Groot Brakrivier 12HHartenbos 8,10,12Hartenbos Heuwels 10,11

Heiderand 8Heroldsbaai 10IIsland View 11K 15Klein Brakrivier 12M Monte Christo 10,11Mosselbaai 8,10,11NNum Num Eco Estate 8OOuteniquastrand 12RReebok 10,12Riversdal 10Ruiterbosch 10

TTergniet 12SSantos 8,11Seemeeuhoogte 11Seemeeupark 8VVleesbaai 10

Oos KaapGGrahamstad 8

KwaZulu NatalIIllovo Strand 12

Eiendomme

Tuinroete

SperdatumsPublikasiedatum Spertyd vir

besprekingsMateriaal-spertyd: Promosie-artikels

Materiaal-spertyd: Ander

06 Desember 2015 16 November 2015 18 November 2015 23 November 2015

07 Februarie 2016 17 Januarie 2016 19 Januarie 2016 24 Januarie 2016

06 Maart 2016 14 Februarie 2016 16 Februarie 2016 21 Februarie 2016

03 April 2016 13 Maart 2016 15 Maart 2016 20 Maart 2016

ADVERTENSIE-NAVRAE

Jackie Maritz

- 078 133 5211

- [email protected]

Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.

Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in.

nedbank.co.za Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).

Home loanChapter 8

application process

1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN

Home loanChapter 8

application process

2. GET A BOND APPROVAL

Home loanChapter 8

application process

3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME

Home loanChapter 8

application process

4. LOAN IS APPROVED

Home loanChapter 8

application process

5. BOND REGISTRATION

Home loanChapter 8

application process

6. HOME OWNERSHIP

9168

MAKE

HAPPEN

HOME LOANS IN SIX SIMPLE STEPS

Eiendomsforum 71 November 2015

Page 8: Garden Route November Issue 2015

propertyjunction.co.za | 1 November 20158

Page 9: Garden Route November Issue 2015

1 November 2015 | propertyjunction.co.za 9

Page 10: Garden Route November Issue 2015

propertyjunction.co.za | 1 November 201510

Page 11: Garden Route November Issue 2015

1 November 2015 | propertyjunction.co.za 11

Page 12: Garden Route November Issue 2015

propertyjunction.co.za | 1 November 201512

Page 13: Garden Route November Issue 2015

Eiendomsforum 13

Areagids AgentegidsLenova Konstruksie & Ontwikkeling

15Hillside 15Lilyvale 15Wild Olive 15

ADVERTENSIE-NAVRAE Susan Erwee: 083 556 9848, [email protected]

Eiendomme

Bloemfontein

Kollig op: Plett

Foto: Verskaf

Whether you are a first-time buyer or not, we’ll make finding your home sweet home quick and easy with the Nedbank Home Buyer’s Guide. For the full guide and video visit Nedbank.co.za/Homeloans.

Go to nedbank.co.za/homeloans for all you need to know, from the loan application to moving in.

nedbank.co.za Nedbank Limited Reg No 1951/000009/06. Authorised financial services and registered credit provider (NCRCP16).

Home loanChapter 8

application process

1. APPLY FOR YOUR HOME LOAN

Home loanChapter 8

application process

2. GET A BOND APPROVAL

Home loanChapter 8

application process

3. VALUATION OF YOUR DREAM HOME

Home loanChapter 8

application process

4. LOAN IS APPROVED

Home loanChapter 8

application process

5. BOND REGISTRATION

Home loanChapter 8

application process

6. HOME OWNERSHIP

9168

MAKE

HAPPEN

HOME LOANS IN SIX SIMPLE STEPS

Desember

1 November 2015

Page 14: Garden Route November Issue 2015
Page 15: Garden Route November Issue 2015

1 November 2015 | propertyjunction.co.za 15

Page 16: Garden Route November Issue 2015