32
Gebed is die asem van die siel . Dit is die geheim van geestelike krag. Geen ander middel van genade kan dit vervang nie, en die welsyn van die siel so behou nie. Gebed bring die hart in onmiddellike verbintenis met die Lewensfontein…” GOSPEL WORKERS, pp. 254-255 JUNIE 2015

Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

  • Upload
    others

  • View
    5

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

1

“Gebed is die asem van

die siel. Dit is die geheim van

geestelike krag. Geen ander middel

van genade kan dit vervang

nie, en die welsyn van die siel so

behou nie. Gebed bring die

hart in onmiddellike verbintenis

met die Lewensfontein…”

GOSPEL WORKERS, pp. 254-255

J U N I E 2 0 1 5

Page 2: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

2

vanaf die lessenaar van die president‘Kom, Laat Skyn Jou Lig! Jesus Christus Kom Weer! bl 3

100 Dae van Gebed – Sakesitting van die

Wêreldkonferensie 2015 bl 3

oordenking Krag van Gebed bl 4

Gebedskragtige Omgee bl 5

perspektiefStandpunt van die Sewendedag-Adventiste Kerk oor

MENSLIKE VERHOUDINGE … bl 6

sau nuusbrokkies en beskouingsSAU Jeugbedieninge – Hoogtepunte van Wêreldwye Jeugdag bl 7

SAU se Eerste Kampbyeenkoms vir Baanbrekers

– Ons Hoop … Ithembalethu! bl 8

SAU Evangelisasie Departement lewer ‘n “Halleluja!”-Verslag

oor die ‘Sending na die Stede’-Inisiatief bl 10

SAU Opvoedkunde Departement - Helderberg Kollege:

Leer, Ontdek, Groei bl 12

SAU Sabbatskool Departement – Splinternuwe en Kragtige

Bybelstudiegidse vir Nuwe Lidmate bl 18

herleef deur sy woord Bybelleesplan (Jan.-Jul. 2015) bl 14

kinderhoekieMet liefde leer ons die Bybel ken bl 15

BYBELSTUDIEGIDSE VIR SABBATSKOOL 2015 – Bestel Nou! bl 13

TEKENS VAN DIE TYE – ‘n Uitnodiging tot Inskrywing bl 17

kaleidoskoop van gebed en voorbereidingsin die konferensies Strooi dit soos Herfsblare bl 20

Eerste Doopdiens in die nuwe Kerk – Tygerberg-gemeente bl 20

God se Werkswinkel - Empangeni Distrik bl 21

“Wees vandag ‘n Daniël!” – Baanbrekers,

Magaliessig-gemeente bl 22

Van Imam tot Sewendedag-Adventis bl 22

KZNV Gesinsbedieninge – ‘n Verrykingseminaar op ‘n Skip vir

Getroudes en Enkellopendes … bl 23

gesondheidsforum Osteoporose – Die Oorsake en Voorkomings daarvan bl 24

herlewing in fokus Waarom Gebrokenheid Toegelaat word bl 26

‘Liefde Onder Mekaar’ – Ellen G. White bl 27

geestelike krag Die Voorreg van Gebed bl 28

leefstylGEDENK DIE SABBATDAG – Sonsondergangrooster 2015 bl 29

aankondigings ‘N GEBED opgedra aan Vaders, Moeders en ons Jeug bl 30

VERJAARSDAGBEDE aan ons Lesers (April – Junie 2015) bl 30

KENNISGEWINGS van die Sakesittings van ons Konferensies bl 31

SPERDATUMS – Indiening van artikels vir MARANATHA 2015 bl 31

SEVENTH-DAY ADVENTIST CHURCH

INHOUDSOPGAWEKwartaalliks uitgegee deur die

SAU Departement Kommunikasie

Fairviewstraat 2, Bloemfontein, 9301

Tel: (051) 447-8271, Faks: (051) 448-8059

www.adventist.org.za

Redakteur S.G. du Preez

Mede-Redakteurs T. L. Letseli, T. M. Kunene

Uitleg en ontwerp Firefl i Design Studio

+27 (0)83 459 7459

Gids vir die Suider-Afrika Uniekonferensie

SAU ADMINISTRATEURS

President T.L. Letseli

Sekretaris T. M. Kunene

Hoof Finansiële Beampte E.A. Odendaal

Finansiële Beampte M. Mweemba

Assistent Finansiële Beampte H.A. Langford

Assistent Finansiële Beampte H. Munez

DEPARTEMENTELE DIREKTEURE

ADRA J.E. Netshifulani

Aftrede/Pensioen M. Viljoen

Fasiliteite V. Malunga

Gesondheid/Gesinsbediening J.U. Negre

Inligtingstegnologie B. Stepanek

Jeugbediening P.R. Maligudu

Kommunikasie/PARL S.G. du Preez

Korrespondensie Bybelskool J.J. Julies

Ministerieel/PAKIA/Predikantsvrou-Leidsters G.T. du Preez

Rentmeesterskap D.P. Shongwe

MOWCS H.M.M. Engelbrecht

Opvoedkunde G.T. du Preez

PersBediening/VolwasseSS/Adventiste

Sending/GeesvanProfesie G. Reyneke

SEDCOM & Trustdienste A. du Preez

Uitgewery G. Mweemba

Vroue-/Kinderbediening/KinderSS N.Z. Kunene

WK Ouditeursdiens C.J. Haupt

PLAASLIKE KONFERENSIES

Kaap Konferensie – P. R. Gelderbloem, President

Posbus 5961, Walmer, 6065, Tel: (041) 581-0100/1

Kwazulu-Natal Vrystaat Konferensie – M. C. Nhlapo, President

Posbus 740, Pinetown, 3600, Tel: (031) 700-5301

Lesotho Konferensie – A.C. Bohale, President

Posbus 714, Maseru, Lesotho, Tel: (00266) 31-2664

Namibië Konferensie – M. S. Mukubonda, President

Posbus 2144, Windhoek, 9000, Namibië, Tel: (00264) 61 22-8140

Swaziland Konferensie – J. Mahlangu, President

Posbus 562, Manzini, Swaziland, Tel: (00268) 505-2617

Trans-Oranje Konferensie – J.M. Mongwe , President

Posbus 46061, Orange Grove, 2119, Tel: (011) 640-3084

Noordelike Konferensie – D. C. Spencer, President

Posbus 751423, Garden View, 2047, Tel: (011) 616-6800

ISSN 019-5092

JAARGANG 24 NOMMER 2 JUNIE 2015

Page 3: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

3

vanaf die lessenaar van die president

‘KOM, LAAT SKYN JOU LIG! JESUS CHRISTUS KOM WEER!

Wakend en biddend wag ons op Hom. Lukas het die belofte aangeteken wat deur die twee engele gemaak is met Jesus Christus se hemelvaart. Die engele het gesê: “…Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel, sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het.” (Handelinge 1:11, NASB.) Die afwagting van die Wederkoms van Jesus sal die woede aanvuur van die aartsvyand van die Here om ongehoorde gebeure en aanvalle te loods. ‘n Profetiese oog was bevoorreg om ‘n kykie na hierdie gebeure te gee. EG White skryf:

“Ons leef te midde van ‘n “misdaadsepidemie” waaroor denkende, godvresende manne orals ontsteld is. Geen mens is in staat om met sy pen die verdorwenheid te beskryf wat orals heers nie. Elke dag is daar nuwe onthulllings van politieke stryd, omkopery en bedrog. Elke dag bring sy ontmoedigende lys van geweld en wetteloosheid van onverskilligheid teenoor menslike lyding, van dierlike, duiwelse verwoesting van menslike lewens. Elke dag getuig van die toename van kranksinnigheid, moord en selfmoord. Wie kan daaraan twyfel dat sataniese werktuie onder die mensdom al bedrywiger is om die gedagtes af te trek en te verderf en om die liggaam te skend en te vernietig?” E G White, Die Helende Hand, bl. 142, 143.

Die volgende profetiese verklaring is ‘n merkwaardige beskrywing van die hedendaagse gebeure in ons wêreldlande. Sy gaan voort:

“Die nasies is met ‘n gees van regeringloosheid deurtrek, en die uitbarstings wat van tyd tot tyd die afgryse van die wêreld verwek, is maar net die aanduidinge van die onderdrukte vure van losbandigheid en wetteloosheid wat rondom die aarde ellende en verwoesting sal saai wanneer wanneer hulle eenmaal die teuels van bedwang verbreek het. Die beskrywing wat die ingewing ons van die eerste wêreld gegee het, is waarlik ‘n afbeelding van die toestand waarheen die hedendaagse samelewing hom has. Selfs nou in die huidige eeu en in sogenaamde Christenlande, word elke dag net sulke vreeslike en donkere misdade gepleeg as die waarvoor die sondaars van die eerste wêreld verdelg is.

Voor die sondvloed het die Here Noag gestuur om die wêreld te waarsku sodat die mense hulle kon bekeer en so die dreigende verdelging kon ontvlug. Namate die tyd van Christus se wederkoms nader kom, stuur die Here Sy diensknegte uit met ‘n waarskuwing vir die wêreldom hom vir daardie groot ebeurtenis voor te berei. Vele het die wet van God oortree, en nou roep Hy hulle in genade om die heilige voorskrifte te gehoorsaam. Aan almal wat hulle deur geloof in Christus van hulle sondes bekeer, word vergifnis gebied.” E G White, Patriarge en Profete,bl. 102.

Ons getuienis, as ‘n Kerk, vind plaas in soortgelyke toestande as in die van Noag se tyd en prediking. Ons kan vertroosting vind met die aanhoor van die goeie nuus dat diegene wat positief sal reageer op die oproep van die Here om gered te word, verlossing sal vind. Die diensmaagd van die Here verklaar:

“Die toestand van die sake in die wêreld toon dat tye van beproewing op ons wag. Die daaglikse koerante is vol van sulke aanduidings van ‘n geweldige konfl ik in die nabye toekoms. Onbeskroomde inbrake is ‘n gereelde gebeure. Stakings is deel van die alledaagse lewe. Diefstal en moord word aan elke hand gepleeg. Duiwelbesete mense neem die lewens van mans, vrouens en klein kindertjies. Mense het behep geraak met kriminele misdaad, en elke soort boosheid wat heers.” E G White, Testimonies to the Church, deel 9, bl. 11.

“KOM, LAAT SKYN JOU LIG! CHRISTUS KOM WEER!”

Dr TL Letseli

SAU President

100 Dae van Gebed – Sakesitting van die Wêreldkonferensie 2015

Stel u miljoene Sewendedag-Adventiste rondom die wêreld voor wat vir 100 dae bid vir dieselfde saak! Vanaf 25 Maart tot 11 Julie 2015, wil ons u aanmoedig om saam met miljoene ander te bid vir die teenwoordigheid en krag van die Heilige Gees, om ten volle ervaar te word deur ons kerklede gedurende die Sakesitting van die Wêreldkonferensie, 2-11 Julie 2015 in San Antonio, Texas, VSA.

WAT KON GEWEES HETNa die Sakesitting van die Wêreldkonferensie in 1901, het Ellen White ‘n visioen gehad waarin sy gesien het dat diegene wat in die vergaderings was, reageer het op die infl uisteringe van die Heilige Gees om deur verootmoediging, belydenis van sondes en die verwydering van alles wat skeiding bring tussen die geledere onder mekaar en die een teenoor die ander medegelowige. Dit was opgevolg deur vurige bede, lofl iedere en die klaarblyklike teenwoordigheid van die Heilige Gees. (Lees Testimonies, Deel 8, ble 104-106.) Toe sy wakker word uit die visioen, het sy besef dat hierdie deurbraak nie plaasgevind het soos die Here verlang het nie. Verharde deelgenote het die eenheid verhoed wat die Here so begeer het onder Sy kinders. Diep teleurgesteld het Ellen hieruit verstaan dat die Here kon gekom het in hulle leeftyd! Maar Sy kinders het nie hulle gedagtes, vooropgestelde idees en opinies oorgegee aan die leiding van die Heilige Gees nie.

DIT KAN STEEDS NOG WEES!“Wat kon gewees het” vir 1901, kan steeds nog wees vir 2015! Jesus nooi ons uit om saam te verenig, en te bid dat Sy krag ‘n deurbraak in die harte van individue sal maak en so Sy Wederkoms sal inlei. Wil u nie u gesin, u vriende, u gemeente se kerklede nooi om aan te sluit by die 100 DAE VAN GEBED-inisiatief nie, terwyl ons die wil van die Here versoek vir die Sakesitting van die Wêreldkonferensie? U kan ook na ‘n video van 28 minute lank kyk, wat ‘n weergawe van hierdie visioen uitbeeld by die aanlynskakel te www.100daysofprayer.org waar u ook vir deelname kan registreer.

Page 4: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

4

oordenking

KRAG VAN GEBED

GEBED bied die grootste mag op aarde. Dit is noodsaaklik vir ‘n mens se geestelike groei en dit is die doeltreffendste middel waardeur ons ander vir Christus kan bereik. Ellen White het die volgende geskryf, rakende gebed en die Christen se geestelike groei:

“Gebed is die asem van die siel. Dit is die geheim van geestelike krag. Geen ander middel van genade kan dit vervang nie en die welsyn van die siel so behou nie. Gebed bring die hart in onmiddellike verbintenis met die Lewensfontein, en versterk die senuwee en spiere van die godsdienstige ervaring” (Gospel Workers, bl. 254, 255). Mev. White het ook die noodsaaklikheid herken van gebed wanneer andere na Christus gelei word.

“Deur vele gebede behoort u vir ander siele te arbei, want dit is die enigste metode waardeur u harte kan bereik. Dit is nie u werk nie, maar die werk van Christus aan u sy, wat harte oorhaal” (Evangelism, bl. 342). Die Here sal u pogings seën soos u biddend werk om ander nader aan Christus en Sy kerk te bring. Wanneer u bid vir, en werk vir diegene op u gebedslys, sal die Here nie alleenlik u gebruik om ander na Christus te bring nie; Hy sal u ook nader na Hom toe trek. Ellen White het hierdie dubbelvoudige seën verstaan toe sy geskryf het:

“Soos u werk om u eie gebede beanwoord te kry, sal u ervaar dat God Homself aan u openbaar ... Begin nou om hoër en hoër te reik. Ag die hemelse dinge hoër as die aardse aantreklikhede en verleidings ... Leer hoe om te bid; leer hoe om ‘n intelligente en duidelike getuienis te gee, en die Here sal deur jou verheerlik word” (The Upward Look, bl.256).

“Hulle volhardende gebede sal siele na die kruis beweeg. In samewerking met ons selfopoffernede pogings, sal Jesus deur harte beweeg, wonderwerke bewerk in die bekering van siele” (Testimonies for the Church, deel 7, bl.27).

Die Krag van die Heilige Gees Na Sy opstanding, het Jesus bevel gegee aan Sy dissipels dat hulle moes wag op die belofte om die doop van die Heilige Gees te ontvang voordat hulle kon uitgaan om aan die wêreld die evangelie te verkondig (Handelinge 1:4-8). Alhoewel hulle drie en ‘n half jaar daagliks saam met Christus gewandel het deelgeneem het aan hierdie bediening van wonderwerke, was hulle steeds nie gereed om vir Hom te getuig nie. Hulle moes wag om die krag van die Heilige Gees te ontvang. Eers nadat hulle die doop van die Heilige Gees ontvang het op die Pinksterdag, was hulle bemagtig soos nooit tevore nie, om te getuig vir Christus.

“En toe die dag van die pinksterfees aangebreek het, was hulle almal eendragtig bymekaar. En daar kom skielik uit die lug ‘n geluid soos die van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur wat hulleself verdeel het en op elkeen van hulle gaan sit. En hulle is almal vervul met die Heilige Geese en het begin spreek in ander tale, soos die Gees aan hulle gegee het om te spreek.” (Handelinge 2:1-4).

Die doop van die Heilige Gees (ook die inwoning van die Heilige Gees genoem) is so noodsaaklik vir ons persoonlike geestelike groei en ons getuienis aan andere. Dit versterk ook ons verhouding met die Here. Ons sal groei in die Gees-gevulde ondervinding, en ons gebedslewe sal meer konstant en effektief word. Laat ons Hom vra om ons te help om ‘n hegter verhouding met Jesus te ontwikkel en uit te reik na hulle wie die Here op ons harte plaas, wie eens die waarheid geken het, maar wat ontglip het, of wie nooit die waarskuwingsboodskap geken het wat die Here bied om die wêreld voor te berei vir Christus se spoedige wederkoms nie.

Uit ‘n aanlyn-uittreksel: 40 DAYS Prayers and Devotions to Revive Your Experience with God by: Dennis Smith at: www.40daysdevotional.com

Page 5: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

5

GEBEDSKRAGTIGE OMGEE oordenking

SOOS JY VOORBEREIDINGS TREF om op hierdie reis te gaan waarin jy ‘n hegter verhouding met Jesus wil ontwikkel en om uit te reik na diegene wat God op jou hart geplaas het, kan jy hierdie paar stappe volg:

Soek ‘n gebedsvennootJy sal jou gebedsvennoot daagliks kontak om die volgende saam te doen: 1. Deel julle insigte oor die bybellesing van die dag;2. Bespreek jou persoonlike oordenking en vrae;3. Bid vir mekaar;4. Bemoedig mekaar elke dag om te bid vir die vyf mense wat jul elk op julle lyste het: 5. Herinner mekaar om aan die vyf mense op julle lyste te toon dat julle omgee.

Bid dat Gid aan jou sal toon vir wie jy behoort te bidGedurende ‘n sekere tyd sal jy bid vir vyf mense. Vra die Here vir leiding terwyl jy hierdie individue kies.

Kies vyf mense vir wie jy wil bidDiegene op jou gebedslys mag gesinslede wees, of familie, of vriende, of mede-kollegas. Hulle mag individue wees wat die kerk verlaat het of nooit kerklede was nie. (Hulle behoort individue te wees wat in jou area woon ten einde uitgenooi te word na die kerk, iewers gedurende ‘n biduur of spesiale uitreik, of besoekersdag.)

Kontak elkeen van die vyf persone wat jy gekies hetJy kan kies om hierdie individue persoonlik te kontak deur die foon, deur e-pos, of deur die pos. Hieronder volg ‘n voorbeeld wat jy kan kies om te gebruik wanneer jy in verbinding tree met die individue wat jy gekies het: Aan die begin van _____________ het my kerk ‘n spesiale fokus op gebed, en het ek ‘n versoek ontvang om vyf individue te kies om spesiaal voor te bid gedurende hierdie tyd. Aangesien jy my _________________ (voorbeelde: my vriendin, my broer, my buurvrou, my mede-kollega) is, het ek spontaan daaraan gedink om vir jou te bid. Dit sal my voorreg wees as jy my kan laat weet watter spesifieke gebedsversoeke jy het, sodat ek kan weet hoe om te bid gedurende hierdie gebedseisoen. Ek hoop om gou van jou te hoor. Ek sal jou op hoogte hou. Dankie, en innige seen.

Ontwerp ‘n gebedskaart met elke individu se besonderhede om jou op hoogte te hou Hierdie kaart mag moontlik die volgende besonderhede bevat: name, foonnommers, e-posadresse, adresse; ook die gebedsversoeke van elke individu; punte van belang of om te onthou gedurende die gebedseisoen, omgee-aktiwiteite.

Bid elke dag vir hierdie individueWanneer jy bid, maak ten behoewe van hulle aanspraak op die skrifgedeeltes hieronder. Dit is geneem uit ‘The Praying Church Sourcebook, ble. 128,129.

1. Dat die Here hulle na Hom toe sal trek (Joh. 6:44).2. Dat hulle mag begeer om die Here te ken (Hand. 17:27).3. Dat hulle die Woord van God glo (1 Tess. 2:13).4. Dat die Satan verhoed mag word om hulle te verblind vir die waarheid en dat sy invloede in hulle lewens “neergewerp” sal word (2 Kor. 4:4; 10:4-5).5. Dat die Heilige Gees in hulle sal werk (Joh. 16:8-13).6. Dat hulle van sonde sal wegdraai (Hand. 3:19).7. Dat hulle in Christus as die Here mag glo (Matt. 7:21).8. Dat hulle Christus as Here sal gehoorsaam (Matt. 7:21).9. Dat hulle wortel mag skiet en groei in Christus (Kol. 2:6, 7).

Oorweeg biddend watter aktiwiteite gebruik kan word om te toon dat jy omgeeDie volgende lys behels voorstelle van dinge wat jy kan doen vir diegene op jou gebedslys om te toon dat jy vir hulle oomgee. Maak byvoegings tot hierdie lys soos die Here jou lei.

1. Vertel hulle wat jy oor hulle waardeer.2. Stuur aan hulle ‘n bemoedigende leesstukkie.3. Skakel hulle en bid saam met hulle.4. Nooi hulle vir aandete tuis by jou huis.5. Nooi hulle om saam met jou iewers te gaan eet.6. Stuur aan hulle ‘n verjaarsdagkaartjie.7. Stuur ‘n bemoedingskaartjie oor wat die Here in jou hart geplaas het.8. Neem ‘n tuisbereide gereggie oor na hulle toe. 9. Nooi hulle om saam inkopies te gaan doen of na ‘n museum te gaan.10. Stuur ‘n simpatie- of beterskapkaartjie wanneer nodig.11. Gee aan hulle kind ‘n verjaarsdagkaartjie en geskenk wanneer dit gepas is.12. Nooi hulle om kerk toe te gaan saam met jou.13. Op die gepaste tyd, vra of hulle daarvan sou hou om Bybelstudies te ontvang.

‘n Aanlynuittreksel van: 40 DAYS Prayers and Devotions to Revive Your Experience with God by: Dennis Smith at the online link: www.40daysdevotional.com

“Vandag wil ek méér doen as omgee,Ek wil HELP.

Vandag wil ek méér doen as vergewe,Ek wil VERGEET.

Vandag wil ek méér doen as kinders leer,Ek wil hulle INSPIREER.

Vandag wil ek méér doen as gee,Ek wil DIEN.

Vandag wil ek méér doen as lewe,Ek wil GROEI.

Vandag wil ek méér doen as net vriendelik wees,Ek wil ‘n VRIEND WEES.

-William Arthur Ward-

Page 6: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

6

perspektief

STANDPUNT VAN DIE SEWENDEDAG-ADVENTISTE KERK OOR MENSLIKE VERHOUDINGE …

Volgens die Boek van Handelinge, teken Dr Lukas, toenemende en ongekende kerkgroei aan, net na die hemelvaart van Jesus Christus (Handelinge 6:1-7). Enige groei of ontwikkeling skep nuwe uitdagings en geleenthede. Een van die uitdagings van ontwikkeling in Handelinge 6:1-7 was die openbaring van rassisme of stamorganisasie tussen die lede van die nuutgevormde Nuwe Testamentiese Kerk. Die openbaring van rassisme of stamorganisasie in die kerk was slegs ‘n weerspieëling van die toestand van die samelewing in die Nuwe Testament-era. Dit blyk, volgens Handelinge 6:1-7 dat die samelewing die Kerk verander het, in plaas daarvan dat die Kerk die samelewing beïnvloed het. Geskiedkundiges het ‘n reeks van wêreldwye gewelddadighede na verwys en opgeteken, wat deur rassisme of stamorganisasie, etnosentriese oortuigings, en allerhande soorte fobies, aangevuur was.1 Suid-Afrika is dit nie gespaar nie; Suid-Afrika is geen uitsondering op die reël nie. Hierdie samelewing (Suid-Afrika) ondervind voortdurende gesindhede en houdings van rassisme, stamorganisasie, en die jongste sogenaamde xenofobiese (vreemdelingsvrees-) aanvalle. Die Sewendedag-Adventiste Kerk het ‘n Bybel-gebaseerde posisie ten opsigte van menslike verhoudinge. Daar is drie verklarings, naamlik: “ ‘n Verklaring oor Menslike Verhoudinge,” “’n Verklaring oor Rassisme ,” en “’n Verklaring oor Verdraagsaamheid.” 2 Hier volg die Kerk se standpunte:

1. ‘n Verklaring oor Menslike Verhoudinge3

Sewendedag-Adventiste betreur alle vorms van diskriminasie en poog om alle vorms van diskriminasie – gebaseer op ras, stam, nasionaliteit, kleur, of geslag, te bekamp. Ons glo dat elke mens geskape is in die beeld van God, wat al die nasies uit een bloed gemaak het (Handelinge 17:26). Ons poog om die versoenende bediening van Jesus Christus uit te dra, wie vir die hele wêreld gesterf het omdat daar in Hom “geen Jood of Griek is nie” (Galasiërs 3:28). Enige vorm van rassisme eet die hart uit die evangelie. Een van die mees onrusbarende aspekte van ons tyd is die openbaring van rassisme en stamorganisasie in baie samelewings - somtyds met geweld, en altyd met die beswaddering van manne en vroue. As ‘n wêreldwye liggaam in meer as 200 nasies, beywer Sewendedag-Adventiste hulle om aanvaarding, liefde, en respek teenoor almal te openbaar, en om hierdie helende boodskap regdeur die hele wêreld te versprei. Die gelykheid van alle mense is een van die leringe van ons kerk. Ons Leerstellings, nr. 13 verklaar: “In Christus is ons ‘n nuwe skepping; onderskeidings van ras, kultuur, geleerdheid en nasionaliteit, en verskille tussen hoog en laag, ryk en arm, manlik of vroulik, moet nie verdeeldheid onder ons bring nie. Ons is almal gelyk in Christus, wat deur een Gees ons gebind het tot gemeenskap met Hom, en met mekaar; ons behoort te dien en bedien te word sonder partydigheid of voorbehoud.”

2. ‘n Verklaring oor Rassisme4

Een van die verfoeilike booshede van ons dag is rassisme, die oortuiging, praktyk of veronderstelling wat aanneem dat ‘n sekere ras of rassegroep meerderwarig is en ‘n ander ras of rassegroep beskou of hanteer as minderwaardig; en daarom die reg voorbehou om te domineer, te diskrimineer en te segregeer. Terwyl die sonde van rassisme ‘n eeue-oue verskynsel (gebaseer op onkunde, vrees, vervreemding, en valse trots) is, het van die afskuwelikste openbaringe in ons tyd plaasgevind. Rassisme en irrasionele vooroordele funksioneer in ‘n bose kringloop. Rassisme is tussen die ergste ingewortelde vooroordele wat sondige mense kenmerk. Die gevolge is oor die algemeen meer vernietigend, aangesien dit maklik permanent ingestel en gewettig word en in ekstremistiese openbaringe kan dit lei tot sistematiese vervolging en rasseslagting (menseslagting). Die Sewendedag-Adventiste Kerk betreur alle vorme van rassisme, insluitende die politieke beleid van apartheid met sy gedwonge segregasie

en gewettigde diskriminasie. Sewendedag-Adventiste wil graag getrou wees aan die versoenende bediening wat opgedra is aan die Christelike kerk. As ‘n wêreldwye gemeenskap van geloof, is dit die begeerte van die Sewendedag-Adventiste om in eie geledere te getuig van eenheid en liefde en dit uit te leef wat rasseverskille oortref en rassevervreemdinge van die verlede oorkom. Die Skrif leer duidelik dat elke persoon geskape is in die beeld van God, wat “uit een bloed alle nasies van die mensdom [ge]maak [het] om oor die hele aarde te woon” (Hand. 17:26). Rassediskriminasie is ‘n oortreding teen ons medemens, wat geskape is in God se beeld. In Christus “is daar nie Jood of Griek nie” (Galasiërs 3:28). Daarom is rassisme inderdaad kettery en inderwaarheid ‘n vorm van afgodediens, aangesien dit die vaderskap van God beperk deur die ontkenning van broerskap met die hele mensdom, en dit die superioriteit van ‘n eie of spesifieke ras verhef.

3. ‘n Verklaring van Verdraagsaamheid5

Sewendedag-Adventiste ondersteun die Verenigde Nasies se Verklaring van 1995 as die Jaar van Verdraagsaamheid (Toleransie). Hierdie verklaring het baie tydig verskyn met die onverdraagsaamheid wat heers in alle vastelande —dweepsieke godsdienstige ekstremisme, rassisme, stamorganisering, etniese reiniging, linguistieke vyandskap, en ander vorme van terrorisme en geweld. Christene dra hulle deel van die blaam vir die vooroordeel en onmenslikheid teenoor mense. Verdraagsaamheid, die kapasiteit om ongunstige omstandighede te verduur, is slegs ‘n begin. Christene en alle goedwillige mense, behoort hierdie negatiewe konsep te oortref en simpatie te ontwikkel vir die veronderstellings of praktyke wat nie net verskil nie, maar wat selfs in konflik is met die van die eie. Dialoog is sekerlik heelwat beter as hekelskrif. Die mensdom moet leer om saam te stem of te verskil sonder geweld; dit moet in die vermoë wees om verskeie standpunte te bespreek sonder wrok of haat. Dit beteken nie volgsaamheid of willose onderwerping nie, maar vennootskap en respek vir die gelyke regte van andere. Elke persoon het die reg en die verantwoordelikheid om met besieling en krag uitdrukking te gee aan idees en ideale, maar sonder om die kookpunt te bereik van geweldige woorde of handelinge. Laastens, verdraagsaamheid op sy beste, beteken nie slegs aanvaarding van ander se standpunte of van mense nie, maar om te beweeg in welwillendheid, meegevoel, en begrip teenoor ander – teenoor elke ander mens.

Dr TL Letseli, SAU President

1 Anup Shah, “Racism,” http://www.globalissues.org/article/165/racism Toegang op 22 April 2015.2 Seventh-day Adventist Church, Statements, Guidelines, & Other Documents (General Conference of the Seventh-day Adventist Church, printed by Review & Herald Publishing Association), [1996] 2010.3 Hierdie verklaring was goedgekeur en gestem deur die Wêreldkonferensie van Sewendedag-Adventiste se Administratiewe Komitee [Administrative Committee (ADCOM)] en was vrygestel deur die Kantoor van die president, Robert S. Folkenberg, by die Wêreldkonferensie te Utrecht, Netherland, 29 June – 8 July 1995.4 Hierdie openbare verklaring was vrygestel deur die Wêreldkonferensie president, Neal C. Wilson, na beraadslaging met die 16 wêreldpresidente van die Sewendedag-Adventiste Kerk, op 27 Junie 1985, by die Sakesitting van die Wêreldkonferensie te New Orleans, Louisiana.5 Hierdie verklaring was goedgekeur en gestem deur die Wêreldkonferensie van die Sewendedag-Adventiste se Administratiewe Komitee [Administrative Committee (ADCOM)] en was vrygestel deur die Kantoor van die president, Robert S. Folkenberg, by die Sakesitting van die Wêreldkonferensie te Utrecht, Netherland, 29 June -8 July 1995.

Page 7: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

7

SAU JEUGBEDIENINGE HOOGTEPUNTE VAN DIE WÊRELDWYE JEUGDAG 2015Mapoteng-Streek, Noordelike Distrik, Lesotho Konferensie

sau nuusbrokkies en beskouings

Dit was ‘n gedeeltelik-bewolkte en koel oggend toe ons opgestaan het om met die beplannings van die verwagte wêreldwye Jeugdag 2015 te begin. Die jeugleiers het vroegoggend by die leraar se huis bymekaar gekom om die kledingstukke uit te sorteer en te verpak, terwyl hulle in afwagting was op die aankoms van die kospakkies vanuit Bloemfontein, Suid-Afrika. Oor die dertig jongmense het vergader. ‘n Mens kon die opgewondenheid aanvoel – dit sou beslis ‘n avontuurlike dag wees!

Die jeug het aanbeweeg na die hek toe, waar hulle in twee groepe verdeel het. Hulle was die edel taak opgelê om klerepakkies tussen die naby-geleë gesinne te versprei. Die klere was geskenk deur die studente van die Maluti Adventiste Kollege asook van die paar gesinne in die Maluti-gemeenskap. Daar was ‘n oorweldigende reaksie van die gemeenskap! Dit het goed bygedra tot die klereskenkings van die Dorkasvereniging van die SDA-Kerk, Maluti. Terwyl almal gereed was om die klerepakkies te versprei, het ‘n uitdaging na vore gekom: die kospakkies het nog nie opgedaag nie en dit het duidelik geword dat hulle nog vir ‘n hele ruk oponthoude sou hê. Die jeug het toe besluit om solank die klein dorpies binne te gaan en die klere te versprei. Hierdie edel taak is uitgevoer met oorgawe en toewyding en teen vroegmiddag was hierdie spesiale sending voltooi. Die tweede jeuggroep het hulle ‘uitreik’ teen middagetenstyd afgehandel. En 21 gesinne was besoek!

Die jongmense het by die verskeie gesinne se huise aangekom en verduidelik wie hulle was. Daar was groot waardering van die gesinne wat besoek was. Daarna het hulle saamgesing en gebid met die gesinne voordat hulle die klerepakkies uitgedeel het. Al die gesinne was agtergelaat met ‘n boodskap dat die jeug weer terug sou wees met ‘n volgende besoek voor die einde van daardie dag! Hierdie besoek het die aflewering van die kospakkies behels wat teen ongeveer 10:00 daardie Sabbatoggend afgelewer is. Na ‘n taai stryd en ernstige besprekings met die doeanebeamptes by die grensposte, wat reeds 40 pakkies suiker en boontjies gekonfiskeer het, is die voedselpakkies deurgelaat. Ons het groot waardering vir die Maluti Adventiste Hospitaal hierin, wat die vervoer van die kospakkies van Mobiele Etes SA bemoontlik het; en ook die onderhandelings vir die veilige vervoer van die kospakkies oor die Lesotho-grens verwesenlik het.

Mobiele Etes Gemeenskapsdienste, SA het 40 kospakkies geskenk wat 10kg mieliemeel, 10kg stampmielies, suiker, boontjies, sout, ingelegde vis, soppakkies en kookolie, ingesluit het. Mag die Here hierdie organisasie seën soos hulle voortgaan om die mense oor die hele Suider Afrika te bedien deur broodnodige voorrade aan verskeie gemeenskappe te voorsien. Ons wil ook die GGED bedank deur die leierskap van Dr. Gift Mweemba, vir die skenking van die “Groot Hoop”-boekies in Sesotho asook die “When God Said Remember” se Sesotho-uitgawes. Elke gesin het ‘n eksemplaar ontvang van elk van die boekies. So kan ons met reg getuig dat “Hoop in elke Huis” gelaat was. Wat’n seën was dit om lewende boodskappers van hoop te wees vir diegene wat dit die meeste nodig gehad het! Ons bid dat die Here ons sal help om die liefde van Christus uit te leef in ons persoonlike lewens.

Ler Lerato Thotolo Mapoteng-Streek, Noordelike Distrik, Lesotho Konferensie

Die jeug van die SDA Kerk, Maluti dra hulle WJD T-hempde.

Die jeug gee kospakkies aan ‘n bejaarde vrou te Ha-Khotso Village, Mapoteng.

Die jeug lewer hulle skenkings van liefde aan een van die behoeftige gesiine van Popopo, Mapoteng.

Die jeug dra kospakkies na die behoeftige gesinne in die klein dorpies van Mapoteng.

Page 8: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

8

sau nuusbrokkies en beskouings

Die Suider Afrika Uniekonferensie se eerste kampbyeenkoms vir Baanbrekers het plaasgevind te Dundee, Kwazulu Natal Provinsie, vanaf 5-11 April 2015. Dit was ‘n massale onderneming met ongeveer 3 000 Baanbrekers (en hulle ondersteuners) wat bygewoon het. Ten spyte van die baie uitdagings – nie ongewoon van alle eerstes nie - was hierdie geleentheid ‘n amptelike treffer tussen die baanbrekeres en ander wat bygewoon het. Die openingseremonie was vereer deur die bywoning van die SID Jeugdirekteur, Ler. Busi Khumalo, asook die nommer een inwoner van Dundee, die Uitvoerende Burgemeester, die Eerbare Mnr T Mahaye.

Die tema van die kampbyeenkoms was ‘Ithembalethu– Our Hope’. Hierdie tema het dit ten doel gehad dat die jeug, deur God se genade, uitgedaag sou wees om toe te laat dat Jesus en Sy invloed ‘n sentrale plek in hulle lewens sou inneem. Tweedens, was die doel van hierdie byeenkoms om Jesus te verhef as die ENIGSTE HOOP vir die mensdom. Buiten die talle honneurs wat aangebied was (insluitende die nuwes vir hand- en kunsvaardighede) was daar opwindende uitstappies en aktiwiteite soos: perdry, ‘n besoek aan die leerfabriek en aan die plaaslike museum asook ‘n goed-georganiseerde gemeenskapsuitreik-program. Tydens hierdie uitreikprogram, ( in samewerking met die Mobiele Etes Gemeenskapsdienste SA), het die Baanbrekers eenhonderd kospakkies

uitgedeel aan die plaaslike gemenskap. Dit was vriendskapsevangelisasie op sy beste! En dan was daar die marsjeeroefeninge, speletjies en die kultuurdag wat ‘n kaleidoskoop van diversiteite uitgelig het van Swaziland, Lesotho, Kanada, Malawië, en natuurlik Suid-Afrika. Die kultuurinslag was ook weerspieël deur die sprekers: Ler Pako Mokgwane (Botswana), Ler Lyle Notice (Kanada) en Ler Ian Grobler (Suid-Afrika). Die besliste hoogtepunt van hoogtepunte was die besoek van die koningin van die Zoeloes, Koningin Manthsombi (haar majesteit is ‘n gedoopte lidmaat van die Sewendedag-Adventiste Kerk), die uitsonderlike polisiehondeskou en die vuurwerke-vertoning aan die einde van die program!

Tog was alles oortref deur die honderde jongmense wat reageer het op die oproep om gedoop te word op die laaste Sabbat! Dit was gedurende hierdie gewyde oomblik, toe trane van vele baanbrekers oor die wange gevloei het, dat ons almal tot die wonderlike besef gekom het dat hierdie kampbyeenkoms in Dundee, hiérvoor was: jong harte, aangeraak deur die liefde van Jesus! “Ithembalethu! Ons Enigste Hoop!”

Ler Peter Rambelani Maligudu SAU Direkteur: Jeug-/Kampusbedieninge; SAU Baanbrekers

SAU SE EERSTE KAMPBYEENKOMS VIR

BAANBREKERS – ONS HOOP … ITHEMBALETHU!

SAU President, Dr TL Letseli en ‘n Hoofrigter.

Kultuurdag.

Ler Lyle en die paneel gereed om God se Woord te deel.

Die ‘Tentestad’.

Die Baanbrekers uit op marsjeer.

“Voorwaarts, mars!”

Page 9: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

9

CONNECT WITH US:

[email protected]

+27 (0)83 649 9760

www.andrews.edu/idp

Master of International Development Administration

Part time study as a full time professional Internationally recognized masters degree Interact with highly qualified professors Short annual intensives Option to accelerate time in the program Affordable financial package Expand global network Register now for the November Session!

We have a place for you..because the world is our campus.

ANDREWS UNIVERSITY

The professional market continues to demand specialized knowledge and advanced degrees. This unique graduate degree is practical and sophisticated for a wise career upgrade. Educating professionals to advance their field of interest, whether it is humanitarian work, economic development, public service, education, health, administration or other professions involved with social and community activities.

Skip Bell is professor of Church Leader-

ship and Director of the Doctor of Ministry

program of the Seventh-day Adventist Theo-

logical Seminary at Andrews University. Skip

has served the church as a pastor, director

of pastoral ministries, conference president,

and university professor. He is the editor of a

new book on biblical leadership, Servants and

Friends: A Biblical Theology of Leadership,

and the author of A Time to Serve.

Conflict Managment Workshop

(12–18 November)

Dr. Skip Bell

Page 10: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

10

sau nuusbrokkies en beskouings

SAU EVANGELISASIE DEPARTEMENT LEWER ‘N “HALLELUJA!”- VERSLAG OOR DIE

‘SENDING NA DIE STEDE’-INISIATIEF

In ‘n uitgawe van hierdie nuusbrief gedurende 2014, is die name van stede gemeld wat deur elke Konferensie binne die SAU-gebied, geïdentifi seer is vir hierdie inisiatief. Hieronder fokus ons weer op die drie evangelisasie-ingesteldhede:1. Omvattende Evangelisasie – om uit te reik na mense op gemeenskaplike, fi nansiële, geestelike en emosionele vlakke – nie slegs op die geestelike vlak soos in die verlede nie. 2. Geïntegreerde Evangelisasie – alle departmente werk saam in evangellisasie.3. Ondersteunende Evangelisasie – hierdie inisiatief stel gemeentes in staat om ‘n lewenstyl van evangelisasie te beoefen wat selfs verby die fokusjaar strek.

Die 2014-jaar was gefokus op hierdie wonderlike inisiatief vir Unies en Konferensies, selfs na die fokusjaar (ondersteunende evangelisasie); en dus die beknopte verslag oor die uitkomste in ons gebied.

BASIESE FEITE

as die geïdentifi seerde stad vir die Unie).

in 2015: 6. Dus het 29 stede ten volle deelgeneem aan hierdie inisiatief in 2014.

Dikwels word die Suider-Afrika Uniekonferensie-gebied vergelyk met ons buurlande, soos Zimbabwe, Zambië, ens. waar ons hoor van duisende en duisende wat gedoop word. Maar hier in ons gebied word gevoel dat ons uitdagings het, want ons doop nie “duisende” nie. Hier word ‘n aanduiding gegee deur die jaarlikse amptelike statistiese syfers, sedert 2011 vir die gedoopte lidmate in die SAU-gebied:

Volgens hierdie grafi ek, het die Here geseën in die SAU-gebied met die hoogste doopsyfers ooit gedurende 2014 – ons fokusjaar vir Sending na ons Stede!

NUWE LIMATE PER DAG IN DIE SAU

lidmate per dag

Page 11: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

11

sau nuusbrokkies en beskouings

lidmate per dag, wat impliseer dat 1.29 mense gedoop word per uur, i.e. 9 mense word dus gedoop elke 7 ure.

Wanneer ons ons resultate dus vergelyk , bv. met Zambië, toon die resultate dat dit 11.6 Sewendedag-Adventiste in Zambië daarstel om ‘n siel te win vir Christus. In die SAU, word dit gestel dat 12.4 Sewendedag-Adventiste een siel win vir Christus. So, in vergelyking van ons lede se aktiewe deelname aan evangelisasie, met die aantal lede se deelname aan evangelisasie in Zambië, is dit eintlik uiters bemoedigend!

ONS FINANSIËLE BELEGGINGR4.5 miljoen was belê in omvattende evangelisasie gedurende 2014 binne ons area en omdat 12 153 mense gewin is vir Christus, beteken dit dat dit ‘n belegging vra van R370 per persoon om gewen te word vir Christus.

WAARNEMINGS1. Die omvattende en hartstogtelike deelname deur ons Unie-, Konferensie- en gemeenteleiers toon dat hulle goed reageer op inisiatiewe soos Sending na die Stede.2. Meer gemeentes besef die behoefte aan verandering in hulle strategie – om relevant te wees binne hulle gemeenskappe (omvattende evangelisasie), om hulle gebiede betekenisvol te beïnvloed en betekenis te gee aan die lewens van lede deur al die geestelike gawes aan te wend om iewers ‘n rol te speel in evangelisasie.3. Geïntegreerde evangelisasie WERK! Wanneer departmente saamwerk is daar ‘n sinergistiese (saamvloeiende) inslag. Dit is duidelik dat daar

kosbare deelnames in meer saamwerkende departemente was. Daarvoor dank ons die Here en elke department. 4. Ou gewoontes sterf moeilik af – sommige gemeentes in die teikenstede het hulle aantal veldtogte vermeerder, maar nie die Evangelisasiesiklus geïmplementeer nie. Die Evangelisasiesiklus werk mee om evangelisasie ‘n leefstyl te maak wat begin met Herlewing, dan Opleiding aan ons lede; daarna ‘n Inslag op ons gemeenskappe te hê deur hulle Behoeftes aan te spreek, om dan ‘n Oesveldtog te hê en dan die nuwe lede te koester en vir hulle om te gee. 5. Wanneer sendingwerk begin word en nie opgevolg word nie, (bv. met gemeenskapsopnames en gesondheidstalletjies, en mense nie te nooi na, of selfs nie eens behoefteseminare hou nie) is eintlik ”om die veld af te brand”.6. Die uitkomste toon dat die Here gereed is om te seën wanneer ons getrou is om die “Christus-metode” te implementeer en uit te leef. 7. Sending na die Stede is nie verby nie, want deur ondersteunende evangelisasie en die Wêreldkonferensie se Strategiese Beplanning 2015-2020 word daar steeds gefokus op stede (waar die mense is), terwyl afgeleë plekke as sendingvelde nie afgeskeep word nie.

“Halleluja! Halleluja! Halleluja!” is ons uiting in gebed, in lofliedere en deur ons lewens van hoe die Here gelei het in hierdie tydige inisiatief binne die Suider-Afrika Uniekonferensie-gebied!

Ler Gideon Reyneke

SAU Direkteur: Sabbatskool, Persoonlike Bedieninge en Adventistesending

Page 12: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

Posadres: Posbus 22, Somerset-Wes, 7129, Suid-Afrika

Fisiese Adres: Helderberg Kollege, Annandalerylaan, Somerset Wes, 7130, Suid-Afrika

Skakel: Tel: +27 21 850 7500 | Faks: +27 21 850 7547 | E-pos: [email protected] | Web: www.hbc.ac.za

Jou Christelike Opleidingsinrigting van Voortreflikheid

Helderberg Kollege Bied Jou: Holistieste Opvoeding

Ervare en Gekwalifi seerde Dosente

‘n Christelike Leeromgewing

Individuele Leiding

Moderne Rekenaarlaboratoriums

Werksbeurse

Studente-Akkommodasie

Sosiale Verenigings en Aktiwiteite

Gemeenskapsbetrokkenheid

Page 13: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

sau news and viewsrevived by his word

the teachings of

jesus

the book of

james

ADULT

SABBATH SCHOOL

BIBLE STUDY GUIDE

Bible Study Guide Bible Study Guide

ww

God’s Grace Builds Community

BIB

LE STUDY GUIDE FOR JUNIORS & EARLITEENS

The official children’s Sabbath School curriculum of the

QTR

3

QU

AR

TER 3

YEA

R C

YEARC

ness, so that they may rule

livestock and all the wild animals,

ound.’ So God created mankind in his

d them; male and female he created them”

had finished the work he had been doing; so on the seventh day

k Then God blessed the seventh day and made it holy, because

work of creating that he had done” (Genesis 2:2, 3).

od, and renew a steadfast spirit within me” (Psalm 51:10).

be accepted? But if you do not do what is right, sin is

have you, but you must rule over it” (Genesis 4:7).

the family of believers, fear God, honor the em-

witness tells lies” (Proverbs 12:17).

s: “Hear, O Israel: The Lord our God, the

heart and with all your soul and with all

is this: “Love your neighbor as yourself.”

k 12:29-31).e of adversity” (Proverbs 17:17).

other, just as in Christ God called you. I said, ‘You are

41:9).

o loved us” (Romans st”

you go I will my God ’ ”

power poınts ®

power points

®

BYBELLES-STUDIEGIDSE vir Sabbatskool – Bestellings

Vanaf 2015 sal

Bybelles-Studiegidse

bestel kan word vir

‘n hele jaar.

Amptelike Bybelles-Studiegidse

is beskikbaar vanaf die SAU Konferensie te

[email protected]

U bestellings kan geplaas word by u gemeente se “bestelklerk”

Page 14: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

14

2015 BYBELLEESPLAN

herleef deur sy woord

Januarie ‘15

1 - Lukas 16

2 - Lukas 17

3 - Lukas 18

4 - Lukas 19

5 - Lukas 20

6 - Lukas 21

7 - Lukas 22

8 - Lukas 23

9 - Lukas. 24

10 - Joh. 1

11 - Joh. 2

12 - Joh. 3

13 - Joh. 4

14 - Joh. 5

15 - Joh, 6

16 - Joh. 7

17 - Joh. 8

18 - Joh. 9

19 - Joh. 10

20 - Joh. 11

21 - Joh. 12

22 - Joh. 13

23 - Joh. 14

24 - Joh. 15

25- Joh. 16

26 - Joh. 17

27 - Joh. 18

28 - Joh. 19

29 - .Joh. 20

30 - Joh. 21

31 - Hand. 1

Februarie ‘15

1 - Hand. 2

2 - Hand. 3

3 - Hand. 4

4 - Hand. 5

5 - Hand. 6

6 - Hand. 7

7 - Hand. 8

8 - Hand. 9

9 - Hand. 10

10 - Hand. 11

11 - Hand. 12

12 - Hand. 13

13 - Hand. 14

14 - Hand. 15

15 - Hand. 16

16 - Hand. 17

17 - Hand. 18

18 - Hand. 19

19 - Hand. 20

20 - Hand. 21

21 - Hand. 22

22 - Hand. 23

23 - Hand. 24

24 - Hand. 25

25 - Hand. 26

26 - Hand. 27

27 - Hand. 28

28 - Rom. 1

April ‘15

1 - 2 Kor. 1

2 - 2 Kor. 2

3 - 2 Kor. 3

4 - 2 Kor. 4

5 - 2 Kor. 5

6 - 2 Kor. 6

7 - 2 Kor. 7

8 - 2 Kor. 8

9 - 2 Kor. 9

10 - 2 Kor. 10

11 - 2 Kor. 11

12 - 2 kor. 12

13 - 2 Kor. 13

14 - Gal. 1

15 - Gal. 2

16 - Gal. 3

17 - Gal. 4

18 - Gal. 5

19 - Gal. 6

20 - Efes. 1

21 - Efes. 2

22 - Efes. 3

23 - Efes. 4

24 - Efes. 5

25 - Efes. 6

26 - Fil. 1

27 - Fil. 2

28 - Fil. 3

29 - Fil. 4

30 - Kol. 1

Maart ‘15

1 - Rom. 2

2 - Rom. 3

3 - Rom. 4

4 - Rom. 5

5 - Rom. 6

6 - Rom. 7

7 - Rom. 8

8 - Rom. 9

9 - Rom. 10

10 - Rom.11

11 - Rom.12

12 - Rom.13

13 - Rom.14

14 - Rom.15

15 - Rom.16

16 - 1 Kor. 1

17 - 1 Kor. 2

18 - 1 Kor. 3

19 - 1 Kor. 4

20 - 1 Kor. 5

21 - 1 Kor. 6

22 - 1 Kor. 7

23 - 1 Kor. 8

24 - 1 Kor. 9

25 - 1 Kor. 10

26 - 1 Kor. 11

27 - 1 Kor. 12

28 - 1 Kor. 13

29 - 1 Kor. 14

30 - 1 Kor. 15

31 - 1 Kor. 16

Mei ‘15

1 - Kol. 2

2 - Kol. 3

3 - Kol. 4

4 – 1 Tess. 1

5 - 1 Tess. 2

6 - 1 Tess. 3

7 - 1 Tess. 4

8 - 1 Tess. 5

9 - 2 Tess. 1

10 - 2 Tess. 2

11 - 2 Tess. 3

12 - 2 Tess. 4

13 - 1 Tim. 1

14 - 1 Tim. 2

15 - 1 Tim. 3

16 - 1 Tim. 4

17 - 1 Tim. 5

18 - 1 Tim. 6

19 - 2 Tim. 1

20 - 2 Tim. 2

21 - 2 Tim. 3

22 - 2 Tim. 4

23 - Titus 1

24 - Titus. 2

25 - Titus 3

26 - Filem.1

27 - Heb. 1

28 - Heb. 2

29 - Heb. 3

30 - Heb. 4

31 - Heb. 5

Junie ‘15

1 - Heb. 6

2 - Heb. 7

3 - Heb. 8

4 - Heb. 9

5 - Heb. 10

6 - Heb. 11

7 - Heb. 12

8 - Heb. 13

9 - Jak. 1

11- Jak. 2

12 - Jak. 3

13 - Jak. 4

14 - Jak. 5

15 - 1 Pet. 1

16 - 1 Pet. 2

17 - 1 Pet. 3

18 - 1 Pet. 4

19 - 1 Pet. 5

20 - 2 Pet. 1

21 - 2 Pet. 2

22 - 2 Pet. 3

23 - 1 Joh.1

24 - 1 Joh.2

25 - 1 Joh.3

26 - 2 Joh.1

27 - 3 Joh. 1

28 - Judas 1

29 - Op. 1

30 - Op. 2

Julie ‘15

1 - Op. 3

2 - Op. 4

3 - Op. 5

4 - Op. 6

5 - Op. 7

6 - Op. 8

7 - Op. 9

8 - Op. 10

9 - Op. 11

10 - Op. 12

11 - Op. 13

12 - Op. 15

13 - Op. 16

14 - Op. 17

15 - Op. 18

16 - Op. 19

17 - Op. 20

18 - Op. 21

19 - Op. 22

20 - Gen. 1

21 - Gen. 2

22 - Gen. 3

23 - Gen. 4

24 - Gen. 5

25 - Gen. 6

26 - Gen. 7

27 - Gen. 8

28 - Gen. 9

29 - Gen. 10

30 - Gen. 11

31 - Gen. 12

Page 15: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

15

kinderhoekie

MET LIEFDE LEER ONS DIE BYBEL KEN

SIMSON LAAT DIE TEMPEL INEENSTORTRIGTERS 16:22-31

“Toe roep Simson die HERE aan en sê: ‘Here, HERE, dink tog aan my!’ ”

RIGTERS 16:28

Page 16: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

16

kinderhoekie

GEHEUETEKSVERS:“Toe roep Simson die HERE aan en sê: ‘Here, HERE, dink tog aan my!’” RIGTERS 16:28

WAAR OF VALS1. Maar die hare van sy hoof het weer begin groei, sodra dit afgeskeer was.” RIGTERS 16:22

WAAR OF VALS

2. “En die vorste van die Filistyne het vergader om ‘n groot offer te bring aan hulle god Dagon,

en om vrolik te wees.” RIGTERS 16:23 WAAR OF VALS

3. En toe hulle hart vrolik was, sê hulle: “Roep Simson, dat hy vir ons speel”, en hulle het Simson

uit die gevangenes geroep maar hy het geweier om voor hulle te speel. RIGTERS 16:25

WAAR OF VALS

OMKRING DIE REGTE ANTWOORD:4. Hulle het hom tussen die twee (PILARE, MENSE) laat staan.” RIGTERS 16:25

5. “Daarop sê Simson aan die dienaar: wat hom by die hand hou: ‘Laat my staan, en laat my die

pilare betas waar die (TAFEL, HUIS) op rus, sodat ek daarop kan leun.’” RIGTERS 16:26

6. “Daar was omtrent drie (HONDERD, DUISEND) manne en vroue op die dak wat kyk hoe Simson

speel.” RIGTERS 16:27

VOLTOOI DIE OOP GEDEELTES:7. “Toe roep Simson die HERE aan en sê: Here, HERE, dink tog aan my, en __________________

________________________ my tog, net hierdie keer, o God, dat ek my oor een van my twee oë

op die Filistyne kan wreek!” RIGTERS 16:28

WAAR OF VALS:8. “En Simson slaan sy arms om die twee middelste pilare waar die huis op gerus het, die een

met sy regter- en die ander met sy linkerhand.” RIGTERS 16:29 WAAR OF VALS

9. Simson “buig hom met krag, sodat die huis inval op die vorste en op al die mense wat daarin

was. So was dan die dooies wat hy by sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood

het.” RIGTERS 16:30 WAAR OF VALS

Page 17: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

Elektroniese Betalings:

ABSA Bank – Tjekrekening

Naam van rekening – Signs of the Times/Tekens

van die Tye SAUC

Rekeningnommer - 4081078802

Takkode - 632005

Faks betalingsbewys en

bestellingbesonderhede aan:

+27 (0) 51 403 6919 (Vir Aandag: Anthea)

*Prys vir posgeld slegs in Suid-Afrika; skakel ons asseblief te [email protected] vir afl ewering aan ander lande sowel as vir ‘n kwotasie op grootmaatbestellings.

Pos aan: TEKENS, Posbus 469, Bloemfontein, 9300 OF skandeer en e-pos aan

[email protected] OF faks na +27 (0 )086 566 7022

JA! Ek sal graag ‘n jaar se intekening (6 uitgawes) betaal vir

TEKENS VAN DIE TYE teen die lae prys van R100 – posgelde ingesluit.*

Naam:

Adres:

Stad/Voorstad:

Poskode:

TEKEN IN VANDAG NOG!

TEKENS VAN DIE TYE is ‘n leefstyl-tydskrif met ‘n Christelike

fokus en word deurlopend gepubliseer in Suid-Afrika vir meer as 90 jaar. Waarom nie

inteken en dit maandeliks laat afl ewer in u posbus nie?

Page 18: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

18

Die lesse is spesifi ek ontwerp vir diegene wat saam met Adventiste-vriende studeer of wat onlangs lidmate van die Sewendedag-Adventiste Kerk geword het en die kerk hulle wil versorg en vestig. Die lesse sal ook van nut wees vir ‘terugkerende’ lidmate, diegene wat vir ‘n ruk weg was uit die kerk, of lidmate wat graag ‘n dieper verhouding met Jesus wil hê. ‘n Aparte Dissipelskap Klas kan gereël word waar mense hierdie lesse bespreek tydens die tyd wat ander klasse die gewone les studier.

Soos ons die reis saam met Jesus begin, is ons op die pad om meer en meer soos Hy te word. Op hierdie pad kom jy die ware betekenis van die lewe teë: vreugde, herstel, groei. Ons sal ook uitgedaag word deur moeilikhede soos versoeking, hartseer, gebroke verhoudings en opoffering, omdat ons die Een volg wat beskryf word as “’n Man van smarte en bekend met ons krankheid” (Jesaja 53:3 OAB). Sy kruisdood was die uiterste opoffering. Ons kan ook, as Sy dissipels, ‘n bitter-soet reis verwag. Hierdie Bybelstudiegids vir Nuwe Lidmate sal dien as ‘n rigtingwyser op die pad. Hierdie splinternuwe reeks Bybelstudiegidse is ontwerp om oor vier kwartale van ‘n jaar te dien (wat geen datum bevat nie) dus kry ‘n gemeente die volgende wanneer hulle dit bestel:

Teacher’s Guid

Gary B. Swanson, E

ditor

326105

cher

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, Edito

Splinternuwe en Kragtige Bybelstudiegidse vir Nuwe LidmateRegdeur die jaar word toergidse in

Israel, Jordanië en Sirië besig gehou

deur Christene vanoor die hele wêreld,

wat in Jesus se voetspore wil wandel.

Hierdie Christene kom om plekke te

sien waar Hy mense gesond gemaak

en hulle geleer het, en om hulself

voor te stel hoe dit sou wees om in

die teenwoordigheid van die Seun

van God te wees. Maar soos die lied

“I Walked Today Where Jesus Walked,”

lui, kan ons in Jesus se voetspore volg

deur te leef soos wat Hy geleef het.

Die brandpunt van hierdie kwartaal

se lesse is hoe om hierdie lewensreis

te begin.

NUUT!

Page 19: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

19

Teacher’

Gary B. S

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, E

ditor

29

ide

Teacher’s Guide

Gary B. Swanson, Edit

Guide1. Vier enkel Bybelstudiegidse

– een per kwartaal

2. Vier enkel Onderwysersgidse

– een per kwartaal

EN…Die eerste kwartaal se boeke is reeds beskikbaar in die volgende

tale (die ander kwartale se uitgawes sal binnekort beskikbaar wees):

1. Afrikaans

2. Engels

3. IsiZulu

4. IsiXhosa

5. SeSotho

6. SiSwati

Behalwe die basiese vraag-en-antwoordformaat van die Bybelstudie, het elke les bykomstige kenmerke:

Wandel met Jesus in die Werklike Lewe: ‘n Persoonlike verhaal, sal in Sondag se les gevind word. Alhoewel skuilname gebruik word, kom die gebeurtenisse almal uit ware ondervindings. Elke verhaal hou, sover moontlik, verband met die titel van die les.

Kyk Nader is ‘n kort stukkie wat op ‘n Bybelse item sal fokus wat bykomstige inligting of kommentaar kan gebruik. Die fokus sal kort wees omdat spasie beperk is.

Adventisme (“Adventese”) is ‘n kort onderafdeling om nuwe lidmate die Adventistekultuur te laat verstaan. Dit sal woorde defi nieer wat spesiale betekenis vir Adventiste het. Dit sal somtyds kort geskiedkundige verslae van die Adventiste Kerk gee en aktuele inligting meedeel wat tans van spesiale belang is.

Kontrole en Delf Dieper kom voor onder die afdeling van Vrydae, na ‘n week se studie van ‘n sekere onderwerp. Hierdie bladsy gaan voort met die studie in die vorm van ‘n vasvrae, ’n vraag, of ‘n aktiwiteit wat verband hou met die student se persoonlike ondervinding, en ‘n aktiwiteit om kennis uit te brei.

Dink Hieroor Na is ‘n volbladrubriek wat deel is van Vrydag se les. Gewoonlik sal elke week se “Dink Hieroor Na” nie-bybelse inligting weergee wat verband hou met die week se onderwerp. Dit behels bykomende inligting uit sosiale wetenskappe, geskiedenis, ens.

Hierdie reeks sal op die kwartaallikse Bybelstudiegids Bestelvorm bestel kan word, maar indien u die eerste boek en Onderwysersgids wil bestel voordat u u volgende gereelde Bybelstudiegidse bestel, kan u dit by [email protected] doen.

Ons gebed is dat hierdie gereedskapstuk ‘n kragtige een in u hande sal wees om mense so naby aan Jesus te trek dat daar geen plek vir die duiwel tussen hulle en Jesus sal wees nie!

‘n Spesiale woord van waardering aan die Sabbatskooldepartement van die Wêreldkonferensie van Sewendedag-Adventiste, wat hierdie reeks ontwerp en tot stand gebring het.

Lr. Gideon Reyneke

SAU Direkteur: Sabbatskool / Persoonlike Bedieninge / Evangelisasie

Page 20: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

20

EERSTE DOOPDIENS IN DIE NUWE KERKGEBOU TYGERBERG-GEMEENTE

18 Januarie 2015Ons gemeente was getuie van ‘n baie geseënde en besondere eerste doopdiens in ons nuwe kerkgebou. Anya Lindeque is aanvanklik met die DVD-bediening bereik en ten volle oortuig van die waarheid deur Homebase TV-kanaal. Deur die leiding van die Heilige Gees het sy haar weg na Tygerberg gemeente gevind en was sy die eerste dopeling in ons nuwe kerkgebou. Ler. Bokkie du Plooy het die doopdiens van Anya Lindeque, Willem (Tienie) Barnado en Rihan Meij, waargeneem. Baie welkom by ons gemeente!

07 Februarie 2015Die Boston-kerkgebou, voltooi in 1965, vier vanjaar sy halfeeu-bestaansjaar. Hierdie gebou is onlangs gekoop deur die Sewendedag-Adventistegemeente van Tygerberg; dit is opgegradeer met die doel om die argitektuur van n aanbiddingsplek behoue te laat bly. Die kerkgebou is op 7 Februarie 2015 amptelik ge-open. Die opwinding was groot! Ekstra stoele is ingedra en die kerkgangetjies het vinnig volgeraak met nog mense. Die Here is met lofsang en musiek geloof en geprys. Ler Reinhart Stander het ‘n boodskap met die tema, ‘‘n Nuwe Lewende Weg’, gebring. Na afloop van ‘n baie geseënde Sabbatoggend, waar ‘n vaste fondament gelê is om verder op te bou, was daar ‘n gesamentlike gemeente-ete.

1-7 Maart 2015In Maart word ons gemeente verder geseën met ‘n besoek van Prof. Walter Veith. Die seminaar, ‘Strominge van die Tyd’, is goed ondersteun en het die gehoor die geleentheid gegee om deur ‘n nuwe bril na hierdie dringende onderwerpe te kyk.

Marianne van ReenenTygerberg-gemeente

kaleidoskoop van gebed en voorbereidings in die konferensies

Nuwe kerkgebou van SDA Kerk, Tygerberg (vooraansig).

Ler. Bokkie du Plooy en Anya Lindeque.

Rihan Mij en Willem Bernado.

Goedgekeur as advertensie deur die Redaksionele Raad.

Page 21: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

21

GOD SE WERKSWINKEL - EMPANGENI DISTRIK

Om in ‘n werkswinkel te aanbid was toe glad nie so slegte idee nie! So ‘n paar jaar gelede het ‘n klompie van Richardsbaai se Sewendedag-Adventiste kerklede wat in Empangeni woon, besluit om ‘n groepie in Empangeni te vorm, wat dus in die Empangeni-omgewing kan aanbid en getuig. Dit was maar ‘n handjievol mense wat in ‘n huis bymekaar gekom het. Eers was daar elke Sabbat slegs ‘n goeie Sabbatskool Bybellestudie gedoen; dit was moeilik om vir net 5 tot 6 mense te preek. Die groepie het egter begin om uit te reik na kerklede wat in die omgewing bly, maar nie meer kerk toe kom nie. En hulle het ook begin met die verspreiding van DVD’s in al die posbusse van Empangeni self, en ook in die omliggende gebiede. Die reaksie op die DVD’s was positief en heelwat volledige stelle is aan belangstellendes teen ‘n minimale bedrag verkoop.

Stadig maar seker het die groepie gegroei: nuwelinge het aangesluit en ook het die terugwin van kerklede wat nie meer kerk toe gegaan het nie, bygedra tot die groei. In 2012 het die groepie hulle eerste uitreikpoging van 10 aande gehou in een van die skoolsale. Drie lede van die groep het beurtelings die lesings aangebied en die bywoning was gemiddeld so 34 mense - waarvan meer as die helfte nie kerklede was nie. Met die opvolgwerk wat na die lesings gedoen is, is daar ontdek dat van die belangstellendes gedoop is. In 2013 het die groepie met die hulp van Leraar Chad White en Pamela Viljoen, ‘n geslaagde Gesondheidsuitreiking (‘Health Expo’) gehou by die dorp se groot winkelsentrum. Die belangstelling was positief. Elke sabbat het ek en my vrou ons sitkamerstel in die eetkamer ingeskuif en dan het ons in die sitkamer plastiese stoele al langs die mure reggeskuif en daar kerkdienste geakkommodeer. Spoedig was hierdie ruimte egter te klein en ‘n groter plek moes gesoek word. Sale in Empangeni is baie skaars en die skole en kerke is nie gewillig om hulle s’n uit te verhuur nie. Teen die einde van 2013 het ons ‘n eienaar van ‘n werkswinkelkompleks genader om te hoor of ons een van sy werkswinkels, wat al 10 maande leeg staan, kon huur. Ons kon nie die standaard huurtariewe betaal wat hy aangebied het nie, maar ons het hom ‘n baie lae aanbod gemaak. Die eienaar het dit aanvaar. Spoedig het daar wel iemand van buite ‘n aanbod vir die volle huurkoste aangebied, maar die eienaar het simpatie met ons gehad en die verhuring tot ons voordeel gehandhaaf. Na ‘n paar maande het hy soveel aansoeke gehad vir die werkswinkel dat hy ons in kennis gestel het dat ons ‘n beter aanbod moes maak. Ons het toe die aanbod verbeter, maar nog steeds ver onder die standaard-verhuringsprys ons aanbod geplaas. Die eienaar het dit so aanvaar en genoem dat hy die fondse wat tekort kom, sal sien as sy sendingprojek!

Die werkswinkel kan so om en by 50 mense huisves en bestaan uit ‘n groot lokaal met een kantoorruimte wat toegrus is met ‘n wasbak en ‘n badkamer asook ‘n stort op die vloergedeelte. ‘n Mens kan met trappies opklim na nog ‘n kantoorruimte, wat ons dus vir die kinders benut. Daar is ook nog ‘n badkamer met ‘n stort. Ons is dankbaar dat die Here vir ons op hierdie wyse ‘n aanbiddingsplek voorsien het en ons het besluit dat die werkswinkel gebruik sal word vir die Here se werk. Vandaar die naam: “God se Werkswinkel”. Hierdie werkswinkel is ons aanbiddingsplek op

Sabbatdae en word op Woensdagaande deur ons kleingroepie gebruik vir die aanbieding en/of voorbereiding van lesings, vir biduur en bidgroepies. In hierdie werkswinkel beplan ons ons evangelisasie-uitreikings om Empangeni van Jesus en Sy waarheid te vertel. In hierdie werkswinkel word interne geestelike ontwikkelingsprogramme aangebied en beplan, asook lesings, seminare en rookstaakklinieke.

Deur die afgelope jaar het ons een Sondag die gevestigde dorpsboemelaars uitgenooi vir ‘n lekker ete, wat die dames voorberei het. En so het ons saam met hulle aangesit en lekker geëet en gekuier. Ons het ook ‘n plaaslike Korrespondensie Bybelskool begin en het reeds bykans 40 inskrywings gekry. Een persoon het al die studies voltooi en versoek dat hy die Bybelse Sabbat wil hou en gedoop wil word.

In Julie 2014 het Prof. Walter Veith ons besoek en sowat 7 lesings aangebied in een van die skoolsale. Weereens kon ons die Here loof vir die opkoms van die aantal mense vir so ‘n klein plekkie. Nadat Prof. Veith weg is het ons elke Woensdagaand in Empangeni begin met leesings. Ons leraar in Richardsbaai het ‘n opvolgprogram teenoor al die belangstellendes gevolg. In Empangeni het so 7 tot 8 nie-kerklede gereeld elke Woensdagaand die lesings bygewoon, wat die skrywer aangebied het tot ons einde November gestaak het vir die vakansietyd. Ons sou weer in die nuwe jaar voortgaan. Op 6 Desember 2014 het ons ‘n spesiale Besoekersdag gereël en sowat 5 van die mense wat die lesings bygewoon het, was in God se Werkswinkel - sommige vir die eerste keer in hulle lewens dat hulle op ‘n Sabbat aanbid!

‘n Paar weke voor die Besoekersdag het ons ons tweede doopdiens vir die jaar in Richardsbaaikerk gehou, toe nog twee kosbare siele gedoop is. Dit was ‘n man en vrou waarvan die man voorheen ‘n kerklid was, maar sy vrou was nie gereed daarvoor nie. Die man was vir ‘n lang tyd afwesig van die kerk. Met opvolgwerk is hulle bereik en het hulle ons groepie begin bywoon en versoek om gedoop te word, waarna hulle die doopklasstudies voltooi het en saam gedoop is. Nie net in ons groepie se harte was daar blydskap nie maar ook in die hemele, soos Jesus self bevestig het wanneer een sondaar tot bekering kom. Ons het reeds ons in- en uitreikingsplanne vir volgende jaar beplan. Dit is ons gebed en doel om hierdie werkswinkel as ‘n “Werkswinkel vir God’ te gebruik, terwyl ons geestelik groei en uitreik om ander voor te berei vir Jesus se spoedige koms. Ja, ons sal graag ons eie kerkgebou wil besit; daarom vra ons u om vir ons te bid dat die Here se wil en leiding hierin laat geskied. Die groepie het so pas groepstatus van ons Konferensie verkry en ons doelwit is om siele in te win sodat ons ‘n volwaardige gemeentekerk kan word. Ons kan net getuig van God se goedheid; Hy let nie op ‘n mens se bekwaamheid nie, maar Hy let op die gewilligheid van die hart om deur Hom gebruik te word!

Paul Kritzinger - SDA-Groep, Empangeni

kaleidoskoop van gebed en voorbereidings in die konferensies

David en Engela Tennant was gedoop deur Ler. Chad White in

November 2014. Paul en Amanda Kritzinger (links).

Besoekersdag op 6 Desember 2014 – sommige van die gehoor in God

se Werkswinkel.

Besoekersdag – ‘n Groepie van ons lede wat ‘n spesiale

musiekitem lewer o.l.v. Nina Snyman (violis).

Besoekersdag – die gehoor uit ‘n ander oogpunt in God se Werkswinkel

Page 22: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

22

VAN IMAM TOT SEWENDEDAG-ADVENTISYohana Omary, ‘n Tanzaniër, het gedurende sy kinderjare grootgeword in ‘n Moslemgesin – in Tanzanië, Oos-Afrika. Hy verkies om as ‘n Kongolees geken te word. Sy pa was ‘n sjeik, en het sy kinders grootgemaak onder die strengste terme van die Sjaria-wette. Yohana, (bekend as John), het na sewe jaar se studies, as ‘n imam gedien in die moskee van sy tuisdorp te Dar es Salaam. By die Moslemskole, bestudeer sommige studente die Bybel; en die Great Lakes Moslem-gemeenskap moedig Moslems aan om hulle te beywer vir die bekering van Christene na Islam. Op ‘n spesiale middag, het Yohana, saam met die Rwandees-Kongolese Alphonse Hazika as vertolker, en die Rwandees, Pierre Niyomuremyi, as begeleier, in my sitkamer te Kuilsrivier gekuier en die wonderbaarlike verhaal vertel van sy lewensreis vanaf Mohammed tot die Meesterheer van sy lewe.

Hy het sommige ‘versteurende’ aspekte genoem van sy lewe as ‘n Moslem: Neem wraak as iemand jou te nakom ; moenie vergewe nie – jou lewe kan in gevaar wees, selfs al was die berokkende skade nie moedswillig gedoen nie; in vergaderings word die liggaam geheilig vir gebed en vergifnis van sonde deur die was van hande en ander liggaamsdele, sonder dat enige geestelike reiniging gedoen word; demone is Moslemlede (Mohammed het satan gehelp om sy sondes te bely, en hy is vergewe); Jesus was slegs ‘n profeet – nie waarlik God nie, en Hy het nie uit die graf herrys of opgevaar hemel toe nie; wanneer gepreek of gebid word, moet die gesig na Mekka gerig wees, anders is die gebed waardeloos – daar moet spesifieke aandag aan die Swart Klip gegee word, wat in die muur van die antieke kliptempel Kabaa, gegiet is deur Mohammed in 605 nC. Daar word geglo dat die klip uit die hemel geval het om aan Adam en Eva te toon waar hulle ‘n altaar moes oprig. Dit is baie interessant om te verneem dat die Koeran getuig van die Sabbatdag: dat dit heiliger is as enige ander dag, maar dat ‘n mens ‘n ander weeksdag vir aanbidding kan kies. Christene

oor die algemeen het Sondag gekies, die Moslems het Vrydag gekies. Maar John se vraag is: Waarom kies Moslems slegs om Vrydagoggend as aanbiddingsdag te hou, terwyl die gekose dag eintlik heeldag geheilig moet word. Na sy mense se bywoning van die moskeebyeenkomste, open hulle hulle winkels en ander sakebedrywighede net na middagete.

In die Islamse skool word die Bybel bestudeer sodat die graduante kan weet hoe om Christene tot Islam te bekeer. Maar John se Bybellees en kontak met ‘n nabye SDA kerk, het gelei tot sy Christenwording in 2002. Hy is tans ‘n literatuur-evangelis in sy Moslem-gemeenskap, waar hy sy lewensverhaal vertel en van sy bekering getuig. ‘n Pinksterse Burundees het hom op ‘n DVD gesien, en hom oorgenooi om na Kaapstad te kom. Daar was Moslems van Tanzanië in Kaapstad om Christene tot Islam te bekeer, en John was genooi om hulle weer tot Christenskap te laat inkeer. John het aanvanklik gedink dat die Pinksterse oproeper ‘n Sewendedag-Adventis was, en het ‘n twee-weeklange besoek beplan. Maar hy was toe twee weke hier as ‘n Sewendedag-Adventiste evangelis, en is tans besig om ‘n veldtog te hou in die Moslemgemeenskap. Hoe maak hy ‘n bestaan? Sy vrou, Angeline, doen naaldwerk in Tanzanië; so probeer sy hulle en hulle drie kinders ondersteun. Wanneer hy binne twee weke terugkeer, beplan hy om ‘n winkel te open wat skoolbenodigdhede verkoop, terwyl hy voortgaan met sy evangelisasiepogings. Jesus dring by ons aan: “En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld, tot ’n getuienis vir al die nasies...” Matteus 24:14.Vir meer inligting:John – [email protected][email protected]

Ivy Petersen: SDA KERK, KUILSRIVIER

kaleidoskoop van gebed en voorbereidings in die konferensies

“WEES VANDAG ‘N DANIËL!” – BAANBREKERS, MAGALIESSIG-GEMEENTE

“Wees vandag ‘n Daniël, wees jou doel getrou.Staan al is dit ook alleen, God sal jou behou!”

...en op 21 Maart 2015 het ons, as die Baanbrekersgroep van Magaliessig, ‘n nuwe leuse op ons harte geskryf. “Wees vandag ‘n Daniël.” Ler. Mornay du Plessis het die bekledingsdiens begin met ‘n boodskap van Daniël se lewensreis as ‘n baanbreker. Die verhaal van hierdie man wat sy doel getrou gestaan het, het die vlammetjie binne ons met nuwe geesdrif laat brand vir Jesus. Met die omslaan van ‘n nuwe bladsy aan die begin van die jaar, kon ons nie wag om die penne op te tel en seker te maak dat ons lewensverhaal eendag kan getuig van dapper Daniël-doelstellings en beginselvaste leefstyle nie. Ulandi Pretorius, die baanbrekerleidster, het die gemeente vertel van die baanbrekers se harde werk, hulle nuwe vaardighede en interessante honeurs. Agt en dertig ywerige baanbrekers is beklee. Elkeen het met trots ‘n paar nuwe kentekens aan hulle baanbrekersbande vasgemaak. Daarna het ons uit volle bors gesing: “Dis baanbrekers wat hier marsjeer, gereed om vir God te werk”... Ons het almal ‘n vonkie van ons vlammetjie met die ander gemeentelede gedeel en hulle aangesteek met ons passie vir die Here se werk. Ons vertrou dat Hy tot elkeen se harte gespreek het; dat elkeen gedurende 2015 ook sal aansluit by ons en dieselfde liefde vir Baanbrekers sal ontwikkel. Oud en jonk het daardie dag saam as ‘n span voor in die kerk gestaan. Almal het ‘n verhaal in hulle harte vasgehou van wat die Baanbrekers gedurende

2014 vir hulle geestelike lewe beteken het. Van ons jongste Daniëltjie van 3 jaar oud, tot die 76-jarige Daniël in ons geledere, was almal geseën deur die Here se werke in ons Baanbrekerklub. Alle eer aan Hom! As broers en susters in Jesus, het ons – deur die genade van God - ‘n Daniël-gesindheid gehandhaaf in 2014. Met ons Verlosser in beheer, kan 2015 net beter wees. Van die Magaliessig baanbrekers se kant af, wil ons almal aanmoedig om deel te wees van die Baanbrekerfamilie regoor die wêreld. “Wees vandag ‘n Daniël!”

Ulandi Pretorius en Annay du Plessis - MAGALIESSIG-GEMEENTE

Page 23: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

23

KZNV GESINSBEDIENINGE – ‘N VERRYKINGSEMINAAR OP ‘N SKIP VIR GETROUDES EN ENKELLOPENDES …

kaleidoskoop van gebed en voorbereidings in die konferensies

“’n Huwelikseminaar op ‘n skipvaart is sowaar ‘n ‘eenkeer-in’’n-leeftyd’-ervaring”, was die opmerking van een van die afgetrede leraars, aanboord as ‘n eerstekeer-passasier van so ‘n spesiale vaart. Nog ‘n jong paartjie het kommentaar gelewer: “As so ‘n geleentheid om ‘n huweliksverrykingseminaar op ‘n skip by te woon, hom weer sou voordoen, is ons verseker weer daar!” Die MSC-bemanning het vertrek vanaf die Durbanse hawe op 20 Maart; toe gevaar na die Portugese Eiland, weg van die kus van Mosambiek, en teruggekeer op 24 Maart met ‘n deurtog deur die hoofstad Maputo. Daar was hierdie vaartuig met die 2 500 passasiers aanboord en 700 bemanningslede, soos ‘n drywende hotel met veelvuldige hysers in die 12-verdiepinghoë skip!

Die Verrykingseminaar vir Getroudes en Enkellopendes was georganiseer deur die KNV Konferensiepresident en Direkteur van Gesinsbedieninge, Ler. Cliff Nhlapo, en sy bekwame sekretaresse, Mev. Sandra Thornton. Die seminaarlede het uit al die hoeke van die Suider-Afrikaanse Uniekonferensie gekom. Van die paartjies het ver vanuit die Caprivi-

strook, Limpopo, Swaziland en Lesotho gereis om aan te sluit by die skeepsvaart. Die geregistreerde seminaarlede het nie die hele skip beman nie; daar was slegs 76 getroude Adventistepare en 36 enkellopendes aan boord. Die aanbieders en gassprekers by die seminaar was: Dr en Mev. Gerald du Preez, Dr en Mev Jun Negre, Ler. en Mev.Lungile Xamela, Ler. en Mev Cliff Nhlapo en Ler. Gert van Rensburg. Die aanbiedingsessies was so beplan om die getroudes en die enkellopendes met die lesings te bedien en te betrek. Die aantal enkellopende dames was by verre meer as die aantal enkellopende here. Die hernuwing van huweliksbeloftes deur die getroude pare was versterk deur die unieke skeepsvaart met die wittebroods-atmosfeer en wittebrood-omgewing. Met die terugvaart het elkeen getuig van hulle verhoudings wat hernu, verkwik en van nuuts af aan geïnspireer is!

Dr Jun NegreSAU Direkteur: Gesins- en Gesondheidsbedieninge

Page 24: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

24

gesondheidsforum

OSTEOPOROSE – DIE OORSAKE EN VOORKOMINGS DAARVAN

“Wees nie wys in jou eie oë nie; vrees die HERE, en wyk af van die kwaad; dit sal genesing wees vir jou liggaam en verkwikking vir jou gebeente.” Spreuke 3:7-8. Is u moontlik besorg oor u bene wat met veroudering kan verswak? Of versorg u ‘n bejaarde persoon waaroor u besorg is dat hy of sy kan val en ‘n been breek? Kom ons vind uit wat hierdie probleem veroorsaak, en hoe komplikasies voorkom kan word. Osteoporose is ‘n siekte wat verswakte bene tot gevolg het. Bene wat verswak is, kan maklik frakture opdoen of breek, deur ‘n onverhoedse val by die huis. Dit kan ernstige gevolge hê as die been sou breek, veral as dit die heup is, aangesien dit kan lei tot die verlies van die loopvermoë. Daarom is dit dus belangrik om te probeer voorkom dat bene in die eerste plek breek.

Hoe hou ek my bene gesond?

Eet kalsiumryke voedsel ‘n Optimale dieet wat help om osteoporose te vermy, bestaan uit genoegsame hoeveelhede proteïen en kalsium, sowel as vitamien D om sterk beenformasie en beendigtheid te verseker. Kundiges stel voor dat pre-menopousale dames en mans ten minste 1000mg kalsium per dag inneem. Post-menopousale vroue behoort 1200mg kalsium per dag in te neem. Hoe dit ook al sy, ons behoort nie 2000mg kalsium te oorskry nie, as gevolg van die risiko van newe-effekte (bv. nierstene).

Kossoort Kalsium, milligrammeMelk (afgeroom, 2% of volroom) 250ml 320Joghurt, 170g 250Kaas, 28g 195-335 (ryp/harde

Sojamelk, 250ml 300Donker, lowergroen groentes, ½ k. gekook 50-135Boontjies, ½ k. gekook 60-80Amandels, 24 heel amandels 70

Dieetkundige bronne van kalsium, aangepas uit: UpToDate® 2015

Verseker genoegsame vitamien D-innameDit word aanbeveel dat mans oor 70 jaar en post-menopousale vroue 800ie (internasionale eenhede) van vitamien D daagliks inneem. Hierdie dosis skyn beenverlies te verminder asook die beenfraktuur-tempo in ouer mans en vroue wat genoegsame kalsium inneem. Bronne sluit melk in wat gesupplementeer word met vitamien D (100ie per 240ml), salm met ongeveer 600ie per 100g-porsiebediening, en natuurlik sonlig! Tien tot vyftien minute se sonskyn drie keer per week is genoeg om die liggaam se vereiste vitamien D te produseer.

Wees byna daagliks aktief vir ten minste 30 minuteOefening mag die risiko van beenfrakture verlaag deurdat die beenmassa verbeter word; oefening help veral ook post-menopousale vroue, met beendigtheid. Fisiese aktiwiteite verminder die risiko van heupfrakture by bejaardes, as gevolg van die verhoogde spierkrag.

Vermy rokerySigaretrook verhoog die moontlikheid van beenverlies en rookstaking word sterk aanbeveel. ‘n Navorsingstudie het aangedui dat ‘n vrou wat een pakkie sigarette rook per dag, (deur haar hele volwasse lewenstydperk) het 5 tot 10 persent vermindering van beendigtheid met haar menopouse;

dus verhoog die risiko van beenfrakture.

Vermy alkohol Alkohol-inname kan ook die risiko van beenfrakture verhoog as gevolg van die verhoogde risiko om te val; swak of wanvoeding, en behoort dus uitgeskakel te word.

Hoe weet ek dat ek Osteoporose het?Daar is geen simptome wat sigbaar is nie, totdat ‘n been gebreek is nie. Nogtans, ondersoeke wat die moontlikhede kan bevestig van Osteoporose, sluit in: spesifieke bloedtoetse om die kalsium en sekere hormone te toets, konvensionele X-strale en sonars, maar die beste toets om beendigtheid te evalueer, is ‘n DXA-skandering (Dual-energie X-straal absorpsiometrie). Dit word aanbeveel vir vroue ouer as 65 jaar, aangesien vroue in hierdie ouderdomsgroep die hoogste risiko loop om osteoporosis te hê. Na hulle menopouse is vroue se risiko ook hoër om osteoporose te hê, weens die laer vlakke van estrogeen - ‘n hormoon wat help om beenmassa te handhaaf.

Medikasie en OsteoporoseSekere medikasie wat oor ‘n lang tydperk gebruik word of in hoë dosisse geneem word, kan ook beenverlies verhoog en behoort gemonitor te word deur u professionele gesondheidsversorger. Dit sluit glukocortisoïed (steroïede) medikasie in, soos Prednisone, Heparin, wat gebruik word om abnormale bloedklontvorming te behandel, en sekere medisynes vir epilepsie soos Phenytoin en Carbamazepine. Soos genoem, is dit die beste om die ontwikkeling van osteoporose te verhoed. Nietemin, mag medikasie of hormonale terapie ook aanbeveel word by sekere mans en vroue wat die risiko loop. Bespreek die opsie met u gesinsgeneesheer en of u voldoen aan die kriteria vir hierdie behandelings. Behandeling behels Kalsium- en vitamien D-supplementasies; ook moontlike hormoonterapie, kalsitonien en bisfosfonate – wat die afbreek en verwydering van been verstadig. Hierdie behandelings word ook in wye gebruik geneem deur post-menopousale vroue om osteoporose te voorkom en te behandel.

Hoe om te voorkom dat u valVoorkoming van valle is baie belangrik – veral by bejaardes, om die risiko van beenfrakture te verlaag. Strategieë om veiligheid te verseker, behels:

vloere;

veral naby trappe;

wat kan lei tot struikeling en ‘n val.

diepte-persepsie te verseker;

te evalueer; dit kan oorsake wees vir val. Bestee tyd aan u persoonlike en liggaamlike versorging. Ons doel is om “Die Here te vrees en Hom die eer te gee.” En so kan ons tot seën vir ander wees. Nietemin, om dit te doen, is dit nodig dat ons seker maak ons is in die beste gesondheidstoestand vir Sy diens. Kyk mooi na uself, Kind van God.

Dr Jo-Ann Kammies - Mediese Praktisyn

Page 25: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

25

gesondheidsforum

DIEET-GEVARE VIR

OSTEOPOROSE

Voedsel om te vermy

Sout, soda, kaffeïen: Kan jou daaglikse dieet jou bene beskadig –

selfs osteoporose veroorsaak?

Navorsing toon dat gewone tafelsout nie net eenvoudige sodium is nie,

en kalsium-verlies veroorsaak, en die bene mettertyd verswak. Ons neem

ongeveer twee keer meer sodium in as wat ons moet. Die Dieetkundige

Riglyne vir Amerikaners 2005, beveel aan dat sodium tot 2 300mg ‘n dag

beperk moet word – dit is omtrent een teelepel sout. Maar die meeste

Amerikaners neem ten minste 4 000mg sout ‘n dag in. Van al die gevare

vir bene, is sout moontlik die moeilikste om te oorkom. Sout kom voor in

bykans alle geprosesseerde kosse, insluitende heelgraanbrood, ontbytgraan

en kitskosse. Die verwydering van tafelsoutpotjies van die etenstafel en die

kook van kosse sonder soutbyvoegings, kan help.

NormaleBeen

Been metOsteoporose

Page 26: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

26

herlewing in fokus

WAAROM GEBROKENHEID TOEGELAAT WORDHier is een van die noodsaaklikste lesse wat Christene nodig het om te verstaan, ten einde te kan wag op die Here in getroue, hoopvolle vertroue gedurende die donkerste ure van hulle wandel met die Here. Dit is iets wat alle Christene tot ‘n sekere mate moet ervaar. Wat behels hierdie ondervinding? Dit is gebrokenheid – dit is wanneer die Here ons trots en ons selfsug-deurdrenkte gees beproef. Die Bybel waarsku ons teen die gevare van eiesinnigheid, hoogmoed, trots.

“Trotsheid kom voor die verbreking , en hoogmoed kom voor die val!” (Spreuke 16:18).

Daar is baie lokvalle daarin vir ‘n man of vrou wat soms op ‘n kragtige wyse deur die Here gebruik word. Dit kan hulle geestelik vernietig. Die sondige menslike natuur is geneig om trots en selfverheffi ng toe te laat om te oorheers, wat na ernstige sondes kan lei. Ons het al voorbeelde gesien van geestelike reuse en leiers wat menslike lof en prys toegeswaai is. Kort voor lank, kom hulle tot ‘n val van sonde weens trots, selfvertroue, mag en rykdom.

Hoe groter die gebrokenheid in ‘n mens se lewe, hoe groter ons bruikbaarheid vir die Here:

“Die offers van God is ‘n gebroke gees; ‘n gebroke en verslae hart sal U, o God, nie verag nie!” (Psalm 51:19).

“Verneder julle dan onder die kragtige hand van God, sodat Hy julle kan verhoog op die regte tyd” (1 Petrus 5:6).

Die weg na ware grootheid in die Here se werk is eerstens nederigheid deur gebrokenheid en dan verheffi ng. Die ware nederige sal nooit die hoogste posisie uitsoek nie; of persoonlike doelwitte stel vir eie bevordering nie; of erkenning soek vir hulle prestasies nie. Hulle is stil-tevrede om die Here te dien, ongeag in watter hoedanigheid Hy hulle ookal uitroep. Die Here roep hulle uit, of hulle nou ‘n hoë of lae-gerekende posisie beklee tussen die mense. God begeer dat al Sy diensknegte daarna sal streef om so ‘n houding en gesindheid van nederigheid aan te neem. Daarom lei Hy hulle deur verskeie omstandigheide om al hierdie dinge in hulle lewens uit te lig. “want die Here tugtig Hom wat Hy liefhet, en Hy kasty elke seun wat Hy aanneem. As julle die tugtiging verdra, behandel God julle as seuns; want watter seun is daar wat die vader nie tugtig nie? ... Nou lyk elke tugtiging of dit op die oomblik nie ‘n saak van blydskap is nie, maar van droefheid; later lewer dit egter ‘n vredevolle vrug van geregtigheid vir die wat daardeur geoefen is” (Hebreërs 12:6, 7 11).

Die seerkry of ‘breek’-ervaring is van die Here af. ... Dit is die Here se selfdissipline en is nooit aangenaam nie. Gebroke oomblikke is dikwels van die donkerste tye in ‘n mens se lewensondervinding. In sulke tye skyn dit asof ons gebede nie verhoor word nie en asof die Here ver weg van ons is en nie vir ons omgee nie. Dit is dikwels ook die tye wanneer ons voel dat ons onproduktief in die Here se werk is. Gebrokenheid word dikwels ervaar wanneer felle versoekings en ‘n groot val vir versoeking deel van ons is. Tog, teen die einde word liefl ike gevolge in God se kinders se lewens bespeur ....Swaarkry en pyn is die middele wat God gebruik om in ons volharding, verdraagsaamheid, geloof en nederigheid in te skerp – ja, Christus se karakter. Trotsheid, hoogmoed is ‘n simptoom wat toon dat daar nie ‘n ervaring van gebrokenheid was nie. Trots is verraderlik. Ons kan dink dat ons nederig is en nie selfsugtug is nie, en tog is trots so deel van ons lewe. Die Bybel sê vir ons dat: “Bedrieglik is die hart, bo alle dinge ja, verdorwe is dit, wie kan dit ken?” (Jeremia 17:9).

Dit is belangrik dat ons bewus raak van die bewyse of ons trots of gebroke is. Nederige mense ag hulself nie hoog bo ander nie; hulle is klein in hulle eie oë. Hulle gee altyd aan die Here en aan ander die eer vir enige sukses wat behaal word. Die nederige en die verootmoedigde sal nie toelaat dat die bewustheid van ‘n swakheid of ‘n tekortkoming hom weerhou daarvan om die Here te dien nie. Trots versper dikwels die weg waarin God ons op die doelstreffendste manier kan gebruik. Dit kom dikwels ook in die pad van ons geluk. Ellen White skryf:

“Dit is die liefde vir self wat ons vrede vernietig. Solank as wat self oorheers, staan ons gedurig gereed om dit te verdedig teen afsterwing en beskuldiging; maar wanneer ons self kruisig en ons lewens met Christus in God verskuil, sal ons nie nalatings en uitlatings ter harte neem nie. Ons sal doof wees vir verwyte en blind wees vir veragting en beledigings” (Thoughts fom the Mount of Blessing, bl. 16).

Watter wonderbaarlike verklarings. Wanneer ons gebrokenheid ervaar, en ons trots onderwerp is aan Hom, sal ons dit nie ter harte neem wanneer iemand ons verag of beledig nie. Ons sal dit onmiddellik kan laat los . Hoekom? Omdat, wanneer ons nederig gemaak is deur gebrokenheid, sal ons nie voortdurend smag na selfverheffi ng, en onsself wil beskerm teen belediging nie.

Uit ‘n aanlynuittreksel van: 40 DAYS Prayers and Devotions to Revive Your Experience with God by: Dennis Smith at: www.40daysdevotional.com

“Verneder julle dan

onder die kragtige hand van God,

sodat Hy julle kan verhoog op die

regte tyd” (1 Petrus 5:6).

Page 27: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

27

herlewing in fokus

‘LIEFDE ONDER MEKAAR’– ELLEN G. WHITE

(UIT: MORNING TALKS: ELLEN G WHITE aan die predikante by die Wêreldkonferensie, Battle Creek, Michigan: November 1883)

“VERDER, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.” (Filippense 4:8, NASB)Die handelswyse van die Here met Sy kinders blyk dikwels vir ons onbegryplik te wees. Sy weë is nie ons weë nie; Sy gedagtes is nie ons gedagtes nie. Telkens is Sy handelswyse in so ‘n skrille kontras met ons planne en verwagtings, dat ons verstom en oorbluf staan. Ons verstaan nie ons hardnekkige aard nie; en dikwels, wanneer ons ons selfsug bevredig, en ons eie neigings volg, vlei ons onsself dat ons die planne van die Here uitvoer. En so het ons nodig om die Skrif te ondersoek, en meer in gebed te verkeer, dat ons, volgens Sy belofte, wysheid mag bekom.

Tog het ons ‘n individuele werk en ‘n individuele verantwoordelikheid voor die Here. Ons moenie ons eie oordeel volg nie, afgesien van die opinies en gevoelens van ons mede-broers; want dit sal tot wanorde lei in die kerk. Dit is die plig van die predikante om die oordeel van hulle broers te respekteer; maar in hulle verhouding teenoor mekaar, en ook in die leerstellings wat hulle leer, behoort hulle dit te meet aan die wet en getuienis; dan, indien harte oopgestel word om te leer, sal daar geen verdeeldheid tussen mekaar wees nie. Sommige neig na wanorde, en beweeg weg van die groot bakens van geloof; maar die Here beweeg sy werkers om eensgesind te wees in leerstelling en in gees.

.... Dit is baie aangenaam terwyl broederliefde heers; maar laat die “beskuldiger van die broeders” toegang verkry tot die harte van hierdie manne, terwyl die een die gedagtegange en die verbeelding van die ander beheer, dan word klein jaloesieë geskep, agterdog word verwek, en suspisie en naywer word gekoester; en hy bevind dat hyself wantrou word, en sy motiewe in twyfel getrek word. Hierdie valse broer vergeet sy eie menslike swakhede, vergeet van sy plig om geen bose dinge te dink of te praat nie, want so onteer hy die Here en verwond Christus in die persoon van die Here se kinders; en elke gebrek waaraan gedink kan word, word sonder genade op kommentaar gelewer, en die karakter van ‘n broer word voorgestel as donker en twyfelagtig.

... Die harte is gesluit vir genade, gesonde oordeel en die liefde van God; en die koue smalende, opstandige gees van Satan word teenoor sy slagoffer geopenbaar. Indien Satan belydende gelowiges kan oorhaal om as beskuldigers van die broers op te tree, is hy meer as tevrede, want diegene wat hulle hieraan skuldig maak, dien hom net soos Judas gedoen het toe hy Christus verraai het, alhoewel hulle dit moontlik onwetend doen. Satan is nie nou minder aktief as in Christus se dae nie, en diegene wat hulleself oorgee om hierdie werk te doen, sal ook sy [satan se] gees openbaar ... Ons leef tussen die euwels van die laaste dae, en ons behoort alle kanale te bewaak waardeur satan ons kan nader met sy versoekings. ‘n Dodelike

dwaling verlam diegene wat groot lig en kosbare geleenthede gehad het, maar nie in die lig gewandel het of die geleenthede benut het wat die Here aan hulle gegee het nie. Duisternis sal oor hulle kom; hulle sal daarin faal om Christus hulle kragbron te maak, en hulle sal maklik ten prooi val in die strikke van die verleier. ‘n Skamele aanvaarding van die waarheid sal nooit ‘n siel uit die kloue van die dood red nie. Ons moet deur die waarheid gereinig word; elke karaktergebrek moet oorkom word, anders oorkom dit ons as ‘n oorheersende mag van die bose.

Kweek alles aan in jou karakter wat in harmonie is met die karakter van Christus. Koester daardie dinge wat eerbaar, waar, regverdig, suiwer, lieflik en loflik is; maar verban alles wat teenstrydig met ons Verlosser is. Selfsug word tot so ‘n mate vertroetel dat min dit besef; waak daarteen te alle tye en in alle plekke. Moenie jouself verskoon van enige foute nie. As daar beswarende karaktereienskappe is wat jy moeilik vind om te onderdruk, moenie wan jou swakhede praat as iets wat andere maar moet verdra nie. Moenie jou gewete streel met die gedagte dat, jy nie die eienaardigheidjies kan oorkom wat jou karakter misvorm nie, of luister na satan se voorstelle dat dit nie so erg is nie. Daar is nie ‘n manier waardeur jy gered sal word in sonde nie. Elke siel wat die ewige lewe beërwe moet soos Christus wees, ...Die volgelinge van Christus moet soos ligte skyn te midde van ‘n krom en verdraaide geslag. ... Liefde vir self sal mense verlei tot ‘n baie beter opinie van hulself as wat die Woord van die Here sal uitwys; want: “Bedrieglik is die hart, bo alle dinge ja, verdorwe is dit, wie kan dit ken?” – God se Woord is die standaard wat ons almal moet bereik. Dit is onveilig om gevoel te raadpleeg of om ons eie hart te vertrou; die wyse man het verklaar: “Hy wat op sy eie hart vertrou, is ‘n dwaas.”

Kerklidmaatskap bied ons nie ‘n waarborg om die hemel binne te gaan nie. Ons moet in Christus bly, en Sy liefde moet in ons wees. Ons moet elke dag vorder en groei in die vorming van ‘n gebalanseerde karakter. Soos die Here volmaak is in Sy sfeer, so word daar van ons ook verwag om volmaak in ons s’n te wees. Daar is ‘n groot taak wat wag op elke individu, om die hoogste standaard te bereik. Wat ons bereik, sal presies in ooreenstemming wees met die pogings wat ons aanwend, ons karakter sal wees wat ons kies om dit te maak; want deur die hemelse hulp wat ons belowe is, kan ons oorkom. “Jesus deurgrond ons gedagtes; Hy is gedagtig daaraan dat ons stof is.” In liefdevolle teerheid sal Hy ons help en ons die krag gee wat ons nodig het.”

Laat ons die suiwere beginsels van die evangelie van Christus deeglik aankweek: die godsdiens – nie van selfverwesenliking nie, maar van liefde, sagmoedigheid, en nederigheid van hart. Dan sal ons liefde onder mekaar hê, en die een die ander hoër ag as homself. Ons gedagtes sal nie dwaal oor die donker kant van ander se karakters nie; en ons sal nie ‘n feesmaal maak van skandale en skindernuus nie. Maar, “... alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is – watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.”

Page 28: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

28

DIE VOORREG VAN GEBED

geestelike krag

God spreek tot ons deur die natuur en deur Sy Woord, deur Sy voorsienigheid en deur die invloed van Sy Gees. Maar hierdie dinge is nie genoeg nie; ons moet ook ons hart voor Hom uitstort. Ten einde geestelike lewe en krag te hê moet ons werklike gemeenskap met ons hemelse Vader oefen. Ons mag oor Hom dink; ons mag Sy werke, Sy barmhartighede, en Sy seëninge bepeins; maar dit is nie gemeenskap oefen met Hom in die ware sin nie. Om met God gemeenskap te oefen, moet ons iets hê om aan Hom te sê aangaande ons eie lewe. Gebed is die uitstorting van ons hart tot God soos tot ‘n vriend. Nie dat dit nodig is om aan God bekend te maak wat ons is nie, maar dis om ons in staat te stel om Hom aan te neem. Gebed bring God nie tot ons af nie, maar dit neem ons op tot Hom. Toe Jesus op aarde was, het Hy Sy dissipels geleer hoe om te bid. Hy het hulle geleer om hulle daaglikse behoeftes aan God bekend te maak, en al hulle sorge op Hom te werp. En die versekering wat Hy aan hulle gegee het dat hulle gebede sou verhoor word, is ook ‘n versekering aan ons. Jesus het self dikwels gebid terwyl Hy op aarde onder die mense gewandel het. Ons Heiland het Hom met ons behoeftes en swakhede vereenselwig deur ‘n smeker en bidder te word, en van die Vader nuwe krag te verlang vir Sy werk en die beproewings wat Hy moes deurmaak. Hy is ons voorbeeld in alle dinge. Hy is ‘n broeder in ons swakhede, en was “in alle opsigte versoek net soos ons, maar sonder sonde” dog as die een wat sondeloos was, het Hy ‘n anker gehad van die kwaad; en in ‘n wêreld van sonde moes Hy ‘n groot sielestryd deurmaak. Sy menswording het gebed ‘n noodsaaklikheid en ‘n voorreg gemaak. Hy het troos en blydskap gevind in gemeenskap met Sy Vader. En as die Verlosser van die mens, die Seun van God, behoefte gehad het aan gebed, hoeveel te meer behoort swakke, sondige sterwelinge hulle behoefte te besef aan vurige aanhoudende gebed.

Ons Hemelse Vader wag om die volheid van Sy seëninge op ons uit te stort. Dit is ons voorreg om diep te drink uit die fontein van Sy oneindige liefde. Hoe verbasend dat ons so min bid! God is bereid en gewillig om die opregte gebed van die nederigste van Sy kinders te verhoor, en tog is daar so ‘n traagheid van ons kant om ons behoeftes aan Hom bekend te maak. Die dusiternis van die Bose bedek diegene wat nalaat om te bid. Die influistering van die vyand verlei hulle tot sonde; en dit alleen omdat hulle nie gebruik maak van die voorregte wat God deur gebed wil skenk nie. Waarom moet die seuns en dogters van God traag wees om te bid, wannneer gebed die sleutel in die hand van die gelowige is wat die skatkamers van die hemel oopsluit, waar die onbeperkte rykdom van die Almagtige gebêre is? Sonder gedurige gebed en waaksaamheid, loop ons gevaar om agtelosig te word en van die regte pad af te dwaal. Die teenstander is gedurig daarop uit om die weg tot die genadetroon te versper sodat ons nie deur vurige gebed en geloof genade en krag kan ontvang om versoeking te weerstaan nie.

As ons ongeregtigheid in ons hart koester, as ons vasklem aan iets wat ons weet wat sonde is, sal die Here ons nie verhoor nie. Maar die gebed van die boetvaardige, gebroke hart word altyd verhoor. As ons al die verkeerde dinge waarvan ons bewus is, reggemaak het, mag ons glo dat God ons gebede sal verhoor. Ons eie verdienste sal ons nie by God aanbeveel nie; dit is die verdienste van Jesus wat ons sal red. ‘n Ander vereiste vir

gebedsverhoring is geloof. ... die versekering is veelomvattend en onbeperk, en Hy is getrou wat dit beloof het. ... As ons tot God kom en om genade en seëninge te vra, moet daar ‘n gees van liefde en vergewensgesindheid in ons eie harte wees. Volharding is een van die voorwaardes van gebedsverhoring. Ons moet gedurig bid as ons wil toeneem in geloof en geestelik opwas. ... Daar is behoefte aan ywer in ons gebede; laat niks u hinder nie. Doen alles in u vermoë om die gemeenskap tussen u siel en Jesus ongestoord te hou. Ons behoort by die huisaltaar te bid, en ons moet veral nie die gebed in die binnekamer verwaarloos nie, want dit is die lewe van die siel. ... Die deur van ons hart behoort gedurig oop te wees met die uitnodiging van Jesus om in ons hart te kom woon as ‘n hemelse gas. Ons behoort Jesus duideliker te sien en die ewige dinge beter te verstaan. Die hart van Gods kinders behoort vol te wees van die sieraad van heiligheid; en om dit te bewerkstellig, behoort ons te soek na goddelike openbarings van hemelse dinge. ....

Maak u behoeftes, u vreugde, u droefheid, u sorge en u vrees aan God bekend. U kan Hom nie daarmee belas of vermoei nie. Hy wat die hare van u hoof tel, is nie onverskillig omtrent die behoeftes van Sy kinders nie. “Die Here is vol medelyde en ontferming.” (Jakobus 5:11.) Ons smarte, ja, selfs die mededeling daarvan, pynig Sy liefdevolle hart. Neem al u moeilikhede na Hom. Niks is te groot vir Hom om te dra nie, want Hy hou die wêrelde in stand en Hy heers oor die ganse heelal. Niks wat ons vrede behels nie, is te gering vir Hom om op te merk nie. Daar is geen hoofstuk in ons lewe wat vir Hom te duister is om te lees nie; daar is geen moeilikheid te groot vir Hom om op te los nie. Geen ramp kan die geringste van Sy kinders tref nie, geen angs kan hulle siel kwel nie, geen blydskap kan hulle bemoedig nie, geen opregte gebed kan hulle lippe ontval nie, waarvan ons hemelse Vader nie kennis neem nie, of waarin Hy nie onmiddellik belangstel nie. “Hy genees die wat gebroke is van hart, en Hy verbind hulle wonde.” Psalm 147:3. Die Here se belangstelling in elke siel is so volkome asof daar geen ander siel op aarde was wat Sy sorg nodig het, of vir wie Hy Sy geliefde Seun gegee het nie.

Ons moet ons rondom die kruis skaar. Christus die gekruisigde moet die onderwerp van ons oorpeinsing en gesprekke wees, en dit moet ons gemoed met blydskap vervul. Ons moet elke seën wat ons van God ontvang, in gedagtenis hou, en as ons Sy groot liefde besef, behoort ons gewiliig te wees om alles toe te vertrou aan die hand wat vir ons aan die kruis genael is.

Op die vleuels van danksegging kan die siel nader aan die hemel kom. In die hemelse howe word God aanbid met gesang en musiek, en waar ons ons dankbaarheid betuig, stem ons aanbidding in ‘n mate ooreen met die van die hemelse leërskare. “Die een wat dank offer, eer My.” Psalm 50:23.

Aanhaling uit: EG White: SKREDE NA CHRISTUS, hoofstuk 11, ble 93-104

Page 29: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

29

‘HERDENK DIE SABBAT’ SONSONDERGANGTYE 2015

leefstyl

SONSONDERGANGTYE

Page 30: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

30

‘N GEBED OPGEDRA AAN VADERS, MOEDERS EN ONS JEUG

Verjaarsdagbede Aan al ons lesers wat hulle VERJAARSDAE vier gedurende April – Junie 2015

Mag die Here u ryklik seën, begelei en versterk; ‘God se liefde stel nooit teleur nie.’

REDAKSIE

MARANATHA

A MORNING PRAYERGod, give me strength to live another day,

Lest recreant to life’s duties I might be;Or lose my faith in others on the way,

And coward turn from problems that I see.

And keep me pure and sweet and sound of heartIn spite of treachery or bitter stings;

And give me courage from the world to part,And wings to hasten toward eternal things.

And help me be so honest and so clean,My heart a mirror of the Lord can be;

And thus reflect Christ’s spirit so serene,The peace and calmness of the deepest sea.

Lord, let no outward failure, inward doubt,Dissolve to ashes my altar fire;

I know I need but little from without,For Thou within art all that I require.

God, keep me free from bustle’s needless noise,And make me kind and never sharp or rude,

And midst the crowd give me Thy perfect poise,The sweet serenity of solitude.

God, grant my eyes new vision of the truth;Fill me with grace and vibrant power, I pray;

I consecrate my talents and my youth,Make me a cup of strength to men today.

Amen.”

ADLAI A.. ESTEB

aankondigings

[Ter ere aan ons MOEDERS op Moedersdag (12 Mei 2015); Ons VADERS op Vadersdag (21 Junie 2015); enOns JEUG op Nasionale Jeugdag, SA (16 Junie 2015)] in die SAU KONFERENSIE VAN SEWENDEDAG-ADVENTISTE

Page 31: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

31

KENNISGEWINGS VAN DIE SAKESITTINGS VAN ONS KONFERENSIES

KWAZULU-NATAL-VRYSTAAT KONFERENSIE - SEWENDE ALGEMENE SAKESITTINGKENNIS word hiermee gegee in terme van die grondwet van die Kwazulu-Natal-Vrystaat Konferensie van die Sewendedag-Adventiste Kerk, dat die Sewende Algemene Sakesitting van die Konferensie belê word om byeen te kom te

Die Anerley Jeugkampus, Adventweg 6/102, Anerley, KwaZulu Natal, vanaf 24-27 September 2015 om:1. Die Ampsdraers, Uitvoerende Komitee en Departementele Direkteure aan te stel vir die sewende termyn. 2. Verslae te ontvang van die aktiwiteite en finansies van die Konferensie gedurende die sesde termyn. 3. Enige sake te hanteer soos wat behoorlik voor die sakesitting gelê mag word.

Die eerste vergadering begin op Donderdag, 24 September 2015, om 10h00. Die Sakesitting verdaag slegs na die amptelike sluiting.

President : Ler MC NhlapoUitvoerende Sekretaris : Ler IJ Solomon

NAMIBIË KONFERENSIE - EERSTE ALGEMENE SAKESITTINGKENNIS word hiermee gegee in terme van die grondwet van die Namibië Konferensie van die Sewendedag-Adventiste Kerk dat die Eerste Algemene Sakesitting van die Namibië Konferensie belê kan word om byeen te kom te:

Mavuluma Sewendedag-Adventiste Kerk, in Katima Mulilo vanaf 2–4 Oktober 2015 om:1. Die Ampsdraers, Uitvoerende Komitee en die Konferensie se Departementele Direkteure vir die volgende termyn aan te stel. 2. Verslae te ontvang van die aktiwiteite en finansies van die Konferensie van die vorige ampstermyn. 3. Enige sake te hanteer soos wat behoorlik voor die Sakesitting gelê mag word.

Die eerste vergadering begin op Saterdagaand, 3 Oktober 2015, om 18h30. Die Sakesitting verdaag slegs na die amptelike sluiting.

President : Ler M Mukubo Uitvoerende Sekretaris : Ler B Mundia

announcements

HERINNERING: SPERDATUMS VIR DIE INDIENING VAN BYDRAES - MARANATHA 2015

Geagte Lesers, Vriende en Kollegas

Hiermee ‘n vriendelike dog dringende herinnering aan die SPERDATUMS vir

alle bydraes van artikels, grafiese insette of foto’s (in jpg-formaat), verhale, verslae en programme vir publikasie in die MARANATHA:

Kwartaal 1 (Maart-Uitgawe) – 15 Januarie 2015 Kwartaal 2 (Junie-Uitgawe) – 16 April 2015

Kwartaal 3 (September-Uitgawe) – 16 Julie 2015 Kwartaal 4 (Desember-Uitgawe) – 15 Oktober 2015

Neem ook vriendelik kennis van die volgende e-posadresse waarheen die genoemde artikels aangestuur kan word:

[email protected] asook ‘n elektroniese afskrif aan: [email protected]

U samewerking en bydraes hierin word opreg waardeer.

met dank, Redaksie van Maranatha

Page 32: Gebed asem van die siel. hart Lewensfonteinadventist.org.za/wp-content/uploads/2019/03/2Q2015-final-maranatha-AFR-JUNE-PRINT-LR.pdfmet die Lewensfontein, en versterk die senuwee en

Herlewing en Hervorming

Die groot herlewings van die Christelike geskiedenis is deur

gebed vermag. Tydens die Pinksterfees het die dissipels

ernstig tot God gebid. God se eindtydboodskapper aan die

oorblyfselkerk maan ons, “Herlewing kan slegs in antwoord

op gebed verwag word”.

Selected Messages, Vol 1 (1958), bl 121

In GebedSewendedag-Adventiste

bid 7 dae per week

om 7 vm en 7 nm