Upload
ledien
View
236
Download
2
Embed Size (px)
Citation preview
GEBEDSBRIEF Wonderboom Ned. Geref. Gemeente
5 November 2017 Besoek ons WEBTUISTE:
www.ngkwonderboom.co.za
Bid asseblief dat ons EREDIENSTE ware ontmoetings
met die lewende God en met mekaar sal wees!
Welkom aan elkeen wat vandag saam aanbid!
Mag die Here ons in ons liefde vir Hom en mekaar seën! Baie geluk aan dié wat die afgelope of komende week verjaar (het). Ons ontmoet
graag nuwe intrekkers na die diens voor die kansel. Kom geniet
na die oggenddiens iets te drinke in die binnehof en
deel so in mekaar se lief en leed.
LERAAR TEMA TEKS
Dr Nelius Steyn
Nagmaal
09:00
Versluierde Genade
Jesaja 25:6a “Op hierdie berg gaan die Here die Almagtige
‘n feesmaal gereed maak vir al die volke...”
Ds Erika van Tonder 09:00
Soetdoring
Nagmaal: ‘n Oase op my
geloofsreis
Spreuke 3:6 “Ken Hom in alles wat jy doen en Hy sal jou
die regte pad laat loop”.
18:00 - 19:00 Debeon Jeuglokaal
Kategese en Debeon
Die Juniors (Gr 0 – Gr 6) kom 10:15 in die Bo-vertrek
byeen en Debeon (Gr 7 – 10) om 18:00 – 19:00.
L.W. Volgende week sluit
die kategese af.
Senior Koor
7 November om 16:00 in Soetdoring-saal.
Kerssangdienste:
Soetdoring, L.W. Dinsdag 14 November om 18:30. NG Overkruin
se koor o.l.v. Gideon Brits tree o.a. daar op.
Jasmyn 16 November om 18:30
Kerkgebou 19 November om 18:00
Woordgroei
Donderdag 9 November om 19:00 in die Kameel. Ons behandel die
boek Efesiërs. Almal is welkom.
Omgeegroepe
Omgee-materiaal is by die deure beskikbaar. Dit kan ook vir
persoonlike Bybelstudie gebruik word.
Lofoffer
Baie dankie aan elkeen wat laas week jou lofoffer gebring het met ons verjaarsdagviering, of dit op ‘n ander manier oorbetaal het! Ons trek op die
oomblik by ongeveer R45 000. Jy kan joune steeds na ‘n erediens na
of die kerkkantoor bring, of elektronies oorbetaal.
Ons rekening-besonderhede is:
NG Gemeente Wonderboom Absa tjekrekening
Rekno: 5260151136 Sinoville 336945 Verwys: Lofoffer
SORG VIR MEKAAR!
Siekes
Pieter du Toit (072 241 7115), Louis Naude (082 829 4896), Anna Buys
(076 119 7925), Nora Wallis (082 463 7015), Marie Wallis (072 125 8533), Estie Gernandt (084 567 2643), Annatjie Kidson (Joseph
072 816 6864) Awie Bosman, David Kruger (071 409 0909), ds. Tobie Bothma, Willie Smit en Okkie du Toit.
Damestee: 11 Nov om 09:30 vir 10:00 het
ons ‘n heerlike kuiergeleentheid vir dames
in die saal. Die kostes is R100 per persoon
en kaartjies is beskikbaar by Ninette
082 829 2062. Ons gasspreker is Elmien
Botha wat met ons kom gesels oor
Vreugde. Bring ‘n vriendin saam en kom
geniet die oggend saam met ons!!!
Twee weke van harde werk, maande se beplanning en tonne energie later, is ons Kersmark van 2017 verby. Dit was voorwaar ‘n wonderlike belewenis! Estie skryf namens die reëlingskomitee: Baie dankie aan almal wat betrokke was by die
Kersmark! Hoe groot of klein jou aandeel was, dit word opreg waardeer - die gebede, skenkings en hulp (baie keer op kort kennisgewing). NGK Wonderboom het weereens bewys dat ons as 'n Gemeente kan saamstaan om 'n projek aan te pak en suksesvol deur te voer. ‘n Spesiale dankie aan die staatmakers wat lang ure by die Kersmark gewerk het, vir die komitee se beplanning, toewyding en
deurvoering, asook vir die Kosspan wat hulleself oortref het met die Kosverkope oor die 2 naweke. Groot dank aan die uitstallers! Dankie aan al die gesinne vir
hulle ondersteuning, al het hulle met tye aan die kortste end getrek. Die belangrikste van alles natuurlik: Al die eer aan God! Hy het ons mildelik
geseën, ons is eindeloos dankbaar vir sy genade!
Jakaranda 17 Die kinders van Huis 17 van
Jakaranda kuier weer vanoggend by ons. Hulle gaan Saterdag 18 Nov weer hulle huis versier met liggies vir die liggie-fees. Skakel met die
huismoeder Stefanie (083 718 1178) as jy kan en wil kom help.
‘n Bekende filmmaatskappy skiet eersdaags by ons die Film: Ds. Tienie. Hulle het ons kerkkompleks gekies, natuurlik omdat dit die mooiste in die hele wêreld is! Daar is ‘n paar weke van pre-produksie, en dan vind die produksie die laaste week van November en eerste twee weke van Desember plaas. Ons gemeentelede is welkom om af en toe te kom inloer, solank ons hulle nie in hulle werk steur nie.
Bekende akteurs tree op in die film soos Frank Opperman, Henrietta Gryffenberg, Deon Lotz, Regardt van den Bergh, Paul Eilers, Annette Engelbrecht en Carel Nel speel ook daarin. As jy ‘n
ekstra wil wees, kan jy op Saterdag 2 Desember 07:00-13:00 en/of Woensdag 6 Desember 07:00-13:00 kom (in jou kerkklere). Jy kry middagete gratis. Laat weet die kerkkantoor (082 829 2062).
Geseënde kartonne! Kartonhouers is van vandag af beskikbaar, waarmee behoeftiges hierdie Kersfees gehelp word. Op die deksel is ’n aanduiding van die basiese kruideniersware wat benodig word. Bring dit dan terug voor/op Sondag 10 Desember na die kerkkantoor of kerkgebou. Werk as gesin, familie, omgeegroep of vriendekring saam en help soos jy kan! Skakel Hennie (082 553 9291) of enige van die leraars as jy navrae het. Help ons asb. met die identifisering van persone of gesinne wat ons in die feesseisoen kan bedien met die kershouers. Ons is regtig van u afhanklik om ons te help om na mense in nood uit te reik. U weet baie moontlik van iemand waarvan ons nie weet nie. Enigiemand. Die inligting word vertroulik hanteer. U kan direk met enige van die leraars skakel, of die kerkkantoor.
Adverteer @ R30 per advertensie. Bring info (30 woorde of minder) na die kerkantoor voor/op Donderdag om 12:00 of
skakel 082 829 2062. Epos na [email protected].
CLE Finansiële Dienste
FSP 12700
Beskerming, versekering, spaar, beplanning ens. Kontak ons vir enige
raad en bystand rakende sakeversekering, pensioenfondse,
voorsorgfondse, lewensversekering, testamente, effektetrusts, aftree
beplanning, beleggings beplanning ens.
Carel Hollenbach
082 901 2441
R $ £ € FSP 589
Skakel ons vir enige inligting en bystand aangaande beleggings wêreldwyd.
SA Batebestuur
012 567 7657
Herbalife
Eet beter, voel beter! Herbalife produkte bevat wetenskaplik bewese bestandele wat verseker dat jou liggaam alles wat nodig is, inneem. Kontak my vir meer
besonderhede oor hoe om beter te voel en meer effektief te kan funksioneer.
Marie Wallis 072 125 8533
Woonstel te huur
Bougainvilla Aftree-oord: 2 slaapk, balkon, motor-afdak & 15 etes ingesluit. R 6500
pm. Beskikbaar vanaf 01 Desember 2017. 083 793 2552
TE KOOP
400m2 erf 185m
2 vloer opv voltitel huis in
Estate (slegs R300 hekfooi pm) Annlin, 3 bed, 2 bad, ruim kombuis, eetkamer &
leefarea. Pragtuin met Boorgat. R1,166 000
Minette 082 570 7006
PKM Transport
Algemene Meubelvervoer en langafstand. Bok-se en verpakkings-materiaal te koop. Stuur ‘n e-pos [email protected] of skakel.
Anna-Mari
012 803 0470 086 111 1129
Rommel verwyder-
ing
Rommelverwydering, ligte vervoerwerk, boom-sloping, restourasie en herspan van riempies-
meubels. Vervang ook stoelrekbande (webbing). Alle prentraamwerk.
Dawie Fourie 082 556 4451
MHK Garden &
Maintenance
Ons doen kompleks- en besigheidstuine, algemene herstelwerk, verfwerk en vele meer. Ons sleep of vervoer motors ook
oor kort en lang afstande.
Mike 082 218 6559
KERKKANTOOR: 082 829 2062, 012 567 3631 of 012 543 3494.