23
DEKLARASIE VAN TAALREGTE VAN SUID-AFRIKANERS Hiermee verklaar ons, die burgers van Suid-Afrika, dat ons geregtig is op die volgende taalregte en dat ons die vertroue uitspreek dat hierdie dokument deur die Nasionale Regering kragtens artikel 234 van die Grondwet, as handves van taalregte aanvaar sal word. Tussentyds doen ons ’n beroep op die staat en die privaat sektor om hierdie regte te respekteer en na te kom en ’n spesiale beroep word op die howe gedoen om hierdie deklarasie te erken as deel van ons geïmpliseerde grondwetlike regte. Hierdie deklarasie het ten doel om die burgers van Suid-Afrika in te lig om met vertroue hulle taalregte op te neem, op te eis en die een die ander se taalregte te respekteer ten einde ’n verdraagsame taalrespekterende gemeenskap daar te stel. Ons besef dat die hierin regte vermeld, insover dit op die staat en/of die privaat sektor betrekking het, ’n teenoorgestelde verpligting op hulle lê om hierdie regte te respekteer en na te kom. Ons verklaar dat hierdie nie ’n geslote lys van taalregte is nie. Ons vorder ons regte aangesien: - Ons ervaar dat die nie-openlike gebruik van ons amptelike tale rasskendend en grondwetbrekend is;

GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

  • Upload
    vanhanh

  • View
    213

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

DEKLARASIE VAN TAALREGTE VAN SUID-AFRIKANERS

Hiermee verklaar ons, die burgers van Suid-Afrika, dat ons geregtig is op die volgende taalregte en dat ons die vertroue uitspreek dat hierdie dokument deur die Nasionale Regering kragtens artikel 234 van die Grondwet, as handves van taalregte aanvaar sal word. Tussentyds doen ons ’n beroep op die staat en die privaat sektor om hierdie regte te respekteer en na te kom en ’n spesiale beroep word op die howe gedoen om hierdie deklarasie te erken as deel van ons geïmpliseerde grondwetlike regte.

Hierdie deklarasie het ten doel om die burgers van Suid-Afrika in te lig om met vertroue hulle taalregte op te neem, op te eis en die een die ander se taalregte te respekteer ten einde ’n verdraagsame taalrespekterende gemeenskap daar te stel.

Ons besef dat die hierin regte vermeld, insover dit op die staat en/of die privaat sektor betrekking het, ’n teenoorgestelde verpligting op hulle lê om hierdie regte te respekteer en na te kom. Ons verklaar dat hierdie nie ’n geslote lys van taalregte is nie.

Ons vorder ons regte aangesien:

- Ons ervaar dat die nie-openlike gebruik van ons amptelike tale rasskendend en grondwetbrekend is;

- die noodsaak bestaan vir duidelik gepresiseerde taalregte, wat bevatlik en maklik toeganklik is, want die vae bepalings se interpretasie kan nie oorgelaat word aan die diskresie van amptenare nie;

Page 2: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

- ons besef dat persone gelyk behandel moet word en nie tale nie omdat amptelike tale slegs gelyke aansien geniet en billik behandel moet word;

- die amptelike taalbedeling soos vervat in artikel 6 van die Grondwet saamgelees met die teen-onbillike taaldiskriminasievoorskrif in artikel 9 van die Grondwet, soos gesertifiseer deur die Konstitusionele Hof, die verlening van amptelike status in die 11 amptelike tale nie bloot simbolies is nie maar werklik en onderhewig aan die beginsel van grondwetmatigheid;

- Die mite dat almal Engels verstaan en effektief kan gebruik ondersteun deur die elite en ontwikkelde belangegroepe, hiermee weerspreek word.

Derhalwe vorder ons hiermee ons ampstaalregte te midde van die kompeterende regte in ’n veeltalige taalomgewing en te midde van die suigkrag van Engels as homogeniserende globale taal en in die lig van die grondliggende beginsel, waarop die taalbedeling van Suid-Afrika berus, naamlik om taaldiversiteit te bevestig en uit te brei, soos volg naamlik:

1.

GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE1.1 Ek het die reg dat daar nie teenoor my op grond van taal onbillik

gediskrimineer word nie.1.2 Ek het ’n regmatige verwagting op grond van die grondwetlike

bepaling dat amptelike taalstatus aan my taal verleen is, dat dit amptelik gebruik sal word.

1.3 Ek is geregtig daarop dat die owerheid die nodige struktuur en instellings in plek sal stel ten einde te verseker dat hulle hulle verpligtinge, soos hierin vermeld, nakom.

Page 3: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

2.

REG OP AMPTELIK-GEPUBLISEERDE GRONDWET

Ek het die reg daarop dat die Grondwet van Suid-Afrika in my amptelike taal amptelik gepubliseer word, behoudens die voorskrifte van artikel 240 dat die Engelse interpretasie voorkeur by die uitleg in die geval van botsende uitlegte met ’n amptelike taal van ’n bepaalde artikel in die Grondwet sal geniet.

3.

TAALVOORKEUR

Ek het die reg om ’n aanduiding van my taal van keuse aan enige openbare en/of privaat instelling op enige dokument aan te bring.1

4.

REG VAN VRYE UITDRUKKING

Ek het die reg tot vrye uitdrukking in die taal van my keuse in enige vorm in die pers of op sosiale media, mits dit nie enigsins die regte van ander persone skend nie en gegewe die geskiedenis van Suid-Afrika, mag dit geen rassisme inhou nie.

5.

GEBRUIK IN DIE PARLEMENT EN DIE PROVINSIALE WETGEWERS Ek is geregtig daarop om in my taal in die Nasionale Vergadering en in die Raad van Provinsies van die Parlement en in enige provinsiale wetgewer, waarvan my taal ’n amptelike taal vir daardie provinsie is, in enige sitting 1 Op alle amptelike dokumente en kontrakte behoort ’n taalkeuse-blokkie aangedui te word.

Page 4: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

te mag gebruik en geen aangeleentheid kan voortgaan tensy hierdie reg uitgeoefen kan word nie.

6.

WETGEWENDE MAATREËLSEk het die reg om:6.1 Nasionale wetgewing en wetgewende maatreëls in my amptelike

taal te mag ontvang.6.2 In die provinsie waar ek woon en waarvan my moedertaal ’n

amptelike taal is, is ek geregtig daarop om alle provinsiale wetgewing in my amptelike taal te mag ontvang.

6.3 Ek is geregtig op enige bywet en/of munisipale voorskrif in ’n munisipale area, waar ek woon, in my moedertaal waar minstens 10% van die bevolking van die munisipale area my moedertaal praat en alternatiewelik nadat ’n petisie van minstens 1000 persone aan die munisipaliteit, waarin gemelde dokumentasie in my taal versoek word, by die munisipale bestuurder ingedien word.

6.4 Ek is geregtig om enige nasionale wetgewing, regulasie, provinsiale wetgewing of munisipale bywet wat regte-gewende en/of regte-wegnemend van aard is, binne een (1) jaar na promulgering daarvan in my amptelike taal beskikbaar te mag hê anders is dit nie op my van toepassing nie.

6.5 Ek is bewus daarvan dat enige konsepwet deur ’n minister of ’n parlementariër of LUR of lid van die provinsiale wetgewer in die amptelike taal van sy/haar keuse by hetsy die Parlement hetsy die Provinsiale Wetgewer ingedien mag word, behoudens subreëls 220, 221 en 222 van die Gesamentlike Reëls van die Parlement en dié van die provinsiale wetgewers.

6.6 Ek is geregtig daarop dat die deelname van my aan enige konsultasieproses met betrekking tot wetgewing en/of provinsiale wetgewing deur die staat in my amptelike taal getolk sal word.

7.

Page 5: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

ERKENNING VAN VERTAALDE WETGEWING

Ek is geregtig daarop dat ’n nievertaalde amptelike dokument, wat deur die erkende taalliggaam van Suid-Afrika of taalraad van my taal erken is, as amptelik in ’n hof of tribunaal aanvaar te mag word.

8.

KENNISGEWINGSEk is geregtig om:8.1 alle kennisgewings van die nasionale regering, nasionale entiteite

en/of nasionale instellings in my taal te mag ontvang en indien my taalkeuse nie een van die drie amptelike tale, wat ingevolge die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale (GATW) deur sodanige departement, instelling of onderneming gekies is nie, moet ek nogtans sover moontlik bedien word in die taal wat ek die beste verstaan.2

8.2 op kommunikasie in die taal van my keuse van enige semi-staatsinstelling met betrekking tot enige kennisgewing van inbreukmaking en/of uitbreiding van regte.

8.3 op enige rekening van enige staatsinstelling of semi- staatsinstelling in my taal van my keuse, byvoorbeeld ’n Eskomrekening.

8.4 tenderdokumente in my taal te mag ontvang alternatiewelik minstens ’n opsomming daarvan in dieselfde Staats-/Provinsiale koerant.

9.

NAAM/KENNISGEWINGBORDEEk is geregtig daarop dat 9.1 nasionale departemente, nasionale entiteite en nasionale instellings

naam-/kennisgewingborde in die amptelike tale van die provinsies, 2 Use of Official Languages Act, Act 12 of 2012 wat op 2 Mei 2012 in werking getree het.

Page 6: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

waarin sodanige naam-/kennisgewingborde verskyn, op sodanige geboue, strate en/of strukture, moet verskyn.3

9.2 provinsiale departemente alle naam-/kennisgewingborde in daardie provinsie in die tale, wat provinsiale tale ingevolge provinsiale taalwetgewing is, moet aanbring.

9.3 munisipaliteite alle naam-/kennisgewingborde in daardie munisipaliteit in die tale, wat provinsiale tale ingevolge provinsiale taalwetgewing is, moet aanbring.

9.4 besighede binne munisipale areas die tale, wat deur die provinsie gekies is, op hulle naam-/kennisgewingborde moet aanbring.

10.

MUNISIPALITEITEEk is geregtig daarop om rekeninge, kennisgewings, bywette en omsendskrywes in die taal van my keuse te ontvang mits daar 10% burgers in die munisipale gebied volgens die nasionale sensus is wat my amptelike taal gebruik alternatiewelik indien 1 000 burgers4 ’n versoekskrif onderteken om hierdie reg op te eis.5

11.

DIE POLISIE EN STRAFVERHOREEk is geregtig om:11.1 ’n waarskuwingsverklaring in my moedertaal te mag aflê en te weier

om ’n waarskuwingsverklaring te teken wat nie in my moedertaal aangeteken is nie.6

3 Staatsdepartemente sal minstens in ses amptelike tale die kennisgewings moet aanbring in provinsies wat die 11 amptelike tale as provinsiale tale het.

4 In Finland is dit 8% of 3 000 van die gemeenskap in ’n munisipale gebied.5 Sien artikel 8 van Die Wet op Plaaslike Regering waarvolgens die plaaslike raad inligting aan die

gemeenskap moet kommunikeer met inagneming van taalvoorkeure van die gemeenskap; sien ook artikel 21 van die Wet op Plaaslike Regering waarvolgens kennisgewings gegee moet word in die amptelike tale wat die Raad bepaal met inagneming van die taalvoorkeur van die gebied. (Sien ook a 6(3)(b) van die Grondwet).

6 so sal die SAPD gedwing word om polisie aan te stel wat die taal van die area ken en sal polisiëring ook so bevorder word.

Page 7: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

11.2 die standaard- grondwetlike regte, wat SAPD-lede by arrestasie aan verdagte persone moet uitlees, in my taal skriftelik te mag ontvang.

11.3 indien ek ’n verklaring in ’n ander taal as my moedertaal maak, voor die verhoor te versoek dat enige vorige verklaring wat nie in my moedertaal afgelê is nie, genegeer moet word.

11.4 op ’n klagstaat in my moedertaal en ’n opsomming van die getuienis in my moedertaal alternatiewelik moet dit in my taal aan my getolk word.

11.5 daarop dat my prokureur/advokaat enige konsultasie met my moet seker maak dat ek hom/haar volg en verstaan ten einde ’n behoorlike mandaat aan die prokureur/advokaat te kan gee.

11.6 indien ek van regshulp gebruik maak, my aangewese regsverteenwoordiger my moedertaal moet kan verstaan.

11.7 in my taal verhoor te word of, indien dit nie moontlik is nie, die reg dat die verrigtinge en getuienis in my taal aan my getolk word. Voormelde reg sluit in dat:

11.7.1 die aanklag aan my in my taal gestel moet word, dat ek in my taal mag pleit en my pleitverduideliking in my taal mag gee; en

11.7.2 die hof my regte verstaanbaar in my taal moet verduidelik; en

11.7.3 om in my taal te getuig en getuies te roep; en

11.7.4 enige getuienis, wat nie in my taal getuig word nie, op ’n professionele wyse na my taal getolk moet word; en

11.7.5 die getuies in my taal te ondervra en te kruisvra wat dan moontlik getolk mag word indien die getuie nie my taal verstaan nie; en

11.7.6 die hof in my taal te enige stadium toe te spreek; en

11.7.7 uitstel te vra indien ek nie tevrede is met die respektering van my taalregte nie.

Page 8: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

12

HOFGEBRUIKEk is geregtig om:12.1 in die geval waar die nasionale regering die Hoofverweerder en/of

Hoofrespondent is, die amptelike taal van my keuse in pleit- en/of prosesstukke te mag gebruik.7

12.2 indien ’n ander taal as Engels in ’n hofstuk gebruik word, sal die staat ‘n addisionele tien (10) respytdae hê om te antwoord op sodanige dokument.

12.3 my amptelike taal in ’n geografiese area, waar daar minstens 20% van die burgers my amptelike taal gebruik, die taal van rekord van die hof of tribunaal, moet wees.

12.4 die Landdroshofkommissie die taalvermoë van landdroskandidate in ag moet neem by die aanstelling van landdroste in bepaalde landdros-distrikte te midde van die bepaalde taaldemografie van daardie landdrosdistrik.

12.5 die Regterlikedienstekommissie die taalvermoë van regterkandidate in ag moet neem by die aanstelling van regters in bepaalde Hooggeregshofafdelings te midde van die bepaalde taaldemografie van daardie Hooggeregshofafdelings.

12.6 op die vertaling van ’n opsomming van hofuitsprake in die Hooggeregshof en Konstitusionele Hof in my amptelike taal wat my regte direk raak.

12.7 op hofreëls en praktyksnotas in my amptelike taal.12.8 te eis dat ’n deskundige sosiolinguis as ’n assessor saam met ’n

regter of landdros sit indien daar ’n taalreg-regsvraag voor die hof/tribunaal dien.

7 Die staat behoort genoegsame personeel aan te stel om die publiek in die elf amptelike tale te mag bedien.

Page 9: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

12.9 ’n Taalbestuursplan, waarvan rondgaande howe met personeel met taalvermoëns van ’n bepaalde taalgroep gebruik kan word ten einde die nadeel om in ’n ander taal verhoor te moet word, te verlig.8

13.

TOLKE13.1 Ek is geregtig op ’n professionele en gekwalifiseerde tolk wat

behoorlik as sodanig ingesweer is en wat alle mededelings/getuienis vertroulik, akkuraat sal tolk en sal openbaar indien hy/sy nie ’n woord/frase ken nie.

13.2 Indien die voorsittende beampte in ’n hof of administratiewe tribunaal of KVBA of enige ander spesiale hof of in ’n arbitrasie nie my taal verstaan nie, is ek geregtig dat ’n taalkontrolerende assessor op koste van die staat of in die geval van privaat arbitrasie op koste van die arbitrasie, wat my taal as moedertaalspreker ken, aangestel word. 13.2.1 in die geval van ’n strafregtelike verrigting, waar daar ’n

bylae 1-oortreding ter sprake is, is hierdie reg absoluut.13.3 Indien ’n verhoor waarin ek moet getuig weens die

niebeskikbaarheid van hetsy ’n voorsittende beampte, wat my taal verstaan, hetsy ’n tolk nie beskikbaar is nie, geregtig sal wees op volle vergoeding van my daggelde, wat ek mag verbeur, en my uitgawes, asook dié van my prokureur en advokaat, waar van toepassing.

13.4 Ek is geregtig op gratis tolkdienste in sowel kriminele as siviele aangeleenthede.9

13.5 Ek is geregtig om hetsy die staatsaanklaer, hetsy my regsverteenwoordiger tydens enige hofverrigting en/of tribunaal verhoor te mag onderbreek in soverre hy/sy nie my weergawe, soos

8 Munsk-saak: die reg om taal in hof te gebruik is ’n voordeel in teenstelling dat as jy dit nie het nie is dit ’n las. Dit is ’n voordeel en die voordeel kan diskriminerend wees tensy dit geregverdig kan word.

9 Die Departement van Justisie het ‘n beleid oor siviele sake se tolke gehad dat hulle dit moet voorsien maar versuim tans om dit te voorsien en dit lei tot addisionele koste wat toegang tot die reg belemmer weens die huidige taalbeleid by die howe.

Page 10: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

dan deur hom/haar aan die teenparty gestel, en nou behoorlik deur ’n tolk oorgetolk, weergee nie.

13.6 Ek is bewus dat ’n tolk minstens elke 40 minute moet breek voordat hy verder akkuraat kan tolk en mag ek aandring op sodanige onderbreking.

14.

VERTAALDIENS14.1 Ek is met betrekking tot die vertaling van amptelike dokumentasie

nie net geregtig op die tolking daarvan nie maar geregtig op die vertaling deur ’n amptelik goedgekeurde vertaler.10

14.2 Ek is geregtig op vergoeding vanaf die nasionale regering, nasionale openbare entiteite, nasionale openbare instelling, provinsiale regering of munisipaliteit indien hierdie regte van my geskend word en ek die koste van ’n vertaler moet aangaan, aanstel om dit vir my te vertaal.

15.

ONDERWYSEk is geregtig:15.1 daarop dat my kind moedertaalonderrig in alle vakke tot graad 7

mag ontvang en opleiding in ’n tweede taal sodat my kind dan vanaf graad 8 in daardie alternatiewe taal verder onderrig kan word, tensy onderrig in my taal beskikbaar is.

15.2 dat handboeke vanaf graad 1 tot graad 12 in alle openbare skole in my moedertaal beskikbaar sal wees nieteenstaande die feit dat onderrig nie in my moedertaal verskaf word nie.

15.3 om te vorder dat die Staat onderwysers, wat my moedertaal praat, moedertaalonderrig in openbare skole aan my kind gee.

10 Hierdie reg sal bietjie geskaaf moet word want die doel is die voorkoming van die blote lukrake tolking van dokumentasie wat eintlik vertaal moet word.

Page 11: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

15.4 om nieteenstaande voormelde onderwys in my moedertaal op primêre, sekondêre en tersiêre vlak te mag ontvang in sodanige streke waar my amptelike taal minstens 20% van die bevolking die amptelike taal van my keuse gebruik.

15.5 daarop dat die beheerliggaam van ’n openbare skool die taalbeleid van die skool, waarin my kind skoolgaan, sal bepaal.

15.6 om as dosent navorsing te doen en te publiseer in die taal van my voorkeur aan die universiteit wat aan die bepaalde taal as voog-universiteit toegeken is.11

16.

GESONDHEIDEk is geregtig:16.1 dat mediese inligting in my taal van keuse verskaf word sodat ek as

ingeligte pasiënt ’n keuse, wat ek verstaan, mag uitoefen wat my gesondheid mag raak.

16.2 op die diens van ’n mediese praktisyn en verplegingspersoneel in my amptelike taal waar minstens 20% van burgers my amptelike taal in daardie geografiese area praat en indien nie, is ek geregtig op tolkdienste aldaar.12

16.3 op die mediesefonds se ooreenkoms en voordelestate in die amptelike taal van my keuse.13

17.

ARBEIDSREGTE14

Ek is geregtig:17.1 om my dienskontrak in die taal van my keuse vanaf my werkgewer

te ontvang.

11 Sien Artikel 2912 Die proporsionaliteitsbeginsel toegepas met ’n glyskaalbeginsel byvoorbeeld: In Oostenryk se

deelstaat, Korinte en Burgerland, 10%; Estland 50%; San Francisco 50 000; Kanada 5% of 5 000; Civil Rights Wet

13 Die Nasionale Wet op Gesondheid Artikel 6.14 Die kamer van mynwese, Die Nasionale Kleinsake Sakekamer (The National Small Business Chamber),

vakbonde en NEDLAC behoort gekonsulteer te word.

Page 12: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

17.2 enige kollektiewe ooreenkoms, wat by my dienskontrak ingelees mag word, in die amptelike taal van my keuse te mag ontvang.

17.3 daarop dat veiligheidskennisgewings en beleidstukke by my werkgewer in my taal gepubliseer moet word, mits daar minstens 20% van dieselfde taalsprekers by die werkgewer diens doen.

17.4 om saam met my ander werknemers, wat minstens 50% van die werksmag van die werkgewer by ’n bepaalde lokaliteit uitmaak, alle kommunikasie in die amptelike taal van keuse te mag ontvang.

17.5 op KVBA-reëls en -dokumentasie in my amptelike taal.17.6 op die reëls van die Arbeidshof en Arbeidsappèlhof in my amptelike

taal.

18.

EKONOMIESE TAALREGTEEk is geregtig om:

18.1 enige ekonomiese aktiwiteit in my amptelike taal uit te voer mits dit nie onbillike taaldiskriminasie daarstel nie.

18.2 op alle kontrakte met enige kredietverskaffer in my moedertaal te kommunikeer en om kennisgewings kragtens die Nasionale Kredietwet in my moedertaal, soos aangedui op die krediettransaksie, te mag ontvang.15

18.3 op alle kort- en langtermynpolisse in die amptelike taal van my keuse te mag ontvang.

18.4 Enige koopkontrak van grond, asook ’n huiskoopkontrak en ʼn belang in ʼn behuisingsontwikkelingskema vir ʼn afgetrede persoon, in my taal van keuse as koper, te mag ontvang.

15 Artikel 63 van die Nasionale Kredietwet: ’n Verbruiker het die reg om inligting te ontvang in die amptelike taal wat die verbruiker lees en verstaan, met inagneming van die gebruik, koste, streeksomstandighede en behoeftes en voorkeure van die bevolking wat normaalweg bedien word. Artikel 22 van die Wet op Verbruikersbeskerming: Dokumente moet verstaanbaar wees in gewone taal vir die persone vir wie dit bedoel is.

Page 13: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

18.5 Generiese vorms, bankleningsooreenkomste, verbanddokumente, kredietkaartooreenkomste van banke in my taal van voorkeur te mag ontvang.16

19.

KOLLEKTIEWE REGTE Ek is geregtig om:19.1 Die taal van eie keuse te gebruik en om aan die kulturele lewe van

eie keuse deel te neem.17

19.2 Elkeen het die reg om saam met ander lede van sy/haar taalgemeenskap hulle taal te gebruik en taalverenigings en ander organe van die burgerlike gemeenskap te vorm, in stand te hou en daarby aan te sluit.

19.3 Elke taalgemeenskap is geregtig op ’n universiteit waar dié se amptelike taal as voertaal gebruik en ontwikkel moet word.

19.4 Elke student in ’n tersiêre instelling het die reg om binne ’n taalgroepering te mag assosieer.

19.5 Elke taal gemeenskap, waarvan voormelde regte nie binne die voorgeskrewe tydperke nagekom word nie, het die reg om die hof te nader vir ’n verklarende bevel te dien effekte en ’n lasgewing om redelike vergoeding aan sodanige geaffekteerde taalgemeenskaps-instelling of om ’n ad hoc-staatsagentskap vir voormelde doel, daar te stel, te laat finansier ten einde dit in staat te stel om gevolg te kan gee aan die staatsinstelling se nienagekome verpligtinge.

20.

OPENBARE UITSENDEREk is geregtig:

16 Artikel 5 van die Wet op Vervreemding van Grond: Die koper met betrekking tot ’n kontrak is geregtig om die amptelike taal te kies waarin die kontrak opgestel moet word. Artikel 3 van die Wet op Behuisingsontwikkelingskemas vir Afgetrede Persone: Die koper m.b.t. ’n kontrak is geregtig om die amptelike taal te kies waarin die kontrak opgestel moet word.

17 Sien A30 van die Grondwet van 1996

Page 14: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

20.1 op ’n daaglikse nuusbulletin in my amptelike taal op die openbare uitsaaier: sowel op radio en op televisie.

20.1.1 Ek het die reg as persoon, wat gehoorgestremd is, dat een nuusbulletin op die openbare televisiediens ook in Gebaretaal getolk word.

20.1.2 om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike taal te mag ontvang.

20.2 op ’n radiostasie in my taal.20.2.1 Om tydens aktualiteitsprogramme op die radiostasie in my

taal nie meer as 10% in ’n ander taal te mag hoor nie andersins moet van ’n tolk gebruik gemaak word.18

20.3 Op ’n volle televisiekanaal in my taal binne ’n redelike tyd en tussentyds op ’n eweredige hantering van die amptelike tale op die openbare televisiesending.

21.

OPENBARE LUGVAART, SPOOR- EN BUSVERVOEREk is geregtig:21.1 dat afkondigings op openbare lughawens in die amptelike taal van

die provinsie, waarin sodanige lughawe is, gedoen word.21.2 dat kennisgewings op sodanige lughawens ook in gemelde drie

amptelike tale moet verskyn.19

21.3 dat afkondigings op treinstasies in die amptelike taal van die provinsie, waarin sodanige treinstasie is, gedoen word.

21.4 dat kennisgewings op sodanige treinstasies en in treine ook in gemelde drie amptelike tale moet verskyn.

21.5 dat afkondigings op openbare busstasies in die amptelike taal van die provinsie, waarin sodanige busstasie is, gedoen word.

21.6 dat kennisgewings op sodanige busstasies en busse ook in gemelde drie amptelike tale moet verskyn.

18 Sien as voorbeeld DWTV (kanaal 446, se gebruik van tolk).19 Internasionale lughawens: in minstens drie amptelike tale

Page 15: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

22.

POSKANTOORElkeen is geregtig dat ’n poskantoor in ’n provinsie alle kennisgewings en kommunikasie in die amptelike tale van die provinsie sal aanbring en diens in daardie tale lewer.

23.

WOORDEBOEKEEk het die reg dat ’n woordeboek in my amptelike taal deur die staat gefinansier word.

24.

VOORGENOME TAALBELEIDSWYSIGINGEk is geregtig op:24.1 Redelike kennis en publikasie van enige voorneme om ’n

bestaande taalbeleid te wysig en sal enige wysiging van ’n taalbeleid eers geldig en prosedureel geldig gewysig geag te wees indien daar ’n behoorlike proses gevolg is en ’n besluit te dien, effekte nie binne ’n termyn van 120 dae na publisering daarvan geïmplementeer mag word nie en daar natuurlik geen beswaar daarteen ingebring is nie.

24.2 Voorafkonsultasie en behoorlike publikasie van ’n voorgenome taalbeleidswysiging te midde van die gebrek aan toegang tot inligting deur die grootste gedeelte van die bevolking.

25.

Page 16: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

BEPERKINGSBEPALINGDie regte in hierdie deklarasie mag nie uitgeoefen word op ’n wyse wat met enige bepaling van die Handves van Regte, soos vervat in hoofstuk 2 van die Grondwet, onbestaanbaar is nie.

26.

BEWUSMAKINGEk is bewus daarvan dat:26.1 ek ’n klagte kragtens die Pan-Suid-Afrikaanse Taalwet, Wet 59 van

1995, soos gewysig, by PanSAT weens enige verbreking van taalregte deur ’n staatsinstelling kan indien, maar ek besef dat PanSAT nie enige afdwingende bevoegdheid het nie, behalwe om ’n vasstelling kragtens artikel 11(7) van gemelde PanSAT-wet te publiseer.

26.2 ’n klagte ingevolge die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale, Wet 12 van 2012, weens ’n skending van taalregte deur ’n nasionale departement, nasionale openbare instelling of nasionale openbare entiteit te mag instel.

26.3 ’n klagte by die Gelykheidshof by enige Landdroshof en/of Hoogeregshof ingevolge regulasie 2(2) van die Regulasies uitgevaardig ingevolge die Wet op die Bevordering van Gelykheid en die Voorkoming van Onbillike Diskriminasie, Wet 4 van 2000, in te dien. 26.3.1 Ek is daarvan bewus dat gemelde vorms by alle

landdroshowe en op die Departement van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling se webtuiste in al 11 amptelike tale beskikbaar is.

26.4 by die Menseregtekommissie ’n klagte van skending van my linguistiese menseregte te mag indien.

26.5 ’n klagte by die Kommissie vir Kulturele, Religieuse en Taalregte kan verwys.

Page 17: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

26.6 dit in belang van myself en my land is dat ek soveel ander amptelike tale aanleer as moontlik.

27.

VERSAGTINGSMAATREËLS27.1 Indien ’n amptelike dokument nie in my amptelike taal aan my

voorsien is nie en daar ’n bepaalde tydperk in hetsy wetgewing of in sodanige kennisgewing vermeld word, het ek outomaties ’n addisionele tydperk gelykstaande aan die tydperk vermeld in daardie kennisgewing of minstens 14 dae addisioneel, welke ook al die minste mag wees ten einde my in staat te stel om die nodige vertaal- en/of tolkdienste te bekom.

27.2 Indien die Suid-Afrikaanse Inkomstediens enige kommunikasie aan my stuur, welke nie in my gekose amptelike taal is nie, het ek ’n addisionele 30 dae om daarop te antwoord en skort dit outomaties ook enige boete en/of rente wat die SAID teen my mag hef, vir sodanige tydperk op.

27.3 Die Nasionale Regering behoort ’n Staatsagentskap vir ’n bepaalde taalgroep te finansier ten einde die regte hierin te aktualiseer.

27.4 Die Nasionale Tesourie behoort belastingkortings vir vertaling van dokumentasie te verleen ten einde die regte, waarna in artikels 17 en 18 vermeld, te aktualiseer.

27.5 Die Nasionale Regering moet ’n nasionale vertalersfonds in die lewe roep waarin belastingvrye skenkings gemaak kan word en welke deur PanSAT bestuur moet word ten einde die verwerkliking van die regte hierin vermeld, te bewerkstellig.

27.6 Die noodsaak aan ’n taalgeneraal/taalombud, wat aan die Parlement rapporteer, wat as monitor van hierdie deklarasie kan dien, word aanbeveel

28.

Page 18: GEEN ONBILLIKE DISKRIMINASIE - atkv.org.za  · Web view11.7in my taal verhoor te word of, ... 20.1.2om reklame/handelsflitse tydens sodanige nuusbulletin in my gemelde amptelike

OORGANGSREËLINGDie staat en die privaat sektor 28.1 Die privaat sektor het twaalf maande om aan die regte hierin

vermeld te voldoen28.2 Die nasionale regering het agtien maande om te voldoen aan sub-

artikel 6.4 met betrekking tot bestaande wetgewende maatreëls en sub-artikel 9.1.

28.3 Die nasionale regering het ses-en-dertig maande om te voldoen aan die ander regte hierin vermeld.

28.4 Die provinsiale regering het twaalf maande om te voldoen aan sub-artikel 6.2 en 9.2.

28.5 Munisipaliteite het twaalf maande om te voldoen aan sub-artikel 6.3 en 9.3.