1
Begin nou mond-tot-mond-asemhaling toepas. Doen dit só: Knyp die kind se neus toe, lig sy ken op en haal asem (jy hoef net normaalweg asem te haal). Plaas jou mond oor sy mond om ’n lugdigte seël te vorm. Blaas die lug stadig uit jou longe tot binne-in sy mond. KPR-kursus Gaan na die webtuiste van die Resussitasieraad van Suid-Afrika (www.resuscitationcouncil.co.za) en klik op “training centres” om ’n lys van opleiding- sentrums en kontakbesonderhede te kry. As jy elders ’n opleidingsentrum gevind het, stel gerus vas of die instrukteur(s) by die Resussitasie- raad geregistreer is om die kursus aan te bied. Dit sal jou gemoedsrus gee dat jou instrukteur op hoogte is van die nuutste standaarde. A s jy meer as twee jaar gelede laas ’n nood- hulpkursus voltooi het, weet jy moontlik nie van die mees onlangse veranderinge aan die KPR-protokol nie. Ons verduidelik hier stap- vir-stap hoe dié riglyne nou werk. In ’n noodgeval tel elke sekonde, want ’n brein wat langer as vier minute nie suurstof kry nie, kan blywende skade opdoen. Daarom is dit so belangrik jy weet hoe om kardiopulmonale resussitasie (KPR) toe te pas. Die Amerikaanse Hartvereniging (AHA) het in Oktober 2010 baie belangrike aanpassings aan die volgorde van KPR-stappe gemaak. Daarvolgens is die fokus nou op (1) bloedsomloop; (2) lugweg en (3) asemhaling. Die volg- orde was voorheen lugweg, asemhaling, bloedsomloop. Die hoofrede vir die omswaai in die volgorde is die GESIN jou GESIN jou DEUR COLETTE DU PLESSIS ILLUSTRASIES: SUSAN NEWHAM Is da ar asemh aling? Probeer nou vasstel of die persoon asemhaal. Neem die persoon waar van kop tot maag om te sien of daar enige beweging is. Dié stap vervang die ou een van kyk, luister en voel of daar ’n polsslag is. As daar geen asemhaling is nie, begin met KPR. Begin met borskasdrukke: Kniel langs die kind en sit die onderste deel van jou handpalm op sy borsbeen in die middel van die borskas. KPR KEN JY DIE KPR-STAPPE? belangrikheid van borskasdrukke. Volgens die AHA het die vorige volgorde soms beteken dat daar te veel kosbare tyd verloop het voor daar met borskasdrukke begin is – en bors- kasdrukke is dikwels ál wat nodig is om ’n lewe te red. In baie noodgevalle is daar nog genoeg suurstof in ’n pasiënt se bloed en longe. Al wat dan gedoen moet word, is om daardie suurstof weer by die belangrike organe uit te kry. Die nuwe riglyne geld vir volwassenes, kinders en babas maar sluit pasgeborenes uit. Volgens die vereniging behoort die nuwe stappe meer lewens te red en ook vir mense meer selfvertroue te gee om KPR te begin toepas, want enigiemand kan borskasdrukke doen. Mond-tot-mondasem-haling, wat nou stap drie is, is effens moeiliker en verg deeglike opleiding. Ontbied hulp Skakel self die nooddiens of vra iemand anders om dit te doen. Moenie die kind alleen laat nie. As jy alleen is en dit nie moontlik is om dadelik hulp te ontbied nie, doen eers twee minute lank KPR voor jy die nooddiens bel. Alle staats- noodgevalle: 112 vanaf jou selfoon Leun nou oor die kind. Hou jou arms reguit en sorg dat jou skouers vertikaal bo jou hande is. Druk af op die borsbeen. Druk so diep in as een derde tot die helfte van sy borskas. Druk sowat twee keer per sekonde. En voer altesaam 30 drukke uit (dit wil sê sowat 100 per minuut). As jy die bekende Bee Gees -treffer “Stayin’ Alive” ken, kan jy bloot op die ritme daarvan druk om seker te maak jy druk genoeg kere. 082-911 101-77 BLOEDSOMLOOP 1 X 30 As die kind jonger as een jaar oud is, gebruik net jou derde en vierde vingers om in die middel van die borskas sowat een vingerbreedte onder die tepellyn te druk. Sit jou ander hand op sy voorkop en maak deurentyd seker sy kop is agtertoe gekantel. LUGWEG 2 Baie dankie aan Barry Milner van die Resuscitation Council of South Africa vir sy insette. Bronne: www.resuscitationcouncil.co.za; www.webmd.com; www.lifemed911.co.za Gee twee blase waarvan elk- een een sekonde lank is. Begin weer met borskas- drukke. Doen weer 30 van hierdie drukke soos hiernaas verdui- delik in stap 1, gevolg deur stap 2 en 3. Hou aan met KPR tot hulp opdaag of tot die kind self begin asemhaal. Maak ná die eerste 30 borskasdrukke die kind of baba se lugweg oop deur sy ken met jou een hand op te lig terwyl jy met jou ander hand sy voorkop afdruk. 3 KPR- stappe Reag e er di e p erso on? As jy op ’n noodgeval afkom is die heel eerste stap altyd om te kyk of die persoon reageer. Volwassenes of kinders kan liggies op die skouer getik word, terwyl ’n baba liggies onder die voet geklop moet word. As die kind of baba nie op jou aanraking reageer nie, is daar waarskynlik nie meer bloedtoevoer na die brein nie. In die geval van geen reaksie: Maak seker die kind is op haar rug, verkieslik op ’n plat, harde oppervlak. 084-124 MOND-TOT-MOND-ASEMHALING www.yourparenting.co.za Maart 2013 BABA & KLEUTER 35 www.yourparenting.co.za 34 BABA & KLEUTER Maart 2013

GESIN KPR - cdn.24.co.zacdn.24.co.za/files/Cms/General/d/678/c42b7a2df1d84b5d8ac0009e0ef30879.pdfDie Amerikaanse Hartvereniging (AHA) het in Oktober 2010 baie belangrike aanpassings

  • Upload
    others

  • View
    3

  • Download
    0

Embed Size (px)

Citation preview

Page 1: GESIN KPR - cdn.24.co.zacdn.24.co.za/files/Cms/General/d/678/c42b7a2df1d84b5d8ac0009e0ef30879.pdfDie Amerikaanse Hartvereniging (AHA) het in Oktober 2010 baie belangrike aanpassings

Begin nou mond-tot-mond-asemhaling toepas. Doen dit só: Knyp die kind se neus toe, lig sy ken op en

haal asem (jy hoef net normaalweg asem te haal). Plaas jou mond oor sy mond om ’n lugdigte seël te vorm. Blaas die lug stadig uit jou longe tot binne-in sy mond.

KPR-kursus Gaan na die webtuiste van die Resussitasieraad van Suid-Afrika (www.resuscitationcouncil.co.za) en klik op “training centres” om ’n lys van opleiding-sentrums en kontakbesonderhede te kry. As jy elders ’n opleidingsentrum gevind het, stel gerus vas of die instrukteur(s) by die Resussitasie-raad geregistreer is om die kursus aan te bied. Dit sal jou gemoedsrus gee dat jou instrukteur op hoogte is van die nuutste standaarde.

As jy meer as twee jaar gelede laas ’n nood-hulpkursus voltooi het, weet jy moontlik nie van die mees onlangse veranderinge aan die KPR-protokol nie. Ons verduidelik hier stap-vir-stap hoe dié riglyne nou werk.

In ’n noodgeval tel elke sekonde, want ’n brein wat langer as vier minute nie suurstof kry nie, kan blywende skade opdoen. Daarom is dit so belangrik jy weet hoe om kardiopulmonale resussitasie (KPR) toe te pas.

Die Amerikaanse Hartvereniging (AHA) het in Oktober 2010 baie belangrike aanpassings aan die volgorde van KPR-stappe gemaak. Daarvolgens is die fokus nou op (1) bloedsomloop; (2) lugweg en (3) asemhaling. Die volg-orde was voorheen lugweg, asemhaling, bloedsomloop.

Die hoofrede vir die omswaai in die volgorde is die

GESINjou

GESINjou

DEUR COLETTE DU PLESSIS ILLUSTRASIES: SUSAN NEWHAM

Is daar asemhaling? Probeer nou vasstel of die persoon asemhaal. Neem die persoon waar van kop tot maag om te sien of daar enige beweging is. Dié stap vervang die ou een van kyk, luister en voel of daar ’n polsslag is. As daar geen asemhaling is nie, begin met KPR.

Begin met borskasdrukke: Kniel langs die kind en sit die onderste deel van jou handpalm op sy borsbeen in die middel van die borskas.

KPRKEN JY DIE KPR-STAPPE?

belangrikheid van borskasdrukke. Volgens die AHA het die vo rige volgorde soms beteken dat daar te veel kosbare tyd verloop het voor daar met borskasdrukke begin is – en bors-kasdrukke is dikwels ál wat nodig is om ’n lewe te red.

In baie noodgevalle is daar nog genoeg suurstof in ’n pasiënt se bloed en longe. Al wat dan gedoen moet word, is om daardie suurstof weer by die belangrike organe uit te kry.

Die nuwe riglyne geld vir volwassenes, kinders en babas maar sluit pasgeborenes uit.

Volgens die vereniging behoort die nuwe stappe meer lewens te red en ook vir mense meer selfvertroue te gee om KPR te begin toepas, want enigiemand kan borskasdrukke doen. Mond-tot-mondasem-haling, wat nou stap drie is, is effens moeiliker en verg deeglike opleiding.

Ontbied hulp Skakel self die nooddiens of vra iemand anders om dit te doen. Moenie die kind alleen laat nie. As jy alleen is en dit nie moontlik is om dadelik hulp te ontbied nie, doen eers twee minute lank KPR voor jy die nooddiens bel. Alle

staats-noodgevalle: 112 vanaf

jou selfoon

Leun nou oor die kind. Hou jou arms reguit en sorg dat jou skouers vertikaal bo jou hande is. Druk af op die borsbeen. Druk so diep in as een derde tot die helfte van sy borskas. Druk sowat twee keer per sekonde. En voer altesaam 30 drukke uit (dit wil sê sowat 100 per minuut). As jy die bekende Bee Gees -treffer “Stayin’ Alive” ken, kan jy bloot op die ritme daarvan druk om seker te maak jy druk genoeg kere.

082-911

101-77

BLOEDSOMLOOP 1 X 30

As die kind jonger as een jaar oud is, gebruik net jou derde en vierde vingers om

in die middel van die borskas sowat een vingerbreedte onder die tepellyn te druk.

Sit jou ander hand op sy voorkop en maak deurentyd seker sy kop

is agtertoe gekantel.

LUGWEG 2Ba

ie da

nkie

aan B

arry

Miln

er va

n die

Resu

scita

tion C

ounc

il of S

outh

Afric

a vir s

y ins

ette

. Br

onne

: www

.resu

scita

tionc

ounc

il.co.z

a; ww

w.we

bmd.c

om; w

ww.lif

emed

911.c

o.za

Gee twee blase waarvan elk-een een sekonde lank is. Begin weer met borskas-drukke. Doen weer 30 van hierdie

drukke soos hiernaas verdui-delik in stap 1, gevolg deur stap 2 en 3. Hou aan met KPR tot hulp

opdaag of tot die kind self begin asemhaal.

Maak ná die eerste 30 borskasdrukke die kind of baba se lugweg oop deur sy ken met jou een hand op te lig terwyl jy met jou ander hand sy voorkop afdruk.

3 KPR-stappe

Reageer die persoon? As jy op ’n noodgeval afkom is die heel eerste stap altyd om te kyk of die persoon reageer. Volwassenes of kinders kan liggies op die skouer getik word, terwyl ’n baba liggies onder die voet geklop moet word. As die kind of baba nie op jou aanraking reageer nie, is daar waarskynlik nie meer bloedtoevoer na die brein nie. In die geval van geen reaksie: Maak seker die kind is op haar rug, verkieslik op ’n plat, harde oppervlak.

084-124

MOND-TOT-MOND-ASEMHALING

www.yourparenting.co.za Maart 2013 BABA & KLEUTER 35www.yourparenting.co.za34 BABA & KLEUTER Maart 2013